Elma Potgieter: Ope brief aan Stellenbosse taalmoordenaars

Nog ‘n ope brief aan die taalmoordenaars op Stellenbosch (en elders)!
Komende van ‘n nasaat van ‘n volk wat goddelike vryheid bo alles gestel het.

Twee vryheidsoorloë is geveg nie vir geld en goud nie – vir vryheid en vir reg.  My twee oupas, Potgieter en Goosen, het as jongelinge van 16 en 17 geveg vir vryheid – ook vir die vryheid om hulle nuwe taal te praat.

Ek gaan nie langer swyg nie – want nie net koester ek ‘n onbetwiste liefde en lojaliteit teenoor my voorgeslagte nie.

Ek verdien my brood en botter uit my taal – my taal wat hier aan die Suidpunt van Afrika, op Afrikabodem, as ‘n nuwe taal tot stand gekom het, gegroei, geblom het…

Die taal van die argitek, die boer, die bouer, die digter, die elektrisiën, die lektor, die loodgieter, die waterwyser, die rioolsuiweraar, die huisvrou, die onderwyseres, die tikster, die uitvoerende beampte en die, ja, die toneelspeler…!

Ek wil my God in my taal dien – “hoe ondeurgrondelik is sy oordele en onnaspeurlik sy weë…”

Ek glo dat die gelowige mens se geloof in God, die Skepper van hemel en aarde, getoets word deur telkens “kleiner” lojaliteite in gevaar te stel.

Gaan ons aanhou swyg en maak of dit nie besig is om te gebeur nie?

Lieg en sê: Jammer, ek het te veel gesuip – waar is die slaggate wat ek probeer misry?

Oupas, pa, oumas, ma, ousus Diana, julle het my nie so grootgemaak nie.

Die oupas het geveg vir vryheid. Die oumas het ‘n reguit pad geloop.

Julle het in Mafeking-konsentrasiekamp, op St Helena in ballingskap uit die Bybel geleer om Afrikaans te bid te dink, te praat, te droom…

Ma, Pa, ousus Diana julle het nooit kragwoorde gebruik nie…

Maar julle jongste spruit, ja, ousus Diana, jou kleinsus, swets soos ‘n voorslag in Afrikaans!

Luister goed, Wim de Villiers, luister goed.

Taalmoord is volksmoord.

Watter gevaarlike woorde het professor Pieter Duvenage vandag oor die radio geuiter?

“Etniese suiwering” Wim, “etniese suiwering…”

Ns. Gaan kyk gerus na Elma se jongste toneelstuk!

Stellenbosch: Afrikaanse Dept. se ‘Ope brief aan Wim de Villiers’

Hier op Praag, veral in die rubrieke en opstelle van Leon Lemmer, volg ons reeds geruime tyd die veldtog teen Afrikaans op die kampus van die Universiteit Stellenbosch. Onlangs het die US se Departement van Afrikaans en Nederlands vir die eerste keer in baie jare standpunt ingeneem ten gunste van Afrikaans, maar ook, die niksseggende begrip ‘veeltaligheid’ wat in die SA konteks meermale die betekenis van ‘tussenstasie op pad na Engels-eentaligheid’ verwerf het.

Gaan Stellenbosch sonder slag of stoot verengels onder die jongste anglofiele rektor, Wim de Villiers, wat so gedienstig in die voetspore van sy ewe Engelsgesinde voorgangers, Chris Brink en Russel Botman, volg? Ter wille van die debat, plaas ons hier onder die volledige ope brief van die Dept. Afrikaans en Nederlands, wat aanvanklik nie toestemming wou verleen dat hul skrywe hier gepubliseer word nie. Maar, soos prof. Ilse Feinauer ons verseker het, bevind hul ope brief hom reeds ‘in die openbare domein’ en mag publikasie dus voortgaan.

Afrikaans aan die Universiteit Stellenbosch

Geagte prof. De Villiers,

Ons departement bestaan nie uit taalaktiviste of taalstryders nie. Ons is ’n akademiese departement wat vakkundig omgaan met die vakgebied Afrikaans en Nederlands, die tale Afrikaans en Nederlands in die besonder, asook die veeltalige taalpraktyk.

Tot dusver het ons nie openbaar toegetree tot die diskoers betreffende Afrikaans aan die Universiteit Stellenbosch (US) nie. Dit is egter vanuit ons vakkundige posisie dat ons nie verder ons stilte kan handhaaf oor die universiteit se hantering van veeltaligheid en Afrikaans nie.

Ons word toenemend gevra of daar werklik nog ’n rede is om studente vir ’n veeltalige omgewing op te lei, teen die agtergrond van ons eie instelling se hantering van veeltaligheid. Daar word ook deurlopend van ons departement verwag om die universiteit se besluite rakende taal in die algemeen en Afrikaans in die besonder te verdedig of te verduidelik aan die gemeenskap daar buite, terwyl ons uiteraard lojaal aan die universiteit wil bly.

Wanneer “Afrikaans” en “Stellenbosch” weer eens in die nuus is, dra ons swaar aan ’n unieke las. Ons is in die oë van die publiek aanspreeklik vir wat met Afrikaans aan ons instelling gebeur, nieteenstaande die feit dat geen lid van ons departement betrokke was by die samestelling van die huidige taalbeleid of die hersiene konsepweergawe nie.

‘Inheemse taal’

Die eerste spesifieke saak om in dié brief te belig, is die uiters problematiese hantering van die begrip “inheemse taal” in die nuwe konseptaalbeleid. Die betrokke woordverklaring is uit die departement van hoër onderwys en opleiding se nuutste taalbeleidsraamwerk gelig. Die mees ideologies gelade gedeelte van dié woordverklaring is nie in ons konsepbeleid gekopieer nie: “An indigenous language is a language that is native to a re­gion or country and spoken by indigenous people.”

Die uitsluiting van Afrikaans uit hierdie groep tale is eerstens wetenskaplik foutief en tweedens ideologies gekleur. Die verklaring is dalk dat hierdie bewoording gewoon oorgeneem is om met die oorhoofse beleidsdokument te strook, maar dan moet hierdie feit eksplisiet gestel en gekontekstualiseer word deur ook ondubbelsinnig te sê dat die universiteit beslis die taal Afrikaans as die inheemse taal beskou wat dit is. Dit is immers ook hoe taalkenners dit beskou.

Kundiges uit verskeie vakgebiede maak dit oor dekades duidelik dat om ’n persoon se taal te negeer, hulle menswees negeer, en om selfs net implisiet te maak asof Afrikaans, en dus Afrikaanssprekendes, nie eintlik hier hoort nie, is derhalwe skokkend. Aangesien die konsepbeleid stel dat dit bygewerk kan word met relevante terminologie, versoek ons dat hierdie growwe mistasting reggestel word.

‘Afrikaans verklein’

Ander tersaaklike punte in die konseptaalbeleid word kortliks hieronder genoem:

  • Die definisie van “vertaling” lees, ironies, soos ’n swak vertaling. Woorde soos “gehalte”, “kwaliteit” of “gehalteversekering” kom nêrens voor nie. Daar word genoem dat professionele vertalings “goed afgeronde” produkte “moet” wees, maar sonder enige verwysing na hoe die gehalte verseker sal word. Dit blyk gereeld uit informele terugvoer dat studente wat opvoedkundig van Afrikaans gebruik wil maak, swak vertaalde materiaal kry wat hulle noop om die Engelse materiaal te benut, met die gepaardgaande potensiële pedagogiese benadeling – dit is as daar wel iets beskikbaar gemaak word. Dit is ’n enorme tekortkoming in die beleid as daar geen proses vir gehalteversekering geëkspliseer word nie en ook geen kanaal vir klagtes oor gebrekkige toepassing van daardie versekering nie. Hierdeur word veeltaligheid en Afrikaans ondermyn.
  • Die kontekstuele faktore ter sprake by die gebruik van Afrikaans, Engels en isiXhosa, noem glad nie die beduidende akademiese, professionele en internasionale waarde van Afrikaans nie, maar wel Engels s’n. Ons vertrou dat hierdie fout reggestel sal word sodat dit nie lyk asof die waarde van Afrikaans verklein of verswyg word nie.
  • Die begrip “pedagogies verantwoordbaar” word verklaar, maar die verwante term “redelikerwys uitvoerbaar” staan nie daar nie. Hierdie vae en poten­sieel problematiese term moet duideliker gesistematiseer word deur minstens iets soos ’n metingsinstrument of verbandhoudende oorwegings eksplisiet te stel, anders lyk dit asof die US ’n agterdeur oophou vir enige afwyking van die beleid om ex post facto goedgemaak te word.
  • Daar is geen aanduiding van wie die medewerkers aan die beleid was nie.
  • In meegaande korrespondensie word gewag gemaak van die feit dat die huidige taalbeleid “grondwetlik geregverdig” is en dat die “proses om die beleid te aanvaar” aan bepaalde maatstawwe voldoen het. Die gereelde herhaling van hierdie gegewens kan gelees word as implikasie dat die taalbeleid eintlik bo kritiek verhewe is. Dit moet liefs eksplisiet genoem word dat nie een van hierdie twee stellings werklik ’n empiries of vakkundig gefundeerde uitspraak maak oor (a) die gehalte van die huidige taalbeleid of (b) die sukses en gevolge van die implementering daarvan nie.
  • Hier is reeds ’n nuwe konsepbeleid saamgestel waarop kommentaar gevra word voordat daar duidelik terugvoer gegee is oor die effekte van die implementering van die huidige weergawe. Beleidshersiening moenie as ’n administratiewe oefening gedoen word bloot omdat dit nou tyd is daarvoor nie. Dit moet gedoen word binne ’n duidelik geformuleerde vakkundige raamwerk wat werklike beleidseffekte en -uitkomste stel en in ag neem. Daar is immers geen rede om ’n beleid te hersien anders as om daarop te verbeter nie.

Vervolgens ontstaan etlike vrae:

  • In hoe ’n mate het die huidige taalbeleid aan die gestelde doelwitte voldoen?
  • Wat het sedert 2015 met die Afrikaanse aanbod aan die universiteit gebeur?
  • Watter gevolge het die taalbeleid gehad?
  • Is data hieroor ingesamel, verwerk en openbaar gepubliseer? Indien wel, waar is dit verkrygbaar? Indien nie, waarom nie, en op grond waarvan word hierdie hersiening dan onderneem?

Stilbly ook ’n antwoord

Die vroeër vermelde indruk dat diegene wat Afrikaanssprekend is nie in gelyke mate op ons kampusse (be)hoort as hul Engelssprekende eweknieë nie, word versterk in die tweede aspek wat in hierdie brief aan bod kom, naamlik die openbare diskoers vanuit die universiteit waar dit Afrikaans betref, en die universiteit se omgang met Afrikaans in die algemeen.

’n Onlangse illustrasie is die debakel oor beweerde gevalle van die afdwing van Engels in sekere omgewings tydens die verwelkomingstyd.

Die universiteit het hierna in die media gesê dat die afdwing van Engels “nie beleid” is nie. Daar is egter nie duidelike tekens, minstens wat ons kon opspoor, van ’n formele ondersoek en planne vir ’n hoëvlak-regstelling, indien dit uiteindelik nodig blyk, nie.

Diegene wat reeds vyandig gestem is teenoor ons instelling kry sodoende skietgoed om verdere reputasieskade te berokken, en gemoedere loop hoog op grond van ongetoetste bewerings.

Die media gons oor hierdie saak en studente vertel in informele kontekste van hul eie soortgelyke ervarings, maar die universiteit se topstrukture bly in die oë van die publiek net stil. Wat maklik hieruit afgelei kan word sonder die nodige regstelling, is dat die inhoud van die bewerings óf implisiet goedgekeur word, óf nie as ernstig geag word nie.

Dit is tyd dat ’n senior lid van die universiteitsbestuur ’n duidelike standpunt daaroor inneem en versekering gee dat daar ’n deursigtige ondersoek sal wees om die bewerings as waar of onwaar te bewys, en dat daar konkrete optrede sal wees as hier wel eentaligheid afgedwing is of ’n atmosfeer geskep is waarin eentaligheid implisiet of eksplisiet die enigste aanvaarbare opsie is. Stilbly is ook ’n antwoord, soos die spreekwoord lui.

Afjakke

Ons ervaar in ons eie departement wel toenemend dat studente verbaas is dat hulle in Afrikaans met hulle dosente mag kommunikeer. Studenteleierskapstrukture (en selfs ander formele universiteitsomgewings en -strukture) moet gereeld daaraan herinner word om hulle materiaal tog in Afrikaans ook beskikbaar te stel. Versoeke vir die gebruik van Afrikaans word boonop in baie gevalle doodgewoon geïgnoreer of selfs afgejak.

Dit raak ook al hoe meer algemeen dat bepaalde stukke amptelike korrespondensie eers net in Engels versprei word met ’n belofte dat die Afrikaanse weergawe daarvan op een of ander latere stadium of ander plek sal verskyn. Dit is moontlik nog regverdigbaar wanneer dit werklik oor besonder dringende sake gaan, maar nie andersins nie.

Hierdie stand van sake gaan vir ’n betekenisvolle deel van die studentegemeenskap gepaard met persoonlike spanning en hoogs waarskynlik ook met opvoedkundige benadeling.

Dit sal goed wees as die universiteit wys dat daar erns is oor veeltaligheid deur hierdie soort skadelike praktyk doodgewoon stop te sit. Dit plaas Afrikaans by verstek in ’n sekondêre posisie en dwing diegene wat Afrikaans gemakliker lees om maar die Engelse weergawe te lees as hulle ewe op hoogte as hulle Engelse kollegas of medestudente wil wees.

Daar bestaan ook skynbaar die wanpersepsie dat personeellede wat Engels verstaan, hoewel dit nie hul eerste taal is nie, outomaties ook gemaklik hul hoëvlak- akademiese werk in Engels kan doen.

Die implikasies van ’n verlies aan byvoorbeeld kommunikatiewe nuanse wanneer daar slegs in ’n dosent en studente se tweede taal gekommunikeer word, is so ver ons kan vasstel nie grondig ondersoek as deel van die opstel van ’n beleid wat duidelik toenemend in daardie rigting mik nie. So ook nie die verlies aan diepte en rykheid van die opvoedkundige ervaring vir byvoorbeeld die Engelssprekende student wat nou geen blootstelling aan ’n tweede akademiese taal kry nie.

Mikroaggressie

Die soort handelinge hierbo genoem, wat ’n seleksie voorbeelde is en geen omvattende opgawe nie, staan in die kader van die sosiale geregtigheid bekend as mikroaggressies – doelbewuste óf onbedoelde opmerkings, praktyke of handelinge wat vooroordeel teenoor ’n bepaalde groep of persoon, gewoonlik ’n minderheid, uitdruk.

Dit kan iets so klein wees soos om ’n student met ’n Afrikaansklinkende naam en van te komplimenteer oor hulle “goeie Engels”, of so grof soos om enige versoek dat die universiteit deursigtig en verantwoordbaar met Afrikaans omgaan, af te maak as ’n politiese of etniese stryd.

Dit is tipies nie die groot amptelike gebare wat hierdie soort aggressie(s) versinnebeeld nie, maar eerder ’n verskeidenheid kleiner opmerkings of optredes wat elkeen op sigself onbenullig kan lyk, maklik as onskuldig afgemaak word en nie noodwendig doelbewus kwetsend is nie, maar saam bydra tot ’n vyandige omgewing en atmosfeer.

Die universiteit moet kennis neem daarvan dat Afrikaanssprekende studente gereeld die slagoffers is van hierdie soort mikroaggressie op grond van hulle moedertaal; iets wat die universiteit onderneem om te respekteer, te benut en beskikbaar te maak wanneer hulle dit nodig het. En die universiteit moet erns maak daarvan om te verseker dit word wel gedoen.

Ons noodsaaklike transformasie kan nie plaasvind deur die lewensruimte van sekere studente in te perk omdat hulle taal nog in enkele persone se oë ’n uitgediende negatiewe politieke konnotasie het nie.

In die tagtigs beskryf Ruiz drie oriëntasies teenoor taal en veeltaligheid wat vandag as paradigmas beskou word: Ons kan dit sien as ’n probleem, as ’n reg, of as ’n hulpbron.

Ons hoop die universiteit kan die dringend noodsaaklike kopskuif maak dat werklike veeltaligheid eerder as slegs Engels, en daarmee saam die benutting van die enorme hulpbron wat Afrikaans is, nie net die mees wetenskaplik verantwoordbare pad vorentoe is nie, maar in ons land ook die mees etiese een.

Met besorgdheid,

Die Departement Afrikaans en Nederlands

Leon Lemmer: Oor Het Jan Marais Nationale Fonds en die Universiteit Stellenbosch

Onlangs is ‘n verslag gepubliseer van ‘n onderhoud wat Murray La Vita met Erna Meaker gevoer het (Netwerk24, 21.10.2020). Meaker is die nuwe voorsitster van die trustees van Het Jan Marais Nationale Fonds (HJMNF). Soos deesdae by universiteitsrade word daar geredeneer dat die voorsitter (verkieslik) ‘n beleggingskundige moet wees. Die wese van ‘n universiteit en van HJMNF word daarmee tot dié van ‘n sake-onderneming gereduseer. In werklikheid is dit in albei gevalle wenslik – en in die hedendaagse Suid-Afrika noodsaaklik – dat die voorsitter verskynsels soos kultuur, politiek, ideologie en propaganda grondig moet verstaan. Wanneer dit nie die geval is nie, soos tans by twee Stellenboschse instansies, HJMNF en die Universiteit Stellenbosch (US), raak hulle die spoor byster.

Meaker noem dat haar man, Paul, ‘n kleinseun van Paul Sauer is. Haar pa, Dirk Hertzog, het saam met Anton Rupert die Rembrandt-groep gestig. Die Afrikaanse taalstryder, JHH de Waal, was haar ma se broer. Haar oupa was die oudste broer van JBM Hertzog. Daar is ook ‘n familieverwantskap met (Onze) Jan Hendrik Hofmeyr. Met Meaker se afkoms is daar nie fout te vind nie. Haar en haar man se voorgeslag was behoudende Afrikaners en dus pro-Afrikaans. Maar sy noem dat haar broer, Edwin Hertzog, die medestigter van MediClinic is. As voorsitter van die US-raad het hy myns insiens sy afkoms versaak en ‘n leidende rol in die verengelsing van die universiteit gespeel.

Soos die mode by Afrikaansinstansies en heeltemal te veel Afrikaanssprekendes geword het, is Meaker nie bereid om vir Afrikaans te baklei of veg nie; blykbaar selfs ook nie om haar daadwerklik (of militant) vir Afrikaans te beywer nie. Afrikaans moet glo nie in mense se kele afgedruk word nie, al is dit presies wat die ANC-regime doen en ook Wim de Villiers aan die US. Meaker toon dat sy eintlik glad nie afdoende begrip het vir die benarde situasie waarin Afrikaans verkeer nie. Dit maak haar, om dit sag te stel, minder geskik om as ‘n HJMNF-trustee te dien, om van die voorsitterskap nie te praat nie.

‘n Onomstootlike vereiste waaraan ‘n HJMNF-trustee moet voldoen, is dat hy/sy die wil van Johannes (Jan/Jannie) Henoch Marais (1850-1915) so getrou moontlik moet uitvoer. Jan Marais het die aanvangskapitaal van £40 000 vir HJMNF bemaak. Hy het ook £100 000 vir Het Jan Marais Fonds (HJMF) nagelaat, wat in 1918 die stigting van die US moontlik gemaak het. Marais was ‘n ondersteuner van JBM Hertzog. Albei was onmiskenbaar sterk pro-Afrikaner en pro-Afrikaans. Ná sy dood is Marais in De Kerkbode ‘n “Afrikaander van den ouden, echten stempel” genoem. Dit is die twee ononderhandelbare vereistes waaraan iedere voorsitter en trustee van sowel HJMNF as HJMF moet voldoen: onmiskenbaar Afrikaner en Afrikaans.

La Vita het die onderhoud met Meaker in haar hoedanigheid as die nuwe HJMNF-voorsitster gevoer. Sy het die feit opgehaal dat Edwin Hertzog haar broer is. In die konteks van die onderhoud was dit noodsaaklik dat sy haar baie duidelik van haar broer se ondersteuning van die verengelsing van die US moes gedistansieer het. Onderaan die artikel het ek op Netwerk24 soos volg gereageer: “Erna Meaker se broer, Edwin Hertzog, het ‘n leidende rol in die verengelsing van die Universiteit Stellenbosch gespeel. Volgens Pieter Kapp se boek, Maties en Afrikaans (2013), was Hertzog se standpunt dat Afrikaans ‘nie die voorwaarde vir die voortbestaan van die US [is] nie’ (bl 114) en dat die stigtingsbeginsel van Jan Marais dat Afrikaans nie ‘n mindere plek as Engels aan die US moet inneem nie, ‘nie van bepalende belang [is] nie’ (bl 164).” Met ander woorde, Edwin Hertzog het hom aangematig om Marais se stigtingsvoorwaarde vir die US te minag. Dit is ‘n standpunt wat iedere HJMNF- en HJMF-trustee as absoluut onaanvaarbaar en oneties moet verwerp. Maar Meaker het dit nie in die onderhoud gedoen nie.

Billikheidshalwe moet ek noem dat Meaker in hierdie opsig ‘n tradisie voortsit wat ongelukkig in onlangse jare by HJMNF wortel geskied het. Haar voorganger as voorsitter was Niel Krige, ‘n US-dosent, en vóór hom Andreas van Wyk (US-rektor 1993-2001). By geleentheid het ek met Van Wyk op LitNet swaarde gekruis omdat hy my verkwalik het toe ek vir Wim de Villiers oor sy voorkeur vir Engels gekritiseer het. Christo Viljoen (US-viserektor 1993-1998) was baie meer uitgesproke as Van Wyk in sy kritiek op De Villiers. As oudrektor het Van Wyk vir De Villiers as rektor skynbaar te veel gerespekteer, al moes hy in sy hoedanigheid as HJMNF-voorsitter dit glad nie gedoen het nie.

Waarvoor Van Wyk nie genoeg begrip toon nie, is die kardinale fout wat die US tydens sy ampstermyn as rektor gemaak het toe Engels naas Afrikaans as onderrigtaal gevestig is. Dit was heeltemal onnodig om dit ten behoewe van blanke studente te doen. Dit was ook absoluut ongewens om Engels as onderrigtaal uit te bou om soveel moontlik nieblanke studente te trek. Dit is nie om akademiese redes gedoen nie maar om die ANC-regime ter wille te wees. Dit het as direkte gevolg gehad dat die US sedertdien al hoe meer verengels en verswart het. Deur die wêreldtaal Engels naas Afrikaans as onderrigtaal in te voer, bring op die lange duur noodwendig die verswelging van Afrikaans mee. Dit is wat aan al die eens Afrikaanse en (latere) tweetalige plaaslike universiteite gebeur het. Dit is ook wat aan al die plaaslike Afrikaanse skole gebeur as hulle Engels as onderrigmedium toelaat.

Suiwer akademies-wetenskaplik is daar geen afdoende rede in die hemel of op die aarde waarom die US nie met ‘n enkele onderrigtaal, naamlik Afrikaans, kon voortgaan nie. In sy aanvangsdekades was dit vir die US ‘n stryd om Engels met Afrikaans as onderrigmedium te vervang omdat twee onderrigtale talle probleme in die praktyk veroorsaak. Die meeste universiteite het net een onderrigtaal. As ‘n student aan ‘n universiteit wil studeer, moet hy by daardie onderrigtaal aanpas. Daar behoort nie van die universiteit verwag te word om by die student se voorkeurtaal aan te pas nie. Die (swart) studente wat die ANC-regime vir onderrig in geneeskunde na Kuba stuur, word verplig om in Spaans te studeer, al is Spaans (feitlik) van nul en gener waarde in Suid-Afrika. Sulke studente behoort eerder verplig te word om Afrikaans magtig te word omdat dit ‘n nuttige kommunikasiemiddel in Suid-Afrika is. Dit is baie goedkoper om in Afrikaans in Suid-Afrika te studeer as in Spaans in Kuba.

Die slinkse ANC-regime subsidieer net een onderrigtaal aan ‘n universiteit. Deur Engels naas Afrikaans as onderrigtaal in te voer, het die US homself in ‘n kryptangsituasie laat beland. Die persepsie het ontstaan – nie sonder rede nie want die ANC-regime is wat hy is – dat Engelsonderrig deur die staat gesubsidieer word en dat die US self fondse vir Afrikaansonderrig moes vind. Dit het die misleide Willie Esterhuyse in 2007 genoop om “die ryk Afrikaners [te] veroordeel omdat hulle nie geld vir onderrig deur Afrikaans wou voorsien nie” (Kapp bl 158). Op sy kenmerkende manier soek Esterhuyse die fout by Afrikaners en nie by die ANC-regime nie. Daar behoort eerder geredeneer te word dat Afrikaans die US-onderrigmedium is wat van owerheidsweë gesubsidieer behoort te word en nie Engels nie.

Die ampstermyne van Chris Brink (2002-2007), Russel Botman (2007-2014) en Wim de Villiers as US-rektor is deur toenemende en versnelde verengelsing gekenmerk. Reeds in 2002 het HJMNF-trustees dit oorweeg om steun aan die US in te kort omdat Brink die US-onderrigtaal ondergeskik aan sy diversiteitsbeleid, oftewel transformasie, gemaak het. Teen 2004 het HJMNF sy naam gestand gedoen toe besluit is om sy bevordering van Afrikaansbelange oor die land as geheel te versprei. Minder geld sou dus voortaan na die US gekanaliseer word.

Wim de Villiers het op 1 April 2015 sy dienstermyn begin. 30 Mei 2015 was die honderste herdenking van die dood van Jan Marais. Die US het amptelik niks gedoen om erkenning hieraan te gee nie. Dit is aan HJMNF oorgelaat om ‘n kranslegging by Marais se graf te doen en ‘n huldigingsbyeenkoms in Marais se eertydse huis by Coetzenburg te hou. By daardie geleentheid is eksemplare van Pieter Kapp se pragboek, Nalatenskap sonder einde: Die verhaal van Jannie Marais en die Marais-broers,(2015, 216p – Praag 25.11.2015) aan die genooide gaste uitgedeel. Dit was uitsluitlik ‘n HJMNF-inisiatief. Die US het amptelik niks in hierdie verband gereël nie.

Op 12 November 2015 het De Villiers sy voorstel vir die verengelsing van die US uitsluitlik in Engels aan die US-senaatslede gestuur. George Steyn, wat sedert 2012 die voorsitter van die US-raad is, het hom aanvanklik (in ‘n mate) teen De Villiers se verengelsingsinisiatiewe verset. Daar was meer onlangs ook tekens van wrywing tussen Steyn en De Villiers oor die aanwysing van Edwin Cameron as US-kanselier. As gay- en vigsaktivis en ANC-kameraad kan Cameron myns insiens kwalik as ‘n geskikte rolmodel vir (alle) studente beskou word. De Villiers smeek eintlik om kortgevat te word, maar die US-raadslede is oorwegend ANC-gesind, onder meer omdat die getal raadslede wat deur die minister van hoër onderwys aangewys word tydens De Villiers se ampstermyn van drie tot die maksimum van vyf (as ek reg onthou) vermeerder is. Daardie minister is Blade Nzimande, die sekretaris-generaal van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party. Die US-raadsamestelling verduidelik (dalk) ook waarom De Villiers se ampstermyn as rektor sonder meer vir ‘n verdere vyf jaar verleng is. By De Villiers se uittrede op 31 Maart 2025 sal Afrikaans hoogswaarskynlik glad nie meer as ‘n US-onderrigtaal bestaan nie. Marais se hoop op ‘n kosbate Afrikaner- en Afrikaansnalatenskap aan die US sou dan volledig vernietig wees. Dit is kwalik moontlik om te glo in watter mate Suid-Afrika en daarmee saam die US sedert 1994 ontaard het.

Die mate waarin die De Villiers-US die US-stigtingskenker geminag, het nie net in 2015 duidelik geblyk nie, maar selfs in groter mate tydens die US-eeufees in 2018. De Villiers het, sover bekend, hom toe nooit eens verwerdig om Marais se uitdruklike stigtingsvoorwaarde, dat Afrikaans nie ‘n mindere plek as Engels aan die US mag beklee nie, in die openbaar te noem nie. Ek verkwalik HJMNF-trustees dat daar van hulle kant in die openbaar geen luide beswaar teen De Villiers se swye opgeklink het nie. Dit is ‘n onverteerbare onreg wat die De Villiers-US die Marais-nalatenskap aangedoen het. Waarmee die US, wat Afrikaans betref, veral sedert 2002 besig is, is fundamenteel oneties. Elizabeth Marais (1867-1953), Jan Marais se eggenote, was ná sy dood bykans vier dekades lank intens meelewend by die US betrokke. In minder as ‘n halfeeu ná haar dood het drie US-rektore van 2002 af agtereenvolgend gepoog om Jan Marais se Afrikaans- en Afrikanernalatenskap te vernietig. Sulke gedrag dui op baie dik ANC-gedienstige velle. Tydens Marais se begrafnis is by sy graf gesê: “Stellenbosch zou haar rechterhand moeten vergeten als het vergeten zou wat Jan Marais voor haar was.”

Sedert die dood van Jan Marais is dit die dure plig van HJMNF-trustees om volgens sy wense namens hom te praat en te handel omdat hy dit nie meer self kan doen nie. Hulle (relatiewe) onaktiwiteit in hierdie opsig, hulle onwilligheid om (kompromisloos) vir Afrikaans te veg, het nie by Meaker begin nie. Dit kom al ‘n lang pad. Dit is onverskoonbaar. Deel van die probleem is dat mense wat US-personeellede was of is, as trustees aangestel word. Veral sedert 1994 beteken dit dat so ‘n trustee twee here met uiteenlopende belange probeer dien – een wat al hoe meer Engels- en die ander wat Afrikaansgeoriënteerd is. Dit is onmoontlik om aan die wense van sowel Wim de Villiers as Jan Marais te voldoen. Die oplossing is dat besluit moet word dat geen trustee voortaan ‘n US-personeellid mag wees nie. HJMNF moet heeltemal onafhanklik van die US hervestig word.

Dieselfde behoort met die ander Marais-fonds, Het Jan Marais Fonds (HJMF), te gebeur. Volgens Marais se voorskrifte moet HJMF nege en HJMNF ses trustees hê. Aanvanklik was daar ‘n groot mate van oorvleueling; dus dat trustees van die een ook trustees van die ander fonds was. Mettertyd het HJMF heeltemal in die US-administrasie versand geraak en uit die openbare oog verdwyn. Oor die HJMF skryf Pieter Kapp in sy boek oor Jan Marais: “Die fonds het sy onafhanklikheid van die US afgestaan en sy rekening by Nedbank gesluit en dit na die US se interne rekening oorgeplaas” (bl 175). Kapp kon nie vasstel wie toe HJMF-voorsitter was nie, om van wie die ander agt trustees was nie te praat nie.

In die lig van die minagting wat Marais deesdae in US-geledere te beurt val, is dit (hoogs) onwaarskynlik dat die US steeds HJMF volgens Marais se voorskrifte bestuur en administreer. Hoe vollediger die verengelsing, des te minder die reg van die US om finansiële voordeel uit HJMF te trek. Dit is myns insiens die dure plig van HJMNF-trustees om HJMF uit die kloue van die US te bevry en sorg te dra dat dit heeltemal vry van US-beïnvloeding bestuur en geadministreer word. Dit is onwaarskynlik dat die US sy Marais- neseier vrywillig sal afstaan. Dan behoort HJMNF-trustees die moed van hulle oortuiging te hê om met regsoptrede HJMF heeltemal onafhanklikvan die US te maak. Dit verg bereidwilligheid om te baklei vir wat reg is; iets waarvoor Meaker klaarblyklik nie kans sien nie.

Die US het uit die Victoria Kollege ontstaan. In die eerste helfte van die vorige eeu het die US die moeisame pad van ‘n oorwegend Engelse na ‘n Afrikaanse inrigting geloop. In die nuwe Suid-Afrika het die US terugwaarts beweeg en doelbewus direk teen die wense van Jan Marais in ‘n oorwegend Engelse inrigting geword. By die huidige US-bewind weeg die wense van die ANC-regime swaarder as dié van Marais. Maar dit is (ten minste teoreties) moontlik om die US te hertransformeer deur te herhaal wat voorheen vermag is; dus om die US van sy huidige oorwegend Engelse opset te hervorm totdat dit weer ‘n oorwegend – verkieslik uitsluitlik – Afrikaanse inrigting word. Wanneer dit bewerkstellig is, kan die twee Marais-fondse hulle verbintenis, ooreenkomstig die wens van Jan Marais, met die US hernu. In die voorsienbare toekoms behoort die Marais-fondse hulle egter baie duidelik van die US te distansieer. Dit is immers wat Jan Marais (ongetwyfeld) sou gedoen het.

Michael le Cordeur is sedert 2012 ‘n HJMNF-trustee. Hy sorg dat hierdie trustees op diversiteit of multikulturaliteit aanspraak kan maak. Daar is drie redes waarom Le Cordeur nie ‘n trustee moet wees nie: Hy is nie pro-Afrikaner en pro-Afrikaans nie (wel pro-Kaaps) en hy is ‘n US-dosent. Weens die hedendaagse ontaarding van Afrikaansinstansies het Le Cordeur al as raads- of direksielid of trustee in die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA), die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) en die Afrikaanse Taalraad (ATR) gedien. Hy was selfs die ATR-voorsitter en die onder-voorsitter van Rachel’s Angels, waar net nieblankes engelstatus kan verwerf. In die nuwe Suid-Afrika is dit ‘n oorbekende situasie: Geen instansie mag eksklusief blank wees en op grond van ras of kleur diskrimineer nie. Maar eksklusief nieblanke of swart instansies, wat blatant teen blankes diskrimineer, word onder die vaandel van “regstelling” of transformasie as heeltemal in orde beskou. Dink in hierdie verband ook aan die DAK (Doman, Autshumao, Krotoa) -netwerk. As uitgesproke ANC-kameraad het Le Cordeur geen probleem hiermee nie.

Oor die ontaarding van Afrikaansinstansies het ek al dikwels geskryf. Ontaarding is al dermate die geval dat talle van hulle, soos die SBA, ATKV, ATR en DAK, weens hulle verknogtheid aan en vertroeteling van Engelsbesoedelde Kaaps en hulle afwysing, of ten minste skeptisisme, oor Standaardafrikaans, in werklikheid die ondergang van Afrikaans bevorder. Sedert die diensaanvaarding in Junie 2016 van ‘n ANC-aktivis, Michael Jonas, as die uitvoerende hoof van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM), geld dit ook in buitensporige mate vir die ATM. In hierdie twee tradisioneel Afrikaanse heiligdomme in die Paarl het sowel Afrikaans as die blanke personeellede bedreigde spesies geword. Hierdie situasie het die blanke museumkuratrise, Chantelle de Kock, onlangs genoop om oor die inwyding van die Taalmonument in 1975 te beweer dat “die meeste sprekers van Afrikaans nie toegelaat is om dit by te woon nie” – volgens Izak de Vries se verslag (LitNet, 13.10.2020). Le Cordeur het voorheen (doelbewus) valslik beweer dat hy nie toegelaat is om die monument-inwyding by te woon nie.

Op De Kock se bewering het ek op 13 Oktober soos volg gereageer: “Chantelle de Kock, die kurator van die Afrikaans Museum, beweer ‘dat die opening van die Taalmonument 45 jaar gelede omstrede was omdat die meeste sprekers van Afrikaans nie toegelaat is om dit by te nie.’ Dit is inderdaad so dat die oorgrote meerderheid Afrikaanssprekendes, wit en bruin, nie by daardie gebeurtenis teenwoordig was nie. Maar wat sy waarskynlik bedoel, is dat bruin mense nie by die opening toegelaat is nie. Dit word egter weerspreek in ‘Die Afrikaanse Taalmonument: Van konsep tot gestalte,’ ‘n publikasie wat op die ATM-webwerf beskikbaar is. ‘Verskeie bruin skrywers en verteenwoordigers van ander sektore van die bruin gemeenskap [is] genooi en ‘n beduidende aantal van hulle, asook groot getalle bruin skoolkinders, het die verrigtinge bygewoon’ (bladsy 8).” As skoolkind kon Le Cordeur dus, as hy wou, die gebeure eerstehands ervaar het.

Op 15 Oktober het Leopold Scholtz soos volg op De Kock se bewering gereageer: “As ek reg onthou, was daar wel deeglik ‘n kleinerige groep Afrikaanse bruin mense by die opening van die Taalmuseum* teenwoordig.” Scholtz het dit nodig gevind om ter wille van die waarheid te reageer omdat my bostaande kommentaar aanvanklik teruggehou is en eers na verloop van sowat ‘n week gepubliseer is. By LitNet is dit geykte praktyk om lesersreaksies voor publikasie te “modereer”. Dit kan die weiering van publikasie insluit. ‘n Mindere vorm van sensurering is om kommentaar waarvan LitNet nie hou nie, dae lank terug te hou en dan by die oorspronklike datum te publiseer. Sulke kommentaar word dan min gelees omdat baie LitNet-lesers net van die jongste lesersreaksies kennis neem.

[* Die monument teen Paarlberg en die museum in Pastorielaan in die Paarl is op dieselfde dag, 10 Oktober 1975, ingewy.]

Ek vra my af: Waarom is Scholtz se kommentaar dadelik gepubliseer en myne, wat wesenlik dieselfde sê, word dae lank teruggehou? Kan dit geregverdig word as ‘n meningsforum, soos LitNet, wegskram van die waarheid? Des te meer as onthou word dat LitNet destyds geloods is met die voorneme dat sensuur vir hom uit die bose sou wees. In die huidige geestesklimaat kan sensuur die heil van Afrikaans en die beeld van Afrikaners ernstig benadeel. Dit is byvoorbeeld heeltemal moontlik dat die ATM-opset tans sodanig is dat die webwerfpublikasie waarna ek hierbo verwys, onttrek of aangepas kan word. Dit sou ‘n vervalsing van die geskiedenis wees.

Ek kom reeds ‘n baie lang pad met LitNet maar sy sensuurbeleid, wat sekerlik periodiek verander, kon ek nog nooit deurgrond nie. Op dieselfde dag, 13 Oktober, toe ek bogenoemde kommentaar oor die De Kock-uitlating geskryf het, het ek in ‘n ander reaksie veel meer fundamentele kritiek op die ATM uitgespreek. Ek het verwag dat my teks moontlik deur LitNet teruggehou of geweier sou word, maar tot my verbasing is dit dadelik gepubliseer. Dit gee ‘n (realistiese) beeld van die toestand waarin die ATM verval het maar wat skynbaar geen kommer hoegenaamd by ander Afrikaansinstansies wek nie. My kommentaar op De Vries se artikel lui soos volg:

“Daar word beweer dat die ATM-raad van agt lede verteenwoordigend van Afrikaanssprekendes is. Maar daar dien net een of twee wit mense in hierdie raad. Is dit verteenwoordigend? Op die ATM-webwerf is daar ‘n foto van die personeel. Daar is blykbaar net enkele wit mense. Is dit verteenwoordigend? Kyk na die teks en foto’s [in De Vries se artikel] hierbo. Wit mense is die uitsonderings. Is dit naastenby ‘n spieëlbeeld van Afrikaanssprekendes? My indruk is dat wit mense (doelbewus) deur die ATM gemarginaliseer word. Is dit deel van die dekolonisering van Afrikaans waarvan Elvis Saal [die voorsitter van die ATM-raad] melding maak? Is dit taalkundig sinvol om Christo van Rensburg se stelling te herhaal dat Afrikaans ‘n halfeeu voor 1652 ontstaan het, of behoort ons ons eerder af te vra of dit nie (bloot) ‘n uitdrukking van politieke byderwetsheid is nie? Wit mense het ongetwyfeld die grootste bydrae tot Afrikaans gelewer en hulle is sekerlik die lojaalste ondersteuners van Afrikaans. Die artikel hierbo wek ‘n heeltemal ander indruk.” Verwys ook Johannes Comestor se artikel: “Afrikaans: Vind daar onteiening plaas?” (LitNet 25.08.2020).

LitNet en Rapport is die publikasies wat Kaaps as geradbraakte Afrikaans in die grootste mate bevorder en natuurlik ook Son, wat, anders as sy Engelse eweknie, in die Wikipedia beskryf word as ‘n “mixed Afrikaans-language South African tabloid.” Son is nie op Netwerk24 toeganklik nie. Hopelik dui dit daarop dat Naspers/Media24 hom darem in ‘n mate van Son distansieer. Maar behoort hierdie instansies en almal wat belang by Afrikaans het nie ernstig te besin oor hoe Engelsbesoedelde taalgebruik die toekoms van Afrikaans saboteer nie? Behoort HJMNF ‘n instansie soos die SBA finansieel te ondersteun? HJMNF se skenkings aan die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) is meer sinvol.

Die mate waarin Le Cordeur en LitNet saamspan om Kaaps te bevorder, blyk byvoorbeeld uit ‘n onlangse artikel deur Le Cordeur: “‘n Strategie vir die insluiting van Kaapse Afrikaans by die formele skoolkurrikulum” (LitNet 19.10.2020). Ek het op 22 Oktober die volgende (redelike/gematigde) kommentaar daarop na LitNet gestuur, maar op 1 November was daar nog geen aanduiding dat dit gepubliseer sou word nie.

“Soos dikwels voorheen is Michael le Cordeur beswaard oor die stigmatisering van Kaaps. Hy beklemtoon graag dat Kaaps ‘n gelykwaardige variëteit van Afrikaans is. Wat hy nie verreken nie, is die groot Engelskomponent in Kaaps. In hierdie opsig is Kaaps nie net sulke goeie Afrikaans soos die ander variëteite nie – veral nie so gesuiwer van onnodige Engels soos Standaardafrikaans nie. Engelsbesoedelde Kaaps stel ‘n slegte voorbeeld wat al hoe meer deur ander Afrikaanssprekers nagevolg word. Die uiteinde kan wees dat Afrikaans as ‘n taal wat duidelik van Engels onderskeibaar is, tot niet gaan. Kaaps kan nie gestandaardiseer en as ‘n skoolonderrigtaal erken word terwyl enige Engelse woord deel van sy woordeskat is nie. Wat nodig is, is dat alle Kaapssprekers en alle ander Afrikaanssprekers aangemoedig word om hulle taal van onnodige Engelsinvloed te suiwer. As in Kaaps op sy nie-Engelse taaleie gekonsentreer word, kan die stigma beëindig, dit makliker gestandaardiseer en ‘n erkende skoolonderrigtaal word. Die voortbestaan van Afrikaans sal dan veel beter gedien word as wat tans die geval is.” Op grond waarvan sou die LitNet-redaksie dink dat lesers teen hierdie opmerkings beskerm moet word?

Die lakmoestoets vir ‘n Marais-fondstrustee is of hy/sy Jan Marais se wens, dat Afrikaans nie ‘n mindere plek as Engels aan die US mag beklee nie, onderskryf. In hierdie opsig het Le Cordeur homself gediskwalifiseer. Hy het onomwonde verklaar dat die verengelsing van die US by hom “geen hartseer” wek nie (LitNet 13.11.2015). Daar kan geen twyfel wees dat so ‘n houding lynreg teen Jan Marais se wense ingaan nie. Die beginsel wat Marais vir sy befondsing van die US neergelê het, behoort ook vir skole te geld. Net skole wat eentalig of hoofsaaklik Afrikaans is, behoort deur HJMNF finansieel ondersteun te word. Skole behoort vooraf deur HJMNF gewaarsku te word dat sodra Engelsonderrig groter afmetings as Afrikaansonderrig aanneem, sy finansiële ondersteuning beëindig sal word. Op hierdie manier sal die heil van Afrikaans ten beste gedien word.

Maar ook in hierdie opsig ondermyn Le Cordeur die wense van Marais. In Le Cordeur se boek, Halala Suid-Afrika (2019 – Praag 4.04.2020), is daar ‘n artikel met die opskrif: “Is ons ‘n hindernis vir hulle wat wil leer?” (bl 72-76), wat op 6 Desember 2009 in Rapport gepubliseer is. Daarin verkondig Le Cordeur die ANC-regime se beleid waarvolgens skole rasgeïntegreerd moet wees. Dit beteken in die praktyk onder meer dat skole eentalig Engels maar nie eentalig Afrikaans mag wees nie. Engelse skole sluit glo niemand uit nie terwyl Afrikaans as onderrigtaal glo wel sommige leerlinge, veral swartes, uitsluit.

Le Cordeur verwys na die Hoërskool Ermelo wat van ‘n uitsluitlik Afrikaanse skool in ‘n tweetalige skool (Afrikaans en Engels) getransformeer is, met as bonus dat dit nou ook swart leerlinge het. Soos hier bo aangetoon, beteken dit dat die Hoërskool Ermelo spoedig/mettertyd oorwegend Engels en swart sal wees. Hierteen het sowel Le Cordeur as sy geliefde ANC geen beswaar nie. Dit is immers ook die pad wat die US en al die eens Afrikaanse universiteite met die seën van Le Cordeur en die ANC-regime loop.

Aan die begin van hierdie eeu was Le Cordeur ‘n omgangsinspekteur vir skoolonderwys in die Stellenbosch-omgewing. Die Laerskool AF Louw was ‘n eentalige Afrikaanse blanke model C-skool. Le Cordeur het voorgestel dat die skool begin om elke jaar in graad R 40 swart Engelse leerlinge in te neem, wat dan jaarliks na die volgende graad opskuif. Ná agt jaar sou daar agt swart Engelse klasse van graad R tot 7 wees. Teen die einde van 2009 het hy triomfantelik en oordrewe aangekondig: “Die leerlingtal het gestyg van 250 Afrikaanse leerders na 500 meertalige kinders. Afrikaanse leerders se Engels het drasties verbeter. En 250 Xhosa-kinders en hulle ouers [!] is nou Afrikaans magtig” (75). Hy noem dit ‘n “wen-wen oplossing” (74).

Uit die getal leerlinge kan afgelei word dat die skool in 2009 helfte wit (en bruin) en Afrikaans en helfte swart (en bruin) en Engels was. Le Cordeur vind dit wonderlik dat die druk op klaskamerruimte in die Primêre Skool Ikaya in die swart woonbuurt Kayamandi op hierdie manier verlig is. “‘n Slag [is] geslaan vir Suid-Afrika; meer nog vir Afrikaans. Deur konstruktief saam te werk met die owerhede is Afrikaanse onderrig aan AF Louw verseker” (75). Een van die redes wat Le Cordeur vir skooltranformasie aanvoer, is dat “so baie kinders met ‘n leë maag skool toe kom” (73). Hy verduidelik egter nie hoe die verengelsing en verswarting van die Laerskool AF Louw ‘n bydrae lewer om hierdie probleem op te los nie. Desnieteenstaande beweer hy dat almal met hierdie (briljante) voorstel van hom tevrede gestel is; dat almal gelukkig is (76).

Maar hoe lyk daardie skool deesdae, elf jaar later? Kyk op die skool se webwerf op die internet. Die skool is getransformeer van ‘n eens blanke skool na ‘n skool vir bruin en swart leerlinge. Van graad R tot 7 is daar drie klasse vir elke graad. Op elke vlak is daar een Afrikaanse en twee Engelse klasse. Met ander woorde, binne ‘n dekade het die Afrikaans/Engels-verhouding van helfte-helfte na tweederdes Engels en ‘n derde Afrikaans verander. Het Le Cordeur ‘n slag vir Afrikaans geslaan, soos hy in 2009 beweer het? Het die Le Cordeur/ANC-transformasie Afrikaansonderrig aan daardie skool verseker? Dit is vir my duidelik dat daardie skool dieselfde pad as ander eens Afrikaanse skole en universiteite loop; dat Afrikaans progressief uitgewis word. Dit toon weer eens dat Le Cordeur en die ANC-regime nie met blanke (veral Afrikaner- en Afrikaans-) belange vertrou kan word nie.

Die Laerskool AF Louw-sage toon nogeens dat Le Cordeur nie ‘n trustee van HJMNF behoort te wees nie. As opvoedkundige tree hy (in groot mate) as hekwagter op wanneer HJMNF oor finansiële ondersteuning aan veral (eens) bruin skole besluit. Omdat die Laerskool AF Louw deesdae oorwegend ‘n Engelse skool is, behoort dit nie (meer) deur HJMNF ondersteun te word nie. Die skole wat tradisioneel bruin en Afrikaans was, verengels baie vinniger as die tradisioneel Afrikaanse blanke skole. Dit is omdat bruines in (baie) groter mate as blanke Afrikaanssprekendes Afrikaansdislojaal is, insluitende die Moslems van byvoorbeeld die Bo-Kaap, wat deesdae polities byderwets maar verkeerdelik as die bakermat van Afrikaans verheerlik word. Die hedendaagse oorwig van Engels aan die Laerskool AF Louw is (waarskynlik) nie bloot aan die toeloop van swart leerlinge te wyte nie maar ook weens bruines wat toenemend verkies om in Engels skool te gaan.

Een van my medestryders vir Afrikaans het onlangs die volgende gedagte in die midde gelê: Is die bruines steeds die meerderheid Afrikaanssprekendes? Die antwoord hang deels af van of Kaaps as ‘n variëteit van Afrikaans of eerder (en myns insiens tereg) as ‘n tussen- of brouseltaal beskou word. Die punt is dat die stadium in die nie te verre toekoms bereik kan word dat blankes die meerderheid Afrikaanssprekendes sal wees. Juis daarom moet daar jaloers oor die idiomatiese gehalte, die wesenlik nie-Engelse aard, van Afrikaans gewaak word.

Op 21 Oktober 2020, die dag toe La Vita se onderhoud met Meaker gepubliseer is, het ek soos volg aan HJMNF geskryf: “Geagte mevrou Erna Meaker, Ek skryf na aanleiding van die koerantonderhoud met u wat vandag gepubliseer is. Ek het dit by meer as een geleentheid sonder sukses onder die aandag van u voorganger [Niel Krige] gebring dat dit vir my heeltemal onaanvaarbaar is dat Michael le Cordeur ‘n trustee van die JMNF is omdat hy hom oopenlik ten gunste van die verengelsing van die Universiteit Stellenbosch uitgespreek het. Iemand anders behoort as trustee vir byvoorbeeld kontak met skole vir bruines aangestel te word.”

Op 28 Oktober 2020 het HJMNF-sekretaresse, Henét de Villiers, soos volg aan my geskryf: “Beste Professor, Dr Michael le Cordeur lewer waardevolle insette as Trustee. Sy e-pos-adres is op die US se webblad. Ek stel voor dat u met hom u argwaan hanteer. Ongelukkig kan/gaan ons nie as tussenganger optree nie.” Argwaan is nogal ‘n groot woord vir ‘n sekretaresse om te gebruik. Agterdog of wantroue word bedoel. Dit is duidelik dat daar by HJMNF skynbaar geen of bloedweinig begrip is vir waaroor dit hier gaan. Dit is juis die Le Cordeur-insette wat met (groot) omsigtigheid benader behoort te word. Dit sou geen sinvolle doel dien as ek my besware privaat onder Le Cordeur se aandag bring nie. Dit is HJMNF-trustees wat standpunt moet inneem. Die bostaande uiteensetting kan hulle hopelik help om oor die rol van HJMNF te herbesin. Dit gaan by uitstek om Jan Marais se wense en die heil van Afrikaans.

Dit is die dure plig van HJMNF-trustees teenoor Jan Marais om nie, soos die Afrikaansinstansies wat ek hier bo noem, voorkeur aan byderwetse politieke oorwegings bo die belange van Afrikaans en die Afrikanerdom te gee nie. Hoekom voel dit vir my aljimmers asof ek ‘n stem roepende in die woestyn is? Dit is my oortuiging dat wat ek skryf kwalik sonder meer as bog verwerp kan word. Ek put my motivering om met die stryd ten behoewe van Afrikaans en die Afrikanerdom voort te gaan uit die volgende woorde van James Anthony Froude: “Even when a cause is lost utterly, and no rational hope remains, I will still go down, if it had to be so, with my spirit unbroken and my face to the enemy” (Praag 11.07.2020).

Leon Lemmer: Die stryd om die behoud van Westerse beskawing

In Brittanje en veral Amerika het dit by skool- en universitêre onderrig mode geword om die eie kultuur af te kraak, die eie geskiedenis te verwaarloos en hulle met multikulturaliteit en wêreldgeskiedenis te vervang. Donald Trump gooi wal hierteen en tref maatreëls om die instroming te keer van vreemdelinge wat kultureel radikaal van tradisionele Amerikaners verskil. Soos Trump stel Boris Johnson Britse belange eerste en wakker hy nasionalisme aan, hoewel hy nie sterk standpunt teen immigrasie inneem nie.

Volgens die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT, 2015) is kultuur “die manier van leef, gewoontes, geloof, ens, van ‘n bepaalde groep mense of gemeenskap; geesteslewe.” Beskawing is “geestelike ontwikkeling; verfyning.” In die Collins World Encyclopedia (2003) word culture beskryf as “the way of life of a particular society or group of people, including patterns of thought, beliefs, behaviour, customs, traditions, rituals, dress, and language, as well as art, music, and literature.” Civilization is ‘n “highly developed human society.” Kultuur verwys dus na mense se leefwyse, hulle manier van dink en gevolglik van doen, terwyl beskawing verfynde of ontwikkelde kultuur is. Alle mense beskik dus oor kultuur maar net sommige mense het hulle denke en gedrag dermate verbeter dat daardie verhoogde vlak as beskawing gekarakteriseer word.

Veralgemenend kan groepe mense, bv gemeenskappe, samelewings en nasies, as beskaaf beskou word terwyl dit nie van ander groepe, hetsy histories of hedendaags, gesê behoort te word nie. Die verskil tussen beskaafde en onbeskaafde kultuur is dus hiërargies. Sodanige hiërargieë kan oor tyd verander. Die skeidslyn tussen beskaaf en onbeskaaf kan nie altyd duidelik getrek word nie omdat daar ‘n verskil kan wees in die waardes wat tydens beoordeling gebruik word. In die praktyk is dit egter dikwels moontlik om tussen onbetwisbaar beskaafde en onmiskenbaar onbeskaafde gedrag te onderskei. Tydens kolonialisme was dit (meesal/dikwels) die geval dat die koloniste van die veronderstelling uitgegaan het dat hulle, in vergelyking met die inheemse bevolking, beskaaf was. Die koloniste was gevolglik geneig om op die kultuur van die gekoloniseerdes neer te sien.

Aan die Kaap was die vroegste blanke inwoners nie uit die Europese elite afkomstig nie, hoewel gesofistikeerde kultuur plaaslik ‘n hupstoot met die koms van die Hugenote teen die einde van die 17de eeu (1688-1700) gekry het. In vergelyking met die inheemse bevolking, die Khoi-San, was hierdie vroeë blankes meer beskaaf. Hulle kon bv huise bou en akkerbou bedryf; nie net veeteelt nie. Toe die Britte hier aankom (1795, 1806), het hulle hulleself as meerderwaardig, as meer beskaaf, as die plaaslike Hollanders beskou. Tydens kolonialisme was die algemeen aanvaarde standpunt dat die Europese koloniale moondhede beskawing na die kolonies gebring het. Dit is ‘n geldige siening maar een wat weens politieke byderwetsheid deesdae selde geopper word.

In Amerika is daar die National Association of Scholars (NAS), met as missie “to sustain the tradition of reasoned scholarship and civil debate in American colleges and universities” (Stanley Kurtz, bron hier onder, Kindle 11), wat insluit ‘n verbintenis met “academic freedom and excellence” (25). Die polities linkse Wikipedia beskryf die NAS as “an American non-profit politically conservative advocacy group, with a particular interest in education. It opposes a perceived [!] political correctness on college campuses and supports a return to mid-20th century curricular and scholarship norms, and an increase in conservative representation in faculty.” Die NAS gooi wal teen die buitensporig linkse aard van Amerikaanse tersiêre onderrig, wat voortspruit uit die radikaal linkse politiek van die oorgrote meerderheid dosente, veral in die humaniora en sosiale wetenskappe.

Van ‘n senior NAS-genoot, Stanley Kurtz, is die volgende boek gepubliseer: The lost history of Western civilization (New York: NAS, 2020, 176p; Amazon Kindle $6,89). Die onderwerp van die boek is die kultuuroorlog wat by uitstek op Amerikaanse universiteitskampusse woed. Hierdie oorlog het in 1987, die jaar waarin die NAS gestig is, by Stanford University begin (36). Stanford, Jonathan Jansen se alma mater, ding met die University of California, Berkekey, mee om die ekstreem linkste Amerikaanse universiteit te wees. Waartoe Stanford gesink het, blyk uit die volgende: “Close to forty percent of Stanford’s undergraduate student body consisted of minority students” (1863). Minderheidstatus, pleks van akademiese prestasie, dikteer studente-toelating. “Most minorities on campus are there primarily because of preferences” (2317). “The more victim classes you belong to, the higher you rank” (1640). “If black students perform poorly, it is merely because they’ve been forced to imitate white culture and conform to its standards” (2445). Plaaslik is selfs al beweer dat standaarde en meriete verwerplike Westerse uitvindings is.

Die kultuuroorlog is ‘n stryd tussen “the new multicultural way and the traditional American conceptions of history and citizenship” (40). Kurtz redeneer: “The Western tradition is the source of America’s founding principles and constitutional system” (51). Wat die vyande van tradisionele Amerikaanse waardes doen, is om die Amerikaanse geskiedenis te dekonstueer en te herskryf, “a version of history that aims to debunk and overthrow the foundational narratives of America and the wider West” (142). Die ANC-regime is besig om met die hartlike samewerking van sommige historici ons geskiedenis volgens die wense van die ANC te herskryf. Die doel is om die aansien van die blankes, veral die Afrikaners, te ondermyn. “A civilization attains the ability to judge and guide itself by means of its history” (148). Daarom vind die ANC-regime dit noodsaaklik om Afrikanergeskiedenis te verwring tot iets wat verguis moet word.

Die aanleiding tot die 1987-gebeure was die historikus, Gilbert Allardyce, se valse bewering in 1982 “that the very idea of Western civilization is a modern invention devised during World War I as a way of hoodwinking young American soldiers into fighting and dying in the trenches of Europe” (56). In werklikheid “American colleges and universities have been teaching Western Civilization since before the Revolution” (War of American Independence, 1775-1783). Harvard, gestig in 1636, is die oudste Amerikaanse universiteit. “Required study of Western Civilization extends back to the colonial period, antedating the invention of the word ‘civilization'” (1105).

“In the decades since the Stanford dustup, the Allardyce thesis has been invoked to justify the replacement of college [undergraduate university] and K-12 [primary and secondary school] Western Civilization courses with World History, or with heavily globalized versions of European and American history” (62). Stanford se verpligte kursus in Western Culture is as gevolg van Allardyce se bewering in 1988 afgeskaf (67, 1006). Onlangs is pogings aanwend om die plek wat ‘n kursus in Westerse beskawing eens ingeneem het met ‘n verpligte kursus in “civic education and global citizenship” te vervang (83). “Civic education is the anodyne camouflage behind which modern universities often introduce coursework in progressive political activism” (94).

Aan Stellenbosch University (SU) is Wim de Villiers, met sy Amerikaanse akademiese agtergrond maar beperkte ideologiese insig, ‘n voorstander van Afrika- en wêreldburgerskap. Hy is myns insiens nie gebore in staat om die volgende vraag sinvol-beredeneerd te beantwoord nie: “Can there be a transnational national culture?” (1578). Kurtz se antwoord is: “A transnational national culture means the end of nation and culture as we know them and the start of a clash based on race instead” (2698). “The global level is simply a back-door way of undermining national narratives” (1722). De Villiers se uitgesproke diversiteitsmanie is pro-multikulturaliteit, dus “whatever works to the benefit of its advocates” (1608).

Die hoogste goed, die grootste prestasie, waartoe SU tans in staat is, is die brutale vernietiging van ‘n eens akademies voortreflike Afrikaans- en Afrikaneruniversiteit. Die Universiteit Stellenbosch het twee rektore gehad wat al die ander in die skadu stel. Die De Villiers-SU kon dit nie verduur dat die name van hierdie twee voortreflike Afrikaners op die kampus voortleef nie. Die HB Thom-teater is reeds na Adam Small hernoem. Tans word voorstelle ingewag vir die verandering van die naam van die RW Wilcocks-gebou. Die vernoeming van ‘n universiteitskoshuis na Russel Botman, ‘n ANC-aktivis, is egter in orde. Onder De Villiers se leiding het SU die era betree waarin (ten minste vergelykenderwys) eerder mikro- en nanogeeste verheerlik word. Verdere onverkwiklike nuus is dat Johannesburg University, voorheen die Randse Afrikaanse Universiteit, ná vanjaar selfs nie meer ‘n Afrikaansdepartement gaan hê nie.

Die voorbeeld wat Stanford gestel het, word by talle ander universiteite nagevolg. Dit is deel van die kultuuroorlog wat woed. “American politics today has become Stanford’s culture war writ large” (1387). “Through the 1950s, Western Civ was the most popular course at Stanford. By 1963-66 … Stanford’s senior faculty had lost faith in the very idea of general education” (1392), bv verpligte kernleerplanne. Vryheid van vakkeuse is sedertdien aan die orde van die dag (1398). In die plek van Westerse beskawing is kursusse in multikulturalisme ingestel. Multikulturalisme se jongste inkarnasie word “intersectionality” genoem (72). “The intersectional alliance … downplay[s] culture and accentuate race. Race becomes the sign of shared oppression and essentially replaces culture at the core of modern intersectional identity” (2273).

Maar dit gaan om meer as net ras. Interseksionaliteit omvat al die polities byderwetse idees oor ras, klas, geslag, seksuele oriëntasie, ens, terwyl tradisionele opvattings hieroor as diskriminasie en bevoorregting veroordeel word. Die grondslag hiervan is onmiskenbaar nieu-marxisties. Die nuwe marxisme verskil van die klassieke marxisme van bv Karel Marx en Friedrich Engels deurdat dit nie meer gaan om die politieke of staatkundige verowering van die hele wêreld nie, maar die ondermyning van veral Westerse kultuur en beskawing. Soms vind hierdie motiewe skuiling onder “the secular political religion of modernity” (108) of “post-modernity” – skynbaar voorbeeldige maar vae terme vir verskynsels wat misbruik word om (alles) wat tradisioneel en behoudend is, af te breek.

“Multiculturalism has ushered in a radically new sort of culture in which perpetually expanding accusations of racism, bigotry and genocide stand as quasi-religious ends in themselves … The American experiment cannot survive without checking or reversing these trends” (83). Onderliggend aan multikulturalisme is daar die sug na globalisme (119). Hier moet ‘n belangrike onderskeid gemaak word. Globalisering is ‘n (positiewe) hedendaagse verskynsel, bv die gemak waarmee wêreldwyd gereis, handel gedryf en inligting uitgeruil word. Globalisme, daarenteen, is ‘n ideologie waarmee gepoog word om ras- en kultuurverskille op te hef, nasionalisme en nasiestate te vernietig en alle mense (sover moontlik) identiteitloos eenderse wêreldburgers te maak. Kurtz verwys na “the allure for academics of ideas like ‘invented traditions’ and ‘imagined communities’, conceptual tools designed to subvert and dissolve the apparent reality of nations, cultures and civilizations” (125).

Die destydse Stanford-kursus in Westerse beskawing het die bestudering van grootse Westerse literêre werke ingesluit (119); daardie klassieke boeke wat deesdae in byderwetse politiek as die werk van dooie, blanke mans afgemaak word. “Advocates for dropping the requirement argued that the very idea of Western culture – and perhaps by implication Western Civilization itself – was largely an illusion” (137). Dit geld glo ook vir kultureel eiesoortige nasies (142). Sedert 1994 word op ‘n soortgelyke manier plaaslik dikwels voorgegee dat die Afrikanerdom en selfs Afrikaans – as ‘n eiesoortige taal wat duidelik van Engels onderskeibaar is – nie bestaan of behoort te bestaan nie. Afrikanernasionalisme word sonder meer as ongewens verdoem terwyl dit in werklikheid verseker het dat Afrikaners en Afrikaans voortreflike hoogtes kon bereik.

“To reclaim the lost history of America’s Western Civilization courses is to recover an understanding of who we are and what we have become” (148). Kursusse in Westerse en Amerikaanse geskiedenis het die nuttige doel gedien om die blanke immigrante wat voor die Tweede Wêreldoorlog hulle opwagting gemaak het, te assimileer (1423). Sedertdien het dit in die era van massa-immigrasie van nie-Westerse elemente ontaard, wat nie (maklik) geassimileer kan of wil word nie en wat weerstand bied teen onderrig in ‘n kultuur en beskawing wat vir hulle vreemd is (1441). Aan Stanford was daar “growing attacks on the requirement by black, female, Hispanic and Asian students” (1434).

Wat met multikulturalisme en globalisme beoog word, “is to undermine the public’s sense of national or civilizational identity” (153) terwyl daar terselfdertyd nie daarin geslaag kon word om groter belangstelling in die studie van die humaniora te wek nie (1447). “For deconstructionist historians, the only sound and fully legitimate identity is a global identity” (164). “We used to believe that individual liberty, religious freedom, liberal democracy, free markets, constitutionalism, scientific rationality, and the rule of law were significant enough to justify a focus on the traditions that created them” (170). “The very idea of American exceptionalism makes no sense without the complementary idea of Western civilization” (213). Amerikaanse eiesoortigheid sluit dus nie verwantskap met Europese beskawing uit nie. Inteendeel, dit is ‘n verlenging en verdere ontwikkeling daarvan. Verder: “How could modern Europe have recognized itself as a particular civilization in comparison to others had there not been something distinctive about it … – manners, customs, and institutions slowly shaped by the classical and Christian heritage of previous centuries?” (255).

“If anyone could be said to have ‘invented’ not Europe itself, but the emerging modern conception of European civilization, it was Charles Louis de Secondat, baron de la Brède et de Montesquieu [1689-1755], who did it 170 years before the First World War,” naamlik in 1748 (260). Hy het Europa met Asië gekontrasteer en bevind “Europe [is] a cultural and political entity with a history of its own” (267). Anders as ander kontinente vorm Europa en Asië ‘n aaneengeslote landmassa, maar die kulturele onderskeid tussen die twee gebiede word tot op hede algemeen erken. Dit geld bv vir vryheid. “While [Montesquieu] saw the West as far from immune to despotism, it was the locale in which liberty had made its foremost appearance” (284). Dit het bygedra tot die volgende latere standpunt: “The history of Europe is a history of liberty – the continent’s unique civilizational marker” (367).

Dit is vir my altyd interessant om veral in die Amerikaanse literatuur op te let hoe die woorde liberty en freedom gebruik word; liberty meesal in staatkundige verband. “Liberty” is vir die Amerikaners ‘n waardige, gekoesterde soort vryheid; nie die padversper-, klipgooi-tipe vryheid nie. “Liberty entails the responsible use of freedom under the rule of law without depriving anyone else of their freedom. Freedom is more broad in that it represents a total lack of restraint or the unrestrained ability to fulfil one’s desires” (Internet).

“England for Montesquieu played the ‘exceptional’ role that America (or the Anglo-American tradition) took on in later narratives of Western Civilization” (273). “Although Montesquieu was the first thinker to systematically characterize ‘Europe’, the word ‘civilization’ hadn’t yet been coined in 1748. ‘Spirit’ came close, since Montesquieu used it to summarize the totality of factors that shaped the laws of a given world-region. Montesquieu may be indirectly responsible for ‘civilization’, though; it was a French disciple of his [Victor de Riqueti, 1715-1789] who first coined the term in 1757, after which it swiftly became popular” (284). As vrugte van beskawing word “safety, abundance, liberty, and democracy” genoem (297). Naas vryheid word die christelike religie as die onderskeidende kenmerk van die Weste beskou (486). Gesamentlik het hulle bygedra tot die idee dat die Westerse beskawing meerderwaardig is (511). Daar word gemeen “that America had developed and perfected the career of liberty to an unprecedented degree” (630).

Adam Ferguson se 1767-boek, Essay on the history of civil society, is “the first known English-language publication to use the word ‘civilization'” (315). “Ferguson saw every human society passing through stages from ‘savage’ to ‘barbarous’ to ‘polished'” (321). Eersgenoemde twee beskik oor kultuur maar slegs laasgenoemde kan op beskaafdheid aanspraak maak. In 1769 het William Roberson ‘n biografie oor Karel V (1500-1558), die keiser van die Heilige Romeinse Ryk, gepubliseer. “It was Robertson’s lengthy introduction to that work that gained fame as the first great narrative account of the development of European civilization” (335). “Robertson persistently ranked the pursuit of liberty and the desire for justice as independent historical forces. For Robertson, the quest for ‘the unalienable rights of humanity’ was both an ethical choice and a driver of Europe’s story” (373). “The idea of civilization implies restraint in war, and lays down a standard of justice by which conflicts can be judged and condemned” (807). In bv die Anglo-Boereoorlog het die Britte hierdie beskawingstoets skouspelagtig gedruip.

“For Robertson, the moral choice most essential to the survival of a free and civilized Europe was the decision to foreswear the pursuit of universal empire. Robertson’s History of the reign of the emperor Charles V taught the dangers of the quest for continental hegemony” (379). “The essence of civilized Europe, for Robertson, was its balance of power” (385). “Europe had become a kind of informal confederacy of nations – a civilization bound by a shared system of manners … Only the pursuit of total continental (and world) domination could disrupt the system” (391).

“The [American] colonists absorbed these histories on the understanding that America was the last great outpost of British freedom and virtue at a time when the mother country itself was beset by luxury and corruption. America came to see themselves as torchbearers of British liberty, perhaps even capable of inspiring a renewal of freedom and virtue in Britain itself. Once again, American exceptionalism took shape against the background of a shared European civilization story” (348). “Robertson, Montesquieu, and Ferguson, the key early accounts of Western Civilization, all held an important place in Harvard’s late-18th century curriculum” (397).

Oor ‘n invloedryke Harvard-dosent, Charles Eliot Norton (1827-1908), is (oordrewe – 772) beweer: “[He] effectively ‘invented’ the idea of Western civilization in the 1890s” (767). Hy het egter bloot op ‘n voorbeeldige manier historiese oorsigte van Westerse kunsgeskiedenis, insluitende die bestudering van die “Great Books” (767), in leerplanne neerslag laat vind (772). Die oorsprong van die tradisionele en soms luidrugtige Amerikaanse teenkanting teen kolonialisme kan, afgesien van sy eie onafhanklikheidsoorlog (1775-1783), sekerlik ook na Robertson se boek teruggevoer word. Maar daar is heelwat valsheid en skynheiligheid in die agtereenvolgende hedendaagse Amerikaanse regerings se bewerings dat hulle anti-kolonialisties is. Verwys bv na die uitstekende boek van Daniel Immerwahr, How to hide an empire: A history of the greater United States (2019, Kindle $14,94).

Aansluitend by Allardyce is verwys na “the dangers of a resurgent barbarism in Europe of which the savagery of the First World War was taken as a prime example” (948). “[But] World War I may indeed have helped stimulate renewed interest in the survival of Western civilization. And that broader preoccupation with the fate of the West between the two world wars may have helped promote the idea of a required general education course in Western history” (954). “Broadly speaking, whether we call it ‘Western civilization’, ‘European civilization’, or even, as often in the 18th and 19th centuries, merely ‘civilization’ (under the assumption that European society was at the leading edge of general human progess), the basic cultural and historical referent for purposes of college teaching and otherwise was essentially the same” (972).

“The new globalist history has degenerated into a one-sided game whose implicit goal is to debunk the notion that Western culture exists at all. Every European borrowing of a new foodstuff, each trans-Atlantic disease transmission, or any artistic inspiration drawn from another continent is taken as proof of a culturally borderless world” (1052). Westerse kultuur en beskawing word ingevolge nieu-marxistiese gelyk- en eendersverklaring dood- en weggewens, des te meer omdat geen kultuur of beskawing glo beter (bv meer gevorderd, meer welvarend) as ‘n ander mag wees of as sodanig voorgestel word nie. Dit is nie-presteerders wat ‘n afkeer van hiërargieë het. Die voorstanders van Westerse beskawing, daarenteen, “rightly believed that they were describing a continuous tradition to which they and their students were deeply indebted” (1487).

Michel Foucault (1926-1984) het geredeneer dat kennis en subjektiwiteit deur sosiale instellings en gebruike beïnvloed word en met verloop van tyd verander. Hy het gepoog om konvensionele opvattings sover moontlik te ondermyn. In die konteks van Kurtz se onderwerp is Foucault se idees op ‘n bepaalde manier vertolk. “There is only talk about ‘civilization’ that serves as a tool for suppressing the purportedly less civilized. From this perspective, history itself is the continuous invention of ‘knowledge’ in the service of dominant groups” (1470). “Everything is bent toward resisting the current ‘regime of truth’ on behalf of groups disadvantaged by the dominant powers” (1476). In die Weste gaan dit dus om die diskreditering en ondergrawing van blanke heerskappy. “If it’s ancient or admirable, it must be a myth; if it challenges hallowed traditions, it must be true” (1550).

Die bestudering van die grootse literêre werke wat die Westerse beskawing opgelewer het, “the Great Books,” het tradisioneel ‘n belangrike rol in Amerikaanse tersiêre onderrig gespeel. “To introduce these students collectively to the great books of the West is a way of making them powerful: of allowing them to know who they are, so that they may more effectively choose who to be” (1509), “[ie] permitting them to recognize their kinship with, and indebtedness to, predecessors who made them what they are” (1514). Maar aan Stanford was daar bv iemand soos Herbert Lindenberger wat daarop uit was “to desacralize the course [in Western Civilization]” (1531). “We should think of history as ‘the process by which we “construct” whatever pasts we deem serviceable'” (1537) – soos die ANC-regime tans met sy herskrywing van die Suid-Afrikaanse geskiedenis doen.

In die laaste afdeling in sy boek vestig Kurtz die aandag op die buitensporige uiterstes waartoe die teenstanders van Westerse beskawing en ‘n eie Amerikaanse kultuur hulle wend. “The very act of naming and defining a common American culture is racist, insofar as it tramples on ‘multis’ who resist assimilation and demand identities of their own. Lauding an allegedly common American culture as ‘great’ compounds the offense, especially in light of slavery and other abuses of the past” (1836). “Almost anything is potential fodder for a racism claim” (2014). “The upshot appears to be that the West is evil; and besides, it doesn’t exist” (1847). Plaaslik is ons situasie soortgelyk: Die blankes, veral die Afrikanerdom, word sonder meer as boos getakseer. By bevoordeling handel die ANC-regime asof blankes nie bestaan nie. Die bestaan van blankes kom slegs in die prentjie as ‘n sondebok vir die ANC-regime se onbekwaamheid gesoek word en as besittings vir hertoedeling aan swartes gevind moet word.

Plaaslik is amptelike sensuur en in Amerika en Suid-Afrika selfsensuur aan die orde van die dag. “Pointing to problems in other people’s cultures (or subcultures) is impermissible. Now the corollary was drawn: it is forbidden even to laud one’s own culture, lest that imply derogation of others” (1918). ‘n Oorverligte dosent aan die Universiteit Kaapstad mag nie die resultate van ‘n eerlike ondersoek publiseer oor waarom swart studente nie vir biologiestudie registreer nie. Een van die redes is dat daar ander beroepe is wat meer lonend is. In die geval van swartes mag dit nie gesê word nie, want dit reflekteer minder gunstig op hulle; dit impliseer dat swartes materialisties is. Moet daar eerder uitgaan word van die veronderstelling dat swartes oorloop van ubuntu, van mededeelsaamheid, en dat dit duidelik blyk uit die feit dat Suid-Afrika sedert 1994 dié toonbeeld van ‘n korrupsievrye samelewing geword het?

“[The] reasoning [above] short-circuits America’s ability to recognize, affirm, and transmit its core values. Culture itself becomes impossible. The very idea of a commonly held tradition is stigmatized as ‘racist'” (1924). “It can fairly be said that generating charges of systematic, unconscious, and implicit racism (and associated other isms and phobias) is today a central preoccupation of America’s universities and increasingly a cultural dividing line in society at large” (1976). “Accusations of racism are becoming the new American culture” (2687). “Mere talk of different cultures – and certainly, of ‘civilizations’ – is in itself evidence of guilty ‘Othering'” (1987). “Charging non-minorities with complicity in that historical oppression is the new key to power. In a sense, it is the basis of a new kind of American culture” (2009).

Dink aan die Protea-krieketspelers en -beamptes wat onlangs gekniel en met die Mandela-saluut vuis in die lug hulle ondersteuning aan Black Lives Matter (BLM) betuig het. Dit was in reaksie op die dood van ‘n swart misdadiger en die gevolglike verdere aftakeling van wet en orde in Amerika. Hou in gedagte dat hierdie Suid-Afrikaners eerder iets van krieket as van ideologie, propaganda en politiek verstaan. Die blanke krieketspelers en -beamptes het hulle sodanig gedra om hulle solidariteit met hulle swart kollegas te betuig omdat die swartes, daarenteen, nie van hulle BLM-dogmatisme sou afsien nie. Dit is soortgelyk aan die druk waaraan die blanke politici in 1990/94 tydens die grondwetlike onderhandelinge toegegee het. Daar word geredeneer: Gee liewer toe anders is daar tot in die oneindige ‘n chaotiese gemors. Maar iedere toegewing aan blanke kant lei tot hernude eise en in elk geval tot voortgesette chaos.

Leon Lemmer: Die nalatenskap van CJ Langenhoven soos vergestalt deur Willemien Brümmer

Sedert 1994 het Suid-Afrika meer openbare vakansiedae as ooit tevore; ook meer as die meeste (beskaafde) lande. Ons politieke “bevryding” het gesorg dat ons op meer dae van werk bevry is. Die meeste mense gebruik nie hulle vrye tyd konstruktief nie. Leeglê-naweke is klaarblyklik nie erg genoeg nie. In die goeie ou dae was ‘n naweek anderhalf dag lank; nie twee volle dae nie. Die werksure was ook langer en die jaarlikse verlof korter. Geen wonder dat die produktiwiteit vroeër hoër en die misdaadsyfer laer was nie. Talle mense sit saans, naweke en openbare vakansiedae voor die televisie en by die radio omdat hulle hulle nie self konstruktief kan besig hou nie. Hulle is statiese sponse wat die polities byderwetse retoriek van veral die SABC sonder gesonde weerstand absorbeer. Die enkelinge wat koerant lees, word aan soortgelyke mode-invloede blootgestel, bv in Afrikaans danksy die monopolistiese Naspers/Media24.

Reeds vóór 1994 het die UDF, SAKP en vakbonde daarop aangedring dat 1 Mei as Werkersdag gevier moet word; dus deur nie te werk nie. Hiernaas het die ANC-regime ander polities geïnspireerde openbare vakansiedae ingestel: Menseregtedag, om die dood en verwoesting van Sharpeville te vier; Vryheidsdag, om die afloop van terrorisme te gedenk; Jeugdag, om die verwoesting aangerig in Soweto in 1976 te verheerlik; en Vrouedag, om die vroue te huldig wat ‘n optog gehou het omdat hulle hardegat oor die dra van passe was. In nie ‘n enkele geval word iets opbouends in herinnering geroep nie. Tiperend van die ANC word misdaad en wanprestasies gevier. Geen wonder dat Suid-Afrika sedert 1994 deur agteruitgang en verval gekenmerk word nie.

Is dit moontlik om nog iets uit te dink wat van Suid-Afrika ‘n volslae verloorland kan maak? Ja, dit is moontlik. Sedert 1 Januarie 2020 is albei ouers by die geboorte of aanneming van ‘n kind op 10 dae betaalde verlof geregtig. Die ouers hoef nie getroud te wees nie. Willemien Brümmer het hieroor in ‘n artikel ‘n loflied aangehef (Netwerk24, 7.01.2020). Sy toon geen begrip vir hoe moeilik dit vir werkgewers is om vas te stel of so ‘n verlofaansoek geldig is nie. Sy gee ook nie ‘n flenter om vir die formele werkure wat verlore gaan nie. Sy vertel dat haar man twee weke verlof geneem het om haar met die geboorte van hulle seun by te staan. Vier maande ná die geboorte is sy terug na haar werk as joernalis. Doen ‘n moeder wat so gou gaan werk nie veel meer skade aan die kind as die potensiële voordeel van die 10 dae vaderskapverlof nie? Volgens haar bevorder die nuwe wet glo gender-gelykheid. Pleks van in talle opsigte na gelykheid en eendersheid te soek, ook waar so iets nie te vinde is nie, sou dit dalk beter wees om eerder daadwerklike geslagsverskille en -rolle te erken.

Willemien roem graag daarop dat sy polities so links moontlik is. Sy is ook ‘n militante feminis. Die manier waarop sy die huwelik en ouerskap benader, kan bevraagteken word. Die tragedie is dat sy die agterkleinkind van CJ Langenhoven is; maw Sagmoedige Neelsie is haar oupagrootjie. Hier onder toon ek aan dat haar lewe ingrypend deur hierdie feit beïnvloed word, maar dat sy terselfdertyd die kern van Langenhoven se ingesteldheid, sy Afrikanerskap, verloën.

Dit herinner aan Wim de Villiers se Universiteit Stellenbosch (US), deesdae eerder Stellenbosch University, selfs Stellenbosch Diversity. Die US het doelbewus versuim om sy stigtingskenker, Jan Marais (1850-1915), ‘n eeu ná sy dood te huldig. Marais se stigtingvoorwaarde, dat Hollands/Afrikaans nie ‘n mindere plek as Engels aan die US mag beklee nie, word opsetlik geïgnoreer. Tydens die US-eeufees in 2018 is Marais se naam skaars genoem. As Marais swart was, sou ‘n mens op die kampus om elke hoek en draai met sy naam gekonfronteer gewees het. Marais se Afrikanerskap bring mee dat hy deur die getransformeerde US as onhuldigingsbaar beskou word.

Dieselfde geld vir Langenhoven, nog ‘n uitnemende Afrikaner. Die US het in 1931 ‘n eredoktorsgraad aan Langenhoven toegeken. Hy het letterlik sy skedel aan sy alma mater bemaak. Die US kon sy skedel drie dekades na sy dood opeis, maar het dit nie gedoen nie. Dit is uitsonderlik dat ‘n Afrikaner soos Langenhoven se naam darem nog nie heeltemal van die US-kampus verdwyn het nie; heel moontlik omdat dit slegs in ‘n gekamoefleerde vorm geduld word, naamlik as Die Neelsie, die naam van die Studentesentrum. Die skrif is egter aan die muur. Die Neelsie se webtuistes is uitsluitlik in Engels. Die Neelsie loop myns insiens die gevaar om as bv The Nelson hernoem te word.

Die US-senaat en -raad het die verengelsing van die US met min daadwerklike teenstand goedgekeur en die verlenging van Wim de Villiers se ampstermyn selfs eenparig. Dit is moontlik dat Die Neelsie se naam met soortgelyke algemene instemming verander sal word. Google “universiteit stellenbosch”. Al die leidrade na die US is in Engels. Vanaf die Engelse webtuiste kan ‘n mens darem nog na die Afrikaanse webtuiste gaan. Maar dit gebeur dikwels dat die Afrikaanse teks van ‘n item nog nie beskikbaar is nie. Die US is deesdae immers primêr Engels. Die uiterste pogings word ook deurgaans op die webtuiste aangewend om die US so swart moontlik voor te stel. Die US is in feitlik geen opsig meer ‘n Afrikaanse universiteit nie en sekerlik nie meer ‘n Afrikaner-universiteit nie. Dit wil selfs nie eintlik as ‘n Suid-Afrikaanse universiteit bekend staan nie. Wat deesdae bowenal begeer word, is dat die US as ‘n Afrika-universiteit bekend moet wees. Dit impliseer verswarting en gevolglik verengelsing. Daar word deur die US skynbaar geen flenter omgegee nie vir die hemelskreiende radikale transformasie wat hierdeur nie net aan die universiteit nie maar ook aan die dorp Stellenbosch opgedring word.

CJ Langenhoven (1873-1932) het sy studentetyd aan die Victoria College (die latere US) as “‘n jarelange stuk woestynlewe” beskryf, onder meer omdat hy toe nog nie “‘n duidelike nasionaliteitsgevoel” gehad het nie (JC Kannemeyer, Die dienswillige dienaar: ‘n Langenhoven-fotoboek (Kaapstad: Tafelberg, 1995, teks by foto 19). In 1895 behaal hy die graad BA op Stellenbosch. Langenhoven is ‘n “onbestendige jongman” genoem (foto 23). Uit Kannemeyer se Langenhoven-biografie (1995 – kyk hier onder) blyk dat onbestendigheid, bv in die sin van dranksug en depressie (wat mekaar wedersyds beïnvloed), nie net die res van Langenhoven se lewe gekenmerk het nie, maar ook dié van sy nageslag. Hy het net een kind, Engela, gehad, wat eintlik ‘n volslae mislukking (bv alkoholis) was en ook ‘n groot teleurstelling vir hom, wat haar eens sy “Engeltjie” genoem het (foto 27).

Reeds in 1910 het Langenhoven “Engels as die uiteindelike taal van Suid-Afrika” voorsien (foto 35). Omstreeks April of Mei 1910 het daar egter ‘n kentering in sy houding teenoor Afrikaans gekom. “Daarmee vind hy sy eintlike missie in die lewe, naamlik om te veg vir die regte van Afrikaans en om literatuur te skep wat die aansien van die taal sou verhoog” (foto 35). Voorheen was hy eerder anti-Hollands as anti-Afrikaans. Tydens die Rebellie (1914) het hy sy politieke lojaliteit van Louis Botha en Jan Smuts na JBM Hertzog en DF Malan verskuif. As provinsiale raadslid slaag Langenhoven in 1914 daarin om ‘n mosie aanvaar te kry dat skoolonderwys deur die medium van die moedertaal, bv Afrikaans, tot en met die vierde standerd toelaatbaar is (foto 40). In 1918 skryf hy die woorde van “Die Stem” (foto 42). In 1938 word dit een van die twee volksliedere van Suid-Afrika. In 1957 word “Die Stem” (en die Engelse vertaling) die enigste Suid-Afrikaanse volkslied. In 1920 word Langehoven ‘n Volksraadlid en in 1921 ‘n senator. “Op 25 Mei 1925 word Langenhoven se ywer vir die taalstryd beloon met die amptelike erkenning van Afrikaans as amptelike taal naas Engels” (foto 50).

Cornelis Jacob Zetuin Langenhoven (1842-1923) was CJ Langenhoven se vader. Gedagtig aan die ramp wat Suid-Afrika in 1994 getref het en die agteruitgang van bv Afrikaans sedertdien, ook aan die US, het die grafskrif van CJZ Langenhoven besondere relevansie verkry: “Vader as jy maar weer / jou oë kan open / watter veranderinge / sal jy nie sien maar / jy is baie ver beter / waar jy vandag rus / in stilte” (foto 7).

Engela (1901-1975) het in 1926 met ‘n tandarts, Niko Brümmer (1899-1967), getrou. Guillaume Brümmer (gebore in 1934) is hulle enigste kind en dus die enigste kleinkind van CJ Langenhoven. Guillaume het in 1963 met Laetitia Conradie (1936-2019) getrou. Hy het daarna ‘n dosent in wiskunde aan die Universiteit Kaapstad geword (1965-2000). Soos Engela wou Guillaume nie deel van Sarah Goldblatt (1889-1975) se propagandistiese “Langenhoven-industrie” wees nie. Guillaume “het te veel onder die skaduwee van die Langenhoven-verbintenis geloop, en dit was hoog tyd dat hy van dié dinge wegkom en sy eie lewe lei” (Kannemeyer, Langenhoven-biografie, besonderhede hier onder, p 43). Ná Goldblatt se dood het Guillaume egter teen wil en dank die administrateur van CJ Langenhoven se letterkundige nalatenskap geword. Aan die Engelse Universiteit Kaapstad wou hy hom eerder van Langenhoven distansieer. Hy kon dit doen omdat hy as wiskundige akademies uitnemend gepresteer het. Hy en Laetitia het vier kinders, waarvan Willemien (gebore in 1974) die jongste is. Sy het in 2014 met Pierre Barkhuizen getrou. Hulle seun se naam is Matthias. Omdat sy in mindere mate as haar pa presteer, is dit vir haar voordelig om haar Langenhoven-verbintenis tot eie voordeel te ontgin, al neem dit dikwels die vorm van ‘n anti-Langenhoven ingesteldheid aan.

Willemien het honneursgrade in drama en joernalistiek aan die US verwerf en was in 2011 ‘n genoot in die US se departement joernalistiek. ‘n Afrikaner, Piet Cillié, het hierdie departement in 1978 begin, maar sedertdien het dit onder linkse departementshoofde geressorteer: Johannes Grosskopf (1984-1993, wie se seun Hein as ANC-lid in 1987 die bom by Sterland in Johannesburg geplant het waarin 26 mense beseer is), George Claassen (1994-2000) en Lizette Rabe (sedert 2001). In 2006 het Willemien ‘n magistergraad in skeppende skryfkuns aan die Universiteit Kaapstad voltooi. Meer hieroor volg hier onder.

Oor JC Kannemeyer se biografie, Langenhoven, ‘n lewe (Kaapstad: Tafelberg, 1995, 728p), het ek by ‘n vorige geleentheid op Praag (16.05.2015) geskryf. Langenhoven het Afrikaans “my pêrel van grote waarde” genoem. Hy het ingesien dat “taalregte ‘n essensiële voorwaarde vir die volwaardige bestaan van sy mense in hierdie land is.” Langenhoven het in 1914 geskryf: ” Afrikaans … is die enigste band wat vir ons als ‘n aparte nasie aanmekaar bind.” Ook: Afrikaans is “die één band wat ons as nasie aanmekaar heg; die uitgedrukte siel van ons volk.” As verloopte Afrikaner sal Willemien nie saamstem met Langenhoven se hegte band tussen die Afrikanervolk en Afrikaans nie.

Ek het al verskeie kere op Praag na Willemien verwys:

19.08.2017: Haar bespreking van die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (AWS, 11de uitgawe, 2017) op Netwerk24, 4.08.2017). Sy insinueer dat Standaardafrikaans, soos Afrikaners, (minstens) ‘n eeu lank benepe was. Dit vind aansluiting by haar ongunstige uitbeelding van Afrikaners in haar drama, Braai (2014). Kaaps is glo een van Afrikaans se “kleurryke en verleidelike variëteite.” Een van die besware wat hierdie feminis opper, is: “Die AWS was baie jare lank die domein van wit mans.” Ek het destyds geskryf: Brümmer “wek die indruk dat sy (ongekwalifiseerd) ten gunste van swart oorheersing en die (slaafse) navolging van internasionale neigings is.” Daarenteen was Langenhoven se standpunt: “Ter wille van die naturel self, sowel as ter wille van die blanke, moet daar na ‘n oplossing gesoek word waardeur die oorheersing van die witman verseker word vir die toekoms” (Kannemeyer, Langenhoven-biografie, p 416). Willemien verwys ook (smalend) na die “taalbulle” en “heilige koeie wat bly bulk.”

7.04.2018: Ek verwys hier slegs terloops na Willemien se verbintenis met die US se departement joernalistiek. Die boek van Gabriël Botma wat bespreek word, gee egter ‘n uitstekende beeld van bv die anti-Afrikaner dampkring waaruit Willemien kom en waarmee sy haar klaarblyklik vereenselwig. Daar is myns insiens geen moontlikheid dat Willemien haar onomwonde teen bv die moorde op blanke of Afrikanerboere of die verswarting en gevolglike verengelsing van die US sal uitspreek nie. Oor plaasmoorde vestig sy die aandag op swart eerder as wit lyding (Netwerk24, 13.08.2019). Sy wek die indruk dat sy nie juis simpatie met die blanke slagoffers het nie; dat hulle kry wat hulle verdien. Sy impliseer ook dat die Grensoorlog onnodig was (Netwerk24, 7.11.2019). Skynbaar is geen standpunt vir haar te links nie.

23.06.2018: Plaasmoorde word gekenmerk deur van die diepste smart denkbaar. “Om oor so ‘n pynlike situasie te berig, behoort in die kraam van bv die smartvraat-joernalis Willemien Brümmer te pas. As iemand wat op haar radikale politieke oorverligtheid roem, het sy, sover ek weet, nog nooit so ‘n rampgebied besoek en daaroor ‘n berig gepubliseer nie.” Kort hierna het sy my dalk verkeerd probeer bewys deur ‘n onderhoud te voer met gesinslede van die vermoorde eienaar van ‘n padstal buite Stellenbosch. Dit was egter glad nie ‘n tipiese plaasmoord nie. Sy het ook versuim om die moord en moordenaars te veroordeel. Ek noem ook dat sy ‘n onderhoud met die oud-MK-soldaat en -terroris, Jeremy Vearey (Praag 26.05.2018) gevoer het en “kritiekloos en selfs bewondered oor hom … skryf.” Sy het ook ‘n striemende aanval op Danie Langner, die besturende direkteur van die FAK, geloods. “In haar jongste skrywe lê sy haar pa [wat aan demensie ly] woorde in die mond ter verkleinering van ‘Die Stem’, wat glo ‘in elk geval nie ‘n goeie gedig [is] nie. Dis te blikkerig, te vol trompetgeskal, veels te eensydig in die klem op Afrikaners as “knegte van die Allerhoogste”. Die opvatting van Afrikaners as ‘n uitverkore volk, “teen die hele wêreld vry”, is in elk geval deur die geskiedenis geweeg en te lig bevind. Anders as jy [Langner] en jou organisasie [die FAK] roem ons nie op ons verlede nie. Ons sien ook nie “Die Stem” as ‘n simbool van Afrikaner-identiteit nie. Dit mag jou dalk ontstel, maar daar is duisende, dalk miljoene Afrikaanssprekendes wat met pres Ramaphosa saamstem dat “Die Stem” en die ou landsvlag simbole van diskriminasie, verdrukking en ellende is.’ Die politiek van hierdie skepsel behoort vir iedere Afrikaner absoluut verwerplik te wees.” Dit is die soort anti-Afrikanergif wat Naspers/Media24 deesdae graag publiseer.

4.08.2018: Hier word daar slegs terloops na Willemien se Vearey-onderhoud verwys. Maar ek stel die vraag: Sou Brümmer en nog ‘n joernalis, Hanlie Retief, so bewonderend oor Vearey en sy boek geskryf het “as Vearey as MK-terroris van hulle familielede uitgewis het?”

Deur die soekfunksie van Netwerk24 te gebruik, kan Willemien se ander koerantartikels gelees word. Wat opval, is dat sy, wat as moeder maar vyf jaar ondervinding van ‘n enkele kind het, graag raad aan ander uitdeel asof sy oor besonder gesaghebbende kennis en insig beskik. Foto’s van die Barkhuizen-gesin word oor en oor gepubliseer. Myns insiens dui dit op erge subjektiwiteit en narsisme by die skryfster. Dieselfde indruk word ook deur die titel van haar boek gewek en deur die inhoud bevestig: Die dag toe ek my hare losgemaak het (Kaapstad: Human & Rousseau, 2008, 144p; Amazon Kindle $18,40). Die boektitel is ook die titel van een van die dosyn kortverhale. Drie van die verhale is voorheen elders gepubliseer.

Die teks in die boek is in meerdere of mindere mate verwerkings van die manuskrip wat Willemien in 2006 vir die verkryging van ‘n magistergraad in skeppende skryfwerk ingelewer het. My geheelindruk is dat haar verhale enersyds erg geforseerde en smartvol gebaarde konstruksies is en andersyds dat verbeeldingskrag, wat so noodsaaklik by fiksieskrywers is, by haar ontbreek. Diegene wat met haar skryfwerk en bv Kannemeyer se Langenhoven-biografie bekend is, sal tot die gevolgtrekking kom dat ons hier wesenlik met outobiografiese inligting te make het, wat ietwat aangepas is, bv die name en om die verhale “interessanter” te probeer maak. Vir my as leser is nie een van die verhale bevredigend nie. In my Amazon-beoordeling het ek twee uit vyf sterre aan die boek toegeken. Nogtans het Willemien die graad met lof ontvang. Haar Langenhoven-verbintenis kon hier ‘n rol gespeel het. Sy het boonop ‘n beurs vir hierdie studie ontvang.

Hierdie gebeure bevestig my siening dat kursusse in skeppende skryfwerk nie deur universiteite aan aspirantskrywers aangebied behoort te word nie; veral nie vir ‘n gevorderde graad (soos magister, wat die deur tot ‘n doktorsgraad kan wees) nie en liefs vir geen graad nie. In taalkursusse vir die graad BA kan aan studente wel (beperkte) onderrig in skryfwerk gegee word, maar dan van ‘n afrondende aard. Die grondslag vir goeie skriftelike uitdrukking behoort reeds op skool gelê te word, hoewel ek natuurlik bewus is van die dalende gehalte, sedert 1994, van skoolonderrig in Suid-Afrika. Ek sou in elk geval graag die eerlike mening van ‘n ervare kortverhaalskrywer en -kenner, soos Abraham H de Vries, oor hierdie bundel wou hoor. Vir my is dit duidelik dat Willemien nie ‘n verbeeldingryke, skeppende kunstenaar is nie, maar bloot ‘n bevooroordeelde, selektiewe verslagdoener. Ek dink sy behoort na dese te besef dat sy eerder ‘n joernalis as ‘n fiksieskrywer is. In die res van hierdie rubriek bepaal ek my aandag by haar boek.

In die boek is Mia Albertyn die hoofkarakter en verteller. In die voorwoord en in die eerste paragraaf van die eerste verhaal word Langenhoven genoem. Sy beeld haar pa as ‘n skeikunde-professor uit. Ná nog ‘n verwysing na haar deurmekaar ouerhuis in Tamboerskloof, handel die tweede verhaal oor die familieplaas buite Ladismith in die Klein-Karoo. Dit is die Desembervakansie ná sy standerd 4 (graad 6) voltooi het. Op hierdie jeugdige ouderdom is sy reeds haar polities verligte self. Sy wil nie hê dat die bruin plaaskinders haar “kleinnooi” noem nie. Hulle verwys na hulle “matchbox-huisie” (Kindle 215), ‘n term en siening wat eerder eie aan die volwasse Willemien is. Daar is glo “‘n onsigbare muur” tussen wit en bruin mense (245) wat Mia in woord en daad probeer afbreek. Sy is blykbaar vroeg seksueel oorryp. Op haar inisiatief speel sy as laerskoolkind “donkerkamertjie” met ‘n ouer bruin plaasseun (297). “As ons die lig afsit, sal niemand kan sien of ons witmense of bruinmense is nie” (307). Sy lewer ‘n hoogs onoortuigende maar polities byderwetse uitbeelding van kinderspel.

In die derde verhaal verwys Mia na haar ouerhuis se deurmekaar kombuis, waarvan die vloer smerig is (soos later blyk), en sy is beswaard oor een van haar familiename, Ragel. Dit is werklik nie die moeite werd om iedere verhaal te probeer vertel nie, onder meer omdat daar maar min storie in is. In die verhale wat volg vertel sy van haar ma se onvermoë om kos te maak en hoe sy haar ma op ‘n onbeholpe manier hiermee help. Sy skryf ook oor die intieme verhoudings wat sy as jong meisie met ongetroude en getroude mans gehad het; soos Azille Coetzee onlangs ook gedoen het. Seksuele losbandigheid is blykbaar skering en inslag van verligtheid. “Ek het al baie boyfriends gehad … en ek het nog presies dieselfde issues” (1712). Sy stel haar in Engels voor aan die Afrikaanssprekende Nick du Toit (532).

Mia besoek Beaufort-Wes, waar haar ouma Ragel (Engela) lank gewoon het en “nie altyd so lekker gevoel [het] nie” (922). “Die bottel Gilbeys was ‘n permanente susmiddel wat die werklikheid draagliker moes maak” (1554). Sy vertel ook van haar oeroumagrootjie wat aan depressie gely en selfmoord gepleeg het. Haar pa se (fiktiewe) suster, Aletta genoem, en een van haar kinders is in ‘n motorongeluk dood toe Aletta “poepdronk” was (1785). Een van Mia se mansvriende vra (tereg): “Was jou hele familie verstreurd?” (1090). Mia het ‘n sielkundige en ‘n terapeut en word in die hospitaal vir depressie behandel. ‘n Verpleegster vra: “Enige familiegeskiedenis van geestesversteurings?” (1541). Sy antwoord: “My ma sê daar’s ‘n geskiedenis van maniese depressie – aan my pa se kant. En party van my voorouers het gedrink” (1563). “Uit ‘n sekere perspektief gesien het nie een van hulle aan die waansin ontsnap nie” (1865). In die laaste verhaal is Mia getroud en het ‘n kind, maar haar man het gevlug toe die kind drie maande oud was. Dit klink glad nie onrealisties nie, maar Willemien het eers jare ná die publikasie van die boek ‘n man en kind gekry.

Uit Goethe se Faust word aangehaal: “Wat jy van jou vadere geërf het: verdien dit self om dit te besit” (1936). Anders as Langenhoven en haar pa, moet Willemien nog haarself bewys. ‘n Mens kan maar net hoop dat die volgende administrateur van Langenhoven se letterkundige nalatenskap iemand is wat waardering vir Langenhoven, “Die Stem” en die Afrikanerdom het; dus iemand anders as Willemien.

Leon Lemmer: Heimat, ontheemding, nostalgie en Afrikaans as ‘n tuiste

Namate ‘n mens bejaard word, is jy geneig om eerder terug as vorentoe te kyk. Dit is so omdat die verlede oor meer jare strek as wat die toekoms inhou. In die verlede was daar goeie tye waarna jy verlang, terwyl die toekoms vir jou rampspoedig gaan wees. Jou gedagtes word al hoe meer eerder met dooies as lewendes bevolk. Jy ontwikkel ‘n intense waardering vir feitlik alles wat lewe, wel wetende dat alle lewe tydelik/kortstondig/eindig is. “Feitlik alles wat lewe” omdat ek nie ‘n voorliefde vir bv insekte het nie. Soms wonder ek waarom ek nie ‘n vegetariër is nie. Diere sterf baie meer teensinnig as plante. Ek hou nie van die gedagte dat diere ter bevrediging van my eetlus sterf nie. Die beste strategie vir ‘n bejaarde skyn te wees om daagliks in die verskuiwende hede te lewe; dankbaar dat jy steeds die werklikheid ervaar, jy jou min dae ten beste kan benut en die son darem nog skyn om jou voorlopig teen die naderende donker te verskans. Dit is ‘n voorreg om ‘n leeftyd lank in die lig te wandel; ‘n geleentheid wat geaborteerdes ontsê word.

Sowel die verlede as die toekoms kan selektief benader word. Byvoorbeeld, die ANC hou daarvan om sy bloedbevlekte, terroristiese verlede te verdoesel en hoogs oordrewe eerder beweerde gruweldade van die blankes in herinnering te roep. Sowel die hede as die toekoms word deur die ANC met valse optimisme hoogs misleidend positief voorgestel. Vir almal gaan daar glo werk geskep word. Genoeg huise gaan gebou word. Vir almal wag daar ‘n beter lewe, ens. Dit is egter veral die ANC-elite wat materieel al hoe beter daaraan toe is.

‘n Lewende mens is elke oomblik van sy lewe êrens. Hy is noodwendig in tyd en in ruimte. Hy kan kort of lank op ‘n plek vertoef. Hy kan van ‘n plek hou of nie. Veral as hy lank op ‘n plek deurbring en daar gelukkig is, kan hy geheg aan die plek raak; kan hy dink dat hy daar hoort. As hy weggaan en elders minder gelukkig is, kan hy na sy vorige plek bly hunker en kan hy begeer om daarheen terug te gaan. Daardie weggaan is ‘n ontworteling en die wegwees ‘n ontheemding. Daardie hunkering om terug te gaan, word nostalgie of heimwee genoem. Daardie plek waarna hy hunker, is sy tuiste, heimat, kontrei, tuisland, geboorteland of vaderland. Dit is die habitat waarin hy floreer en gelukkig is. Sy heimat kan sy nostalgie, heimwee of verlange verdryf.

In die Handwoordeboek van die Afrikaanse taal (HAT, 2015) word die genoemde terme soos volg verduidelik:

  • ontheemde: vlugteling sonder woonplek [of heenkome]
  • nostalgie: heimwee, verlange
  • heimwee: sterk verlange na ‘n mens se tuiste
  • tuiste: eie huis/woning waar jou gesin of ouers woon
  • heimat: plek/streek waar iemand vandaan kom; geboorteland; kontrei; vaderland
  • vaderland: land van herkoms; geboorteland.

Hierdie verskynsels het bv tyd-, ruimte-, sosiale, kulturele, emosionele/sentimentele, historiese en politieke (bv nasionalistiese) dimensies. Hulle dui op ‘n bepaalde geestesingesteldheid (“mindset’) by die individu. Omdat die werklikheid deurlopend verander, speel ‘n idealistiese of verbeeldingsfaktor ook ‘n rol. ‘n Mens kan nie in elke opsig teruggaan na wat was, bv die tuin van Eden, nie. Om te sê, “Ek sal opstaan en na my vader gaan” (Lukas 15:18, 20), is onrealisties as hy dood is. Immanuel Kant (1724-1804) skryf: “Later, when they visit these places, they find their anticipation dampened and even their homesickness cured. They think that everything has drastically changed, but it is that they cannot bring back their youth” (Barbara Cassin, bron hier onder, Kindle 1206). Sedert 1994 is Suid-Afrika onherroeplik opgedonder. Daar kan nie teruggegaan word na die land soos hy eens was nie. Hoogstens kan ‘n Afrikanertuisland plaaslik of elders geskep word.

Maar daardie teruggaan, werklik of bloot in jou gedagtes, kan ‘n mens beter laat voel, kan jou opgewasse vir die hede maak, kan trots op jou Afrikanerskap aanwakker omdat Afrikaners oor eeue voortreflik gepresteer het. Die ANC-regime voel vergelykenderwys so minderwaardig dat bv die vorige landsvlag nie vertoon en die vorige volkslied eintlik nie gesing mag word nie. ‘n Katastrofiese gebeurtenis, soos die mandaatlose 1994-magsoorgawe, kan dus, as dit nostalgie opwek, positiewe gevolge in jou gemoed hê. Onder Afrikaners wat hulle steeds in Suid-Afrika bevind en natuurlik ook onder Afrikaner-uitgewekenes/diaspora neem nostalgie heel moontlik (stille) epidemiese afmetings aan. In hulle historiese plek word Afrikaners nie meer geken, erken of gereken nie. Daar is by hulle ‘n onstilbare gevoel van onherstelbare verlies. ‘n Klein groepie blanke Afrikaanssprekende politici het hulle aangematig om die land en die Afrikanerdom onberekenbare skade aan te doen. Voorheen het talle ANC-terroriste tydelik in vrywillige ballingskap in die buiteland vertoef. Deesdae voel baie van die beste plaaslike blankes verplig om permanent in ballingskap te gaan; om hulle weens die onverkwiklike plaaslike omstandighede permanent in die buiteland te vestig. Die rolle van swart en wit mense is dus omgeruil.

Nostalgie kan gevaarlik wees. Dit kan die werklikheid oorvereenvoudig en onhaalbare verwagtinge wek. Die verlede kan op ‘n onrealistiese manier veridealiseer en die hede onbillik verdoem word. Dit is die boodskap in bv Edoardo Campanella en Marta Dassù se boek, Anglo nostalgia: The politics of emotion in a fractured West (Oxford University Press, 2019, 234p; Amazon Kindle $16.55). Die teks gee uitdrukking aan die outeurs se afkeur van bv Brexit en Donald Trump, asook ‘n afwysing van ‘n terugwaartse of retro-benadering tot die politiek.

Waar hoort ek? Waar behoort ek te wees? Daar is verskillende plekke en vlakke. Hulle bly nie dieselfde nie. Ek is ‘n Afrikaner en Afrikaans. Ten spyte van hierdie benamings het ek my nog nooit as ‘n Afrikaan beskou nie. Ek het geen voorliefde vir die kontinent Afrika nie. Dit is ‘n geval van in Afrika maar nie van Afrika nie. Vóór 1990/94 was ek geheg aan Suid-Afrika. Dit is my geboorteland en ek was tydens die blanke politieke bewind ‘n lojale Suid-Afrikaner. In die jare sewentig het ek in Amerika studeer. Dit was toe die Amerikaanse regering sy beloofde steun aan die Suid-Afrikaanse troepe in Angola onttrek het. My Amerikaanse verblyf het my patriotisme jeens Suid-Afrika versterk. Anders as bv Wim de Villiers het ek nie as ‘n hanskakie en wêreldburger na Suid-Afrika teruggekeer nie, maar meer as ooit as ‘n Afrikaner en Afrikaanssprekende. Suid-Afrika was my heimat vóór die 1994-ontheemding. Slegs wat amptelike burgerskap betref is ek sedertdien ‘n Suid-Afrikaner. Andersins is my Afrikanerskap my identiteit. By my is daar geen sprake meer van eers Suid-Afrikaner en daarna Afrikaner nie. Dit is soortgelyk aan wat Cicero (106-43 vC) geskryf het: “All natives of Italian towns have two homelands, one by nature and the other by citizenship” (Cassin 694).

In Suid-Afrika het ek op verskillende plekke gewoon. Van my eerste twee jaar in ‘n voorstad onthou ek niks nie. Maar daarna het ek op twee dorpe in my ouerhuis gewoon en op drie plekke tydens my beroepslewe voordat ek by die see afgetree het. Laasgenoemde ses plekke was waar ek agtereenvolgens gevoel het dat ek daar hoort, al was dit op elke plek nie altyd in dieselfde huis nie. Daardie halfdosyn plekke het noodwendig ook ‘n streeksgebondenheid meegebring. Toe ek vryelik kon kies waar om af te tree, het ek onthou dat dit altyd soos ‘n tuiskoms gevoel het as ek in die Boland kom en die blou berge en wingerde sien.

Maar naas die land, streek en woonplek (stad, dorp) was die huis waarin ek gebly of wat ek gehuur of gekoop het altyd my ware tuiste. “Aan die einde van die dag is die tuiskoms nog die beste.” “Home is where the heart is.” Die kern van tuisvoel is in die huisgesin en, in breër verband, in die familiekring. Dit is hulle teenoor wie jy beskermend voel en deur wie jy ten beste beskerm word. Jou huis is jou kasteel. Dit is waar ‘n mens laer trek en hoop vind om krisisse die hoof te bied. Dit is waar daar onderlinge vertroue tussen bekendes is, waar jou identiteit of wesenlike aard bekend is en jou lewenswyse aanvaar word. Dit is ook waar voorgeslagte se erfenis gekoester en hulle nalatenskap bewaar word. Die verlede word gehuldig. Herinneringe word lewendig gehou. In die gesin sal jy die langste onthou word. Herinnering is ‘n vorm van oorlewing.

Vaste eiendom, bv ‘n plaas of grond en ‘n huis, laat jou gewortel voel. In die vorige eeu was daar die grootskaalse uittog van Afrikaners vanaf plase na die dorpe en veral die stede. Daardie verskuiwing het Afrikaners aanvanklik met ‘n gevoel van ontwortelling gelaat. Afrikaners het hulle geborgenheid teruggekry toe hulle in 1948 politieke beheer oor die land verkry het. Dit het as ‘n waarborg van Afrikaner-identiteit gefunksioneer. In 1990/94 is daardie begronding op ‘n verraderlike manier verkwansel. Sedertdien sorg die ANC-regime dat die blankes se eiendom, in watter vorm ook al, in soverre dit nie deur misdaad verloor word nie, deur amptelike beslaglegging bedreig word, met onteiening sonder vergoeding as gekoesterde ideaal.

Deesdae moet ons aanhoor, van diegene wat ons ondergang begeer, dat ons as Afrikaners nie laer mag trek nie. Die kulturele marxiste beywer hulle vir die ondermyning van die Westerse gesin omdat die grondslag van ‘n volk en die Westerse beskawing in gesinsverband gelê word. Dit is in gesins- en volksverband dat die onderskeid tussen hier en dáár (elders) en tussen ek/ons en hulle (die ander) getref word. Dit is presies wat diegene wat almal gelyk- en eenders verklaar, wil verhoed en uitroei. Die aktiviste en propagandiste wil nie net die blankes se gedrag beheer nie, maar ook hulle denke. Ons word vermaan dat ons nie nostalgies na die goeie ou dae mag terugverlang nie. Maar ons doen dit juis omdat die verlede in so baie opsigte beter as die hede is; heel moontlik ook beter as die toekoms.

Oor die heimat en nostalgie is talle boeke beskikbaar. Ek skryf vervolgens na aanleiding van Barbara Cassin (gebore in 1947) se boek, Nostalgia: When are we ever at home? (New York: Fordham University Press, 2016, 94p; Amazon Kindle $19.54). Die oorspronklike teks is in 2013 in Frans gepubliseer. Meer as ooit skryf ek vandag na aanleiding van ‘n boek eerder as oor die boek as sodanig. Ek het op hierdie boek besluit vanweë die klem wat Cassin op taal plaas. Sy lewe in en deur en vir taal. Haar teks open die weg vir die siening van ‘n taal, bv Afrikaans, as ‘n “tuiste in eie taal” (JC Steyn).

Dit is blykbaar veral Duitsers wat boeke oor die heimat en nostalgie geskryf het. Cassin is ‘n jodin wat onder meer die denke van Martin Heidegger (1889-1976) probeer deurgrond. Dit verduidelik deels haar leidende aandeel in die Dictionary of Untranslatables: A philosophical lexicon (Princeton University Press, 2014, 1 344p; Amazon Kindle $43.69).* Dit is uiters moeilik, eintlik onmoontlik, om die boeke van bv Heidegger en Ludwig Wittgenstein (1889-1951) bevredigend uit die oorspronklike Duits te vertaal. Hierdie woordeboek het oorspronklik in Frans verskyn. Die Engelse weergawe is ‘n uitgebreide, bygewerkte publikasie. Meer as 150 geleerdes het daaraan meegewerk. Dit was ‘n merkwaardige en uiters ambisieuse projek.

[* $43.69 vir 1 344 bladsye is, ten minste kwantitatief, beter waarde as $19.54 vir 94 bladsye. ‘n Meer bekostigbare alternatief vir die genoemde woordeboek is Ella Frances Sanders se bespreking van meer as vyftig woorde, Lost in translation: An illustrated compendium of untranslatable words from around the world (Ten Speed Press, 2014, 112p; Amazon Kindle $11,92). ‘n Interessanter en meer geleerde aanslag is te vinde in Emily Apter se boek, Against world literature: On the politics of untranslatability (Verso, 2013, 368p; Amazon Kindle $21.07), waarin die gevolge van onvertaalbaarheid aan bod kom, bv daar is wêreldliterature (nie net een nie) en vertaalbaarheidstudie behoort die grondslag van vergelykende literatuurstudie te wees.]

Wat duidelik is, is dat die betekenis wat ‘n mens aan ‘n woord heg enersyds kultuurgebonde is, bv deur jou moedertaal bepaal word, en andersyds deur jou ervaring beïnvloed word. In die jare sestig was ek ‘n dosent aan ‘n universiteit vir swartes. Die NP-regering wou die inheemses tot hoër prestasie aanmoedig deur hulle bokant hulle gewigsklas te laat boks. In die huis wat ek van die universiteit gehuur het, was een van die gevolge dat ek met die skakelaar in die voorportaal die kombuislig aangeskakel het. Ek ken die presiese betekenis van die Afrikaanse woord heimwee, wat sy oorsprong in die Nederlandse heimweh en die Duitse Heimweh het. Die Engelse woord daarvoor is homesickness, wat my egter altyd aan my destydse huurhuis laat dink.

Die heimat waaroor Cassin in haar 2016-boek nostalgies is, is hulle huis op Korsika, waarin haar man oorlede is (98). Andersins beskou sy haarself as “uprooted”. Dit is maar asof (“as though”) Korsika haar heimat is (86). Dit is ‘n fiksie wat sy soos ‘n kleinood koester. Dit herinner aan Hans Vaihinger (1852-1933) se boek, Die Philosophie des Als Ob (1911) / The philosophy of ‘As If’ (1924). René Descartes (1596-1650) het in 1648 oor homself geskryf: “One foot in one country and the other in another” (26). Dit kan van baie Jode en deesdae ook van baie Afrikaners gesê word. Descartes gaan voort: “I find my condition to be very happy, in that it is free.” Dit is te betwyfel of baie Afrikaner-uitgewekenes hiermee sal saamstem. “My mother was of Hungarian-Jewish descent by way of Trieste and the irredentist lands,* and my father’s family, descended from barbarian pirates, supposedly acted as one of the people’s bankers in the Comtat Venaissin” (86); dus toe Avignon ‘n pouslike staat was (1274-1791). “[But] I am French, as it says on my identity papers” (111).

[* “The ‘irrendentist’ movement … sought the annexation to Italy of all lands that had historically been inhabited by Italians” (1162).]

In haar inleidende hoofstuk skryf Cassin dat sy geen tuiste (“home”) het nie, dat Korsika nie haar tuiste is nie, maar dat dit (darem) soos ‘n tuiste voel (69). “It is with this experience that I wish to begin: the feeling I inwardly qualify as an irrepressible nostalgia and that I experience every time I’m ‘back’ in Corsica” (80). “Nostalgia is not simply homesickness and the return home … What it is, [is] an adorable human fiction, a cultural fact … The best way to be back home [would be] in one’s [real] homeland” (98). “[Corsica] emerges like an idea … a point of view on the world” (122). By haar is daar “nostalgia for an island. An island is a place” (127). Dit is ‘n plek waarheen ‘n mens kan gaan maar ook een waarvan jy kan weggaan.

Die woord nostalgie is ‘n samestelling van twee Griekse woorde, nostos (terugkeer) en algos (pyn, lyding), “both the suffering that has a hold on you when you are far away and the pains you must endure in order to return” (133). Volgens die Historical Dictionary of the French Language (1678) het ‘n geneesheer, ‘n Duitse Switser, Jean-Jacques Harder, die woord Nostalgie gemunt om Heimweh te beskryf (139). “This book questions, together with ‘nostalgia’, the relationship between homeland or fatherland, exile, and mother tongue” (170). Wat Afrikaans betref, kan onderskei word tussen Afrikaans as die moedertaal van uitgewekenes in die buiteland en Afrikaans as plaaslik die uitgeweke/verworpe amptelike en onderrigtaal van sowel die 1996-Grondwet as die ANC-regime.

Sowel uitgeweke as plaaslike Afrikaners kan deesdae slegs in Afrikaans ‘n tuiste vind. Voorheen het Afrikaners in die land, naamlik blank-regeerde Suid-Afrika, en in bv die Afrikaanse kerke ‘n tuiste gevind. Dit is deesdae (eintlik) nie meer moontlik nie. Dikwels veral nie in die NG Kerk nie. In die Afrikaanse Protestantse Kerk darem nog wel. Vir ‘n uitstekende uiteensetting van die toestand waarin die NG Kerk verval het, lees Fanie Snyman se artikel, “Is die NG Kerk ‘n slagoffer van kerkkaping?” (LitNet 15.11.2019). Snyman het onlangs afgetree as die dekaan van die fakulteit teologie aan die University of the Free State. Voorspelbaar is hy deur ‘n swart kollega opgevolg. Kerklike agteruitgang weerspieël nie noodwendig (in dieselfde mate) ‘n vermindering in religieuse geloof/godsdienstigheid nie.

Homerus

Die Odyssee is die onderwerp van Cassin se eerste hoofstuk. Homerus word gewoonlik die legendariese (blinde) outeur van twee heldedigte, Die Illias en Die Odyssee (of Odusseia) genoem, maar die tekste het heel moontlik hulle oorsprong in die agste eeu vC in ‘n breër mondelinge antieke Griekse verband, wat dele van die hedendaagse Turkye ingesluit het. Die Illias het drie dae in die Trojaanse Oorlog (13de eeu vC) as onderwerp. Die Odyssee handel oor Odysseus, die koning van Ithaka, se dekade lange omswerwinge en stryd om ná die Trojaanse Oorlog tuis te kom, dus om na Ithaka terug te keer.

In hierdie gedig kan die oorsprong gevind word van die uitdrukking “Om jou tussen Skilla en Charibdis te bevind”, dus op ‘n plek waar daar gevare aan weerskante is. Skilla is ‘n gevaarlike rots of spelonk in die seestraat van Messina, geleë teenoor die draaikolk van Charibdis, gevolglik is daar bitter min ruimte vir ‘n veilige deurvaart per skip. In Die Odyssee is daardie gevaar egter ‘n mitologiese monster wat mens en dier verslind.

In Die Odyssee word van Odysseus se talle vertragings tydens sy terugreis na sy geboorteplek vertel. Sy ontworteling en sy geworteldheid word uitgebeeld. Vandaar sy nostalgie (170). “Nostalgia is what makes one prefer going home, even if it means finding there a time that passes by, death – and, worse, old age – rather than immortality. Such is the weight of the desire to return” (255). “Happy is he who, like Odysseus, can reach home … can return home, after a beautiful journey, full of hard-earned wisdom, to live with his kin for the rest of his life” (407). “Heimweh would be the desire to return, a closed-off nostalgia” (494). Odysseus sê: “What I want and all my days I pine for is to go back to my house and see my day of homecoming” (260). Odysseus vra: “What man has put my bed in another place?” (202, 372). Daar is baie mense wat ontuis voel as hulle nie in hulle eie bed slaap nie. Dit is die mag van die gewoonte; dus identifisering met die bekende, met dít waaraan jy gewoond of geheg geraak het.

“How do you know you are back home?” (266). Die antwoord is: Wanneer jy tuis voel. “One makes one’s bed, now one must lie in it, a bed rooted for good in the ground of the home. And that is how you know you are at home” (384). In daardie sin het Afrikaners voorheen dikwels gehoor dat hulle aan die suidpunt van Afrika geplant is. Dit is waar hulle wortel geskied en uitmuntende vrugte gedra het. Aan die eens blanke plaaslike universiteite, waar swartes geen bydrae hoegenaamd tot die vestiging en uitbouing daarvan gelewer het nie, eis swart studente deesdae alewig dat hulle op die kampus tuis wil voel. Dit bring mee dat die opset volgens hulle wense getransformeer word. Dit veroorsaak noodwendig dat die blanke studente, wat kultureel anders is en tradisioneel daar hoort, ontuis voel. Aan die wense van blankes steur die ANC-kruipende universiteitsowerhede hulle egter glad nie.

Vergilius

Die Aeneïs is die onderwerp van Cassin se tweede hoofstuk. Publilius Vergilius Marco (70-19 vC) is die outeur van die heroïese epos, Die Aeneïs, in Latyn, wat oor die tydperk ná die Trojaanse oorlog handel. Aeneas is die Trojaanse held wat die Romeinse ras sou grondves. In die gedig word daar, in navolging van Die Odyssee, van die legendariese Trojaanse perd vertel, ‘n houtperd waarin Griekse soldate in die 10de jaar van die Trojaanse Oorlog weggekruip het om hul vyande, die Trojane, in die huidige Turkye, ná ‘n beleg van nege jaar te uitoorlê om die stad, Troje, te verower. Kommuniste, soos Joe Slovo, wat in die jare dertig uit Litoue na Suid-Afrika geëmigreer het, en terroriste, soos Nelson Mandela, wat uit die tronk vrygelaat is, was in die spreekwoordelike Trojaanse perd wat toegelaat is om die blanke bewind in Suid-Afrika te vernietig.

Aeneas vlug met my vader, Anchises, op sy rug uit die brandende stad. Hulle skip word deur verskillende winde in talle rigtings rondgedryf, bv na Sicilië (waar Anchises sterf), Libië, Kartago, nogeens Sicilië en daarna Italië, naamlik die antieke staat Latium. Voor dit besoek Aeneas sy vader in die Onderwêreld, Hades, nadat hy die Styx-rivier oorgesteek het. Romulus en Remus, twee lede van die nageslag van Aeneas en sy Trojane, wat die Latynse kultuur, bv taal en kleredrag, aanvaar het, het die stad Rome op die Sewe Heuwels gevestig. Die bevolking van die staat Latium is uitgebou tot ‘n nasie wat eeue lank die Romeinse Ryk sou beheer. Hierdie epos het Dante Alighieri (1265-1321) se epiese gedig, La Divina Comedia (1320, 1ste druk 1472), beïnvloed, wat meegewerk het dat veral die Toskaanse taal mettertyd Standaard-italiaans geword het.

Aeneas, met sy vader op sy rug, simboliseer iemand wat alles in sy vermoë doen om, terwyl hy vlug en daar geen hoop meer is nie, soveel moontlik van sy vaderland met hom saam te neem (40, 557). Anders as Odysseus keer Aeneas nie na sy geboorteland, sy heimat, terug nie. “[His] uprootedness occurs without any hope of return” (528). Hy is uit Troje gegooi en moet as emigrant in ballingskap sy begeertes by sy nuwe situasie aanpas (533). “Aeneas will no longer speak Greek but Latin, the language of those who live where he is settling. Exile forces one to abandon one’s mother tongue. Land of the fathers, language of the mothers: it is with the language of the other that one makes a new fatherland for oneself” (626; ook 736). Hannah Arendt spreek hierdie standpunt lewenslank teë (kyk hier onder). Vir haar is haar moedertaal die maatstaf vir [onveranderbare] identiteit (670).

Uiteindelik vind Aeneas ‘n tuiste in ‘n nuwe taal, Latyn (45). Hy sê: “[I shall] make them all Latins with one language” (528, 670). “The Greek language … disappears … to the advantage of Latin” (676). Dit herinner aan die heillose ANC-regime wat daarop ingestel is om Afrikaans as amptelike taal, asook andersins (as hoftaal, as onderrigtaal in skole en aan universiteite, ens), te vernietig, met as ideaal een (swart) nasie en een taal, “globish, global English” (725), die absoluut teenoorgestelde van ‘n eie nasionale taal. “[But] the memory of the past remains present right up to the last breath [of Aeneas]” (539).

Hannah Arendt

Sommige idees van Hannah Arendt (1906-1975), ‘n Duitse jodin, is die onderwerp van Cassin se derde hoofstuk. Arendt was ‘n student van Martin Heidegger en Karl Jaspers (1883-1969). In 1937 het sy staatloos geword toe haar Duitse burgerskap nietig verklaar is. In 1941 het sy in Amerika aangekom en in 1951 ‘n Amerikaanse burger geword (736). Dit is net haar nasionaliteit wat verander het (803); nie haar identiteit nie. Terugskouend op haar lewe het sy gevra: “What remains? The language [German] remains” (731, 742, 797). “The German language is the essential thing that has remained and that I have always consciously preserved” (973). “I had to leave Germany more than thirty-four years ago; the mother tongue is the only thing you can take with you from the old country, and I have always tried to keep this irreplaceable thing intact and alive” (809).

Vir bannelinge is hulle moedertaal “the only part of their home they still mastered” (827). “Language is what counts” (803). Arendt sê: “There is a tremendous difference between your mother tongue and another language” (803). “It is the mother tongue, not the land of her fathers, that constitutes her homeland … It is the [her] resistance of German in New York [City] that makes the [her] homeland … Arendt teaches us how to detach language from people … The German language and the German people are not identical or superimposable in any way, especially not politically” (742). Arendt sê: “I … don’t believe that I have ever considered myself a German – in the sense of belonging to a people as opposed to belonging to a state” (758). “The country I like best of all is German [the language]” (1015).

Richard E Flathman verskaf die volgende samevatting van Arendt se denke, waaruit duidelik blyk waarom haar idees tersaaklik vir Cassin se boek is. “There is a breach between being and thinking, one that cannot be closed by thought … Modernity remains mired in egoism, a condition compounded by the emergence of a ‘mass’ that consists of bodies with needs temporarily met by producing and consuming and which demands governments that minister to these needs. In place of thinking, laboring, and the administration of things now called democracy, all of which are instrumental but futile as responses to the ‘thrown’ quality of our condition, Arendt proposed to those capable of it a mode of being, political action, that she found in pronounced form in pre-Socratic Greece and briefly and gloriously at the founding of the Roman and American republics … Political action requires the courage to initiate one know not what. Its outcome is power; not over other people or things but mutual empowerment to continue acting in concert and thereby to overcome egoism and achieve (positive) freedom and humanity” (The Cambridge Dictionary of Philosophy, 2nd edition, edited by Robert Audi, Cambridge University Press, 1999, p 43).

Na aanleiding van die vorige paragraaf kan ons sê dat daar ‘n verskil is tussen die omstandighede waarin Afrikaners hulle tans bevind en die situasie waarin hulle graag wil wees. Die swart massa gee voorkeur aan die bevrediging van hulle eie korttermyn behoeftes. Die ANC-regime probeer om veral ten koste van blanke belange aan hierdie eise te voldoen. Sonder hulle instemming en teen hulle sin woon Afrikaners in ‘n land waar beleid deur emosie eerder as rasionaliteit bepaal word. Om uit hierdie gat te kom, is politieke aksie noodsaaklik. Afrikaners sal êrens moet begin om iets te doen ten einde hulle vryheid en selfbeskiking, en dus ook hulle selftrots, terug te wen.

Arendt het Engels aangeleer, maar kon dit nooit aksentloos praat nie. Sy was ook nie in staat om idiomatiese Engels te skryf nie. Haar man het gepraat van “the ‘stammering existence’ of exiles who are tossed about ‘not only from country to country, but language to language'” (827). “Home is the language [German] that she lives in against all opposition … The German language was what remained of a homeland, or rather, what remained as a homeland. In so doing she taught us that there is a ‘difference between the mother tongue and the land of the fathers'” (45). “To have one’s language for a homeland, or even for one’s sole homeland. That is how, in dark times, Hannah Arendt, ‘naturalized’ in her American exile. Chooses to define herself: not in relation to a country or a people but only in relation to a language, the German language. It is this language that she misses and wants to hear” (175). “It wasn’t the German language after all that went mad” (973) – in die tyd van Naziisme. Insgelyks behoort Afrikaans nie op grond van apartheid veroordeel te word nie. In talle opsigte was apartheid ‘n sinvolle beleid. In elk geval, waarom word Engels nie verdoem op grond van imperialisme, kolonialisme, standbewustheid en die tradisionele Britse beleid van rasseskeiding nie?

Dit lyk asof hulle moedertaal, Afrikaans, tans die kern is van wat van Afrikaner-identiteit behoue gebly het. Maar dan Afrikaans wat dikwels en al hoe meer in ‘n hoogs onvolmaakte toestand verval het, naamlik in geradbraakte, Engels-besoedelde vorm. Ek het al dikwels maar tot dusver tevergeefs gepleit dat Afrikaansinstansies, soos die Afrikaanse Taalraad (ATR), die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) en die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, hulle verpligting ten opsigte van die gehalte van Afrikaans moet nakom deur veldtogte ten bate van taalsuiwerheid te voer. Om politieke redes, dus om politiese byderwetsheid, verseg hulle om iets hieromtrent te doen. Dieselfde geld iedere tans praktiserende dosent in die Afrikaanse taal- en letterkunde.

Vir my is en bly dit een van die verwerplikste, skandaligste en onverskoonbaarste verskynsels in die nuwe Suid-Afrika. Die ingesteldheid is: Soos Afrikaners kan Afrikaans maar in sy swernoot gaan. Daar is skynbaar geen voorgevoel of aanvoeling vir onherstelbare verlies, vir heimwee, nie. Omdat Afrikaanstaalsuiwerheid nie bevorder word nie, is nie net nieblanke sprekers al hoe meer geneig om Afrikaans met onnodige Engelse woorde te besoedel nie, maar ook blanke Afrikaanssprekers. Daar kan gerus in gedagte gehou word wat Victor Klemperer (1881-1960), ‘n neef van die dirigent Otto Klemperer, geskryf het: “Words can be like tiny doses of arsenic: they are swallowed unnoticed, appear to have no effect, and then, after a little time, the toxic reaction sets in after all” (984). Toksiese Afrikaans neem epidemiese afmetings aan sonder dat teenmiddels aangewend word. Die dood is so ‘n taal se voorland. Dit sal nie in ‘n erg geradbraakte toestand vir lank en sekerlik nie onbepaald naas Engels kan bly voortbestaan nie.

“What is it that makes a tongue a ‘mother tongue’? Perhaps the possibility of invention. Poetry, this making (of) language, is naturally bound up with the mother tongue” (827). “Rather than using it [the mother tongue] as a static totality, one produces it as energeia and not as ergon, as putting into work, into act and evolution. Arendt underscores this: ‘I do things in German that I would never allow myself to do in English'” (833). In sy voorwoord by die boek skryf Souleymane Bachir Diagne: “Cassin proposes … an important distinction between the language that we put into work as energeia, in which we allow ourselves to make radically new possibilities happen because we feel that we contribute to its continuous creation, and the language that we use, no matter how well we master it, as ‘a static totality’, which we perceive as already constituted outside of us, as an ergon” (51), dus as bloot ‘n gebruiksmiddel.

Myns insiens kan hierdie onderskeid veralgemenend op die Afrikaans van Afrikaners en bruin mense toegepas word. Afrikaners is Afrikaanslojaal en beskou hulle moedertaal as deel van hulle onvervreembare identiteit; selfs as die kern van hulle identiteit, dus as dít wat van hulle meer as enigiets anders Afrikaners maak. Afrikaners is noodwendig Afrikaanssprekend. Hulle gaan skeppend met Afrikaans om, soos oortuigend geboekstaaf in die taal- en literatuurgeskiedenis van en ander gepubliseerde werke in Afrikaans.

Bruin mense, daarenteen, is tot dislojaliteit jeens Afrikaans geneig. Afrikaans is nie deel van hulle onvervreembare identiteit nie. Baie van hulle het (met wisselende mate van sukses) verengels. Sedert 1994 neem hierdie verskynsel epidemiese afmetings aan. Bruin mense het dus nie noodwendig Afrikaans as moedertaal nie. Vergelykenderwys is hulle skeppende vermoë in Afrikaans skynbaar beperk. Weens hulle neiging tot Afrikaansdislojaliteit wend hulle hulle dikwels en al hoe meer tot die mondelinge en skriftelike gebruik van Engels as kenmerkende deel van hulle geradbraakte Afrikaans, pleks van skeppend met Afrikaans om te gaan. Afrikaans word verwater tot (bloot) ‘n kommunikasiemiddel pleks van dié vaandeldraer van hulle identiteit en kultuur te wees. Bruin mense behoort dus – al word daar kwantitatiewe redes ten gunste hiervan aangevoer – geensins met die toekoms van Afrikaans vertrou te word soos sommige Afrikaanse instansies, soos die ATR en die ATKV, by voorkeur en met oorgawe doen nie.

Wat by bruin mense met hulle Afrikaans/Engels, bv Kaaps, gebeur, is soos by die swart mense se Engels. Die taal word meganies, dus nie-skeppend, gereproduseer. “One cliché chases another” (833). Byvoorbeeld, ons moet kort-kort aanhoor die polisie werk “round the clock” om misdadigers op te spoor, maar dan verskyn daar foto’s van polisie-amptenare wat selfs in die dag tydens dienstyd slaap. “We become the way we speak” (840). “This lack of invention … rides on the back of a lack of taste” (871). Ons moet liefs energiek en skeppend en met eerbied met taal omgegaan. Tans kan dit meer as ooit met reg van die Afrikaans van alle Afrikaanssprekendes verwag word.

“One’s tongue is no longer a ‘mother tongue’ as soon as one no longer invents anything in it, indeed, … it is no longer even really a ‘tongue’ for all those politically and humanly idiotic listener-transmitters crippled by banalities and lacking in any reflective or critical judgment” (854). “When the mother tongue is no longer a tongue, a language, there is only propaganda. In fact, it is because we have a responsibility with regard to the words we use, the responsibility of an author and not of a receiver or communicating go-between, that language is also something political” (859). Dat dit só is, spreek uit wat hier bo staan. ‘n Prominent kenmerk van die kultuurkrisis of -oorlog is “mass culture, mass communication: when the language in general use is no longer anything but globish, that is, global English, and there is no longer any invention, taste, or judgment” (871).

Cassin beklemtoon “the absolute singularity of the mother tongue” (883). “The mother tongue is unlike any other tongue not simply because it is the language or tongue of the mother – and one has only one mother – but because it constitutes one’s very being through a complete imbrication [“oorvleueling”] of nature and culture. How can we ‘have’ a language without ‘being’ in the process constituted by this sonorous mix of signifiers and life, that is, without having us?” (876). Haar verwysings na “being” (syn, dus wat is) kan op Heidegger se invloed dui. Heidegger het die Griekse taal as van wysgerige aard beskou. Hy skryf: “The extent to which this is so depends on the depth and power of the people and the race who speak the language and exist within it” (900). Dit kan ontologiese nasionalisme genoem word (906). “Das Vaterland ist das Seyn selbst” (913) – Die vaderland is syn as sodanig.

Ons lewe in ‘n era waarin geradbraakte Afrikaans en vlakheid van denke, bv onkritiese konformering met modeverskynsels, hoogty vier. Kan ons wat hierop volgend van Homeros en Grieks gesê word steeds van Afrikaanse skrywers en Afrikaans sê? Ek dink nie so nie. “Just by reading Homer one learns to speak Greek, to speak well, to think correctly, to be cultured, to be civilized, in short, to be men, and one thereby differentiates oneself from ‘barbarisans’ (we would say ‘foreigners’), that is, from those we cannot understand, who do not speak Greek, who commit barbarisms in language, who are neither cultured nor civilized, who are not men like us, who are not men at all … Isn’t belonging to a people precisely this imbrication of language and culture?” (888).

Leon Lemmer: Voorstel: ‘n Monument vir Hendrik Frensch Verwoerd op Stellenbosch

“Verwoerd het doelbewus gekies om ‘n Afrikaner te wees. Hy was die eerste student in Suid-Afrika wat sy studies, van sy voorgraadse eksamens tot sy doktorale proefskrif, in Afrikaans geskryf het” (Hermann Giliomee, Die laaste Afrikanerleiers: ‘n Opperste toets van mag, Kaapstad: Tafelberg, 2012, p 27-28).

Die Universiteit Stellenbosch (US) is tans besig met die formulering van ‘n beleid oor “visuele regstelling”. Dit bied die ideale geleentheid aan die US om ‘n akademies briljante oudstudente en -dosent, Hendrik Frensch Verwoerd, met ‘n monument op die kampus te vereer. Op hierdie manier kan die US konkrete bewys lewer dat hy primêr ‘n akademiese onderneming is en nie ‘n verlenging van die ANC nie.

Ek het die bostaande skrywe op 28.08.2019 na LitNet gestuur maar ná verloop van ‘n week is dit nog nie gepubliseer nie. Dit is duidelik dat dit as onpubliseerbaar geag word. As die vlag van die plaaslike blanke politieke bewind haatspraak kan wees, hoeveel te meer nie ‘n monument vir Hendrik Verwoerd nie. Daardie hofuitspraak bevestig wat Hermann Giliomee reeds jare gelede geskryf het: dat die regterlike gesag nie onafhanklik van die ANC/SAKP funksioneer nie. Daar is myns insiens nie ‘n kat se kans dat Gelyke Kanse se huidige hofsaak teen die US ‘n uitspraak ten gunste van Afrikaans gaan oplewer nie. Die beste waarop gehoop kan word, is dat regter Johan Froneman weer met ‘n sinvolle minderheidsuitspraak vorendag kom.

André Gouws het ‘n artikel oor die herstandaarisering van Afrikaans gepubliseer (LitNet 21.08.2019). Hanno Visagie het die dag daarna in sy reaksie aangehaal wat ek oor hierdie onderwerp op Praag geskryf het. My woorde is korrek aangehaal, maar die bron waaruit aangehaal word, is verswyg. Wat dit myns insiens aantoon, is dat LitNet dit ongewens ag om na Praag te verwys; dat geen publisiteit vir Praag op LitNet geduld word nie.

Hier bo het ek na die getransformeerde US as “‘n verlenging van die ANC” verwys. Eintlik moes ek geskryf het: ANC/SAKP. Die US het al amptelik genoem dat hy eredoktorsgrade uitdeel aan diegene met wie hy graag assosieer. Onder die ontvangers van hierdie akademies waardelose US-sertifikate is daar mense soos Bram Fischer, Nelson Mandela en Graça Machel. Dit toon dat die getransformeerde (eintlik: radikaal ontaarde) US met graagte en oorgawe met kommuniste geassosieer wil wees.

Een van die US se jongste skuiwe op pad na algehele transformasie is die formulering van ‘n beleid oor “visuele regstelling”. Volgens ‘n berig op die US-webtuiste is wat begeer word “new visual symbols that have African centrality as an outcome.” Die gewoonte het ontstaan dat die US homself nie ‘n Suid-Afrikaanse universiteit noem nie, maar ‘n Afrika-universiteit. Daarby in ‘n inklusiewe sin, want die produkte wat hierdie eens Afrikaner-universiteit deesdae doelbewus wil lewer, is identiteitlose “wêreldburgers”; dus noodwendig eerder Engels- as Afrikaanssprekendes. Al word blanke en veral Afrikanerbelange openlik geminag, word daar valslik beweer dat ‘n “inclusive environment” nagestreef word; ook dat daar iets soos “diverse cultures” bestaan, al het die US deesdae amptelik hoofsaaklik ooghare vir swart belange.

Die projek oor visuele regstelling is aan twee bruin teoloë toevertrou: Nico Koopman as “Vice-Rector: Social Impact, Transformation and Personnel” en as “Curator” Leslie van Rooi, “Senior Director: Social Impact and Transformation.” Aan die US is talle poste, soos dié van Van Rooi, geskep om aan die ANC/SAKP te demonstreer dat die US met oorgawe transformeer en enigiets sal doen om die ANC/SAKP ter wille te wees. Sulke politieke poste maak ernstig inbreuk op die universiteit se vermoë om broodnodige akademiese doseer- en navorsingsposte te finansier. Dit is wat gebeur as ideologiese oorwegings ‘n hoër prioriteit as akademiese belange geniet. Verlede jaar het die rektor, Wim de Villiers, en sy kollegas dit reggekry om die US-eeufees te vier sonder om ‘n enkele keer die ordentlikheid op te diep om na Jan Marais se stigtingsvoorwaarde, dat die US ‘n Afrikaanse universiteit moet wees, te verwys, asook ruiterlik te erken dat die US hom doelbewus glad nie hieraan steur nie. Die plaaslike koerant, Die Burger, het hom ook nooit verwerdig om die US hieroor aan te spreek nie.

Bruin aktiviste soos Allan Boesak het nie die vermoë om self die Belydenis van Belhar te formuleer nie. Dirkie Smit en Jaap Durand het dit namens hulle gedoen. Op ‘n soortgelyke manier het Koopman en Van Rooi blykbaar nie die vermoë om ‘n konsepbeleid oor visuele regstelling te formuleer nie. Twee blanke vroue, Lize van Robbroeck en Elmarie Constandius, het dit namens hulle gedoen. Van Robbroeck het ‘n Wits-agtergrond en het haar proefskrif oor “black art” geskryf. Constandius is, soos haar kollega, gepreokkupeer met antikolonialisme, wat uiteraard ‘n manier is om uitdrukking aan antiblanke gesindheid te gee. Hierdie twee dames is dosente in die Departement Visuele Kunste. Dit is ‘n oord waar emosie en instink dikwels ‘n groter rol as rasionaliteit en akademiese ingesteldheid speel. Die beleid, soos geformuleer, is erg teleurstellend gesien vanuit die oogpunt van transformasie-aktiviste. Eintlik het hulle ‘n muis pleks van ‘n olifant gebaar.

Die uitgangspunt is dat van eurosentries na afrosentries oorgeskakel moet word; bedoelende van blank na nieblank. Dit is swartes wat tuis op die kampus moet voel. Dit is wat deesdae onder die US se kernwaardes verstaan word. Die ontheemding wat blankes, veral Afrikaners, op die kampus ervaar, word in geen opsig aangespreek nie. Dit is ironies dat daar op bladsy 6, item 6.17, na “language diversity” verwys word terwyl dit ongetwyfeld Wim de Villiers se begeerte is om van die US ‘n eentalige Engelse universiteit te maak; dus om taalverskeidenheid, veral Afrikaans, op die kampus te verban. Op bladsy 5, item 6.3, word na “statues” verwys. Dit dui sekerlik op die lastigheid van Jan Marais, die US-stigterskenker, se standbeeld op die Marais-plein, wat deesdae tot die vreugde van ANC/SAKP-kornuite eerder die Rooiplein genoem word.

Die nodigheid van ‘n geformuleerde beleid vir visuele regstelling kan bevraagteken word. Hierdie “regstellings” het reeds deur gebruik ‘n geykte vorm op die kampus aangeneem. Byvoorbeeld, alle tekens van Afrikanerstaatshoofde is al uitgewis. Dié kernwaarde van die De Villiers-US is dat die universiteit verswart én ontwit moet word. Dit is die Henry Ford-benadering: Gee voorkeur aan motors (studente, dosente en ander personeel) in enige kleur solank hulle swart is. Die sug na diversiteit het aanvanklik beteken dat swart naas wit ingevoer word, maar op die lange duur word die grootste moontlike mate van verswarting, dus nie-diversiteit, nagestreef.

Tekenend van wat Wim de Villiers wil hê, is die verandering in 2018 van die naam van die HB Thom-teater na die Adam Small-teater. Thom was akademies ‘n reus. Vergelykenderwys was Small akademies en andersins ‘n mikrogees wat by meer as een geleentheid studiebeurse ontvang het om ‘n doktorsgraad in Londen en Oxford te voltooi, maar hy het telkens misluk. Maar akademiese oorwegings is vir die getransformeerde US nie ter sake nie. Wat vir ANC/SAKP-gedienstiges van belang is, is dat die teater nie meer na ‘n blanke vernoem word nie, maar na ‘n nieblanke. Dit word as nie-rassige visuele regstelling geloof. Dié siekte, wat chroniese afmetings aan die US aanneem, het ‘n naam: politieke byderwetsheid.

 

Leon Lemmer: Wilhelm Verwoerd III, ‘n erg verloopte Afrikaner

As ‘n mens ‘n boek lees wat jy graag wil lees en dit boonop goed geskryf is, is lees ‘n wonderlike, ontspannende, geestesverrykende ervaring. As ‘n mens ‘n boek teëkom wat jy dink jy moet lees, bv om kennis van “die ander kant van ‘n saak” te bekom, kan die leesproses in ‘n uitgerekte, onbarmhartige stryd ontaard. Wilhelm Verwoerd III (gebore in 1964) se boek het ek as sodanig ervaar: Bloedbande: ‘n donker tuiskoms (Kaapstad: Tafelberg, 2018, 304p, R290; Amazon Kindle $24,15). Met Naspers/Media24 as uitgewer en mense soos Annemarie Mischke, Tobie Wiese en Martie Retief Meiring wat die boek op die voor- en agterkant aanbeveel, kan ‘n mens weet wat om te verwag.

Die “bloedbande” in die boektitel verwys veral na die outeur se oupa, Hendrik Frensch Verwoerd (1901-1966, eerste minister 1958-1966), voortaan HF genoem. Die “tuiskoms” in die newetitel verwys na die outeur wat in 2012 na drie jaar in Engeland en twaalf jaar in Ierland en Noord-Ierland na “die nie meer so nuwe Suid-Afrika” (p 129) teruggekeer het. Oor die ANC-regering was hy toe nie meer so ongekwalifiseerd oorentoesiaties soos in 1992 toe hy “tot die geloofsoortuiging gekom” het (119) om daarby aan te sluit nie. Hy skryf oor “die intensiteit van my gevoel van politieke dakloosheid weens my vervreemding van die huidige [Zuma-]ANC” (132). Hy bly “verbind tot die visie en waardes” van mense soos Albert Luthuli en Nelson Mandela (132). Wesenlik bly hy dus ‘n “verloopte Boer” (153). Dit grens aan heiligskennis wanneer Wilhelm III die hoop uitspreek dat HF nou saam met Luthuli en Mandela in ‘n sirkel sit: “My wens is dat hulle hom [HF] ook help om sy blindheid te erken … Mag hy ook genees” (231). Die outeur veronderstel dat hierdie ANC-kamerade reg het; dus dat HF die een is wat siekte onder lede het.

Die boek is opgedra aan die outeur se familie, wat hom as “die verlore seun” (120, 301) en swartskaap beskou. Hy het gepoog om op allerhande maniere polities aansluiting by spreekwoordelik swakkere vate, soos die weduwee van sy oupa, Betsie (1901-2000), en by sy ma, Elise, te vind. Sy oupa is oorlede toe hy twee en ‘n half jaar oud was sodat hy HF se behoudende Afrikanerpolitiek nie met sy radikaal linkse identiteitsverwaterings kon konfronteer nie. Die outeur se pa, Wilhelm II, staan “rotsvas” (119) as Afrikaner en verweer hom uitmuntend teen sy Afrikaneronterende kind. Vir Wilhelm II “was die ANC steeds ‘n ‘kommunistiese terroristeorganisasie’ wie se ‘swartmagoorheersing’ op die ou end ‘noodwendig tot die Afrikaner se ondergang’ sou lei” (119). Hy hou nie van sy seun se “gebalde kameraadvuis” nie (120 – foto op p 124), maar in irrasionele ANC-geledere word hierdie aanstootlike Mandela-saluut deesdae as verenigbaarbaar met vrede en versoening beskou. Wilhelm III sien “die hartklop van pyn agter die gebalde vuiste” (236, 301). Die outeur is (tereg) bekommerd oor sy pa se “reaksie wanneer hy hierdie boek sou lees” (298). Die hoogs bejaarde Wilhelm II (gebore in 1929 – p 191) het onlangs as redakteur ‘n heruitgawe van sy boek, ter huldiging van sy pa, HF, versorg: Verwoerd: Só onthou ons hom (Pretoria: Protea Boekhuis, 2016), Wilhelm I het as stamvader van die Suid-Afrikaanse Verwoerds in 1903 uit Nederland in Kaapstad aangekom. Hy het hom van die begin af by die Afrikaners geskaar.

Wilhelm III het in 1987 met Melanie van Niekerk (gebore in 1967) getrou. In 1994 het sy ‘n ANC-parlementslid geword en daarna die Suid-Afrikaanse ambassadeur in Ierland (2001-2005). Toe hierdie Verwoerd-egpaar Ierland toe gegaan het, was Wilhelm III ‘n dosent in die wysbegeerte aan die Universiteit Stellenbosch (US). Soos van die nuwe US verwag kon word, is aanvanklik onderneem om Wilhelm III se pos vir hom beskikbaar te hou. In 2005 het Melanie en Wilhelm III geskei maar albei het aanvanklik in die buiteland bly woon. Wilhelm III was ‘n “koördineerder van die Glencree Sentrum vir Versoening se Survivors and Former Combatants Programme” (29). Hierdie sentrum, sy vredesoekers, asook deelnemers aan die Beyond Dehumanisation-projek (232), bemoei hulle nie net met Ierland en Noord-Ierland nie, maar ook met Israel en die Palestyne, asook met Suid-Afrika (229). Wilhelm III swyg oor wie hierdie aksies befonds. Sedert hulle egskeiding het Melanie, soos Wilhelm III, na Suid-Afrika teruggekeer. In 2009 is Wilhelm III getroud met ‘n Australiër, Sharon, wat ‘n magistergraad in “vredestudies” voltooi het (131).

Op 1 April 2015 het die blanke Wim de Villiers diens as die US-rektor aanvaar. Hy het die bruin Russel Botman se plek ingeneem. In die nuwe Suid-Afrika word dit as ongewens geag as ‘n nie-witte in ‘n pos deur ‘n blanke opgevolg word. Polities byderwets word dit as ‘n terugwaartse stap beskou. De Villiers het dus dadelik alles in sy vermoë gedoen om te bewys dat hy meer verlig is as wat die ANC-aktivis Botman ooit was. Reeds in sy intreerede op 29 April 2015 (Praag 10.05.2015) het De Villiers gesê: “Stellenbosch is nie ‘n Afrikaanse universiteit nie” en hierdie stelling sedertdien dikwels herhaal. Spoedig is De Villiers toegelaat om van die US ‘n oorwegend Engelse universiteit te maak. Aan die begin van sy ampstermyn was dit vir De Villiers belangrik om nie net Afrikaans te diskrediteer nie, maar spesifiek ook die Afrikaner. Met die oog hierop het De Villiers reeds in sy intreerede aangekondig dat hy die HF-gedenkplaat in die voorportaal van die Rekeningkunde-gebou, wat voorheen as die HF Verwoerd-gebou bekend gestaan het, gaan verwyder. Die Nelson Mandela-aanhaling in die voorportaal van die Opvoedkunde-gebou, “Education is the most powerful weapon which you can use to change the world,” word uiteraard deur De Villiers behou en gekoester, te meer omdat dit in Engels is.

Pleks van die situasie met omsigtige sensitiwiteit te hanteer, het De Villiers besluit om ‘n openbare skouspel van die verwydering van die HF-gedenkplaat te maak (Praag 31.05.2015). Ten einde die maksimum anti-Afrikanersentiment te probeer opwek, is die spektakel op 27 Mei 2015 direk op die US-webtuiste uitgesaai (238). Vir hierdie doel het De Villiers op ‘n slinkse manier vir Wilhelm III “nader getrek” (soos in rugbygeledere gesê word). Hy het ‘n Moslem, Mohammad Karaan, wat ‘n US-dekaan was, gestuur om Wilhelm III oor te haal om aan die beoogde ontering van sy oupa deel te neem. Wilhelm III verontskuldig hom met die siening “dat dié simboliese handeling deel vorm van die universiteit se daadwerklike verbintenis tot groter inklusiwiteit” (235). Dus, deur die Afrikanernalatenskap aan die US te vernietig, word die US nie meer eksklusief (swart en Engels) nie maar glo meer inklusief vir almal. Wilhelm III hou hiervan deur te verwys na sy “groeiende verbintenis tot radikale [!], vermenslikende inklusiwiteit” (236). Hy het die verwydering van die HF-gedenkplaat in sy toespraak as ‘n “oorwinning vir transformasie” geloof (237). Sy pa, Wilhelm II, het hierna ‘n goeie hou teen sy verlore seun geplant: “Jy het weer kant gekies, wat jy nie as versoenaar in Noord-Ierland gedoen het nie. Hoekom doen jy dit hier? Jy is steeds dislojaal teenoor jou mense!” (240). Wilhelm II sit ongetwyfeld met ‘n “seun wat met die vyand heul” (242).

Die indruk wat die boek by my gewek het, is dat die outeur inligting uit die Verwoerd-binnekring (soos die gepubliseerde foto’s en Betsie Verwoerd se dagboek) en toegang tot eksklusiewe Verwoerd-gebiede (bv die HF Verwoerd-strandhuis, Blaas ‘n Bietjie, in Bettysbaai en die HF Verwoerd-gedenkhuis in Orania) misbruik om sy eie ANC-gedienstige politieke agenda te bedryf. Plek-plek was die boek so weersinwekkend dat ek “obseen” in die kantlyn geskryf het. My aanvoeling is dat “familieverraad” (die opskrif van hoofstuk 8) hier gepleeg word. Wilhelm III ontheilig dinge wat vir sy ouers, ander familielede en behoudende Afrikaners heilig is. Met die oog hierop eet hy vir soetkoek op die mites wat deur sy huidige bure, militante aktiviste, oor apartheid opgedis word. Om sy politieke doel, naamlik die ondergrawing van tradisionele Afrikanerwaardes, te bereik, maak hy van pretensieuse foefies gebruik, soos nadoodse briewe aan sy oupa (11, 171, 273), ouma (194), asook oupa en ouma (173), Kortom, daar is elemente in die boek wat geforseerd is en ‘n onegte klank het, ten spyte van die outeur se “voorneme om so oop moontlik te bly” (150). Hy beskou sy pogings as ‘n “eerlike, nederige soeke” (14).

Die doel met die boek word soos volg gemotiveer: “Ek herinner my dat ek nie besig is met ‘n politieke biografie of ‘n akademiese studie nie. Ek is op soek na tekens van oupa en ouma Verwoerd se menslikheid – ter wille van versoening met my familie, ter wille van myself as hul kleinkind” (153). Sy uitgangspunt is heel moontlik foutief. Sy oupa en ouma was mense en dus noodwendig (of per definisie) menslik. Die gesoekte onmenslike dimensie word deur ‘n grootliks skewe siening van die beweerde onmenslikheid van apartheid aangevuur. Dit is Wilhelm III se vooringenomenheid, sy vooroordeel, wat hom laat skryf oor die “onverwagte [!] diep menslike tekens” wat hy in Betsie Verwoerd se dagboek teëkom (195). Daar is ook ‘n harde waarheid spesifiek vir Wilhelm III in die volgende sin in Betsie se dagboek: “‘n Mens is so huiwerig om enigsins intieme dinge neer te skrywe, jy weet nooit hoe dit later misbruik kan word nie” (195). Ja, selfs deur ‘n kleinkind.

Bettysbaai is vernoem na ‘n werklike Betty. Wilhelm III spel hierdie pleknaam deurgaans verkeerd as Bettiesbaai. Die enigste keer wat Bettysbaai in die boek reg gespel word, is wanneer Wilhelm III die bewoording aanhaal van die gedenkplaat wat naby die HF Verwoerd-strandhuis in Bettysbaai opgerig is. Hy noem tereg dat dit “een van die min oorblywende openbare vererings van Oupa” is (274). Gelukkig het hy en/of Wim de Villiers (nog) nie hierdie Verwoerd-gedenkplaat gesaboteer en verwyder nie.

Wihelm III verwys soos volg na Bettysbaai se buurdorp: “Kleinmond se eenkant swart woonbuurt naby die munisipale vullishoop” (263). Dit impliseer gevoellose kritiek op veral die blanke inwoners; diegene wat die leeue-aandeel van die munisipale belasting en dienste betaal. Tradisioneel was Kleinmond vir blankes ‘n gesogte aftreedorp. Nadat hulle die grootste deel van hulle lewens nie leeggelê of misdade gepleeg het nie, maar gewerk en gespaar het, behoort hierdie blankes die onvervreembare reg te hê om die laaste jare van hulle lewens te geniet. Weens die instroming van swartes (bv uit die Oos-Kaap en swart Afrika) word huise vir hierdie mense teen groot koste gebou; dermate dat daar nie geld vir infrastruktuurontwikkeling is nie. Hierdie “belegging” in huise lewer nie ‘n opbrengs nie en vir dienste wat aan hierdie meesal werkloses gelewer word, word dikwels/meesal nie betaal nie.

Die gevolg is dat die belastinglas vir die tradisionele inwoners ondraaglik geword het. Die blanke pensioenarisse vind dit toenemend moeilik om te oorleef in huise wat hulle nie gratis ontvang het nie maar gekoop en self betaal het. Diegene wat huise ontvang het, is meesal geen bate vir die blanke inwoners nie. Inteendeel, misdaad het sedert 1994 eksponensieel toegeneem. Daar word van die belastingbetalers sonder meer verwag om by implikasie die bestaan van hierdie misdadigers te subsidieer. Daar is geen dankbaarheid of erkentlikheid vir wat hierdie inkommers onverdiend ontvang nie. ‘n Aantal maande gelede het onrus uitgebreek en is besighede gevandaliseer, geplunder en leeg gestroop. Die teerpad is met brandende motorbande beskadig. Klippe en rommel is in die pad gestrooi. Voertuie is met klippe bestook.

Herstelwerk is op die koste van die belastingbetalers gedoen. Sover bekend is niemand weens hierdie misdade in ‘n hof veroordeel nie. Periodiek word daar byeenkomste in die stadsaal gehou wanneer aan die belhamels en ander “benadeeldes” verslag gedoen word oor die vordering wat met hulle eise gemaak word. Is Kleinmond ‘n toonbeeld van wat Wilhelm III dikwels “heling”, “vermensliking” en – teen die einde van sy boek – “herstellende geregtigheid” (291) noem? Is hierdie onverkwiklike opset werklik sy oupa se skuld of behoort die misdadigers veel eerder swaar vir hulle onsosiale gedrag gestraf te word? Die onmenslike waarheid is dat hierdie soort vermensliking nie volhoubaar is nie.

Wilhelm III begin sy boek deur te vertel van sy besoek aan die HF Verwoerd-gedenkhuis in Orania. Hy is vergesel deur Pumla Gobodo-Madikizela, ‘n “professor in sielkunde en spesialis in historiese politieke trauma”(15), wat in 1966 ‘n juiglied oor HF se moordenaar, Demetrio Tsafendas, gesing het (293). Sy dank haar aanstelling aan die US heel moontlik in deurslaggewende mate aan die werk wat sy in die berugte Waarheids- en Versoeningskommissie (WVK) se Komitee vir Menseregte gedoen het. PW Botha het tereg van die Wraak- en Vergeldingskommissie gepraat. Botha wou hê dat Afrikaners ophou om verskoning te vra; dat hulle eerder hulle selfrespek moet herwin (24). Gobodo-Madikizela is die hoof van die nuwe US se eenheid vir Historiese Trauma en Transformasie (297).

Na voltooiing van hierdie boek is Wilhelm III in die Beyers Naudé Sentrum vir Openbare Teologie aan die nuwe US aangestel, veral as die koördineerder van ‘n projek oor Versoening en Verantwoordelikheid (141, 297). Met sy deelname aan die ontering van HF in 2015 het Wilhelm III aan Wim de Villiers bewys dat hy vir die nuwe US bruikbaar is en voltyds “nader getrek” moet word. Soos te wagte het hy sy doktorale proefskrif oor die WVK geskryf. “Ek sal ook as fasiliteerder betrokke kan raak by die komplekse proses van transformasie binne die Universiteit Stellenbosch … As navorser wil ek egter steeds my Verwoerdwees as vergrootglas gebruik om oor veral die sondes [! – nie die prestasies nie] van my Afrikanervaders en -moeders te besin” (298). Hy is klaarblyklik vasbeslote om in sy eensydigheid te volhard: Hy wil “as navorser en fasiliteerder spesifiek aandag gee aan die inklusiewe spiritualiteit van politieke profete en anti-apartheidsaktiviste uit Afrikanergeledere” (299).

Gedurende my hele loopbaan as akademikus het ek dit verpes as ‘n eenheid, soos die pas genoemde een, en ‘n projek, soos die pas genoemde een, wat albei eerder die politiek van die oomblik as die akademie dien, aan ‘n universiteit ingestel word. Sulke demonstrasies slurp geld op wat eerder vir onderrig en ernstige fundamentele navorsing oor standhoudende kwessies gebruik behoort te word. Sowel hierdie eenheid as hierdie projek dra onmiskenbaar die stempel van die De Villiers-US se ANC-kruipsug. In dieselfde konteks is daar ook Leslie van Rooi se eenheid vir Sosiale Impak en Transformasie. Asof dit nie oorgenoeg is nie, is daar ook ‘n “kantoor vir morele leierskap” waarin Jeanette de Klerk-Luttig artikels oor ditjies en datjies skryf, wat graag deur Media24 gepubliseer word. Aan die De Villiers-US word hope geld getap ten behoewe van demonstratiewe ANC-gedienstigheid. Sodanige befondsing geskied ten koste van gesonde akademiese aktiwiteite.

As oorverligte het Wilhelm III “in die middel 1980’s” uit die NG Kerk bedank (299) omdat hy “polities en geestelik deur die NG Kerk ontnugter is” (23). In 1991 skryf hy: “Dit is lekker om vir die eerste keer in maande weer Bybel te lees” (110). Daarna, terwyl hy vir die WVK gewerk het – as een van letterlik honderde ANC-aktiviste wat deur Desmond Tuti ten koste van die belastingbetalers “nader getrek” is – het hy tuis in die Anglikaanse St George’s-katedraal in Kaapstad gevoel, ‘n plek wat berug vir anti-apartheidsaktivisme was. Dit is hier waar “vergifnis gevra [is] vir alles wat Europa [dus blankes] aan Afrika [dus swartes] gedoen het” (23). Wat geïmpliseer word, is dat blankes eerder sleg as goed met swartes gehandel het. Deesdae vind Wilhelm III sy geestelike tuiste in charismatiese Pinksterkerke.

“Om die donker reis deur my wit Afrikanerskap, my Christen-Verwoerdwees te verstaan, is dit nodig om by daardie gebeure te begin wat vir my die waterskeiding was tussen Verwoedwees en ‘n halsstarrige ‘ontwoerding'” (31). Daar is wesenlik geen fout te vind met die voortreflike opvoeding wat Wilhelm III in sy ouerhuis en op skool ontvang het nie, al noem hy dit ‘n “eensydige Christelik-nasionale opvoeding” (93). Hy verwys na “die laer van my groepsidentiteit” (44). Ek verpes linkses se hartelose verwysings na die Voortrekkerlaers, wat ter selfbeskerming getrek is; ook “Ons móét mos ons grense teen die terroriste beskerm” (45). Waarom selfbeskerming steeds noodsaaklik is, blyk uit die chaotiese, gewelddadige samelewing waarin ons sedert 1994 probeer oorleef en waarin inheemse misdadigers fluks deur inkommers bygestaan word. Wilhelm III verwys na “die Afrikaner met sy laermentaliteit” en “sy immoraliteit mbt politiek” (61). Is die swartmag-ideologie nie ook laermentaliteit nie? Is die huidige swart oorheersing nie minstens net so immoreel soos die destydse blanke oorheersing nie?

Daar is ook nie fout met wat Wilhelm III aan die “lelieblanke Universiteit Stellenbosch” (35) as “spierwit, Christelik-nasionale, Stellenbosse Verwoerd” (36) wys geword het nie. Ek verpes die gebruik van byvoeglike naamwoorde soos “lelieblank” en “spierwit” deur Wilhelm III omdat hy nooit swartes op dieselfde bedenklike manier behandel deur bv van roet- of steenkoolswart te praat nie. Hy het dit ook teen ‘n “lelieblank ‘liewe Jesus'” (105) maar opper gee beswaar teen ‘n skildery waarin Christus as swart uitgebeeld word nie (23). Waarteen hy dit wel het, is ‘n “wit gepleisterde god” (278). Blykbaar moet die wesenskenmerke van die christelike godsdiens as swart voorgestel word voordat dit vir hom aanvaarbaar is.

Die fout/waterskeiding met Wilhelm III se opvoeding het gekom toe hy in 1986 drie maande lank in Nederland was. Pleks van aan sy magisterverhandeling te werk (67), het hy hom eerder deur drie Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners laat indoktrineer: ‘n bevrydingsteoloog, Johan; ‘n radikaal verloopte sosioloog, Amor; en ‘n skewe outjie, Rudolf. Hy noem dit sy “heropvoeding” in Nederland (81, 92), gevolg deur nog heropvoeding in Engeland (113). Hy verwys selfs daarna as sy “bekering” (95), seker omdat politiek vir hom baie swaarder as godsdiens weeg. Wat hy gedoen het, is om hom oop te stel vir “innerlike heling” (111), met as implikasie dat behoudende Afrikaners (geestelik) siek is. Soos ander linkse aktiviste loof hy “die radikalisme van die Christelike boodskap” (105), oftewel “hoe radikaal Jesus se deurleefde boodskap is” (300). Weens sy heropvoeding word Suid-Afrika en die Afrikaner se geskiedenis vir hom, soos vir ander linkse aktiviste, ‘n “hartseer geskiedenis” (94), wat glo sy “eie mense se skuld” is (104). Dit is ook ‘n “stukkende geskiedenis” (108), maar hy sê nie wie die land met bv bomme, landmyne en handgranate stukkend geskiet het nie.

Wilhelm III verlaat hom eerder op Rodney Davenport se weergawe van die geskiedenis (99, 137, 171, 302) as dié van die meer gematigde en ewewigtige Hermann Giliomee. Dit is Davenport wat geskryf het: “Ultimately it is irrelevant whether racism or apartheid sometimes produced good results. Because the tree was bad, the fruit was also bad” (Hermann Giliomee, historikus: ‘n outobiografie, Kaapstad: Tafelberg, 2016, p 217). Giliomee ontmasker Davenport as ‘n onbetroubare historikus: In sy boek, South Africa: A modern history (2000) beweer Davenport valslik dat Bantoe-onderwys uitdruklik ontwerp is om swartes vir ‘n minderwaardige plek in die samelewing voor te berei. “In die vorige uitgawe (1987) is daar geen verwysing na sulke veronderstellings of idees nie. Die 2000-uitgawe maak ‘n kniebuiging na die feit dat ‘n nuwe regering, behep met rassisme, aan bewind gekom het. Apartheid is nie meer as ‘n onreg of misleide beleid beskou nie, maar as die boosheid self” (Hermann Giliomee, Die laaste Afrikanerleiers, Kaapstad: Tafelberg, 2012, p 69-70). Aan die kruipsugtige Davenport het Wilhelm III sy heropvoeding in die geskiedenis toevertrou. Sy selfmisleiding is (redelik) volledig: Hy kom tot die besef “dat die toekoms nie meer in die hande van die blankes is nie, dat dit nooit [!] in hul hande was nie” (103). In werklikheid het verraad deur ‘n klein groepie Afrikaanssprekende blankes die toekoms van al die plaaslike blankes, veral die Afrikaners, opgedonder.

HF het met verwysing na swartes gesê: Daar is “geen plek vir hom in die blanke gemeenskap bo sekere vorms van arbeid nie” (Giliomee p 69). Maar linkse elemente laat opsetlik die kwalifiserende deel uit: “In sy eie gemeenskap is die deure egter vir hom oop” (69). Met die oog op die uitvoering van hierdie Bantoe-onderwysbeleid het HF, teen groot koste vir veral die blanke belastingbetalers, die getal skole vir swartes dramaties vermeerder en skoolonderrig verbeter. Voor HF se ingryping was swart onderwys grootliks in die hande van Engelse kerkgenootskappe en is min matrikulante gelewer. Bantoe-onderwys het die getal matrikulante spoedig dramaties vermeerder. Dit is aan HF te danke dat baie van die vorige en hedendaagse ANC-kamerade geletterd was of is.

Destyds het swartes in die tuislande tot op die hoogste vlakke gevorder, enersyds danksy die stroom matrikulante wat Bantoe-skoolonderwys gelewer het en andersyds danksy ‘n reeks universiteite wat spesiaal vir swartes gestig is. In 1960 is met onderrig begin aan die Universiteit van die Noorde/Turfloop (tans Limpopo) en die Universiteit van Zoeloeland terwyl die Universiteit van Fort Hare deur die regering van ‘n Skotse kerkgenootskap oorgeneem is. Hierna het die stigting van ‘n rits ander universiteite spesiaal vir swartes gevolg, insluitende ‘n mediese universiteit, Medunsa (Medical University of South Afrika), te Ga-Rankuwa, by Pretoria. Sedertdien is Medunsa se naam onherkenbaar getransformeer om die ANC se tweede president (1861-1951) te vereer: Sekako Makgotho Health Sciences University. In 1960 is ook met onderrig vir bruin studente aan die Universiteit van Wes-Kaapland in Bellville en vir Indiërstudente aan die Universiteit van Durban-Westville begin.

Daar is al hoe meer swartes wat erken dat Bantoe-onderwys beter was as wat ANC-onderwys is. Die konkrete bewyse van HF se Bantoe-onderwys op tersiêre vlak, die talle indrukwekkende geboue, is steeds daar vir almal om te sien wat wil sien. As linksgesinde glo Wilhelm III eerder sy buurvrou wat van Bantoe-onderwys sê dat die studente “lyk of daar ‘n laag op hul brein geplaas is … [HF] Verwoerd se rede was ‘moenie dat hulle opgevoed word nie, want as hulle opgevoed is, sal jy hulle nie kan onderdruk nie” (159). Wilhelm III behoort van beter te weet eerder as om sulke leuens te versprei. Die waarheid is dat HF die mening gehuldig het dat dit beter is om met ontwikkelde as met onontwikkelde swartes gesprek te voer en te onderhandel, vandaar sy groot verbetering van swart onderwys.

‘n “Linkse historikus”, Baruch Hirson, het reeds in 1992 probeer om waarhede by Wilhelm III tuis te bring: “Jy [het] by een politieke laer uit- en by ‘n ander ingeloop … Die nasionalisme wat jy eens aangehang het, is nou vervang deur ‘n ander nasionalisme (gegrond op velkleur)” (127). Hirson stel ‘n nuwe “tirannie van die minderheid” in die vooruitsig: “‘n Nuwe minderheid, sonder openlike kleuronderskeid, sal Suid-Afrika regeer met al die ou ongeregtighede ongeskonde. ‘n Swart polisiemag en weermag sal net so genadeloos onderdruk soos die wit polisie en weermag” (128). Hirson noem nie dat nuwe ongeregtighede, soos korrupsie, bygevoeg sal word nie; ook nie dat die swart polisiemag en weermag hoogs ondoeltreffend sal wees nie. Met verwysing na die onbeskaafde dade wat die ANC in sy strafkampe in Angola en elders gepleeg het, dink Hinson nie “die ANC het homself gereinig van die elemente wat hierdie soort gruweldade pleeg of sal pleeg nie” (128). Dus, die ANC behou sy misdadige kamerade; koester hulle selfs.

Soos Davenport is Wilhelm III nie van kruipsug vry te pleit nie. Op 18 Maart 1990 skryf hy as “agteros-kameraad” (85) soos volg in ‘n brief aan Nelson Mandela: Hy spreek sy dankbaarheid uit teenoor Mandela “vir u hoopgewende voorbeeld as ware staatsman [en] dat ek my ondersteuning wil herhaal vir u duurgekoopte ideaal van ‘n nierassige demokrasie in één Suid-Afrika” (103). “Natuurlik kan die geskiedenis – u 27 jaar lange onregverdige [!] tronkstraf en my oupa se aandeel daarin – nie deur ‘n paar woorde verander word nie. Maar as ‘n Afrikaner [?] wat ten koste van ander Suid-Afrikaners bevoordeel is deur apartheid, as die kleinseun van die argitek van afsonderlike ontwikkeling – die man wat by uitstek verantwoordelik was vir u en soveel ander mense se lyding – wil ek tog vir u sê: ek is baie, baie jammer oor wat gebeur het … Wat ek kan doen, is om u te verseker dat ek en my vrou ons lewe daaraan wil wy om woorde van jammerte in dade om te sit” (104). Naïewer kan dit nie. Toe besluit moes word of Wilhelm III of sy vrou met ‘n ambassadeurskap vergoed moet word, het die keuse, onder meer weens die ANC se irrasionele voorkeur vir vroue, op Melanie geval.

Die nuwe insig wat Rudolf in Nederland aan Wilhelm III verskaf het, is: Dan word “dit nie meer normaal om heteroseksueel en abnormaal om homoseksueel te wees nie” (60). In sy nuwe politiek, voortvloeiend uit sy heropvoeding, word die terroriste “vryheidsvegters” genoem (66). Ons moet glo “wegbeweeg van ‘n politieke beleid (en denke) wat gebaseer is op mense se velkleur” (74, 268). Die punt is dat tydens apartheid vier rasgroepe op grond van kultuurverskille onderskei is. Linksgesindes verkies egter om nie enige onderskeid op grond van kultuur te aanvaar nie. Volgens Jonathan Jansen is die klem op kultuurverskille bloot ‘n kamoeflering van blanke rassisme. Wilhelm III het “besef dat ek my Afrikaneridentiteit nie in die eerste plek in die een of ander kombinasie van unieke eienskappe soos taal, kulturele gebruike en geskiedbeskouing moet soek nie” (114). Vir hom gaan gaan dit eerder om “identifisering met ‘the people’ en hul probleme” (114); dus ‘n eienaardige soort relasionele identiteit, wat noodwendig sy distansiëring van Afrikaners meebring.

By Wilhelm III is daar in elk geval geen preokkupasie met die blankes, insluitende Afrikaners, en hulle probleme nie. Teoreties is almal nou sy eie mense maar met swartes is Wilhelm III meer eie as met blankes en veral Afrikaners. In ‘n oomblik van helderheid wonder hy darem waarvoor die A in ANC staan (114). Soos die ANC-vlag duidelik maak (van bo na onder in prioriteitsvolgorde: swart, groen, geel), is wit afwesig. Wilhelm III se ignorering van kultuurverskille en sy redusering daarvan tot pigmentasieverskille, asook sy omarming van homoseksuele, beskou hy as “kultuurontwikkeling” (77). Pleks van die benaming Anglo-Boere-oorlog verkies hy om van die Suid-Afrikaanse Oorlog te praat (79). Dit is ‘n meer inklusiewe benaming, want nie-wittes het ook aan hierdie oorlog deelgeneem. Blykbaar maak dit nie saak aan watter kant die meeste nie-wittes hulle geskaar het nie. ‘n Bonus is dat die woord “Boere” in die oorlogsbenaming vermy word. Later skryf die outeur oor sy “geleidelike herontwerp van ‘n oorgelewerde, hoogs eksklusiewe groepsidentiteit tot ‘n meer inklusiewe begrip van Afrikanerskap” (87), wat myns insiens grootliks die vernietiging van sy Afrikanerskap en ‘n omarming van ‘n identiteitsvreemde (dus nie-Europese, nie-Westerse) afrikanisering behels.

Wilhelm III predik die “radikale gelykheid van elke mens” (280). Ter ondersteuning gebruik hy polities geykte godsdienstige vertolkings: “Ons [is] almal skepsels van dieselfde God,” asook “geskapenheid na die ‘beeld van God'” (280), asof mense sedert die Skepping nie (hoogs) verskillende kultuurverskille ontwikkel het nie. Die “ons” in die “Onse Vader” word deur hom misbruik om (alle) verskille tussen “ons” en “hulle” op te hef (281). Soos die Afrikaanse kerkgenootskappe destyds met apartheid gedoen het, baseer Wilhelm III sy politiek op die Bybel en christelike godsdiens. Die hele mensdom word beskou as ‘n enkele groot (gelukkige/ongelukkige) familie (285); die “groot menslike familie” (287). Praat die voorbeeldige ANC-kamerade dan nie graag van hulle (swart) “broers en susters” nie?

Maar hoe gemaak met die verkrampte Afrikaners se “vrees vir verswelging”(281); dus “die vrese vir getalleoorwig”? (280). Wilhelm III antwoord soos volg: “Ons groot uitdaging is om nie in die eerste plek in terme van ras te dink nie” (280). Ons moet glo eerder die dinge in ag neem wat ons as mense saambind as om “so besorg oor die verskille” te wees (280). Verkramptes word “verblind deur kleur” (280). Dít is Wilhelm III se alternatief vir die “bose stelsel” van apartheid (284). Maar selfs al word al die blankes tot Wilhelm III se utopiese politiek bekeer, is daar hierdie tweeledige werklikheid: swartmag wat suiwer ingevolge kleur en ras funksioneer en hulle steeds groter wordende getalle-oorwig van 80%+

Die nuwe swart-oorheerste Suid-Afrika sou volgens Wilhelm III se verwagting soos volg lyk: “Dat blankes in dié wegbeweegproses [van velkleur/ras] miskien [!] minder voordele en strande gaan hê. Maar ek glo dat ons terselfdertyd veel meer gaan wen: aan menseverhoudings, aan kulturele interaksie en bevrugting, aan Christelike naasteliefde (liefde, nie bloot nie haat nie), en in terme van ‘n vreedsamer, regverdiger, mensliker toekoms vir die meerderheid mense [dus nie vir almal, bv die blankes, nie] in ons geliefde land” (74). Later skryf hy: “op pad na ‘n Suid-Afrika sonder onderdrukking in die huis, in die fabrieke en die myne, in die politiek” (124).

Is die nuwe Suid-Afrika werklik vreedsaam of moet ons daagliks luister watter paaie weens oproer gesluit is, watter infrastruktuur verwoes is, hoeveel (plaas)moorde gepleeg is, ens? Is die huidige rassediskriminasie teen blankes minder immoreel as destyds teen swartes, veral in ag genome wat blanke kundigheid gedoen het en steeds kan doen? Is ‘n land waarin (feitlik) almal, dag en nag, onveilig voel mensliker as die apartheidsbedeling, dus ‘n toonbeeld van naasteliefde? Volgens Wilhelm III is die ideaal waarna voor 1994 gestreef is “‘n vrye en nierassistiese Suid-Afrika … G’n wonder swart mense het ‘n behoefte aan ‘people’s education’ nie – die reg om in hul eie skole hulle eie geskiedenis te hoor” (83). Deesdae word eie skole en eie geskiedenis egter aan Afrikaners misgun. Die waarheid is dat die “apartheidsregering” veel meer ontvanklik vir die kultuureie van die verskillende bevolkingsgroepe was as wat die ANC-regime met sy gelykmakingsbeleid en ontkenning van kultuurverskille is.

Aan Oxford University het Wilhelm III ‘n anti-apartheidseminaar bygewoon om hom in sy politieke dwaling te sterk. Met Nelson Mandela aan die voorpunt, het die ANC glo nie doelbewus die geweldsopsie gekies nie. Hulle is “deur die ‘regime’ tot geweld gedryf” (83). Tydens die afgelope onkritiese en buitensporig eensydige Mandela 100-vierings, wat landswyd met talle voortsleppende gewelddadige betogings gepaard gegaan het, het ‘n leser in reaksie aan Netwerk24 geskryf: “‘n Land wat ‘n geweldenaar tot vredesikoon verhef, bring voortgesette geweldpleging oor homself.” ‘n Polities byderwetse mikroverstand by Media24 het besluit dat daardie mening nie gepubliseer mag word nie. Mandela se voorkeur vir geweld, sy stigting van MK en die dood en verwoesting wat daaruit gespruit het, mag volgens Naspers nie met die huidige geweldskultuur verbind en wyer bekend gemaak word nie.

Dit is nie erg genoeg as die ANC se sogenaamde Menseregtekommissie aan ‘n Afrikaanse skryfster, Gretha Wiid, voorgeskryf wat sy oor homoseksualiteit mag skryf nie. Kruipsugtiges by Naspers en die ander massa-inligtingsmedia pas selfsensuur toe om die publiek te mislei of oningelig te hou terwyl terselfdertyd geen beswaar geopper word teen die toenemende inkorting van uitdrukkingsvryheid deur die verderflike ANC nie. “Is niedemokratiese metodes werklik die enigste weg na ‘n nuwe demokrasie?” (90). Volgens Mandela is die antwoord: Ja. Onverminderde voortgesette ANC-geweldpleging het die grondwetlike onderhandelinge en die 1994-verkiesing gekenmerk, al het Mandela en die ANC valslik voorgegee dat hulle hulle geweldpleging sou opskort. Die ANC het bewys dat geweldpleging lonend is. Sommige/baie ANC-volgelinge wil hulleself steeds met dieselfde misdadige handelinge bevoordeel/bemagtig.

Wilhelm III is ‘n meesterlike verteller van halwe waarhede:

[1] “In Athlone, Kaapstad, het tien polisiemanne in Oktober 1985 hulle in kratte agterop ‘n vragmotor versteek en op betogende jeugdiges geskiet, met bloedige gevolge” (123). Toe voertuie, bv paneelwaens, is dáár herhaaldelik deur jeugdige misdadigers aangeval. Dit het die polisie genoop om op hierdie innoverende manier hierdie misdade stop te sit. Wilhelm III wek die indruk dat hierdie gebeurtenis geen voorgeskiedenis het nie; dat daar sonder meer op onskuldige betogers geskiet is. Klaarblyklik skaar hy hom aan die kant van die misdadigers.

[2] “Die paswette het beheermaatreëls verstewig wat reeds in die 19de eeu ingestel is” (163). Wat Wilhelm III nie sê nie, is dat paswette, soos statutêre rassesegregasie en -diskriminasie, Britse uitvindings is. Die eerste paswet is in 1797 tydens die eerste Britse bewind aan die Kaap deur graaf Macarty uitgevaardig.

[3] Nog ‘n halwe waarheid of hele onwaarheid wat Wilhelm III oor apartheid versprei, is die leuen wat een van sy bruin buurvroue, wat “die proses uitgedaag het” (200), vertel: “Ons is nie toegelaat om by ‘n winkel, ‘n supermark soos OK Bazaars, in te gaan nie” (199). Ek het die hele apartheidsera beleef. Daar was klein winkels, veral op die platteland, wat aparte ingangsdeure vir wit en swart mense gehad het of swartes deur ‘n venster bedien het. Groot winkels, soos die OK, het nooit aparte deure gehad nie en enigeen kon ongehinderd daar ingaan en koop.

[4] “Mense wat met petrolgevulde motorbande om hul nekke lewend verbrand is” (265). Dat dit die ANC is wat hierin uitgemunt het, bly onvermeld. Onmiddellik daarna: “mense wat deur die polisie geskiet en doodgemaak is” (265). Hier word die “skuldiges” wel vermeld. Kenmerkend van die boek is dat bloedvergieting aan die blankes toegedig word (bv “die brutale wit polisie” – p 286) maar dieselfde dade aan die kant van die swartes verswyg word. Wilhelm III se reaksie is: “Ek is jammer … [oor] wat deur wit Suid-Afrikaners gedoen is” (267). Blankes, veral Afrikaners, het oorwegend en ooreenkomstig die opdrag van die apostel Paulus nooit moeg geword om goed te doen nie (2 Tessalonisense 3:13); selfs nou nog nie.

Sedert sy terugkeer na Suid-Afrika woon Wilhelm III in Lynedoch, ‘n “gemengde woonbuurt” en “ekodorpie”, 12 kilometer buite Stellenbosch (133-134). Polities linkses, soos lede van groen partye, beklemtoon bv sosiale geregtigheid, nie-gewelddadigheid/pasifisme en diversiteit. Diesulkes is ook geneig om vegetaries te wees, soos Wilhelm III ‘n tyd lank was (157). Die eersgenoemde drie kenmerke is moeilik met die ANC se swartmag-aanslag versoenbaar. Dit verduidelik dalk deels Wilhelm III se louheid teenoor die Zuma-ANC. Die Lynedoch-ekodorpie se erwe is klein en omdat (demonstratiewe) saamwoon vir die inwoners ‘n passie is, is daar “geen muur of grensdraad” tussen die Verwoerd-egpaar se huis en dié van hulle bure nie (216). ‘n Moontlike bonus is wanneer Wilhelm III die onkruid om sy huis uitroei en sy “voorheen benadeelde” buurvrou dan sê: “Dankie dat jy ons kant ook skoongemaak het” (217). Lynedoch is nie hemel op aarde vir iemand wat eens ‘n Afrikaner was nie. Wilhelm III se frustrasie slaan deur: “Sonder om moed op te gee. Soos om in Lynedoch te bly woon” (228).

Betsie Verwoerd het hoë agting vir haar man gehad. Aan iedere Verwoerd-kleinkind was haar geskrewe boodskap oor HF: “Aanskou die rots waaruit julle gekap is” – Jesaja 51:1 (27). Wilhelm III is dié versande deel van daardie rots. Hy beweer dat hy, soos Betsie, waardering het vir “ons selfstandigheid” (36), waarvan daar weens demokrasie en verswelging egter bitter min oorgebly het. Betsie het “selfrespek, respek vir jou eie mense en vir jou land” uitgestraal (37). Wilhelm III het iets geskryf waarmee ek by hoë uitsondering saamstem: “By die jong mense van vandag word juis die gebrek aan trots meer dikwels te ver gevoer. Dan kry ‘n mens so die gevoel van ruggraatloosheid, ankerloosheid, rigtingloosheid” (37). Wat hy nie noem nie, is dat dit veral ANC-propaganda, gerugsteun deur die massa-inligtingsmedia, is wat Afrikanertrots ondermyn.

Betsie Verwoerd het die amptelike opening van die Randse Afrikaanse Universiteit (RAU) in 1968 bygewoon en dit simbolies as “die opkoms van die Afri[kaner] beleef” (193). “Ons sien nou eers regtig hoe groot [HF] was” (194). Deesdae is die RAU die eentalig Engelse Johannesburg University, die eerste tradisioneel Afrikaanse universiteit wat toegelaat het dat hy binne enkele jare oormatig verswart en verengels het. Wilhelm III se ma het in hierdie konteks ‘n groot waarheid by haar seun probeer tuisbring: “Wilhelm, daar was nie ‘n tussenopsie nie, want die oomblik as jy begin met vermenging sou die swart getalle oorgeneem het” (227).

Hendrik Verwoerd het so pragtig aan Afrikaners gesê: “Ons veg vir die lewe van ‘n volk” (16). Wat sou hy vandag gesê het as hy die leërskare verloopte Afrikaners kon waarneem? Sy oproep was “Skep u toekoms self” (26); iets wat moontlik is mits Afrikaners hulle selfbeskikking herwin. Tydens HF se begrafnis is daar hierdie oproep gedoen: “Laat ons sterk wees vir ons volk” (185). Is dit nog so? Douglas Fuchs het ná HF se dood gesê: “Iets onseglik moois het verbygegaan, SA sal vir my nooit weer dieselfde wees nie” (192). Daar is baie van HF en sy beleid wat ons nie aan die vergetelheid durf toevertrou nie. Vir Wilhelm III bly HF egter ‘n simbool van “verwonding” (231, 236).

Volgens eie erkenning is Wilhelm III hardkoppig (41, 277) en was hy ‘n “sensitiewe kind” (276). Sy ouma Betsie het in 1967 (toe hy 3 jaar oud was) geskryf: “Wilhelmpie koppig en onaangenaam … W haal ook al meer streke uit, botte weiering om te gehoorsaam, parmantig” (277). Volgens sy ma het Wilhelm III hierdie “beneuktheid” van die Verwoerd-kant van sy familie gekry (277). “Of ek nou daarvan hou of nie. Hierdie diepgewortelde aspekte van my kleinkindskap is onlosmaaklik deel van my huidige poging om my met my Verwoerd-wees te versoen” (277). Wilhelm III vra homself af: “Hoe eerlik is jy in jou poging om veral oupa Hendrik regtig grondig te verstaan?” (150). Nadat ek hierdie boek gelees het, bevraagteken ek die volgende stelling van Wilhelm III: “‘n Deel van versoening is vir my om ook te help om die demonisering van énige iemand, insluitende Oupa, te omvorm” (239). Gelukkig kwel sy gewete hom: “Waarom voel ek asof ek verraad pleeg as ek aanvaar dat daar bloed aan [HF] Verwoerd se hande is?” (244). “Ek sukkel om oupa Hendrik se reguit blik openhartig te ontmoet” (148).

Desperaat voel ‘n mens lus om te sê: Vergewe die naïewe Wilhelm III want hy weet nie wat hy doen nie. Hy ly dermate aan geïndoktrineerde en selfverwerfde skuldgevoelens dat hy seker nooit die (politieke) lig sal aanskou nie: “Selfs al aanvaar ek te veel verantwoordelikheid, sal dit steeds nie genoeg wees nie. Niks wat ek kan doen is voldoende verantwoording vir my aandeel aan ‘n sonde teen die mensdom [!] nie. ‘n Stuk van my gedeelde verantwoordelikheid is om met hierdie bodemloosheid te leer saamleef” (270). Daarna probeer hy om hom van sodanige lot te verlos: “Ek wil nie toelaat dat oupa Hendrik se sondes uit die verlede my kreatiewe bydrae in die hede versmoor nie. Hy moet self sy verantwoordelikheid dra. Ek wil nie van hom ‘n sondebok maak nie, maar ek kan ook nie die pyn vir sy dade dra nie” (270). Dit lyk asof Wilhelm III onbepaald op sy ingeslane weg sal voortgaan. Selfs die ANC is vir hom opnuut aanvaarbaar. Die aanstelling van Cyril Ramaphosa as ANC-president het glo ‘n “lang verwagte politieke lente” ingelui (297).

Kortom, die outeur van hierdie boek is ‘n seloot. Seloot: “oordrewe yweraar (en vervolger van andersdenkendes)” (HAT). In hierdie geval is dit Afrikaners wat vervolg of ontluister word. Hy sien sy rol as dié van ‘n “steekvlieg” (117) en myns insiens ook as ‘n gatvlieg, ‘n geroepe laspos, wat Afrikaners betref.

Leon Lemmer: ʼn Ope brief aan Wim de Villiers

Die eeufeesjaar van die Universiteit Stellenbosch (US) het begin met jou wat die eerstejaarstudente uitsluitlik in Engels verwelkom. Dit is in ooreenstemming met wat jy in jou intreerede as rektor gesê het: “Stellenbosch is nie ‘n Afrikaanse universiteit nie.” Daarna het jy hierdie stelling by meer as een geleentheid herhaal. Weens die US se nuwe taalbeleid het jou stelling al hoe meer letterlik waar geword. Die US se woordvoerder het verduidelik dat daar buitelandse studente is wat nie Afrikaans verstaan nie, waaruit blykbaar volg dat niks in die taal van die talryke Afrikaanssprekende studente gesê hoef te word nie. Maar is dit nie onder meer Afrikaanssprekendes wat met belasting die US subsidieer nie, terwyl buitelandse studente in geen opsig tot hierdie staatsubsidie bydra nie?

‘n Mens sou dink dat ‘n rektor hom by akademiese sake sou bepaal en nie witvoetjie (of is dit deesdae swartvoetjie?) by die ANC-regering sou soek nie. Maar jy het gesê: “Ons gaan (vanjaar) … erken die universiteit se bydrae tot die onreg van die verlede” (Eikestadnuus, 1 Februarie, p 5). Jou voorganger as rektor, die ANC-aktivis Russel Botman, het dit herhaaldelik gesê. Is hierdie bekentenis/belydenis só belangrik dat dit oor en oor by byeenkomste opgehaal moet word, of is dit dat jy deurgaans probeer verseker dat jou openbare beeld polities nie minder verlig as dié van Botman moet wees nie?

Om etniese redes vind jy dit blykbaar noodsaaklik om polities eerder meer verlig as kameraad Botman te probeer wees. “De Villiers het bygevoeg die universiteit is geëerd om sy eeufees in dieselfde jaar as die geboorte van oudpres. Nelson Mandela in 1918 te vier.” Daarmee gee jy te kenne dat die US graag geassosieer wil wees met iemand wat hom aan terreurdade, soos ‘n bomplantveldtog, skuldig gemaak het. Met ‘n geweldenaar as jou held of ikoon, verduidelik dit waarom die US nie teen gewelddadiges op die kampus optree nie? Sover bekend is van geen sodanige US-student ontslae geraak nie. Geen skadevergoeding is van hierdie misdadigers geëis nie. Is dit hoe die US deesdae sy opvoedkundige funksie vervul? Jy het wél met genoegdoening vertel dat ‘n akademies hoogsgekwalifiseerde blanke dosent, wat geen skade aangerig het nie, weens “rassisme” summier ontslaan is omdat hy uit frustrasie dit gewaag het om ‘n swart student en onrusstoker die waarheid te vertel.

Maar is daar nie iets anders as Mandela se geboorte wat jy in die US se eeufeesjaar moet onthou nie? Behoort 2018 nie by uitstek die jaar te wees waarin Jan Marais deur die US vereer word nie? Hoekom swyg jy daaroor? Omdat hy ‘n dooie, wit Afrikanerman is en nie deur die ANC gereken word nie en dus ook nie deur jou nie? Op 30 Mei 2015 was Johannes Henoch Marais ‘n honderd jaar dood. Ek het gedink jy sou ten minste ampshalwe geroepe voel om die US se stigtingskenker te vereer en dat talle huldigingsbyeenkomste in 2015 op die kampus gehou sou word. Wat het gebeur? Jy het jou darem verwerdig om die kranslegging, gereël deur ampsdraers van Het Jan Marais Nationale Fonds (HJMNF), by Marais se graf teen die hang van Papegaaiberg, by te woon. Daardie aand was daar ‘n huldigingsbyeenkoms in Marais se eertydse huis in Coetzenburg, ook deur die HJMNF gereël.

Op die kampus, bv op die Marais-plein by Marais se standbeeld, is geen huldigingsbyeenkoms in 2015 gehou nie. Die US-studente is geensins oor Marais ingelig nie, bv dat hy letterlik die ontstaan van die US moontlik gemaak het. Sonder Marais was daar geen US nie en kon jy nie die US-rektor wees nie. Betaam dit jou om so snood ondankbaar te wees? As Marais swart was, sou jy dit gewaag het om hom in so ‘n mate te misken? Het jy al ooit die versekering gegee dat Marais se standbeeld gekom het om te bly, of het jy ander planne? Het jy al ooit by die studente en personeel daarop aangedring dat hulle van die Marais-plein moet praat en nie van die Rooiplein nie? Of verkies jy en die ANC die benaming Rooiplein?

Maar daar is ook en veral ‘n nie-etniese rede waarom Marais, wat jou betref, blykbaar persona non grata is. Sy hoogs billike stigtingsvoorwaarde is dat Afrikaans nie ‘n mindere plek as Engels aan die US mag beklee nie. Veral weens jou uitgesproke anti-Afrikaansgesindheid beklee Afrikaans deesdae aan die US ‘n mindere posisie in vergelyking met Engels, al het jy dit nog nooit openlik erken nie. Wat ek in hierdie eeufeesjaar van jou eis, is dat jy jou skuld aan die afskaling van Afrikaans bely én dat jy dit eties probeer regverdig. Jou pa was jare lank ‘n HJMNF-trustee, sodat hy, soos Jan Marais, in sy graf sou omdraai as hy moet weet dat sy jongste, misleide kind fluks besig is om die US in ‘n eentalig Engelse inrigting te laat ontaard.

Die toestand waarin die US onder jou leiding verval het, is sodanig dat die enigste eerbare uitweg is om alle betrekkinge met Jan Marais se nagelate fondse te verbreek omdat dit baie duidelik is dat die US nie sy voorwaarde nakom nie. Enersyds is my versoek dat jy die US se beheer oor Het Jan Marais Fonds (HJMF) opsê en al die geld na die HJMNF oordra. Andersyds versoek ek dat US-personeellede verbied word om as trustees van die HJMNF te dien, sodat Jan Marais se nalatenskap voortaan vry van enige bande met die US kan funksioneer. Hierdie twee stappe is myns insiens noodsaaklik as jy enigsins daarop aanspraak wil maak dat jy darem in hierdie twee opsigte eerbaar en eties jeens Afrikaans opgetree het.

Afgesien van die US se doelbewuste amptelike miskenning van Jan Marais in 2015 en weer in hierdie eeufeesjaar, hinder dit ook dat die Woordfees by albei geleenthede glad nie reg aan die nagedagtenis van Marais laat geskied nie. Wat ook opval, is dat die US se Afrikaansdepartement heeltemal onbetrokke by die verering van Marais is en hierdie departement hom daarvan weerhou om ‘n positiewe rol in die taalstryd te speel. Is dit omdat ‘n vorige US-Afrikaanstaalkundige, wat ook die hoof van die Taalsentrum was, telkens die versekering gegee het dat Afrikaans nie afgeskaal word nie en in werklikheid voortreflik bestuur word? Jy vertolk die apatie van die Afrikaansdepartement seker as ‘n mosie van vertroue in jou en jou verengelsingsbeleid. Maar gaan jou ingenomenheid met jou transformasie van die US standhou wanneer jy met jou gewete (veronderstellend dat jy een het) in die sonnetjie op die stoep van die ouetehuis sit?

Vandag, 21 Februarie, is Moedertaaldag. Dit het my genoop om hierdie ope brief aan jou te rig.

Leon Lemmer: Oor pers gesigte en ‘n swart Beethoven

Aan die Universiteit Stellenbosch (US) het twee blanke damesstudente hulle gegrimeer om soos ruimtewesens te lyk. Hulle het hulle gesigte pers gesmeer. Die US-bestuur het op grond van foto’s geoordeel dat hulle hulle gesigte swart gesmeer het. In die oë van die polities korrekte US-bestuur is dit ‘n doodsonde as blankes voorgee dat hulle swart is. Dit kan bv daarop neerkom dat blankes valslik daarop aanspraak maak dat hulle net so voortreflik soos swartes is. Ook kan die beleid van raskwotas weens swartgesmeerde gesigte in chaos gedompel word. Die twee dames is onmiddellik uit ‘n US-koshuis geskors.

Lede van die militante Open Stellenbosch is toegelaat om die leviete oor rassisme, ens, aan al die inwoners van daardie koshuis voor te lees. Later het die US-bestuur agtergekom dat die dames hulle gesigte nie swart gesmeer het nie, maar pers. Die oortreding was dus nie so ernstig as wat aanvanklik gemeen is nie. Die twee dames is dus toegelaat om weer hulle intrek in die koshuis te neem. ‘n Onafhanklike ondersoeker het tot die gevolgtrekking gekom dat die universiteitsbestuur nie gefouteer het nie. Hierdie bevinding bevestig dat die US-bestuur weet watter kant om in enige wit-swart dispuut te kies. Dit blyk bv uit die voorkeur wat aan Engels as onderrigtaal gegee word. Ebbe Dommisse skryf: “Op Stellenbosch het ‘n onervare bestuurspan verlede November ook sowat alles probeer verengels” (Rapport, Weekliks, 13 November, p 4; ook LitNet 21 November). Die vraag is of dit nie ook ‘n onbekwame bestuurspan is nie.

Hierdie persgesig-insident is kenmerkend van die soort misplaaste politieke korrektheid wat uit Amerika hierheen oorgewaai het. Volgens Wim de Villiers, die US-rektor, geniet transformasie (pleks van akademiese oorwegings)* voorkeur in iedere vesel van die US. Daar is ‘n spesifieke Amerikaanse universiteit wat in hierdie opsig as voorbeeld vir die US dien, naamlik Stanford University, by Palo Alto in Kalifornië. Soos die US is Stanford voorheen akademies hoog aangeslaan. Die anti-akademiese virus word daar nie transformasie genoem nie, maar multikulturaliteit. David O Sacks en Peter A Thiel het ‘n boek daaroor geskryf: The diversity myth: Multiculturalism and political intolerance on campus (Oakland: The Independent Institute, 2nd edition, 1998, 323p; Amazon Kindle $10,25). “The ‘diversity myth’ is the myth that universities are doing a good job promoting diversity” (Kindle 227). “Our primary goal was simply to present an accurate account of what ‘diversity’ politics and its alter-ego ‘multiculturalism’ have meant at a major university,” naamlik Stanford (281). Naas transformasie is diversiteit een van die terme wat deesdae graag deur die US-bestuur rondgeslinger word. Daar is al gepraat van die Diversiteit Stellenbosch. [* Oor Stanford is geskryf: “The professors, appointed out of political motives and less talented academically than their own students …” (5261). Ook aan die US speel nie-akademiese oorwegings, soos ras en geslag, dikwels ‘n deurslaggewende rol by aanstellings en bevorderings.]

Polities gemotiveerde anti-akademiese gesindheid word algemeen aan universiteite in Amerika en Suid-Afrika aangetref. By sommige universiteite is dit in groter oordaad as by ander aanwesig. Die kernproses is ontwestering, wat al “ghettoizing of knowledge” genoem is (525). “Multiculturalism filled the vacuum created by the elimination of the West” (963). “Multiculturalism amounts to nothing less than a war on Western civilization and, beyond it, a war on the very idea of civilization” (202). Die ideaal van ontwestering is wat die huidige studente-onrus in Suid-Afrika aanblaas.

Wat ek interessant vind, is dat die outeurs vroeg in hulle boek naas Stanford vir Cornell University, te Ithaca, New York, uitsonder as ‘n ander groot en bekende universiteit waar multikulturaliteit, bv swart bevoordeling, ‘n deurslaggewende rol speel (298). Jonathan Jansen, die vorige rektor van die Universiteit Vrystaat (UV), het na studie aan die Universiteit van Wes-Kaapland in 1987 ‘n magistergraad aan Cornell en in 1991 ‘n doktorsgraad aan Stanford voltooi. Jansen het onlangs as ‘n navorsingsgenoot na Stanford teruggekeer. Die multikulturaliteit waarin die eertydse akademiese integriteit van Stanford sedert 1987 (485) versink het, is veral die maaksel van ‘n bioloog (450), Donald Kennedy, wat twaalf jaar lank (1268), van 1980 tot 1992 (4946), die president of rektor van Stanford was. Jansen was ‘n biologie-onderwyser voordat hy in Amerika gaan studeer het. Wat tydens sy rektorskap aan die UV gebeur het, getuig (soos by Stanford) van die gevaar as iemand wat (grootliks) onkundig in die humaniora en sosiale wetenskappe is as rektor op ‘n universiteit losgelaat word. Vir ‘n rektor is ‘n mediese agtergrond nie minder gevaarlik as ‘n biologie-agtergrond nie. ‘n Medikus kan vertrou word met raad oor bv spysvertering en purgasie, maar daar kan kwalik van hom verwag word om as rektor insig te toon en leiding te gee oor ideologiese en taalsake of hoedanig ‘n universiteit behoort te wees. Let op dat Jansen tydens Kennedy se ampstermyn ‘n student aan Stanford was.

In hierdie rubriek is daar nie ruimte om die hele inhoud van Sacks en Thiel se boek aan die orde te stel nie. Wat hierdie boek baie duidelik maak, is dat Stanford tot in sy kern akademies en moreel verrot is. “Institutions like Stanford University are indoctrinating the current generation of American graduates with a new mythology – a complete pantheon, filled with heroes and villians, deified victims and demonized oppressors” (4354). “Bursting with revolutionary consciousness and run by a corrupt elite, Stanford truly had come to resemble something like the Third World” (4643). Aan Stanford “the multicultural state came to resemble a despotic Third World regime not only in its fervent ideology, but also in the endemic corruption throughout its ranks” (4865).

Ek gaan egter my aandag beperk tot ‘n enkele tipiese voorval op die Stanford-kampus wat aan die US se persgesig-voorval herinner. Soos in die geval van die persgesig-insident is Stanford se Beethoven-voorval ondersoek en is ‘n verslag daaroor vrygestel. Daardie voorval toon die mate waarin polities korrekte irrasionaliteit die oorhand oor Amerikaanse universiteite gekry het, met Suid-Afrikaanse universiteite wat al hoe meer net ‘n kortkop agter hulle is. Die voorval is so verregaande dat ek liefs probeer om my van lopende evaluerende kommentaar te weerhou en ek my eerder tot verduidelikende kommentaar beperk.

Lesers kan gerus ook die buitensporige afmetings wat die Reitz-insident aan die UV aangeneem het, in gedagte hou. As remedie vir die pyn wat die Reitz-gebeure glo veroorsaak het, is die Sentrum vir Versoening en Sosiale Geregtigheid deur Jansen tot stand gebring. Die direkteur, André Keet, en sy adjunk, JC van der Merwe, is onlangs daarvan beskuldig dat hulle die studente-onrus op die kampus aanblaas en dat hulle die oortreders openlik in die hof bystaan. Dit toon hoe gevaarlik dit is as ‘n universiteit hom eerder deur politieke as akademiese oorwegings laat lei.

Stanford het ‘n koshuis, Ujamaa House,* waarin swart kultuur die koshuistema is en waarin daar oorwegend swart inwoners is. In Amerika is daar deesdade ‘n neiging tot skeiding van etniese groepe. Swartes wil apart wees wanneer dit hulle pas. In Suid-Afrika vind die teenoorgestelde plaas, naamlik gedwonge rasse-integrasie in koshuise aan eens blanke universiteite. Toe ek laas gehoor het, was ‘n koshuis vir swartes aan die UV ‘n Jansen-toegelate uitsondering. In Amerika, bv aan Stanford, word koshuise en gradeplegtighede deesdae in groot mate volgens etnisiteit apart gehou. [* In Suid-Afrika word die voorbeeld wat militante Amerikaanse swartes stel om omstrede en selfs afstootlike benamings te kies, dikwels nagevolg. Ujamaa was die naam van Julius Nyerere se mislukte sosiale en ekonomiese beleid in Tanzanië, bv kollektiewe boerdery, wat tot die ontworteling en dood van derduisende inwoners gelei het.]

Op 29 September 1988 het twee blanke eerstejaarstudente, Gus Heldt en Ben Dugan, in Ujamaa House ‘n openbare gesprek met ‘n swart tweedejaarstudent, BJ Kerr, gevoer. “The discussion’s topics included black influence on music … BJ informed the students that ‘all music is black’ and that ‘all music listened to today in America has African origins – beats, drums, and so forth.’ A white bystander asked, ‘What about classical music? Beethoven?’ Undeterred, BJ declared that Beethoven also had been black – he had read it in a book in the Ujamaa library. Ben and Gus were incredulous. BJ expressed displeasure with Gus and Ben for doubting. The idea that Beethoven had been black ‘was so far from their own truth,’ he declared, that the two freshmen ‘could not accept it'” (1318).

Hier moet ek verduidelik dat sogenaamde identiteitstudies, bv Black Studies, Women’s Studies en Queer Studies, onder ‘n verskeidenheid benamings deesdae as baccalaureuskursusse, selfs as voorgraadse hoofvakke, en as nagraadse studieterreine erken word. Hierdie onderwerpe word nie soseer doseer om feitelike inligting aan die studente oor te dra nie maar eerder om die studente goed te laat voel.* Dit gaan primêr nie om kennis nie, maar eerder om terapie. Die gevolg is dat vergesogte stellings gemaak word ten einde bv swartes, (feministiese) vroue en homoseksuele goed te laat voel. Dit is dus moontlik dat in ‘n handboek oor Black Studies beweer word dat Beethoven swart was. Die waarheid word gerelativeer en as subjektief geag. ‘n Swart Beethoven is BJ se waarheid maar nie Gus en Ben se waarheid nie; ook nie dié waarheid nie. [* Vandaar die versugting plaaslik op eens blanke kampusse dat swart studente daar tuis moet word. Dit word bewerkstellig deur blanke studente te ontheem, dus minder tuis te laat voel, deur bv gebouname te verander, standbeelde te verwyder en selfs leerplanne en leergange te wysig, bv te verafrika.]

“The following evening, Ben noticed a Stanford Symphony recruiting poster featuring a picture of none other than Beethoven himself (in the poster, Beethoven appeared white). Inebriated, Gus and Ben used crayons to color in the Beethoven flier with the stereotypical features of a black man – brown face, curly black hair, enlarged lips – and then posted the flyer on a ‘food for thought’ bulletin board adjacent to BJ’s door. The black residents of Ujamaa did not consider the satire amusing. BJ, who had lectured other people on Beethoven’s blackness just several days earlier, was particularly flabbergasted. ‘I coundn’t believe anybody would do that. You see things like that in the movies or on TV. It’s the kind of thing someone would do in their room and joke about but it didn’t seem like anyone would be bold enough to put it on a door.’ One of the black resident assistants (RAs) in Ujamaa added that the flyer was ‘hateful, shocking. I was outraged and sickened.’ Overnight, with the most minute shift in inflection, the symbolic significance of the claim that Beethoven was black had changed 180 degrees – from a source of multicultural pride to a point of multicultural derision” (1326).

“Ben and Gus’s satire was certainly in bad taste [?]. But BJ’s words and the two white students’ drawing had said precisely the same thing. Nevertheless, the fact that these students were of different races made BJ’s expression legitimate and the white students’ something of a crime. A black student who said that Beethoven was black was bolstering racial pride, while white students doing the same – with the ‘wrong’ intentions – were racist rabble-rousers. To the multiculturalists, for whom truth is subjective, the accuracy or falsehood of the original claim was irrelevant. Because ‘subordinated’ groups are not subject to criticism by ‘superordinated’ groups, the relevant issue was not what was said, but who said what to whom” (1335).

“On October 16, an emergency house meeting was called to discuss the Beethoven flier. An Ujamaa ‘teaching assistant’ (TA) had succeeded in extracting a confession from Gus by warning him that ‘people* are really angry,’ ‘people* are really suspicious of you,’ and there are people* planning ‘to beat the hell out of you.’ According to the Final Report, ‘We asked TA Brown if in fact there were residents planning to beat up [Ben] and [Gus]. He said no; this was a ruse to get [Gus] to tell the truth” (1344). [* Die etnisiteit word nie gespesifiseer nie.]

“If Gus’s confession was extracted by intimidation, the emergency house meeting resembled a show trial. Ujamaa’s residents had been discussing the matter among themselves for the previous two weeks, and the atmosphere was highly charged. Gus attempted an explanation: He had been disturbed and offended to find that people cared so much about race at Stanford, and he thought the focus on ‘ethnic differences’ was counterproductive. Gus suggested that the poster had been attempted as ‘food for thought,’ educational, and ‘avant-garde’ art. Ujamaa’s residents, however, were not interested in an art lesson, much less the suggestion that their focus on race – of which the show trial was but the latest instance – was excessive. A resident interrupted Gus’s speech: ‘You arrogant bastard, how dare you come here and not even apologize. I want an apology.’ Gus’s flip reply indicated that he remained unrepentant: ‘1, 2, 3, we’re sorry.’ The ‘apology,’ needless to say, was inadequate,* and some of the residents began to demand that Ben and Gus be removed from the Stanford dorm system. Ron Hudson, an assistant dean of student affairs, suggested rather lamely that it would be good to keep the two freshmen in the dorms so they could receive a better multicultural education” (1344). [* In Suid-Afrika word van blankes verwag om nie net verskoning vir bv apartheid te vra nie, maar om dit herhaaldelik te doen en in oortreffende mate anders is dit onaanvaarbaar.]

“The din of the crowd quieted as BJ rose to speak. Noting that Dean Hudson’s suggestion was silly, BJ stated that Ujamaa’s residents should not educate the two freshmen because ‘this all came about because [black Ujamaa residents] were trying to educate [these two] about African history [in the first place].’ It would be a waste to educate persons with ‘such dogmatic racism who came to Stanford with eighteen years of belligerent ideology,’ and he ‘shouldn’t have to pay $20 000 to educate white people about racism’ in his own home. BJ concluded that the proper remedy would consist of throwing the culprits out of the dorm” (1344).

“In the course of his speech, BJ had become more and more emotional. There are conflicting accounts of what occurred next, but observers interviewed for the university’s Final Report generally agreed that towards the end of his speech, BJ started to gesticulate wildly, lunged violently at the two white freshmen, and, seemingly to have lost his mind, collapsed on the floor. According to the residence staff, when people caught BJ ‘he was groaning and flailing his arms;’ it ‘seemed as if BJ had lost his mind;’ he was ‘not in control of his actions’ and was carried out of the lounge to his room by about six students, while he was ‘crying, screaming and having a fit'” (1362).

“BJ’s tantrum was only the beginning of the end of the house meeting. The university’s Final Report describes the pandemonium that broke loose next:

‘As many as 60 students were crying with various degrees of hysteria. At least one student hyperventilated and had to be assisted in breathing. According to R[esident]F[ellow] Brooks there was “utter chaos.” People were “crying, screaming,” “hysterical” and “distraught.” R[esident]F[ellow] Weiss said that there was “mass chaos,” “people were holding hands and crying, tears were running down”, the “staff was running around trying to collect people.” She compared the scene to the mass hysteria that occurred when the [space] shuttle exploded or the US exhibition air show in Germany where a group of planes simultaneously crashed. R[esident]F[ellow] Brooks told the staff “to make sure no one was alone.” R[esident]A[assistant] Johnson reported that “one woman was jumping up and down saying this is not fair.” She “herded” crying persons into her room which was “a wreck,” “bodies everywhere”‘ (1371).

“Multicultural diversity has its limits, and at Ujamaa events had moved far beyond the breaking point. Two freshmen, at Stanford for only a few weeks, had done nothing more than poke fun at multiculturalism with a satirical flier. In the subsequent days, the flier’s significance became exaggerated to the point where it caused an entire dorm to have a collective nervous breakdown. Since the administration was unwilling to tell Ujamaa’s minority* residents (members of a privileged multicultural group) that they had overreacted, Ben and Gus had to be found guilty of instigating** the entire episode. They were blamed for the ‘painful experience’ and were removed from university housing for the remainder of the year. The fact that Ujamaa’s residents were largely responsible for blowing events out of all proportion*** was conveniently overlooked in the cathartic hunt for scapegoats” (1379). [* In Amerika beteken “minority” nie-wit. ** Dus, Ben en Gus se reaksie het die insident begin, nie BJ se stelling dat Beethoven swart is nie. *** Vergelyk die doodskisvoorval in Suid-Afrika. Niemand is beseer of gedood nie maar hierdie beuselagtige gebeurtenis kry baie meer verontwaardigde publisiteit as die wreedste plaasmoord.]

“As unfortunate as the entire episode was for Ben, Gus, and the other residents of Ujamaa, the incident is still useful for its instructional value. For multiculturalism to ‘work,’ some groups of people must defer to other groups of people. Within each group, some persons are ‘correct’ (while others are ‘sell-outs’), and so on. Ben’s and Gus’s actions undermined multiculturalism on almost every level. They challenged a claim made by a representative of a favored group [!], they renewed the challenge with a flier, and (perhaps worst of all) they refused to confess to their crimes in front of a crowd that desperately needed reassurance. Because Ben and Gus were partially [?] right in what they had said (that is, Beethoven was not black), their challenge could not be dealt with in a rational or intellectual manner. Rather, the residents of Ujamaa restored consessus by demanding the literal expulsion of the two nonconformists. Ben and Gus had to go because the multicultural community requires (as the substitute for objective truth) widespread agreement on underlying ideological values. At the same time, their punishment would also serve as a warning and deterrent to other would-be contrarians. Incidentally, the question of whether Beethoven actually was black, around which much of this debate ostensibly had resolved, was never resolved or even addressed” (1388). “There was something wrong with a regime that punished people for speaking the truth” (3920).

“Much as with the Western Culture debate,* the details of the Beethoven incident gradually would fade, but as a putative racist episode it would provide the justification for additional ‘sensitivity training’ sessions, more multicultural workshops, and new regulations on conduct. Speaking at a ‘Rally Against Racism’ several weeks later, undergraduate Cheryl Taylor cited the Ujamaa episode as symptomatic of widespread oppression of blacks. The genesis of a new multicultural myth was well under way [!] (1396). [* Western Culture was ‘n verpligte kursus aan Stanford maar is vervang met ander waarin by uitstek ander kulture betrek word.]

Cheryl Taylor het gesê: “By now, y’all must have heard about the Ujamaa incident – the racially defaced Beethoven flyer … This is a big deal [!]; in the context of American society, these incidents are truly racist. They weren’t just isolated incidents committed out of ignorance; rather, they were deliberate actions committed in response to the Res[idential] Ed[ucation] focus on diversity. In effect, these individuals sent a message to Stanford, and all communities of color[:] ‘we’re sick of this cultural diversity bullshit that’s being shoved down our throats. Your cultures are not legitimate – they don’t mean shit to us – they have no place in this University – Niggers, we will put you back in your place.[‘] Well, they’ve been kicked out of the dorm and we are here today to say that no one is going to stand in our way as we fight for justice and respect” (1396).

“Ujamaa achieved a ‘unity’ of sorts by collectively expelling the two freshmen. But this unanimity comes at a high price, as sacapegoats are made of those (and there will always be some) who do not conform willingly” (1403). Dit herinner aan Wim de Villiers wat die US se studente en personeel aan verpligte indoktrinasie wil onderwerp en geen afwykende mening duld nie: “We want our students and staff members to develop a transformation competency. A compulsory, credit-bearing first-year module – a kind of Maties 101, which I want to expand to 201, 301 and 401 – is currently being developed. And we are also working on compulsory courses for members of faculty and other staff. The aim would be to sensitise students and staff to transformation” (Cape Times, Insight, 6.10.2015, p 9).

‘n Fundamentele verskil tussen die Beethoven- en die persgesig-insident is dat eersgenoemde dwaasheid deur studente en die persgesig-fiasko deur ‘n universiteitsbestuur gepleeg is. Wat baie duidelik is, is dat die US- en UV-bestuur weet wie die “favored group” is. Aan die US is daar ‘n rasgebaseerde kwotastelsel waarvolgens die getal swart studente vermeerder en die getal blanke studente gevolglik beperk word. Hierdie beleid is nie akademies nie maar suiwer polities gemotiveerd want die bewese akademiese rekord van swart studente is swak terwyl blanke studente akademies uitstekend vaar. Die “favored group” bepaal die US-bestuur se gedrag deurslaggewend. Dit is waarom die De Villiers-US luister na watter onderrigtaal Open Stellenbosch verlang en waarom die Adam Tas-verenging, wat aandring op Afrikaans as onderrigtaal, geïgnoreer word.

Die oordrewe reaksie in die Beethoven-voorval het vir swartes die gewenste resultate behaal. Dit is soortgelyk aan die gebruik van ‘n ander beproefde middel, geweld, waarmee swartes in Amerika en Suid-Afrika deurlopend die resultate behaal wat hulle verlang. Bohaai-opskop en geweld is twee middele waarmee blankes glad te dikwels geïntimideer en benadeel word. ‘n Ander middel is verswelging. Dit gebeur elke jaar oor Kersfees en Nuwejaar in bv Kampsbaai en op Durban se strandgebied. Dit is soos ‘n damwal wat breek. Daar is nie eens beurtruimte nie. Teen sulke suksesvolle demonstrasies is daar skynbaar geen verweer nie. Dit is immers die grondslag waarop die nuwe Suid-Afrika funksioneer.

Leon Lemmer: Die beredeneerde regsheid van Samuel Francis

Die Amerikaner en trotse Suiderling, Samuel Francis (1947-2005), was ‘n historikus en joernalis wat met sy regse en ander geskrifte nasionale aansien verwerf het. Wanneer ‘n mens sy tekste lees, tref die diepte en oortuigingskrag daarvan jou dadelik. Hy het nie gewildheid gesoek nie en soms met sy onbesproke rasionaliteit sy vlakker en meer opportunistiese geesgenote teleurgestel, bv deur met redenasies aan te toon dat ‘n tuisland van Amerikaanse blankes nie realisties haalbaar is nie. Hieroor skryf ek volgende keer.

In regse geledere is daar groot ondersteuning vir Francis se standpunt dat rasse ingevolge persoonlikheid, gedrag en ook intelligensie verskil. Vandaar die tradisionele Amerikaanse beleid van rassesegregasie. Maar hy het blankes nie beter as ander rasse geag nie; bloot dat blankes anders is, bv dat wittes omstandighede skep waarin hulle (en ander rasse) meer tuis voel as die omstandighede wat deur die leefwyse van nie-wit rasse daargestel word; vandaar die uittog van nie-wittes uit hulle woonbuurte en hulle intog in tradisioneel blanke gebiede. “Non-whites may indeed create a different civilization of their own, but it will not be the same as the one we as whites created and live in, and most of us (or even most non-whites today) would not want to live in it” (Francis, bron hier onder, Kindle 2162).

Daar is ‘n omvattende versameling van Francis se geskrifte beskikbaar: Shots fired: Sam Francis on America’s culture war (FGF Books, 2006, 361p; Amazon Kindle $11,39). In hierdie rubriek bepaal ek my egter by sy politiek soos weerspieël in sy Essential writings on race (New Century Foundation, 2007, 119p; Amazon Kindle $5,64), met ‘n inleiding deur Jared Taylor.

Met verwysing na die Bybel verklaar Francis prontuit: “Neither ‘slavery’ nor ‘racism’ as an institution is a sin” (116). Albei is immers eeue lank algemeen as normaal in ontwikkelde of beskaafde samelewings aanvaar. Dieselfde geld rassediskriminasie of “apartheid and colonialism” (123). Laasgenoemde twee bestaan nie meer in Suid-Afrika nie, maar rassediskriminasie is sekerlik nog met ons, maar hierdie keer word dit met oorgawe in die naam van regstelling, transformasie, of watter eufemisme ook al, ten koste van blankes bedryf.

In die na-koloniale era “we see the transfer of power in almost every dimension of public and private life. Thus far, the transfer is more cultural than it is political or economic” (161). Francis verwys hier na Westerse lande. In die meeste voormalige kolonies is die eens blanke politieke mag aan nie-wittes afgestaan. “In South Africa, the transfer has already been completed” (154).

Vir Francis gaan dit uiteraard hoofsaaklik oor Amerikaanse toestande. Oor kulturele magsoordrag aldaar skryf hy:

“The Martin Luther King [public] holiday [introduced] in 1983 was the first and most important instance of the trend but by no means the last; indeed, it can be argued that the King holiday was merely the legitimizing agent of the attacks on other symbols that have occurred since. Attacks on the display of the Confederate battle flag and on other Confederate and Southern white symbols are now commonplace,* but the Alamo in San Antonio is another traditional white symbol that is also under attack – by Hispanics. The Custer battlefield in Montana now celebrates the Indian victory, although what is historically memorable about the battle of the Little Big Horn is not the victory of several thousand Indians over a small American cavalry detachment but rather the defeat of whites at the hands of non-whites” (161). [* “Attacks on the Confederacy really are: the opening salvo in an assault on everything that is distinctively European” (1478).]

Die swartes wil nie hê dat die vlag wat die Suidelike state in die Amerikaanse Burgeroorlog (1861-1865) gebruik het in die openbaar vertoon word nie omdat dit glo aan die era van slawerny herinner. “Only with the advent of the ‘civil rights’ era [1960s] and of mandated racial equality have the Confederate flag and all other symbols associated with the Confederacy been singled out for attack, and of course the reason is that these flags and symbols are the emblems of a government and culture that was based on slavery and racial inequality. In an age in which the egalitarian imperative is absolute and ‘racism’ is virtually a religious taboo, continuing to honor and display these symbols in public – especially by state and local governments – constitutes an outright act of resistance to the dominant egalitarian orthodoxies” (1492). “It is now open season on all things Confederate” (1558). “The rejection of the Southern and American past was implicit in signs carried by black anti-flag demonstrators last winter [1999-2000] that read, ‘Your Heritage Is Our Slavery'” (1571). Wat die swartes verlang of eis is “the total extirpation of those parts of the Southern past they find ‘offensive’ (ie anything that does not glorify blacks) and the rewriting of the past to magnify and glorify the achievements of their own race” (1577).

In Suid-Afrika matig nie-wittes en hulle blanke meelopers hulle die reg aan om ‘n verbod op die openbare vertoon van die vorige Suid-Afrikaanse vlag by bv sportbyeenkomste te plaas omdat dit glo aan apartheid herinner, asof die era van apartheid net sleg was. Daar is egter geen verbod op lof vir die afgryslike barbaarsheid en misdadigheid wat bv ANC/UDF- en PAC-terrorisme gekenmerk het nie. Ter verduideliking van wat hier bo staan: By Alamo is 180 blankes in 1836 deur Hispaniste gedood in die stryd om Texas se onafhanklikheid van Meksiko te verkry. Nie-wittes se oorwinning oor blankes by Alamo en by Custer mag gevier word maar nie blankes se oorwinnings oor Hispaniste en Indiane nie. Nie-wittes het in hierdie sin die kultuurstryd gewen. Die rede hiervoor is dat Hispaniste en Indiane, soos swartes en Asiate, etniese minderheidsgroepe in Amerika is en op grond daarvan as benadeeldes, as slagoffers van blanke boosheid, beskou word. Insgelyks mag die Voortrekkers se oorwinning by Bloedrivier eintlik nie meer gevier of selfs herdenk word nie omdat dit glo in nie-wit geledere aanstoot sal gee. Ook in die nuwe Suid-Afrika is die veralgemenende persepsie gevestig dat nie-wittes en veral swartes goed en blankes en veral Afrikaners sleg is. Op hierdie manier dring nie-wittes in Amerika en veral swartes in Suid-Afrika hulle wensbeeld van die geskiedenis aan die blankes op.

“The holidays, public anniversaries, flags, songs, statues, museums, symbols, and heroes that a people shares are fundamental to its identity and its existence as a people. What we are witnessing on the official level of public culture in the attacks on these traditional symbols and their displacement by the symbols of other races is the effective abolition of one people and the gradual creation of another” (168). Dit is aan hierdie soort kultuurmoord wat Max du Preez meedoen as hy skryf dat Cecil Rhodes se standbeeld maar gerus verwyder kan word want hy het nooit van Rhodes gehou nie. Du Preez het nie die visie om te besef dat dit in ‘n reeksaksie teen standbeelde van blankes sou ontaard nie. Insgelyk het Wim de Villiers van die verwydering van die laaste oorblyfsel van wat eens die Verwoerd-gebou was ‘n openbare spektakel gemaak om die ANC en Open Stellenbosch ter wille te wees. Mense soos Du Preez en De Villiers, met hulle Hugenote-vanne en anders as Francis, het nie die insig om te besef dat kultuurmoord die aanloop tot die uitwissing van die blankedom kan wees nie.

“Western movies now routinely define the whites as the villians and the Indians and Mexicans – or, even more fantastically, blacks – as the heroes or martyrs … It is routine also to display almost all criminals – rapists, murderers, robbers – as whites, though the statistical truth, of course is that violent crime in the United States is largely the work of non-whites” (175) al is hulle demografies die minderheid. Francis verwys na Mel Gibson se Lethal Weapon-reeks. “The second installment … depicted white South Africans – today’s Hollywood version of Nazis, no doubt – as masterminding drug smuggling into the United States” (181). Wanneer ek sodanige misleidende uitbeelding aanskou, dink ek: As rolprente en televisieprogramme en -advertensies die werklikheid weerspieël, het lande soos Amerika en Suid-Afrika glad nie ‘n ernstige misdaadprobleem nie.

“While the explicit racial hatred of whites expressed in black-directed films is well known, an increasingly common theme in mainstream television and film is that of the dangers represented by hordes of violent and vicious white supremacists, skinheads, neo-Nazis, paleo-Nazis, and racist terrorists who seem to lurk in every city, behind every storefront, in every small town throughout the country, everywhere, all the time. Recently [1994], in the ABC-TV production of the eight-hour film of Stephan King’s The Stand, a tale of the final struggle at the end of the world between supernatural forces of good and evil, the personification of goodness and of God was an elderly black woman, while the devil was portrayed as a blue-eyed, blond-haired white man, whose evil followers waved the Confederate flag. Even at the end of the world, it seems, Hollywood cannot rid us of white racism” (181).

“Today anti-white themes … provide the background and the context of popular entertainment” (195). “This is a calculated tactic aimed at seizing cultural legitimacy and cultural hegemony and ultimately coercive political power on behalf of non-whites at the expense of whites … It offers a conspirational interpretation of history in which whites are systematically demonized as the enemies of the black race, and a myth of black racial solidarity and supremacy. ‘Afro-racism’ is the ideological and political apparatus by which an explicit race war is prepared against the white race and its civilization, not as part of ‘rage’ nor as a response to ‘injustice’ and ‘neglect’ but, like any war, as part of a concerted strategy to acquire power” (201).

Francis haal die volgende groot waarheid op: “Of course non-whites are by no means the only peddlers of anti-white racism. One of the most remarkable features of our interesting times is the degree to which whites themselves help dig their own racial and civilizational grave” (208). Die nuwe Suid-Afrika is ‘n skandalige toonbeeld hiervan. Verlooptes redeneer dikwels “that race is merely a social invention rather than a fact of nature and argues for the abolition of the concept of race as applied to whites. Racial identity is forbidden for whites but not for non-whites (or at least blacks)” (208), wat op dubbele standaarde neerkom. “Of course the explicit goal is to destroy white civilization by doing away with the symbols and institutions of the collective consciousness that defines the race and is the foundation of the culture” (215).

“We know from the population projections by die US Census Bureau last year [1993] that by the middle of the next century [ie 2050] the present white majority of the United States will have dwindled to a minority in its own country, and given that fact and the increasing legitimization of anti-white racism in the United States, the situation in this country for whites is not going to get any better, to say the least. Of course, the revolution could not have succeeded or gone as far as it has without the active assistance of whites” (250).

Bill Clinton is een van die wittes wat die anti-wit-revolusie in woord en daad aanhelp. Omdat die meerderheid Amerikaners teen 2050 na verwagting nie-wit gaan wees, het Clinton blankes gewaarsku om goed vir nie-wittes te wees anders gaan hulle vorentoe bars. Sy naïewe veronderstelling is dat as blankes bv swartes op die hande dra en hulle oorvergoed, hulle dieselfde teenoor blankes sou doen as hulle politieke beheer kry. Dit is egter dwaas om te veronderstel dat daar wederkerigheid gaan wees. In Suid-Afrika het die nie-wittes en veral die swartes tydens apartheid steen en been oor rassediskriminasie gekla omdat dit oneties en ‘n euwel is. Desnieteenstaande is rassediskriminasie nie in die nuwe Suid-Afrika verbied nie en word dit met oorgawe toegepas, maar hierdie keer ten koste van blankes. Tydens apartheid het nie-blankes geëis dat politiek uit sport gehou moet word. In die nuwe Suid-Afrika is politieke inmenging in sport meer as ooit tevore aan die orde van die dag. Die “apartheidsregering” het tuislande aan etniese groepe gegun maar die ANC-regime gun nie ‘n tuisland aan blankes of Afrikaners nie. Blankes word deur swartes uitgesonder vir verguising en nie vir verering vir alles wat hulle tot stand gebring het nie. Ek kan steeds nie die onoortrefbare dwaasheid glo dat toegelaat is dat alles wat sedert 1652 plaaslik opgebou is grootliks onverdiend in die skoot en beheer van die swartes beland het en dat daar geen greintjie (amptelike) dankbaarheid of selfs blote erkentlikheid uit daardie oord jeens blankes is nie.

Volgens Francis is “the pervasive venom of universalism” (256) die onderliggende euwel. “In the universalist world-view, there is neither history nor race nor even species, neither specific cultures nor particular peoples nor meaningful boundaries. Therefore there are no concrete duties to race, nation, community, family, friend, or neighbor and indeed no distinctions to be drawn between neighbor and stranger, friend and foe, mine and thine, us and them. In the happyland of universalism, we owe as much to the children of Somalia – indeed more – than we do to the hapless citizens of Los Angeles … Even to invoke ‘our’ identity, our interests, our aspirations is to invite accusations of all the ‘isms’ and ‘phobias’ that are deployed to prevent further discussions and to paralyze the formation or the retention of a common consciousness that might at some point swell up into actual resistance to our dispossession (263).

Max du Preez is een van diegene wat van ander mense (eerder as homself) verwag om die onderskeid tussen “ons” en “hulle” uit te wis. Daar is ook Wim de Villiers met sy globale benadering waarvolgens die Universiteit Stellenbosch eerder ‘n Afrika- en wêrelduniversiteit moet wees as een wat aan die groepbelange (soos die tradisies, geskiedenis, kultuur en taal) van Afrikaners reg laat geskied. Francis huldig die teenoorgestelde standpunt:

“What we as whites must do is reassert our identity and our solidarity, and we must do so in explicitly racial terms through the articulation of a racial consciousness as whites” (283).

“The reassertion of our solidarity must be expressed in racial terms for two major reasons. In the first place, the attack upon us defines itself in racial terms and seeks through the delegitimization of race for whites and the legitimization of race for non-whites the dispersion and destruction of the foundation of our solidarity, while at the same time consolidating non-white cohesivemess against whites” (283). “Secondly, we need to assert a specifically racial identity because race is real … I do not suggest that race as a biological reality is by itself sufficient to explain the civilization of European man – if race were sufficient, there would be no problem – but race is necessary for it, and it is likely that biological science in the near future will show even more clearly how necessary racial, biological, and genetic explanations are to understanding social and historical events more fully” (290).

“The civilization that we as whites created in Europe and America could not have developed apart from the genetic endowments of the creating people, nor is there any reason to believe that the civilization can be successfully transmitted to a different people.* If the people or race who created and sustained the civilization of the West should die, then the civilization also will die. A mere cultural consciousness, then, that emphasizes only social and cultural factors as the roots of our civilization is not enough, because a merely cultural consciousness will not by itself conserve the race and people that were necessary for the creation of the culture and who remain necessary for its survival. We need not only to understand the role of race in creating our civilization but also to incorporate that understanding in our defense of our civilization. Until we do so, we can expect only to keep on losing the war we are in” (296).

[* Dink aan hoe woongebiede, skole, universiteite en wat ook al wat blankes opgebou het vir nie-wittes en veral swartes onaanvaarbaar is en opsluit verander/getransformeer moet word om eerder vir hulle as vir blankes te pas.]

Francis kom tot die gevolgtrekking “whites do not act cohesively or think of themselves as a unit, that whites have no racial consciousness … In the United States today, whites exist objectively but do not exist subjectively, and that is in my view the fundamental racial problem they face, the basic reason they (I should say ‘we’) are losing the racial war against us … the spineless abnegation of their own country and culture that is at the root of white male paranoia offers proof of the absence of a subjective existence” (310). “As long as whites continue to avoid and deny their own racial identity, at a time when almost every other racial and ethnic category is rediscovering and asserting its own, whites will have no chance to resist their dispossession and their eventual possible physical destruction” (317).

Blankes wêreldwyd het myns insiens meer om op trots te wees as waaroor hulle skaam hoef te wees. Hulle moet hulle nie laat breinspoel deur nie-wittes wat hulle kritiseer met eensydige voorstellings waarvolgens blankes net sleg is en dat hulle skuldig daaroor moet voel nie. Ek was voorheen (soms) geneig om eerder kultuur- as rasverskille te beklemtoon, maar Francis maak ‘n oortuigende saak daarvoor uit dat blankes in hulle eie belang rasbewus moet word en dat hulle hulle nie moet laat intimideer deur bv swartes wat rasbewustheid by blankes as “rassisme” etiketteer nie. Rasbewustheid kom in groot mate by swartes voor en behoort as teenvoeter ook algemeen by blankes aangetref te word.

Na aanleiding van die invalle van “barbare” in die Romeinse Ryk verwys Francis na “the Roman poet Juvenal’s [60-140 nC] famous line that ‘the Orontes [the main river of ancient Syria] empties its garbage into the Tiber” (942), die rivier by Rome in Italië. Gebeur iets soortgelyks dalk tans in veral Duitsland weens die instroming van immigrante uit die Midde-Ooste en van elders in die Derde Wêreld?

“The perversion of our strengths into weaknesses is exploited against us and our rivals seek victory through our back doors. European Man can survive today only if he begins to recognize that victory through honorable combat is not enough; he must also be prepared to meet the challenges on the level of cultural combat, and the only way he can do so is through recovery of his racial heritage, the roots of who we are and where we come from as a people” (949).

“Jared Taylor noted … ‘There is increasing evidence that personality traits … are under genetic control’ … we now know and are increasingly learning about the role of genetic forces (and therefore race) in shaping personality (and therefore culture)” (962). “Europeans have shown a tendency to neglect their own racial interests and … they find developing their own racial consciousness … difficult. As Jared Taylor noted … every other race tends to think in terms of its own race and group, and ‘Only whites pretend that pluralism and displacement are good things and that measures necessary to ensure group survival may be immoral.’ We tend to think that way because we are naturally prone to transcend subjective and particular interests and to idealize what is objective and universal” (989).

Sedert die jare sestig gee die Amerikaanse regering, anders as voorheen, voorkeur aan immigrante uit die Derde Wêreld; dermate dat deesdae beweer word “America is a ‘nation’ defined by no particular racial or ethnic identity” (1150). Ben Wattenberg het hierdie nuwe realiteit soos volg geformuleer: “America is the ‘first universal nation'” (1150). Bill Clinton noem dit “an embrace of our common humanity” (1164). Hierdie selfverklaarde Amerikaanse etniese en kulturele identiteitloosheid hinder hom nie. Francis skryf: “The idea that America is or has been a universal nation, that it defines itself through the proposition that ‘all men are created equal’,* is a myth. Indeed, it is something less than a myth, it is a mere propaganda line invoked to justify not only mass immigration and the coming racial revolution but also the erosion of nationality itself in globalist free trade and a One World political architecture. It also justifies the total reconstruction and re-definition of the United States as a multi-racial, multi-cultural, and transnational swamp” (1185). Later vra Francis: “If they are born or created equal, do they remain equal?” (1198). [* Die tweede sin van die Amerikaans Onafhanklikheidsverklaring (1776) lui: “We hold these truths to be self-evident, that all men are created equal …” Francis noem dit “one of the most arcane – and one of the most dangerous – sentences ever written, one of the major blunders of American history” (1205).]

‘n Grondwetkenner word soos volg aangehaal: “Black freedom and equality were, and are, a revolutionary change in the original constitutional system” (1232). Francis skryf: “We are not and never were a ‘universal nation’ … defined by the equality clause of the Declaration” (1329). “A universal nation is … a total rejection of the American past and the national identity as we have always known it. Racial universalism is not simply an adjustment or a ‘reform,’ let alone a continuation of the proper direction of American history, but a revolutionary reconstruction of the American identity” (1336). “Without the common blood that made us a nation in the first place, there will be no American nation” (1383). In Amerika neem die ras- en kulturele revolusie sulke afmetings aan dat daar van die “new America” gepraat word (1798, 2121), wat uiteraard aan die frase “nuwe Suid-Afrika” herinner. Bill Clinton verwelkom die nuwe Amerika en noem hierdie proses “the third great revolution in America” (2114).

“There are three general reasons why a revival of white racial consciousness and identity is needed. In the first place … race deeply affects and shapes cultural life” (2190). “What kind of society and how much civilization a people creates is now clearly known to be related to what kind of race they are, and the decline or disappearance of the white race can be anticipated to impoverish what remains of Western civilization” (2197). “Second, regardless of the role of biologically based racial differences in accounting for behavioral and cultural differences, whites, like any race, should wish to survive and flourish simply for their own sake … whatever their merits or flaws. Even the minimal rationale for racial survival is denied to whites today because of the constant demonization of whites that non-whites and whites themselves heap on them and because of the blindness of whites … to their own racial identity. And third, white racial consciousness is necessary simply as a means of self-protection. White racial identity is an integral component of the historic identity of America as a culture and a nation. The emergence of an explicit racial consciousness among non-whites in a country that remains (so far) majority white and in which whites have constituted the culturally defining and dominant race creates tensions that are already obvious and threaten to become far more dangerous and destabilizing in the future” (2203). Voorheen “white supremacy was able to exist at all only because whites possessed a powerful racial consciousness, and non-whites did not. Today, that situation is reversed – with ominous implications for the dwindling white population” (2250).

Deesdae klink die BLM-frase, “Black Lives Matter,” dikwels op. Plaaslik is ons grusame ervaring dat baie blankes jaarliks in ons stede en dorpe en op ons plase vermoor word, dikwels deur swartes. Het dit nie tyd geword dat ons die BLIK-frase, “Blanke Lewens Is Kosbaar,” tot vervelens toe ophaal nie? Ons weet dit is die waarheid. Waarom word dit nie gesê nie? Dit is myns insiens hoogs onwaarskynlik dat ‘n Afrikaanse koerant weens die sug na politieke korrektheid hom in ‘n hoofartikel positief oor BLIK sou uitlaat. As Max du Preez net lof vir swart bewussyn het, word ruimte graag daaraan afgestaan; selfs aan sy verregaande bewering: “swart landgenote sedert 1994 méér as ons moes aanpas en toegee” (Netwerk24, 13 September). Vir blankes sal Du Preez nie ‘n lansie breek nie. Ewewig is nie in sy aard nie.

Die lengte van hierdie rubriek is sodanig dat ek een van die belangrikste sake wat Francis beredeneer, die moontlikheid van ‘n tuisland vir blankes, nie kon insluit nie. Ek hoop om hierdie kwessie volgende naweek in my rubriek aan die orde te stel.

Leon Lemmer: Die koelbloedige reeksmoorde op Afrikaans

Sedert sy diensaanvaarding as rektor van die Universiteit Stellenbosch (US) verlede jaar is Wim de Villiers se slagspreuk: Stellenbosch is nie ‘n Afrikaanse universiteit nie. Hy is toegelaat om sy ondermyning van Afrikaans in woord en daad uit te leef. Ek wonder dikwels: Wat sou sy pa, ‘n behoudende Afrikaner, van US-Afrikaans se laksmannetjie gedink het? Seker nie iets vleiends nie. Voor sy benoeming het De Villiers aan die lede van die aanstellingskomitee egter die versekering gegee dat die posisie van Afrikaans aan die US vir hom ononderhandelbaar is (Eikestadnuus, 19.11.2015, p 1). As US-rektor het Chris Brink met soortgelyke leuenagtigheid weggekom (Pieter Kapp, Maties en Afrikaans, Pretoria: Protea Boekhuis, 2013, p 76-77). Sover bekend is Brink en De Villiers nooit werklik gekonfronteer met die doelbewuste valsheid van hulle aanvanklike versekerings nie. Iets soortgelyks het aan die Universiteit Vrystaat gebeur met Jonathan Jansen wat in sy intreerede as rektor belowe het dat Afrikaans onder sy leiding veilig sou wees. In al drie gevalle het die teenoorgestelde geblyk waar te wees.

Reeds in 2004 het Chris Brink met die storie van die Kaapse groen papegaai gekom. Hierdie voëls se voortbestaan word bedreig omdat hulle leef van die sade van geelhoutbome, wat egter een na die ander uitgekap word. Waarop Brink gesinspeel het, is dat Afrikaners by veranderde omstandighede moet aanpas; dus, om te oorleef, moet Afrikaners van Afrikaans afsien en Engels as hulle stapelvoedsel aanvaar (Kapp, p 101-102, 105). Die geelhoutbome is die Afrikaanse universiteite wat stelselmatig vernietig word en die nuwe dieet wat ter oorlewing gevreet moet word, is Engels. Die veranderde omstandighede is die heeltemal onverdiende swart dominansie wat deur dwase politici aan ons opgedring is. Die reaksie van die eens Afrikaanse universiteite hierop is algehele ANC-gedienstigheid en gevolglik verengelsing. Reeds in 1996 was daar Blade Nzimande “se ondubbelsinnige uitspraak dat hy gekant is teen die bestaan van Afrikaanse skole en universiteite” (Kapp, p 65). In werklikheid het die ANC geen besitreg op Afrikaanse skole en universiteite nie.

Onder Wim de Villiers se leiding het die US-bestuurskomitee, sonder om vooraf US-raadsgoedkeuring te verkry, wederregtelik ‘n nuwe taalbeleid opgestel en sommer met die toepassing daarvan begin. Dit het aanleiding tot duur hofsake gegee, waarin die US skuld erken het. Die vraag is: Waarom word De Villiers & kie nie verplig om in hulle persoonlike hoedanigheid hierdie regskoste te betaal nie? Hulle het immers opsetlik strydig met die wense van die US-raad opgetree. Sodanige geld kan dan gebruik word om studiebeurse vir bv Afrikanerstudente te befonds.

Die US-raadsvoorsitter, George Steyn, het daarna van die US-bestuur die versekering ontvang dat raadsbesluite eerbiedig en dus uitgevoer sou word. Die voorgestelde en sterk verengelste De Villiers-taalbeleid het toe die eufemistiese status van ‘n werksdokument gekry. Maar hierdie werksdokument is na geringe/kosmetiese aanpassings en sonder dat insette tot die teendeel behoorlik oorweeg is, met ‘n oorweldigende meerderheid deur die US-senaat en op 22 Junie ook deur die US-raad as die nuwe taalbeleid aanvaar.

‘n Ideaal wat lank in polities linkse geledere gekoester is, is hiermee amptelik verwesenlik. Hou in gedagte dat die US aanvanklik begin het om Engels as onderrigtaal in te voer om blanke Engelssprekende studente te trek. Eers later is begin om bruin studente te werf. Deur met tweetaligheid te begin, was noodlottig en sal uiteindelik tot die ondergang van Afrikaans aan die US lei.

Die meerderheidsteun ten gunste van verengelsing in die US-senaat kan verklaar word deur die US se gevestigde beleid om dosente eerder op grond van ras- en geslag as akademiese meriete aan te stel en te bevorder. ‘n Belangrike oorweging vir dosente is ook dat tweetaligheid meer werk as enkeltaligheid meebring. Die stemming van 17 teenoor 9 in die US-raad kan enersyds gewyt word aan die sitting wat ANC-gedienstige US-bestuurslede daar het en andersyds aan die heeltemal onnodige en dwase onlangse vermeerdering van 3 tot 5 in die getal raadslede wat deur die ANC-regering, dus deur die kommunis Blade Nzimande, benoem word.

Die slegte gewoonte het ontstaan om sakemanne (of -mense), soos George Steyn (van Pep Stores-faam) aan die US en voor hom Edwin Hertzog (van Mediclinic-faam), as voorsitters van universiteitsrade aan te stel, onder die voorwendsel dat universiteite in die eerste plek sake-ondernemings is. In werklikheid is universiteite veronderstel om oorweldigend opvoedkundig-kulturele inrigtings te wees. Wanneer ideologiese sake (soos die euwel van kommunisme en die ANC-regering) en kulturele sake (soos onderrigtale) ter sprake kom, is die waters heeltemal te diep vir sakemense. Reeds in 2006 het Hertzog gesê: “As US 80% Engels en 20% Afrikaans is, is hy gelukkig” (Kapp, p 152).

Dat hierdie hele skandalige anti-Afrikaansproses eerder polities as akademies gemotiveerd is, behoef geen betoog nie. Dit is eers na De Villiers se diensaanvaarding op 1 April 2015 dat beweer is dat die meerderheid US-studente eerder Engels- as Afrikaanssprekend (of -magtig) is. Dié beweerde meerderheid kan hoogs waarskynlik toegeskryf word aan Afrikaanssprekende bruin studente se bekende neiging tot dislojaliteit jeens Afrikaans. Desnieteenstaande is daar by diegene wat vir Afrikaans veg die wydverspreide gewoonte om in hulle pleidooie die belange van bruines voorop te stel.

My standpunt is dat Afrikaans as onderrigtaal aan tradisioneel Afrikaanse universiteite onverminderd voortgesit moet word omdat Afrikaners dit heeltemal tereg so wil hê. Ook dat eens Afrikaanse universiteite eerder getransformeer moet word om hulle Afrikaanse karakter te herwin as om van nuuts af elders ‘n volwaardige Afrikaanse universiteit tot stand te probeer bring.

Indien so ‘n universiteit blyk suksesvol te wees, loop hy die wesenlike gevaar om ten prooi van die anargie-wekkende swart regering te val; na analogie van die Universiteit Fort Hare wat destyds deur die blanke regering onteien is en sedert 1960 as ‘n staatsuniversiteit funksioneer.

Die statistiek soos amptelik deur die US bekend gemaak, waarvolgens die meerderheid studente deesdae Engels verkies, is nie noodwendig betroubaar nie omdat die US ‘n politieke agenda het wat naarstiglik nagejaag word. Die US doen deesdae alles in sy vermoë om weg te kom van sy trotse akademiese beeld van weleer toe hy ‘n Afrikaanse universiteit vir blankes was. Anton van Niekerk beskou ‘n Afrikaanse en veral ‘n blanke US as tekenend van ‘n “etniese enklave” waarvan glo ten alle koste weggekom moet word (Die Burger, 18 Junie, p 11).

Die ideaal, soos ook gestel deur Russel Botman in sy intreerede as rektor in 2007, is dat die US en die dorp Stellenbosch soos die res van die nuwe Suid-Afrika moet lyk. Maar diesulkes verstaan dan kamma nie waarom daar ‘n nuwe verskynsel kop uitgesteek het nie. Dit word die US se verkragtingskultuur genoem, wat sekerlik (ten minste in ‘n mate) met transformasie in verband gebring kan word. Die historiese US, daardie “etniese enklave”, moet volgens die transformeerders vervang word met die soort beeld wat die nuwe Suid-Afrika oproep en ook in Afrika en die hele wye wêreld weerspieël word. In hierdie konteks sal Europa (as nog te blank) egter nooit by die naam genoem en tot voorbeeld verhef word nie.

Hoekom het die US verengels en verswart? Omdat die US dit sy politieke en nie-akademiese missie gemaak het om nie-Afrikaanse en veral nie-wit studente te werf en te befonds. Hoekom? Om onvoorwaardelik en met oorgawe gedienstig aan die “voorbeeldige” ANC te wees. Edwin Hertzog, wat jare lank die voorsitter van die US-raad was, het erken dat die US die opdragte van die ANC-regering sonder meer uitvoer (Die Burger, 17 Junie, p 15). Ten bate van die kunsmatig gefabriseerde meerderheid studente moes Engels opsluit die hoofonderrigtaal word. Toe Afrikaanssprekende studente in die meerderheid was, is Afrikaans as hoofonderrigtaal egter nie geduld nie en is ‘n beleid van gelyke regte vir Afrikaans en Engels aanvaar. Nou is die taalvoorkeur van die meerderheid studente (dalk) omgekeer, maar gelykberegting van Afrikaans en Engels geld nie meer nie.

In die praktyk is egter al lank voorkeur aan Engels en swart studente gegee. Hoe die wind waai, het onlangs duidelik geblyk toe die pos van US-studentedekaan geadverteer is. Van aansoekers word verwag: “Uitstekende mondelinge en skriftelike kommunikasievaardighede in een of meer van Suid-Afrika se amptelike tale, benewens Engels” (Rapport, Sake, 15 Mei, p 07). Doeltreffende skakeling met studente wat Engels magtig is, is daarvolgens vir die US-bestuur ‘n prioriteit maar nie kommunikasie met Afrikaanssprekende studente nie. Die belange van swart studente weeg vir die US swaarder as dié van wit studente, terwyl blankes juis diegene is wat histories op die US-kampus hoort. Hoekom hierdie voorkeur vir swartes? Omdat die ANC Suid-Afrika gewelddadig “bevry” het en omdat eerder swart as wit studente die bewese potensiaal het om hulle wil gewelddadig af te dwing.

Veral sedert die Chris Brink-era (2002-2007) is dit die gevestigde gebruik aan die US om Afrikaans minder en Engels meer tot sy reg te laat kom as wat die amptelike taalbeleid voorskryf. Oor die werklike taalsituasie op die kampus is die US-raad dikwels doelbewus mislei of in die duister gelaat. Nie net moet onderrig nou in groter mate in Engels as in Afrikaans aangebied word nie. Nee, vorentoe moet alles in Engels beskikbaar wees. Hoekom? Omdat Afrikaans glo sommige studente uitsluit en die koloniale troeteltaal van die myns insiens onwettige ANC-bewind dit glo nie doen nie. Let op hierdie absurde redenasie: Inklusiwiteit word bevorder deur Afrikaanssprekendes se taal al hoe meer uit te sluit. Om die pil van Engels as die hoofonderrigtaal te versuiker, beweer De Villiers nou dat lesings maar ‘n klein deel van die leerproses is. Maar dan kan daardie lesings mos maar ook in Afrikaans wees en is die protes en oproer oor Afrikaans mos heeltemal oordrewe.

Die US het in 1918 danksy ‘n groot skenking van Jan Marais tot stand gekom. Sy uitdruklike stigtingsvoorwaarde is dat Hollands/Afrikaans nie ‘n mindere plek as Engels aan die US mag beklee nie. Die jongste US-raadsbesluit maak Engels amptelik die hoofonderrigtaal met Afrikaans wat ‘n mindere posisie beklee, sonder enige waarborg teen die verdere afskaling en selfs afskaffing van Afrikaans. Maar selfs die onomstootlike feit dat Engels die US se hooftaal is, word steeds nie uitdruklik amptelik erken nie. Daar word eerder doekies omgedraai met holle beloftes van hoe Afrikaans steeds ‘n plek(kie) aan die US het en bevorder gaan word.

Die versuim van die US om Afrikaans sy regmatige plek te gun, word op ‘n skandalige manier gekamoefleer met die mite dat die plek wat Afrikaans vorentoe aan die US gaan beklee, afhang van die mate waarin studente die beperkte getal Afrikaanse klasse bywoon. Tolkdienste van Engels na Afrikaans sal (teoreties en in beperkte mate) beskikbaar wees mits dit afdoende gebruik word; ‘n voorwaarde wat nooit vir tolkdienste van Afrikaans na Engels gestel is nie. Dit is gewoon oneerlik om te belowe dat daar Afrikaanse opsommings aan die einde van Engelse lesings gaan wees, dat Afrikaanse vrae in Afrikaans in die klasse beantwoord sal word, dat studente take en eksamens in Afrikaans kan voltooi, ens, omdat daar sedert die Russel Botman-era (2007-2014) glad nie meer soos voorheen van dosente verwag word om Afrikaans magtig te wees of spoedig te word nie.

Jan Marais se standbeeld staan steeds prominent op die Marais- of Rooiplein op die US-kampus as ‘n daaglikse hoogs sigbare herinnering aan die verraad wat op 22 Junie gepleeg is. Maar nóg die US-raad, nóg Wim de Villiers as rektor en tans die hoofdrywer van die anti-Afrikaansveldtog, nóg die uitgelese etikus Anton van Niekerk wat hom veral sedert 2000 onvermoeid vir die verkleinering van Afrikaans beywer, het (myns insiens) die elementêre integriteit om openlik en onomwonde die etiese implikasies van die jongste US-raadsbesluit met verwysing na die Marais-voorwaarde aan te spreek. Die Marais-aangeleentheid word doelbewus doodgeswyg.

Marais is ‘n dooie, wit, Afrikaanssprekende man, dus iemand wat in die nuwe Suid-Afrika vanweë daardie vier kenmerke maar geminag kan word. Marais was ‘n Afrikaner in murg en been wat hom nooit aan oproer, brandstigting, vandalisme, misdaad, geweld, terreur, ens, skuldig gemaak het nie. Hy kwalifiseer nie vir verering in die nuwe Suid-Afrika nie. Sy standbeeld is opgerig in ‘n era toe Europese waardes plaaslik aangehang is. Om deesdae vir ‘n standbeeld, selfs talle standbeelde, te kwalifiseer, moet jy in ander “deugde” uitmunt, met terrorisme as seker die prominentste “deug”. Marais se sigbare nalatenskap is ‘n universiteit waarin daar ten spyte van al die politiekery steeds prysenwaardige akademiese werk deur sommige individue verrig word. Nelson Mandela se jongste sigbare nalatenskap na meer as twee dekades van “vryheid en demokrasie” is bv die ruïnes van twee dosyn afgebrande skole in Limpopo omdat sommige mense in navolging van Mandela steeds die geweldopsie kies.

Daar is twee Jan Marais-fondse waaruit oor die afgelope eeu miljoene der miljoene rande na die US gekanaliseer is. Hiervoor ontvang Marais nou stank vir dank. Dit is vanselfsprekend dat hierdie Marais-fondse na die jongste US-raadsbesluit heeltemal van die US losgemaak moet word.

Het Jan Marais Nationale Fonds (HJMNF) word deur ‘n raad van trustees beheer. In hierdie raad dien mense (bv die voorsitter, Niel Krige) wat in diens van die US is. Daar is selfs ‘n US-dosent en trustee, Michael le Cordeur, wat openlik ten gunste van die verengelsing van die US is. Dit het noodsaaklik geword dat al die trustees heeltemal vry van enige verbintenis met die US moet wees en dat hulle Marais se wense moet eerbiedig. Die raad van trustees sal dus opnuut saamgestel moet word sodat ooreenkomstig Marais se wense geld nie meer so geredelik aan die US bewillig word nie (verkieslik glad nie), maar eerder aan instansies en individue wat Afrikaans ag en bevorder.

Die ander fonds, Het Jan Marais Fonds (HJMF), word tans heeltemal deur die US beheer; iets wat glad nie meer toelaatbaar behoort te wees nie. Van die eerste take van HJMNF se nuut saamgestelde raad van trustees behoort te wees om HJMF van US-beheer te bevry (bv by wyse van ‘n hofgeding) en daardie geld in die HJMNF te stort. Dit is verblydend om te verneem dat talle donateurs die voortsetting van hulle skenkings aan die US summier beëindig het.

Ek het die US hier as ‘n gevallestudie gebruik. Maar Afrikaans as onderrigtaal is onlangs ook aan die Universiteit Pretoria (UP) en die Universiteit Vrystaat (UV) afgeskaf. Aan die Universiteit Johannesburg (UJ), voorheen die trotse Randse Afrikaanse Universiteit (RAU, die enigste universiteit met Afrikaans in sy naam), oorleef Afrikaans in ‘n uiters beperkte mate. Op Potchefstroom, voorheen die Potchefstroomse Universiteit (PU), word die voortbestaan van Afrikaans met verswelging bedreig weens ‘n polities gemotiveerde beleid waarvolgens die drie kampusse van die Noordwes-Universiteit (Potchefstroom, Mafikeng, Vanderbijlpark/Vaaldriehoek) vereenders (dus oorwegend verswart en verengels) gaan word. Die US was eintlik die enigste universiteit waar daar ‘n realistiese moontlikheid vir die oorlewing van Afrikaans as universitêre taal was, onder meer omdat dit in ‘n oorwegend Afrikaanssprekende omgewing gesetel is. Daardie moontlikheid is nou onder die leiding van misleide Afrikaanssprekende blankes (wat ek voorheen hanskakies genoem het) verydel. Die vyf tradisioneel Afrikaanse universiteite was US, UP, UOV, RAU en PU. Almal het Afrikaans gefaal of is ywerig besig om dit te doen.

Naas die vyf tradisioneel Afrikaanse universiteite was daar drie tweetalige universiteite waar onderrig in sowel Afrikaans as Engels aangebied is. Die Universiteit Port Elizabeth is getransformeer tot die Nelson Mandela Metropolitan University (al was Mandela volgens eie erkenning ‘n vrot student) en het eentalig Engels geword. Die Universiteit van Wes-Kaapland was oorwegend ‘n Afrikaanse universiteit, maar onder die leiding van twee Afrikaanssprekendes, Jakes Gerwel as rektor en Jaap Durand as viserektor, het dit ‘n eentalige Engelse universiteit geword.

Die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) is, anders as die genoemde residensiële universiteite, ‘n instansie wat tradisioneel ‘n suiwer afstandsuniversiteit was en waar iedere student die reg gehad het om in die taal van sy keuse (Afrikaans of Engels) te studeer. Unisa se voortreflike akademiese invloed het sowel landswyd as wêreldwyd gestrek. In ooreenstemming met wat aan die residensiële universiteite in die nuwe Suid-Afrika gebeur, is weens die bedenklike skoolonderrig al hoe meer akademies swak toegeruste studente deur Unisa aanvaar. In afstandstudie is diesulkes in selfs groter mate as hulle eweknieë aan residensiële universiteite verlore in ‘n onredbare situasie. Soos aan die residensiële universiteite het Unisa se akademiese standaarde gedaal. Weens die vooroordeel wat daar teen sodanige studie by werkgewers kan bestaan, kan Unisa so iets akademies glad nie bekostig nie. ‘n Vorige rektor, Samuel Pauw, het destyds van die Unisa van weleer ‘n gerespekteerde akademiese inrigting gemaak deur eerder hoër as laer standaarde van sowel dosente as studente te vereis.

Hierdie groter wordende akademies swak toegeruste studentekorpus het veroorsaak dat Unisa met allerhande maatreëls gekom het wat hom al hoe meer geresidensialiseer het, wat die koste per student opgestoot het terwyl hy per student ‘n owerheidsubsidie ontvang wat minder as dié van die residensiële universiteite is. Soos aan die ander universiteite het studie aan Unisa vir baie mense onbetaalbaar duur geword, terwyl Unisa voorheen seker die goedkoopste tariewe in die wêreld gehad het en sy onderrig wêreldwyd in aanvraag was en sy kwalifikasies terselfdertyd akademies hoog aangeslaan is.

Nadat onderrig in Afrikaans aan Unisa in die nuwe Suid-Afrika al hoe meer afgeskaal is, is daar in April vanjaar besluit om sodanige onderrig heeltemal te staak. Hierdie proses is meegehelp deur die grootskaalse verswarting van Unisa se personeel (doserend en administratief), wat in 1994 in alle erns ‘n aanvang geneem het met die aanstelling van die transformerende Marinus Wiechers as rektor. Transformasie het onder meer behels dat daar nie meer van dosente verwag is om Afrikaans magtig te wees nie. In die vorige eeu het Unisa sy akademiese status te danke gehad aan sy blanke dosente wat oorwegend Afrikaanssprekend was. Dit was ook Afrikaanssprekende blankes wat nie net die tradisioneel Afrikaanse universiteite tot akademiese voortreflikheid uitgebou het nie, maar in baie gevalle ook die Engelse universiteite. Dit is immers algemeen bekend dat Afrikaners veral in die landbou en onderwys uitgemunt het en die Engelssprekende blankes eerder in die handel en nywerheid.

Die kosteprobleem van ons universiteite kom van twee kante af. Enersyds is daar die ANC-regering wat weens ondoeltreffendheid en korrupsie baie geld mors maar elke jaar die toedeling aan universiteite in reële terme verminder* en terselfdertyd van universiteite verwag om al hoe meer studente toe te laat en sertifikate aan hulle uit te deel. Andersyds bestee die universiteite al hoe meer geld aan nie-onderrig- en nie-navorsingsaktiwiteite, bv aan gemeenskapsdiens omdat die staat uitmunt in nie-dienslewering. Maar ook omdat talryke administratiewe poste geskep word wat voorheen nooit bestaan het nie. Die kern van ‘n universiteit behoort sy dosente en navorsers te wees en hieraan moet die oorwig van sy begroting bestee word, maar dit is in al hoe groter mate nie die geval nie. [* Juis daarom behoort universiteite die geleentheid aan te gryp om hulle al hoe losser van die ANC-regering te maak.Daar is egter geen werklike wil tot outonomie nie, wat tradisioneel ‘n gesogte kenmerk van universiteite was.]

In die nuwe Suid-Afrika was daar al gevalle waar ‘n rektor meer vergoeding as die staatshoof ontvang het. Daar was al heftige besware teen die bedrae wat aan rektorswonings bestee is en teen die luukse ampsmotors waarmee hierdie mense rondry. Sulke vergrype word na analogie van die president, visepresident en die ANC-regering se kabinet gedoen. Maar anders as die regering het universiteite in baie gevalle nie net een visehoof nie, maar talle viserektore en elkeen van hulle geniet allerhande duur voordele. Na analogie van wat ANC-ministers hulleself veroorloof, word duur reis- en verblyfkoste in universiteitsbestuursgeledere as ‘n reg beskou. In baie gevalle is daar geen of min sensiwiteit vir die hoë koste van buitensporige luukses; geld wat eerder tot akademiese voordeel aangewend kon word, bv vir laer klasgeld, meer studiebeurse, meer dosente, ens. Die Universiteit Kaapstad is tans besig met ‘n absurde proses waarvolgens dosente verminder en uit diens gestel word sodat werkers/hande-arbeiders teen beter salarisse en byvoordele ingekontrakteer kan word.

Die HAT definieer “koelbloedig” as “sonder tekens van gevoeligheid, onverskillig”. Die afskaling en veral vernietiging van Afrikaans aan ons universiteite kan gesien word as ‘n reeks koelbloedige moorde op bv die hoër funksies van Afrikaans. Soortgelyke reeksmoorde gaan nou met selfs groter aggressie in ons Afrikaanse skole voortgesit word. Afrikaanssprekendes mag glo darem nog onderling met mekaar Afrikaans praat, maar Afrikaners word voortdurend gemaan dat hulle nie hulle harte by bv private vleisbraaivure mag uitpraat nie. Jou terminologie moet polities korrek wees. Praat dus van bv sorghum en suurvye.

Waar het hierdie proses begin? Met die roemlose, mandaatlose “onderhandelde revolusie” van FW de Klerk en sy trawante wat tot swart meerderheidsregering gelei het. Die skuld hiervoor lê myns insiens grootliks by die Klein Vyf: FW de Klerk, Pik Botha, Roelf Meyer, Leon Wessels en Dawie de Villiers. Die ANC het vervolgens besluit dat hy die houvas wat hy as regering op owerheidsbesteding gekry het, gaan misbruik om Afrikaans, die kulturele kern van Afrikaners, te probeer uitwis. Dit word gedoen deur onderrig in net een voertaal te subsidieer en die ANC se taal van voorkeur is die koloniale taal Engels. Dit is waarom Wim de Villiers beweer dat Afrikaanse klasse die US R40 miljoen ekstra (blykbaar per jaar) kos.

Maar waar kom De Villiers aan die opvatting dat Engels deur die staat gesubsidieer word en nie Afrikaans nie? Dit kom van ‘n mede-blanke en mede-Afrikaanssprekende, Willie Esterhuyse, wat met hierdie redenasie in Die Burger (By, 12.05.2007, p 6; Kapp, p 158) vorendag gekom het. Esterhuyse kan ook op die twyfelagtige eer aanspraak maak dat hy die veldtog teen Afrikaanse universiteite begin het met sy artikel in ‘n Britse tydskrif, “Can South Africa afford five Afrikaans universities?” (The Times Higher Education Supplement, 24.02.1995; Kapp, p 63). Ek sou so graag wou verneem of mense soos Willie Esterhuyse, Anton van Niekerk en Wim de Villiers na die bogenoemde reeksmoorde op Afrikaans nou uiteindelik tevrede is. De Villiers beweer dat die druk nou van Afrikaans af is. In werklikheid verkeer hy in die waan dat die druk van militante groepe soos Open Stellenbosch nou van hóm af is. Hy sal vorentoe gou agterkom dat die oorwinning wat diesulkes met die verengelsing van die US behaal het as aansporing dien vir die stel van verdere eise. ‘n Reeks destruktiewe aksies word voorsien waaraan daar skynbaar geen einde gaan wees nie.

Volgens die HAT is ‘n doodsonde ‘n onvergeeflike fout of iets wat ewige straf verdien. Die tradisionele sewe doodsondes is: hoogmoed, hebsug, wellus, woede, vraatsug, afguns en luiheid. Hierdie lysie laat nie genoeg ruimte vir die soort sondes wat sedert 1990 teen Afrikaans en Afrikaners gepleeg word nie. Dit is glad nie heiligskennis om hierdie lysie vanweë veranderde omstandighede aan te vul nie. In die konteks van die Afrikaner se geskiedenis is die berowing van ons politieke mag ‘n kolossale doodsonde waarvan die skadelikheid kwalik oortref kan word. Diegene wat Afrikaners se kultuur ondermyn, soos die hedendaagse hanskakies wat Afrikaans afskaal en probeer vernietig, pleeg ook ‘n onvergeefbare doodsonde. Nêrens in die universitêre uitsprake teen Afrikaans die afgelope tyd is enige poging aanwend om die kulturele waarde van Afrikaans na waarde te oorweeg nie.

Kom ons kyk ter afsluiting na Suid-Afrika se geskiedenis in sy geheel. Watter etniese groep het deurgaans opbouend gefunksioneer? Sekerlik nie die swartes nie, want in menseheugenis wou hulle alles in die land afbreek en vernietig ten einde die politieke mag te bekom. Onder die blankes was daar ‘n soortgelyke afbrekende gesindheid toe die Engelse tydens die Anglo-Boere-oorlog ‘n beleid van verskroeide aarde toegepas het. Alles was onderhewig aan vernietiging ten einde ‘n Britse militêre oorwinning moontlik te maak. Die enigste bevolkingsgroep wat hom deurgaans konstruktief vir die ontwikkeling en verbetering van Suid-Afrika beywer het, is die Afrikaners. Dit is egter juis hulle wat by voorkeur ter benadeling in die visier van die ANC-regering en sy meelopers is. Ons geskiedenis en huidige situasie moet Afrikaners aanspoor tot groter eenheid, meer durf en kreatiwiteit en meer daadwerklike weerstand teen onreg. Ons verdien beter as wat aan ons opgedring word. Soos in Brittanje en Europa moet nasionalisme ook onder Afrikaners hernude momentum kry.

Leon Lemmer: Universiteit Stellenbosch: Nuwe laagtepunte

Wim de Villiers se eerste jaar as rektor van die Universiteit Stellenbosch (US) is deur ongeëwenaarde politiekery gekenmerk. Om hoop vir daardie universiteit se toekoms te probeer vind, het ek onwillekeurig aan die volgende Bybelvers gedink: “‘n Geknakte riet sal hy nie afbreek nie, ‘n lamppit wat dof brand, sal hy nie uitdoof nie” (Jesaja 42:3).

De Villiers het op 1 April (Gekkedag) reeds ‘n jaar lank die pos van rektor beklee. Asof dit ‘n datum met positiewe assosiasie in die US se geskiedenis is, het hy die geleentheid gebruik om ‘n oorsig van sy prestasies en van die oorblywende “uitdagings” (‘n gewilde ANC-woord) te gee (US-webwerf, 8 April, en Die Burger, 13 April, p 5). Hy maak gewag van die huidige hersiening van die taalbeleid, wat deur hom pleks van die US-raad (soos dit hoort) geïnisieer is. Hy beweer dat hy “veeltaligheid sonder uitsluiting” beoog. Dit behels dat Engels die oorheersende onderrigtaal word en dat Afrikaans tweede viool moet speel. De Villiers weet dat sy standpunt strydig is met die uitdruklike voorwaarde van Jan Marais se skenking, wat in 1918 die ontstaan van die US moontlik gemaak het. De Villiers as mens van die oomblik verwerdig hom nie eens om sy onetiese en minagtende gedrag jeens Marais se vrygewigheid te probeer regverdig nie.

Toe hy nog vir die rektorskap geaspireer het, het De Villiers die keurkomitee verseker dat die posisie van Afrikaans vir hom ononderhandelaar is. Sedert sy aanstelling doen hy egter alles in sy vermoë om Engels die hoof- en mettertyd heel moontlik die enigste US-onderrigtaal te maak. Afrikaans is die slagoffer van sy transformasiemanie. Transformasie beteken wesenlik die bevoordeling van nie-wittes en die benadeling van blankes. De Villiers verwag van almal op die US-kampus dat hulle oor transformasie net so oorentoesiasties soos hy moet wees. Veertig persent van die grade wat onlangs toegeken is, was aan nie-wit studente. As ANC-gedienstige is dit dié etniese sektor wat De Villiers bowenal ter wille wil wees. Om hierdie nie-akademiese, suiwer rasgebaseerde rede moet Afrikaans afgeskaal word.

De Villiers spog: “Transformasie is eksplisiet na topbestuursvlak verhef en ‘n transformasiekantoor is op die been gebring.” By ‘n vorige geleentheid het hy gespog dat hy van ‘n uitstekend gekwalifiseerde en uitmuntende akademikus ontslae geraak het omdat hy hom glo aan “rassisme” skuldig gemaak het. Dit is eintlik onnodig om te sê dat die betrokke persoon blank is. Dit is ook bekend dat De Villiers ten gunste van die knaende vervolging van Wouter Basson is. Basson is ‘n medikus wat terrorisme bestry het. Nokosazana Dlamini-Zuma is ‘n medikus wat onder die dekmantel van mediese werk terrorisme vanuit Lesotho in Suid-Afrika bevorder het. De Villiers steun optrede teen Basson maar wend geen poging aan om ‘n klag teen Dlamini-Zuma by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika te lê nie.

Dit toon duidelik hoe radikaal links De Villiers se politiek is. Ten spyte van al die onrus wat tydens die kort bestek van sy dienstermyn op die kampus gestook is, het hy nog nooit daarop aanspraak gemaak dat ‘n enkele sodanige student geskors is nie. Miljoene rande se skade is aan universiteitseiendom aangerig, maar De Villiers het nog geen geluid gemaak oor wat gedoen word om die skade van die misdadigers te verhaal nie. Dít terwyl die US veronderstel is om ‘n opvoedkundige inrigting te wees.

Dit is heeltemal onnodig om ‘n transformasiekantoor en sodanige personeel en indoktrinasiekursusse te hê. Dit verg hope geld wat eerder vir akademiese doeleindes aangewend kon word. Die gruwelike werklikheid van die nuwe Suid-Afrika is aan ons opgedring sonder die nodige mandaat van die blanke kiesers. Al transformasie wat aan die US nodig was, was enersyds om nie-rassige studente-toelating toe te laat en andersyds personeellede op ‘n nie-rassige grondslag aan te stel en te bevorder. Al die ander benoude, ANC-gedienstige transformasiespronge was en is onnodig en suiwer akademies onregverdigbaar.

Aan die De Villiers-US is die grondliggend strewe gedwonge rasse-integrasie, wat egter deur die aanwesigheid van twee onderrigtale in die wiele gery word, soos Russel Botman erken het (Pieter Kapp, Maties en Afrikaans, Pretoria: Protea Boekhuis, 2013, p 205). Lis Lange, ‘n viserektor aan die Universiteit Vrystaat (UV), het pas ook erken dat Afrikaans die slagoffer van integrasiedwang is (“Dis g’n politieke besluit”, Netwerk24, 6 Mei; tipies Naspers beweer die opskrif die teenoorgestelde).

Die veramerikaanste De Villiers het in sy intreerede as rektor ‘n swart vrouestudent as navolgenswaardige voorbeeld voorgehou, hoewel daar akademies min uitsonderlike verdienstelikheid in daardie geval was. Daarna het hy dieselfde met ‘n bruin vrouestudent gedoen, al was die akademiese substansie weereens karig. Gestel daar is aan die US ‘n blanke student, Jan van der Merwe, wie se pa op sy plaas met ‘n pik doodgekap en wie se ma met ‘n byl vermoor is. Klein Jannie is toe deur sy oupa en ouma in armoedige omstandighede grootgemaak. Toe hy skaars groot genoeg was, moes Jannie koerante verkoop* om voortgesette skoolbywoning moontlik te maak. As student moet Jan vakansies as kelner op die treine werk omdat die US baie studiebeurse uitsluitlik vir toekenning aan nie-wittes het, maar dit is die uitgesproke beleid dat geen studiebeurs spesifiek vir blankes gereserveer mag word nie. Dink enige leser dat iemand met die ideologiese ingesteldheid van De Villiers die geval Jan van der Merwe as voorbeeld aan US-studente sal voorhou? Ek dink nie daar is ‘n kat se kans nie. De Villiers sal net doen wat die lakmoestoets van politieke korrektheid slaag. Diegene wat ANC-meelopers is en politieke korrektheid aanhang, weet in baie gevalle nie eens dat die frase “politieke korrektheid” in 1922 deur Lenin geskep is nie. Slaafse navolging van die kommunisme was vir Lenin sinoniem met politieke korrektheid. As ‘n mens dogmaties ANC-gesind is, moet jy heelwat kommunisme kan verduur.

[* Wyle Wynand Mouton was die beste rektor vir wie ek gewerk het. Hy het die hoogste akademiese sport bereik omdat rektore toe, sekerlik in groter mate as tans, om akademiese redes (en nie om politieke redes nie) aangestel is. Mouton het op ‘n vroeë ouderdom sy pa aan die dood afgestaan. Hy moes in Bloemfontein se strate koerante verkoop om sy studie aan die Universiteit (Oranje-) Vrystaat moontlik te maak. Hy was die toonbeeld van onbesproke akademiese kwaliteit. Oor so ‘n man sal ek roem. Maar prestasie soos dié van Mouton word deesdae as blanke bevoorregting afgemaak.]

Hermann Giliomee skryf oor die oud-Matie Hendrik Verwoerd: “Hy was die eerste student in Suid-Afrika wat sy studies, van sy voorgraadse eksamens tot sy doktorale proefskrif, in Afrikaans geskryf het” (Die laaste Afrikanerleiers, Kaapstad: Tafelberg, 2012, p 27-28). Sal De Villiers om suiwer akademiese redes Verwoerd as navolgenswaardige voorbeeld aan US-studente voorhou? Volstrek nie, want aan die De Villiers-US geniet politiek voorkeur bo akademiese oorwegings. Daarom is daar nie meer ‘n Verwoerd-gebou nie en De Villiers het selfs van die verwydering van die oorblywende Verwoerd-gedenkplaat ‘n openbare skouspel ten koste van blankes en die US van weleer gemaak. De Villiers word deurlopend deur sy politieke preokkupasies gekortwiek sodat hy akademies nie die regte ding doen nie.

Die mate waarin die US hom deesdae van Afrikaans distansieer kan waargeneem word deur die aankondigings van professorale intreeredes op die US-webwerf dop te hou. Feitlik geen intreerede word meer in Afrikaans aangebied nie, terwyl daar baie professore met Afrikaanse vanne (bv Van der Merwe) betrokke is. Myns insiens sal De Villiers nie aanbeveel dat professore dit moet oorweeg om hulle intreeredes in Afrikaans of tweetalig te lewer nie. Hy sal ook nie ‘n versoek rig dat magisterverhandelinge en doktorale proefskrifte in groter mate in Afrikaans geskryf moet word nie. Sy argument as wêreldburger* is waarskynlik dat Engels ‘n (self dié) internasionale akademiese taal is. Verhandelings en proefskrifte word egter nie by uitstek deur bv vakgenote gelees nie, maar eerder artikels voortvloeiend uit daardie tesisse. Die tesisse kan dus in Afrikaans geskryf word, terwyl (sommige van) die artikels in Engels gepubliseer kan word. Maar die Afrikaanse vaktaal behoort uitgebou te word, in voorlesings, klasaantekeninge, artikels in plaaslike vaktydskrifte, ens. Maar dit is te betwyfel of De Villiers ooit so ‘n akademies sinvolle lansie vir Afrikaans sal breek. [* “Cosmopolitanism is the shedding of all that makes one most human, most oneself” (Isaiah Berlin, Against the current, Oxford University Press, 1981, p 12).]

Dit is bekend dat daar die ongesonde neiging is om laer akademiese standaarde aan nie-wit studente, veral swartes, te stel; by toelating en ook tydens die studietermyn. ‘n Rektor is veronderstel om in die eerste plek eerder akademiese as administratiewe leiding te gee. Dit is dus eintlik De Villiers se dure plig om dosente periodiek te versoek om akademiese standaarde te handhaaf, des te meer omdat skoolonderrig in die nuwe Suid-Afrika dramaties versleg het en die standaarde vir studentetoelating by universiteite weens politieke druk op ‘n uiters dwase manier insgelyks drasties verlaag is. Maar dit is ook ‘n tragiese feit dat weens omgekeerde rassediskriminasie voorkeur aan gegradueerde swartes bo wittes by aanstellings en bevorderings gegee word. As werkgewer stel die US in hierdie opsig self ‘n uiters bedenklike voorbeeld.

Wat ‘n rektor dus behoort te doen, is om nie net klem op die handhawing van akademiese standaarde te lê nie, maar om ook te vereis dat dieselfde standaarde vir alle etnisiteite moet geld. Selfs dat as hiervan afgewyk word dit moet wees om eerder hoër pleks van laer standaarde aan swartes te stel omdat swartes voorkeur by aanstellings en bevorderings kry en hulle funksionering in die werkplek dus in groter mate die akademiese aansien van die universiteit bevoordeel of benadeel. Maar ek dink nie daar is ‘n kat se kans dat De Villiers in hierdie opsig die akademies regte ding sal doen nie. My voorstel is na sy smaak seker te polities inkorrek en te sterk pro-akademie.

Tydens Russel Botman se rektorskap het die US volstrek geweier om enigiets met ‘n studiebeurs uitsluitlik vir toekenning aan blankes te make te hê. Dus, behoeftige blanke studente moet eerder die geleentheid vir universitêre studie en die potensieel lewenslange voordele daarvan ontsê word as om ‘n verderflike beginsel prys te gee. Kader Asmal het as onderwysminister dieselfde gedoen. Hy het staatsgeld misbruik om ‘n hofuitspraak te verkry sodat die bepaling dat ‘n studiebeurs vir blankes gereserveer word, opgehef kon word. Daardie beurs word nou aan enigeen toegeken in weerwil van die uitdruklike wense van die donateur. Waarom kan De Villiers dan nie maar ook Jan Marais se wense ignoreer nie? Die norm is blykbaar dat die wense van blankes goedsmoeds geïgnoreer mag word, asook enige maatreël (bv Afrikaans as onderrigtaal) wat tot die voordeel van wittes kan wees.

Daar kan geen twyfel wees nie dat De Villiers hom nie net aan anti-Afrikaansmaatreëls skuldig maak nie, maar ook die toekenning van studiebeurse eksklusief aan nie-wittes (soos Die Vlakte-beurse) ondersteun. Ek is bewus van ‘n oud-Matie wat al jare lank met die US onderhandel oor ‘n studiebeurs wat hy aan blanke studente wil toeken, maar die US is nie vir sodanige etniese voorwaarde te vinde nie. Dus weereens, die mentaliteit van die De Villiers-US is geen studiebeurs eerder as ‘n beurs waaruit net blanke studente voordeel kan trek.

Daar is instansies wat hou van wat De Villiers doen. Die Harry Crossley-stigting het R500 000 aan De Villiers geskenk vir sy “leierskap” in 2015. Hier bo het ek ‘n aanduiding gegee van wat De Villiers-leierskap onder meer behels. In sy intreerede het De Villiers aangekondig dat hy studiebeurse gaan instel vir die oud-inwoners van Die Vlakte en hulle nageslag. Bruin mense is destyds ingevolge die Wet op Groepsgebiede uit Stellenbosch se middedorp verskuif. Wat De Villiers met hierdie Die Vlakte-studiebeurse regkry, is om hom enersyds te distansieer van die destydse blanke regering (terwyl hy in die openbaar geen woord teen die ANC-regering spreek nie) en andersyds om nog studiebeurse uitsluitlik vir nie-wittes in te stel. Hierdie eksklusiewe studiebeurse lê volgens eie erkenning vir De Villiers so na aan die hart dat hy daardie halfmiljoen rand afkomstig van die Crossley-stigting in hierdie Die Vlakte-studiebeursfonds gestort het (US-webwerf, 18 April, en Die Burger, 19 April, p 4). Hierdie gebaar kom van De Villiers wat graag verkondig dat hy die US meer inklusief wil maak, maar blankes mag maar van voordele uitgesluit word.

Op 29 April is De Villiers se intreerede op die US-webwerf in herinnering geroep. Hy was toe, asof hy ‘n ANC-minister is, weer oorsee. Die vraag is of hy ook teen die duurste tariewe reis en luukse verblyf aanvaar. My voorstel is dat hy in die ekonomiese klas vlieg en in drie- pleks van vyfsterhotelle tuisgaan. Die verskil in koste kan en behoort in ‘n studiebeursfonds uitsluitlik vir blanke Afrikaanssprekende studente gestort te word; daardie studente wat Jan Marais in gedagte gehad het toe hy die stigting van die US moontlik gemaak het. De Villiers kan so iets met min moeite en bitter min opoffering doen. As hy net absoluut noodsaaklike amptelike reise wat beduidende voordele vir die US inhou, onderneem, kan die volle bedrae wat andersins in reis- en verblyfkoste gesink sou word in my voorgestelde Afrikaner-beursfonds gestort word. Die US se belange behoort immers voorop gestel te word en by ‘n universiteit behoort dit in die eerste plek eerder om akademies verdienstelike studente as eiebelang en -gerief te gaan. (Ek onthou dat daar ‘n tyd was toe die direkteur van die Staatsbiblioteek in Pretoria op amptelike buitelandse reise gegaan het terwyl daar gekerm is dat daar geen geld vir die aankoop van nuwe boeke beskikbaar was nie. Ek vra toe waarom sodanige reis- en verblyfgeld nie liewer aan boeke bestee word nie. Die antwoord was: “Jy praat nou van twee heeltemal verskillende rekeninge.”)

Daar is myns insiens ongelukkig nie ‘n kat se kans dat De Villiers ‘n halfmiljoen rand of enige bedrag uitsluitlik tot voordeel van blanke en veral Afrikaanssprekende studente, sy etniese genote, sou bewillig nie. Hoe het hierdie radikale ontaarding plaasgevind by iemand wat in ‘n Afrikanerhuis grootgeword het? Kan meer as twee dekades in die buiteland iemand dermate kultureel ontspoor? Die ANC was ‘n ondergrondse terreurgroep voordat FW de Klerk hulle bogronds losgelaat het. Maar wat De Villiers nog sal agterkom, is dat ongeag of sy ANC-kamerade onder- of bogronds funksioneer, hulle nie die Afrikaner se wortels kan saboteer of die Afrikaner en Afrikaans sal uitroei nie. “To be rooted is perhaps the most important and least recognised need of the human soul” (Simone Weil, The need for roots, London: Routledge, 1978, p 41).

Die direkte aanleiding vir my skrywe was eintlik die berig dat die Universiteit Witwatersrand (Wits) R45 miljoen gaan bestee om swart dosente aan te stel (Praag 29 April). Die motivering is klaarblyklik polities, want daar bestaan geen wetenskaplike bewys dat swartes beter akademici as wittes is nie; eerder die teenoorgestelde. Aan die De Villiers-US is R70 miljoen vir hierdie doel bewillig en daarby veral vir die aanstelling van senior akademici, dus nie-wittes wat feitlik noodwendig geen ondervinding van die akademiese lewe het nie. Soos Jonathan Jansen aan die Universiteit Vrystaat sou De Villiers sekerlik graag akademici uit die res van Afrika wou trek (hoe swarter, hoe beter), maar dit is in werklikheid hoogs immoreel om Afrika van sy glad te min gekwalifiseerde akademici te beroof; om van akademies bekwame dosente in Afrika nie te praat nie. Wie sou voor die verraad van 1990/1994 in sy wildste drome kon dink dat hierdie land dermate ideologies omgedop sou word dat die US sterker anti-akademies en meer pro-swart as Wits sou word? Maar De Villiers het dit reggekry.

Die ANC-gedienstige transformasiepad wat die De Villiers-US loop, is wesenlik dieselfde as die van die Universiteit KwaZulu-Natal (UKZN) en die Universiteit Kaapstad (UK), waaroor RW Johnson so indringend geskryf het (“Can UCT be allowed to die?”, Politicsweb, 29 April; Russell Ally het op 5 Mei hierop gereageer). By hierdie drie universiteite is daar geen aardverskil wat transformasie betref nie; hoogstens ‘n graadverskil. Byvoorbeeld, in die plek van UKZN se Zoeloe-manie, het die UK en US ‘n akademies onregverdigbare Xhosa-manie. By geen universiteit bestaan daar egter ‘n ononderhandelbare Afrikaans-manie nie.

Deesdae word daar dikwels oor die verkragtingskultuur op die US-kampus geskryf. Dit is ‘n verskynsel wat aan die US van weleer onbekend was. Hierdie nuwe kultuur kan as een van die vrugte van transformasie beskou word. Maar daar is ‘n ander nuwe kultuur wat veel meer fundamenteel is en baie groter sorg behoort te baar, naamlik die verkragting van gesonde akademiese lewe op Stellenbosch. Geen universiteit kan op akademiese eerbaarheid aanspraak maak as studentetoelating, studiebeurstoekenning en die aanstelling en bevordering van dosente op rasse- en geslagsgronde pleks van suiwer akademies geskied nie. As regverdiging vir hierdie dwaasheid word geskuil agter heeltemal onnodige ras- en geslagsteikens of -kwotas wat blankes en mans en by implikasie die US doelbewus akademies benadeel. Vir hierdie soort leierskap het De Villiers R500 000 ekstra ontvang.

Wat De Villiers bedryf, is wat Julie Burchill “paint-box politics” noem: “Issues were judged by colour: white was bad, brown or black were good – an inverted racism was operating” (The Independent, 3.03.2011). Waar daar ‘n skewe wil is, is daar deesdae ‘n weg. As die vergoeding buitensporig genoeg is, raak die gewete stil. Eers as De Villiers as bejaarde inwoner op ‘n weelderige ouetehuis se stoep in die sonnetjie sit, sal hy hopelik probeer om eerlike antwoorde op hierdie vier vrae te vind: Wat het ek ter bevordering van gesonde akademie gedoen? Wat het ek vir my eie mense gedoen? Wat het ek ter behoud van die Afrikaner en sy kultuur gedoen? Wat het Afrikaans my aangedoen dat ek hom so graag wou vernietig?

Leon Lemmer: Universiteit Stellenbosch: Doelbewuste misleiding

Leon van den Heever, die Direkteur vir Studentewerwing van die Universiteit Stellenbosch (US), skryf soos volg in Die Burger (30 Maart, p 10). Ek haal die brief in sy geheel aan.

“Oor Jan Heunis (DB, 28.03) se stelling ‘Die US-bestuur het deur sy werwingspogings en afwykings van sy taalbeleid die US verengels’:

“Die Universiteit Stellenbosch se werwingskantoor het nog nooit wat strategie betref Engelse leerders geteiken om die US te verengels nie. Die US word bemark as ‘n instelling van uitnemendheid aan alle leerders wat kwalifiseer om by ons te studeer. Dáárom kry ons studente wat, al is hulle Engelssprekend, aan die US wil studeer. Dit is nie omdat ons hulle lok sodat ons die US kan verengels nie. Om die werwingspogings van die US en sy bestuur die skuld te gee vir die groter vloei van Engelse studente, is onregverdig en wek die verkeerde indruk.

“Indien ons ‘n instelling van uitnemendheid wil bly, moet ons die beste studente kry om by ons te kom studeer. Dit sluit Engels- en Afrikaanssprekendes in. Ons sal ons só moet posisioneer dat ons aan al hierdie studente ‘n tuiste kan bied.”

Hier het ons (waarskynlik) nog ‘n Afrikaanssprekende blanke wat ampshalwe die situasie aan die US goedpraat, al kan hierdie politiekery glad nie akademies geregverdig word nie. Van den Heever se pos is ‘n sprekende bewys van die allerhande nuwe, duur poste wat aan universiteite geskep word; poste wat heeltemal onbekend aan universiteite van weleer was. ‘n Universiteit met kompromislose akademiese integriteit sal sonder werwingsveldtogte outomaties (dus sonder ‘n werwingsdirekteur en -kantoor) die akademies beste studente en dosente lok. Poste soos die van Van den Heever veroorsaak dat minder geld vir doseer- en navorsingsdoeleindes beskikbaar is, dus vir daardie aktiwiteite waaroor dit by uitstek aan universiteite behoort te gaan. Hou ook in die gedagte dat Van den Heever se brief voor publikasie waarskynlik deur hoër US-gesag, bv die rektor, Wim de Villiers, goedgekeur is.

In die brief word beweer dat die US se werwingskantoor nog nooit Engelse leerders geteiken het om die US te verengels nie. Dit is ‘n doelbewuste maar lomp poging om die waarheid te verdoesel. Die werwingskantoor teiken nie-wit, veral swart, leerders om die onnodige, nie-akademiese maar polities korrekte rasteiken van ‘n minstens 50% nie-wit US teen 2020 te haal. Die US teiken inderdaad nie Engelssprekendes nie maar om nie-akademiese redes nie-wittes wat Engels as onderrigtaal verkies. As gevolg daarvan word die US doelbewus toenemend verengels.

Van den Heever beweer dat tydens werwing die US as ‘n instelling van uitnemendheid bemark word, selfs dat die US ‘n instelling van uitnemendheid wil bly; dus by implikasie dat dit steeds ‘n instelling van uitnemendheid is. Hy bedoel blykbaar akademiese uitnemendheid, maar daar is duidelike tekens dat akademiese uitnemendheid ondergeskik aan politieke uitnemendheid, spesifiek ANC-gedienstigheid, gestel word. Daarom is dit ‘n infame leuen dat die US die beste studente probeer lok. Hoeveel blanke leerders en skole word deur die US se werwingskantoor betrek/geteiken in vergelyking met nie-wit (veral swart) leerders en skole? Van den Heever kan gerus hierdie statistiek openbaar maak. My inligting is dat die werwingskantoor bv ‘n swart leerder in Limpopo gaan werf het met ‘n US-studiebeurs (en wat dan as die leier van Open Stellenbosch ontpop en chaos en verwoesting gesaai het) eerder as om blanke leerders, wat akademies beter is, in ‘n baie goedkoper veldtog in die Wes-Kaap te werf.

Dit is die US se uitgesproke beleid om kandidate op grond van ras en geslag pleks van op suiwer akademiese gronde tot studie toe te laat (kyk bv die toelatingsbeleid vir MBChB-studie). Dit is ook die US se uitgesproke beleid om dosente en navorsers op grond van ras en geslag pleks van op suiwer akademiese gronde aan te stel en te bevorder (kyk die bewoording van advertensie vir poste: voorkeur word gegee aan kandidate uit “die aangewese groepe”, dus nie-wittes en vroue). In hierdie twee opsigte (studente en personeel) word (onnodige, anti-akademiese) ras- en geslagsteikens nagejaag. Dit is heeltemal onversoenbaar met die waan dat die US ‘n akademies uitnemende inrigting is, wil wees of sal bly.

Dit is dus nie, soos Van den Heever beweer, onregverdig om die US die skuld te gee vir die groter invloei van studente wat onderrig in Engels verkies nie. Dít is US-beleid en die werwingskantoor doen hieraan mee. Opvallend is dat die werwingskantoor die US as ‘n instelling van uitnemendheid bemark en nie as ‘n Afrikaanse universiteit nie. Wim de Villiers het immers by verskeie geleenthede beklemtoon dat die US nie ‘n Afrikaanse universiteit is nie. In sigself bevorder dit die afskaling van Afrikaans en die opgradering van Engels tot die primêre US-onderrig en -administratiewe taal; iets waarmee De Villiers hom ondubbelsinnig vereenselwig het.

Die valse indruk word in die brief gewek dat die US-bestuur ewe lief vir Afrikaans en Engels is en albei ewekansig bevorder. Dit is ook ‘n leuen om voor te gee dat gepoog word om alle studente (Afrikaans- en Engelssprekendes, blankes en nie-blankes) tuis op die kampus te laat voel. Wat in die praktyk gebeur, is dat Afrikaanse en blanke simbole (bv standbeelde) en name verwyder en vervang word met polities korrekte pro-ANC name (soos Beyers Naudé, Desmond Tutu en Russel Botman), wat vir baie Afrikaanssprekende blankes aanstootlik is. Daardie studente en personeel wat tradisioneel op die kampus hoort, word doelbewus ontheem pleks van hulle tuis te laat voel. Die preokkupasie van die US-bestuur is om swartes tuis te laat voel. Daarvoor word agteroor gebuig ten koste van die gevoelens van blankes.

Die ideaal wat nagejaag word, is dat die US ‘n integrerende deel van die bv chaotiese, ondoeltreffende en gewelddadige nuwe Suid-Afrika moet wees. Fundamentele vrae kan oor hierdie misplaasde ideaal gevra word. Is dit wys? Is dit akademies sinvol? Waarom word (substandaard) studente gewerf as die akademiese heil van die US veel eerder in ‘n kleiner, kompromisloos akademiese US opgesluit lê? Wat het transformasie vir die US in die sak gebring? ‘n Kampus waarop miljoene rande se skade aangerig is. ‘n Kampus waarop onderrig dikwels ontwrig word, terwyl onderrig die wesenstaak van ‘n universiteit is. ‘n Kampus wat ten duurste beveilig word en steeds nie veilig is nie; waar akademiese werk bedags nie ongesteurd plaasvind nie en saans (anders as voorheen) glad nie na wense kan funksioneer nie. Verkragtings beleef ‘n bloeityd terwyl so iets aan die US van weleer onbekend was. Objektiewe, rasionele besinning is dringend nodig pleks van teen die feite in mooi broodjies te probeer bak. ‘n Nuwe, suiwer akademiese benadering is nodig, wat die aanstelling van ander mense, egte akademici, in beheer van die US noodsaak.