Anton van Niekerk lieg skaamteloos in Die Burger

Terwyl Anton van Niekerk, ‘n professor aan Stellenbosch, pedanties poog om “waarheid” te definieer en die “leuen” met verwysing na Sartre as ‘n morele probleem omskryf, vertel hy – volgens sy eie definisie – ‘n blatante leuen as hy sê:

“Terwyl wit mense in regse kringe fulmineer oor slim, wit jongmense wat deesdae nie meer so maklik toegang tot ’n studierigting soos geneeskunde kry nie, vergeet ons veels te vinnig dat swart mense voor relatief laat in die 20ste eeu hoegenaamd nie toelating tot enige Suid-Afrikaanse universiteit gehad het nie – laat staan nog tot medies.”

danr2Ek kan getuig en is selfs bereid om ‘n beëidigde verklaring af te lê dat ek in die vroeë tagtigerjare by MEDUNSA (Mediese Universiteit van Suid-Afrika) besoek afgelê het, welke universiteit vir die opleiding van swart dokters opsy gesit is. Verder was daar natuurlik etlike tuislanduniversiteite, waaronder Fort Hare wat reeds in 1916 gestig is!

Ek weet nie in watter koerant dié verskyn het nie – waarskynlik Die Burger – maar dis dalk tyd om weer ‘n klag by die Persombudsman te lê. Die kultuurmarxiste soos Van Niekerk is so gewoond daaraan om hul te buite te gaan weens die algemene sensuur wat daar in hul guns toegepas word dat hulle dink dat hulle maar enigiets mag kwytraak!

Wat Bertus Boshoff in reaksie op Van Niekerk sê, is soveel nugterder as Van Niekerk se eie krampagtig konformistiese en leuenagtige denke. Die probleem is dat die revolusie sowel die universiteite as die HSM volledig ingeneem het. Kader Asmal het laat skoonmaak en die enigste nie-marxiste op die kampusse kruip weg uit vrees dat hulle afgedank sal word indien hulle hoegenaamd ‘n nie-marxistiese hoesie gee. Dus is Bertus Boshoff heeltemal korrek as hy sê: “Die dominante narratief in ons Afrikaanse leefwêreld word vandag gedryf deur die linkses.” Soos Ernst Marais egter verklaar, beskik ons oor die internet waar ons vir onsself kan dink en het dus nie meer heropvoeding nodig nie. Trouens, die enigste opvoeding – veral op die kampusse – wat ons nog het, is juis heropvoeding in die marxistiese sin waar die onderdaan in die drogbeelde van die “nuwe wêreld van gelykheid” gebreinspoel moet word. Praat maar met Russe, Tsjegge of Pole daaroor; hulle is almal daardeur.

Sonder die internet sou ons verlore gewees het. Dit sou net die Anton van Niekerks, Max du Preez’s en marxistiese feministe soos Christi van der Westhuizen gewees het wat hoegenaamd gehoor sou gewees het. Die dissidente sou reeds lankal in die tronk gewees het en niemand sou eens daarvan geweet het nie. In 2015 gaan daar blykbaar gepoog word om my en Steve Hofmeyr tronk toe te stuur omdat ons van die linkse narratief afgewyk het sover dit “apartheid” betref. Ons sal moet sien wat gebeur, maar soos die betogers in Oos-Duitsland en nou weer in Dresden gesê het: “Wir sind das Volk.” Ons is die volk en die korrupte minderheid wat ons onderdruk, kan nie vir altyd bo bly nie!

Hierdie rubriek is aanvanklik as ‘n kommentaar op roodt.org gepubliseer.

Lees ook:

Anton van Niekerk: politieke korrektheid, feite-waarheid en morele waarheid

Prof. Anton van Niekerk se halwe polities korrekte waarheid

Anton van Niekerk handel in politieke korrektheid en halwe waarhede

20 thoughts on “Anton van Niekerk lieg skaamteloos in Die Burger”

  1. Anton van Niekerk is nou presies waarvan ek praat – n skoenmaker
    wat hom nie by sy lees kan hou nie bloot omdat hy n seepkissie in die hande kan
    kry – sy brutale onkundigheid tentoonstel tot die kundiges daar buite se groot
    vermaak. Die man hoor ook nie – die wat
    hy so tender vir nog n klap – nee wat ek dink hy is nie nog n klap werd nie –
    hy moet liewers net geignoreer word.

    Soos ek vroeer gesê het ons sal sien soos die tyd aanstap
    van watter staal die nuwe rektor gemaak is deur die beheer van sy personeel. Dit was voor 94 altyd beleid dat enige
    openbare uitsprake en onderhoude deur die universiteit se personeel – eers aan
    die rektor voorgelê word vir goedkeuring. Dus moontlik het die nuwe rektor het homself
    nie vergewis van die feite nie en toestemming gegee of die ander moontlikheid kan
    wees meneer van Niekerk sommer trou aan
    die derdewereld van ordeloosheid en standaardloosheid self besluit hy maak en
    sê wat hy wil.

  2. ja, existentie recht 😉 in deze schurkenstaat wordt vnl. gevormd door mee liegen en verzwijgen en verdraaien.

    Het Naspers syndicaat fungeert hier wederom graag als kettinghond van o.m. het anc sakp schurkenbewind en tolereert geen concurrentie en eist als de PRAVDA alleenrecht in de opvoeding alsof om er 1 groot totalitair betonnen grijs heropvoedingskamp van te maken.

    http://www.wsj.com/articles/geert-wilders-talking-about-the-moroccan-issue-is-not-a-crime-1419195337

  3. Korrek. ‘n Aangetroude nig van my het met uitnodiging by Medunsa klas gegee en sy was vol lof vir die kwaliteit van onderig wat die mediese studente daar ontvang het, asook die kwaliteit van student wat daar klasgeloop het.
    By die lys van Van Niekerk en Du Preez kan jy ook name byvoeg soos Piet Croucamp en die linkse Fanie Cloete wat op die maat dans van die wat hulle betaal. Die blanke Suid Afrikaner baklei teen dekades van leuns wat oor hom in die hoofstroom media versprei is en dan is daar nog mense met Afrikaanse vanne soos die wat hierdie leuns nou ook as die waarheid verkondig. Daar lê ‘n groot taak voor om te sorg dat die waarheid by ons kinders gevestig word en dat hulle toegerus moet word met die feite om hierdie leuens te weerlê. Ek praat hier van almal onder die huidige ouderdom van 35 wat die afgelope 2 dekades met hierdie leuns gebreinspoel is en nie eerstehandse kennis het van wat werklik voor 90 gebeur het nie..

  4. In The Star van 21 Junie 1947 het die volgende artikel verskyn:

    “First Native Woman to Qualify as Doctor
    Mary Susan Malahlele, a soft spoken, pleasant faced Bapedi woman, took the Hippocratic Oath at the University of the Witwatersrand to-day as the first Native woman doctor to qualify in the Union of South Africa.
    […]
    Dr. Malahlele will spend a year as a house doctor at the McCord Mission Hospital in Durban, and then plans to practice in the Pretoria area.
    Her parents, Mr. and Mrs. T.C. Malahlele, of Roodepoort, where Mr. Malahlele is principal of the Native Primary School said they were very proud of their daughter when a representative of The Star met them to-day at the Douglas Smit Hostel – the residence for non-European medical students of the university.” (my kursivering).

  5. My brief aan van Niekerk soos aan hom gestuur.

    Aangesien u artikel oor “waarheid” handel het ek as gewone Suid-Afrikaner besluit om die waarheid voor te lê.

    ” ‘Politieke korrektheid’ het moontlik die vernaamste skelwoord geword waarmee regse Afrikaners deesdae hul opponente links van hulle toetakel.”

    Dit klink amper soos die “skelwoord” of eerder skelwoorde soos “rassisme” en “Apartheidsontkenner” waarmee linkse Afrikaners deesdae hul opponente van regs wil toetakel. Dit doen u selfs in hierdie rubriek deurdat u die gegronde en intellektuele betoeë teen Regstellende Aksie en Grondhervorming aftakel deur die redenasie dat Afrikaners (selfs die wat na 1994 gebore is) steeds verantwoordelik gehou moet word en moet boet vir ‘n beleid wat lankal uitgewis is.

    “Waarheid, veral in ’n morele konteks, kan daarom nie altyd sonder meer gelyk gestel word met “die naakte feite” nie. Die waarheid funksioneer in ’n konteks wat nie altyd bloot “meegedeel” kan word nie, maar wat dikwels geïnterpreteer moet word.”

    Dit klink baie na ‘n manier om die waarheid van die mislukkings van Suid-Afrika tot in ewigheid te onderdruk deur die linkse interpetasies oor die verlede alewig onder almal se neuse te vryf.
    Byvoorbeeld: Ja die “naakte feit” is dat daar deesdae teen wittes gediskrimineer word, maar dit is nie die volle waarheid nie, want daar moet ook “geinterpeteer” word dat daar êrens in die verlede (volgens my linkse interpetasie) teen swartes gediskrimineer is.

    Linkses soos u, deur julle “interpetasies” skep dus ‘n “sertifikaat” wat in elke instansie opgehang kan word en kan dien as die regverdiging vir die aanhoudende diskriminasie teen wit Suid-Afrikaners. Is so ‘n “sertifikaat” tydloos? Wanneer volgens u, mag daar weer ‘n gelyke speelveld wees waarop wit kinders weer mag medies studeer? Wanneer die gesondheidsdienste reeds aan skerwe is, of wanneer die mediese klas honderd persent swart is? ‘n Disfunksionele gesondheidstelsel is een van die pryse wat betaal moet word vir die najaag van getalle om uitkomstes te manipuleer.
    U erken dus die diskriminasie teen wit mense, maar glo dat dit regverdigbaar is volgens ‘n blote “interpetasie” van die verlede? Hoekom word witmense dan so gekritiseer wanneer hulle die legitimiteit van die reënboog-ideaal bevraagteken? Hier staan en erken u dan oop en bloot dat daar teen witmense gediskrimineer word. Of die diskriminasie teen witmense regverdigbaar is of nie, getuig enige vorm van diskriminasie beslis nie van ‘n “reënboognasie” nie. Nog minder van die “non-racial South Africa” waarvan Mandela gepraat het. Dieselfde “nie-rassige demokrasie” waarvoor witmense in 1992 moes stem.

    “praat asof ons onlangse geskiedenis in Suid-Afrika weggewens kan word nie.”

    Wat beteken “onlangs” volgens u? Anders as u, beskou ek die Suid-Afrikaanse geskiedenis as lank voor 1948. Daarom is 1899 vir my ook “onlangs”. Die konsentrasiekampe waarin Boervrouens- en kinders gesterf het moet dan liefs ook nie “weggewens” word nie. Volgens u “oog vir ‘n oog” logika, het Afrikaners tot vandag toe die reg om Engelse witmense ook so uit te mergel. Nie dat die Afrikaners dit selfs na die oorlog of nadat hulle mag verkry het, dit ooit gedoen het nie.

    “Ons geskiedenis is ’n verhaal van een van die die mees blatante instansies van diskriminasie teen mense op grond van velkleur wat die wêreld nog ooit gesien het. Terwyl wit mense in regse kringe fulmineer oor slim, wit jongmense wat deesdae nie meer so maklik toegang tot ’n studierigting soos geneeskunde kry nie, vergeet ons veels te vinnig dat swart mense voor relatief laat in die 20ste eeu hoegenaamd nie toelating tot enige Suid-Afrikaanse universiteit gehad het nie – laat staan nog tot medies.”

    Hierdie belaglike linkse “interperasie” van u spreek vir my boekdele oor hoekom die wit Suid-Afrikaner so suksesvol gemarginaliseer word. Dit is hierdie witskuld-dogma wat veroorsaak het dat Regstellende Aksie regverdigbaar geword het, en dat daar nooit werklike verset teen sulke beleide was nie. Daarom sit 250 000 witmense vandag in plakkerskampe in Johannnesburg. Daarom moet ouers vir hul kinders verduidelik dat hulle te wit is om te mag studeer. U “interpetasies” oor die verlede regverdig juis dit.
    Ek wil ek u inlig dat u “interpetasies” skeef is en gebaseer is op ‘n neo-Apartheidsgeskiedenis wat eers na die jaar 1994 gevorm is en juis op so ‘n manier opgestel is om anti-wit diskriminasie suksesvol te kan regverdig.

    Die tydperk van die “mees blatante instansies van diskriminasie teen mense op grond van velkleur” is immers die tydperk waarin mense van alle kleur meer kon floreer as ooit. Dit was veral die swart mense wat wonderbaarlik ontwikkel het en hul plek in die ekonomie en werksektor begin inneem het. Vandag verloor hulle dit. Ek haal aan uit die Amptelike Handboek van die Republiek van Suid-Afrika 1985:

    • In 1970, Blacks earned 1751-million (25,5%) of the country’s total wage bill of 6865-million. By 1984, their share had grown to 32,3% (17 238-million) – an increase of more than 1000% in 14 years
    • In 1970 Blacks accounted for 23% of the total personal disposable income in South Africa and the Black national states. By 1985 their share had grown to 31,8%, while that of whites declined from 67,7% to 55,5% during the same period.
    • Of the 1 264 500 employees in the manufacturing sector during 1976, 56% were black, 22% white, 16% colored and 6% Indian.

    Verder vertel die 1991 sensus dat swart werkloosheid in 1991 8,1% was. Dit teenoor die huidige 37,5%.
    Daar was ook 323 340 swart besigheidseienaars in 1991 waarvan 120 662 swart vrouens was. Dit is perporsioneel tot die destydse swart demografie meer as vandag.

    “voor relatief laat in die 20ste eeu hoegenaamd nie toelating tot enige Suid-Afrikaanse universiteit gehad het nie – laat staan nog tot medies”

    Dit is ‘n totale leuen. In 1985 het 43000 swart studente aan blanke universiteite in die Republiek studeer. Selfs voor 1985 het instansies soos Mendusa ekslusief duisende swart mediese studente per jaar opgelei. Daar is talle swart universiteite deur wit belastingsbetalers in die tuislande opgerig wat honderde duisende gekwalifiseerde swartmense opgelewer het. Voor 1948 was so ‘n resultaat slegs ‘n swart droom wat, gegewe die onderontwikkelde swarte van 1948, onmoontlik gelyk het. (Verskoon tog as die benaming “swarte” nie polities korrek is nie.)
    Die mees bekwame swart mediese personeel van vandag is ouer as 40 en is dus onder Apartheid opgelei.

    Moet wit skoolkinders hierom vandag tot meer as 90 persent kry om in aanmerking te kom vir toelating tot mediese opleiding?

    “staan die beskuldigende horison van die geskiedenis toe swart mense slegs 13% van Suid-Afrika se grond kon besit – en daarvan baie min privaat kon besit.”

    Die “geskiedenis” wat u gebruik om die “kliniese feite” te onderdruk en te verkleineer is ongelukkig gebaseer op halwe waarhede en leuens.
    Net soos die vorige voorbeeld, is die voorbeeld oor grondhervorming belaglik. Die “13% van Suid-Afrika se grond” weergawe is nie heeltemal onwaar nie, maar uiters simplisties gestel en slegs ‘n halwe waarheid. Kom ek wys u op die “kliniese feite” wat nie deur enige ander “interpetasie” verkleineer kan word nie.

    Die 13% (eintlik 14%) grond wat deur swartes besit kon word, was in die eerste plek dieselfde grond waarop die onderskeie swart kultuurgroepe lank voor die eerste ras-wetgewing gevestig het. Dit is hand aan hand met die implementering van Apartheid summier aan hulle toegeken vir hulle ekslusiewe bewoning. Geen ander rassegroep het hierdie voorreg geniet nie. Daardie grond was die mees vrugbare streke in die hele land met die hoogste reënval.
    Honderde wit boere het oor die jare hul grond verkoop om die area van die tuislande aan te vul.
    Die vrugbaarheid en bewoonbaarheid van die res van Suid-Afrika, waar nie net witmense maar ook Kleurlinge en Indiërs moes woon, het egter veel te wense oorgelaat. Volgens South African Profile 1978 was slegs sowat 10% van die nie-tuisland areas beskikbaar vir verbouing. Die res van die nie-tuisland grond was semi-woestyn of bloot onbewoonbaar a.g.v. onaangename klimaat en lae reënval. Dus, behalwe vir ‘n handjievol veeboere en klein primitiewe plattelandse dorpies, het blankes en kleurlinge slegs sowat 15% van Suid-Afrika se grond bewoon, waarvan hulle ‘n klein persentasie privaat besit het. Dan moet u ook onthou dat hierdie klein bewoonbare areas waar witmense en Kleurlinge gewoon het, ook sowat 20% van die swart bevolking moes huisves in die stede.
    Die blanke/kleurling gebiede was dus baie meer onderdruk en bevolk as die swart tuislande.
    Die lanbou projekte vir swartes in tuislande het ook sedert 1960 duisende suksesvolle swart boere opgelewer. Anders as die swart boere van vandag wat eenvoudig aanspraak maak op grond en veroorsaak dat daardie selfde grond ‘n paar jaar later vervalle en onproduktief is.

    Is grondhervorming dus steeds regverdigbaar? U wil hê dat die agtergrond van die geskiedenis in ag geneem word wanneer “die waarheid” gepraat word. Juis dit het ek nou gedoen en daardeur kon ek die belaglikheid van grondhervorming en regstellende aksie selfs nog meer uitwys.

    Die “agtergrond van die geskiedenis” moet ongelukkig juis interpeteer word deur alle feite in ag te neem. Nie net die oppervlak, maar ook die diepte van elke feit moet ondersoek word. Dit is byvoorbeeld waar dat swartmense slegs 13% van die grond kon besit, maar het u die rede en diepte van daardie feit ondersoek soos wat ek hierbo uitgelê het?
    Sulke interpetasies sal die enigste manier wees om ‘n verstandhouding te bereik waarvolgens gelyke speelvelde bewerkstellig kan word en ons kan voortleef in ‘n ware nie-rassige Suid-Afrika. Suid-Afrika is die land met die meeste rasgebaseerde wetgewing in die wêreld en dit as gevolg van regverdigings daarvoor wat stam van gebrekkige interpetasies van die verlede. Hierdie interpetasies moet vernietig en reggestel word en as dit vir sommige mense na “rassisme” en “apartheidsontkenning” klink, is dit die prys wat ons bereid is om te betaal!

    1. Uitstekende repliek en eintlik ‘n totale vernietiging van die swaksinnige PK-gebrabbel wat uit Van Niekerk se pen gestroom het – dis soos die All Blacks wat teen die 0-9’s van die Skool vir Blindes speel.

      Wat is egter die kans dat die Broeders van NasPES jou die geleentheid sal gee om bostaande repliek te publiseer in een van hulle smetterige publikasies?

    2. Netjies!

      Van Niekerk het die beste uit Apartheid geniet – lekker geswot, kapelaan innie SADF en top pos by Maties – en nou kry hy ook die beste uit die ‘Nuwe Suid Afrika’.

      Maar die klein vet f^kker het absoluut geen probleem dat daar nou teen die geslag na hom gediskrimineer word.

      M.a.w. die jonges moet nou boet vir SY geslag se ‘sondes’….terwyl hy nog STEEDS soos n koning lewe.

      Sy tiepe is die SLEGSTE mens…

  6. M.i. is die belangrikste punt die feit dat Prof Van Niekerk die diskriminasie van vandag probeer regverdig aan die hand van diskriminasie van die verlede. Was die doel van die “rewolusie” dan nie juis om van diskriminasie en ander onregverdighede ontslae te raak nie? Sê Prof Van Niekerk in effek dat die “nuwe” Suid-Afrika maar net dieselfde is as die oue? Of gaan hy hy hom op die een of ander manier uit hierdie vraag “interpreteer”? Dit gaan vir Prof Van Niekerk duidelik nie oor diskriminasie as sulks nie. Dit gaan vir hom oor wie diskrimineer teen wie en as dit volgens hom die verkeerdes is teenoor wie gediskrimineer is, oor die beste manier om daarvoor wraak te neem, nl. deur meer diskriminasie, maar hierdie keer net andersom. Wil ‘n mens nog verdere bewys hê daarvoor dat om ‘n professor op Stellenbosch te wees, is onderwerping aan ANC dogma die eerste vereiste.

  7. Ek wonder hoekom stoei Prof Van Niekerk so met die begrip “waarheid”. Is dit omdat hy die lesers van Die Burger onder die indruk wil bring dat hulle hulle in die teenwoordigheid van denke bevind? Of is dit dalk omdat hy vermoed dat hy self ‘n bietjjie rondspeel met die waarheid. As voorbeelde van politiek korrekte spraak noem hy “blindes” en “dowes” wat “gesigsgestremdes” en “gehoorgestremdes ” word. Maar hier het ons gladnie te doen met politiek korrekte terminologie nie, eerder sosiaal korrek of dan net eenvoudig hoflikheid of sensitiwiteit. In elkgeval, persoonlik is ek driekwart doof en stel my moeilik voor hoe ek my ooit sou kon ontstel oor die feit dat iemand my as “doof” beskryf. Nee, by politiek korrek bedoel ons iets heeltemal anders: “Transformasie” of “Regstellende aksie” of “positiewe diskriminasie” vir blote diskriminasie byvoorbeeld. As dit vir prof Van Niekerk gaan om die waarheid sou hy reeds ‘n stewige bydrae kon maak deur “transformasie” by sy regte naam te noem nl. anti-blanke
    diskriminasie. Of sou dit dalk ‘n “naakte feit” wees wat liefs as “interpretasie ” verbloem moet word?

  8. Kruip weg soos n rot in n gat met klem in die kaak – as dit by die Afrikaners en hulle land kom wat hy verraai het – nie n blou woord oor 20 jaar se swart op wit wrede moorde of diskriminerende wette deur sy veraderlike toedoen nie en nou vertel hy vir die wereld dat Israel eintlik geen diskrimerende wette het nie en al wat hulle moet doen is die twee state saamgooi. Mens hoef seker nie asem op te hou vir te lank voor Pik adder Botha inval om FW te ondersteun nie en daarna al die plaaslike brakkies wat agterna kom nie, Leon Wessels sal seker die eersvolgende brakkie wees na Pik dis nou as die US se irriterende keffende brakkie so nou en dan stilraak vir n genadige paar minute.

    NS Hierdie video is die eerste tasbare wat ek raak geloop het wat bewys dat FW deel is van die NWO.

    https://www.youtube.com/watch?v=8u-NeH0FHq0

Maak 'n opvolg-bydrae