Karel Combrinck: Bush en Obama in die bed oor 9/11

Sedert die 11 September 2001-aanslae teen die tweelingtorings van die World Trade Center in New York en die Pentagon in Washington, het ‘n legio teorieë ontstaan wat probeer verklaar wie eintlik vir die aanslae verantwoordelik was. Sommige van hierdie teorieë lyk na onsin, ander weer kom besonder geloofwaardig voor en mag inderdaad selfs die waarheid wees. Maar dit is ook so dat daar soveel stories is dat ‘n gewone mens moeite het om die kaf van die koring te skei. Dit is nie die bedoeling om al die ontledings en teorieë wat in omloop is, hier te probeer herhaal nie , maar bloot om enkele gevalle uit te lig wat moontlik interessant mag wees.

Na die 9/11-aanslae was daar uit die staanspoor waarnemers wat gemotiveerde beskuldigings gemaak het dat daar ‘n sterk verband bestaan tussen die aanvalle in New York en Washington, en Saoedi-Arabië was. En meer nog is daar selfs agterdog dat die Amerikaanse regering bewus was van Saoedi-betrokkenheid en dat hulle dit oogluikend toegelaat het, of nog erger, bevorder het en in elk geval nog steeds verdoesel.

Van die feite wat bekend is, is onder meer dat van die 19 terroriste wat by die aanval betrokke was, 15 burgers van Saoedi-Arabië was. Osama Bin Laden was natuurlik self ook ‘n Saoedi, hoewel daar twyfel is of Bin Laden hoegenaamd by die aanvalle betrokke was. Verder is dit ook so dat al 19 van die aanvallers visums gekry het om Amerika te besoek, ten spyte van die normale drakoniese Amerikaanse visumvereistes, veral ten opsigte van besoekers uit die Midde-Ooste. (Vergelyk daarmee dr Roodt se visumaansoek wat geweier word.)

Daar is ook eerstehandse getuienis van Amerikaanse konsulêre beamptes wat ten tye van die aanslag in Saoedi-Arabië diens gedoen het, dat druk « van bo » op hulle uitgeoefen is om visums aan lede van die terroristekommando toe te staan en in minstens een geval bloot opdrag ontvang het dat hy ‘n visum moet toestaan. In ander gevalle is konsulêre beamtes gedreig dat hulle hul betrekkings sou verloor indien hulle sou weier om visums aan bepaalde persone toe te staan.

Dit is ook bekend dat verskeie van die terroriste vliegopleiding aan Amerikaanse vliegskole ontvang het. Die opleiding was natuurlik met die oog op die aanvalle in New York en Washington. Die Amerikaanse polisie en intelligensiedienste was bewus daarvan dat Arabiere vlugopleiding in Amerika kry, maar het niks daaromtrent gedoen nie. Nog ‘n raaisel in hierdie verband is hoedat die Arabiere (daar was vier) wat skynbaar geen vorige vliegondervinding of kennis gehad het nie, binne enkele maande kon vorder na ‘n punt waar hulle reusepasssierstralers kon vlieg op ‘n uiters komplekse sending. Om ‘n groot Boeing of Airbus te kan vlieg, neem vanaf die stadium van ondervinding op ‘n ligte eenmotorige skroefvliegtuig normaalweg tot 20 jaar met duisende ure vliegondervinding.

En dan is daar nog die die verslag van die gesamentlike komitee van ondersoek van die Amerikaanse Kongres (President, Senaat, Huis van Verteenwoordigers) na die 11 September-aanslae waarvan die eerste 28 blasdsye deur Pres George Bush tot geheime dokument geklassifiseer is en wat, volgens talle kommentators aanduidings bevat van Saoedi-betrokkenheid by die aanvalle. Inderdaad eienaardig dat in die wêreld se grootste demokrasie, die bevolking nie mag weet wat die bevindings is van hulle verkose verteenwoordigers oor so ‘n belangrike aangeleentheid nie.

Op 17 April vanjaar het daar ‘n artikel in die New York Post verskyn wat onder meer soos volg lui :

« The Saudi Kingdom’s involvement was deliberately covered up at the highest levels of our government. And the coverup goes beyond locking up the 28 pages of the Saudi report in a vault of the US Capitol basement. Investigations were throttled , co-conspirators were let off the hook. Time and time again. »

Nou was daar die afgelope dae weer ‘n interessante nuwe verwikkeling wat lig op die aangeleentheid mag werp. ‘n Moslemfundamentalis wat sedert 2009 vir terroristebedrywighede in ‘n Amerikaanse tronk aangehou word, Zacharias Moussoui, het naamlik so pas in ‘n beëdigde verklaring bekendgemaak dat die 11 September 2001-aanslag deur Saoedi-Arabië beplan en gefinansier is. Hierdie verklaring is uiteraard ‘n reuseknuppel in die bos en verwek groot opspraak in Amerika.

Die posisie is nou dat die Amerikaanse regsowerhede ‘n ondersoek na die aantygings wil begin, maar dat ten einde dit moontlik te maak, wetgewing skynbaar eers nodig is, aangesien ‘n vreemde moondheid betrokke is. Volgens berigte staan Barack Obama wetgewing van hierdie aard ten sterkste teen. Weereens vreemd. Daarenteen dring die naasbestaandes van die 3000 Amerikaners wat in die aanvalle omgekom het, weer sterk aan op ‘n regsondersoek, soos verstaanbaar is.

Die interessantste en ook die moeilikste vraag bly egter dat indien die Saoedi’s wel agter die 11 September-aanvalle gesit het en die Amerikaanse regering dit oogluikend toegelaat het, dan waarom? Ek wens ek kon die vraag beantwoord. Dit kan wees dat die aanvalle georganiseer is ten einde die Amerikaners van ‘n voorwendsel te voorsien om die kaarte in die olieryke Midde-Ooste deurmekaar te krap. Duidelik het die Amerikaners die aanslag van 11 September gebruik om openbare gevoelens teen Saddam Hoesein op te sweep en militêre optrede teen hom, Ghaddafi van Libië en Bachir Al Assad van Sirië te regverdig. Ironies is dat al drie hierdie leiers geswore vyande van Moslemfundamentalisme, insluitend Al-Kaida was en is.

Vir die rekord kan daarop gewys word dat dit natuurlik nie die eerste keer in die geskiedenis sal wees dat ‘n groot moondheid ‘n foefie gebruik om ‘n oorlog te begin nie. So is daar baie gesaghebbendes wat glo dat die Amerikaners die passasierskip, die Lusitania gekelder het ten einde Amerika se betrokkenheid in die Eerste WO te bespoedig. Soortgelyk is die menings dat Amerika ook die aanval op Pearl Harbour georkestreer het om Amerika by die Tweede WO te betrek. Dink ook maar aan ons eie geval hoe die Engelse die uitlanderkwessie gebruik het as voorwendsel om die Boererepublieke te vernietig.

In ‘n werk, Visas for Al-Qaida, wat in 2015 verskyn het, skryf ‘n voormalige Amerikaanse konsulêre beampte in Saoedi-Arabië, Michael Springmann : « This tale is a sordid sketch of backstabbing, disloyalty, double crossing, faithlessness, falsity, perfidy, sellouts, treachery and betrayal. All of this is in addition to the stupidity and incompetence normally manifested by the State Department and the intelligence services ». Dit sê omtrent alles. Terselderyd is dit ook die beste beskrywing van die laaste dae van die Nasionale Party-regering wat ek nog onder oë gehad het.

Obama ontmoet topamptenare van Golfstate

Pres. Barack Obama het die week topamptenare van ses Arabiese nasies ontmoet om kwessies rakende vrede in die Persiese Golf-streek, insluitende die stryd teen die Islamitiese Staat-groep (ISIS), te bespreek.

Die vergaderings in Rijad moet glo voortbou op ’n ­soortgelyke spitsberaad wat verlede jaar by Camp David, die Amerikaanse president se vakansiewoning in Maryland, plaasgevind het.

Die VSA het voor hul besoek gedreig om beslag te lê op Saoedi-beleggings as hulle nie wil saamwerk nie.

Die byeenkomste in Rijad is ‘n aanduiding dat die Withuis skeptiese Midde-Oosterse bondgenote opnuut wil indwing in hul besluite.

Die Koninkryk het ‘n bemarkinsoffensief deur hul lobbies in die VSA en Brittanje geloods voor die ontmoeting.

Saud al-Faisal het aan die FT gesê dat ISIS hulle antwoord is op Iran.

Dié gesprekke kom nadat die Wahabi-koning daarvan beskuldig is dat sy land vir die terreuraanvalle van 9/11 verantwoordelik is. Saoedi-Arabië is ‘n bondgenoot van Israel sowel as Turkye.

Hierdie bondgenote het ernstige ­bedenkinge oor Obama se uitreiking na Iran en die Amerikaanse beleid oor die voortslepende burgeroorlog in Sirië, maar die VSA kan nie bekostig dat die gebeure rakende 9/11 verder onder die soeklig kom nie.

Met die aanvang van die verrigtinge in ’n weelderige vergadersaal in die Dirija-­paleis, het leiers oor koeitjies en kalfies gepraat, vir die kameras geglimlag, maar geen verklarings gemaak nie, het AP berig.

Die Amerikaanse minister van verdediging, Ash Carter, die minister van ­buitelandse sake, John Kerry, die nasionale veiligheidsraadgewer, Susan Rice en die direkteur van die CIA, John Brennan, het ook die vergadering bygewoon.

Die spitsberaad volg op bilaterale gesprekke wat Obama Woensdag met die Saoedi-kon­ing, Salman, gehad het kort nadat hy in die koninkryk aangekom het.

Benewens ­Saoedi-Arabië is die Verenigde Arabiese Emirate, Koeweit, Oman, Katar en Bahrein ook deel van die spitsberaad.

Die Golfstate is uiters skepties oor Obama se bereidwilligheid om met die magtige Sjiïtiese Iran te onderhandel.

Hulle vrees dat verlede jaar se kernooreenkoms met die Islamitiese Republiek tot ’n herbalansering van die magte in die streek, tot hul nadeel, kan lei.

Dit is nou reeds vier maande nadat die VSA belowe het om Iran se bevrore rekeninge oop te stel, maar nog nie stappe geneem het om hul onderneming na te kom nie.

Intussen het die VSA ook steun aan die Koerde verskaf in Sirië wat Wahabi-pogings om Assad uit die kussings te lig, verder bemoeilik.

Saoedi-Arabië, die Emirate en ander Golf-lande eis dat Amerika meer moet doen om die Siriese president, Basjar Assad, omver te werp. Die kanse is egter besonder skraal omdat Rusland Sirië steun.

Gedenkteken vir slagoffers van 9/11

‘n Gedenkteken is buite Shanksville in Pennsilvanië, Amerika geopen ter herinnering aan die 40 passasiers en bemanning van die United Airlines-vlug 93.

Die passasiers het vermoedelik op 9 September 2001 die vliegtuig gedwing om neer te stort om ‘n terreuraanval te fnuik.

Die vliegtuig was waarskynlik bestem om in die Senaat in Washington of teen die Withuis vas te vlieg, maar daar was geen teken van lyke of bagasie op die toneel in Shanksville nie.

Vier passasiersvliegtuie is 14 jaar gelede deur terroriste gekaap en onder meer teen die twee Wêreldhandelsentrumtorings in New York en die Pentagon buite Washington vasgevlieg.

Byna 3000 mense is in die aanvalle dood. Die amptelike getal is 2977.

Die amptelike ondersoek na die aanvalle word egter steeds deur talle spesialiste bevraagteken as ‘n blote toesmeerdery van ‘n voorafbeplande daad deur Neo-Konserwatiewes in die Amerikaanse regering.

Voormalige Israelse premier gevonnis

Die voormalige Israelse eerste minister, Ehud Olmert, is vanoggend in ‘n hof in Jerusalem tot agt maande tronkstraf gevonnis omdat hy onwettig geld van ‘n Amerikaanse sakeman, Morris Talansky, ontvang het vir politieke gunste.

Hy is in Maart in ‘n herverhoor skuldig bevind.

Olmert se regsverteenwoordigers het aangedui dat hulle gaan appelleer.

Hy is verlede jaar ook tot ses jaar tronkstraf gevonnis vir sy rol in ‘n reuse eiendoms-omkoperyskema.

Olmert was premier tydens die aanvalle op die Twin Towers op 11 September 2001 in die stad New York, toe vermeende Moslemaanvallers vliegtuie met papiermesse gekaap het.

Die papiermesaanvallers en argitekte van 9/11 het klaarblyklik nie besef dat die internet aanstons ‘n bepaalde rol sal speel om kwelvrae oor hul betrokkenheid te opper nie.

Olmert is deur Tony Blair ondersteun.

Blair is nou betrokke by die verspreiding van leuens om die Anglo-Amerikaanse oorlog in Irak te vergoeilik.

Hy het sy kiesers en die internasionale gemeenskap stelselmatig mislei oor bestaande wapenprogramme in Irak, sowel as oor Saddam Hussein se versinde skakel met al-Kaida.

Dinsdagaand het die voormalige CIA-adjunk-direkteur en Bush se intelligensieraadgewer Michael Morell op MSNBC se Hardball verskyn waar hy erken het dat die Bush-administrasie doelbewus verkeerde intelligensie gebruik het.

CIA-marteling ontbloot

Die “skinkbord”, nagebootste teregstellings en slaap­versteuring: Dít is van die “meedoën­lose, maar ondoeltreffende” marteltegnieke wat die Amerikaanse Intelligensiediens, die CIA, sedert 9/11 op tot 100 terreurverdagtes toegepas het.

Getuienis oor dié martelings is vervat in ’n 500 bladsy lange opsomming van ’n verslag van die senaat se intelligensiekomitee wat Dinsdag uitgereik is.

Die verslag verwys na voorvalle ná die 9/11-aanvalle in 2001 tot 2009.

Die tegnieke was glo baie erger as wat aan die administrasie van oudpres. George W. Bush vertel is.

Die VSA het talle internasionale konvensies en verdrae oortree waarvan hulle ondertekenaars is deur aangehoudenes te martel.

Dit het in die Amerikaanse aanhoudingsentrum Guantánamo Bay in Kuba of geheime CIA-tronke gebeur.

Die voormalige Poolse president Aleksander Kwasniewski het erken dat sy land ‘n geheime gevangenis op sy grondgebied bedryf het waar aangehoudenes gemartel is.

Kwasniewski het voorheen ontken dat Pole gasheer vir ‘n geheime CIA gevangenis was.

Die marteltegnieke het ingesluit om kos fyn te maak en anaal toe te dien. Dit is “die skinkbord” genoem. Aangehoudenes moes ook hoor hul kinders sal aangerand word en hul ma’s sal seksueel aangerand of keelaf gesny word.

Daar was ook watermarteling en slaapversteurning.

Dianne Feinstein, komiteevoorsitter, het gesê die CIA het dikwels foutiewe inligting deur dié martelings verkry, maar dit dikwels nie besef nie.

Die komitee en die CIA is al tien maande lank in ’n stryd gewikkel om groot dele van die verslag van die publiek weg te hou – met die goedkeuring van pres. Barack Obama.

Feinstein se komitee sou die verslag reeds in April uitgereik het, maar moes eers met die Withuis onderhandel oor sekere feite wat om nasionale veiligheidsredes uitgelaat moes word.

Obama het Dinsdag in ’n verklaring gesê die martelings druis teen Amerikaanse waardes in.

“Dit het nie ons stappe teen terreur of ons nasionale veiligheidsbelange gesteun nie. Dit het wel Amerika se statuur in die wêreld se oë verlaag.

“Dit is waarom ek marteling verbied het. Ons doeltreffendste maatreëls teen terreur is om getrou aan ons ideale te bly,” het Obama gesê.

Die mite van 9/11

Die Amerikaanse publiek word ‘n fabel vertel oor die tragedie van 11 September 2001.

Dit gaan veel verder as die dood van diegene wat in die torings gewerk het en die dood van die brandweerpersoneel en nooddienste van siektes wat veroorsaak is deur die inaseming van giftige stowwe.

Vir dertien jaar lank reeds word die 9/11-mite gebruik om Amerikaanse oorlogvoering te regverdig.

Die korrupte Bush en Obama regimes gebruik 9/11 steeds om dood te maak, te vermink, te verdryf en chaos in sewe lande te skep, waarvan nie een enigiets hoegenaamd te doen gehad het met 9/11 nie!

Volgens die amptelike feëverhaal, op 11 September 2001, is die magtigste land op aarde, die wêreld se enigste supermoondheid, verslaan deur ‘n paar jong Saudi-fundementaliste gewapen net met papiermesse.

Die grootse Amerikaanse Nasionale Veiligheidsopset was heeltemal hulpeloos en is die grootste vernedering ooit in die geskiedenis toegedien deur mense wat slegs kamele in die sand kon baasraak.

Daardie dag het geen aspek van die Nasionale Veiligheid van die VSA gewerk nie. Alles het misluk. Die Amerikaanse lugmag kon nie eers vegvliegtuie in die lug kry nie. Al sestien Amerikaanse intelligensie-agentskappe het misluk net soos dié van Amerika se NAVO en Israeliese bondgenote. Amerikaanse lugbeheer het misluk, en lughaweveiligheid het vier keer op dieselfde oomblik op dieselfde dag misluk.

Klink dit verdag? Ja nogal. Die waarskynlikheid van so ‘n mislukking is nul.

Indien so ‘n ding werklik gebeur het, sou daar ‘n magdom eise van die Withuis gewees het, van die Kongres, en van die media vir ‘n ondersoek. Amptenare sou verantwoordelik gewees het vir hul mislukkings en koppe sou vir seker gerol het.

In plaas daarvan, skop die Withuis hard teen eise van 9/11-families vir ‘n verdere ondersoek. Die ergste veiligheidsmislukking in die geskiedenis het daartoe gelei dat nie ‘n enkele persoon afgedank is nie. Niemand is verantwoordelik gehou nie.

Osama bin Laden, ‘n CIA-bate wat aan nierversaking dood is, het die skuld gekry ten spyte van sy eksplisiete ontkenning.

Vir die volgende tien jaar is Osama bin Laden as die verskoning gebruik vir Washington om ontelbare Moslems te gaan doodmaak wat voorheen nooit enige bedreiging vir die VSA ingehou het nie. Amerika was trouens besig om die Moslemwêreld oor te wen met sagte mag en die Persiese vyand Iran. Deesdae is die bordjies verhang.

En skielik op 2 Mei 2011, kondig Obama aan dat die Amerikaanse seesoldate Bin Laden in Pakistan gaan doodmaak het. Ooggetuies op die toneel weerspreek die Withuis se weergawe.

Osama bin Laden is die enigste mens in die geskiedenis wat nierversaking oorleef het vir ‘n volle tien jaar. Daar was geen dialisemasjien in Bin Laden se beweerde wegkruipplek gewees nie. Die talle doodsberigte van Bin Laden se afsterwe in Desember 2001 het ook verdwyn.

Dieselfde span seesoldate het ‘n paar weke later in ‘n geheimsinnige helikopterongeluk in Afghanistan omgekom. Een van hulle was glo besig om aan ‘n boek te werk.

Die duisende matrose op die vliegdekskip waarop Bin Laden se seebegrafnis gehou is en sy liggaam in die Indiese Oseaan gestort is het almal die huis laat weet dat geen sodanige begrafnis plaasgevind het nie.

Die sprokie van Bin Laden se moord deur Seal Team Six het Obama se nominasie vir ‘n tweede termyn gered en die “oorlog teen terreur” van die beperking wat Bin Laden daarop geplaas het. Washington wou Libië, Sirië, en Iran, lande waar Bin Laden nie organisasies het nie, gaan aanval.

Die vervalsde Bin Laden video’s, waarin die kêrel progressief jonger word, het ook geloofwaardigheid verloor onder kenners wat nie meer lus was om aan die speletjie deel te neem nie.

Maar wat van die twee torings en ​​WTC 7?

Dit is duidelik dat die geboue nie geval het as gevolg van strukturele skade nie. Toe dit duidelik word dat die Withuis ‘n onafhanklike ondersoek blokkeer oor die enigste drie staal wolkekrabbers in die wêreld se geskiedenis wat geval het as gevolg van lae temperatuur kantoorbrande, het almal met ‘n halwe breinsel besef die VSA se amptelike weergawe het niks met die werklikheid te make nie.

Na jare van volharding het ‘n groep in New York die nodige aantal geldige handtekeninge ingesamel om die oorsaak van die ineenstorting van die drie WTC-geboue te ondersoek. Die amptelike verklaring, indien dit korrek is, beteken dat die bestaande brand- en boukodes onvoldoende is om die publiek te beskerm en dat alle ander hoë staalstrukture dieselfde risiko inhou vir openbare veiligheid.

Die saak dien voor die hof in New York en berus op ‘n regter se uitspraak. Al skrik die regter vir die implikasies, sal die argitekte en ingenieurs en ander spesialiste nogtans die punt maak dat die Amerikaanse regering geen vertroue in die geldigheid van sy eie storie het nie.

Fisici, aptekers, argitekte, ingenieurs, en die nooddienste het oorweldigende bewyse wat die amptelike weergawe heeltemal weerlê.

9/11 is gebruik om fundamenteel die aard van die Amerikaanse regering en sy verhouding tot die Amerikaanse volk te verander. In wese, het wit Amerikaners vandag geen regte meer nie.

Geen bevoegde fisikus kan moontlik glo dat die amptelike storie van die drie WTC-geboue sin maak nie. Maar fisikadepartemente by Amerikaanse universiteite is baie afhanklik van die federale geld. Enige twyfelende fisikus sal nie net sy eie loopbaan in gevaar stel nie, maar ook die loopbaan van al sy kollegas. Fisikus Steven Jones, wat die eerste keer gewys het op die gebruik van termiet in die vernietiging van die twee torings, moes daarna instem dat sy universiteit sy ampstermyn uitkoop of hulle verloor al hul federale finansiering.

Argitekte en strukturele ingenieurs wat twyfel oor die amptelike verklaring van die ineenstorting van drie wolkekrabbers word beskou deur potensiële kliënte as Moslem-aanhangers. Die kliënte, natuurlik, het geen deskundige kennis waarmee hulle die kwessie kan evalueer nie. Hul indoktrinasie maak hulle immuun teen feite.

Tom Clancy oorlede

Tom Clancy
Tom Clancy

Tom Clancy het die 9/11-aanval op die Twin Towers in New York lank voordat dit gebeur het, akkuraat voorspel. Clancy, ‘n ware genre-spesialis, het die fynste besonderhede van allerlei militêre toerusting sowel as strategie, ten seerste begryp.

Dié profetiese en outentieke skrywer van ondermeer The hunt for Red October, is Woensdag op die ouderdom van 66 oorlede.

Clancy se hoofkarakter, Jack Ryan, is die CIA-agent wat opeindig as President van die Verenigde State van Amerika in ‘n reeks blitsverkoperromans.

Die skrywer was omtrent so ver verwyder van James Bond as die held van ‘n aksieriller kan wees. Maar daar is ‘n treffende parallel tussen die loopbane van Clancy en Ian Fleming.

Net soos die beskeie Fleming literêre supersterstatus bereik het deur President John F. Kennedy se belangstelling in hom, is Clancy se loopbaan twee dekades later aangehelp deur die entoesiasme van die presidentskandidaat Ronald Reagan.

Reagan het Clancy se debuutroman Die jag vir Rooi Oktober (1984) as “my soort storie” en ‘n “moet-lees” beskryf. Clancy se verkope het daarna in die stratosfeer ingeskiet en daar gebly.

Sy 1989-boek, Clear and Present Danger het Amerika se topverkoper-roman van die 1980’s geword.

Dit blyk gepas te wees dat Reagan meegewerk het aan Clancy se sukses. Om mee te begin, het die filmster president gehelp om die loopbaan van ‘n fiktiewe president te loods.

Maar Reagan het van die Clancy-wêreldbeskouing gehou, waarin Ryan ‘n goedgunstige Amerika uitbeeld, wat die res van die wêreld se probleme oplos, ook sluipmoorde (van pous Johannes Paulus II in Red Rabbit of die Prins en Prinses van Wallis in Patriot Games).

En moenie ‘n Chinese inval van Taiwan (in verlede jaar se Threat Vector) vergeet nie. Jack Ryan sou nie te lank talm met die onderhandelingsproses in Iran of Sirië nie.

Soos baie skrywers van polities-militêre rillers, het Clancy ‘n aantal suksesvolle voorspellings gemaak deur sy geopolitieke belangstellings.

Hy het die aanval deur Arabiese terroriste op die Verenigde State van Amerika in sy 1991-roman The Sum of All Fears korrek voorspel. Die antagoniste in die gelyknamige film van 2002 is verander na neo-Nazi’s om lastige politieke stroomversnellings te vermy.

In sy 1994-roman Debt of Honour, het hy voorspel dat verskeie senior politici deur ‘n terroriste-aanval gedood sou word in die Capitol as ‘n straler die gebou tref.

Deel van wat Clancy se romans hul sin van egtheid gee, was nie alleen net sy vermoë om sy oor op die grond te hou oor wie Amerika haat en hoekom nie, maar ook sy grondige kennis.

Sy romans beskik oor ‘n ander soort egtheid as le Carré se inkleding van intrige, agv Clancy se vermoë om die leser te beïndruk met die diepte en die akkuraatheid van sy navorsing.

Miljoene lesers regoor die wêreld het verslaaf geraak aan sy romans, selfs diegene wat steeds nie van die idee van Amerika as die wêreld se polisieman hou nie.