praag.co.za

Zuma bevorder rasseverdeling en stook rassehaat met grond: Pieter Groenewald

Written by

in

,

“Pres. Jacob Zuma bevorder rasseverdeling en stook rassehaat met sy uitlating dat grond die oorsaak is van armoede, ongelykheid en werkloosheid en dat die grond in Suid-Afrika gesteel is. Met hierdie opmerking teiken Zuma die wittes in Suid-Afrika asof hulle die oorsaak is van armoede, ongelykheid en werkloosheid. Daar word ook gereeld in die parlement gesê dat ‘wittes het die grond gesteel’. Dit stook rassehaat en die Vryheidsfront Plus gaan ʼn klagte van rassisme indien by die Menseregtekommissie (MRK) om Zuma te ondersoek,” sê dr. Pieter Groenewald, hoofwoordvoerder oor grondsake van die Vryheidsfront Plus.

“Die feit dat Zuma hierdie opmerking in Rustenburg voor tradisionele leiers gemaak het, vererger die situasie as in gedagte gehou word wat die gevolge was met die uitlatings van die Zoeloe-koning oor vreemdelinge in Suid-Afrika. Dit is ook duidelik dat Zuma die EFF probeer troef oor die grondkwessie wat emosies en humeure vinnig laat opvlam.

“Die teendeel oor grond is egter waar. Grond vereis harde werk en kundigheid om bewerk te word en om produksie te lewer. Die blote besit van grond gaan nie armoede, ongelykheid en werkloosheid skielik oplos nie. Zuma en die ANC weet nie meer hoe om armoede en werkloosheid op te los nie en nou word op ʼn onverantwoordelike en emosionele wyse die wittes daarvoor beskuldig. Dit is ʼn gevaarlike resep wat rassekonflik skep,” het Groenewald gesê.

Comments

40 responses to “Zuma bevorder rasseverdeling en stook rassehaat met grond: Pieter Groenewald”

  1. Cousin Vinnie Avatar
    Cousin Vinnie

    Het gewag om te sien wat hy nou weer sou kwytraak om blankes alweer mee by te kom! Maar ek glo ook nie dis al nie, die jaar het pas begin…

  2. Ou Transvaal Avatar
    Ou Transvaal

    Is dit net ek wat die politieke uitsprake van die Groenewalds met n knippie sout vat? Onthou die invloed wat Tienie Groenewald op die Volk se gemoed gehad het in die 80-90 jare.
    Hier word weer feite genoem wat lank reeds in die Volksmond geredeneer word, dit lyk of hy wil kapitaliseer met die opmerkings om stemme te werf, n ‘copy en paste’ oefening! Dit klink alhemers soos n herhaling van die 80′ se retoriek wat dan laat staan word sodra die Volk saampak, gaan ons die keer ingeligte besluite neem sonder leiers wat verleiers word as sy inkomste in gevaar is?Kry die grootprater swaar saam sy mense of sit hy in n veilige paleis——-laat die wat namens ons wil praat se verlede hulle getuigskrif wees!!!

    1. Thys Human Avatar
      Thys Human

      Ek is nie ‘n lid van die VF+ nie – hulle wil my nie he nie omdat ek nie ‘n “christen” is nie – maar ek het al by verskeie geleenthede Pieter Groenewald in die Parlement sien optree en hy lyk vir my – nes sy leier en makkers – na ‘n ordentlike, ingeligte en eerbare mens. Waar in die wereld kom jy wat Ou Tvl is vandaan om sommer net Afrikaners soos hierdie aan te val en onder verdenking te bring?

      Dis absoluut nodig dat hierdie uitsprake van Zuma en kie luidkeels as rassisme aangeval en veroordeel word. Dis jammer dat hierdie uitsprake van mense soos Groenewald nie wyer in die media uiotgedra word nie. Maar waaroor ek wel bedenkinge het is die plan om Zuma by die MRK aan te kla. Nie alleen gaan dit nie slaag nie, maar dit gaan presies die teenoorgestelde uitwerking he. Die MRK sal een of ander gronde vind om dit nie as rassisme te bestempel nie – en dan sal dit gebruik word om te “bewys” dat Zuma nie ‘n rassis is nie – terwyl hy dubbel en dwars wel een is!

      1. Johan Avatar
        Johan

        Dit kom vir my al hoe meer voor asof die kommentators op hierdie werf die persoon en nie die kwessie aanspreek nie (argumentum ad hominem). Hierdie groeiende tendens dui vir my op niks anders as intelektuele windsakkigheid.

        Die kwessie is, “…………….Dis absoluut nodig dat hierdie uitsprake van Zuma en kie luidkeels as rassisme aangeval en veroordeel word….”
        Wat doen die wat ander so aanval aan hierdie kwessie?

        1. Riempies Avatar
          Riempies

          Dankie Johan dit grief my ook dat kommentators by gebrek aan n sinvolle teenargument liewer na swakgedrag neig i.p.v. stilbly. Nie dat agitators se uitlokkende kommentare – gewoonlik op een steriotiep kitaarsnaarklank
          by herhaling tot vervelens ongesiens verbygaan nie.

        2. Chroom Avatar
          Chroom

          Johan, Ek stem saam met jou. My kommentaar verder af ,

          Is dit nie blatante rassime nie? Waarom swyg almal, is hy verhewe bo vervolging? Party mense sê net een wword verkeerd, wat einlik die waarheid is en siedaar onthef van partylidmaatskap en sommer ook hul werk kwyt. WAT ‘N SIEK SPUL. en julle anc gatkruipers, jul dae is besig om te kom.

          1. Johan Avatar
            Johan

            Dit is blatante rassisme vanuit ons perspektief. Ek het so ‘n maand of wat die siening van die swartes uiteengesit van wat rassisme is. Solank hulle definisie vir hulle geld, sal ons hulle nie oortuig nie.
            Hoe moet die situasie omgekeer word? Hoe moet ons te werk gaan om hulle definisie teen hulle te gebruik?
            Op dieselfde manier as wat gevolg was met hulle gehamer op “agtergeblewenes”. Hulle gebruik nie die woord agtergeblewenes meer in die politiek nie.
            Agtergeblewenes blameer hulle eie mislukkings op rassisme;
            Zuma is ‘n agtergeblewene;
            Zuma blameer sy mislukkings op rassisme.
            Blankes het geen reg om rassisme te kritiseer nie;
            Blankes mag dus nie mislukkings van agtergeblewenes kritiseer nie.

      2. Wim Kotze Avatar
        Wim Kotze

        Dalk sal dit help as die VF+ hom by die groot menseregte guru, Leon Wessel, gaan verkla, maar dit hou natuurlik die risiko in dat Wessels sy geesgenoot gelyk sal gee.

      3. Ou Transvaal Avatar
        Ou Transvaal

        Geagte Thys, dit is nie n aanval teen mede Afrikaners nie. Tereg spreek jy jou bedenking uit of die MRK aksie sal neem teen JZ, dit is my bedenking ook.Die le van klagtes moet nie n mogge troffe afere wees nie ,ons moet redelik seker wees dat die klagte tot ons tevredenheid deurgevoer kan word anders word die Volk weer die bespottings teiken van elke volkshater op die planeet.
        My tweede punt is dat die mandaat vir Groenewald om op te tree twyfelagtig op sy beste is ,amper op dieselfde vlak as Soliforum. Hulle praat net as daar n aanwins soos n verkiesing betrokke is,verder is hulle tjoepstil.
        Mense soos bv DR. Dan het n geskiedenis van om in die voorlinies oor n geruime tyd te wees,op Volks vlak.Waar was Groenewald, in die lugverkoelde parlement tussen sy kiesers?
        Die man kan wel dinge kwytraak onder parlementere beskerming maar dit kan n steekdoring word vir die Afrikaner om hom sonder dieselfde beskerming uit te laat, ons mense is naief in die politiek en dink die ou reels geld nog.

        1. Thys Human Avatar
          Thys Human

          As jy kyk na die uitslag van die 2014 verkiesing, sal jy sien dat die VF+ 165 000 stemme gekry het wat hulle in staat gestel het om vier LP’s aan te wys. Groenewald is een van die vier en hoofsweep van die party (as ek reg onthou). Hy HET dus ‘n mandaat om namens ‘n groot getal Afrikaners te praat.

          As ek reg onthou was Dan ‘n voorbok van die Front Nasionaal. Die party het 5138 stemme gekry – nie genoeg vir ‘n enkele setel nie, maar na my mening tog genoeg om te kan se dat hulle namens ‘n beduiidende getal Afrikaners praat en mag praat. En deur Groenewald se standpunt hier te herhaal, wys Dan en kie dat hulle sy sieninge in die bree steun.

          Maar nou wil ek weet watse mandaat het JY persoonlik om ‘n Afrikanerleier soos Groenewald verdag te maak? En dit onder ‘n skuilnaam!

          En moenie probeer om my enkele punt van kritiek oor Groenewald se optede voor te stel as instemming met JOU aanval op hom nie. Dit is nie – en dis oneerlik van jou om dit te probeer doen. Maar jy gaan voort om hom nog verder verdag te maak.

          Kry end om mede-Afrikaners af te kraak om watter rede ook al. Ons MOET mekaar steun – al verskil ons soms oor enkele sake en punte.

          1. Ou Transvaal Avatar
            Ou Transvaal

            As dit gesamentlike steun tussen die meerderheid van ons mense is het ek nie n probleem nie, maar dit bly gevragmenteerd .Laat dit n bymekaar staan geleentheid wees dan sal dit impak he.

          2. Thys Human Avatar
            Thys Human

            Dis nou sommer ‘n twak argument.

        2. Riempies Avatar
          Riempies

          Dankie Transvaal my sentement presies. Die KP se funksie in die parlement wil vir my voorkom is om soustrein te ry ek vermoed ook dat hulle nie gekoppel wil wees aan die
          grondroof nie wanneer dit nou openbare inligting word nie – nie dat dit alreeds moontlik besig is om te gebeur ondergronds nie.

          Ek wonder of die mense wat maandelikse bydraes lewer aan die VF al ooit gedink het wat kon met daardie geld vir ons armblankes en veral kinders gedoen gewees het sou dit aan hulle spandeer gewees het.

          Van grondroof gepraat ek wonder hoeveel van die vorige
          regering se topposte bestuurders se plase het hulle al aan die ANC se kader geskenk as voorbeeld vir die halstarrige Afrikanersboere.

        3. Rooikop Avatar
          Rooikop

          Ek het my gly in die Groenewald gekry toe hy sy pos in Zuma se kabinet aanvaar het – wat ‘n grap.

          1. Thys Human Avatar
            Thys Human

            Ek kan verkeerd wees, maar ek kan nie onthoiu dat Groenewald ‘n pos in Zuma se kabinet aanvaar het nie. Is dit nie Pieter Mulder wat jy in gedagte het nie?

            Indien wel, moet ek jou inlig en meedeel (en ek kan met ‘n taamlike gesukkel en internetsoek vir jou bewyse bring) dat Pieter Mulder vir baie lank daarin geslaag het om deur gesprekke en oorreding agter die skerms kwaai grondgrypaksies te keer. Die groot lawaai oor “grondhervorming” het weer opgevlam nadat hy nie weer in die kabinet opgeneem is nie. Jy behoort Mulder eintlik te loof in plaas van ‘n gly in hom te kry.

          2. Rooikop Avatar
            Rooikop

            Skuus – jy is reg ek het die kat aan die stert beet – dit was Mulder.

          3. Riempies Avatar
            Riempies

            Mens kan nou maar redeneer soos jy wil – die feit van die
            saak is dat ons in ander omstandighede vasgevang is en ons het n nuwe party nodig (sou ons wil deelneem aan hierdie verleentheid van n ANC “demorasie”) om ons saak te stel.

            Persoonlik glo ek net wat ek sien en dit is dat die ANC geen
            verantwoordelikheid teenoor die land of hulle kader het nie – hoekom sal ek glo dat hulle oortuig kan word tot ander insigte – na 21 jaar van onderdrukking en onverantwoordelikheid teenoor almal en alles behalwe hulle self?

      4. Rooikop Avatar
        Rooikop

        Stem saam dat hierdie rassisme luidkeels verwerp moet word. Kom dit egter van my en/of jou as blanke dan skree zoempie “rassisme” en niemand luister verder na jou nie. Ek lees vrydag dat die MRK nou besluit het daar is nie iets soos “omgekeerde rassisme” nie –

        Die interessante artikel van Leon Lemmer oor die bevrydingsteologie plaas hierdie mooi in perspektief. (Nie dat daar enige vryheid en/of teologie in daarin is nie) Die gedagte is dat die blankes skuldig is vir ALLES wat verkeerd gaan met die swartes. Van dat die kat kleintjies kry tot by hulle geweld onder mekaar is als die blanke se skuld.

        Punt is omdat hy swart is, is dit sy TAAK om blankes by te kom. Enige teenspraak is taboe.

        1. Riempies Avatar
          Riempies

          Alles wat verkeerd gegaan het met die swartes is nog steeds
          verkeerd die bietjie wat hulle kon “regmaak” is wat die blankes gebou het en
          hulle kon afgeneem het en natuurlik kon verniel gelyk met die grond.

          Werksepping vir hulle is om vakansiedae te gaan bras op die
          voorheen blanke braaieplekke langs die riviere en damme en dan die volgende dag 30 swartes in diens te neem om swartsakke by die honderde hulle vuiles wat
          hulle net so los te gaan opruim.

      5. Dawie Barnard Avatar
        Dawie Barnard

        Thys, dankie vir ‘n nugter opsomming. Die Afrikaner, deur die jare het een ding bewys, ons kan, deur onder mekaar te baklei, ons oog heeltemal van die bal afhaal. Wie verteenwoordig die Afrikanervolk vandag? Watter politieke party? Zuma het biljoene rande afgeskryf met Nenegate, sy trawante trek laer om hom. Blankes plaas kommentaar op sosiale media en word oorweldigend deur ander blankes as rassiste veroordeel. Die waarheid, is nie ‘n demokrasie nie, tog word alle ongemaklike feite nou as rassisme afgemaak. Die Britse ryk is gebou op “divide and conquer”. Die Afrikaner maak die ANC se taak soveel makliker deur geen enkele sterk politieke party te he nie en nou, meer as ooit onder mekaar te baklei

    2. Ray Avatar
      Ray

      Ek hou van jou skeptiese benadering jeens hierdie “leiers”. Ek dink dit is onvermydelik, gegewe die ekonomiese storm wat die wêreld binnekort gaan tref, dat leiers die wêreld oor iemand gaan soek om te blameer. In die weste gaan hulle die gulsige, selfsugtige kapitaliste blameer. In Suid-Afrika gaan hulle die net weier gooi en die wittes blameer. Die wittes wat knaend daarop aandring om die politieke bewussyn op die blanke te fokus is myns insiens van lotjie getik.

  3. Corrupt_comrat_nr1 Avatar
    Corrupt_comrat_nr1

    jacob is nog altyd ‘n rasis uit die boonste rakke,niks nuut nie

    1. Cousin Vinnie Avatar
      Cousin Vinnie

      Ja, jy is reg maar vir hoe lank gaan ons wat die belastingbetalers is die leuens en onregte nog duld? Hierdie tipe van kommunistiese stellings wat hy maak veroorsaak rassehaat en dit gaan die vonk in die kruitvat wees gouer as wat ons dalk dink!

      1. Kalium_Chloraat Avatar
        Kalium_Chloraat

        Totdat die 4×4, strandhuis, rugby en kos nie meer daar is nie.

    2. Skilpad Avatar
      Skilpad

      Ras is tiese Kom munis tiese Laf aar dige Bo hee mse Swen de laar

  4. Maddox1 Avatar
    Maddox1

    Ek wonder maar net, kan VF+ nie ‘n saak van laster/ naam skending teen zoom-kop oopmaak nie?. Hulle gaan niks regkry by die MRK nie, ons weet hoe korrup daai klomp is, en verder bestaan die MRK net uit ANC- simpatiseerders.
    Met ‘n hof saak sal die saak aangehoor moet word, doen dieselfde as met JM se kill the boer lied, sy tjank was dan afgetrap, nou hoekom nie Zuma s’n ook nie?

  5. Riempies Avatar
    Riempies

    Van die ANC die Afrikaners se land gekry het was hulle
    ingestel tot haat nyd en onderdrukking van die Afrikaners/blankes op alle
    gebiede – na 21 jaar van onderdrukking en magsmisbruik teen die blankes en blanke Afrikanersvolk kan n mens met vrymoedigheid aanvaar dat die ANC nie

    hulle houding teen die blankes gaan verander nie.

    Nie dat ek dink dat die ANC onoorwonne vir altyd gaan regeer nie – die feit van die saak is dat die jong mense wit en swart in hierdie land vergiftig is met die mees brutale leuens en wat op leuens gebou is gaan in duie stort op een of ander stadium, dit is nou maar net so dat die waarheid op een
    of ander stadium die leuen inhaal en vermorsel.

    Dus kom n mens nou by die kruispad van: Is dit vir ons aanvaarbaar hoe die ANC ons behandel as derdeklas burgers sonder enige bestaansreg? Of gaan ons dit aanvaar as n onveranderike en dan besluit wat se toekoms gaan ons vir ons kinders en nageslag as Afrikanervolk uitkap.
    Of gaan ons toelaat dat ons net verdwyn as ras en die Afrikanervolk – van die aarde af?

    1. Cousin Vinnie Avatar
      Cousin Vinnie

      Rooikop, jy is heeltemal reg. Ons word behandel as derdeklas burgers en uitgemoor met die goedkeuring en aanhitsing van n satanitiese regime wat ons eersteklas belasting gelde gretig gryp en vermors, terwyl alle infrastruktuur wat ons blanke voorvaders gebou het reeds verbrokkel het of gebreek en gebrand is. Dit terwyl one elke day gedreig word met grondgryp en uit die arbeids mark verban is. My hart bloei vir ons mense in plakkers kampe!

      1. Cousin Vinnie Avatar
        Cousin Vinnie

        Jammer Riempies, dis moeilik on the skryf of te reageer met trane in jou OE!

        1. Riempies Avatar
          Riempies

          Cousin Vinnie, Ek het begrip vir trane – as mens hierdie
          kindertjies sien wat soveel ellende mee gekonfronteer word van hulle geboorte uur soos honger koudkry verniel en geslaan en verskreeu word as hulle kos vra – glo my dan brand die haat in my my hart spierwit vir FW de Klerk Pik Botha en Roelf Meyer – wat nie n sent sal uithaal om hierdie kindertjies te help wie se lewe hulle onomkeerbaar verander het deur en met hulle verraad.

  6. Hannes Pelser Avatar
    Hannes Pelser

    God sê in Sy Woord, soek eers die Koninkryk van God en Sy geregtigheid en Hy sal vir ons al die ander dinge byvoeg, Matt. 6:33, m.a.w. Hy sal ons ook beskerm. Afrikaner, jy gaan deur as ‘n Christen volk maar is jy gered? Dit is wat God wil sien, manne en vroue en kinders wat gered is, skoongemaak deur die bloed van Jesus en weergebore is. Dan sal Hy self die bose se planne in duie laat stort. Maar ongelukkig is baie van die Afrikaner volk kerk lidmate wat nog nie gered is nie. God het in 1994, voor daardie jaar se verkiesing, vir my gesê Hy gaan ons in die hand van ons vyand gee totdat ons terugdraai na Hom toe. Dit is presies wat aan die gang is. Afrikaner, besef jou sonde, noem dit vir Jesus Christus en vra Hom om vergifnis vir dit. Neem Hom dan aan, met jou hele hart, as jou Verlosser en leef volgens die Woord van God en nie volgens die sogenaamde Christelike reëls van mense nie. Joh. 3:3 sê jy moet weergebore wees om die Koninkryk van God te sien. Is jy waarlik weergebore? Alleen as die Afrikaner weergebore is, sal God ons weer herstel. Anders gaan ons onder die hand van ons vyand bly.

    1. Thys Human Avatar
      Thys Human

      As jou god weer met jou praat, vra bietjie vir hom hoekom het hy die Afrikaner in 94″ in die toilet afgtegooi?

      1. jan Avatar
        jan

        Ja vra Hom sommer ook wie het en hoekom teoloog Professor Johan Heyns geskiet is.

        Sommer ook wie Robert Smit terregstel het en hoekom.
        Miskien sal Perskor se manne weet?? hmm?

      2. Riempies Avatar
        Riempies

        Nee Thys hoekom soveel disrespek?

        Kom ons wees konsekwent – ons is deur verraad in hierdie posisie
        geplaas deur leiers wat ons self uitgekies het. Trouens nog erger sommige Afrikaner was reeds so erg gedegradeer dat
        hulle dit geniet om in die riool rond te swem.

        1. Thys Human Avatar
          Thys Human

          Mense wat dink dat hulle god met hulle praat verdien geen respek nie. Net groot omsigtigheid want jy weet nie watse hallusinasies hulle nog kan optower nie.

          Jy’s reg dat onjs verraai is deur ons leiers – soos PW en FW en Pik en die res van daai troostelose spul. Maar dan kan ek vir Hannes – en lyk my ook vir jou vra: hoekom het die god waarin julle glo TOEGELAAT dat ons leiers ons verraai? Hoekom het julle god die Afrikanervolk op watter wyse ook al in die puttoilet gegooi?

          Dis nie disrespek teenoor enige godheid nie (want iets wat nie bestaan nie kan nie ge-disrespekteer word nie)) – dis disrespek teenoor JULLE konsep van “god”.en afkeur van julle “disrespek” teenoor ons om van ons te verwag dat ons JULLE pratende god moet aanvaar.

          1. Riempies Avatar
            Riempies

            Thys daar is nie “ons” en “julle” in die Afrikanervolk nie
            as lid van die Afrikanervolk is ons volkgenote wat ookal die verskille in alle/enige opsigte.

            Ek wil nie tegnies raak nie dit egter beteken nie dat ek nie
            in n sekere redes glo hoekom ons volk oorgee is aan wat tans met ons gebeur. Ek glo ook dat dit net vir n tyd sal wees.

            Ek glo ook dat voor ons as Afrikanervolk nie die fout by
            onsself begin soek en by onsself begin regstel nie bly ons almal aandadig aan ons verdrukking.

          2. Edkrause Avatar
            Edkrause

            Hoe vinniger julle besef dat Thys ‘n trol is en altyd aandag soek, hoe vinniger kan ons hom ignoreer. In die regte lewe is hy maar ‘n grys klein mannetjie. Snaaks dat Praag hom nog steeds toelaat.

          3. Thys Human Avatar
            Thys Human

            O, jou god praat seker met jou ook – en hy vertel jou sulke twak soos jy hier verkondig!

  7. Chroom Avatar
    Chroom

    Is dit nie blatante rassime nie? Waarom swyg almal, is hy verhewe bo vervolging? Party mense sê net een wword verkeerd, wat einlik die waarheid is en siedaar onthef van partylidmaatskap en sommer ook hul werk kwyt. WAT ‘N SIEK SPUL. en julle anc gatkruipers, jul dae is besig om te kom.

    1. Leonie Booysen Avatar
      Leonie Booysen

      Niemand weet waar om dit te rapporteur nie gaan asb na Report hate speech and racism se fb blad

Leave a Reply