praag.co.za

Dan Roodt: Wat u kan doen om PRAAG te ondersteun

Written by

in

,

Dis seker dat die krisis in Suid-Afrika en veral die krisis in Afrikaans vandag nie meer ontken kan word nie. Ons sien hoe geweld en onluste feitlik daagliks woed. Oproepe tot geweld en selfs volksmoord teen blankes het al amper roetine geword. Propaganda teen Afrikaners in die vorm van ‘n konstante gesanik oor apartheid en rassisme is byna al wat mens in die hoofstroommedia lees en hoor. Ons universiteite word een na die ander onder dwang van die EFF en uitvaagsels soos Jonathan Jansen verengels. Volgende sal die Afrikaanse skole wees.

PRAAG is ‘n moedige poging om die ondergang van blankes, Afrikaners en Afrikaans teen te werk. Ons bied ‘n alternatief teenoor die leuens van die hoofstroommedia wat ewe korrup en oneerlik as die ANC-bewind self is. In die howe, via diplomatieke kanale en met die pen veg ons voor in hierdie, ons oorlewingstryd.

Maar sonder u steun en hulp kan ons nie slaag nie. Op verskeie maniere kan u ons help om die huidige aanslag teen Afrikaners en Afrikaans die hoof te bied:

  • Steun ons by wyse van ‘n maandelikse debietorder of PayPal-subskripsie. Selfs ‘n klein bedraggie per maand beteken vir ons baie. Onlangs het ‘n bejaarde dame wat na Australië geëmigreer het, vir ons R1500 via ‘n familielid gestuur wat by ABSA inbetaal is. Daar is nog vele ander sulke voorbeelde; dis vir ons ‘n riem onder die hart dat soveel mense ons met geesdrif en toewyding ondersteun.
  • Koop ‘n PRAAG-boek en beveel dit ook by vriende en familie aan.

Die volgende is gratis en doeltreffende maniere om ons te ondersteun:

  • Teken op ons nuusbrief in.
  • Word ‘n PRAAG-vrywilliger en help ons om klagtes by plaaslike instellings, asook internasionale organisasies, aanhangig te maak. Ons moet ‘n “papierspoor” van ons verdrukking skep.
  • Lees elke dag ons twee webblaaie, praag.co.za in Afrikaans vir ‘n plaaslike gehoor en praag.org in Engels vir ‘n plaaslike en buitelandse gehoor.
  • Versprei die skakels na ons artikels op Facebook, Twitter en per e-pos. Moenie net ‘n artikel kopieer en vir u vriende stuur nie; stuur liewer die vriend na ons webblad waar hy dit self kan lees en tot die besoekersyfers van ons webblaaie kan bydra. Hertwiet en deel ons artikelskakels op Twitter en Facebook.
  • Volg ons op Twitter en “hou van” ons Facebook-blad. Kry ook vriende en familie om ons op Twitter en Facebook te volg.
  • Neem deel aan die Disqus-kommentaarblaaie onder aan ons artikels; sodoende dra u self by tot die verandering van mense se denke en verlewendig die inhoud van ons webblaaie. As u enige probleme met Disqus ondervind, kan u ons te eniger tyd by inlig[by]praag.org kontak.

Ons sal nooit die huidige oorheersing en gruwelike onregte wat daar teen ons gepleeg word, aanvaar nie. Dat ons sal oorwin, is ‘n uitgemaakte saak. Hoe lank dit egter gaan neem, hang van ons elkeen af.

Vir al ons betalende en nie-betalende ondersteuners sal ons binnekort opwindende nuwe voordele aankondig, veral wat vermaak en gratis lees- en kykstof betref. As ons net ‘n breukdeel van die fondse kon ontvang wat aan volksvyandige organisasies soos Naspers en die SAUK oorbetaal word, sou ons lankal vry kon gewees het…

Honderd jaar gelede het ‘n groot Afrikaner die volgende gesê:

Ons staan op die punt om óf ‘n groot volk te word, óf om op te hou as ‘n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.

– Christiaan de Wet, tydens die begrafnis van MT Steyn, 3 Desember 1916

 

Comments

6 responses to “Dan Roodt: Wat u kan doen om PRAAG te ondersteun”

  1. Ou Transvaal Avatar
    Ou Transvaal

    Praag is die enigste groep wat werklike sake van belang ondersteun en openbaar , u het my steun.Hou so aan asb.

  2. Zapata Avatar
    Zapata

    Alle lede van ons Boervolk en Afrikaners kan gerus maar Praag ondersteun want hulle vorm deel van die oorhoofse koepel.

  3. Johan Smit Avatar
    Johan Smit

    Doen reeds soos gevra. Hou aan met die goeie werk. Daar is baie van ons wat ure n dag spandeer aan bewusmaking op verskeie blaaie.

  4. Arnieann Avatar
    Arnieann

    Na al ons steun aan Praag oor jare heen, het ons Blankes nog steeds net meer en meer verloor. Nou wonder ek net of Praag, en die vele ander Organisasies regtig enige verskil gemaak het?
    Ek dink nie so nie, en dit is waarom steun aan hierdie plekke taan.en selfs verdwyn.
    Terwyl ons veg vir Taal, Skole ens. is daar reeds wetgewing wat amper in plek is om beslag op Blanke eiedom te lê.
    Sonder grond en eiendom, sal taal slegs gebruik word om mee te vloek. En dit kan ons Blankes heel voortreflik doen. Selfs op mekaar.
    Ek het op ‘n ander plek ‘n voorstel gemaak dat alle Blankes op ‘n manier betrokke gekry moet word in ‘n poging om hulle te laat saamstaan.
    Eerstens moet daar voorlopig van Taal, politiek, Kerk en oorsprong afgesien word. Selfs tussen Regse Afrikaners is daar legio verskille oor hoe hulle leef en dink. Wat nog tussen alle Blankes in hierdie Land.
    Wat is ons Blankes se grootste bate? Natuurlik is dit ons besittings.
    Watter Politieke Party, of wie ookal kan help om ons besittings te beskerm? Nie eens EEN nie.
    Praag sal nie eens instaat wees om een ekele boek wat ek by hulle gekoop het te beskerm nie, laat staan nog my vaste bates. Praag en enige ander Blanke Organisasie is ewe onbekwaam om dit te doen.
    Maak nou wragtig nie saak hoeveel der miljoene hulle in die bank het nie. Die ANC het altyd meer daarvan.
    Aangesien die Selfbeskikkings “Oorlog” teen slakkepas, indien hoegenaamd, vordering maak, moet daar begin word om dit wat ons het te bekerm.
    Sonder grond en eiendom is ons so goed as dood. Ek kan nie my taal met ‘n geweer behou nie, maar ek kan wel my eiendom daarmee verdedig.
    Stig ‘n ‘Blanke Grond Eienaars Organisasie” en ALLE Blankes sal daaraan behoort, mits dit profesioneel hanteer word. En nie onder Praag of wie ookal se naam nie. Dit moet heel nuut wees en op sy eie twee bene staan. Ons het genoeg en bekwame Blankes in hierdie land om dit te kan doen. Die beste Prokureurs en Advokate, wat almal self ook grond en eiendom het, sal die verdedigers hiervan wees.
    Die ander feit wat alle Blankes raak is verdediging. Ons weet dat die regering ons reeds tot ‘n groot mate ontwapen het. ALLE Blankes sal ‘n “Blanke Vuurwapen Beskermings Organisasie” steun.
    Die selfde reëls geld ook vir daardie liggaam. Geen politieke, Kerk en al daardie tjol moet daaraan gekoppel word nie.
    Slegs DAN sal ons vordering maak. Dan kan daar na BLANKE Selfbeskikking gekyk word.
    Dan sal elke kraai die volkome vryheid hê om dan sy eie nukke en vloermoere na hartelus te beoefen.
    Maar nee, daar word oor straat name, Taal, Monumente, skool, Universiteite, en die dho..ner weet wat nie alles, gal gebraak, en geld gemors op hofsake, terwyl ons besig is om al ons bates te verloor. Sonder grond en ander eiendom het ons niks oor nie.
    Kry eers die sake wat alle Blankes raak in orde. Kry eers alle Blankes om saam te staan.
    Dan kan ons dalk verder aan Selfbeskikking dink.

    1. Hans Onrust Avatar
      Hans Onrust

      Dat PRAAG geen schietclub of commando-opleiding of bank of Advocatenkantoor is, is wel duidelijk beste Arnieann.

      Juist in deze roerige tijden lijkt informeren en gedachtes uitwisselen door verdrukt wordende gelijkgezinden in hun eigen taal, temidden van 24/7 indoctrinerende verzwijgende liegende staatspropaganda, echter van groot belang in meerdere opzichten.

      Houd moed.

    2. Riempies Avatar
      Riempies

      Arnie Praag doen nogsteeds waarmee hy begin het om inligting
      beskikbaar te stel sodat ons nooit weer belieg bedrieg of verraai kan word nie.
      Die NWO en hulle trawante sal nogsteeds alles doen wat hulle kan om Praag se
      stem stil te maak – kyk maar net nou baie onlangs hoe laakbaar hulle Praag se
      integriteit aangeval het. Praag stel die inligting bekend – wat ons met daardie
      inligting doen is ons eie verantwoordelikheid.
      Weet jy wat dit kos om hierdie internet inligtingsbron aan die gang te
      hou? Dan en sy span werk baie hard om
      inligting te bekom en te verifieer en dit kos geld wat mening maal tenkoste van
      dr. Dan self is.

      As almal n finansiële bydra maak kan ons dit vir Praag baie
      vergemaklik.

Leave a Reply