Oor Lothrop Stoddard se boek: The rising tide of color

Deel op

‘n Scenario is ‘n voorstelling van vorige of toekomstige gebeure. Verbeelding en fiksie kan ‘n groot rol speel. ‘n Speurder kan bv verskillende scenario’s oorweeg wanneer hy probeer vasstel watter gebeure ‘n moord voorafgegaan het. ‘n Gewilde soort scenario probeer bepaal wat in die toekoms gaan gebeur. Ons weet in meerdere of mindere mate wat voorheen gebeur het. Sommige gebeure kan vorentoe herhaal word, maar dit is moeilik om te voorspel watter dit gaan wees en nog moeiliker om te antisipeer watter nuwe situasies kan opduik. Hoe breër die onderwerp van ‘n toekomsscenario en hoe langer en verder die toekoms in die tydperk, hoe moeiliker is dit om korrek te voorspel. Dit is ‘n riskante speletjie omdat dit vroeër of later sal blyk in hoeverre die voorspellings in die kol was.

Ek verwys na twee geskiedkundiges wat hulle aan hierdie spel gewaag het. Arthur Keppel-Jones (1909-1996) het in 1947 die verloop van die Suid-Afrikaanse geskiedenis vyf of ses dekades die toekoms in voorspel en klaaglik misluk, onder meer weens sy vooroordeel jeens Afrikaners (Praag 16.03.2014). Lothrop Stoddard (1883-1950) het in 1920 die hele wêreldbevolking in sy scenario betrek en in baie opsigte uitnemend in sy voorspellings geslaag. Ek verwys na sy boek, The rising tide of color against white world-supremacy (New York: Charles Scribner’s Sons, 1920, 163p; Amazon Kindle $0). Anders as wat die boektitel in die terminologie van daardie tyd te kenne gee, het dit vir Stoddard nie soseer om blanke meerderwaardigheid gegaan nie, maar veeleerder om blanke selfbehoud. Hou asseblief deurgaans in gedagte dat die teks wat ek hier aanbied bykans ‘n eeu oud is. Byvoorbeeld, die outeur beklemtoon ras/etnisiteit, terwyl die neiging deesdae is om liewer kulturele eiesoortigheid/anderheid te benadruk en daarmee die maklike/gewilde beskuldiging van “rassisme” te probeer voorkom.

Die voorwoord by Stoddard se boek is deur ‘n mede-Amerikaner, Madison Grant (1865-1937), geskryf. Grant is veral bekend as die outeur van die boek, The passing of the great race (1916). Sy idees was sterk dierkundig geöriënteerd. Stoddard het sommige van hulle oorgeneem, bv deur die Europeërs in Nordiese, Alpynse en Mediterreense groepe te verdeel. Stoddard is verkwalik omdat hy aansluiting by sommige van Grant se idees gevind het. In werklikheid was hy meer gematig as Grant. Met Grant kan egter kwalik fout gevind word as hy skryf dat blankes “[should] shake off the shackles of an inveterate altruism [ubuntu], discard the vain phantom of internationalism [wêreldburgerskap], and reassert the pride of race and the right of merit to rule” (Kindle 273). Hy voorsien dat nie-wittes sal kom as “beggars at our gates, pleading for admittance to share our prosperity. If we continue to allow them to enter they will in time drive us out of our own land by mere force of breeding” (280). Stoddard formuleer dit soos volg: “The real enemy of the dove of peace is not the eagle of pride or the vulture of greed, but the stork!” (3052).

Voor die Eerste Wêreldoorlog (1914-1918) was die invloed van blankes oral oorheersend. In Oos-Asië het China, Japan en Siam/Thailand blanke dominansie vrygespring. In Wes-Asië het dit net Afghanistan, Persië en Turkye gegeld. In Afrika was daar twee taamlik onafhanklike gebiede, Abessinië en Liberië, en in die Weste net Haïti. In 1914 was 90% van die wêreld polities wit en 40% van die wêreldbevolking was blank (327). Teen 1920 was die verhouding reeds nader aan een blanke teenoor twee nie-blankes (334). Stoddard onderskei tussen wit, geel, bruin, swart en rooi mense. “Whites tend to double in eighty years, yellows and browns in sixty years, blacks in forty years” (351). Dit is die teenwoordigheid van blankes wat, naas “natuurlike” aanwas, veroorsaak het dat nie-blankes so vinnig vermeerder omdat bv hongersnood, siektes en stamgevegte minder (jeugdige) lewens as voorheen geëis het.

Die eerste aanduiding dat blanke mag aan die kwyn was, was die Russies-Japannese oorlog (1904-1905), toe die Japannese die Russe uit Korea en Mantsjoerye verdryf het. Die onderlinge stryd tussen blanke nasies in die daaropvolgende wêreldoorlog het die mag van blankes verder verswak. Stoddard noem die Eerste Wêreldoorlog “white race-suicide. It was essentially a civil war between closely related white stocks” (2126). Om mag te behou, moet die heersers se beskawing gerespekteer en hulle mag gevrees word. Stoddard onderskei tussen koloniale gebiede wat polities bloot deur blankes beheer is en dié waar blankes hulle in beduidende getalle gevestig het. Blanke politieke beheer kon oornag opgehef word. Blanke nedersettings kon egter nie sonder meer aan die inheemses afgestaan word nie.

Die Japannese, Chinese en Koreane word as geel nasies geklassifiseer. Die Japannese het in groter mate en gouer as die Chinese en Koreane aspekte van Westerse kultuur (dus hulle maniere van dink/idees en doen/metodes) tot eie voordeel oorgeneem en aangepas. Daarom kon die Japannese eerste die Westerse dominansie uitdaag en rassegelykheid propageer (722), terwyl China se krag in sy groot bevolking gevestig was: “the world’s greatest reservoir of intelligent man-power” (2708). Let op hierdie profetiese woorde: “Whenever that day comes, she [China] may wrest the control of the world’s markets” (2771). Dit sal ‘n geval wees van “changing the trade map of the world” (2785). Die Japannese het hulleself meerderwaardig geag en gesorg dat Chinese en Koreaanse immigrante hulle nie in Japan vestig nie (587, 3387). Oor een saak was daar in geel geledere spoedig konsensus: “Asia for the Asiatics” (621).

Die Indiërs, Arabiere en Turke word as bruin mense en terselfdetyd as Asiate beskou. Hulle word veral in Suid-Asië, die Midde-Ooste en Noord-Afrika aangetref en onderskei hulle deur hulle Islamitiese godsdiens, maar in Indië se geval is Hindoeïsme oorheersend. Islam funksioneer as skakel tussen Asië en Afrika, waar hierdie godsdiens besig is om suidwaarts uit te brei.

Swart mense word oorwegend in sub-Sahara-Afrika aangetref. “The key-note of black history … has been isolation. Cut off from the Mediterranean by die desert which he had no means of crossing, and bounded elsewhere by oseans which he had no skill in navigating, the black man vegetated in savage obscurity, his habitat being well named the ‘Dark Continent’. Until the white tide began breaking on its sea-fronts four centuries ago, the black world’s only external stimuli had come from brown men landing on its eastern coasts or ascending the valley of the Nile … Advancing from the east and trickling across the desert from the north, Arab or Arabized adventurers conquered black Africa to the equator” (1193). Swartes “have never passed the boundaries of their own habitats as conquerors, and never exercised the smallest influence over peoples not black” (1331). Afrika mag dalk die wieg van die mensdom wees, in die sin dat die mens daar ontstaan het, maar Afrika is nie die wieg van beskawing (hoë, verfynde, ontwikkelde kultuur) nie.

Al waar blankes hulle in Afrika in beduidende getalle gevestig het, is in die verre noorde (bv Algerië – die inheemse Berbers word soms as oorspronklik blank beskou; 1250 en Praag 24.02.2014) en verre suide. “The continent’s northern and southern extremities were climatically ‘white man’s country'” (1203). “In Africa, unlike Asia, the European has taken root” (1206). “The crux of the African problem therefore resolves itself into the question whether the white man, through consolidated racial holds north and south, will be able to perpetuate his present political control over the intermediate continental mass which climate debars him from populating. This is a matter of great importance, for Africa is a land of enormous potential wealth, the natural source of Europe’s tropical raw materials and foodstuffs. Whether Europe is to retain possession depends, in the last analysis, on the character of the inhabitants” (1206). In Suid-Afrika “in many sections the whites are outnumbered ten to one … the South African whites feeling obliged to protect their ascendancy by elaborate legal regulations and social taboos” (1298). Reeds in 1915 is daar in Njassaland/Malawi deur ‘n predikant onder Amerikaanse invloed propaganda versprei “that Africa belonged to the black man, that the white man was an intruder, and that he ought to be killed off until he grew discouraged and abandoned the country” (1307).

“Here, then, is the African problem’s present status: To begin with, we have a rapidly growing black population, increasingly restive under white tutelage and continually excited by Pan-Islamic propaganda with the further complication of another anti-white propaganda spread by negro radicals from America” (1318). “Black unrest may grow and cause much trouble. Nevertheless, the white man must stand fast in Africa. No black ‘renaissance’ impends [anders as Thabo Mbeki se wensdenkery], and Africa, if abandoned by the whites, would merely fall beneath the onset of the browns. And that would be a great calamity” (1342). “The white man has every reason for keeping a firm hold on Africa … to north and south the white man has struck deep roots into the soil. Both extremities of the continent are ‘white man’s country,’ where strong white peoples should ultimately arise. Two of the chief white Powers, Britain and France, are pledged to the hilt in this racial task and will spare no effort to safeguard the heritage of their pioneering children” (1349). “The real danger to white control of Africa lies, not in brown attack or black revolt, but in possible white weakness through chronic discord within the white world itself” (1355).

Kom ons besin oor wat in die vorige twee paragrawe staan. Die moontlikheid is steeds daar dat Islamiete Afrika en selfs die hele wêreld kan oorheers. Stoddard se voorspelling dat die karakter van die inwoners Afrika se lot gaan bepaal, blyk korrek te wees. Frankryk en Brittanje het egter nie volgehou om die blanke pioniers in Afrika te onderskraag nie. Dit was vir hierdie koloniale lande belangriker om die guns van nie-wittes te wen, terwyl wêreldwye blanke solidariteit van deurslaggewende belang vir blanke oorlewing is (2326). Charles de Gaulle (1890-1970) het die blanke Algeryne in 1962 aan die Islamiete uitverkoop. Blanke moondhede het daarna eerder mense soos Desmond Tutu en Allan Boesak se propaganda oor Suid-Afrika gesluk en alles moontlik gedoen om die blanke bewind plaaslik te beëindig. Stoddard se oproep was dat die blankes vas moet staan; dat wit swakheid die blankes se ondergang sou beteken. Daarom hierdie retoriese vraag: Het FW de Klerk en sy groepie blanke meelopers enige blyke gegee dat hulle vas sou staan, of het hulle sonder slag of stoot en daarby mandaatloos heeltemal boedel oorgegee? Ek dink hulle het hulle as swakkelinge by uitnemendheid bewys. In die politieke oorgang het ongeëwenaarde onnoselheid ongetwyfeld ook ‘n rol gespeel.

Die Indiane van die Amerikas is Stoddard se rooi mense. In veral Meksiko en Peru het hulle daarin geslaag om beskawings te vestig. Die Spanjaarde en Portugese het daarna hibriede bevolkings in Suid- en Sentraal-Amerika laat ontstaan. Hulle “trampled the fine flowers of culture under foot” (1423). Die swart slawe wat uit Afrika afkomstig was, het ook met die Indiane gemeng. Die blankes het mettertyd die politieke beheer in Suid- en Sentraal Amerika aan dié met gemengde bloed en al hoe meer ook aan die swartes afgestaan. “The near-whites’ supremacy is now threatened” (1485). “An ‘Indianista’ movement is to-day on foot throughout mongrel-ruled America” (1573). Argentinië, Uruguay en in mindere mate Chile het egter oorwegend blank gebly. Die weskus van die Amerikas word al hoe meer deur geel mense uit Asië ingeneem. Dit word die “Yellow Peril” genoem (1734).

Stoddard toon aan dat die blankes eeue gelede deur die geel mense al hoe meer weswaarts uit Sentraal-Asië gedryf is. Die bruin mense uit die suide, bv Midde-Ooste, het die blankes later ook verder weswaarts en noordwaarts (bv in Spanje) gedryf. Blankheid het dus grootliks sinoniem met (Wes-) Europeesheid geword. Uit Wes-Europa het blankes die wêreld verken, gekoloniseer, kultureel beïnvloed en selfs beskaaf, veral in Noord-Amerika. Sowel Stoddard as Grant beskou Noord-Europeërs as oorspronklik die eintlike of ideale blankes.

Wat ons deesdae al hoe meer dwarsoor die wêreld, insluitende in die nuwe Suid-Afrika, aantref, is “the dictatorship of the proletariat, and the destruction of the ‘classes’ by social war” (2540). Daar is ‘n “fanatical determination to enforce levelling, proletarian equality; the very existence of superior … values is a crime” (2553). Die proletariaat is die massa, die gepeupel, wat “demokraties” ‘n tirannie van die meerderheid (in die woorde van John Stuart Mill,1806-1873) bedryf, weens die valse aksioma dat almal gelyk is. Die resultaat is ‘n “rebarbarized” (2564) wêreld. In die hedendaagse wêreld is kommunisme in hierdie opsigte hoog in die mode. Dit is ironies dat die oorgawe van politieke beheer aan die massa, demokrasie genoem, wêreldwyd veral deur Amerika in die naam van menseregte gepropageer word. Omdat die massa oral al hoe meer nie-wit word, ontneem die wittes by implikasie hulleself van politieke beheer, met Suid-Afrika as ‘n klassieke en onvergeefbare tragiese geval.

Hierbo het ek verwys na Stoddard se onderskeid tussen koloniale politieke beheer (“outer dikes” genoem – 2581) en blanke nedersetting/”settlement” (“inner dikes” genoem – 2585). Hy het Suid-Afrika as ‘n tussengeval beskou, want “whites have settled in large numbers without displacing the native populations” (2578). Anders as in bv Noord-Amerika en Australië was die calvinistiese Boere nie daarop ingestel om die inheemses uit te roei nie. Dit is ironies dat veral die Afrikaners dikwels as “rassiste” gebrandmerk word, terwyl dit juis hulle is wat in hierdie opsig histories ‘n veel beter rekord as die blanke Amerikaners en Australiërs het. Die mees basiese mensereg, die reg op lewe (wat ‘n voorveronderstelling vir die benutting van alle ander regte is), is deur die Afrikaners aan ander etniese groepe gegun. Juis dit kan Afrikaners se uitwissing verseël, want ‘n etniese groep se voortbestaan is verseker slegs as hy met beduidende getalle en as ‘n meerderheid ‘n eie grondgebied beset. Dit kan ‘n klassieke geval wees van “consider humanity and forget the nation” (2985). Nog ‘n ironie is dat alhoewel Afrikaners nie-wit etniese groepe eeue lank die reg op lewe gegun het, daar al hoe meer aanduidings is dat daar (baie) swartes is wat nie noodwendig die reg op lewe aan blankes, veral Afrikaners, gun nie (vergelyk bv plaasmoorde).

“The white man, however conciliatory in Asia, must stand like flint in Africa and Latin America” (2829). In Suid-Afrika is die blanke kiesers in die 1992-referendum mislei en het FW de Klerk en sy derderangse span onderhandelaars voor swart mag geswig. Dit gaan lynreg in teen Stoddard se raad: “Fight to a finish rather than yield to a finish” (3445). “Immigration is incomparably the greatest external problem which faces the white world” (2846). Dink aan die na-koloniale instroming van immigrante uit die Derde Wêreld na Europa en ander gebiede wat eens grootliks homogeen blank was. Dink aan die Amerikaners wat doelbewus en selfs by voorkeur sulke immigrante toelaat. Stoddard skryf van “the dangerous fallacy in that short-sighted idealism which seeks to make America the haven of refuge for the poor and oppressed of all lands” (2981). Volgens een waarnemer: “Our ‘melting-pot’ … would not give us in a thousand years what enthusiasts expect of it – a fusing of all our various racial elements into a new type which shall be the true American” (2998). “If America is not true to her own [white] race-soul, she will inevitably lose it” (3013).

Stoddard skryf: “Immigration restriction is a species of segregation on a large scale” (2935). Die ANC-regering wil te graag die teenoorgestelde van die vorige politieke bedeling doen. Ter bevoordeling van veral swartes het die ANC alle Suid-Afrikaners gelyk verklaar. Maar net mede-swartes word broers en susters genoem en vir ekstra bevoordeling uitgesonder. Party Suid-Afrikaners is dus Orwelliaans meer gelyk as ander. Om etniese/rassistiese redes is swart inkommers meer welkom as ander nie-wittes en sekerlik as wittes. Nie net geboortes nie maar ook die miljoene swart inkommers sal sorg dat die Suid-Afrikaanse bevolking al hoe meer oorweldigend swart en die getal wittes toenemend onbeduidend word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.