Sedert die 11 September 2001-aanslae teen die tweelingtorings van die World Trade Center in New York en die Pentagon in Washington, het ‘n legio teorieë ontstaan wat probeer verklaar wie eintlik vir die aanslae verantwoordelik was. Sommige van hierdie teorieë lyk na onsin, ander weer kom besonder geloofwaardig voor en mag inderdaad selfs die waarheid wees. Maar dit is ook so dat daar soveel stories is dat ‘n gewone mens moeite het om die kaf van die koring te skei. Dit is nie die bedoeling om al die ontledings en teorieë wat in omloop is, hier te probeer herhaal nie , maar bloot om enkele gevalle uit te lig wat moontlik interessant mag wees.
Na die 9/11-aanslae was daar uit die staanspoor waarnemers wat gemotiveerde beskuldigings gemaak het dat daar ‘n sterk verband bestaan tussen die aanvalle in New York en Washington, en Saoedi-Arabië was. En meer nog is daar selfs agterdog dat die Amerikaanse regering bewus was van Saoedi-betrokkenheid en dat hulle dit oogluikend toegelaat het, of nog erger, bevorder het en in elk geval nog steeds verdoesel.
Van die feite wat bekend is, is onder meer dat van die 19 terroriste wat by die aanval betrokke was, 15 burgers van Saoedi-Arabië was. Osama Bin Laden was natuurlik self ook ‘n Saoedi, hoewel daar twyfel is of Bin Laden hoegenaamd by die aanvalle betrokke was. Verder is dit ook so dat al 19 van die aanvallers visums gekry het om Amerika te besoek, ten spyte van die normale drakoniese Amerikaanse visumvereistes, veral ten opsigte van besoekers uit die Midde-Ooste. (Vergelyk daarmee dr Roodt se visumaansoek wat geweier word.)
Daar is ook eerstehandse getuienis van Amerikaanse konsulêre beamptes wat ten tye van die aanslag in Saoedi-Arabië diens gedoen het, dat druk « van bo » op hulle uitgeoefen is om visums aan lede van die terroristekommando toe te staan en in minstens een geval bloot opdrag ontvang het dat hy ‘n visum moet toestaan. In ander gevalle is konsulêre beamtes gedreig dat hulle hul betrekkings sou verloor indien hulle sou weier om visums aan bepaalde persone toe te staan.
Dit is ook bekend dat verskeie van die terroriste vliegopleiding aan Amerikaanse vliegskole ontvang het. Die opleiding was natuurlik met die oog op die aanvalle in New York en Washington. Die Amerikaanse polisie en intelligensiedienste was bewus daarvan dat Arabiere vlugopleiding in Amerika kry, maar het niks daaromtrent gedoen nie. Nog ‘n raaisel in hierdie verband is hoedat die Arabiere (daar was vier) wat skynbaar geen vorige vliegondervinding of kennis gehad het nie, binne enkele maande kon vorder na ‘n punt waar hulle reusepasssierstralers kon vlieg op ‘n uiters komplekse sending. Om ‘n groot Boeing of Airbus te kan vlieg, neem vanaf die stadium van ondervinding op ‘n ligte eenmotorige skroefvliegtuig normaalweg tot 20 jaar met duisende ure vliegondervinding.
En dan is daar nog die die verslag van die gesamentlike komitee van ondersoek van die Amerikaanse Kongres (President, Senaat, Huis van Verteenwoordigers) na die 11 September-aanslae waarvan die eerste 28 blasdsye deur Pres George Bush tot geheime dokument geklassifiseer is en wat, volgens talle kommentators aanduidings bevat van Saoedi-betrokkenheid by die aanvalle. Inderdaad eienaardig dat in die wêreld se grootste demokrasie, die bevolking nie mag weet wat die bevindings is van hulle verkose verteenwoordigers oor so ‘n belangrike aangeleentheid nie.
Op 17 April vanjaar het daar ‘n artikel in die New York Post verskyn wat onder meer soos volg lui :
« The Saudi Kingdom’s involvement was deliberately covered up at the highest levels of our government. And the coverup goes beyond locking up the 28 pages of the Saudi report in a vault of the US Capitol basement. Investigations were throttled , co-conspirators were let off the hook. Time and time again. »
Nou was daar die afgelope dae weer ‘n interessante nuwe verwikkeling wat lig op die aangeleentheid mag werp. ‘n Moslemfundamentalis wat sedert 2009 vir terroristebedrywighede in ‘n Amerikaanse tronk aangehou word, Zacharias Moussoui, het naamlik so pas in ‘n beëdigde verklaring bekendgemaak dat die 11 September 2001-aanslag deur Saoedi-Arabië beplan en gefinansier is. Hierdie verklaring is uiteraard ‘n reuseknuppel in die bos en verwek groot opspraak in Amerika.
Die posisie is nou dat die Amerikaanse regsowerhede ‘n ondersoek na die aantygings wil begin, maar dat ten einde dit moontlik te maak, wetgewing skynbaar eers nodig is, aangesien ‘n vreemde moondheid betrokke is. Volgens berigte staan Barack Obama wetgewing van hierdie aard ten sterkste teen. Weereens vreemd. Daarenteen dring die naasbestaandes van die 3000 Amerikaners wat in die aanvalle omgekom het, weer sterk aan op ‘n regsondersoek, soos verstaanbaar is.
Die interessantste en ook die moeilikste vraag bly egter dat indien die Saoedi’s wel agter die 11 September-aanvalle gesit het en die Amerikaanse regering dit oogluikend toegelaat het, dan waarom? Ek wens ek kon die vraag beantwoord. Dit kan wees dat die aanvalle georganiseer is ten einde die Amerikaners van ‘n voorwendsel te voorsien om die kaarte in die olieryke Midde-Ooste deurmekaar te krap. Duidelik het die Amerikaners die aanslag van 11 September gebruik om openbare gevoelens teen Saddam Hoesein op te sweep en militêre optrede teen hom, Ghaddafi van Libië en Bachir Al Assad van Sirië te regverdig. Ironies is dat al drie hierdie leiers geswore vyande van Moslemfundamentalisme, insluitend Al-Kaida was en is.
Vir die rekord kan daarop gewys word dat dit natuurlik nie die eerste keer in die geskiedenis sal wees dat ‘n groot moondheid ‘n foefie gebruik om ‘n oorlog te begin nie. So is daar baie gesaghebbendes wat glo dat die Amerikaners die passasierskip, die Lusitania gekelder het ten einde Amerika se betrokkenheid in die Eerste WO te bespoedig. Soortgelyk is die menings dat Amerika ook die aanval op Pearl Harbour georkestreer het om Amerika by die Tweede WO te betrek. Dink ook maar aan ons eie geval hoe die Engelse die uitlanderkwessie gebruik het as voorwendsel om die Boererepublieke te vernietig.
In ‘n werk, Visas for Al-Qaida, wat in 2015 verskyn het, skryf ‘n voormalige Amerikaanse konsulêre beampte in Saoedi-Arabië, Michael Springmann : « This tale is a sordid sketch of backstabbing, disloyalty, double crossing, faithlessness, falsity, perfidy, sellouts, treachery and betrayal. All of this is in addition to the stupidity and incompetence normally manifested by the State Department and the intelligence services ». Dit sê omtrent alles. Terselderyd is dit ook die beste beskrywing van die laaste dae van die Nasionale Party-regering wat ek nog onder oë gehad het.
Bruce Bawer, ‘n Amerikaner wat sedert 1999 in Noorweë woon, het bekendheid verwerf met sy boek oor die verideologiseerde linksheid van die Amerikaanse universiteitswese: The victims’ revolution: The rise of identity studies and the closing of the liberal mind (New York: Broadside Books, 2012, 405p; Amazon Kindle $15,95). Voor dit het hy reeds sy verontwaardigde aandag toegespits op die kulturele aftakeling wat immigrante in Europa veroorsaak. Sy bekendste boek hieroor is: While Europe slept: How radical Islam is destroying the West from within (New York: Doubleday, 2006, 256p; Amazon Kindle $9,31). Hy het dit opgevolg met nog ‘n boek oor dieselfde onderwerp: Surrender: Appeasing Islam, sacrificing freedom (New York: Anchor, 2009, 338p; Amazon Kindle $15,95). Maar ek gaan my aandag bepaal by sy latere boek, The new Quislings: How the international left used the Oslo massacre to silence debate about Islam (New York: Broadside Books, 2012, 109p; Amazon Kindle $7,97).
Bawer beoog om “home truths about Islam and multiculturalism” tuis te bring, bv “that Islam was not all sweetness and light” (Kindle 643). Die “Quislings” in die boektitel verwys na Vidkun Quisling (1887-1945), wat tydens die Duitse besetting van Noorweë die staatshoof was (1940/1942-1945) en na die ontsetting weens verraad tereggestel is; onder meer omdat hy Noorweegse Jode na Duitsland gedeporteer het. “Quislings” het ‘n sinoniem vir heulers en verraaiers geword; ‘n term wat sedert 1990 goedskiks op sommige Afrikaanssprekende blankes toegepas kan word. Bawer gebruik die term Quislinge vir polities linkses wat bv pro-Moslem-immigrasie is en daardeur tradisionele Noorweegse kultuur ondermyn. Jostein Gaarder, die outeur van bv Sophie’s world (1991) en wat sterk pro-Palestynsgesind is, is ‘n Quisling. Gaarder ontken dat hy anti-Joods is, maar hy het geskryf: “To present oneself as God’s chosen people is not just stupid and arrogant, but a crime against humanity. We call it racism … We do not believe in divine promises as a justification for occupation and apartheid” (1006).
Die Oslo-slagting het op 22 Julie 2011 plaasgevind. Die moordenaar is Anders Behring Breivik. Hy het ‘n bom by ‘n regeringsgebou in Oslo laat ontplof wat 8 mense gedood het. Daarna het hy na die eiland Utøya gegaan waar ‘n jeugkamp gehou is. Hier het hy 69 jeugdiges doodgeskiet. Sy motief was om beswaar te maak teen die invloei van immigrante uit die Derde Wêreld. Hy was beswaard oor die regerende Arbeidersparty se skepping van ‘n welsynstaat en sy immigrasiebeleid. Daarom die aanval op die regeringsgebou. “The Oslo bombing was intended to be an execution of the party’s current leaders. The massacre at the camp … was meant to destroy its next generation of leaders” (1156). Slegs sowat ‘n halfdosyn van die jeugdige slagoffers op die eiland was immigrante.
Toe nuus van die slagting bekend geword het, is aanvanklik algemeen vermoed dat Moslem-ekstremiste daarvoor verantwoordelik was. Later het dit geblyk dat ‘n Noorweër die enigste persoon is wat die massamoord gepleeg het. Die aanvanklike vermoede het gelei tot ‘n reuse veldtog om Noorweërs skuldig te laat voel (soos wat van blankes plaaslik verwag word om skuldig oor apartheid te voel). Enersyds was daar ‘n oorreaksie ten bate van immigrante, gestu deur regerings- en mediapropaganda, bv “All Norway is one, united in love” (374). “During the days after the atrocities, the Norwegian TV news showed leading politicians and other prominent figures making pilgrimages to mosques and hugging imams” (483). Andersyds het etniese Noorweërs selfondersoek gedoen en hulle afgevra in hoeverre daar reste van hulle onbeskaafde Vikingvoorgeslagte in hulle oorgebly het. Hierdie tweevoudige reaksie is die tema van Bawer se boek.
Die populêre selfbeeld van Noorweërs is dat hulle goeie mense is, “an inner Lutheran – a stiff-necked, holier-than-thou moralist missionary imbued with an overweening, unconscious condescension toward members of the lesser races, whom they are eager to help ‘save’ in order to revel in their own virtue … I have never seen a country’s elite make more of a spectacle out of its foreign aid and charity efforts” (700). Die propagandaveldtog om die herstel van Noorweërs se tradisionele selfbeeld was so fel dat selfs die regse Vooruitgangsparty (Progress Party), eens die tweede grootste politieke party in Noorweë, oor sy weersin in immigrasie teruggekrabbel het. Al wat dit hierdie party in die sak gebring het, is verminderde steun by die kiesers.
Die outeur vestig die aandag op die Noorweegse regering se geskiedenis van slegte behandeling van Jode en sy openlike ondersteuning van terrorisme. Bawer verwys bv na die toekenning in die hoofstad Oslo van “Nobel Peace Prizes to murderers” (694); sommige van hierdie pryswenners word hoog in Suid-Afrika geag. Breivik is pro-Israel-gesind (419) wat gekontrasteer kan word met “many Scandinavian leftists’ pathological anti-Semistism and loathing of Israel” (425). Die Oslo-slagting het as onwenslike gevolg dat geregverdigde kritiek op Islam gesmoor word omdat Breivik met die Vooruitgangsparty en die afkeuring van politieke korrektheid geassosieer word.
In sy manifes noem Breivik dat Europa met massamoord van sy polities linksgesindes, bv kulturele marxiste wat multikulturalisme voorstaan, gered moet word. Volgens Breivik gaan dit vir hom om die oorlewing van Westerse beskawing. Hy is ‘n beweging bestaande uit ‘n enkele mens. Breivik haal Andrew Jackson (1767-1845, Amerikaanse president 1829-1837) soos volg aan: “One man with courage makes a majority” (156). Die Amerikaanse digter Robert Frost (1874-1963) het gesê: “Don’t ever take a fence down until you know why it was put up” (162). Hier kan ‘n mens aan die beskerming van landsgrense teen die invloei van bv ongewenste immigrante dink en ook aan die redes vir kultuurgebaseerde rasse-segregasie.
Bawer verwys na die “censorship of European media”, wat (soos in Suid-Afrika) dikwels die vorm van polities korrekte selfsensuur aanneem: “The media are at pains to avoid identifying evildoers as Muslims”(388). In Suid-Afrika word misdadigers nie as bv swartes of as (onwettige) immigrante in die massamedia geïdentifiseer nie omdat dit glo rasse- en vreemdelingehaat sou aanblaas. “Some immigration-related issues are not open to debate in Sweden”* (182). In Noorweë word linkse koerante deur die regering gesubsidieer (550). Die Oslo-slagting is gedebatteer teen die agtergrond van die “Danish author Lars Hedegaard’s grim prediction of Europe’s future” (184). Hedegaard het dit veral teen Islamisering terwyl Breivik ook oor militante feminisme beswaard is. “He recalls ‘mandatory knitting and sewing courses’ in primary school, the goal of which, in his view, was ‘to feminise European boys'” (220). Peder Jensen “thought feminism had been the ruin of Norway, destroying the once proud Viking nation’s willingness to stand up for itself” (1589). Breivik se standpunt kan soos volg opgesom word: “I did everything I could to stop and reverse the European cultural and demographic genocide and end and reverse the Islamisation of Europe” (258).
[* Swede is nie werklik dié toonbeeld van vryheid en verligtheid nie. “Homeschooling is now illegal in Sweden” (Julian Langness, bron hier onder, Kindle 853). Sweedse skoolkinders word op hierdie manier gedwing om met immigrante te meng. Daarteenoor neem tuisonderwys in party Amerikaanse state amper dieselfde afmetings as staatsonderwys aan, juis omdat Amerikaanse ouers die vryheid gegun word om hulle kinders uit rasgeïntegreerde skole te hou. “The overwhelming number of … immigrants has created a large housing crisis in Sweden, and in 2015 some members of the Swedish political establishment even suggested seizing summer homes from Swedish citizens to be used as housing for these asylum seekers, as well as taking old churches and reconstituting them for the same purpose. In modern Sweden, multiculturalism has become the veritable state religion, and any public speech or information that deviates from this narrative is considered dangerous and unacceptable” (853).]
Toe Bawer in 1998 in Amsterdam gewoon het, het dit hom opgeval “that the children of immigrants were more hostile to their surroundings that their parents had been” (270); dus die teenoorgestelde van assimilasie. Dit kontrasteer met die aanvanklike situasie toe “our new countrymen” geloof is want hulle “enriched Europe” met hulle kultuur en selfs met hulle blote teenwoordigheid (624). “In the months before July 22 [2011], the leaders of Western Europe’s three largest countries, Angela Merkel [Germany], Nicolas Sarkozy [France], and David Cameron [Britain], pronounced the failure of multiculturalism” (649; ook 994, 1785). In 2001 het die Noorweegse kulturele antropoloog Unni Wikan die blaam vir die kolossale toename in verkragtings in Noorweë, meesal deur nie-Westese mans teen etniese Noorweegse vroue gepleeg, op die slagoffers se uitlokkende kleredrag geplaas (283). Hierdie vroue kan glo interkulturele harmonie bevorder deur hulle kleredrag te verander (289). Daar was ‘n inisiatief van “Norways Anti-Racist Center … In order to overcome intercultural friction, non-Muslims should meet their Muslim neighbors over a cup of tea” (718).
In die praktyk is Quislinge “Eurabia propagandists”, dus mense wat ten gunste van die Islamisering van Europa is (1416). “Today’s Quislings insist that ‘fighting words’ are dangerous, that criticism of Islam is ‘hate speech'” (1217). Dit is soortgelyk aan die oproepe van ons plaaslike Maxiste dat ons nie iets ter behoud van Afrikaans en blankes se belange moet doen nie, dat ons gedwee agteroor moet sit, ons bekke moet hou en moet luister wat swartes te sê het en bowenal sonder beswaar moet afstaan wat hulle ook al begeer. Oor die beskuldiging van “racist Islamophobia” stel Bawer ‘n belangrike punt: “Hostility to Islam is not racism because Islam is not a race – it is a religion, one whose ideology, in a free country, should be subject to legitimate examination and criticism, which is what had finally begun to happen in Norway in recent years” (1342).
Die joernalis Roger Cohen, “a British-born Jew of South African extraction” (1329), is ‘n Quisling wat Israel veroordeel en Islamisering goedpraat. Maar daar is al hoe meer Europiërs wat tot die besef gekom het van “the duplicity of political leaders who have imposed upon them, without ever asking their permission, a mass immigration into their countries that has radically altered their lives and seriously imperiled their futures” (1354). “Cohen’s article was a fine example of how PC [Political Correctness] works: not through fair argument with respect for the truth, but through moral intimidation, the demonizing of one’s opponents, and the characterization of their opinions as dangerous” (1367).
Julian Langness
Soos Bawer is Julian Langness ‘n Amerikaner. Hy het ru in die Rotsgebergte grootgeword en daar geleer om sy man te staan en indien nodig te baklei: “The area I grew up in was a blue collar logging community high in the Rocky Mountains” (bron hier onder, Kindle 734). Dit lyk asof hy egte Vikingbloed het. Hy het Noorse voorouers en het daarom die behoefte gehad om tydens sy besoeke aan Europa ook Noorweë te verken. Sy voorouers het in Halden in die suid-ooste van Noorweë by die grens met Swede gewoon. Die Swede is destyds deur die Noorweërs as invallers en stropers ervaar. Langness het ‘n boek oor sy wedervarings gepubliseer: Fistfights with Muslims in Europe: One man’s journey through modernity (Mead: ES Linden Co, 2016, 95p ; Amazon Kindle $1,13). “My tribe is that of Europe” (1232). “The longing for tribe and heritage is one of the most innate drives that we as humans possess” (73).
Op universiteit in Amerika “over and over I would hear the refrain that America and Europe were racist lands, whose histories were of nothing more than oppression and patriarchy and violence” (395). Die wit dosente “were devoting their lives to teaching about the evils of their ancestors” (402). “History is thus one long story of the downtrodden and powerless taking back what should rightfully be theirs” (1068). Nelson Mandela was in dieselfde tradisie: Suid-Afrika is die swartes se land en daarom is dit reg dat hulle dit vir hulleself toe-eien. Langness se opmerkings oor die Amerikaanse universiteitswese is soortgelyk aan wat Bruce Bawer in sy 2012-boek (1ste paragraaf hier bo) geskryf het.
Die gevoel teen Amerika is baie sterk in Europa. Vandaar “the advice that those from the US should claim to be Canadian when travelling in Europe” (614). Europa se probleme met immigrante uit die Derde Wêreld het in die 1960’s begin toe sogenaamde gasarbeiders toegelaat is om die mannekragtekort, wat deur die baie gesneuweldes van die Tweede Wêreldoorlog veroorsaak is, te verlig. Hierdie gaste het permanente inwoners geword en mettertyd ook hulle uitgebreide gesinne/families in Wes-Europa hervestig. Daarna is hulle getalle in ruime mate met asielsoekers uit die Derde Wêreld aangevul. In hierdie proses het Duitsland bv baie Turke en Frankryk baie Algeriërs as burgers gekry.
Daar is ook die verskynsel van “the Graying of Europe” (833) waarvolgens die getal bejaardes vermeerder sonder dat hulle getalle met genoeg blanke kinders aangevul word. “The prime solution given by European analysts and politicians is the need for increased immigration, in order to provide an increased number of working-age citizens” (840). “This argument is based on the assumption that all these immigrants will quickly become fully-functioning, productive members of society … this is overwhelmingly not the case however” (847). Die probleem is dus nie net die groot getal immigrante nie. Dit is ook dat baie van hulle parasities op die welsynstelsels teer. Langness verwys na “large populations of immigrants displaying a combination of very high birthrates and very low labor participation rates” (528).
Die linkses “ascribe only economic motivations to the Islamists, when in reality what they are fighting for has nothing to do with economics” (454), want dit gaan om religie, die Islamisering van Europa, dus “to restore the caliphate”. Histories is dit gedoen deur “to either kill or convert” nie-Moslems (491). Eintlik gaan dit om baie meer as religie. “Islam is far more than merely a religion, encompassing also an entire social code and legal system. These rules govern even the most mundane tasks related to personal hygiene, diet, sexual intercourse, the justice system, personal finance, and economics. The codification of these laws and specific rules for everyday life, from the ‘Sharia’ to ‘Dhimmitude’* (the second-class legal status afforded to Christians and Jews in Muslim-majority countries) are what allowed Islam to expand so rapidly during its bursts and starts of conquest over the last fourteen hundred years. Indeed, Islam’s great power is rooted in this ability to expand and subjugate. The very term ‘Islam’ comes from the Arabic word for ‘submission'”** (499).
[* Die tweedeklas-burgerskap van blankes in die nuwe Suid-Afrika kan ook “dhimmitude” genoem word, maar dit is ras- pleks van religiegebaseerd, wat dit ‘n erger vergryp behoort te maak.
** Die titel van Michel Houellebecq se jongste roman is Submission (New York: Farrar, Straus and Giroux, 2015, 257p; Amazon Kindle $13,67). In ‘n vroeëre roman, Platform (2001), het hy hom so krities oor Islam uitgelaat dat hy onsuksesvol van die opstoking van haat aangekla is. Die titel van Bruce Bawer se 2009-boek, Surrender (1ste paragraaf hier bo), is eintlik ook maar ‘n sinoniem vir “submission”.]
Moslems “do not support or acknowledge our Western political nation-state system as legitimate.” Wat hulle begeer, is “to destroy the system and replace it with theocratic rule” (513). Op sy beurt beteken dit die drastiese agteruitgang van Europa, want Moslems beskou 7de eeuse Arabië as die volmaakte samelewing (475). Dit is waarom lande waarin Islam oorheersend is wêreldwyd neig om agterlik te wees. Maar dit is sulke immigrante wat volgens oorverligtes in Europa verwelkom moet word. Volgens oorverligtes is daar ‘n manier waarvolgens die verdrinking van immigrante in die Middelandse See voorkom kan word: “These crossings must be made easier. They articulate that the problem is that it is too hard for asylum seekers to cross into Europe, and that only through helping them to do so more effectively can tragedies such as these drownings be stopped … The idea that the European nations’ liberal immigration policies – and their willingness to give government services to any migrants who can make it to their shores – create the problem of the drownings, is a concept never heard spoken” (868).
“No immigrant could commit a crime, no matter how heinous, without the Europeans jumping over themselves to take the blame. They spoke of European racism, of the history of colonialism, of socio-economic disparities, and of their failures to help immigrants make as much money as native Europeans … The Europeans seemed to have developed a collective ‘battered-wife syndrome’, in which any attack on them was considered legitimate, and where any problem caused them to immediately proclaim their guilt … what was most noticeable was the Europeans’ – and especially male Europeans’ – fear of standing up for themselves and others” (1000). “Indeed the behavior of European men seemed to indicate a wholesale societal rejection of manhood, and of honor most principally” (1023). Daar moet onderskei word tussen “a ‘good man’ versus being ‘good at being a man'” (1030).
“The European establishment is completely unwilling to look objectively at the question of immigration. They forge policies based on emotion – primarily sympathy and misplaced guilt – instead of rationally examining what is best for both the immigrants willing to risk their lives to come to Europe, and what is best for themselves and the people of their own countries. They are also unwilling to hold these immigrants accountable once they get to Europe, which further exacerbates the problem. Therefore the net result is massive numbers of immigrants, many if not most of whom are not integrated into the society into which they arrive … This destabilizes their host European countries” (876).
Die eerste Europese land wat Langness besoek het, is Nederland*. Tradisioneel roem Hollanders graag op hulle progressiewe, liberale politieke ingesteldheid, hulle “open-mindedness and tolerance” (579). Die vrye beskikbaarheid van prostitusie en dwelms is deel van hierdie opset. Die gewildheid van sport, televisie en videospeletjies dui vir Langness op die middelmatigheid en selftevredenheid wat hy ook elders in Europa aangetref het. Baie van hierdie mense leef in ‘n virtuele wêreld, “an omnipresent distraction from the real world” (656). Selfs die politiek word ‘n vorm van vermaak (686); ook hier by ons, waar parlementsittings met ‘n pryssanger begin. Maar nie net die politiek nie; ook openbare godsdiensbeoefening is al hoe meer ingestel op vermaak. Daar is megakerke met megaskerms, luidsprekers en “a hybrid preacher-comedian”** (693). Evangelical Christianity … has fallen into a pattern of making its services more and more indistinguishable from the outside world – and striving to create Churches that are identical to the secular and commercial spaces around them” (700).
[* Nederland was amptelik een van die mees uitgesproke lande teen apartheid. Dit was ‘n poging om ‘n ander beeld van homself te skep weens skuldgevoelens oor sy koloniale verlede. Multatuli (Eduard Douwes Dekker, 1820-1887) se boek, Max Havelaar (1860) oor Java, asook van sy ander geskrifte is klassieke uitbeeldings van die Nederlandse koloniale verlede.
** “Islam represents an almost diametrically opposed version of religion, one filled both with sacrifice and ritual. The ritual of ‘salat’ is at the very foundation of Islam, as well as a key ingredient of its dramatic success as an organized faith. Five times a day the individual Muslim engages in a ritual dating back 1400 years … Islam embraces its status as a medieval religion that is distinct from the trappings of our modern world. Many would argue that this is exactly why Islam is dangerous, and why its adherents tend towards fanaticism and violence, yet we ignore the attractiveness of Islam for these very same reasons at our peril” (693).]
“In contrast to this pattern of consumption is the act of creation*. Writing, singing, telling stories, building things, growing food and plants, cooking dinner, all are acts of an inventive nature. And many argue that there is a direct correlation between an individual’s level of creation and their sense of fulfillment with life … the act of creation increases our happiness and fulfillment and lessens our angst” (663). Verklaar ledigheid en die gebrek aan inisiatief en kreatiwiteit nie dalk ten minste deels waarom ons plaaslike voorheen benadeeldes, oftewel tans bevoordeeldes, hulle eerder tot vandalisme, oproer en ander vorme van anti-sosiale gedrag wend nie?
[* Jihad is die heilige oorlog wat deur Moslems teen nie-Moslens gevoer word. “The institution of jihad itself is viewed as an act of creation by those waging it. Through jihad the individual Muslim is creating sacrifice to God, creating new Muslims (through conquest), and creating or achieving glory for oneself as an individual Muslim as well as glory for one’s family” (707). Sommige Moslems word selfmoordmartelare, “another example of just how much some are willing to sacrifice for their religion and their God and their culture” (707).]
In Amsterdam is daar baie immigrante uit bv Suriname. In so ‘n immigrantebuurt is Langness met ‘n klip gegooi maar hy het sy aanvallers verwilder. Hierna is hy na Parys en daarna na Wene. Hy het in vuisgevegte met immigrante betrokke geraak en nie altyd die beste daarvan afgekom nie. In Wene was dit ‘n geval van “getting really beaten up” (964). Hy het ‘n afkeer van Europeërs se afsydigheid en onbetrokkenheid wanneer immigrante in die openbaar onreg teen blankes pleeg. Vir hom gaan dit om sy selfrespek te behou (765). In Frankryk is daar “No-go zones” vir blankes. Dit is die woongebiede van veral immigrante en word eufemisties “Sensitive Urban Zones” (363) of “Priority Security Zones” (371) genoem. Langness verwys na die berugte onluste in Parys in 2005. “While the groups of rioters were clearly North Africans and Middle-Easterners, the European media referred to them only as ‘youths’ and did not link the riots with Islam or immigration in any way. French Prime Minister Dominique De Villepin even argued that the term ‘riots’ should not be used” (371).
Toe Langness in Oslo aankom, het hy dit vreemd gevind dat sy gasvrou, ‘n maatskaplike werkster, op ‘n afgesonderde plek in ‘n woud woon. Dáár is minstens 18 woonstelblokke, elk 6 verdiepings hoog, in die Sowjetstyl en besmeer met graffiti. Dit is waar Islamiete en ander immigrante geakkommodeer word. Dit herinner aan hoe lokasies in die ou Suid-Afrika agter die bult of anderkant die spoorlyn weggesteek is. Maar hierdie soort apartheid word deesdae aangetref in ‘n land wat een van die heftigste kritici van die ou Suid-Afrika was. Tydens ‘n besoek aan ‘n klub vind Langness dat net etniese Noorweërs en ander blankes toegelaat word. Hoekom nie ander mense nie? “They are not allowed in … They cause trouble … criminality” (286).
Toe Langness in ‘n bus ry, het hy ‘n immigrant wat na luide, opruiende musiek ter steuring van die insittendes geluister het, terreggewys. Dit is iets wat die polities korrekte Noorweërs nie sou doen nie. ‘n Indiër met ‘n swaar Britse aksent het hom egter gesteun. “I felt bad about the incident, but chalked it up to a culture clash” (153). ‘n Noorweër vertel hom met afgryse van die toename in verkragtings. In die pers word dit nie aan bv Moslems toegeskryf nie, maar aan “youths”* (199). Langness skryf oor “the increasing Muslin-on-European rape epidemic** … But the European media and governments did not seem to grasp the severity of such problems. They were proud of their countries’ burgeoning multiculturalism, and believe any difficulties that existed would disappear once immigrants felt more at home and were on ‘equal footing’ with ‘equal opportunities'” (388). Dit lyk vir my asof dit in ‘n neutedop dieselfde beleid is as wat deesdae aan die Universiteit Stellenbosch (US) toegepas word. Die US-verkragtingskultuur is van die bitter vrugte van transformasie. Pleks van hemel en aarde te verskuif om net so bedenklik soos die nuwe Suid-Afrika te probeer wees, behoort die US sy heil eerder in beter verskansing teen en groter isolasie van die brutaliteit van die hede te soek.
[* Langness haal aan uit Bruce Bawer se 2006-boek: Unni Wikan “has noted that ‘not much was known about the situation of immigrants in Norway’ before 1995 because ‘such knowledge was considered dangerous’. Newspapers ‘were expressly forbidden to mention a person’s ethnic or immigrant background in reports on criminal cases lest a bad image be projected.’ (This in a land that regularly tops the list of nations supposedly having the most press freedom.) If Norwegians were given the facts, it ‘might trigger racist responses’ and ‘our “colorful community” … would suffer'” (861).
** “Sweden is now home to the second highest per capita rape rate in the world, ranking only after Lesotho” (1273)]
By die Noorweërs is daar heelwat sinisme oor die Swede. Nie net omdat Noorweë eers in 1905 onafhanklik van Sweedse heerskappy geword het nie, maar ook omdat Swede in die Tweede Wêreldoorlog ‘n deurroete na Noorweë aan Duitse soldate verskaf het. Langness verwys bv na die volgende oordrewe Sweedse poging tot moderniteit: “Sweden was officially encouraging schools to begin using ‘gender-neutral’ pronouns. Rather than ‘he’ and ‘she’, some schools in Sweden had officially begun using the word ‘hen’ – as in ‘hen said’ instead of ‘he said’ or ‘she said'” (985).
Langness se pessimistiese gevolgtrekking oor Europa is: “A culture that is unwilling to fight for its survival does not deserve to survive” (1346). Dit kan ook op blanke, insluitende Afrikaner-, kultuur van toepassing gemaak word.
Nou die dag gesels ek met ‘n studente van Tukkies. Feitlik al die “kinders” – sy praat nog steeds soos op skool, van “kinders” – in haar klas wil ná hul studies uit Suid-Afrika vort. Hulle sien vir hul geen toekoms hier nie. Die gras is groener aan die ander kant van die draad, ens. Sekerlik word hulle dit ook deur hul ouers wysgemaak, want wat weet ‘n jongmens van 19 of 20 jaar oud ook nou?
Ek het daar en dan verduidelik waarom Suid-Afrika steeds die land van melk en heuning is. In weerwil van ons mensgemaakte (as FW ‘n mens is) probleme, bied ons land steeds die hoogste lewensgehalte ter wêreld.
Kom ons begin by die klimaat en die natuur: ‘n Halfuur se ry uit die stad uit, kan jy iewers in ‘n ongerepte omgewing ontspan, na die voëls luister, gaan stap, fietsry of wat ook al. Heel jaar deur. In ‘n plek soos Kanada is dit 9 maande van die jaar so koud dat jy in jou huis of kantoor vasgekluister is. As jou motor in Kanada op die pad gaan staan, kan dit lewensgevaarlik wees, want jy kan binne enkele ure verkluim. Ons het geen aardbewings, orkane, oorstromings, sneeustortings, vulkane of ander natuurrampe nie. In San Francisco, Kalifornië of Auckland, Nieu-Seeland, loop jy gevaar dat jy in ‘n aardbewing sterf.
‘n Mens moet elke dag eet. In die meeste ander lande is voedsel duur of sleg of albei. Die Franse moet hul vleis met allerlei souse doodgooi, anders kan jy dit nie in jou liggaam kry nie. In Amerika is ‘n hamburger omtrent ‘n gourmet-dis, want die res is oneetbaar. In die meeste supermarkte sien jy geen vars kos nie en as jy dit daar vind, is dit omtrent vyf of tien keer die prys wat jy hier sal betaal.
Jy moet ook aantrek. Een van die voordele van die massas swartes in ons land – miskien die enigste – is dat klere betreklik goedkoop is. As jy oordeelkundig in sekere winkels koop, kan jy eintlik vir ‘n appel en ‘n ei soos ‘n Europese aristokraat aantrek. Vanweë ons klimaat, hoef jy ook nie duur wintersklere en stewels te koop nie. Wat voedsel en kleding betref, leef ons in die paradys.
In die onlangse verlede as ek op die kampus van Tukkies gekom het, het dit my opgeval hoe modieus al die studente aantrek. Laggend en sorgvry sit hulle in die kafees of op die grasperk rond. Wat ‘n idilliese studentelewe. Geen kommer oor verhitting, waar die volgende bord kos vandaan gaan kom of waar hulle uiteindelik werk gaan kry nie. In die meeste Europese lande is die werkloosheidskoers onder jongmense 30% of meer. Vele van hulle studeer jare lank sonder dat hulle ooit kan hoop om ‘n behoorlike werk te kry.
Maar daardie sorgvrye studente wat lyk my almal geld het om mooi aan te trek, in redelik nuwe karretjies rond te rits en R20 of meer vir ‘n capuccino te betaal, is dié wat steen en been oor ons land kla en wil emigreer!
Dit bring my by nog ‘n punt: Hoe goedkoop dit is om in Suid-Afrika te studeer. Goed en wel, in sommmige Europese lande soos Duitsland is universiteitstudie gratis, maar verblyf, kos, vervoer en die res is nie. Vergelyk jy egter ons kampusse met dié in die VSA, is klasgeld in Suid-Afrika gemiddeld tien tot vyftien keer goedkoper by ons. As ek ‘n jong Amerikaner was, het ek in Suid-Afrika kom studeer! Die gemiddelde jong Amerikaner begin sy lewe met studieskuld van honderde duisende dollar, miljoene rande in ons geld. Hy kon ‘n huis daarmee gekoop het of sy eie onderneming begin het, maar nou het hy net ‘n stuk papier en nog geen werk nie. Miljoene der miljoene blanke Amerikaners is ook arm, werkloos of kan net by McDonalds of agter die kasregister by Wal-Mart ‘n laag besoldigde betrekking verkry.
So pas het die ANC R41 miljard gestem om nog beurse en lenings aan studente beskikbaar te stel. Ek sê: terwyl Tukkies, Stellenbosch, die PUK en ander nog redelik goed funksioneer, laat ons jongmense almal gaan studeer en goeie kwalifikasies bekom!
Daar is maatskappye van regoor die wêreld in Suid-Afrika wat geld moet maak. Daarvoor het hulle opgeleide mense nodig. Al stem die ANC nou hoeveel wette om blankes in die werkplek te benadeel, gaan maatskappye iewers die oë toeknyp en mense aanstel wat die werk kan doen. In die Sowjetunie het Stalin mense doodgemaak wat sy vyfjaar- ekonomiese planne oortree het, nogtans het baie hulle nie daaraan gesteur nie. Daar gaan ‘n tyd kom dat regstellende aksie net in die staatsdiens sal geld, want die privaat sektor gaan dit toenemend verwerp.
Dus, my boodskap aan Afrikanerjongmense is: Daar wag ‘n blink toekoms in Suid-Afrika, mits jy hardwerkend of goed gekwalifiseer of albei is.
Maar selfs al kan jy nie sonder meer ‘n werk kry wat jou geval nie: Ons land is een van die maklikstes ter wêreld om ‘n eie onderneming te begin. In Europa is daar veel meer rompslomp en kostes as hier. As jy iemand in diens neem, moet jy benewens sy salaris, nog 60% salarisaftrekkings bytel wat aan verskeie staatsagentskappe verskuldig is. Dis nou nog afgesien van gewone belasting en BTW. Deesdae kan jy in Suid-Afrika binne ‘n maand tot ses weke ‘n maatskappy registreer, ‘n bankrekening open en daar gaan jy! Jy kan uitvoer, invoer, goedere of dienste verkoop, en die ANC beskik nóg oor die mannekrag nóg oor die vermoë om ons werklik almal te kan beheer.
Die meeste entrepreneurs waarvan ek weet, betaal die absolute minimum aan belasting. Hulle het slim rekenmeesters en sorg dat hulle nie groot salarisse uit hul besighede onttrek nie. Met die globale geleenthede wat die internet en aanlynverkope bied, kan enige jongmens binne tien jaar lag-lag ‘n miljoenêr word – in dollar of euro.
Wat die gehalte van ons behuising betref, troon Suid-Afrika kop en skouers bo alle ander lande uit. Jy kan deesdae in ‘n veiligheidsbuurt woon waar jy teen die meeste misdaadgevare beskut word, teen ‘n breukdeel van die prys van ‘n piepklein woonstelletjie in die meeste wêreldstede. In Londen of New York sal jy nie eens ‘n toilet kan koop met die prys van ‘n groot huis in Suid-Afrika nie. Nou onlangs het ‘n vriend sy luukse huis in ‘n Johannesburgse veiligheidsbuurt vir iets meer as R5 miljoen verkoop en Australië toe geëmigreer. In sy eie woorde, het hy nou huisvesting in ‘n “kleinerige, stokou huisie soos in Benoni”. Dis nou in Perth. As jy regtig Benoni toe wil trek, doen dit, maar sonder om jou en jou gesin se werlvaart aan die Australiese droom op te offer.
Afgesien nog van al die materiële voordele wat Suid-Afrika bied: fantastiese voedsel, groente en vrugte, klere, huisvesting, ens., beskik ons Afrikaners oor ‘n kultuur wat met dié van enige Europese staat vergelyk kan word. Ons het ons eie taal, letterkunde, musiek, rolprente, kookkuns, styl, argitektuur, tradisies, geskiedenis, noem maar op. Die meeste “nuwe lande” soos die VSA, Kanada, Australië en Nieu-Seeland droom daarvan. Hulle voel minderwaardig teenoor Europeërs, veral die Britte en die Franse, en doen hul bes om hulle na te aap. Voel ons minderwaardig teenoor Britte? Miskien bestaan daar ‘n paar gedekultureerde Naspersjoernaliste wat so voel, maar die deursnee-Afrikaner is trots op wie en wat hy is. In weerwil van ‘n stortvloed propaganda, asook die ANC se meedoënlose verengelsingsbeleid, eet ons nog steeds boerewors en melktert, praat, skryf en sing Afrikaans, en onderhou die vernaamste aspekte van ons tradisie. Hoe kan ‘n mens so iets kosbaars wat oor eeue tot stand gekom het, verruil vir ‘n ersatz, nagebootste lewe in ‘n ander land? Ek sou kon verstaan indien mense sou wou emigreer na Frankryk, Italië of Oostenryk, selfs Nederland, waar jy elke week opera toe kan gaan of museums kan besoek en sodoende ‘n eeue oue, ryk kultuur kan inadem, maar baie min Afrikaners emigreer soontoe. Die meeste vertrek juis na daardie kultuurarm, oppervlakkige, Engelssprekende lande waar jy maar net nog ‘n stuk papier is wat deur die wind aangewaai kom. Jy is niks beter as ‘n Chinees, ‘n Indiër, ‘n Somaliër, ‘n Nigeriër of armoedige Oos-Europeër wat op soek na ‘n beter lewensgehalte na die VSA, Kanada of Australië emigreer nie.
Die enigste verskil vir die Afrikaner-emigrant is egter: Hy aanvaar ‘n verlaging in lewenstandaard en -gehalte! Hy gee iets kosbaars prys vir die illusie van “veiligheid en welvaart”.
Daarmee wil ek nie sê dat Suid-Afrika nie groot probleme het nie. Maar dis probleme wat ons goed verstaan en wat sekere “leiers” doelbewus geskep het. Die oomblik wat ons begin om hulle regtig aan te pak, sal hulle soos mis voor die son verdwyn. Ons word egter verlam deur die Naspersmedia, die ANC se propaganda, die soeke na kitsoplossings (soos emigrasie), sonder dat ons doelgerig en planmatig optree. Aan ‘n groep mense, en veral ‘n volk, wat optree, is daar geen keer nie. Toe Afrikaners dit in die dertiger- veertigerjare van die vorige eeu begin doen het, het ons die land verower. In die vroeë sewentigerjare het Ken Owen van die Sunday Times gevrees dat Engels in Suid-Afrika sou uitsterf want dit word nêrens in die staatsdiens of die parlement gebruik nie. Van daar af het ons tot hier geval waar ons tans so dikwels aan onsself en aan hierdie mooi land wat ons voorouers opgebou het, begin twyfel.
Europa sit met ‘n Moslemprobleem, en gepaardgaande bomme in hul stede. Amerika en Kanada se blanke getalle neem skerp af en binnekort gaan hulle dieselfde soort regering hê as ons in Suid-Afrika, met dié verskil dat hulle doeltreffend verdruk gaan word. Die ANC is te hopeloos om ons doeltreffend te verdruk. Daarom word daar bloot misdadigers of “vryheidsvegters” ingestuur om ons lukraak te vermoor, te verkrag of te beroof. Dis egter ‘n baie primitiewe vorm van verdrukking wat gou-gou opgelos kan word deur tegnologie en beter veiligheidstelsels. Byvoorbeeld bestaan daar reeds stelsels waarmee jy vir ‘n paar rand enigiemand se misdaadrekord aanlyn met behulp van sy ID-nommer kan opkyk. As niemand meer misdadigers in diens neem of naby ons toelaat nie, sal hulle naderhand moet terugkeer na die tuislande toe. Of Zimbabwe toe emigreer.
Swart demografie in ons land het ook myns insiens gestabiliseer, veral weens die Vigsprobleem. Voorheen het die swart bevolking in ons land elke twintig jaar verdubbel, maar tans sukkel dit om verby veertig mijoen te kom. Weliswaar stroom daar steeds onwettige immigrante oor ons grense, maar die plaaslike swartes maak hulle dood en diskrimineer teen hulle. As ek ‘n Nigeriër was, het ek eerder Kanada toe as Suid-Afrika toe gegaan.
As ons genoeg werk vir ons eie mense kan skep, kan ons selfs weer Europese immigrante – daardie werklose jongmense – hierheen lok en sodoende ‘n beter demografiese balans in die land tussen blank en nie-blank skep, soos dit in die sestigerjare was.
Ons moenie dié land prysgee nie. Hy is geologies stabiel, strategies uitstekend geleë, met hope sonskyn, natuurskoon, goeie infrastruktuur en steeds met ‘n skatkis van minerale onder die grond.
Zuma en ‘n paar Zoeloes, of Malema en enkele Pedi’s, kan ons mos nie so bang maak dat ons stert-tussen-die-bene elders heen wil vlug nie? As ons voorouers by Vegkop en Bloedrivier ewe skrikkerig was, was ons mos nie vandag hier nie? En die ou liberale Engelse in Johannesburg en Kaapstad wat aanmekaar “rassisme” skree… is hulle nie eintlik skadeloos nie? Hul polities korrekte gesanik neem vir my so ‘n histeriese huiltoon aan, soos hulpkrete. As enigiemand deur swart geweld verdryf gaan word, gaan dit juis die liberale element wees wat gedink het “demokrasie” gaan vrede en voorspoed bring, maar nou uitvind dat dinge in Afrika glad nie so eenvoudig is nie. Weet dat die wanorde, stakings en betogings wat plek-plek losbars, ons hinder, maar ons vyande nog meer. Mens kan amper praat van: hulle kry hul verdiende loon.
Selfs Telkom begin plek-plek optiese vesel beskikbaar stel. (Ongelukkig het die swernote ons voorstad oorgeslaan, maar nogtans kan ek 40 Megagrepe per sekonde kry, as ek sou wou.) Een van die dae het ons dieselfde internetspoed as enigiemand in Stockholm of München, om en by 100 Megagrepe per sekonde. ‘n Meenthuis in ‘n Suid-Afrikaanse veiligheidsbuurt, met ‘n hoëspoedverbinding. Wat meer het jy nodig? Kom ons bóú daardie meenthuise, met Afrikaanse name, veiligheid, optiese vesel en al! Dalk iewers in die Suid-Kaap. Dis baie mooi en Afrikaans daar, en ‘n bietjie weg van die Afrosentriese gedrang in die groot stede.
Dus, kom ons klou vas aan wat ons het. Die gras aan die oorkant is nie groener nie, inteendeel.
Mev. Margaret Thatcher het mos gesê (vry vertaal): “Enigeen wat dink dat die ANC Suid-Afrika kan regeer, bly in ‘n malhuis.” Ongelukkig het FW die Griek (lees hier onder) nie dieselfde siening gehad het nie en het hy die land op ‘n skinkbord aan ‘n klomp kranksinnige terroriste en misdadigers oorhandig, die sogenaamde “kamerade”. Een of ander Engelsman – ek meen dit was RW Johnson – het mos ‘n boek geskryf met die titel Comrades in business. (Helaas, nee, dit was Heribert Adam en Frederik van Zyl Slabbert, die eerste synde ‘n Duitse Engelsman met ‘n Indiërvrou en die tweede ‘n ontslape Afrikaanse Engelsman met ‘n Engelse vrou. Dis egter nie belangrik nie.)
Oor die afgelope ruk veral word die leuenagtige hoofstroommedia in ons land oorheers deur die Gupta-petalje, met die nuus wat vanoggend rugbaar geword het dat hulle inderdaad “landuit” is. Die Guptas verteenwoordig egter net ‘n enkele faset van die malhuis wat ons land onder ANC-“regering” geword het. Mense blameer Zuma, maar dit was ten minste ewe erg onder Mandela en Mbeki. Die belastingbetaler betaal nog steeds aan die miljarde dollar – nie rand nie – wat aan die wapentransaksie bestee is. Daaroor word min gesê want De Klerk en sy korrupte Broederbond-NP-bende het sáám met die ANC geskep toe die vliegtuie en duikbote aangekoop is. Vliegtuie en duikbote wat volgens mediaberigte tans hetsy in die loodse sonder opgeleide vlieëniers of grondpersoneel staan, hetsy vir herstelwerk onbepaald in droogdokke die tyd verwyl.
Wat ons tot dusver gesien het, is egter maar net ‘n voorsmakie van wat nog kom. Iemand kan gerus ‘n satiriese roman skryf, iets in die trant van: Die 120 dae van Julius Malema. Want die kanse dat Malema president gaan word, raak by die dag groter. Waarom sê ek so?
Die inploffing van alle Afrikanermag en -invloed onder die NP-Broederbond-kruipers het ‘n magsvakuum in die land geskep. Joe Slovo, sy kommunistiese bende en hul Mandela-marionet wat kastig namens “die swart massas” praat, het in die magsvakuum ingestap en sedertdien regeer die ANC en sy SAKP-vennoot skynbaar permanent. Die ongekende mediaveldtog teen Zuma rig egter wel skade aan die ANC aan. Wie gaan hulle vervang? Geen van die ander opposisiepartye beskik oor genoegsame steun en organisasie om die ANC werklik te kan troef nie. Maar dalk kan die ANC net-net die verkiesing in 2019 verloor. Gestel die ANC kry 49% van die stemme en daar ontstaan ‘n politieke krisis, iets wat vele Europese lande soos België of Italië al in die onlangse verlede oorgekom het? Onderhandelings om ‘n koalisie tussen die ANC en een van die kleiner partye saam te stel, kan maande lank duur terwyl die land verder en verder in chaos en onsekerheid verval.
Ons weet dat van die belangrikste regeringsveranderings in die geskiedenis met slegs ‘n minderheid steun by die stembus plaasgevind het. Dink maar aan die Bolsjewiste in Rusland in 1917 of aan Adolf Hitler se NSDAP in 1933. In Afrika is die voorbeelde van staatsgrepe en oornames legio. Natuurlik kan die ANC eenvoudig ‘n Mugabe trek en die stemme kook, maar dalk is hulle te dom daarvoor of hou die buitelandse veiligheidsdienste hulle te veel dop en stel enige pogings om die stemme te manipuleer aan die kaak.
Dis nou presies hier waar die scenario vir ‘n satiriese toekomsroman inkom. Ons het gesien hoe die DA en die EFF in die onlangse verlede baie goed teen Zuma en die ANC saamgewerk het met die grondwetlike hofsaak oor Nkandla. Hoewel hulle oënskynlik ideologies van mekaar verskil, weet ons dat die politiek dikwels “vreemde bedmaats” skep. Óf die ANC kan met ‘n minderheid in die parlement aanhou regeer, óf ‘n grootse koalisie van al die ander politieke partye kan oorneem. Uiteraard sal Malema en die EFF die sterkste aanspraakmaker wees, synde die enigste ander party met beduidende swart steun. Malema word president en Mmusi Maimane sy adjunk. Dalk word Pieter Mulder van die VF Plus dié keer ‘n volle minister van landbou en nie net ‘n adjunk nie. As Buthelezi nog leef, sal hy ook ‘n pos kry, tesame met Lekota en al die ander randfigure.
“Die media” sal oor hul oorwinning oor die Zuma-ANC juig. “Demokrasie” sal soos laas in 1994 ten hemele aangeprys word. Malema in sy rooi oorpak sal breed glimlag. Dalk sal hy weer duur Italiaanse pakke klere begin dra as hy met groot fanfare as president by die Uniegebou ingesweer word. Die twee oorblywende Gripens wat nog vlieg, sal ‘n verbyvlug waarneem, met bystand agter die skerms van ‘n paar Swede wat vir die geleentheid ontbied is.
Maar dan sal die ware revolusie begin. Binne die eerste maand sal die EFF sy weergawe van “grondhervorming” van stapel stuur – met die volle steun van die huidige party waarvoor Afrikaners stem, die DA. Daar sal grondbesettings op die Zimbabwe-manier plaasvind. Blanke boere en hul gesinne sal eenvoudig met geweld van plase verwyder word.
Naspers-Media24, die Business Day, en elke TV-kanaal sal dít alles met oorgawe steun, soos hulle jare lank reeds doen. Terloops, die huidige redaktrise van die Business Day, Hillary Joffe, was in haar jong dae by Wits ‘n marxistiese revolusionêr en sal daarom heimelik Malema se grondhervormingsbeleid steun. Marx du Preez se rubrieke sal op die voorblaaie van Beeld en Die Burger verskyn waarin boere en “regses” gepaai word om “niks ontwettigs” te doen om die ontplooiing van Malema se “groot transformasie” te probeer stuit nie.
In die handelskamers van die buitelandse banke sal ‘n minder gebreinspoelde siening egter posvat. Die woord “onstabiliteit” sal op Reuter en Bloomberg gefluister word. Binne die eerste paar weke van ‘n Malema-bewind sal die rand vanaf R15 per dollar tot R30 halveer. Gevolglik verdubbel voedsel- en brandstofpryse. Soos wat landbouproduksie tot stilstand knars, skiet voedselpryse verder die hoogte in.
In maand twee van Malema se “regering” vind die eerste voedselonluste in die groot stede plaas: supermarkte in Johannesburg, Pretoria, Kaapstad en Durban word geplunder. Eendag stap 200 000 swartmense vanaf Alexandra via die nuwe voetgangerbrug oor die M1 na Sandton City en plunder die hele winkelsentrum leeg. Gesette swart vroue wuif vrolik skoene, rokke en langbroeke wat die etikette van duur Europese handelsmerke vertoon. Die beelde word regoor die wêreld uitgesaai en viraal op die internet versprei. Die rand kry nog ‘n knou en die tienjaarstaatseffek raak-raak aan die 40% opbrengs. Dog selfs teen dié voordelige rentekoers is daar weinig kopers, want die maandelikse inflasie staan reeds op ‘n paar honderd persent.
Aan die einde van dieselfde maand kan die staat nie sy amptenare betaal nie. Of liewer: dalk kan hy nog salarisse betaal, maar teen die nuwe pryse beteken die salarisse nie veel nie. Die twee miljoen staatsamptenare, waaronder die polisie, brandweer, hospitale en ander nooddienste, begin staak.
Vanuit sy kantoor in die presidensie begin die jonge Julius, wat deesdae oor ‘n BA-graad van UNISA – helaas sonder enige ekonomie of finansies – beskik, na sondebokke soek om te blameer vir sy pragtige revolusie wat begin skeefloop. Die “boere”, met klein of hoofletter, Afrikaners en “wittes” word natuurlik soos gewoonlik verkwalik vir spekulasie met voedsel, valuta, brandstof, en dies meer. Streng prysbeheer oor basiese middele word ingestel. Malema se rooihempiebrigade, wat intussen een en almal in die SA Nasionale Weermag “geïntegreer” is, word met outomatiese wapens op straat ontplooi. Hulle word ook in Amerikaanse dollar betaal. Hulle dra egter steeds rooi barette om hul lojaliteit aan die Sterkman in Pretoria duidelik te maak.
By hierdie punt breek enkele vergeldingsaksies onder Afrikaners uit. Roelf Meyer word deur “onbekende regses” in sy huis doodgeskiet. FW de Klerk en sy vrou vlug dadelik landuit, Griekeland toe. Op die Afrikaanse webwerwe word daar opnuut met “FW die Griek” gespot, terwyl vele die feit bekla dat hy nie dieselfde lot as Roelf Meyer te beurt geval het nie. Media24 bestee miljarde van die nuwe waardelose rande aan privaatveiligheidsdienste om hul joernaliste teen “regses” te beskerm. Soos altyd, meen dié mediagroep dat Afrikaners ‘n groter bedreiging vir die vrede as president Malema en sy afro-marxistiese beleid inhou.
In maand drie van die Groot Transformasie probeer almal net oorleef, te midde van chaos, rooftogte en geweld. Die meeste Afrikaners in Gauteng vlug na ‘n enklawe in Pretoria waar ‘n aantal buurtwagte ‘n groot deel van die voorstede afgesper het en streng toegangsbeheer handhaaf. Op die platteland word sekere plase beveilig. Van die swart plaasbesetters word verjaag en noodvoorrade voedsel word gekweek, wat aan die stedelike enklawes gelewer word.
Die land verkeer op die rand van burgeroorlog, want in Zoeloeland het die Zuma-sibbe intussen ‘n eie weermag versamel en beheer oor Durban en sy hawe geneem. Hulle sny die brandstofpyplyn na Gauteng af en enige tenkvragmotors wat Van Reenenspas wil oorsteek, moet astronomiese tolgeld in harde geldeenhede betaal. Met dollars en euro’s kan die Zumas wapens en ammunisie bekostig wat sommer in hul eie hawe in Durban per skip afgelewer word. Aan die Rand is die meeste pompe reeds leeg en brandstof slegs op die swartmark verkrygbaar. By die Uniegebou vergader president Malema en sy generaals om planne te maak ten einde die Zoeloe-bedreiging die hoof te bied…
Wie sal dié storie vertel? Dalk ‘n regse Sweedse blondine wat in die land is om navorsing te doen vir haar boek oor hoe haar land die ANC aan bewind gestel het en wat met die Gripens aangaan. Moontlik raak sy halfpad verlief op ‘n jong Afrikanerrebel in die Noord-Transvaal wat met sy handjie vol manne en ‘n paar jaggewere hul pad van Louis Trichardt af oopveg om enkele vragmotors met voedsel aan die voorstede in Pretoria te lewer waar die honger begin knaag.
Tot 1970 was Swede ‘n blanke land. Die Swede het nie werklik mense van ‘n ander etnisiteit geken nie. Die Lappe/Sami in die noorde was/is nie ‘n opvallende deel van die samelewing nie. Die Swede het nie grondige ervaring gehad van mense met ‘n ander etnisiteit as hulle eie nie. Hulle het sonder meer aangeneem dat diskriminasie teen swart mense dwaas moet wees, want velkleur kon tog nie rasseskeiding (bv segregasie, apartheid) regverdig nie. Die Swede het nie besef dat verskil in etnisiteit, wat soms in velkleur geopenbaar word, kon dui op groot andersheid nie, bv in ontwikkeling, leefwyse, kultuur, gewoontes en waardes. Die Sweedse regering en Sweedse kerkgenootskappe en humanitêre organisasies het met oorgawe morele en finansiële steun aan swartes se terreurveldtogte teen blankes in Suidelike Afrika verleen.
Skuldgevoelens het ook ‘n rol gespeel. Soos in die Eerste Wêreldoorlog het Swede in die Tweede Wêreldoorlog amptelik neutraal gebly, maar hom eintlik aan die kant van Duitsland geskaar. Die Duitse wapenbedryf is bv van yster voorsien en Duitse troepe is toegelaat om vryelik oor Sweedse grondgebied te beweeg. Die Duitsers het groot skade in buurlande aangerig. Swede het ook niks gedoen om Finland teen Russiese aggressie te beskerm nie. Die Sweedse infrastruktuur het onbeskadig uit die oorlog getree. Die nywerhede het groot voordeel uit die na-oorlogse heropbou van Duitsland en ander Europese lande getrek.
Daar is ‘n groot mate van kulturele verwantskap tussen die Swede en Duitsers, bv Lutherse protestantisme. Anders as in Duitsland is daar in Swede dekades na die Tweede Wêreldoorlog voortgegaan met eugenetiese navorsing en eksperimente in ‘n poging om die gehalte van die Sweedse bevolking te verbeter. Verpligte sterilisasie is eers in 1976 gestaak (Michael Booth, The almost nearly perfect people, London: Jonathan Cape, 2014, Amazon Kindle 5239; kyk Praag 25.04.2015). Namate die openbare mening dit tot skande gemaak het om met Nazi-Duitsland geassosieer te word, het die Sweedse regering doelbewus al hoe meer die teenoorgestelde beleid probeer volg. Dit het as spoorslag gedien vir oordrewe steun aan swart terreurbendes in Suidelike Afrika.
Teen 1970 het Swede begin om grootskaalse emigrasie uit die Derde Wêreld toe te laat. Aanvanklik het die ander Skandinawiese lande ook sulke immigrante verwelkom. ‘n Drastiese toename in misdaad en die ontstaan van groot krotbuurte het Noorweë en veral Denemarke mettertyd tot besinning laat kom. Die inwoners het al hoe meer besef dat die tradisionele aard van hulle samelewing, dus hulle kultuur, deur hierdie immigrante bedreig en die gehalte van hulle lewenswyse verlaag word. Swede het langer en op groter skaal met immigrant-instroming volhard en betaal deesdae dus ‘n groter ekonomiese en maatskaplike prys. Daniel Friberg (bron hier onder) noem die drie prominentste Sweedse krotbuurte: Rosengard (Malmö), Rinkeby (Stockholm) en Hammarkullen (Gothenburg) (Kindle 1395). Anders as Duitsland het sowel Denemarke as Swede verlede jaar geweier om nog immigrante in te neem. Die Duitse regering se houding kan myns insiens aan voortgesette skuldgevoelens oor die Tweede Wêreldoorlog toegeskryf word. Volgens Michael Booth het die ervaring wat die tradisionele inwoners van al hierdie lande met nie-wit immigrante gehad het tot die opkoms van konserwatiewe, nasionalistiese, regse politieke partye gelei; iets wat onmiddellik na die Tweede Wêreldoorlog taboe was. Oor die impak van immigrasie op Europa lees bv Arthur Kemp se boek, Nova Europa: European survival strategy in a darkening world (Ostara Publications, 2013, 90p; kyk Praag 4.04.2015).
Daniel Friberg
Dit is teen hierdie agtergrond dat Daniel Friberg se boek, The real right returns: A handbook for the true opposition (London: Arktos, 2015, 138p; Amazon Kindle $5,69), interessante leesstof bied. Die outeur is die uitvoerende hoof van ‘n Sweedse mynmaatskappy. In die gees van die European New Right (ENR) is hy ook een van die stigters van Arktos Media, “the world leader among traditionalist and Rightist publishing houses” (Kindle 322), asook van die metapolitieke webwerf Motpol, gestig in 2006. Daar is ‘n Metapedia-artikel oor die Motpol-dinkskrum op die internet beskikbaar. Friberg noem Motpol ‘n “fully-fledged online cultural magazine” (312). Sy genoemde boek is in Sweeds gepubliseer en spoedig in Duits, Engels en Nederlands vertaal. Al vier weergawes is as Kindle-publikasies beskikbaar.
Friberg het Michael O’Meara se verdienstelike boek, New culture, new right: Anti-liberalism in post-modern Europe (London: Arktos, 2004, 292p; Amazon Kindle $11,39) in Sweeds vertaal. Daarin word bv die destruktiewe invloed van die marxistiese Frankfurt-skool op Europa belig: “A Europe that gave free reign to a permanent revolution against tradition, hierarchy, and the structures and values which allowed European civilisation to flourish in the first place” (Friberg 349). Wat ‘n hernude Europa dringend moet doen, is “regain control of her destiny” (354).
In die voorwoord skryf ‘n Motpol-redakteur, Joakim Andersen: “Swedes and Europeans exist … they have a history … justified claims and interests and … a culture which is their own” (145). Hierdie waarhede geld ook Afrikaners, maar dit is ontstellend dat die stand van Swede en ander Europeërs die afgelope dekades so drasties versleg het dat sulke vanselfsprekendhede opgehaal moet word. Dit herinner aan die Italiaanse filosoof Julius Evola (1898-1947) se uitdrukking: “men among the ruins” (344). Wat Friberg beoog, is “building something new out of the solid stones we have found amongst the ruins” (354). In die nuwe Suid-Afrika behoort Afrikaners dieselfde te doen.
Friberg skryf vanuit die tradisie van die ENR, wat met Alain de Benoist (gebore in 1943) en die Research Group for the Study of European Civilisation (GRECE), gestig in 1968, ‘n aanvang geneem het. Die eerste gesaghebbende studie wat hieroor gepubliseer is, is Tomislav Sunic se boek, Against democracy and equality: The European New Right (London: Arktos, 1990, 3rd edition 2011, 196p; Amazon Kindle $10,25; kyk Praag 23.02.2014). Soos by die ENR gaan dit vir Friberg nie by uitstek om partypolitiek nie maar om metapolitiek, wat sy oorsprong by Antonio Gramsci (1891-1937) gehad het.
By drie geleenthede definieer of verduidelik Friberg die term metapolitiek:
“Metapolitics can be defined as the process of disseminating and anchoring a particular set of cultural ideas, attitudes, and values in a society, which eventually leads to deeper political change” (209).
“Metapolitics, simply put, is about affecting and shaping people’s thoughts, worldviews, and the very concepts which they use to make sense of and define the world around them” (447).
“Metapolitics is about spreading ideas, attitudes, and values in a society, with the longterm goal of effecting a deeper political change. The term refers to a method of influencing public opinion which does not need to be bound up within a particular party or programme. Metapolitics is an important complement to ordinary political activity, but does not replace it” (1241).
“No one can topple a political apparatus without beforehand establishing control over the cultural determinants upon which the political authority fundamentally rests” (437). “A spiritual or cultural revolution was thus seen as a necessary prerequisite for political revolution. Conquering political power is only the last step in a long process, a process which begins with metapolitics” (442). Praag beoefen klaarblyklik metapolitiek.
Wat baie duidelik is, is dat Friberg se ENR-gesindheid en dié van al hoe meer van sy mede-Swede spruit uit die immigrantevloed, dus die verskynsel van multikulturaliteit, wat die land getref en (onherkenbaar) verander het. Hy beskou die Republikeine in die VSA en die Konserwatiewes in Brittanje nie as egte regses nie (253). Sy ideaal is “to (re)create a genuine Right” (258), “a right which looks toward her own interests” (285), of soos Michael Polignano dit stel: Taking our own side (Counter-Currents Publishing, 206p, 2011; Amazon Kindle $6,83).
Friberg vestig sy hoop op die opkoms van die Sweedse Demokratiese Party (290). “As many, including Oswald Spengler [1880-1936, Decline of the West, 1918], have pointed out, it is always a dedicated minority who change the course of history” (333). Saam met die ander ENR-partye kan die Sweedse Demokratiese Party ‘n Europese renaissance moontlik maak (463). Hierdie partye sou nooit lewensvatbaar geword het as hulle van die steun van die hoofstroom-inligtingsmedia afhanklik was nie. Die internet het hulle opbloei moontlik gemaak, want dit “better reflects the reality that many people actually experience than the established media does” (595).
“Our culture has gradually decayed, moving towards a materialist, hedonist consumer culture” (380). “The youth of today have lost every ounce of historical memory and identity, thus losing their faith in the future as well as any overarching perspective. Because of this, they live in the here-and-now, in a constant pursuit of immediate sensual gratification” (370). Let op hoe goed formuleer Friberg die volgende waarheid, wat ook op Suid-Afrika van toepassing is: “In times when the business of politics is usually conducted by the opportunistic and third-rate, the need for long-term and principled thought is more pronounced than ever before” (470).
In Suid-Afrika word ons opgevorder om nie Afrikaners te wees nie, maar Suid-Afrikaners, Afrikane en wêreldburgers. Daarteenoor skryf Friberg: “A politician who is motivated by some obscure notion that his or her primary loyalty should be to some abstract ‘humanity’ or ‘world’, rather than the actual people being governed, can never be tolerated as a ruler, or even as a legitimate democratic representative” (531). Wêreldtaal en -burgerskap is zombiïsmes wat mense soos Wim de Villiers blykbaar begeer. “Strict cosmopolitanism views all intermediaries which distinguish individuals or groups from a posited general humanity as unethical or false, and is thus hostile to nationality, ethnicity, and religious particularism. The goal of the cosmopolitan becomes, either explicitly or implicitly, the World State, and thus of the concept of World Citizenship, as against a national, regional, ethnic, or religious identity” (1014). In “universalism … humanity is represented as a homogeneous whole, one extended family [bv die ANC se (swart) “broers en susters”] in which terms such as ‘people’ and ‘identity’ lose their relevance” (1378). Die doel is “the unification of all peoples. It claims that this will bring peace and prosperity to all” (1384).
Ons moet deesdae alewig oproepe aanhoor van handevat, nasiebou en aanpas by die wense van die meerderheid. Daarteenoor stel Friberg: “An authentic identity is founded on language, culture, identity, ethnicity, and social reality [in ons geval die brutaliteit van die nuwe Suid-Afrika] – not on opinions, sexual orientation, or media-induced impulses and artificial needs” (481). Wat nodig is, is “ethnic self-assertion” (902). Friberg wil die mate van kulturele eenheid herstel wat die Europa van weleer gekenmerk het; dus ‘n soort “meta-ethnic identity” (952). Europa word gesien as “the continent … cut in half by the Soviet Union and the United States” (487; ook 880). “A unified, independent Europe is necessary” (492). Hy pleit: “Normalise European society and restore a traditional order” (751; ook 838). Hy is optimisties: “Western civilisation can still be saved … Political activism is both meaningful and necessary” (1432). Teenoor die Franse Rewolusie (1789) se vryheid, gelykheid en broederskap (868) stel hy orde, geregtigheid en nasionale samehorigheid (874).
‘n Groot deel van die boek word in beslag geneem deur ‘n metapolitiese woordeboek waarin tersaaklike terme verduidelik word. Byvoorbeeld: “Cultural nationalism is a word which is used to distinguish Swedish nationalists who advocate for assimilation or integration of immigrant groups, from nationalists who advocate for repatriation or segregation of non-assimilable immigrant groups” (1086). Sweedse politieke denke het die afgelope dekades klaarblyklik groot veranderings ondergaan, oftewel vordering in realisme gemaak.
Kulturele marxisme word verduidelik met verwysing na kritiese teorie en die Frankfurt-skool. Die neiging “to pathologise opinions and life patterns which are not in accordance with its own political ends is characteristic of Cultural Marxism” (1071). Hoeveel keer moes ons nie al van bevrydingsteoloë soos Desmond Tutu en Nico Koopman aanhoor dat blankes siek is en heling nodig het nie? Hulle gee uitdrukking aan marxistiese leerstellings; heel moontlik sonder dat hulle daarvan bewus is. “In societies with a primarily European population, the Cultural Marxist always sees die majority population as privileged and oppressive … regardless of whether any discernible oppression is actually taking place” (1076).
Onmiddellik hierna volg hierdie passasie, wat ‘n gees adem wat enkele dekades gelede seker in geen Sweedse teks aangetref sou word nie: “Conversely, this is not seen as pertaining to South Africa, where the European minority is subject to massive judicial and institutional discrimination, quite apart from being beaten and murdered at an alarming rate. White minorities are never seen as oppressed groups by Cultural Marxists” (1082).
“An ethnocracy is a society where most of the power in a state or territory is primarily held by a specific ethnic group” (1120). Dit is teleurstellend dat Friberg hier die tradisionele Sweedse mening verkondig deur “apartheid-era South Africa” as ‘n voorbeeld van ‘n etnokrasie te noem. Die nuwe Suid-Afrika is ‘n aktueler, uiterste en beter voorbeeld van ‘n etnokrasie omdat nie net “most of the power” nie maar oorweldigend eintlik alle politieke mag katastrofaal en grootliks onverdiend in die skoot van ‘n enkele etniese groep, die swartes, beland het.
Friberg skryf vanuit die Amerikaanse en Sweedse perspektief waar blankes tans nog die meerderheid is: “Any shortcomings on the part of ethnic minorities are habitually blamed on European peoples” (1131). ‘n Mensereg wat min prominensie geniet, is die reg om anders as die meerderheid te wees; dus “the right to difference” (1098), bv: “The right of all peoples, including the European peoples, to retain their own distinctive culture, as opposed to dissolving into a larger ‘melting pot'” (1339); ‘n verwysing na die populêr-liberalistiese Amerikaanse versugting van algehele vermenging/assimilasie. Die “mass immigration of other ethnicities” wat op Swede afgekom het, het ‘n enkele doel of gevolg: “to decimate or exterminate the target ethnicity [the whites] as a group” (1345).
Die ontwaking van realistiese politiek, soos die opkoms van die Sweedse Demokratiese Party, het egter te laat gekom om die ondergang van die blanke politieke bewind in Suid-Afrika te voorkom. Dít is ‘n groter tragedie as wat algemeen (maar tog darem toenemend) besef word. Die Sweedse voorbeeld bevestig egter wat Robert Conquest (1917-2015) gesê het: “Everyone is right-wing in the matters he knows about” (Roger Scruton, How to be a conservative, London: Bloomsbury, 2014, 208p; Amazon Kindle $9,11; 104).
Vatso Rooinek, vatso gulsige verdelger van volkere, vatso lafhartige kryger wat in blokhuise skuil en op oormag staatmaak, vatso afbrander van plase en aanhitser van barbare, vatso verkragter van vroue en moordenaar van kinders en vatso arrogante, smalende, leuenagtige, selfverheerlikende, onregverdige en selfmisleide Kakieparasiet.
Engelsman, vatso! Sean Else het ʼn fliek gemaak, Modder en bloed, en daarmee vir jou ʼn vet Boerenool uitgepak. Nog nooit in ʼn Afrikaanse fliek, eintlik Boerefliek, is die Engelsman so driftig, deurlopend en driftig sleggesê nie. Dit kon nie met ʼn beter nasie gebeur het nie.
Heldhaftigheid word in die Westerse mitologie hoofsaaklik in drie militêre gevallestudies belig en gevier: Leonidas en sy “300” Spartane by Thermopylae, die Jode wat die Romeine vergeefs by Masada weerstaan het en Jim Bowie, Davey Crockett en die ander Texane in die Alamo se verset teen die Meksikaanse leër van Santa Ana. Dit sê veel van Westerse propaganda dat die Boere se oorlog teen Brittanje nie met oorgawe en verwondering van mond tot oor, televisiestel tot oog, in skole en universiteite gehuldig word nie. Die Slag van Thermopylae was binne sewe dae gewonne, die Amerikaners het vir 13 dae in die Alamo uitgehou en selfs die Joodse weerstand het na ʼn jaar verkrummel.
Maar in Suid-Afrika, van 1899-1902 het twee ylbevolkte republieke met skaars ʼn beroepsoldaat tussen hulle, die magtigste moondheid van die tyd tot vuisvoosheid op die slagveld gekarnuffel. Selde het ʼn land met soveel voordele die krygsarena betree as Brittanje in 1899. Skatryk met ʼn weermag wat vir honderde jare gebrei is, weliglik toegerus met die beste en vernietigendste krygstuig, beskikkende oor ʼn haas onuitputbare bron soldate, perde en voorrade. Teen hulle was opgetrek ʼn tiende – en uiteindelik ʼn twintigste – van hulle mannekrag met ernstige tekorte aan wapens, ammunisie en voorrade en geen moontlikhede om nog in te voer nie. Die Britte se arrogante voorspelling was, soos almal van ons weet, dat hulle sou “tuiswees teen Krismis”. Hulle het net nagelaat om aan te dui watter Kersfees. Want vir twee en ʼn halwe jaar het hierdie Boere elke hou gevat wat die Britse leër kon plant, die stryd dikwels sonder kos, perde of ammunisie voortgesit, en die Engelse leër genadeloos uitoorlê en gekasty.
Die Spartane het by Thermopylae verloor, die Jode het by Masada (moontlik) selfmoord gepleeg en die Texane is by die Alamo uitgewis. Maar die Boere het uiteindelik tog geseëvier.
Daar is eenvoudig nie in die wêreldgeskiedenis ʼn meer kordate, heldhaftige, eerbare, lydsame stryd wat so lank deur so min met so weinig teen soveel met so baie gevoer is nie. (Die enigste moontlike uitsondering is die Duitse Derde Ryk wat tot die spreekwoordelike laaste druppel kinder- en oumensbloed uitgehou het teen dosyne lande met ʼn oorweldigende industriële krygsvermoë.)
Dis eintlik net die Engelse en die geestelike afstammelinge van Hensoppers en Joiners wat glo dat Brittanje die oorlog gewen het. Die Boere het hulle land vir ʼn kort rukkie verloor. Brittanje het sy Empaaier vir ewig verloor.
Die Boere se stryd teen die Engelse was die seëviering van nasionalisme teenoor meedoënlose imperialisme.
Nasionalisme? Nou ja, sien, dit is juis die element wat maak dat skrywers en filmmakers gedweë die hele onderwerp van Boereheldhaftigheid in die oorlog met groot omsigtigheid omsluip. Die hagiografiese juigkore moet aanhou histeries sing om die kollektiewe Suid-Afrikaanse ongemak met Boerenasionalisme te verdoesel. Want ongeag die gepronk van ons teenstanders, of die verguising en beskuldigings wat ons in die media moet verduur, of die magsvertoon deur die onbeholpe regering, hier is wat almal in hulle kern onthou en weet: Daar is geen manhaftiger, meer onstuitbare maatskaplike mag in Suid-Afrika as ʼn Boer met ʼn ontwaakte nasionalistiese instink nie.
Daarom dat skrywers, selfs Afrikaanse skrywers (PG du Plessis, Christoffel Coetzee) en Afrikaanse filmmakers (Piet de Jager, Deon Opperman) hulle aanbiedings van die Vryheidsoorloë katvoet balanseer met verslae en gerugte van Boerelafhartigheid, -verraad, -wreedheid en –nyd. Boereheldhaftigheid word in werke gekwarantyn as hipernasionalistiese fabels terwyl dit hulle vertrekpunt was dat die Hensopper of Joiner die mees getroue aftekening van die Boerekarakter is. Balans is hulle heiligste stelling, maar dit word ʼn selfgerigte parodie en is naderhand balans nie meer nie, maar eerder gedienstige propaganda teen die volk, ter wille van die aggressor.
By Sean Else, egter, is daar nie so ʼn kniehalterende soeke na balans nie, maar eerder na waarheid. En in die waarheid oor Vryheidsoorlog Twee is daar geen balans beskikbaar of nodig nie. Die Boere was reg, die Engelse verkeerd. Die Boer se stryd was edel; die Brit se stryd was oneervol. Wanneer Else dan die Engelse ʼn nool wys, is dit nie net aangaande die slag wat hulle in die oorlog toegedien is nie, maar ook daarvoor dat hy dié eenvoudige waarheid mag vertoon en dit sal doen, onbeskaamd en uitbundig, duidelik en by herhaling, met trots en oortuiging.
Hierdie is onapologeties ʼn fliek oor witmense. Daar is geen stoere swarte wat ʼn gewigtige toespraak gegun word om te verduidelik dat hulle net so erg soos die Boere gely het nie; geen kostelike kleurling vol pittige wyshede nie; geen hulpvaardige Indiër nie. En dít in ʼn fliek wat gedeeltelik deur die departement van handel en nywerheid, Kyknet en die Dagbreek Trust befonds is! Ons jong meneer Else, wil dit blyk, weet hoe om dinge gedoen te kry…
Die blote vervaardiging en bestaan van Modder en bloed is metafories van die Vryheidsoorlog self. Die Engelse propagandamediummasjien is so oorweldigend, so allesomvattend, so aansprakerig dat ʼn klein Afrikaanse fliek nie ʼn kans gegun sal word om dit teen te staan nie. Maar daar is dit dan nou. Modder en bloed is klein ja, ooglopend met ʼn begroting gemaak waarvoor ʼn internasionale fliek se assistenthaarkapper nie uit die bed sou opstaan nie.
As resensent word dit van my verwag dat ek na die tegniese aspekte en gehalte van die rolprent sal kyk. Ontspan. Dit is ʼn goeie fliek, goed vervaardig en opgevoer, met uitstekende rolvertolkings en die beste Afrikaanse draaiboek sedert Chris Barnard se Die storie van Klara Viljee, in elk geval wat die allerbelangrikste element van strukturering betref. Ja, ek kan kibbel oor kleiner voetfoute: Die klein begroting steur soms. Daar is nooit meer as ʼn halfdosyn Britse soldate bymekaar nie, selfs in die gevegstonele. Die storielyn is stroopsoet uit stapelwerk van Hollywood gelig met Sylvester Stallone se Escape to victory (gevangenes speel sokker teen Duitse wagte,) Burt Reynolds se The mean machine (gevangenes speel voetbal teen die bewaarders) en Aamir Kahn se Lagaan (Indiese plattelanders verslaan die Engelse leër se krieketspan). Daar is ʼn paar spatsels geyktheid en ʼn welige aanwending van standaardkarakters wat wissel van die astrante Ier tot die konvensionele onderwyser wat met sy onwrikbaarheid verbaas. En, as daar ʼn beswaar teen die draaiboek is, gaan dit oor die uitgerekte eerste bedryf wat te laat oorskakel na die uitbreidende tweede bedryf.
Goed. Daar is dit dan nou. Modder en bloed is tegnies nie volmaak nie. Maar man, is dit ʼn lekker fliek! Sean Else die skrywer en Sean Else die regisseur is saliglik onbelemmerd deur enige polities korrekte ongemak. Sy uitbeelding van Britse wreedheid knip nie oog nie. Dis onversag en onverskonend.
In hierdie rolprent het ons te doen met Willem Morkel, ʼn Kaapse rebel wie se lewe deur die Engelse vergruis word toe hy eers sy vrou aan die dood in ʼn konsentrasiekamp afstaan, toe sy babaseuntjie verloor en uiteindelik self gevange geneem en na St Helena verban word. Daar word hy en sy makkers blootgestel aan die afgryslike venyn van die eiland se militêre bevelvoerder, kolonel Swannel. Morkel en sy medegevangenes word deur omstandighede – en sy skerp impulsiwiteit – gedwing om hulleself voor te berei vir ʼn rugbywedstryd teen die bewaarders se spogspan. Die lewe van ʼn dapper jong seun berus op die uitslag.
Die verloop van die voorbereiding en die wedstryd is heel voorspelbaar, maar soms is voorspelbaarheid ook goed, want so kry die kyker dubbele waarde: Eers vir sy afwagting en dan in die realisering daarvan. Ek glo ek gee niks weg as ek sê dat die Engelse ordentlik verniel en vertrap word nie.
Dit is ʼn plesier om vir Sean Else aan die werk te sien. Hy is ʼn Vryheidsoorlogentoesias en hy plant ewe plesierig visuele opmerkings en ander verwysings daaroor in die rolprent. Dank Vader, vir eens is selfs die wapentuig periodereg, al bestaan dit net uit ʼn paar Mauser K98-roere, ʼn Lee Enfield of twee en ʼn paar Webley-rewolwers. Morkel is natuurlik ʼn legendariese Afrikanerrugbynaam en daar is selfs ʼn Gideon Scheepers, en hoewel die regte een nie sy einde in St. Helena tegemoet gegaan het nie, is sy verskyning ʼn herinnering aan die verraad van die Engelse en die opofferings van die Boerevegters.
Else is ʼn geskiedenistradisionalis, maar hy beskik oor die visuele taal van die moderne filmmaker. Die enkele gevegstonele is knap gehanteer en laat die kyker vasgenael en selfs verbyster oor die hoofkarakter se roekeloosheid. Die koeël wat vlees tref se klapgeluid is ewe Saving Private Ryan, so ʼn fluitsuisdoef!-klank, en al is Morkel se onverwagte berede stormloop duidelik geleen uit David Lean se Lawrence of Arabia, is dit suksesvol in die onverwagsheid en intimiderende energie daarvan. In pas met moderne televisieverhaalvertelling, gee hy ongekende gewig aan ondergeskikte rolle en huiwer hy nie om gunstelingkarakters vroeg reeds te laat sneuwel nie.
Die kinematografie is meesleurend; gemaklik in halfduister of skellig. Die musiek is vol somber atmosfere wat met instrumentale triomfgesange afgewissel word.
Sean Else was wys genoeg, en moet gewild genoeg wees, om hom met uitmuntende toneelspeltalent te omring. Die hoofrol van Willem Morkel is toevertrou aan Stian Bam, ʼn akteur met ʼn werklike teenwoordigheid. Hy vertoon lank en imponerend, maar daar is ʼn opregtheid en ʼn meelewendheid in hom wat sy selfvernietigingslus suksesvol temper.
Grant Swanby se kolonel Swannel, Morkel se nemesis, is sekuur, oortuigend en kragtig. Else vind geen element ter versagting in hom nie, en daar is ook niks in Swanby se vertolking te sien nie. Swannel is die nootvaste verteenwoordiger van die Britse Ryk: Arrogant, oneerlik, wreed, genadeloos, lafhartig, agterbaks en haatdraend. In swart-en-wit terme is hy pikswart. Selfs die optrede van Jason Isaacs se kil wreedaard in Mel Gibson se The Patriot is verduidelik en selfs effens verskoon deur sy herkoms en ongelukkige oorvalling. Daar is geen sulke ligstrepies in Swannel nie.
Die res van die akteurs sit nie ʼn voet verkeerd neer nie.
Uiteindelik word die rugbywedstryd in die rolprent ʼn metafoor van die Tweede Vryheidsoorlog. Aanvanklik speel die Boere die spel soos hulle dit by die Engelse geleer het, maar omdat hulle nie so goed voorberei het of toegerus is nie, kan hulle net verloor. Dis eers wanneer hulle rugby op hulle eie manier begin speel, wat hulle die Engelse radeloos laat. Net soos die Boere in die Oorlog, wat van oorlog ʼn volksvernuf gemaak en toe die Engelse verrinneweer het.
Sean Else het gewys dat ons mense ʼn fliek kan maak en in die fliek wat hy gemaak het, het hy gewys dat ons mense oorlog kon maak en, indien nodig, dit sekerlik weer sal maak.
Na die vertoning van Modder en bloed in die teater waar ek dit gesien het, was daar ʼn waarderende handegeklap. Dit is seldsaam in ʼn flieksaal. Dit was nie vir my nodig om te besluit of ek daaraan sou deelneem of nie.
Ek was die eerste om hande te klap.
Modder en Bloed is geskryf deur Sean Else en hy is ook die regisseur. Die fliek is vervaardig deur Llewelynn Greeff, Henk Pretorius en Sean Else.
Die film is op 1 April 2016 plaaslik vrygestel en word deur Ster-Kinekor Entertainment versprei.
Op 1 Maart is David Coltart se boek, The struggle continues: 50 years of tyranny in Zimbabwe (Auckland Park: Jacana, 2016, 647p, R380; Amazon Kindle $20,51) gepubliseer. Ek was verbaas om so ‘n lywige boek oor Rhodesië/Zimbabwe, gepubliseer deur ‘n plaaslike uitgewery, in die boekwinkel te sien. Ek onthou dat Ian Smith (1919-2007, Rhodesiese eerste minister 1965-1979) geen hoofstroom- of Suider-Afrika-uitgewer vir sy outobiografie (The great betrayal: The memoirs of Ian Douglas Smith, London: John Blake Publishing, 1997, 418p; 2de uitgawe in 2001: Bitter harvest: The great betrayal) kon vind nie, al het hy daarin geskryf: “We have in Nelson Mandela a leader with the maturity, wisdom, compassion and courage that derives from great experience” (p 412). Dít was by Smith ‘n voorbeeld van (soos Rhodesiërs graag sê) “leaning too far blackwards”. Uiteindelik het dit niks gehelp nie. In 2012 het die Mugabe-bewind op sy plaas beslag gelê.
Hoekom sou Jacana hierdie boek gepubliseer het? Coltart is ‘n regsgeleerde wat lank ‘n Zimbabwiese parlementslid en selfs ‘n minister in Robert Mugabe se kabinet was. Maar in bv Suid-Afrika is hy minder bekend as Ian Smith. Ek dink politieke korrektheid was dié faktor wat die besluit ten gunste van publikasie deurslaggewend beïnvloed het. Coltart het met verloop van tyd baie van sy aanvanklike gesonde politieke beginsels versaak en aangepas by die brutale werklikheid van Mugabe se swart meerderheidsregering. “I have changed from a teenager who thought that Ian Smith was a hero into an adult who believes his policies were both disastrous and morally wrong” (Kindle 177).
Die halfeeu van tirannie waarna in die boek se newetitel verwys word (1965-2015), begin met Smith se eensydige onafhanklikheidsverklaring. Soos toe die blanke bewind in Suid-Afrika op ‘n einde gekom het, het “die wêreld” grootliks belangstelling in Zimbabwe verloor toe Mugabe se swart bewind in 1980 die politieke mag oorgeneem het. Nuus oor wat in daardie land gebeur, het sedertdien skaars geword. Daarom is dit insiggewend as Coltart se eerstehandse waarnemings krities gelees word.
Coltart is in 1957 in Gwelo gebore met ‘n Skotse pa en ‘n Suid-Afrikaanse ma. In sy ouerhuis was die politieke klimaat links-liberalisties, wat skeptisisme, selfs vryandigheid, teenoor die Smith-bewind ingesluit het. Maar sy ouers se politieke oortuigings was nie bodemloos pro-swart nie. Toe Mugabe in 1980 die staatshoof geword het, het hulle hulle spoedig in Suid-Afrika hervestig.
Coltart het egter in Rhodesië opgegroei, daar skoolgegaan en ook ‘n tyd lank in die veiligheidsmag (polisie) gedien. In sy jeug was hy polities meer konserwatief as sy ouers, onder meer omdat hy eerstehandse ondervinding van die dade van die terreurbendes gehad het. Hy het egter met die goedkeuring van sy ouers spoedig sy militêre plig teenoor sy geboorteland versaak en aan die Universiteit Kaapstad regte studeer. In Suid-Afrika het hy hom van die begin af by anti-apartheidselemente geskaar deur bv gratis regshulp aan swartes te verleen. Dit het as voorbereiding gedien vir sy toenemende politieke verligtheid nadat hy sy regsloopbaan in Bulawayo begin het.
Die boek volg dieselfde patroon as die van sommige ander skrywers. Byvoorbeeld, as RW Johnson, Anthea Jeffery, Peter Godwin of Leopold Scholtz die swartes kritiseer, doen hulle dit eers nadat hulle hulle bona fides probeer bewys het deur apartheid so sleg moontlik te sê. Coltart doen dieselfde. Hy vrek omtrent van politieke korrektheid. Wanneer hy uit ou geskrifte aanhaal, laat hy die hele woord (wat met ‘n k begin) weg sodat baie lesers moontlik nie eens sal weet watter woord gesensor word en waarom nie (256).
‘n Britse spotprent uit 1964 waarin Ian Smith en HF Verwoerd voorgestel word.
Hy het die grootste moontlike waardering vir die ANC se Waarheids- en Versoeningskommissie en voel sterk daaroor dat Zimbabwe ook die gewaande voordele van so iets moet beleef. By Engelssprekende Rhodesiërs, soos Coltart en Godwin, is daar, ten spyte van hulle gewaande verligtheid, die bedenklike neiging om hulle kultureel beter en moreel hoër as Afrikaanssprekende Rhodesiërs – en natuurlik ook Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners (as apartheidsapologete) – te ag.
‘n Ander kwaal waaraan Coltart ly en wat dikwels by regsgeleerdes aangetref word, is dat meer oor regskwessies uitgewei word as wat gewone lesers graag verduur. Soos die ANC-bewind in Suid-Afrika is die Mugabe-regering voortdurend in regsgedinge betrokke, wat baie belastinggeld tap. Die koms van ondoeltreffende en korrupte swart regerings in Suidelike Afrika het vir die regsberoep finansieel ‘n bloeityd ingelui. In regsgeledere word hierdie wantoestand uit eiebelang nooit gekritiseer nie, al is dit sekerlik in die openbare belang dat sulke buitensporige duur aktiwiteite besnoei word. Dieselfde kan gesê word van die nuwe Suid-Afrika se onnodige aanvulling van die Appèlhof met die Grondwethof.
In die ou Suid-Afrika was daar ‘n oormaat van kritiek op die regstelsel. Deesdae is daar veel meer rede vir kritiek (bv gebrekkige skeiding van die politieke en regsbedeling, dus ANC-gedienstigheid, en aanstellings en bevorderings op grond van ras en geslag, wat ‘n laer bekwaamheidsvlak tot gevolg het) maar dit gebeur selde dat kritiek hierop in die openbaar uitgespreek word. In Zimbabwe is die regspleging selfs in groter mate sy onafhanklikheid van die politiek kwyt. Die Grondwethof se uitspraak oor Nkandla op 31 Maart sal nie in Mugabe se Zimbabwe gebeur nie.
Soos in die nuwe Suid-Afrika reis Zimbabwiese kabinetslede baie graag in die buiteland. Coltart het hieraan meegedoen, al weet hy die staatskas is leeg. As minister van onderwys het hy donasies vir skole by Westerse lande gewerf. Toe hy sy ministerskantoor betrek, het die gebou nie watertoevoer of werkende hysers gehad nie. Hy moes hierdie sake self regstel omdat sy swart voorganger en sy personeel versuim het om dit te doen, of gewoon nie die vermoë het om so iets te doen nie. Wat wel goed funksioneer, is die voorsiening van luukse motors aan ministers. Tot sy eer het Coltart op sy eerste werksdag as minister geweier om ‘n nuwe, luukse Mercedes-Benz as ampsmotor in ontvangs te neem. Later het hy ‘n Nissan gekry wat meer geskik was vir die besoeke wat hy in onherbergsame gebiede by skole afgelê het.
As ‘n mens ten spyte van katastrofiese politieke veranderings in jou geboorteland aanbly, kan dit positief vertolk word. Die probleem is dan om te besluit in watter opsigte en in hoeverre jy bereid is om aan te pas; dus te verander. By Coltart neem dit myns insiens oordrewe afmetings aan. Hy skaam hom byvoorbeeld omdat hy in die Smith-bewind se veiligheidsmagte gedien het. Hy het die grootste bewondering vir die Nieu-Seelander Garfield Todd (1908-2002, eerste minister van Suid-Rhodesië, 1953-1958) en sy dogter Judith (gebore in 1943), wat albei fanaties teen die blanke bewind gekant was. Albei het die terroriste aktief gesteun (Peter Godwin, When a crocodile eats the sun, Northlands: Picador, 2006, p 195). Coltart poog om die anti-Mugabe-opposisie te verstrek, maar verdeeldheid en verkiesingsbedrog veroorsaak dat opposisiepolitici eerder in die Mugabe-kabinet opgeneem word as wat daar ‘n grondige bewindsverandering is.
Met sommige Mugabe-kornuite kom Coltart beter klaar as met ander. Sulke pro-Coltart-kamerade word in sy boek beter voorgestel as die anti-Coltart-kamerade. Maar onder dié waaroor net gunstig berig word, is daar diegene wat die allerverskriklikste misdade as terroriste gepleeg het, blanke plase daarna gratis ingepalm het en deur en deur korrup is. Coltart se politieke korrektheid, verligtheid en bereidwilligheid om saam te werk, word myns insiens erg oordryf. Ek volstaan met ‘n enkele voorbeeld.
“My own year ended on a high with a visit to Malawi to celebrate my elder son Douglas’s marriage to a Malawian, Chloë McGrath. One of the thoughts I have tried to instil in my children has been to think of Southern Africa rather than Zimbabwe, because its successful future, I believe, is dependent on its integration. It was pleasing for me to see this principle being put into practice through this SADC [Southern African Development Community – 15 countries] marriage. The wedding itself was a celebration of hope in the future – three of my son’s groomsmen were young black Zimbabweans, a scenario almost unthinkable in my generation because of racial segregation” (10711).
Coltart verpolitiseer hierdie troue. As drie van die strooijonkers swart was, hoeveel was daar altesaam? Dit is duidelik dat die troue op ‘n groot en seker duur skaal gedoen is. Deur te verafrika is daar glo hoop, ook vir die blankes. Dit klink darem asof die bruid wit is. Soos by Coltart se ouers is sy seun se pro-swart ingesteldheid dan seker ook nie bodemloos nie.
Soos in Suid-Afrika was die oorgang van politieke mag in Zimbabwe van wit na swart hoogs skandalig. Ook daar kon dese en gene by enige verkiesingslokaal stem omdat geen kieserslys bestaan het nie. Ook daar het intimidasie hoogty gevier. Blykbaar word daar sonder meer aanvaar dat wat in die ANC se Vryheidsmanifes van 1955 staan evangelie is: “South Africa belongs to all who live in it.” Dit is ‘n kommunistiese idee dat daar nie private besit is nie; dat die staat of bevolking alle grondgebied besit en oor alle eiendomsreg beskik. ‘n Land moet nooit aan al die inwoners behoort nie; sekerlik nie aan diegene wat hulle onwettig in die land gevestig het nie.
Desnieteenstaande kon alle onwettige immigrante en ander misdadigers in sowel Zimbabwe as Suid-Afrika stem toe daar van die blanke bewind ontslae geraak is. Blykbaar is dit net wanneer swartes moontlik benadeel kan word dat daar eties gehandel moet word. In die nuwe Suid-Afrika is dit steeds iedere misdadiger se heilige reg om te stem, terwyl stemreg in beskaafde lande tydelik of permanent van misdadigers ontneem kan word. Eerstens gee ek toe dat die nuwe Suid-Afrika in vergelyking met die ou Suid-Afrika kwalik ‘n beskaafde land genoem kan word. Tweedens gee ek toe dat as alle (oud)misdadigers hulle stemreg ontneem word daar mense in leidende posisies in politieke partye sou wees wat geen stemreg sou hê nie. Maar hoort sulke mense in die politiek? Is dit nie in landsbelang dat vereis word dat politici aan hoë morele standaarde moet voldoen nie? Toon dit nie duidelik dat die grondslag waarop die nuwe Suid-Afrika en Zimbabwe staatkundig funksioneer fundamenteel foutief is nie?
Die punt waarby ek wil uitkom, is dat Coltart geen wesenlike beswaar het teen die manier waarop van die blanke bewind in Zimbabwe ontslae geraak is nie. In Suid-Afrika het FW de Klerk die dwaasheid gepleeg om die veiligheidsmagte (polisie en weermag) voor die 1994-verkiesing grootliks te neutraliseer/ontmagtig. Die gevolg was dat opgeleide terroriste in groot getalle die land binne gestroom het en kiesers geïntimideer het om vir die ANC te stem. Die terroriste het terselfdertyd groot hoeveelhede ammunisie ingesmokkel. As die ANC die verkiesing verloor, sou hy sy terrorisme uit strategies beter posisies kon voortsit.
Anthea Jeffery bied in haar boek, People’s War (Johannesburg: Jonathan Ball, 2009, 634p; Amazon Kindle $11,96), ‘n deeglik nagevorste, gesaghebbende relaas hiervan. Sedert ek hierdie boek gelees het, is dit vir my onmoontlik om respek te hê vir hoogs immorele kamerade wat leidende posisies in die ANC beklee het (soos Nelson Mandela) en ander wat steeds sulke posisies beklee (soos Cyril Ramaphosa). Laasgenoemde het blanke sakelui pas verseker dat die ANC sal sorg dat hulle ingevolge swart ekonomiese bemagtiging deur die regering beroof word totdat die ekonomie oorwegend in swart besit is (Netwerk24, 24 Maart). Dit is die tema van Anthea Jeffery se uitstekende boek, BEE: Helping or hurting? (Kaapstad: Tafelberg, 2014, 507p; Amazon Kindle $12,53).
Die uitgangspunt is dat swartes die reg het om blankes van hulle welvaart te ontneem eerder as om self welvaart te skep. Waarop dit neerkom, is: “The race engineers annihilate what’s left of the economy” (Ciaran Ryan, “How SA slept through the BEE revolution,” Moneyweb Today, 7.12.2015). Alle landbougrond sal na verwagting deur die ANC-regering genasionaliseer word, ter bevoordeling van swartes en ter benadeling van blankes en Suid-Afrika (Anthea Jeffery, “Die kruipende nasionalisering van grond bied nie ‘n antwoord vir armoede nie,” Maroela Media, 9.03.2016; ook BizNews.com, 1.03.2016). In die hoofstroommedia word die feite wat Jeffery in haar navorsing opgediep het egter verswyg, seker omdat dit polities inkorrek ongunstig op die ANC reflekteer. Of is die twee Jeffery-boeke vir sulke joernaliste te dik en moeilik om te lees?
Terug na die oorgang van blanke na swart bewind in Rhodesië en Suid-Afrika. Veel vroeër (in 1980) was die situasie in Rhodesië (‘n terrorisbesmette land) soortgelyk aan dié in 1994 in Suid-Afrika. Die De Klerk-regering het geen verskoning vir hierdie ernstige flater (verkiesing in chaotiese omstandighede, een van sy menige flaters) wat in 1990/1994 begaan is nie. Vir ‘n objektiewer beskrywing as Coltart s’n van Zimbabwe se “eerste demokratiese” verkiesing in 1980 verwys ek na George Selby (1937-2006) se boek, From safari suit to camouflage: The memoirs of George Selby (edited by Lillian van Velden, Partridge Publishing, 2015, 276p; Amazon Kindle $4,55). Die Selbys het hulle kort na die Nasionale Party se verkiesingsoorwinning in 1948 in Rhodesië gevestig omdat hulle op soek was na ‘n opset wat meer Brits was. Maar soos Coltart se ouers het George Selby en sy gesin hulle in 1980 in Suid-Afrika hervestig. Anders as Coltart het George Selby egter die hele duur van die stryd teen terrorisme in aktiewe militêre en veiligheidsdiens meegemaak. Anders as Coltart was Selby glad nie ‘n politieke dier nie.
Tydens die drie dae lange 1980-verkiesing in Februarie 1980 het Selby as polisiereservis diens gedoen om te verseker dat die hoofpad van Beitbrug tot Fort Victoria oop en veilig is. “With an estimated 35 000* insurgents flooding into the country to vote, and to cause trouble if the outcome was not to their liking, the security forces certainly had to be on their toes” (Kindle 4498). “It was amazing just how many blacks had already gathered for the next day’s voting, many of them carrying weapons: RPG-7s, machine guns, and rifles” (4557). [* Ek kon nie inligting oor die getal terroriste in Ian Smith se outobiografie of in Peter Godwin se vier boeke opspoor nie. In Suid-Afrika is die getal terroriste wat voor die 1994-verkiesing die land binnegekom het op 13 000 gestel (Jeffery, People’s War, Kindle 8091, 14416). Kan dit wees dat FW de Klerk voor ‘n veel kleiner getal terroriste as Ian Smith geswig het en daarby in ‘n veel groter mate? In die Zimbabwiese parlement van 100 lede het 20 blankes sewe jaar lank gewaarborgde sitting gehad. De Klerk het glad nie daarin geslaag om iets soortgelyks te beding nie.]
Die terroriste waaroor dit hier gaan, verstaan bv AK47-gewere maar daar moet nie van hulle verwag word om doeltreffend boek te hou van enigiets nie. Oor die getal terroriste is daar dus nie eenstemmigheid nie. ‘n Ander polities korrekte Jacana-publikasie, Janet Cherry se boek, Umkhonto weSizwe (Auckland Park: Jacana, 2011, 156p), kan hieroor geraadpleeg word. Cherry erken: “There is … a bias in the framing of the book, stemming from my own involvement as an ANC and an anti-war activist” (p 12).
“By May 1995, some 15 000 of the 35 000 non-statutory [!] forces members (comprising 28 000 MK and 6 000 APLA soldiers) had reported to assembly points. While they are referred to by some analysts as guerrillas, it should be noted that many thousands had not been formally trained nor engaged in guerrilla operations; they included some of those informally trained inside South Africa, including SDU [Self-Defence Units] members” (127-128). Laasgenoemdes verwys na terroriste wat danksy die toegeeflikheid van FW de Klerk in 1990/1994 in Suid-Afrika as terroriste opgelei is, bv in Bantu Holomisa se Transkei. In haar boek verskaf Jeffery heelwat inligting hieroor. Volgens bostaande statistiek is moontlik net soveel terroriste binne as buite Suid-Afrika opgelei, wat op uiters laakbare versuim van die De Klerk-regering dui.
In 1990/1994 is 15 000 mense in die gewapende stryd gedood (Jeffery 14301), veral omdat dit die ANC se verklaarde beleid was om nie terrorisme te staak terwyl grondwetlike onderhandelinge gevoer word nie. Die doel was om voor die verkiesing die invloed van sowel Inkatha as die blankes te neutraliseer. Hoewel Mandela een van die hoofargitekte van hierdie beleid was, het hy op sy grenseloos immorele manier gelieg: Dit was ‘n “universally recognised fact that the ANC has not killed a single person since the peace process began” (Jeffery 7476). En “die wêreld” het hom geglo, want “die wêreld” wou hom glo. Die getal kamerade wat aanspraak op terrorisstatus gemaak het, het heelwat meer geword nadat die ANC-regering besluit het om hulle met staatstoelaes te vergoed vir niksdoen/ledigheid of vir die dood en verwoesting wat hulle gesaai het.
“By June 1995, nearly 12 000 members of the non-statutory forces members had been integrated into the SANDF [South African National Defence Force]. It was expected that in the end around 14 000 MK members would be integrated into the SANDF. If Motumi’s* estimate that there were no more than 10 000 to 12 000 MK members who received formal training outside South Africa is accurate, then most of this number were absorbed into the new army” (Cherry 128). [* Tsepe Motumi, “Umkhonto we Sizwe: structure, training and force levels (1984-1994)”, African Defence Review, 18, 1994.]
Die 13 000 buitelandsopgeleide terroriste waarna Jeffery verwys, stem dus min of meer ooreen met die tot 12 000 waarvan Motumi gewag maak. Dit is hierdie elemente wat die kern van die weermag van die nuwe Suid-Afrika uitmaak. Cherry erken: “In military terms MK has to be judged one of the least effective armies in modern history” (141). Dit maak De Klerk se algehele politieke magsoorgawe des te meer skandalig. Cherry se erkenning wek noodwendig twyfel oor die gehalte van die nuwe Suid-Afrika se weermag. Sy merk ligweg op dat die terroriste in die weermag geïntegreer is. Wat sy verswyg om te noem, is dat dit ten koste van blankes geskied het, terwyl FW de Klerk voor die 1992-referendum plegtig belowe het dat geen blanke sy werk sou verloor nie.
Die populêre opvatting is blykbaar dat toi-toi sommer maar net ‘n onskuldige uitdrukking van swart kultuur is. Die HAT is nader aan die waarheid deur toi-toi te beskryf as ‘n “militêre dans, veral tydens ‘n optog uitgevoer, waardeur die skare opgesweep (kan) raak.” Toi-toi is histories uitdruklik anti-blank en pro-terrorisme. Hier volg ‘n laaste aanhaling uit Cherry se boek: Toi-toi-danse is “simulation of the military training that MK soldiers underwent, which they had in turn learned from ZIPRA [Joshua Nkomo’s Zimbabwe People’s Revolutionary Army] cadres in Zimbabwe” (67). As die ANC-regering werklik versoening begeer, sou hy toi-toiery verbied.
‘n Lid van die Britse vredesmag het voor die 1980-verkiesing in Rhodesië vir Selby (as lid van die Rhodesiese veiligheidsmag) gevra: “Don’t you think your presence here is provocative? With all these freedom fighters and the local population around here, anything could spark off trouble” (4564). Selby skryf: “Much as I have always liked the British, this one definitely annoyed me intensely, and I thought to myself, You stupid arsehole! This is not even your country. You haven’t risked your life fighting for it” (4564). Daardie aand in die kroeg het ‘n Britse polisieman, wat ook deel van die buitelandse vredesmag was, darem ‘n ander deuntjie gesing: “The Bri’ish guv’ment is be’aving like a bluidy ostrich with its ‘ead stuk up its arse!” (4573).
“As more and more insurgents came out of the bush, so did intimidation and beatings of the locals, who had no choice but to vote for whom they were told. Despite the monitors being aware of the problem, they said they were unable to pinpoint anything specific” (4580). “The three days of polling were full of tension as many heavily armed insurgents loitered around the polling station … Once the elections were over, the ballot boxes were flown to Britain to await the outcome of what many believed was a rigged election” (4617).
In die 1994-verkiesing in Suid-Afrika het dit selfs meer chaoties daaraan toe gegaan. Die finale uitslag, soos beskryf deur Jeffery, is deur die politieke partye onderling beding (13962, 13973). Die uitgebragte stemme het bloot as ‘n riglyn gedien. Die voorsitter van die Onafhanklike Verkiesingskommissie, Johann Kriegler, het gesê: “The election is about national reconciliation, not ballot reconciliation” (13880). Hierdie chaoties verkose parlementslede het die Grondwet goedgekeur waarmee ons steeds moet saamleef. De Klerk vra deesdae gereeld dat ons aan hierdie Grondwet moet vasklou, asof dit sy blywendste bydrae of prestasie is. Leon Wessels skryf egter: In 1996 “flankeer FW openlik met die gedagte om teen die Grondwet te stem” (Vereeniging, Kaapstad: Umuzi, 2010, p 279).
Selby skryf: “The war had been lost, and a sense of betrayal hung heavily in the air. It was ironic to see how many Rhodesians eventually went off to live in the very same countries they felt had betrayed them. Zimbabwe’s loss was to be their gain as talented, innovative, and hardworking people left the country in droves” (4656). “We had fought for a good cause” (4699). Dít is die teenoorgestelde van Coltart se gevolgtrekking. Die titel van Ian Smith se outobiografie verwys ook na die verraad wat daar teen Rhodesië en sy blankes gepleeg is. Dit is ‘n historiese feit dat John Vorster se regering ‘n prominente bestanddeel van daardie verraad is. Ian Smith haal in sy outobiografie een van sy bewonderaars soos volg aan: “There is no dishonour in a lost cause – the shame is with those who betrayed you” (p 327) en ook vir Cicero: “A nation can survive its fools and even the ambitious. But it cannot survive treason from within” (320).
Ek onthou hoe Vorster destyds beweer het dat dieselfde lot (swart meerderheidsregering) nie Suid-Afrika sou tref nie, want Suid-Afrika was glo, anders as Rhodesië, “‘n soewerein, onafhanklike land.” Deesdae is dit die Suid-Afrikaanse swart meerderheidsregering se Onafhanklike Verkiesingskommissie wat keer op keer ‘n Mugabe-verkiesingsoorwinning, teen al die feite in wat op die teenoorgestelde dui, “vry en regverdig” verklaar. Ek volstaan met ‘n enkele voorbeeld van wat in Zimbabwiese verkiesings gebeur: “As the candidates were waiting for the ballot counting to begin, they heard the results being announced on the radio” (Peter Godwin, The fear: The last days of Robert Mugabe, London: Picador 2010, p 214).
Leon van den Heever, die Direkteur vir Studentewerwing van die Universiteit Stellenbosch (US), skryf soos volg in Die Burger (30 Maart, p 10). Ek haal die brief in sy geheel aan.
“Oor Jan Heunis (DB, 28.03) se stelling ‘Die US-bestuur het deur sy werwingspogings en afwykings van sy taalbeleid die US verengels’:
“Die Universiteit Stellenbosch se werwingskantoor het nog nooit wat strategie betref Engelse leerders geteiken om die US te verengels nie. Die US word bemark as ‘n instelling van uitnemendheid aan alle leerders wat kwalifiseer om by ons te studeer. Dáárom kry ons studente wat, al is hulle Engelssprekend, aan die US wil studeer. Dit is nie omdat ons hulle lok sodat ons die US kan verengels nie. Om die werwingspogings van die US en sy bestuur die skuld te gee vir die groter vloei van Engelse studente, is onregverdig en wek die verkeerde indruk.
“Indien ons ‘n instelling van uitnemendheid wil bly, moet ons die beste studente kry om by ons te kom studeer. Dit sluit Engels- en Afrikaanssprekendes in. Ons sal ons só moet posisioneer dat ons aan al hierdie studente ‘n tuiste kan bied.”
Hier het ons (waarskynlik) nog ‘n Afrikaanssprekende blanke wat ampshalwe die situasie aan die US goedpraat, al kan hierdie politiekery glad nie akademies geregverdig word nie. Van den Heever se pos is ‘n sprekende bewys van die allerhande nuwe, duur poste wat aan universiteite geskep word; poste wat heeltemal onbekend aan universiteite van weleer was. ‘n Universiteit met kompromislose akademiese integriteit sal sonder werwingsveldtogte outomaties (dus sonder ‘n werwingsdirekteur en -kantoor) die akademies beste studente en dosente lok. Poste soos die van Van den Heever veroorsaak dat minder geld vir doseer- en navorsingsdoeleindes beskikbaar is, dus vir daardie aktiwiteite waaroor dit by uitstek aan universiteite behoort te gaan. Hou ook in die gedagte dat Van den Heever se brief voor publikasie waarskynlik deur hoër US-gesag, bv die rektor, Wim de Villiers, goedgekeur is.
In die brief word beweer dat die US se werwingskantoor nog nooit Engelse leerders geteiken het om die US te verengels nie. Dit is ‘n doelbewuste maar lomp poging om die waarheid te verdoesel. Die werwingskantoor teiken nie-wit, veral swart, leerders om die onnodige, nie-akademiese maar polities korrekte rasteiken van ‘n minstens 50% nie-wit US teen 2020 te haal. Die US teiken inderdaad nie Engelssprekendes nie maar om nie-akademiese redes nie-wittes wat Engels as onderrigtaal verkies. As gevolg daarvan word die US doelbewus toenemend verengels.
Van den Heever beweer dat tydens werwing die US as ‘n instelling van uitnemendheid bemark word, selfs dat die US ‘n instelling van uitnemendheid wil bly; dus by implikasie dat dit steeds ‘n instelling van uitnemendheid is. Hy bedoel blykbaar akademiese uitnemendheid, maar daar is duidelike tekens dat akademiese uitnemendheid ondergeskik aan politieke uitnemendheid, spesifiek ANC-gedienstigheid, gestel word. Daarom is dit ‘n infame leuen dat die US die beste studente probeer lok. Hoeveel blanke leerders en skole word deur die US se werwingskantoor betrek/geteiken in vergelyking met nie-wit (veral swart) leerders en skole? Van den Heever kan gerus hierdie statistiek openbaar maak. My inligting is dat die werwingskantoor bv ‘n swart leerder in Limpopo gaan werf het met ‘n US-studiebeurs (en wat dan as die leier van Open Stellenbosch ontpop en chaos en verwoesting gesaai het) eerder as om blanke leerders, wat akademies beter is, in ‘n baie goedkoper veldtog in die Wes-Kaap te werf.
Dit is die US se uitgesproke beleid om kandidate op grond van ras en geslag pleks van op suiwer akademiese gronde tot studie toe te laat (kyk bv die toelatingsbeleid vir MBChB-studie). Dit is ook die US se uitgesproke beleid om dosente en navorsers op grond van ras en geslag pleks van op suiwer akademiese gronde aan te stel en te bevorder (kyk die bewoording van advertensie vir poste: voorkeur word gegee aan kandidate uit “die aangewese groepe”, dus nie-wittes en vroue). In hierdie twee opsigte (studente en personeel) word (onnodige, anti-akademiese) ras- en geslagsteikens nagejaag. Dit is heeltemal onversoenbaar met die waan dat die US ‘n akademies uitnemende inrigting is, wil wees of sal bly.
Dit is dus nie, soos Van den Heever beweer, onregverdig om die US die skuld te gee vir die groter invloei van studente wat onderrig in Engels verkies nie. Dít is US-beleid en die werwingskantoor doen hieraan mee. Opvallend is dat die werwingskantoor die US as ‘n instelling van uitnemendheid bemark en nie as ‘n Afrikaanse universiteit nie. Wim de Villiers het immers by verskeie geleenthede beklemtoon dat die US nie ‘n Afrikaanse universiteit is nie. In sigself bevorder dit die afskaling van Afrikaans en die opgradering van Engels tot die primêre US-onderrig en -administratiewe taal; iets waarmee De Villiers hom ondubbelsinnig vereenselwig het.
Die valse indruk word in die brief gewek dat die US-bestuur ewe lief vir Afrikaans en Engels is en albei ewekansig bevorder. Dit is ook ‘n leuen om voor te gee dat gepoog word om alle studente (Afrikaans- en Engelssprekendes, blankes en nie-blankes) tuis op die kampus te laat voel. Wat in die praktyk gebeur, is dat Afrikaanse en blanke simbole (bv standbeelde) en name verwyder en vervang word met polities korrekte pro-ANC name (soos Beyers Naudé, Desmond Tutu en Russel Botman), wat vir baie Afrikaanssprekende blankes aanstootlik is. Daardie studente en personeel wat tradisioneel op die kampus hoort, word doelbewus ontheem pleks van hulle tuis te laat voel. Die preokkupasie van die US-bestuur is om swartes tuis te laat voel. Daarvoor word agteroor gebuig ten koste van die gevoelens van blankes.
Die ideaal wat nagejaag word, is dat die US ‘n integrerende deel van die bv chaotiese, ondoeltreffende en gewelddadige nuwe Suid-Afrika moet wees. Fundamentele vrae kan oor hierdie misplaasde ideaal gevra word. Is dit wys? Is dit akademies sinvol? Waarom word (substandaard) studente gewerf as die akademiese heil van die US veel eerder in ‘n kleiner, kompromisloos akademiese US opgesluit lê? Wat het transformasie vir die US in die sak gebring? ‘n Kampus waarop miljoene rande se skade aangerig is. ‘n Kampus waarop onderrig dikwels ontwrig word, terwyl onderrig die wesenstaak van ‘n universiteit is. ‘n Kampus wat ten duurste beveilig word en steeds nie veilig is nie; waar akademiese werk bedags nie ongesteurd plaasvind nie en saans (anders as voorheen) glad nie na wense kan funksioneer nie. Verkragtings beleef ‘n bloeityd terwyl so iets aan die US van weleer onbekend was. Objektiewe, rasionele besinning is dringend nodig pleks van teen die feite in mooi broodjies te probeer bak. ‘n Nuwe, suiwer akademiese benadering is nodig, wat die aanstelling van ander mense, egte akademici, in beheer van die US noodsaak.
‘n Mens hoor deesdae van al hoe meer Afrikaners wat hul kinders na ‘n Engelse skool wil stuur. Dis nogal moeilik om te verstaan, maar dit blyk dat die hoofrede waarom ouers dit doen, is om hul eie Engels te verbeter. Gewoonlik kom die ouers van die platteland of van grondig Afrikaanse dele van Pretoria of die Rand af en voel hulle selfbewus oor hul eie vermoëns om die Rooitaal te besig. Dalk is hulle bang hulle steek af by Julius Malema of Jacob Zuma of watter ander figure ook al die toon aangee as dit by Suid-Afrikaanse Engels kom.
“I frou him wif a ball.” As jy só Engels praat, is jou bloedjies reg vir die Engelse skool, is lyk my die doktrine.
Daar mag egter nog ander redes ook wees. Miskien dink jy Afrikaanse skole is te goed vir jou kind. Hy sal moet meeding met slim, blanke Afrikaanse kinders waarvan sommige in wiskunde en wetenskap ook uitblink. Jy sien nie kans daarvoor nie en weet dat Engelse onderrig in Suid-Afrika volstrekte middelmatigheid verseker. As iemand wat talent en die ontwikkeling daarvan verafsku, is jou kinders op ‘n Engelse skool daarvan verseker dat hulle in middelmatigheid gaan versink.
Blykbaar is die beste hoërskool in die land, of ten minste in Gauteng, Hoërskool Garsfontein in Pretoria. Dis nou volgens binne-inligting wat ek van iemand in die onderwysdepartement ontvang het. Min mense weet dit egter, want sien, die Gautengse onderwysdepartement, wat uit Engelse en verengelsde swartes bestaan, wil nie hê dat enigiemand dit moet uitvind nie. Dit word so te sê geheim gehou. Soos in ‘n Ayn Rand-roman waar die hele samelewing saamsweer om uitnemendheid te onderdruk of te verbied, wil niemand hê dat dié feit rugbaar word nie. Nóg minder dat Afrikaanse skole oor die algemeen stukke beter as Engelse skole presteer.
As jy egter soos die Naspersrubriekskrywer, Tim du Plessis, van Klerksdorp af kom, nie baie goed Engels praat nie en voel jy wil met Sipho die swartbemagtigingswonder kan saampraat as dit by skole kom, gaan jy vir seker aangetrokke tot ‘n Katolieke of Anglikaanse privaatskool voel. Iets met “Sint” in die naam. Soos Sint John’s. Of Sint Stithians of Sint Peter’s of Sint Andrew’s of Brescia House of wat ook al.
Sulke skole is natuurlik duur. R100 000 per jaar aan skoolgeld is niks buitengewoons nie. En dis nie al nie. Omdat jou duur Engelse privaat skool se standaard van onderrig so laag is, gaan jou kind ekstra lesse van ‘n private leermeester moet ontvang as hy matriek wil slaag. Gewoonlik is sulke leermeesters skrander oudleerlinge van Afrikaanse hoërskole wat tans een of ander hipermoeilike universiteitskursus draf en vir bietjie sakgeld die agtergeblewenes by Engelse privaat skole ekstra lesse gee. Agtergeblewenes soos jou bloedjies op hul Sint-skool met sy lae standaarde en swak leerkragte wat nie goed genoeg is om werk by ‘n Afrikaanse skool te kry nie…
Een van die ironieë is natuurlik dat vele onderwysers aan Engelse skole self Afrikaners is. Nou betaal jy groot geld om jou kind deur tweedeklas- Afrikaanse leerkragte in Engels te laat onderrig. Maak dit sin? Seker nie vir ons gewone mense nie, maar vir jou, die Afrikaner wat voel jy is terug op die brug maar jou kind gaan een van daardie Van der Merwes wees wat nie Afrikaans magtig is nie, maak dit seker sin.
As daar een ding is wat nog slegter as ‘n Engelse privaatskool is, is dit ‘n Engelse staatskool. Om jou kind in ‘n Engelse staatskool te plaas, is om hom letterlik vir die wolwe te gooi. As die Engelse privaatskool se standaard om en by 50% van die Afrikaanse skool s’n is, draai die Engelse staatskool s’n so tussen 20% en 25%.
Maar vir jou gaan dit mos nie oor jou kind se opvoeding nie, dit gaan oor jou selfbeeld as ouer, met jou “wif” en jou “dis” en “dêt”. Jou kind moet sondebok wees vir jou eie gebrekkige uitspraak, in ‘n land waar gebrekkige uitspraak inderdaad die norm is en niemand eintlik meer daarvoor omgee nie. Trouens, om iemand op sy of haar gebrekkige Engelse uitspraak te wys, kom neer op rassisme en mag jou in die Gelykheidshof laat beland!
Daar is nog ander, noem dit “byvoordele”, van ‘n multikulturele Engelse skool. Die kanse dat jou kind MIV mag opdoen, verhoog eksponensieel. Hier naby waar ek woon, is ‘n kliniek wat deur ons donkerder landgenote besoek word. As jy daar aankom, al is dit met ‘n verkoue, gee hulle jou sommer eers ‘n MIV-toets, net om seker te maak jy het nie óók Vigs nie. Volgens ‘n personeellid van die kliniek toets een uit elke tien van hul pasiënte positief vir MIV, dus 10%. Gegewe dié stand van sake, kan jy maar seker wees dat ‘n ewe aansienlike persentasie hoërskoolleerlinge aan jou kind se Engelse skool MIV-positief gaan wees. Miskien dink jy dis “goeie blootstelling aan die nuwe Suid-Afrika” of watter ander regverdiging jy ook al daarvoor uitdink. Kinders speel, val, kry seer, bloei en so ‘n ongeluk kan dalk in jou kind se geval lewensbedreigend raak. In weerwil van antiretrovirale middels, bly Vigs ‘n doodsvonnis.
Maar goed, as anglofiel of anglomaan wat jou kind teen wil en dank wil verengels, is selfs die risiko van MIV die moeite werd. Niks gaan jou van sy Engelse “reënboogskool” laat afsien nie. Selfs nie eens die wete dat jou kind eerder Engels met so ‘n lokasie-aksent gaan praat as Britse Engels nie. Baie kinders op Afrikaanse skole maak daardie aksent na: “Eisj, me and my friend we smoke a zol during break, what what,” en dergelike meer. Dis nog iets wat jy moet oorweeg: danksy die wetteloosheid in ons lands, is daar dwelmhandelaars rondom elke skool, maar ten minste is dit nog taamlik taboe by Afrikaanse skole en werk hoofde en onderwysers hard daaraan om dit van kinders weg te hou. Maar Engelse skole synde “liberaal”, is die weerstand teen dwelms nie so groot nie en ons weet mos dagga is by uitstek die inheemse dwelm wat vrylik in elke swart woonbuurt beskikbaar is, dus is jou kind met al sy nuwe swart skoolmaats goed geplaas om te kan “eksperimenteer”.
Iemand het eenkeer vir my gesê om ‘n seiljag te besit, is om met ‘n reënjas onder ‘n koue stort te staan en R200-note op te skeur. Maar dan het jy darem nog ‘n seiljag. Met jou kind by ‘n Engelse privaatskool, skeur jy R200-note op en kan min of niks daarvoor wys nie. Iemand het jou ingeloop met ‘n skoolwapen wat dalk vir jou kind ‘n pos by Anglo American gaan beteken. Skrik wakker: Anglo American is al amper bankrot en omtrent glad nie meer in die land nie. Daardie dae van “baantjies vir boeties met die regte Engelse skooldasse” is vir goed verby. Die kanse dat PW Botha terugkom, is groter as dat jou kind met sy Engelse privaatskool ‘n joppie gaan kry, want hy gaan nie kan meeding met skrander, goed opgevoede Afrikaanse kinders vanaf Afrikaanse skole wat toevallig ewe goed of nog beter as jou kind kan Engels praat nie. Boonop sonder ‘n lokasie-aksent. En hulle wiskunde en wetenskap is net soveel beter as jou agtergeblewe Engelse bloedjie met sy agtergeblewe vriende (en vriendinne).
Toegegee, hier en daar is daar seker ‘n onderwyser by ‘n Engelse skool wat aan ‘n Engelse universiteit gestudeer het en oor ‘n soortgelyke kwalifikasie beskik as sy eweknie by ‘n Afrikaanse skool. Maar raai wat, synde iemand wat nie veel van die Engelse wêreld weet nie, anders sou jy nie so graag wou hê dat jou kind daarin opgeneem word nie, daardie Engelse onderwyser is van meet af aan by Wits, Kaapstad, Rhodes of Natal geïndoktrineer om Afrikaners en witmense te haat, in daardie volgorde. Hy het “witheidstudies” geneem, of Engelse “letterkunde” wat op dieselfde ding neerkom. Vir seker dra hy of sy nie jou kind se belange op die hart nie. Vir hom is jy en jou kind albei uit die bose…
Dalk wil jy Australië toe emigreer en redeneer jy: “Hoe gouer my kind Engels word, hoe beter. Ek gaan mos nou in ‘n Engelse land woon en wil deel word van die Britse Statebond, met ‘n landsvlag wat die Union Jack trots vertoon.” Tensy jou kind matriek in Australië gaan skryf, moet hy dalk nog hier die eksamen slaag. Ook sal hy in Australië wat as ‘n eerstewêreldland beskou word, met kinders moet meeding waarvan die skole meer met Afrikaanse skole ooreenstem as met jou Engels-Suid-Afrikaanse skool. Hulle gaan bepaalde vaardighede van hom verwag, nie net die towerspreuk: “Ek is Engels want ek was op ‘n (sogenaamde) Engelse skool” nie.
Dis nog ‘n neteligheid: die matriekeindeksamen, veral waar dit in Engels afgelê word. Volgens beskikbare inligting is die gehalte van die Engelse merkers wat matriekvraestelle moet merk heelwat laer as dié van die leerlinge wat hulle moet beoordeel. Foute word met die punte gemaak. Waar enige subjektiewe oordeel, soos byvoorbeeld die gehalte van ‘n opstel, ter sprake is, kan die vyftigpersentopstel ‘n negentig persent word, of andersom… Ten minste is die Afrikaanse kind nog verseker van ‘n redelike standaard sover dit die gehalte van merkers en nasieners in die matriekeindeksamen betref.
Maar selfs al “frou” ek jou met “dis stoun” teen jou kop, gaan jy nie bes gee nie, dít weet ek. Want as jou kind se toekoms so min vir jou tel, is ons volk se toekoms vir jou nog veel minder werd. Jy is bereid om alles wat ons geslagte lank in ons taal en in ons onderwysstelsel belê het, te verloën ter wille van jou Australiese droom of om “in te pas” by ANC-Suid-Afrika. Dis die weg van die minste weerstand, of so dink jy.
Stuur dus gerus jou kind na ‘n Engelse skool.
Ek voel net jammer vir jou kind. Hy of sy verdien dit nie.
“Een koekje van eigen deeg” seg die Kaaskoppe mos wanneer iemand se vuil streek aan ander na hom terugkom, anders bekend as “boontjie kry sy loontjie”.
En dit is wat verlede week hier gebeur het. Ek verwys nou na die gebeure in Oss, ‘n middelgroot stad in die suid-ooste van Nederland met sowat negentig duisend inwoners. Met hul Brabantse dialek, gekenmerk deur die sagte “g” en brei “r”, het hulle die wêreld ore aangesit: “Daar kom geen asielsoekers in ons wyk nie!”
Ja-nee, die Ossenare is onrustig. Vergeet maar van spandoeke, protesborde en petisies. Klippe gooi deur vensters en massademonstrasies voor die deur is “echt ons ding”. Met sy negentig duisend inwoners voel hulle massaal bedreig deur die koms van ‘n hele, asemrowende vier(!) asielsoekers. Hulle is mos almal diewe en verkragters wat die netjiese wyk gaan ontsier, en vroue en kinders sal nie meer veilig oor straat kan loop nie want daar woon nou “gemors” en “ongedierte” tussen ons.
Vir diegene wat dalk kopkrap oor my iewat sardoniese skrywe, wil ek daarop wys dat dit nie ek is wat ewe skielik in ‘n ekstreem linkse getransformeer het nie, maar die Ossenare wat annerkant toe geswaai het.
Oss, Nijmegen en ‘s Hertogenbosch vorm die Rooi Driehoek. Vroeër het dit bekend gestaan as die Katolieke Driehoek, maar sedert die opkoms van sosialisme en die ondergang van die kerk het hierdie Roomse oosterlinge besluit om hul Katolieke geloof te verruil vir Karl Marx se snert. Immers, Marx se moederlief was gebore gewees in Nijmegen, net so teen die wal van die Waalkade, vandaar meen hulle seker dat hulle historiese aanspraak het op sy ideale. Laat staan nog dat marxisme die perfekte nuwe geloof was waarmee die Katolieke hul heksejagte van oudsher kon voortsit teen die “ongediertes”
Ek het daar naby gewoon toe ek in Nederland aangekom het, en die Nijmegenare het ook hierdie neiging om te praat van “’n kameraad van my” in plaas van “’n vriend van my”. Op koue winterdae sien ‘n mens af en toe ‘n Nijmegenaar verbyloop met ‘n warm Russiese sjapka op die kop met die hamer en sekel wat op die voorgewel pronk.
Vandaar dat my nuuskierigheid nogal geprikkel word as ek na hierdie nuutste tirade vanuit Oss kyk. Die ironie steek uit soos ‘n seer duim dat al Holland se groot Kommunistiese voorbokke vanuit daardie wêreld kom. Die leiers van die Socialistische Partij praat almal met daardie verdagte sagte “g” en brei “r” dat ‘n mens byna sou dink dat dit ‘n vereiste is om ‘n partylid te word.
Vir die nuuskieriges wat presies wil sien hoe die Ossenare dink oor hul moontlike nuwe bure, kan ek hulle met hierdie fragment vermaak.
Dit is nou die mense van die universele gelykheid, die mense wat glo dat geen mens onwettig is nie. Ek het tot dusver nog niks gehoor van al daardie groot linkse beterweters soos Klaas de Jonge, Hélène Passtoors, Conny Braam of ander nie. Selfs die Iraans-Nederlandse regsgeleerde professor Afshin Ellian, wat sy doktorsgraad in Boerehaat en Afro-Fascisme (“Die Waarheidskommissie was ‘n juridies-aanvaarbare verhoor gewees”) verwerf het, waarsku nou dat Salafisme “’n giftige sekte is” na aanleiding van die aanslae in Brussel van verlede week.
Dis mos lekker om bomme in iemand anders se agtertuin te gooi, solank jy maar nie aan die ontvangkant daarvan is nie, en dis wat hulle nou ten volle begin ervaar. In die politiek gewaar ek ‘n soortgelyke tendens. Niemand wil dit hardop sê nie, maar hulle het geen idee hoe hulle moet omgaan met hierdie nuwe bedreiging nie. Hulle sal ook nie Verwoerd se toesprake begin lees nie, want hierdie arme drommels is so gebreinspoel met politieke ideale dat hulle kwalik die bome van die bos kan onderskei, vandaar gryp hulle na die enigste wapen wat hulle ken, naamlik protes en massahisterie.
Hoe dit ook sy, sien ons die duidelike tendens van hierdie tyd, naamlik dat begrippe soos universalisme en gelykheid onwerkbare begrippe is. Uiteindelik beteken dit niks anders as opgehemelde kleinburgerlikheid nie, bloot omdat mense nie verby hul eie vooroordele kan kyk nie.
Leopold Scholtz skryf: “Rusland gebruik migrasie as ‘n wapen om die Europese steunstrukture te oorweldig en verdeeldheid in Europa en Navo [Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie] te saai” (Die Burger, 5 deser, p 11). Hierdie mening word glo “deur die meeste gesaghebbende Europese politieke ontleders gedeel.” Hiervolgens veroorsaak die Russiese bomaanvalle in Sirië dat al hoe meer Moslemvlugtelinge na Europa uitwyk en die tradisionele politieke en kulturele aard van Europa rysmier. Vir my lyk dit nie na die doel van Rusland se deelname aan die Siriese burgeroorlog nie maar eerder na een van die gevolge. Die hoofroete wat hierdie vlugtelinge volg, is via Turkye na Griekeland. Dit is ‘n nuwe nomadisme. Bat Ye’or het ‘n aantal boeke oor hierdie verskynsel geskryf, bv Eurabia (2010) en Europe, globalization, and the coming of the universal caliphate (2011).
Hoewel Europa en Asië geografies ‘n eenheid is, verskil hulle dermate histories, etnies en kultureel dat hulle as twee verskillende kontinente beskou word. Waar die verdelingslyn loop, is nie duidelik nie en wissel ooreenkomstig politieke veranderings en sienings. Weens die toegeeflikheid van Franklin Roosevelt en Winston Churchill was groot dele van Oos-Europa na die Tweede Wêreldoorlog dekades lank deel van die Sowjetunie. Die grootste deel van die Sowjetunie was egter in Asië. Turkse grondgebied oorspan ook sowel Asië as Europa met die grootste deel in (Klein-)Asië. In die Europese Unie is daar sterk weerstand teen die toelating van Turkye tot lid vanweë historiese oorwegings (bv die Ottomaanse Ryk se destydse besetting en kulturele ontaarding van groot dele van Europa, die rol van Turkye as bondgenoot van Duitsland in die Eerste Wêreldoorlog en die Armeense volksmoord), asook kulturele oorwegings (bv die Moslemreligie).
Wat ek interessant vind, is dat dit toelaatbaar is dat Russiese en Turkse politieke mag twee kontinente (Asië en Europa) oorspan, sonder om die beskuldiging van kolonialisme op die hals te haal. Maar Frankryk is nie toegelaat om Algerië as ‘n volwaardige deel van Frankryk te inkorporeer en bestuur nie; nog minder Spanje vir Marokko, al is die seestraat van Gibraltar net 14 km wyd. Algerië is in Afrika en daarom is Franse en Spaanse politieke beheer as kolonialisme gebrandmerk. Die blankes (van bv Franse, Spaanse en Italiaanse herkoms) wat geslagte lank in Algerië gewoon het, is sonder meer as setlaars/koloniste beskou. Maar die Arabiere, wat in die 8ste eeu uit die Midde-Ooste emigreer het en die inheemse Berbers in Algerië (asook in die buurstate Tunisië en Marokko) verswelg het, word sonder meer as inheems en die regmatige politieke maghebbers aanvaar.
Iets soortgelyks gebeur in Suid-Afrika. Die blankes het hulle vanuit die suidweste en die swartes (op ongeveer dieselfde tyd) vanuit die noordooste in Suid-Afrika gevestig. Nogtans word eerder die blankes (wat per skip gekom het) as die swartes (wat te voet gekom het) as setlaars beskou. Die slawe (wat ook per skip gekom het) word nooit as setlaars/koloniste gebrandmerk nie; seker om polities korrekte etniese redes. As in ag geneem word watter etniese groep die meeste in die land tot stand gebring het, behoort die land veel eerder aan die blankes. Maar dan is dit juis swartes, soos Nelson Mandela en Jacob Zuma, wat beweer dat Suid-Afrika hulle land is; selfs dat die blankes die grond gesteel het. ‘n Skrale kwarteeu gelede het blanke mikrogeeste hulle met sulke drogargumente laat mislei en op ‘n oordrewe en onregverdigbare manier algehele politieke beheer oor Suid-Afrika in die skoot van die swartes laat val.
Dat daar twyfel oor die voortbestaan van blankes in Afrika is, behoef geen betoog nie. Daar is ook ‘n redelike mate van eenstemmigheid dat die voortbestaan van blankes in Europa bedreig word. Een van die maniere waarop Europa kan oorleef, is deur die lande in groter mate tot ‘n eenheid saam te snoer. Dit word militêr deur Navo en ekonomies-polities deur die Europese Unie gedoen. Van die huidige probleme is dat die verskillende historiese identiteite (etnies, kultureel en taalgewys) van die Europese lande verwater word; dus dat bv hulle tradisionele christelike godsdiens en lewenswyse deur die progressiewe indringing van bv Islamiete en Afrikane bedreig word. Die ontstaan en toenemende gewildheid van nuwe konserwatiewe en regse politieke partye in Europa, wat van bv Franse weer Franse en van Duitsers weer Duitsers wil maak, is teen hierdie agtergrond maklik verstaanbaar; ook die moontlike onttrekking van Brittanje aan die Europese Unie, asook die onafhanklikheidstrewe van bv die Skotte, Katalane en Baske.
‘n Ander manier waarop Europa kan oorleef, is as dit ekonomies-polities deel van ‘n groter geografiese gebied word. In hierdie konteks kom die begrip Eurasië al hoe meer na vore, veral in die vorm van Wes- en Oos-Europa plus Rusland. Met sy Ortodokse christene en eeue oue beskawing kan Rusland ter kulturele versterking oënskynlik baie aan Europa bied. Rusland is veel makliker assosieerbaar met Europa as die groter Sowjetunie, onder meer omdat die Moslem- en Oosterse elemente baie minder is. Maar daar is faktore wat toenadering tussen Europa en Rusland bemoeilik, om van vereniging (in die een of ander vorm) nie te praat nie. Om historiese redes sal daar groot skeptisisme hieroor, of weerstand hierteen, in veral Oos-Europa wees. Dink maar aan state wat aan Rusland grens, soos die Baltiese lande (Estland, Letland en Litoue), asook Finland.
Die relatiewe onderontwikkeldheid van die eens kommunistiese Oos-Europese lande is vir Wes-Europese lande ook problematies. Dink maar aan wat tans bv finansieel van Wes-Duitsland geverg word om Oos-Duitsland tot ‘n hoër ekonomiese peil te ontwikkel. Rusland het ‘n oneindig groter agterstand.* Dan is daar die Moslemgebiede in Rusland, bv sommige state in Koukasië (Dagestan, Ingushetië, Kabardino-Balkarië, Karashië-Tsjerkessië en Tsjetjsenië), maar ook in die hartland van die Russiese federasie, soos die republieke Tatarstan (hoofstad Kazan) en Bashkortostan (hoofstad Ufa). [* Alexander Dugin skryf: “Where is Russia? Like many other societies, except the Western ones, we are, of course, fundamentally behind” (bron hier onder, Kindle 1524).]
Wat ek interessant vind, is dat daar sedert 1934 ‘n selfregerende Joodse gebied/”oblast”, bekend as Yevrey, 36 000 vierkante kilometer groot, in die verre ooste van Rusland aan die Chinese grens is. Die doel met die amptelike erkenning van hierdie aparte gebied is die bevordering van Joodse kultuur. Die hoofstad, Birobidzhan, het bv ‘n Joodse universiteit en daar is Joodse skole en ‘n radiostasie. Hoewel min Jode in hierdie gebied oorgebly het, vra ‘n mens jou af: Wanneer word ‘n eie geografiese gebied deur Suid-Afrika se swart politieke bewind vir Afrikaners gegun sodat hulle hulle eie kultuur so onafhanklik moontlik kan uitbou, bv met eie skole en ‘n eie universiteit? Waar is die plegtig beloofde wigte en teenwigte?
‘n Groter mate van eenheid tussen Europa en Rusland sal Europese kultuur myns insiens verwater. Charles de Gaulle (1890-1970), daarenteen, was gesteld op Europese identiteit en het hom kultureel veel eerder eens met Rusland as Amerika gevoel. Hy het gedink dat Wes-Rusland by Europa hoort, maar dat Oos-Rusland (anderkant die Oeral-bergreeks) te Asiaties met die oog op groter assosiasie met Europa is. Sedertdien het hierdie situasie vererger (het die kloof vergroot) weens die grootskaalse instroming van Chinese in die verre ooste van Rusland. Dit is nog ‘n voorbeeld van neo-nomadisme. De Gaulle was ook ongeneë om Brittanje as deel van (die vasteland) Europa te beskou. Uittrede uit die Europese Unie kan/sal Brittanje van Europa distansieer en hom al hoe meer ‘n satellietstaat van Amerika en (sommige) Statebondslande maak.
Die idee van Eurasië, selfs as ‘n politieke eenheid, kom in hedendaagse nuwe regse geledere voor. Guillaume Faye “uses the terms Eurosiberia or Septentrion to describe the geopolitical and biocultural entity he is fighting for. Eurosiberia encompasses Europe and the Asian part of Russia, from the Atlantic to the Pacific coast. He also envisions this as a possible political entity in the future” (Daniel Friberg, The real right returns: A handbook for the true opposition, London: Arktos, 2015, 138p; Amazon Kindle $5,69, 1152). Septentrion is ‘n Latynse benaming vir noordelike gebiede.
Die Eurasië-moontlikheid dateer ver terug en word ook in bv George Orwell se roman oor die toekoms, Ninety Eighty-Four (1949), aangetref. Deesdae kom die Eurasië-eenheidsgedagte egter veral van Rusland, vir wie dit oënskynlik groter voordele as Europa inhou. Vladimir Putin beskou die ontbinding van die Sowjetunie in 1991 as die grootste ramp wat Rusland getref het. Baie Russe het in hierdie proses polities magtelose minderhede in talle onafhanklike oud-Sowjetlande geword. In Oos-Oekraïne (Donbass) is etniese Russe in die meerderheid (hoewel hulle skaars 20% van die Oekraïne se totale bevolking is). Hulle wil eerder weer by Rusland aansluit. Daarteenoor streef die Oekraïniese regering (met sy steunbasis veral wes van die Dnieperrivier) na lidmaatskap van die Europese Unie en Navo. Poetin wil dit ten alle koste verhoed, want dit kom neer op Europese/Westerse indringing in Rusland se tradisionele invloedsfeer. “The Eurasian Union is meaningless without Ukraine … ‘Russia experts have always considered that country the crown jewel – and even a necessary anchor – of any successful version of the Eurasian Union”(James Heiser, bron hier onder, Kindle 1519). Ek kan Anna Reid se boek, Borderland: A journey through the history of Ukraine (London: Phoenix, 1998, 258p) as ‘n buitengewoon goeie leeservaring aanbeveel.
‘n Ander oud-Sowjetland, Georgië (Josef Stalin se geboorteland en waar ‘n aantal Suid-Afrikaanse boere hulle gevestig het), se strewe is insgelyks weswaarts, maar sy grondgebied is weggekalwe deur die Russiese besetting van Suid-Ossetië (in die noorde) in 2008, asook Abtjasië (in die noordweste) se onafhanklikheidsverklaring en erkenning deur Rusland in 1993. Daarby is Ajarië (in die suidweste van Georgië) reeds sedert 1921 in ‘n groot mate selfregerend.
Poetin se imperialistiese strewe blyk uit die anneksasie van die Krimskiereiland en sy pogings om oud-Sowjetstate, soos Belarus, Kazachstan en Kirgisië, asook Armenië, nouer by Rusland te betrek. Dit kom neer op ‘n strewe na ‘n groter of pan-Rusland. Laasgenoemde vyf lande vorm sedert 2015 die sogenaamde Eurasiese Ekonomiese Unie (EEU). Geen werklik Europese land is egter tans deel van die EEU nie, maar dit is duidelik dat Rusland hiermee eerder wes- as ooswaarts mik, as direkte mededinger van die Europese Unie. Soos die naam aandui, is die EEU ‘n suiwer ekonomiese alliansie; dus nie ‘n politieke en militêre assosiasie nie, behalwe in die geval van Rusland en Belarus, wat terselfdertyd ook ‘n politieke alliansie gevorm het. Poetin se imperiale begeertes kan deur ‘n Eurasië in die ware sin van die woord bevredig word, mits Rusland die leidende moondheid is. Daarom kan bv China en Indië kwalik hierby betrek word.
Alexander Dugin
Na die ontbinding van die Sowjetunie in 1991* het die geopolitikus Alexander Dugin (gebore in 1962) seker die bekendste propagandis vir Eurasië geword. Maar vir hom gaan dit eerstens om die vereniging van alle Russiese sprekers en tweedens om die herrysing van die Sowjetunie. Ander Europese lande kan betrek word mits die sentrale politieke beheer in Moskou gesetel is en (hoofsaaklik) deur Rusland bepaal word; al ontken Dugin soms dat hy Russiese dominansie voorstaan. Derdens beywer Dugin hom vir ‘n Slawies-Turkse alliansie, hoewel Rusland se militêre bedrywighede in Sirië sedertdien betrekkinge met Turkye versuur het. Samewerking met ‘n Europa wat ‘n substansiële Moslembevolking het, is vir Rusland nie so problematies soos vir Wes-Europa nie. Toe die Sowjetunie bestaan het, het Rusland oor baie meer Moslemonderdane as tans regeer. [* Hierna het die CIS (Commonwealth of Independent States) tot stand gekom. Heiser (bron hier onder) lys hulle soos volg: “Russia, Armenia, Azerbaijan, Belarus, Kazakhstan, Kyrgyzstan, Moldova, Tajikistan, and Uzbekistan. Turkmenistan is an unofficial, associate member” (Kindle 1174).]
Elektroniese weergawes van vyf Dugin-boeke is by Amazon beskikbaar. Ek het die volgende een gelees: Eurasian mission: An introduction to neo-Eurasianism (Arktos, 2014, 183p; Amazon Kindle $5,12). Dit is ‘n saamflansing van verskillende Dugin-tekste. Daar is te veel herhaling. Die vertaling laat ook veel te wense oor. Dugin se denke is onderhewig aan talle invloede. Hy slaag nie daarin om daaruit ‘n duidelike, sinvolle sintese te skep nie. Sy denke is verwarrend en gevolglik ook sy skryfwerk. Ek kan kwalik sy publikasies aanbeveel as ‘n leeservaring wat die moeite werd is. Maar sy uitgesproke doel, te wete die bevordering van beskawing(Kindle 68), is eerbaar.
Omdat Eurasië volgens Dugin van die Atlantiese tot die Stille Oseaan moet strek, skryf hy: “Russian civilization possesses some of the same features as Europe [bv Slawiese kultuur en taal, asook Ortodoks-christelike religie (227)] and some of the features of Asian culture (above all of the Turanian* type)” (81; ook 181). “Eurasianism” (“civilizations of the Land/continentalism/ Old World”), kortom die goeie, word deur Dugin met “Atlanticism” (“civilizations of the Sea/New World”, naamlik Brittanje, Amerika en die ander lande in die westelike halfrond), kortom die slegte, gekontrasteer (121, 163, 170, 439). Europa se redding lê glo daarin dat dit aansluiting ooswaarts moet soek; nie weswaarts soos tans nie. Op die oomblik “Europe is the West, and decline is its essence” (1805). [* “Turanian” gryp terug na die Mongools/Turkiese oorsprong in sentraal Asië van Russiese en deels ook Europese beskawing (721). Daarom skryf Dugin: “Continental Eurasia is the cradle of human culture and civilization” (551).]
Naas liberalisme (met sy klem op die individu), kommunisme (met sy klem op klas) en fascisme (met sy klem op die staat of ras) wil Dugin ‘n Vierde Politieke Ideologie (met sy klem op mense) tot stand bring (139, 1817). “It is easy to see that the secularization of Western Christianity gives us liberalism. The secularization of the Orthodox religion gives us Communism” (3036). Van homself sê Dugin: “I am Russian Orthodox” (3023), maar dit is maar net een van die ideologieë wat hy op die een of ander stadium in sy lewe aangehang het. Nogtans kan dit help om die duidelike reste van kommunisme en veral sosialisme in sy geskrifte te verklaar. Hy was bv betrokke by die stigting van die Nasionale Bolsjewistiese Party.
Volgens Dugin sal sy Vierde Politieke Ideologie van die toekoms anti-kapitalisties, anti-liberalisties, anti-kosmopolities en anti-individualisties wees en aansluiting by sosialisme vind (1620); “beyond Right and Left” (2948). Maar dan skryf hy tog ook: “We must create strategic alliances to overthrow the present order of things, of which the core could be described as human rights, anti-hierarchy, and political correctness” (3011). As teenvoeter vir globalisering* en imperialisme sal alle groepe in sy Eurasië glo toegelaat word om hulle eie identiteit, kultuur, taal en waardes te behou (581, 587). [* “Globalization is a one-dimensional, one-vector phenomenon that tries to universalise the Western (essentially Anglo-Saxon and American) point of view concerning how to best manage human history … It … has reached its peak through the domination of the United States of America. Globalization is the imposition of the Atlantic paradigm” (641).]
“The nations of Eurasia must be free and independent” (593). Dit is makliker gesê as gedaan: “The Caucasus in the most problematic region of Eurasian integration because its mosaic of cultures and ethnicities easily leads to tensions between peoples” (795). Elders skryf hy: “There will no longer be traditional states. Instead, there will be new, integrated civilizational structures … united into … geo-economic zones” (904). “The liquidation of European spiritual unity was part of the origin of European nationalism” (1793). Dugin se Vierde Politieke Teorie beoog “the refusal of any kind of nationalism, chauvinism, Eurocentrism, universalism, racism, or xenophobic attitude” (1793).
James Heiser
Dugin se idees wek die indruk dat hy hoogs idealisties en onprakties is. Maar om groter duidelikheid te probeer kry oor presies wat hy bedoel, is dit wenslik om ‘n boek oor Dugin te lees, bv James D Heiser se “The American empire should be destroyed”: Aleksandr Dugin and the perils of immanentized eschatology (Malone: Repristination Press, 2014, 130p; Amazon Kindle $11,34). Die laaste deel van die boektitel verwys na Dugin se “paths of perfectionism which are meant to be accomplished in this life (thus their goals are ‘immanentized’) (1309). Die oorwinning van die goeie oor die slegte sal eskatologies, dus einddinge oftewel die einde van die geskiedenis, wees (1309).
Heiser wei uit oor tradisionalisme, gnostisisme, ortodoksie, mistisisme, okkultisme en satanisme om irrasionele elemente in Dugin se denke bloot te lê. Dugin beskou sy saamflansing as standhoudende/”perennial” filosofie (352). “Unless one understands that Dugin’s Traditionalism provides a fundamentally theological character to his cultural and geopolitical proclamations and prognostications, it is impossible to grasp the heart of his position” (256). Dugin “is prepared to remake the world in keeping with that Traditionalist doctrine” (360). Heiser skryf ook oor die invloed wat die Europese Nuwe Regses veral aanvanklik op Dugin se denke uitgeoefen het, bv voorlopers soos René Guénon (1886-1951) en Julius Evola (1898-1974). Hy was veral vatbaar vir die idees van die latere Franse Novelle Droite, bv Alain de Benoist (gebore in 1943) (546).
Dugin is ‘n Russiese lojalis wat sterk anti-Amerikaans en anti-Westers (eerder as anti-Europees) is. Die Weste word gedemoniseer (1528). Volgens hom is dit die stryd tussen die goeie en die slegte. Hy skryf: “The American Empire must be destroyed.” Hoekom? “Because it is at the center of the expansion of the ‘kingdom of the Antichrist'” (89). “Globalisation is … the kingdom of the Antichrist. And the United States is the centre of its expansion” (1615). In hierdie sin is Eurasiënisme ‘n “armed doctrine” (969). Die teoloog Heiser beskuldig Dugin van sowel politieke as religieuse skynheiligheid (264). Sy idees is “politicized Orthodoxy” (1528).
Volgens Dugin is die goeie mense van bv Nordiese en Russiese oorsprong, afkomstig van “Arctogaia/Hyperborea” (337). “Arktos” beteken “die noorde” en “gaia” beteken “land”. Dit verwys na die mitiese land by die noordpool waarvandaan die Ariërs glo oorspronklik kom (629). “Hyperborea” is die Griekse mitiese land (1027). Die Westerse/Atlantiese teenhanger hiervoor is Atlantis (1047), ‘n ander Griekse mitiese land. Dit is deel van Dugin se “sacred geography” (1075). Die punt is dat die wêreld volgens Dugin nie “unipolar” (dus Amerikaans oorheers) moet wees nie, maar “multipolar”, sodat ander geografiese gebiede ook na waarde geskat word en tot hulle reg kan kom (1120).
Die verwerkliking van ‘n Eurasië bly myns insiens problematies. Dugin skryf: “Civilizations are cultural and religious communities – not ethnic-national ones” (850, 1018). Eurasië behels “the union of Slavs and Turks, Muslims and Orthodox” (717; ook 1005). Maar dit is juis hierdie elemente wat in 1991 uitmekaar gespat het toe die Sowjetunie tot ‘n einde gekom het. Poetin geniet aanvaarding by baie van die Europese Nuwe Regses juis omdat hy uitgesproke nasionalisties is. Die bykans 10% Moslems in die Russiese federasie pas moeilik hierby in. Daar word soms beweer dat Poetin deur Dugin se idees beïnvloed word, maar hy is geen slaafse navolger nie. Poetin is selektief in wat hy doen: “Putin has seized on some of them [Dugin’s ideas] to further his own goals” (885).
Heiser verskaf die volgende opsomming: “What Dugin offers the world in Eurasianism is both a geopolitical ideology, and an occult, political religion with its roots in Traditionalist teachings. What remains to be seen is how many adherents of the ideology will also be converted to the religion” (1573).
Slot
Ekonomies en militêr kan die vergroting van ‘n geografiese gebied sin maak. Kultureel kan die gevolge egter uiters destruktief wees. Polities kan dit onafhanklikheid aantas en selfs vernietig. Hierdie verskynsels volg nie noodwendig na die sluiting van verdrae nie. ‘n Oorlog kan ‘n etniese groep se politieke mag beëindig en sy kultuur ondermyn. In hoogs uitsonderlike gevalle (soos in 1990/1994 in Suid-Afrika) word ‘n volk weens onoortrefbare onnoselheid uit sy toekoms bedrieg. Sedertdien verseël ongebreidelde (onwettige) immigrasie Afrikaners en ander blankes se lot verder.
In Europa gebeur iets soortgelyks. Grootskaalse (onwettige) immigrasie word reeds dekades lank toegelaat. Aanvanklik is dit selfs aangemoedig. Die negatiewe gevolge wat dit vir die tradisionele inwoners inhou, is om polities korrekte sogenaamde morele redes grootliks verswyg. Soos in Suid-Afrika word dit sonder meer van die blankes verwag om die gevolge gelate te aanvaar; op die lange duur sluit dit selfs hulle eie uitwissing in.
Maar dan kom iemand soos die teoloog Braam Hanekom, wat leiding in die NG Kerk en in die breër samelewing probeer gee, met die waarneming dat wat in Europa gebeur (wesenlik) verskil van wat reeds in die nuwe Suid-Afrika gebeur het (Die Burger, 23 deser, p 13). Op sy naïewe manier verwys hy selfs na “mooi stories van omarming” (dus die handevatsindroom) en “dat onderwys en opvoeding een van die belangrikste teenvoeters vir terreur is.” Asof dít die etnies-kulturele kloof sal oorbrug. Asof dit onwettige, dus misdadige, instroming vergoeilik. Asof die soort “egalisering” wat op die lange duur hieruit kan voortvloei in die blankes se belang gaan wees. Dan sleep Hanekom vir Donald Trump by en verkwalik hom dat hy terughunker na ‘n vervloë identiteit: “Make America great again.” Met ander woorde volgens Hanekom moet die blankes blykbaar gedwee aanvaar alles wat opgedonder is, asook sommer alles wat nog opgedonder gaan word.
“Europa het my opnuut laat besef dat ‘n wêreld met geslote gemeenskappe en identiteite vir eers verby is. Ook in Suid-Afrika gaan ons in die toekoms al meer ‘n Afrika-gesig ontwikkel,” waarmee Hanekom blykbaar bedoel groter vereniging met en behae in die res van (swart) Afrika. Ons almal moet dus teen wil en dank kultureel verafrika. Hierteen opper hy geen beswaar hoegenaamd nie. Vir hierdie situasie deel hy selfs skuld uit: “Die grense van Afrika is in elk geval baie kunsmatig en eens op ‘n tyd in Europa getrek.” Myns insiens is dit dan nogtans die dure plig van Europese nasate om te sorg dat daardie (onvolmaakte) grense eerbiedig word. Hoekom? Ter behoud van Europese kultuur en beskawing in Suid-Afrika, wat uiters skaars bates in Afrika is en tydens die blanke politieke bewind (1652-1989) lofwaardig uitgebou is.
Mnr De Klerk, nou wil ek u eers ‘n guns vra : U is nou tagtig jaar oud. Moet tog asseblief nie iets onbesonne aanvang soos om lepel in die dak te steek voor die boere kan organiseer om u onderstebo op te hang nie.
Dis verbysterend dat daar nog mense is wat die vermetelheid en dikvelligheid kan hê om u skandelike oorgawe aan ‘n kommunistiese ANC-terroristebende te probeer verdedig. Lyk baie na ‘n nostalgiese uitstappie van ‘n paar van u lakeie na die dae toe u nog «president» was. Of miskien is daar mense wat sleg slaap oor wat hulle aangevang het.
Kom ons kyk na ‘n paar van hulle patetiese pogings :
In Die Burger van 18 deser verskyn ‘n artikel deur ene Alet Janse van Rensburg wat ondermeer soos volg lui :
«Diegene wat oudpres. FW de Klerk se hantering van die destydse onderhandelinge vir ’n demokratiese Suid-Afrika kritiseer, moet besef daar was geen alternatief vir die bestel wat hy suksesvol onderhandel het nie.
Só het oudkollegas van De Klerk hom Vrydag op sy 80ste verjaardag geprys vir die leierskap wat hy in ’n kritieke tyd in die land se geskiedenis aan die dag gelê het .»
U sal merk, mnr de Klerk, dat die berig, wat in beginsel veronderstel is om objektief en neutraal te wees, in kenmerkende Burger-styl duidelik in u guns bevooroordeeld is. Die inleidende paragraaf, wat sg die mening van u oudkollegas weergee, stel onomwonde u beleidsrigtings in ‘n positiewe lig. «Leierskap wat hy in ‘n kritieke tyd tyd in die land se geskiedenis aan die dag gelê het» bevat ook duidelik ‘n oordeel dat u beslissings reg en tot voordeel van die land en sy mense was. In belang van ewewig sou ‘n mens kon verwag het dat die berig ook die menings sou dra van mense wat minder lof vir u «onderhandelde» oorgawe het. Maar Die Burger, soos ons weet, het geen voorliefde vir objektiwiteit of ewewigtigheid nie.
En dan, mnr De Klerk, die ewige getokkel oor ‘n «onderhandelde» skikking: Hoeveel onderhandelingsvermoë en hoeveel diplomasie is nodig om ‘n land weg te gee?
«Dr. Kraai van Niekerk, destydse minister van landbou in die oorgangskabinet, het gesê ondanks kritiek teen De Klerk sou Suid-Afrika nie die demokrasie gehad het wat hy vandag het as dit nie vir De Klerk was nie.» Nogal ‘n taamlik onbeholpe sin, maar toemaar.
Maar die vraag is watter soort demokrasie het Suid-Afrika vandag en is dit die soort demokrasie wat enigiemand wil hê, een onder meer waar die Guptas besluit wie kabinetsministers moet wees? «Oorgangskabinet»! Watter soort gedrog is dit? Oorgawekabinet miskien. As ek die sin ietwat kan wysig: «Sonder De Klerk sou Suid-Afrika nie die katastrofiese en totaal mislukte demokrasie gehad het wat hy vandag het nie.»
En van die kant van die ou aartsbedrieër en vermaakliheidskunstenaar, Pik Botha :
“Hoewel daar baie ekonomiese en politieke druk teen apartheid was, was dit ’n etiese en morele motivering wat De Klerk daartoe gedryf het om ons daaruit te lei. Ons het besef dat dit waarmee ons besig is («apartheid»), sonde is en ons kon dit nie langer doen nie.”
Ons was nie in staat om ons land te behou nie, maar ons het darem die tweede prys gewen: Ons was «moreel». Mnr De Klerk u weet tog dat wanneer ‘n mens wil swig voor druk dan klink dit beter om te sê dis weens «morele redes» as om te erken «ek gooi die tou op». En dan, asseblief , wil Pik Botha sowaar vir ons kom preek oor wat «sonde» is? Kan ‘n mens grotesker!
Maar dan gaan die ou amateurgoëlaar voort :
“Daardie referendum het aan die ANC gewys dat twee derdes van die wit mense in die land verkies het dat De Klerk en sy regering die toekoms namens hulle onderhandel. Dit het ons gered toe alles in die weegskaal was. Ons sou nie uit ’n swakkere posisie kon onderhandel nie.”
U het dus uit ‘n posisie van krag onderhandel. Maar wat het u dan nou juis in u posisie van krag bereik? U sou, uit ‘n posisie van krag, ‘n vorm van selfbeskikking vir ons kon beding het. Maar dit is nie ‘n «alternatief» waarin u belang gestel het nie. U het net niks vir ons beding nie behalwe spookasems. Geen wonder Cyril Ramaphosa en die ANC-onderhandelingspan kon hulle gelag vir u nie beteuel nie. ‘n Mens sidder by die gedagte aan wat u sou «beding» het uit ‘n posisie van swakheid! Soos Pik Botha dit duidelik maak, die gedagte met die referendum was om die ANC te beïndruk en instede daarvan dat hulle beïndruk was, het hulle vir u gelag.
«Dr. Stoffel van der Merwe, oudminister van inligting en die uitsaaiwese, het gesê «mense vergeet dat ’n kompromis van nature iets is waarmee beide partye nie heeltemal tevrede is nie, maar waarmee albei kan saamleef. Daar was geen alternatief vir die stelsel wat hy suksesvol onderhandel het nie».
Weer die mite van «suksesvolle» onderhandeling en «geen ander alternatief nie». U hartsbegeerte was, soos u self sê, om die mag aan die ANC oor te gee, die mooiste dag in u presidensie. Het u hoegenaamd na ander alternatiewe gekyk? Wees tog vir een keer eerlik en erken kapitulasie was die enigste alternatief wat u oorweeg het. U het ons die verderf ingelei met oëverblindery oor «geen ander alternatief» nie. Volgens u was die enigste keuses apartheid of totale oorgawe. Dis net nuttige idiote wat dit kon glo. En ongelukkig is hulle altyd in die meerderheid.
En waar in hemelsnaam is die kompromis ? Dis tog bloot politiekery. Kompromis beteken in gewone taal «iets vir jou en iets vir my». Hulle het ‘n land present gekry en ons?
Nog Stoffel:
“Dit was grootliks te danke aan De Klerk wat in 1990 die sameloop van omstandighede – wat ’n unieke geleentheid geskep het vir ’n vreedsame oorgang – berekend benut het.”
Vreedsame oorgang miskien, maar vreedsame oorgang na wat? En hoe kon dit anders as vreedsaam wees as u die land eenvoudig verniet weggegee het? Waar is dus nou die wonderwerk?
(Kraai) Van Niekerk het ook gesê dat Suid-Afrika «gelukkig was om iemand soos De Klerk te hê wat die moed van sy oortuiging gehad het om die land op ‘n verantwoordelike wyse vorentoe te neem».
Die «moed» gehad om die land «vorentoe» te neem! Maar, mnr De Klerk, u weet dit tog, alles het inteendeel sedert u oorgawe agteruit gegaan en gaan nog steeds verder agteruit. Die «moed» wat u openbaar het en die «vorentoe» waarvan Van Niekerk en Van der Merwe praat, is moed en vooruitgang uit die oogpunt van die New York Times.
Die knaende refrein van «suksesvolle onderhandelings» laat ‘n mens ook noodwendig wonder wat «suksesvolle» onderhandelings mag beteken. As ‘n mens mooi lees en mooi luister, beteken dit oorgawe aan die ANC sonder bloedvergieting. Vanselfsprekend sal niemand bloed vergiet wat ‘n land verniet kry nie. As bloed vergiet moes word om ons selfbeskikking te waarborg, dan moes dit gebeur. Ons bloed is herhaaldelik deur ons geskiedenis heen vergiet, in die Anlo-Boere-oorlog, jare lank in Angola en elders, ter wille van ons vryheid. Om te sterf ter wille van ons vryheid sou tog eindeloos meer moreel gewees het as hierdie eerlose en vernederende oorgawe. En dan, mnr De Klerk, wat van al die bloed van witmense wat nou op plase en elders vergiet word? Alles deel van u «demokratiese» oorgang ?
U het ons die verderf ingelei met oëverblindery oor «geen ander alternatief nie». Daar was ander keuses ook behalwe apartheid of oorgawe en u weet dit, maar u het nie die wil en die «moed» gehad om hulle te oorweeg nie. U het net uitgesien na die grootste dag in u presidensie.
Baie van ons, Mnr De Klerk, en ek glo al meer en meer, is oortuig daarvan dat u motivering nie moraliteit was nie, maar eerder lafhartigheid, soeke na internasionale gewildheid en eiebelang. U het die wêreld gewen deur u siel te verkwansel. Nelson Mandela het van u ‘n wêreldfiguur gemaak: Die grootste hensopper in die geskiedenis.
Dis seker dat die krisis in Suid-Afrika en veral die krisis in Afrikaans vandag nie meer ontken kan word nie. Ons sien hoe geweld en onluste feitlik daagliks woed. Oproepe tot geweld en selfs volksmoord teen blankes het al amper roetine geword. Propaganda teen Afrikaners in die vorm van ‘n konstante gesanik oor apartheid en rassisme is byna al wat mens in die hoofstroommedia lees en hoor. Ons universiteite word een na die ander onder dwang van die EFF en uitvaagsels soos Jonathan Jansen verengels. Volgende sal die Afrikaanse skole wees.
PRAAG is ‘n moedige poging om die ondergang van blankes, Afrikaners en Afrikaans teen te werk. Ons bied ‘n alternatief teenoor die leuens van die hoofstroommedia wat ewe korrup en oneerlik as die ANC-bewind self is. In die howe, via diplomatieke kanale en met die pen veg ons voor in hierdie, ons oorlewingstryd.
Maar sonder u steun en hulp kan ons nie slaag nie. Op verskeie maniere kan u ons help om die huidige aanslag teen Afrikaners en Afrikaans die hoof te bied:
Steun ons by wyse van ‘n maandelikse debietorder of PayPal-subskripsie. Selfs ‘n klein bedraggie per maand beteken vir ons baie. Onlangs het ‘n bejaarde dame wat na Australië geëmigreer het, vir ons R1500 via ‘n familielid gestuur wat by ABSA inbetaal is. Daar is nog vele ander sulke voorbeelde; dis vir ons ‘n riem onder die hart dat soveel mense ons met geesdrif en toewyding ondersteun.
Koop ‘n PRAAG-boek en beveel dit ook by vriende en familie aan.
Die volgende is gratis en doeltreffende maniere om ons te ondersteun:
Word ‘n PRAAG-vrywilliger en help ons om klagtes by plaaslike instellings, asook internasionale organisasies, aanhangig te maak. Ons moet ‘n “papierspoor” van ons verdrukking skep.
Lees elke dag ons twee webblaaie, praag.co.za in Afrikaans vir ‘n plaaslike gehoor en praag.org in Engels vir ‘n plaaslike en buitelandse gehoor.
Versprei die skakels na ons artikels op Facebook, Twitter en per e-pos. Moenie net ‘n artikel kopieer en vir u vriende stuur nie; stuur liewer die vriend na ons webblad waar hy dit self kan lees en tot die besoekersyfers van ons webblaaie kan bydra. Hertwiet en deel ons artikelskakels op Twitter en Facebook.
Volg ons op Twitter en “hou van” ons Facebook-blad. Kry ook vriende en familie om ons op Twitter en Facebook te volg.
Neem deel aan die Disqus-kommentaarblaaie onder aan ons artikels; sodoende dra u self by tot die verandering van mense se denke en verlewendig die inhoud van ons webblaaie. As u enige probleme met Disqus ondervind, kan u ons te eniger tyd by inlig[by]praag.org kontak.
Ons sal nooit die huidige oorheersing en gruwelike onregte wat daar teen ons gepleeg word, aanvaar nie. Dat ons sal oorwin, is ‘n uitgemaakte saak. Hoe lank dit egter gaan neem, hang van ons elkeen af.
Vir al ons betalende en nie-betalende ondersteuners sal ons binnekort opwindende nuwe voordele aankondig, veral wat vermaak en gratis lees- en kykstof betref. As ons net ‘n breukdeel van die fondse kon ontvang wat aan volksvyandige organisasies soos Naspers en die SAUK oorbetaal word, sou ons lankal vry kon gewees het…
Honderd jaar gelede het ‘n groot Afrikaner die volgende gesê:
Ons staan op die punt om óf ‘n groot volk te word, óf om op te hou as ‘n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.
– Christiaan de Wet, tydens die begrafnis van MT Steyn, 3 Desember 1916
FW de Klerk het onlangs by geleentheid van sy tagtigste verjaardag ‘n toespraak gelewer by die Kelvin Grove-klub in Nuweland. Waar anders? Hoe Engelser, hoe beter. Natuurlik sal die Engelse hom eer, hy was dan die ondergang van die Afrikaner. Dit kan ook wees dat hy dit nie meer waag om voor ‘n Afrikaanse gehoor op te tree nie en hy word waarskynlik ook nie genooi om dit te doen nie.
Nietemin, in die loop van die toespraak het hy stellings gemaak wat nogal insiggewend is. Ek haal aan uit ‘n berig in Die Burger :
Hy het gesê die beste dag van sy presidentskap was toe hy dit in 1994 (aan oudpres. Nelson Mandela) oorgegee het. “Dit was die hoogtepunt van my loopbaan, nié omdat ek dit aan die ANC of Mandela oorgegee het nie, maar eerder aan ’n nuwe bestel waar die grondwet en gereg die oppergesag was, eerder as die parlement.”
In die eerste plek, mnr De Klerk, u het die mag in die land oorgegee aan die ANC en niks anders nie. Om te beweer u het die mag aan ‘n nuwe bestel oorgegee waar die grondwet en gereg oppersag was, is mos gewoon net bogtery. Wil u die Suid-Afrikaanse publiek so waaragtig nogeens probeer bedrieg? Gelukkig maak dit nou nie meer saak nie, want mnr De Klerk, u was verlig om die presidentskap af te staan en nou is u, saam met ons, niks. Al waarvoor u deug is om fatsoenlike toesprakies te maak vir ryk, verveelde afgetrede Engelse omies en tannies in sosiale verenigings en rolbalklubs.
In die eerste plek word dit meer as duidelik dat u ‘n brandende begeerte gehad het om die mag in die land af te staan. Lesers hiervan sal opmerk, dat ons dit lankal reeds weet en dis waar ja. Dis net interessant dat u dit nou self so onomwonde erken.
‘n Verdere punt is dat die magsoorgawe die hoogtepunt van u loopbaan was omdat dit ‘n «nuwe en meer regverdige bestel tot stand sou bring waar die grondwet en gereg oppergesag was». Maar mnr De Klerk, as die bestel wat u beheer het dan so onregverdig was, waarom het u dit dan nie verander nie eerder as om die mag aan die ANC toe te vertrou om die veranderings vir u te maak? En wie of wat het u laat droom dat die ANC dit sou doen? U raadgewer Roelf Meyer?
Ook onstaan die vraag: maar mnr De Klerk, as u dan nie kans gesien het om die onregverdige bestel verder te voer nie en verder te regeer nie, waarom het u dan nie gewoon as president bedank nie, eerder as om ons almal saam met u die afgrond in te sleep? En ook mnr De Klerk, was u so verlig om die mag aan die ANC af te staan omdat u gedink het hulle sou beter vaar as u self, of was u gewoon maar net sat van regeer en begerig om aan ander prioriteite aandag te gee ?
Mnr De Klerk, u beklemtoon in u outobiografie, u toesprake, ens., herhaaldelik dat geregtigheid u vernaamste beweegrede was om die beheer oor Suid-Afrika aan die ANC te oorhandig. Drie vrae hieroor:
a) Mnr De Klerk het u werklik gemeen ‘n kommunisties geïnspireerde ANC sou groter geregtigheid in die land moontlik maak ?
b) Kon die swetterjoel raadgewers en deskundiges oor volkekunde, volkereg en wieweetwatnog waaroor u beskik het nie ‘n alternatief bedink wat selfbeskikking vir die witmense van Suid-Afrika sou verseker en nog steeds regverdig sou wees nie? Of het u net geluister na Roelf Meyer ?
c) En dan, mnr De Klerk, die belangrikste vraag van almal, meen u dat die bestel waarin ons nou leef, en waarvoor u volle verantwoordelikheid het, naastenby regverdig is?