Mev. Margaret Thatcher het mos gesê (vry vertaal): “Enigeen wat dink dat die ANC Suid-Afrika kan regeer, bly in ‘n malhuis.” Ongelukkig het FW die Griek (lees hier onder) nie dieselfde siening gehad het nie en het hy die land op ‘n skinkbord aan ‘n klomp kranksinnige terroriste en misdadigers oorhandig, die sogenaamde “kamerade”. Een of ander Engelsman – ek meen dit was RW Johnson – het mos ‘n boek geskryf met die titel Comrades in business. (Helaas, nee, dit was Heribert Adam en Frederik van Zyl Slabbert, die eerste synde ‘n Duitse Engelsman met ‘n Indiërvrou en die tweede ‘n ontslape Afrikaanse Engelsman met ‘n Engelse vrou. Dis egter nie belangrik nie.)
Oor die afgelope ruk veral word die leuenagtige hoofstroommedia in ons land oorheers deur die Gupta-petalje, met die nuus wat vanoggend rugbaar geword het dat hulle inderdaad “landuit” is. Die Guptas verteenwoordig egter net ‘n enkele faset van die malhuis wat ons land onder ANC-“regering” geword het. Mense blameer Zuma, maar dit was ten minste ewe erg onder Mandela en Mbeki. Die belastingbetaler betaal nog steeds aan die miljarde dollar – nie rand nie – wat aan die wapentransaksie bestee is. Daaroor word min gesê want De Klerk en sy korrupte Broederbond-NP-bende het sáám met die ANC geskep toe die vliegtuie en duikbote aangekoop is. Vliegtuie en duikbote wat volgens mediaberigte tans hetsy in die loodse sonder opgeleide vlieëniers of grondpersoneel staan, hetsy vir herstelwerk onbepaald in droogdokke die tyd verwyl.
Wat ons tot dusver gesien het, is egter maar net ‘n voorsmakie van wat nog kom. Iemand kan gerus ‘n satiriese roman skryf, iets in die trant van: Die 120 dae van Julius Malema. Want die kanse dat Malema president gaan word, raak by die dag groter. Waarom sê ek so?
Die inploffing van alle Afrikanermag en -invloed onder die NP-Broederbond-kruipers het ‘n magsvakuum in die land geskep. Joe Slovo, sy kommunistiese bende en hul Mandela-marionet wat kastig namens “die swart massas” praat, het in die magsvakuum ingestap en sedertdien regeer die ANC en sy SAKP-vennoot skynbaar permanent. Die ongekende mediaveldtog teen Zuma rig egter wel skade aan die ANC aan. Wie gaan hulle vervang? Geen van die ander opposisiepartye beskik oor genoegsame steun en organisasie om die ANC werklik te kan troef nie. Maar dalk kan die ANC net-net die verkiesing in 2019 verloor. Gestel die ANC kry 49% van die stemme en daar ontstaan ‘n politieke krisis, iets wat vele Europese lande soos België of Italië al in die onlangse verlede oorgekom het? Onderhandelings om ‘n koalisie tussen die ANC en een van die kleiner partye saam te stel, kan maande lank duur terwyl die land verder en verder in chaos en onsekerheid verval.
Ons weet dat van die belangrikste regeringsveranderings in die geskiedenis met slegs ‘n minderheid steun by die stembus plaasgevind het. Dink maar aan die Bolsjewiste in Rusland in 1917 of aan Adolf Hitler se NSDAP in 1933. In Afrika is die voorbeelde van staatsgrepe en oornames legio. Natuurlik kan die ANC eenvoudig ‘n Mugabe trek en die stemme kook, maar dalk is hulle te dom daarvoor of hou die buitelandse veiligheidsdienste hulle te veel dop en stel enige pogings om die stemme te manipuleer aan die kaak.
Dis nou presies hier waar die scenario vir ‘n satiriese toekomsroman inkom. Ons het gesien hoe die DA en die EFF in die onlangse verlede baie goed teen Zuma en die ANC saamgewerk het met die grondwetlike hofsaak oor Nkandla. Hoewel hulle oënskynlik ideologies van mekaar verskil, weet ons dat die politiek dikwels “vreemde bedmaats” skep. Óf die ANC kan met ‘n minderheid in die parlement aanhou regeer, óf ‘n grootse koalisie van al die ander politieke partye kan oorneem. Uiteraard sal Malema en die EFF die sterkste aanspraakmaker wees, synde die enigste ander party met beduidende swart steun. Malema word president en Mmusi Maimane sy adjunk. Dalk word Pieter Mulder van die VF Plus dié keer ‘n volle minister van landbou en nie net ‘n adjunk nie. As Buthelezi nog leef, sal hy ook ‘n pos kry, tesame met Lekota en al die ander randfigure.
“Die media” sal oor hul oorwinning oor die Zuma-ANC juig. “Demokrasie” sal soos laas in 1994 ten hemele aangeprys word. Malema in sy rooi oorpak sal breed glimlag. Dalk sal hy weer duur Italiaanse pakke klere begin dra as hy met groot fanfare as president by die Uniegebou ingesweer word. Die twee oorblywende Gripens wat nog vlieg, sal ‘n verbyvlug waarneem, met bystand agter die skerms van ‘n paar Swede wat vir die geleentheid ontbied is.
Maar dan sal die ware revolusie begin. Binne die eerste maand sal die EFF sy weergawe van “grondhervorming” van stapel stuur – met die volle steun van die huidige party waarvoor Afrikaners stem, die DA. Daar sal grondbesettings op die Zimbabwe-manier plaasvind. Blanke boere en hul gesinne sal eenvoudig met geweld van plase verwyder word.
Naspers-Media24, die Business Day, en elke TV-kanaal sal dít alles met oorgawe steun, soos hulle jare lank reeds doen. Terloops, die huidige redaktrise van die Business Day, Hillary Joffe, was in haar jong dae by Wits ‘n marxistiese revolusionêr en sal daarom heimelik Malema se grondhervormingsbeleid steun. Marx du Preez se rubrieke sal op die voorblaaie van Beeld en Die Burger verskyn waarin boere en “regses” gepaai word om “niks ontwettigs” te doen om die ontplooiing van Malema se “groot transformasie” te probeer stuit nie.
In die handelskamers van die buitelandse banke sal ‘n minder gebreinspoelde siening egter posvat. Die woord “onstabiliteit” sal op Reuter en Bloomberg gefluister word. Binne die eerste paar weke van ‘n Malema-bewind sal die rand vanaf R15 per dollar tot R30 halveer. Gevolglik verdubbel voedsel- en brandstofpryse. Soos wat landbouproduksie tot stilstand knars, skiet voedselpryse verder die hoogte in.
In maand twee van Malema se “regering” vind die eerste voedselonluste in die groot stede plaas: supermarkte in Johannesburg, Pretoria, Kaapstad en Durban word geplunder. Eendag stap 200 000 swartmense vanaf Alexandra via die nuwe voetgangerbrug oor die M1 na Sandton City en plunder die hele winkelsentrum leeg. Gesette swart vroue wuif vrolik skoene, rokke en langbroeke wat die etikette van duur Europese handelsmerke vertoon. Die beelde word regoor die wêreld uitgesaai en viraal op die internet versprei. Die rand kry nog ‘n knou en die tienjaarstaatseffek raak-raak aan die 40% opbrengs. Dog selfs teen dié voordelige rentekoers is daar weinig kopers, want die maandelikse inflasie staan reeds op ‘n paar honderd persent.
Aan die einde van dieselfde maand kan die staat nie sy amptenare betaal nie. Of liewer: dalk kan hy nog salarisse betaal, maar teen die nuwe pryse beteken die salarisse nie veel nie. Die twee miljoen staatsamptenare, waaronder die polisie, brandweer, hospitale en ander nooddienste, begin staak.
Vanuit sy kantoor in die presidensie begin die jonge Julius, wat deesdae oor ‘n BA-graad van UNISA – helaas sonder enige ekonomie of finansies – beskik, na sondebokke soek om te blameer vir sy pragtige revolusie wat begin skeefloop. Die “boere”, met klein of hoofletter, Afrikaners en “wittes” word natuurlik soos gewoonlik verkwalik vir spekulasie met voedsel, valuta, brandstof, en dies meer. Streng prysbeheer oor basiese middele word ingestel. Malema se rooihempiebrigade, wat intussen een en almal in die SA Nasionale Weermag “geïntegreer” is, word met outomatiese wapens op straat ontplooi. Hulle word ook in Amerikaanse dollar betaal. Hulle dra egter steeds rooi barette om hul lojaliteit aan die Sterkman in Pretoria duidelik te maak.
By hierdie punt breek enkele vergeldingsaksies onder Afrikaners uit. Roelf Meyer word deur “onbekende regses” in sy huis doodgeskiet. FW de Klerk en sy vrou vlug dadelik landuit, Griekeland toe. Op die Afrikaanse webwerwe word daar opnuut met “FW die Griek” gespot, terwyl vele die feit bekla dat hy nie dieselfde lot as Roelf Meyer te beurt geval het nie. Media24 bestee miljarde van die nuwe waardelose rande aan privaatveiligheidsdienste om hul joernaliste teen “regses” te beskerm. Soos altyd, meen dié mediagroep dat Afrikaners ‘n groter bedreiging vir die vrede as president Malema en sy afro-marxistiese beleid inhou.
In maand drie van die Groot Transformasie probeer almal net oorleef, te midde van chaos, rooftogte en geweld. Die meeste Afrikaners in Gauteng vlug na ‘n enklawe in Pretoria waar ‘n aantal buurtwagte ‘n groot deel van die voorstede afgesper het en streng toegangsbeheer handhaaf. Op die platteland word sekere plase beveilig. Van die swart plaasbesetters word verjaag en noodvoorrade voedsel word gekweek, wat aan die stedelike enklawes gelewer word.
Die land verkeer op die rand van burgeroorlog, want in Zoeloeland het die Zuma-sibbe intussen ‘n eie weermag versamel en beheer oor Durban en sy hawe geneem. Hulle sny die brandstofpyplyn na Gauteng af en enige tenkvragmotors wat Van Reenenspas wil oorsteek, moet astronomiese tolgeld in harde geldeenhede betaal. Met dollars en euro’s kan die Zumas wapens en ammunisie bekostig wat sommer in hul eie hawe in Durban per skip afgelewer word. Aan die Rand is die meeste pompe reeds leeg en brandstof slegs op die swartmark verkrygbaar. By die Uniegebou vergader president Malema en sy generaals om planne te maak ten einde die Zoeloe-bedreiging die hoof te bied…
Wie sal dié storie vertel? Dalk ‘n regse Sweedse blondine wat in die land is om navorsing te doen vir haar boek oor hoe haar land die ANC aan bewind gestel het en wat met die Gripens aangaan. Moontlik raak sy halfpad verlief op ‘n jong Afrikanerrebel in die Noord-Transvaal wat met sy handjie vol manne en ‘n paar jaggewere hul pad van Louis Trichardt af oopveg om enkele vragmotors met voedsel aan die voorstede in Pretoria te lewer waar die honger begin knaag.

In maand 12 is Suid-Afrika net ‘n geraamte….
Hang seker af wat in maand 4 gebeur!
Ek sien ook swaar tye kom. Maar Afrika het ‘n manier van natuurlike seleksie… Vir nou moet ons bou wat ons as ‘n volk gaan laat oorleef. Die droogte en Zumanomics sit die hele land in ‘n benarde posisie.
Uit Suid Afrikaanse geskiedenis het ek wel geleer dat desperate mense vinnig leer hoe om saam te staan en dat ‘n klein groep geïnspireerde mense ‘n groot verskil kan maak. Kom ons hoop dat geskiedenis homself herhaal.
As enigeen dink hierdie is ‘n satire, maak hulle ‘n groot fout. Ek glo nie in “sieners” nie, maar Dan openbaar hier “sienersvermoë” van hoë gehalte – maar juis omdat dit op feite en tendense en polities moontlike scenario’s gebaseer is. Dit KAN waar word.
Baie mense – veral Naspers-lesers en kaapse “liberals” – dink dat as Zuma waai, die ANC gaan vou en die DA gaan oorneem. Dit gaan nie gebeur nie. Die enigste party wat stemme by die ANC gaan afneem is die Malemas.
Baie goeie insig in die toekoms, hoe meer ‘n mens die gekiedenis bestudeer hoe makliker raak dit om die toekoms te voorspel. Omtrent 80% van alle burgers voorspel dat die RSA ‘n tweede Zimbabwe gaan word. Alhoewel die ooreenkoms tussen SA en die belgiese Kongo baie groter is. Ek dink ons is baie nader aan ‘n Kongo tipe burger oorlog van die vroee sestigs.
“Moontlik raak sy halfpad verlief op ‘n jong Afrikanerrebel in die Noord-Transvaal…”
Nee, myns insiens sal sy eerder op Sipho verlief raak..
Halala Halala ewig is ons afrika… Afrika politiek in werking: Diktator – Staatsgreep – Verkiesing – Diktator – Staatsgreep… Herhaal ad infinitum, elke siklus sowat 20 jaar.
REPEAT cycle.
ek is in volle ooreenkoms met die voorspelling dat Malema erens langs die pad van verwoesting, president van die land gaan word. Miskien is dit die rede hoekom die gupta’s so vinning gevlug het; hulle onthou miskien hoe idi amin hulle stam en wortel uit die land gegooi het. Die afdraande was nog nooit so styl nie.
Twee tipes:
a. Die meer gesofistikeerde, ‘educated’, soos Sir Bob.
b. Die Amin tipe, soos Malema, wat in die Afrikaner se toekoms le:
https://s-media-cache-ak0.pinimg.com/736x/e0/94/0f/e0940f3f651e4387bb40806ba21e878c.jpg
There are a few declassified files linking Idi Amin with British & Israeli intelligence agencies.
They were controlling him all along until everything went pear shaped, same in the Congo under Lamumba & the kia.
I have no doubt that Amin would have sold his mother down the river for a few bob on the side, as is the case with most politicians from the dark continent. With the abolition of slavery for example, the African economies of the time crumbled, as the primary export opportunity (for fellow Africans) vanished.
However, I can hardly see him as being of much significance to any intelligence agency. He was probably more likely to be ensnared by something like a Gupta.
And if he was an ‘intelligence asset’ (I use that term in the broadest possible sense here), it is unlikely that he was informed of it beyond the simplest level.
Dit tref my die afgelope tyd –
dat hoe mens ookal na die swart regering en die swartmense oor die algemeen kyk
kom mens net tot een slotsom – hulle is uitgekuier met die witmense se
beskawing – hulle voel soos vasgekeerde diere in n draadhok dink maar aan n
tier in hok. Dit is hoekom hulle so optree – hulle wil nie soos blanke lewe nie
hulle wil vry wees met n koning – nie n regering met reëls en regulasies nie.
Mag FW de Klerk – Pik Botha –
Roelf Meyer en die hele NWO in die hel brand tot in alle ewigheid vir wat hulle
aan ons Afrikanervolk en die swartmense van Afrika gedoen het.
Nou moet Zuma manstaan vir
alles wat verkeerd is – wat het hy anders gedoen as al die ander swartes op
hulle eenvormige manier?
Hoeveel onskuldige bloed moet
daar nog vloei voor daar tot sinvolle ooreenkoms tussen wit en swart kan kom?
Daarom het Adam en Eva die Paradys nie gewaardeer nie omdat hy hulle niks gekos het nie.~ C.J. Langenhoven
en daar het jy dit. ons het waarde vir ons samelewing, hul moet nog eers die betekenis agter hierdie woord eien.
Malema was al op Orania en lekker gekuier. So ook Mandella en Zuma Hartlik verwelkom en vredevol. Mbeki is openlik baie goedgesind..
So dis omtrent al wat ons nog het van dorpie na stad – slegs vir die wat eerlik en ernstig is,.
Loop kuier lekker daar en geniet alles en neem alles in.en raak betrokke maar hou net jul beledigende bekke.
Ons kan saamwerk as ons wil en waarlik omgee en mekaar lief het. .
So was dit met Piet Retief en Dingaan ook – lyk als vriendelik…….
Ja Bernard dis so waar veral met betrekking tot PRAAG.
Wit gemors is veel erger as swart gemors maar dit bly gemors.
Vra vir Putter se span wat die prys vir gemors is.