Leon Lemmer: Christopher Hope (Deel 2): Met oogklappe aan deur ‘n verwoeste land

Ná die skrywer Christopher Hope se besoek aan die ou Suid-Afrika in 1987 (Praag 5.09.2020), het hy in 2017 na sy geboorteland, maar ‘n nuwe Suid-Afrika, teruggekeer en in ‘n boek verslag oor sy waarnemings gedoen: The Café de Move-on blues: In search of the new South Africa (London: Atlantic Books, 2018, 336p; Amazon Kindle $12,06). Die onelegante hooftitel van die boek verwys na nieblanke ondernemings wat op kort kennisgewing moes skuif as die “apartheidsregime” toeslaan (Kindle 417). Die teks neem die vorm aan van ‘n reis deur Suid-Afrika, met as saambindende tema die kwessie van die behoud al dan nie van veral standbeelde.

Sedert 1994 het Suid-Afrika nie net staatkundig revolusionêr verander nie. Instansies in die land het onherkenbaar getransformeer. Byvoorbeeld, die Universiteit Stellenbosch (US), wat deesdae eerder Stellenbosch University wil wees, het sy tradisionele beeld as ‘n bastion van die Afrikanerdom en Afrikaans afgeskud en ontaard in ‘n kompromislose ANC-gunssoeker. Dit kom dus eintlik nie as ‘n verrassing nie om die volgende in Hope se bedankings te lees: “I am most grateful for my three-month residency, in early 2017, as a Fellow of STIAS, the Institute for Advanced Study, at Stellenbosch University” (3669). Wat Hope oor bv sy 1987-besoek aan Suid-Afrika geskryf het, moes ongetwyfeld gehelp het om hierdie finansiële meevaller te verseker. Wat hy hierdie rondte kwytraak, kom dus met die komplimente van die nuwe US.

Hope noem dat hy Bill Nasson by die US as geesgenoot gehad het. Hierdie historikus is, soos Hope, berug vir sy vyandigheid jeens Afrikaners. Byvoorbeeld, Naspers/Media24 het Nasson met voorbedagte rade gevra om ‘n boek oor Hendrik Verwoerd te resenseer (Netwerk24, 10.06.2018). Nasson het hom gate uit geniet. Hy is immers in daardie deel van die spektrum waar hy vrygestel is van die las van objektiewe beoordeling. Nasson noem Verwoerd ‘n “aanstootlike anachronisme” en hy verwys na “Afrikanernasionalistiese dinosourusse.” Dit is te betwyfel of hy ‘n teks wat glo “onverteerbaar” en “behep met kleur” is, self van voor tot agter gelees het, of, soos hy dit stel, deur die 700 bladsye “gewaad” het. Hy het immers vooraf geweet wat hy van Verwoerd dink en bevestig in sy resensie dat sy siening van hierdie groot Afrikaner en intellektueel nie vleiend is nie.

Die aanslag op standbeelde in Suid-Afrika het in April 2015 begin met ‘n aanval op Cecil Rhodes se standbeeld op die kampus van die Universiteit Kaapstad. Hierdie standbeeld “[was] trundled away to some retirement home for redundant idols” (344). Spoedig het dit geblyk dat dit wesenlik gaan om aanvalle op die standbeelde van blankes deur swartes, dus om die uitdrukking van rassisme, gekamoefleer as ongelukkigheid oor bv kolonialisme, imperialisme en apartheid. Hope verdoesel hierdie feit deur te meld dat daar (hoë) uitsonderings is. “Many, but not all, of the iconoclasts were Black and most, but by no means all, of the statues assaulted depicted Whites” (60). Hy het deur die land gereis om inligting oor veral hierdie onderwerp in te samel. Hy misbruik hierdie aanleiding egter tot die uiterste om vrye teuels aan sy radikaal linkse politiek te gee. Daar was diegene wat deur hom ondervra is, wat hom wyslik nie vertrou het nie; wat hom as “an inappropriate repository” beskou het vir die inligting waaroor hulle beskik (74).

Hope herhaal die bekende valsheid dat Oliver Thambo en Nelson Mandela ‘n Suid-Afrika sonder rassediskriminasie begeer het (80). Wat albei as ononderhandelbaar beskou het, was swart meerderheidsregering; iets wat onmoontlik is sonder oorheersing deur ‘n bepaalde ras, kleur of kultuur. Nietemin, Hope kom tot die gevolgtrekking dat hierdie (onhaalbare) ideaal van ‘n Suid-Afrika sonder rassediskriminasie in 2017 iets van die verlede was (80). “South Africans have always had a fondness for lying about race” (432). ‘n Nie-rassige Suid-Afrika was nooit ‘n werklikheid nie. Die 1996-Grondwet laat rassediskriminasie toe; beskou dit selfs as noodsaaklik. Dit is blankes wat sedertdien in die visier is. “This time around, it was Whites who would be moving” (432). “Race … was now more ubiquitous than it had been in the old days of apartheid” (197). “The obsession with race and all that went with it was one of the very few things that in the new South Africa had not changed at all” (201).

In 2017 “I found race and colour to be more divisive than ever. The war of words had never felt more violent. Black people were more and more unforgiving. Whites were angry and baffled, redundant or demonized, their choices narrowing to psychic withdrawal, or the Great Trek in reverse, as they faced up to loss not just of power but of meaning and substance, of being slowly but surely moved on, and out” (84). Hope betreur dit geensins nie en hy neem die swartes ook nie kwalik vir bv hulle onerkentlikheid, ondankbaarheid, hartvogtigheid en onverdraagsaamheid teenoor blankes nie. “We had now a proxy war, where each side attacked the other’s sacred idols because these were next best to the real thing. It was a way of getting at those you wanted removed” (84).

“Our statue wars, I believed, were a result of our intense but lonely obsession with graven images of colonial, imperial and, above all, ‘White’ oppression. Ours had been a long hard night of racial madness where every waking hour was spent reinforcing ethnic difference and distance, ethnic exclusivity, tribalism, partition, separation and apartness.* Over decades we built walls and fences and frontiers with the sole aim of keeping others out or ourselves in. But then, surely, we had been crazy – and more than crazy? The old fascination the Nazis held for some of our rulers had been not just horribly cruel, it was so embarrassingly passé. Other people, in other saner countries, would never succumb to such antediluvian racial dementia” (89). Die gebruik van “we” en “our” in die teks is uiters irriterend en misleidend omdat die beterweter Hope hom reeds in 1974 in die buiteland gevestig het en hom distansieer van verantwoordelikheid vir wat vóór 1994 en sedertdien plaaslik gebeur het. As die arme drommel op ‘n keer lank genoeg hier kom bly, kan hy gerus toets hoe lank hy sonder veiligheidsmaatreëls oorleef.

[* Volgens Hope is ‘n voorbeeld hiervan die swart tuinwerker wat hom as kind soms in Johannesburg opgepas het. “He was able to speak only when spoken to but even then, no one was ready to listen to anything he said” (334). Dit is die soort twak wat sommige van sy buitelandse lesers sal glo.]

“In South Africa, weird was where we began from, and what started out as crazy often became the new normal” (129). Ons kan dus nie verwag dat die nuwe Suid-Afrika ‘n verbetering op die oue gaan wees nie. Dit is deel van “the tragedy of South Africa” (129). By Hope is daar geen begrip of waardering vir wat ‘n klein groepie blankes hier, ver van Europa, oor eeue uit die grond opgebou het nie. “What is beyond doubt is that the arrival of White settlers in the Cape was a catastrophe for indigenous people” (611). “The San and the Khoi of the Cape were decimated by European settlers” (626). Soos in sy vorige boek neul hy oor bv die opruiming van Distrik Ses, wat hoogs oordrewe gekarateriseer word as “one of its [the apartheid regime’s] manic spasms of ethnic cleansing” (134). Wat nogal verfrissend is, is sy gebruik van die woord “incomers” vir die swartes wat in hordes veral uit die Oos-Kaap na die Wes-Kaap migreer. Helen Zille het hulle “vlugtelinge” genoem. In sy jongste boek gee Frans Cronje haar gelyk.

Ek weerhou my daarvan om telkens op Hope se onverkwiklike dwaas- en valshede te wys omdat hulle voor die hand liggend is. Let bv op die volgende louter bog: “Cape Town was always a city of illusions, a town with form, as well as a string of aliases; it once called itself the ‘Taverns of the Seas’, and the ‘Fairest Cape’ [Francis Drake] – none of these disguises were convincing, except one of the oldest, which is not used any longer: ‘The Cape of Slaves’. That last name stung too much to stick for long and it was not to be mentioned in polite company. But that was truly Cape Town, during the great slave period from 1652 [1658], with the arrival of the first White colonists, until 1834, when to the consternation of slave-owning colonists, the practice was abolished by the British” (143). In werklikheid word die hedendaagse plaaslike blankes, soos in Amerika, deesdae kort-kort verwyt oor die destydse slawerny, terwyl die grootskaalse slawerny wat deur swartes en Arabiere bedryf is, verswyg word. Let ook op hierdie fundamentele mislikheid oor Tafelberg: “I had fallen among fundamentalists, hill worshippers so proud of ‘their’ mountain that to hear them talk you’d think they had built it. Their belief, unstated but pervasive, was that here was God’s own capital, together with His holy mountain” (158).

Hope skryf van “a festival of ignorance” (197), asook ‘n “empire of dreams,” wanneer hy na die era van blanke politieke bewind verwys. “In a land where words had been corrupted and emptied of meaning by the linguistic vandals of the former regime … lyrical lift was welcome. And ’empire of dreams’ was apt because it caught the vast, mad vision of Rhodes” (209). “Rhodes was ingrained in us, a way of seeing things, a point of view; he was the mirror we looked into and saw ourselves” (224). Werklik? “Rhodes was found to be a monster – but denial and amnesia have been traditional refuges for English South Africans. For a long time Rhodes, the irrepressible racist, was glossed over” (233).

“He was to show himself an exuberant racist, even by the standards of the times, backing laws forbidding Africans to move freely, restricting what land they might own, regarding them as not quite human. Rhodes laid the foundation of apartheid, and his messianic belief in White superiority was built on by successive regimes, well into the late twentieth century” (249). Die Boere was glo, soos Rhodes, “never shy about walloping their workers” (249). “Rhodes was not the first settler to exhibit this dementia but he took it to a new level. In the history of European settlement in Africa, nothing stands out so clearly as this characteristic insanity” (254). Volgens Hope het die Boere/Afrikaners, bv “the stubborn, absurd figure of Paul Kruger and his deeply backward Boers” (274), daardie kranksinnigheid verder uitgebou.

Wat Hope deurgaans probeer invryf, is hoe uiters sleg – moreel en andersins – die plaaslike blankes was en is. “The fashion in which many South Africans moved through much of the twentieth century required that as many people as possible knew as little as possible for as long as possible. Cruelty blended with muscular stupidity formed the policy many whites wholeheartedly supported or in which most were enthusiastically complicit. But its foundation was always ignorance, proudly encouraged. It was a land where what was on offer was never [!] logic or truth or consistency, values to which for sentimental reasons I attached enormous importance” (314). Hoeveel waarheid is daar in hierdie boek van Hope en die een wat ek die vorige keer bespreek het?

“Apartheid had locked us into the prison of our skins” (372). “The vaunted power of the apartheid state was for me a gigantic bluff – cruel, stupid and ugly, certainly, but a weakness, not a strength, a desparate attempt to reinforce the illusion that Whites were on a roll when they were actually on the skids” (377). “Isolation intensified delusion. South Africans lived not just in another country but in a separate universe where extraterrestrial rules operated. The country and its rulers believed in their own rhetoric. Hubris mixed with ignorance, made a heady brew and South Africans swallowed the stuff eagerly” (387). Wat Hope te kenne gee, is dat ons ‘n onnosel klomp is en gelukkig is om so ‘n wyse mens soos hy te hê wat ons foute vir ons uitwys.

Maar hy kom nooit daarby uit om te sê wat ‘n beter opset vóór of ná 1994 sou gewees het nie. Om in 1994 in Suid-Afrika met demokrasie, gebaseer op een mens, een stem, te begin was myns insiens gewoon dwaas; nie net omdat ‘n groot persentasie van die bevolking ongeletterd en oningelig is nie, maar ook omdat demokrasie nie meer sonder meer as ‘n voortreflike staatsvorm beskou word nie. Meer outoritêre regeringsvorme is besig om guns in die oë van baie Westerlinge te vind, bv as teenhanger vir ongebreidelde vryheid en chaos. As groter swart mag in die hande van nog minder kamerade sou setel, sou dit egter ons nag in Suid-Afrika verder verduister.

“The more public statues I saw, as I travelled the country, the odder they began to look … They may begin as reminders but they finish as reproaches” (473). “An idol that has had its day is more than redundant, it is embarrassing and there is relief when it is carted away. But where to hide it? Fallen statues, effigies in retirement say so much. They may have began as heroes and ended as villians” (478). Hope dink seker dat hy hier diep gedagtes uiter, maar hy is eintlik besig om hom te verlustig in die vernietiging van die standbeelde van blankes, veral Afrikaners vir wie hy nooit ‘n goeie woord het nie.

Hy hou ook nie van die plaaslike blanke Engelssprekendes nie. “English-speaking South Africans were, inevitably, a disconnected lot, never joined by their heartstrings to the country … English South Africans were perpetual arrivistes and unreliable patriots” (1497). “We may have belonged to different language groups but we had our lingua franca, racism, and spoke it fluently” (1750). Die Britte wat hierheen gekom het se siening van Afrika was “as the sort of place where gentlemen went for a little hunting, shooting and fishing and where Black chaps did the work” (2062).

Dalk is daar tog iets ten gunste van sulke standbeelde te sê. “Much South African history has been bogus but it helped to be reminded how we were deceived and how description sometimes encouraged deception. History and memory were weapons to be manipulated in a war of possession, where monuments, statues, dams, universities, airports, streets, mountains and rivers were named not for the comvenience of cartographers, but because they was how you took hostage people and places, as well as ideas and histories” (495). Hierdie verwyte word primêr aan die blanke politieke bewind gerig terwyl dit in dieselfde of meerdere mate vir die ANC-regime geld. Die ANC/SAKP-mentaliteit sal nooit by die punt kom dat daar bv genoeg standbeelde vir Nelson Mandela, ‘n hoogs onvolmaakte ikoon, opgerig is of dat hy in ander opsigte genoeg vereer is nie.

Later gee Hope te kenne dat sowel die blanke as die swart bewind in hierdie opsig ewe dwaas is. Hope, die enkeling met die gewaande insig, weet wat verkeerd geloop het. “When on top, you might do as you liked; but when down, you did as you were told. This depressing formula held sway from the first Dutch colonists to the British imperialists; from the old White race-obsessed nationalists to their race-obsessed counterparts. When power was yours you named avenues, airports and police stations after your leaders, yourselves or your fiends. Once power was lost, the winners took away your names and wrote you out of the history books” (551)

Hope vervolg ietwat meer sober: “If reliable old heroes were now the new villians, could one redress past injustice by airbrushing such figures from the record? … You might forget Rhodes, but his ghost might not forget you” (502). Hope verskuif dan die aandag na Rhodesië, wat eens Rhodes-besit was. “Even the name [Rhodesia] itself had become shorthand for removal and dispossession of Whites” (502). Hierteen spreek Hope hom nie uit nie. Hy hou eerder daarvan. Die blankes was volgens hom, in die woorde van die digter Alfred Tennyson (1809-1892), – woorde waarop Hope dikwels sinspeel – “sleepwalking towards disaster” (507). Met ander woorde, dat die Rhodesiese/Zimbabwiese blankes hulle eiendom verloor en uit die land geskop is, is eerder hulle eie skuld as die resultaat van Robert Mugabe se rassistiese haatdraendheid.

“South Africa is not Zimbabwe, at least not yet, although the parallels are troubling. What the fall of Rhodes revealed was that the hunt was on for someone to blame. President Jacob Zuma was the cause of noisy argument when he charged that ‘the trouble’ originated long before Rhodes. It all began when a Dutch official named Jan van Riebeeck arrived in the Cape in 1652, and began shooting the indigenous locals, starting wars and stealing land” (536) – ‘n buitensporig oordrewe formulering. “Van Riebeeck was fingered by the president as the ur-villian” (545). Wat het hieruit en hierop in April 2015 gevolg? “The monument to Jan van Riebeeck that had stood unmolested for decades in the centre of Cape Town was daubed with paint and a banner hung around its neck, declaring: ‘I stole your land. So what?'” (545).

Hope voeg verdere slegsê by: “The Dutch burghers who accompanied van Riebeeck when he arrived in 1652 were presented by the propagandists of apartheid as puritan pilgrims who brought civilization to a benighted Africa. In fact they were freebooters, mountebanks, scrougers and slave-dealers who diddled their compatriots and regarded the native peoples of the Cape with fear and loathing” (582). Dus, van die begin af was die blankes heluit sleg. Van Riebeeck “and his men inclined not to gardening but to smash and grab. The pattern was established and endures into the present day. The only consistent operating principle of those who colonized the Cape and, later, the country was that you helped yourself to just about anything that wasn’t nailed down because it all belonged to you” (592).

Wat die bliksem hier doen, is om die steelsug waarteen die blankes dikwels tevergeefs voorsorg tref en die endemiese korrupsie wat kenmerkend van die ANC-regime is, voor te stel as bloot ‘n voortsetting van die voorbeeld wat die blankes eeue lank gestel het. Daar was sekerlik ten minste ‘n graadverskil. “The idea that you measured your freedom in the number of slaves, servants or indentured labourers you possessed has blighted the country ever since. The Trek-Boers took whatever territory they managed to wrestle from the people they found there, resisting fiercely any idea of developing the land or the people they imposed themselves on, took it for themselves, and saw it not as theft but as their God-given duty” (597).

“South African history is difficult to explore as a chronicle of past events because it is more like analysing a crime scene; often a rather nasty homocide or an exuberant massacre. There were cover-ups, frightened witnesses, tainted evidence, and testimonies are riddled with subterfuge and deception” (663). “Almost everything we were taught about the early White settlers was wrong” (3434). “The founding fraud [is] at the heart of our history” (3439). “Deceit and delusion … was the stock in trade of some South African historians” (3444). “People in power bend the truth to suit their needs and insist that everyone else believe it” (3449).

Hoe min Hope van ons ontstaansgeskiedenis weet, blyk uit sy opmerking dat Van Riebeeck in 1662 van die Kaap na “what is now Malaysia” verplaas is. Hy weet nie dat Van Riebeeck se bestemming Batavia (Jakarta) op Java in Indonesië was nie. Maar hy sal seker die “apartheidsregime” vir sy gebrekkige kennis van die geskiedenis verwyt. “Under the old regime all history was alarming unless well policed. As little history as possible was taught and then only when heavily slanted to serve official apartheid ideology” (2221). “The essence of much life in this country has been not about what you wished to find out but how much you were able to hide” (2225).

In een opsig was die (meer behoudende) blanke politieke bewinde blykbaar darem beter as die destruktiewe ANC-regime. “Previous regimes, no matter who it was that the monuments remembered, or offended, preferred to let statues stand. But the fall of Rhodes signalled that it was now open season because it soon became clear that this was a game anyone could play” (522).

In Hope se boek wat ek die vorige keer bespreek het, het hy beweer dat hy sy militêre diens in die vloot in Simonstad gedoen het. In hierdie boek verplaas hy dit na Saldanhabaai. “Our military training exploited a familiar South African trait: dressing up the past and calling it the future. The real conflict was not new, it was old; it did not lie ahead, it was here and now, and it was not really a fight against a shadowy Red menace or Black guerrillas. Instead, we were being readied to fight each other, this was really the Boer War all over again” (693). Dit is deurlopend die patroon in Hope se voorstellings: dat die hede soos (of soortgelyk aan) die verlede is. Dit is louter twak om te beweer dat die Boere-oorlog eintlik ‘n burgeroorlog was. Die Boere-oorlog verskil ook fundamenteel van die blankes se stryd teen terroriste (1961-1994).

“Too little has changed” (803). Hope verskaf die volgende voorbeeld. “‘Cadre deployment’ is as old as the hills in South Africa. Everyone from van Riebeeck to Rhodes and Paul Kruger would have recognized its contemporary version: it has been adopted by successive regimes of every stripe and colour as the tried and tested way of dunning the poor and plumping your purse … Boer officials … of Paul Kruger were mocked as dizzyingly corrupt. They made fortunes for themselves and their favourites from monopolies in dynamite and gunpowder” (807). Wat Hope oor Kruger skryf is korrek, maar ook in hierdie geval is daar ‘n reusagtige verskil in graad vergeleke met die ANC-regime, waar kaderontplooiing en grootskaalse korrupsie die hele land ernstig benadeel.

Hope verkies egter die voorstelling dat wat ons tans ervaar bloot ‘n voortsetting is van hoe sake voorheen bedryf is. “Questions of who owned the vast wealth from mines, and who bought and sold them, became all-consuming and corruption so ubiquitous as to be pratically obligatory, and it was increasingly accepted then, as now, as the traditional way of doing things” (1246). “One cannot speak of wealth in South Africa without also talking of weapons. Or theft” (1251). Die Suid-Afrikaanse geskiedenis is glo ‘n “chronicle of theft” (1384). Dus, (blanke) Suid-Afrikaners is gewelddadige diewe in “the tragic human comedy of South Africa” (1256).

Nêrens loof Hope die blankes wat meer as enige ander rasgroep tot die ontwikkeling van die land bygedra het nie. Pleks daarvan maak hy gewag van “Black labourers who were, and still are, the backbone of the country” (841). ‘n Blanke, daarenteen, word gekarateriseer as “the idle heir to a long tradition, so natural to generations of settlers” (841). Let op die woord “settlers”, waarvan Hope dertig jaar lank een was. Hy is in so ‘n mate bevooroordeeld dat hy kwalik werklik kan glo wat hy skryf, maar hy doen dit in die waan dat dit hom aansien en veral in die buiteland ‘n afset vir sy boeke sal gee. Dit is waarom hy teen sy beterwete bv hoogs oordrewe skryf: “the state-sponsored ethnic cleansing we call apartheid” (994). Oor sy besoek aan Fraserburg verwys hy na “the /Xam bushmen, whom the first White farmers … hunted to extinction” (1064) en “hard-drinking sheep farmers who had been known to assault each other” (1004). Hoeveel keer het dit gebeur? Waarom skryf die bliksem nie oor die geweld wat in veel groter mate onder swartes hoogty vier nie?

Volgens Hope is almal in Suid-Afrika basters. “Nothing and no one in South Africa was solely one thing, or one race, despite the decades when this foolish pretence was enforced” (1112). Nog bog: “Today … van Riebeeck was a symbol of everything many Whites wish to forget. To associate yourself with van Riebeeck now was to be found guilty by association with the Dutch governor and his ‘gangsters’ who robbed the locals blind” (1161). Van Riebeeck en sy geselskap, “portrayed by the apartheid ideologues as lily-white, pure and pious Dutchmen,” was glo eerder “a shipload of low-lifes from the Low Countries” (1271). Hope se uitlatings laat gewoon geen ruimte vir iets goeds by die eerste blankes en hulle nageslag wat hulle in Suidelike Afrika gevestig het nie. “They are not African people. They are invaders – they are foreigners” (1176). Op grond hiervan loof Hope die “irreversible change of power” in 1994 (1197).

Dit behoort vir die lesers duidelik te wees dat daar ‘n groot skroef by Hope los is, maar dan is dit hy wat ons van geesteskrankheid beskuldig. Ek het tot dusver slegs oor die eerste derde van sy boek geskryf. Ek het nou genoeg van sy dwaasheid gehad en seker baie van die lesers ook. Die res van die boek gaan ek baie oorsigtelik behandel. Maar hou deurgaans in gedagte dat die Universiteit Stellenbosch dit vir Hope finansieel moontlik gemaak het om deur die land te reis en hierdie skewe siening van Suid-Afrika die wêreld in te dra. Hy bly hamer op die harteloosheid van die rasseskeiding tydens apartheid. Die prominentste opsig waarin die bevolkingsregistrasie jaar na jaar deur ‘n genadige NP-regering aangepas is, is die groot getal bruin mense wat blank verklaar is. Dít is ‘n feit wat Hope nie noem nie, dalk nie weet nie en in elk geval nie wil erken nie. Hoe radikaal die Universiteit Stellenbosch ontaard het, blyk uit die volgende: “The idea of burning down buildings had been presented, even by those in charge of Stellenbosch, not as a crime but as part of the political conversation” (3378).

Die Voortrekkers word beskryf as “Boer ancestors who had trekked north from the Cape, into the Karoo, and shot their way through obstacles and, for that matter, any people who stood in their way” (1305). Nader aan die waarheid is die volgende stelling: “British imperialists, in their ineffable condescension, regarded the Boers as scarcely human” (1310). Dit sou heel moontlik selfs in groter mate vir die swartes geld. ‘n (Fiktiewe) boer/Boer, Theo, beweer in ‘n gesprek met Hope “that ‘his people’ had opened the country” (1310). Dit gee aanleiding tot die volgende tirade:

“I disagreed. I said that when Theo’s people at last took complete power in the mid-twentieth century, far from opening anything at all they shut down whatever and whoever they saw as a threat to their control. They set their faces against variety, reason, forbearance, love, toleration, imagination and humour. They closed schools, churches, universities and libraries. They banned books, films, plays; they expelled clerics and academics, and deported, banned, jailed or killed many who disagreed with them. During their half-century rule they put in place a system of racial intolerance so cruel, so pervasive and so murderously stupid that it blighted whatever it touched” (1316).

“It was a programme so destructive that only those who lived through the years of the pathological condition that we call apartheid could understand how systematized violence seeded itself into every aspect of everyone’s lives” (1320). “Half a century of punitive racial separation [was] so fierce [that] it counted as a war in itself” (1456). Hiermee probeer hy om die veel groter gewelddadigheid van die ANC/SAKP se terrorisme en die voorgesette geweld wat so kenmerkend van die nuwe Suid-Afrika is, nie net te versuiker nie, maar die skuld daarvoor op die blankes te pak. Wanneer Hope na “hands … covered in blood and gravy” verwys, is dit dié van die blankes; nie dié van die swartes nie (1331).

Hope gee sy siening van die “Boer War”: Daar was “the surreal belief on both sides that this was a White man’s war waged in a White man’s country. It was an illusion that prevailed. By an extraordinary sleight of mind, Whites persuaded themselves that Africans, though they were overwhelmingly preponderate, did not actually exist, except as a problem to be solved and as a reservoir of labour. That has always been the clue that gave the game away. Africans were suddenly essential only when someone had to do the work” (1452).

“South Africa was anything but normal, it was never much of a mother [country] … When you looked hard at the map, it seemed to be a matter not of geography but of guns. What you meant when you said ‘South Africa’ depended on your skin colour and your politics” (1512). “Perhaps that was why I had the feeling, early on, that there were no ‘real’ South Africans. Whites offered at best a shaky impersonation of the real thing – Blacks were refused permission to be anything of the sort. This dislocation started under the British, who established that all genuine South Africans must be White” (1517).

“[In] the mid-twentieth century … a deluded cabal of White Afrikaner tribalists, obsessed with preserving racial purity, took over the country and drove a stake through its befuddled heart … European settlement in Africa has been a long game of make-believe. Whites had to pretend, and it was a hard trick to master, that being a European was your vocation and yet Africa was your home” (1522). Die blankes het myns insiens die voor die hand liggende maar ambisieuse/onmoontlike ding probeer doen, naamlik om Suidelike Afrika te probeer vereuropa of verwesters. Hulle ideaal behoort eerder bewondering as verguising te ontlok.

In 2017 is Hope nie net in Suid-Afrika toegelaat nie; hy het ook Orania besoek – “a type of Boer kibbutz” (1998) met standbeelde as “a retirement home for fallen idols” (2008). “In Orania people have made memory their mission, set up monuments, collected statues and constantly reminded themselves that their destiny was to survive. They contemplated not just their superfluity in the South Africa that came into being after 1994, but their probable extinction, and took steps to resist. Their model would be the Israelites whom Moses led out of Egypt; they would gather all those faithful to the tribe, language and culture and trek into the desert. They would create for themselves what they once insisted everyone should have and live in – an ethnic enclave, what might be called an ‘Afrikanerstan’. What they have made in Orania is real enough but it is also a place that feels as insubstantial as a dream” (1849).

“Orania reminds me of what I saw in ex-Yugoslavia. During the wars of the nineties, when the country split into tribal reservations, ethnic islands” (1874). Wat is verkeerd daarmee? Die huidige opset daar is baie beter as die vorige konglomerasie, terwyl die huidige plaaslike opset ‘n terugwaartse, eintlik fatale, stap was. Die stigter van Orania, Carel Boshoff (Praag 19.12.2015), “dreamt of a homeland where the culture, faith and language of the Afrikaner volk would be preserved. The idea assumed you might redeem the past by deft retrospective surgery, slicing off bad bits, sewing on others, and serving it up as the future” (1884) – “a rearguard action against history” (1902). “It was a view at once familiar and dispiriting because so very South African; a destiny always defined by race, and skin colour, always announcing a revolutionary future that looked, on examination, very like a reactionary and racist past” (1923).

Teen hierdie tyd behoort dit duidelik te wees dat Hope se beperkte intellektuele register hoofsaaklik twee idees bevat: dat die blankes, veral Afrikaners, die toekoms in die verlede soek en dat die onverkwiklike hede in Suid-Afrika eintlik ‘n voortsetting van die verlede is en die skuld daarvoor gevolglik op die blankes geplaas word. Die swartes kom skotvry daarvan af. Hope is oorbewus van velkleur. Hy verstaan nie kultuur en kultuurverskille nie. Hy gebruik feitlik nooit die woord “culture” nie. Dit kan op sy ongekultiveerdheid dui.

Ingevolge sy uiterste, militante liberalisme soek Hope alewig eendershede waar daar nie is nie. Met verwysing na hulle destydse swart tuinwerker, George, in Johannesburg, skryf Hope (let op die onderliggende oneerbiedigheid jeens Verwoerd se tragiese einde): “Would he [George] have considered how one very odd individual may turn out to be the grotesque reflection of another? Would he have been alarmed or amused by the eerie similarity between Dimitri Tsafendas, a Greek immigrant of mixed race, obsessed by what he believed to be a gaint, talking tapeworm in his gut that gave him orders; and Hendrik Verwoerd, a Dutch immigrant consumed by his mission to keep the tribe from contamination, and who took his orders from the Almighty? (2202). “Both men were subject to dangerous and deadly delusions” (2212).

“South Africans are a traumatized people. Apartheid replaced compassion and civility with fear and loathing. And this was never seen as aberrant behaviour; the system required it – brutality was enforced, hate encouraged, violence applauded and, it must be said, even enjoyed. Apartheid may have gone but not the violence it engendered” (2240). “Happiness was always discouraged” (2450). Dus weer eens: Die gewelddadige nuwe Suid-Afrika is na bewering te wyte aan die blankes; dus nie weens Nelson Mandela en sy MK-terroriste en hulle navolgers se misdade nie. “Under the old apartheid regime murder moved from being a freely available option to something close to an obligation” (2669).

Wie het die meeste swartes tydens die “bevrydingstryd” gedood, die blankes of die swartes? Hoeveel moorde was daar per jaar tydens apartheid en, in vergelyking daarmee, hoeveel jaarliks sedert 1994? “White farmers are four times more likely to be murdered than anyone else” (2861). Maar kyk hoe plooi Hope dit onmiddellik daarna: “Black farm workers, too, are attacked and murdered, sometimes by White farmers, who have earned a reputation for brutality that goes back centuries” (2871). Moord word in veel groter mate deur swartes as deur blankes gepleeg.

Volgens Hope was alles tydens apartheid sleg. “The country was a giant menagerie where zoo keepers who claimed to be divinely appointed presided over less-than-human others, who were locked into the prisons of their skins” (2773). ‘n Sebra word beskryf as “an animal that could not change its stripes, an animal that would have served perfectly as an emblem of the old apartheid state: two exclusionary zones, one Black, one White, and never the twain shall meet” (2950).

“Rewriting history required time and effort but remaking images needed only a can of paint, a hammer or a smelter, at the whim of some functionary who did not like what he saw” (2984). Hope kon die naaste aan regsinnigheid in die volgende aanhaling, hoewel dit nie sonder vals note is nie. “It is wrong to imagine that by overturning idols, we can prevent the past from haunting the present. Because without useful, though painful, reminders of where we came from, how are we to begin even to have any idea of where we wish to go? Deeply repressive societies, in the Soviet Union or Eastern Europe, have been ardent about re-engineering the past but failed. No amount of name-calling or name-changing gets rid of the past. Re-education of the transgressing classes, however expertly and forcefully administered, will not do the trick. Even state-sponsored ignorance, so popular in the old South Africa, is no protection against returning demons. Effigies and idols, after they have been forcibly ‘disappeared’, have ways of reappearing to remind us they were once intimate, if embarrassing, members of the family. Rather than covering them up or trucking them off to the scrap heap, it seems to me that they have something to tell us, and it pays to hear them out” (3088).

“The assault on statues has moved from low priority crime to high priority protest” (3102). “The hunt for past oppressors gathers pace” (3112). “[The] weapons were aimed in the wrong direction – at libraries, lecture theatres, statues, paintings” (3309). Hope het sy boek begin met verwysing na die verwydering van die Rhodes-standbeeld van die kampus van die Universiteit Kaapstad. Hy sluit sy boek af met ‘n beskrywing van sy besoek aan die Rhodes-borsbeeld, wat deel is van die Rhodes-gedenkteken aan die hang van Tafelberg. “The first thing I noticed was the hole where his nose had been. It had been cleanly removed, leaving a perfectly shaped nasal aperture. Hostile graffiti writers had been busy … The assault seemed a half-hearted, unfinished job … If this was the worst angry young South Africans could do to one of the few really world-class villians, you had to wonder if they deserved to have any ” (3589).

Oudergewoonte, as hy iets misdadigs teëkom, plooi Hope die skending van hierdie Rhodes-standbeeld asof dit die skuld van die blankes is. “I hope the noseless Rhodes survives … The scar left on the landscape, and the soul, when District Six was ‘removed’ says all that is needed about, not only the cruelty, but the stupidity of apartheid, based as it was on the belief that by knocking down people’s homes and demanding they live out of sight, at least by night, you could re-engineer reality. It was an idea even more foolish than claiming that by toppling effigies you did not like you could rewrite history. We should preserve embarrassing monuments – bad memories can be a precious resource” (3619).

Die “unfinished job” waarvan Hope gewag maak, is intussen voltooi. Die kop van Rhodes se borsbeeld is onlangs verwyder (Netwerk24, 15.07.2020). Terselfdertyd het Afrikanerinstansies, bv die FAK, ná die verwydering van MT Steyn se standbeeld van die kampus van Free State University, voorbrand begin maak vir die verskuiwing van die standbeeld van Paul Kruger en sy vier krygsmanne vanaf Kerkplein in Pretoria. Daar is so min ruggraat in Afrikanerinstansies oor dat hulle oorgee voordat hulle hulle tot enige daadwerklike verset teen sulke dwaasheid en onbeskaafdheid gewend het. Die gevolg is dat alle Afrikanerstandbeelde – ook -monumente, ens – al hoe meer in die gedrang is.

Tans is daar weer koerantberigte oor monumente uit die verlede wat glo aanstoot gee en volgens die ANC-regime na “temaparke” verwyder behoort te word. Wat nooit genoem word nie, is dat daar talle monumente opgerig sedert 1994 is wat misdadigers, bv terroriste, vereer en vir my en sekerlik ook ander Afrikaners uiters afstootlik is. Wat Afrikaners begeer, word sonder meer deur die regime geïgnoreer omdat daar plaaslik, anders as in bv Amerika, hoegenaamd geen minderheidsregte bestaan nie.

Stellenbosch University is aktief besig met die formulering van ‘n program van “visuele regstelling”, wat deel van hulle oordrewe transformasie is. Daar is myns insiens geen moontlikheid dat die huidige US-bestuur, met Wim de Villiers aan die spits, enige beswaar teen die verwydering van Jan Marais se standbeeld van die kampus sal opper nie. Marais se stigtingsvoorwaarde, dat Afrikaans nie ‘n minder plek as Engels aan die US mag hê nie, is selfs gedurende die US se eeufees in 2018 konsekwent deur De Villiers verswyg. Geen Afrikaansinstansie het hom daaroor opgehel nie. Dit word skynbaar aanvaar dat om vir Afrikaans, die Afrikanerdom en blankes in Suid-Afrika te ywer, reeds ‘n verlore saak is.

Wat is Hope se ongevraagde raad aan ons as blankes? “The best hope left to ‘us’ was not rebellion … but, perhaps, a managed redundancy. That was what made assaults on effigies not only pointless but misguided. It might be best to treat these memorials, from Rhodes to Kruger, with care because, without them, how were we to remind ourselves of the way we had been? Removing every last statue changed the past not one whit, because those they commemorated still remained, for good or ill, aspects of ourselves. And in a country so given to amnesia we needed all the memory we might save” (2470).

Wat gaan van die blankes word? Wat is Hope se wens? “When you look at the figures it is not deportation or pogroms or even the long-anticipated race war that will drive Whites into, or over, the sea. It is simply too late for that sort of thing. Demographics and disillusion may carry them away, whatever happens” (3659).

Leon Lemmer: Christopher Hope (Deel 1): Die wit klong wat weggehol het

Daar is iets waarin ek ‘n groot renons het: Oud-Suid-Afrikaners wat uit die land gevlug het en dan met skryfwerk vorendag kom waarin hulle die blanke politieke bewind in baie groter mate as die huidige swart regime veroordeel. Daar is gevalle soos Anelia Schutte, wat in 1999 geëmigreer het (Praag 5.10.2019), en Philippa Garson, wat in 2008 genoeg van die “bevryde, demokratiese” Suid-Afrika gehad het (Praag 23.05.2020).

Christopher Hope (gebore in 1944) verskil van die genoemde twee omdat hy reeds in 1974 oorsee verkas het. Dit het gevolg nadat twee van sy digbundels (1970, 1974) in Suid-Afrika verban is. Sy eerste roman, A separate development (1977), is ook verban. Ek is teen sensuur gekant, maar Hope se weergawe van apartheid en sy siening van die Afrikanerdom is so buitensporig oordrewe en bevooroordeeld dat ek dit moeilik vind om ‘n verbod op sy skryfwerk te betreur. In wat hier onder volg, is dit meesal onnodig om hom teen te spreek omdat ingeligte lesers weet dat daardie stellings vals is. Ná 1977 het nog van sy romans met Suid-Afrikaanse temas gevolg, soos Kruger’s Alp (1984) en The Hottentot room (1986). “After all writing was a way of showing where one stood” (Hope, bron hier onder, Kindle 3714). Hope se pa is as vlieënier in die Tweede Wêreldoorlog in Noord-Afrika gedood. Sy ma, Kathleen Hope, het weer getrou maar Christopher het nie met sy stiefpa oor die weg gekom nie. Hy het sy ma se nooiensvan as syne aangeneem. Hy het in 1967 getrou, maar geskei.

Hope beskou homself as ‘n Engelssprekende Rooms-Katoliek van Ierse oorsprong. Dit stel hom in staat om hom nie net radikaal van Afrikaners te distansieer nie, maar ook van Engelssprekendes van Britse oorsprong. “The Irish do not understand the English” (1691). Hy het dus ook nie in Engeland wortelgeskiet nie en hom in die middel van die jare negentig in Frankryk gevestig. Dit verhoed hom ongelukkig nie om periodiek besoek aan Suid-Afrika te bring en dan in sy geskrifte oor sy geboorteland gal te braak nie. In hierdie verband misbruik hy sy vaardigheid in Afrikaans; ‘n vermoë wat dateer uit sy skoolloopbaan in Pretoria. Dié skoolonderrig, “Christian National Education,” was glo sleg. “It was not particularly Christian, never national and a travesty of education” (1831).

In 1962 het Hope met sy militêre diensplig in die Suid-Afrikaanse vloot begin. Daarna was hy ‘n student aan die Universiteit van die Witwatersrand (BA-graad, 1963-1965) en aan die Universiteit Natal in Durban (Honneurs-BA in Engels, 1969); ook ‘n MA-graad in Engels aan Wits (1970). In Durban was hy ‘n joernalis. Sy radikaal linkse ideologie toon duidelike spore van sy Wits-agtergrond. Byvoorbeeld, “I write not to change the world but to undermine it” en “It is not for the white farmers to insist they belong.”

‘n Interessante waarneming van Hope, toe hy in 1987 ‘n kroeg op die Wits-kampus besoek het, is: “the race groups split these days into separate tables … It is striking to note how this voluntary apartheid prevails” (3073). ‘n Ander integrasionis, Jonathan Jansen, het tot sy ontsteltenis dieselfde verskynsel op die kampus van die Universiteit Pretoria asook op dié van die Universiteit Vrystaat waargeneem. Dit lyk asof soort-soek-soort ‘n natuurlike verskynsel is; dat dit glad nie afstootlik of misdadig is nie.

In hierdie tweedelige rubriek bespreek ek Hope se twee outobiografiese boeke, wat hy as nie-fiksie aanbied.

White boy running

Hope het in 1987 na Suid-Afrika gereis om die plekke waar hy eens gewoon het, te besoek. Hy het terselfdertyd die algemene verkiesing, op 6 Mei, meegemaak. Daarna is die volgende boek van hom gepubliseer: White boy running (London: Atlantic Books, 1988/2018, 288p; Amazon Kindle $12,06). Hou deurgaans in gedagte dat wat Hope beskryf die ou Suid-Afrika is, dus toe die blankes nog in beheer van die land was,

Sy besoek het doelbewus die aanloop tot die algemene verkiesing en die verkiesingsdag ingesluit. “This election has a peculiar fascination. Almost certainly it will be the last all-White election ever held, and I have an overwhelming desire to be in at the death” (Kindle 275). “Nationalists, Progressives and Conservatives … are united in their rejection of majority rule … no one talks of Black rule” (979). “The President himself now declares that there will never be majority rule in this country, and, therefore, there will never be a Black President” (1009). Hierdie 1987-situasie toon onteenseglik dat dit ‘n leuen is dat die meeste blanke kiesers in die 1992-referendum tot swart meerderheidsregering ingestem het. Die waarheid is dat die blankes en die land in 1994 op die allerskandaligste manier uit ‘n eerstewêreldse Westerse toekoms verneuk is.

In die teks is daar lang literêre beskrywings waarin die outeur klaarblyklik met die oog op buitelandse lesers veral die Afrikanergeskiedenis kriminaliseer. Van die stellings is uiters vergesog maar is blykbaar geskryf in die waan dat hulle eerder gevatte as misplaaste humorsin dokumenteer. Daar word baie van nabaat gebruik gemaak om die indruk te wek dat die outeur reeds vroeg in sy lewe in oorverligtheid uitgemunt het. As romanskrywer gee hy soms vrye teuels aan sy verbeelding. “It was as if the place [South Africa] was so absurd, so incredible, so terrifyingly funny that it was only by putting it into story form that you could believe in it” (1541). Hy misbruik bv die bekende truuk om skynonderhoude met anonieme mense te voer en dan self as die beterweterige orakel op te tree. Hierdie alwysheid ontspring in ‘n mens wat met die eerste probeerslag nie eens sy matriekeksamen kon slaag nie (2049). Geskiedenis was seker een van die vakke wat hy gedruip het, want hy skryf van “the defeat of the republican ideals by the British, not once, but twice in the Boer Wars of 1880 and 1899” (177).

Hope illustreer hoe vreesbevange die blankes is deur te vertel van hoe ‘n blanke in die nag al hoe vinniger geloop en later gehardloop het toe hy agterkom dat hy agtervolg word. Hy het verkeerdelik gedink dat hy deur ‘n swarte agtervolg word. Die agtervolger vra toe vir hom: “Why are you running, White boy?” (1671). Die boektitel is hieraan ontleen. Hope vra: “Who told me the story? Did I make it up myself? I do not know” (1676). As ek reg onthou, is dit Jesse Jackson wat van ‘n soortgelyke ondervinding vertel het: Hoe bang hy was toe hy agterkom dat hy agtervolg word, hoe verlig hy was toe hy vasstel sy agtervolgers blankes was en hoe skaam hy gevoel het oor sy vrees vir mede-swartes in die nag. Waarmee Hope hom in sy outobiografiese boeke besig hou, is ‘n spel wat wissel tussen feit en fiksie. In hierdie geval vind Hope aansluiting by die gewilde polities byderwetse tipering van blankes as swakkelinge wat vreesbevange en broos (“fragile”) is.

Die gevare wat Afrikaners in hierdie “wye en droewe land” (NP van Wyk Louw) deurstaan het, word as mites afgemaak. “I dislike intensely people who support walls, build them, and encourage their use” (3739). Volgens Hope het hierdie bangbroeke in 1652 per skip hier aangekom. In Kaapstad is daar “a castle which the early settlers built to replace their fort. The fort was the first thing they built, and is indicative of the state of their thinking about the indigenous inhabitants of the Cape” (2083). In 1510 is die Portugese ontdekkingsreisiger, Francisco D’Almeida, en 64 van sy bemanningslede aan die Kaap deur Khoi-Khoin uitgemoor. Verwag Hope dat Jan van Riebeeck en sy manskappe hierdie feit liewer moes geïgnoreer het? Ek het die indruk dat Hope die eerste blankes aan die Kaap eerder dood wou gehad het. Dit word bevestig deur sy wens dat Hans Strijdom en Hendrik Verwoerd liewer dood moet wees (kyk hier onder).

Die illustrasie op die voorkant van die boek toon ‘n (bevoorregte) wit seuntjie wat deur ‘n (benadeelde) swart kinderoppaster op ‘n kruiwa gestoot word. Dit verbeeld die tema van die boek. Hope vertel agtereenvolgend van sy besoek aan Balfour, Johannesburg, Pretoria, Kaapstad en Durban. In sy 2018-voorwoord maak hy op objektiwiteir aanspraak: “I tried to portray the surreal [!] heart of the country by collecting evidence from the most expert witnesses, those on the ground, on all sides and from all races” (57). Hy gee (valslik) voor dat sy hervestiging in die buiteland hom help om Suid-Afrika objektief te beoordeel. “I could live at such a remove from my own country; I must say that I found it preferable” (1237). Waarom dan nie eerder permanent wegbly en ophou om laakbaar oor jou geboorteland te skryf nie?

‘n Mens sou verwag dat hy, omdat hy dertig jaar lank in die land gewoon het, van beter sou weet, naamlik dat die onderskeiding van vier hoofetniese groepe op verskille in kultuur (leefwyse, maniere van dink en doen) gebaseer is en nie primêr op velkleur nie. Hy verkies egter om te beweer dat apartheid/afsonderlike ontwikkeling uitsluitlik op velpigmentasie gegrond is, gevolglik noem hy die beleid “a monument to stupidity” (57). “Skin tones [are] the only realities in South Africa” (2759). Hope verwys na “the religion of pigmentation … The result is to create a country more bizarre than anything a writer could dream up. South Africa is a deeply inventive asylum” (3818); “a horrifying comedy” (3823). Die blankes koester glo “secret epidermal consolations” (1640). “Anywhere else colour is no more than an impression of tonal values, but in South Afrika it is the world” (2019). As slegs velkleur die verskil tussen blankes en swartes was, waarom word dit algemeen aanvaar dat geen blanke ooit weer die plaaslike staatshoof sal wees nie?

Die land word soos volg gekarakteriseer: “South Africa does not exist as a place, it is only the expression of policy; it is not a country, it is a condition. It is the result of forty years of social engineering in which it has been hacked about and reshaped according to a wild ambitious dream that maintained that it is only by building fences between groups with differently coloured skins that you could make the Black people free and the Afrikaner people safe” (3513). ‘n Meer akkurate beskrywing van die dilemma is: “How do you acknowledge Black aspirations for majority rule while conceding legitimate White fears of domination?” (2409). Die keuse is óf swart oorheersing, soos ons sedert 1994 ervaar, óf blanke baasskap, soos ons in die goeie ou dae beleef het.

Die “White Right” van destyds (die Konserwatiewe Party, Herstigte Nasionale Party en AfrikanerWeerstandsBeweging) word beskryf as aanhangers van rassuiwerheid, van “the ethnic immaculacy of the Afrikaner tribe” (701). Hulle word as “Neanderthal political thinker[s]” (409) en as “fanatical groupings” (595) uitgekryt. Let op die volgende oordrewe formulering: “The merest tincture of poison introduced into the sacred well of racial purity will kill the tribe” (208). “The National Party represents something akin to the Middle Ages; to its right the Conservative and Herstigte National Parties together yearn for a return to the Dark Ages” (244). Dalk laat Hope se geskiedeniskennis hom weer in die steek, want die Donkereeue word dikwels as ‘n sinoniem vir die Middeleeue gebruik.

Wat het in 1948 gebeur toe die NP aan die bewind gekom het? “The great darkness … fell on the land” (264). “They set out to restore the legend, the potent myth, of trekker heroism” (1551).”The [Afrikaner] tribe … decided that time should be stopped and put into reverse” (294). “It is always yesterday in South Africa” (284). “The new regime of 1948 came in on a programme which declared that the way forwards was the way backwards” (1396). “The best place for the past was firmly ahead of them” (1461). Paul Kruger se woorde aan sy volksgenote word soos volg verdraai: “If they cared for their future they should look to the past” (430). Kruger se stelling was egter selektief oor die verlede en uitdruklik toekomsgerig: (geparafraseer) Neem uit die verlede wat goed is en bou die toekoms daarop. Hope laat nie die kans verbygaan om Kruger sleg te sê nie. “Kruger was so easy to dislike, he presented such a target, an extremely vulgar man, a buffoon, an anachronism” (1570). Later noem hy Kruger “the vulgar, stubborn backwoodsman” (1620).

Afrikanerpolitiek is glo sinoniem met gewelddadige oorheersing. “The true texts, or literatures of this country, are to be read in gunshots, walls and fences” (2505). “What things come down to – a fist, a boot, a bullet … These farmers truly expect the Black man to be the death of them one day” (376). Die swartes word glo saamgehok in tuislande, “casinostans” (2887), “obscure tribal fiefdoms distinguished only by their casinos and their soil erosion” (1974). “Only the police are happy” (1974). “One goes to the police station as one would to the Church, because police stations are, after all, way stations upon the road to Paradise” (2475).”The present Government, through its police and its soldiers, is at war with the rest of the country. It may talk, it may posture, promise, pretend, it may ‘consult’, it may announce ‘reforms’, but it seems to have lost even the last threads of legitimacy” (3158).

“This government is itself the greatest barrier against any sort of meaningful change. It is too much to expect that the men who invented apartheid could begin to understand how it should be dismantled … Consider the dilemma: the Afrikaner cannot effect meaningful change without ceding power to another group” (3296). Elders noem hy dit “real change” (3972). Vir Hope (wat in die buiteland sit) en diesulke is betekenisvolle of egte verandering oorgawe aan swart mag, waarmee hulle nie daagliks sou moet saamleef nie. Dít is iets waaroor daar in regse geledere duidelikheid is. “Nowhere is the dilemma of the present regime more keenly appreciated than among its opponents on the far right” (3300).

Hope, die “Ier”, distansieer hom ook van die blankes van Britse oorsprong wat die NP-regering al hoe meer gesteun het. Oor bv die 1930’s skryf Hope: “This is not to suggest that Englishspeakers … were any less racially prejudiced than their Afrikaner counterparts; indeed, they were often more vulgarly and shrewishly disposed towards the ‘natives’ than the Afrikaner who lived and worked with them” (566). “The Englishspeaking liberal had made a considerable contribution to his own irrelevance … A sense of fairness and tolerance were precisely the qualities which prevented us from attacking the everyday idiocies of our Government with proper ferocity” (3808). “I believed that the only possible response to the system … was … to find a way of attacking it from some new vantage point” (3813).

Oor DF Malan se herstigting van die Nasionale Party, nadat Barry Hertzog met Jan Smuts se party in koalisie gegaan het, skryf Hope: “A new ‘purified’ National Party, a rough, unlovely thing” (580). Die bewindsaanvaarding van die NP in 1948 word “a catastrophe” (731) en “the start of the Afrikaner revolution” genoem (799). “The dogmas of purified Afrikanerdom were spreading like a killing mist … the racial phobias of the dominant tribe” (870). “Henceforth, the country was to be run on the lines of a human zoo with different species confined to their own cages” (1387). Malan se NP was glo verantwoordelik vir “the excoriation and, where possible, extirpation of the English and their influence” (580), “a detested minority” (1332). Eintlik verkondig hy die leuen dat die NP net so harteloos teenoor blanke Engelssprekendes opgetree het as wat die ANC-regime deesdae die blankes, veral die Afrikaners, behandel. “The Ayatollahs of apartheid have reigned now for four decades and the effects of their extraordinary forty-year programme of human engineering will be felt for many generations, whatever political changes may occur” (815).

“They [Calvinists/Afrikaners] were the ones who would someday roast in hell” (1347). “Nationalist politicians believe in the absolute coincidence between tribal imperatives and the wishes of the divine spirit” (1920). Hulle is glo ‘n “demented tribe” (1861). “It is singular that no opposition groups to the left of the present Government have ever emerged among Afrikaners” (1925). Volgens Hope se insig moet jy polities links wees om reg te hê. ‘n Afrikaner, daarenteen, “does not feel it [is] enough merely to be powerful, he wishes to be right as well … His critics are branded communists, subversives, traitors” (1925). “Exploiting people has never been wrong in this country” (3271).

Oor Hans Strijdom se dood in 1958 skryf Hope: “It seemed the brightest news in years” (1655). Oor David Pratt se mislukte sluipmoordpoging op Hendrik Verwoerd in 1960 skryf hy: “It was a tragedy that he [Pratt] had proved himself to be such a bad marksman” (1750). Hy verwys na “the old Show Grounds sacred to the memory of Mr Pratt” (3043). Dit klink asof Hope Dimitrio Tsafendas se suksesvolle aanslag in 1966 op Verwoerd se lewe verwelkom het. Hy verwys na Verwoerd as “a gentle fanatic filled with a sense of divine mission, and an unshakable, bewildering belief in the tribal exclusivity of the White Afrikaners, the apostle of apartheid who believed in the absolute separation of different groups” (2180); “that St Paul of segregation, the theoretician of the system of militant segregation we call apartheid” (2288).

In 1966 “I was rather embarrassed by the anguish of my Afrikaans co-workers and even more by my inability to offer even perfunctory sympathy in the face of their sorrow and disbelief, their grief; being without the least share of their mystical reverence for a man who seemed to me to have been more than anyone the baleful genius of a system of constitutional White supremacy, a man who permitted nothing to stand in the way of the historical imperatives of his tribe” (2195). “Here was a man who had pledged himself body and soul to the most grotesque distortion of human values” (2199). “After Verwoerd, the moral certainty went out of apartheid, fanaticism was replaced by expediency … the granite years were over and the greasy hours were at hand. Balthazar John Vorster, who had a face somewhere between that of a bloodhound and a Renaissance cardinal with dubious predilections, succeeded the Doctor” (2204).

As baba het Hope en sy ma op Balfour in sy oupa se huis gewoon en ná die oorlog by dieselfde oupa in Johannesburg; in Kerryweg, Parktown. Hendrik Verwoerd, die redakteur van Die Transvaler (1937-1948), het toe in dieselfde straat gewoon. Telkens wanneer Hope na Verwoerd verwys, noem hy Verwoerd sy eertydse buurman. In 1952 het hy, sy ma en stiefpa na Brooklyn in Pretoria verhuis; “the Boer capital” (1153), “their holy city … enemy country” (1327), waarin “sad, savage injustices” gepleeg word (1212); “under the crusading racialism practiced as an article of government policy against all our coloured countrymen” (1332), dus “an abnormal society” (1362). “Without some appreciation of the spiritual significance the place [Pretoria] holds for Afrikaners it is not possible to understand the dark symphony of White South African politics: the Whiter the politics, the darker the music” (1461). “Parliament may pass legislation in Cape Town, while the judicial capital is in Bloemfontein, but the real damage is done in Pretoria” (1177).

Die Uniegebou word “our very own Kremlin” genoem. “It has about it the look of a prison or an asylum” (1183). Sou Hope die Uniegebou steeds so beskryf noudat die ANC-regime daar ingetrek het? Ek dink nie so nie. Die Voortrekkermonument is glo “this immense bulky granite bunker” (1470), “the great granite mausoleum” (2559). “The place is a gigantic exercise in vulgar triumphalism and it looks like an inflated model of those radio sets they used to build in the ‘thirties” (1480). Blykbaar is Afrikaners nie eens in staat om sonder om skande te maak monumente te bou nie. Oor die monument by Bloedrivier skryf Hope: “Opened in 1973, built at enormous cost, it caused something of a scandal, but then that has been the way with most of the sacred monuments to the Afrikaner faith” (2559). In Pretoria het Hope die Transvaal Museum besoek om ‘n uitgestorwe olifantvoël van Madagaskar en ‘n Mauritiaanse dodo te sien. “White Calvinists … were really the Elephant Birds of South Africa. And their nervous, English-speaking accomplices were the Dodos. Surely it would be simply a matter of time before both faded into oblivion” (1521).

In 1987 was daar “endemic violence” in Suid-Afrika (1103, 2460). Hope verwys na die veiligheidsmaatreëls wat die blankes tref (1103). “What is interesting is the way in which what one might call the politics of the barricade is being increasingly reflected in the architecture of the cities, in the pill-box or bunker style of many commercial buildings” (2374). Dwarsdeur sy boek versuim hy egter in groot mate om te sê watter vorme daardie misdadigheid aanneem, bv terrorisme, en wie hierdie misdade pleeg. Hy distansieer hom van die aanvaarding van medeverantwoordelikheid vir die politieke situasie in Suid-Afrika. “The sense of exile we [liberals/Catholics] felt within our own country is something which has never left me. We were a generation who went into exile before we left home. Leaving does not increase the sense of loss, returning does not cure it” (1356). Waarom dan nie eerder permanent skoert nie?

In 1962 het Hope na Simonstad verhuis vir sy militêre diens in die vloot (2093). Ná sy studiejare aan Wits het hy in 1966 na Kaapstad teruggekeer om redaksionele werk te doen (2140). In 1987 het hy Kaapstad herbesoek. Dit gee aan hom die geleentheid om gal te braak oor die opruiming van die krotbuurt en misdaadnes bekend as Distrik Ses. Die bruin inwoners is (in bekende geykte terminologie) na “the windswept, desolate flat lands” (2135), Mitchells Plain, verskuif. “There is nothing but an open space where Distict Six used to be … The place looks like a bomb site” (2149). “I hope they will never build on it … This gaping hole … where people once lived” (2159).

In 1987 het Hope ‘n NP-verkiesingsbyeenkoms op Stellenbosch bygewoon wat deur PW Botha toegespreek is. “He is prepared, he says, for negotiation but not for surrender” (2313). “The vinger begins to wag” (2323). “The forefinger stabs the air” (2333). Die nie-terroris, PW Botha, mag nie sy voorvinger gebruik ter beklemtoning van wat hy sê nie. Die terroris, Nelson Mandela, mag egter sy vuis in die lug rondswaai en word dan as ‘n versoener en vredemaker geloof. Hope het ook ‘n byeenkoms van die onafhanklike politieke kandidaat, Denis Worrall (Praag 23.03.2019), bygewoon. “Perhaps most damaging is the inability, or the refusal, of Denis Worrall to specify his programme, or to say where the differences between himself and the National Party really lie” (2354).

Volgende keer skryf ek oor Hope se siening van die nuwe Suid-Afrika.

Leon Lemmer: Voorstel: ‘n Monument vir Hendrik Frensch Verwoerd op Stellenbosch

“Verwoerd het doelbewus gekies om ‘n Afrikaner te wees. Hy was die eerste student in Suid-Afrika wat sy studies, van sy voorgraadse eksamens tot sy doktorale proefskrif, in Afrikaans geskryf het” (Hermann Giliomee, Die laaste Afrikanerleiers: ‘n Opperste toets van mag, Kaapstad: Tafelberg, 2012, p 27-28).

Die Universiteit Stellenbosch (US) is tans besig met die formulering van ‘n beleid oor “visuele regstelling”. Dit bied die ideale geleentheid aan die US om ‘n akademies briljante oudstudente en -dosent, Hendrik Frensch Verwoerd, met ‘n monument op die kampus te vereer. Op hierdie manier kan die US konkrete bewys lewer dat hy primêr ‘n akademiese onderneming is en nie ‘n verlenging van die ANC nie.

Ek het die bostaande skrywe op 28.08.2019 na LitNet gestuur maar ná verloop van ‘n week is dit nog nie gepubliseer nie. Dit is duidelik dat dit as onpubliseerbaar geag word. As die vlag van die plaaslike blanke politieke bewind haatspraak kan wees, hoeveel te meer nie ‘n monument vir Hendrik Verwoerd nie. Daardie hofuitspraak bevestig wat Hermann Giliomee reeds jare gelede geskryf het: dat die regterlike gesag nie onafhanklik van die ANC/SAKP funksioneer nie. Daar is myns insiens nie ‘n kat se kans dat Gelyke Kanse se huidige hofsaak teen die US ‘n uitspraak ten gunste van Afrikaans gaan oplewer nie. Die beste waarop gehoop kan word, is dat regter Johan Froneman weer met ‘n sinvolle minderheidsuitspraak vorendag kom.

André Gouws het ‘n artikel oor die herstandaarisering van Afrikaans gepubliseer (LitNet 21.08.2019). Hanno Visagie het die dag daarna in sy reaksie aangehaal wat ek oor hierdie onderwerp op Praag geskryf het. My woorde is korrek aangehaal, maar die bron waaruit aangehaal word, is verswyg. Wat dit myns insiens aantoon, is dat LitNet dit ongewens ag om na Praag te verwys; dat geen publisiteit vir Praag op LitNet geduld word nie.

Hier bo het ek na die getransformeerde US as “‘n verlenging van die ANC” verwys. Eintlik moes ek geskryf het: ANC/SAKP. Die US het al amptelik genoem dat hy eredoktorsgrade uitdeel aan diegene met wie hy graag assosieer. Onder die ontvangers van hierdie akademies waardelose US-sertifikate is daar mense soos Bram Fischer, Nelson Mandela en Graça Machel. Dit toon dat die getransformeerde (eintlik: radikaal ontaarde) US met graagte en oorgawe met kommuniste geassosieer wil wees.

Een van die US se jongste skuiwe op pad na algehele transformasie is die formulering van ‘n beleid oor “visuele regstelling”. Volgens ‘n berig op die US-webtuiste is wat begeer word “new visual symbols that have African centrality as an outcome.” Die gewoonte het ontstaan dat die US homself nie ‘n Suid-Afrikaanse universiteit noem nie, maar ‘n Afrika-universiteit. Daarby in ‘n inklusiewe sin, want die produkte wat hierdie eens Afrikaner-universiteit deesdae doelbewus wil lewer, is identiteitlose “wêreldburgers”; dus noodwendig eerder Engels- as Afrikaanssprekendes. Al word blanke en veral Afrikanerbelange openlik geminag, word daar valslik beweer dat ‘n “inclusive environment” nagestreef word; ook dat daar iets soos “diverse cultures” bestaan, al het die US deesdae amptelik hoofsaaklik ooghare vir swart belange.

Die projek oor visuele regstelling is aan twee bruin teoloë toevertrou: Nico Koopman as “Vice-Rector: Social Impact, Transformation and Personnel” en as “Curator” Leslie van Rooi, “Senior Director: Social Impact and Transformation.” Aan die US is talle poste, soos dié van Van Rooi, geskep om aan die ANC/SAKP te demonstreer dat die US met oorgawe transformeer en enigiets sal doen om die ANC/SAKP ter wille te wees. Sulke politieke poste maak ernstig inbreuk op die universiteit se vermoë om broodnodige akademiese doseer- en navorsingsposte te finansier. Dit is wat gebeur as ideologiese oorwegings ‘n hoër prioriteit as akademiese belange geniet. Verlede jaar het die rektor, Wim de Villiers, en sy kollegas dit reggekry om die US-eeufees te vier sonder om ‘n enkele keer die ordentlikheid op te diep om na Jan Marais se stigtingsvoorwaarde, dat die US ‘n Afrikaanse universiteit moet wees, te verwys, asook ruiterlik te erken dat die US hom doelbewus glad nie hieraan steur nie. Die plaaslike koerant, Die Burger, het hom ook nooit verwerdig om die US hieroor aan te spreek nie.

Bruin aktiviste soos Allan Boesak het nie die vermoë om self die Belydenis van Belhar te formuleer nie. Dirkie Smit en Jaap Durand het dit namens hulle gedoen. Op ‘n soortgelyke manier het Koopman en Van Rooi blykbaar nie die vermoë om ‘n konsepbeleid oor visuele regstelling te formuleer nie. Twee blanke vroue, Lize van Robbroeck en Elmarie Constandius, het dit namens hulle gedoen. Van Robbroeck het ‘n Wits-agtergrond en het haar proefskrif oor “black art” geskryf. Constandius is, soos haar kollega, gepreokkupeer met antikolonialisme, wat uiteraard ‘n manier is om uitdrukking aan antiblanke gesindheid te gee. Hierdie twee dames is dosente in die Departement Visuele Kunste. Dit is ‘n oord waar emosie en instink dikwels ‘n groter rol as rasionaliteit en akademiese ingesteldheid speel. Die beleid, soos geformuleer, is erg teleurstellend gesien vanuit die oogpunt van transformasie-aktiviste. Eintlik het hulle ‘n muis pleks van ‘n olifant gebaar.

Die uitgangspunt is dat van eurosentries na afrosentries oorgeskakel moet word; bedoelende van blank na nieblank. Dit is swartes wat tuis op die kampus moet voel. Dit is wat deesdae onder die US se kernwaardes verstaan word. Die ontheemding wat blankes, veral Afrikaners, op die kampus ervaar, word in geen opsig aangespreek nie. Dit is ironies dat daar op bladsy 6, item 6.17, na “language diversity” verwys word terwyl dit ongetwyfeld Wim de Villiers se begeerte is om van die US ‘n eentalige Engelse universiteit te maak; dus om taalverskeidenheid, veral Afrikaans, op die kampus te verban. Op bladsy 5, item 6.3, word na “statues” verwys. Dit dui sekerlik op die lastigheid van Jan Marais, die US-stigterskenker, se standbeeld op die Marais-plein, wat deesdae tot die vreugde van ANC/SAKP-kornuite eerder die Rooiplein genoem word.

Die nodigheid van ‘n geformuleerde beleid vir visuele regstelling kan bevraagteken word. Hierdie “regstellings” het reeds deur gebruik ‘n geykte vorm op die kampus aangeneem. Byvoorbeeld, alle tekens van Afrikanerstaatshoofde is al uitgewis. Dié kernwaarde van die De Villiers-US is dat die universiteit verswart én ontwit moet word. Dit is die Henry Ford-benadering: Gee voorkeur aan motors (studente, dosente en ander personeel) in enige kleur solank hulle swart is. Die sug na diversiteit het aanvanklik beteken dat swart naas wit ingevoer word, maar op die lange duur word die grootste moontlike mate van verswarting, dus nie-diversiteit, nagestreef.

Tekenend van wat Wim de Villiers wil hê, is die verandering in 2018 van die naam van die HB Thom-teater na die Adam Small-teater. Thom was akademies ‘n reus. Vergelykenderwys was Small akademies en andersins ‘n mikrogees wat by meer as een geleentheid studiebeurse ontvang het om ‘n doktorsgraad in Londen en Oxford te voltooi, maar hy het telkens misluk. Maar akademiese oorwegings is vir die getransformeerde US nie ter sake nie. Wat vir ANC/SAKP-gedienstiges van belang is, is dat die teater nie meer na ‘n blanke vernoem word nie, maar na ‘n nieblanke. Dit word as nie-rassige visuele regstelling geloof. Dié siekte, wat chroniese afmetings aan die US aanneem, het ‘n naam: politieke byderwetsheid.

 

Leon Lemmer: Wilhelm Verwoerd III, ‘n erg verloopte Afrikaner

As ‘n mens ‘n boek lees wat jy graag wil lees en dit boonop goed geskryf is, is lees ‘n wonderlike, ontspannende, geestesverrykende ervaring. As ‘n mens ‘n boek teëkom wat jy dink jy moet lees, bv om kennis van “die ander kant van ‘n saak” te bekom, kan die leesproses in ‘n uitgerekte, onbarmhartige stryd ontaard. Wilhelm Verwoerd III (gebore in 1964) se boek het ek as sodanig ervaar: Bloedbande: ‘n donker tuiskoms (Kaapstad: Tafelberg, 2018, 304p, R290; Amazon Kindle $24,15). Met Naspers/Media24 as uitgewer en mense soos Annemarie Mischke, Tobie Wiese en Martie Retief Meiring wat die boek op die voor- en agterkant aanbeveel, kan ‘n mens weet wat om te verwag.

Die “bloedbande” in die boektitel verwys veral na die outeur se oupa, Hendrik Frensch Verwoerd (1901-1966, eerste minister 1958-1966), voortaan HF genoem. Die “tuiskoms” in die newetitel verwys na die outeur wat in 2012 na drie jaar in Engeland en twaalf jaar in Ierland en Noord-Ierland na “die nie meer so nuwe Suid-Afrika” (p 129) teruggekeer het. Oor die ANC-regering was hy toe nie meer so ongekwalifiseerd oorentoesiaties soos in 1992 toe hy “tot die geloofsoortuiging gekom” het (119) om daarby aan te sluit nie. Hy skryf oor “die intensiteit van my gevoel van politieke dakloosheid weens my vervreemding van die huidige [Zuma-]ANC” (132). Hy bly “verbind tot die visie en waardes” van mense soos Albert Luthuli en Nelson Mandela (132). Wesenlik bly hy dus ‘n “verloopte Boer” (153). Dit grens aan heiligskennis wanneer Wilhelm III die hoop uitspreek dat HF nou saam met Luthuli en Mandela in ‘n sirkel sit: “My wens is dat hulle hom [HF] ook help om sy blindheid te erken … Mag hy ook genees” (231). Die outeur veronderstel dat hierdie ANC-kamerade reg het; dus dat HF die een is wat siekte onder lede het.

Die boek is opgedra aan die outeur se familie, wat hom as “die verlore seun” (120, 301) en swartskaap beskou. Hy het gepoog om op allerhande maniere polities aansluiting by spreekwoordelik swakkere vate, soos die weduwee van sy oupa, Betsie (1901-2000), en by sy ma, Elise, te vind. Sy oupa is oorlede toe hy twee en ‘n half jaar oud was sodat hy HF se behoudende Afrikanerpolitiek nie met sy radikaal linkse identiteitsverwaterings kon konfronteer nie. Die outeur se pa, Wilhelm II, staan “rotsvas” (119) as Afrikaner en verweer hom uitmuntend teen sy Afrikaneronterende kind. Vir Wilhelm II “was die ANC steeds ‘n ‘kommunistiese terroristeorganisasie’ wie se ‘swartmagoorheersing’ op die ou end ‘noodwendig tot die Afrikaner se ondergang’ sou lei” (119). Hy hou nie van sy seun se “gebalde kameraadvuis” nie (120 – foto op p 124), maar in irrasionele ANC-geledere word hierdie aanstootlike Mandela-saluut deesdae as verenigbaarbaar met vrede en versoening beskou. Wilhelm III sien “die hartklop van pyn agter die gebalde vuiste” (236, 301). Die outeur is (tereg) bekommerd oor sy pa se “reaksie wanneer hy hierdie boek sou lees” (298). Die hoogs bejaarde Wilhelm II (gebore in 1929 – p 191) het onlangs as redakteur ‘n heruitgawe van sy boek, ter huldiging van sy pa, HF, versorg: Verwoerd: Só onthou ons hom (Pretoria: Protea Boekhuis, 2016), Wilhelm I het as stamvader van die Suid-Afrikaanse Verwoerds in 1903 uit Nederland in Kaapstad aangekom. Hy het hom van die begin af by die Afrikaners geskaar.

Wilhelm III het in 1987 met Melanie van Niekerk (gebore in 1967) getrou. In 1994 het sy ‘n ANC-parlementslid geword en daarna die Suid-Afrikaanse ambassadeur in Ierland (2001-2005). Toe hierdie Verwoerd-egpaar Ierland toe gegaan het, was Wilhelm III ‘n dosent in die wysbegeerte aan die Universiteit Stellenbosch (US). Soos van die nuwe US verwag kon word, is aanvanklik onderneem om Wilhelm III se pos vir hom beskikbaar te hou. In 2005 het Melanie en Wilhelm III geskei maar albei het aanvanklik in die buiteland bly woon. Wilhelm III was ‘n “koördineerder van die Glencree Sentrum vir Versoening se Survivors and Former Combatants Programme” (29). Hierdie sentrum, sy vredesoekers, asook deelnemers aan die Beyond Dehumanisation-projek (232), bemoei hulle nie net met Ierland en Noord-Ierland nie, maar ook met Israel en die Palestyne, asook met Suid-Afrika (229). Wilhelm III swyg oor wie hierdie aksies befonds. Sedert hulle egskeiding het Melanie, soos Wilhelm III, na Suid-Afrika teruggekeer. In 2009 is Wilhelm III getroud met ‘n Australiër, Sharon, wat ‘n magistergraad in “vredestudies” voltooi het (131).

Op 1 April 2015 het die blanke Wim de Villiers diens as die US-rektor aanvaar. Hy het die bruin Russel Botman se plek ingeneem. In die nuwe Suid-Afrika word dit as ongewens geag as ‘n nie-witte in ‘n pos deur ‘n blanke opgevolg word. Polities byderwets word dit as ‘n terugwaartse stap beskou. De Villiers het dus dadelik alles in sy vermoë gedoen om te bewys dat hy meer verlig is as wat die ANC-aktivis Botman ooit was. Reeds in sy intreerede op 29 April 2015 (Praag 10.05.2015) het De Villiers gesê: “Stellenbosch is nie ‘n Afrikaanse universiteit nie” en hierdie stelling sedertdien dikwels herhaal. Spoedig is De Villiers toegelaat om van die US ‘n oorwegend Engelse universiteit te maak. Aan die begin van sy ampstermyn was dit vir De Villiers belangrik om nie net Afrikaans te diskrediteer nie, maar spesifiek ook die Afrikaner. Met die oog hierop het De Villiers reeds in sy intreerede aangekondig dat hy die HF-gedenkplaat in die voorportaal van die Rekeningkunde-gebou, wat voorheen as die HF Verwoerd-gebou bekend gestaan het, gaan verwyder. Die Nelson Mandela-aanhaling in die voorportaal van die Opvoedkunde-gebou, “Education is the most powerful weapon which you can use to change the world,” word uiteraard deur De Villiers behou en gekoester, te meer omdat dit in Engels is.

Pleks van die situasie met omsigtige sensitiwiteit te hanteer, het De Villiers besluit om ‘n openbare skouspel van die verwydering van die HF-gedenkplaat te maak (Praag 31.05.2015). Ten einde die maksimum anti-Afrikanersentiment te probeer opwek, is die spektakel op 27 Mei 2015 direk op die US-webtuiste uitgesaai (238). Vir hierdie doel het De Villiers op ‘n slinkse manier vir Wilhelm III “nader getrek” (soos in rugbygeledere gesê word). Hy het ‘n Moslem, Mohammad Karaan, wat ‘n US-dekaan was, gestuur om Wilhelm III oor te haal om aan die beoogde ontering van sy oupa deel te neem. Wilhelm III verontskuldig hom met die siening “dat dié simboliese handeling deel vorm van die universiteit se daadwerklike verbintenis tot groter inklusiwiteit” (235). Dus, deur die Afrikanernalatenskap aan die US te vernietig, word die US nie meer eksklusief (swart en Engels) nie maar glo meer inklusief vir almal. Wilhelm III hou hiervan deur te verwys na sy “groeiende verbintenis tot radikale [!], vermenslikende inklusiwiteit” (236). Hy het die verwydering van die HF-gedenkplaat in sy toespraak as ‘n “oorwinning vir transformasie” geloof (237). Sy pa, Wilhelm II, het hierna ‘n goeie hou teen sy verlore seun geplant: “Jy het weer kant gekies, wat jy nie as versoenaar in Noord-Ierland gedoen het nie. Hoekom doen jy dit hier? Jy is steeds dislojaal teenoor jou mense!” (240). Wilhelm II sit ongetwyfeld met ‘n “seun wat met die vyand heul” (242).

Die indruk wat die boek by my gewek het, is dat die outeur inligting uit die Verwoerd-binnekring (soos die gepubliseerde foto’s en Betsie Verwoerd se dagboek) en toegang tot eksklusiewe Verwoerd-gebiede (bv die HF Verwoerd-strandhuis, Blaas ‘n Bietjie, in Bettysbaai en die HF Verwoerd-gedenkhuis in Orania) misbruik om sy eie ANC-gedienstige politieke agenda te bedryf. Plek-plek was die boek so weersinwekkend dat ek “obseen” in die kantlyn geskryf het. My aanvoeling is dat “familieverraad” (die opskrif van hoofstuk 8) hier gepleeg word. Wilhelm III ontheilig dinge wat vir sy ouers, ander familielede en behoudende Afrikaners heilig is. Met die oog hierop eet hy vir soetkoek op die mites wat deur sy huidige bure, militante aktiviste, oor apartheid opgedis word. Om sy politieke doel, naamlik die ondergrawing van tradisionele Afrikanerwaardes, te bereik, maak hy van pretensieuse foefies gebruik, soos nadoodse briewe aan sy oupa (11, 171, 273), ouma (194), asook oupa en ouma (173), Kortom, daar is elemente in die boek wat geforseerd is en ‘n onegte klank het, ten spyte van die outeur se “voorneme om so oop moontlik te bly” (150). Hy beskou sy pogings as ‘n “eerlike, nederige soeke” (14).

Die doel met die boek word soos volg gemotiveer: “Ek herinner my dat ek nie besig is met ‘n politieke biografie of ‘n akademiese studie nie. Ek is op soek na tekens van oupa en ouma Verwoerd se menslikheid – ter wille van versoening met my familie, ter wille van myself as hul kleinkind” (153). Sy uitgangspunt is heel moontlik foutief. Sy oupa en ouma was mense en dus noodwendig (of per definisie) menslik. Die gesoekte onmenslike dimensie word deur ‘n grootliks skewe siening van die beweerde onmenslikheid van apartheid aangevuur. Dit is Wilhelm III se vooringenomenheid, sy vooroordeel, wat hom laat skryf oor die “onverwagte [!] diep menslike tekens” wat hy in Betsie Verwoerd se dagboek teëkom (195). Daar is ook ‘n harde waarheid spesifiek vir Wilhelm III in die volgende sin in Betsie se dagboek: “‘n Mens is so huiwerig om enigsins intieme dinge neer te skrywe, jy weet nooit hoe dit later misbruik kan word nie” (195). Ja, selfs deur ‘n kleinkind.

Bettysbaai is vernoem na ‘n werklike Betty. Wilhelm III spel hierdie pleknaam deurgaans verkeerd as Bettiesbaai. Die enigste keer wat Bettysbaai in die boek reg gespel word, is wanneer Wilhelm III die bewoording aanhaal van die gedenkplaat wat naby die HF Verwoerd-strandhuis in Bettysbaai opgerig is. Hy noem tereg dat dit “een van die min oorblywende openbare vererings van Oupa” is (274). Gelukkig het hy en/of Wim de Villiers (nog) nie hierdie Verwoerd-gedenkplaat gesaboteer en verwyder nie.

Wihelm III verwys soos volg na Bettysbaai se buurdorp: “Kleinmond se eenkant swart woonbuurt naby die munisipale vullishoop” (263). Dit impliseer gevoellose kritiek op veral die blanke inwoners; diegene wat die leeue-aandeel van die munisipale belasting en dienste betaal. Tradisioneel was Kleinmond vir blankes ‘n gesogte aftreedorp. Nadat hulle die grootste deel van hulle lewens nie leeggelê of misdade gepleeg het nie, maar gewerk en gespaar het, behoort hierdie blankes die onvervreembare reg te hê om die laaste jare van hulle lewens te geniet. Weens die instroming van swartes (bv uit die Oos-Kaap en swart Afrika) word huise vir hierdie mense teen groot koste gebou; dermate dat daar nie geld vir infrastruktuurontwikkeling is nie. Hierdie “belegging” in huise lewer nie ‘n opbrengs nie en vir dienste wat aan hierdie meesal werkloses gelewer word, word dikwels/meesal nie betaal nie.

Die gevolg is dat die belastinglas vir die tradisionele inwoners ondraaglik geword het. Die blanke pensioenarisse vind dit toenemend moeilik om te oorleef in huise wat hulle nie gratis ontvang het nie maar gekoop en self betaal het. Diegene wat huise ontvang het, is meesal geen bate vir die blanke inwoners nie. Inteendeel, misdaad het sedert 1994 eksponensieel toegeneem. Daar word van die belastingbetalers sonder meer verwag om by implikasie die bestaan van hierdie misdadigers te subsidieer. Daar is geen dankbaarheid of erkentlikheid vir wat hierdie inkommers onverdiend ontvang nie. ‘n Aantal maande gelede het onrus uitgebreek en is besighede gevandaliseer, geplunder en leeg gestroop. Die teerpad is met brandende motorbande beskadig. Klippe en rommel is in die pad gestrooi. Voertuie is met klippe bestook.

Herstelwerk is op die koste van die belastingbetalers gedoen. Sover bekend is niemand weens hierdie misdade in ‘n hof veroordeel nie. Periodiek word daar byeenkomste in die stadsaal gehou wanneer aan die belhamels en ander “benadeeldes” verslag gedoen word oor die vordering wat met hulle eise gemaak word. Is Kleinmond ‘n toonbeeld van wat Wilhelm III dikwels “heling”, “vermensliking” en – teen die einde van sy boek – “herstellende geregtigheid” (291) noem? Is hierdie onverkwiklike opset werklik sy oupa se skuld of behoort die misdadigers veel eerder swaar vir hulle onsosiale gedrag gestraf te word? Die onmenslike waarheid is dat hierdie soort vermensliking nie volhoubaar is nie.

Wilhelm III begin sy boek deur te vertel van sy besoek aan die HF Verwoerd-gedenkhuis in Orania. Hy is vergesel deur Pumla Gobodo-Madikizela, ‘n “professor in sielkunde en spesialis in historiese politieke trauma”(15), wat in 1966 ‘n juiglied oor HF se moordenaar, Demetrio Tsafendas, gesing het (293). Sy dank haar aanstelling aan die US heel moontlik in deurslaggewende mate aan die werk wat sy in die berugte Waarheids- en Versoeningskommissie (WVK) se Komitee vir Menseregte gedoen het. PW Botha het tereg van die Wraak- en Vergeldingskommissie gepraat. Botha wou hê dat Afrikaners ophou om verskoning te vra; dat hulle eerder hulle selfrespek moet herwin (24). Gobodo-Madikizela is die hoof van die nuwe US se eenheid vir Historiese Trauma en Transformasie (297).

Na voltooiing van hierdie boek is Wilhelm III in die Beyers Naudé Sentrum vir Openbare Teologie aan die nuwe US aangestel, veral as die koördineerder van ‘n projek oor Versoening en Verantwoordelikheid (141, 297). Met sy deelname aan die ontering van HF in 2015 het Wilhelm III aan Wim de Villiers bewys dat hy vir die nuwe US bruikbaar is en voltyds “nader getrek” moet word. Soos te wagte het hy sy doktorale proefskrif oor die WVK geskryf. “Ek sal ook as fasiliteerder betrokke kan raak by die komplekse proses van transformasie binne die Universiteit Stellenbosch … As navorser wil ek egter steeds my Verwoerdwees as vergrootglas gebruik om oor veral die sondes [! – nie die prestasies nie] van my Afrikanervaders en -moeders te besin” (298). Hy is klaarblyklik vasbeslote om in sy eensydigheid te volhard: Hy wil “as navorser en fasiliteerder spesifiek aandag gee aan die inklusiewe spiritualiteit van politieke profete en anti-apartheidsaktiviste uit Afrikanergeledere” (299).

Gedurende my hele loopbaan as akademikus het ek dit verpes as ‘n eenheid, soos die pas genoemde een, en ‘n projek, soos die pas genoemde een, wat albei eerder die politiek van die oomblik as die akademie dien, aan ‘n universiteit ingestel word. Sulke demonstrasies slurp geld op wat eerder vir onderrig en ernstige fundamentele navorsing oor standhoudende kwessies gebruik behoort te word. Sowel hierdie eenheid as hierdie projek dra onmiskenbaar die stempel van die De Villiers-US se ANC-kruipsug. In dieselfde konteks is daar ook Leslie van Rooi se eenheid vir Sosiale Impak en Transformasie. Asof dit nie oorgenoeg is nie, is daar ook ‘n “kantoor vir morele leierskap” waarin Jeanette de Klerk-Luttig artikels oor ditjies en datjies skryf, wat graag deur Media24 gepubliseer word. Aan die De Villiers-US word hope geld getap ten behoewe van demonstratiewe ANC-gedienstigheid. Sodanige befondsing geskied ten koste van gesonde akademiese aktiwiteite.

As oorverligte het Wilhelm III “in die middel 1980’s” uit die NG Kerk bedank (299) omdat hy “polities en geestelik deur die NG Kerk ontnugter is” (23). In 1991 skryf hy: “Dit is lekker om vir die eerste keer in maande weer Bybel te lees” (110). Daarna, terwyl hy vir die WVK gewerk het – as een van letterlik honderde ANC-aktiviste wat deur Desmond Tuti ten koste van die belastingbetalers “nader getrek” is – het hy tuis in die Anglikaanse St George’s-katedraal in Kaapstad gevoel, ‘n plek wat berug vir anti-apartheidsaktivisme was. Dit is hier waar “vergifnis gevra [is] vir alles wat Europa [dus blankes] aan Afrika [dus swartes] gedoen het” (23). Wat geïmpliseer word, is dat blankes eerder sleg as goed met swartes gehandel het. Deesdae vind Wilhelm III sy geestelike tuiste in charismatiese Pinksterkerke.

“Om die donker reis deur my wit Afrikanerskap, my Christen-Verwoerdwees te verstaan, is dit nodig om by daardie gebeure te begin wat vir my die waterskeiding was tussen Verwoedwees en ‘n halsstarrige ‘ontwoerding'” (31). Daar is wesenlik geen fout te vind met die voortreflike opvoeding wat Wilhelm III in sy ouerhuis en op skool ontvang het nie, al noem hy dit ‘n “eensydige Christelik-nasionale opvoeding” (93). Hy verwys na “die laer van my groepsidentiteit” (44). Ek verpes linkses se hartelose verwysings na die Voortrekkerlaers, wat ter selfbeskerming getrek is; ook “Ons móét mos ons grense teen die terroriste beskerm” (45). Waarom selfbeskerming steeds noodsaaklik is, blyk uit die chaotiese, gewelddadige samelewing waarin ons sedert 1994 probeer oorleef en waarin inheemse misdadigers fluks deur inkommers bygestaan word. Wilhelm III verwys na “die Afrikaner met sy laermentaliteit” en “sy immoraliteit mbt politiek” (61). Is die swartmag-ideologie nie ook laermentaliteit nie? Is die huidige swart oorheersing nie minstens net so immoreel soos die destydse blanke oorheersing nie?

Daar is ook nie fout met wat Wilhelm III aan die “lelieblanke Universiteit Stellenbosch” (35) as “spierwit, Christelik-nasionale, Stellenbosse Verwoerd” (36) wys geword het nie. Ek verpes die gebruik van byvoeglike naamwoorde soos “lelieblank” en “spierwit” deur Wilhelm III omdat hy nooit swartes op dieselfde bedenklike manier behandel deur bv van roet- of steenkoolswart te praat nie. Hy het dit ook teen ‘n “lelieblank ‘liewe Jesus'” (105) maar opper gee beswaar teen ‘n skildery waarin Christus as swart uitgebeeld word nie (23). Waarteen hy dit wel het, is ‘n “wit gepleisterde god” (278). Blykbaar moet die wesenskenmerke van die christelike godsdiens as swart voorgestel word voordat dit vir hom aanvaarbaar is.

Die fout/waterskeiding met Wilhelm III se opvoeding het gekom toe hy in 1986 drie maande lank in Nederland was. Pleks van aan sy magisterverhandeling te werk (67), het hy hom eerder deur drie Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners laat indoktrineer: ‘n bevrydingsteoloog, Johan; ‘n radikaal verloopte sosioloog, Amor; en ‘n skewe outjie, Rudolf. Hy noem dit sy “heropvoeding” in Nederland (81, 92), gevolg deur nog heropvoeding in Engeland (113). Hy verwys selfs daarna as sy “bekering” (95), seker omdat politiek vir hom baie swaarder as godsdiens weeg. Wat hy gedoen het, is om hom oop te stel vir “innerlike heling” (111), met as implikasie dat behoudende Afrikaners (geestelik) siek is. Soos ander linkse aktiviste loof hy “die radikalisme van die Christelike boodskap” (105), oftewel “hoe radikaal Jesus se deurleefde boodskap is” (300). Weens sy heropvoeding word Suid-Afrika en die Afrikaner se geskiedenis vir hom, soos vir ander linkse aktiviste, ‘n “hartseer geskiedenis” (94), wat glo sy “eie mense se skuld” is (104). Dit is ook ‘n “stukkende geskiedenis” (108), maar hy sê nie wie die land met bv bomme, landmyne en handgranate stukkend geskiet het nie.

Wilhelm III verlaat hom eerder op Rodney Davenport se weergawe van die geskiedenis (99, 137, 171, 302) as dié van die meer gematigde en ewewigtige Hermann Giliomee. Dit is Davenport wat geskryf het: “Ultimately it is irrelevant whether racism or apartheid sometimes produced good results. Because the tree was bad, the fruit was also bad” (Hermann Giliomee, historikus: ‘n outobiografie, Kaapstad: Tafelberg, 2016, p 217). Giliomee ontmasker Davenport as ‘n onbetroubare historikus: In sy boek, South Africa: A modern history (2000) beweer Davenport valslik dat Bantoe-onderwys uitdruklik ontwerp is om swartes vir ‘n minderwaardige plek in die samelewing voor te berei. “In die vorige uitgawe (1987) is daar geen verwysing na sulke veronderstellings of idees nie. Die 2000-uitgawe maak ‘n kniebuiging na die feit dat ‘n nuwe regering, behep met rassisme, aan bewind gekom het. Apartheid is nie meer as ‘n onreg of misleide beleid beskou nie, maar as die boosheid self” (Hermann Giliomee, Die laaste Afrikanerleiers, Kaapstad: Tafelberg, 2012, p 69-70). Aan die kruipsugtige Davenport het Wilhelm III sy heropvoeding in die geskiedenis toevertrou. Sy selfmisleiding is (redelik) volledig: Hy kom tot die besef “dat die toekoms nie meer in die hande van die blankes is nie, dat dit nooit [!] in hul hande was nie” (103). In werklikheid het verraad deur ‘n klein groepie Afrikaanssprekende blankes die toekoms van al die plaaslike blankes, veral die Afrikaners, opgedonder.

HF het met verwysing na swartes gesê: Daar is “geen plek vir hom in die blanke gemeenskap bo sekere vorms van arbeid nie” (Giliomee p 69). Maar linkse elemente laat opsetlik die kwalifiserende deel uit: “In sy eie gemeenskap is die deure egter vir hom oop” (69). Met die oog op die uitvoering van hierdie Bantoe-onderwysbeleid het HF, teen groot koste vir veral die blanke belastingbetalers, die getal skole vir swartes dramaties vermeerder en skoolonderrig verbeter. Voor HF se ingryping was swart onderwys grootliks in die hande van Engelse kerkgenootskappe en is min matrikulante gelewer. Bantoe-onderwys het die getal matrikulante spoedig dramaties vermeerder. Dit is aan HF te danke dat baie van die vorige en hedendaagse ANC-kamerade geletterd was of is.

Destyds het swartes in die tuislande tot op die hoogste vlakke gevorder, enersyds danksy die stroom matrikulante wat Bantoe-skoolonderwys gelewer het en andersyds danksy ‘n reeks universiteite wat spesiaal vir swartes gestig is. In 1960 is met onderrig begin aan die Universiteit van die Noorde/Turfloop (tans Limpopo) en die Universiteit van Zoeloeland terwyl die Universiteit van Fort Hare deur die regering van ‘n Skotse kerkgenootskap oorgeneem is. Hierna het die stigting van ‘n rits ander universiteite spesiaal vir swartes gevolg, insluitende ‘n mediese universiteit, Medunsa (Medical University of South Afrika), te Ga-Rankuwa, by Pretoria. Sedertdien is Medunsa se naam onherkenbaar getransformeer om die ANC se tweede president (1861-1951) te vereer: Sekako Makgotho Health Sciences University. In 1960 is ook met onderrig vir bruin studente aan die Universiteit van Wes-Kaapland in Bellville en vir Indiërstudente aan die Universiteit van Durban-Westville begin.

Daar is al hoe meer swartes wat erken dat Bantoe-onderwys beter was as wat ANC-onderwys is. Die konkrete bewyse van HF se Bantoe-onderwys op tersiêre vlak, die talle indrukwekkende geboue, is steeds daar vir almal om te sien wat wil sien. As linksgesinde glo Wilhelm III eerder sy buurvrou wat van Bantoe-onderwys sê dat die studente “lyk of daar ‘n laag op hul brein geplaas is … [HF] Verwoerd se rede was ‘moenie dat hulle opgevoed word nie, want as hulle opgevoed is, sal jy hulle nie kan onderdruk nie” (159). Wilhelm III behoort van beter te weet eerder as om sulke leuens te versprei. Die waarheid is dat HF die mening gehuldig het dat dit beter is om met ontwikkelde as met onontwikkelde swartes gesprek te voer en te onderhandel, vandaar sy groot verbetering van swart onderwys.

‘n “Linkse historikus”, Baruch Hirson, het reeds in 1992 probeer om waarhede by Wilhelm III tuis te bring: “Jy [het] by een politieke laer uit- en by ‘n ander ingeloop … Die nasionalisme wat jy eens aangehang het, is nou vervang deur ‘n ander nasionalisme (gegrond op velkleur)” (127). Hirson stel ‘n nuwe “tirannie van die minderheid” in die vooruitsig: “‘n Nuwe minderheid, sonder openlike kleuronderskeid, sal Suid-Afrika regeer met al die ou ongeregtighede ongeskonde. ‘n Swart polisiemag en weermag sal net so genadeloos onderdruk soos die wit polisie en weermag” (128). Hirson noem nie dat nuwe ongeregtighede, soos korrupsie, bygevoeg sal word nie; ook nie dat die swart polisiemag en weermag hoogs ondoeltreffend sal wees nie. Met verwysing na die onbeskaafde dade wat die ANC in sy strafkampe in Angola en elders gepleeg het, dink Hinson nie “die ANC het homself gereinig van die elemente wat hierdie soort gruweldade pleeg of sal pleeg nie” (128). Dus, die ANC behou sy misdadige kamerade; koester hulle selfs.

Soos Davenport is Wilhelm III nie van kruipsug vry te pleit nie. Op 18 Maart 1990 skryf hy as “agteros-kameraad” (85) soos volg in ‘n brief aan Nelson Mandela: Hy spreek sy dankbaarheid uit teenoor Mandela “vir u hoopgewende voorbeeld as ware staatsman [en] dat ek my ondersteuning wil herhaal vir u duurgekoopte ideaal van ‘n nierassige demokrasie in één Suid-Afrika” (103). “Natuurlik kan die geskiedenis – u 27 jaar lange onregverdige [!] tronkstraf en my oupa se aandeel daarin – nie deur ‘n paar woorde verander word nie. Maar as ‘n Afrikaner [?] wat ten koste van ander Suid-Afrikaners bevoordeel is deur apartheid, as die kleinseun van die argitek van afsonderlike ontwikkeling – die man wat by uitstek verantwoordelik was vir u en soveel ander mense se lyding – wil ek tog vir u sê: ek is baie, baie jammer oor wat gebeur het … Wat ek kan doen, is om u te verseker dat ek en my vrou ons lewe daaraan wil wy om woorde van jammerte in dade om te sit” (104). Naïewer kan dit nie. Toe besluit moes word of Wilhelm III of sy vrou met ‘n ambassadeurskap vergoed moet word, het die keuse, onder meer weens die ANC se irrasionele voorkeur vir vroue, op Melanie geval.

Die nuwe insig wat Rudolf in Nederland aan Wilhelm III verskaf het, is: Dan word “dit nie meer normaal om heteroseksueel en abnormaal om homoseksueel te wees nie” (60). In sy nuwe politiek, voortvloeiend uit sy heropvoeding, word die terroriste “vryheidsvegters” genoem (66). Ons moet glo “wegbeweeg van ‘n politieke beleid (en denke) wat gebaseer is op mense se velkleur” (74, 268). Die punt is dat tydens apartheid vier rasgroepe op grond van kultuurverskille onderskei is. Linksgesindes verkies egter om nie enige onderskeid op grond van kultuur te aanvaar nie. Volgens Jonathan Jansen is die klem op kultuurverskille bloot ‘n kamoeflering van blanke rassisme. Wilhelm III het “besef dat ek my Afrikaneridentiteit nie in die eerste plek in die een of ander kombinasie van unieke eienskappe soos taal, kulturele gebruike en geskiedbeskouing moet soek nie” (114). Vir hom gaan gaan dit eerder om “identifisering met ‘the people’ en hul probleme” (114); dus ‘n eienaardige soort relasionele identiteit, wat noodwendig sy distansiëring van Afrikaners meebring.

By Wilhelm III is daar in elk geval geen preokkupasie met die blankes, insluitende Afrikaners, en hulle probleme nie. Teoreties is almal nou sy eie mense maar met swartes is Wilhelm III meer eie as met blankes en veral Afrikaners. In ‘n oomblik van helderheid wonder hy darem waarvoor die A in ANC staan (114). Soos die ANC-vlag duidelik maak (van bo na onder in prioriteitsvolgorde: swart, groen, geel), is wit afwesig. Wilhelm III se ignorering van kultuurverskille en sy redusering daarvan tot pigmentasieverskille, asook sy omarming van homoseksuele, beskou hy as “kultuurontwikkeling” (77). Pleks van die benaming Anglo-Boere-oorlog verkies hy om van die Suid-Afrikaanse Oorlog te praat (79). Dit is ‘n meer inklusiewe benaming, want nie-wittes het ook aan hierdie oorlog deelgeneem. Blykbaar maak dit nie saak aan watter kant die meeste nie-wittes hulle geskaar het nie. ‘n Bonus is dat die woord “Boere” in die oorlogsbenaming vermy word. Later skryf die outeur oor sy “geleidelike herontwerp van ‘n oorgelewerde, hoogs eksklusiewe groepsidentiteit tot ‘n meer inklusiewe begrip van Afrikanerskap” (87), wat myns insiens grootliks die vernietiging van sy Afrikanerskap en ‘n omarming van ‘n identiteitsvreemde (dus nie-Europese, nie-Westerse) afrikanisering behels.

Wilhelm III predik die “radikale gelykheid van elke mens” (280). Ter ondersteuning gebruik hy polities geykte godsdienstige vertolkings: “Ons [is] almal skepsels van dieselfde God,” asook “geskapenheid na die ‘beeld van God'” (280), asof mense sedert die Skepping nie (hoogs) verskillende kultuurverskille ontwikkel het nie. Die “ons” in die “Onse Vader” word deur hom misbruik om (alle) verskille tussen “ons” en “hulle” op te hef (281). Soos die Afrikaanse kerkgenootskappe destyds met apartheid gedoen het, baseer Wilhelm III sy politiek op die Bybel en christelike godsdiens. Die hele mensdom word beskou as ‘n enkele groot (gelukkige/ongelukkige) familie (285); die “groot menslike familie” (287). Praat die voorbeeldige ANC-kamerade dan nie graag van hulle (swart) “broers en susters” nie?

Maar hoe gemaak met die verkrampte Afrikaners se “vrees vir verswelging”(281); dus “die vrese vir getalleoorwig”? (280). Wilhelm III antwoord soos volg: “Ons groot uitdaging is om nie in die eerste plek in terme van ras te dink nie” (280). Ons moet glo eerder die dinge in ag neem wat ons as mense saambind as om “so besorg oor die verskille” te wees (280). Verkramptes word “verblind deur kleur” (280). Dít is Wilhelm III se alternatief vir die “bose stelsel” van apartheid (284). Maar selfs al word al die blankes tot Wilhelm III se utopiese politiek bekeer, is daar hierdie tweeledige werklikheid: swartmag wat suiwer ingevolge kleur en ras funksioneer en hulle steeds groter wordende getalle-oorwig van 80%+

Die nuwe swart-oorheerste Suid-Afrika sou volgens Wilhelm III se verwagting soos volg lyk: “Dat blankes in dié wegbeweegproses [van velkleur/ras] miskien [!] minder voordele en strande gaan hê. Maar ek glo dat ons terselfdertyd veel meer gaan wen: aan menseverhoudings, aan kulturele interaksie en bevrugting, aan Christelike naasteliefde (liefde, nie bloot nie haat nie), en in terme van ‘n vreedsamer, regverdiger, mensliker toekoms vir die meerderheid mense [dus nie vir almal, bv die blankes, nie] in ons geliefde land” (74). Later skryf hy: “op pad na ‘n Suid-Afrika sonder onderdrukking in die huis, in die fabrieke en die myne, in die politiek” (124).

Is die nuwe Suid-Afrika werklik vreedsaam of moet ons daagliks luister watter paaie weens oproer gesluit is, watter infrastruktuur verwoes is, hoeveel (plaas)moorde gepleeg is, ens? Is die huidige rassediskriminasie teen blankes minder immoreel as destyds teen swartes, veral in ag genome wat blanke kundigheid gedoen het en steeds kan doen? Is ‘n land waarin (feitlik) almal, dag en nag, onveilig voel mensliker as die apartheidsbedeling, dus ‘n toonbeeld van naasteliefde? Volgens Wilhelm III is die ideaal waarna voor 1994 gestreef is “‘n vrye en nierassistiese Suid-Afrika … G’n wonder swart mense het ‘n behoefte aan ‘people’s education’ nie – die reg om in hul eie skole hulle eie geskiedenis te hoor” (83). Deesdae word eie skole en eie geskiedenis egter aan Afrikaners misgun. Die waarheid is dat die “apartheidsregering” veel meer ontvanklik vir die kultuureie van die verskillende bevolkingsgroepe was as wat die ANC-regime met sy gelykmakingsbeleid en ontkenning van kultuurverskille is.

Aan Oxford University het Wilhelm III ‘n anti-apartheidseminaar bygewoon om hom in sy politieke dwaling te sterk. Met Nelson Mandela aan die voorpunt, het die ANC glo nie doelbewus die geweldsopsie gekies nie. Hulle is “deur die ‘regime’ tot geweld gedryf” (83). Tydens die afgelope onkritiese en buitensporig eensydige Mandela 100-vierings, wat landswyd met talle voortsleppende gewelddadige betogings gepaard gegaan het, het ‘n leser in reaksie aan Netwerk24 geskryf: “‘n Land wat ‘n geweldenaar tot vredesikoon verhef, bring voortgesette geweldpleging oor homself.” ‘n Polities byderwetse mikroverstand by Media24 het besluit dat daardie mening nie gepubliseer mag word nie. Mandela se voorkeur vir geweld, sy stigting van MK en die dood en verwoesting wat daaruit gespruit het, mag volgens Naspers nie met die huidige geweldskultuur verbind en wyer bekend gemaak word nie.

Dit is nie erg genoeg as die ANC se sogenaamde Menseregtekommissie aan ‘n Afrikaanse skryfster, Gretha Wiid, voorgeskryf wat sy oor homoseksualiteit mag skryf nie. Kruipsugtiges by Naspers en die ander massa-inligtingsmedia pas selfsensuur toe om die publiek te mislei of oningelig te hou terwyl terselfdertyd geen beswaar geopper word teen die toenemende inkorting van uitdrukkingsvryheid deur die verderflike ANC nie. “Is niedemokratiese metodes werklik die enigste weg na ‘n nuwe demokrasie?” (90). Volgens Mandela is die antwoord: Ja. Onverminderde voortgesette ANC-geweldpleging het die grondwetlike onderhandelinge en die 1994-verkiesing gekenmerk, al het Mandela en die ANC valslik voorgegee dat hulle hulle geweldpleging sou opskort. Die ANC het bewys dat geweldpleging lonend is. Sommige/baie ANC-volgelinge wil hulleself steeds met dieselfde misdadige handelinge bevoordeel/bemagtig.

Wilhelm III is ‘n meesterlike verteller van halwe waarhede:

[1] “In Athlone, Kaapstad, het tien polisiemanne in Oktober 1985 hulle in kratte agterop ‘n vragmotor versteek en op betogende jeugdiges geskiet, met bloedige gevolge” (123). Toe voertuie, bv paneelwaens, is dáár herhaaldelik deur jeugdige misdadigers aangeval. Dit het die polisie genoop om op hierdie innoverende manier hierdie misdade stop te sit. Wilhelm III wek die indruk dat hierdie gebeurtenis geen voorgeskiedenis het nie; dat daar sonder meer op onskuldige betogers geskiet is. Klaarblyklik skaar hy hom aan die kant van die misdadigers.

[2] “Die paswette het beheermaatreëls verstewig wat reeds in die 19de eeu ingestel is” (163). Wat Wilhelm III nie sê nie, is dat paswette, soos statutêre rassesegregasie en -diskriminasie, Britse uitvindings is. Die eerste paswet is in 1797 tydens die eerste Britse bewind aan die Kaap deur graaf Macarty uitgevaardig.

[3] Nog ‘n halwe waarheid of hele onwaarheid wat Wilhelm III oor apartheid versprei, is die leuen wat een van sy bruin buurvroue, wat “die proses uitgedaag het” (200), vertel: “Ons is nie toegelaat om by ‘n winkel, ‘n supermark soos OK Bazaars, in te gaan nie” (199). Ek het die hele apartheidsera beleef. Daar was klein winkels, veral op die platteland, wat aparte ingangsdeure vir wit en swart mense gehad het of swartes deur ‘n venster bedien het. Groot winkels, soos die OK, het nooit aparte deure gehad nie en enigeen kon ongehinderd daar ingaan en koop.

[4] “Mense wat met petrolgevulde motorbande om hul nekke lewend verbrand is” (265). Dat dit die ANC is wat hierin uitgemunt het, bly onvermeld. Onmiddellik daarna: “mense wat deur die polisie geskiet en doodgemaak is” (265). Hier word die “skuldiges” wel vermeld. Kenmerkend van die boek is dat bloedvergieting aan die blankes toegedig word (bv “die brutale wit polisie” – p 286) maar dieselfde dade aan die kant van die swartes verswyg word. Wilhelm III se reaksie is: “Ek is jammer … [oor] wat deur wit Suid-Afrikaners gedoen is” (267). Blankes, veral Afrikaners, het oorwegend en ooreenkomstig die opdrag van die apostel Paulus nooit moeg geword om goed te doen nie (2 Tessalonisense 3:13); selfs nou nog nie.

Sedert sy terugkeer na Suid-Afrika woon Wilhelm III in Lynedoch, ‘n “gemengde woonbuurt” en “ekodorpie”, 12 kilometer buite Stellenbosch (133-134). Polities linkses, soos lede van groen partye, beklemtoon bv sosiale geregtigheid, nie-gewelddadigheid/pasifisme en diversiteit. Diesulkes is ook geneig om vegetaries te wees, soos Wilhelm III ‘n tyd lank was (157). Die eersgenoemde drie kenmerke is moeilik met die ANC se swartmag-aanslag versoenbaar. Dit verduidelik dalk deels Wilhelm III se louheid teenoor die Zuma-ANC. Die Lynedoch-ekodorpie se erwe is klein en omdat (demonstratiewe) saamwoon vir die inwoners ‘n passie is, is daar “geen muur of grensdraad” tussen die Verwoerd-egpaar se huis en dié van hulle bure nie (216). ‘n Moontlike bonus is wanneer Wilhelm III die onkruid om sy huis uitroei en sy “voorheen benadeelde” buurvrou dan sê: “Dankie dat jy ons kant ook skoongemaak het” (217). Lynedoch is nie hemel op aarde vir iemand wat eens ‘n Afrikaner was nie. Wilhelm III se frustrasie slaan deur: “Sonder om moed op te gee. Soos om in Lynedoch te bly woon” (228).

Betsie Verwoerd het hoë agting vir haar man gehad. Aan iedere Verwoerd-kleinkind was haar geskrewe boodskap oor HF: “Aanskou die rots waaruit julle gekap is” – Jesaja 51:1 (27). Wilhelm III is dié versande deel van daardie rots. Hy beweer dat hy, soos Betsie, waardering het vir “ons selfstandigheid” (36), waarvan daar weens demokrasie en verswelging egter bitter min oorgebly het. Betsie het “selfrespek, respek vir jou eie mense en vir jou land” uitgestraal (37). Wilhelm III het iets geskryf waarmee ek by hoë uitsondering saamstem: “By die jong mense van vandag word juis die gebrek aan trots meer dikwels te ver gevoer. Dan kry ‘n mens so die gevoel van ruggraatloosheid, ankerloosheid, rigtingloosheid” (37). Wat hy nie noem nie, is dat dit veral ANC-propaganda, gerugsteun deur die massa-inligtingsmedia, is wat Afrikanertrots ondermyn.

Betsie Verwoerd het die amptelike opening van die Randse Afrikaanse Universiteit (RAU) in 1968 bygewoon en dit simbolies as “die opkoms van die Afri[kaner] beleef” (193). “Ons sien nou eers regtig hoe groot [HF] was” (194). Deesdae is die RAU die eentalig Engelse Johannesburg University, die eerste tradisioneel Afrikaanse universiteit wat toegelaat het dat hy binne enkele jare oormatig verswart en verengels het. Wilhelm III se ma het in hierdie konteks ‘n groot waarheid by haar seun probeer tuisbring: “Wilhelm, daar was nie ‘n tussenopsie nie, want die oomblik as jy begin met vermenging sou die swart getalle oorgeneem het” (227).

Hendrik Verwoerd het so pragtig aan Afrikaners gesê: “Ons veg vir die lewe van ‘n volk” (16). Wat sou hy vandag gesê het as hy die leërskare verloopte Afrikaners kon waarneem? Sy oproep was “Skep u toekoms self” (26); iets wat moontlik is mits Afrikaners hulle selfbeskikking herwin. Tydens HF se begrafnis is daar hierdie oproep gedoen: “Laat ons sterk wees vir ons volk” (185). Is dit nog so? Douglas Fuchs het ná HF se dood gesê: “Iets onseglik moois het verbygegaan, SA sal vir my nooit weer dieselfde wees nie” (192). Daar is baie van HF en sy beleid wat ons nie aan die vergetelheid durf toevertrou nie. Vir Wilhelm III bly HF egter ‘n simbool van “verwonding” (231, 236).

Volgens eie erkenning is Wilhelm III hardkoppig (41, 277) en was hy ‘n “sensitiewe kind” (276). Sy ouma Betsie het in 1967 (toe hy 3 jaar oud was) geskryf: “Wilhelmpie koppig en onaangenaam … W haal ook al meer streke uit, botte weiering om te gehoorsaam, parmantig” (277). Volgens sy ma het Wilhelm III hierdie “beneuktheid” van die Verwoerd-kant van sy familie gekry (277). “Of ek nou daarvan hou of nie. Hierdie diepgewortelde aspekte van my kleinkindskap is onlosmaaklik deel van my huidige poging om my met my Verwoerd-wees te versoen” (277). Wilhelm III vra homself af: “Hoe eerlik is jy in jou poging om veral oupa Hendrik regtig grondig te verstaan?” (150). Nadat ek hierdie boek gelees het, bevraagteken ek die volgende stelling van Wilhelm III: “‘n Deel van versoening is vir my om ook te help om die demonisering van énige iemand, insluitende Oupa, te omvorm” (239). Gelukkig kwel sy gewete hom: “Waarom voel ek asof ek verraad pleeg as ek aanvaar dat daar bloed aan [HF] Verwoerd se hande is?” (244). “Ek sukkel om oupa Hendrik se reguit blik openhartig te ontmoet” (148).

Desperaat voel ‘n mens lus om te sê: Vergewe die naïewe Wilhelm III want hy weet nie wat hy doen nie. Hy ly dermate aan geïndoktrineerde en selfverwerfde skuldgevoelens dat hy seker nooit die (politieke) lig sal aanskou nie: “Selfs al aanvaar ek te veel verantwoordelikheid, sal dit steeds nie genoeg wees nie. Niks wat ek kan doen is voldoende verantwoording vir my aandeel aan ‘n sonde teen die mensdom [!] nie. ‘n Stuk van my gedeelde verantwoordelikheid is om met hierdie bodemloosheid te leer saamleef” (270). Daarna probeer hy om hom van sodanige lot te verlos: “Ek wil nie toelaat dat oupa Hendrik se sondes uit die verlede my kreatiewe bydrae in die hede versmoor nie. Hy moet self sy verantwoordelikheid dra. Ek wil nie van hom ‘n sondebok maak nie, maar ek kan ook nie die pyn vir sy dade dra nie” (270). Dit lyk asof Wilhelm III onbepaald op sy ingeslane weg sal voortgaan. Selfs die ANC is vir hom opnuut aanvaarbaar. Die aanstelling van Cyril Ramaphosa as ANC-president het glo ‘n “lang verwagte politieke lente” ingelui (297).

Kortom, die outeur van hierdie boek is ‘n seloot. Seloot: “oordrewe yweraar (en vervolger van andersdenkendes)” (HAT). In hierdie geval is dit Afrikaners wat vervolg of ontluister word. Hy sien sy rol as dié van ‘n “steekvlieg” (117) en myns insiens ook as ‘n gatvlieg, ‘n geroepe laspos, wat Afrikaners betref.

Leon Lemmer: ‘n Dubbele moord in Springs in 1977 op Robert en Jeanne Smit

In die Naspers/Media24-koerante word berigte oor verdagte en werklike moordenaars in buitensporige besonderhede en (indien enigsins moontlik) daagliks saam met talle foto’s gepubliseer, mits hulle blank is. Voor en tydens die verhoor en in die ellelange nabetragting word elke sensasionele vesel uitgerafel, sonder enige teken van deernis met die betrokkenes. Op hierdie manier word ‘n verwronge werklikheidsbeeld by die lesers gewek, naamlik dat blankes in ruime mate bydra tot die status van die nuwe Suid-Afrika as die moordmekka van die wêreld.

Wanneer swartes die verdagte of werklike moordenaars en blankes die slagoffers is, verskyn daar minder en korter berigte of sulke gebeure kry geen publisiteit hoegenaamd nie. Die uitgangspunt is blykbaar dat die nuwe Suid-Afrika ten behoewe van bv versoening en nasiebou beter as wat hy is, voorgestel moet word. Sensasie word polities byderwets op ‘n selektiewe manier nagejaag. Naas die koerante vervul die weeklikse tydskrif Huisgenoot hierin met oorgawe ‘n ondersteunende rol. Dit sou bv interessant wees om te weet hoeveel blankes deur swartes op plase vermoor word en in hoeverre berigte hieroor verskyn.

Wat veral opval, is dat daar na plaasmoorde geen nabetragting gehou word nie; dat daar nie na hierdie plase gegaan word en in besonderhede berig word oor die onherstelbare rampspoed wat die naasbestaandes getref het nie. Die groot leemte wat op hierdie plase ervaar word, word in die perswese nie as ‘n leemte in beriggewing erken nie. Om oor so ‘n pynlike situasie te berig, behoort in die kraam van bv die smartvraat-joernalis Willemien Brümmer te pas. As iemand wat op haar radikale politieke oorverligtheid roem, het sy, sover ek weet, nog nooit so ‘n rampgebied besoek en daaroor ‘n berig gepubliseer nie. Wat sy onlangs wel gedoen het, is om bv die oud-MK-soldaat en -terroris, Jeremy Vearey (Praag 26.05.2018), te besoek en kritiekloos en selfs bewonderend oor hom te skryf (Netwerk24, 6 Junie 2018).

Brümmer, ‘n agterkleinkind van CJ Langenhoven, is pas toegelaat om ‘n ellelange, striemende aanval op Danie Langer, die besturende direkteur van die FAK, in Die Burger (20 deser, p 9) te loods. Dit blyk dat haar ekstreme politiek van haar pa kom, wat ‘n dosent aan die Universiteit Kaapstad was. Haar grootoupa het rede gehad om uiters teleurgesteld in sy enigste kind, sy dogter Engela, te wees. Dit blyk dat hy te meer rede sou hê om hom van Willemien se giftige anti-Afrikaner-gesindheid te distansieer. In haar jongste skrywe lê sy haar pa woorde in die mond ter verkleinering van “Die Stem”, wat glo “in elk geval nie ‘n goeie gedig [is] nie. Dis te blikkerig, te vol trompetgeskal, veels te eensydig in die klem op Afrikaners as ‘knegte van die Allerhoogste’. Die opvatting van Afrikaners as ‘n uitverkore volk, ‘teen die hele wêreld vry’, is in elk geval deur die geskiedenis geweeg en te lig bevind. Anders as jy en jou organisasie, roem ons nie op ons verlede nie. Ons sien ook nie ‘Die Stem’ as ‘n simbool van Afrikaner-identiteit nie. Dit mag jou dalk ontstel, maar daar is duisende, dalk miljoene Afrikaanssprekendes wat met pres Ramaphosa saamstem dat ‘Die Stem’ en die ou landsvlag simbole van diskriminasie, verdrukking en ellende is.” Die politiek van hierdie skepsel behoort vir iedere Afrikaner absoluut verwerplik te wees.

In die tydperk van Afrikanerbewind, van DF Malan tot PW Botha, was die Vorster-era (1966-1979) myns insiens ‘n laagtepunt. Dit was die tyd van die Inligtingskandaal met bv Louis Luyt wat as front gebruik is vir die publikasie deur die regering van die koerant The Citizen. Veral die verraad wat deur Vorster teen Ian Smith se blanke bewind in Rhodesië gepleeg is, bly myns insiens onvergeefbaar. In daardie tyd het ek meer ongemaklik oor die Afrikanerregering gevoel as op enige ander tyd, behalwe natuurlik toe die FW de Klerk-groepie die blanke bewind mandaatloos en doelbewus in sy swernoot gestuur het. In John Vorster se tyd was Hendrik van den Bergh die hoof van die geheimediens. Dit lyk asof daar toe politieke moorde, soms gekamoefleer as selfmoorde of hartaanvalle, gepleeg is.

Politieke moorde was eintlik ‘n onbekende verskynsel in blank Suid-Afrika. Die moord op Hendrik Verwoerd in 1966 was hoogs uitsonderlik. Ná Vorster is die geheimediens op ‘n heeltemal ander grondslag geplaas. Dit is bekend “dat PW Botha nie langs dieselfde vuur gesit het as John Vorster en Hendrik van den Bergh nie” (Liza Smit, bron hier onder, p 178). ‘n Heeltemal ander tradisie leef voort in veral die ANC, waar moord deel van hierdie instansie se magshonger en geweldskultuur is. Soos tydens die “bevrydingstryd”verneem ons in die nuwe Suid-Afrika feitlik weekliks van politieke moorde, veral in Natal. In beginsel is daar geen werklike verbintenis tot en onderskrywing van demokrasie deur die ANC nie. Die ANC wil ten alle koste aan die bewind bly, al is hy glad nie in staat om doeltreffend te regeer nie.

Teen hierdie agtergrond kan Liza Smit se boek, Ek is Liza Smit (Aucklandpark: Jacana, 2018, 268p, R240), beoordeel word. Daar is ook ‘n Engelse weergawe beskikbaar. Die outeur (gebore in 1964) is die jongste kind van die egpaar Robert (1933-1977) en Jeanne Smit (1934-1977), wat in 1958 getroud is. Liza het ‘n ouer broer, Robert/Robbie (gebore in 1962). Waaroor die boek wesenlik handel, word soos volg deur Hermann Giliomee verwoord: “Teen die einde van 1977 is Robert Smit [senior], ‘n Afrikaanssprekende NP-kandidaat vir die [parlementêre] verkiesing [in Springs], en sy vrou vermoor in wat gelyk het na ‘n huurmoord. Smit was voorheen ‘n regeringsamptenaar en het vergaderings van die Internasionale Monetêre Fonds [IMF] bygewoon. Daar is agterna gegis dat Smit moontlik die verbreking van valutabeheer wou onthul. Niemand is ooit van die moorde aangekla nie” (Die Afrikaners: ‘n Biografie, Kaapstad: Tafelberg, 2004, p 535). Sy vrou is vermoor omdat vermoed is dat Smit die gewraakte inligting aan haar meegedeel het. Smit verwys voortaan na Robert Smit senior. Sy seun word Robbie en sy dogter die outeur of Liza genoem.

Aan die begin verwys Liza na die “relatief veilige Suid-Afrika van die laat sewentigs” (6). By haar is daar egter min blyke van waardering vir die vorige politieke bestel. Omdat haar ouers tydens en daarby dalk in opdrag van lede van die destydse blanke regering vermoor is, is die outeur geneig om haar vertroue in die ANC-regering en selfs sy beleid te stel, bv die gelykheidsdogma: “Niemand is verhewe bo ander nie” (23). “Die vorige bedeling het met soveel dinge weggekom en selfs na hulle nie meer aan die bewind was nie, loop die spoke van hul verlede nog rond. En hierdie spoke is nog net so magtig en onaantasbaar soos destyds” (176).

Liza koester die (ydele) hoop dat die ANC-regering iets omtrent die onopgeloste moorde sal doen: “Dalk gaan iemand in die huidige regering voort met dit wat my pa ontbloot het en wat hom en my ma hul lewens gekos het” (182). Sy boekstaaf haar “algehele vertroue in die WVK [Waarheids- en Versoeningskommissie]” (245) en selfs: “She was looking to President Mandela as her last resort to unravelling the mystery of the unsolved murders” (84, 186). In werklikheid het die WVK uitgemunt nóg in die agterhaling van die waarheid nóg in die bevordering van versoening (kyk hier onder). Dit is onwaarskynlik dat Mandela enige (ernstige) aandag aan die Smit-moorde gegee het. Hy sou daardie gebeure seker wel aangegryp het as hy die blanke bewind daarmee kon diskrediteer.

Van 1971 tot 1974 was Liza se pa by die IMF in Washington werksaam. Daar was sy in ‘n veelrassige skool. Dit word vertolk as ‘n teken dat “die VSA ver voor Suid-Afrika was en dat mense daar almal gelyke regte gehad het en dat swartmense daar nie net op plase gewerk het as arbeiders nie” (24). Daarna terug in Suid-Afrika het Liza ‘n Afrikaanse skool bygewoon. “Ek kon nie die stywe, formele skoollewe kleinkry nie. Vandag besef ek dit was ‘n groot kultuurskok. Oorsee het ek met gewone klere skoolgegaan in ‘n ontspanne skoolkultuur. Hier was alles formeel en styf, tipies aan die Afrikanerkultuur van daardie tyd” (44). Anders as in die geval van Dawie de Villiers, wat sy kinders na ‘n kort oorsese verblyf plaaslik in ‘n Engelse skool geplaas het (Praag 17.03.2018), was dit vir die Smit-egpaar “ondenkbaar” dat hulle kinders in Suid-Afrika in ‘n ander taal as in Afrikaans sou skoolgaan (98). “Ons pa was … nie ‘n Broederbonder nie” (191).

Hoewel die Smit-moorde die onderliggende, saambindende faktor in die boek is, is die teks terselfdertyd die outobiografie van die skryfster. Met die skryfwerk is Liza deur Raquel Lewis bygestaan, wat noem dat die teks omsigtig verwoord moes word om bv regsgedinge te vermy. Ek het aanvanklik bedenkinge oor die boek gehad. Aan die begin staan bv: “Ek cope steeds … ek aanvaar … dat dit nooit regtig okay gaan wees nie” (8). Ook in veral die twee laaste hoofstukke neig sulke subjektiewe reaksies om te dik vir ‘n daalder te word. In die laaste hoofstukke word die indruk terselfdetyd gewek dat die meetsnoere uiteindelik in lieflike plekke geval het. ‘n Vriendin verskaf die volgende treffende beskrywing van Liza: “Sy is nou soos ‘n nuwe plantjie wat opgekom het uit ‘n afgebrande grasveld” (257).

In die geheel beskou, is dit egter ‘n geslaagde boek waarin die boodskap onderhoudend meegedeel word. Daar is onnodige Engelse woorde, asook taal- en drukfoute, maar hulle kom in ‘n beperkte mate voor. Twee elemente moes in die teks versoen word: enersyds die outeur se vertelling en andersyds haar voorlegging aan die WVK. Elkeen van die eerste 22 hoofstukke (daar is 24 altesaam) word afgesluit met ‘n fragment van haar WVK-voorlegging. Ek het aanvanklik gewonder of dit die beste opsie is, maar was teen die einde oortuig dat dit reg is om op hierdie manier die WVK-teks stuksgewys aan die lesers bekend te stel.

Aanvanklik was ek bekommerd dat die aanslag van die boek amateuragtig sou wees, soos in die geval van bv die outobiografie van Dawie de Villiers. Die vertelling het my egter spoedig meegesleur en my as leser dankbaar gelaat dat ek die boek gekoop het. Die deurslaggewende faktor is die indruk van opregtheid wat die outeur wek. Met verwysing na Raquel Lewis skryf Liza: “Ek was nog nooit so oop en eerlik met iemand nie … Ek dink die twee grootste lesse wat ek by haar geleer het, is om in waarheid te leef en vir nou te leef” (250). Dit gaan vir Liza om die blootlegging van die waarheid; enersyds oor die moorde en andersyds oor haarself en haar familie en vriende. Dit gaan vir haar glad nie om ‘n gekoesterde, gunstige beeld van haar en haar familie voor te hou soos in bv die genoemde De Villiers-outobiografie nie. Sy is onthutsend eerlik oor haarself en andere, insluitende haar oorlede ouers.

Wat my lojaliteit as leser verder verseker het, is die oorgawe waarmee die outeur jare lank skynbaar geen onkoste of moeite ontsien het nie om twee dinge te probeer vasstel: “Ek was dit aan my ouers verskuldig om uit te vind hoekom hulle vermoor is en deur wie” (164). In die loop van haar ondersoek is gepoog om haar op talle maniere te mislei, maar sy was deurgaans bedag op disinformasie. Die intelligente manier waarop sy met inligting omgaan, is prysenswaardig. Sy het talle dreigemente ontvang en is by meer as een geleentheid omkoopgeld aangebied om haar te probeer ontmoedig om met haar ondersoekende werk voort te gaan, maar sy het haar nie laat afskrik nie. “Teen daardie tyd het hulle my al geken as ‘n hardkoppige mens sonder vrees” (181). “Ek kan my egter op geen kundigheid beroem nie – dit was eerder ‘n kombinasie van jeugdige voortvarendheid, vasberadenheid, liefde vir my ouers en ‘n diep gevoel van verantwoordelikheid teenoor hulle om die onreg wat hulle aangedoen is, bloot te stel. Ek wou net antwoorde kry en ek het baie opgeoffer om dit te probeer kry” (186).

Te oordeel aan die fyn besonderhede wat oor haar onderhoude en ondersoeke verstrek word, lyk dit asof Liza buitengewoon oplettend is en ‘n goeie geheue het. Sommige van die (telefoniese) gesprekke het sy op band opgeneem (164). Die gesprekke wat woordeliks in die boek neerslag vind, het my laat dink aan James Boswell se beroemde biografie, The life of Samuel Johnson (1791), wat lank voor die era van klankopnames gepubliseer is. Maar Johnson het soms gesien hoe Boswell aantekening maak. Liza het sekerlik kort na onderhoude dieselfde gedoen. Haar broer het skynbaar glad nie Liza se entoesiasme vir hierdie projek gedeel nie. Die inligting word sistematies en duidelik meegedeel; ook in haar WVK-voorlegging. ‘n Mens kan kwalik glo dat hierdie WVK-dokument in ‘n enkele week (18 tot 23 Augustus 1997 – p 18, 181) voltooi is. Waarskynlik het daardie teks reeds voor dit in ‘n redelike mate bestaan. In haar ondersoekende werk is sy deur veral Alet van Rensburg bygestaan: “Sy is ‘n uiters betroubare persoon ongeag van die feit dat sy ‘n joernalis is” (204). Dit laat my dink aan die persoon wat gesê het hy wil nie agter X se rug praat nie maar hy dink hy is ‘n bibliotekaris.

Verskeie moontlike redes vir die Smit-moorde word aangevoer, bv die bewering dat vyf destydse ministers by valutabedrog betrokke was (37). Daar was ook sprake van “onwettige kommissies op oorsese staatslenings” (83). In Liza se WVK-voorlegging staan: “Volgens gerugte sou ons ouers se moorde glo ook verband gehou het met ‘sanctions busting’, wapens, olie en kernwapens … Ons vermoed dat ons pa in hierdie veld van sanksie-omseiling op die onwettige transaksies en kommissies afgekom het” (155). “Newsweek, ‘n Amerikaanse nuustydskrif, het in Maart 1979 beweer dat Smit afgekom het op bewyse dat miljoene rande en goud onwettig uit Suid-Afrika geneem word. Die geld het na bewering uit geheime fondse gekom wat deur die destydse Departement van Inligting gebruik is om fronte te skep wat Suid-Afrika se beeld in die buiteland moes help bou” (68).

Die WVK se bevinding het Liza se hipotese bevestig: “Ek is ingelig dat dit ‘n politieke moord was wat in opdrag van die destydse NP-regering uitgevoer is. Hulle sou alles in hul vermoë doen om die skuldiges aan die kaak te stel. Ek was vol moed en baie positief, maar het nooit weer van iemand by die WVK gehoor nie. Nie ‘n woord nie” (182). In die WVK-verslag word die Smit-moorde met dié van die anti-apartheidsaktivis Rick Turner (in 1978) en Renamo se Orlando Christina (in 1983) verbind (183). “The Commission received no amnesty applications in respect of the Smit killings … The Commission finds that Robert and Jeanne-Cora Smit were killed by members of the security forces” (184).

Evelen, die weduwee van ‘n vorige direkteur-generaal van buitelandse sake, Neil van Heerden, bevestig eintlik die WVK-bevinding: “Dit was en is uiters moeilik om te glo dat dit ons eie mense was wat verantwoordelik was” (202). “Sy het tydens die gesprek ook verwys ‘dat een persoon se ego so in sy pad kon gestaan het'” (203). Aan die einde van haar WVK-voorlegging verskaf Liza die volgende samevatting van haar standpunt: “Die mees tragiese is dat dit voorkom of hierdie menseregte-skending gepleeg is uit selfsug, geldmag en ego’s … Ons voorlegging kom basies daarop neer dat alle bewerings daarop dui dat die opdrag vir ons ouers se moorde op kabinetsvlak deur minstens een persoon geneem is.* Dit dui ook daarop dat die land se veiligheidsmagte vir hierdie taak gebruik is en dat die rede vir die moorde gesoek moet word in die verantwoordelikes se soeke na mag en geld, wat moontlik met staatsgeheime – waarskynlik sanksie-omseiling, olie, kernvermoë en wapens – verband gehou het” (244-245). [* Blykbaar bedoelende dat een of meer kabinetslede betrokke was, eerder as dat dit ‘n kabinetsbesluit was.]

Daar is ander (dalk verwante) faktore wat tot die Smit-moorde kon gelei het. In Frankryk het Smit as ‘n arbiter in ‘n saak tussen Alusaf en Aluswiss opgetree en teen die Suid-Afrikaanse maatskappy uitspraak gelewer, wat tot doodsdreigemente teen hom gelei het (55). Daar was ook die Salem-skeepskandaal. “Die skip het na bewering sy olie op die oop see aan Shell verkoop en dit in Durban-hawe gelewer. In 1980 [dus ná Smit se dood] is die skip vol water gepomp en aan die weskus van Afrika laat sink … Die versekering het R19,6 miljoen vir die skip en R46 miljoen vir die vrag uitbetaal. Suid-Afrika se regering is betrek by die skandaal omdat die regering frontmaatskappye gehad het wat gebaat het by die versekeringseis. Beeld het berig dat my pa moontlik op die beplanning van die Salem-bedrogspul afgekom het en gedreig het om dit openbaar te maak” (165-166). Voor hy die politiek betree het, was Smit die besturende direkteur van so ‘n frontmaatskappy, Santam Internasionaal (73).

Oor wie verantwoordelik vir die Smit-moorde was, word verskeie moontlikhede genoem, bv dat Hendrik van den Bergh vir kolonel Dries Verwey van die polisie opdrag gegee het om die Smit-egpaar te vermoor (38). ‘n Ander bron beweer dat daardie besluit deur die hoof van die polisie, Mike Geldenhuys, aan Verwey opgedra is; dat Van den Bergh nie by die moorde betrokke was nie “maar wel by die toesmeer later” (224). Dit is moontlik dat ‘n buitelander gehuur is om die moorde te pleeg (77), bv ‘n “ex-Rhodesiër” (237) of iemand uit die Kongo (234). Albei oorledenes het skiet- en steekwonde gehad. Veral die steekwonde is nie ‘n kenmerkende manier waarop blankes of Afrikaners moord pleeg nie.

In Liza se lewensverhaal is daar talle elemente wat aan tipiese sepiemateriaal herinner. Sy het as skoolkind begin rook. In 1982 het sy as agtienjarige die eerste keer getrou. Twee kinders is uit hierdie huwelik gebore, ‘n dogter en ‘n seun. Na 18 jaar het Liza geskei. Haar broer Robbie het ook geskei. Eers in hoofstuk 13 word genoem dat Robbie en Liza die aangenome kinders van die Smit-egpaar is (136). In 1996 het Liza haar biologiese ma en halfsuster ontmoet, maar haar halfbroer, James, is twee jaar tevore in ‘n motorongeluk dood. Liza was in 1964 as baba vir aanneming beskikbaar omdat haar ma toe ongetroud was en die geboorte ‘n verleentheid vir die familie was. Haar biologiese ma het twee keer getrou. Liza het nooit haar biologiese ma as haar eintlike ma aanvaar nie omdat sy baie geheg aan haar aangenome ma, Jeanne, was; baie meer as aan haar aangenome pa, Robert. “Ek het ‘n ma gehad en was nie op soek na iemand om haar mee te vervang nie” (242). Liza se biologiese pa is op ‘n jong ouderdom oorlede.

Liza het in 2001 die vyfde vrou geword van haar tweede man, wat hom aan gesinsgeweld skuldig gemaak het. Dit herinner aan Karina Szczurek se boek, The fifth Mrs Brink: a Memoir (2017); nie dat daar hier ook sprake van geweld was nie, maar bloot dat die skrywer André P Brink ook vyf keer getrou het. Liza het in 2014 van haar tweede man geskei. Dit is nadat sy in 2013 weens depressie en selfmoordgedagtes in ‘n psigiatriese hospitaal behandeling ontvang het. Liza se seun se bene is verlam sedert ‘n motorfietsongeluk. Hy is aan ‘n rolstoel gekluister. “Ek het vir hom daardie motorfiets gegee” (232). “Ons leer daagliks dat Gerrie se rolstoel eintlik die begin van ‘n nuwe lewe was eerder as die einde daarvan” (253).

Naby die einde van haar boek kom Liza met die onthulling dat haar pa, Robert Smit, by meer as een buite-egtelike verhouding betrokke was, wat groot smart vir haar ma, Jeanne, veroorsaak het omdat sy daarvan bewus was. “Hy het selfs ‘n verhouding gehad met een van my ma se beste vriendinne. Dit het uiteraard die voetstuk waarop ek my pa gesit het, laat kraak. My hele beeld van hom as pa, gesigsman, politikus en wêreldklas-ekonoom was aan flarde geruk en ek het gesukkel om te aanvaar dat hy ‘n mens met foute was … My ma was vir my die verpersoonliking van liefde en hier moet ek hoor my pa het haar verraai. Sy het nooit geskroom om hom by te staan in alles wat hy aangepak het nie en moes uiteindelik met haar lewe boet vir haar lojaliteit aan hom” (258). Ook: “My ma het al die jare die ‘skuld’ vir hul kinderloosheid op haar geneem, maar in werklikheid het die probleem by my pa gelê” (136).

Liza se vertelling toon in watter ingrypende mate die moord op haar ouers haar lewensloop beïnvloed het. “Op 22 November 1977 is ons lewens wreed ontspoor” (244). “My lewe is in ‘n lewende hel verander deur moordenaars” (109).

Toe Robert Smit die NP-kandidaat in die verkiesing geword het, het hy by verskeie geleenthede “openlik gesê dat hy iets baie belangriks bekend gaan maak sodra hy verkies is” (54). “Dit sou Watergate na ‘n Sondagskool-piekniek laat lyk” (63) en dat sy onthullings “die land sou skud tot heel bo” (68). Die skuldiges (dalk die staatshoof en/of ministers) sou aan die kaak gestel word. Vorentoe was daar twee moontlikhede. Die een uitweg was om Smit se stilte te koop deur toe te gee aan sy eise. Dit sou egter tot gevolg hê dat Smit sommige van die hoogste politici deurlopend kon afpers. Daar is bv beweer: “Smit het hierdie inligting as wapen gebruik en geëis dat hy lid van die parlement word en later aangestel moet word as minister van finansies” (69). Die ander uitweg was om hom en sy vrou te vermoor.

By die Smit-egpaar se begrafnis het John Vorster sy hand op Liza se skouer gelê. “Hy het moeg en afgerem en hartseer gelyk” (91). By dieselfde geleentheid het Pik Botha na bewering vir Liza gesê: “Hy wens hy kon meer vir ons doen, maar dat sy hande afgekap was” (92), maar Botha het dit daarna ontken (93). Hermann Giliomee noem dat Vorster ‘n “swak administrateur was … Daar was geen kabinetsekretariaat nie en die mees junior minister het in ‘n oefeningboek rekord van die besluite gehou” (Die laaste Afrikanerleiers, Kaapstad: Tafelberg, 2012, p 93). As daar tydens ‘n kabinetsvergadering oor Smit gepraat en besluit is, bestaan daar heel moontlik geen rekord hiervan nie. Dit is egter onwaarskynlik dat dáár oor so iets soos moord besluit sou word. Te veel mense sou so ‘n besluit geheim moet hou. Sowel PW as Pik Botha was kabinetslede. “Volgens PW Botha was sy van-genoot energiek en intelligent, maar ‘n ‘politieke sif’ wat te veel dinge deurgelaat en te maklik gepraat het” (Willie Esterhuyse, Eindstryd, Kaapstad: Tafelberg, 2012, p 109).

Die besluit om die Smit-egpaar te vermoor is waarskynlik deur die staatshoof of deur een of meer ministers geneem. Soos in 1990/94 is nie die Nasionale Party of die NP-regering in sy geheel skuldig nie maar moontlik ‘n klein groepie NP-lede. Volgens ‘n joernalis “het Vorster beweer dat ons pa die hele bedrogstorie met hom (Vorster) bespreek het en dat Vorster toe die fout gemaak het om die betrokke kabinetsminister in ‘n kabinetsvergadering te konfronteer. Die volgende ding wat (volgens die joernalis) toe gebeur het, was dat die Smit-egpaar vermoor is” (156). ‘n Mens vra jou af: Sou die ophaal van die saak in ‘n kabinetsvergadering nie juis die betrokke minister ontmoedig en verhoed het dat die moorde gepleeg word nie? “As ons oordeel aan Vorster se houding by ons ouers se begrafnis en aan hoe oud hy skielik voorgekom het, glo ons nie dat Vorster by die moorde betrokke was of [vooraf] daarvan geweet het nie” (157). Ook: “Ek is nogal geneig om generaal ‘Lang Hendrik’ van den Bergh te glo as hy sê hy self het niks met die moord op my pa en ma te doen gehad nie” (163).

“Nou, veertig jaar later, is die moorde steeds ‘n raaisel. Ek glo steeds dat ek en Alet naby aan ‘n deurbraak was, of dat ons dalk reeds die waarheid by iemand gehoor het en dit net nie besef het nie. Maar die waarheid was in hierdie geval baie nou verweef met leuens. Ek moes aanvaar dat my speurwerk dalk vrugteloos was en dat ek my en my gesin se lewe verniet daardeur ontwrig het. ‘n Deel van my is bly ek het dit gedoen, want nou het ek ‘n bietjie meer vrede as wat ek andersins sou gehad het. Maar die onbeantwoorde vrae bly en ek het nie ‘n ander keuse gehad as om my verlies te aanvaar nie. Ek het die pad wat ek moet loop, lankal aanvaar, al word dit nooit makliker nie” (187).

Liza se slotsom is: “Ek glo ons het met ons ondersoeke naby aan die waarheid gekom, maar ten spyte daarvan dat ons duisende kilometers agter getuies aangery het en ten spyte van baie hulp, raad en bystand deur die jare, is ons niks nader aan die waarheid as destyds nie. Is ek spyt oor die WVK-verslag? Nee, al het dit ongeveer twee jaar van my lewe oorheers, want dit was iets wat ek eenvoudig net móés doen. Ek weet ek het alles moontlik gedoen om die waarheid uit te vind en dit het vir my afsluiting gegee” (259-260).

Dan Roodt: Gaan die EU apartheid najaag of Afrika oplaas onafhanklik maak?

Vir baie Afrikaners het die onlangse Europese-Afrika-spitsberaad in Abidjan ‘n gevoel van déja vu ontlok. In die laat veertigerjare is sulke konferensies ook in Suid-Afrika gehou waar vrese uitgespreek is dat die Europese bevolking in dié land uiteindelik deur swart bevolkingsgroei en migrasie vanaf die tuislande verswelg mag word. Suid-Afrika in 1950 was ‘n mikrokosmos van Europa vandag.

Apartheid, wat binnelands amptelik bekend gestaan het as “afsonderlike ontwikkeling” was ‘n skema waardeur die etniese tuisland van swartmense ontwikkel sou word ten einde die snel groeiende bevolkings in daardie gebiede te oorreed om “tuis te bly”. Soos ons almal weet, en ondanks die miljarde dollar wat op Suid-Afrika se binnelandse weergawe van “Afrika-ontwikkelingshulp” bestee is, is daardie beleid uiteindelik as ongeslaag laat vaar en vervang deur ‘n soort laissez-faire-beleid wat migrasie betref. Binne ‘n dekade of twee het Johannesburg, Pretoria, Durban en Kaapstad oorbevolkte, misdaadgeteisterde hole geraak wat deur krotbuurte omring word. Dít wat Europeërs tans as hul toekomstige nagmerrie sien, as hul stede deur die instromende Afrikane met hul eie reëls en kultuur oorgeneem sou word, het reeds in Suid-Afrika gebeur.

Die jongste uitgawe van die Britse Economist vertoon SA korrupsie op die voorblad.

As ‘n voorheen eerstewêreldse nywerheidsland, is dit verby met Suid-Afrika. Dit is “verafrikaniseer” in die negatiewe sin en die daaglikse histerie in die media oor korrupsie, ‘n gebrek aan water, moord en gewapende roof, verteenwoordig bloot getuienis van ons nuwe status as “net nog ‘n Afrikaland”.

Te oordeel aan die naïef optimistiese uitsprake oor die “skep van ‘n Afrika-ekonomie van die toekoms”, wil die Europese leiers graag Suid-Afrika se apartheidseksperiment herhaal, net op ‘n veel groter skaal. Ten minste kon Afrikaners swart tale praat en het die toestande op dié vasteland begryp, iets waarmee hulle hul ontwikkelingsplanne kon aanpas wat deur vele onafhanklike waarnemers van buite as realisties en prakties gesien is. Selfs die vorige Sweedse sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Dag Hammarskjöld het dr. Verwoerd die voordeel van die twyfel gegee sover dit sy afsonderlike-ontwikkelingsbeleid betref. In weerwil van die verguising waaronder Suid-Afrika in die verlede gebuk gegaan het, en ongeag die land se huidige verval in derdewêreldstatus, verteenwoordig dit steeds die enigste voorbeeld van suksesvolle ontwikkeling op die Afrikavasteland. Dít op sigself behoort die EU te oorreed om ten minste na Suid-Afrika se veelbewoë geskiedenis te kyk en daaruit te leer.

Aan die ander kant kan geen Europese of Westerse ingryping in ‘n Afrikaland oor die afgelope vyftig jaar as ‘n sukses bestempel word nie. Met ‘n demografiese krisis wat momentum opbou soos gereeld in die internasionale media berig word, het mev. Angela Merkel, die heersende grande dame van Europa, bloot meer hulp in Abidjan belowe:

“Dis baie belangrik dat ons gewoon Afrikane ondersteun om ‘n einde te maak aan onwettige migrasie, sodat mense nie in die verskriklike kampe in Libië hoef te ly of selfs gekoop en verkoop hoef te word nie.”

Duidelik het mev. Merkel nog geen boeke oor die ondwerp van hulp aan Afrika gelees nie. Anderins sou sy daarvan bewus gewees het dat swartmense op die vasteland hulp mag verlang of nie mag verlang nie. Maar ongeag die hoeveelheid hulp wat hulle ontvang, wil hulle nie voorgesê word oor hoe om dit te bestee nie. ‘n Sprekende voorbeeld hiervan is teëgekom tydens die naloop van die EU-AU-beraad, toe Ghana se president Nana Akufo-Addo vir sy Franse eweknie Emmanuel Macron by die presidensiële paleis te Accra in geen onduidelike terme laat verstaan het dat “ons nie langer kan aanhou om beleid te maak vir onsself, in ons land, in ons streek, op ons vasteland, op grond van watter ondersteuning die Westerse wêreld of Frankryk, of die Europese Unie ook al aan ons kan bied nie. Dit het nie gewerk nie en dit sal nie werk nie.”

Akufo-Addo het verder gesê: “Ons moet wegkom van die afhanklikheidsmentaliteit. Dié mentaliteit behels ‘wat kan Frankryk vir ons doen?’. Frankryk sal doen wat hy ook al in sy eie belang wil doen, en wanneer dit met ons s’n ooreenstem, ‘tant mieu’ (soveel te beter) soos die Franse sê… Ons vraagstuk behoor te wees wat ons in die een-en-twintigste eeu behoort te doen om Afrika daarvan weg te kry om hoed-in-die-hand te moet staan en vir hulp, vir liefdadigheid, vir gunste en gawes, te bedel. Die Afrikavasteland, as jy na sy hulpbronne kyk, behoort geld aan ander plekke te skenk… Ons moet die mentaliteit wat sê dat ons nie daartoe in staat is nie verander… en as ons eers daardie benadering het sal ons sien daar is ‘n bevrydende faktor vir onsself.”

Dog terselfdertyd, en teenstrydig met sy verklaarde standpunt dat hy van die “afhanklikheidsmentaliteit” wil wegkom, het Akufo-Addo gesê dat hy nie aanbiedinge van hulp van die hand sal wys, of ‘n “gegewe perd in die bek sal kyk nie”, soos hy dit gestel het.

Maar die keuse vir Europa is onverbiddelik: Óf die vasteland gaan ‘n apartheids- of afsonderlike-ontwikkelingsoefening deurmaak, waardeur meer hulp aan korrupte Afrikaregerings uitgedeel gaan word, wat bloot hul eie sakke gaan vul, óf Europa sal moet beantwoord aan die swart kontinent se oproep dat hy geheel en al onafhanklik en selfgenoegsaam wil wees.

Geld wat opsy gesit word om migrasie te keer behoort eerder bestee te word om Europa se grense dig te maak, pleks daarvan dat nog ‘n rondte hulpgeld uitgedeel word aan lande wat al vele Marshallplanne oor en oor opgeslurp het, sonder enige sigbare verbetering.

Tot lof van Hendrik Verwoerd

Ter herdenking aan die sluipmoord op Hendrik Verwoerd (1901-1966, eerste minister 1958-1966) vyftig jaar gelede het Stephen Mitford Goodson die volgende boek self gepubliseer: Hendrik Frensch Verwoerd: South Africa’s greatest prime minister (2016, 144p, R190). Voorheen het Goodson boeke oor onder andere Adolf Hitler (2009), Jan Smuts (2012) en Ian Smith (2015) gepubliseer. Van 2003 tot 2012 was Goodson ‘n direkteur van die Suid-Afrikaanse Reserwe Bank, maar hy het bedank, enersyds omdat die ANC-regering deesdae die meerderheid direkteure aanstel en andersyds omdat Jode teen Goodson se direkteurskap kapsie gemaak het. Volgens inskrywings op Wikipedia en Metapedia het Goodson lof vir Hitler en ontken hy die Holocaust. Die Mitford in sy naam dui glo op verwantskap met Diana Mitford (1910-2003). Goodson word dus ook met Diana se man, Oswald Mosley (1896-1980), die leier van die Britse fasciste, geassosieer. Goodson woon tans in Pringlebaai, naby Bettysbaai waar Verwoerd se vakansiehuis is.

Goodson se finansiële en bankagtergrond word weerspieël in twee ander boeke wat hy gepubliseer het en vind ook neerslag in sy boek oor Verwoerd. Hy skryf van “the Rockefeller-Rothschild-Oppenheimer plan to set up an economic super-government over the southern portion of the [African] continent” waarvan in die Washington Observer Newsletter op 15 Januarie 1975 gewag gemaak is (p 87). Die saak wat Ethiopië en Liberië in 1960 by die Internasionale Strafhof in Den Haag teen Suid-Afrika oor Suidwes-Afrika aanhangig gemaak het, word toegeskryf aan die ondersteuning van internasionale bankiers, die Amerikaanse Central Intelligence Agency (CIA) en die Amerikaanse Council on Foreign Relations (CFR) (60-61). Die CFR is ‘n dinkskrum waarin oor die Amerikaanse buitelandse beleid en internasionale betrekkinge besin word.

Na aanleiding van Piet Hoek se 1965-verslag oor die rol van internasionale en plaaslike geldmagte in die Suid-Afrikaanse politiek, verwys Goodson na “the CIA instigated riot at Sharpeville in March 1960” (83). “On 25 January 1966 Dr Verwoerd referred to the [Hoek] report during his speech at the opening of parliament and fired another warning shot in Mr Oppenheimer’s direction when he said: ‘We shall fight the concentrations of power and monopolies which are present in our country and are a fundamental danger” (85). Die in 1968 hersiene Hoek-verslag is destyds uit Hoek se kluis gesteel (85). “Shortly after Dr Verwoerd’s assassination, his successor, Balthazar Johannes Vorster, warned Professor Hoek not to make his report public as it would cause him embarrassment, and eventually all circulation of the report was forbidden. This does not come as a surprise, as by this time Harry Oppenheimer had developed ‘cordial relations with Vorster'” (87).

Hoofstuk 6 handel oor “The international money power.” Aandag word aan bv die Anglo American Corporation, Harry Oppenheimer en Anton Rupert gegee. Aanvanklik het Oppenheimer nie polities verlinks geklink nie. In 1957 het Oppenheimer gesê: “Our growing industrial needs must make full use of Bantu labour, and we must not worry overmuch about the consequences, because the Native is, on the whole so uncivilized that the white man will remain on top for as long as we can see at the moment” (78). Oor die chaos wat in die Belgiese Kongo na onafhanklikheid in 1960 uitgebreek het, toe die mineraalryke Katanga-provinsie probeer wegbreek het, het Oppenheimer in 1961 gesê: “What the Congo does show is that primitive, uncivilised people cannot be trusted with the running of a modern state, and that independent democracy is the only possibility [rather: is only possible] if the electorate has reasonable standards of education and civilisation” (78).

In 1960 het Oppenheimer gesê: “What the South African government was trying to do in separating the black and white races was not necessarily immoral as partition had provided the answer to problems in many parts of the world” (78). Daar was bv lord Frederick Lugard (1858-1945), die goewerneur-generaal van Nigerië (1914-1919), se beleid van afsonderlike ontwikkeling: “Lugard’s policy was that the African’s peoples own social and political institutions, the product of centuries of accumulated experience and wisdom, should be preserved, strengthened and modernised in an evolutionary manner” (27). Een van Lugard se uitsprake was: “Never try to turn the African Black into an Oxford Blue” (27). Lugard se karakterisering van swartes is kenmerkend van die Britse koloniale era: “The typical African … is a happy, thriftless, excitable person, lacking in self control, discipline and foresight, naturally courageous, and naturally courteous and polite, full of personal vanity, with little sense of veracity … in brief, the virtues and defects of this race-type are those of attractive children” (Wikipedia). Oor die kritiek op trekarbeid “Verwoerd pointed out that migrant labour in the urban and mining areas was similar to the 3 000 000 seasonal labourers from Italy who worked in France” (Goodson 28-29). Teen 1964 het Oppenheimer sy bogenoemde 1960-mening van “not necessarily immoral” radikaal verander: “Discrimination on grounds of race or colour is morally wrong and partition on grounds of race or colour is economically impossible” (83). SED Brown het Oppenheimer in 1966 beskryf as “the deadliest enemy of our national survival” (76).

Die boek word opgedra aan die nagedagtenis van SED (Sydney Eustace Denys) Brown (1910-1990), die redakteur van The South African Observer (1955-1990). Brown was bekend vir sy anti-semitisme en het gemeen dat ‘n Nuwe Wêreldorde onder Joodse beheer die denasionalisering van volke beoog. Hierdie idees word ook in Goodson se boek aangetref. “The international bankers needed to incorporate South Africa, with its treasure chest of minerals, into their planned New World Order whose principal objective is permanently to enslave mankind by means of perpetual debt and usury. Dr Verwoerd who had frequently declared that he would have nothing to do with such a satanic scheme, stood in their path and therefore had to be eliminated” (95). Die sluipmoord op Verwoerd word ingeklee as deel van ‘n staatskaping, soortgelyk aan wat deesdae oor die Guptas beweer word.

S Davidson word soos volg aangehaal: Nelson “Mandela’s entire development was guided by Jewish ‘handlers'” (63). Bewys hiervan word gevind in die feit dat naas swartes en ‘n enkele Indiër (Ahmed Kathrada) net Jode in 1963 in die klopjag op Lilliesleaf in hegtenis geneem is, naamlik Lionel Bernstein, Hilliard Festenstein, Arthur Goldreich, Denis Goldberg, Bob Hepple, James Kantor en Harold Wolpe (63). Hulle was kommuniste en wat Ivor Benson “soft-headed Western ‘liberals’ and ‘progressives'” genoem het (63). Benson skryf: “Certainly, it requires no great intelligence to see and understand that the South African Communist Party (SACP) with its team of highly trained revolutionary activists, all drawing orchestrated encouragement and support from the centres of high finance in the West, is on the ‘attack’ side of the conflict, while the ANC is nothing but the mindless human medium in which the ‘alien invader’ exercises his powerful techniques” (63). Met verwysing na die Guptas kan dit steeds die toestand van die ANC wees.

Goodson skryf: “The African National Congress (ANC) is and always has been a Jewish outfit masquerading as a liberation movement” (64). Hy beweer die kommunis Bram Fischer het die drie uur lange toespraak geskryf wat Nelson Mandela in 1964 aan die einde van die Rivonia-verhoor voorgelees het . Mandela word die “premier puppet of the international bankers” genoem (64). “Unaccountably, the prosecution laid charges of the lesser offence of sabotage against the defendants, and not treason” (64). Oor die vonnis van tronkstraf pleks van die doodstraf het Verwoerd in 1964 in die parlement gesê: “These people are criminals, Communist criminals … When it is said in these circles that they are glad that Mandela received a life-long sentence and not the death penalty, because he may later, like [Jomo] Kenyatta [1894-1978, Kenia’s head of state 1963-1978], become a leader of the future, then I say, God forbid it” (64-65). FW de Klerk het later heeltemal anders as Verwoerd oor Mandela geoordeel.

“The Rothschild’s local representative, Harry Oppenheimer, was an implacable foe of Dr Verwoerd and as far back as 1955 in a parliamentary debate had asserted that ‘when you have a man prepared to slow down his nation’s economic welfare on account of political theories, then you are dealing with an impractical fanatic” (95-96). John Vorster word as ‘n Vrymesselaar beskryf en sy vennoot in hulle Brakpanse prokureursfirma as die kommunis Julius Furst, die skoonpa van Joe Slovo (97). Die CIA het glo aan Vorster die eerste ministerskap belowe. Die Britse geheimediens, M16, was glo ook betrokke. “In the meantime the liberal press built up an entirely false image of Vorster as a hardened right winger” (98).

“While [Anton] Rupert was the driving force behind Dr Verwoerd’s assassination, it was Rothschild who was the architect” (100). Ter ondersteuning van hierdie stelling word na PJ Pretorius se boek, Volksverraad, 1996, p 161, verwys. Die “chain of command for the assassination of Dr Verwoerd” word soos volg weergegee: Rothschild, Oppenheimer, Rupert, Vorster, Tsafendas. “These conspirators were assisted by the CIA, M16, M-Apparatus of the Soviet Naval Espionage Service and rogue elements in the South African Department of Justice and the security police” (107).

“The principal beneficiaries of Dr Verwoerd’s assassination were the International Money Power, and in particular the Rothschild bankers, although they would have to wait 28 years before they could collect their prize” (113); dus, hulle moes wag tot 1994, toe die ANC aan die bewind gekom het. “Locally, Anton Rupert had carte blanche with which to expand his business empire as he desired, with far less hindrance from government interference” (113-114). “With his puppet, BJ Vorster, in the premiership, he [Harry Oppenheimer] was strategically well placed to oversee the dismantling of apartheid and South Africa’s incorporation into the plutocrats’ New World Order” (114).

“On 18 January 1989 President PW Botha suffered a ‘stroke,’ whereas it was in fact an attempted assassination caused by his tea being poisoned. Information provided to the author by his widow, Barbara Botha” (108). Dit is dalk onnodig om te skryf dat ek teleurgesteld met Goodson se boek is, want ek het dit gekoop onder die indruk dat dit ‘n nuwe biografie oor Verwoerd is terwyl dit vir die outeur blykbaar veeleerder gaan om sy hipoteses oor internasionale geldmagte en die sluipmoord op Verwoerd te publiseer. Daarmee gee ek nie te kenne dat daar geen waarheid in sommige van Goodson se bewerings steek nie.

Die voorwoord by die boek is deur Marthinus van Bart, ‘n joernalis en kenner van Afrikanerkultuur, geskryf. Ek vestig die aandag op ‘n enkele sin in die voorwoord. Manfred Nathan het in sy biografie oor Paul Kruger (1944) geskryf: Kruger “gave his people a soul” (8). Die vraag het by my opgekom: Kan dit nie dalk met reg gesê word dat FW de Klerk se onbesonne dade die teenoorgestelde gedoen het nie , naamlik om die Afrikaner se siel te (probeer) vernietig? De Klerk se jongste uitlatings toon dat daar by hom hoegenaamd geen berou is oor wat hy aangevang het nie (Netwerk 24, 19 November; Die Burger, 21 November, p 6). Hy het nie gelewer wat hy belowe het nie: ‘n voorspoedige, nie-kommunistiese, vreedsame land waarin daar nie rassediskriminasie is nie, geen blanke sy werk verloor nie en eiendomsreg, bv van plase, veilig is.

Die boek is glad nie ‘n volwaardige biografie oor Verwoerd nie. ‘n Mens sou graag meer fundamentele besinning en evaluering van Verwoerd se politieke idees wou hê, soos dié van Hermann Giliomee. In die bibliografie word Giliomee se werke glad nie genoem nie, bv Die Afrikaners (2004) en Die laaste Afrikanerleiers (2012). Volgens Verwoerd was daar net twee staatkundige moontlikhede vir Suid-Afrika: enersyds afsonderlike nasiestate vir gelyke etniese groepe en andersyds swart oorheersing in ‘n eenheidstaat. In sy 2012-boek verwys Giliomee na ‘n profetiese uitspraak van Verwoerd in 1963: “In ‘n gemeenskap waar die swart mense oorheers, sal dit die wit man wees teen wie gediskrimineer word” (p 85).

Dit is vir my duidelik dat Giliomee baie groter waardering vir Verwoerd met sy akademiese ingesteldheid het as vir prokureurs soos Hans Strijdom, John Vorster en FW de Klerk. Giliomee se 2012-boek was vir liberaliste te pro-Verwoerd om te verteer. Giliomee het ‘n verdere boekie gepubliseer: Die enigma van Hendrik Verwoerd (2012). Daarin skryf hy: “Myns insiens was hy [Piet Cillié] saam met HF Verwoerd en Van Wyk Louw die heel belangrikste Afrikaanse meningsvormers van die laaste helfte van die twintigste eeu” (Kindle 26). Onmiddelik na Verwoerd se dood het die verlinkse koerant, die Rand Daily Mail, Verwoerd beskryf as “the man who had refined the crude ideology of white supremacy into a sophisticated and rationalized philosophy of separate development” (1142).

Dat rasse-segregasie lank voor 1948 bestaan het, blyk uit wat Jan Smuts in 1917 gesê het: “We have realised that political ideas which apply to our white civilisation largely do not apply to the administration of native affairs. To apply the same institutions on an equal basis to white and black alike does not lead to the best results, and so a practice had grown up in South Africa of creating parallel institutions – giving the natives their own separate institutions on parallel lines with institutions for whites. It may be that on those parallel lines we may yet be able to solve a problem which may otherwise be insoluble … We have felt more and more that if we are to solve our native question it is useless to try and govern black and white in the same system, to subject them to the same institutions of government and legislation. They are different not only in colour but in mind and in political capacity and their political institutions should be different, while always proceeding on the basis of self-government … We have now legislation before the Parliament of the Union in which an attempt is made … to create all over South Africa, wherever there are any considerable native communities, independent self-governing institutions for them. Thus in South Africa you will have in the long run large areas cultivated by blacks, where they will look after themselves in all their forms of living and development, while in the rest of the country you will have white communities, which will govern themselves separately according to accepted European principles” (Goodson, 25-26).

Al het Smuts soms ver gedwaal, blyk uit hierdie aanhaling dat daar reste van ‘n egte Boer in hom behoue gebly het. Die eie gebiede en selfregering wat blankes tradisioneel vir swartes toegelaat het, word sedert 1994 egter glad nie deur swartes aan blankes gegun nie. By die Voortrekkers het Verwoerd ook ingesteldheid op rasse-segregasie gevind: “The Bantu were realising more and more that the old Voortrekker policy of granting their own areas to the different races was the right and best policy” (38). Daar is ook Theophilus Shepstone se Britse naturellebeleid in Natal (1853-1875): “The main focus of his policy was on maintaining tribal customs and not to enforce white civilisation … Separate racial development had been standard practice since the inception of Britian’s colonial era” (26-27).

In die res van hierdie rubriek wil ek eerder die politieke idees van Verwoerd belig pleks van oor Goodson se twyfelagtige spekulasies te skryf. In die inleiding staan daar bv: Verwoerd “viewed separate development as a temporary phase, whose aim was neither to dominate nor to discriminate, and stated on numerous occasions that human dignity is achieved by coexistence and not by living together” (12). Wanneer die beleid van afsonderlike ontwikkeling volvoer is, sal daar ‘n reeks gelyke, onafhanklike state bestaan.

In 1950 het Verwoerd gesê: “In a multi-racial society where power must eventually be transferred into the hands of the numerically stronger Bantu, not only the White, but also the Coloured and Indian will go under. Over time even the Bantu masses will not benefit because on the strength of what happened elsewhere in Africa, it must be taken into consideration that South Africa will develop into an autocracy or dictatorship. On account of their lack of ability to manage a complicated administration, the country will moreover administratively and economically be destroyed and for everyone – White and Coloured – end in chaos” (4).

Let op hierdie profetiese woorde van Verwoerd: “Britain should be careful about the immigration of non-Whites on such a large scale; Britain was a proud nation who had rendered great services to the world, but if Britain wanted to remain proud of its nationhood it should stop allowing non-Whites in by the thousand; they were making a bastard race of themselves and this would one day be the source of many difficulties for the British people” (44).

Oor Ian Smith se rassebeleid van “partnership” in Rhodesië het Verwoerd tereg gewaarsku dat dit op ‘n tragedie afstuur: “I say unequivocally that we believe that majority rule there, which means a Black government ruling over the Whites, will lead to destruction and chaos” (69).

In 1960 het Verwoerd gesê: “May the white man, may the White nations of the world, also Britain, not lose their intellectual hold or in any other way. If they abdicate on our behalf and surrender, then in the long run the flood of coloured people will not only overwhelm us, but in the years to come will reach their lands, and eventually overwhelm them too” (115).

In 1961 het Verwoerd aan bruin raadslede gesê: “What happens if the whites lose their hold on a unitary state? Who runs the country? Not the Coloureds, but the Bantu. I do not wish to insult the Bantu as a group, because I must also seek justice for them. The fact is that the experience in Africa proves that if the Bantu obtains authority over a country, it will lead necessarily to a dictatorship of a small group of politically interested parties amongst them. The Bantu masses will be subject to them and will perhaps suffer far more than the suffering that they are alleged to experience under a white government.

“As far as the other groups are concerned they will without a doubt be pushed backwards, perhaps quickly, perhaps step by step. The Coloureds should not think that they will be the last to be excluded from the rule of, participation in and benefits of such a mixed society. They can easily be the first. Which group will be respected the least by a Bantu dictatorship and be the least needed? Will it not be the Coloureds? The Whites’ prestige and help might still be retained because of the usefulness of his knowledge” (115-116).

In 1966 by geleentheid van sy laaste Republiekdagviering het Verwoerd gesê: “As far as the Bantu are concerned will it be to their advantage if they become the dominant group, but in that process lose their separate national identities, and probably their languages and customs and suffer as a result of their incapacity – which we know is the case – to lead, manage and develop the phase of western civilisation which this country has reached in respect of industrialisation and other things?

“Would it be right in respect of their own masses? The few who obtain power might be satisfied, but for all we know they may be prodigals. For a large extent the masses would become unemployed and experience difficulty as we have seen in the rest of Africa. Would it be morally right to create the appearance of freedom, but in reality to cause living conditions similar to slavery [?]” (116).

In die nuwe Suid-Afrika is die naam van die Verwoerd-gebou op die kampus van die Universiteit Stellenbosch (US) verander omdat die neo-US eerder mense soos Nelson Mandela, Thabo Mbeki en Desmond Tutu met akademies waardelose eredoktorsgrade vereer en geboue eerder na ANC-aktiviste soos Russel Botman vernoem. Seker die aanstootlikste gebeurtenis in Wim de Villiers se minagting van die nalatenskap van die oud-Matie Verwoerd was die openbare skouspel wat hy gemaak het van die verwydering van die gedenkplaat in die voorportaal van wat eens die HF Verwoerd-gebou was.

Goodson skryf: “On 27 May 2015 the plaque in the foyer dedicated to Dr Verwoerd was removed, without consulting the alumni, in an act of cultural vandalism. The author protested to the rector, Prof Wim de Villiers, who replied in a letter that the plaque was ‘a symbol of institutionalised oppression and suffering’ and that the objective was to create ‘a welcoming campus culture for all our students'” (117). Die verbanning van Verwoerd van die US-kampus was een van Wim de Villiers se eerste projekte nadat hy op 1 April 2015 die US-rektor geword het. Blykbaar wou hy demonstreer hoe verlinks sy politiek is en daarmee die guns van swartes wen.

ANC kla 3 ‘rassiste’ van DA aan, om ‘rasse-oorlogvoering’ te voorkom

Die ANC het losgetrek met ‘n reeks regsprosedures teen vier mense wat die party as die land se grootste “rassiste” beskou. Twee van hulle is DA-ampsdraers, Dianne Kohler Barnard en Chris Roberts, asook die sedertdien geskorste DA-lid wat reeds nasionale en internasionale berugtheid verwerf het, Penny Sparrow. Die enigste swart “rassis” wat aangekla word, is Velaphi Khumalo, ‘n werknemer van die dept. sport, kuns en kultuur in die Provinsie Gauteng. Khumalo het op Facebook geskryf dat blankes die “Hitler-behandeling” moet kry (sien hier bo).

Waarskynlik word Khumalo slegs aangekla omdat die Suid-Afrikaanse Raad van Joodse Afgevaardigdes druk toegepas het oor die verwysing na Hitler en die implisiete goedkeuring van sy beleid jeens Jode in die Facebook-uitspraak, en nie omdat die ANC-SAKP hoegenaamd begaan is oor antiblanke stellings nie. Dié afleiding word gestaaf deur die ANC se mediaverklaring gister waarin dié stap só omskryf word:

“Die ANC se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe, sê die ANC beskik as regerende party oor die morele en wetlike verpligting om leierskap te betoon en die verantwoordelikheid om rassekonflik en -oorlogvoering te voorkom. Die aansoeke word primêr gebring om die waardigheid van die swart, kleurling- en Indiërmeerderheid te herstel en om die grondwet te verdedig.”

 

Die party wil hê die vier moet onder die Wet op die bevordering van gelykheid en die voorkoming van onbillike diskriminasie vervolg word. Die ANC het Dinsdag ‘n aansoek by die Wes-Kaapse Hooggeregshof teen die DA-lid, Dianne Kohler Barnard, geliasseer, waarin hy om ‘n bevel vra dat Paul Kirk se Facebook-inskrywing, wat verlede jaar in September deur Kohler Barnard gedeel is, as rassisties verklaar word en haatspraak en onbillike diskriminasie verteenwoordig, soos dit deur die wet omskryf word.

In sy funderende eedsverklaring beweer Gwede Mantashe dat “Kohler Barnard se oproep om die terugkeer van PW Botha ‘n oproep is vir die terugkeer van verdrukking, onderdrukking, aanhouding, marteling, skending en moord op ontelbare swart, Indiër- en kleurlingmense. Trouens, dit is ‘n oproep om die terugkeer van die gehate stelsel van apartheid self.”

Die ANC eis ook ‘n verklarende bevel dat die gedrag van Kohler Barnard die lede en ondersteuners van die ANC, asook die miljoene swartmense, kleurlinge en Indiërs hul inherente waardigheid misken, tesame met hul grondwetlike reg om hul waardigheid geag en beskerm te sien. Daar word ‘n beroep op die hof gedoen om te verklaar dat spraakvryheid nie rassistiese uitlatings en haatspraak insluit nie.

R500 000-boete vir Kohler Barnard

Die regerende party wil hê dat Kohler Barnard R500 000 moet betaal aan ‘n organisasie wat nie-rassigheid, vedraagsaamheid en versoening in Suid-Afrika bevorder en doen ‘n beroep op die direkteur van openbare vervolgings om ook strafregtelike stappe teen haar te neem.

In die Port Elizabethse Hooggeregshof doen die ANC insgelyks aansoek teen die DA-raadslid in die Nelson-Mandelabaai-metropolitaansemunisipaliteit, mnr. Chris Roberts, wat sy mederaadslid, Mongameli Bobani, tydens debat in die raadsaal op 30 Julie verlede jaar ‘n “bobbejaan”  genoem het.

Gisteroggend het die ANC insgelyks ‘n aansoek teen Penny Sparrow in die Scottburgse Landdroshof in Kwazulu-Natal geliasseer weens haar uitspraak dat swartes wat rommel strooi ape is. Dié uitlating moet volgens die ANC tot haatspraak verklaar word en sy moet vergoeding ten bedrae van R200 000 betaal, asook “as ‘n misdadiger” vervolg word.

Volgens dieselfde verklaring deur Zizi Kodwa, die ANC se mediawoordvoerder, het die ANC Dinsdag ‘n geding teen Velaphi Khumalo in die Roodepoortse Landdroshof ingestel vir haatspraak en onbillike diskriminasie na aanleiding van sy oproep “dat Suid-Afrika van alle blankes gesuiwer moet word soos wat Hitler met die Jode gemaak het” (sien skermskoot hier bo).

PW Botha en Verwoerd se beleid ‘identies met dié van Hitler’

Volgens Mantashe, “het die ANC vele blanke en Joodse lede en is dit die organisasie se plig om sy lede te beskerm en die fokus op die bou van ‘n nierassige maatskappy te behou. Hitler het die Jode aan die mees onmenslike vorme van menseregteskendings onderwerp, identies met dít waaraan swartes, kleurlinge en Indiërs in Suid-Afrika onder PW Botha en Hendrik Verwoerd onderwerp is.”

 

Leon Lemmer: Carel Boshoff: apart sonder apartheid

Carel Boshoff (1927-2011) was ‘n sendeling, teologiedosent en die grondlegger van Orania. Hy het lewenslank sy skoonpa, Hendrik Verwoerd (1901-1966), se visie van ‘n gemenebes van onafhanklike, etnies-kulturele state (aanvanklik embrio- of tuislande genoem) in Suider-Afrika nagestreef. Ek gaan die aandag vestig op enkele aspekte wat in sy outobiografie, Dis nou ek, Carel Boshoff (Pretoria: LAPA Uitgewers, 2012, 595p; ook as e-boek beskikbaar) aangeroer word en myns insiens tersaaklik is, bv “Terwyl Verwoerd vanuit ‘n bestaande kulturele en religieuse verskeidenheidsituasie geredeneer het, is [Nelson] Mandela die holis wat uitgaan van die ubuntu-standpunt dat die geheel die ondergeskikte dele karakteriseer, bepaal, omsluit en definieer. Dit is ‘n kommunalistiese idee, gebaseer op ‘n onrealistiese utopie. Die utopiese beeld van die werklikheid oefen voortdurend druk uit om ‘n beter wêreld tot stand te bring. In Afrika het dit tot die teendeel van die bedoelde ideaal gelei, naamlik die opheffing van veelpartydemokrasieë, ‘n eweredige verspreiding van radikale armoede, sentralisasie van mag en van middele, miskenning van die regte van etniese minderhede en les bes, in Suider-Afrika, die verengelsing van die landsadministrasie en die onderwys” (p 199).

Dis_nou_ek_-_Carel_BoshoffMet aanhalings gaan ek sonder veel inmenging Boshoff toelaat om sy standpunt te stel. Boshoff en sy vrou, Anna (1932-2007), was lewenslank ongetwyfeld buitengewoon diensbare, noeste Afrikaners. Ek laat biografiese besonderhede hier egter grootliks agterweë, behalwe waar dit toepaslik is, bv: “Ek het grootgeword met ‘n liefde vir ons volk, ons land en ons taal, maar ook vir ons veld, ons bome en vir die stilte en eensaamheid van die natuur” (60). Boshoff het in ‘n plaasmilieu opgegroei. “Mens het respek vir jou osse* gehad” (69). “Daar is baie op hulle staatgemaak, op die agterosse se krag en op die voorosse se intelligensie” (68). In die Afrikanerpolitiek het hierdie ossebeeld in die na-Verwoerd-era ontnugterend skeef geloop. Die agterosse het hulle krag verloor en die voorosse was hulle intelligensie kwyt. Boshoff was lief vir perde en perdry. “Om die Waterberge tussen die twee ore van ‘n perd deur te sien, is die gelukkigste ervaring wat ‘n natuurliefhebber kan begeer” (290).

[* Tweedrag is kenmerkend van die Afrikanergeskiedenis. Oor die herdenking van die Groot Trek in 1988 het die trekleier, Mossie van den Berg, gesê “hoe langer hy met sy trekgenote getrek het, hoe liewer het hy vir sy osse geword” (348). Tydens die 1938-trek het NJ van der Merwe Afrikaner-eenheid bepleit: “Die Afrikaners moet mekaar weer vind, want hulle het een afkoms, een taal, een geloof, een hoop, een toekoms” (353). In 1988 het Boshoff gesê: “Die beginselideaal waarmee ons volk weer verenig moet word, lê diep in die sin en betekenis van die Groot Trek bewaar: dit was die doel om as volk vry te wees, onder sy eie owerheid te staan en sy eie vaderland te bewoon. Wat ons minder as dit het, maak ons minder as ‘n volk. Alleen ‘n volk mag aanspraak maak op ‘n eie vaderland en staatkundige selfbeskikking om sy eie kultuurlewe te bewaar” (354).]

Ek kan die versoeking nie weerstaan nie om ‘n insident uit die goeie ou dae aan te haal waarin Boshoff se evangelis, Seth Mofutsanyane, beland het. “Eendag het hy onwetend op ‘n boer se plaas beland en die boer het op hom afgekom. ‘Wie se kaffer is jy?’ wou die boer kwaai weet. ‘God se kaffer, my baas,’ het Seth verskrik geantwoord” (146). Interessant is die feit dat die swart woongebiede (167) en die kampongs vir trekarbeiders (168) aan die Rand destyds in taalsones ingedeel is. Ook dat dit vir ‘n sendeling onwenslik is om gesamentlike naweekuitstappies vir albei geslagte swartes te onderneem. “Gesamentlike kampe vir seuns en dogters was ‘n hopelose mislukking en ons het gou daarvan afgesien” (172). Ek hou van Boshoff se benadering tot preke: “Ek stel dit steeds as ‘n maatstaf vir myself om nie in die preek te sê wat ‘n lidmaat self kon uitgedink het nie” (394).

In sy teks rol Boshoff kosbare pêrels uit. “‘n Onderwyser moet gevorm word en nie net opgelei word nie … Hulle word nie verniet deur GA Watermeyer [1917-1972] die ‘gietvorms van ons jeug’ genoem nie” (187). Boshoff se slagspreuk was: “Elke geslag neem verantwoordelikheid vir sy eie tyd” (338) of “Elke geslag is verantwoordelik vir sy eie tyd” (487). Hy het groot waarde geheg aan die volgende woorde van Hendrik Verwoerd, “‘n Volk skep sy eie toekoms” (487) en dié van JD Kestell, “‘n Volk red homself” (476, 487). Boshoff het graag gedigte geskryf. In een van hulle kom die volgende reëls voor: “om eiesoortig, trots, weer Boer te wees … jou erfdeel mag nie onderhandel word … Trek koersvas na jou eie Afrika” (355).

Boshoff skryf dat hy met FW de Klerk gebots het “oor die oorgawe van mag sonder dat iets vir die Afrikaner uitgehou is” (14). “Dis merkwaardig dat geen objektiewe beoordelaar geglo het dat die Afrikaner sy selfbeskikking so roemloos aan die ANC sou afstaan nie” (261). Dit het gebeur weens onbekwame onderhandelaars. “Die vervanging van dr Gerrit Viljoen met mnr Roelf Meyer as minister van staatkundige ontwikkeling en hoofonderhandelaar was ‘n ramp” (429). Later noem Boshoff Meyer “die nikswerd onderhandelaar” (434). Reeds in 1985 het Boshoff helder voorsien wat in 1990/1994 gaan gebeur toe hy verwys het na “die gruwelikste uitverkoping van Afrikanerselfbeskikking” (563). “Die oorheersing van minderheidsgroepe deur ‘n meerderheid, met gepaardgaande ontwrigting van hulle lewensomstandighede en selfs die bedreiging van hulle voortbestaan, kan net so min tot vrede lei as wat die oorheersing van meerderhede deur ‘n minderheid daartoe kan lei” (239).

FW de Klerk se standpunt was “dat die onderhandelinge op die veelpartykonferensie in Kemptonpark die Afrikaner se toekoms sal waarborg by wyse van ‘n regering van nasionale eenheid, wigte en teenwigte en die beskerming van minderhede. Hy het hoegenaamd nie die behoefte aan so ingrypende saak soos ‘n volkstaat vir Afrikaners gesien nie en dit was in elk geval volgens hom nie haalbaar nie. Dr [Andries] Treurnicht se reaksie op die volkstaatvoorstelle was dat die Afrikanervolk darem ‘n plaas en nie net ‘n plot wil hê nie, en dr [Ferdie] Hartzenberg het die ‘posseëlvolkstaat’ verwerp. My pleidooie dat daar ten minste iets vir die Afrikaner uitgehou moes word, is in die wind geslaan” (252). Uiteindelik was daar in werklikheid geen magsdeling nie, wel algehele magsoorgawe. “The new constitution contains no provision for the continuation of any form of joint decision making in the executive branch of government” (433).

“Die kernvraag het geword: Hoe oorleef die Afrikanervolk in Afrika?” (252). Vir ‘n minderheidsgroep is daar drie moontlikhede: verswelging, uitdrywing of uitwissing (252,482). Diegene wat selfbeskikking nie verlore wil laat gaan nie, koester die ideaal van ‘n blanke tuisland. “Dan sal die wit mense of die Afrikaners opnuut moet besluit teen watter koste en langs watter weë hulle ‘n selfstandige toekoms kan verwesenlik … die tuislandbeleid het volkstaatideaal geword” (253). “Dat ‘n vaderland waarin hulle die onbetwiste meerderheid uitmaak nie aan wit mense gegun word nie, lyk onredelik en onaanvaarbaar … ‘n Swart volkstaat kan nie reg wees en ‘n blanke volkstaat verkeerd nie” (258). Vir Boshoff was die keerpunt die 1983-grondwet met sy driekamerparlement. “Politieke integrasie wat trapsgewyse ingevoer word, kan nie op diskriminerende wyse toegepas word nie; uiteindelik sal dit volledig voltrek word” (273). “Oor ‘n kort tyd van slegs sowat tien jaar het een en dieselfde owerheid [die Nasionale Party-regering] afsonderlike ontwikkeling laat vaar en met sy teenoorgestelde, integrasie, vervang” (254).

“Deur die denkrigting van een gemengde samelewing te aanvaar, het die owerheid alle moontlike uitweë vir die Afrikaner om swart oorheersing te vermy, toegekap. In een gemengde samelewing waarvan die wit deel klein was en stadig gegroei het, terwyl die swart deel groot was en vinnig gegroei het, kon wit mense uiteraard nie in die aanvraag na geskoolde werkers voorsien nie en ook nie die stygende aantal swart mense onbepaald doeltreffend bestuur nie. Om die lewenspeil, ook van wit mense, op ‘n manier te probeer handhaaf, moes swartes in groot getalle opgelei en alle beroepe vir hulle oopgestel word. Volslae ekonomiese integrasie was dus onvermydelik in ‘n eenheidstaat. Die moontlike keuse van die Afrikaner om selfstandig te word en sy eie staat in stand te hou, is so toegestop. Die wit mense is met geen ander politieke keuse gelaat as integrasie en swart oorheersing nie. Die regering het al hierdie toegewings gemaak en tog geglo dat hulle wit gesag met mag kon handhaaf” (257).

Oor die sug na eenheid by die vier NG kerke het ek voorheen geskryf dat skynbaar niemand kommer oor die implikasies vir Afrikaans uitspreek nie. As helder denker het Boshoff wel voorsien dat Engels die lingua franca van so ‘n saamgesmelte kerkgenootskap sal wees (14, 538). Oor ‘n volkstaat en kerkeenheid verwys Boshoff na God wat “die mense in volke opgedeel” het (Deuteronomium 32:8 en Handelinge 17:26; p 525) en “Eenheid en verskeidenheid uiteraard in die Bybel geleer word, maar dan tog nooit as gelyke groothede nie” (231, 515). “Prinsipieel moet aangevoer word dat die kerk nie geslote kan wees nie, maar dat die kerk ook nie ‘n agent vir ‘n bepaalde [politieke] ideologie gemaak mag word nie. En laat niemand ontken dat nasiebou en transformasie ook ‘n ideologie is nie” (230).

Orania, wat in 1990 gestig en in 1991 amptelik geopen is, word met Boshoff geassosieer. Hy het hom in 1993 daar gevestig. Hy verskaf die volgende motivering vir Orania. “My oordeel was steeds dat alle instellings in ‘n bepaalde grondgebied met ‘n oorweldigende meerderheidsbevolking uiteindelik die aard van daardie bevolking aanneem,* of mettertyd in praktiese of prinsipiële dilemmas beland. Sou ‘n kultuurgemeenskap vrees dat hy onder bepaalde omstandighede verswelg kan word, lê die oplossing nie in die isolasie van daardie gemeenskap nie, maar in die skep van ‘n eie lewensruimte waar hy sy eie instellings skep en enige besoeker of tydelike inwoner kan akkommodeer sonder vrees om verswelg te word … Daar is geen rede om morele of godsdienstige wroegings te hê as maatreëls getref word wat op die behoud van volksidentiteit gerig is nie, behalwe as dit kwetsend of diskriminerend is, of aan ‘n medegelowige aanstoot gee. Die goue reël van jou naaste lief te hê soos jouself, en aan ander te doen soos jy wil hê aan jou gedoen moet word, is ook hier van toepassing” (229).

[* Dink aan Max du Preez se wens dat Afrikanerstudente hulle soos opstandige, nie-studerende swart studente moet gedra.]

By al die blanke staatshoofde sedert Verwoerd, asook by ander politieke leiers, het Boshoff gepleit: “Laat ons liewer ons volk tot die aanvaarding van ‘n gereduseerde bestaan lei as om te eis wat ons nie kan volhou nie en ons uiteindelik alles verloor” (251). Reeds in 1984 het Boshoff gesê: “Geen volk is sonder vaderland denkbaar nie en wat is die werklikheid van ons vaderland vandag? Die ‘blanke’ land het ‘n mite geword. Die blanke is besig om ‘n nietige minderheid in sy ‘eie’ land te word sodat dit vir hom onmoontlik geword het om dit te behou” (317-318). Boshoff se ideaal was dat by Verwoerd se visie van afsonderlike ontwikkeling gehou moet word. “Afsonderlike ontwikkeling beteken dat volke langs mekaar soewerein bestaan, nie deurmekaar nie” (573). “Dit sou beteken dat volkere soewerein langs mekaar bestaan, nie deurmekaar nie, en dat die Afrikaner en ander wittes wat saam met hom ‘n staat wou stig op ‘n eie grondgebied geregtig is … Die swart volke het ook nie op die hele land aanspraak nie en moes langs die Afrikaner bestaan, pleks van bo-oor hom. Goeie gesindheid kan nie behou word deurdat die een volk die ander verkneg nie” (341). In 1985 het Boshoff gesê: “Die swart volke het geen reg of aanspraak op die hele Afrika nie. Hulle het [Suid-]Afrika ook maar stukgewys van die noorde af beset soos die Afrikaner dit van die suide af gedoen het. Daar bestaan geen ander heenkome vir Afrikaners as in Afrika nie, daarom moet die ondergeskikte swart volke langs die Afrikaner vry word en langs hom bestaan pleks van bo-oor hom” (574).

“In Orania word geen volksvreemde arbeid in diens geneem nie” (389). “As die eis van volkseie arbeid laat vaar word, stort enige vooruitsig op selfbeskikking in duie” (441). Enigeen is as ‘n dagbesoeker welkom. Die NG kerkdienste is oop vir enigeen. Die Volkskool van Orania neem buite Orania aan gemengde sport deel (408). Die huidige politieke opset word as die werklikheid aanvaar in soverre dit buite Orania bestaan. “Die werklikheid is dat Suid-Afrika nie weer tot wit leierskap beweeg sal word nie en dat ‘n nierassige owerheid net die weelde van swart politiek is wat aan die wittes sê: ‘Aanvaar wat ons julle aanbied of kry julle ry’… Regstelling in die samelewing en in al sy instellings maak van die Afrikaner ‘n randverskynsel wie se belange in die swart meerderheid se behoeftes verdwyn” (475). Binne Orania word ‘n volkseie orde gekoester. Anders as aanvanklik na sy stigting het die Vryheidsfront Plus “‘n ordebevestigende party geword” (451) wat sy ywer vir die volkstaat verloor het (450). “Eerder as om ordebevestigend teenoor [die nuwe] Suid-Afrika te handel, moet ‘n nuwe orde vir Afrikaners parallel met die Republiek van Suid-Afrika geskep word” (483).

Oor die Orania-plan was Boshoff realisties. “Niemand sou hom gekies het as daar ‘n alternatief was nie, maar dit is die enigste plan” (444) en “In alle beskeidenheid word die Orania-plan aangebied, alleen omdat daar geen alternatief gevind kan word nie” (479). Die idee is dat Orania die eerste groeipunt vir ‘n Afrikaner-volkstaat moet wees (491) en dat dit deur ander soortgelyke groeipunte in die omgewing gevolg word, “‘n pêrelstring* van dorpe” (481). “Ek is aangegryp deur die koersloosheid, die verval, die onvryheid en ook die verarming van die Afrikanervolk. Onderlinge verbondenheid tussen Afrikaners het ná 1994 se mags- en statusverlies verlore gegaan en het hoogstens Afrikaans as gemeenskaplike band behou” (473). Dit is waarom ek eerder Afrikaans as godsdiens as die onderskeidende kenmerk van Afrikaners beskou. Protestantse godsdiens plaas Afrikaners in ‘n veel wyer (selfs wêreld-) konteks. Onder Afrikaners heers daar godsdienstige verdeeldheid. In Orania is aanvanklik gepoog om al die godsdienstige groeperinge in gemeenskaplike kerkdienste byeen te bring, maar daar het spoedig ‘n einde aan hierdie eksperiment gekom. As NG Kerk-lidmaat het Boshoff teleurstellings met sy kerkgenootskap ervaar maar nogtans tot sy dood lojaal daaraan gebly. “Die NG Kerk word saam met die Afrikaner-Broederbond en die Nasionale Party as die drie pilare van die vervalle Afrikanerskap beskou” (474). “Die NG Kerk moet ophou om skaam te wees om Christus se kerk vir die Afrikanervolk te wees” (477).

[* Hierdie idee lewe. Onlangs is berig dat Dick Davel 3 000 hektaar naby die Weskus, tussen Lutzville en Nuwerus, teen R10 000 per hektaar as nog ‘n Afrikanertuiste wil bemark (Rapport, 13 deser, p 9).]

Boshoff: “‘n Gees van verset wat in ‘n geestelike herlewing kan uitloop, kan slaag as dit diepte het, al is dit nie wyd nie … Die kern van ‘n volk is sy kultuur, tradisie en geskiedenis … Ons moet daadwerklik begin om Afrikanerkultuur op sy suiwerste en diepste te herontdek en te anker en uit te bou tot ‘n meevoerende krag wat ons in beheer van ons lot en toekoms sal plaas” (576). “Die Afrikanervolk sal … weer nuut gebore moet word om te kan oorleef” (279). Orania, wat eerder ‘n tuiste of tuisland as ‘n volkstaat is, is ‘n beskeie maar egte uitlewing van die ideaal wat Boshoff reeds in 1984 gestel het: “Die Afrikaner se reg om vry en blank te wees in Afrika en in sy eie grondgebied homself te regeer” (547).

Naskrif: Verwysings na Orania het in die taalstryd aan die Universiteit Stellenbosch opgeduik. ‘n Vorige rektor, Chris Brink, het diegene wat die behoud van die US as ‘n Afrikaanse universiteit voorgestaan het “Neo-Afrikaners” genoem, wat ‘n “volkstaat van die gees” in die vorm van ‘n “kulturele Orania” wil skep. ‘n Vorige US-raadslid, Ruda Landman, het so ‘n universiteit in 2006 ‘n “taal-Orania” genoem (Pieter Kapp, Maties en Afrikaans, 2013, p 136). Die giftigste anti-Afrikaans- en anti-Afrikanergesindheid het destyds van ‘n ander vorige US-raadslid, die bruin Francois Groepe, gekom. Hy is tans ‘n adjunk-goewerneur van die Reserwebank, maar was toe in diens van Naspers. Hy het na die US as ‘n “neo-Orania-enklawe” verwys (138) en die pro-Afrikaanse groep van “versluierde rassisme en diskriminasie teen niewittes beskuldig … Groepe se brief het getoon dat die rassisme nie aan die pro-Afrikaanse groep se kant was nie, maar aan die ander kant” (171). In 2009 was die bewoording van Groepe se aanval op die “taalstryders” in die US-raad so ongemanierd dat vyf raadslede uit protes uit die vergadering gestap het (173).

Die Messiasideaal: Dawid en Verwoerd

Dawid het koning geword oor verskillende stamme danksy die steun van 30 beroemde vegters.

Soos Shaka het Dawid met sy talle vroue tussen sy vegters gewoon.

Vanaf sy huisdak, kon Dawid uitkyk oor sy vegters se vroue se badaktiwiteite.

Dit was ondenkbaar dat Dawid aan sy vegters se vroue sou vat. Dawid se mag was afhanklik van die lojaliteit van sy vegters.

Verder is koning Dawid se huwelike en sekslewe polities beplan, net soos dié van President Zuma vandag. Ma-Ntuli is van die polities belangrike Ntuli familie, Tobeko is van die polities belangrike Madiba-sibbe, en Zuma het ‘n strategiese liefdeskind by die polities belangrike sokkerbaas, Irvin Khoza van Soweto.

Dus toe Dawid kyk hoe Batseba, ‘n vrou van een van sy vegters, bad, en haar toe laat haal en hy haar swanger maak, het Dawid ‘n politieke krisis van epiese afmetinge ontketen.

Deur koning Dawid se dom daad, word sy multi-stamstaat bedreig. As die vegters van Dawid uitvind dat hy hulle vroue misbruik terwyl hulle aan die front veg, is Dawid sowel as sy verenigde stamstaat dood.

Batseba se man moet nou vir Dawid en die staat red, deur terug te kom van die gevegsfront en met Batseba aan huis te slaap, sodat dit kan lyk asof hy die pa van Batseba se baba is.

Batseba se man weier volstrek om weermagbeleid te verbreek en by Batseba sy vrou te slaap terwyl sy manskappe veg. Dawid maak sy vegter dronk, maar dit help ook nie. Daarom beveel Dawid sy Weermaghoof om Batseba se man te vermoor, anders gaan Dawid se misdaad bekend raak, en die staat in ‘n bestaanskrisis gedompel word.

Koning Dawid laat dus nou sy eie lojale vegter vermoor, deur die Hoof van die Weermag, Joab.

Met Batseba se man dood, wat gemaak met die baba? Die baba as bewys van koning Dawid se misdadigheid teenoor sy eie vegters, moet ter wille van staatstabiliteit ook verdwyn en dus ná geboorte vermoor word.

Presies hoe die pasgebore baba van Batseba vermoor is, was te grusaam om te verhaal – waarskynlik deur voedingonthouding. Dit was sewe baie bitter dae vir beide Batseba en Dawid, en Dawid het nog harder as die honger baba gehuil.

Natan, Dawid se dominee, probeer die polities noodsaaklike moord op Batseba en Dawid se baba draaglik maak, deur God te blameer. Natan verseker Dawid dat God die baba deur siekte sal laat sterf, as straf vir Dawid misdaad. So gesien was nie Dawid verantwoordelik vir die moord op die baba nie, maar God, en so kon Dawid vergifnis verkry vir die onvergeeflike.

Natan verklaar verder dat Dawid se dade vir seker tot burgeroorlog sal lei. Natan weet van die politieke moeilikheid wat gaan kom, want Agitofel is die oupa van Batseba. As Batseba se oupa, weet Agitofel van Dawid se baba met Batseba. Agitofel weet dus ook hoekom Batseba se man dood is, en wie die vegter vermoor het.

Agitofel, die oupa van Batseba, is ook Dawid se professionele politieke raadgewer. Agitofel is ‘n koningmaker. Met sy professionele raad het Agitofel Dawid koning van verskeie stamme gemaak. Agitofel besluit tereg dat dit onmoontlik is om ‘n moeilike multi-stamstaat stabiel te bestuur met ‘n koning soos Dawid. Agitofel besluit ná die Batseba-debakel om Absalom koning te maak.

Ná die moord op Batseba se man, is dit baie maklik om van die beroemde vegters vir Absalom kant te laat kies. Slegs Dawid se persoonlike lyfwag, die Filistynse Kreti en Pleti, bly hom ondersteun.

Agitofel skep ‘n geleentheid om vir almal te wys hoekom hy teen Dawid gedraai het. Agitofel adviseer Absalom om ‘n tent in die middedorp van Hebron op te slaan. 10 Van Dawid se agtergeblewe bywywe word openlik een vir een in die tent in geneem, waar Absalom vir hulle wys waar Dawid die wortels van sy eie ondergang gegrawe het.

Daarna gaan Agitofel, Absalom en van sy vegters uit om oorlog teen Dawid te maak. Dawid en die kern van sy ondersteuners ontsnap egter met hulle lewens. Agitofel se raad aan Absalom is om nie sy vegters en soldate te laat rus nie – hulle moet onmiddellik voortveg, totdat ook die vlugtende Dawid dood is.

Dawid se geheime agent in die Absalom-kamp, adviseer Absalom egter teen Agitofel se raad in. Die agent se raad aan Absalom is dat Dawid se leër nog baie sterk is, sodat onmiddellike verdere opvolgoperasies met Absalom se uitgeputte soldate onnodig riskant sal wees. Dit sal beter wees om eers te rus en weer sterk te word, en daarna seker te maak dat Dawid se magte heeltemaal uitgewis word.

Agitofel wat Dawid se wenstrategie en alliansies beplan het, weet egter dat Dawid geen tyd gegun moet word om te herstel en magte te mobiliseer vir verdediging nie. Agitofel het vir Dawid geleer hoe om te oorleef en te wen. As Absalom nie nou na Agitofel se raad luister nie, is dit verby met koning Absalom, want Dawid sal tyd kry om magte te mobiliseer en terugslaan.

Absalom moet ‘n besluit maak. Óf hy luister na Dawid se beroemde raadgewer, Agitofel, óf hy luister na die oënskynlik minder riskante advies van iemand wat hy meer vertrou. Ironies is laasgenoemde juis Dawid se geheime agent, en nie Agitofel nie.

Toe Absalom Agitofel se raad verwerp, weet Agitofel dat Absalom nie slim genoeg is om koning te kan bly nie, en dat Dawid weer sal terugkom en wen.

Agitofel doen toe presies wat ‘n suiwer professionele politieke raadgewer en geniale koningmaker sal doen in so ‘n situasie. Agitofel gaan na sy huis toe, werk al sy dokumente en testament by, en pleeg selfmoord. Hy weet dis verby met Absalom, so doodseker soos wat sy eie professionele politieke loopbaan verby is.

Dawid het die Weermaghoof gebruik om Batseba se man en sy eie lojale vegter te vermoor. Dawid se Weermaghoof vermoor nou ook vir Absalom, deur 3 pyle deur Absalom se hart te druk, waar ‘n vlugtende Absalom met sy hare aan ‘n boom se takke vassit.

Omdat Absalom die seun van Dawid was, het Dawid sy soldate opdrag gegee om nie vir Absalom dood te maak nie. Dawid kan egter niks teen sy Weermaghoof wat Absalom vermoor het doen nie. Joab was nog altyd Dawid se getroue persoonlike moordenaar, en Joab doen altyd wat hy moet doen.

Ironies dat juis Joab vir Absalom vermoor het. Dit was Joab wat vir Absalom na Dawid toe terug gebring het, nadat Absalom 3 jaar op vlug was weens die moord op Amnon, Dawid se eerste seun. Amnon was baie soos sy pa: Toe Amnon sien hoe mooi Tamar sy stiefsuster, maar Absalom se suster was, kon Amnon nie verder normaal leef sonder om eers gemeenskap met haar te hê nie, en in sy onbeheerste obsessie het Amnon vir Tamar met voorbedagte rade verkrag.

Toe Dawid oud was, word ‘n pragtige jong meisie vir hom gegee om by hom te slaap. Koning Dawid kon egter met die sterkste politieke wil ter wêreld nie ‘n ereksie kry om met haar omgang te he nie, en dis hoe sy familie bevestig dat Dawid se einde naby is.

Dawid se seun Adonijah maak aanstaltes om koning te word.

Dit stel Batseba, nou Dawid se vrou, en haar wettige seun Salomo se lewens in gevaar.

Met behulp van Dawid se dominee en Batseba, word Salomo egter koning. Adonijah wat tempel toe gevlug het, se lewe word vir eers gespaar. Toe Adonija later tog aansoek doen om met een van Dawid vrouens te trou, en so sy volgehoue politieke ambisie bewys, laat Salomo vir Adonija vermoor. Salomo laat ook vir Joab vermoor.

Salomo bou ‘n ryk deur politieke huwelike met 700 vrouens en 300 bywywe te sluit. Salomo se ryk gaan bankrot, en met verhoogde belastings skeur die koninkryk in twee.

Vandag se Westerse konings vaar nie veel beter nie. President Bill Clinton het op sy lessenaar in die Ovaalkantoor van die Withuis ‘n jong Jodin se skede met ‘n sigaarkoker gepenetreer en op haar rok ge-ejakuleer. Clinton se vrou Hillary het daaroor nie van hom geskei nie, sodat sy steeds later president kan word.

In 2015 loop Bill Clinton se opvolger en vrou dan ook voor in die presidentsresies van die dinastiese Demokratiese Party. Die Republikeinse Bush-koningshuis het broer Jeb as hul kandidaat.

Die naaste wat die post-WOII- Westerse wêreldorde aan ‘n onberispelike leier gekom het volgens die Messiasideaal van wyse en regverdige regering, met voorspoed vir die verskillende volkere van die ryksgebied, was onder Verwoerd in Suider-Afrika.

Hoe sou die volkere van die Europese Unie-ryksgebied onder Verwoerd gevaar het? Hoe sou die rasse in die ryksgebied van die Verenigde State van Amerika onder Verwoerd gevaar het? Verwoerd het in die tydvak van globale imperialisme ‘n voorbeeld vir die Weste, vir die hele wêreld gestel.

Daardie Messias-tipe is vermoor, en gedemoniseer, deur die Weste, deur Time Magazine in die besonder.

Verwoerd het as professionele sielkundige en wetenskaplike in die wêreld, en oor die Suid-Afrikaanse ryk regeer. Predikante moet preek oor Verwoerd se Messias-voorbeeld in Afrikanerkerke. Op staatskole word Afrikanerkinders geleer van Nelson Mandela as Messias.

In vergelyking met Dawid, was Madiba moontlik ‘n heilige. Hy het nie Winnie se minnaars laat vermoor nie, altans nie sover ons weet nie.

Maar Verwoerd is by verre die beste historiese maatstaf van Messiasregering op aarde.

DA mobiliseer op grond van ras

Mmusi Maimane, Helen Zille se opvolger en gunsteling, het die leierskapsstryd by die DA se verkiesingskonferensie in Port Elizabeth met ‘n oorweldigende meerderheid gewen wat daarop dui dat Zille steeds die party agter die skerms sal beheer.

Die 34-jarige Maimane het minder as vyf jaar gelede by die DA aangesluit. Maimane het gister die amptelike opposisie se eerste swart leier geword.

Dit het Sondag duideliker geword dat daar klaarblyklik geen ander projek vir die DA is behalwe verswarting nie. Die DA het wit kiesers gemaan om nie teen verswarting op te staan nie. Die nuutverkose DA-leier sê die party moet daarna streef om “ware nie-rassisme” te bereik.

Hy het ontken dat hy Zille se marionet is. Hy het gereageer op kritici wat gesê het hy is nie “ervare” genoeg om die amptelike opposisie te lei nie.

Hy het gesê hy sal sy eie styl van leierskap na die party bring en niemand sal die toutjies trek agter die skerms nie.

Die byeenkoms het meer aan ‘n sirkus herinner, met lede in blou narre-uitrustings geklee wat onsinnighede en gemeenplase voor die kamera resiteer.

‘n Gillende Zille is luid toegejuig toe sy die aankondiging van Maimane se oorwinning met ‘n ooglopende selfvoldaanheid gemaak het, op ‘n wyse wat Maimane se marionet-status verder beklemtoon het.

Maimane het sonder ironie gewaarsku dat daar geen verdraagsaamheid sal wees teenoor lede van die party wat “op grond van ras mobiliseer nie”. Hy het bygevoeg dat die DA “nie vasgevang moet word in ‘n “rassistiese verlede nie”.

Ten spyte van die gewone saai ontkennings oor hul deursigtige swart rasse-projek bekend as “nie-rassigheid”, het die nuwe ja-broer leierskap eweneens die verswarting en rasmobilisering van die opposisie geprys.

Die “verskrikking” van Verwoerd is oudergewoonte op ANC-wyse nadergesleep om aandag van die verswartingsprojek af te lei sodat wit kiesers eerder op “hul” skuld van die verlede kan fokus en nie op huidige swart onvermoë en wanprestasie nie.

“Skuld” is reeds met groot vrug deur die ANC en Mandela gebruik teen Afrikanerbelange, die Afrikaans taal en eie instellings. Dit word vandag selfs teen anti-koloniale wit leiers ingespan.

Mandela, ‘n voormalige internasionale terroris wat nie geweld wou afsweer nie, word steeds voorgehou as “vergewensgesind”.

Maimane het nalv veteraan-Boerhater Allister Sparks se opmerking oor Verwoerd gesê Sparks het sy lewe daaraan gewy om teen Verwoerd se nalatenskap, apartheid te veg.

Beswaar teen naamsveranderings van skole in Midvaal

Mnr. Timothy Nast
Burgemeester
Munisipaliteit van Midvaal

Geagte mnr. Nast,

Volgens berigte in die media steun u die naamsveranderings van Afrikaanse skole in Midvaal wat historiese name soos dié van drs. Hendrik Verwoerd en D.F. Malan insluit, en wil dit voorkom asof u, ‘n Engelsman wie se voorouers van Brittanje afkomstig is, selfs druk op sulke skole plaas om hul name te verander.

Verder het u op 2 Februarie die volgende getwiet:

“FF+ and their 23 supporters can join Verwoerd in the history books!”

In die lig van die onlangse uitlatings van me. Lulu Xingwana oor Afrikanermans wat weens hul “Calvinisme” vir geweld teen vroue in die land verantwoordelik sou wees, toon u opmerkings en teenkanting teen historiese Afrikaanse name vir ons ‘n onrusbarende vyandigheid teenoor Afrikaners en die Afrikaanse tradisie.

Namens die Pro-Afrikaanse Aksiegroep wil ek ons sterkste beswaar uitspreek teen die verandering van enige Afrikaanse name van ‘n historiese of kulturele aard in Midvaal.

Ek versoek u ook om nie verder by Afrikaanse skole in te meng of u posisie as burgemeester van Midvaal te misbruik om skole te beïnvloed of te dwing om hul name te verander nie.

Met trots kan ek aan u noem dat ek aan die Hoër Seunskool Helpmekaar gematrikuleer het, die eerste Afrikaanse hoërskool in Johannesburg. Toe die naam “Helpmekaar” destyds voor 1920 voorgestel is, was daar insgelyks beswaar van Engelse raadslede in Johannesburg daarteen omdat dit te “nasionalisties” of “rassisties” (in die destydse sin van anti-Brits) sou wees. The Star het na die stigting van ‘n Afrikaanse hoërskool in Johannesburg verwys as: “There is something rotten in the state of Denmark.”

U opmerkings oor Afrikaners wat saam met Verwoerd “tot die geskiedenisboeke behoort”, herinner sterk aan die trotse tradisie van Britse chauvinisme in ons land en verskil nie wesentlik van me. Lulu Xingwala se ewe etnosentriese opmerkings oor die geweldsgeneigdheid van “Calvinistiese” Afrikanermans nie.

Soos me. Lulu Xingwana, hoop ek dat u die vrymoedigheid sal hê om ‘n verskoning aan die Afrikanergemeenskap te bied vir u kwetsende aanmerkings oor ons kultuur en geskiedenis.

Die uwe,

Dan Roodt