Gedenkteken vir slagoffers van 9/11

‘n Gedenkteken is buite Shanksville in Pennsilvanië, Amerika geopen ter herinnering aan die 40 passasiers en bemanning van die United Airlines-vlug 93.

Die passasiers het vermoedelik op 9 September 2001 die vliegtuig gedwing om neer te stort om ‘n terreuraanval te fnuik.

Die vliegtuig was waarskynlik bestem om in die Senaat in Washington of teen die Withuis vas te vlieg, maar daar was geen teken van lyke of bagasie op die toneel in Shanksville nie.

Vier passasiersvliegtuie is 14 jaar gelede deur terroriste gekaap en onder meer teen die twee Wêreldhandelsentrumtorings in New York en die Pentagon buite Washington vasgevlieg.

Byna 3000 mense is in die aanvalle dood. Die amptelike getal is 2977.

Die amptelike ondersoek na die aanvalle word egter steeds deur talle spesialiste bevraagteken as ‘n blote toesmeerdery van ‘n voorafbeplande daad deur Neo-Konserwatiewes in die Amerikaanse regering.

Korporatiewe aanslag op die VN

UN-GENERAL ASSEMBLY-SYRIA-SECURITY COUNCILResolusie 68/262 wat onlangs deur die VN se Algemene Vergadering voorgehou is om nie enige verandering in die status van die voormalige Oekraïense outonome Republiek van die Krim te erken nie, het 100 ja-stemme gekry.

Met die eerste oogopslag lyk dit asof dit ten gunste van die Verenigde State en ander Westerse lande is, maar die 100 ja-stemme verteenwoordig nie ‘n volstrekte meerderheid van die VN nie.

Suid-Afrika het buite stemming gebly.

Trouens, alhoewel net 11 lande teen die besluit gestem het, het 58 buite stemming gebly, terwyl die oorblywende lidlande afwesig was.

Die Neo-Konsewatiewes in die Verenigde State van Amerika kan op sowat 100 stemme in die Algemene Vergadering reken, waaronder drie stemme van sogenaamde onafhanklike state in “vrye assosiasie” met Amerika. Dit is die Stille Oseaan se eilandstate van Mikronesië, die Marshall-eilande, en Palau. Almal is voormalige trusteeskapgebiede wat voorheen onder Japanese beheer was en wat aan die VSA toegeken is na die Tweede Wêreldoorlog.

Hierdie drie lande kom hul stemopdragte baie getrou na.

Met vier stemme in sy agtersak het Amerika die afgelope twee dekades sedert die val van die Sowjet-blok en die kwynende invloed van die onverbonde lande deur allerlei oorredingstaktieke en dreigemente dit reggekry om tussen 100 en 120 stemme te kry.

Die VSA bestee meer as die helfte van die hele wêreld op sy wapentuig.

‘n Twee-derde meerderheid is nodig om ‘n resolusie vir “Verenigende Vrede” aanvaar te kry, ‘n versinsel van die Verenigde State tydens die Koreaanse Oorlog uitgedink het om ‘n Sowjet-veto te omseil in die Veiligheidsraad.

Die resolusie vir Verenigende Vrede kan as ‘n moontlike manier aangewend word om ‘n Russiese en Chinese veto in die Veiligheidsraad te omseil ten einde VN-magtiging te bekom om Amerikaanse en NAVO-troepe regoor die wêreld te ontplooi.

Resolusie 68/262 is ondersteun deur die lande wat reageer op elke hondfluit van Washington, soos Kanada, Costa Rica, en Duitsland.

Litaue, wat ‘n Amerikaanse burger Valdas Adamkus twee keer as sy president ingestem het, het ook natuurlik “ja” gestem.

Pole se minister van Buitelandse Sake Radek Sikorski, is getroud met die voormalige Washington Post redakteur en voorste Neo-Konserwatiewe polemikus Anne Applebaum. Pole het, nodeloos om te sê, die Resolusie heelhartig ondersteun.

Die Oekraïne wat tans deur verteenwoordigers van ‘n staatsgreepjunta in Kiëf regeer word en wat ‘n demokraties verkose regering met geweld ontsetel het, het ook vir die Resolusie gestem.

Dit is dus ‘n versameling lande wat óf virtuele kolonies van die Verenigde State is of regeer word deur ‘n versameling van ideologiese dienaars van Neo-Konserwatisme en aasvoëlkapitalisme.

Die oorblywende 90 lande wat aan Washington sy “100” stemme in die Algemene Vergadering besorg het, is soortgelyk aan die kern tien lande. Agt is mikro-lande waarvan die gesamentlike bevolking nie ‘n woonbuurt van Moskou sal vul nie: Andorra, Kiribati, Liechtenstein, Malta, Monaco, Samoa en San Marino . Ander is toeristebestemmings wat welgestelde Westerlinge nodig het om broodnodige toerisme-dollars in te pomp: Bahamas, Barbados, Bhoetan, en die Seychelle.

Onder die “VSA 100” is voorts die lande waar George Soros front-organisasies en media befonds soos Albanië, Kroasië, Tsjeggiese Republiek, Estland , Hongarye , Letland, Macedonië, Moldawië , Montenegro (‘n virtuele speelgrond vir die Rothschildbank), Roemenië , Slowakye, en Slowenië.

Voeg die NAVO-lande en ander Amerikaanse militêre bondgenote soos Australië, Nieu-Seeland, Japan, Suid- Korea, Singapoer en Thailand daarby asook dié lande wat voorskrifte van die Wêreldbank en die Internasionale Monetêre Fonds moet gehoorsaam en siedaar, die 100 is binne bereik.

Daarbenewens is Soros / USAID se propagandamasjien hard aan die werk om die Armeense President Serzh Sargsyan van bedrog te beskuldig, dieselfde intrige wat gebruik is om die Oekraïnse president Viktor Yanukovych te ondermyn.

Die mees verrassende afwesige stem is Israel.

Afghanistan, Irak , Egipte , China , Indië , Suid-Afrika , Brasilië , Argentinië , Pakistan , Oman , Marokko , die Verenigde Arabiese Emirate , Jemen, Libanon , Belize , Paraguay , Uruguay, Suid-Soedan , Kenia , Ethiopië , Brasilië, en Botswana het reeds deurgeloop onder die sloping en plundery van die Neo-Konserwatiewes en kon dus nie tot ondersteuning oorreed word nie.

Die korporatiewe aanslag op die Verenigde Nasies gaan waarskynlik nietemin in die nabye toekoms slaag as nog ‘n paar “leiers” se bankrekeninge genoeg aangevul word.

Amerikaanse aanval op Sirië: Eerste hindernis oorgesteek

kerry4‘n Amerikaanse Senaatskomitee oor buitelandse betrekkinge het ‘n resolusie aanvaar ten gunste van militêre ingryping in Sirië, in weerwil van groot teenkanting wat onder gewone kiesers heers.

Tien senatore het ten gunste van die resolusie gestem, sewe daarteen en een het aangedui dat hy “teenwoordig” is.

Die Senaat, wat deur die Demokrate beheer word, sal later dié week oor direkte Amerikaanse militêre betrokkenheid in Sirië stem. Die VSA steun reeds Al-Kaida-vegters wat die Siriese president probeer ontsetel.

Die huis van verteenwoordigers wat onder Republikeinse beheer is, moet ook oor die maatreël stem alvorens pres. Barack Obama dit kan bekragtig. Die meeste Republikeine is daarteen gekant. Dit word slegs deur Neo-Konserwatiewes ondersteun wat nou betrokke is by die industriële en militêre kompleks.

Obama het die kongres gevra om goedkeuring te gee vir oënskynlik beperkte aanvalle op Sirië, in reaksie op president Bashar al-Assad se vermeende gebruik van chemiese wapens teen burgerlikes. Kritici meen egter dat die goedkeuring die president se magte veel verder sal uitbrei.

Daarbenewens is sommiges skepties oor die getuienis wat deur die Obama-administrasie voorgehou word vir die gebruik van gifgas, aangesien John Kerry foto’s van Irak gebruik het om die aantal sterftes in Sirië aan te dik. Die foto is terugetrek.

Intussen het ‘n voormalige Britse ambassadeur, Craig Murray, te kenne gegee dat Britse intelligensie geen aanduiding van Sirië se betrokkenheid by die gifgasaanval kon vind nie. Murray het sy verbasing daaroor uitgespreek en gesê die inligting is deur Israel aan die VSA verskaf wat nie dieselfde insamelingskapasiteit het as die VK se Troodos-fasiliteit wat die Midde-Ooste betref nie.