praag.co.za

Ope brief: Suid-Afrika is op pad na kommunisme, soos Gwede Mantashe sê

Written by

in

,

Meneer Mantashe,

In die lig van die ooreenkoms wat TLU SA in sy besit het met u handtekening daarop (waarna later in die skrywe meer volledig verwys sal word), waarin u die reg op ons kultuurbeskerming onderskryf het, rig ons hierdie skrywe aan u in ons kultuurtaal, wat ook ʼn wettige landstaal van die land is.

Dit was my twyfelagtige voorreg om namens TLU SA, die landbou-organisasie wat al vanaf 1897 (dus nog voordat daar ʼn gedagte van ʼn ANC was) in diens van die boere en landbou in Suid-Afrika staan, u Afrikaanse beraad by te woon.

Ter wille van die rekord is dit nodig dat ek u tog voorsien van my indrukke van die beraad, veral in die lig daarvan dat u gevra het vir voorstelle.

My eerste voorstel sal wees dat ʼn behoorlike sakelys opgestel moet word waaroor gesprek gevoer moet word. So ʼn oop gesprek rafel uit deurdat die beperkte tyd in beslag geneem word deur instansies wat graag hulle goeie hoedanighede op rekord wil plaas.

Dit is seker teen hierdie tyd gemene saak dat dit nie goed gaan met Suid-Afrika nie. Ten spyte van allerhande regeringsbeloftes ly die land onder werkloosheid, misdaad, korrupsie, gebrekkige dienslewering, kragonderbrekings, dalende onderwysstandaarde en nog vele meer, wat die land se ekonomie laat stagneer, en wat lei tot swak graderings deur gesaghebbende graderingsagentskappe. Bekwame en gesaghebbende ontleders voorspel dat die land tussen twee en vyf jaar van nou af ʼn ongekende krisis gaan beleef.

Terwyl dit die realiteit is, verdoesel u dit met die oogklappe van u politieke retoriek, soos verwoord in die Freedom Charter, die NDR en die ANC se “Strategy & Tactics” – ʼn soort politiek wat ander lande al ten gronde gerig het.

By die beraad het u die Freedom Charter op ʼn baie hoër vlak gestel as die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika. Is u nie besig om die burgers van die land daardeur te mislei nie? Waarom sê u nie reguit en onomwonde waarheen u die land neem nie. Sê reguit en eerlik dat u u nie steur aan die land se Grondwet nie, maar dat u u laat lei deur ʼn revolusionêre partydokument, wat dateer uit die “struggle”-tyd waarin mense omgekom het? Waarom is u nie openlik oor die NDR en die Strategy & Tactics nie, sodat mense kan weet waarheen u op pad is nie? Dit is immer niks anders nie as politieke bedrog?

Die tweede voorstel rondom so ʼn beraad is dat u moet besluit watter hoed u dra as u so ʼn gesprek aanlê. Dalk sal u u kan herinner dat ek u gevra het wie nou werklik in beheer van die land is? Watter status het u as hoofbeampte van die ANC om so ʼn gesprek aan te lê? Beteken dit dat die ANC besluite maak? Maak die SAKP die beleid en besluite? Cosatu en die vakbonde? Of het die President en sy kabinet as regering van die land ook nog iewers inspraak in beleid- en besluitneming?

Van die ander kant gesien: vir wie moet die burgers en die kiesers tot verantwoording roep vir die gemors wat ek hierbo aangestip het? U antwoord dat “almal in beheer” is, is onaanvaarbaar en in terme van ʼn demokratiese bestel belaglik. Die ANC het die stemme gekry: nie die SAKP of Cosatu nie. Die ANC stel die regering saam, en dié behoort die verantwoordelikheid op hom te neem. Nou word verwarring gekweek deur die verantwoordelikheid van die een na die ander te verplaas, sodat uiteindelik niemand verantwoordelik is nie.

Tydens die beraad het ek dit aan u gestel dat dit wil voorkom of die SAKP in wese in beheer is, in die lig van die groot aantal ministers wat Kommuniste is. U sarkastiese antwoord dat ons weer net die Rooi Gevaar sien, is tiperend van iemand wat nie die argument kan voer op grond van feite nie, maar deur snedigheid en vernedering punte wil aanteken. Die feit is dat die Kommunisme ʼn ideologie is wat uitgedien is in die res van die wêreld. TLU SA het noue kontakte met Georgië. Daardie land lek nou nog sy ekonomiese wonde van die vernietigende effek van die Kommunisme onder die Sowjet-Unie. Dit is soms goed om oogklappe te verruil vir ʼn wyer visie, en te leer uit die lesse wat ander al uit dure ervaring geleer het! Ek stel dit duidelik en ondubbelsinnig aan u dat u beleidsrigting en veral die toepassing daarvan vir Suid-Afrika net armoede gaan skep.

Wat die land nou nodig het, is eerlikheid. Juis dit ervaar ons nie, hetsy van die regering, die ANC of enige van sy vennote nie. Aan die een kant meld u by die beraad dat u die boere nodig het aangesien landbou ʼn sleutelbedryf is. Net daarna dreig u ons met grondgrype en onwettige grondbesettings. Is u nou al skoon ʼn propagandis vir die EFF se beleid? Skep u daarmee die klimaat vir verdere geweld en onrus in die land, en is dit u bedekte opdrag dat boere van die plase verdryf moet word, al is dit deur besettings en selfs plaasmoorde? U is besig om die klimaat hiervoor te skep!

Maar as u so bekommerd is oor die landbou, waarom dan al meer en meer stremmende wetgewing op die wetboek plaas? Tans is daar al meer as 16 wette op die tafel wat landbou gaan strem. Trouens, nie net landbou nie: wette wat private besitreg oor ʼn wye spektrum insluit en wat uiteindelik ekonomies katastrofale gevolge vir die land gaan inhou.

As u weer wil gesels, laat ons oor die ekonomie gesels. Ek wil nie weer met u oor politiek praat nie, want ons sal bly by mekaar verby praat. Ekonomie is realiteit: laat ons dit ʼn slag op tafel sit! Indien u erns het met die toekoms van Suid-Afrika sal u besef dat daar met boere gepraat moet word oor kos en die verskaffing daarvan en dat al die ander geykte retoriek wat so vrylik gebruik word en wat veroorsaak dat beleggersvertroue geskend word nie tuishoort by enige verantwoordelike instansie nie. Ek kan ook nie met u oor kultuur praat nie. Ek het u tydens die beraad gewys op die dokument wat deur u persoonlik onderteken is nadat u destydse jeugleier skuldig bevind is aan haatspraak, waarin u die Afrikaner die reg op sy kultuur- en gemeenskapslewe erken het. U het daardie dokument, met u eie handtekening en al, by die beraad van die tafel af gevee.

As ek praat van toekomstige gesprekke, sê ek dit eintlik met huiwering. Dit is nodig dat daar oor die toekoms gepraat moet word, en dat die verlede agtergelaat moet word. Maar as u handtekening in u eie woorde en optrede niks beteken nie, en as u selfs ʼn geskrewe ooreenkoms nie die papier werd maak waarop dit geskryf is nie, wat help gesprekke? Waarom sal ons enige mondelinge stelling, ooreenkoms of onderneming ernstig neem as ons u nie eens kan vertrou met u handtekening op skrif nie? Dit is eweneens politieke bedrog!

Intussen moet u kennis neem dat ons boere in die land is om te bly. Ten spyte van u, die Regering, die ANC, die SAKP, Cosatu of wie ook al se vyandelikhede teen ons, sal ons voortgaan om ons roeping, waarvoor ons ʼn passie het, uit te leef. Dit is om te boer, en om selfs toe te sien dat u elke dag kan smul van die vette wat die boere produseer.

Ons het nie ons grond gesteel nie. Ons was nooit deel van die koloniale stelsel nie. Ons is inheems aan Afrika, ʼn stam wat hier gebore en gevorm is tot uniekheid, net soos enige ander stam. Daarmee sal ons voortgaan, ongeag of u ons ʼn regmerkie daarvoor wil gee of nie.

Dis ons reg, wat ons sal bly opeis!
Louis Meintjes
President TLU SA

Comments

20 responses to “Ope brief: Suid-Afrika is op pad na kommunisme, soos Gwede Mantashe sê”

  1. Witbeer Avatar
    Witbeer

    Kommunisme, sterf, wereldwyd, behalwe in NSA waar ons te doen het met grotgoggas, soos Cronin en Mantashe…… of is dit werklik so??, het Kommunisme nie net sy naam verander in ander wereld dele na:”Nuwe Wereld Orde” toe nie?
    Selfde beleid, net ander tonge. Alle privaat eiendom gaan weg val, pensioene word deur die staat beheer, ek is so bly ons NSA kan goed met geld werk en hulle het geen, maar geen korrupsie nie. Banke gaan almal aan die staat behoort. Griekeland is n goeie voorbeeld van dit wat kom. Behher op daaglikse limiete, Beheer op hoe ver jy mag ry met jou voertuig, daagliks, VSA begin nou dink aan belasting per kilometer, (Tol)
    Die staat gaan die Boere, wat oorbly, beveel hoe en waarmee om te boer, gelukkig is ons edelagbare ministers almal goeie boere.
    Landelike beheer is moeiliker as stedelike beheer, daarom die “spook dorpe” wat wereldwyd opgaan.
    Die dominoes gaan en moet val, ons het geen ander keuse nie. Ons staan in die pad van n sataniese NUWE WERELD ORDE, of te wel, wereld Kommunisme. Goeie nuus grotgogga, Willie, jy is ook deel van hulle “kanon voer” en Cronin se skelm glimlag gaan verander in honger pyne.

    1. Bad Moon Avatar
      Bad Moon

      Die grootste land met die meeste inwoners, Sjina, is steeds kommunisties. Hoe kan kommunisme nie meer nestaan nie. Putin neig ook terug na kommunisme. Dit is ydele hoop dat kommunisme aan die verlede behoort.
      Selfs die Bybel sê ook dat die beer sal opstaan, Openbaring.

      1. Witbeer Avatar
        Witbeer

        ” het Kommunisme nie net sy naam verander in ander wereld dele na:”Nuwe Wereld Orde” toe nie?”

        1. Bad Moon Avatar
          Bad Moon

          Ek dink dit is wat ingedagte is, maar wil jy my dan sê dat ‘n land soos bv. Australië ook dan die pad gaan stap? Ja die ou vyand wat al sy planne mooi name gee.
          Maar ons moet ons self net daaraan herinner dat Sjina steeds die grootste kommunistiese land in die werêld is, al is hul ekonomie besig om uitmekaar te val.
          ‘n Rukkie gelede ‘n boodskap van ‘n beurs makelaar vriend van my gekry, waarin hy sê dat die “bloed” gaan vloei binne die volgende 2 weke op ons beurs. kommuniste wat ekonomieë aftakel, of dan soos jy dit stel. Deel van die nuwe wereld orde.

          1. Witbeer Avatar
            Witbeer

            Hi Bad Moon,
            Hulle gee vir ons allerhande mooi name vir dieselfde snert.
            Nes die DA se eind doel nie verskil van die ANC se Freedom charter nie en ook nie van die EFF se planne nie. Ozz gaan dieselfde pad stap, die drie proef lande vir die NWO is NZ OZ en NSA.
            OZ word, volgens n 1957 ooreenkoms, n Militere basis tydens WW3. Hulle word oorval deur tjings uit die kommunistiese Tjingland.
            Ons is ook geraak deur die Griekse Titanic ofd ons nou wil of nie. Ons Beurs, is n groot bubble wat moet pop, so ook dioe wereld se ekonomie, en ek dink dit is 2015.
            40 lande wereldwyd sit met hongersnood, 4 is ons bure en die meeste van die lande is uit Afrika.Hond gaan Hond vreet. Goud gaan ook in die slag bly. Meer goud sertifikate vir aandele as wat daar goud is. Tydens die vorige depressie het die regerings die mense forseer om hule goud en edel metale in te handig. Die banke gaan groot skep. Ons pensionarisse, soos in Griekeland gaan die meeste kreun. Die staat gaan beslag le op alle pensione, privaat sowel as staat deur ons te laat glo dat hulle dit beter kan bestuur,….en sneeuwitjie was eintlik pikswart.

            http//m.news24.com/fin24/Markets/Currencies/Rand-hits-4-week-low-in-risk-averse-trade-20150708

            Bad Moon, ek stry geensins met jou nie en stem saam met jou komentaar, al wat ek se ons kyk na die “media” se groot reus en val oor die klein varkie in ons midde.
            Zums, FW, Soli, Afferforum gaqan die NWO omhels, …… wag en sien.
            Orde uit Chaos

          2. Bad Moon Avatar
            Bad Moon

            So, wat jy sê Witbeer, indien dit moontlik is om jou hande op jou pensioen te lê, bv ‘n lening daarop te vat, om dit te doen? Tenminste het jy darem ‘n deel van jou geld indien die bom bars. Daarmee kop jy diamante dat die wereld klein raak, want goud gaan waardeloos raak inaggenome die huidige stand van die goudprys.

          3. Witbeer Avatar
            Witbeer

            Griekeland is net n voorbeeld en toets terein vir dit wat kom…… Sealy posturepedic is n goeie bank, steel nie jou rente nie. Dit is tragies hoe die mense op hulle kniee is vir hule eie geld. IMF is n satan vanself.

            Staat maak skuld, Burgers betaal en verloor. Wat het zumpie gedoen by IMF, Wat het FW gedoen met wereld bank?
            Hule was gewaarsku soos wat ons gewaarsku is en word, die libs met hulle koppe in hulle g@tte gaan die swaarste trek

            “•What you are watching unfold in Greece right now is eventually going to come to your own neighborhood.
            Someday, people living all around you will be storming
            the supermarkets in a desperate attempt to secure the food and supplies that
            they neglected to store up when they had the chance.
            Of course the Greeks never thought that it would happen to them either.
            Their civilization had endured for thousands of years, and they were a part of
            the most powerful economic alliance on the face of the planet. Most
            Greeks never imagined that they would be plunged into a multi-year economic depression that would ultimately lead to “bank holidays”, long lines at ATM machines, and people diving into dumpsters in a frantic search for something to sell. And this is just the beginning of the chaos in Greece – things are going to get much, much worse for them.
            Hopefully, this will serve as a wake up call for millions upon millions of clueless, Americans (South Africans) out there, because we are on the exact same path that Greece has gone down.

          4. Witbeer Avatar
            Witbeer

            We’ve
            previously warned that elements within the U.S. government have been feverishly
            working to take control of all retirement assets in
            America. The reasoning, of course, is that the government can manage your
            personal finances better than you can. They’ve already begun
            plans to
            have workers invest their earnings directly into government-managed funds, but
            at some point, should we get into trouble, they may look to seize
            those assets outright and
            put them under central
            control.
            Like the idea of socialized, centrally-managed health care, this sounds like an
            impossibility in the Land of the
            Free.
            However, it’s already been established, with passage of Obamacare as clear
            evidence, that should they want to do this, they will.

            It’s
            a danger to be sure, but perhaps not as dangerous as what is happening in China
            right now. While Chinese
            stock markets are in the midst of a massive collapse, the
            Chinese have tried just about everything to halt the crash that has so far
            vaporized about 25% of investor wealth in under a month.

      2. Andy van Vuuren Avatar

        More Bad Moon,
        ongetwyfeld moet ek hier met jou saamstem. Dit was ook vir my ‘n openbaring om bewus te word van al hierdie gebeure en tekens wat net so in die Woord staan oor wat gaan gebeur.
        Witbeer is natuurlik ook reg wat betref die “Nuwe Wêreld Orde”. Daar was alreeds samesprekings en hier is manne wat sal stom wees as hulle sou hoor en sien wie is almal daarby betrokke.
        Wolwe in skaapwagters klere.
        Nou gaan ek stilbly ek praat klaar te veel.
        Groetnis.

        1. Bad Moon Avatar
          Bad Moon

          Andy, is jy in die Kaap woonagtig?

          1. Andy van Vuuren Avatar

            Woon reeds sedert Jan 1997 in die Kaap.
            Is eintlik ‘n Oos Kapenaar, Dordrecht naby Barkley-Oos.
            Het jy iets vermoed?

          2. Bad Moon Avatar
            Bad Moon

            Ja, jy is te ordentlik, grap net.
            Kan jy my kontak by threetrade@gmail.com, asb

      3. expatNederland Avatar
        expatNederland

        Liberale demokrasiëe soos Swede is grotendeels communisties.

  2. leonlemmer Avatar
    leonlemmer

    In sy jongste boek bevind Alex Boraine dat die ANC-parlementslede se eerste lojaliteit teenoor die party is en nie teenoor die grondwet nie, ten spyte van die eed wat hulle afgele het. Die Vryheidsmanifes van 1955 en baie ANC-lede se kommunistiese verbintenis is vir hulle ook belangriker as die grondwet en die heil van die land en sy inwoners.

    1. expatNederland Avatar
      expatNederland

      Idem, staan ook in die boek Minderheid in Eigen Land deur Martin Bosma (2015)

  3. Andy van Vuuren Avatar

    Baie dankie aan Louis Meintjies vir ‘n netjiese en goed bewoorde brief.
    Die probleem is dat Mr Matashe geen snars hiervan gaan verstaan nie. of hy dit ooit gaan lees is ‘n ander ope vraag. Ek vermoed hulle liasseer dit reguit in legger no 13. Ek stem saam met Witbeer, die dominoes sal moet val en dalk hoe gouer hoe beter.
    Ons is egter nie in beheer nie, maar wel ons Hemelse Vader, en weet verseker, die regte domino sal op die regte tyd val al lyk dit op daardie stadium nie so nie.
    Ons moet net bly vertrou, regop staan en opkyk, want dit is waar ons hulp vandaan kom.

  4. william Avatar
    william

    Vir Manthashe en die res is demokrasie te ingewikkeld, daarom verkies hulle kommunisme. Dit is eenvoudig . Die staat besit alles en die gepeupel is slawe. Kommunisme het deur tyd en geskiedenis onbeskryfbare ellende en armoede veroorsaak. Dit het ekonomiee verwoes. Net die politburo leef in weelde.

  5. Karel Combrinck Avatar
    Karel Combrinck

    Op pad na Kommunisme? Die bespreking hierbo van Beeld se artikel oor die Pierneef uitstalling laat ‘n mens wonder of ons nie reeds daar is nie. ‘n Goeie brief, maar het dit werklik sin om met hierdie mense te probeer kommunikeer?

  6. VOLKSGENOOT Avatar
    VOLKSGENOOT

    andy dis so lekker om elke keer waneer jy en witbeer skryf net elke keer n bevestiging te kry van wat baie van ons dink en glo dit help baie met mens se gemoed. niks kan buite beheer raak nie ,want VADER is altyd in beheer. die ding is dat ons al diep in beseringstyd is maar ons is te besig om mekaar te veg inplaas om mekaar te onderskraag ,maar dit sal ook verbygaan ,”gelukkig” vir dit VADER is in beheer.

    1. Witbeer Avatar
      Witbeer

      VOLKSGENOOT, “,”gelukkig” vir dit VADER is in beheer.” hier is ek een met jou skrywe. Andy is beslis die “gentleman” hier. Dolk, Riffels is die slimmes wat my spelling reg hou, he he he he

Leave a Reply