Leon Lemmer: Oor Arthur Kemp se boek, Nova Europa

Deel op

Die blankes is ‘n bedreigde spesie. Hulle sal hulle posisie moet verskans. Die redes waarom wittes deur uitwissing bedreig word, is enersyds die groter wordende getalle-oorwig van die nie-wittes wêreldwyd en andersyds die mentaliteit van baie blankes, bv weens liberalisme, waardeur ongebreidelde nie-wit immigrasie na hulle lande toegelaat word. Dit is die mening van Arthur Kemp, ‘n Britse joernalis wat sy jeug in Rhodesië en Suid-Afrika deurgebring het. Ek skryf na aanleiding van sy boek, Nova Europa: European survival strategy in a darkening world (Ostara Publications, 2013, 90p; Amazon Kindle $9.06). Sy boodskap is ‘n voortsetting van wat Lothrop Stoddard in 1920 geskryf het (Praag 28 Februarie).

Tydens kolonialisme het Europese blankes hulle in lande met nie-blanke bevolkings gevestig. Deesdae gebeur die teenoorgestelde. Die “‘mass movement’ of people is exclusively one way: from nonwhite countries to white countries” (Kindle 38). “Current demographic trends have already turned Europeans into minorities in all major cities of the US, and increasing numbers of major cities in western Europe. This trend is speeding up exponentially. Simply put, the European people are being racially displaced from their traditional heartlands through mass Third World immigration” (43). Dit is ‘n verskynsel wat slegs in die Eerste Wêreld voorkom en dit is net die voortbestaan van blankes wat bedreig word, terwyl alle kulture volgens Kemp bestaansreg behoort te hê. Daar is geen sprake dat bv swart Afrikane, Chinese of Indiërs gaan verdwyn nie.

Teen die middel van hierdie eeu kan blankes in Wes-Europa en Amerika ‘n minderheidsgroep wees. Daar is veral drie redes hiervoor: massa-immigrasie, ongebreidelde voortplanting en rassevermenging. Op die lange duur sal blankes nie hulle identiteit kan handhaaf nie, tensy hulle hulleself betyds isoleer; “dyke bou”, soos Stoddard dit gestel het. Wit pare sal ook bereid moet wees om gemiddeld meer as twee kinders per gesin te hê. Die genoemde menseverskuiwing beïnvloed toenemend Wes-Europa as die bakermat van die blanke beskawing en kultuur en glad nie in dieselfde mate Oos-Europa nie. Vir projeksies in bv die Islamitisering van Wes-Europa, 2010 tot 2030, lees bv David von Drehle se artikel in Time (26 Januarie, p 16-23).

Kemp: “Europe and European man is well worth preserving” (111). “The contribution of European man to the world and well-being of all people is unsurpassed” (132). Soortgelyke stellings kan myns insiens met reg oor die rol van blankes en veral Afrikaners in Suid-Afrika gemaak word. “Many liberals talk of the ‘debt’ which Europeans owe for all sorts of past alleged ‘wrongs’ committed during the age of colonial exploitation” (138). Sonder om te veronderstel dat blankes op volmaaktheid aanspraak kan maak, behoort polities korrekte retoriek gebalanseer te word met openlike erkenning van die positiewe invloed wat blankes uitgeoefen het, bv wat hulle in kolonies en ook sedert daardie kolonies se onafhanklikheid in daardie lande tot stand gebring het.

Hedendaagse blankes word steeds oor slawerny verwyt.

“Africans were the ones to capture their fellows as slaves, and then merely sold them. If the ‘logic’ of blaming whites for slavery was consistently applied, then blacks, historically speaking, bear as much, if not even more, guilt as whites” (147). “The Arab slave trade in Africa … lasted far longer and involved millions more Africans than the Trans-Atlantic slave trade – but somehow there seems to be no similar demand for ‘reparations’ against present-day Arab nations or people … At some stage of history, almost all nations and all people have conquered or exploited other people” (155).

Maar net wittes word vir kolonialisme, imperialisme, slawerny en rasse-segregasie verwyt.

“If there ever was any such European ‘colonial debt,’ it has been repaid a million times over since then, simply in terms of how the living standards of the entire world have been improved through European technological gifts and modern foreign aid. If anything, the ‘debt’ is firmly the other way round: it is the rest of the world which owes the European world a mountain of almost incalculable debt” (162).

In die nuwe Suid-Afrika word menseregte graag gepropageer, maar blankes en veral Afrikaners se regte word dikwels geïgnoreer. Kemp verwys na uitsprake deur verskeie buitelandse en internasionale instansies en kom dan tot hierdie gevolgtrekking: “It is the inalienable right of every people on earth to rule themselves in their own territory, free from foreign domination. In that last sentence are two critical elements of all peoples’ rights: self-rule, in one’s own territory” (190). In die nuwe Suid-Afrika met sy verswelgende swart meerderheid is daar geen sprake van selfregering vir wittes nie; selfs nie van beduidende blanke inspraak in politieke sake nie. Eie gebiede in die sin van bv woonbuurte word nie toegelaat nie. Daar word selfs beoog om die helfte van die eiendomsreg van elke plaas in blanke besit aan die (nie-wit) werkers oor te dra. Vergelyk dit met FW de Klerk se belofte aan boere: “Julle kaart en transport is veilig” (Louis Changuion, Omstrede land, Pretoria: Protea Boekhuis, 2011, p 272).

“It is impossible for any group to maintain its identity without majority inhabiting a geographically-defined territory in which their existence is not threatened by immigration or submersion among foreign elements” (610). “The historical record is clear: those people who do not possess a territory in which they form the majority population, are doomed to extinction” (1374). Nahum Sokolow (1861-1936) het gesê: “A nation should be built like a pyramid on a broad base and strong foundations. This foundation was the land.”

Van die interessantste inligting wat Kemp verskaf, handel oor Indië. Sedert vroeg in die vorige eeu het die Indiese regering knaend by die Suid-Afrikaanse regering gekla oor die behandeling van Indiërs in Suid-Afrika. Daarna is hierdie veldtog in die Volkebond en die Verenigde Nasies voortgesit. Sedert onafhanklikheid in 1947 het Indië egter rasgebaseerde immigrasiewette. Enersyds is daar die “Persons of Indian Origin-” (PIO-) visa, “defined through their ‘birth or residency, or that of their parents and grandparents'” (211). Andersyds is daar die “Overseas Citizenship of India-” (OCI-) kaart waarvolgens PIO “who have obtained citizenship of another nation” toegelaat word “to acquire long-term leave to remain in India … OCI holders can acquire full Indian citizenship after five years. OCI cards are granted for life” (224).

Wat is die doel hiervan? “Indian immigration law is specifically designed to ensure that India remains racially homogenous by only granting permanent residence to those born of racial Indian stock, no matter where in the world they might have been born” (231). Suid-Afrikaanse Indiërs het dus ‘n tuisland en ‘n agterdeur; iets wat Afrikaners nie het nie. Maar dan is dit Frene Ginwala wat haar aanmatig om voor te skryf watter openbare kunswerke ons mag hê en Haroon Lorgat wat gelas watter krieketspelers in die Wêreldbekertoernooi mag speel.

“Japan, China, India, most sub-Saharan African states, most north African states, most middle-Eastern states, and, of course, Israel, are all ethnostates with varying degrees of legal enforcement designed to ensure that they keep their homogeneity” (237). Maar sodra lande in die Eerste Wêreld immigrasie beperk, word daar heftig beswaar gemaak. Daardie beperkings “has nothing to do with hating any person because of the color of his skin, or of trying to deprive any person of the opportunity for improvement” (308). Daardie regerings wat immigrasie beperk, stel die belange van hulle inwoners voorop en weet dat dit in hulle beste belang is om hulle kulturele homogeniteit te bewaar. Dit is waarom dit so belangrik is dat elke nasie sy eie grondgebied moet hê en homself moet regeer sodat hy sy eie beste belange kan najaag. Ek hou van wat Kemp oor “equality” skryf: “A far-fetched notion even among homogenous groups of people” (473). Arthur Balfour (kyk hieronder) het oor die verskillende rasse gesê: “They have been different and unequal since history began and different and unequal they are destined to remain.”

Kemp vestig die aandag daarop dat voor 1400 nie-wittes, naamlik Moslems, die eerste koloniale magte in Europa was, “a fact which is conveniently ignored by present-day liberal historians” (327). Die Ottomaanse Turke het Europa vanuit die suid-ooste binnegedring en die More (Arabiere en Berbers) vanuit die suid-weste. “The impact was felt, culturally and genetically, in the regions they occupied” (327). Na 1400 het Europese kolonialisme in Suid-Oos Asië, Afrika en Suid-Amerika tot gevolg gehad dat inheemse geboortes dramaties vermeerder het vanweë bv doeltreffende medisyne en onderrig/opvoeding; dermate dat blankes se voortbestaan bedreig word. Die geskiedenis is propvol van blanke goedertierenheid. Deesdae verkies anti-blanke elemente egter om net wittes se beweerde tekortkominge raak te sien. Bevolkingsdruk het in die hedendaagse wêreld ‘n omgekeerde immigrasiestroom veroorsaak. In die koloniale era was die immigrasievloei van Europese lande na die Derde Wêreld. Deesdae is dit van die Derde Wêreld na die Eerste Wêreldse Westerse lande. Teen die middel van hierdie eeu kan blankes in lande soos Amerika, Kanada en Brittanje in die minderheid wees. “Demographers have predicted that western Europe is set to be overrun by Third World immigrants before the year 2050” (412).

“The reelection of Barack Obama in 2012, despite his opponent winning in excess of 60 percent of the white US vote, has already conclusively shown that even at that early stage, it is nearly impossible for whites in America to choose the candidate of their choice to be president, without at least an 80 percent landslide vote” (499). “Even the 2012 US presidential elections show that when a majority (62 percent) of whites vote for a candidate, this vote turnout (which would have guaranteed victory for the candidate only fifteen years previously) is not enough to win anymore” (572).

Nie-wit presidente is die Amerikaners se voorland. As die Amerikaners so graag name verander soos ons plaaslike swartes sal die “White House” seker spoedig ‘n ander naam kry.

“There are in reality only three routes which can be followed if Europeans are to survive the fast-approaching racial demographic tidal wave” (551):

(1) Veldtogte om blankes bewus van die probleem te maak, sal gevoer moet word. Ras/etnisiteit sal noodwendig die uitgangspunt moet wees. Nie-wittes en bv blanke liberaliste is beswaard oor die term “ras” as blankes dit tot eie voordeel aanwend. As na ras verwys word sonder om swartes te prys, word dit gou “rassisme” genoem. Die assosiasie met naziisme word dadelik ingespan. Benjamin Disraeli (1804-1881), ‘n Britse eerste minister (1868 en 1874-1880), het gesê: “Race is everything.” In die HAT is een van die betekenisse van ras “enige groep wat (gewaande) gemeenskaplike eienskappe het.” By implikasie word rassuiwerheid ontken. Ek verkies om eerder die woorde “etnies” en “etnisiteit” te gebruik, wat volgens die HAT ‘n volkekundige assosiasie het. Afrikaners is etnies-kultureel ‘n volk en het in dieselfde mate as swartes die reg om nasionalisties te wees.

(2) “Start creating autonomous European communities in all nations and areas where it is practically possible to do so” (551).

(3) “Ultimately, create a European ethnostate(s) to serve as a homeland in which the unique and valuable European people can be preserved” (551).

Etniese enklawes/tuislande binne lande is glad nie ‘n vreemde of uitsonderlike verskynsel nie. “In Russia, there are ten major autonomous areas called ‘okrugs'” waarin inheemse minderheidsgroepe beskerm word (635). Volgens Kemp is daar in Brasilië 672 “indigenous territories” en in Australië is 15% van die oppervlak “indigenous protected areas” (616). In Belize is daar 8 “native Indian reserves,” in Bolivië 15 en in Kanada 500 (623). “There are similar territories set aside for Indians [Indiane] in Columbia, Costa Rica, Dominica, Guyyana, Peru” en vir ander minderheidsgroepe in Indië en Pakistan (630). Dit is die belange van nie-wittes wat so beskerm word omdat dit nodig geag is. Dinge het verander. Deesdae is daar ‘n ander etniese groep wat beskerming teen uitwissing dringend nodig het, te wete die blankes.

“The demand for European self-determination, and a European homeland, is also completely morally justified, because they are being threatened with extinction in exactly the same way that the Third World nations were during the Age of Colonization” (714). Die ideaal van, of eis vir, ‘n blanke tuisland “being in line with the rights accorded to all other people on earth, is not something special or unique and cannot be called ‘supermacist’ or any of the other pejorative adjectives” (733). “There is … no need to ‘justify’ it by referring to what are, after all, subjective notions of inferiority or superiority” (1254). Dit gaan om “identity, culture, heritage, tradition” (740).

In sy vyfde hoofstuk gebruik Kemp Orania as sy eerste gevallestudie. Hy begin met ‘n uitstekende karakterisering van die nuwe Suid-Afrika:

“In South Africa (as predicted by Lothrop Stoddard in his book, The Rising Tide of Color) [Praag 28 Februarie], whites have been reduced to a tiny minority and are the victims of a relentless Third World crime wave, are heavily taxed to support the ever-burgeoning welfare-gibbling nonwhite population, are actively discriminated against through ‘affirmative action’ for alleged past wrongs, and are generally blamed for anything which goes wrong with the new non-European masters of the land” (750).

“In the face of this, quite literally, murderous assault on their existence, a tiny group of Afrikaners were far-sighted enough to see and understand that an Afrikaner state (or in Afrikaans, a ‘volkstaat’), offered the only fair, just, reasonable and practical solution to their otherwise inevitable submersion into and destruction by the Third World” (756). In 1990 het ‘n groep Afrikaners ‘n stuk grond gekoop en in 1991 Orania gestig. Dit gaan om “an own area … own labor … and own institutions” (787). Deurlopend was daar groei en ontwikkeling. “They are realistic about obtaining full independence, which is still their ultimate goal” (837). “Orania offers the only hope for Afrikaner survival, and, even more importantly, has mapped out the path for beleaguered First World populations all over the world” (902).

Die tweede gevallestudie is Israel. “Zionism is simply racially-based Jewish ethnonationalism” (910). Een van die negatiewe faktore was dat baie Palestyne en Arabiere (en ook die Britse regering en Verenigde Nasies se gesag) uitgedryf moes word om sover moontlik ‘n “Jews-only homeland” daar te stel (910). Dié stryd het terrorisme deur Jode ingesluit. Byvoorbeeld, Menachem Begin (1913-1992, Israel eerste minister, 1977-1983) was hieraan skuldig, bv die King David Hotel-slagting in 1946 in Jerusalem waarin meer as 90 mense dood is. Dié hotel het die hoofkwartier van die Britse administrasie gehuisves. Nelson Mandela het gesê: “I read The Revolt [1951] by Manachem Begin and was encouraged by the fact that the Israeli leader had led a guerrilla force in the country with neither mountains nor forests, a situation similar to our own” (Amazon-Kindle-boekadvertensie vir The Revolt). Dit is ‘n geval van een terroris wat ‘n ander terroris komplimenteer.

Theodor Herzl (1860-1904) het sy plan vir ‘n Joodse staat in 1896 geformuleer, waaruit die World Zionist Movement voortgespruit het. Dit is interessant dat naas Palestina Argentinië aanvanklik as ‘n moontlike plek vir die vestiging van die Joodse staat oorweeg is; dus die land waarheen talle Boere (800 gesinne) na die Anglo-Boere-oorlog uitgewyk het (1903-1909). In 1934 was daar ‘n poging om ‘n Joodse tuisland in die verre ooste van Rusland te stig, maar dit “never became more than 25 percent Jewish, and today is less than 10 percent Jewish” (1288). Uganda is ook vir Joodse hervestiging oorweeg. Interessant is ook die feit dat die Nazi’s die Jode na Madagaskar wou verban.

Die Sioniste het op Palestina, “our ever-memorable historic home” (976), soos Herzl dit gestel het, as tuisland besluit. Met Arthur James Balfour (1848-1930), die Britse minister van buitelandse sake (1916-1919), se Balfour-verklaring in 1917 is die skepping van hierdie Joodse tuisland in beginsel deur die Britse regering aanvaar. [‘n Omvattende skrywe deur Johannes Comestor oor die Balfour-verklaring is op LitNet (12.02.2013) beskikbaar. Aanhalings waarvoor ek hier geen bronverwysing verskaf nie is aan Comestor se skrywe ontleen.] In 1948 het die onafhanklike staat Israel tot stand gekom.

Israel se immigrasiewette herinner aan dié van Indië. “‘The Law of Return’ passed by the Israeli parliament in 1950 … granted those recognized as Jews (ie born of a Jewish mother) immediate right of residence and citizenship” (1087). Wat myns insiens bewonderswaardig van die Israeli’s is, is hulle onwrikbare politieke wil om hulle tuisland te behou; die soort wil wat so skromelik by FW de Klerk se sy meelopers ontbreek het.

Kemp beklemtoon deurgaans dat slegs ‘n klein minderheid blankes sensitief is vir die uitwissing wat hulle nageslag wêreldwyd bedreig. Plaaslik ervaar ons dit wanneer daar spottenderwys na “die swart gevaar” verwys word, asof die werklikheid daarvan nie reeds algemeen en maklik sigbaar is nie. “A ‘mass exodus’ to a European homeland, if it comes at all, will come only long after the formerly European nations are totally overrun, as is the case with South Africa” (1177). Wat nodig is, is die versameling van “ideologically likeminded people” (1223). Verskeie tuislande vir blankes kan in verskillende lande geskep word. Een moontlikheid is bv in die ooste van Pole, waar die bevolking “hostile to classical western liberalism” is (1328).

In Europa, die bakermat van ons beskawing, word die voortbestaan van blankes bedreig. Hoeveel te meer nie dié van die klein wit stam in Afrika nie? Na hulle politieke magsverlies het daar vir diesulkes in die meeste gevalle nie die moontlikheid van liggaamlike emigrasie bestaan nie, maar tog die troos van geestelike emigrasie. Dit lyk nou asof sowel fisieke as geestelike ontheemding, eintlik kollektiewe uitwissing, ons voorland is.

As ons die voorafgaande op Suid-Afrika toepas, is dit duidelik dat FW de Klerk se dwase, roemlose, algehele politieke magsoorgawe op die lange duur nie die blanke inwoners se oorlewing bewerkstellig het nie, maar veel eerder hulle uitwissing verseker het. In die 1992-referendum het ek “nee” gestem, nie omdat ek teen magsdeling of ewolusionêre politieke hervorming gekant was nie, maar omdat ek De Klerk nie vertrou het nie. Hy weet hoe om toe te gee, maar nie hoe om ‘n streep in die sand te trek nie. Die oorgrote meerderheid van die blanke kiesers wat “ja” gestem het, het sekerlik ook nie hulle eie ondergang en die uitwissing van hulle nageslag begeer nie. Dalk is ek te betrokke en my benadering te subjektief, maar ek kan my nie ‘n groter dwaasheid voorstel as wat in 1990/94 voor my oë in die politiek afgespeel het nie. Die kern van wat sedertdien gebeur het, kan ek skets met verwysing na die drie staatshoofde wat ons gekry het.

  • Die hooffunksie wat Nelson Mandela vervul het, was om sy sjarme (dikwels “magic” genoem) uit te haal om die blankes te paai na hulle groot en heeltemal onverdiende algehele politieke magsverlies. In die annale van die geskiedenis is daar seker geen groep wat meer onverdiend as die plaaslike swartes so baie ontvang het van wat oor eeue onder blanke leiding tot stand gebring is nie.
  • In die Thabo Mbeki-era het die klem op die verheerliking van swartes en die ignorering van blankes geval. Asiate is ook uitgeskuif. Suid-Afrika is afgegradeer tot ‘n integrerende deel van swart (dus sub-Sahara-) Afrika. Mbeki is nie ‘n rassis nie maar eufemisties eerder ‘n Afrikanis genoem.
  • Tydens die bewind van Jacob Zuma is al hoe meer openlik met die ANC se wesenlik anti-blanke gesindheid vorendag gekom. Twee dekades was lank genoeg om tot die gevolgtrekking te kom dat swartes nie self (beduidende) welvaart kan skep nie; dat hulle op veral een manier bemagtig kan word, naamlik deur blankes te onteien en die buit (minus tussengangerskommissie, oftewel korrupsie) aan die swart gepeupel te oorhandig.

‘n Oorsig van die geskiedenis van die nuwe Suid-Afrika, soos die drie-punt opsomming hierbo, sal u nêrens in die gedrukte Afrikaanse koerante vind nie. Dit is omdat daar nie meer Afrikanerkoerante is nie; net polities korrekte Suid-Afrikaanse koerante.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.