Sydney Gregan: Die aanslag op volkere se soewereiniteit

Die Europese Unie probeer nou sy begroting van 1,8 triljoen euro goedkeur, maar met die politieke slenter daarin opgesluit dat lidstate ‘n minimum aantal vlugtelinge moet aanvaar. Net Pole en Hongarye weier om daardie voorwaarde te aanvaar en word nou boonop gedreig dat hulle nie die “rule of law” in hulle onderskeie lande handhaaf as hulle nie hierdie voorwaarde as deel van die packet wil aanvaar nie. Voor in die koor van die dreigers is die Nuwe Wêreldorde-dissipel, Angela Merkel, iemand wat globalisme reeds volledig omarm het.

Soos William Endahl, bekende onafhanklike internasionale politieke ontleder dit stel:

“However when we look more closely at various EU laws, it becomes clear that the phrase [“rule of law”] is used as yet another neuro-linguistic manipulation, much as the earlier “Responsibility to Protect” that was used by the Obama Administration to bomb Libya to the stone age.”

Die Poolse eerste minister, Mateus Morawiecki en Viktor Orbán, eerste minister van Hongarye het ‘n gesamentlike perskonferensie gehou en gaan poog om hierdie stap te veto en sal die begroting alleen goedkeur as hierdie bepaling uitgehaal word.

Dis gewoon skreiend dat ‘n staat se soewereiniteit op so ‘n wyse aangeval word en dit onder die dekmantel van die “rule of law”.

Orban se opmerking in hierdie verband is veelseggend:

“The proposal remains on the table, which would tie crisis funds to rule of law criteria, and this is not legal, but political in nature; and this proposal, from Hungary’s position, is not acceptable.”

Wat Orban (en Morawiecki) inderdaad doen is om hulle lande se soewereiniteit te beskerm, iets wat globaliste wêreldwyd verag.

Die gebruik van die term “rule of law” deur die Europese Kommissie in Brussels is ‘n gevaarlike manipulasie van dit wat van die soewereiniteit van die lidtstate oorgebly het toe hulle die Europese Unie betree het. So sal ‘n globalistiese organisasie nou kan besluit hoe die samestelling van ‘n “volkstaat” sal lyk – wat net teen ding kan beteken – volledige integrasie.

Uiteraard het links-liberale professors onmiddellik in die anti-Orban koor geval soos wat die Central European University, ‘n universiteit gefinansier deur die berugte Hongaarse Jood, George Soros met sy Open Society Foundations. In April 2016 reeds het ‘n artikel getiteld, “An EU Mechanism on Democracy, the Rule of Law and Fundamental Rights” uit die pen van Dimitry Kochenov en Petra Bard verskyn wat Pole en Hongarye aangeval het as sou hulle die “rule of law” negeer met die aanklag van “Rule of Law backsliding,” so uit George Orwell se boek. Die tafel was toe al gedek om Pole en Hongarye te teiken. Soros propageer openlik “oop grense vir elke staat. Orban het ‘n referendum daaroor in Hongarye gehou en met ‘n groot meerderheid is integrasie verwerp, iets wat die globaliste nie kon sluk nie.

Soros gebruik ander om sy vuilwerk te doen en aanvalle op Hongarye te loods, dit terwyl Orban telkens op demokratiese wyse die wil van sy mense toets oor sake van wesetlike belang – stappe wat daarop dui dat hy die soewereiniteit van sy volk hoog ag, iets wat globaliste verwerp en verag.

Op 18 November 2020 het Soros ‘n skerp aanval op Orban geloods:

“The EU can’t afford to compromise on the rule-of-law provisions. How it responds to the challenge posed by Orbán and Kaczyński will determine whether it survives as an open society true to the values upon which it was founded…The question is whether the EU, with German Chancellor Angela Merkel perhaps leading the way, can muster the political will.”

Soros beskuldig Orban ook van korrupsie maar kan geen bewyse lewer daarvoor nie. Hy speel ook die Joodse slagoffer-kaart:

“Being of Hungarian Jewish origin, I am particularly concerned with the situation in Hungary…”

Wat Soros nalaat om te sê is dat hy self erken het dat tydens die Tweede Wêreldoorlog vals dokumentasie gebruik het en hom as nie-Jood voorgedoen het en Joodse families uitgewys het om in konsentrasie kampe te laat gaan werk, iets wat hy self moes erken. Die VSA-program 60 Minutes het in 2006 berig:

“While hundreds of thousands of Hungarian Jews were being shipped off to the death camps, George Soros accompanied his phony godfather on his appointed rounds, confiscating property from the Jews.”

Orban staan nie ‘n tree vir Soros terug nie en het soos volg op Soros se tirade gereageer:

“The Soros network, which has woven itself through Europe’s bureaucracy and its political elite, has for years been working to make Europe an immigrant continent. [They] promote a global open society and seeks to abolish national frameworks, [and] is the greatest threat faced by the states of the European Union. The goals of the network are obvious: to create multi-ethnic, multicultural open societies by accelerating migration, and to dismantle national decision-making, placing it in the hands of the global elite.”

Orban is duidelik ‘n nasionalis wat hom verset teen die globale “empire” wat globaliste daar wil stel. So stel hy dan ook dat Soros ‘n institusionele sisteem daar wil stel wat:

“…under the aegis of the open society, seeks to force a unified way of thinking, a unified culture and a unified social model on Europe’s free and independent nations. They seek to rescind the right of every people to decide its own destiny. This is also the purpose of their “rule of law” proposal – which does not, in fact, recognize the rule of law, but of strength. It would be more honest to call it the “rule of the majority.”

Die kruks van die saak is dat die sogenaamde “rule of law” nou die “rule of the majority” geword het, soos wat ons in hierdie land dit beleef sedert 1994. Met tragiese gevolge vir die soewereiniteit van volkere. Dit is niks anders nie as ‘n totalitêre wêreldorde wat afgedwing word – ‘n misdaad teen volkere se soewereiniteit om self te kan besluit oor hulle toekoms. Dit terwyl state (soos Hongarye) se interne referendums eenvoudig afgemaak word. Soos Engdahl dit stel:

“The term Rule of Law is one of those slippery terms that can be used to hide a multitude of crimes. There is nothing we can call “Law” like the US Bill of Rights that have been accepted by all member states. Which law has Orban violated in exercising the allowed veto? Hungary and Poland have offered to approve the budget if the EU separates the political demand for Rule of Law from the package, something Merkel refuses”.

Dit is ‘n aanslag wat nie ligtelik opgeneem moet word nie. Dat ander state klaarblyklik geen probleem het om “vlugtelinge” in te neem nie is bewys dat intergrasie reeds geen probleem is vir daardie state nie en dat hulle nie meer as volkstate geken wil word nie. Of dalk is die leiers van daardie state reeds ingekoop in die Nuwe Wêreldorde en steur hulle hulle nie meer aan die inwoners van daardie state se wense nie.

As ‘n volk sy soewereiniteit prysgee, sal hy verdwyn van die aarde se bodem, of soos dit hier by ons die geval is, deur bloed en sweet en trane moet terugveg om dit weer te bekom!

Leon Lemmer: The New York Times se proslawe- en proswart-projek (Deel 1)

Watter historiese jaartalle is vir Afrikaners van belang? Ek sou sê onder meer: 1652 (die aankoms van Jan van Riebeeck en sy geselskap in Tafelbaai, dus ons volksplanting), 1838 (die Groot Trek en die Slag van Bloedrivier), 1881 (die Slag van Majuba), 1925 (die erkenning van Afrikaans as amptelike taal), 1948 (die bewindsaanvaarding van ‘n Afrikaner-regering). Die keuse van sulke jaartalle berus op ‘n bepaalde kulturele ingesteldheid. In hierdie geval ‘n pro-Afrikaner-gesindheid. Vir Afrikaners is dit ‘n goeie ding dat die Zoeloes in 1838 en daarna die Britte in 1881 verslaan is. Wat Afrikaners nie sal doen nie, is om waardering te hê vir 1990/94 toe ‘n groepie Afrikaanssprekende blankes mandaatloos en roemloos aan swart mag oorgegee het.

Die ANC bedryf ‘n anti-Afrikaner-benadering. Daarom is 1994 vir hom die alfa en omega van Suid-Afrika se geskiedenis. Daarom word 27 April as ‘n openbare vakansiedag, as sogenaamde Vryheidsdag, gevier en is Van Riebeeck-dag (6 April) deur die ANC-regime afgeskaf. In 1952 het veral die Afrikanervolk Van Riebeeck se aankoms drie eeue tevore luisterryk herdenk – ek was daar. Sal daar ‘n vierhonderdjarige herdenking van hierdie gebeurtenis in 2052 wees? Heel waarskynlik nie, veral nie op groot skaal in die openbaar nie. In soverre ons volksplanting dan nog onthou word, sal die herdenking na verwagting binnenshuis en in die geheues van ‘n gideonsbende oorlewende Afrikaners wees. ‘n Aanduiding van wat besig is om te gebeur, het in 1998 geblyk toe die 1948-verkiesingsoorwinning van ‘n halfeeu vroeër skaars positief vermeld is, om van ‘n viering nie te praat nie. Nelson Mandela was toe reeds tot “die vader van die nasie” verhef. Mandela is myns insiens wel die vader van die gewelddadigheid wat so kenmerkend van die nuwe Suid-Afrika is. Dit kan sy blywendste nalatenskap wees.

In Amerika is daar neigings soortgelyk aan dié wat ek oor Suid-Afrika genoem het. Uit die oogpunt van Europeërs en ander Westerlinge het Christopher Columbus die Nuwe Wêreld, die Amerikas, in 1492 ontdek. Anders as voorheen is 1992, die vyfhonderdjarige herdenkingsgeleentheid, misbruik om Columbus te diskrediteer. Ek wil nog Robert Royal se uitstekende boek hieroor bespreek: Columbus and the crisis of the West (1992/2020, Kindle $11,49). Standbeelde van Columbus en ander blankes word geskend en afgebreek (Praag 26.09.2020) op maniere soortgelyk aan die ANC-regime se beleid dat blankes, veral Afrikaners, insluitende die oer-Afrikaner Van Riebeeck, se standbeelde uit die openbaar verwyder moet word (Praag 12.09.2020). Volgens die ANC-mentaliteit moet herinneringe aan die vóór-1994-geskiedenis sover moontlik vernietig word. Hoekom? In werklikheid omdat die ná-1994-geskiedenis, dus Suid-Afrika as tipiese Afrika-land, so sleg afsteek by wat Suid-Afrika as beskaafde Westerse land eens tydens die blanke bewind was.

Naas 1492 is daar baie jaartalle wat lojale (blanke, Engelssprekende)* Amerikaners as herinneringswaardig kan beskou, soos 1607 (die aankoms van die eerste blanke inwoners in Jamestown, by Williamsburg, Virginia), 1620 (die aankoms van die Pelgrims, met die Mayflower in Plymouth, Massachusetts), 1630 (die aankoms van die Puriteine in Salem, Massachusetts), 1775-1783 (die Amerikaanse Revolusie of onafhanklikheidstryd, insluitende die 1776-onafhanklikheidsverklaring) en 1861-1865 (die Burgeroorlog). The New York Times (voortaan die Times) het in 2019, dus na verloop van vier eeue, besluit dat 1619 die historiese jaartal is wat hy vir aandag wil uitsonder, dus die jaar waarin die eerste slawe voet aan wal in Amerika gesit het. Peter W Wood noem die Times “America’s most important newspaper” (bron hier onder Kindle 345). Soos The Times in Brittanje, word sy New Yorkse eweknie as “a national newspaper of record” beskou, dus as ‘n bron waarin (betroubare) inligting gevind kan word. Die 1619-projek spreek egter boekdele vir hierdie koerant se uiters linkse politieke gesindheid.

[* Die eerste blanke inwoners van Amerika was Spanjaarde wat hulle in 1565 in St Augustine in Florida gevestig het.]

Die Suid-Afrikaanse hoofstroom-inligtingsmedia, insluitende Media24, put alte graag hulle berigte uit die Times, soos tydens die onlangse Amerikaanse presidentsverkiesing. Ek wonder hoeveel van daardie joernaliste werklik kennis van die 1619-projek dra; nie dat dit hulle sal ontmoedig om voort te gaan om met oorgrawe en onkrities uit die Times oor te skryf nie. Daar word deur hierdie elemente veronderstel dat as die Times skryf dat Donald Trump heluit sleg is, dan moet hy én sy beleid mos verwerplik wees. Dit is moontlik om toegang op Kindle tot die gewone Times te kry teen $19,91 per maand en tot die internasionale weergawe teen $14,99 per maand; dus teen ‘n e-boek se prys.

Phillip W Magness is ‘n ekonoom en historikus wat as navorser by die libertynse (dus polities vrydenkende maar konserwatiewe) American Institute for Economic Research in Great Barrington, Massachusetts, werksaam is. Ek het onlangs lof uitgespreek vir die boek wat hy en Sebastian N Page in 2011 oor Abraham Lincoln se gesindheid jeens swart mense gepubliseer het (Praag 17.10.2020). Ek het toe onderneem om ook oor ‘n ander boek van Magness te skryf: The 1619 Project: A critique (American Institute for Economic Research, 2020, 138p, Kindle $5,75). Dit is die onderwerp van hierdie rubriek.

As boek is hierdie 2020-boek ‘n groot teleurstelling. Die teks bestaan uit ‘n sameflansing van artikels wat Magness voorheen gepubliseer het. Geen poging is aangewend om die onderwerp sistematies te benader en in die proses daardie artikels deeglik te verwerk nie. Die gevolg is ‘n fragmentariese boek waarin tot vervelens toe ‘n beperkte getal temas selfs woordeliks herhaal word. Ek vind dit eienaardig dat nóg die outeur nóg die uitgewer besef het dat dit nie sinvol is om boeklesers met so baie onnodige herhaling te konfronteer nie. My hipotese is dat Magness se motief was dat sy boek die eerste, of ten minste van die eerstes, oor hierdie onderwerp op die mark moet wees.

Magness se boek herinner aan die twee jongste bundels opstelle van Hermann Giliomee (Praag 16.02.2019 en 29.02.2020) waarin artikels hergepubliseer is wat onderling herhaal en ook herhaal wat in sommmige van Giliomee se ander boeke staan. Maar die euwel van onnodige herhaling is in Giliomee se werk glad nie so kronies soos in Magness se jongste boek nie. Wat albei outeurs eerder gemeen het, is dat hulle oorwegend gesonde, ingeligte standpunte huldig. Maar Giliomee se siening is geensins sonder tekortkominge nie, soos ek voorheen aangetoon het. Dit geld ook vir Magness.

Dit is hedendaags ‘n oorbekende verskynsel dat sosiale instellings wat in onguns verval het, soos slawerny en rasse-segregasie, bv apartheid, buitensporig oordrewe deur outeurs verdoem word. Hulle doen dit sodat daar by die lesers duidelikheid oor hulle (onbesproke) politieke verligtheid moet wees. Dit dien dan as platform van waar minder verligte uitsprake gemaak kan word, hopelik sonder om die gevaar van beskuldigings van rassisme, ens, te loop. Byvoorbeeld, wanneer Leopold Scholtz ‘n ietsie teen die ANC of swartes wil sê, vertel hy eers hoe “verfoeilik” apartheid was. Insgelyks kan Magness skynbaar nie genoeg beklemtoon hoe “horrid”, ens, slawerny was nie. Diegene wat pro-slawerny was, is nie bloot ‘n groep nie. Hulle word telkens ‘n “mob” genoem.

Wat ons hier mee te make het, is dat verdwene sosiale instellings nie in die konteks van die betrokke era beoordeel word nie, maar summier veroordeel word ingevolge gewilde hedendaagse norme. Huidige instellings soos demokrasie, liberalisme en sosialisme is nie sonder meer uitsluitlik goed nie. Insgelyks is vorige instellings soos slawerny en apartheid nie sonder meer uitsluitlik sleg nie. Daar was (goeie) redes waarom hulle bestaan voorheen nie net geduld is nie, maar ten minste in ‘n mate geregverdig is. Slawe was verplig om nie leeg te lê nie en hulle tyd nuttig te gebruik deur te werk. Rasse-segregasie/apartheid het verseker dat Suid-Afrika eens die ontwikkelste en welvarendste land in Afrika was. Die voortsetting daarvan sou terselfdertyd die voortbestaan van die blankedom in Suid-Afrika verseker het. ‘n Substansiële blanke teenwoordigheid is steeds ‘n onontbeerlike vereiste vir voorspoed in hierdie “wye en droewe land” – NP van Wyk Louw se woorde.

Daar is grade van gedwonge arbeid of slawerny. In die era voordat menseregte heeltemal skeefgetrek is, is misdadigers vir ernstige misdade tot hardepad gevonnis. Blade Nzimande, die sekretaris-generaal van die SAKP, roem daarop dat die afbrand van die biblioteek van die Universiteit van Zoeloeland sy hoofbydrae tot die “bevrydingstryd” was. Vir sy misdaad is hy met ‘n ministerspos vergoed terwyl hy eerder lewenslank harde hande-arbeid as ‘n prisonier moes gedoen het. Hy kan immers nooit die skade vergoed wat hy aan staatseiendom aangerig het nie.

Veroordeelde misdadigers het ander mense se regte geskend. Deesdae word prisoniers egter ingevolge menseregte nie verplig om te werk nie terwyl hulle ‘n reuse uitgawe vir die staat is. Voorheen is prisoniers verplig om werk te doen, bv deur paaie te bou en herstel. Ek het dit in die jare veertig plaaslik eerstehands waargeneem. Die ANC-regime is egter nie in staat om gevangenes, terwyl hulle voltyds in tronke aangehou word, doeltreffend genoeg op te pas nie – hulle ontsnap glad te dikwels. Hoeveel te meer sal prisoniers nie ontsnap as hulle buite die tronke in die samelewing moet werk nie?

Die inwoners van swart woonbuurte eis onder meer vrystelling van eiendomsbelasting en gratis munisipale dienste. Op grond waarvan word hulle nie billikheidshalwe verplig om werk te doen in ruil vir sulke voordele nie? Die rede is nogeens menseregte. Daar moet eerder die gesonde aandrang wees dat nie-betalers hulle verpligtinge teenoor die samelewing moet nakom en nie toegelaat moet word om op die betalers te parasiteer nie. As mense aangehits of geïntimideer kan word om optogte te hou en op plundertogte te gaan, kan hulle seker ook georganiseer word om konstruktiewe werk te doen. Weens immigrasie en hoë geboortesyfers word die nie-betalers al hoe meer. Die persentasie betalers word al hoe minder. Selfs die getal betalers wat die buitensporig duur eiendomsbelasting en munisipale dienste kan bekostig, word al hoe minder, onder meer weens rassediskriminasie teen veral blankes by die vulling van poste en by bevorderings in die werksituasie. Die huidige bedeling is nie volhoubaar nie.

1619-projek

Die tekortkominge van Magness se boek is so ernstig dat ek my ter aanvulling op ‘n ander boek oor dieselfde onderwerp moet beroep, naamlik Peter W Wood se 1620: A critical response to the 1619 Project (New York: Encounter Books, 2020, 272p, Kindle $18). My volgende rubriek handel in besonderhede oor Wood se uitstekende boek. In hierdie rubriek gebruik ek sy boek slegs om die algemene aard van die 1619-projek te verduidelik omdat Magness in gebreke gebly het om dit te doen.

“On Sunday, August 18, 2019, The New York Times published a special issue of The New York Times Magazine announcing ‘The 1619 Project’. Along with the 100-page magazine, The New York Times released a sixteen-page newsprint section under the same title and headlined ‘We’ve got to tell the unvarnished truth’ … On the opening page of the magazine, Jake Silverstein, the Times’ [Magazine] editor in chief [since 2014], stated the project’s aim: ‘… to reframe American history by considering what it would mean to regard 1619 as our nation’s birth year. Doing so requires us to place the consequences of slavery and the contributions of black Americans at the very center of the story we tell ourselves about who we are as a country'” (80, 348).

Wood skryf: “The 1619 Project is, in other words, an all-out effort to replace traditional conceptions of American history with a history refracted through the lens of black identity politics” (87). “Instead of asserting the need to add to traditional American history a fuller account of the black experience, the 1619 Project calls for replacing that traditional account with one that makes the black experience primary – and not just for black Americans, but for all Americans” (92). Wanneer apartheid verguis word, is dit die blankes wat in die visier is. Wanneer die destydse slawerny in Amerika gekritiseer word, word die blankes in die beskuldigde bank geplaas. Die 1619-projek “is a thesis that puts racial grievance at the center of America’s story” (270).

“The 1619 Project aligns with the views of those on the progressive left who hate America and would like to transform it radically into a different kind of nation” (114). Die ideaal is soortgelyk aan die revolusionêre transformasie wat Suid-Afrika sedert 1990/94 ondergaan het. Wat die 1619-projek doen, is om ‘n relatief prestasielose randgroep, die slawe, te verhef tot die hoofvormingselement in die Amerikaanse samelewing; dus “that slavery is the pivotal institution in American history” (96) – dat Amerika wesenlik is wat hy is vanweë slawerny. “The larger aim of the 1619 Project is to change America’s understanding of itself” (114). “The 1619 Project offers the fullest and most vigorous exposition of the view that America is a racist, oppressive country … The 1619 Project has taken ideas that a few years ago were exclusively fringe a good way into the realm of mainstream opinion” (134).

Oor die 1619-projek: “Their claims include the idea [1] that America began with the arrival of slaves in Virginia in August 1619; [2] that the primary purpose of the colonists who declared independence from Britain in 1776 was to preserve American slavery from the danger of Britain’s outlawing it; [3] that the Southern plantation system of growing cotton with slave labor is the foundation of modern American capitalism; and [4] that Lincoln was a racist who had no interest in conferring real citizenship on those who were enslaved” (99). Wood wys egter hierop: “By comparison with the Caribbean and South American colonies, the English colonies that would one day become the United States were lightly touched by the slave trade, especially during their first hundred years. The 1619 Project argues to the contrary that the enslavement of Africans was central to the formation of American social order and the American economy as early as the seventeenth century” (145).

Die Times se idee is nie dat hierdie projek bloot ‘n omvattende eenmalige publikasie moet wees nie. “Many more statements followed and are continuing to be issued” (243). Dit is ‘n durende veldtog wat met mag en mening gevoer word. “The Times not only heavily advertised the project, it seeded themes from the project in hundreds of news stories and columns” (107). “The Times partnered with the Pulitzer Center to roll out a free 1619 curriculum to schools across the country” (356; ook 107), dus, die Times se linkse anti-blanke vertolking van die Amerikaanse geskiedenis gaan aan soveel moontlik skoolkinders opgedring word. “It is … an effort to reshape everything that American schoolchildren learn about their country” (356). “The 1619 Project aims to change the way American schools teach American history in general and slavery in particular” (368).

“The 1619 Project is not an ordinary piece of newspaper journalism. It is an attempt to wrest control of the grand narrative of American history. That really isn’t the proper role for a newspaper, which should report the news rather than attempt to create it” (152). “The Times invested heavily in the initial publication and in subsequent months followed it up by treating the project as its signature theme. Newspapers do not ordinarily project themselves into a total rewriting of a nation’s history, but that is what the Times says it is doing” (345).

Sedert 1994 is die Suid-Afrikaanse koerante ook druk besig om ons geskiedenis te herskryf. Skielik noem joernaliste hulleself nie meer verslaggewers nie, maar meningsvormers. By haar aftrede het Esmaré Weideman, eens die redaktrise van Huisgenoot en daarna die uitvoerende hoof van Media24, beweer dat die funksie van ‘n joernalis is om die wêreld te verander, dus nie noodwendig te verbeter nie. Haar standpunt is nie van marxisme vry te pleit nie. Joernaliste het propagandiste geword; mense wat aktivisties onder meer onmin en onrus saai. Vandaar fopnuus. In werklikheid is ‘n joernalis veronderstel om inligting so waarheidsgetrou moontlik oor te dra.

Daar behoort dus gevra te word: “On whose intellectual authority did the Times make the audacious claims that are the substance of the 1619 Project?” (368). “The Times stumbled badly by presenting unsourced and unsuppported assertions as the writing of history” (156). Dit is ‘n onaanvaarbare manier “to reconceive the history of America from the ground up” (267).

“Some critics of the 1619 Project believe that it is part of a larger effort to destroy America. That’s a stark way to put it, but if America is founded on some core beliefs and the 1619 Project aims to uproot those believes, it might be a necessary question: Is the 1619 Project, in fact, ultimately aimed at destroying America?” (360).

Nikole Hannah-Jones

Die argitek, inisieerder en koördineerder van die 1619-projek is die swart joernalis, Nikole Hannah-Jones (gebore in 1976). Sy is die kernbron van die anti-blanke gif wat deur die 1619-projek versprei word. Sy het ‘n swart pa en ‘n blanke ma van Tsjeggies-Britse afkoms. Weens “busing” het sy eens blanke skole bygewoon. Daarna het sy haar op universiteit in African-American Studies verdiep; dalk eerder vervlak want dit is uit ‘n akademies-wetenskaplik oogpunt ‘n skyndissipline. Sy vind dit voordelig om lojaal aan haar swart biologiese oorsprong te wees en haar deels blanke oorsprong te verfoei. As joernalis bemoei sy haar dus by voorkeur met burgerregte vir swartes en ook rassisme, wat skynbaar uitsluitlik by blankes aangetref word. In 2015 was sy een van die stigters van die Ida B Wells Society for Investigative Reporting, wat swart joernaliste aanmoedig om oor “ongeregtighede” te skryf, dus uiting aan anti-blanke-oortuigings te gee. Wells (1862-1931) was ‘n swart joernalis en aktivis vir burgerregte.

Sedert 2015 is Hannah-Jones ‘n Times-joernalis. Wood noem haar “a significant figure in advocacy journalism” (812). “In January 2019, Hannah-Jones approached the senior editors of The New York Times and proposed the work that became the 1619 Project. This came in the midst of ongoing racial tensions at the Times, and the editors quickly agreed to her terms” (819). Gestel daar is ‘n geskil tussen (1) ‘n man en ‘n vrou, (2) ‘n blanke en ‘n swarte/nie-blanke of (3) ‘n mens met gewone geslagtelikheid en ‘n LGBTQ+. As jy nie moeilikheid soek nie, opportunisties die regte kant wil kies en ‘n nuwerwetse “wen-wen-situasie” wil skep, volg nougeset die mode en kies in al drie gevalle die tweede opsie. In al drie gevalle maak dit nie saak wie reg het nie. Dit gaan bloot om wie deesdae die hef in die hand het. In minstens hierdie drie opsigte is daar nie sprake van gelykheid nie. Die Times het die swart-opsie gekies.

Ideologies pas die 1619-projek Hannah-Jones soos ‘n handskoen. Haar invalshoek is: “Our democracy’s founding ideals of liberty and equality were false when they were written. Black Americans fought to make them true. Without this struggle, America would have no democracy at all” (169). “Conveniently left out of our Founding mythology is the fact that one of the primary reasons the colonists decided to declare their independence from Britain was because they wanted to protect the institution of slavery” (2028). Só het Hannah-Jones in die inleidende artikel van die 1619-projek geskryf. Ná publikasie het sy op ‘n landwye toer gegaan om bv tydens openbare optredes steun vir die projek te werf (107).

Wood skryf: “The lead author, Nikole Hannah-Jones … makes some of the most audacious claims [and] cites no sources at all” (152). Vanjaar het sy ‘n Pulitzer-prys vir joernalistieke kommentaar gewen vir haar “sweeping, provocative and personal essay for the ground-breaking 1619 Project, which seeks to place the enslavement of Africans at the center of America’s story” (Wikipedia). Wood se reaksie was dat die toekenning teruggetrek behoort te word. Dit herinner aan die geval Danny Titus wat allerweë geloof word vir sy onontbeerlike bydrae tot Afrikaans. Titus se moedertaal was Afrikaans, maar in sy persoonlike hoedanigheid was hy in so ‘n mate dislojaal jeens Afrikaans dat hy, soos Adam Small en Jonathan Jansen, Engels as sy huistaal gekies het.

Phillip W Magness

Phillip W Magness begin sy 2020-boek met die opmerking dat voortgesette historiese ondersoek verwelkom behoort te word. “[But] certain 1619 Project essayists infused this worthy line of inquiry with a heavy stream of ideological advocacy. Times reporter Nikole Hannah-Jones announced this political intention openly, pairing progressive activism with the initiative’s stated educational purposes” (Kindle 38). “Hannah-Jones’s own introductory essay presented a provocative conceptual reframing of American history around slavery, hence 1619 rather than 1776 as its titular origin date, albeit with an almost-singular mind toward advocating for a slavery-reparations program in the present” (46).

Die 1619-projek probeer twee here dien: die herskywing van die geskiedenis deur middel van propagandistiese joernalistiek en die aanpassing van die skoolleerplan, dus om opvoedkundige doeleindes te dien. “The blending of these two competing aims usually results in the sacrifice of scholarly standards in the service of the ideological objective … by necessary implication of needing to reconcile the irreducible complexities of the past to the more simplistic political narrative” (50).

Magness kritiseer veral twee van die tien aanvangsartikels van die 1619-projek, naamlik die inleidende artikel deur Hannah-Jones en die een oor die Amerikaanse ekonomie deur ‘n blanke, Matthew Desmond (gebore in 1979). Hy is ‘n sosiologie-dosent aan Princeton University en is met ras en anti-kapitalisme gepreokkupeer. Jake Silverstein (gebore in 1975) se redaksionele opmerkings kom ook onder die soeklig.

Vyf vooraanstaande historici het besware teen die 1619-projek geopper, wat deur Silverstein en Hannah-Jones verwerp is. “A common theme of the pushback has been to focus on the race, age, and gender of the project’s historian-critics, including essentially dismissing them as ‘old white guys'” (1575). Die ironie is “the 1619 Project does not pass its own test, as the NHC* literature it heavily relies upon is almost exclusively written by a small and insular group of white scholars with Ivy League connections” (1578). Teen die einde van sy boek noem Magness dat die Times darem ‘n bietjie teruggekrabbel het. “As orginally framed, the 1619 Project depicted the preservation of slavery against a British emancipatory threat as a central motivating factor for the American Revolution. They are now relaxing that claim to suggest that preserving slavery was a motive for only ‘some of the colonists'” (1948).

[* New History of Capitalism – kyk hier onder.]

“Hannah-Jones … attempts to recast the American Revolution as being primarily motivated by the preservation of slavery” (80). Sy skryf: “One of the primary reasons the colonists decided to declare their independence from Britain was because they wanted to protect the institution of slavery” (575). Sy verwys bv na die koloniale goewerneur van Virginia se proklamasie in 1775 waarvolgens slawe wat bereid is om aan die Britse kant in die Amerikaanse onafhanlikheidstryd te veg, van slawerny vrygestel sou word (579). Dieselfde laai is tydens die Burgeroorlog deur Abraham Lincoln teen die Suide uitgehaal. Tydens die Anglo-Boere-oorlog is nieblankes met allerhande beloftes aangemoedig om vir die Britte teen die Boere te veg. Die 1775-proklamasie is dus nie uniek nie. Dit is egter eerder vertolk “as an attempt to forment the threat of a slave revolt as a counter-revolutionary strategy than a sign that Britain itself would impose emancipation in the near future” (591). Die Britte het immers eers in 1834 die slawe in sy oorsese gebiede vrygestel, dus eers ná ‘n groot slawe-opstand in Jamaika (616). Wood is van mening “the cause of emancipation was aided – rather than impeded – by the American Revolution” (642), want verskeie state “used the occasion of independence to move against the institution” (634).

“When a group of conservative African-American academics and journalists launched a competing ‘1776 Project’ in early 2020 to offer a counter-narrative, Hannah-Jones bombarded them with a string of personal attacks, the gist of which amounted to declaring them unworthy of her attention. From Silverstein’s rebuff of the essay’s historian critics to Hannah-Jones’s dismissive and insulting demeanor, the message was clear. The Times would not be amending its content, even to account for substantive evidence-based criticism of its factual and interpretive mistakes” (1999).

Magness het veral lof ontvang vir sy grondige kritiek op Matthew Desmond se artikel oor die verhouding tussen slawerny en Amerikaanse kapitalisme. Magness het die voordeel dat hy ‘n ekonoom is terwyl Desmond dit glad nie is nie. “The true oddity of the [1619 Project] group remains Matthew Desmond, a sociologist who specializes in present day race-relations … He does not appear to have any scholarly expertise in either econimics or the history of slavery” (777). Desmond skryf uit die oogpunt van die omstrede New History of Capitalism (NHC) waarvolgens kapitalisme sy oorsprong in katoenproduksie deur slawe het. “Desmond interviewed seven current academic historian when framing his piece. All seven strongly associate with the NHC school” (1629).

“All seven of the consulted NHC historians are also white” (1633). “It would appear that the New History of Capitalism has a ‘whiteness’ problem” (1641). Magness verwys hier na die verskynsel dat blankes, veral akademici en joernaliste, nie net optree as pleitbesorgers vir swartes nie, maar hulle ook op ‘n oordrewe manier aan anti-blanke-retoriek skuldig maak – soortgelyk aan die anti-Afrikaner-gesindheid wat ná 1994 by verloopte Afrikaners kop uitgesteek het. Whiteness Theory is ‘n vertakking van Critical Race Theory waarvolgens blankes blind is vir die bevoordeling wat hulle (onverdiend) ten koste van nieblankes geniet.

“Mainstream historical interest in economic matters resurged with a vengeance following the financial crisis of 2008” (1088). Linksgesindes het veronderstel dat die fout by kapitalisme moet lê. Dit het aanleiding tot die NHC gegee. “Several leading works of NHC scholarship approach ‘capitalism’ as a cohesive societal order or system, and an eminently blameworthy one at that. Themes of physical expropriation, distributional inequality, labour mistreatment, and economic exploitation linger in the background of much of this work, and – perhaps above all other concerns – attempts to causally link slavery to the emergence of a capitalist economic ‘system’ are particularly strong” (1092). Kortom, in NHC-geledere is daar heelwat marxistiese aanhang.

Volgens Magness “Desmond was weaponizing the history of slavery to attack modern capitalism” (76). Later: “He tries to weaponize the brutality of the plantation system to launch into a sweeping political attack on free market capitalism in the present day” (1624). Desmond laat die “King Cotton”-tesis herleef, naamlik “the notion that cotton occupied a commanding place in the 19th century global economy, and as such the economic engines of the world were claimed to depend on plantation slavery” (97). Desmond het hier veral die katoenproduksie in die Amerikaanse Suide op die oog. Sommige Suiderlinge het gedink katoen is so ‘n belangrike handelsartikel dat ander lande, veral Brittanje, hom in die Burgeroorlog aan die kant van die Suide sou skaar en dus sy seën oor die voortsetting van slawerny sou uitspreek.

Brittanje het hom egter daarvan weerhou om kant in die Burgeroorlog te kies (100) en eerder katoenproduksie in ander lande, soos Egipte en Indië, aangemoedig. Katoen was glad nie die kern van 19de eeuse kapitalisme in Amerika of die wêreld nie (103). Een van die NHC-propagandiste het probeer aantoon “that cotton production accounted for a full half of the antebellum American economy when in actual fact it comprised about 5 percent of GDP” (263). Wat die NHC-aanhangers dus probeer doen het, is “to situate slave production at the very core of all American economic activity before the Civil War” (516).

“The thrust of these exaggerations is to recast slavery as a distinctly capitalist enterprise, which, in turn, services the 1619 Project’s political message” (187). Wat die 1619-projek doen, is “depicting modern free market capitalism as an inherently ‘racist’ institution and a direct lineal descendant of plantation slavery, still exhibiting the brutality of that system” (253). Maar slawerny het reeds eeue lank vóór die kolonisering van Amerika in ander lande bestaan en ook voordat kapitalisme as ‘n ekonomiese stelsel in gebruik gekom het. “Linking historical capitalism to slavery is more of a political exercise for the present day than a scholarly inquiry into the past” (520).

Die aanleiding hiertoe is die sogenaamde “Great Enrichment” in die kapitalistiese Weste, waarin die res van die wêreld glad nie – of ten minste nie in dieselfde mate nie – gedeel het; dus “the historically unparalleled expansion in the wealth and well-being of ordinary human lives that has occurred since roughly 1800” (1108). Die inwoners en pleitbesorgers van agtergeblewe lande soek die skuld vir hulle agterstand by slawerny, uitbuiting, rassediskriminasie, kolonialisme, imperialisme, ens, dus by die Weste, by blankes, pleks van die fout by hulleself te soek. “The larger NHC genre exhibits an almost singular preoccupation with forging a friendship between capitalism and slavery; and segregation; and colonialism; and exploitation, degradation, and violence” (1333).

Die ANC-regime skaar hom stewig aan die kant van die NHC. Die uitdrukking “living in a silo”, dus in isolasie, is gewild in NHC-geledere (1604). Soos te wagte, kom dit voor in Patric Tariq Mellet se verderflike boek, The lie of 1652 (Praag 10.10.2020). Waarna Desmond mik, is dat die rykdom wat kapitalisme in Amerika opgelewer het, herverdeel moet word (131), dus dat wat die hedendaagse blankes besit aan die nageslag van die slawe, die swartes, verkwansel moet word – soortgelyk aan wat die ANC se beleid van die herverdeling van rykdom met bv onteiening sonder vergoeding beoog.

Magness argumenteer dat namate kapitalisme in Amerika inslag gevind het, kapitaliste hulle om morele en ekonomiese redes teen slawerny geskaar het (222). “Slavery was unsuited for industrial capitalism on account of its comparative inefficiency to free labor” (1177). Dit is ‘n bewese feit dat vrywillige arbeid teen realistiese vergoeding meer produktief en dus lonender as slawerny is. Die voorstanders van kapitalisme “were at war with all kinds of slavery, for they in fact assert that individuals and peoples prosper most when governed least” (232).

Hieruit blyk die fundamentele boosheid van die ANC-regime. Hy wil, soos ander marxistiese regerings, verkieslik alles vanuit hoogs gesentraliseerde gesag beheer. Al wat die situasie vir die blankes in ‘n mate uitstaanbaar maak, is dat die ANC se vermoë om te regeer uiters beperk is. In daardie sin is die ANC-regime se ondoeltreffendheid ons redding.

Desmond het valslik beweer dat katoenproduksie toegeneem het weens die al hoe meer gewelddadige manier waarop slawerny bedryf is. Kenners verskaf egter ander redes: “American planters improved their crop through biological innovation, such as creating hybrid seed strains that yielded more cotton, were easier to pick, and were more resistant to disease” (962).

Daar is een opsig waarin Magness, anders as baie ander historici, met die 1619-projek saamstem, naamlik dat Lincoln nie geneë was om volle burgerskap aan swartes, bv vrygestelde slawe, toe te staan nie. Hy wou hulle eerder buite Amerika hervestig. “The evidence of Lincoln’s sincere suppport for colonization [of blacks] is overwhelming” (709). Magness bestempel dit as ‘n voorbeeld van “Lincoln’s shortcomings in racial matters” (665). Hy hou nie van Lincoln se separatisme (blankes wat in Amerika aanbly en swartes wat elders hervestig word) nie. Magness stem egter saam met Lincoln se vrystelling van die slawe. “While Lincoln’s colonization remarks grate the modern ear, and evince a patronizing paternalism toward the program’s intended participants, they also reflect the sincerity of his anti-slavery beliefs and an accompanying recognition that white-supremacist violence would not end with the formal abolition of the institution” (1898). Wat Magness nie sê nie, is dat die vrystelling van die slawe in Amerika en elders, asook die afskaffing van apartheid in Suid-Afrika, nie die einde van swart gewelddadigheid was nie.

Ek het reeds in besonderhede oor Magness se siening van Lincoln se gesindheid teenoor swartes geskryf (Praag 17.10.2020). Volgende keer verskaf ek aanvullende inligting oor die 1619-projek aan die hand van Peter W Wood se boek.

Suidpunt: En sê nou Suid-Afrika was ‘n Franse kolonie?

Stel jou voor: Engeland en Holland word albei in die laat-1700’s en vroeë-1800’s tussen die akkers geskop. Kaapstad word herdoop tot Le Cap en die stadsbeplanning met ‘n Franse hand dienooreenkomstig met sorg uitgelê. Die sogenaamde “Kleine Parys”, van minder as ‘n eeu tevore, het nou werklik ‘n nuwe afsetgebied van Franse verbruiksgoedere geword. Die ‘Breerivier’ (soos dit aan die begin bekend was), of ‘Breederivier’ (soos dit later taalkundig reggestel is) word ‘Fleuve Large’.

As die Afrikaanse letterkunde besig is om ‘n verstarring en stagnering te beleef, dan moet mens waaragtig bietjie handjie begin bysit.

Daar was miskien Karl Kielblock met Lafras Cuyper, ‘n karakter wat persoonlik deur die einste Napoleon Bonaparte gevra is om Franse skipbreukelinge te gaan red, maar selfs die Sestigers, wat pens en pootjies hul in die Franse letterkunde verdiep het, kon glad nie ‘n Franse Suid-Afrika in hul stoutste drome oproep nie. Ook nie Louis C. Leipoldt wat soveel navorsing oor die Hugenote gedoen het nie. Ook nie Marita van der Vyver met haar Franse briewe – Pos uit Provence en soveel Suid-Afrikaners wat in Frankryk gewoon, of halfjaarliks daar gewerk het nie. Sulke mense behoort mos van beter te weet, want hulle ken ‘n ander werklikheid; maar nee! So diep was hul eie denke in ‘n groef, die mag van die gewoonte, ingedryf.

Ek is werklik diep, diep teleurgesteld in die Afrikaanse letterkunde. Is dit regtig so moeilik om ‘n ander Suid-Afrika voor te stel? ‘n Suid-Afrika waar alles rondom jou steen vir steen afgebreek en voor jou oë geplooi kan word, as alles dan bloot ‘n konstruk is? Om nugter na ‘n ander werklikheid te kyk? Om te besef hoe anders dinge kon verloop het? Om skielik uit jou knusse baarmoeder van die gewoonte geruk te word, die vrugwater wat alle kante toe spat, in ‘n Suid-Afrika wat deur en deur nou skielik Frans is?

Toe, gaan uit. Uit by die deure uit, en kyk rondom jou.

Kyk na die naambordjie van die koffiehuis, die internetkafee, die reklamebord, die superette op die hoek, die burokrasie, die televisiekanale, die polisievangwa wat verbyry, die Albert Camus op T-hemde (“je me révolte, donc je suis”), die koerante, die radiostasies, die lamppale, die straatname, die argitektuur… jy mag dit nou alles in Engels ervaar, maar wat as dit Frans was?

Sit nou jou Franse bril op. Doen dit. Nou.

Sou jy kon aanpas? Hoe sou jy rigting vra? Weet jy nog wie jy is? Alles word radikaal voor jou oë hergebore — ‘n Franse Renaissance. Jou hele geskiedenis word sienderoë herskyf.

Wat sou dit vir Suid-Afrika, en veral vir die Afrikaner, beteken het?

Boukuns

Wat my heel eerste opgeval het is dat die Franse hul huise by die klimaat aangepas het. Daar is nie ‘n soort ersatz-imperiale argitektuur, soos die grou en donker herehuise van die Randhere in Parktown, Johannesburg, wat heeltemal onprakties en uit koers is met die sonnige klimaat van Suid-Afrika nie.

Ek het vantevore die volgende artikel probeer vertaal uit die Franse Wikipedia (“Architecture à La Réunion”) vir die Afrikaanse Wikipedia (“Boukuns van Réunion“); en plaas dit hieronder:

Die villa-tipe huise, wat in hul tyd aan die rykes behoort het, bestaan uit verskillende dele. Die een deel was beplan rondom die daglewe buite: bedags het die arbeiders buite en om die huis gewerk. Hierbuite vind mens die kookskerm met sy houtvuur, die sanitêre geriewe, die tuin en veranda. Die ander huisdeel is ingerig vir die aandlewe: die slaapvertrekke en binnenshuise eetkamer.

Tydens die kolonisering van die eiland was daar geen boumeester nie; elke eienaar en sy arbeiders het maar die huis na goeddunke gebou met die middele wat tot hul beskikking was. Wel belangrik hier was die ventilasie om die somerhitte draagliker te maak. Die huis is dus op ‘n fondasie gebou wat ‘n natuurlike lugstroom deurlaat, danksy heelwat belugtingsopeninge.

Op die oog af vertoon die gebou simmetries, maar eintlik het die arbeiders sonder ‘n argitek byderhand bloot ‘n streep deur die grond getrek en alkant twee identiese dele gebou. Dit het in wese reghoekige huise opgelewer.

Die veranda (stoep) is die fokuspunt. Dit vorm ‘n terras aan die voorkant van die huis, en vertoon sodoende die weelde, swier en rykdom straat se kant toe.

Die huis word afgerond deur ‘n tuin vol inheemse plante uit die bos. Hier kry mens gewoonlik ‘n kweekhuis met orgideë, anthuriums en verskeie varingspesies.

En as jy mooi kyk is dakspane gebruik vir die muurbedekking (op ‘n eiland wat dikwels onder siklone moet deurloop) — is dit moontlik dat Suid-Afrikaanse huise min of meer dieselfde sou lyk?

Metrieke stelsel

Suid-Afrika sou nie eers tot Daan Desimaal in die jare 1960 moes wag om uiteindelik na kilometers en kilogram om te skakel nie. Die metrieke stelsel is reeds in 1799 voorgestel, maar eers later in 1837 as die standaard aanvaar. Aan die Kaap? Miskien ‘n bietjie later. Maar, liewe Moses!, beslis nie meer as ‘n eeu later nie. Nooit sou ons aan die linkerkant van die pad bestuur het nie — soos die res van die wêreld sou ons aan die regterkant van die pad met ‘n Renault gery het. Die rekenaar-toetsborde met die volmaakte Franse uitleg sou tog so maklik deur Afrikaners oorgeneem kon word: jy sou nooit ooit hoef te sukkel met Ctrl+136 vir ‘n ‘ê’ nie. Ook sou jy nie meer met die driepunt-kragprop sukkel nie, maar wel met die Euro-tweepunt.

Voedsel

Anders as ons eertydse toekomstige volksmoeders wat deesdae soos hokvarke hul logge Amerikaanse rol-modelle op TV agterna honk, sal die gemiddelde vietse Afrikaanse dame, in navolging van haar Franse rolmodelle, vandag 35 keer aan ‘n happie gekonfyte brioche kou met die kom oggendkoffie agterna (want ‘n beker is dit nie). En, om die oggend op die regte manier te begin, sou sy haar vader soos ‘n vlermuis in die dakkamer uitrook met haar Gauloises-sigarette.

In die verblindende Afrikason sal sy, met haar lunettes rondes noires, vir middagete onder die prieel aansit en ‘n slaaitjie, soppie of paté geniet, vir die entrée. Gevolg deur vleisies en vissies, met aartappeltjies, broodjie, rysies, pastatjies en groentetjies, ‘n olyfie opsy, vir le plat principal. Met, ter afronding, die dessert. Alles perfek volgens die voedselpiramide uitgewerk.

En die aand? Dalk iets soortgelyks, wie weet.

Regstelsel

Napoleon sou beslis ‘n einde aan die Romeins-Hollandse regstelsel gemaak het en Le Cap sou die nuwe Code civil des Français ingevoer, aangeneem en die oue heeltemal vervang het. Dit sou nie wees soos die Engelse “Common Law” wat eenvoudig bo-op die Romeins-Hollandse Reg soos ‘n pleister geplak is nie. Ek het niks meer daarop te sê nie. Geen haan sou ooit ‘n weer daarna gekraai het nie, buiten ‘n paar kapokkie-historici.

Hoewel, toe die Nazi’s alles wat volksvreemd was uit hul stelsel geboender het (daarvan was die Romeinse Regstelsel en die Klassieke een), het van die professore aan die Regsfakulteite die Romeinse reg in die ander lande (soos Amerika) weer onder die stof gaan uithaal en, net vir ‘n tydjie lank, bestudeer. In Suid-Afrika, soos ons met die Britse onafhanklikheid gesien het in 1961, het die staat die Romeins-Hollandse reg selfs verpligte leerstof gemaak — en daarvoor moes jy Latyn op skool of universiteit geken het. Sedert 1965 tot November 1994 was Latyn ‘n pligvak soos deur die Staat voorgeskryf. Dus, as Suid-Afrika onafhanklikheid van Frankryk sou gekry het — sou ons weer die Romeins-Hollandse regstelsel van voor af waardeer het?

Die toekoms en hede is in noue kontak met die verlede

Terwyl Engelse tuine besoedel is met nagemaakte Venusstandbeelde en omgekantelde pilare sonder dak, het ek nog nooit soveel verwysings na die Griekse en Romeinse gode gevind soos in Franse boeke nie, seker ‘n teken van die klassieke opvoeding. Nou die dag lees ek in ‘n Franse kinderboek (La porte, deur Anthony Luc Douzet): “Die reën stroom oor jou vel, die trane van die ou gode sleur jou mee in hul onveranderlike pyn/verdriet.” [La pluie ruisselle sur votre peau, larmes des anciens dieux vous entraînant dans leur peine immuable]

Dis half asof hierdie Franke van weleer, ja, ‘n volksgroep wat eens ‘n soort Wes-Germaans verwant aan Oudnederlands gepraat het, hul beskeie verlede met mag en mening uit die geskiedenisboeke weggeskryf het — en nou die erfenis as die volbloedkinders van die Romeine en Grieke aangeneem het. En volwaardig gelatiniseer het; maar in die proses die aangeleerde Volkslatyn so goed opgeneuk het om ons Frans te bied. En daaroor boonop trots voel! Net een ander land se inwoners het hul ook verbeel hulle is direkte afstammelinge van die Romeine (en wat óók hul eie Mengelduits goddelooslik opgeneuk het!), en dit is die ouens van Engeland. Ja-a, selfs meer volbloed-Romein is hulle as die Italianers self! Net Bart Nel bly trou aan homself.

‘n Mens kan jou baie dinge inprent en verbeel, en soms werk dit ten goede. Mense wat die verlede en filosowe en skrywers uit die 1600’s en selfs die Middeleeue aanhaal, het die neiging om die “onvoorsiene” orkaan, die histerie, die groot skrik van die hede, af te plat tot ‘n buitjie motreën. Want het die Franse nie al alles gesien en beleef en opgeteken nie? En sou hulle, die nakomelinge (ten minste in gees?) van die Romeine en Grieke, presies dieselfde foute maak as hul onverskrokke vaders en sogende moeders?

Soos ook vandag in die biblioteke, sou ons boekrakke van bo tot onder vol Franse werke wees, met hier en daar, ‘n snaaksigheid, ‘n Afrikaanse boekie wat uit die hoekie skamerig loer.

Godsdiens

Wat sekerlik tot ‘n bespoedigende Groot Trek sou kon aanleiding gee, is die Rooms-Katolieke Kerk wat eers in die Kaap en later na die platteland sy parogieë sou uitbrei. Wat die onmiddellike nakomelinge van die Hugenote hiervan sou dink, kan ek my maar net voorstel. As jy Katoliek moes wees om ‘n staatspos te vul, sou dit ‘n interessante wending teweeggebring het. Is die staat sekulêr, dan kon Protestante ewe maklik in die staatsdiens opgeneem word, solank hulle net Frans kon praat.

Ons weet egter dat die Boer/Afrikaner by sy eie kerk gehou het (al was bywoning seker een keer ‘n maand of kwartaal, weens die afstande), en selfs al het ons oor en oor nuwe golwe uit Amerika onder die Engelse bewind destyds beleef, het die kerk voortdurend vermanende traktaatjies uitgestuur wat hul lidmate verbied het om met hierdie sektes enigiets mee te doen te hê. So is mens bewus van De Mormonen in Zuid-Afrika, eene waarschuwing aan allen, die de waarheid, in Christus Jezus, liefhebben deur J. Beijer, wat reeds in 1863 uitgegee is. Stel jou voor hoeveel traktaatjies teen die Roomse Gevaar onder die Franse bewind nie daar sou gewees het nie. Die Evangeliebewegings en herlewings uit Amerika dink ek nie sou die Afrikaanse lidmate ongesiens laat verbygaan het nie.

Ek glo egter, as die Franse soortgelyke wetgewing as die Engelse sou afgedwing het op die grense vir die Grensboere, dat die Kerke in Frans moet preek en dan nog belastings sou verhoog het, sou jy weer ‘n Groot Trek gekry het. En ook daar sou die Kaapse kerk vir oulaas gefemel het: jy moet die owerhede gehoorsaam!

Wat die jongman wel van sy Calvinisme spoedig sal laat bekeer het, is die naakstrande in Desember. ‘n Vry algemene gesig wat mens nou, benewens in die National Geographic, ook op Struisbaai sou kon gadeslaan. Want dis wat Franse doen. Vir die Franse beteken dit natuurlik niks: was hul moeders immers nie die Griekse nimfe wat onder watervalle gebad het nie? So skoon, so puur, so natuurlik, so ongeskonde, so engelrein… soos in ‘n Timotei-advertensie. ‘n Oefenterrein vir die toekomstige beeldhouer wat ‘n paar ekstra rondings van die godinne moet boetseer met sand.

En wat dan van Transvaal en die onafhanklikheid van die Kaap?

Ek het die vermoede die Kaap sou maar klein gebly het en hoofsaaklik handel gedryf het met luiperdvelle en volstruisvere vir Paryse modehuise. Of iemand sou ‘n bakoorjakkalsie as eksotiese geskenk vir Josephine gestuur het. ‘n Mens lees maar net iewers dat sy vir manlief Napoleon op ‘n stadium gevra het om tog asseblief weer slawerny in te stel, want haar pappa en mamma op Martinique se suikerrietplantasie is nou nie meer so winsgewend soos dit voorheen was nie. Al is ‘n standbeeld van haar opgerig, het die kop vele male daarna spoorloos verdwyn.

Sou ons ‘n Franko-Boereoorlog gekry het? Oor die algemeen was Frankryk se houding dat die kolonies eerder ‘n las as ‘n bate is. Soos in Holland se geval met Indonesië is daar nie veel ekonomies in die kolonies belê nie, daar is nie so intensief gemyn soos ons met die Belgiese Kongo vind nie. Bonaparte het ook nie van assimilasie gehou in die kolonies nie, want sou jy diegene gebore in die kolonies Franse burgerskap (en -verantwoordelikheid) gee, sou dit beteken dat hulle op die lange duur later die kolonies self begin regeer, en nie die Franse nie. En dít wil jy nie hê nie.

Ek dink Transvaal sou weens die ontdekking van goud ‘n ongekende bloei beleef het, die Krugermiljoene word ingeploeg in die motorbedryf sedert die eerste Benz aangeland het (want ons wil nie “die vloek van die hulpbronne” op ons laat uitwoed nie). En die res hoef ek nie oor te skryf nie; Steve Hofmeyr het reeds Die verste uur (2011) geskryf: hoe Transvaal sou gelyk het as hy die Anglo-Boereoorlog gewen het. In hierdie geval is daar net geen oorlog meer ter sprake nie.

Hongkong, Suid-Afrika (tot 1994), Australië, Kanada, Nieu-Seeland, Singapoer en selfs die Verenigde State van Amerika, en durf ek sê selfs Israel is van die blinkste sterretjies van die voormalige Britse Ryk wat jy kry. Maar tot vandag toe het nie een van Frankryk se voormalige kolonies (met die uitsondering van Quebec) geweldige vooruitgang getoon nie, juis omdat hulle, soos Holland op ‘n stadium, te hoogs gesentraliseer was: alles word gedoen in en rondom Parys. Frans-Guyana en Réunion is bloot Frankryk se Krugerwildtuine. Krugerwildtuine met wuiwende palmtakke en golwende see. En ‘n lanseerplek vir vuurpyle.

Maar ek dink nie Frankryk is altyd die remskoen nie.

Voortdurend hoor mens uit oorde, soos Madagaskar, dat Frankryk sy voormalige kolonie se vooruitgang om elke hoek en draai probeer ondermyn en kelder. Hoe weet ek nie, want in 1975 het Madagaskar dit sommer self reggekry. Ratsiraka het sosialisme deurgevoer en alle betrekkinge met Frankryk verbreek. Vol vermakerigheid en astrantheid, want dis mos die Sowjetunie wat in die verte koppie knik uit die Kremlin.

Dit het die einde van hul ekonomie beteken, want die Franse tegnici en beleggers het hul koffers gepak, toegeknip en op ‘n streep gewaai, vinniger as wat ‘n Concorde deur die klankgrens kan baan. In 1977 is die ekonomie heeltemal kapot en toe word daar maar stert tussen die bene besluit om ‘n pro-kapitalistiese stelling in te neem en soos ‘n skoothondjie op die ruggie te lê vir ‘n maagkrappie, voor géén ander wêreldmoondheid wat ‘n gekoude been van die tafel af na sy kant toe sal gooi nie, behalwe Frankryk. Ja, die háátlike Frankryk!

Nog politieke woelinge volg en hy word uitgestem. En raai, die einste Ratsiraka vlug toe as banneling na Frankryk. Ja, die háátlike Frankryk!

Wat sê die Keniaanse The East African in 2018? ‘n President is in 2009 glo uit die kussings gelig “because he was trying to break France’s grip on the country.” Hoe? Deur Engels in skole in te voer (en die Franse taal sodoende te verswak), deur sake vir Franse ondernemers te bemoeilik om hul geld in die land te belê (werkspermitte) en deur die Franse ambassade in 2008 te sluit. Haai, soos julle in 1975 ook probeer doen het? Certaines personnes ne comprennent jamais.

Mense die reg ontsê om geld in ‘n land te belê (“The French business community encountered difficulties in renewing visas and work permits.”) — wat de donder?

Ook is daar ‘n Rus, ene Anastacia Promskaya, van die Anti-globalistebeweging van Rusland, wat in 2015 aanvoer Frankryk dwing sy voormalige kolonies om hom eerste in elke transaksie te ken, en op daardie wyse probeer hy hulle sodoende leegmelk. Sy vergeet egter, soos mens in Stephen Smith se boek Negrologie lees, dat dit hoofsaaklik Franse ‘nieregeringsorganisasies’ en veiligheidsmagte is wat die meeste infrastruktuur en basiese dienste van Afrikalande (weens hul onbevoegde regerings) nog op ‘n manier in stand probeer hou. Seker maar dieselfde as wat China doen, want geen ander land sien daarvoor kans nie? Sou jy? Dat Frankryk dus van die geleentheid gebruik maak om eerste in die saak geken te wees, en stemme te koop vir die volgende VN-vergadering, is seker maar billik?

En nou maak dit ook seker sin waarom Frankryk op ‘n stadium so vriendelik was teenoor Apartheid-Suid-Afrika: ja, laat die Amerikaners en Britte julle maar haat en sanksies instel, dè, hier is ‘n eersteklas-kernkragreaktor. S’il vous plaît manipuler avec soin. Sorg net asseblief dat jy vir my ‘n paar ander dingetjies doen. Dis net goeie besigheid.

Die vraag is: wat sou Frankryk met die Kaap gemaak het? Sou ons selfs meer vooruitstrewend as Quebec geword het? Sou iemand eendag uit sy kantoor in Parys na die Eiffeltoring in die verte staar en sê (terwyl hy ingedagte sy bril afhaal en ‘n traantjie of wat wegpink): “ja-nee, ons neefs in Afrika is darem maar staatmakers: bloed kruip waar dit nie kan loop nie”?

Woordeboeke vir Afrika

Ek het onlangs op Gumtree vir my by ‘n Italianer ‘n Robert-Signorelli Dizionario bestel. Toe die pakkie by my aankom, was ek geskok hoe groot die woordeboek is. Dié tweetalige woordeboek is groter as my Pharos Afrikaans-Engels; dit is groter as die allernuutste Robert-Collins Frans-Engelse woordeboek (2 300 bladsye); dit is natuurlik ook dikker as die jongste Duits-Engelse woordeboek van Collins (2 100). Bid jou dit aan: dit is ‘n monster van 3 002 bladsye. Dit is ‘n simbool.

Wat hierdie Robert-Signorelli so spesiaal maak is die noue band en verweefdheid tussen hierdie sustertale. Want hulle is immers bure. Daar is voortdurende wisselwerking tussen hierdie tale. Wat in Italiaans verskyn, word net so vertaal in Frans, soos ek self op die twee Wikipedias gesien en beleef het. Die Franse mentaliteit is nie beperk tot ‘n eilandjie wat iewers ronddobber in die Noordsee nie. Die Franse dink soos Europeërs in die middelpunt, ‘n land omring deur Duitsers, Italianers, Spanjaarde, Katalane, en bietjie verder daarvandaan Portugese, asook daardie snaakse lot oorkant “die Mou” (want ons sou dit voortaan nooit die “Engelse kanaal” noem nie) – tale wat selfs in preprimêr aangebied word. Konstant bly jy bewus van ander wêrelde wat nog onontdek bly. En dit sien jy in die kurrikula in hul voormalige kolonies ook. In die Franse kolonies van destyds word Duits nog tot vandag toe aangebied op skool. Suid-Afrika is tans geseënd met ‘n Duitse bevolking, maar Duits kry jy eenvoudig nie eens meer in jou deursnit Afrikaanse skool nie. Dis pateties.

Sê nou net ons het ‘n Robert-Pharos Frans-Afrikaanse woordeboek gehad? Die hemel weet hoe die Engels-Afrikaanse woordeboek daar sou uitsien, maar ten minste kan mens van twéé tweetalige woordeboeke in Afrikaans praat wat voortdurend uitgebou sou word. En as ‘n Afrikaner Frans sou ken, hoe moeilik sal dit wees om binne ‘n maand of wat Italiaans baas te raak, of Spaans, of Portugees of… wat ‘n enorme wêreld sou vir die Afrikaner nie oopgaan nie! Suid-Afrikaners sou beslis meer in voeling met Europa se woelinge en verlede gewees het as vandag.

Tans bestaan daar net een wêreld vir ons Afrikaanse akademici en woordeboekmakers, en dis die een wat slegs Engels praat. ‘n Mens wil sterf van die voorspelbaarheid.

Wat van Afrikaans?

Afrikaans sou sonder twyfel ontstaan het en deur die Fransmanne erken word, want ons sien dit reeds met Korsikaans (soos ek in my vorige artikel genoem het):

Die ‘ontstaan’ van Afrikaans toon wel ‘n raakpunt met Korsikaans. Heel eerste kom die “nuwe” heersers af op ‘n dialek van ‘n taal. Dialekvorming en die ontstaan van dorps- en streekstale is so algemeen soos môre heeldag – ‘n moedertaalspreker, soos ek reeds tevore geskryf het, is meer gepla oor die bloutong onder die skape as om elke vyf sekondes na ‘n woordeboek te hol om tog die korrekte bewoording te gebruik. Taalverandering is normaal. Taalverloedering is wel iets anders.

Maar die uitsondering word gemaak – hierdie dialek word vir die een of ander rede óf sleggemaak (“Kitchen Dutch”) óf ‘n bastertaal genoem óf verkleineer óf word onderwerp aan taalpartikularisme. Enigiets word gedoen om hierdie dialek van die stamtaal te onderskei. En te skei. Dit kan wees omrede diegene wat nie in Suid-Afrika gebore is nie [net om duidelikheid: ek praat nie noodwendig van die gebore Franssprekendes op Korsika of gebore Engelssprekendes in Suid-Afrika nie], dikwels moeite het om hierdie dialek onder die knie te kry. Nie dat ek weet waaroor die bohaai gaan nie, want as jy Italiaans op Korsika [‘n klipgooi ver van Italië] sou praat, of Nederlands in Suid-Afrika, is dit ewe gangbaar. As jy nou regtig belangstel in die dialek kan jy ‘n taalboekie daaroor skrywe. Maar dikwels is die heerserstaal se sprekers net onwillig en dwars om enige ander taal aan te leer.

Ironies genoeg word geen onderskeid getref tussen Korsikaanse Frans (en kreool) en Standaardfrans of Suid-Afrikaanse Engels (en kreool) en Britse Engels nie. Frans is mos Frans en Engels bly Engels. Daarvoor sou ‘n mikroskoop oorbodig wees.

Dan begin die volk homself anders of uniek en veral broos en afgesonderd van die wêreld sien. Weer weet ek nie waarom nie, want met al die tekste in Romaanse, Germaanse en Slawiese tale en selfs Latyn daarbuite voel mens glad nie so op ‘n taaleiland vasgekeer of alleen nie. Elkeen het wel sy eie rasionele en irrasionele insigte op die plek waar hy hom bevind – en dis die rede wat die groot bindingsmiddel tussen lesers en eeue is. “Daar is lewe anderkant [dorpsnaam]”, is ‘n spreekwoord waarmee ek grootgeword het.

Dalk is dit Stockholmsindroom, dalk is dit die pers wat met herhaling op herhaling mense breinspoel. Want uiteindelik vind die skeuring tog maar plaas. Ons sien dit onder die Vlaminge wat ook onder Franse bewind was [en Brussel wat steeds verfrans] wat tog nie daardie “halfjoodsche” Hollands van die Nederlanders wou praat nie.

Maar die Franse pluk vir hul agterstewe ‘n lelike lang kweperlat. Afrikaans het geen manlike of vroulike woordgeslag nie, en sy grammatika is verby oorvereenvoudig. Dit is nie soos Hollands en Frans wat albei darem op gelyke voet taalkundig verkeer nie.

Is dit moontlik dat Afrikaans die hele oppervlak, selfs Le Cap, met verloop van tyd stilletjies sou oordonder en ingeneem het? Wat my net bekommer is die growwe volksetimologie wat in daardie Afrikaans sou uitbroei… die arme Frans sou daarna nooit weer dieselfde lyk nie! As “Bloukop die Leeu” uit Beaucoup de L’eau (“volop water”, ‘n plaasnaam) wortelgeskiet het, wat sou nie alles nog in Afrikaans geblom het nie?

Wat die invloed van Frans op Afrikaans betref, hoef ons seker net te gaan kyk na die Vlaminge. Die Franse wat ek al hoor Duits praat het, klink amper soos lopende olie op ‘n kettingsaag. Ek het nog nooit die Duitse taal so loperig, so roomglad, so geolie, so sonder wrywing gehoor nie. Te dierbaar.

Ongelukkig, moes Afrikaans moontlik eers dieselfde harde paadjie loop as Bretons en Elsassies. Of Vlaams in België. Dit sou maar net weer daartoe gelei het dat Afrikaans sy eie verenigings stig, en, soos in Holland (as jy boonop nog die Katolieke element hierby insluit) versuiling sou toepas: jy koop slegs by jou eie mense, jy woon slegs jou eie mense se kerk by, jy stem slegs vir jou eie mense, jy lees slegs jou eie mense se koerant, jy woon slegs tussen jou eie mense, jy trou slegs onder jou eie mense, jy bou sommer jou eie skole, universiteite, vakbonde, sportverenigings en hospitale ook. En jou werkslui? Slegs van jou eie kerkdenominasie. Jy probeer al hoe minder goed gebruik van jou vyand om so onafhanklik moontlik te wees. En jy maak ook sommer seker dit is alles van beter gehalte as jou vyand s’n.

En dan, uiteindelik, stel jý die vereistes! Nou is jy die baas van die plaas.

Ek dink die Boere-Romantiek onder die Vlaminge sou dan selfs sterker en hoër gebrand het.

Daar is natuurlik rillerverhale oor die lot van Bretons en Elsassies geskryf. Dit het alles begin by die Franse Rewolusie:

Die Revolusie het egter ‘n bewind aan die mag gebring wat, soos P. Geyl skryf “met schrikwekkende grondigheid” teen ander tale en dialekte opgetree het. “Een republiek, een taal” het die beleid geword. Die Franse taalwet van 1794 het bepaal dat Frans die enigste taal vir amptelike sake sou wees – in alle dele van die ryk, ook waar die mense dit nog nie so goed geken het nie. Ná ‘n oorgangstydperk het die sentrale regering die beleid streng toegepas. Die suidelike dialekte en ander tale van Frankryk is stelselmatig verdruk. Natuurlik kon die Franse owerheid onmoontlik al hierdie tale amptelik maak. Dan sou die staatsamptenare ook Oksitaans, Elsassies, Nederlands (vir die gebied Frans-Vlaandere), Bretons, Baskies en Katalaans moes leer. Maar die regering kon hierdie tale amptelike status gegee het in die streke waarin die mense hulle gepraat het. Vir taalverdrukking in die tuisgebiede is daar geen regverdiging nie. (Tuiste in eie taal, 1981, J.C. Steyn, bl. 32)

En sekere strafmaatreëls op skool klink bekend, al is dit nie donkie-ore nie:

Dis natuurlik nie net Gaeliese kinders wat gestraf is omdat hulle op skool in die skoolpouse Gaelies gepraat het nie; in Bretagne moes die kinders wat Bretons gepraat het, as straf die vloere lek! (Tuiste in eie taal, 1981, J.C. Steyn, bl. 34)

En ook:

Die minderheidstale soos Bretons moes verdwyn, (want Frans was die taal van die Revolusie). Wie minderheidstale wou handhaaf, was reaksionêr. In 1794 het ‘n revolusionêre leier, Barrère, gesê: “Federalisme en bygeloof praat Laag-Bretons, emigrasie en haat vir die republiek praat Duits; die teen-revolusie praat Italiaans en fanatisme praat Baskies. In ‘n vrye volk moet die taal een en dieselfde wees.” Maar die aanhangers van die revolusie was groter fanatici as die Baske. Só het die prefekte van Finistère en Côtes du Nord hulleself in 1831 ten gunste verklaar van “die verarming  en verminking van Bretons deur alle moontlike middele en wel in so ‘n mate dat dit van een kommune na ‘n volgende onverstaanbaar sal word. Die behoefte aan kommunikasie sal die boer dwing om Frans te leer. Die Bretonse taal moet absoluut vernietig word.” Onderwysers is beboet en in die tronk gestop omdat hulle hul leerlinge Bretons geleer het. In 1845 is onderwysers op ‘n openbare vergadering meegedeel dat hulle aangestel is om die Bretonse taal dood te maak.

Nadat die Bretons in 1919, 1921 en 1925 gevra het dat Bretons ‘n onderwystaal word, het ‘n Franse minister reguit gesê: “Die Bretonse taal moet in die belang van die eenheid van Frankryk verdwyn.” ‘n Franse skrywer het gesê dat die gedagte van ‘n minderheid in Frankryk vir die sentrale regering “blasphématoire” (godslasterlik) sal wees.

[Sedert die revolusie] het Bretagne en Bretons agteruitgegaan. Die taal is afgeskeep omdat die sentrale regering die mag gehad het om met sy amptenare teen Bretons op te tree en demokraties kon besluit dat dit nie ‘n onderwysmedium mag wees nie. Parys kon, ook heel demokraties, ‘n ekonomiese beleid volg wat die tekstielbedryf, handelsvloot, ystergieterye en –fabrieke sou ruïneer en van Bretagne oorwegend ‘n landbouland maak. Werkloosheid het toegeneem en jong mense het die streek verlaat en verfrans.

[…]

Die Franse sentralisme was ook vir ander tale van Frankryk nadelig. Die revolusionêre van 1789 het Oksitaans, ‘n hoogstaande kultuurtaal, veroordeel as ‘n provinsietaaltjie wat ‘n struikelblok vir die nuwe revolusie-ideale van sentralisasie en Franse nasionalisme was. Vandag glo baie van die ouer mense vanweë onderwys-indoktrinasie hul taal is ‘n ongeleerde, verkeerde vorm van Frans.  Die Oksitaanssprekende gebied het ook, soos Bretagne, agteruitgegaan. Omdat die sentrale regering nie geïnteresseerd was in die “periferie” van Frankryk nie, het hy ook nie ontwikkeling aangemoedig nie. (Tuiste in eie taal, 1981, J.C. Steyn, bl. 354-355)

En laastens is ook geen sonnige kolletjie vir Duits gegun nie:

Duitse koerante in die Elsas word wetlik verplig om tweetalig te wees: ‘n kwart van die leesstof moet in Frans wees – onder meer alle artikels oor jeugsake en sport. Die koerante self moet Franse name hê. Die Duitse opskrifte by berigte moet nie groter wees as ‘n bepaalde lettertipe nie; vir groter letters is Frans verplig. As ‘n plek ‘n tweetalige naam het, is net die Franse vorm toelaatbaar. Oorklankings van rolprente uit Frans is verbode en by Duitse prente is Franse onderskrifte verpligtend. Met sulke maatreëls verminder die imperialistiese groep die intellektuele aantrekkingskrag van die benadeelde taal. (Tuiste in eie taal, 1981, J.C. Steyn, bl. 34, aangehaal uit ‘n werk van 1971)

Of dalk misgis ek my. Bretons en Elsassies was immers binnelandse aangeleenthede wat niks met die kolonies te doene gehad het nie. Watter invloed kon ‘n ou taaltjie 12 000 km daarvandaan dan nou hê op Parys? Ek bedoel, hoe op aarde kon die Franse owerhede keer dat al 350 tale binne een land in Noord-Afrika nie verder ontwikkel nie? En dit lyk ook nie of hulle met die tyd minder geword het nie. As jy enige taalatlas van Afrika oopslaan, dan sal jy ‘n hele boel Semities-Hamitiese tale vind (vernaamlik dialekte Arabies), so ook Bantoe-, Nilotiese, Guinese, Maleis-Polinesiese, Khoisan- en Soedannese tale, Hausa en uiteindelik Afrikaans, die enigste Indo-Europese taal wat bykans die hele Weste van Suid-Afrika beslaan.

As dit die Franse se doelwit was om die hele Afrika Frans te laat praat, het hy klaaglik misluk. Waarom? Want weer, soos met Portugees en ‘n sekere ander taal, het hy hoofsaaklik in die hoofsentra weggekruip. As die Franse taal hom in Le Cap sou skuilhou, sou hy glad nie ‘n duik maak op die periferie/randgebied nie. Afrikaans sou sonder probleme voortleef; ‘n middelvinger vir die Franse staat.

En Kaaps?

Kaaps sou beslis nie ‘n woord gepalataliseerde Engels gepraat het soos vandag nie, maar heelwat strelende Frans. En daarom sou die Franse Akademie hom ontferm het oor die Kaaps; sonder skroom die tongval as ‘n Franse kreool eien en onmiddellik hom in sy annale laat opneem het as “Frans” (of, so sou ons in Le Petit Larousse ook lees). Nié as Afrikaanse dialek nie. Dalk sou prof. Michael le Cordeur geld of ‘n skitterende medalje uit Frankryk gekry het, boonop met die rykste seën van Alliance française, om die leerlinge nou volwaardige Frans te leer praat en te assimileer. Die Afrikaanse Taalkommissie sou rustig en onverpoosd met hul woordeboekwerk kon voortgaan; die tweetalige Afrikaans-Russiese Woordeboek het teen hierdie tyd reeds sy derde uitgawe beleef (met ‘n standbeeld van pionier J.H. (Joy) Wagner wat voor die gebou opgerig is).

Invloed op die Afrikaanse werke

Soos ons op skool met klavierbegeleiding “Three Blind Mice” gesing het, hoe anders sou dit nie klink nie, met die veel vroliker “Sur le Pont d’Avignon, on y danse, on y danse…?” Soos mens ouer word, sou ons Afrikaanse Gesangeboek in die kerk meer by die Franse korale aangesluit het en minder by die Amerikaanse of Britse himnes.

Die buiteblaaie of omslagwerk, soos mens in die meeste Franse boekwinkels tot vandag nog vind (buiten die kinderboeke natuurlik), sou tweekleurig wees. Ek verkies dit eerder bo die buitensporig aantreklike skilderstukke, maar uiters, uiters vaal storie binne. Die Franse omslagwerk laat my trouens dink aan die huise in die Mediterreense en Noord-Afrika-streke: vaal en eenkleurig van buite, maar ‘n lowergroen lushof in die binnehof. Soos Fred de Vries skryf:

“Die boeke wat sedert 2000 by sy [Dan Roodt] se uitgewery, Praag, verskyn het, se voorkoms is eenvoudig maar smaakvol: wit omslag, blou letterwerk, geënt op die ontwerp van die Franse uitgewery Les Éditions de Minuit” (Rigtingbedonnerd, 2012, bl. 187).

‘n Sestigerbeweging sou in Afrikaans nooit posgevat het nie. Waarom sou dit, as jy daarvan in elke Suid-Afrikaanse koerant sou lees? Waarom sou jy jou van die Calvinisme wil bevry in Parys as jy dit sommer in Le Cap kan doen? Oor die eensydigheid waarmee hierdie eksperimentele prulstukkies in Afrikaans as die reine waarheid aangebied is (boonop as iets nuuts), kon die eenvoudigste Jan Alleman sommer in die koerant gou kyk hoe aan Franse universiteite die proffies van die Sorbonne mekaar te lyf gaan. Die debat hou in Frankryk nooit op nie.

Ook sou die Tagtigerbeweging (wat hul slegs toegespits het op die politiek in Suider-Afrika), as reaksie op die Sestigers, nooit plaasgevind het nie. ‘n Voëlvry-beweging met Sex, Drugs en Rock & Roll sou soos iets passé uit Woodstock klink. Omrede mens elke dag van Afrikasake in die Franse koerante sou lees, en die nuus sou trek vanaf so ver as Algerië tot in die Kaap, vanwaar dan nou hierdie vreeslike groot bohaai?

Die grootste bydrae wat die Franse letterkunde tot die Afrikaanse letterkunde direk en indirek sou lewer, is ongetwyfeld die loperigheid en vloei van die bewoording, asook die humor.

En dat RSG, Netwerk24 en kykNET meer uit Le Monde, Le Figaro, Libération sou aanhaal as uit die BBC, CNN of The Washington Post (“Nuus van alle uithoeke van die wêreld” is nou ‘n graad nader aan die waarheid). En heelwat minder nuus oor Hollywood sou verskaf, veral as al hul Franse sterre dan in Parys is. Jy sou ook beslis meer Franse musiek op elke Afrikaanse netwerk gehoor het. En miskien ‘n solo trekklavier op elke straathoek; tans, ‘n sterwende kuns.

Nou ja toe, ek wag vir daardie roman.

Verras my tog, dit is ‘n bevel!

Leon Lemmer: Die blankes se omsingelde laer

By ‘n vorige geleentheid het ek genoem dat ek ‘n leemte in my opvoeding reggestel het toe ek verlede jaar uiteindelik Hettie Smit se biegroman, Sy kom met die sekelmaan (1937), gelees het (Praag 14.09.2019). Ek het pas ‘n ander leemte gevul. Ek het die Franse skrywer, Jean Raspail (1925-2020), se klassieke roman, Omsingel die laer van die heiliges (Morgenzon: Oranjewerkers Promosies, 1990, 366p, R200), gelees. Die oorspronklike titel is Le camp des saints (1973). Die Kindle-weergawe van die Engelse vertaling, The camp of the saints (1975), is reeds jare lank nie beskikbaar nie. Die Afrikaanse vertaling deur Naomi Morgan is in Praag se winkel beskikbaar. Om ‘n teks soos hierdie een te vertaal, kon geen maklike taak gewees het nie. Ek het jare lank tevergeefs na Raspail se boek in die boekwinkels gesoek.

Koop die boek hier onder deur op die voorblad te klik.

Omsingel die laer (voorblad)Die Vereniging van Oranjewerkers is in 1980 gestig en word gekarakteriseer as ‘n verregse instansie wat ‘n Afrikaner-volkstaat begeer. In 1982 het hulle Morgenzon aan die Osspruitrivier, by Ermelo en Bethal in Mpumalanga, gekoop. In Larry Bond (gebore in 1952), ‘n Amerikaanse skrywer, se blitsverkoperroman, Vortex (1991, 752p, Kindle $3,44), slaag hierdie “Fascistiese” Afrikaners vóór 1994 daarin om die regering in Pretoria in ‘n staatsgreep oor te neem en Namibië binne te val. Hulle word deur Kubane geopponeer en maak van atoombomme gebruik. Die Amerikaners vernietig die Afrikanermagte. Hierin word hulle deur die Britte gesteun. In sekere opsigte herinner Vortex aan William Luther Pierce (1933-2002) se Turner diaries (1978), wat onder die skuilnaam Andrew MacDonald gepubliseer is.

Raspail was ‘n konserwatiewe Rooms-Katoliek wat teen kommunisme en liberalisme gekant was en eintlik ‘n terugkeer na die monargie in Frankryk begeer het. Hy het baie gereis en verskillende wêrelddele verken. Hy was goed met toestande in Suid-Afrika bekend. Die onderwerp van sy boek is hordes Derde Wêreld-immigrante wat die Westerse beskawing vernietig – nie net in Frankryk nie, maar ook elders, insluitende Suid-Afrika. In 2011 het Raspail se boek opnuut ‘n blitsverkoper geword vanweë die aktualiteit van die onderwerp. Ek het reeds by meer as een geleentheid oor die huidige intog van immigrante in Europa geskryf (bv Praag 3.02.2018 en 9.11.2019). Dit is nie ‘n gewilde onderwerp in die openbare domein nie, gevolglik is daar nie rolprente, verhoogstukke en liedjies oor Raspail se boek gemaak soos dikwels met linkse romans gedoen word nie. Maar hierdie distopie is in ‘n tiental tale vertaal.

Die boektitel verwys na die volgende Bybelverse: “En wanneer die duisend jaar [vrederyk] voleindig is, sal die Satan uit sy gevangenis ontbind word; en hy sal uitgaan om die nasies te verlei wat in die vier hoeke van die aarde is, die Gog en die Magog. Om hulle te versamel vir die oorlog; en hulle getal is soos die sand van die see. En hulle het opgekom oor die breedte van die aarde en die laer van die heiliges en die geliefde stad omsingel” (Openbaring 20:7-9) (p 289; ook 2 en 46). Hier verwys die Gog en die Magog na groepe mense of stamme. In Esegiël 38 en 39 is die Gog ‘n individu en die Magog sy land. Alexander die Grote het in Alexandrië in Egipte ‘n muur en hekke gebruik om die Gog en Magog buite te hou. Vir die doeleindes van Rapail se boek is die Gog en Magog Derde Wêreldse mense wat as inkommers Westerse lande, dus “die laer … en die geliefde stad,” inneem en die wêreldmening mislei. Die ontwikkelde of beskaafde inwoners in Westerse lande is “die heiliges,” wat deesdae in polities byderwetse geledere onheilig verklaar word.

Verhaal

Kortliks verloop die verhaal soos volg. In Kalkutta (Kolkata), in die Ganges-delta in Bengale in Noordoos-Indië, naby Bangladesj, is daar ‘n stormloop na die Belgiese konsulaat. Verarmde Indiërs wil hê dat hulle kinders vir pleegsorg na België gestuur word. Die skema word deur die Rooms-Katolieke Kerk aangemoedig. Die Belgiese amptenare kan en wil nie aan die versoeke voldoen nie. Aktiviste reël toe ‘n eksodus van Indiërs – mans, vroue en kinders – met ‘n vloot skepe na Europa. Namate berigte hieroor Frankryk bereik, beweer linkse elemente dat die immigrante die Franse kultuur sal verryk; dat hulle eerder verwelkom as teengestaan moet word. Inwoners in die suide van Frankryk vlug in groot getalle noordwaarts. Daar word op groot skaal uit die Franse leër gedros terwyl dit suidwaarts beweeg om die inkommers te stuit.

Die immigrante-vloot word nie toegelaat om deur die Suez-kanaal te gaan nie, gevolglik moet hulle om Kaappunt na Europa vaar. In die verbyvaart het hulle die blanke Suid-Afrikaanse regering afgejak – besonderhede hier onder. Westerse lande wat hulleself meer moreel as Suid-Afrika beskou het, het gereël vir die oorhandiging van noodvoorrade aan die vlugtelinge by São Tomé, ‘n eiland teenoor die weskus van Gaboen in Sentraal-Afrika. Die aalmoese is deur regerings, welsyns- en kerklike instansies geskenk. Die vloot het egter nie anker gegooi nie en verby gehou. Die vlugtelinge wou nie die geskenke hê nie. ‘n Verteenwoordiger van die pous het aan boord van een van die skepe gegaan maar is verwurg en in die see gegooi. Anders as wat by Suid-Afrika gebeur het, het die joernaliste gepoog om die swye oor die gebeure by São Tomé te bewaar.

Die Ganges-immigrante het in die Franse Riviera aan die Middellandse See aan land gegaan en weinig teenstand ervaar. Hulle het na die noorde opgeruk en die Franse regering in Parys oorgeneem. Hulle was nie bereid om met die Franse te assimileer nie, maar nogtans daarop aangedring dat hulle die voordele van Westerse beskawing geniet. Dit is nie net Frankryk wat deur immigrante uit die Derde Wêreld oorspoel is nie, maar ook ander Westerse lande soos Amerika en Brittanje. Rusland is in Oos-Siberië deur Chinese binnegeval. Suid-Afrika was in 1973 nog ‘n Westerse land. Hordes swart Afrikane het oor die Limpopo-rivier die land binnegestroom. Die hele Westerse of Eerste Wêreld is deur elemente uit die Derde Wêreld oorgeneem. Westerse beskawing en kultuur is wêreldwyd vernietig.

Suid-Afrika

Hoofstuk 23 handel oor die Ganges-vloot se omseiling van Suid-Afrika. Dit gee ‘n goeie aanduiding van Raspail se gesindheid jeens Suid-Afrika, asook van sy skryfstyl. “Die vloot het die Steenbokskeerkring oorgesteek en Suid-Afrikaanse waters binnegevaar … Waarom verder ly as die kaart getoon het dat die paradys net ‘n hanetreetjie weg was: Suid-Afrika natuurlik! ‘n Rondte soetsappige vleitaal het oor Suid-Afrika se voordele gevolg: die oppervlakte van die land, byna driemaal dié van Frankryk; die klein bevolking, ‘n derde van Frankryk s’n; ‘n nommerpas klimaat; ‘n hoë tegniese en ekonomiese standaard; die fantastiese, onontginde rykdomme. As dit die geval was, waarom moes die verre, ou Europa gevra word om die armada te hulp te snel? … Europa sou die rekening betaal … Vra net wat julle wil hê, hou hulle net weg! Weg van ons af” (148-149).

“Die dienaars van die monster het in woede uitgebars. Apartheid! Rassistiese diktatuur! Die skande van die menslike ras! Die hele verbale spervuur. Die wêreld het Suid-Afrika, daardie sondebok met onbeperkte moontlikhede, daardie gerieflike teiken vir die selfbehaaglike gewete, lankal nie meer met handskoene aangepak nie. Om ‘n miljoen arme mense met ‘n donkervel aan sulke beskermers toe te vertrou, was om hulle tot slawerny te verdoem! Staan terug, julle gematigdes, julle kompromistreffers! Die Ganges-burgers het uit vrye wil vertrek, en hulle sou uit vrye wil hul bestemming kies!” (149).

“Die Afrikaners, beleër in hul regmatige vaderland, het hul rug op die Commonwealth en op Brittanje gekeer en al hul brûe agter hulle verbrand. Siende dat die bufferstaat, Rhodesië, onder ‘n swart regering verdwyn het [deur Raspail in 1973 voorsien al het dit eers in 1980 gebeur], het die gewig van Afrika teen hul hekke gedruk en die gewig van wêreldminagting op hul gewete. Van binne af ondermyn deur leërs predikante, pastore, priesters, sangers en skrywers, het die Afrikaners ook nie meer sagkens gewerk nie. Soos die twintigste eeu in ‘n onophoudelike haat van wit heerskappy ten einde geloop het, het hulle hardkoppig voortgegaan om die een afskuwelikheid na die ander te uiter. En hulle het dit met opset gedoen. Hulle het dit blykbaar geniet. Siende dat almal hulle met beledigings oorlaai het, kon hulle dit net sowel verdien! Dit was ongetwyfeld ‘n ander planeet!” (150).

“Daar was geen amptelike vrystelling nie, maar die president van Suid-Afrika het persoonlik ‘n kort perskonferensie gehou … Die president was uit die staanspoor aanvallend toe hy hom tot die digte groep buitelandse korrespondente van die Westerse pers gerig het. ‘Ek weet dat julle, soos gewoonlik, as vyande hier is. Ons faksmasjiene en telefone sal netnou tot jul beskikking wees om jul gewone weersin oor die hele wêreld in te stuur. Die Republiek van Suid-Afrika is ‘n wit nasie met 80% swartes en nie – soos wat die wêreld graag wil hê, in die naam van ‘n mitiese gelykheid – ‘n swart nasie met 20% blankes nie. Dit is die subtiele verskil. Ons dring daarop aan. Dis ‘n kwessie van agtergrond, van uitkyk, wat julle nooit sal verstaan nie. Laat ons by die punt uitkom. Op hierdie oomblik is daar ‘n vloot van Derdewêreldse invallers op pad Kaap toe, honderd myl van ons kus af. Net buite Durban, om presies te wees. Hul enigste wapens is swakheid, ellende, die vermoë om medelye te inspireer en hul krag as ‘n simbool in die oë van die res van die wêreld – ‘n simbool van wraak. Wat ons Afrikaners dronkslaan, is die masochistiese wyse waarop die blanke wêreld blykbaar daarop uit is om wraak op hulself te neem. Of liewer, dit slaan ons glad nie dronk nie. Dit is baie duidelik. Dit is waarom ons hierdie simbool verwerp, omdat dit niks meer as ‘n simbool is nie. Nie een Ganges-vlugteling sal onder watter voorwendsel ook al lewend sy voete op Suid-Afrikaanse grond sit nie. Stel maar u vrae'” (150-151).

“‘President, moet ‘n mens daaruit aflei dat u nie sal huiwer om op weerlose vrouens en kinders te vuur nie?’ ‘Ek het daardie vraag verwag. Natuurlik sal ons nie huiwer nie. In hierdie idealistiese rasse-oorlog wat deesdae so mode is, is vreedsaamheid die wapen van die massas. Geweld is al wat die bedreigde minderheid het om mee terug te veg. Ons sal onsself verdedig. Ons sal geweld gebruik.’ ‘Kom ons veronderstel dat die Ganges-vloot besluit om in hul massas op die Suid-Afrikaanse strande te land. Sal u bevel gee dat dit geheel en al vernietig moet word?’ ‘Ek dink die dreigement sal genoeg wees om ‘n inval te ontmoedig. Dit is my eerlike mening dat hierdie vloot op pad na Europa is en dat julle julself oor ‘n paar weke daardie vraag gaan afvra. Maar ek is bereid om in beginsel te antwoord, want dit is wat jul wil hê. Ja, indien nodig sou ons die vloot bombardeer … Al wat ek tog kan byvoeg is dat as dit gedoen moet word, dit nie vir ons lekker sal wees nie’… Hy het dit opreg bedoel, byna soos ‘n gevoelige man wat kla dat hy sy dol hond sal moet skiet” (151-152).

Die president se opmerkings het onder meer spotprente in buitelandse publikasies ontlok, bv in Frankryk met as onderskrif; “So spyt dat ons julle nie hier kan toelaat nie. Maar ons het reeds ons eie gelukkige swartes” (152). “In Parys, tydens ‘n amptelike onthaal, het [‘n] minister … geweier om die Suid-Afrikaanse ambassadeur se hand te skud en daarvan werk gemaak om sy rug op hom te draai” (152-153). “Die Suid-Afrikaanse kwessie het sy doel gedien, gedokter en misvorm soos die voriges, uit sy konteks geruk” (155).

“Na hul president se gewelddadige verklarings, wonder ‘n mens waarom die Afrikaners ‘n paar dae later onverwags probeer het om as liefdesusters deur te gaan. Die vloot was besig om om die Kaap van Goeie Hoop in ‘n noord-westelike rigting op met die Atlantiese oseaan te vaar en het reeds die kus agtergelaat toe dit vreedsaam deur ‘n flottielje vragskuite van die Suid-Afrikaanse vloot onderskep is. Op die regering se uitnodiging het verslaggewers en fotograwe die maneuver dopgehou … Suid-Afrika was doodeenvoudig besig om die Ganges-vloot van voorrade te voorsien! Die operasie was tot in die fynste besonderhede uitgewerk: sakke rys is in groot vragte opgehys, reuse houers vol vars water en kaste mediese voorrade is in rekordtyd aan boord gelaai. Daarna het elkeen sy eie koers ingeslaan; die armada na die oop see, in die rigting van Senegal, en die Suid-Afrikaanse vaartuie terug na die Kaapstadse hawe. En toe gebeur die ongelooflike. Dit het al die offisiere en verslaggewers wie se verkykers op die Ganges-vloot gerig was, gekos om die onmoontlike te besef: die armada was besig om alles in die water te gooi!” (155-156).

Wat die Suid-Afrikaanse regering gedoen het, was “iets wat maar net ‘n liefdadigheidsgebaar was. Gewetensgeld? … Bybedoelings? Hoe dit ook al sy, dit was nog steeds ‘n menslike gebaar … Daar is ‘n behulpsame hand gebied, in lewende lywe. Dit was genoeg om daardie klomp Afrikaners gevaarlik baie na gawe mense in die oë van die wêreld te laat lyk! Gawe mense, daardie rassiste? … Na vyftig jaar se boere-bedrog kon die Weste teruggly na sy rassistiese verlede en verdedigingswerke teen die huidige gevaar oprig … Die blankes kan wakker word, verras en verlig om te vind dat hulle aangetrokke voel tot die eens gehate rassiste. Nog nooit nie! … Maar die Weste is nie ‘n feniks wat uit sy Westerse as opstyg nie” (156). In die Westerse pers was daar opskrifte soos die volgende oor die gebeure: “Was vergifting hul motief?” “Smeer jul goed aan iemand anders af!” “Armada: gifkomplot misluk” en “Suid-Afrikaanse rys op seebodem: armada behou waardigheid” (157).

Aanhalings

Die gevierde Amerikaanse filosoof en pragmatis, Sidney Hook (1902-1989), het in 1975 geskryf die boek “[would] succeed in shocking and challenging the complacent contemporary mind” (Wikipedia). Ronald Reagan was baie beïndruk met die boek. Die Southern Poverty Law Center (Praag 19.09.2020), daarenteen, het die boek verdoem. In Submission (2015) het Michel Houellebecq voortgebou op Raspail se tema deur ‘n Islamitiese staatkundige – en dus ook sodanige religieuse – bewind in 2022 in Frankryk in die vooruitsig te stel (Praag 20.10.2019). Wat Raspail se boek merkwaardig maak, is dat die outeur vroeg in die jare sewentig in baie opsigte voorsien het wat in die volgende eeu in veral Wes-Europa, Brittanje en Amerika sou gebeur. Weens mandaatlose magsoorgawe en dus verraad is swart heerssugtigheid reeds sedert 1994 die tragiese werklikheid in Suid-Afrika.

Hoe profeties die boek was en moontlik is, blyk nie soseer uit die verhaal as sodanig nie as uit die opmerkings wat dwarsdeur die teks voorkom. Dit is waarby ek my voorts bepaal. Die aanhalings moet liefs nie oorgeslaan word nie. Daar is heelwat pitkos. Pitkos: “kragtige voedsel vir die gees” (HAT) – iets wat Madeleine van Biljon (1928-2010) destyds kwistig by vroue-byeenkomste uitgedeel het.

Ek lys die aanhalings meesal in die volgorde waarin hulle in die boek voorkom. Ek wend feitlik geen poging aan om hulle te sistematiseer of vertolk nie. Dit gaan grootliks om “ons” teenoor “hulle” – ‘n onderskeid wat deesdae al hoe meer taboe is. Albei kante van die saak word deur Raspail gestel. Maar Raspail neig om dinge soms op ‘n indirekte manier te stel. Goeie, begrypende lesers is nodig. Die gesigspunt is meesal Frankryk.

Raspail skryf “van ‘n anti-wêreld wat uiteindelik besluit het om persoonlik aan die deure van oorvloed te kom klop” (9).

Oor die intog van hierdie vreemdeling in Frankryk en die Weste word daar verwys na “die mure van Jerigo [wat] sonder stryd geval” het (11). Geen wonder dat Mozart se “Eine kleine Nachtmusik” oor die radiosenders gehoor word nie (11).

Uit die oogpunt van ras is daar “die wete dat jou eie die beste is, die triofantelike vreugde om te voel dat ‘n mens deel is van die beste wat die mensdom ooit voortgebring het … Net die manne wie se harte op die regte plek sit sal vannag die stryd stry … Hy met sekerheid weet dat die mensdom ten einde laaste nie meer ‘n broederlike geheel vorm nie … Die mens het nog nooit die mensdom as geheel … liefgehad nie, maar net diegene wat hy as sy mense, as deel van sy stamgroep, hoe groot dit ook al mag wees, erken” (14).

“Môre sal ‘n mens hierdie land nie meer ken nie. Hy gaan weergebore word … Jou vel is wit … Jy praat ons taal” (16).

“Jou huis … [dateer uit] 1673 … Drie eeue se sekerheid wat van geslag tot geslag oorgedra is … Jy’s so opgetrek met jouself en met waar jy hoort” (18).

“Hulle sal met jou mooi voordeur vuurmaak … Mooi sal nie meer mooi wees nie … Niks sal meer iets werd wees nie … Wanneer hulle met hul vernietigingswerk begin, sal dit wees sonder om te weet of te verstaan hoekom” (19).

“Jy is nie my soort mens nie. Ons twee is onversoenbaar” (20).

“Daar is geen vaandels en geen trompetgeskal nie. Dit is ‘n Westerse oorwinning, net so volkome as wat dit nutteloos en belaglik is” (21).

“As dit by liefde kom, word daar nie gedeel nie, en het ‘n mens vrede met die wêreld … Wat daarvan as dié miljoene op pad is? … Is onbeteuelde liefdadigheid nie in die eerste plek ‘n sonde teen jouself nie? … Toe het die armes te veel geword. ‘n Mens het hulle nie meer geken nie. Dit was nie mense van die kontrei nie. Hulle was nou naamloos. Hulle het oral gewemel. En so slim! Hulle het families, huise en stede binnegedring. In hul duisende het hulle op ‘n duisend onfeilbare maniere vir hulle ‘n weg gebaan. Deur die gleuwe in die posbusse het hulle om hulp gesmeek, elke oggend het hul skrikwekkende foto’s uit koeverte gespring en in die naam van die een of ander organisasie ge-eis wat aan hulle verskuldig is. Hulle het oral ingeglip … Hulle was oral om ‘n mens … Maar die ergste moes nog kom. Hulle het op televisie begin roer … Die armes het die aarde oorgeneem … Die Pous het alles in ‘n bodemlose put afgegooi – dit het nie eens die plattelandse begroting van Pakistan vir een jaar gedek nie! Moreelgewys het hy maar net bewys van sy rykdom gelewer … Die Derde Wêreld het hom gou daaroor verwyt en hy het alle geloofwaardigheid onder hulle verloor” (23-24).

“Hy sal drink op die gesondheid van die ou wêreld en op dié wat nog daarin tuis voel … Elke voorwerp in hierdie huis dra die stempel van die waardigheid van die mense wat dit bewoon het – hulle gematigheid, hul diskresie, hul beskeidenheid, hul voorliefde vir die vaste tradisies wat een geslag aan ‘n ander kan oordra as hulle nie hul trots verloor nie … Die mens word deur sy besittings gevorm, baie meer as deur die spel van idees; dit is waarom die Weste sy selfrespek verloor het en die paaie oorstroom is van die hordes wat noordwaarts vlug” (25).

Volgens ‘n sosioloog: “Daar is geen oplossing nie. Blankes sal maar blankes bly – en swartes sal maar swartes bly. Hulle kan nie verander word solank die een wit en die ander een swart is en daar nie ‘n totale vermenging na ‘n taankleur is nie. Hulle haat mekaar op sig, en namate hulle mekaar leer ken, word hulle wedersydse minagting en haat net meer” (27-28).

“Om nie eens van die res van die Europese lande te praat, wat verstandiger as ons [België] was en hul grense vroeër gesluit het nie [40 000 (fiktiewe) Indiese kinders is binne vyf jaar in pleegsorg in België geplaas] … Julle het uit niks uit ‘n rasse-probleem … reg in die hart van ons blanke wêreld geskep. Dit is julle doel, want nie een van julle is trots op sy wit vel en op dit wat dit beteken nie … Dit is die prys van gelykheid tussen mense” (36).

“Al wat hulle van julle bekeerdery oorgehou het, is die wete dat die Weste, waarvan julle die simbole is, ryk is. Vir hulle verteenwoordig julle oorvloed. Jul blote teenwoordigheid is vir hulle ‘n teken dat dit iewers op aarde bestaan en hulle sien dat julle gewetenswroeging het omdat julle dit vir julself hou … ‘Neem ons almal saam soontoe, na jou land toe!’ Die idee het byval gevind. Julle het dit verwelkom, aangemoedig, georganiseer en nou is dit buite ons beheer. Nou is dit ‘n vloed, ‘n sondvloed. Goddank die see is nog tussen hierdie land en ons s’n” (37-38).

“‘Verraaiers’ … ‘n spesie wat al hoe meer volop word namate die Weste krimp. ‘n Mens sou gedink het dit moes andersom gewees het, maar die gees verrot en die hart word boos” (38).

“Daar is nie meer ‘n Derde Wêreld nie. Dis net ‘n woord wat julle gemaak het om ons op ons plek te hou. Daar is net een wêreld, en daardie wêreld gaan deur lewe oorstroom word” (55). Op ‘n soortgelyke manier word geredeneer: Daar is nie rasse nie. Daar is net een ras: die menseras; of, ná vermenging, “die toekomstige enkele ras” (66). Kyk ook bladsy 166, 167, 222, 224, 313 en 349.

“Die gewete van die ryk lande is blykbaar ongeroer deur die lyding wat deur soveel derdewêreldse volke verduur word … ‘n ramp … wat besig is om te broei en julle kan daar niks aan doen nie … Dit wys net hoe dekadent julle regtig is” (57).

“In die ou dae is biskoppe gebore en nie gemaak nie en het priesters net priesters gebly. Deesdae weet niemand waar om die steep te trek nie en alles is deurmekaar” (61). Dit gaan vir baie kerklikes om “geregtigheids-” oftewel linkse politieke aktivisme. Kyk bladsy 72, 163, 196, 215, 220-221, 239 en 328.

“Omdat hulle niks gehad het om te eet nie, het hulle die Weste met woorde uitmekaar geskeur. Hongerte was besig om hulle venynig te maak … Verrotte wêreld, maak jou gereed om jou skat te deel” (66-67).

In Rusland: “Dit het tyd geword om in ‘n gees van broederlike liefde hierdie Siberiese grond, wat deel van die heilige erfenis van die Sjinese volk is, aan hulle terug te besorg” (69). “‘n Mens moet oppas as jy oor arme, nederige mense praat met ander arme, nederige mense met wie daar vir die afgelope sestig jaar net oor arme, nederige mense gepraat is” (70).

“Vandat die wêreld se priesters hulself met penne of mikrofone bewapen het, kan ‘n mens jouself nie eens meer hoor dink nie. Ons leef in ‘n priester-era … Elke land skei duisende vrywillige lekepriesters af wat die verstand van miljoene idiote vergiftig” (72).

“Dit sou eenvoudig onwaar wees om te sê dat die nuus van die vloot se vertrek enige opskudding in die Westerse wêreld veroorsaak het … Dit is seker waarom daar soveel slim mense was wat van die begin af gewillig was om eindelose lae verbale room wat dik uit hul brein gespuit het, oor die onderwerp te smeer. Die melkkoeie van die kontemporêre Westerse denke het stertswaaiend tot die daaglikse melkery toegestem … As ‘n mens iets van die Westerse mening oor die vlugtelingevloot … wil verstaan, moet ‘n mens een ding in gedagte hou, naamlik dat hulle nie ‘n bloue duit omgee nie. Dit is ongelooflik, maar waar. Hoe meer hulle omtrent sulke dinge uitvind, hoe ondeurgrondeliker is hul onkunde … En hoe swakker in smaak is hulle sporadiese uitbarstings wat al hoe seldsamer word … Altyd sulke ingewing-van-die-oomblik emosies of tweedehandse gevoelens wat deur middelmannetjies bevorder word. ‘n Drama uit die werklike lewe, wat tuis bedien word deur die los vrou genaamd massamedia, wat net die leegte kom verlewendig waardeur die Westerse mening lank reeds verswelg is” (73).

“Dankie tog vir die Israeli’s, daardie groot vermakers van die Westerse wêreld. Wanneer hulle op die verhoog is, is ‘n mens nie meer verveeld nie. Met opstaantyd die volgende dag sal ons grapmakers hul oggendkoffie geurig stoom op die gebulder van die Israeliese kanonne. Maar betrokke voel? Nooit! Waarom?” (74). Kyk ook bladsy 349.

“”n Miljoen vlugtelinge uit die Ganges gereed om Frankryk môre-oggend binne te val. Vyf ander vlote is van Afrika, Indië en Asië af op pad’. Dan sal die klein Westerling hardloop om suiker, olie, noedels en droë wors te gaan koop. Hy sal ‘n kous vol goue muntstukke onder een van die vloerplanke bêre. Hy sal by die motorhawe die olierige stewels van die baas lek in ruil vir twee vol jerrykanne wat vir periodieke ontruimings opsy gesit word. Dan sal hy met oë wat vogtig van manlike teerheid is na sy vrou, sy dogter en sy bejaarde moeder kyk wat reeds die stralekrans van selfopoffering dra” (75).

“Dan was daar ‘n goeie dosis morele bedenkinge – of lafhartigheid … – in die aansteeklikheid van hul ruggraatlose uitsprake. Soos die vrees om nie nootvas saam met die hiënas te grinnik nie, nie ritmies in die koor van die Fariseërs te huil nie, nie saam met die idiote te blêr nie, en om onwetend te wys dat ‘n mens vir jouself kan dink. Veral die vrees dat die wêreldgewete sy vinger na ‘n mens sou kon wys en jou as die pretbederwer op hul verraderlike fees uitsonder. O! Watter puik krabbelaars en deklameerders het ons nie in daardie dae van stilte voor die storm gehad nie!” (76).

“Kan ‘n mens nie die regerings van die Indiese subkontinent vra om hulle te onderskep terwyl daar nog tyd is nie?” (77) – soos die Europese Unie wat enkele jare gelede ‘n ooreenkoms met Turkye aangegaan het om nie deurgang aan vlugtelinge toe te laat nie.

“Dit spreek vanself dat die bevolking aan boord oor twintig jaar seker al sal verdubbel het … Hulle sal aandring op onafhanklikheid. En waarom nie? Die VN het afgevaardigdes uit ‘n honderd lande wat geen bestaansreg het nie” (78).

“Hoe ryker ons is, hoe jaloerser sal hulle wees, en hoe meer sal ons moet betaal. Ons is gewoond daaraan. Wat doen ons wanneer daar ‘n probleem is in die Derde Wêreld en ons in vrede gelaat wil word? Ons betaal” (79).

“Hierdie vloot [is besig om] ‘n weg deur ons gewetes [te] baan … dink u nie dat Frankryk ‘n plig het om in ‘n helder stem vol medelye daarop te antwoord en nou reeds ‘n verwelkoming te reël wat ooreenstem met ons materiële en morele middele nie? Wanneer die oomblik van waarheid kom, moet ons die tekens kan lees en ons selfsugtige belange tweede stel!” (81).

“Binne die raamwerk van internasionale samewerking wat ons hopelik in staat sal stel om die las van vrygewigheid te deel, ‘n vrygewigheid wat ek bevrees is ons nog sal berou” (82-83).

“‘n Opregte, brandende passie vir die wêreldburger! En watter droewige, afstootlike skepsel was … [‘n/die] wêreldburger nie! Die joernalis se pen het hom alle moontlike vorms laat aanneem, met as konstante, sy minagting vir tradisie, die Westerse mens en die patriotiese Fransman” (85).

“Wanneer vryheid uitbrei tot ‘n vryheid van instinkte en antisosiale bandeloosheid, is vryheid dood” (86).

“Laat een van die biljoene, ‘n Andes-Indiaan, ‘n neger uit Tsaad of een Pakistani – almal burgers van onafhanklike nasies en trots op hul selfbeskikking – van ellende omkom, en die Weste voel skielik verplig om in ‘n beswyming van berou te gaan. Diegene wat die Weste oprui, weet dit goed. Hulle vra nie eens vir geld nie. Daar is geen pleidooi dat die Weste op hul beursies moet slaan en die vier vyfdes van die aardbol wat min of meer op die hakke van die Weste aansleep, moet aanneem nie. Hulle mik na die kop, dis al, na daardie afgeleë lobbe waar die berou, selfverwyt en selfwalging, wat deur ‘n duisend punte geprik word, uiteindelik uitbars en hul leukemie-selle deur ‘n eens gesonde liggaam versprei” (89).

“Siende dat niks ons die reg gee om in hul pad te staan nie, het die Franse regering besluit … om saam met sy Westerse bondgenote ‘n soort algemene verwelkoming te bestudeer binne die raamwerk van internasionale samewerking wat ons hopelik in staat sal stel om nie alleen die las van vrygewigheid te dra nie” (93-94).

“Hy sou verbaas gewees het as hy moes ontdek dat hy inderwaarheid ‘n gevangene van die mode was, gebind deur al die nuwe taboes, gekondisioneer deur dertig jaar van intellektuele terrorisme” (97).

“Hou tred met jou tyd, koop ‘n skuldige gewete!” (98).

“Twee en dertig duisend sewehonderd twee en veertig skoolleerkragte het terselfdertyd die volgende dag se opstelonderwerp gevind. ‘Beskryf die lewe van die arme passasiers aan boord van die skepe en brei uit oor hoe jy oor hulle voel deur jou byvoorbeeld in te dink dat een van hierdie wanhopige gesinne jou gasvryheid kom vra’. Onweerstaanbaar! Die liewe klein engeltjie met die naïewe siel en die gevoelige hart van ‘n kind, sal vier blaaie vol kinderlike patos skryf wat ‘n opsigter tot trane sal roer en sy opstel sal die hoogste punte kry. Dit sal in die klas voorgelees word en al sy maats sal hul hare uit hul kop trek omdat hulle te suinig met hul trane was. Dis hoe ons kinders deesdae gevorm word” (100). Soos: Skryf ‘n opstel oor waarom Nelson Mandela ons almal se held is.

“Ons ryk nasies het die Derde Wêreld verdoem. Ons het hoë mure van alle soorte opgerig … en driekwart van die bevolking van die aardbol nie lewenslank nie, maar generasies lank, daar gevange gehou. Maar nou het hierdie reuse gevangenis vreedsaam in opstand gekom. Die gevangenes het begin ontsnap; ‘n miljoen van hulle, sonder wapens en sonder kwaadwilligheid, is op pad om net geregtigheid te vra. Solank daar op hierdie aarde, wat van honderd jaar se ongelooflike vooruitgang oneindig gekrimp het, nog twee tipes mense is, wat ‘n skrale vyf uur per vliegtuig uitmekaar is, een wie se jaarlikse inkomste nie meer as vyftig dollar is nie, en een wie se inkomste by die twintigduisend dollar is, sal niks my (met alle eerbied en respek) kan wysmaak dat die een nie ‘n uitbuiter en die ander een sy slagoffer is nie” (102).

“As ‘n mens hom ‘n bietjie druk, sal hy selfs erken dat hy deel van ‘n beskaafde land is en dat hy trots is daarop, en waarom nie?” (102).

“Dit is die universele geregtigheid waarna daar so gesmag is! Die onteiendes van die aarde moes begin roer voordat die magtige Weste gewilliglik ellende vierkantig in die oë gekyk het … Die bande tussen mense sal opnuut bestudeer moet word, die winste sal verdeel en belê moet word. Ons ekonomie sal bedink moet word in terme van liefde en nie eiegewin nie, sodat elkeen van ons, en veral die Ganges-vlugtelinge, eindelik kan aandring op ‘n ryk, vol lewe” (103-104).

“As u ‘n miljoen Indiërs by ons wil laat intrek … sal hierdie land nooit weer dieselfde wees nie … Die vermenging van rasse, kulture, en lewenstyle. Die verskillende vlakke van bevoegdheid. Die einde van Frankryk soos ons dit ken, of die einde van die Franse volk” (106).

“Hulle is te jonk om te onthou, maar daar was ‘n tyd toe ‘n mens daardie soort mense se sake vir hulle gewerk het” (109).

“Die spul verraaiers het in elk geval onaantasbaar geword. Die linkse partye is nou so vol van hulle dat hulle mekaar verdrink, sodat niemand meer agterkom dat hierdie mense besig is om ons romp en stomp uit te verkoop nie. Ek is seker dat alles verlore is” (111). Die teenargument is: “Ons het geen keuse nie. ‘n Mens moet lewe saam met jou tyd, selfs al berou jy dit. ‘n Mens moet nuwe denkwyses soek wat meer in pas is met jou tyd” (111). Kortom, ons moet oopkop wees, dus bykom.

“[Ek stel voor] dat ons in hierdie tyd van gissings ons bes moet probeer om gewoond te raak aan die gedagte, om ons te vereenselwig met die idee om saam te leef met menslike wesens wat oënskynlik so anders is as ons” (114).

“Te oordeel aan die goeie Franse … was velkleur net ‘n illusie en was almal se siel daaronder dieselfde” (120). Teenargument: “U ken nie my volk nie … U weet nie wat vir u voorlê as hierdie vloot barbare ooit op julle nek kom lê nie. Alles sal in julle land verander … Hulle sal julle verswelg” (120).

“As ‘n mens in aanmerking geneem het wat die Ganges alles aan ons geskenk het – gewyde musiek, teater, dans, joga, mistisisme, ‘n nuwe styl in kleredrag, juwele, kunsvlyt – moes ‘n mens jouself afvra hoe ons so lank sonder hulle klaargekom het!” (121). Dus, die Indiese kultuur verryk die Franse kultuur.

“‘n Mens publiseer nie die reine waarheid nie, maar net genoeg om jou gewete as ‘n verslaggewer volgens jou eie standaarde skoon te hou … Die Laaste-Kans-armada op pad na die Weste toe het op haat geteer … In hierdie geval was die voorwerpe die blankes” (157).

“Die wêreldmening vaar op koers, bedrieg deur die mite van universele broederskap” (159). ‘n Tekenwedstryd vir kinders word in Frankryk aangekondig. “Die tema van die wedstryd: ‘Ons gaste uit die Ganges'” (159).

Die Wêreldraad van Kerke het “uitdrukking gegee aan sy oortuiging dat die hedendaagse Westerse gemeenskap nie gered kan word nie en vernietig moes word sodat ons ‘n nuwe regverdige wêreld op die ruïnes kan oprig … [Hulle het] nie nagelaat om die Palestynse vlugtelingkampe, die Angolese vryheidsvegters, en die swart bevrydingsleërs van voorrade te voorsien nie; om die waarheid te sê, oral waar die stem van haat so luid soos dié van nood was” (163).

Raspail skryf van “‘n volbloed prinses” wie se eerste onselfsugtige, ongeduldige woorde – “toe sy haar delikate voetjie op die Afrika-bodem [São Tomé] neergesit het” – was: “Neem my na die arme goedjies toe dat ek hulle elkeen ‘n drukkie kan gee!” (164).

“Daar is nie meer Hindoes nie, nie meer Franse nie, net die Mens en dit is al wat tel! Hoera” (166 en 167).

“Die hemel behoed die wit ras die dag wat hulle weier om uiting aan basiese waarhede te gee” (178).

“Ons bevind ons voor ‘n situasie wat ook uniek in ons geskiedenis is. Ek praat van hierdie vloot Ganges-vlugtelinge op pad na Europa toe; ewe vreedsaam, maar nogtans sonder enigiemand se toestemming en sonder uitnodiging” (187-188).

“Oral is daar dieselfde pleidooi om u deure oop te gooi en hulle te verwelkom. Selfs van die Pous af, daardie flou stem van ‘n siek Christendom … As ons nie ons deur kan toehou nie, sal ons nooit weer alleen wees nie” (196).

Weens “humanitêre waansin … die lewe nooit weer soos vroeër sal wees nie” (201).

“Ek hoop daar is baie Zoeloes in Londen. Ek sou dit graag wou sien – ‘n Zoeloe as burger van Groot-Brittanje!” (202). Sedert 2016 is Sadiq Khan, ‘n Moslem, die burgemeester van Londen.

“Die [Franse] regering beloof dat alles gedoen sal word om mensliewende oplossings vir hierdie probleem sonder weerga te vind en sal nie huiwer om dit af te dwing nie. Die President het weer eens sy respek bevestig vir diegene, en daar is baie van hulle, wat hul ondersteuning van die vlugtelinge uitgespreek het, maar hy waarsku teen oordaad wat die behoud van wet en orde, wat nou so noodsaaklik is, kan teëwerk” (204).

“Die Weste se gewete pla hom. Hulle kan ellende nie in die oë kyk nie” (205).

“Niemand is vandag meer ‘n rassis nie” (208).

“Wanneer hulle [immigrante] by ‘n winkel ingaan, word hulle [in Frankryk] erger behandel as ‘n swarte in Suid-Afrika” (211).

Die Ganges-vlugtelinge “was oortuig daarvan dat hy [die Pous] Kersfees persoonlik sou kom om die tronkdeure oop te maak. En waarom nie, soos wat dit deesdae gaan? Enigiets is moontlik. Die wêreld is onderstebo” (215).

Die pers is “dit eens dat daar na ‘n menslike oplossing vir hierdie probleem sonder weerga gesoek moet word … Aanvaarde idees is maar hardnekkig … Dis soos dwangbuise wat ons verstand versmoor” (219).

Die Pous het ‘n verklaring uitgereik: “Op hierdie Goeie Vrydag, ‘n dag van hoop vir Christene oor die hele wêreld, pleit ons by ons broers in Jesus Christus om hul harte, hul siele en hul aardse rykdom vir die arme mense wat God gestuur het om aan ons deure te kom klop, oop te maak. Vir ‘n Christen is daar geen ander weg as dié van liefdadigheid nie … Dit is alles of niks nie.” “Daar is ook bekend gemaak dat Sy Heiligheid bevel gegee het dat alle waardevolle voorwerpe wat nog in die paleise en museums van die Vatikaan is, verkoop moet word. Die opbrengs sal geheel en al vir die verwelkoming en vestiging van die Ganges-vlugtelinge aangewend word” (220-221).

“Die VN het so pas eenparig ‘n voorstel aanvaar om die begrip van ras af te skaf, wat natuurlik ons s’n beteken” (222).

“Hul enigste misdaad is dat hulle tot ‘n ander ras behoort. Dit is dus nie net ‘n kwessie van basiese mensliewendheid om hulle te respekteer nie, maar ‘n kwessie van geregtigheid. Enige geweld wat ons hulle sou aandoen, hoe groot of hoe klein ook al, enige gebrek waaraan ons ons sou skuldig maak, sou des te meer ontsettend wees in die lig van die pynlike en moeilike posisie waarin die verskillende ontberings van hul vlugteling-status hulle geplaas het” (223).

“‘n Plegtige erkenning dat rasse ongelyk is … Hy moes gedink het hulle is ongelyk, maar dat verskillende rasse op verskillende tye bo is” (224).

“Dit beteken net ‘n ander soort volksmoord – ons s’n. Dit sal die einde beteken … Ons gaan stadig doodgaan, van binne af deur miljoene kieme wat in ons liggame ingespuit is, doodgaan. Dit sal lank duur. Geen pyn of bloed nie. Dáár lê die verskil tussen ons dood en hulle s’n. Maar blykbaar sien ons Westerse manipuleerders van die denke dit alles in terme van menseregte” (226).

“Op die lang duur is dit vir my onmoontlik om daardie uitgehonderde klomp toe te laat om op ons strand te land. Ons kan hulle in kampe sit, of probeer om hulle in die gemeenskap op te neem. Maar die resultaat sal dieselfde wees – hulle sal hier bly. En as ons eers die deur oopgemaak het en gewys het hoe swak ons is, sal daar ander kom. En dan nog meer en meer. Dit het reeds begin” (227).

“Wat maak dit saak watter soort bewind dit is, solank julle net regeer … Ek weet dat almal se oë op Frankryk gevestig is, in die hoop dat ‘n massamoord deur die land wat menseregte aan die wêreld gegee het, enige gruweldade wat hulle dalk self sal moet pleeg, sal verskoon … Die enigste werklike vraag in vandag se wêreld [om] te beantwoord [is] of die menseregte wat vir ons so kosbaar is, beskerm kan word ten koste van die regte van ander mense” (230-231).

Die VN se nuwe hoofkwartier is in Hanoi (233).

“Intussen het Afrika die bospaaie en woudroetes gevat in antwoord op ‘n enkele bevelswoord: ‘Sien julle by die Limpopo’. Suid van die Limpoporivier het die gehate Suid-Afrikaanse Republiek gelê, die dolk in Afrika se rug, die gapende wond in haar trotse hart” (235).

“Daar is geskat dat daar meer as vier miljoen in stamme en nasies op die noordelike oewer van die Limpopo saamgetrek was” (236). Kyk ook bladsy 339.

“Hulle sê vir ons die tronke is oorbevolk. Maar is die ergste tronk nie ons lewe daarbuite nie?” (238).

“Die kapelaan [het] self die tronkhekke oopgegooi met die opmerking dat Christus vir almal gesterf het, maar in die eerste plek vir die diewe” (239). Soos die Belydenis van Belhar (1986) dit stel: God is “op ‘n besondere wyse die God van die noodlydende, die arme en die veronregte.” Daar is klaarblyklik nie gelykheid nie.

“Ander Westerse nasies staar dieselfde bedreiging in die gesig. En net soos ons, is hulle onwillig om dit te konfronteer. Oor vyf ure sal ‘n miljoen vlugtelinge vreedsaam in ons land voet aan wal sit. Vlugtelinge wie se ras, godsdiens, taal en kultuur verskil van ons s’n … wat van hongersnood, ellende en wanhoop af gevlug het. Dramatiese voorbeelde van daardie steeds-groeiende voorraad van surplusmensdom, slagoffers van die vinnig stygende geboortesyfer wat die vloek van die laaste jare van hierdie eeu is” (250).

“Lafhartigheid in die aangesig van swakheid [is] die subtielste en ook dodelikste vorm van lafhartigheid” (250-251).

“Die linkses is ‘n verwoestende brand wat verorber en langsaam verteer … Die regses is ‘n onstabiele vlam wat vrolik flikker” (256).

“Dit is bekend dat daar twee vorms van rassisme is: dit wat deur blankes beoefen word – afskuwelik en onvergeeflik wat ook al die motiewe is; en dit wat deur die swartes beoefen word wat heeltemal verdedigbaar is, wat ook al die oordaad daarvan, siende dat dit bloot die uitdrukking van ‘n regverdige wraak is en dat dit by die blankes berus om geduldig en begrypend te wees” (270).

“Ek wil sien hoe die verlede sy doodsnik gee” (297).

“Die Derde Wêreld het begin om sy walle te oorstroom en die Weste was hul straatriool” (308).

“Hulle [die Derde Wêreld] was die enigste ras. Al die ander het eenvoudig nie langer bestaan nie … Die [wit] ras sou op ‘n wonderbaarlike wyse moes opstaan uit sy as voordat hulle weer ag daarop sou slaan” (313).

“Die lewe is goed. Die lewe is liefde en alle mense is broers” (315-316).

“Noudat die rewolusie hier is, gaan ons dit mos eers geniet, of hoe?” (317).

“Die Derde Wêreld se weiering om te erken dat hulle enigiemand iets geskuld het” (321).

In São Tomé kon die kerklikes (die Vatikaan en die Wéreldraad van Kerke) nie “die skynheilige roepstem van geregtigheid weerstaan nie … Wat werklik saak gemaak het, was om eerste daar te wees om met hul simboliese teenwoordigheid die sleutels van die Weste af te gee – met blydskap daarvan afstand te doen en uiteindelik die nuwe wêreld gestalte te laat kry” (328).

Raspail se voorspelling in 1973: “Niemand het natuurlik eens meer oor Suid-Afrika gedink nie. Selfs die walging wat die land by almal wakker gemaak het, het geen doel meer gedien nie. Soos ‘n strand wat oorstroom is deur die aankomende gety wat van die Limpopo se kant af ingekom het, het dit van die kaart af verdwyn as ‘n soewereine wit staat. Daar was net een troos – dat al Suid-Afrika se [wit] kollegas wat die land so lank verstoot het, terselfdertyd ondergegaan het” (339).

“Talle beskawings wat slagoffers van ‘n soortgelyke lot was, is weggebêre in ons museums” (340) – soos wat tans met bv ons standbeelde plaaslik gedoen word.

“Die koerante [het] doodgebloei … aan ‘n stroom van volslae onsin” (340).

“Wanneer die regime en die ideologie oornag verander, kan ‘n mens nie aanhou gekskeer, spot en veroordeel as jy nie ‘n oorloper word nie” (347).

“Israel gedoem was om dit nie te oorleef nie” (349).

“Elke tong het van dieselfde broederlike kwyl gedrup … Die aard van ‘n nuwe rewolusie wat hierdie keer nie klasse nie, maar wel rasse uitgewis het … Die baanbrekers van ‘n verligte eeu sonder vooroordele, waar rasse plek sal maak vir die mensdom” (349).

“Net ‘n wit vrou kan die lewe aan ‘n wit baba skenk” (349). Dit herinner aan Hongarye waar dit onlangs in wetgewing vasgelê is dat ‘n huwelik tussen ‘n man en ‘n vrou is.

“Wat is kultuur … as dit nie ‘n eerbiedige inventaris van die verlede is nie?” (352).

“Die belangrikste ding het ons nie. Die volk! … Ons moet weet. Is ons die volk of nie?” (355).

“Alles sal verander in hierdie land van julle … Hulle sal julle verswelg” (361).

“Om blank te wees na my mening niks met velkleur te doen het nie. Dis ‘n geesteshouding” (361).

“The author dedicates the book to his grandchildren, in the hopes they will grow up in a world where they will not be ashamed of him for writing such a book” (Wikipedia). Dit kan ‘n tevergeefse hoop wees.

 

Sydney Gregan: Is die afstigting van die Wes-Kaap werklik ‘n haalbare opsie?

Dr Corné Mulder van die VF Plus het onlangs in ‘n toespraak by die Kaapstadse Persklub gestel dat “ons” toekoms in ‘n onafhanklike Wes-Kaap lê. Meer bepaald dan dat daardie provinsie selfbeskikking deur middel van sesessie (afstigting) moet oorweeg en ‘n onafhanklike staat moet word.

Hy het aangevoer dat 71% van die inwoners nie wil hê dat die ANC oor hulle moet regeer nie en dat die ANC maar hoogstens 36% van die mense aldaar sedert 1994 kon oorreed om vir hom te stem, ‘n persentasie wat intussen kleiner geword het.

Ek het reeds in ‘n vorige artikel daarop gewys dat afstigting van ‘n gebied (en daarmee saam onafhanklikheid) die tussentydse aangewese opsie vir die Afrikaner is. Of die Wes-Kaap, soos hy tans daarna uitsien, egter die oplossing is, kan bevraagteken word. Dít vanweë die etniese samestelling van die provinsie. Boonop kan dit nie daarop aanspraak maak dat dit ‘n “Christelike staat” sal wees nie, iets wat die nasionale Afrikaner nog altyd voorop gestel het. Dit is hoogstens ‘n gebied wat baie beter regeer word as die ander in Suid-Afrika juis omdat dit nie deur die ANC regeer word nie. Die ANC het finaal bewys dat dit nie in staat is om ‘n welvarende land soos die RSA te regeer nie. Dit maak net op swart getalle staat om aan bewind te bly en sal elke taktiek denkbaar gebruik om dit in die toekoms ook te doen.

Juis omdat die Wes-Kaap minder swartes as Blankes en Kleurlinge het, kry die DA dit reg om daar die regering te wees. Sou daardie getalleverhouding verander, kan die prentjie dalk dramaties omswaai. Die Wes-Kaap word dus deur die voorstanders van sesessie (afstigting) van daardie gebied gekies uit ‘n pragmatiese oogpunt en duidelik nie uit ‘n etniese of Christelike oogpunt nie.

Die vraag is of dit genoegsame rede is vir afstigting en of dit aan die behoeftes van etniese groepe in daardie gebied sal voldoen? Wat sal immers die gemeenskaplike band wees as die “anti-ANC”-faktor eers verwyder is?

Tans beywer onder andere CapeXit en die Cape Independence Advocacy Group hulle vir die onafhanklikheid van die Wes-Kaap. Blykbaar het CapeXit nou al meer as 560 000 lede.

Mulder se uitlating dat:

“Without independence, the Western Cape has no prospect of ever realising its political will; the Western Cape will be sentenced to lifelong imprisonment in an open democracy within an arbitrary colonial construct, where a majority will continue to dominate minorities”

is betekenisvol gesien in die lig van Afrikaner-nasionaliste se waarskuwing voor die oorgang in 1994 dat die Afrikaner nooit in die nuwe Suid-Afrika sy politieke wil sal kan afdwing nie en daarom nie moet toestem tot die nuwe bedeling nie. Ons is inderdaad tot lewenslange aanhouding binne ‘n Afrika-diktatuur verdoem.

Die belangrikste vraag is wat die internasionale reg bepaal oor afstigting en daarmee saam wat die groot moondhede soos die VSA, China, Rusland en Brittanje se houding sal wees.

Die internasionale reg se houding oor afstigting is somtyds teenstrydig aangesien dit in die een asem selfbeskikking (en ook afstigting) erken, maar in dieselfde asem baie sterk klem lê op die territoriale integriteit van state (state se grense mag as ‘n reël nie verander word nie). Dis juis op hierdie territoriale integriteit van Suid-Afrika wat die ANC klem sal lê om sy beheer oor die Wes-Kaap te behou. En die ANC sal natuurlik kan staatmaak op die steun van al die ander Afrikastate wat ook ‘n struikelblok sal wees, aangesien die Wes-Kaap twee-derdes van die lidstate van die Verenigde Nasies se steun (erkenning) sal moet verkry om lid van die VN te word, benewens die steun van die groot moondhede.

Die internasionale reg maak wel voorsiening daarvoor dat in geval van sogenaamde mislukte state (“failed states”), dit is nou state wat nie meer die nodige legitimiteit van die inwoners daarvan geniet nie, daardie state (gebiede) aanspraak kan maak op afstigting. Wat word daarmee bedoel?

Indien ‘n staat of gebied sou kon aanvoer dat die inwoners daarvan se sekuriteit nie meer deur die regering daarvan gewaarborg kan word nie, verkry dit ‘n remediërende reg op sesessie (“RRS”). Dit is losweg gebaseer op John Locke se “Right to Revolution”, waar indien ‘n groep se regte vertrap word deur die soewerein, daardie groep die reg verkry om ‘n nuwe soewerein te soek. Sesessie sou dan een van die metodes wees om dit te verwesenlik. Waar die regering dus nie sy kant van die sosiale kontrak nakom nie, verbeur hy sy legitimiteit oor daardie inwoners (van daardie gebied). ‘n Mens sou hier met groot sukses kon aanvoer dat die ANC (hetsy deur geweld in die Wes-Kaap aan te stook, hetsy deur bloot onbevoeg te wees om behoorlike sekuriteit daar te verskaf) sy legitimiteit daar verloor het.

Sou die gebied wat wil afstig boonop kon aanvoer dat dit baie beter in staat as as die ANC is om sekuriteit vir sy inwoners te verskaf, maak dit sy saak vir afstigting net soveel beter. Die RRS word gekomplimenteer deur die Verantwoordelikheid om te Beskerm (“Responsibility to Protect”) (“R2P”), die idee dat die soewerein die absolute verantwoordelikheid het om sy inwoners te beskerm. ‘n Staat se soewereiniteit is dus afhanklik van die legitimiteit wat dit in die oë van die inwoners verkry juis deur die inwoners te beskerm. Die VN lê al meer klem op hierdie faktor soos dan ook gesien is in die afstigting van Suid-Soedan van Soedan waar die argument juis was dat Soedan nie meer in staat was om Suid-Soedan se inwoners te beskerm nie.

Die ANC-regering het minstens passief die regte van die Wes-Kaap se inwoners ondermyn (alhoewel baie beweer dat dit selfs aktief ondermyn is — wat die saak vir afstigting nog sterker maak). Sou die Wes-Kaap kan aantoon dat sy eie veiligheidstrukture baie beter daartoe in staat is om sy inwoners te beveilig, word sy saak net sterker. In die oë van die meerderheid (71%) van die inwoners is dit klaarblyklik die siening en verskaf dit legitimiteit aan die regering van die Wes-Kaap.

In 2019 het die internasionaal bekende Gallup ‘n opname gemaak onder 175 000 volwassenes in 144 state deur hulle onder meer uit te vra oor vertroue in die polisie, veiligheid in woonbuurte, persoonlike ervaring met diefstal en roof en aanranding. Net Liberië, Aghanistan, Venezuela en Gaboen het swakker as Suid-Afrika gevaar. Dit is gevolglik nie bloot propaganda deur organisasies soos Afriforum en andere wat aanvoer dat ons land baie onveilig is nie, maar feite gerugsteun deur statistieke en die persepsie wat onder mense leef. ‘n Saak is dus uit te maak dat die Wes-Kaap in elk geval nie meer die R2P vanaf die RSA-owerheid geniet nie en grootliks self sy sekuritiet moet behartig. Wat sou in elk geval van sekuriteit in hierdie land word sonder die private sekuriteitsfirmas wat in elk geval meeste van die SAPD se take oorgeneem het nie en waarvoor die burgers uit eie sakke ten duurste moet betaal?

Suid-Afrika word hoe later hoe meer as ‘n mislukte staat beskou. Daar is geen vooruitsig dat dit beter sal gaan nie. Inteendeel, alles dui daarop dat dit jaarliks slegter sal gaan. Dit sal seker die posisie van die Wes-Kaap geweldig versterk (en so ook ander gebiede) as bewyse gevind kan word van aktiewe ANC-betrokkenheid by misdaad teen gemeenskappe, eerder as net die passiewe laat-maar-gaan-houding wat tans aan die orde van die dag is.

Wat besef moet word is dat blote selfbestuur deur die Wes-Kaap deur die ANC op elke moontlike wyse ondermyn sal word. Dit is aan te beveel dat elke funksie van die owerheid sover dit moontlik is deur die gemeenskap self onderneem sal moet word om onafhanklikheid te bevestig en te demonstreer tesame met die strewe om volkome onafhanklik te wees. Die ANC sal skuil agter die territoriale integriteit van die land se grense en alles doen wat hy kan om die Wes-Kaap se strewe te verongeluk. As die ANC eers internasionaal as ‘n rowerbende gesien word wat onbevoeg is om die land te regeer, sal die onafhanklikheidstrewe van die Wes-Kaap verdere momentum verkry. Intussen kan die impasse wat deur die ANC se moedswilligheid veroorsaak word, negatiewe gevolge vir die strewe na onafhanklikheid hê.

Soos gesien is uit die voorbeeld van Suid-Soedan het die steun van veral die VSA bygedra tot die onafhanklikheid van daardie staat. Sonder steun van veral die VSA sal kwalik gevorder word. Die internasionale reg se benadering is daarom dikwels pragmaties en nie prinsipieel nie. Dit is asof elke geval anders benader word. Somaliland het net soveel reg soos Suid-Soedan op onafhanklikheid en erkenning en tog sukkel hierdie staat steeds om erken te word (en suksesvol van Somalië af te skei).

‘n Suksesvolle staat is een wat die monopolie het op die gebruik van mag in sy gebied (a successful state is one that has the monopoly on the legitimate use of force and thus a failed state is one which either loses the monopoly or the legitimacy). Die ANC is besig om dit (sy legitimiteit) te verloor in die hele land en nie net in die Wes-Kaap nie. Hoe kan gesê word dat die ANC beheer oor die land het as die SAPD private veiligheidsmaatskappye huur om hulle te beskerm en daardie maatskappye grootliks omsien na die veiligheid van derduisende buurte juis omdat die SAPD dit nie kan doen nie. So gesien verloor die ANC elke dag al meer van sy soewereiniteit, nie net oor die Wes-Kaap nie, maar oor die ganse land. Sy soewereiniteit erodeer daagliks. Tog kan hy waarskynlik staatmaak daarop dat hy keer op keer ingestem sal word by die stembus weens die persepsies wat by swartes leef en die verwagtinge wat by hulle gekoester word. As die ekonomie boonop verder in duie stort en die ANC van IMF-lenings afhanklik gaan word om die ekonomie te probeer red, sal die saak vir onafhanklikheid waarskynlik net groter word.

Dit bring my weer by die vraag of die anti-ANC-gevoel genoeg rede is vir die Wes-Kaap om onafhanklik te wees. Vir seker sal dit nie ‘n Afrikanerstaat wees nie en beslis ook nie ‘n Christelike staat nie. Dit sal waarskynlik poog om ‘n liberale staat te wees met ‘n handves van individuele regte en om dit wat in 1994 beoog is met die hele land, nou in die Wes-Kaap te verwesenlik.

Vir die nasionale Afrikaner kan dit hoogstens tydelike vrede en gemoedsrus bring aangesien sy strewe nog altyd was om oor homself in sy eie land te regeer. Om sy eie waardes uit te leef. ‘n Strewe om selfbehoud, selfverwesenliking, selfbetuiging en in volkome afhanklikheid teenoor die Almagtige God, soos die 1961-grondwet dit so pragtig verwoord het.

Benewens al die ander vrae is die vraag dus of ons ‘n pragmatiese tussentydse oplossing gaan aanvaar ten koste van ‘n werklik vrye Afrikanerstaat? Of beskou ons dit as ‘n stap in daardie rigting?

Karel Combrinck: De Klerk doen dit weer

Êrens op die internet sien ek in ‘n koerantberig ‘n foto van FW de Klerk met die opskrif:  “Ek sal dit weer doen .” Ek het nie die berig gelees nie, want ek was bang vir naar word. Om te weet wat De Klerk sou doen as hy weer die kans kry, het ‘n mens nie ‘n koerantberig nodig nie en behoef ‘n mens ook nie te veel verbeeldingskrag nie. Jy hoef net maar rondom jou heen te kyk en te wonder, is die man dan totaal gek?

Die lys dinge wat mnr De Klerk sou herhaal as hy weer die kans kry, is oneindig : Geleidelike uitmoor van ons mense, uitrangering van witmense, veral wit mans uit die werkplek, aftakeling van ons ekonomie (pas weer ‘n afgradering van die RSA se kredietwaardigheid na benede rommelvlak, ‘n erestatus wat die land maande lank reeds beklee), ineenstorting van plaaslike regering, verval van groot staatskorporasies soos die SABC, die SAL en Eskom, vernietiging van ons taal en kultuur, diefstal van ons grond, korrupsie op feitlik elke vlak, jammerlike agteruitgang van infrastruktuur, paaie en brûe, kortom, rampspoedige wanbestuur van ons land op bykans elke gebied.

“Bravo,” sê mnr De Klerk, “ek doen dit weer.”

Maar nou, net ‘n paar woorde oor die ergste verraad van mnr De Klerk., naamlik die oorhandiging van ons weermag aan ons vyand, die ANC, wat ons vir jare geteister het met terrroriste-aanvalle in onder meer restourante en kerke. Dit is byna ondenkbaar. Mnr De Klerk het ons verdedigings- en polisiemag aan die ANC geskenk met alles wat dit behels : wapentuig, vegvliegtuie, pantservoertuie, wapenstelsels met al die tegnologie wat daarmee saamgaan en wat ons oor jare opgebou het, insluitende ‘n kernpotensiaal. En dít alles gedoen met ons belastinggeld.

En, kom ons vergeet veral nie die jongmense, dienspligtiges en staandemaglede, wat hulle lewens nou tevergeef geoffer het in die stryd teen die ANC en hulle buitelandse bondgenote.

Mnr De Klerk sê: “Ek voel vere. Ek doen dit dit weer.”

Deur ons Weermag en Polisiemag aan die ANC te oorhandig, het mnr De Klerk ons die vermoë ontneem om ons te verdedig en ons uitgelewer aan geweldenaars wat ons mense byna na hartelus uitmoor en verkrag — veel meer as voor mnr De Klerk se oehoeroe. Terselfdertyd het hy die ANC se vermoëns om ons te oorheers eindeloos versterk. Vir die persoon wat by uitstek verantwoordelik was vir ons veiligheid, naamlik die Staatspresident, is dit ‘n onvergelyklik laakbare daad. Trouens dit is sekerlik die mees uiterste geval van verraad in die geskiedenis van die mensdom. Sonder om melodramaties te probeer wees: hy het die swaard van die volk gelê in die skoot van ‘n kommunistiese terroris.

Om te dink ons het eens leiers gehad soos Genl Hertzog, dr Malan, adv Hans Strydom en dr Verwoerd. En voor hulle was daar ook nog  Genl De la Rey en Gen Christiaan de Wet. In hulle tyd was daar ook verraaiers, maar wie onthou hulle nog? Genl Smuts was ook ‘n verraaier, nie so erg soos De Klerk nie en kyk wat het van hom geword.

Waaraan ‘n mens jou met sekerheid kan troos, is dat die tyd mnr De Klerk sal inhaal en beoordeel volgens sy verdienste en hom sal verdoem tot die verfoeilike verraaier wat hy is. Want niemand, nie eers jou vyand nie, het enige respek vir ‘n verraaier nie. Miskien sal van ons daardie heuglike dag nie belewe nie, want mense neem tyd om te verstaan, maar verstaan sal hulle uiteindelik  en so seker soos daglig sal mnr De Klerk en sy rommeldemokrasie op die vullishoop van die geskiedenis eindig.

Leon Lemmer: Plakkers verswelg die eens beloofde land

FA Venter* (1916-1997) was ‘n skrywer van onder meer historiese romans, soos die volgende vier oor die Groot Trek: Geknelde land (1960), Offerland (1963), Gelofteland (1966) en Bedoelde land (1968). Samevattend kan Suid-Afrika, ten minste in historiese Afrikanerperspektief, op Bybelse gronde as die Beloofde land bestempel word, op ‘n manier soortgelyk aan hoe die Sioniste Israel as hulle beloofde land beskou. Die hooftitel van Karl Kemp (gebore in 1992) se boek kan seker in daardie sin verstaan word: Promised land: Exploring South Africa’s land conflict (Cape Town: Penguin, 2020, 464p, R300; Kindle $14,36). Ek het al oor grondbesetting en -onteiening in Suid-Afrika geskryf, maar dit het veral op plase betrekking gehad; dus op plattelandse gebiede (Praag 23.03.2014 en 29.08.2020). Kemp plaas die klem op grond wat in stedelike gebiede en dorpe (onwettig) vir woondoeldeindes beset word. “Over the years, land reform policy has shifted from an agricultural focus to a far broader emphasis on ‘land’ in general, and now includes housing and often, by implication, capital” (Kindle 495). Dat grondbesetting vir woondoeleindes dié groot probleem is, blyk uit die verwagting dat 80% van die land se bevolking teen 2050 verstedelik sal wees (664).

[* Venter was ‘n Sap, maar hy het die ANC tereg as ‘n marxistiese instansie beskou en om daardie rede in 1987 uit die Afrikaanse Skrywersgilde bedank. Hy het in die Strand afgetree. Sy woonstel het aan hom ‘n uitsig oor Melkbaai gebied. In Die Burger het hy gekla omdat hierdie strandgebied vir blankes gereserveer was. Soos in die geval van Durban se strandgebied is blankes deesdae veral oor Kers- en Paastyd glad nie in Melkbaai te sien nie. Ek dink nie Venter sou werklik in sy noppies gewees het met die toestand waarin Melkbaai verval het nie.]

Wat grondbesetting en -onteiening vir boerdery- en woondoeleindes in die nuwe Suid-Afrika gemeen het, is enersyds dat die besetters swartes is wat binne Suid-Afrika migreer, asook inkommers uit veral Afrika-lande. Eersgenoemde euwel is te wyte aan die afskaffing van instromingsbeheer in 1986 (917) terwyl die ander euwel deur gebrekkige grensbeheer sedert 1994 veroorsaak word. In die 1996-Grondwet, artikel 21(3), staan: “Every citizen has the right to enter, to remain in and to reside anywhere in the Republic.” “Millions came to the Western Cape’s urban centres from the Eastern Cape in search of a better life” (710). Maar Helen Zille mag hulle glo nie vlugtelinge noem nie. Andersyds is dit nie net grond in stede en dorpe wat deur hierdie migranthordes vir woondoeleindes beset word nie, maar ook plase aan die buitewyke. Wat grensbeheer betref: “Both white and black communities in South Africa are calling for border control. In this at least they are united” (6153). Maar Kemp skryf: “What strikes me … is the disconnect between black politicians and ordinary black people” (6149).

Kemp verskaf die volgende perspektief: “It is not for nothing that Marxist historians place the mineral revolution at the heart of South Africa’s torrid racial history: what else could have happened, they argue, as a result of building a city of riches on the back of black labour from resources that were stolen? – [the Nelson Mandela/ANC/SACP perspective]. Apartheid apologists argue the other side of this coin in defence of the state’s actions – how else could it have dealt with the influx? Those coming from outside, they say, did so voluntarily, and the state was left to try to hammer the overpopulation this caused into something resembling order” (5477). “In 1986, amid a state of emergency and the worst sustained violence in the face of apartheid oppression since Sharpeville [1960], the government scrapped influx control” (5500).

Die afskaffing van instromingsbeheer, wat sedert 1996 deur die Grondwet gerugsteun word, is die kernoorsaak van die plakkerprobleem. “It all started with the scrapping of influx control” (5523). Dit is nie net blankes wat so dink nie. ‘n Swarte word soos volg aangehaal: “I think the white people are good for us. When I look back, there was no joblessness” (5820) en “The regulation of immigration was nice. And there were even good houses” (5820).

Wanneer daar in oorverligte geledere van gronddiefstal gepraat word, word aan die koloniale of imperiale era gedink, dus aan gevalle waar blankes na bewering die misdadigers was. Wat Kemp se boek duidelik maak, is dat swartes deesdae op ‘n ongekende skaal die plaaslike gronddiewe is. Hy verwys na “broken South Africa” (6911). Desnieteenstaande is dit my oortuiging dat Kemp hom, ten minste in die openbaar, polities byderwets voordoen. Hoe anders sou hy werk as joernalis kry gegewe die toestand waarin die massa-inligtingsmedia plaaslik en elders verval het?

Let op Kemp se ingesteldheid: “Farm attacks and land occupations are often said to be a concerted effort by the ANC to undermine and intimidate whites, and eventually chase them into the sea. To believe this is to completely misunderstand the political landscape of South Africa” (2904). Later verwys Kemp na “the ‘white genocide’ narrative regarding farm attacks” (3070). “Some of the conspiracy flavour has been washed out by more moderate advocacy groups” (3075).

Bloedrivier word deur Kemp bestempel as “a masterful work of [Afrikaner] propaganda” (6773). Op besoek aan die Voortrekkermonument verwys hy na “[the] failed and forgotten Afrikaner republics” (6745) asook na ‘n hedendaagse samelewing “slowly being overtaken by the onset of modernity” (6789). Orania word sonder meer “that infamous town” genoem (2185). Hy verwys na “the ever-present brutality” van die polisiemag vóór 1994 (6214). “The Overberg [Hermanus] municipality is officially the most segregated of any district in the country” (2518). Kemp verwys na “Johannesburg’s ‘Deep South'” as “collectively the old Indian and coloured dumping grounds” (4839). Bejaarde blanke boere praat glo op ‘n bombastiese manier (5066).

Kemp haal iemand, sonder teenspraak, soos volg aan: “FW de Klerk saved the country” (4245). Hy verwys na “the famous compromise negotiated at CODESA” (4536) en “the mysterious ‘third-force’ Boipatong massacre in 1992” (4548). Dit lyk nie asof hy kritiese perspektief op laasgenoemde drie gebeure het nie. Hy skryf egter tereg: “The violence on the Rand subsided after the national elections in 1994” (6223). Maar hy wend geen poging aan om met die voor die hand liggende verklaring vorendag te kom nie: Die ANC het in 1994 sy doel bereik, dus die politieke mag bekom, gevolglik het hy sy vlaag geweldadigheid teen sy swart politieke teenstanders en die blankes gestaak.

Meer aanvaarbaar is: “The ANC is so enamoured with ‘struggle credentials’ that it has never stood down from the ghosts of its past rhetoric in any meaningful way. One need look no further than the justification of ‘Kill the Boer’ as a ‘struggle song’ to understand this” (3189). En: “The country’s murder rate officially stands at a jaw-dropping fifty-eight murders per day. The ANC government is renowned for the lengths to which it will go to manipulate statistics in order to paint a better story, but even police minister Bheki Cele admitted that this was the highest rate in a decade” (3283).

Van die gruwelikste skandes van die nuwe Suid-Afrika is “29 000 civil servants earned [received] more than R1 million each [per annum] – double the number for ten years ago, even with adjustment for inflation” (3296). En: “Since 2016, there have been more social grants than there are people with jobs” (3300). In 2019 “a mere eighteen of the country’s 257 municipalities received a clean audit for the financial year – twelve of which were in the Western Cape” (3317). “South Africa’s municipalities owe Eskom a combined R9.8 billion” (3418). ‘n Groot waarheid word kwytgeraak wanneer ‘n Indiërvrou van die ANC-regime sê: “They are allowing lawlessness because they are scared to lose votes” (5324).

Dit lyk asof Kemp tans in Nederland is. Hy het ‘n Ciprioot as vriendin (6133, 6956). Hy sal seker nie op Afrikaans as sy huistaal aandring nie. Daar is nie tekens van ‘n sterk pro-Afrikaner-gesindheid by hom nie. Tog skryf hy: “I’m an Afrikaner” (4842). Kemp was ‘n student op Stellenbosch en is nog nie dertig jaar oud nie. Die probleem met sulke jong mense is dat hulle nie Suid-Afrika geken het toe die land die aanskyn van ‘n Europese of Westerse land gehad het nie. Toe is die land doeltreffend bestuur en wet en orde is gehandhaaf. In die boek kom hierdie blaps voor: “A Sotho from Basutoland (Botswana)” (3104).

In hoofstuk 1 skryf Kemp: “The Land Claims Court is special in that its standards are far looser than in an ordinary court of law. Evidentiary rules are flexible, allowing hearsy evidence and the testimony of anthropologists and historians in order to go about proving claims that are contigent on hundred-year-old facts” (260). Die punt is dat by grondeise die skaal, soos met omtrent alles waarmee die ANC-regime te make het, ten gunste van die swartes gelaai is en die blankes gewetenloos benadeel word. Daar is selfs swarte groepe wat eiendomsreg op Suid-Afrika in sy geheel eis (417).

In hoofstuk 2 beweer Kemp: “There is little that is unique about South Africa’s land conflict and resolution. From the occupation of Petrograd [St Peterburg] during the Bolshevik Revolution in Russia, which explicitly centred on the redistribution of land to the peasant class, to the Cuban National Institute for Agrarian Reform under Che Guevara, to the landlord oligarchs of Chile who played a decisive role in Augusto Pinochet’s rise to power, to the modern-day reform in Ukraine, which lifted a long-standing ban on the sale of private land as part of its pivot to the European Union, land is elsewhere also perceived as the most fundamental resource, and the lack of it as the root of all other inequality” (449).

In die res van die boek word dit egter duidelik dat daar (waarskynlik) groter wetteloosheid in Suid-Afrika as in die genoemde of ander lande heers; dat swartes grootliks ongehinderd op ‘n ongeëwenaarde skaal die grond van blankes beset; dat die blankes nie van owerheidsweë afdoende teen sodanige diefstal beskerm word nie; dat die blanke eienaars uit hulle eie sakke vir die verwydering van plakkers moet betaal, ens. Van blanke eienaars wat weens plakkery die gebruik van hulle grond verloor het, word gesê: “They refused to institute eviction proceedings due to the enormous costs involved, which were more than the value of the occupied land” (5538).

Swartes wat plaaslik by grondeise betrokke is, die amptenare en die eisers, kan meer immoreel en misdadig as elders in die wêreld wees. Daar word van die veronderstelling uitgegaan dat hulle benadeel is; dat die samelewing, spesifiek die blankes, hulle iets/baie skuld. Byvoorbeeld, “[they] were using the identities of dead people, forming fake trusts and listing minors as beneficiaries to fill beneficiary lists for land claim purposes, opting for compensation rather than restoration, and then diverting the money into their own pockets while the land went begging. Many of the fake claims were lodged when government reopened the restitution claims process for a second round [in 2014] while thousands of the previous rounds’ claims were still outstanding” (503). In 2018 is 148 grondhervormingsprojekte ondersoek. Daar is bevind dat bedrog “on an enormous scale” plaasgevind het “with government officials dealing out farmland to anyone for the right price” (552). “No prosecutions had yet been made” (557).

“In South Africa, the process of attempting a more equal distribution of land has, broadly speaking, assumed three faces: restitution, redistribution and tenure security” (458). Dit gaan vir die ANC-regime om die herverspreiding van rykdom/hulpbronne, bv grond (640). Dus, neem die eiendom van blankes, met min of geen kompensasie, en gee dit (meesal sonder teenprestasie) aan die swartes. “Much of … [the] rhetoric is derived from anti-colonial writers like Frantz Fanon [Praag 4.01.2016], who wrote in his influential 1961 treatise, The wretched of the earth: ‘For a colonized people the most essential value, because the most concrete, is first and foremost the land: the land which will bring them bread and, above all, dignity'” (627). Grond word verhef tot ‘n simbool van rykdom en mag (696). Later word van ‘n aktivistiese Fanon-aanhanger gesê “[He is] a real call-to-arms kind of guy, who actively endorsed the ‘purificatory’ nature of violence” (2813).

Maar in die nuwe Suid-Afrika gaan dit in laaste instansie “all about the money” (700). Swartes wil geld van die staat, dus die belastingbetalers, hê as vergoeding vir die beweerde skade wat hulle of hulle voorgeslag gely het. Fanon verwys na brood. Maar ‘n plaas/grond lewer nie ‘n opbrengs sonder volgehoue inspanning oftewel harde werk nie. Dit is ook bog om soos Fanon te beweer dat die besit van grond die waardigheid van inheemses sal herstel. Plaaslik verkies swartes geld bo grond, dus kapitaal sonder dat hulle ‘n steek werk daarvoor gedoen het.

In hoofstuk 3 beskryf Kemp hoe swartes ‘n deel van Stefan Smit se plaas, aangrensend aan die swart woonbuurt Kayamandi aan die buitewyke van Stellenbosch, met krotte ingeneem het. Dit word op ‘n georganiseerde manier gedoen. Persele en krotte word deur krotboere (“shack-farmers”) verhuur of verkoop op grond wat nie aan hulle behoort nie. Hierdie misdade word openlik deur die EFF aangemoedig en nie daadwerklik deur die ANC-regime bestry nie. Plakkery het eers ná 1994 werklik ‘n probleem geword (930). “Any patch of land became fair game amid the confusion and uncertainty that marked the ANC’s ascent to power” (938). Sedert Cyril Ramaphosa in 2018 onteiening sonder vergoeding van (blankes se) eiendom entoesiasties as ANC-beleid aangekondig het, het onwettige grondbesetting deur swartes vir woondoeleindes ‘n verdere hupstoot gekry (832, 1037). Die Munisipaliteit Stellenbosch het grond ten bedrae van R45.7 miljoen van Smit gekoop (840). Daardie geld kom uit die sakke van (hoofsaaklik) blanke en bruin belastingbetalers.

Krotbewoners eis dienste (water, elektrisiteit, toilette, riolering, vullisverwydering, televisie) maar wil, soos die ANC/UDF hulle tydens die “bevrydingstryd” geleer het, nie daarvoor betaal nie. Die huise wat die munisipaliteit bou, word nie noodwendig beset deur die persone aan wie dit amptelik toegeken is nie. Die amptelike toekenning van huise geskied ook nie noodwendig aan diegene wie se name al die langste op die waglys is nie. Wie ook al so ‘n huis betrek, wil (dikwels) nie huur betaal nie. Nelson Mandela het destyds in Orlando, Soweto, in hierdie opsig die voorbeeld aan nie-betalers gestel. “Rent increases sparked some of the largest and most violent unrest in black townships in Gauteng during the states of emergency and rent boycotts of the 1980s” (5439). Deesdae pleit die ANC-regime grootliks tevergeefs dat swartes, anders as voorheen, in ‘n demokrasie huishuur moet betaal, asook vir dienste. “Soweto famously still doesn’t pay for much of its electricity and water” (4578). Dit sou interessant wees om te weet hoedanig die opbrengs is wat die Munisipaliteit Stellenbosch op die genoemde “belegging” van R45.7 miljoen kry.

Die plaaslike hoofstroom-inligtingsmedia, insluitende Media24, steun vir nuus (soos tydens die afgelope Amerikaanse presidentsverkiesing) swaar op linkse bronne, bv The New York Times. Hierdie koerant se siening van die gebeure by Stellenbosch is: “Mr Smit and his friends hold vast tracts of land brutally snatched from African inhabitants generations ago and deliberately kept in white hands for decades to come” (858). Smit is in 2019 vermoor, hoewel hierdie misdaad onverwant aan die plakkerprobleem kan wees. “For The New York Times and many others, the land occupation was a poetic representation of black dispossession and historical injustice, and Smit’s death an inevitable sentence passed on a history of blood and conquest” (897).

Dit bring my by hoofstuk 4. In Rapport (Weekliks, 11.10.2020, p 8-9) is ‘n uittreksel uit Kemp se boek gepubliseer. Dit handel oor die Borcherdse wat in die omgewing van Kraaifontein en Bottelary boer. Ek het vir Chris en Cynthia Borcherds geken. Hulle het in die jare vyftig op Nuutgewek begin boer. Daar was ‘n ou woonhuis, motorhuis en baie Port Jackson-struike op die grond. Hulle het met groente geboer en die plaas uit die grond uit ontwikkel. Chris het soggens teen vier-uur hulle groente na die Soutrivier-mark geneem. Later het hulle potklei lonend bemark. Mettertyd het hulle ‘n mooi dubbelverdiepinghuis gebou.

Hulle buurplaas, Avondrust, het aan Hannes Albertyn behoort. Chris en Cynthia se seun, Alfred, het met Hannes se dogter, Anzette, getrou. Hulle boer nou op Avondrust. Die ander Borcherd-seun, Christie, boer op Nuutgewek. Albei plase word deur grootskaalse plakkery bedreig. Kemp skryf veral oor Avondrust. Wyle Chris en Cynthia sou nie die groot gemors kon glo wat die nuwe Suid-Afrika op hulle trotse nalatenskap – hulle kinders, kleinkinders en die plase – losgelaat het nie. My hart bloei vir hierdie Borcherdse. Op grond waarvan kan swartes hulle die reg aanmatig om die harde werk en voorspoed van mense soos die Borcherdse te bedreig en selfs te vernietig? Hierdie toegewyde, beskaafde blankes kan met reg verbitterd voel. “The state had failed in its obligation to protect the family’s property rights” (5554).

Die neukery het met Irene Grootboom (1969-2008) begin toe sy in 1998 op grond aangrensend aan Wallacedene, eens ‘n bruin woonbuurt in Kraaifontein, voorheen die plaas Uitkyk, geplak het. In die Wikipedia word Grootboom ‘n “housing rights activist” genoem. In linkse geledere is sy ‘n ikoon. Die Grondwetlike Hof het in 2000 beslis dat behoorlike huisvesting aan haar voorsien moet word. Ingevolge die Grondwet, artikel 26(1), “Everyone has the right to have access to adequate housing” en artikel 26(3), “No one may be evicted from their home, or have their home demolished, without an order of court.” In die praktyk beteken dit dat mense aangemoedig word om onwettig te plak. Hierdie misdaad gee dan aan sulke plakkers die (mense)reg op huisvesting daar waar hulle plak of elders. Dit geskied ingevolge “the Prevention of Illegal Eviction from and Unlawful Occupation of Land Act, which came into effect in 1998” (2968).

In die praktyk beteken dit dat grondbesetting (deur swartes) in groot mate gewettig of ten minste geduld word en uitsetting erg bemoeilik word. As gevolg hiervan ly grondeienaars “constitutional damages” (5575). Maar hiervoor gee die ANC-regime nie ‘n flenter om nie omdat dit meesal die eiendom van blankes is. Hoe lou die ANC-regime oor eiendomsreg voel, blyk duidelik uit sy beleid van onteiening sonder vergoeding; ook uit sy onderskrywing van nasionalisering, soos vervat in die 1955-Vryheidsmanifes. Swartes se gesindheid word soos volg deur ‘n oud-UDF-aktivis verwoord: “If you don’t give, we take” (4630). Later in die boek word “the ‘black mentality'” deur ‘n Indiër beskryf as “give us everything for free” (5320).

Grondeienaars moet regskoste aangaan voordat hulle (moontlik) van die plakkers ontslae kan raak. Die plakkers, daarenteen, hoef nie regskoste te betaal nie. Hulle word deur linkse elemente aangemoedig om te plak. Anargistiese regsinstansies, soos die Legal Resources Centre (Johannesburg) (946) en hulle regspraktisyns, behartig plakkers se belange in die howe. Die skaal is ten gunste van misdadigers/plakkers gelaai. Wat anders kan ‘n mens verwag van ‘n regime waarin talle (beweerde) misdadigers, bv korruptes, hulle in kernposte bevind? Van die vroegste tye af was mense self verantwoordelik vir die verskaffing van hulle huisvesting. Nou sit ons met ‘n regime en ‘n Grondwet wat daardie verantwoordelikheid op die staat en grondeienaars afskuif. Kemp skryf van “a Constitution that quite literally compelled government to provide shelter for all” (967).

Naas Wallacedene het nog ‘n krotbuurt, Bloekombos, ontstaan “in spite of the fact that the new residents chopped down the forest of bluegums that had stood around the Borcherdses’ farm for as long as the family could remember” (938). Nie net migrante uit die Oos-Kaap plak hier nie, maar ook baie inkommers uit Afrika (979). “In 2002 … the city [Cape Town] moved to purchase the land that Irene Grootboom and her group had occupied, known as New Rust. The property owners adjacent to New Rust proposed building a five-metre wall around the proposed development’s perimeter” (993). ANC-stadraadslede het hulle teen so ‘n “apartheidsmuur” verset. “It was never built, and Wallacedene continued to expand” (1007). In 2011 die plakkers “demanded service delivery and housing, setting fire to tyres and blockading Old Paarl Road” (1015) – die hoofstraat deur Kraaifontein.

Reeds teen 2004 “local [white] residents had seemingly given in to the inevitable. The owner of the smallholding on the edge of land between Wallacedene and Avondrust sold up and shipped out, and his land was bought by the municipality. It had acted as a buffer zone between Avondrust and the encroaching Wallacedene” (1028). Hierdie munisipale grond is spoedig deur ‘n see van krotte ingeneem “which would eventually spill over onto Avondrust” (1032). “In 2013, the Borcherdses’ son Tiaan was accosted in the farmhouse by a group of six black men. He was tied up and held at gunpoint while the robbers systematically looted the house” (1019). “In 2016 … Alfred was stabbed by three coloured youths after he caught them in the process of raiding his fields for vegetables. He spent ten days in intensive care” (1023). “In recent years, police stats have consistently placed Kraaifontein as one of the worst areas in the province for serious crimes” (1191).

“Theft of the Borcherdses’ vegetable stocks increased exponentially. Rubbish piles became mountains that poisoned the dam, hampering their irrigation systems” (1045). “The next thing they had to do was add fencing and metal coverings to prevent petrol bombs coming through the farmhouse windows” (1052). In 2018 “petrol bombs had been thrown and the fields were alight” (1052). “The city had applied for an interdict that allowed the occupiers to stay on the land [verging on the Borcherdses’ property] as long as they didn’t expand further” (1060). Dit is sotlike naïwiteit. (In Kleinmond het die munisipaliteit ‘n plegtige ooreenkoms met die swart plakkers aangegaan deur huise aan hulle almal te belowe op voorwaarde dat die krotte nie meer word nie. Die krotte het egter al hoe vinniger meer geword en die swartes het met periodieke oproer huise vir hulle almal geëis.)

Daar word statutêr vereis dat die hofbevel teen die bou van verdere krotte met kennisgewings op die perseel bekend gemaak moet word. Dit is nooit gedoen nie (1064). Dit sou nutteloos gewees het omdat sulke kennisgewings dadelik gesaboteer sou word, soos later gebeur het (1125). Op versoek van The South African National Civic Organisation (SANCO), ‘n ANC-gesinde instansie, het die Borcherdse ingestem/toegegee dat 62 gesinne op hulle plaas kon aanbly (1068). Maar “the buffer zone had filled up and expansion onto Avondrust was escalating” (1089). “The occupiers [were] threatening to burn down the farm” (1101).

Vertoë gerig aan die Munisipaliteit Kaapstad het op dowe ore geval “as the construction was taking place on Avondrust – private property outside the municipality-owned buffer zone” (1085). “Because the structures were on the Borcherdses’ private property, they were responsible for all the costs involved in the eviction” (1097). Dus, in die nuwe Suid-Afrika is blankes self vir die beveiliging van hulle lewens en eiendom verantwoordelik. Vandaar die afmetings wat die private sekuriteitsbedryf sedert 1994 aangeneem het. Daardie bedryf verskaf baie meer werksgeleenthede as die polisiediens. Die Borcherdse was by meer as een geleentheid verplig om teen hoë koste van private sekuriteitsdienste gebruik te maak (1097).

Daar was tye “the Borcherdses considered packing their bags and leaving everything behind” (1104). Anzette het soms snags om veiligheidsredes nie op die plaas geslaap nie (1109). Vir die verwydering van plakkers deur die Rooimiere het die Borcherdse R160 000 opgedok (1109). Die opgeruimde boumateriaal is op ‘n naburige plaas gestoor (1113). Dit is gesteel en die krotte is daarmee heropgerig (1117). ‘n Aktivis het die plakkers aangehits met die storie dat hulle onwettig ontruim is (1121). Teen hierdie tyd was daar 200 nuwe krotte op die plaas (1121). “The pump house at the dam was petrol-bombed” (1130).

Die Borcherdse het gereël dat ‘n stootskraper ‘n diep sloot grawe as ‘n grens ter beveiliging van die res van hulle plaas. “A day later, construction started on new shacks, from the buffer zone right up to the trench” (1138). Kemp skryf: “By the time I arrived months later, the trench was filled with rubbish. The shacks within the buffer zone were so congested that they had cut off the settlement’s access route … A fire broke out and many shacks burnt down as fire services were unable to penetrate the forest. The situation was nasty, but the trench appeared to have created a reprieve for the Borcherdses” (1142). (Aan die Rand het ‘n bruin kleinhoewe-eienaar dieselfde met ‘n stootskraper gedoen: “He shows me … the trench he’s been digging around his house [“around his entire plot” – 5020]. A field of shacks lies beyond it” (5006).)

“The week during the evictions cost the family in excess of R1 million. Anzette told me that Avondrust was now the ‘buffer farm’; if they were to sell up, or give up and leave, the ‘entire Bottelary district would be at risk’ of occupation” (1146). Die enigste moontlike koper vir die plaas is die munisipaliteit. “Farming here would probably be impossible now due to crop theft and pollution from Wallacedene” (1154). “The Borcherdses can’t leave their besieged land, not with their livelihood intact” (1162). “In all likelihood the state will end up buying out the Borcherdses, which is generally how occupations on private land play out” (1166). “Up to now a court cannot compel the executive to expropriate property. Such a scenario would likely create a precedent for large-scale land invasions where the occupiers know that they have the backing of the law. In truth, this is already the de facto situation” (1235). Die jongste moontlikheid is natuurlik dat die ANC-regime die plaas sonder vergoeding kan onteien en plakkers toelaat om na hartelus (gratis) daar te plak.

Teen die einde van die boek skryf Kemp: “I spoke to the Borcherdses again … who told me that shack construction had once again started apace, this time in the trench. The family is now actively looking to sell the piece of land to the state. Anzette told me that Covid-19 is the impetus behind much of the new expansion: the squatters claim they’re supposed to be social distancing, so they’re building new, bigger shacks on bigger plots further away from the main settlement” (6869). Op ‘n vindingryke manier word die pandemie misbruik om die diefstal van hierdie blankes se eiendom te probeer regverdig.

Van owerheidsweë is daar geen langtermyn-strategie nie. Grond (“land”) is sedert 1994 verhef tot “a highly emotive symbol of inequality” (2912). Wat die tragiese geval van die Borcherdse illustreer, is “that the ‘land crisis’ is in actual fact a housing and unemployment crisis” (1174), wat deur inkommers vererger word. “At the end of 2019, it was announced that South Africa had its highest unemployment rate of all time, at 29 per cent, rising to 38.5 per cent when ‘discouraged job seekers’ are included” (3300). Vir die derde kwartaal van 2020 is daardie syfers onderskeidelik 30.8% en 43.1%. Red nou ‘n land met so baie onproduktiewe mense. Werkloosheid is onder meer te wyte aan allerhande owerheidsmaatreëls wat die ontslag van werkers bemoeilik, asook weens die vasstelling en afdwing van minimum lone.

Die historikus, Louis Changuion, die outeur van die verdienstelike boek, Omtrede land (2011 – Praag 23.03.2014), se standpunt is: “The main problem in this country is overpopulation. Land won’t solve the problem because there are too many people. You’d still have massive unemployment, regardless of how much land you give” (3783). In Suid-Afrika is daar te veel mense wat die land benadeel en te min wat ter bevoordeling van die land werk. Die omvang van die probleem, dus hoe groot die duisternis is, word glad nie besef nie, onder meer weens die ANC-regime se ondoeltreffende sensusopnames en hulle manipulering van statistiek. ‘n Waarnemer “estimates South Africa’s population, which officially stood around fifty-seven million in 2018, to be closer to ninety million” (5558).

Ek het nou eintlik nog net tot by hoofstuk 5 gevorder. Daar is 20 hoofstukke. Die res van hierdie rubriek is dus baie oorsigtelik. Daar is die persepsie dat die Wes-Kaap, wat lewensomstandighede betref, beter as die res van Suid-Afrika daaraan toe is. Kemp se (verligte) siening is: “The Western Cape maintains a far higher standard of governance and quality of life than the remainder of the country” (3049). Daar is egter oorvloediglik rede om te ween oor die toestand waarin die Wes-Kaap verval het. As die res van die land nog slegter daaraan toe is, is dit nag. Die plakkers en ander probleme toon dat dit geensins hemel op aarde in die Wes-Kaap is nie. Oral is agteruitgang pleks van vooruitgang te bespeur.

Die inwoners het afdoende rede om nostalgies na die era vóór 1994 te verlang. Dit is nie net blankes nie maar ook swartes wat nostalgies na apartheid verlang (5847). Ook in die Wes-Kaap kan die volgende ná-1994-verskynsel daagliks waargeneem word: “I am feeling very bad when I am driving in the suburbs, finding a white person standing at the traffic lights asking for money, or asking for food, or for a job” (4519) – nie noodwendig omdat hy/sy sleg is nie, maar omdat die ANC-regime blatant en met oorgawe teen blankes diskrimineer. “In August 2018, the city [Cape Town] estimated a 53 per cent increase in land invasions and a 249 per cent increase in the number of protests” (2347).

In die Kaapse metropool: “New settlements have sprouted out of the oldest areas of government-allocated black settlement – Ndabeni [1901], Langa [1927] … Nyanga [1946] [and Khayelitsha in 1983] – and now push all the way into Cape Town’s more affluent northern suburbs” (1204). Teen 1994 het Khayelitsha – “the country’s murder capital” (1331) – reeds bykans ‘n halfmiljoen inwoners gehad (1322). In Philippi-Oos is 2.7 hektaar privaat grond sedert 2013 deur 60 000 plakkers ingeneem (1218). “[The] farmhouses [are] fortified like prisons” (1244). Philippi is waar 80% van die groente in die Kaapse metropool verbou word (1248) en waar “fourth-generation German farmers” boer “who find themselves surrounded by and at war with an ever-expanding slum” (1252). “It is almost impossible to permanently evict a community that persists for long enough” (2632). Daar is “small roaming herds of cattle and goats, apparently untended” (1244). Suid-Afrika het met oorgawe ‘n Derde Wêreld-land geword (1448).

Hoekom is eiendom in luukse landgoedere so duur? Nie net weens winsneming nie. Om so ‘n ontwikkeling goedgekeur te kry, vereis die owerhede “skenkings”/omkoopgeld ter bevoordeling van nieblankes. Tussen Kleinmond en Hermanus is daar die Arabella-landgoed. “Large-scale projects like Arabella were compelled to provide social upliftment for previous disadvantaged people within its operational area in order to receive ministerial approval for construction. Arabella had done so, pledging R10 million in addition to several other benefits, such as employment opportunities during construction … to an entity created for that purpose – the AC Trust. The beneficiaries were a number of representatives from Zwelihle [a township for blacks] and Mount Pleasant [a township for coloureds], including primary schools and learning centres. The bulk of the money, however, was intended for housing development in these communities” (2551). Die nuwe Suid-Afrika is seker die enigste land waar so ‘n verregaande rassistiese wanpraktyk amptelik funksioneer.

By Hermanus, tussen Zwelihle en Sandbaai, ‘n blanke woongebied, is ‘n veiligheidsheining nie geduld nie en gevolglik vernietig (2571). (Ook in Natal het eienaars tevergeefs ‘n veiligheidsheining op hulle koste opgerig: “a fence between them and the shacks … was summarily broken down” (6644)). In Zwelihle is die openbare biblioteek, die rioolaanleg en die nuwe openbare swembad verbrand of geruïneer. “The Overstrand munisipality estimated the damage at more than R40 million” (2575). Hoe lank sal dit duur voordat daardie swartes daardie R40 miljoen aan die munisipaliteit terugbetaal? Hoofsaaklik blanke belastingbetalers sal teen wil en dank vir hierdie onbeskaafde gedrag moet opdok. Een van die swart aktiviste sê: “In life, nothing is personal, but everything must be shared” (2623) – al die voordele, maar nie die (finansiële) verpligtinge nie.

Die huise wat die NP-regering vir swartes gebou het, is beter as dié van die ANC-regime. “These original houses [in Zwelihle] were built by a ruthlessly efficient apartheid bureaucracy and are relatively large” (2643). Elders in die boek word daar verwys na “the older houses built by the apartheid government, which are highly sought after for their durability … The RDP [ANC] houses fall apart quickly” (5721). “Between 2001 and 2016, the black population in this area [Zwelihle] increased by 43 per cent” (2671). “Around 11 000 people are on the Overstand municipality’s housing list” (2976). “A large part of this population boom comprises foreign nationals” (2681). “Employers have a perception of foreign nationals as hard-working, not entitled, better educated, more reliable and less prone to violence” (2688). Wat sê dit (veralgemenend) van die inheemse swartes? Het blankes rede om trots op, ingenome met en partydig vir hulle te wees?

In hoofstuk 11 verwys Kemp na die eerste plaasaanval aan die Kaap toe die blanke David Jansz, ‘n veewagter, in 1653 deur Khoi-Khoin vermoor is (3066). Veral in die Wes-Kaap het blanke boere en bruin plaaswerkers eeue lank saamgewerk. Dwarsoor Suid-Afrika het Kemp bevind dat boere deesdae voorkeur aan swart seisoenale werkers (plaaslikes en uit die buurlande) bo permanente (bruin) werkers gee. Dit blyk dat daar groot wrywing tussen bruines en swartes bestaan. Aan die Rand, in die “Diep Suide” van Johannesburg, verset bruines (bv in Ennerdale) en Indiërs (bv in Lenasia) hulle teen die indringing van swartes in hulle woonbuurte (4850). “Daar was “tense stand-offs between the coloured and Indian communities on one side, and the incoming, largely black squatters on the other” (4897). Hierdie grond is destyds kragtens die Wet op Groepsgebiede deur die NP-regering vir gebruik deur bruines en Indiërs onteien, maar – soos ordentlikheid vereis – met vergoeding aan die vorige eienaars (4876).

“An old coloured-Indian lady” sê: “I can’t leave my house, because when I leave they will move in … My sister was moved out at gunpoint. They stole my phone lines. They stole the electricity cables” (5245). Die swart plakkers gebruik die beledigende Zoeloe term Makula vir Indiërs en Boesmans vir bruines (5254). Die meeste van hierdie plakkers is inkommers (5286). Kemp skryf: “Once a critical mass is reached in large-scale occupations, there simply is no way for the original inhabitants to reverse it. They must adapt to the situation or move out. When discussing service delivery and making promises, ANC politicians often refer to ‘our people’. Who they are referring to has obviously never included whites, but recently coloureds, Asians, Indians and other ‘non-native’ residents of South Africa have started questioning if they are in fact included under that umbrella” (5308). ‘n Indiërman sê: “The will of the majority can only be held back by government. And without that, they will exercise their will on us. And this is what has happened” (5329). ‘n Indiërvrou voeg by: “She thinks Afrikaners have become helpless and passive as well, despite the perception that they would ‘fight back'” (5329) – verwysende na die 1999-verkiesingslagspreuk van die Demokratiese Alliansie.

Daar word ‘n interessante perspektief op die verskynsel van “swart belasting” gegee – die rede waarom swartes bv gratis woonplek en dienste eis en swart beurshouers aan universiteite studiegeld gebruik om gesins- en familie-ellendes te bestry. “Black tax is a tax you inherit when you start working. You have to take care of your uncle’s child, your mother, your father – and all of that is coming from your salary. And if you do not do it, you get emotional blackmail from your family” (5950). Die skuld hiervoor word, soos verwag kon word, vir apartheid, dus die blankes, gegee: “Black tax has its historical roots in the inequalities created by apartheid and the loss of land. Consequently, thousands of black South Africans still live in poverty today” (5982). Maar daar is baie arm swartes in ander lande waar daar nooit apartheid was nie. Wat van bv hoë geboortesyfers as ‘n moontlike rede vir armoede?

Die huisvesting wat vir swartes gebou word, is selde groot genoeg. Aanleunkrotte word dus opgerig. Die ruimte wat om sulke huise gelaat is, word dikwels spoedig deur krotte ingeneem. “Backyard shacks have backyard shacks” (5786). “Everywhere we pass RDP [ANC] houses, the shacks like mushroom around them. It seems logical – a house is an income if you use it in this fashion” (5892). Die krotte staan mettertyd so dig teen mekaar dat groot skade tydens brande aangerig word. Dit is dikwels nie vir die polisie, brandweer- en ambulanspersoneel en munisipale amptenare moontlik om die nodige ruimte te vind om ‘n krotbuurt binne te dring nie; ook weens die vyandigheid van die plakkers. “Landlords” (5295, 6543) orkestreer die onwettige besetting van grond. “Shacklords” (742, 6599), bedryf “shack-farming” (4955, 6531) deur krotte op gesteelde grond op te rig en hulle dan te verhuur of verkoop. Hierdie misdade word oogluikend toegelaat en het klaarblyklik gekom om te bly.

In die laaste hoofstuk kom Kemp tot (eienaardige) gevolgtrekkings: “How wrongheaded the idea of a black-versus-white land tussle is, and how misleading it is to see land invasions and farm murders as intrinsically and irrevocably tied to a historical feud between ‘settlers’ and ‘natives’; that violence arising from land conflict is a straight line running through history abutted at different intervals by new generations; that racial hatred is as simple as that and will never cease until some kind of status quo ante is restored” (6155). Wat Kemp nooit verreken nie, is (fundamentele/onoorbrugbare) kultuurverskille, naamlik dat (veralgemenend) blankes en swartes (van nature) verskillend dink en doen. Maar soms kom selfs hy dit agter, bv as hy by swartes “a relative lack of Western influence” waarneem (6175).

Grondgrype word in swart geledere beskou as “history righting itself – as justified violence with ominous overtones of what is to come” (5611). “The story of shacks in South Africa will never end” (5900) – net so min as wat dag kan breek uit hierdie duisternis. In die woorde van diegene wat swart mag aanhang: “This struggle will never stop until the land has been returned as a whole to its rightful owners” (6831).

Karel Combrinck: Molog en die media

Uiteraard sluit hierdie in ‘n mate aan by Dr Roodt se video oor die walglike skepsel Joe Biden. Ek wil darem net sê dat ek dié stukkie geskryf het voordat ek na dr Roodt se video gekyk het. Miskien kan  ‘n bietjie vertroosting gevind  word in die feit dat baie miloene Amerikaners vir Joe Biden net so walglik vind soos ons.

In sy video lê dr Roodt sterk klem op die houdings en handelswyses van die media en baie van ons het seker al gewonder waarom die wêreld se kommunikasiemedia, die gedrukte pers, televisie, radio, die filmbedryf en uitgewerye so te sê voor die voet links is. Die universiteite is wel nie deel van die media nie, maar dieselfde geld ook maar daar: Hulle is veronderstel om objektiewe waarnemers en mededelers van kennis en die waarheid te wees, met onbevange ontledings en kommentaar, maar hulle is so te sê almal onverbloem links en bevooroordeeld.

Eers moet ons vra of daar met reg gepraat kan word van wêreldmedia. Dit is merkwaardig dat daar tussen koerante en ander media-instellings die wêreld oor, ‘n groot ooreenkoms is wat betref die keuse van onderwerpe, die inhoud en veral redaksionele menings, vertolkings en kommentare. Dr Roodt het in sy video ook hierdie verskynsel uitgelig. Wat betref die universiteite: is daar enige betekenisvolle verskil tussen die Universiteit van Stellenbosch en die Universiteit van bv New York of Washington? Deels danksy die leierskap van professor Wurm De Villiers, geen.

Baie van die materiaal wat koerante in Amerika, Australië of Suid-Afrika gebruik, kom van groot internasionale persagentskappe wat deur ‘n handjie vol geldmagnate beheer word. Talle berigte en kommentare word ook oor en weer bykans woordeliks,  uit ander publikasie binne en buitelands «gelig».

En daarmee is die towerwoord dan ook uit : Geldmagte. Die media word besit en beheer deur ‘n handjie vol rykes. ‘n Onlangse studie het getoon dat 90% van alle media in die VSA deur net ses groot finansiële instellings besit word wat op hul beurt ‘n menigte ander media-instellings besit en beheer, m.a.w. ‘n soort oligargiese klub. So is dit ook in die res van die wêreld, waaronder Suid-Afrika. Die Naspers is byvoorbeeld uit en uit ‘n geldmaakorganisasie wat behoudende waardes tot  ‘n spotterny maak. En natuurlik links. Vir watter rede op aarde kry Naspers dit reg om Joseph Biden te ondersteun behalwe dat hy Afrikaners haat, links is en walglik.

Dit is ook so dat die media handlangers is van regerings. Regerings word, net soos die media, ook deur die finansiële oligargie beheer. Baie lede van Westerse regerings, selfs eerste ministers en presidente is werktuie van die internasionale geldmag, insbesonder die groot banke soos Rothschild en Goldman Sachs en daar is van hierdie regeringslede wat selfs deur die geldmag «geplant» word. ‘n Voorbeeld: In 1969 het mnr Georges Pompidou direk oorgestap van die Rothschildbank waarvan hy direkteur was, na die Franse presidentskap. In 1973 het hy wetgewing laat aanneem waarvolgens die vermoë van die staat ontneem is om renteloos geld van die Franse sentrale bank te leen. Voortaan was die Franse regering verplig om geld teen betaling van rente aan die private banke (insluitend natuurlik Rothschild) te leen waardeur die banke eindeloos verryk is en die staat in skuld gedompel is waarvan die land sedertdien  nooit weer herstel het nie. (Baie Franse het dit genoem die «Rothschildwet».

Die vraag bly egter nog steeds : waarom links? As die wêreldmedia deur grootgeld beheer word hoe kan dit dan links wees? Die geldmagte is tog nie links nie. Wel, die antwoord hierop is dat die geldmagte nog links nog regs is . Hulle is geldmagte, einde van storie. Die groot geldmagte is op wêreldbeheer ingestel. Beheer oor staatsfinansies, beheer oor wat ons sê en skryf en oor wat ons mag publiseer en inderdaad ook beheer oor wat ons dink. Hulle strewe is na selfs meer fabelagtige rykdomme as wat hulle reeds het. En fabelgtige rykdomme beteken haas onbeperkte mag.

En hiervoor benodig hulle propagandamiddele en die propagandamiddele is die media.

Vir die internasionale kartel van geldparasiete maak dit nie saak of ons ontwikkel in ‘n wêreld sonder rasverskille, sonder grense en sonder kulturele skeidslyne nie. Trouens dit is juis wat hulle in staat stel om groter beheer oor die mensdom te kan uitoefen en meer geld te kan maak: ‘n amorfe massa gekondisioneerde verbuikers en nuttige idiote wat hulle vermoë om vir hulleself te dink aan “meningsvormers”  in die media en by implikasie aan die kartel oorhandig het.

Die oligargie bevorder linksheid omdat regse regerings in hulle pad staan. Regse regerings het ‘n sterker sin vir nasionalisme, volksidentiteit, nasionale soewereiniteit, ras- en kulturele verskille en nasionale grense, alles dinge wat die internasionale geldmag vrees en verafsku. En om die wêreldmening te kondisioneer om die geldmagte se doel te dien, gebruik hulle die media en daarom sorg hulle dat die media links is.

Regse regerings, soos in die vorige paragraaf gedefinieer, bestaan daar haas nie meer nie behalwe miskien in kommunistiese lande soos Rooi Sjina en Noord-Korea. Almal is bewus van die felle aanslag waaronder ‘n relatief regse President Trump gebuk moes gaan of die Hongaar Victor Orban en beide hoofsaaklik weens dieselfde rede: hulle teenkanting teen instroming uit die derde wêreld.

Dis nie mnr Trump of Joseph Biden wat Amerika en die wêreld regeer nie. Dis die internasionale geldkartel, aangevoer deur ‘n dosyn parasitiese banke. Mnr Trump en Joseph Biden is daar grootliks om die Amerikaanse bevolking te sus met die illusie dat hulle in ‘n demokrasie leef. En in Europa nie veel anders nie. Die Europese Unie is in die lewe geroep hoofsaaklik  om die rykes verder te verryk: ‘n Groter bevolking om uit te buit, groter beheer oor die regerings van lidlande, doelbewuste aanmoediging van immigrasie uit die derde wêreld (goedkoper arbeid, meer verbruikers, meer nuttige idiote wat gemanipuleer kan word , aftakeling van volksidentiteit) en ondergrawing van nasionale soewereiniteit, alles dinge waartoe die media ywerig meewerk.

Die enigste manier waarop hierdie sataniese alliansie van bank, media en regering gestuit kan word, is deur bewuswording van die publiek. Dis duidelik dat in die aangesig van die (linkse) media alternatiewe middele, die sosiale media soos dit ook genoem word, ‘n sleutelrol speel. Daarom moet ons ook bedag wees daarop dat die magte van Molog ‘n einde sal wil maak aan die bedrywighede van die sosiale media.

(Die Oxford Dictionary beskryf Moloch as “a power or influence to which everything is sacrificed”.

Maar vir menings uit die perd se bek kom ons kyk na enkele aanhalings van mense wat weet :

Eerstens, John Swinton, op sy dag Redakteur van die New York Times. In sy aftreerede as redakteur sê hy :

There is no such thing in America as an independent press. You are all slaves. You know it, and I know it. There is not one of you who dares to express an honest opinion. If you expressed it, you would know beforehand that it would never appear in print. I am paid for keeping honest opinions out of the paper. You are paid similar salaries for doing similar things. If I should allow honest opinions to be printed in one issue of my paper, before twenty-four hours my occupation would be gone. The man who would be so foolish as to write honest opinions would be out on the street hunting for another job. The business of a New York journalist is to distort the truth, to lie outright, to pervert, to villify, to fawn at the feet of Mammon, and to sell his country and his race for his daily bread, or for what is about the same — his salary. You know this, and I know it; and what foolery to be toasting an “Independent Press”! We are the tools and vassals of rich men behind the scenes. We are jumping-jacks. They pull the strings and we dance. Our time, our talents, our lives, our possibilities, are all the property of other men. We are intellectual prostitutes.

In ‘n toespraak in 1991 voor die Trilaterale Kommissie deur bankier David Rockefeller sê hy :

We are grateful to the Washington Post, The New York Times, Time Magazine and other great publications whose directors have attended our meetings and respected their promises of discretion for almost forty years.

It would have been impossible for us to develop our plan for the world if we had been subjected to the light of publicity during those years.

But, the world is now more sophisticated and prepared to march towards a world government.

The supranational sovereignty of an intellectual elite and world bankers is surely preferable to the national auto-determination practiced in past centuries.

 

En derdens Henry Ford :

It is well enough that people of the nation do not understand our banking and monetary system for, if they did, I believe there will be a revolution before tomorrow morning.

Wat kan duideliker wees: Die geldmagte, regerings en die media voer mekaar direk en indirek en die media is hiervan bewus en bevorder dit doelbewus. Die groot vraag is hoe lank gaan die Westerse openbare mening hulle nog aan die neus laat lei voordat hulle rebelleer. Dit sal miskien nooit gebeur nie, maar wie weet, dalk gebeur dit sommer oornag. Die kruitvat loop oor en wat nog skort, is net ‘n vuurhoutjie — koronavirus?

Leon Lemmer: Oor klaviere in Siberië

Die dra van ‘n das is ‘n verskynsel wat in die middel van die 17de eeu, dus in die tyd van Jan van Riebeeck, in Europa begin het. Dit het veral by Westerse mans deel van hulle formele kleredrag geword. 18 Oktober is Wêrelddasdag. Deesdae word Vrydag soms tot Loslitdag verklaar en word dasse nie gedra nie. As modeverskynsel is dasdra in wisselende mate deur vroue aangehang; soms (bloot) om uitdrukking te gee aan die begeerte om stroomop te wees, soos by Antjie Krog. Omdat die das ‘n Westerse verskynsel is, is dit in die Midde-Ooste tot ‘n simbool van blanke onderdrukking verhef. ‘n Palestyn dra nie ‘n das nie. In Amerika, onder die swartes, word ‘n das met ondergeskiktheid aan blankes geassosieer en dus verwerp. Indien enigsins moontlik bring Amerikaanse swartes enigiets met slawerny in verband. Die das word dus deur hulle beskou as ‘n simbool van die ketting wat hulle verslaafde voorgeslag, al daardie broers en susters, na bewering om hulle nek gehad het.

Plaaslik het die dra van ‘n das ná 1994 feitlik oornag in onbruik verval. Enersyds is dit te wyte aan kruipsug by die ANC-regime. Andersyds is dit ‘n feit dat die Suid-Afrikaanse klimaat sodanig is dat dit veral in die somer ongerieflik kan wees om ‘n das te dra. Wat baie plaaslike blankes nie besef nie is dat ons ná-blanke-era, die ontwitting van die plaaslike openbare lewe, deur ons daslose samelewing gesimboliseer word. Hoewel dit belangrik is dat ‘n mens gerieflik moet aantrek, moet dit verkieslik nie tot slordigheid lei nie. Netjiese, mooi kleredrag is nie kenmerkend van die nuwe Suid-Afrika nie. Daar is formele, waardige geleenthede waar (blanke) mans steeds ‘n das behoort te dra, bv by begrafnisse en troues. Om estetiese redes kan dit ook nie verkeerd wees om ‘n das kerk toe te dra en by belangrike byeenkomste in bv ‘n werksituasie nie.

Ek wil die aandag op ‘n ander tipies Europese of Westerse verskynsel vestig, naamlik klassieke musiek. Daar is geen moontlikheid dat ‘n swarte ‘n Beethoven- of Mahler-simfonie kan komponeer nie. Die ras- en etniese verskille is te groot. Soos die das het klassieke musiek ná 1994 grootliks uit die plaaslike openbare lewe verdwyn. Die enkele simfonie-orkeste wat nog bestaan, sukkel om te oorleef. Op die SABC-, e- en DStv-kanale word bitter min klassieke musiek uitgesaai. Dit bevestig dat ons in Suid-Afrika in ‘n ná- (Europese/Westerse) beskawingsera leef.

Anders as in Afrika geniet klassieke musiek groot en toenemende aanhang in Oosterse lande, veral Japan en China. Anders as in Afrika is daar ontwikkeling en ekonomiese voorspoed in daardie lande, asook in ander opkomende lande in Suidoos-Asië, byvoorbeeld Suid-Korea. Klassieke musiek is nie die direkte oorsaak van hulle ekonomiese ontwaking nie. Dit is eerder omdat Oosterlinge selektief sommige aspekte van Westerse kultuur omarm, sonder om hulle eie kultuur te ondergrawe. Om hierdie rede het hulle ekonomies voorspoedig geword. Terselfdertyd het dit dit vir hulle moontlik gemaak om ‘n waardering vir klassieke musiek te ontwikkel.

Musiekinstrumente word, soos baie ander vervaardigde produkte, deesdae by uitstek in die Ooste gemaak. Maar daardie instrumente word nie almal na Westerse lande uitgevoer nie. Hulle word ook op groot skaal deur die inheemse inwoners gekoop en benut. Musiekonderrig word op groot skaal in daardie lande verskaf. Baie Oosterse musici dien deesdae in orkeste in die Weste, insluitend ‘n hele aantal prominente dirigente. Daar is selfs Oosterse musici wat musiek in die tradisie van Westerse klassieke musiek komponeer. In hierdie lande is daar ook baie meer simfonie-orkeste as in Suid-Afrika.

Dit bring my by die klavier as ‘n Europese/Westerse musiekinstrument. Soos die das het die klavier in die 17de eeu in Europa ontluik. Die klavier het uit byvoorbeeld die spinet ontwikkel. “The German word Klavier sometimes referred to a harpsichord, spinet, virginal or clavichord” (Sophy Roberts, bron hier onder, Kindle 659). Roberts beskou 1700 as die beginjaar van die klavier toe Bartolomeo Cristofori in Florence, Italië, ‘n musiekinstrument “that plays soft (piano) and loud (forte)” vervaardig het (4738). Die skrywer, George Bernard Shaw (1856-1950), het gesê: “The pianoforte is the most important of all musical instruments; its invention was to music what the invention of printing was to poetry” (4777). Die pianis en komponis, Franz Liszt (1811-1886),word soos volg aangehaal: “My piano is to me what his vessel is to the sailor, his horse to the Arab, nay even more, till now it has been myself, my speech, my life” (424). Liszt se uitvoerings in Rusland het tot die gewildheid van klaviermusiek in daardie land bygedra.

Klaviermusiek is nie noodwendig klassieke musiek nie, maar in ‘n skitterende nuwe boek word die verspreiding van – of ten minste begeerte na – beskawing met klaviere geassosieer. Ek verwys na Sophy Roberts (gebore in 1973) se The lost pianos of Siberia (London: Doubleday, 2020, 430p; Kindle $24,48). Die outeur noem die boek “a personal, literary adventure” (463). Klaviere is oënskynlik haar tema, maar naas inligting oor klaviere word baie historiese en kulturele inligting oor Rusland verskaf. Die outeur is uitstekend ingelig en die teks is goed geformuleer, interessant en meevoerend. Die foto’s is toepaslik. Aan alle aspekte van die boek is tot in die fynste besonderhede aandag geskenk. Wat veral nuttig is, is dat daar aan die begin van elke hoofstuk ‘n kaart van Rusland is waarop die plekke aangedui word wat in die betrokke hoofstuk genoem word.

Die resensente is liries oor die boek. Dit word as ‘n melodieuse boek met woorde wat sing beskryf. Volgens Roberts “each piano sings differently” (1066). ‘n Musikus het gesê: “Every piano has its own voice” (3482). Dit herinner aan wat die skrywer, Anton Chekhov (1860-1904), oor sy besoek aan Siberië – hy was tot by Sakhalin in die ooste – in 1890 geskryf het: “From Baikal onwards, the poetry of Siberia begins. Before Baikal it was all prose” (1773). Die tema van die boek is die musikale kolonisering van Siberië. Dit is gesê na aanleiding van ‘n roman, The piano tuner (2002) van Daniel Mason (gebore in 1976), waarin “the Erard [piano] functioned as a symbol of European nineteenth-century colonization in Asia” (843). Die Duitsgebore Sebastian/Sébastien Erard (1752-1831) het klaviere in Parys, Frankryk, vervaardig.

Weens die hoë humiditeit in tropiese Birma (Mianmar) – die land waarin die roman van Mason afspeel – bly ‘n klavier nie lank bruikbaar nie, tensy dit in omstandighede bewaar word waar die vogtigheid in die lug beheer word. Dieselfde moet ook in Siberië gedoen word, maar eerder weens die lae humiditeit. Een van die maniere in Siberië is “with the humidity kept in balance by hanging wet linen in the cottage” (1992). Meer gesofistikeerd is ‘n “humidity-controlled storage room” (3486). Roberts skryf: “I was told Siberia was a terrible place for pianos, especially because of the low humidity in winter” (1052). “In Siberia, violent swings in humidity and heat can shrink the wood. The soundboard, a large, thin piece of wood which transforms vibrations into musical tones, can easily crack” (1543). Sy verwys byvoorbeeld na ‘n Beckstein: “The piano’s bald hammers and loose strings [were] barely able to produce a sound. Located [in Kiathta] in one of the museum’s cold corners, its bones were chilled from a draught that slunk in through the windows” (1728). “How could such a piano ever sing again?” (2572).

“Only with the assistance of high culture, distributed beyond the city’s elite theatres, concert halls and galleries, will humanity thrive” (2622). Die kulturele kolonisering van Siberië het geskied deurdat veral regop- maar selfs vleuelklaviere uit die weste van Rusland na Siberië gekarwei is; per pad met perdekarre en later vragmotors, per treinspoor en selfs per slee (1292; ook 1476). Tydens die 1917-revolusie “pianos were tied on top of trains fleeing Russia through Siberia into Manchuria and beyond” (770). “During the Great Patriotic War [1941-1945], the country’s most significant national treasures [including pianos] were sent to Siberia for safekeeping” (775). Soms is klaviere per skip uit Wes-Rusland en Europa na die Siberiese ooskus vervoer. Deesdae word klaviere per vliegtuig afgelewer (3264). Party van hulle is in China vervaardig (3777).

Die aangrypendste gebeurtenis in die boek is toe ‘n oorgevoelige Russiese man van Oekraïense oorsprong, Kostya Lomatchenko, ‘n klavierstemmer en -restoureerder in Novosibirsk, in trane uitgebars het toe hy besef dat Roberts opreg belangstel in die werk wat hy doen (3504). Sy het daarna die nodige reëlings getref en dit vir hom finansieel moontlik gemaak om ‘n kursus in klavierstemming aan die CF Theodore Steinway-akademie in Hamburg by te woon (3504). Hy het die opleiding suksesvol voltooi. Die insiggewendste foto in die boek is van ‘n pragtige, jong, blanke Russiese vrou, Anna Khidirov, wat in haar ouers se deftige huis in Khabarovsk, noord van Vladivostok, sit met hulle Stürzwage-vleuelklavier in die agtergrond (4423). Die klavier het per slee van St Petersburg tot in Tobolsk (4434) en daarna per trein tot in Khabarovsk gekom (4449). Hierdie fotobeeld is heeltemal anders as die populêre voorstelling van Siberië by mense wat nog nooit daar was nie.

Die outeur is ‘n joernalis wat met haar man en twee kinders in ‘n kusdorpie in die suidweste van Engeland woon. Sy noem dat sy haar kinderjare in Magdeburg en Leipzig in Duitsland deurgebring het (828). Haar voorliefde is om afgeleë lande te besoek en dan daaroor te skryf. Dit is ‘n geval van: “I’m interested to be where I was not” (4561). Die indruk wat sy wek, is dat sy ‘n persoon met geestelike diepte is. Sy skryf uit diepe oortuiging: “The piano … was such a magnificent symbol of European culture” (1059). Sy verwys byvoorbeeld na “those brilliant exiles of 1825 who spead their European culture through a region [Siberia] that still feels fundamentally Asiatic – fenceless steppe country imbued with Buddhist history” (1770) – veral Tibettaanse Boeddhisme, soos in Mongolië. Roberts se gees is groot genoeg om diegene wat sy teëkom toe te laat om oor enige aspek van Rusland, veral Siberië, te praat. Maar sy waak daarteen om op te veel syspore te beland. “A piano, a piano, I kept telling myself; I needed to keep the object front of mind, not the symbolism Russians can read into every experience” (2665).

Roberts dring nie ‘n (ideologiese) standpunt van buite op die inwoners of haar lesers op nie. Sy haal byvoorbeeld ‘n ander reisverhaalskrywer, Astolphe-Louis-Léonor, die Marquis de Custine (1790-1857), soos volg aan (iets wat ook van die ANC gesê kan word): “The Russians have gone rotten without ever ripening!” (924). Nêrens maak sy haar skuldig aan sulke uiterste uitsprake nie. ‘n Britse ekonoom, AF Spencer, wat in 1919 Rusland besoek het, het (tereg) opgemerk: “There are few places on the earth’s surface about which the majority of mankind have such definite ideas with so little personal knowledge as Siberia” (924). Dit is seker ook in groot mate waar van “apartheid-Suid-Afrika.”

Maar Roberts is heel moontlik ook eienaardig. “I am no musician” (1131). “I have no formal musical knowledge” (1281). “I didn’t expect pianos to ever lead me, travelling further and further from my home in England in pursuit of an instrument I don’t even play” (813). Sy besef darem dat om klaviere in Siberië die onderwerp van haar eerste boek te maak nogal eksentriek is. Dit is so vergesog dat die Russiese owerheid nie wou glo waarmee sy as buitelandse besoeker en joernalis in Siberië besig was nie. Van 2016 tot 2018 het sy Siberië agt keer besoek. Sy het tolke as gidse gebruik. Sy het by klavierstemmers uitgevind waar klaviere is en hiervoor ook in verbinding met plaaslike uitsaaikanale en koerante getree. Hierdie onderneming moes ongetwyfeld baie geld gekos het.

Siberië omvat driekwart (12 050 000 vierkante kilometer) van die Russiese grondgebied, maar het slegs 40 miljoen inwoners. Suid-Afrika, wat 1 222 081 vierkante kilometer beslaan, het ‘n baie groter bevolking. Die naam Siberië is moontlik van die Tartar-woord sibir afgelei, wat “the sleeping land” beteken (544). Dit strek van die Oeralgebergte in die weste tot aan die Stille Oseaan in die ooste. Roberts het ook die eilande aan die Siberiese ooskus besoek: Sakhalin en die Kommandeur- en Koerile-eilande. Van ‘n inwoner word gesê: “Music – it is all that beautifies her life during long, long Sakhalin winter evenings … Disciplined classical music is her only happiness” (2126).

Roberts het hierdie eilande in die somer besoek (2144, 4315) omdat die See van Okhotsk sewe maande van die jaar bevrore is (3141). Die res van Siberië het sy in die winter deurreis omdat sy allergies vir muskietsteke is (496). “In summer … Siberia turned into a mire of mud covered with mosquitoes” (1300; ook 2167, 2248). Weens sy geografiese ligging is Siberië oorwegend toendragebied, dus sonder bome omdat die grond permanent gevries is. Roberts wou graag die Sewernaja Zemlja-eilande in die Noordelike Yssee verken, maar die Russiese owerheid het om sekuriteitsredes toegang aan haar geweier (4712).

Die outeur het ook Harbin, die tuiste van die oudste Chinese simfonie-orkes, in die noordooste van China besoek. Die indrukwekkende moderne operagebou (kyk “Harbin,” Wikipedia) lyk heeltemal anders as die stereotiepe beeld van Chinese argitektuur. Harbin was ‘n oorwegend Russiese stad toe die spoorlyn gebou is wat aansluiting by die Russiese Trans-Siberiese spoorwegstelsel vind. “It seemed strange to me that in a country which now counted piano talent as one of its most important cultural exports, there was only negligible evidence of the wonderful old Russian artists who did so much to turn the Chinese ear to piano music” (2865). “It was as if there was no past before Mao” (2877) – soortgelyk aan ons eie kommunistiese regime wat voorgee dat ons eintlike geskiedenis, ons ná-koloniale-era, in 1994 begin het.

Siberië word met straf- of arbeidskampe (Gulag) geassosieer. Lenin het daarmee in 1918 begin (4791). Lank voor dit het die gewoonte posgevat om veral om politieke redes Russe na Siberië te verband. Byvoorbeeld, in 1825 “the Decembrist Uprising [in St Petersburg] results in the exile of more than a hundred high-profile Russian aristocrats and gentlemen revolutionaries to Siberia” (4756). Sint Petersburg het ook as Petrograd (1914-1924) en Leningrad (1924-1991) bekend gestaan. In die Petrograd-era het ‘n Amerikaanse joernalis John Reed na “the meltdown of [Russian] civil society” verwys. “He wrote about electricity shortages, robberies … and servant problems” (2311). Dit is dinge wat ons daagliks in die nuwe Suid-Afrika beleef.

“From 1801 to 1917, more than a million subjects were banished to Siberia under the Tsarist penal exile system. From 1929 to 1953, 2 749 163 forced labourers died in the Soviet Gulag” (479). Alexander Solzhenitsyn (1918-2008) se boek, The Gulag Archipelago (1973), is op eerstehandse ondervinding gebaseer, byvoorbeeld: “To ‘play the piano’ meant having your fingerprints taken when you first arrived in camp” (620).

Siberië is egter baie meer en baie beter as bloot die goelag. Dieselfde geld vir Suid-Afrika tydens apartheid. “Many … migrants … ventured into Siberia for the taste of freedom – to live far from the reach of the Tsar and the moral reprimands of the Russian Orthodox Church” (1589). Deesdae trek Siberië ook immigrante uit ander lande. Daardie groot geografiese gebied kan nie sonder meer as hel op aarde beskryf of as “a godforsaken place” (2244) afgemaak word nie. Dit is net so min waar van Suid-Afrika tydens apartheid toe die regering groot moeite ondervind het om hordes swartes buite te hou wat hulle onwettig in die land wou vestig

Die geskiedenis van klaviere in Rusland het in 1774 begin (633) toe die Duitsgebore Katherina die Grote (1729-1796, keiserin 1762-1796) ‘n klavier bestel het wat in Londen gemaak is (4743), onder meer omdat sy aan Wes-Europese kultuur verknog was (638). “Catherine the Great … helped turn Russia into a European musical nation” (1063), maar “[she] claimed her musical ear was deaf as a post. ‘It’s just noise to me’, she wrote wryly to a friend, with one account claiming she was assigned court musicians to tell her when to clap” (1131). “She acquired an affection for opera, and opened a theater where it could be performed in the Hermitage [a major art museum in St Peterburg]” (1153).

Gedurende die Tweede Wêreldoorlog is Katherina se klavier vir veilige bewaring na Novosibirsk, “the de facto capital of Siberia” (3354), gestuur (3407). “Catherine’s 1774 piano anglais, its decorative cabinetry as pretty as a Fabergé egg, now stands behind red rope in Pavlovsk, an eighteenth-century Tasarist pleasure palace outside St Petersburg which functioned as one of Russia’s most important centers of musical life” (677). Dit is ‘n vierkantige klavier wat deur die Duitser, Johannes (Johann Christoph) Zumpe (1726-1790), in Londen vervaardig is. “European culture thrived in St Petersburg, even if the deeper questions surfacing in Western Europe – in books by, for example, Jean-Jacques Rousseau [1712-1778], the philosopher whose theories about the pursuit of individual liberty and the natural equality of men inspired a generation of Romantics – had no place in the Russian court” (642).

Teen 1830 kon gesê word “the piano resembles the modern instrument we play today” (4760). “A home-grown piano-making industry began to take off in Moscow and St Peterburg” (1214). Dit is veral Duitse klaviervervaardigers wat hulle in Rusland gevestig het. “By 1810, six Western entrepreneurs had set up piano workshops in Russia, [later] including a St Petersburg factory founded [in 1841] by the Bavarian-born maker Jacob Becker. This single workshop built more than eleven thousand pianos before the century was out” (1249). Gedurende die Eerste Wêreldoorlog het die produksie tot stilstand gekom (2325). Jacob Becker, “the Russian Steinway” (3861), het regop- en vleuelklaviere vervaardig maar moet nie met Becker Brothers, wat klaviere in New York City gemaak het (1892-1940), verwar word nie. “After the 1917 Russian Revolution, the [Jacob] Becker factory became state property, and was renamed Red October” (1263). “The Red October factory closed in 2004” (1267). Roberts het Becker- en Red October-klaviere tot in die verste uithoeke van Siberië opgespoor, bv in Kamchatka (3233, 3236). Ralph Waldo Emerson (1803-1882) het met verwysing na Amerika opgemerk: “‘Tis wonderful how soon a piano gets into a log-hut on the frontier” (3880).

Die opening van die Konservatorium in St Petersburg in 1862 het die begin van die era van professionele Russiese musici ingelui (4768). Hoewel die grammofoon in 1877 uitgevind is, sou dit eers in die 1910’s begin om die klavier as die hoofbron van musiek in huise te verdring (4773). In 1908 “Henry Ford introduces the Model T motor car. In the West, it won’t be long before the car overtakes the piano as a show of status” (4783; ook 2099). In my motorhuis is daar ‘n prestigelose Ford (‘n Fiesta, nie ‘n Mustang nie) en nie ‘n Porsche nie. Ek kan dus maar noem dat, danksy my skoonpa, daar ‘n Duitse regopklavier, ‘n Carl Ecke, in my woonstel staan. Russiese klaviervervaardiging het van 1953 tot 1970 sy hoogtepunt bereik (4796). Dit is veral sulke klaviere wat Roberts van 2016 af twee jaar lank in Siberië opgespoor het. Teen 1969 kon gesê word: “Japan now manufactures more pianos than any other country” (4801). Toe Roberts in 2016/18 in Siberië was “the last of Russia’s piano factories had closed” (1267).

Roberts skryf: “In the summer of 2015, I encountered Russia’s piano history for the first time” (806). Die aanleiding vir die boek was ‘n besoek wat Roberts in 2016 aan die Orkhon-vallei, by Karakorum in Mongolië, ‘n land suid van Siberië, gebring het. Sy het by ‘n welgestelde Duitse rolprentvervaardiger, Franz-Christoph Giercke, in sy ger (‘n nomadiese tent van seil en hout) tuisgegaan. Daar het sy ‘n Boeddhistiese pianis van Siberiese oorsprong, Odgerel Sampilnorov, ontmoet wat ‘n klavier nodig gehad het om reg aan haar uitsonderlike musiektalent te laat geskied (821), soos vir uitvoerings van Johann Sebastiaan Bach se komposisies (825) – “in the Orkhon Valley in summer, and at her home in Ulaanbaatar [the Mongolian capital] in winter” (851). Odgerel sê: “Bach taught me how to breathe” (1581). Bach se komposisies is gewild by Russiese pianiste. Op Vera Lotar-Shevchenko se graf in Akademgorodok staan: “Life in which there is Bach is blessed” (3696).

“Odgerel studied for nine years at a conservatory in Perugia, Italy” (828). “She gave recitals on Giercke’s Yamaha baby grand” (832). “She could play all the key piano pieces of the eighteenth, nineteenth and twentieth centuries” (828). Giercke het in 2016 in Roberts se oor gefluister: “We must find her one of the lost pianos of Siberia!” (839) – vandaar die boektitel. Met die rolprentvervaardiger se finansiële ondersteuning (869) het Roberts onderneem om ‘n geskikte klavier in Siberië te gaan soek. Ná verloop van twee jaar is die klavier in Mongolië afgelewer. Roberts kon nie saam met die klavier van Siberië na Mongolië reis nie omdat die Russiese owerheid nie haar visum wou hernu nie (4716).

Die klavier, wat Roberts in Novosibirsk opgespoor het, is “a 1930s Grotrian-Steinweg … a German piano” (3486; ook 3540), “one of the best uprights ever made” (4618), ‘n toonbeeld van “the superiority of German engineering” (3551). Dit is die klavier wat Vasily Lomatchenko, bogenoemde Kostya se pa, in 1962 gekoop het met ‘n kwart van die geld wat hy ontvang het toe hy sy huis verkoop het, “in the belief that a cultured life would change the family’s fortunes” (3528). Roberts het nie geweet daar bestaan ‘n plek soos Novosibirsk toe sy in 2015 oor klaviermusiek begin lees het nie (515).

Dit was nodig om hierdie klavier drie maande lank in Novosibirsk te restoreer voordat dit in Mei 2018 per pad op ‘n sleepwa, getrek met ‘n vragmotor, na Mongolië vervoer is. Giercke en Roberts het met die oog op die restourasie die nodige onderdele uit Duitsland bestel, asook “a system to stabilize humidity in order to protect the piano in the dry air of Mongolia” (4622). In Rusland is daar baie streng regulasies oor die uitvoer van waardevolle items soos klaviere. Hulle is ook nie toegelaat om die grenspos by Kosh-Agach te gebruik nie. Die klavier moes via Kiakhta, die enigste ander grenspos wat daar tussen die twee lande bestaan, vervoer word. Dit het ‘n 2 000 myl lange tog genoodsaak wat 8 dae in beslag geneem het (4632).

Terwyl Odgerel haar Grotrian-Steinweg-klavier bespeel het, “it was as if she were revealing the singing heart of the instrument” (4686). Roberts het tot die gevolgtrekking gekom “that people basically want the same thing: harmony, beauty, continuity” (4657). Dit is ‘n Europese perspektief. Roberts ken nie Afrika nie. Hier vind ‘n mens chaos in oormaat, baie wat lelik is en ‘n voorliefde vir revolusies.

Wat Roberts ontdek het, is dat daar hoë Westerse kultuur in Siberië is. “Tens of thousands of uprights were distributed into small towns, with piano factories even opening in Siberia, in Tyumen and Vladivostok” (1263; ook 788). “There is an ubandance of beautiful grand pianos in a bitterly cold town called Mirny – a fifties Soviet settlement enriched by the largest open-cast diamond mine in the world – and more than fifty Steinway pianos in a school for gifted children in Khanty-Mansiysk at the heart of Western Siberia’s oil fields. Such extravagances, however, are few and far between. What is more remarkable are the pianos dating from the boom years of the Empire’s nineteenth-century pianomania. Lost symbols of Western culture in an Asiatic realm, these instruments arrived in Siberia carrying the melodies of Europe’s musical salons a long way from the cultural context of their birth … The fact they survive stands as testimony to the human spirit’s need for solace. ‘Truly, there would be reason to go mad if it were not for music,’ said the Russian pianist and composer Pyotr Tchaikovsky [1840-1893]” (625). “Music was a way to keep the people’s spirits up” (3309).

Vir Roberts was daar ook teleurstellings, byvoorbeeld waar myne gesluit en baie van die inwoners weggetrek het. In die verre noordooste, “in Kadykchan [Kolyma], the only remnants of music were broken pianos in a practice room in the town’s abandoned school, the instruments’ innards strewn about the floor” (3278). “In a garage there was an upright piano stored with rotting rubber gas masks; another in a disused cinema; and an ill-sounding Red October … in a music school” (3289). Haar troos is die Grotrian-Steinweg-klavier: “[It is] the only piano of its kind in Mongolia … [It] continues to sing with one of the most beautiful voices I ever heard in the two years of searching” (4679).

Daar is diegene wat ‘n Siberië onafhanklik van Wes-Rusland begeer (1672 – kyk “Siberian Republic,” Wikipedia). In Rusland is daar baie gebiede wat in wisselende mate outonomie geniet, soos die Joodse Outonome Oblast in Siberië, met Birobidzhan as die administratiewe sentrum. Roberts verwys hierna (4581). Ek het voorheen daaroor geskryf (Praag 8.01.2017). Die outeur van die Kongo-roman, Heart of darkness (1899 – Praag 27.04.2019), die Pool Joseph Conrad (1857-1924), het nasionalisme in sy moederland as “not so much alive as surviving” gekarakteriseer (1820). Dit is myns insiens ook die geval met Afrikanernasionalisme.

Sedert 1994 voel dit vir my asof Afrikaners kultureel nie meer plase besit nie; selfs nie eens huise met tuine nie. Ons word kultureel tot klein woonstelletjies ingeperk en spreekwoordelik toegelaat om net ‘n paar potplante op ons balkonne te hê. Dit is dan wanneer die uitgestrekte en dun bevolkte Siberië met sy etniese minderheidsgroepe en relatiewe outonomie na ‘n aantreklike opsie vir die vestiging van ‘n Afrikanertuisland begin lyk. In Siberië kan daar plekke wees wat minder onherbergsaam as Pategonië is.

VS-verkiesing: het swart amptenare in 4 state die stem gekook?

Die legitimiteit van die Amerikaanse verkiesingstelsel het ‘n geweldige knou gekry. Trump verwerp die uitslag en ‘n bekende ontleder skryf in ‘n nuusbrief dat al vyf state waar die tellery vir 3 ure gestaak is en Biden daarna “wonderbaarlik” alle bykomende stemme ontvang het oor Demokratiese goewerneurs beskik. Die groot stede in ten minste vier van daardie state beskik oor groot swart meerderhede, asook swart kiesbeamptes wat die stemme getel het, iets wat op Twitter tot die volgende kommentaar gelei het:

Die klimaat rondom die uitslag van die Amerikaanse presidentsverkiesing gaan steeds agteruit. Beskuldigings van bedrog deur die Trump-groep duur voort as gevolg van die vele onreëlmatighede in die stemming en tellery. Hierdie onreëlmatighede in die stemmerny is nie beperk tot die volgende nie: die onverklaarbare staking van tellery in vyf state laat op die verkiesingsaand nie; die voortdurende en geheimsinnige “vondse” van groot hoeveelhede stembriewe wat oorweldigend – en in sommige gevalle uitsluitlik – ten gunste van Biden was; “rekenaarfoute” wat die rooi Republikeinse stemme laat kantel het ten gunste van blou demokratiese stemme; mense wat opdaag om persoonlik te stem, net om te hoor dat hulle reeds gestem het hoewel hulle nooit ‘n afwesige stembriefie aangevra het nie; Demokraties beheerde state wat toegang tot Republikeinse waarnemers beperk, selfs in weerwil van eksplisiete hofbevele; ens.

En hoewel sulke ernstige vrae nie beantwoord word nie, het ‘n lid van Joe Biden se veldtogspan op Vrydag 6 November die toon aangegee. Andrew Bates – ook ‘n woordvoerder van die Demokratiese kandidaat – het op die beskuldigings van bedrog deur die Trump-span gereageer deur te sê dat indien Donald Trump sou weier om die nederlaag toe te gee, daar geen probleme sou wees om die “indringers” uit die Withuis te “verdryf” nie:

“Die Amerikaners sal die uitslag van hierdie verkiesing beslis. (…) Die Amerikaanse owerhede kan die indringers uit die Withuis verdryf.”

Benewens die vele vermoedens van bedrog wat die Republikeinse kamp vir etlike dae geopper het, is vandeesweek ook deur geweld en intimidasie gekenmerk. Vanaf verlede Dinsdag het groot betogings in Washington voor die Withuis uitgebreek. ‘n Paar dae voor die verkiesing het die hoofstad homself heeltemal afgesper, uit vrees vir groot onluste. Betogings in Seattle en Portland was ook gewelddadig. In laasgenoemde stad, die hoofstad van Oregon, waar Joe Biden heel ver gewen het, het betogers gewapen met aanvalsgewere opgeruk en Amerikaanse vlae gebrand.

Trump het reeds daarop gewys dat Biden ondersteun word deur “spesiale belangegroepe” wat bevestig dat Biden se donateurs hoofsaaklik uit beleggingsbankiers, tegnologiereuse en mediamaatskappye bestaan. Terwyl Biden deur 47 groot Amerikaanse koerante onderskryf is, kon Trump net op 7 kleiner firmas reken. Ook het Twitter die president se twiets oor onreëlmatighede by die stemmery aktief beperk. Daar is verhoed dat enigeen van sy twiets kon hou en dit te hertwiet. Ander twiets van Trump is met waarskuwingsetikette uitgereik, wat deur Twitter aangebied is as hul “veiligheidsbeleid”.

Dit is dus nie verbasend dat die media Biden as die wenner verklaar het nie. Maar soos Trump-prokureur Rudy Giuliani Saterdag in Philadelphia voor die pers opgemerk het: “Die media besluit nie wie president is nie.”

“Op nasionale vlak was die grootste donateurs van ons opponente Wallstraatbankiers en spesiale belangegroepe,” het Trump gesê: “Ons donateurs was polisiebeamptes, boere, alledaagse burgers.” Die bydraes van die Trump-veldtog kom hoofsaaklik van Amerikaners uit die werkers- en middelklas, van gewone mense soos bestuurders, konstruksiewerkers, masjiniste, boere en loodgieters.

Aangesien 2020 verreweg die duurste federale verkiesing in die geskiedenis van die Verenigde State was, het die Demokrate boonop byna twee tot een meer as die Republikeine bestee. In 2012 en 2016 was die besteding nog eweredig gebalanseer tussen die twee partye, volgens gegewens wat deur OpenSecrects.org opgestel is.

President Donald Trump het intussen ‘n verklaring uitgereik oor die verkiesingsuitslag van die 2020-verkiesing wat deur die pro-Biden-media uitgeroep is.

“Ons weet almal waarom Joe Biden haastig is om hom valslik as die wenner voor te stel, en waarom sy media-bondgenote hom so hard probeer help: hulle wil nie hê dat die waarheid blootgelê moet word nie. Die eenvoudige feit is dat hierdie verkiesing nog lank nie verby is nie. Joe Biden is nie as die wenner van enige state gesertifiseer nie, wat nog te sê van enige van die hoogs betwiste deelstate wat op pad is na verpligte hertellings, of state waar ons veldtog geldige en wettige regsgedinge het wat die uiteindelike oorwinnaar kan bepaal. In Pennsilvanië, byvoorbeeld, is ons wettige waarnemers nie betekenisvol toegelaat om die telproses waar te neem nie. Wettige stemme besluit wie president is, nie die nuusmedia nie.

“Maandag begin ons proses om ons saak in die hof te bring om te verseker dat die wette van die verkiesing ten volle gehandhaaf word en dat die regmatige wenner aangewys word. Die Amerikaanse volk is geregtig op ‘n eerlike verkiesing: dit beteken dat u alle wettige stembriewe moet tel, en geen onwettige stembriewe moet tel nie. Dit is die enigste manier om te verseker dat die publiek die volle vertroue in ons verkiesing behou. Dit bly skokkend dat die Biden-veldtog nie met hierdie basiese beginsel wil saamstem nie en dat hulle meen die stembriewe getel moet word, selfs al is dit bedrieglik, vervals of onregmatig of behorende aan oorlede kiesers. Slegs ‘n party wat verkeerd optree, sal waarnemers onwettig uit die telkamer hou — en dan in die hof veg om toegang daartoe te weerhou.

“Wat steek Biden dan weg? Ek sal nie rus voordat die Amerikaanse volk die eerlike stemme het wat hulle verdien en wat die demokrasie vereis nie. ”

Die verklaring is uitgereik terwyl Trump by sy klub in Virginia gholf gespeel het.

 

Leon Lemmer: Oor Het Jan Marais Nationale Fonds en die Universiteit Stellenbosch

Onlangs is ‘n verslag gepubliseer van ‘n onderhoud wat Murray La Vita met Erna Meaker gevoer het (Netwerk24, 21.10.2020). Meaker is die nuwe voorsitster van die trustees van Het Jan Marais Nationale Fonds (HJMNF). Soos deesdae by universiteitsrade word daar geredeneer dat die voorsitter (verkieslik) ‘n beleggingskundige moet wees. Die wese van ‘n universiteit en van HJMNF word daarmee tot dié van ‘n sake-onderneming gereduseer. In werklikheid is dit in albei gevalle wenslik – en in die hedendaagse Suid-Afrika noodsaaklik – dat die voorsitter verskynsels soos kultuur, politiek, ideologie en propaganda grondig moet verstaan. Wanneer dit nie die geval is nie, soos tans by twee Stellenboschse instansies, HJMNF en die Universiteit Stellenbosch (US), raak hulle die spoor byster.

Meaker noem dat haar man, Paul, ‘n kleinseun van Paul Sauer is. Haar pa, Dirk Hertzog, het saam met Anton Rupert die Rembrandt-groep gestig. Die Afrikaanse taalstryder, JHH de Waal, was haar ma se broer. Haar oupa was die oudste broer van JBM Hertzog. Daar is ook ‘n familieverwantskap met (Onze) Jan Hendrik Hofmeyr. Met Meaker se afkoms is daar nie fout te vind nie. Haar en haar man se voorgeslag was behoudende Afrikaners en dus pro-Afrikaans. Maar sy noem dat haar broer, Edwin Hertzog, die medestigter van MediClinic is. As voorsitter van die US-raad het hy myns insiens sy afkoms versaak en ‘n leidende rol in die verengelsing van die universiteit gespeel.

Soos die mode by Afrikaansinstansies en heeltemal te veel Afrikaanssprekendes geword het, is Meaker nie bereid om vir Afrikaans te baklei of veg nie; blykbaar selfs ook nie om haar daadwerklik (of militant) vir Afrikaans te beywer nie. Afrikaans moet glo nie in mense se kele afgedruk word nie, al is dit presies wat die ANC-regime doen en ook Wim de Villiers aan die US. Meaker toon dat sy eintlik glad nie afdoende begrip het vir die benarde situasie waarin Afrikaans verkeer nie. Dit maak haar, om dit sag te stel, minder geskik om as ‘n HJMNF-trustee te dien, om van die voorsitterskap nie te praat nie.

‘n Onomstootlike vereiste waaraan ‘n HJMNF-trustee moet voldoen, is dat hy/sy die wil van Johannes (Jan/Jannie) Henoch Marais (1850-1915) so getrou moontlik moet uitvoer. Jan Marais het die aanvangskapitaal van £40 000 vir HJMNF bemaak. Hy het ook £100 000 vir Het Jan Marais Fonds (HJMF) nagelaat, wat in 1918 die stigting van die US moontlik gemaak het. Marais was ‘n ondersteuner van JBM Hertzog. Albei was onmiskenbaar sterk pro-Afrikaner en pro-Afrikaans. Ná sy dood is Marais in De Kerkbode ‘n “Afrikaander van den ouden, echten stempel” genoem. Dit is die twee ononderhandelbare vereistes waaraan iedere voorsitter en trustee van sowel HJMNF as HJMF moet voldoen: onmiskenbaar Afrikaner en Afrikaans.

La Vita het die onderhoud met Meaker in haar hoedanigheid as die nuwe HJMNF-voorsitster gevoer. Sy het die feit opgehaal dat Edwin Hertzog haar broer is. In die konteks van die onderhoud was dit noodsaaklik dat sy haar baie duidelik van haar broer se ondersteuning van die verengelsing van die US moes gedistansieer het. Onderaan die artikel het ek op Netwerk24 soos volg gereageer: “Erna Meaker se broer, Edwin Hertzog, het ‘n leidende rol in die verengelsing van die Universiteit Stellenbosch gespeel. Volgens Pieter Kapp se boek, Maties en Afrikaans (2013), was Hertzog se standpunt dat Afrikaans ‘nie die voorwaarde vir die voortbestaan van die US [is] nie’ (bl 114) en dat die stigtingsbeginsel van Jan Marais dat Afrikaans nie ‘n mindere plek as Engels aan die US moet inneem nie, ‘nie van bepalende belang [is] nie’ (bl 164).” Met ander woorde, Edwin Hertzog het hom aangematig om Marais se stigtingsvoorwaarde vir die US te minag. Dit is ‘n standpunt wat iedere HJMNF- en HJMF-trustee as absoluut onaanvaarbaar en oneties moet verwerp. Maar Meaker het dit nie in die onderhoud gedoen nie.

Billikheidshalwe moet ek noem dat Meaker in hierdie opsig ‘n tradisie voortsit wat ongelukkig in onlangse jare by HJMNF wortel geskied het. Haar voorganger as voorsitter was Niel Krige, ‘n US-dosent, en vóór hom Andreas van Wyk (US-rektor 1993-2001). By geleentheid het ek met Van Wyk op LitNet swaarde gekruis omdat hy my verkwalik het toe ek vir Wim de Villiers oor sy voorkeur vir Engels gekritiseer het. Christo Viljoen (US-viserektor 1993-1998) was baie meer uitgesproke as Van Wyk in sy kritiek op De Villiers. As oudrektor het Van Wyk vir De Villiers as rektor skynbaar te veel gerespekteer, al moes hy in sy hoedanigheid as HJMNF-voorsitter dit glad nie gedoen het nie.

Waarvoor Van Wyk nie genoeg begrip toon nie, is die kardinale fout wat die US tydens sy ampstermyn as rektor gemaak het toe Engels naas Afrikaans as onderrigtaal gevestig is. Dit was heeltemal onnodig om dit ten behoewe van blanke studente te doen. Dit was ook absoluut ongewens om Engels as onderrigtaal uit te bou om soveel moontlik nieblanke studente te trek. Dit is nie om akademiese redes gedoen nie maar om die ANC-regime ter wille te wees. Dit het as direkte gevolg gehad dat die US sedertdien al hoe meer verengels en verswart het. Deur die wêreldtaal Engels naas Afrikaans as onderrigtaal in te voer, bring op die lange duur noodwendig die verswelging van Afrikaans mee. Dit is wat aan al die eens Afrikaanse en (latere) tweetalige plaaslike universiteite gebeur het. Dit is ook wat aan al die plaaslike Afrikaanse skole gebeur as hulle Engels as onderrigmedium toelaat.

Suiwer akademies-wetenskaplik is daar geen afdoende rede in die hemel of op die aarde waarom die US nie met ‘n enkele onderrigtaal, naamlik Afrikaans, kon voortgaan nie. In sy aanvangsdekades was dit vir die US ‘n stryd om Engels met Afrikaans as onderrigmedium te vervang omdat twee onderrigtale talle probleme in die praktyk veroorsaak. Die meeste universiteite het net een onderrigtaal. As ‘n student aan ‘n universiteit wil studeer, moet hy by daardie onderrigtaal aanpas. Daar behoort nie van die universiteit verwag te word om by die student se voorkeurtaal aan te pas nie. Die (swart) studente wat die ANC-regime vir onderrig in geneeskunde na Kuba stuur, word verplig om in Spaans te studeer, al is Spaans (feitlik) van nul en gener waarde in Suid-Afrika. Sulke studente behoort eerder verplig te word om Afrikaans magtig te word omdat dit ‘n nuttige kommunikasiemiddel in Suid-Afrika is. Dit is baie goedkoper om in Afrikaans in Suid-Afrika te studeer as in Spaans in Kuba.

Die slinkse ANC-regime subsidieer net een onderrigtaal aan ‘n universiteit. Deur Engels naas Afrikaans as onderrigtaal in te voer, het die US homself in ‘n kryptangsituasie laat beland. Die persepsie het ontstaan – nie sonder rede nie want die ANC-regime is wat hy is – dat Engelsonderrig deur die staat gesubsidieer word en dat die US self fondse vir Afrikaansonderrig moes vind. Dit het die misleide Willie Esterhuyse in 2007 genoop om “die ryk Afrikaners [te] veroordeel omdat hulle nie geld vir onderrig deur Afrikaans wou voorsien nie” (Kapp bl 158). Op sy kenmerkende manier soek Esterhuyse die fout by Afrikaners en nie by die ANC-regime nie. Daar behoort eerder geredeneer te word dat Afrikaans die US-onderrigmedium is wat van owerheidsweë gesubsidieer behoort te word en nie Engels nie.

Die ampstermyne van Chris Brink (2002-2007), Russel Botman (2007-2014) en Wim de Villiers as US-rektor is deur toenemende en versnelde verengelsing gekenmerk. Reeds in 2002 het HJMNF-trustees dit oorweeg om steun aan die US in te kort omdat Brink die US-onderrigtaal ondergeskik aan sy diversiteitsbeleid, oftewel transformasie, gemaak het. Teen 2004 het HJMNF sy naam gestand gedoen toe besluit is om sy bevordering van Afrikaansbelange oor die land as geheel te versprei. Minder geld sou dus voortaan na die US gekanaliseer word.

Wim de Villiers het op 1 April 2015 sy dienstermyn begin. 30 Mei 2015 was die honderste herdenking van die dood van Jan Marais. Die US het amptelik niks gedoen om erkenning hieraan te gee nie. Dit is aan HJMNF oorgelaat om ‘n kranslegging by Marais se graf te doen en ‘n huldigingsbyeenkoms in Marais se eertydse huis by Coetzenburg te hou. By daardie geleentheid is eksemplare van Pieter Kapp se pragboek, Nalatenskap sonder einde: Die verhaal van Jannie Marais en die Marais-broers,(2015, 216p – Praag 25.11.2015) aan die genooide gaste uitgedeel. Dit was uitsluitlik ‘n HJMNF-inisiatief. Die US het amptelik niks in hierdie verband gereël nie.

Op 12 November 2015 het De Villiers sy voorstel vir die verengelsing van die US uitsluitlik in Engels aan die US-senaatslede gestuur. George Steyn, wat sedert 2012 die voorsitter van die US-raad is, het hom aanvanklik (in ‘n mate) teen De Villiers se verengelsingsinisiatiewe verset. Daar was meer onlangs ook tekens van wrywing tussen Steyn en De Villiers oor die aanwysing van Edwin Cameron as US-kanselier. As gay- en vigsaktivis en ANC-kameraad kan Cameron myns insiens kwalik as ‘n geskikte rolmodel vir (alle) studente beskou word. De Villiers smeek eintlik om kortgevat te word, maar die US-raadslede is oorwegend ANC-gesind, onder meer omdat die getal raadslede wat deur die minister van hoër onderwys aangewys word tydens De Villiers se ampstermyn van drie tot die maksimum van vyf (as ek reg onthou) vermeerder is. Daardie minister is Blade Nzimande, die sekretaris-generaal van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party. Die US-raadsamestelling verduidelik (dalk) ook waarom De Villiers se ampstermyn as rektor sonder meer vir ‘n verdere vyf jaar verleng is. By De Villiers se uittrede op 31 Maart 2025 sal Afrikaans hoogswaarskynlik glad nie meer as ‘n US-onderrigtaal bestaan nie. Marais se hoop op ‘n kosbate Afrikaner- en Afrikaansnalatenskap aan die US sou dan volledig vernietig wees. Dit is kwalik moontlik om te glo in watter mate Suid-Afrika en daarmee saam die US sedert 1994 ontaard het.

Die mate waarin die De Villiers-US die US-stigtingskenker geminag, het nie net in 2015 duidelik geblyk nie, maar selfs in groter mate tydens die US-eeufees in 2018. De Villiers het, sover bekend, hom toe nooit eens verwerdig om Marais se uitdruklike stigtingsvoorwaarde, dat Afrikaans nie ‘n mindere plek as Engels aan die US mag beklee nie, in die openbaar te noem nie. Ek verkwalik HJMNF-trustees dat daar van hulle kant in die openbaar geen luide beswaar teen De Villiers se swye opgeklink het nie. Dit is ‘n onverteerbare onreg wat die De Villiers-US die Marais-nalatenskap aangedoen het. Waarmee die US, wat Afrikaans betref, veral sedert 2002 besig is, is fundamenteel oneties. Elizabeth Marais (1867-1953), Jan Marais se eggenote, was ná sy dood bykans vier dekades lank intens meelewend by die US betrokke. In minder as ‘n halfeeu ná haar dood het drie US-rektore van 2002 af agtereenvolgend gepoog om Jan Marais se Afrikaans- en Afrikanernalatenskap te vernietig. Sulke gedrag dui op baie dik ANC-gedienstige velle. Tydens Marais se begrafnis is by sy graf gesê: “Stellenbosch zou haar rechterhand moeten vergeten als het vergeten zou wat Jan Marais voor haar was.”

Sedert die dood van Jan Marais is dit die dure plig van HJMNF-trustees om volgens sy wense namens hom te praat en te handel omdat hy dit nie meer self kan doen nie. Hulle (relatiewe) onaktiwiteit in hierdie opsig, hulle onwilligheid om (kompromisloos) vir Afrikaans te veg, het nie by Meaker begin nie. Dit kom al ‘n lang pad. Dit is onverskoonbaar. Deel van die probleem is dat mense wat US-personeellede was of is, as trustees aangestel word. Veral sedert 1994 beteken dit dat so ‘n trustee twee here met uiteenlopende belange probeer dien – een wat al hoe meer Engels- en die ander wat Afrikaansgeoriënteerd is. Dit is onmoontlik om aan die wense van sowel Wim de Villiers as Jan Marais te voldoen. Die oplossing is dat besluit moet word dat geen trustee voortaan ‘n US-personeellid mag wees nie. HJMNF moet heeltemal onafhanklik van die US hervestig word.

Dieselfde behoort met die ander Marais-fonds, Het Jan Marais Fonds (HJMF), te gebeur. Volgens Marais se voorskrifte moet HJMF nege en HJMNF ses trustees hê. Aanvanklik was daar ‘n groot mate van oorvleueling; dus dat trustees van die een ook trustees van die ander fonds was. Mettertyd het HJMF heeltemal in die US-administrasie versand geraak en uit die openbare oog verdwyn. Oor die HJMF skryf Pieter Kapp in sy boek oor Jan Marais: “Die fonds het sy onafhanklikheid van die US afgestaan en sy rekening by Nedbank gesluit en dit na die US se interne rekening oorgeplaas” (bl 175). Kapp kon nie vasstel wie toe HJMF-voorsitter was nie, om van wie die ander agt trustees was nie te praat nie.

In die lig van die minagting wat Marais deesdae in US-geledere te beurt val, is dit (hoogs) onwaarskynlik dat die US steeds HJMF volgens Marais se voorskrifte bestuur en administreer. Hoe vollediger die verengelsing, des te minder die reg van die US om finansiële voordeel uit HJMF te trek. Dit is myns insiens die dure plig van HJMNF-trustees om HJMF uit die kloue van die US te bevry en sorg te dra dat dit heeltemal vry van US-beïnvloeding bestuur en geadministreer word. Dit is onwaarskynlik dat die US sy Marais- neseier vrywillig sal afstaan. Dan behoort HJMNF-trustees die moed van hulle oortuiging te hê om met regsoptrede HJMF heeltemal onafhanklikvan die US te maak. Dit verg bereidwilligheid om te baklei vir wat reg is; iets waarvoor Meaker klaarblyklik nie kans sien nie.

Die US het uit die Victoria Kollege ontstaan. In die eerste helfte van die vorige eeu het die US die moeisame pad van ‘n oorwegend Engelse na ‘n Afrikaanse inrigting geloop. In die nuwe Suid-Afrika het die US terugwaarts beweeg en doelbewus direk teen die wense van Jan Marais in ‘n oorwegend Engelse inrigting geword. By die huidige US-bewind weeg die wense van die ANC-regime swaarder as dié van Marais. Maar dit is (ten minste teoreties) moontlik om die US te hertransformeer deur te herhaal wat voorheen vermag is; dus om die US van sy huidige oorwegend Engelse opset te hervorm totdat dit weer ‘n oorwegend – verkieslik uitsluitlik – Afrikaanse inrigting word. Wanneer dit bewerkstellig is, kan die twee Marais-fondse hulle verbintenis, ooreenkomstig die wens van Jan Marais, met die US hernu. In die voorsienbare toekoms behoort die Marais-fondse hulle egter baie duidelik van die US te distansieer. Dit is immers wat Jan Marais (ongetwyfeld) sou gedoen het.

Michael le Cordeur is sedert 2012 ‘n HJMNF-trustee. Hy sorg dat hierdie trustees op diversiteit of multikulturaliteit aanspraak kan maak. Daar is drie redes waarom Le Cordeur nie ‘n trustee moet wees nie: Hy is nie pro-Afrikaner en pro-Afrikaans nie (wel pro-Kaaps) en hy is ‘n US-dosent. Weens die hedendaagse ontaarding van Afrikaansinstansies het Le Cordeur al as raads- of direksielid of trustee in die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA), die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) en die Afrikaanse Taalraad (ATR) gedien. Hy was selfs die ATR-voorsitter en die onder-voorsitter van Rachel’s Angels, waar net nieblankes engelstatus kan verwerf. In die nuwe Suid-Afrika is dit ‘n oorbekende situasie: Geen instansie mag eksklusief blank wees en op grond van ras of kleur diskrimineer nie. Maar eksklusief nieblanke of swart instansies, wat blatant teen blankes diskrimineer, word onder die vaandel van “regstelling” of transformasie as heeltemal in orde beskou. Dink in hierdie verband ook aan die DAK (Doman, Autshumao, Krotoa) -netwerk. As uitgesproke ANC-kameraad het Le Cordeur geen probleem hiermee nie.

Oor die ontaarding van Afrikaansinstansies het ek al dikwels geskryf. Ontaarding is al dermate die geval dat talle van hulle, soos die SBA, ATKV, ATR en DAK, weens hulle verknogtheid aan en vertroeteling van Engelsbesoedelde Kaaps en hulle afwysing, of ten minste skeptisisme, oor Standaardafrikaans, in werklikheid die ondergang van Afrikaans bevorder. Sedert die diensaanvaarding in Junie 2016 van ‘n ANC-aktivis, Michael Jonas, as die uitvoerende hoof van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM), geld dit ook in buitensporige mate vir die ATM. In hierdie twee tradisioneel Afrikaanse heiligdomme in die Paarl het sowel Afrikaans as die blanke personeellede bedreigde spesies geword. Hierdie situasie het die blanke museumkuratrise, Chantelle de Kock, onlangs genoop om oor die inwyding van die Taalmonument in 1975 te beweer dat “die meeste sprekers van Afrikaans nie toegelaat is om dit by te woon nie” – volgens Izak de Vries se verslag (LitNet, 13.10.2020). Le Cordeur het voorheen (doelbewus) valslik beweer dat hy nie toegelaat is om die monument-inwyding by te woon nie.

Op De Kock se bewering het ek op 13 Oktober soos volg gereageer: “Chantelle de Kock, die kurator van die Afrikaans Museum, beweer ‘dat die opening van die Taalmonument 45 jaar gelede omstrede was omdat die meeste sprekers van Afrikaans nie toegelaat is om dit by te nie.’ Dit is inderdaad so dat die oorgrote meerderheid Afrikaanssprekendes, wit en bruin, nie by daardie gebeurtenis teenwoordig was nie. Maar wat sy waarskynlik bedoel, is dat bruin mense nie by die opening toegelaat is nie. Dit word egter weerspreek in ‘Die Afrikaanse Taalmonument: Van konsep tot gestalte,’ ‘n publikasie wat op die ATM-webwerf beskikbaar is. ‘Verskeie bruin skrywers en verteenwoordigers van ander sektore van die bruin gemeenskap [is] genooi en ‘n beduidende aantal van hulle, asook groot getalle bruin skoolkinders, het die verrigtinge bygewoon’ (bladsy 8).” As skoolkind kon Le Cordeur dus, as hy wou, die gebeure eerstehands ervaar het.

Op 15 Oktober het Leopold Scholtz soos volg op De Kock se bewering gereageer: “As ek reg onthou, was daar wel deeglik ‘n kleinerige groep Afrikaanse bruin mense by die opening van die Taalmuseum* teenwoordig.” Scholtz het dit nodig gevind om ter wille van die waarheid te reageer omdat my bostaande kommentaar aanvanklik teruggehou is en eers na verloop van sowat ‘n week gepubliseer is. By LitNet is dit geykte praktyk om lesersreaksies voor publikasie te “modereer”. Dit kan die weiering van publikasie insluit. ‘n Mindere vorm van sensurering is om kommentaar waarvan LitNet nie hou nie, dae lank terug te hou en dan by die oorspronklike datum te publiseer. Sulke kommentaar word dan min gelees omdat baie LitNet-lesers net van die jongste lesersreaksies kennis neem.

[* Die monument teen Paarlberg en die museum in Pastorielaan in die Paarl is op dieselfde dag, 10 Oktober 1975, ingewy.]

Ek vra my af: Waarom is Scholtz se kommentaar dadelik gepubliseer en myne, wat wesenlik dieselfde sê, word dae lank teruggehou? Kan dit geregverdig word as ‘n meningsforum, soos LitNet, wegskram van die waarheid? Des te meer as onthou word dat LitNet destyds geloods is met die voorneme dat sensuur vir hom uit die bose sou wees. In die huidige geestesklimaat kan sensuur die heil van Afrikaans en die beeld van Afrikaners ernstig benadeel. Dit is byvoorbeeld heeltemal moontlik dat die ATM-opset tans sodanig is dat die webwerfpublikasie waarna ek hierbo verwys, onttrek of aangepas kan word. Dit sou ‘n vervalsing van die geskiedenis wees.

Ek kom reeds ‘n baie lang pad met LitNet maar sy sensuurbeleid, wat sekerlik periodiek verander, kon ek nog nooit deurgrond nie. Op dieselfde dag, 13 Oktober, toe ek bogenoemde kommentaar oor die De Kock-uitlating geskryf het, het ek in ‘n ander reaksie veel meer fundamentele kritiek op die ATM uitgespreek. Ek het verwag dat my teks moontlik deur LitNet teruggehou of geweier sou word, maar tot my verbasing is dit dadelik gepubliseer. Dit gee ‘n (realistiese) beeld van die toestand waarin die ATM verval het maar wat skynbaar geen kommer hoegenaamd by ander Afrikaansinstansies wek nie. My kommentaar op De Vries se artikel lui soos volg:

“Daar word beweer dat die ATM-raad van agt lede verteenwoordigend van Afrikaanssprekendes is. Maar daar dien net een of twee wit mense in hierdie raad. Is dit verteenwoordigend? Op die ATM-webwerf is daar ‘n foto van die personeel. Daar is blykbaar net enkele wit mense. Is dit verteenwoordigend? Kyk na die teks en foto’s [in De Vries se artikel] hierbo. Wit mense is die uitsonderings. Is dit naastenby ‘n spieëlbeeld van Afrikaanssprekendes? My indruk is dat wit mense (doelbewus) deur die ATM gemarginaliseer word. Is dit deel van die dekolonisering van Afrikaans waarvan Elvis Saal [die voorsitter van die ATM-raad] melding maak? Is dit taalkundig sinvol om Christo van Rensburg se stelling te herhaal dat Afrikaans ‘n halfeeu voor 1652 ontstaan het, of behoort ons ons eerder af te vra of dit nie (bloot) ‘n uitdrukking van politieke byderwetsheid is nie? Wit mense het ongetwyfeld die grootste bydrae tot Afrikaans gelewer en hulle is sekerlik die lojaalste ondersteuners van Afrikaans. Die artikel hierbo wek ‘n heeltemal ander indruk.” Verwys ook Johannes Comestor se artikel: “Afrikaans: Vind daar onteiening plaas?” (LitNet 25.08.2020).

LitNet en Rapport is die publikasies wat Kaaps as geradbraakte Afrikaans in die grootste mate bevorder en natuurlik ook Son, wat, anders as sy Engelse eweknie, in die Wikipedia beskryf word as ‘n “mixed Afrikaans-language South African tabloid.” Son is nie op Netwerk24 toeganklik nie. Hopelik dui dit daarop dat Naspers/Media24 hom darem in ‘n mate van Son distansieer. Maar behoort hierdie instansies en almal wat belang by Afrikaans het nie ernstig te besin oor hoe Engelsbesoedelde taalgebruik die toekoms van Afrikaans saboteer nie? Behoort HJMNF ‘n instansie soos die SBA finansieel te ondersteun? HJMNF se skenkings aan die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) is meer sinvol.

Die mate waarin Le Cordeur en LitNet saamspan om Kaaps te bevorder, blyk byvoorbeeld uit ‘n onlangse artikel deur Le Cordeur: “‘n Strategie vir die insluiting van Kaapse Afrikaans by die formele skoolkurrikulum” (LitNet 19.10.2020). Ek het op 22 Oktober die volgende (redelike/gematigde) kommentaar daarop na LitNet gestuur, maar op 1 November was daar nog geen aanduiding dat dit gepubliseer sou word nie.

“Soos dikwels voorheen is Michael le Cordeur beswaard oor die stigmatisering van Kaaps. Hy beklemtoon graag dat Kaaps ‘n gelykwaardige variëteit van Afrikaans is. Wat hy nie verreken nie, is die groot Engelskomponent in Kaaps. In hierdie opsig is Kaaps nie net sulke goeie Afrikaans soos die ander variëteite nie – veral nie so gesuiwer van onnodige Engels soos Standaardafrikaans nie. Engelsbesoedelde Kaaps stel ‘n slegte voorbeeld wat al hoe meer deur ander Afrikaanssprekers nagevolg word. Die uiteinde kan wees dat Afrikaans as ‘n taal wat duidelik van Engels onderskeibaar is, tot niet gaan. Kaaps kan nie gestandaardiseer en as ‘n skoolonderrigtaal erken word terwyl enige Engelse woord deel van sy woordeskat is nie. Wat nodig is, is dat alle Kaapssprekers en alle ander Afrikaanssprekers aangemoedig word om hulle taal van onnodige Engelsinvloed te suiwer. As in Kaaps op sy nie-Engelse taaleie gekonsentreer word, kan die stigma beëindig, dit makliker gestandaardiseer en ‘n erkende skoolonderrigtaal word. Die voortbestaan van Afrikaans sal dan veel beter gedien word as wat tans die geval is.” Op grond waarvan sou die LitNet-redaksie dink dat lesers teen hierdie opmerkings beskerm moet word?

Die lakmoestoets vir ‘n Marais-fondstrustee is of hy/sy Jan Marais se wens, dat Afrikaans nie ‘n mindere plek as Engels aan die US mag beklee nie, onderskryf. In hierdie opsig het Le Cordeur homself gediskwalifiseer. Hy het onomwonde verklaar dat die verengelsing van die US by hom “geen hartseer” wek nie (LitNet 13.11.2015). Daar kan geen twyfel wees dat so ‘n houding lynreg teen Jan Marais se wense ingaan nie. Die beginsel wat Marais vir sy befondsing van die US neergelê het, behoort ook vir skole te geld. Net skole wat eentalig of hoofsaaklik Afrikaans is, behoort deur HJMNF finansieel ondersteun te word. Skole behoort vooraf deur HJMNF gewaarsku te word dat sodra Engelsonderrig groter afmetings as Afrikaansonderrig aanneem, sy finansiële ondersteuning beëindig sal word. Op hierdie manier sal die heil van Afrikaans ten beste gedien word.

Maar ook in hierdie opsig ondermyn Le Cordeur die wense van Marais. In Le Cordeur se boek, Halala Suid-Afrika (2019 – Praag 4.04.2020), is daar ‘n artikel met die opskrif: “Is ons ‘n hindernis vir hulle wat wil leer?” (bl 72-76), wat op 6 Desember 2009 in Rapport gepubliseer is. Daarin verkondig Le Cordeur die ANC-regime se beleid waarvolgens skole rasgeïntegreerd moet wees. Dit beteken in die praktyk onder meer dat skole eentalig Engels maar nie eentalig Afrikaans mag wees nie. Engelse skole sluit glo niemand uit nie terwyl Afrikaans as onderrigtaal glo wel sommige leerlinge, veral swartes, uitsluit.

Le Cordeur verwys na die Hoërskool Ermelo wat van ‘n uitsluitlik Afrikaanse skool in ‘n tweetalige skool (Afrikaans en Engels) getransformeer is, met as bonus dat dit nou ook swart leerlinge het. Soos hier bo aangetoon, beteken dit dat die Hoërskool Ermelo spoedig/mettertyd oorwegend Engels en swart sal wees. Hierteen het sowel Le Cordeur as sy geliefde ANC geen beswaar nie. Dit is immers ook die pad wat die US en al die eens Afrikaanse universiteite met die seën van Le Cordeur en die ANC-regime loop.

Aan die begin van hierdie eeu was Le Cordeur ‘n omgangsinspekteur vir skoolonderwys in die Stellenbosch-omgewing. Die Laerskool AF Louw was ‘n eentalige Afrikaanse blanke model C-skool. Le Cordeur het voorgestel dat die skool begin om elke jaar in graad R 40 swart Engelse leerlinge in te neem, wat dan jaarliks na die volgende graad opskuif. Ná agt jaar sou daar agt swart Engelse klasse van graad R tot 7 wees. Teen die einde van 2009 het hy triomfantelik en oordrewe aangekondig: “Die leerlingtal het gestyg van 250 Afrikaanse leerders na 500 meertalige kinders. Afrikaanse leerders se Engels het drasties verbeter. En 250 Xhosa-kinders en hulle ouers [!] is nou Afrikaans magtig” (75). Hy noem dit ‘n “wen-wen oplossing” (74).

Uit die getal leerlinge kan afgelei word dat die skool in 2009 helfte wit (en bruin) en Afrikaans en helfte swart (en bruin) en Engels was. Le Cordeur vind dit wonderlik dat die druk op klaskamerruimte in die Primêre Skool Ikaya in die swart woonbuurt Kayamandi op hierdie manier verlig is. “‘n Slag [is] geslaan vir Suid-Afrika; meer nog vir Afrikaans. Deur konstruktief saam te werk met die owerhede is Afrikaanse onderrig aan AF Louw verseker” (75). Een van die redes wat Le Cordeur vir skooltranformasie aanvoer, is dat “so baie kinders met ‘n leë maag skool toe kom” (73). Hy verduidelik egter nie hoe die verengelsing en verswarting van die Laerskool AF Louw ‘n bydrae lewer om hierdie probleem op te los nie. Desnieteenstaande beweer hy dat almal met hierdie (briljante) voorstel van hom tevrede gestel is; dat almal gelukkig is (76).

Maar hoe lyk daardie skool deesdae, elf jaar later? Kyk op die skool se webwerf op die internet. Die skool is getransformeer van ‘n eens blanke skool na ‘n skool vir bruin en swart leerlinge. Van graad R tot 7 is daar drie klasse vir elke graad. Op elke vlak is daar een Afrikaanse en twee Engelse klasse. Met ander woorde, binne ‘n dekade het die Afrikaans/Engels-verhouding van helfte-helfte na tweederdes Engels en ‘n derde Afrikaans verander. Het Le Cordeur ‘n slag vir Afrikaans geslaan, soos hy in 2009 beweer het? Het die Le Cordeur/ANC-transformasie Afrikaansonderrig aan daardie skool verseker? Dit is vir my duidelik dat daardie skool dieselfde pad as ander eens Afrikaanse skole en universiteite loop; dat Afrikaans progressief uitgewis word. Dit toon weer eens dat Le Cordeur en die ANC-regime nie met blanke (veral Afrikaner- en Afrikaans-) belange vertrou kan word nie.

Die Laerskool AF Louw-sage toon nogeens dat Le Cordeur nie ‘n trustee van HJMNF behoort te wees nie. As opvoedkundige tree hy (in groot mate) as hekwagter op wanneer HJMNF oor finansiële ondersteuning aan veral (eens) bruin skole besluit. Omdat die Laerskool AF Louw deesdae oorwegend ‘n Engelse skool is, behoort dit nie (meer) deur HJMNF ondersteun te word nie. Die skole wat tradisioneel bruin en Afrikaans was, verengels baie vinniger as die tradisioneel Afrikaanse blanke skole. Dit is omdat bruines in (baie) groter mate as blanke Afrikaanssprekendes Afrikaansdislojaal is, insluitende die Moslems van byvoorbeeld die Bo-Kaap, wat deesdae polities byderwets maar verkeerdelik as die bakermat van Afrikaans verheerlik word. Die hedendaagse oorwig van Engels aan die Laerskool AF Louw is (waarskynlik) nie bloot aan die toeloop van swart leerlinge te wyte nie maar ook weens bruines wat toenemend verkies om in Engels skool te gaan.

Een van my medestryders vir Afrikaans het onlangs die volgende gedagte in die midde gelê: Is die bruines steeds die meerderheid Afrikaanssprekendes? Die antwoord hang deels af van of Kaaps as ‘n variëteit van Afrikaans of eerder (en myns insiens tereg) as ‘n tussen- of brouseltaal beskou word. Die punt is dat die stadium in die nie te verre toekoms bereik kan word dat blankes die meerderheid Afrikaanssprekendes sal wees. Juis daarom moet daar jaloers oor die idiomatiese gehalte, die wesenlik nie-Engelse aard, van Afrikaans gewaak word.

Op 21 Oktober 2020, die dag toe La Vita se onderhoud met Meaker gepubliseer is, het ek soos volg aan HJMNF geskryf: “Geagte mevrou Erna Meaker, Ek skryf na aanleiding van die koerantonderhoud met u wat vandag gepubliseer is. Ek het dit by meer as een geleentheid sonder sukses onder die aandag van u voorganger [Niel Krige] gebring dat dit vir my heeltemal onaanvaarbaar is dat Michael le Cordeur ‘n trustee van die JMNF is omdat hy hom oopenlik ten gunste van die verengelsing van die Universiteit Stellenbosch uitgespreek het. Iemand anders behoort as trustee vir byvoorbeeld kontak met skole vir bruines aangestel te word.”

Op 28 Oktober 2020 het HJMNF-sekretaresse, Henét de Villiers, soos volg aan my geskryf: “Beste Professor, Dr Michael le Cordeur lewer waardevolle insette as Trustee. Sy e-pos-adres is op die US se webblad. Ek stel voor dat u met hom u argwaan hanteer. Ongelukkig kan/gaan ons nie as tussenganger optree nie.” Argwaan is nogal ‘n groot woord vir ‘n sekretaresse om te gebruik. Agterdog of wantroue word bedoel. Dit is duidelik dat daar by HJMNF skynbaar geen of bloedweinig begrip is vir waaroor dit hier gaan. Dit is juis die Le Cordeur-insette wat met (groot) omsigtigheid benader behoort te word. Dit sou geen sinvolle doel dien as ek my besware privaat onder Le Cordeur se aandag bring nie. Dit is HJMNF-trustees wat standpunt moet inneem. Die bostaande uiteensetting kan hulle hopelik help om oor die rol van HJMNF te herbesin. Dit gaan by uitstek om Jan Marais se wense en die heil van Afrikaans.

Dit is die dure plig van HJMNF-trustees teenoor Jan Marais om nie, soos die Afrikaansinstansies wat ek hier bo noem, voorkeur aan byderwetse politieke oorwegings bo die belange van Afrikaans en die Afrikanerdom te gee nie. Hoekom voel dit vir my aljimmers asof ek ‘n stem roepende in die woestyn is? Dit is my oortuiging dat wat ek skryf kwalik sonder meer as bog verwerp kan word. Ek put my motivering om met die stryd ten behoewe van Afrikaans en die Afrikanerdom voort te gaan uit die volgende woorde van James Anthony Froude: “Even when a cause is lost utterly, and no rational hope remains, I will still go down, if it had to be so, with my spirit unbroken and my face to the enemy” (Praag 11.07.2020).

Amerikaanse Hooggeregshof beveel dat laat stembriewe in Pennsilvanië tersyde gehou en apart getel moet word

‘n Amerikaanse hooggeregshofregter het gelas dat die stembriewe in Pennsilvanië wat na die keerdatum van die verkiesingsdag ontvang is, afgesonder en apart getel moet word. President Trump het vroeër onreëlmatighede in die stemtelling beweer.

In ‘n tydelike bevel op Vrydag het die Amerikaanse hooggeregshofregter, Samuel Alito, beslis dat “alle verkiesingsrade” moet voldoen aan die riglyne van 28 Oktober en 1 November wat vereis dat alle stembriewe wat na 20:00 op die verkiesingsdag per pos ontvang word, “geskei moet word”. En geberg “in ‘n veilige en verseëlde houer, los van ander stembriewe.”

Laat stembriewe onderhewig aan die beslissing word dan “apart getel”, lui die bevel.

Terwyl die Demokrate Saterdag tot 14:00 (19:00 GMT) tyd het om op die besluit te reageer, kan die bevel dalk gesien word as ‘n simboliese oorwinning vir die veldtog van president Donald Trump, wat herhaaldelik beweer het dat die telproses met verskeie ongerymdhede besoedel is.

Trump se veldtog het Donderdag ‘n regsgeding aanhangig gemaak met die aantyging dat hul stemkontroleerders by ‘n tellingsentrum in Philadelphia verbied word.

Trump het self Pennsilvanië se verkiesingsbeamptes daarvan beskuldig dat hulle die fakkel vir die Demokratiese Party gedra het, en gesê dat “partydige Demokrate toegelaat het dat die stembriewe drie dae na die verkiesing ontvang word.”

 

Leon Lemmer: Afrikaners bestempel as onfatsoenlike mense

Andrew Harding, ‘n Brit, is sedert 1991 ‘n joernalis. Hy het eerstehandse kennis van baie lande, insluitende talle Afrika-lande. In 2009 het hy die BBC News se Afrika-korrespondent geword. Harding woon in Johannesburg. In 2018 is die volgende boek van hom gepubliseer: The mayor of Mogadishu: A story of chaos and redemption in the ruins of Somalia (298p, Kindle $13,79). Onlangs het nog ‘n boek van hom verskyn: These are not gentle people: A true story (Johannesburg: Picador Africa, 2020, 236p; Kindle $13,00). Hierdie boek is die onderwerp van hierdie rubriek. Normaalweg lees ek nie fiksie nie, veral nie speur- of misdaadverhale nie. In die nuwe Suid-Afrika het ons immers met ‘n oordaad misdaad te make. Daar is oorgenoeg berigte oor misdaad in die massa-inligtingsmedia. Hierdie boek is egter nie misdaadfiksie nie. Dit is op werklike gebeure gebaseer, soos in die newetitel aangedui.

Daar is rede om die BBC ideologies net so min soos die SABC te vertrou. In hierdie verband kan verwys word na die boeke van Robin Aitken, Can we trust the BBC? (2013, 181p; Kindle $14,16) en The noble liar: How and why the BBC distorts the news to promote a liberal agenda (2020, 237p; Kindle $11,49) en David Sedgwick, BBC: Brainwashing Britain? How and why the BBC controls your mind (2018, 395p; Kindle $3,97) en The fake news factory: Tales from BBC-land (2020, 374p; Kindle $6,06). Ideologies is daar ‘n gaping tussen die oortuigings van baie Afrikaners en wat deur die SABC, MultiChoice en Naspers se Media24-publikasies aangebied word. Insgelyks verskil baie luisteraars en kykers in Brittanje en elders in die wêreld met die siening of menings wat deur die BBC versprei word.

Tydens die blanke bewind in Suid-Afrika het buitelandse joernaliste ‘n slegte reputasie by veral Afrikaners gehad. Hulle het onrus gestook, plaaslike gebeure verwronge – gewoonlik baie slegter as wat hulle was – voorgestel en hulle feitlik deurgaans vir ‘n swart politieke bewind beywer. Nadat diesulkes die land en sy inwoners onberekenbare skade berokken het, het hulle na hulle lande van herkoms verkas. Wat vir buitelandse joernaliste van belang was, was om hulle werkgewers te plesier en gewetenloos hulle eie loopbane te bevorder. Objektiwiteit en die ewewigte aanbieding van feite was nie hoog op die agenda nie.

Daar is dus rede om Harding se boek skepties te benader. Des te meer omdat die titel op Afrikaners betrekking het. Die vrou van ‘n Afrikanerboer, wat moordverdagte nommer 1 in hierdie boek is, het ‘n Skotse ma (Kindle 2731). Daar is dus ‘n mate van afstand tussen haar en egte Afrikanerboervroue. Dit is by haar wat die gedagte opkom om Boere/Afrikaners te karakteriseer soos in die boektitel weergegee: “These are not gentle people” (2803). Sy hou nie van haar skoonpa se “old-fashioned sterness – the cruelty of it” nie (2754). Deesdae mag nieblankes eintlik nie op ‘n soortgelyke ongunstige manier gekarakteriseer word nie.

Harding se boek word as nie-fiksie aangebied. Dit handel oor twee swartes wat na bewering op ‘n plaas by Parys in die Vrystaat deur ‘n groep Afrikanerboere vermoor is. Dit is by hoë uitsondering dat blankes swartes vermoor. Die teenoorgestelde gebeur dikwels. Enersyds kan daar geredeneer word dat so ‘n gebeurtenis (wit op swart moord) juis daarom nuuswaardig is. Andersyds kan sulke publisiteit as deel van die hedendaagse (haat)veldtog teen blankes, veral Afrikaners, beskou word. ‘n Mens kan jouself afvra: Waarom skryf buitelandse joernaliste nie met dieselfde ywer en oortuiging oor die vlaag plaasmoorde op blankes, veral Afrikaners, nie?

Wanneer ‘n buitestander oor Suid-Afrika skryf, kan dit die voordeel van groter objektiwiteit hê; dus dat die verslaggewer in mindere mate emosioneel betrokke is. Maar dit kan ook gebeur dat buitelandse stereotipes die relaas deurslaggewend beïnvloed. Wat in Harding se guns tel, is dat hy swart Afrika in redelike mate ken, dat hy reeds bykans ‘n dosyn jare in Suid-Afrika woon en goed oor plaaslike gebeure ingelig is. Hy is lank genoeg hier en het genoeg insig om skepties oor byvoorbeeld die ANC te wees. Hy verwys na ‘n “fractured country” (3084), dus ‘n land wat, soos ons weet, die ANC tot in die grond wou afbreek ten einde die politieke mag te bekom. Ná 1994 sou die ANC-regime met die heropbou van die land begin. In werklikheid was en is daar in vele opsigte eerder agteruitgang en kroniese verval. Byvoorbeeld: “Parys still felt like an optimistic place; not like so many of those inert, half-deserted farming towns which seemed to have had the life relentlessly sucked out of them for the past two decades” ( 2260). In die boek word (sarkasties) hierna verwys deur die siening van een van die blanke regsgeleerdes op te haal: “The genial conviction that South Africa, and the world at large, was going to the dogs” (1570).

In sy “Author’s note” aan die einde van die boek skryf Harding “I’m not taking sides” (3049). Sy status as buitestander word ook erken toe een van die betrokkenes hom met “Hello, Englishman” groet (3049). “I’m an outsider, a stranger poking around, trying to understand a community wrestling with painful divisions” (3052). “I was looking for a subtler tale – one that could capture some of the deeper complexities and challenges of modern South Africa” (3055). “Parys may well be the nearest thing I’ve come across to a microcosm of South Africa” (3064).

Harding het hierdie projek met groot toewyding deurgevoer. “I have visited Parys and Tumahole [the black township] more than a hundred times” (3061). Hy het onderhoude met talle van die betrokkenes gevoer. “I wanted to write a piece of narrative non-fiction, constructed entirely from the raw material I’ve gathered, enabling all those involved in a painful, tortuous tale to tell it from their own perspectives” (3066). Maar dit lyk asof al wat ‘n swarte is meer guns as blanke regsgesindes in sy oë vind. Hier onder word regsgesindes gekke (“fools”) genoem.

Terwyl ek die boek gelees het, het ek afgekom op stellings, bv oor die gemoedstoestande en motiewe van mense, wat kwalik aan die outeur bekend kon wees. Maar dit was (meesal) vertolkings wat geredelik aanvaarbaar was. Harding erken dat sy mededelings deels gebaseer is “on people’s memories, on first or second-hand accounts, and have been reconstructed and woven into a work that inevitably involves elements of subjectivity and even artistic license” (3078). Daar is ongetwyfeld heelwat kosmetiese byvoegings. Myns insiens is dit die enigste manier waarop hy ‘n geronde, onderhoudende relaas kon lewer. Hierin het hy uitmuntend geslaag. Ek het my verwonder aan die bekwame manier waarop hy die inligting in vloeiende teks gesistematiseer het. Maar dit sou interessant wees om kommentaar oor die boek te kry van mense wat intiem by die saak betrokke was.

Ek het hierdie boek met die nodige omsigtigheid benader. Daar is elemente wat my gehinder het. Harding verwys na ‘n “rundown farmhouse” (75), ‘n “stout” boervrou (75), ‘n “stout” boer (197), ‘n ander een wat “portly” is (2303), “a farmer … haul himself and his stomach out of a white pickup” (203), daar is “four well-fed [Afrikaner] men” (316) wat ook beskryf word as “overgrown schoolboys in their shorts and short-sleeved shirts, big hands clasped … beneath an undulating range of stomachs” (322). Oor een van hulle word later geskryf: “his stomach drooping between his legs” (955). Geeneen van die swartes word so negatief beskryf nie. Een van die ander beskuldigdes het hom skuldig aan “fights in town, drunk driving” gemaak (326). Laasgenoemde twee Afrikaners word beskryf as: “A couple of characters with a reputation as local scoundrels and lousy farmers, always making excuses, and always [!] drinking and fighting” (958). ‘n Mens kan sulke beskrywings as (oordrewe) stereotipering beskou. Maar hulle kan (in ‘n mate) waar wees. Minder oortuigend is “two [drunk] white men beating a black man” (507) om ses-uur in die oggend in ‘n straat in Parys. “This instinct to punish, to klap the blacks” (510). Die Indiër-landdros dink: “This was … a very, very, very racist town” (513).

Wat oortuig, is wanneer ‘n Boervrou, gedagtig aan familie in Nieu-Seeland, dink: “Maybe it was time to abandon the farm, and South Africa” (249). Aan haar man sê sy: “I don’t see any future. It’s not going to get any better. I just want to go to a place where it’s safe for the children – where I know they’ll have a future” (252). “They were just trying to be good employers in a country where race, and wealth, and language, and history made everything … so damned complicated” (280).

‘n Swart huishulp werk “always for white bosses. Since from when we were slaves” (137). Haar man werk as ‘n “garden boy … She knew ‘boy’ was a deliberate insult, but it wasn’t her language … they [were] … indignities that mostly seemed easier to shrug off” (141). ‘n Swart man sê: “A black person’s life is cheap, even in his own country” (538). “Apartheid has created monsterism” (541). Ook: “Parys is not for blacks. We are not welcome here – we are not treated as human beings” (597). Hier skryf die outeur uit die oogpunt van swartes. Hy het van ‘n swart tolk gebruik gemaak om inligting van die swartes te bekom (3088).

Die landdros in Parys is “a slim Indian woman” (312). “She came from an energetic family and had been an ambitious student” (348). In die boek word sulke vleiende beskrywings nie vir Afrikaners gebruik nie, maar dit is moontlik dat wat van hierdie Indiër gesê word, waar kan wees. Uiteraard word ook die volgende waarheid genoem: “During the apartheid era people like her … had not been allowed to live [in the Free State]” (351). “She had a new boyfriend, a white man, an Afrikaner” (513). Waarvan hierdie Indiër hou, is “he didn’t watch rugby, or obsess about Afrikaans music or movies, or braaiing, or any of the other defining traits of so many of the white men in this town” (519). Dit klink na die stereotipering van Afrikaners.

Oor die hoërskool in Parys skryf Harding: “[The] classes were mostly segregated by language, which meant the races were still nudged apart” (866). “The high school … is no longer segregated in the old-fashioned sense, but the class photos in the dark hallways reveal the extent to which language now performs a similar function. Afrikaans for the whites. English for the blacks. Many of Tumahole’s new elites – politicians, civil servants, teachers, police – send their children here to be educated by what remains an exclusively white teaching staff, something which the current headmaster suspects may be ‘part of the appeal'”(1615). Inderdaad.

Die swartes verkies dat hulle kinders blanke onderwysers het omdat hulle goed gekwalifiseerd en meesal toegewyd is en daagliks voorbereid en betyds vir hulle klasse opdaag en naskoolse pligte deeglik uitvoer. Wat taal betref is die Afrikaanssprekendes sekerlik op onderrig in hulle moedertaal geregtig. Die swartes verkies uit eie keuse Engels as onderrigmedium. As dit apartheid in die klasse veroorsaak, behoort die Afrikaanssprekendes nie daarvoor verwyt te word nie. Rasse-integrasie sou nie noodwendig beter akademiese of sosiale resultate lewer nie. Tradisievastheid kan ‘n bate wees. Die primêre skool op Parys dra steeds die naam HF Verwoerd (1618). Hierdie skool is ‘n sieraad – kyk die webtuiste.

Mettertyd het die outeur my nogtans in ‘n beduidende mate van sy bona fides oortuig en het die boek ‘n meevoerende en aangename leeservaring gebied. Dit was eintlik ‘n onbegonne taak om deurgaans tussen feit en fiksie te onderskei. Dit is die verhaal van ‘n (vermeende) aanval laatmiddag op 6 Januarie 2016 op ‘n bejaarde Boer deur twee swartes wat geld geëis het. Die Boer word beseer, maar nie ernstig nie. Die Boere in die omgewing reageer op sy alarm. Hulle vang die swartes en rand hulle aan. Die Boere se gedrag is onder meer beïnvloed deur die wrede moord enkele jare tevore op ‘n blanke egpaar wat ‘n winkeltjie op een van hierdie plase bedryf het. Suid-Afrika is “a country where farmers had every reason to feel under threat” (2780). Die polisie kom die twee aangerande swartes dieselfde aand haal. Dit is moontlik dat hulle op pad na Parys verder beseer is. Albei sterf en vier Boere word voor die hof gedaag. Later kom nog twee beskuldigdes by. Die hofsaak sloer jare lank. Uitspraak is eers op 8 Mei 2020 gelewer (2809) en vonnisoplegging was vir Augustus 2020 geskeduleer (2921).

Die ANC-regime wil alles dikteer wat in Suid-Afrika gebeur. Wat Harding duidelik aantoon, is die hedendaagse politieke inmenging in regssake. Die ANC het met toesprake ‘n politieke demonstrsasie van die een swarte se begrafnis gemaak (526) en die EFF van die ander swarte s’n (538). Oor eersgenoemde: “The event was being broadcast live on SABC and some local politicians – and one or two national figures – were there to attend. Selected dignitaries stepped forward to comment on the killings and to condemn white racism” (583).

Van die grootste bates van die boek is dat dit aantoon hoe verpolitiseerd die regstelsel sedert 1994 geword het; hoe dit ooreenkomstig die wense van die ANC teen blankes misbruik word. ‘n Regsgeleerde vir die aangeklaagdes se siening is:

“This case was about politics. Pure and simple. White farmers were under attack in South Africa, and not in some random, criminal way. Not at all. It was an organised campaign to get them off the land, to blame them for the failures of the ANC government” (1588).

Daar word verwys na ‘n ander hofsaak in Coligny oor ‘n 16-jarige swarte wat na bewering sonneblomsaad op ‘n plaas gesteel het en dood is toe hy van ‘n bakkie afgeval het. Twee blanke mans is van moord aangekla. “The authorities were still investigating the incident when senior ANC politicians … told the crowds … this was a race crime and white South Africans needed to understand that they were all visitors in this country” (1883). Die weerklank wat die Coligny-saak in blanke geledere in Parys gehad het, was “that [ANC] politicians were, as usual, trying to whip up racial hatred in order to deflect attention from their own spectacular failings. The ANC never bothered to visit white farmers who’d been attacked” (1892). Onlangs was daar ‘n uitsondering hierop by Senekal.

Die swart aanklaer “intended to charge all four [of the original] accused with premeditated murder” (338). Hy het ook borgtog teengestaan. Die Indiër-landdros is nie Afrikaans magtig nie en verwag dat almal by haar Engels moet aanpas eerder as wat sy by haar werkomgewing aanpas (357). Maar die plaaslike blankes “had … come to accept this young Indian woman as part of the furniture” (504). In die hofsaak word van ‘n tolk gebruik gemaak (2158). Buite die hof is daar ‘n skare swartes, ANC- en EFF-ondersteuners (597), wat sing: “Shoot the Boer! Shoot the farmer!” (594). Apart is daar ook ‘n groep Afrikaners wat “Die Stem” sing en die Transvaalse Vierkleurvlag laat wapper (610). Hulle vertoon “posters claiming that white farmers were victims of an ochestrated genocide” (610). ‘n Plaaslike dominee het glo gewapende blanke regsgesindes oorgehaal om nie moeilikheid te veroorsaak nie (2768).

Uit Pretoria meng die ANC-regime van ‘n hoë vlak af in. Die Valke, die direktoraat vir prioriteitsmisdade, raak betrokke. Die plaaslike blanke polisie word nie in ANC-geledere vertrou nie. “In Parys the remaining white officers knew they just had to knuckle down and remember their pensions” (705). Hulle is glo “too ready to see the whole thing as a collective beating gone wrong, rather than as the brutal race crime” soos die ANC dit beskou (665). ‘n Kaptein van Duitse afkoms lei die Valke se ondersoek, bygestaan deur sy hoof in Bloemfontein, ‘n kolonel van gemengde afkoms: “Indian, and a little German” (711). ‘n Dosyn Valke het op Parys toegesak. Spoedig word ‘n blanke polisiekaptein tot ‘n mede-beskuldigde verklaar.

“The Hawks were under pressure, maybe even big political pressure” (847). Die Valke intimideer die swart plaaswerkers en rand hulle selfs aan ten einde inkriminerende verklarings teen die beskuldigdes te kry. “They had statements from more than a dozen black farmworkers” (922). Die Valke het ook die telefoongesprekke van (sommige van) die beskuldigdes afgeluister (2089). Die Afrikaners beskou die hofsaak as deel van “a rotten system that was trying … to scapegoat the white farmers” (919). “The Hawks weren’t interested in investigating the farm attack. It was typical. They only got excited when it was a white attacking a black, never the other way around” (966).

Toe die voorverhoor in Maart 2017 hervat, was daar ‘n nuwe aanklaer, “an unexpectedly senior one. JJ Mlotshwa was a deputy director in the National Prosecuting Authority, sent to Parys from Pretoria. For a simple bail hearing. It was unheard of. The clearest sign yet that this case was now being watched closely at the highest levels” (930). Mlotshwa is voorheen weens wangedrag van die rol van regspraktisyns geskrap maar is later deur die ANC-regime in hierdie pos herontplooi (2918). Die ANC se Jeugliga het klagtes oor die Indiër-landdros ingedien. “So had other people in the party. She needed to watch her step” (933). Die aanklaer vra dat sy haar as voorsittende beampte verskoon. Sy moes later plek maak vir ‘n ander landdros, Ronnie Mguni. Nog later het sy as landdros bedank “for the sake of her sanity” (2266). By een van die verhore “the new magistrate was late arriving. It was almost noon before the families headed inside to the courtroom” (1490). Die aanklaer het weer borgtog teengestaan vir die “brutal and diabolical murder” (1021). Hierdie keer het dit gegaan om borgtog vir twee blankes wat as beskuldigdes bygevoeg is. Borgtog is toegestaan.

Mettertyd ontwikkel daar tweedrag tussen die aangeklaagdes en ander blanke betrokkenes. Met die staatsaanklaer word ooreengekom dat ses van hulle staatsgetuies sal word (1646), wat ses beskuldigdes laat. Die beskuldigdes het almal onskuldig gepleit. Die beskuldigdes was oortuig daarvan dat omkopery plaasgevind het en beskou die staatsgetuies as “joiners” (2060). In die strafsaak, wat in Mei 2017 begin het, tree ‘n Afrikaanssprekende blanke vrou as regter op. Dalk het die staat die sterkte van sy saak oorskat. ‘n Advokaat vir die verdediging het van die regter gesê: “He liked this judge, respected her, but these days South African judges – especially the white ones – were wary about how they deal with the state, afraid they’d be accused of bias, and as a result didn’t intervene nearly as much as they should” (2039).

Die forensiese beampte kon aspekte van sy nadoodse verslag oor die twee swartes nie bevredigend in die hof verduidelik nie. Nalatigheid van die polisie en die hospitaalpersoneel kon tot die dood van die twee bygedra het. Hulle dood is dus nie noodwendig deur die beskuldiges en sommige van die staatsgetuies veroorsaak nie. Daar was ook naam- en dus identiteitsverwarring oor die twee dooies. Die staat se saak het dermate uitmekaar geval dat vier van die ses beskuldigdes nie getuig het nie maar bloot erken het dat hulle die twee swartes aangerand het (2515). Terwyl daar op die uitspraak gewag is “another white farmer had … been killed in the neighbourhood … the 24th local victim of a farm murder” (2783). Op die internet “whites … muttered, online, about the good old days in Rhodesia and clamoured for the world to acknowledge a genocide being waged against white farmers. Why did people only make a fuss when blacks were being killed?” (2787).

Maar daar is Afrikaanssprekende blankes met ‘n ander siening: “That kind of language was just being used to excite people, to stir up the right-wingers, to excite the sort of fools who’d come to town three years back looking for trouble during those early bail hearings, waving their old flags, clutching their rifles, and spoiling for a fight. The truth was simple – the farmers had guns and cash, and everyone knew it, and so they were tempting targets, white or black” (2793). Diesulkes “didn’t even like the term ‘farm attack’. It was just robbery, or violent robbery. Why politicise everything?” (2793). En die (swart) plaasaanvallers? Watter soort mense is hulle? Sekerlik onfatsoenlike mense. Dit is egter om dit te sag te stel. Maar selfs dít word nie in die boek gesê nie.

Die uitspraak sou vier dae in beslag neem. Op die eerste dag het dit gelyk asof die regter nog nie haar verslag en bevindings klaar uitgeskryf het nie (2806). Daar was verdere vertragings. Dit was eers in Mei 2020, ‘n jaar en twee maande ná afloop van die verhoor (2817), dat sy tydens die Covid-19-pandemie met ‘n verkorte uitspraak vorendag gekom het (2820). Die aanklaer het gehoop op twee veroordelings vir moord en vier vir manslag (2833). Selfs die regter verwar die twee slagoffers in haar uitspraak (2830). Sy bevind daar was “an attempt to downplay the seriousness of the witnesses’ own assaults while exaggerating those of the accused” (2836). Sy bevraagteken ook die wysheid van die ooreenkoms wat die aanklaer met die ses staatsgetuies aangegaan het. “Why not just take one of them as a state witness? Or better still, put them all on trial and leave the judge to make sense of the whole mess” (2839).

Die regter wys daarop dat die aanklaer in sy finale voorlegging aan die hof erken het “that there was no hard evidence of … direct intention when it came to the two murders … but … that they could and should have foreseen … that their violent actions might lead to the men’s deaths” (2852). Die regter bevind verder: “The state had simply ‘failed to prove common purpose between the respective accused'” (2861). Dit was dus nie “a collective assault that had led to the men’s deaths” nie (2858). Sy het verder gesê: “I am convinced that the state did not prove the counts of murder, nor the competent verdict of manslaughter – culpable homicide” (222). “But all five farmers were found guilty of … assault with intention to do grievous bodily harm. They would remain free on bail until late August [2020], when they’d be sentenced” (2921). Die polisiekaptein is vrygespreek. Die aanklaer het gesê: “The state would appeal this pathetic joke of a verdict” (2918). Die vonnis en of daar geappelleer is, word nie in die boek genoem nie.

Wat duidelik uit die boek blyk, is hoe die hoë koste van regshulp die ses aangeklaagdes finansieel geruïneer het. Vir die ses medepligtiges wat staatsgetuies geword het, is ook baie geld aan regshulp opgedok. Dit bly vir my ‘n skande dat in die regs- en mediese professies (insluitende veeartseny) sulke buitensporig hoë fooie gehef word. Daar is minimum maar geen maksimum fooie nie. Mense in krisis kan en word soms tot die uitsterste uitgebuit. Sedert 1994 beleef die plaaslike regsprofessie ‘n bloeityd omdat daar talle hofsake oor byvoorbeeld ondoeltreffende dienslewering en korrupsie is. Dit is dikwels die belastingbetalers wat hiervoor moet opdok. Besware oor die buitensporige koste van regshulp word egter selde geopper.

Die verpolitisering van die plaaslike regstelsel is dalk die belangrikste saak wat die boek onder lesers se aandag bring. Die blankes word sedert 1994 nie net polities benadeel nie, maar ook deur die regstelsel. Afrikaners wat hulle verset teen onreg en met reg opstandig word, soos tans in Senekal, moet bedag wees op die beduidende risiko’s wat hulle loop. Waarmee hulle te make het, is die onverkwiklike nalatenskap van die pateties mislukte NP-onderhandelinge in 1990/94.

Onluste in Nigerië — weermag dalk ontplooi

Die goewerneur het Donderdag gesê die Nigeriese weermag het aangebied om in die staat Lagos te ontplooi indien nodig om belangrike sake- en regeringspersele te beskerm.

Onrus het dwarsdeur die staat uitgebreek, wat onder ‘n 24 uur-aandklokreël verkeer. Die onluste is veroorsaak deur betogings en skietery op burgerlikes deur veiligheidsmagte Dinsdagaand.

Goewerneur Babjide Sanwo-Olu het in ‘n onderhoud op die plaaslike stasie Arise TV gesê dat die hoof van die weermag Woensdag omstreeks 12:00 gebel het “om te sê dat as ek nodig het dat die weermag moet uitkom, sal ons hulle ontplooi.”

Hy het gesê dat die belangrikste bekommernis die veiligheid van belangrike sake- en regeringsinstellings, soos Lagos se hawens, is.

‘Ons het eintlik net ‘n gesprek oor veiligheidsondersteuning,’ het hy gesê.

Sanwo-Olu het nie gesê of hy die aanbod sou aanvaar nie, maar het leiers versoek om jongmense, insluitend betogers, van die strate af te hou.

Brande het Woensdag dwarsdeur Lagos, die handelshoofstad van die land, gewoed terwyl rondlopende groepe jong mans, asook sommige betogers wat nog op straat was, en gewapende polisie in sommige buurte gebots het.

Die weermag het ontken dat soldate op die plek van die skietery by die Lekki-tolhek in Lagos was, waar mense in weerwil van die aandklokreël bymekaargekom het. Vier getuies het aan Reuters gesê soldate het daar koeëls afgevuur en minstens twee mense is geskiet. Die menseregtegroep Amnesty International het gesê die Nigeriese weermag en polisie het Dinsdag minstens 12 vreedsame betogers op twee plekke in Lagos – Lekki en Alausa – doodgemaak.

Sanwo-Olu het gesê dat hy nie soldate na die tolhek gestuur het nie. Die Nigeriese president Muhammadu Buhari, het Woensdag in ‘n verklaring ‘n beroep op kalmte gedoen het, maar nie direk na die voorval verwys nie.

Buhari het gesê dat kringtelevisiekameras op die Lekki Bridge, wat volgens sosiale media voor die voorval verwyder is, daar was en ten tyde van die skietery gewerk het en deel sou uitmaak van die staat se ondersoek na die voorval.

Hy het bygevoeg dat hy die beeldmateriaal “absoluut” openbaar sou maak.