Leon Lemmer: Grade van verligtheid

Deel op

‘n Resensie het onlangs die bestaan van die volgende boek onder my aandag gebring: Anelia Schutte (gebore in 1978), For the people: A story of small-town apartheid (London: HarperCollins, 2014, 384p, R240; Amazon Kindle $5,98). Op die buitebladsy staan: “A small town’s struggle for freedom against apartheid.” Die dorp waarna verwys word, is Knysna. In die Kindle-katalogus is die newe-titel: “A heart-breaking memoir of a fight for freedom.” In een van die reaksies beweer ‘n leser dat in vergelyking met die destydse suidelike state van Amerika apartheid “much much worse” was.

Die boek is eintlik ‘n lofsang vir die outeur se ouers, haar pa, Theron, en veral haar ma, Owéna Schutte, albei gebore in 1944, wat sedert 1970 feitlik hulle hele lewe in Knysna deurgebring het. Die outeur het tydens die skryf van die boek in Londen gewoon en verskeie besoeke aan Suid-Afrika gebring, onder meer ‘n tydperk van drie maande, om navorsing vir die boek te doen, waarmee sy reeds in 2007 begin het. “I wanted to speak to the rioters who’d stood up for their human rights, and the policemen who’d arrested them” (Kindle 191). Sy was toe met David Varela getroud. Sedertdien het hulle geskei. Die outeur woon deesdae in New York City. Anelia het twee ouer broers, Francois en Rudolph, wat blykbaar ook landuit gevlug het, want sy maak melding van haar en haar broers se troues in (onderskeidelik) Knysna, Londen en Barcelona (255). Soos Anelia (169), wat Suid-Afrika in 1999 verlaat het (164), het haar oudste broer ‘n Britse burger geword (159). Die uitgeweke Schuttes is klaarblyklik glad nie van plan om permanent na die “bevryde, demokratiese” Suid-Afrika terug te keer nie.

Owéna is die hoofkarakter in die boek. Al die Schuttes is Afrikaanssprekend. “In London, my brother and I still speak Afrikaans to each other” (1130). Anelia se pa was ‘n biologie-onderwyser (226). Haar ma was ‘n maatskaplike werkster, wat haar onderrig aan die Universiteit Stellenbosch ontvang het (325). Die Schutte-egpaar se oorsprong lê in die konserwatiewe Afrikanerdom. Die boek is eintlik ‘n verduideliking van hulle ontaarding, met Theron wat in groter mate as sy vrou behoudend gebly het. “Despite her own sister having fled Rhodesia when the changes happened, Owéna couldn’t imagine South Africa going the same way” (2110).

In 1983 het die Schutte-egpaar in die referendum ten gunste van die Driekamerparlement gestem (2099) as ‘n sogenaamde stap in die regte rigting. Toe reeds was die Progresiewe Federale Party besig met “urging the prime minister to consult and negotiate with all leaders in South Africa so [that] the country might have a constitution that encouraged and promoted ‘security, justice and peace for all its citizens, irrespective of race or colour'” (2121). Ná die 1990/94-onderhandelinge het ons egter ‘n land waar veiligheid, geregtigheid en vrede in baie opsigte steeds nie bestaan nie.

Owéna wek die indruk van iemand wat nie haar professionaliteit kon handhaaf deur die nodige emosionele afstand tussen haar en haar kliënte te bewaar nie. Daar is ‘n knaende bemoeisiekheid wat ook by haar dogter waarneembaar is. Daar word bv reeds dekades lank gepoog om die hoofpad nie deur Knysna se middedorp te laat loop nie deur eerder ‘n verbypad te bou. Toe Owéna hoor “that black families would have to be moved to make way for the road, it became her problem” (1758). Sy is een van dié wat hierdie baie nodige projek gesaboteer het.

Haar dogter probeer om ‘n meer aanvaarbare beeld van Owéna te verskaf: “As a social worker, she couldn’t be seen to take sides. She hadn’t even voted in the previous general election, knowing that any political affiliation could break down the trust she’d worked so long to build up among the black people. For the same reason, she couldn’t be seen to side with, or even work with, the police when the unrest started. But nor did she want to join the black people’s struggle” (2770). “Owéna didn’t approve of the violence. For years, she had been trying to show the black people of Knysna that the real way to make change happen was to talk, not fight” (3105).

Maar toe 75 (3168) volwasse swartes in 1986 as molesmakers gearresteer is, “Owéna was shaking, she was so angry. She demanded the people be released” (3125). “As far as she knew, it was only the young people who were getting out of hand. None of the older people she’d spoken to wanted the violence. They just wanted to be heard … she started making up food parcels for the families who’d been left behind” (3135). Dit is ‘n hoogs naïewe reaksie. Owéna is die soort mens wat ook die propaganda sal glo dat die Soweto-onrus in 1976 uitsluitlik aan die spontane opstand van skoolkinders toegeskryf moet word; dat daar geen volwassenes betrokke was wat die opstand georkestreer en aangehits het nie. Toe die veiligheidsmagte pamflette in die swart woongebiede van Knysna versprei het waarin die inwoners aangemoedig word om hulle nie deur aktiviste te laat intimideer nie, “the blood rise” in Owéna se gesig (3161). Maar dan is dit sy en haar man wat verontwaardig is as hulle telefoongesprekke in die openbare belang deur die veiligheidspolisie afgeluister word (hoofstuk 43 en 44).

Omdat die outeur in Suid-Afrika grootgeword het, verstaan sy die plaaslike situasie gelukkkig baie beter as buitelanders wat oor Suid-Afrika skryf. Ten spyte van haar anti-apartheidsinvalshoek raak sy heelwat waarhede kwyt, al besef sy nie altyd die implikasies daarvan nie. Byvoorbeeld, ná 15 jaar van “demokrasie” neem sy waar dat die bruin mense van Knysna steeds in hulle tradisionele woongebied, Hornlee, woon en die swart mense steeds in die plakkerskampe. “I still thought there’d be more integration now that the racial divide is no longer law” (372). Die punt wat sy mis, is dat die meesal groot kulturele verskil tussen bruin en swart (en natuurlik blanke) mense steeds daar is. Apartheid het erkenning hieraan gegee. In hierdie opsig verskil vóór en ná 1994 nie. Soort soek soort al wil linkse literaliste dit hoe graag anders hê. Toe die outeur die enigste blanke was wat ‘n swart mens se begrafnis bygewoon het, was haar aanvoeling: “I just don’t belong here” (1165).

Een van die groot kultuurverskille tussen blankes en swartes is baie blankes se bereidwilligheid om hulle tyd, arbeid en van hulle besittings uit die goedheid van hulle harte gratis aan swartes te gee. Owéna het bv aan swartes verduidelik wat blankes opgeoffer het om ‘n bewaarskool vir swart kinders tot stand te bring en te onderhou: “How hard the white parents worked to make and keep Stepping Stones that way. She would know – she was one of the mothers who baked cakes and biscuits by the car-boot-load for fundraising cake sales. Fathers painted classrooms and made jungle gyms and helped to fix leaky roofs and broken equipment. And almost all the materials the children used for their arts and crafts, from off-cuts of fabric to old magazines, were collected and donated by the parents. The crèche mamas were amazed. Their own people would never do that, they said” (1669).

By die Tembelitsha-skool vir swartes sê die waarnemende skoolhoof, die swart mevrou Martin: “It’s difficult to get parents to help with things like painting classrooms or fixing toilets, because they want to be paid for their efforts” (1878). Martin se kollega, mnr Guga, noem dat sekuriteit ‘n groot probleem by die skool is. “Vandalism and burglary are common, and people from the surrounding township often come in to the school to use the toilets or, in some cases, steal the toilet pipes. Even the vegetables in the school garden were stolen during the recent winter break” (1889). Die outeur skryf: “In a computer room there are rows of desktop machines. I wonder how many have been stolen” (1905). Dit is nie ‘n onbillike opmerking nie. Toe Schutte in Durban gewoon het, is haar motor gesteel (1986).

Daar was glo nie akkommodasie beskikbaar vir die onderwysers van die genoemde skool nie. Owéna het haar toe daarvoor beywer om ‘n huis te bou waarin vyf onderwysers kon tuisgaan. Van owerheidsweë kon sy geen finansiële ondersteuning kry nie. “There was no money for the house and no one in the black community was prepared to build it for free” (1949). “For money, she appealed to the white people of Knysna. For materials, she went to local businesses. Everyone she approached gave generously, but free labour was still hard to find” (1954). Twee blankes, Owéna se man, Theron, en hulle buurman, Doug Starkey, is oorgehaal om die gratis arbeid te verskaf, terwyl die Schuttes se tuinhulp, die bruin Johnny Oliphant, ook gehelp het, maar is daarvoor deur Theron betaal (2014). Hierdie drie “represented everything that was wrong with the country” in die oë van plaaslike swartes (2020).

“And so they came and watched while Theron, Doug and Johnny worked, never offering to help, just standing and watching and talking among themselves” (2025). Soms het hulle hierdie drie werkers gedreig “with ‘trouble’ if they didn’t leave” (2025). “Then the wood that Theron was leaving at the building site started disappearing. Undeterred, Theron stored the planks at the nearly sawmill instead” (2030). “Even black teachers turned up with a few drinks in them sometimes … Slurring their words, they demanded to know when the house would be finished, and why it was taking so long. But not one of them ever picked up a hammer to help” (2030). Theron was toe nog ‘n voltydse onderwyser en kon net Saterdae die bouwerk doen.

“Week after week for seven months, Theron, Doug and Johnny went back, until finally in November 1983, the house was finished. To celebrate, Child Welfare put on a tea party outside the house. All of Tembelitsha’s staff turned up, as did several parents, who milled about admiring Theron and his team’s work over tea and cake that Owéna had baked for the occasion” (2035). Is dit moontlik om beter as met hierdie gebeure te illustreer dat daar iets radikaal verkeerd met baie swart Suid-Afrikaners is? Om talent vir bv geweldpleging en die skepping van ellende te hê, bied nie ‘n gesonde grondslag vir ‘n voorspoedige land nie.

Tydens die onrus in die jare tagtig was Theron een van die onderwysers wat as ‘n vrywilliger die plaaslike hoërskool vir blankes oor naweke in vieruurskofte teen geweldpleging opgepas het (3145). In teenstelling hiermee en nie ver daarvandaan nie “the road was blocked with burning tables from the Tembelitsha school” (2889, 2928). Toe die polisie opdaag om die pad oop te stel, het die kinders hulle met klippe bestook (2928). Wat in linkse geledere gepredik word, is dat, soos beskermde wild, niks van owerheidsweë aan sulke kinders gedoen mag word nie. As hulle bloot opgesluit pleks van gemoer (3015) word, klink die kreet van “free the children” op. Hoe het die Tembelitsha-skool daar uitgesien nadat die Schutte-egpaar so baie daarvoor opgeoffer het? “There was no headmaster. There were no textbooks. Teachers were drunk at the school. Windows were getting smashed. Chairs were being stolen” (3376).

Tydens die onrus in die jare tagtig is verteenwoordigers uit die swart gemeenskap toegelaat en aangemoedig om hulle griewe onder die munisipaliteit se aandag te bring. Hulle het resultate met besluite behaal, maar positiewe teenprestasie het agterweë gebly. “There were plans for a new cemetery in Bongani, communal taps in Dam-se Bos and Witlokasie, and water tanks in Oupad and Jood-se Kamp [five black townships]. The children’s needs were especially high on the agenda, with the town council looking into buying a second-hand bus to transport the children to school, and agreeing to finally install electricity in Tembelitsha’s classrooms. In keeping with Owéna’s principle of helping the people to help themselves, the committee made sure they involve the community in making the plans happen. To cover the cost of running the new school bus, the children would have to pay a fare. And the municipality would pay the Tembelitsha schoolchildren to work with its electrical engineer to dig trenches for the power lines at the school” (3234).

“Heavy rains stalled the installation of the taps at Dam-se Bos. The plans for the new school bus had to be scrapped after parents said they couldn’t afford the fares, no matter how heavily subsidised. And the trenches at Tembelitsha were put on hold while the young would-be labourers wrote their exams. The community got impatient, accusing the liaison committee of making promises it couldn’t keep” (3244). Maar “the municipality had been doing everything within its power to supply water and sanitation in the squatter camps, scraping together funds from other budgets” (3381).

Owéna het aan die African Scholars’ Fund [ASF], waarvan blankes klaarblyklik vir bevoordeling uitgesluit word, geskryf (3381). Twee van die ASF-funksionarisse het Knysna besoek en in hulle verslag geskryf: “The contrast of luxury boating and tourism with the squalor of the black schools is a serious indictment of the management of the area” (3391). Self het die ASF blykbaar niks konstruktiefs gedoen nie. “Four months later, the Ministry of Education and Development Aid agreed to supply two prefabricated classrooms and extra bucket toilets for Tembelitsha. And the Bogani school was upgraded to standard four, so that fewer children had to walk all the way to Witlokasie” (3396).

Die swartes het steeds ‘n gratis bus en gratis vervoer vir hulle skoolkinders geëis. Owéna het aan die Afrikaans koerant, Rapport, geskryf, wat minibusse aan liefdadigheidsorganisasies geskenk het (3396). “After months of badgering the paper, she convinced them to donate a minibus to Child Welfare to ferry the Tembelitsha children to and from school. But Child Welfare couldn’t afford the cost of running the bus … Owéna went to the town council … Was there any way they could help with funds for petrol? The town council went one better, supplying not just the funds but a driver too” (3402). As mense eis dat iets gratis moet wees, kry hulle dit heel dikwels – mits hulle swart is.

“The Round Table chased the government for funding to pay for the electricity at Tembelitsha” (3407). Daar het klaarblyklik niks gekom van die plan dat skoolkinders teen betaling slote vir die elektrisiteitskabels moet grawe nie. “A local company donated a film projector for fundraising film nights. And the Black Sash, along with a group called Concerned Women of Knysna, arranged for textbooks to be collected” (3407). Om te ontvang, is vir swartes blykbaar saliger as om te gee. Hulle hoef selfs geen skoolfooie te betaal nie (1873).

‘n Nuwe swart woongebied met houthuise is in die vooruitsig gestel, maar die swartes wou nie houthuise hê nie (3244). Hulle wou veral nie vir sulke huise betaal nie. Die grondstruktuur is egter sodanig dat niks anders as houthuise daar opgerig kon word nie (3427). Die strate van hierdie woongebied is reeds geteer, maar die swartes het gekla dat die strate nie wyd genoeg is nie (3249). Teen dienslewering is geprotesteer (3259). “We want houses.” “We want electricity.” Die raadslede moes deur die polisie teen die aktiviste en oproeriges beskerm word (3262). ‘n Laerskool is vir die nuwe woongebied, Khayalethu, goedgekeur, maar die swartes het aangedring op ‘n hoërskool (3416).

Daar is 780 woonpersele, “complete with access to water, sewage facilities and electricity [and in 1987/8] had been standing empty for two years” (3421) weens intimidasie. In daardie tyd het terrorisme sulke ernstige afmetings aangeneem dat “the Knysna Municipality had removed all flower boxes from the main street, and there were no longer any rubbish bins outside the post office” (3437). “The black members of the mayor’s liaison committee had started to resign, giving in to pressure from their community, who criticised them for being all talk and no action” (3442). “[They were] accused … of being pawns in the apartheid government’s plans to herd people into townships” (3448). Aktiviste het gedreig om die houthuise af te brand as hulle gebou word (3469). Opdrag is deur die “Civics” gegee dat ‘n kliniek in Khayalethu afgebrand moet word (3484). “It was all part of ‘making the country ungovernable'” (3484).

“The first government-subsidised houses in Khayalethu were finally built in 1990: wooden houses … Eventually some people did move to Khayalethu, in secret, at night. But many houses stayed empty and were vandalised, their windows smashed and their doors broken off their hinges. The authorities had no choice but to give the houses away” (3601). Op ander erwe kon baksteenhuise gebou word. “The people had complained about having to pay for the land when the wooden houses were free. In a final admission of defeat, the provincial government gave the land away for free, too” (3617). Daarna volg hierdie “kompliment”: “In Knysna, the municipality had become a model local authority for being one of the first to integrate white, coloured and black” (3622).

Dit is ‘n feit dat bruin mense se tradisionele lewensruimte vroeër as dié van blankes die prooi van verswelging deur swart mense word; iets waarvoor daar nie genoeg begrip is nie. Uiteindelik sal alle ruimtes in hierdie wye en droewe land aan verswelging deur swartes onderhewig wees, hetsy skole, universiteite, woongebiede, hospitale, ens, tensy daar tuislande vir die minderheidsrasse en -etnisiteite geskep word. By die huise van die bure van haar ouers neem die outeur ‘n verandering sedert 1994 waar: “The only real difference is that their walls are higher and their fences spikier than before” (377). Dit is dalk ‘n korttermyn en moontlik ‘n tevergeefse verskansing.

Die Wet op Groepsgebiede het veroorsaak dat sommige eiendomme van veral bruines, maar ook bv dié van blankes, onteien is om woongebiedskeiding volgens ras moontlik te maak. Die outeur noem heeltemal tereg dat die waarde van die onteiende eiendomme aan die eienaars uitbetaal is en dat nuwe huise in baie gevalle deur die NP-regering voorsien is (460). Dit is ‘n waarheid wat selde in die konteks van bv Distrik 6 genoem word, onder meer omdat bitter min van daardie “slagoffers” huiseienaars was. By die “ontworteldes” was daar min weerstand, ook in Knysna, omdat na beter huise getrek is. “On the upside, there was hot running water and electricity. Even the bucket toilets were a step up” (486). In skrille kontras hiermee is die ANC-regering se voorneme om blankes se plase (eerder as huise) sonder enige vergoeding te onteien. Die swart skoolkinders van Knysna sing “Old Mandela had a farm” – nie Old Macdonald nie (1626). As per slot van sake die vrug van terrorisme het Mandela ‘n plaas gehad. Harde werk oor geslagte en eeue heen, is egter nie goed genoeg om vir blankes eie plase te verseker nie.

Die bruin mense wat verskuif is en waarmee die outeur onderhoude voer, voldoen nie aan haar verwagting dat hulle ontevrede oor die groepsgebiede-verskuiwings moet wees nie. Byvoorbeeld, een van hulle het gesê “I didn’t really experience it as bad. Come to think of it, many things were better. We had water in the house … We had flushing toilets, we had electricity” (570). In die geval van Johnny Oliphant, die Schuttes se bruin tuinhulp, wil die outeur hê dat hy ‘n grief moet hê omdat hy buite die huis sy etes nuttig en die buitetoilet gebruik (2142). Dit blyk dat hy geen probleem daarmee het nie (2202). Hy het wel ‘n probleem met die inkommers in sy woongebied. “There are lots of people coming in. From other places. It wasn’t as rough back then as it is now” (2185). “People steal your money and hit you and rob you, he says. It’s not safe to walk around at night. Is it worse than before? I ask. Much worse, he says” (2190).

Oor die hedendaagse inkommers skryf Schutte die waarheid. “In Knysna, black people complain about Zimbabweans, Somalis and Nigerians coming into the townships, bringing with them drugs and violence while taking jobs, houses and women … From what I’ve heard, it’s the black people who are most xenophobic” (646). Die outeur skryf: “It’s hard to believe that, less than forty years ago, there were hardly any black people here” (698). Ek onthou toe ek in 1963 met die kuspad van Kaapstad na die Oos-Kaap gereis het, het ek swartes die eerste keer by Humansdorp teëgekom. Onlangs was ek weer op hierdie roete en was geskok oor die groot omvang wat plakkerskampe veral sedert 1994 by al die dorpe aangeneem het. Dit is heeltemal onvolhoubaar dat veral die blankes, maar ook die bruin eienaars, grootliks die finansiële las van die munisipale dienste aan hierdie kampe moet dra. Omdat daar bv groot werkloosheid heers, is misdaad aan die orde van die dag. Dit is vir my onvoorstelbaar dat voorspoedige, veilige, leefbare dorpe ooit hieruit tevoorskyn gaan kom. Al sou die ANC-regering en ander groepe of individue alles van die blankes steel, sal dit steeds geen beduidende duik in die armoedekultuur maak nie. Die onmiskenbare talent wat daar vir misdaad, geweld en ellende is, sal heeltemal moet verdwyn om voorspoed moontlik te maak, maar dit is hoogs onwaarskynlik dat dit sal gebeur.

Die boek is klaarblyklik geskryf om ook buitelandse lesers in te lig. Die outeur se ideaal was glo om “just the truth” te skryf (2873). Soms mislei sy haar lesers; dalk onbedoeld omdat sy nie van beter weet nie, bv oor pasboeke. “The pass laws were part of the apartheid government’s plan to restrict the influx of black people into ‘white’ South Africa from the African homelands” (702). “The government’s influx control meant Knysna, like the rest of the Western Cape, didn’t have much of a black population in 1972” (717). Hierdie wet is in 1986 herroep (2269) en van die gevolge is soos in die vorige paragraaf beskryf. Wat nie in die boek gesê word nie, is dat die passtelsel ‘n Britse uitvinding is en dat die eerste paswet reeds in 1797 tydens die eerste Britse besetting van die Kaap uitgereik is (Wikipedia: “Pass laws”).

“I wince at the K-word. According to my South African English dictionary, it’s now an actionable offence to use it. Derived from the Arabic word for ‘unbeliever’, it was a generic term for black people that the European settlers used when they first came into contact with them” (2370). Die blankes word dus die skuld vir hierdie “aanstootlike” woord gegee, terwyl sy self noem dat die Arabiere dit voor die blankes as ‘n benaming vir swartes gebruik het; sekerlik aan bv die ooskus van Afrika lank voordat die blanke seevaarders daar opgedaag het. Die Arabiere word dus in hiedie opsig kwytgeskeld van aandadigheid, soos in die geval van slawerny, wat feitlik uitsluitlik voorgestel word as ‘n vergryp wat deur blankes gepleeg is.

Wat Schutte gedoen het, is om mense, veral bruines en swartes, in Knysna op te spoor wat haar van apartheid kan vertel. Gewapen met ‘n bandopnemer het sy onderhoude met hulle gevoer en notas geskryf. Sy het bv met Jack Matjolweni gesels, wat destyds in diens van Bantoe-administrasie in Knysna was en as inspekteur moes verseker dat swartes se passe in orde is. Schutte verwag om haat en nyd jeens die blankes by hom aan te tref, maar word teleurgestel: “I am amazed at his apparent loyalty to his then employer, the apartheid government, and his almost blind acceptance of its laws” (795). Matjolweni se huis is in 1993 afgebrand (812) toe die ANC/SAKP onder die leiding van Nelson Mandela met die NP-regering onderhandel en terselfdertyd hulle terrorisme met groter intensiteit voortgesit het. Met ‘n oud-kollega van Matjolweni, Piet van Eeden, het Schutte ook ‘n onderhoud gevoer. Hy het tereg die NP-regering se instromingsbeheer verdedig. “It you had just throw open the doors, you can imagine what kind of influx it would have caused” (834).

Die outeur wou onderhoude voer met swart mense wat deelgeneem het aan die onrusstokery en terrorisme in die jare tagtig. Van hulle het in daardie tyd in so ‘n mate leierskap getoon dat hulle deesdae munisipale raadslede is, bv Amy Matungana, na aanleiding van die 1986-onrus (2462). Sy is trots daarop om swart te wees (2481). Swartes is destyds geïntimideer om deel te neem aan die grootskaalse misdaad wat gepleeg is (2508). Maar deesdae is daar steeds swartes wat ontevrede is. Mantungana sê: “I wouldn’t say many of our black people appreciate what’s already been done … But I think their eyes are starting to open” (2525).

Nog ‘n onrusstoker wat sedertdien met ‘n hoogs lonende raadslidpos beloon is, is Elizabeth Koti (2536). “Elizabeth’s ward has been unhappy about how long it’s taking to get houses and electricity, and it all came to a head on Sunday when a mob of people marched to Elizabeth’s house and threatened to burn it down” (2547). “It’s political, she says. The people instigating the riots and the violence are those who want to become leaders themselves. They want her position” (3289). Sy het besluit om haar nie weer as raadslid verkiesbaar te stel nie (3332).

“But she’s worried about what will happen when she stands down. ‘They can’t all be councillors,’ she says. ‘In my place is going to be one councillor. And when I monitor them from a distance, I see four of them who want to be in the race. And only one of them can win. It will split them and that is going to cause a problem for them'” (3337). Die ontevredenheid en onrus kan dus seker onbepaald voortduur.

Die outeur verwys na ‘n tyd in die jare tagtig toe “police were shooting and arresting protesting schoolchildren … children … were burning their classrooms” (2754). Koti het aan die outeur vertel van ‘n kind, Johnson Tatas, wat tydens onrus deur die polisie doodgeskiet is (2595). Hy was glo ‘n jeugleier (2778). Sy regte naam is Goodman Xokiso. Schutte spoor sy ma, Esther Xokiso, op. Owéna het, soos gebruiklik wanneer ‘n swarte vir ‘n onderhoud deur haar dogter besoek word, ‘n pak kos vir die geleentheid saamgeflans: “Packets of dried soup, instant coffee, tea bags, rice, fruit cordial, sugar, and some fresh fruit and vegetables – oranges, onions, bananas, butternut squash and apples. There’s also a whole chicken that I [Anelia] took from the freezer” (2625). By Xokiso aangekom, “she takes the food parcel from me” (2646). Toe sê Xokiso, blykbaar sonder om dankie te sê: “People said I was probably going to get money today, and now look at this” (2646). “Her tone is jolly, but I get the sense she might have thought she was getting paid for the interview” (2646) – soortgelyk aan swartes wat betaling eis as hulle deur blankes gefotografeer word. Het ons by Xokiso nie met ‘n radikaal verkeerde gesindheid teenoor blankes te make nie? Is versoening met diesulkes enigsins moontlik?

Toe haar kind geskiet is, was twee van haar twaalf kinders (2657) in die tronk (2663). Volgens Tatas/Goodman se ma, was hy beter as haar ander kinders: “Not one of my other children when they did something wrong would come and say sorry. But he said, ‘Sorry, Mama'” (2674). “Esther says she warned him against going out to toyi-toyi” (2674). “The black community … wanted to give the boy a ‘comrade’s funeral’, which meant bussing people in from the surrounding areas and turning it into a public event with speeches and singing and toyi-toying” (2701). Dít was kenmerkend van die ANC/UDF/SAKP: Hulle het kinders (en vroue) tydens onrus voorgestoot, want as ‘n kind (of vrou) tydens onrus gedood word, kon ‘n groter bohaai opgeskop word as wanneer ‘n volwasse man in die slag gebly het.

Die maksimum propagandawaarde is uit sulke begrafnisse geput. Die polisie en Goodman se ma wou ‘n klein, stemmige begrafnis hê, gevolglik is Goodman op ‘n Saterdagoggend begrawe met net ses van die naaste familielede teenwoordig (2706). Die agitors het agterna beweer sy ma “sold Goodman’s body to the police” (2711). Hieroor is sy hewig ontsteld. Owéna, wat tydens hierdie onderhoud teenwoordig was, kom toe met die volgende reaksie vorendag: “What I can’t understand is this … He should have been like a hero. He died for the struggle they were fighting for. So he should have been an example for all the children. But instead they were mad at you. I don’t understand how that adds up” (2716). Die prestasielose stokkiesdraaier, Hector Petersen (heel moontlik nie sy regte naam nie), word deesdae ook as ‘n held gehuldig omdat hy tydens die Soweto-onrus in 1976 in die pad van ‘n dwaalkoeël was. En die terroris en geweldenaar, Nelson (eintlik Rolihlahla, letterlik Molesmaker) Mandela, word dikwels as ‘n rolmodel voorgehou. In Knysna word die nagedagtenis van die prestasielose Goodman Xokiso deesdae gehuldig met die “Johnson Tatas community hall” (3591).

Goodman se ma koester geen groot griewe nie. “Oh, I can’t blame anyone … Because it was like that everywhere. If it only happened here in Knysna, then I could still understand it. But all around us it was like that, even now, it’s still a fight. People are still toyi-toying” (2727) – die nuwe Suid-Afrika het niks hieraan verander nie; optogte, proteste en geweldpleging word (onverminderd) voortgesit. Esther Xokiso ontvang glo ‘n “special pension – a pay-out given to relatives of people who died during the struggle” (2802). Bestaan daar iets soortgelyks vir die naasbestaande van blankes wat weens die ANC/UDF/SAKP se terrorisme gesterf het?

Die Schutte-egpaar het ongetwyfeld oor dekades baie van hulle tyd en geld opgeoffer ten einde hulle pro-swart gesindheid uit te leef. Maar ek het die indruk dat hulle op die lange duur gatvol daarvan geword het; dat hulle ingesien het dat hulle grootliks tevergeefse moeite gedoen het, al sou hulle dit nie erken nie en steeds dieselfde oorverligte front voorhou. In 1988 het Owéna bedank as maatskaplike werkster by Kinderwelsyn en in dieselfde hoedanigheid oorgegaan na ‘n versorgingsoord vir epileptici. Die verskil was dat waar sy voorheen swartes as kliënte gehad het, was die epileptici almal blank (3530). Sy regverdig haar skuif soos volg: “The people at SANEL [the South African National Epilepsy League] needed her in a way that the black people had stopped doing towards the end” (3627). Die outeur skryf: “My father was one of many teachers in South Africa who took early retirement to make way for non-white teachers. Not that he did it for political or even altruistic reasons; the new ANC government made it very attractive financially” (1379). Owéna het in 2013 afgetree (3634).

Die Schuttes woon in ‘n huis wat glad nie in dieselfde mate as hulle bure s’n beveilig is nie (239). Hulle dink hulle is as verligtes bekend genoeg, sodat hulle nie die prooi van misdadigers sal word nie. Dit lyk na valse gerustheid. Hulle word ouer en al hoe sagter teikens terwyl hulle goeie dade al hoe meer in die vergetelheid raak. ‘n Mede-inwoner van Knysna en filantroop, die 84-jarige Dorothy Burger, is in 1993 in haar huis verwurg (1459).

Herman Wasserman

Herman Wasserman (gebore in 1969) was eens ‘n skrywer van Afrikaanse prosa, maar publiseer deesdae akademiese tekste, feitlik uitsluitlik in Engels. Hy was agtereenvolgend ‘n dosent in joernalistiek/mediastudie aan die Universiteit Stellenbosch, Rhodes en Kaapstad. Met die verloop van jare het hy al hoe meer polities verlig geword. Nelson Mandela is ongekwalifiseerd sy groot held.

Sy resensie van Schutte se boek, “Wat word van wit mense in SA verwag” (Rapport, Weekliks, 1.09.2019, p 12), het my bewus van die bestaan van hierdie boek gemaak. Hy is egter ‘n hele aantal grade meer verlig as Anelia en selfs Owéna, gevolglik het die boek hom eerder met ongemak as behae gelaat. Wasserman kom in sy resensie gou uit by die geykte frase, “die donker dae van apartheid.” Hy betreur dit dat sommige blankes nostalgies oor die ou Suid-Afrika is: “Kyk maar na hoe die hofbesluit om die apartheidsvlag [eerder: vorige landsvlag] tot haatspraak te verklaar deur baie Afrikaners ontvang is.” Wasserman verwelkom ongetwyfeld hierdie ernstige vergryp en hy distansieer hom sekerlik van Afrikanerskap.

Hy skryf: “Die verteller se taalgebruik [is] soms erg steurend en sprekend van ‘n politieke naïwiteit. Die verwysing na swart ‘stamme’ (tribes) is verouderd en onvanpas, en so ook die gebruik van die neerhalende woord ‘plakkerskampe’ (squatter camps) om na informele nedersettings te verwys. Kwetsende woorde soos ‘tuinjong’ (garden boy) en ‘nieblank’ (non-white) en stereotipes oor dronk township-inwoners en onkritiese herhaling van gerugte oor regstellende aksie doen verder afbreuk aan die verteller se geloofwaardigheid.” Hier is ‘n mens wat aan ons die leviete oor ware verligtheid gaan voorlees.

Wasserman is ook beswaard oor “die verteller se houding teenoor die huidige Suid-Afrika wat in kontras staan met die prentjie van familiale toewyding aan die land. In die hoofstukke wat die hedendaagse raamvertelling vorm, verwoord sy telkens haar vrees vir misdaad wat soms aan paranoia grens en ‘n rasse-element verkry wanneer sy haar vrees uitspreek om ‘n township te besoek of misdaad in die eerste plek sien as iets wat wit mense oorkom (daarom dat ‘alle wit gesinne minstens een hond besit’).”

“Owéna se werk spreek uiteraard op sigself van medemenslikheid en sorg, maar die verteller bly onkrities oor die onderskeid tussen maatskaplike ondersteuning en die stryd teen apartheid. Owéna raak nooit betrokke by die politieke struggle teen apartheid nie … Sy beveg hoogstens klein apartheid deur ‘n groep kinders ondanks die Groepsgebiedewet op ‘n uitstappie na ‘n ‘wit’ strand te neem, maar kom nie in direkte opstand teen die Nasionale Party-regering wat daardie wette instand hou nie.” Dit lyk asof Wasserman meer waardering vir Owéna sou gehad het as sy, soos Nelson Mandela, ‘n bomplantveldtog gevoer het. Maar het Wasserman, in sy eertydse minder verligte era en later, homself ooit aan bv terrorisme skuldig gemaak?

“As maatskaplike en ontwikkelingswerk nie ook standpunt inneem teen politieke onreg nie, is dit dan nie maar net liefdadigheid nie? … Die probleem met liefdadigheid is dat, eerder as om sosiale magsverhoudinge te verander, dit juis die sosiale hiërargie kan bevestig” Die verteller se “houding teenoor hedendaagse politieke protes spreek nie van ‘n radikaal ander ingesteldheid” soos deur Wasserman verlang nie. “Hedendaagse diensleweringsbetogings word beskryf … as ‘oproer’ (riots), of ‘moeilikheid’ (trouble) en sy ag haarself gelukkig om nie naby brandende bande en klipgoeiery te wees nie.” Ek ook.

“Deur die boek aan te bied as ‘A Small Town’s Struggle Against Apartheid’, met ‘n gebalde vuis op die voorblad, is dus iets van ‘n wanvoorstelling en skep ‘n verwagting van ‘n politieke weerstand wat nie in die verhaal verwesenlik word nie.” Die verwagtig wat die gebalde vuis, kenmerkend van die vredesikoon Nelson Mandela, klaarblyklik by Wasserman wek, is dat werklik verligtes hulle tot bv daadwerklike terrorisme moet wend.

“Wat kan ons leer uit Owéna se voorbeeld? In die Suid-Afrika van vandag, wat steeds gekenmerk word deur massiewe ongelykhede, voortslepende armoede en – ja, ondanks die luide protestasies van regses – wit bevoorregting, herinner sy ons in die eerste plek daaraan om sensitief te wees vir die pyn om ons, om uit te reik na diegene wat buite ons gemaksones beweeg, en om te luister na die stilgemaaktes.” Wie is hierdie stilgemaaktes? Die slagoffers van swart op swart geweld, die vergelykenderwys baie minder mense wat deur die veiligheidsmagte stilgemaak is, of die slagoffers van die ANC en ander “bevrydingsorganisasies” se terrorisme en die ná-1994 voortsetting daarvan in die vorm van bv plaasmoorde?

Terwyl Wasserman knus in sy kantoor of studeerkamer sit, vra hy “die vraag oor wat wit Suid-Afrikaners vandag te doen staan.” By wat swartes ter verbetering moet doen, kom hy uiteraard én gerieflikheidshalwe nie uit nie.”Om slegs liefdadigheid te bewys vanuit ‘n posisie van bevoorregting sal nie genoeg wees nie. Wit Suid-Afrikaners het ‘n kollektiewe verantwoordelikheid om saam met hul swart landgenote te bly stry vir sosiale geregtigheid, gelykheid en transformasie wat verder sal moet strek as noodverligting. Want daar is steeds ‘n struggle – en dis ons álmal s’n.”

Op Netwerk24 het ‘n leser in reaksie opgemerk dat Wasserman se resensie haar met ongemak gelaat het. Die resensie het vir my ‘n pyn gegee, maar ek sal liewer nie sê presies waar nie.

Schutte se boek en Wasserman se resensie het my opnuut pessimisties gestem. Ek kan geen verbetering in die situasie voorsien nie; eerder voortgesette verslegting. Oor swart mense sal oorverligtes, soos Wasserman, in die openbaar geen kritiek uitspreek nie. Vir blankes is en bly die onverbiddelike verwagting, in die woorde van die apostel Paulus: “Moenie moeg word om goed te doen nie” (2 Tessalonisense 3:13). In ruil daarvoor word hulle egter voortdurend sleggesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.