praag.co.za

Zuma kondig einde van grondeienaarskap aan

Written by

in

,

Pres. Jacob Zuma het Donderdagaand in sy staatsrede aangedui dat die beginsel van gewillige koper/verkoper van grond betref, binnekort iets van die verlede sal wees.

Hy het ook gesê buitelanders sal verhoed word om grond in Suid-Afrika te besit, alhoewel hulle steeds in aanmerking sal kom vir langtermynlenings.

“Die Wetsontwerp op die Regulering van Grondbesit sal in die verband vanjaar by die parlement ingedien word. Grond het ‘n kritieke faktor geword om die onregte van die verlede reg te stel.”

Volgens die voorgestelde wetsontwerp sal daar ‘n plafon wees vir grondeienaarskap, naamlik slegs 12 000 hektaar.

Zuma het gesê die tweede tydperk om grondeise in te dien is verlede jaar heropen. Hy het gesê 36 000 grondeise is nasionaal ingedien. Die nuwe sperdatum is in 2019.

“Ons ondersoek ook die 50/50-beleidsraamwerk, wat voorstel dat grond aan mense wat op plase woon en werk oorgedra word. Vyftig boerderyondernemings sal geïdentifiseer word as deel van ‘n loodsprojek.”

Zuma het gesê meer as 90,000 hektaar is deur die grondhervormingsprogram aan kleinboere, plaasbewoners en huurarbeiders toegeken. “Die proses om die kantoor van die waardeerder-generaal op die been te bring is onderweg en dit word gedoen in terme van die Wetsontwerp op Eiendomswaardering,” het Zuma gesê.

“Wanneer die wet eers geïmplementeer is sal dit ‘n einde bring aan die staat se afhanklikheid van die beginsel van gewillige koper, gewillige verkoper.”

Comments

34 responses to “Zuma kondig einde van grondeienaarskap aan”

  1. Rooikop Avatar
    Rooikop

    Dan moet jjulle die staat, plekke soos Eskom, die trustgebiede van ouds ens OOK beperk – Dan is dit koebaai myne, koebaai sanparke, koebaai regering.

    Die wurms wat hulle breine eet moet dik wees want daar is niks oor nie. Dit is so ‘n duidelike kommunisties gedrewe besluit dit is nie eers snaaks nie – hierdie is die begin. Ons weet mos hoe dit werk. Beperk dit tot 12000 en 2 eiendomme. 5 jaar van nou af word dit gehalveer en 10 jaar van nou af word alle privaatgrondbesit opgehef.

    1. G Avatar
      G

      Maar die “Uitlanders” staan reg om alles teen ‘n appel en ‘n ei te kom opkoop as die land ineenstort. Hulle moet seker juig oor Zuma en De Klerk

      1. Rooikop Avatar
        Rooikop

        Feite – die sjinese is heel eerste in die ry.

        1. Maddox1 Avatar
          Maddox1

          Moet nie van die Gupta’s vergeet nie!!!!

  2. Mens Avatar
    Mens

    Maak soveel lenings as wat jy kan bekostig teen jou eiendom. Koop dan goedere aan om mobiel te kan leef. Kry ook implemente vir jouself gereed om jouself en jou gesin te kan verdedig. Koop die beste wat jy kan bekostig! Doen dit nou!

  3. Derick Avatar
    Derick

    Gelukkig kry ‘n mens mielies in ‘n blikkie en vleis in ‘n pakkie. So ek is nie te bekommer nie……

    1. G Avatar
      G

      Ja swaer, netso. Wonner of mens poe.p ook kan blik

    2. Mens Avatar
      Mens

      …so wat maak jy as jou pakkie vleisie en ou blikkie mielietjies nee meer in die winkelkie beskikbaar is nie as gevolg van boere wat se plase onteien is?

      1. Hd Hammer Avatar
        Hd Hammer

        Maar die winkeltjie sal seker nog maak?

        1. Mens Avatar
          Mens

          oh ok…ek sal seker dan maar in die ry moet staan by die ou winkelkie, of nie..

          1. Johan Avatar
            Johan

            Ek twyfel of dit nodig sal wees, Die mense hierbo is tong in die kies besig te spot.
            Hier was ‘n stuk op Praag, paar jaar gelede, waarin iemand die kwessie van hoe ‘n swartmark in ‘n vervalle staatsomgewing funksioneer & floreer uiteengesit het. Dit is maar wat sal gebeur, meen ek.
            Moet ook maar nie vergeet dat die Indiër “overlords” in Mosambiek geregeer het totdat die Boere na ’94 daar gevestig het nie. Dit is toe maar eers wat die Boere die Indiërs se hegemonie in die gebiede waar die Boere gevestig het, kon verbreek.

      2. Derick Avatar
        Derick

        Man, kyk, dan vra ek maar die regeringtjie om my te help. Ons so gewoond om swarmense in Afrika te sien staan met uitgestrekte hande so ons kan ook maar seker dit doen.

        1. Mens Avatar
          Mens

          ja..ek sien die vlak wat jy na wil daal. dit is hoekom die land in sy m03r is. so het elkeen ook maar sy sieninge..

          1. Kalium_Chloraat Avatar
            Kalium_Chloraat

            Derick gebruik sarkasme Mens, sarkasme.

          2. Derick Avatar
            Derick

            Mens, ek neem jou onkunde ter harte hdat jy dalk nie die sarkasme gesien het nie.

            Enige iemand op Praag wat nie weet teen hierdie tyd waroor dit gaan nie, is heeltemal nuut.

            Onthou ook, die land is ook in sy m03r want ons laat dit toe – baie bek op die net maar hardloop ons voete stukkend om by BEE instansies te gaan koop…. ens, ens, ens….

            Ons almal is skuldig.

    3. Kalium_Chloraat Avatar
      Kalium_Chloraat

      Juis, en daar in die supermark maak die koeie nes in die yskas en lê hulle melkeiers met ‘n plastiekdop.

  4. Ratel Avatar
    Ratel

    Hier is iets anders wat aan die gebeur is wat baie mense nie besef nie en ek wonder of hierdie huidige grondgryp-plan nie in daardie rigting ge-orkestreer word nie. Om die waarheid te se ek wil amper my geld daarop wed dat dit die plan is.

    Dit is deur die eeue bewys dat wanneer mense meer as 40% aan hulle inkomste moet afstaan om aan die lewe te bly, maw wanneer die blote aankoop van kos meer as 40% van jou inkomste verteer, dan is die grondslag vir burgerlike opstande daargestel. Dan kan drakoniese ingryping en ander regeringsdade “regverdig” word om die burgery met geweld te onderdruk. Wanneer kos te duur raak, raak die mense geweldadig, en uiteraard neem rowery en geweldadige afneem van bates dan eerder die norm. Al die plase wat afgeneem is en wat eens florerende bedrywe was, het tot stilstand gekom, en het verval tot laste in plaas van bates. Dink ons die regering weet dit nie en dink ons hulle is nie skerp genoeg om te besef dat suksesvolle kosverskaffing een van die hoekstene van ‘n suksesvolle regering is nie? Afrika het dit oor en oor bewus en sommer net hier op hulle voorstoep is Zimbabwe ‘n baie sprekende voorbeeld daarvan. Maar tog gaan hulle voort om grondonteiening deur te druk ten koste van al die inwoners van Frikkie se vervalle Suid Afrika.

    Kosverskaffing of die gebrek daaraan gaan baie verder as net om baie duur vir die broodnodige te betaal. Dit is ‘n resep vir anargie en indien die regering daartoe in staat is, die geweldadige onderdrukking van die anargie. Om selfversorgend te wees, maw om jou eie water of kos te kan voorsien in tye van nood, is nie goed genoeg nie. Wat verder ook nodig is om jouself teen ander mense en ook die regering te kan beskerm.

    Daar moet ‘n ander rede wees as net om grond aan die “grondloses” te verskaf. Grondloses het nog nooit grond gehad nie, selfs nie eers blanke grondloses nie. Hierdie besluite word deur die Internasionale geldmagte geneem en wanneer daar nie meer ‘n sterk blanke opposisie is nie en wanneer die land in anargie verkeer, is dit baie makliker om die land met geweld te regeer en na hartelus te plunder.

    1. Rooikop Avatar
      Rooikop

      Ek reken jy slaan die spyker op die kop. Dit gaan om beheer oor die land en veral die blanke mense te kry. Sover het hulle dit nog nie reg gekry om almal van ons onder hulle duime te hê nie maar dit is verseker een van die einddoele.

    2. Riempies Avatar
      Riempies

      Ratel in aansluiting by jou wil ek die volgende noem wat my
      opgeval het – Die Afrikaners het beskik oor die kundigheid om n eerstewereld
      land te bou met die vierde beste weermag ter wereld en wat atoom ontwikkel
      sodat ons aan Israel kon verskaf. Dit gesê is dit vir my uiters opvallend hoe
      die Afrikaner – “deel van die reenboognasie” van die ANC gladnie figureer êrens
      by enige toekomsplanne van kragvoorsiening ens. ens. nie maar Rusland Sjina en
      nog meer lande word ingetrek almal behalwe die vermoënde Afrikaners – effektief
      is die Afrikaners nou totaal uitgesluit van by die werksplek tot by ontwikkeling
      –Afrikanerskole en universiteite – behalwe by belasting. Hier is voorwaar iets
      boos besig om te broei.

      1. Ratel Avatar
        Ratel

        Korrek. Die blankes en veral die Afrikaner vorm nie deel van die NWO planne nie, behalwe as “indentured servants”. Gebonde slawerny is seker ‘n goeie Afrikaanse vertaling. As hulle nie weggewens kan word nie, sal hulle verwyder moet word.

        1. Riempies Avatar
          Riempies

          Dit is bes moontlik die geval met die Afrikaners, wat ook n
          feit is – is dat die NWO hulle nie gaan moeg maak met veeleisende parasiete nie – en al die lande, wat nou so help gaan ook op n stadium besef – soos wat n hele paar buitelande al besef het dat die ANC net n bodemlose put is en nooit selfversorgend sal wees nie, en die swartes aan hulle eie genade gaan oorlaat soos wat in die noordelike deel van die Afrika kontinent reeds gebeur het en die mense gesterf het aan hongersnood die wat nie vermoor is vir kos nie. Op kleiner skaal is die swart mense van Suid Afrika alreeds in hierdie wurggreep van honger vasgevang onder die bestuur van die ANC en nou kom die water tekort
          en geen voedsel produksie nie waaroor daar alreeds tientalle mense daagliks vermoor word in die informele nedersettings dwarsdeur die land en die gewelddadige haat gaan weereens gefokus word op die blankes.

          Dankie Ratel vir jou insig – hierdie tendens sal voorwaar baie fyner
          dopgehou moet word, met teenoffensiewe beplanning. Hierdie situasie kan
          verander uit die bloute soos n vergete landmyn wat perongeluk afgetrap word.

    3. Mens Avatar
      Mens

      100% korrek!

  5. Rooikop Avatar
    Rooikop

    Is dit toevallig dat daar nou juis vandag ‘n groot grondeis ingedien is in die Pretoria omgewing. Dit sluit verskeie kerke en skole ook in onder andere die Duitse skool. Dit is op ons voorstoep – hoe lank voor hulle vir die res kom op hierdie onderduimse manier?

    1. Riempies Avatar
      Riempies

      Rooikop weet jy wie dit is wat die grondeis ingedien het?

      1. Rooikop Avatar
        Rooikop

        http://rekordeast.co.za/42154/massive-land-claim-in-east-and-north-of-pretoria-2/

        Ene “Mr Victor Lekhuleni Velaphi”. Daar is vanoggend vroeg (7:00) al ‘n vergadering hieroor

        1. Riempies Avatar
          Riempies

          Baie dankie Rooikop – hoe kan ons ander help? Inligting versprei op die internet is een manier – hoe meer kan ons help?

          1. Bad moon Avatar
            Bad moon

            Onthou, hy mag net 12000 ha kry, wonder wie kry die res?

          2. Rooikop Avatar
            Rooikop

            Dankie Riempies, ongelukkig kon ek nie die vergadering gisteroggend bywoon nie weens familieverpligtinge maar ek sal maandagaand by die buurtwagvergadering hoor wat gaan aan en hier rapporteer.

        2. Riempies Avatar
          Riempies

          Rooikop hoe meer ek oor die eis dink begin dit lyk na n beplande
          ding – wat dalk meer plekke gaan kopuitsteek. Hoe kan daar sommer direk na die aankondiging van Zuma se staatsrede so n volledige eis ingedien word.

  6. Statetheobvious Avatar
    Statetheobvious

    Dit sluit seker die grootste groneienaar in SA (anc) uit.
    Ek wonder of die Chinese as buitelanders gesien gaan word

  7. Riempies Avatar
    Riempies

    Waar hier na my mening heel voor moet begin word is dat die
    ANC regering moet besef dat Suid Afrika nie aan hulle behoort nie maar dat
    hulle alleen in toesighoudende posisie geplaas is deur die die meerheid stem.

    Hulle as toesighouers het nie die reg om eiendom van Suid
    Afrika te vervreem nie – hulle het as toesighouers nie die reg gekry om wettige
    aangekoopte eiendom te vervreem van wettige eienaars en burgers in Suid Afrika nie. Sonder
    kaart en transport wat bewys is van gedeeltes met grense wat aan hulle behoort
    het kan hulle ook nie aanspraak maak op grond sonder vasgestelde grense op blote bewerings nie.

  8. jan Avatar
    jan

    As ek ‘n boer was [wat ek gelukkig nie is nie] sou ek 100% verband op die eiendom gehad het.

    Ek sou meganiseer soos in alles. En al my werk self probeer doen. Wat ek nie self kan behartig nie sal ek Mugabes en Mosambieks / buitelanders laat werk as kontrakspanne

    Maar dan sal ek belê in Orania se aandeleblok skema en bes moontlik my boerdery soheentoe verskuif. Dis die beste want tegnologie soos spilpunte ens het alles verander

    Want die antwoord lê in hoogs gemeganiseerde outomatiese mega boerdery soos in Oekraine en Europa en VSA. en Orania Hmm?

    Die Rehoboth Gebiet oa se ondervinding is dat so ‘n familietrust / aandele blokskema ens ‘n goeie antwoord is teen grondgrypplanne van ‘n vyandige regering.

    1. Sjert Avatar
      Sjert

      Is nes jy daar sê.
      Buite Hopetown, verby die ko-operasie en al langs die Oranje is baie naby piete van my met ‘n hele spul spilpunte die afgelope 6 jaar aan’t boer dat die biesies tril. Gemeganiseerd en absolute minimum arbeiders.
      Kom sopas daarvandaan en het ‘n dag of wat in Orania oorgeslaap. Als lyk nog hankie dorie daar.

Leave a Reply