Die Standardbank-kunsgalery in Johannesburg open vandag ‘n tentoonstelling van die bekende Afrikaner-kunstenaar Jacobus Hendrik Pierneef, wat loop tot 10 September vanjaar. Dit geskied te midde van ‘n “getransformeerde” en marxistiese kunswêreld in Suid-Afrika wat slegs revolusionêre, linkse of swart kuns as “waardevol” sien. Omdat Afrikaners vanuit die marxistiese oogpunt van Joe Slovo, Ruth First, Jeremy Cronin en Blade Nzimande as “wit setlaars” beskou word, word skilderye, argitektuur of ander kunswerke deur Afrikaners insgelyks as verdag en nutteloos beskou.
Hoewel die Standardbank-kunsgalery onder kuratorskap van Wilhelm van Rensburg die moedige stap neem om Pierneef se skilderye vir die eerste keer in jare sedert die 1994-revolusie ten toon te stel, word Pierneef se werke nietemin deur ander werke gerelativeer, wat dit moet “ondermyn”. Op die galery se webblad, lees mens:
The work of Jacob Hendrik Pierneef (1886-1957) was a dominant presence in South African art for much of the twentieth century. His works were displayed in public spaces, his paintings were prized commodities in the art market and he was studied by school pupils and art historians alike. Pierneef’s landscapes have been appropriated, parodied and subverted by other artists since the 1980s; he has been associated (whether fairly or not) with the apartheid state and with Afrikaner nationalism. Even though private collectors pay huge sums for “a Pierneef” at auction, his work has become largely neglected by scholars and institutions in the arts sector. Wilhelm van Rensburg suggests that “public awareness of the art of J.H. Pierneef has never been at such a low point in South Africa”.
J.H. Pierneef: A Space for Landscape brings together a wealth of paintings and prints, from numerous collections, to create the first major Pierneef exhibition in many years. It also includes a selection of works by artists who have responded to and undermined Pierneef’s iconic status.
Van Rensburg seeks to challenge the assumption that Pierneef was merely an artistic stooge of the projects of colonialism and Afrikaner nationalism. Adopting a biographical or a formalist approach to the work reveals other aspects of Pierneef: an outsider and an experimenter, an opponent of empire who was nonetheless international in his outlook. His influences were wide and varied, and his style shifted “under the broad rubric of modernism” from “somber and realistic” to impressionist, abstract and “quasi-geometric”. As we discuss other icons of South Africa’s past, the time is ripe to revisit the work of J.H. Pierneef.
In sy aankondiging van die tentoonstelling, stel die marxistiese dagblad Beeld die perspektief van Slovo en die Kommunistiese Pary deur te sê dat Pierneef sondig deur landskapskilderye te skilder en daardeur implisiet “‘n geskiedenis van gewelddadige verowering en verskuiwing en die kwessie van grondeienaarskap [ignoreer]…” Sulke argumente was volop in die voormalige Sowjetunie waar kunstenaars ook na gelang van hul lojaliteit teenoor die Kommunistiese Party en die werkersklas beoordeel is. Beeld suggereer ook dat Pierneef se skilderye as “apartgheidskuns” aangeval behoort te word of soos die Rhodes-standbeeld met ontlasting bestrooi behoort te word:
“Dié tema van ikonoklasme is veral tydig gegewe die hernieude debat in die land oor beelde, simbole en figure uit die land se bestrede verlede.
Pierneef se werk, waarvan sommige in opdrag van die Unieregering geskep is en waarvan baie deur die apartheidstaat gekoöpteer is, is al gekritiseer vir die romantiese of nostalgiese voorstelling van die landskap waarin ’n geskiedenis van gewelddadige verowering en verskuiwing en die kwessie van grondeienaarskap geïgnoreer word.
Indien Pierneef nie vaspenbaar is ten opsigte van style nie, is dit dalk ook waar van die historiese kontekste waarin die werk geskep en ontvang.”
Volgens die marxistiese kunskritiek moet elke kunswerk volgens die “klasseposisie van die kunstenaar” en “historiese konteks waarin die werk geskep en ontvang word” beoordeel word, ‘n beginsel wat Beeld klakkeloos napraat.
Pierneef was lid van ‘n driemanskap van Afrikaanse kunstenaars en argitekte wat reeds in die dae van die ZAR begin het om ‘n eg inheemse Afrikaanse en moderne styl te bepleit. Die ander twee was Gerard Moerdijk, argitek van die Voortrekkermonument, en Gordon Leith wat ‘n hele aantal openbare en private geboue, hoofsaaklik in Johannesburg, ontwerp het. Van Leith se geboue wat volgens wet nasionale gedenkwaardighede is, word tans deur die ANC in die middestad van Johannesburg gesloop.
Onder invloed van die marxistiese revolusie word die bydrae van Afrikaanse kunstenaars, argitekte en skrywers tot die land se kunsskat nie meer erken nie en moet dit “ikonoklasties” vernietig of “ondermyn” word, soos wat die rooi mondstuk Beeld inderdaad bepleit.
Sodra PRAAG die Pierneef-tentoonstelling besoek het, sal ons meer daaroor berig. Benewens weeksdae, is die galery ook op Saterdae tussen 9:00 en 12:30 oop. Daar is veilige onderdakparkering beskikbaar.

Die (skewe) Beeld skool vir joernalistiek en bestuur verpligte kursusmateriaal:
Lye, Grabbit & Run (19voertsek), Journalism for Dummies. Volksvremde uitgewers, Moskou
Skeel, Visie & Goudgrawer (1916), Journalism for complete idiots, Vyfde-kolom publikasies, Bosjewik stad.
As hierdie kunswerke dan nou “uitgesmyt” moet word sal ek met graagte dit van hulle oorneem. Dan rig ek sommer ‘n museum op waar dit besigtig kan word – permanent, nie net wanneer een of ander kurator besluit dit is tyd nie.
Wonder wat van Pierneef se skilderye geword het wat op Johannesburg-spoorwegstasie in die groot saal gehang het? Die Afrikaanse koerante het destyds mos ‘n veldtog gevoer teen die skilderye wat daar gehang het; hulle klagte was dat die mense dit nie raaksien nie deurdat dit nie ooghoogte hang nie (Hulle het niks oor daardie beroemde skilderye van Mikelanjelo en Da Vinci, die brandskilderwerk bv. wat die plafon uitmaak van die Sistynse kapel in Italië, geskryf nie). Die skilderye is toe, as ek reg onthou na die Blou Kamer, ‘n eetplek op die stasie, geskuif. Waar is daardie Pierneefs nou?
Ek het destyds, net so kort voor die NP se oorgawe aan die Swart kommuniste, vir ‘n bietjie reaksie vir die koerant waarvoor ek gewerk het, met Merwe Scholtz dink ek, ‘n onderhoud gevoer oor die gevaar van die geplunder van die Afrikaner se kunsskatte weens die klomp rewolusionêres se vernietings- en veroweringsdrif. Die vader des Broederbond se plegtige versekering aan my was daar is g’n gevaar nie, die wrede terroriste het intussen hondmak en liefdevol geraak.
Johannesburg se middestad was in die laaste jare van Afrikanerbewind eintlik een reuse-kunsskat (jy kon net ‘n dak oor die die stasie- en die Hillbrow-omgewing sit), dink maar aan daardie kosbaarhede wat in die Johannesburg se kunsmuseum gehang het, beeldhouwerk van Anton van Wouw, ander goed wat nog uit die versamelings van Lionel Phillips gekom het. Die museum het selfs ‘n Picasso of twee gehad, Constables, ‘n Rodin, Hollandse meesters – wat het van die goed geword?
(Daardie tyd was die koerante vol van ou oom Obie Oberholzer, een van die laaste SAP-burgemeesters wat Johannesburg gehad het. Die koerante se gevoel was blykbaar Oom Obie kan, as hy dan skatte wil aankoop, verstandiger keuses maak.)
Hoeveel van die skatte waarna ‘n rustige burgery wat waardering vir die goed gehad het in museums en galerye kon gekyk het, hang nou in private versamelings, waardering net beskore vir uitgelese rykes.
Nou die dag lees ek ‘n ding raak, ek weet nie of ek my oë moet glo nie. Van die Joodse kommunis Albie Sachs wat met so valse hartseer-blydskap lamenteer oor hoe goed dit die nuwe geregtigheid in die land dien dat die klippe van die ou Fort wat daar op Hospitaalheuwel in Hillbrow gestaan het en waar Boerehelde van die Rebellie soos genl.s De la Rey en De Wet, en ook Siener van Rensburg vir ‘n tyd as ek reg verstaan, hy was later in die tronk op Boksburg aangehou, toegesluit is, ja, dat daardie klippe uit die Fort gebruik is om te bou aan ‘n stuk stront van ‘n grondwetlike hofgebou in Johannesburg.
Intussen troos ek my aan afdrukkies van twee Pierneefs wat in my huis hang, een van Majuba (dis teen sulke skilderye van Pierneef dat die Wit kultuurmarxiste dit het), die ander van Heidelberg, die Blesbokspruit wat daar deur kronkel, die toneel gesien in die rigting van die berge en die Kloof, die ou dorp ook deel van die toneel. Dié het ek nog gekoop toe ek in Hillbrow gewoon het, die Heidelberg-skildery (se afdruk) wat vir my kosbaar is omdat Heidelberg my geboorteplek is.
Jy is voorwaar gelukkig om sulke items in jou huis te kan hang.
Gas, as ek reg onthou, hang die “stasieskilderye” nou in die Rupert kunsmuseum op Stellenbosch.
Gas, ek nou net nageslaan. Die Stasiekilderye hang wel in die Rupert museum. Kyk op internet by : Pierneef paintings in Rupert Museum. Mooi afdrukke daarby.
Dankie vir die inligting, Karel.
Dis ongelooflik dat mense sulke snert kan kwytraak. En dis nog ongeloofliker dat mense so’n koerant kan koop. Meeste van die sg “lesers” van Beeld sal natuurlik nie juis belangstelstel in die resensies of menings op die kunsblad nie en sommer kortpad deurskiet na die rakbiegedeelte toe. Op grond van watter gesag, wysheid en insig, behalwe, soos die artikel sê, die Marxistiese, eien Beeld hom die reg toe om aan kunstenaars voor te skryf watter onderwerpe hulle mag hanteer en watter nie. Hoe wil hy inderdaad voorskryf aan ‘n kunstenaar wat lank reeds oorlede is! Vir watter rede moet ‘n kunstenaar noodwendig “gewelddadige verowering” die onderwerp van sy werk maak? ‘n Kunstenaar beeld uit wat hy wil en enige poging om aan hom voor te skryf verander sy “kuns” gewoon in propaganda En van watter belang is dit dat Pierneef se werke deur die Apartheidsbestel “gekoöpteer” is of nie. Die werke van Richard Wagner is ook gedurende die oorlog en daana deur die linkse kultuurmarxistiese samemelewing verban. omdat dit deur die Nazibewind “gekoöpteer ” was. Grotesk. Pierneef is nie net ‘n “bekende kunstenaar” nie, hy is ‘n onmiskenbare genie wat die grootsheid en skoonheid van die Afrika landskap beter begryp en weergegee het as enige ander. Mens sou dink dat die ANC en sy meelopers hom juis daarvoor sou loof en eer. Maar nee, ver linkse ideologie het weer getriomfeer. Alles deel van die program om die verlede te manipuleer en te herintrerpreteer om in die heersende ideologiese patroon te pas. Beeld is ‘n skitterende geval van ‘n kommunikasiemiddel wat homself deur kruiperigheid en gedienstigheid aan sy ideologiese meesters gereduseer het tot die veragtelike vod wat dit is. Tot ‘n laer vlak as dit kan ‘n koerant nie daal nie.