praag.co.za

Tag: ISIS

  • Isis aanvaar verantwoordelikheid vir Las Vegas maar FBI ontken verbintenis

    Isis aanvaar verantwoordelikheid vir Las Vegas maar FBI ontken verbintenis

    Volgens ‘n ISIS-webblad het die Las Vegas-skieter, wat 58 mense gedood en honderde meer beseer het, as hul verteenwoordiger opgetree, maar die FBI sê die aanvaller had geen verbintenisse met internasionale terreurgroepe nie.

    ‘n FBI-reddingspan het egter Antifa-literatuur in sy hotelkamer gevind, volgens ‘n bron wat bande met die span het. Die span het ook foto’s gevind wat in die Midde-Ooste geneem is van ‘n vrou wat met die verdagte, die 64-jarige Stephen Paddock, verbind word.

    “Die Las Vegas-aanval is deur ‘n soldaat van die Islamitiese Staat uitgevoer en is uitgevoer in reaksie op oproepe om state binne die koalisie te teiken,” het Amaq, die webblad met ISIS-bande volgens Reuter gesê.  “Die Las Vegas-aanvaller het hom enkele maande tevore tot Islam bekeer,” het Amaq verklaar.

    Die terroristegroep sê die skieter het “die operasie uitgevoer in reaksie op oproepe om die koalisielande te teiken” maar hulle het nie die aanvaller by naam genoem nie.

    VS-veiligheidsagentskappe het nie die ISIS-bewering gekontroleer nie, het Reuter berig, en amptenare aangehaal. Twee senior VS-amptenare wie se name nie genoem is nie, het aan Reuter gesê dat daar geen getuienis bestaan wat ‘n verbintenis tussen die skieter en enige internasionale militante groep suggereer nie.

    Die Las Vegas-aanvaller het nie selfmoord gepleeg soos die hoofstroommedia tans berig nie, maar is deur ‘n FBI-gyselaarreddingspan gedood. Die FBI-span het die verdagte gedood nadat hy op hulle begin vuur het, volgens die bron.

    Sheriff Joseph Lombardo het gesê die owerheid glo hy het op eie houtjie gehandel en die broer van die aanvaller, Eric Paddock van Orlando, het gesê dat Stephen hom nie met enige politieke of godsdienstige groep verbind het nie. “Geen politieke verbintenis nie,” het hy aan CBS News gesê. Maar hy kon geen verklaring bied oor waarom sy broer besluit het om op dié wyse op te tree nie.

    Eric Paddock het ook gesê dat sy broer geen geskiedenis van geestessiekte het nie.

    ‘n Polisiebeampte het aan die New York Times bevestig dat 19 gewere, waaronder twee met teleskope wat op driepootstaanders gemonteer was, asoook honderde rondtes ammunisie in Paddock se hotelkamer gevind is.

    Taakmagbeamptes is volgens berigte gewaarsku aangaande Paddock se posisie toe rook vanuit sy wapen die rookverklikkers in sy kamer laat afgaan het. Hy het ook blykbaar ‘n kamera opgestel om die polisie se naderkoms te monitor.

    Daar is berig dat Paddock voor die aanval betrokke was by tienduisende dollar se dobbeltransaksies by dieselfde Mandalay Bay-casino waar hy die status van ‘n BBP gehad het.

    Die Britse Daily Mail het berig dat ISIS verantwoordelikheid vir die massaskietery aanvaar het, en Associated Press het opgemerk dat ISIS nie gewoonlik verantwoordelikheid aanvaar tensy hulle op ‘n manier met die aanval verbind is nie. ISIS het ‘n amptelike communiqué oor die aanval uitgereik, waarin Paddock “Abu Abd Abdulbar al-Ameriki” genoem word.

    Aan die ander kant het ISIS geen verantwoordelikheid aanvaar vir die naweek se aanval in Kanada, waartydens ‘n vragmotor mense in Edmonton, Alberta, doodgery het nie.

    Abdulahi Hasan Sharif, 30, was reeds bekend aan die polisie vir sy ekstreme ideologiese opvattings en ‘n ISIS-vlag is in sy voertuig gevind. Die Kanadese eerste minister, Justin Trudeau, het dit ‘n “terroriste-aanval” genoem en gesê dat hy “diep besorg en woedend” was oor “dié sinnelose daad van geweld”. Trudeau het ook ‘n beroep gedoen op ‘n einde aan “blanke heerssug” ná die aanval deur die Somalies-gebore vlugteling.

    Die Somaliese verdagte wat ‘n beampte met ‘n mes gesteek en voetgangers opsetlik raakgery het tydens ‘n hoëspoedagtervolging in ‘n gehuurde vragmotor, het om asiel aansoek gedoen was aan die veiligheidsmagte bekend ná ‘n klag in 2015.

    “Daar was onvoldoende getuienis om met ‘n klag van terrorisme voor te gaan,” het Marlin Degrand van die Koninklike Kanadese Berede Polisie gedurende ‘n perskonferensie gesê en bygevoeg: “Daar is nie bevind dat die verdagte ‘n bedreiging vir Kanada ingehou het nie.”

  • Terreuraanval buite katedraal in Parys

    Terreuraanval buite katedraal in Parys

    “Dit is vir Sirië!” het ‘n Algerynse man met ‘n hamer en messe Dinsdagmiddag geskree, buite die Notre Dame-katedraal, en die polisie aangeval voordat hulle geskiet het.

    ‘n Algerynse man, wat as ‘n ISIS-soldaat geïdentifiseer is, het sy wraak geskree toe hy Dinsdag ‘n Franse polisiebeampte buite die beroemde Parys-katedraal aangeval het.

    Paniek het gevolg kort nadat die 22-jarige polisiebeampte in die voorhof van die katedraal aangerand is deur ‘n “student” wat kombuismesse, ‘n hamer en ander ongesofistikeerde wapens gehad het.

    Hy is geneutraliseer en gewond deur polisie-vuur, en die aanvaller is na die hospitaal vervoer. Volgens ‘n bron naby aan die ondersoek het hy beweer dat hy ‘n “Kalifaat-soldaat” is, van die Islamitiese Staat. Volgens Gerard Collomb, die Franse minister van binnelandse sake, het die aanvaller geskree: “Dit is vir Sirië” toe hy die polisieman geslaan het.

    ‘n Deursoeking van die woonstel van die aggressor is in Cergy-Pontoise, Val-d’Oise, gehou.

    ‘n Identiteitsdokument is in die naam van Farid I gevind. Volgens inligting wat deur Le Parisien verkry is, het die veiligheidsmagte ‘n identiteitsdokument met dieselfde naam op die aggressor gevind met die geboortedatum wat 18 Januarie 1977 aandui. Hy was onbekend aan die Intelligensiedienste.

    Een van die beamptes het gereageer met twee geweerskote, wat die aanvaller beseer het.

    Parys-aanklaers het kort ná die aanval deur die Algerynse hameraanvaller, ‘n teenterrorisme-ondersoek geloods.

    Die katedraal is gesluit en word tans deur soldate bewaak.

    Dié naweek het ISIS ‘n verklaring uitgereik waarin volgelinge in Frankryk gevra word om “aanvalle en gruwel uit te voer soos julle in die stede van Parys en Nice ervaar het”.

    Collomb het aan verslaggewers naby die katedraal in die sentrum van Parys gesê: “‘n Man het agter hierdie polisiebeamptes ingekom en, met ‘n hamer gewapen, het een van hulle begin slaan. Sy kollegas het met kalmte gereageer … en geskiet.”

    Die minister het bevestig dat die man “in die hospitaal is” maar nie verdere besonderhede gehad het nie.

    Voormalige Amerikaanse ambassadeur van die Verenigde Nasies, Nancy Soderberg, is ná die aanval binne die katedraal toegesluit.

    Sy het ‘n foto van die binnekant van die Notre Dame getwiet, wat toeriste wys wat hul arms in die lug hou soos deur die polisie versoek is.

    Mense in Notre Dame, die nabygeleë Sainte-Chappelle-katedraal en die area se kafees is aangesê om binne te bly tydens die polisie-operasie.

  • Om presidente te onthoof: Chelsea Clinton se grinnik het verdwyn

    Om presidente te onthoof: Chelsea Clinton se grinnik het verdwyn

    Hillary Clinton het laggend gekekkel: “Ons het gekom, ons het gesien, hy het gesterf” oor die moord op Muammar Gaddafi van Libië nadat die VSA onder haar toesig sy bewind omver gegooi het. Maar haar dogter Chelsea vir een, waardeer nie sulke grappe oor die dood van presidente nie:

    Die voormalige Amerikaanse minister van buitelandse sake Clinton was die argitek van die rampspoedige NAVO-ingryping in Libië en ‘n Amerikaanse regsprofessor Francis Anthony Boyle beskou haar as ‘n oorlogsmisdadiger volgens die internasionale reg.

    ISIS-terroriste-indringers regeer Libië sedert president Obama en Clinton saamgesweer het met NAVO om Gaddafi in 2011 te verwyder. Clinton se aanval op Libië is die ernstigste van haar baie oortredings van die wet.

    Behalwe dat die Amerikaanse federale wet verbreek is, het haar oorlog in Libië ‘n bloedspoor gelaat wat tot vandag toe bly, met ISIS-onthoofdings van Christene wat die wêreld in skok gelaat het. In Februarie 2015 het ISIS ‘n verslag vrygestel in hul aanlyn-tydskrif Dabiq wat foto’s toon van 21 Egiptiese Koptiese Christen-konstruksiewerkers wat hulle in Sirte, Libië ontvoer en onthoof het. In hul gruwelike, vreeslike video het die gevangenes die “mense van die kruis” genoem.

    Die Amerikaanse komediant, Kathy Griffin, het onlangs bekend gemaak dat sy van plan is om in die moeilikheid te kom toe sy ‘n foto van ‘n bloedige afgesnyde kop van president Donald Trump opgehou het.

    Dit het dus as geen verrassing gekom toe haar werkgewer CNN, die Amerikaanse publiek en die Eerste Gesin, sowel as die Amerikaanse Geheimediens, dit as ‘n doodsbedreiging teen die president geïnterpreteer het nie.

    By ‘n perskonferensie het Griffin haarself probeer verdedig teen die politieke stortvloed van kritiek as gevolg van haar “grap”.

    Maar selfs Chelsea Clinton kon niks vind om oor te kekkel nie. Die beeld van Griffin is soortgelyk aan dié van die ware Mohammed Emwazi, die Britse burger wat bekend staan ​​onder die skuilnaam “Jihadi John”, wat in verskeie video’s van die Islamitiese staat, sy Christelike gyselaars onthoof.

    Griffin se idee van “grap” oor ISIS-agtige onthoofdings was ook nie baie oorspronklik nie. Die Duitse nuusblad Der Spiegel het in Februarie vanjaar kontroversie veroorsaak met ‘n voorblad wat Amerikaanse president Donald Trump uitbeeld wat die afgesnyde bloedige hoof van die Statue of Liberty in een hand en ‘n bloedige mes in die ander vashou.

    “Op ons voorblad hou die Amerikaanse president die simbool wat immigrante en vlugtelinge sedert 1886 tot nou in die Verenigde State verwelkom is, met demokrasie en vryheid,” het Spiegel se hoofredakteur, Klaus Brinkbaeumer, aan die Duitse nuusagentskap DPA verduidelik. Maar sy onverkwiklike siening oor migrasie in wêreldpolitiek, is klaarblyklik besig om hom ook vinning in te haal soos wat mesaanvalle deur Moslems oor Europa spoel.

  • CNN fabriseer nuus na ISIS verantwoordelikheid vir Londen-aanval aanvaar

    CNN is uitgevang dat hulle nuus fabriseer in die nasleep van die ISIS-terroriste groep se dodelike aanval in die Verenigde Koninkryk se hoofstad, Londen.

    CNN se Becky Anderson is in Londen gesien wat rekwisiete aan ‘n “vredesgroep” oorhandig om voor die kamera vas te hou. Die doelbewuste opvoering van nuus is vasgevang op video deur ‘n omstander, wat die beeldmateriaal na sy Twitter-rekening @markantro gestuur het.

    Die nuusspan het selfs plakkate en voorafvervaardigde rekwisiete uitgereik en die groep afgerig voordat hulle verfilm is. Die beeldmateriaal is daarna as werklike nuus deur CNN uitgesaai.

    Volgens @markantro is wit polisiebeamptes versoek om te vertrek en is vervang deur Asiatiese wetstoepassers vir die verfilming, maar het gou spore gemaak nadat die toneel verfilm is.

    Die joernaliste wat die “vredesgroep” verfilm het, het die burgerlike joernalis smalend ‘n “naweek-vegter” genoem.

    Die BBC het dieselfde toneelstukkie van CNN gebruik in hul eie nuusberig in die nasleep van die terreuraanval. Katie Hopkins, Britse radiopersoonlikheid, het die hoof van die BBC News, James Harding vir kommentaar genader, maar het nog geen antwoord ontvang nie. Die BBC het ook geweier om snitte uit te saai van terroriste wat sê: “Dit is vir Allah”.

    Volgens Hopkins is dieselfde groep op verskeie plekke gebruik om nuus te “maak”. Sy vermoed dat hulle “te huur” is.

    ‘n Joernalis van die linkse koerant, The Guardian, het tydens die aanvalle getwiet dat hy “lag” terwyl mense gesteek en geslag word, maar @OwenJones84 het sy pos vinnig uitgevee. Owen Jones het op Twitter gesê: “Tans in ‘n kroeg in sentraal-Londen, vol mense wat lag en gesels. Niemand is bang of bekommerd nie.”

    Volgens die plaaslike owerhede is minstens sewe mense dood en 48 beseer. Altesame 12 verdagtes, waaronder vier vroue, is in hegtenis geneem oor die aanvalle.

    ‘n Traumadokter wat met 12 van die slagoffers van die terreuraanval gewerk het, het gesê baie mense was so geskok dat hulle nie kon praat toe hulle by die hospitaal aankom nie.

    Die dokter in beheer by die Royal London-hospitaal in Whitechapel het aan The Independent gesê die slagoffers kon net sit en staar terwyl hulle deur mediese personeel behandel is. Hy het gesê almal is sleg beseer in die voertuig- en mesaanval.

    Op Saterdag om 22:08 plaaslike tyd (21:08 GMT) het ‘n voertuig niksvermoedende voetgangers op die London Bridge getref en na Borough Market gegaan waar die verdagtes op die mark onskuldige slagoffers begin steek het. Die aanvallers is deur die polisie doodgeskiet.

    Die Amerikaanse president Donald Trump het die burgemeester van Londen, Sadiq Khan, na die Londense terreuraanval gekonfronteer. Hy het “politieke korrektheid” in sy kommentaar op Twitter gekritiseer ná die moorde in die Britse hoofstad.

    Die Moslem-burgemeester van Londen, Khan, het verontwaardiging veroorsaak toe hy getwiet het: “Daar is geen rede om bekommerd te wees nie,” want in die loop van die volgende paar dae sal wetstoepassers ontplooi word.

    In ‘n reeks twiets het die president, Donald Trump, die burgemeester se twiet uitmekaar getrek. “Ons moet ophou om polities korrek te wees en sekuriteit vir ons mense skep. As ons nie slim word nie, sal dit net erger word,” het die Amerikaanse president gesê.

    “Ten minste sewe dood en 48 gewond in terreuraanvalle en burgemeester van Londen, sê daar is ‘geen rede om bekommerd te wees’!” het Trump se twiet gelees.

    Die Amerikaanse president het ook in ‘n twiet daarop gewys dat die aanvallers nie vuurwapens gebruik het nie, in ‘n duidelike boodskap aan Amerikaanse geweerbeheerfanatici “Sien julle dat ons nie nou ‘n geweerdebat het nie? Dit is omdat hulle messe en ‘n vragmotor gebruik het!”

    Moslems soek wapens op wit mans om terreur te voorkom in Londen

    Moslemswetstoepassers in die Britse hoofstad deursoek nou blankes vir vuurwapens “om terreur in Londen te voorkom”.

    Khan het in Mei gesê: “Trump se onkundige siening van Islam kan ons lande minder veilig maak. Dit is die gevaar om gewone Moslems te vervreem. Londen het hom verkeerd bewys.”

    Daar was berigte van ISIS-simpatiseerders wat die pogings van die drie terroriste wat betrokke was by die dodelike aanvalle, geprys het, selfs voordat ISIS aanspraak gemaak het op hul verantwoordelikheid.

    Die BBC se sekuriteitskorrespondent, Frank Gardner, het gesê propaganda-materiaal is vroeër vanjaar op die kitsboodskapdiens Telegram gedeel en die oproep om dood te maak is wyd in die afgelope weke gedeel soos die Moslem-heilige maand van Ramadan gevorder het.

    Volgens die BBC het die ondersteuners van die sogenaamde Islamitiese staat die Londense aanval “die hele nag gevier – selfs voordat enige aanspraak nog deur ISIS gemaak is”.

  • Spanje: Motor maai voetgangers af

    Spanje: Motor maai voetgangers af

    Agt mense is beseer toe ‘n motor in ‘n skare buite ‘n klub in Marbella, Spanje, geploeg het. Voetgangers buite die Ocean Club naby die strand in die gewilde toeriste-oord is getref.

    Die voorval het plaasgevind op die Avenue de Lola Flores, maar wetstoepassers het gesê die voorval was nie ‘n terroriste-aanval nie. Getuies het egter aan The Sun gesê hulle het gedink dit is ‘n terroriste-aanval.

    Die polisie sê die Britse bestuurder was vermoedelik onder die invloed van alkohol en die voorval is nie terreurverwant nie.

    Maar in Februarie vanjaar het ‘n Britse regeringsverslag gewaarsku van “direkte bedreigings” teen Spanje uitgereik deur ISIS.

    Volgens die Daily Star, het die verslag onthul dat die terreur groep, wat uit Sirië en Irak werk, sy veldtog aangepas het om Spaanse vertalers te huur, en beplan om Spaanssprekende buitelandse vegters te werf.

    David Videcette, ‘n voormalige Britse teen-terrorisme-beampte wat die 7/7 Londen-bomaanvalle ondersoek het, het aan The Daily Star gesê: “Dit is baie moontlik dat daar ‘n aanval in Spanje kan wees.

    “As jy daaraan dink, is Spanje een van die min lande in Europa wat die afgelope jaar nie ‘n groot aanval gehad het nie.” Videcette het gesê Spaanse oorde is besonder kwesbaar vir vragmotoraanvalle as gevolg van hul wye oop strandpromenade wat daagliks aflewerings ontvang en voertuie kom en gaan onopgemerk.

    “Hulle sal dalk op soek wees na spesifieke lande met toeriste om aan te val,” het hy bygevoeg. “Dit is baie moontlik die Costa Brava, Costa Del Sol, daardie soort plekke wat op iemand se teikenlys kan wees.”

  • Tiende slagoffer van Manchester het ‘wit massamoord’ gevra

    Tiende slagoffer van Manchester het ‘wit massamoord’ gevra

    Martyn Hett, wat ook gesterf het in die ISIS-terreuraanval by die Manchester-arena, is hierdie week onthou as iemand wat “met passie en moed geleef het”, het die Britse poniekoerant, The Sun, berig. Die waarheid is egter dat Hett se oproepe vir massamoord van heteroseksuele “wit mans” en die verdediging van seksueel afwykende Moslems, nie die nuus gehaal het nie.

    Die gay joernalis en reklame-bestuurder, is bevestig as die tiende slagoffer van die Manchester-terreuraanval. Hett was soek sedert Maandagaand se aanval ná die Ariana Grande-konsert wat 22 gedood het en meer as 50 ander beseer het.

    Hett se dood is aangekondig deur sy gay kêrel Russell Hayward, op Twitter. Maar Hett het ietwat van ‘n problematiese Twitter-geskiedenis gehad.

    Hier is ‘n paar van sy twiets:

    “Ek stel massa-volksmoord voor” vir heteroseksuele wit mans.

    “Die kommentaar draad oor die moslemaanval-storie [in Westminster, Londen] gee my ‘n senuwee-ineenstorting. Wit, Engelse rassiste wat beweer dat hulle onderdruk word.”

    “Die grootste slagoffers van ISIS aanvalle was MOSLEMS.”

    “Die aantal getroude moslem taxi-bestuurders wat my gratis huis toe geneem het in die hoop op ‘n vinnige “blowie”. [seksueel afwykende gedrag] Dit smelt my hart elke keer.”

    Baie van die onlangse ISIS-aanvallers is “geassimileer” in die Weste in terme van hul “bevryde” seks, dwelms en alkoholgebruik. Die terreuraanvalle is egter uitgevoer om te verseker dat hulle hemel toe gaan nadat hulle hierdie godsdienstige sondes gepleeg het.

  • Polisiebeampte vermoor, 2 ernstig beseer in Paryse Champs Elysees terreur-aanval

    Polisiebeampte vermoor, 2 ernstig beseer in Paryse Champs Elysees terreur-aanval

    Een polisiebeampte is dood en twee is ernstig beseer tydens ‘n skietvoorval in die sentrum van Parys, het die Franse ministerie van binnelandse sake gesê. President Francois Hollande het gesê die skietery was van “terroriste aard” terwyl die Islamitiese staat (ISIS) aanspreeklikheid vir die aanval aanvaar het.

    Die skietery het plaasgevind op die sentrale boulevard van die Champs Elysees. Die vermeende aanvaller is ook in die skietery doodgeskiet, volgens die polisie.

    Die Franse president, Hollande, het na ‘n krisisvergadering by die presidensiële paleis gesê dat alle leidrade aandui dat die aanval van ‘n “terroriste aard” is.

    Hollande het die publiek verseker dat “ons absoluut waaksaam sal wees” tydens die komende presidensiële verkiesing.

    Hy het aangekondig dat ‘n veiligheidskomitee Vrydag om 8:00 sal byeenkom vir ‘n vergadering, en bygevoeg dat ‘n nasionale huldeblyk aan die vermoorde polisiebeampte gehou sal word.

    Die polisie probeer vasstel of die skieter medepligtiges het. Intussen het die Franse ministerie van binnelandse sake bevestig dat die lewe van die polisiebeampte, wat swaar gewond is tydens die aanval, nie meer in gevaar is nie.

    “Die identiteit van die aanvaller is bekend en is nagegaan. Ek sal dit nie gee nie, want ondersoeke oor aanvalle is aan die gang. Die ondersoekbeamptes wil seker wees of hy medepligtiges gehad het of nie gehad het nie,” het Francois Molins, die aanklaer van Parys, aan verslaggewers gesê.

    Die Franse ministerie van binnelandse sake het vroeër in ‘n Twitter-pos bevestig dat die aanvaller ‘n polisiebus wat op die boulevard geparkeer was, geteiken het.

    Die gewapende man wat die polisieman doodgemaak het, was reeds bekend aan wetstoepassers, het die polisie bevestig sonder om die identiteit van die aanvaller te openbaar.

    ‘n Buitelandse burger, is ook beseer as gevolg van die aanval, het die Parys-aanklaer Francois Molins aan BMF TV gesê.

    Die polisie deursoek tans ‘n verdagte skuiling in Chelles, ‘n gemeente in die oostelike voorstede van Parys, sowat 20 km van die sentrum, het Le Parisien berig.

    ISIS het die aanval as hul werk bevestig, het AFP berig, met verwysing na die mediaagentskap Amaq, wat geaffilieer is met die terroriste-groep. Dit het ook Abu Yusuf al-Beljiki as die man agter die aanval uitgewys.

    Die skietery het plaasgevind omstreeks 21:00 (plaaslike tyd) naby die Franklin D. Roosevelt metro-stasie in die 8ste distrik van die Franse hoofstad, die Franse RTL TV-kanaal berig.

    In die tussentyd het ooggetuies aan die plaaslike media gesê dat die aanvaller uit ‘n motor gespring het en met die Kalashnikov-aanval op die beamptes geskiet het. Hierdie inligting is dan gedeeltelik bevestig deur die woordvoerder van die binnelandse diens, Pierre-Henry Brandet, wat aan joernaliste gesê het dat “‘n outomatiese wapen teen die polisie – ‘n oorlogswapen – gebruik is.”

    Die voorval kom net dae voor die eerste ronde van die Franse presidensiële verkiesings, wat geskeduleer is vir 23 April. Marine le Pen van die Nasionale Front het haar “solidariteit met die [Franse] veiligheidsmagte, wat weer geteiken word, uitgespreek.” Le Pen het aangedui dat sy haar presidensiële veldtog Vrydag sal uitstel, volgens AFP.

    Die voorval kom net twee dae nadat twee mans in die Franse suidelike stad Marseille aangehou is, op die vermoede dat hulle ‘n “gewelddadige en dreigende aanval” voor die presidensiële verkiesing beplan het. Gewere en plofstowwe is na wat berig word tydens die soektog in hul woonstel gevind. Een van die verdagtes is onlangs na Islam bekeer, volgens Le Soir.

  • Is die VSA ISIS se nuwe lugmag?

    Is die VSA ISIS se nuwe lugmag?

    Soos Arthur Conan Doyle eenkeer geskryf het: “Wanneer jy die onmoontlike uitskakel, is al wat oorbly, maak nie saak hoe onwaarskynlik nie, die waarheid.” Die beroemde Britse skrywer en geneesheer, is bekend vir sy speurderkarakter Sherlock Holmes.

    Maar niemand het Sherlock nodig om die skreiende teenstrydighede in president Donald Trump se beweringe dat Sirië hul eie mense vermoor het in ‘n gifgasaanval raak te sien as bewys van kruipende globalisme nie.

    Na al Trump se veldtogbeloftes, het CNN se Fareed Zakaria opgemerk: “Daar is ‘n gevaar dat ons [die VSA] effektief opgetree as ISIS se lugmag. Want enigiets wat Assad verswak in ‘n strategiese sin in Sirië, versterk ISIS. Dit is basies die twee spelers op die grond.”

    Hier is ‘n paar juwele van die Trump-twiets wat terugdateer tot 2013 waarin hy baie duidelik waarsku om nie militêr in te gryp in Sirië nie:

    The President must get Congressional approval before attacking Syria-big mistake if he does not!

    AGAIN, TO OUR VERY FOOLISH LEADER, DO NOT ATTACK SYRIA – IF YOU DO MANY VERY BAD THINGS WILL HAPPEN & FROM THAT FIGHT THE U.S. GETS NOTHING!

    We should stay the hell out of Syria, the “rebels” are just as bad as the current regime. WHAT WILL WE GET FOR OUR LIVES AND $ BILLIONS?ZERO

    What will we get for bombing Syria besides more debt and a possible long term conflict? Obama needs Congressional approval.

    We should stop talking, stay out of Syria and other countries that hate us, rebuild our own country and make it strong and great again-USA!

    President Obama, do not attack Syria. There is no upside and tremendous downside. Save your “powder” for another (and more important) day!

    Let the Arab League take care of Syria. Why are these rich Arab countries not paying us for the tremendous cost of such an attack?

    Only days before last November’s election, Trump told a crowd in Florida that Hillary Clinton “wants to start a shooting war in Syria…that could very well lead to World War III.”

    Volgens die TNS Global peiling vir die Sputnik nuusagentskap, meen meerderhede in Duitsland, Frankryk, en die Verenigde Koninkryk, sowel as die helfte van die respondente uit Italië, dat die wêreld minder veilig geword het onder die presidentskap Trump. Sowat 45 persent van Amerikaners voel dieselfde. Duitsers lyk die meeste bekommerd, met 72 persent wat glo dat die wêreld ‘n minder veilige plek onder Trump sal word.

    Die gevoel van baie Europese kiesers is die mees optimistiese siening oor wat gebeur in Sirië tans, ná ‘n berig dat Trump se dogter inderdaad haar vader oorreed het om die missiel-aanval te loods.

    Trump se seun Eric het bevestig dat sy suster Ivanka Trump, wat onlangs amptelik ‘n onbetaalde Withuis-adviseur geword het, haar pa se besluit beïnvloed het om Sirië aan te val, volgens The Telegraph.

    Op Vrydag, 7 April het die VSA 59 kruismissiele op Sirië se Ash Shayrat vliegbasis in die provinsie Homs van skepe in die Middellandse See afgevuur sonder bewyse van wie verantwoordelik was vir die chemiese aanval.

    “Dit was aaklig. Hierdie ouens is barbare en ek is bly hy gereageer op die manier waarop hy gereageer het,” het Eric Trump bygevoeg, maar hy kon geen besonderhede gee nie.

    Die onderhandelingsposisies van Washington voor gesprekke tussen die minister van buitelandse sake Tex Tillerson en sy Russiese eweknie Sergei Lawrof, is aansienlik verswak deur die aanval.

    Dinsdag het ‘n joernalis van CBS gekerm dat Russiese president Poetin gereed moes staan om Tillerson te ontvang, want Rusland neem nou glo die VSA nie ernstig genoeg op nie.

    Die ironie van Major Garrett se gekerm was verlore op hom. Vir maande lank het hy en sy koerant, sowel as ander hoofstroomkoerante gekla dat Rusland die VSA se presidentsverkiesing geswaai het omdat hulle “te veel” aandag kry. Nou is dit skielik te min aandag.

  • Sweedse terreuraanval: Jihadis het kinders aspris probeer raakry

    Sweedse terreuraanval: Jihadis het kinders aspris probeer raakry

    Die Sweedse media het die identiteit van die man van Uzbekistan bekend gemaak wat na bewering Vrydag ‘n groep voetgangers in Stockholm doodgery het.

    Uzbekistan se bevolking is bykans 90 persent Moslem. Die res is Ortodoks.

    Rakhmat Akilov is volgens berigte ‘n Moslem-konstruksiewerker en pa van twee wat die owerhede ontduik het om te keer dat hy gedeporteer word.

    Hy het na bewering ‘n vragmotor met ‘n vrag bier gesteel en in ‘n besige straat vol voetgangers gejaag voordat hy in ‘n winkel vasgery het. Vier mense is dood en vyftien is beseer.

    Volgens ooggetuies het die terroris opsetlik kruis en dwars oor die pad geswenk om spesifiek kinders raak te ry. Die elfjarige dogtertjie wat doodgery is, was doof en het nie die vragmotor hoor aankom nie, het Sweedse media berig.

    Die Sweedse vrou by wie die Moslem gewoon het, het aan die media gesê sy het nie geweet hy is ‘n jihadis nie, want “hy het gedrink”. Sy het blykbaar niks van sy ideologiese jihadisme geweet nie.

    Die Noorweegse polisie het intussen in Oslo ‘n toestel, soortgelyk aan ‘n bom, in die middestad gekry. Die BBC berig ‘n gekontrolleeerde ontploffing is toe uitgevoer.

    ‘n Verdagte is ook in hegtenis geneem. Die land se veiligheidspolisie het die ondersoek oorgeneem. Geen besonderhede oor die verdagte is bekendgemaak nie.

    Die polisie in Oslo en in ander Noordweegse stede het Vrydag begin om wapens te dra in reaksie op ‘n beweerde terreuraanval in Swede toe ‘n vragmotor tussen mense ingery het. Vier mense is dood en 15 is beseer.

    Verskeie verdagtes is reeds in hegtenis geneem ná die vragmotor-aanval, maar die Sweedse polisie is besonder versigtig om nie Islam as die rede vir die aanval uit te sonder nie.

    In Egipte het die president Abdul Fattah al-Sisi ‘n noodtoestand vir drie maande afgekondig nadat meer as 40 Christene dood is in twee bomaanvalle by Koptiese kerke.

    Die eerste bom het in die St. George-kerk in die stad Tanta ontplof en die tweede aanval was buite die Koptiese katedraal in Alexandrië.

    Die weermag sal ontplooi word om die polisie by te staan om noodsaaklike infrastruktuur te bewaak. Die Islamitiese Staat het vroeër aanspreeklikheid vir die aanvalle aanvaar.

  • Terreuraanval ruk Swede

    Terreuraanval ruk Swede

    Vyf mense is dood en talle beseer nadat ‘n vragmotor in voetgangers ingeploeg het in die sentrum van die Sweedse hoofstad Stockholm.

    Die voorval het op die besige winkelsentrumstraat van Drottninggatan omstreeks 15:00 vanmiddag plaasgevind.

    Die biervragmotor is gesteel terwyl die bestuurder ‘n nabygeleë aflewering kort voor die aanval gedoen het.

    Sweedse polisie het bevestig dat hulle die voorval as ‘n terreuraanval hanteer.

    Die vermeende aanvaller is gesien wat vlug na ‘n nabygeleë metrostasie en die ondergrondse vervoernetwerk van die stad is daarna gesluit. Sy foto is intussen deur die wetstoepassers vrygestel.

    Sweedse inwoners van Stockholm het aan PRAAG gesê hulle het het so ‘n aanval gevrees nadat dit reeds in Nice, Berlyn en Londen gebeur het.

    Angsvallige voetgangers het in alle rigtings begin hardloop na die aanval.

  • ISIS het enkele dae voor St Petersburg-aanslag waarskuwing gerig

    ISIS het enkele dae voor St Petersburg-aanslag waarskuwing gerig

    ISIS het enkele dae voor die aanslag op ‘n moltrein, gewaarsku dat hulle Rusland sal teiken en boodskappe en grubeelde op sosiale media verspei waarin hulle ondermeer die land se president wys met wonde aan sy kop.

    Een boodskap het gelui: “Ons sal Rusland brand.”

    Die Russiese moltreinstelsel in St Petersburg het tot ‘n stilstand gekom ná Maandag se terreuraanslag toe ‘n ploftoestel op ‘n moltrein die lewens van minstens drie kinders geëis het.

    Russiese owerhede het nou deursoekingsbevele verkry vir twee mense in verband met die ontploffing waarin tien mense dood en 37 beseer is.

    Voorlopige ondersoeke toon dat opsporingskameras moontlik die bebaarde Moslemaanvaller op film vasgelê het.

    Nog ‘n tuisgemaakte ploftoestel wat op die trein gevind is en as ‘n brandblusser vermom is, is skadeloos gestel. Albei toestelle was met skrapnel gevul.

    Die polisie het begin met ‘n amptelike terreur-ondersoek.

    Gerugte wil dit hê dat die aanslag op die Russiese president Vladimir Poetin beplan is wat daar naby in sy tuisstad ‘n toespraak sou hou, maar amptenare wou dit nie bevestig nie.

    Intussen het Moslems op Aljazeera se Arabiese blad gejuig oor die aanslag. Voorheen het hulle mekaar gelukgewens op France24 se Arabiese kanaal toe ‘n swart bekeerde Moslem met ‘n motor voetgangers in Westminster afgemaai het in Londen.

  • Londense terreuraanval lyk na rasaanval

    Londense terreuraanval lyk na rasaanval

    ‘n Ondersoek is in Londen aan die gang nadat vier mense, asook ‘n polisiebeampte, Keith Palmer, in ‘n terreuraanval voor die Britse parlementsgebou dood is.

    Na die aanval, het ISIS-simpatiseerders die terroris geloof en gesê dit was ‘n “geseënde” gebeurtenis omdat “bloed vir bloed” gegee is na die VK se deelname aan die Amerikaanse koalisie-aanvalle in die Midde-Ooste.

    Die aanvaller was nie wit nie en vermoedelik van Asiese afkoms.

    Die polisie het die aanvaller, wat ‘n polisiebeampte met ‘n mes gesteek het, doodgeskiet. Vyf mense, insluitend ‘n polisielid en die aanvaller, is dood en minstens 40 is gewond toe die terroris met ‘n voertuig in voetgangers op die Westminster-brug ingeploeg het teen 70km/h.

    Drie Franse leerlinge wat op ‘n skooluitstappie was, is ook onder die beseerdes. Mense het van die brug in die rivier gespring om te ontkom aan die dood. Twaalf beseerdes verkeer steeds in ‘n ernstige toestand.

    Westminster was ure lank afgesper. ‘n Ooggetuie in die parlementsgebou sê hy het gesien hoe ‘n donkergrys viertrekvoertuig doelbewus in twee mense op die brug vasry. Die Britse primier, Theresa May, het die aanval buite die parlementsgebou in Londen ten sterkste veroordeel.

    Haar kantoor sê sy het haar meegevoel uitgespreek met die familie van die mense wat tydens die voorval dood en beseer is.

    Sover bekend is daar nie Suid-Afrikaners dood of gewond in die aanval in Londen nie.

    Die aanvaller het na sy doodstog teen die heining van die parlementsgebou gebots, uit die motor gespring en ‘n polisielid met ‘n mes gesteek voor hy doodgeskiet is.

    Die polisie stel ondersoek in of die aanvaller ondersteuning gehad het en hanteer die aanval as ‘n terreurdaad.

    Volgens ooggetuies, het Britse gewapende magte ‘n huis in Hagley Road, in die stad Birmingham net voor middernag bestorm, Woensdag.

    ‘n BBC Newsnight verslag beweer daar is ‘n bewys dat die Hyundai-voertuig gebruik in die aanval, gehuur was van Enterprise in die Midlands op 16 Maart.

    Volgens ‘n ooggetuie wat in die omgewing werk, was die aanvaller aan hulle bekend: “Die man van Londen het hier gewoon. Hulle het binnegegaan en drie mans in hegtenis geneem.” Die mans is nie wit nie en vermoedelik van Pakistan.

    In Pakistan het woede geheers omdat ‘n krieketspeler, Mohammed Amir, by die lughawe ondervra is toe hy Woensdag die land wou binnekom. Sy ondersteuners meen dat dit geen sin maak dat hy ‘n verdagte kan wees omdat die terroris vermoedelik ook van Pakistan afkomstig was nie.

    Intussen het die regerings van Frankryk, Suid-Korea, Portugal en Roemenië bekendgemaak dat van hulle burgers in die voorval beseer is.

    Volgens regeringsbronne sal daar geen onderbreking van parlementêre bedrywighede wees nie, maar gerugte doen die rondte dat werksaamhede opgeskort is. Die Britse Laerhuis se werksaamhede is vir vyf ure gestaak toe lede in die gebou toegesluit is vir hul eie veiligheid.

    Leiers van lande wat deur onlangse terreuraanvalle geraak is het intussen solidariteit met Brittanje uitgespreek na gister se aanval naby die Parlement in Londen. Die Franse president, Francois Hollande sê terreur raak almal en dat Frankryk verstaan waardeur die mense van Brittanje gaan.

    Die Duitse kansellier, Angela Merkel sê Duitsland staan by Brittanje in die stryd teen terreur. Die aanval in Londen volg presies ‘n jaar na ‘n aanval in Brussel in België waarin 32 mense dood is.

    In New York in Amerika is veiligheidsmaatreëls intussen verskerp by all Britse konsulate en ander Britse diplomatieke sendings. Die Withuis het ook sy volle steun aan die Britse regering gebied.

    Die Withuis se woordvoerder, Sean Spicer het die aanval veroordeel en die Britse polisie se vinnige reaksie geloof.

  • Duisende immigrante verdwyn in Duitsland

    Duisende immigrante verdwyn in Duitsland

    Die mislukking van Angela Merkel se immigrasiebeleid is blootgelê nadat dit rugbaar geraak het dat een vyfde van derdewêreld aankomelinge verdwyn het in Duitsland. Dis duidelik dat die land onvoorbereid was op die instroming.

    Volgens ‘n berig in Die Welt, is die deelstaatowerhede in Brandenburg “op soek na duisende vlugtelinge” wie se “verblyfplek onbekend” is.

    Duitse amptenare jag nou meer as 3 000 vlugtelinge in een staat alleen wat van die radar verdwyn het. Die meeste het na Duitsland gekom in 2015 via die sogenaamde Balkanroete, en vrese is aan die toeneem dat ‘n aantal ondergronds gegaan het as terroriste vir die Islamitiese staat (ISIS).

    Die vermiste immigrante is aangemeld in die staat van Brandenburg naby die hoofstad Berlyn, toe die kantoor van die staatsaanklaer begin het met terugwerkende regulering van die asielsoekers. “Vyftien tot 20 persent van 18 000 vlugtelinge is skoonveld,” sê aanklaer Ulrich Scherding.

    Amptenare erken dat tydens die chaos van die krisis is die data van duisende immigrante “onvoldoende aangeteken” en diegene wat verdwyn het, wag waarskynlik vir hul jihadistiese betaalmeesters se bevele om terreurdade te pleeg.

    Die meeste in Brandenburg het via Hongarye en Oostenryk in 2015 aangekom, maar hul huidige verblyfplek is onduidelik, erken die staat se adjunk ministerie van binnelandse sake se woordvoerder Wolfgang Brandt.

    ‘N SPD politikus, Brandenburg se minister van binnelandse sake, Karl-Heinz Schröter, het gesê dit is “algemeen bekend dat baie mense wat op die hoogtepunt van die beweging van vlugtelinge na Duitsland aangekom het, later verdwyn het van die radar af,” want die tegnologie om vingerafdrukke van al 47 000 vlugtelinge te neem in 2015, het eenvoudig nie bestaan ​​nie, maar “nou is owerhede toegerus met vingerafdrukstoortegnologie”.

    Dit is dus waarskynlik dat indien die 20 persent “verdwyn” koers regdeur Duitsland van toepassing is, sou dit beteken dat tienduisende immigrante net skoonveld is sedert 2015.

    Verlede week het Angela Merkel herhaal dat dit Europa se plig is om meer migrante te neem, ten spyte van openbare protes. Sy het by die München sekuriteitkonferensie, ook gesê Islam is nie ‘n bron van terreur nie, selfs na ‘n paar dodelike terreuraanvalle in Berlyn, sowel as Parys en Nice.

    Noordryn Wesfale, waar ‘n koalisie tussen die SPD en die Groen Party heers, het aangekondig dat alle Afghaanse “vlugtelinge” nie oorhandig sal word aan die sentrale regering vir deportasie nie, selfs al is Afghanistan verklaar as ‘n “veilige” land.

    Schleswig-Holstein het ‘n soortgelyke onsinnige verklaring uitgereik, maar Jutta Cordt, die nuut aangestelde hoof van die Federale Buro vir Migrasie en Vlugtelinge (BAMF), het opgemerk daar “is gebiede in Afghanistan wat relatief veilig beskou word. Daar is binnelandse ontsnappingsalternatiewe.”

    Hierdie berig is uniek in Afrikaans. U sal dit net op Praag lees want ander bronne wil nie dat u dit weet nie. Sluit asseblief aan en ondersteun die harde werk wat ons doen!

  • Twee terroriste in SA se visier

    Twee terroriste in SA se visier

    Twee vermeende terroriste is onlangs in en na Suid-Afrika in afsonderlike voorvalle vasgetrek, het die Valke Sondag gesê.

    In die eerste voorval, is ‘n vermeende ekstremis, wat reis op ‘n paspoort van die Verenigde State van Amerika via Turkye, by die OR Tambo op 16 Desember gevang, het Media24 berig.

    “Hy was reeds gemerk deur Interpol,” het die Valke se woordvoerder Hangwani Mulaudzi gesê.

    “Hy is toegang tot die land geweier en moes terug na Turkye.”

    In die tweede voorval, wat ook plaasgevind het verlede maand, is ‘n Irakse man wat probeer het om te vlieg uit Turkye na Suid-Afrika gekeer. Hy is deurgang geweier deur die Turkse owerhede. Hy is daarna in hegtenis geneem.

    “Hulle voel hy huldig ekstremistiese menings… [volgens] hul eie intelligensie,” het Mulaudzi gesê. Suid-Afrikaanse wetstoepassing wag nou vir ‘n verslag van Interpol oor die aangeleentheid om meer besonderhede te bekom.

    Die Sunday Times berig dat die Irakse man bedrywig was vir die Islamitiese staat en hy is ‘n bommaker. Die Irakse ambassadeur Saad Kindeel het volgens die koerant gesê dat die man “nie wou kom na Suid-Afrika om vir ISIS te werf nie, maar om ‘n spesifieke teiken wat later aangeval sou word, te identifiseer”.

    Intussen het Mulaudzi gesê gesê dat Suid-Afrikaanse amptenare waaksaam bly en skakel met ander wetstoepassingsagentskappe om die bedreigings van terrorisme die hoof te bied.

    “Suid-Afrika is nie immuun teen hierdie voorvalle nie.”

    Hy het gesê interne bedreigings van terroriste-aktiwiteit kon ook nie geïgnoreer word nie.