Sydney Gregan: Helen Zille se mistasting

Helen Zille skryf op 11 Augustus op politicsweb onder die opskrif “Why South Africa became a Criminal State” dat indien ons ooit wil verstaan hoe die ANC ‘n “plundermasjien” geword het, mens eers moet verstaan hoe dinge saamgestel was.

Die hutsmerk #VoetsekANC som die gevoel op van waarskynlik derduisende denkende kiesers in hierdie land wat (uiteindelik) insien dat die ANC eintlik maar net een doel het en dis om alles voor die voet in te palm (en te verorber) waarop hulle hulle hande kan lê. Hulle voel vir die mense van hierdie land niks. Begrippe soos demokrasie en menseregte word net gebruik om die wêreld te flous terwyl ANC-kaders elke dag kyk wat daar nog oor is om te plunder.

Seker die finale bewys dat die ANC ‘n veer voel vir die land is die strooptog met Covid-19-fondse terwyl werkloosheid en gepaardgaande armoede toeneem en ‘n hongersnood dreig. Ace Magashule het boonop die onmoontlike vermag deur vir Jacob Zuma verby te steek as die mees haatlike figuur in die land met ‘n vermetelheid wat net geen perke ken nie. Byna uitdagend het hy gestel dat daar niks fout is daarmee dat sy seun die “tender” vir maskers en seep by die Vrystaatse provinsiale regering gekry het (net om onmiddellik ‘n BMW van R2 miljoen aan te koop) nie.

Die korrupsie oor 26 jaar beloop miljarde rande en die einde is nie in sig nie. Wat die situasie tans baie erger maak is, soos Zille dit stel:

“the callousness of looting donor funds provided to protect people from a potentially deadly illness, reflects the extent of the ANC’s moral depravity”.

Hoe het dit dan in 26 jaar ontvou tot by hierdie toestand? Wel, te midde van ‘n grondwet wat beskou is as die “mees gevorderde” ter wêreld en die pretensie van ‘n “reënboognasie”, is die realiteit dat ons regeer word deur ‘n klomp kriminele wat juis die wette van hierdie land gebruik het om hulleself te verryk.

Die ANC het, soos Zille tereg daarop wys, korrupsie gewettig. Hulle het dit openlik onder almal se neuse gedoen met die steun van die liberale pers en met ekonome en maatskappye wat maar net te gretig was om self in die buit (of die krummels wat rondval) te deel. Zille stel dit prontuit:

“What’s more, these institutions not only failed to protect us. They actually facilitated this downward trajectory.”

“Broad-Based Black Economic Empowerment” (BBBEE), soos gekonseptualiseer en geïmplimenteer deur die ANC (met die steun van die liberale pers en groot geld) het korrupsie gewettig en moreel aanvaarbaar gemaak. Teenstanders daarvan is as rassiste uitgekryt dog is die waarheid dat meer as 100 wette hierdie monster in ons samelewing ingevoer het onder die dekmantel van “rasseverteenwoordigendheid” terwyl die ANC dit gebruik het om sy kaders oral te ontplooi.

Heel gepas stel Zille dit soos volg:

“The factions in the ANC are not driven primarily by political or ideological differences, but by intense contestation for control over these funding sources. After 26 years, the South African state has become a web of competing criminal syndicates, posing as a government.”

Kiesers is verkiesing na verkiesing vir die gek gehou om te glo dat swartes deur BBBEE “bemagtig” is. Die waarheid is dat dit ‘n ANC-elite so bemagtig het dat dit bykans onmoontlik lyk om die situasie nou reg te stel. Die werkloosheidsyfer kan op 50% staan na die Covid-19 fiasko en derduisende besighede moes sluit terwyl die vetkatte van die ANC eenvoudig meedoënloos voortgegaan het met drakoniese en waansinnige maatreëls wat nooit bedoel was om “lewens te red” nie, maar veel eerder om hulle verskanste posisies verder te beskerm en te bestendig.

Soos dr Anthea Jeffery in haar boek The People’s War dit stel (en nou deur Zille bevestig word), het die ANC dit 23 jaar gelede reeds prontuit gestel dat hulle bedoeling met die Nasionaal Demokratiese Revolusie juis staatskaping was.

Joel Netshitenzhe, ‘n ANC-“intellektueel” het in die ANC-mondstuk Umrabulo, in 1998 geskryf:

The aim of the NDR “is extending the power of the ‘National Liberation Movement’ over all levers of power: the army, the police, the bureaucracy, intelligence structures, the judiciary, parastatals, and agencies such as regulatory bodies, the public broadcaster, the central bank and so on”.

Die ANC het dus ANC-partybeheer van die ganse Suid-Afrikaanse staat verkry deur doodeenvoudig BBBEE toe te pas en alle fondse wat beskikbaar geraak het eenvoudig vir hulleself op te eis. Die stryd binne die ANC gaan slegs om beheer oor daardie fondse en nie om die belange van die mense van hierdie land nie.

Toe die DA die ANC hof toe gevat het oor die toekenning van Covid-19-fondse aan die hand van BBBEE-kriteria moes hulle van die regbank hoor dat die minister nie net geregtig was om dit so te doen nie maar deur die BBBEE-wetgewing verplig was om dit te doen! Hierdie hofuitspraak is finale bewys van die hopelose toestand waarin ons ons nou bevind. En dit word deur wetgewing (gerugsteun deur die grondwet) gemagtig!

Wat stel Zille voor as oplossing vir hierdie gemors?

“The only way out of this mess is to understand that no democracy can make sustained economic progress without actively striving to become a meritocracy, where people are appointed to positions, or win tenders, on clear, value-adding criteria, not their colour or their political contacts. And the only way we can get there is if the voters begin to understand why this is so important, and begin to vote for it.

Otherwise we must stop feigning shock that the looting continues.”

Ek is bevrees dis juis hier waar Zille as aartsliberalis mistas. Die (meerderheid) kiesers waarvan sy praat wil nie vir die DA stem nie. Daar is vir hulle niks te wen deur vir die DA te stem nie. Hulle wil juis vir die ANC stem in die (vae) hoop dat hulle ook in die buit kan deel. Hoe anders moet mens dit verklaar dat in 26 jaar en te midde van feitlik daaglikse beriggewing van ANC-korrupsie en -vergrype, die meerderheid steeds vir die ANC stem?

Die realiteit van meerderheidsregering in Afrika is dat ‘n elite hom telkens posisioneer binne die meerderheidsparty en dan sy posisie sodanig verstewig dat dit bykans onmoontlik is om hom uit die kussings te lig. Hier by ons is dit boonop deur wetgewing gedoen wat deur die “edele” grondwet gerugsteun word. Praat van verskans!

Nee, veel eerder lê die oplossing daarin dat die blanke al sy sake self sal moet bestuur waar hy kan en waar die geleentheid hom in die toekoms voordoen, homself sal moet afskei van die ANC-staat wat met verloop van tyd verder sal verkrummel en uiteindelik in duie sal stort. Want waar die ANC hom lelik gaan misreken is dat die blanke koei net sal aanhou melk lewer. Dit gaan nie gebeur nie. Blankes se geduld gaan opraak soos hulle geld opraak. Nog ‘n ANC-mistasting is dat die geldkraan nie sal opdroog nie. Daardie kraan gaan voor die ANC-vrate se neuse opdroog. Hulle sal, soos elke ander Afrikastaat, nie verstaan waarom dit gebeur nie. Hulle sal waarskynlik ook nie omgee nie en bloot die BMW langs die “stroois” intrek en om die pappot met ‘n deurtrekker gaan kniel en iets oor “apartheid” mompel.

Ja Helen, wie die lesse van Afrika nie wil leer nie is daartoe verdoem om dit weer en weer te beleef!

Suidpunt: Die Afrikaner in sy soeke na egtheid

Afrikaans is nie slegs woorde nie. Afrikaans is ook ‘n leefstyl. Vandag kyk ek na twee tendense in die hede en verlede en hoe dit Afrikaans raak. Eerstens vergelyk ek die binnehuisversiering van die 1980’s en begin-2020’s, gevolg deur die ersatz-kultuur van die Franssprekende elite van die 1800’s.

Binnehuisversiering van die 1980’s en die begin-2020’s

Die buurvrou het onlangs haar hele huis van ou tydskrifte begin leegmaak. Almal Rooi Rose uit die laat-1970’s en vroeë-1980’s. Soos mens deur die tydskrifte blaai, is dit nie soseer die modes wat my opval nie, want heel onlangs nog het jy soortgelyke nabootsings in die uitstalvensters van boetieks gesien. Modes herhaal mos. Wat my wel opgeval het is die Afrikaans op die etikette, die gesin wat nog die fokuspunt was, maar bowenal: die binnehuisversiering en tuinbou.

Karin Hougaard se “Lui telefoon”-musiekvideo is ‘n skoolboek-voorbeeld van die 1980’s.

So skryf ek aan ‘n afgetrede binnehuisversierder op Wikipedia, met die gebruikersnaam Racheltjie de Beer, want ek sukkel werklik om die logika daarvan te begryp.

So beskou ek die vroeë 1980’s:

Die binnenshuisversiering het ‘n verskoning gesoek om ‘n onooglike varing of klewerige klimop in elke liewe kamer op ‘n hoektafeltjie staan te maak. Boonop in ‘n blinkgepoleerde geelkoperpot wat om die een of ander rede nooit sal roes nie. Moontlik om die karige meubilering te verdoesel wat getuig van ‘n nypende staatsamptenaar-salaris. En tog was daar géén spoor van minimalisme nie!

Die ideaal was blykbaar ‘n gesonke spierwit bad tussen strengvierkantige pikswart teëls met spierwit bryvulling (“grouting”) wat tog te mooi kontrasteer met ‘n deursigtige glas limonade waarvan die waterdamp afbiggel (dit het egter ook elke voetwasemspoor met ‘n aanklag uitgewys!).

Ander huise het donkerblou, maroenrooi of kakiegroen baddens gekry tussen roomkleurige teëls wat pas by die liggewende geel gloeilampe. Wit mure vir binne was duidelik te koud en te hard. Diegene wat die natuur vrye teuels in die huis wou gee, het soms ‘n kolossale rotstuintjie in die badkamer gepak wat die-hemel-alleen-weet op ‘n manier skoongemaak moes word. Rottangstoele en roosblare, draperings geel-en-wit, ligpienk-en-wit het saam met die potpourri en jasmyn die arme huisbewoners genoeg hooikoors besorg (my ma het nou nog hierdie sitkamerkussinkies met gedroogte gegeurde blomme in die middel). Iewers moes daar nog plek wees vir ou boeremeubels of familie-erfstukke ook, soos die embuiatafel.

Ander tydskrifuitgawes het hul toevlug geneem tot roomkleure of Sinutab-pil-pienk, of die oordaad van blompatrone – op novilon of vinylaire (veral Marley-teëls wat elke stofkorrel wys) – découpage van gedroogte blomme teen plastiekpotte, nog selfs meer blompatrone teen die gordyne op – genoeg om ‘n hiperaktiewe ADHD-kind twintig rondtes om die huis te laat hol voor slaaptyd. Asof die huis nie reeds donker genoeg was met die rolblindings nie, is die verbleiking nogmaals getemper deur tweekleurige sonskerms van materiaal wat voor elke venster gemonteer is. Ook die geriffelde ruite by die voordeur of vooraansig was soms geel, bitter selde pienk.

Net soms het ‘n standbeeld van die een of ander Romeinse god by die voordeur jou ingewag, maar opvallend genoeg is die hele lewe wat mens hier sien ‘n wêreld sonder die televisie (met die vier kanale+), sonder internet, sonder rekenaar, sonder selfoon, sonder tablet… kortom: die lewe was buite! Dit is ook opvallend dat mens hierdie een teëladvertensie in die tydskrif gekry het waar ‘n dame, omring deur kroonblare, soos ‘n Grieks/Romeinse godin langs ‘n swembad (met die juiste teëls!) uitgebeeld word. Die teëls was ontwerp deur Gianni Versace. Hierdie goddelike element kom ek later by terug.

As mens nog gedink het die huis het in ‘n oerwoud ontaard, waag dit buite! Jy stap by ‘n kwekery in. Broodbome en strelitzias (en papirusplante ook?) was hoogmode en as jou tuin, al was dit ook in die Karoo, nie oor ‘n bont roostuin, orgideë, rolbalbaan-grasperk, swaar witgeverfde marmeragtige potte, ‘n swembad of waterbruggie met spartelende visse benede, ‘n kleurwiel van hibiskusblomme en bougainvilleaspesies, van digte, welige watersuipende tropiese eksotiese smaak getuig het (wat die vibracretemuur bedek het) as onthaalplek vir ‘n Sondagbraai tussen vriende nie… dan was jy seker met iets anders doenig op ‘n Saterdagmiddag. Daar is in die biblioteke ‘n magdom tuinboeke in Afrikaans, en almal dateer min of meer uit hierdie era (miskien met Keith Kirsten uit die vroeë 1990’s).

Die gedagte wat by mens opkom vir hierdie opkomende middelklas van die 1970’s/1980’s was: as jy nie jou eie privaateiland kon besit nie, dan kon jy steeds jou woonhuis tot ‘n paradys omtower. En waarom nie? Suid-Afrika se klimaat was perfek om hemel op aarde te bring.

Selfs in Malawi sê Kotie Bastiaanse, dis nou die eggenote van die Suid-Afrikaanse ambassadeur (Cornelius Bastiaanse), wat versot is op tuinwerk en in die kort tydjie “reeds wonders in die tuin verrig” (Rooi Rose, 27 September 1978, bl. 20):

“Oor die algemeen groei plante geil hier”, sê sy. “Tog aard sekere struike en plante soos azaleas en begonias nie hier nie. Kannas word weer tot drie meter hoog. Planttye is ook hier anders as in die Republiek. Ek eksperimenteer dus nog. Hier om en by Mei het die madeliefies byvoorbeeld al klaar geblom.”

Mev. Bastiaanse het ook ‘n suksesvolle groente- en vrugtetuin aan die gang. Sy het gou uitgevind dat tropiese vrugte soos papajas, veselperskes en ook vye goed in die egalige klimaat van Malawi aard.

In ‘n beskutte deel van die tuin het sy orgideë geplant en ‘n ou, omgevalle boomstomp blyk ideaal vir bromeliades en sekere soorte orgideë te wees.

Die ambassadeursvrou spog ook reeds met ‘n roostuin, asook ‘n hoekie vir vetplante en aalwyne. Tussen die inheemse bome is sy besig om ‘n tuin vir veldblomme te skep.

Ek laat my nie vertel ons huidige ambassadeurs en ambassadrises sal hul verwerdig om hul vingers in die grond te druk nie!

Dus, vanwaar kom hierdie liefde, amper besétenheid van tuinmaak vandaan teen die laat-1970’s en vroeë-1980’s? Dis deesdae amper ‘n sterwende kuns!

Die hele tema is vir my amper iets van: Om te soek na die paradys, ‘n soort Neo-Victorianisme/Neo-Gothic, ‘n soort teenvoeter vir die kaalgestroopte modernisme of selfs buurtverval in die stedelike gebied, om karakter terug te bring in ‘n tydperk waar juis die individualiteit aangeval word, of dalk was dit selfs die “hortus conclusus” wat die aardse paradys (Eden) kan versinnebeeld, die simbool van kultuur. Die Grieks-Romeinse invloed is miskien ‘n vae herinnering hoe broos kultuur kan wees (want het hierdie ryke nie ook tot ‘n val gekom nie?). Dit kan natuurlik ook wees dat die tuin bloot die toevlugsoord of tydverdryf was wat die internet vandag bied.

In my een voorgeskrewe derdejaarsbundel in Afrikaans uit die 2000’s word daar selfs in detail beskryf oor ekospiritualiteit (wat natuurlik ook deel van die hele “terug na die natuur”-veldtog van die 1970’s was wat Suid-Afrika toe eers bereik het, miskien saam met die Chinese maanpoort of “moon gate”) wat die tuin aanbetref (veral die Zen-Boeddhisme, soos verwoord deur Breyten Breytenbach).

Nietemin, die snoeiskêr is ondertussen vir die selfoon verruil. Watertekorte en gevolglike boetes het ‘n einde gebring aan die welige blomtuin. Die huise is of heeltemal kaalgestroop tot net die noodsaaklike, of miskien totaal impulsief oordonder deur mosaïekkruise en kokketielhokke à la De Kat of Vrouekeur… Kom ons sê maar net: “it’s paradise lost”.

Tot ‘n sekere mate kan ‘n mens nog die “kaalgestrooptheid” van die 2010’s en 2000’s verklaar (luiheid, die soeke na al hoe meer lig en deursigtigheid, beweeglikheid/mobiliteit, makliker skoonmaak, minimalisme). Maar die 1980’s bly vir my ‘n absolute raaisel.

Racheltjie herinner my toe ook aan die ekonomiese opbloei en dat smaak en geld nie noodwendig hand aan hand loop nie. Wat wel opval is die Universiteit van Stellenbosch wat destyds ‘n baie moderne ingesteldheid gehad het:

Groot was my ontnugtering gevolglik toe ek in die vroeë tagtigerjare Interieurontwerp op Stellenbosch geswot het en blootgestel is aan die wonderlike style en meubels van vele ander tydperke, in die besonder die Moderne Beweging en die Bauhaus. Ons dosent destyds het ook nie geskroom om die style en gewoontes van die tagtigs as absolute kitsch te degradeer nie. Dit het my lank gevat om ‘n sekere mate van empatie te ontwikkel met mense se besittings en dat dit dalk vir hulle iets beteken, selfs al gril ek my morsdood vir die gebrek aan styl en kreatiwiteit. Soms is dit belangrik om saam met raad en riglyne ook sensitief te wees vir ander se “kosbaarhede” en die dinge wat vir hulle sentimentele waarde het.

Mnr. en mevrou doktor so-en-so het ook ‘n invloed op die smaak van die volk uitgeoefen, sê sy.

Maar natuurlik, ja! Hoe kon ek daai een vergeet het? Reisaandenkinkies! ‘Ek en my man, dr. X, was mos Egipte toe, kyk net die mooi tapyt wat ek saamgebring het en papirusrol van gedroogde piesangmâché’. Die 1980’s was deels ook bietjie nydige vertoonsug… want rondreis as jy uit Suid-Afrika was, al was die wisselkoerse heel goed, klink amper na ‘n sprokie.

Terwyl ons nog oor die 1980’s gesels, speel Enya se fleurige “China Roses” en “Tea-House Moon” in my kop.

Ek het op 5 deser ook die Die Swart Kat-DVD’s uitgehaal wat ek by ‘n meubelhandelaar op Hermanus gekoop het en die dekor met aandag bestudeer. Dis tydsdokumente op sigself. Soos hierbo genoem het die kleredrag my nie eintlik opgeval nie. Nie die rooi Addidas-bofbalpet of die toerygseilskoene nie, nog minder die laag-op-laag-T-hemde, geruite knoophemde met denimbroeke wat netjies bo die heupe sit (wat nog die diep donker ruie kloof agter van die 2000’s versteek). En die snorre? Hmmm… Movember? Die lang hare by die mans was nogal vreemd, maar met die Coronovirus-inperkings het ook hier nuwe lewe ingeblaas.

Maar tog, soos die Rooi Rose-tydskrifte, voel alles byna na ‘n onwerklikheid. Jode van Johannesburg en ‘n dwelmhandelaar-Japannees wat hul SAUK-Afrikaans so mooi suiwer besig! En hier is Annette Engelbrecht hard aan die werk om ‘n digte bos hibiskus van blomme vir die tafel te stroop (en Borrie se hand te klap wat re(i)k na ‘n roosterbroodjie). Michélle Botes met bokstertjies. Ja werklik, géén satellietskottels of rekenaarskerms of ‘n koeksel drade in sig nie. En ja wragtig, daar staan die welige ruikers in geelkoperware op die kantmateriaal in al sy skitterende prag! (Middelklas of by die Rykes, dis orals!). Die beblomde teëls in die kombuis staan vas. Die bruin kussings met kerriegeel sonneblomme op die spierwit tuinstoele is vir ewig in my kop afgeëts. So ook die byna naatlose plaveisel van grys stene sonder ‘n sprietjie onkruid (of ou kougom) tussenin. Swaar goue olielampe by die kaggel, wat nooit sou brand voor beurtkrag nie, met ‘n palmboom wat bid en smeek vir ‘n bietjie sonskyn in die hoekie vir eensames. (Goud)omraamde afdrukke van die Ou Meesterskilders of ongebruikte porseleinborde met een of ander oermotief is orals te vinde. En borsspelde! En ysterkatels!

Dit is nie dat mens iemand ‘n tafeltjie van egte rooshout misgun met onverkrygbare ivoorinsetsels nie. Dit is ook nie dat jy spoeg op iemand se loodswaar trousseaukis nie. Ook sou ek nie die goedige huisvrou die plesier wil ontneem om met Brasso haarself eers swartgroen te besmeer voordat daardie koperpot uiteindelik haar blinkvol oë laat traan van die skitterende lekkerkry nie. Tot 6 maande later weer.

Dit gaan vir my eerder oor hierdie massavervaardigde namaaksels van erfstukke “waarin jy nou ook kan deel”, wat “almal” skielik moes hê, wat orals in hierdie tydskrifte skielik geadverteer en so maklik verkrygbaar was – en eintlik maar net ‘n las en in die pad was. Ook die muurborduursels (tapisserieë). Die goed het bloot as versiering gedien, stof vergaar en net nog ietsie geword waaroor Jannie in sy verbitterde kinderjare raas sou kry. Toe ek een tydskrif oopmaak en ek kyk na die oordadige kant wat so broos soos spinnerakke in ‘n slaapkamer vaskleef, sien ek in die foto is ‘n skuifraamvenster. Die foto-onderskrifte het orals, so huiwerend oortuigend met ‘n stywe kopknik, die woorde “baie mooi” nagemaak. En deur die skuifraam kyk jy in die grou drieverdieping-skakelwooneenhede oorkant die straat vas, waarvan die kombuis onder straatvlak geleë is. Ek kon net grinnik, want die oorsaak van al hierdie boosheid is geëien: Londen, waar anders?

Ek is alte bewus van dr. Dan Roodt se hekel in die Randlords van ouds se Engelse herehuise van Saxonwold, wat hoegenaamd nie, nes sy inwoners, by die omgewing aangepas het nie: dit is gewoon uit Brittanje gaan spit en op eie bodem ingeplant. Daaroor skryf hy in sy boek Raiders of the Lost Empire (2014):

When one looks at the older houses built in the supposedly “posh” suburbs of Johannesburg, like Parktown, Westcliff and Saxonwold, I am often amazed at how ugly they are. Every Frenchman or Italian or even Dutchman […] would simply burst out laughing at these large, anachronistic homes that are completely out of place in our climate. If you compare the best of what the so-called “Randlords” who became fabulously rich from gold and diamonds could build in Johannesburg, with our Cape Dutch architecture of the seventeenth and eighteenth centuries, one may well appreciate just how limiting ersatz and imitation really are. For the English or those pretending to be English in Johannesburg were precisely copying English architecture meant for a cold, rainy climate. They were mostly oblivious to our warm, dry, hospitable climate with its endless succession of sunny days. For centuries, we have lived and spent time outdoors, in the open, under trees or on a stoep, the wide veranda that characterised most Afrikaner farm houses. They saw that, but preferred the dark, overgrown hovels of their native England or, if they were not native to England, what they imagined England to be.

Al sou die moderne argitektuur die gewenste medium wees om by die omgewing aan te pas, gebeur dit alte dikwels egter ook nie. Die produk wat jy kry is bloot ‘n vistenk.

Teen die aanvang van 2020’s is dit vir my ewe interessant waarmee die nuwe middelklas hulle nou besig hou. Die voorgestelde meublement is, moontlik omdat almal nou in huurhuise bly en voortdurend moet verhuis, die absolute bloedlose minimum (seker die oorblyfsels wat nog nie weggesteel is nie). Mure met roomkleur het plek gemaak vir ‘n ysige wit of duifgrys om ons kleurlose en verbeeldinglose bestaan binne die een of ander sosialistiese inrigting uit te beeld: want orals lyk die dekor presies dieselfde, en teen ‘n prys.

Die kristallampe het begin verdwyn vir enkele energiebesparende LED’s. Bruinkleurige en houtmeubels is met ‘n dik laag wit toegeverf. Te midde van hierdie doodverf van die verlede of trouens alle lewe, kry jy van die duurste die beste volkleur 8K-televisie(s!) en ander elektriese toerusting (met slegs ‘n 2-jaar-waarborg) en draagbare elektroniese toebehore om by die immer in Bewegung-kultuur aan te pas en die lewe draagliker en kleurryker te maak. Voeg nog ‘n goedkoop skynwerklikheidsbril (VR) by die versameling, vir die nimmereindigende ontvlugting na die kuberruim, en jy’t ‘n bevolking wat heeltemal tred met die werklikheid verloor het. Maar welkom in die hede, ek is seker jy voel klaar tuis. Net jammer sonder krag staan hierdie wêreld botstil…

Pleks van vorentoe te beweeg, beweeg ons progressief agteruit. Ons sit met yskoue porseleinteëls, meestal sonder ondervloerse verhitting – ‘n fout wat die Romeine ook soms duur te staan gekom het (party villae rusticae het wel ‘n hypocaustum gehad) in Engeland en waarom die Angel-Saksers vir jare lank in takkrale en houthutte sonder skoorstene gebly het totdat die Franse Normandiërs dit as hul roeping beskou het om die Engelse op te voed betreffende die kos, boukuns, mode, fynproewersmaak, interieur én taal, hoewel die sending tragies misluk het. Terug na die hede: nie tevrede met porseleinteëls nie, is daar hierdie gelamineerde vloere wat na die eerste was of so begin skif. En die goed lyk altyd vuil! Maar troos jou daaraan, luiaard: anders as met die Kaap-Hollandse huise, hoef jy nie meer elke jaar die kamer van alle meubels te ontruim en die skuurmasjien uit te haal voordat jy die warm, ryk, duursame geelhoutvloere vernis nie. En die welriekende aroma by die jaarlikse smeer van beesmisvloere: jy hoef jou nie meer te bevuil nie.

Skilderye is klein, lig, of meestal heeltemal afwesig, net soos die huisbewoners se geskiedenis. Dit kon netsowel net nog ‘n ongegradeerde oord of goedkoop oornagplek op lekkeslaap.co.za gewees het.

Nodeloos om te sê is die Smal en Breë Weg nie meer in die voorhal om jou op die regte koers te hou nie, ook nie die gehekelde Onse Vader-gebed nie, en ook nie die lewensgrootte Familiebybel met familiename wat oopgeslaan lê by Psalm 23 nie. ‘n Rosyntjiegesig Ouma- en Oupagrootjie Brombeer (taai gebrei onder die sadistiese Afrikason) grom nie meer Calvinisties op ‘n portret nie, met die gevolge dat die kinders en kleinkinders nie ‘n benul het van swaarkry of die geduldige klein-klein begin nie, laat staan nog hul nederige herkoms. Selfs in sommige Romeinse huise het ‘n marmerborsstuk van die stamvader gestaan wat vermanend na jou geloer het. Die porselein-koffiemeul uit 1720 en ander erfstukke word vandag teen ‘n appel en ‘n ei verkoop om die studentelening te help afbetaal, of… eenvoudig net onverskillig weggegee of van ontslae geraak weens die “energie” wat die ding afgee.

En die tuin? Miskien twee vetplantjies omring deur ‘n vloer vol los skerp eina-eina klippertjies (sodat jy saans die skelms kan hoor grits-grits aankom…), met min speelplek vir die kinders. Buitendien, die paradys is lankal nie meer privaat nie en dit word deur die sekuriteitskompleks se tuiniers in stand gehou, dit het niks met jou uit te waai nie (daarvoor is jy buitendien te besig met jou aanlynlewe en in die verkeer vas te sit, want daar’t weer ‘n trok by Macassar omgedonder), behalwe die maandelikse heffings op die rekeningstaat. In die huis self sal daar ‘n piepklein bietjie groenigheid skaam-skaam in die oorverligte vertrekke sy koppie uitsteek, ironies genoeg in ‘n tydperk waar die wêreld ekobehep is.

En tog, te midde van al hierdie indrukwekkende minimalisme, sien ek nêrens ‘n enkele boekrak(kie) in sig nie. Nie eens vir kookboeke nie (maar natuurlik, niemand kook nie). Nogal vreemd as mens in ag neem dat soveel kosbare en gewigtige werke beslis nie as e-boeke daarbuite beskikbaar is nie en ons almal weet goeie produkte is nie altyd die nuutste die beste nie. Uit ‘n steekproef op Property24 het ek ook gesien daar is duidelik meer privaatkroeë (vir die rojale onthale) en private ondergrondse wynkelders (om kollegas, familie en vriende tydens kwarantyn te hulp te snel, natuurlik – daar’s altyd ‘n uitweg!) as boekerye te sien, veral by die duurste paleise langs die kusdorpe waar jy meer “geletterdheid” sou verwag. Laat staan nog ‘n biblioteek soos Steve Hofmeyr s’n!

Dit het niks met armoede te doen nie, maar eerder ‘n klasseverskil. By Engel & Völkers is daar sulke peperduur hipermoderne skeppings in veral Spanje (op Mallorca!) en Italië gekry. Ons praat nou van oor die 6 tot 52 miljoen Euro per huisie, waar dit oënskynlik ‘n skande is om nie aan hierdie “standaard” (‘n kamer, of ten minste ‘n hele muur vol boeke) te voldoen nie. Want la bella signorina wil langs la piscina met haar occhiali da sole neri in il sole caldo lê en lees, natuurlik. Ag Suidpunt, jy bluf jouself – dis stinkryk sakemanne uit Duitsland wat hul fantasieë op bouplanpapier verewig, verwesenlik en uitgeleef het. Maar maak ‘n ander halfrond dan werklik so ‘n hele wêreld se verskil in denke?

Waarom ontbreek hierdie element dan by ons rykes in Suid-Afrika se moderne huise? Gaan kyk maar ‘n bietjie in die Kaap rond by die eiendomsagente en stel die prys op ‘n minimum van R15 miljoen vir ‘n enkele huis. Ag, hoekom nie – kyk is mos vry op die webwerwe? Trek gou jou mooiste nommertjie aan, Mevrou, en ons ry gou-gou deur Kampsbaai, Bishopscourt, Higgovale, Constantia, Oranjezicht, Llandudno, Rondebosch… Laat ons bietjie kyk hoe die rykes leef en laat ons gedagtes gaan: Daar’s plek vir biljartkamers, plek vir ‘n gimnasium, ‘n instapklerekas, ‘n solarium, ‘n jacuzzi, ‘n konservatorium, ‘n koffiekroeg, ‘n teekamer, ‘n teetuin, ‘n zentuin, ‘n poeierkamer, ‘n krokhok (“granny flat”), ‘n pikdonker tuisteater, ‘n sauna, selfs ‘n tennisbaan (!), of “man cave”, maar ‘n biblioteek, leeskamer, -sáál, of selfs studeerkamer? Aikôna! Hoe teleurstellend. Is dit dan nou ons sogenaamde elite, wat die toon van kultuur moet aangee? Die draers en bewakers van beskawing? “Defenders of the Faith”? Selfs sekere ministers is aan hierdie gebrek skuldig. Is hulle eenvoudig net “te besig” vir lees (dieselfde verskoning wat ek by skoupoppies in die boekwinkels hoor), of was die lagie vernis van mnr. Pasryk nog altyd maar dun? Gee daardie gedrogtelike (“charming”) Saxonwold-kasarms met uiters swak kleurskemas, slawekwartiere (“staff accommodation”) en bedenklike loodgieterswerk hierdie bietjie eer: van die Engelse Randlords het darem ‘n biblioteek op die bouplanne laat inteken, soos Property24 se foto’s getuig. Of moet ek eerder die “what they imagined England to be” bedank?

Wat het van kultuur geword?

I cannot move, I’m standing.
Numb and frozen.
Among the things I love so dearly.
The books, the paintings and the furniture,
Help me – ABBA, “The Visitors”, 1981

As die 1980’s ‘n grillige oordaad was, desperaat op soek na iets tasbaars, vastigheid, ‘n ankerpunt en letterlike vasklouplek of selfs vergrýpe op die werklikheid (sens de la réalité), het hierdie té vér gevoerde moderniteit ons kom ontwortel van alle kultuur, menslikheid, geskiedenis en die werklikheid. Sodra jy jou van die geskiedenis losmaak, kan jy maar weet dieselfde deurgetrapte paadjie gaan maar weer geloop word.

Is daar dan nêrens ‘n maat nie?

Die Fransman Jacques Tati was sy tyd vooruit. Hy het reeds in 1958 met sy Oscarwenner, Mon Oncle, gespot met die (skrikwekkend eietydse!) moderne interieur en argitektuur van Villa Arpel wat te ver gevoer word en hoe die 1) meubels uiters ongemaklik is, 2) alles juis vertragend werk, 3) en juis daarom inbreek maak op die gesin. Die huise, moet jy weet, is sonder ironie presies dieselfde duifgrys (“pigeonhole people?”) as vandag! Teenoor hierdie steriele en kleurlose omgewing wat klokslag moet verloop en waar niemand met mekaar praat nie, kontrasteer Monsieur Hulot wat in ‘n ouderwetse, raserige en selfs effe vervalle buurt bly vol hartlike maar arm en tradisievaste Franse sukkelaars, sonder tydsbesef, wat altyd lus is om ‘n geselsie aan te knoop. Dan moet mens jou die vraag afvra wie die normaalste is?

Uit al die wonings wat ek al deurgekyk het, sal die Afrikaner sy egte kultuur weerspieël deur hom die vryheid te gun om:

  • Die paradys te probeer skep wat hy nog altyd wou hê (ek sou sê die moeite met die tuin was die pluspunt van die 1970’s en 1980’s)
  • Absolute matigheid met die versierings voor oë te hou (binne en buite)
  • Nie sy geskiedenis dood te verf of ‘n karikatuur van te maak nie, maar om trots te wees op sy outentieke erfstukke en die familie en vriende
  • Die geskiedenis van die gebou tot sy volle reg te laat kom, het Racheltjie vir my gesê
  • Nie blindelings Europese, Britse, Amerikaanse of Oosterse style uit pure sentiment na te jaag wat nie met ons omgewing akkordeer of geheel en al onprakties of onvolhoubaar is nie. As jy nou werklik geen eg het aan die Afrikatemas met sy rooi mure, houtmaskers, ystervarkpenne of daardie kamer wat lyk asof daar tarentaal geslag is nie, volg jou eie gesonde verstand.
  • Kleure te kies wat mooi harmoniseer, maar wat nie skel, te koud of te donker is nie
  • Miskien tog ruimte te laat vir ‘n klein boekrakkie of wat.
  • Die waarheid en egtheid van die omgewing te soek, sonder om gerief in te boet.

Die Ersatz-kultuur van die Franssprekende Belge in die 1800’s

Met die verbrokkeling van die Oostenrykse Ryk en die Franse revolusioniste wat aspirasies onder die Belge gekweek het om hul eie oorheersing te vestig, het ook Napoleon bygedra om die nasionale geskiedenis van België in ere te herstel. Die Belgiese nasionale sentiment (en politici) bly egter lojaal aan die Franse Ryk. Hierdie lojaliteit duur voort toe Willem I, Prins van Oranje-Nassau, die Nederlandssprekendes (alle dialekte) onder hom probeer verenig in die Verenigde Koninkryk der Nederlande wat vanaf 1814 sal voortduur tot 1830. Al slaag hy gedeeltelik daarin om die Nederlandssprekendes te verenig, span die Katolieke en Liberales in ‘n verenigde front saam tot die Belgiese Revolusie uitbreek in 1830.

Al vanaf die Oostenrykse heerskappy het Frans ook tot die Vlaamse bourgeoisie as voorkeurtaal deurgedring, wat verder versterk is onder die daaropvolgende Franse regime. Al was die politici en die ryk self nie gekant teen Vlaams nie, was hulle voorstanders vir die verspreiding en uitbou van Frans deur hom as taal van openbare instellings in die wet te veranker, en van die Belgiese skrywers voer aan die opgevoede Vlaming en die Waal het albei ‘n geweldige hoë agting vir Frans gehad, die taal van die bevryding. Die hoi polloi hou hulle maar besig met dialekte. Willem van Oranje het, met die totstandkoming van die Verenigde Nederlande in 1814, sy volste reg uitgeoefen om Nederlands hier te bevorder. Al het die taalkundige eenwording misluk (die Katolieke Vlaming het hom onderskei van die Protestante Hollander op kulturele en godsdienstige en selfs taalgebied) het hierdie vereniging mettertyd ‘n Vlaamse bewussyn laat ontwaak weens die voorreg om Nederlands by instellings onder die Koning van Nederland se bewind te geniet, asook die onderwys wat hy in hierdie streek laat ontwikkel het. Dit is ook Willem I wat Latyn versterk het aan die Vlaamse universiteite. Voorheen met die Franse anneksasie in die tydperk van Napoleon is die Universiteit van Leuven, toe nog die enigste instelling van hoër onderwys in Suid-Nederland, eenvoudig in 1797 deur die Directoire gesluit; in sy plek maak inrigtings van die tersiêre onderwys oop in Luik (die wetenskappe) en in Brussel (die letterkunde, wetenskap en regswese). Omtrent ‘n derde van hierdie dosente was toe afkomstig uit Frankryk, en dan was daar nog die nie-Franse dosente wat ook hul opleiding (gedeeltelik) in Frankryk gekry het.

Ek doen al lank in my vrye tyd navorsing oor die redes waarom mense van die onderskeie lande almal afstand gedoen het van Latyn. Ek weet nie of mens dit as die hoofredes moet aanvoer nie, maar die kern van die saak van België vind ek hier in “Latin versus languages modernes en Belgique (1840-1850)” deur Christophe Bertiau (2017).

Verfrissend van hierdie teks is die totale afwesigheid van die kenmerkende klasse- en rasse- en genderstryd wat van ons Suid-Afrikaanse kultuurmarxistiese universiteite verwag word.

Al is die pro en contra van Latyn in die openbare gebruik baie logies beredeneer, voer die skrywer aan, as jy verby die persoonlike belange kyk van die taalstryders aan weerskante van Frans en Latyn, vind mens agter al hierdie besluite ‘n veel dieper tweespalt tussen die sogenaamde ‘Anciens’ en ‘Modernes’ in hul denkrigtings. Die groot botsings was by die voertale van die universiteite, die taal van die apteekboeke asook op die plaatjies van die standbeelde.

Die ‘Anciens’ (ek noem hulle sommer Goue Oues) het ‘n klassieke humanistiese tradisie gehad; hulle het geglo mens moet bou op die mooiste werke van die geskiedenis uit die mensdom wat as model moes dien. Hierdie model kan geëwenaar of oortref word. Hulle was nie remskoene nie, maar het juis die vooruitgang geloof, want die wetenskap was immers bestem om voortdurend op verbeter te word: die toekoms behoort beter te wees as die verlede. Net soos die Moderniste was hulle ook alte bewus van die hede wat van die verlede geskei word. Maar op een fundamentele puntjie het hulle met die Moderniste kom staan en verskil: die aandrang op en die belang van die historiese konteks, van ‘n uiteenlopende diversiteit van sedes en gewoontes. En dit was juis hierdie historiese nugterheid waarom die Anciens hul kon beroep op die skrywers uit die jaar toet, om die huidige samelewings voortdurend krities te betrag: want die geskiedenis herhaal homself keer op keer.

Die Moderniste was gefokus op die hier en die nou. Ja, nou is die beste oomblik in die geskiedenis wat daar was. Wat goed genoeg is vir ons, is goed genoeg vir die wêreld. Ten eerste was Frans die taal van die Koning Lodewyk van Frankryk. Dit is hy wat Frankryk tot op die voorpunt van menslike beskawing gebring het – ‘n ligbaken vir die res van die wêreld. Die Moderniste, deur die verering van Frans in België, maak hul eintlik indirek skuldig aan Keiseraanbidding (later sou dit seker ook omskakel in die gees van nasionalisme ens. ens. ens.). Die taal en kulturele bloei was in Frankryk, en Frankryk het sy wonders en roem in die wetenskap in wie weet wat alles gehad, danksy die Koning. Hierdie Moderniste lééf vir die oomblik, die hier, die nou, die oomblik van roem. Terwyl die ‘Anciens’ die ‘Moderniste’ van kortsigtigheid aankla (gemeet aan die ellelange geskiedenis wat nou net weer herhaal gaan word met Parys wat eers in ‘n tweede Rome gaan ontpop en dan deur die Gote binnegeval word), is die Moderniste glad nie beïndruk met hierdie verkrampte ou senings nie – kyk net die glorie, die vooruitgang!

Maar nou België, die eintlike land waarvoor ek nou antwoorde soek. België het absoluut niks gehad met hul stigting om op te roem nie. Frans was nie die taal van die gemiddelde Belg nie – alleen die elite s’n. Wat hulle vir hulself toegeëien het. Die nuut afgestigte België, beheer deur ‘n elite, baai egter in hierdie Sonnekoning van weleer én la République française se goue lig, deur te verlustig in ‘n invoerproduk, Frans, wat bloot ‘n simbool geword het: Frans het oor die vermoë beskik om die landgenote te verenig (altans, diegene wat tot die hogere klasse behoort het), maar waarop was hierdie glans gegrond? Alleen die “génie” geskep deur die Franse, die bure, waarop die Belge dus “tweedehands” geroem het, sonder om eintlik ‘n vinger te verroer.

Dit is die toppunt van ersatz wat ek in my lewe gesien het!

Maar noudat die tentoonstelling van Frans op Belgiese monumente nou bietjie meer nut moet kry (daar word ‘n ellelange debatvoering in die werk bespreek oor die taal op ‘n monument) in ‘n farmakopee, moet die elite nou skielik rekening hou met die Vlaminge en die prestige van Latyn. Latyn was die grootste bedreiging vir hierdie roemryke Franse beeld, al was die Franssprekende Belgiese elite self eintlik ewe elitêr en eksklusief soos Latyn – die pot kan die ketel nie verwyt nie.

Plek-plek het die diskriminasie dieselfde gebly, maar miskien net ‘n bietjie meer egalitêr: dit was slegs die hoogs geskoolde elite wat vroeër Latyn gebruik het in hul briefwisseling; nou is dit maar weer die Belgiese elite (maar met meer sprekers) wat Frans besig teenoor die ‘gewone volk’.  Plek-plek het die diskriminasie vererger, want nou het jy ‘n duidelike onderskeid gemaak, ‘n nuwe hiërargie geskep waar die een lewende taal en volk verhef is bo die ander; in hierdie geval Frans bo die Vlaams. Latyn was egter die struikelblok waar slegs die hoogs geskooldes aan die politiek kon deelneem; met die opkoms van die nasionalisme het jy toenemend ‘n al hoe meer inklusiewe gemeenskap begin kry, waarvoor Latyn as struikelblok die prys moes betaal.

Aan die een kant voel die hele “verbeelde gemeenskap”-ding (waar die Franskiljons, eerder as om hul as Belge te sien, bly voortteer op ‘n taal geskep deur die buurland se suksesse) net te belaglik om as rede sommer so te aanvaar, dis nou as jy jou blindstaar teen die klipharde logika. En tog… as hierdie vergesogte storie waar is, wat dan ontsettend baie diep strek, dan is die hele minderwaardigheidskompleks sonder twyfel die hoofrede vir die taalpolitiek wat jare daarna losgebars het, waar Vlaams vyandig verdruk en op neergesien is.

Hierdie hele “hoenderstront wat ghries word”/ “hoe kaler die jonker, hoe groter die pronker”-snobbery het dit my laat nadink oor die Afrikaner. Baai hy in die sukses van die Franse, die Engelse, die Amerikaners, die Hollanders, die Duitsers? Ek glo nie, want dan sou hy nie Afrikaans gepraat, geskryf of selfs gelees het nie.

Ek sou sê dit hou mens nogal plat op die aarde en nugter in lewensuitkyk.

Tot slot – egtheid vs. illusie in die individu

Die egtheid en onkreukbaarheid van “binne en buite” (interieur en tuin), en die soeke na egtheid en die waarheid “uit en tuis” (buitelands en binnelands) bly een van die belangrikste rigtingbepalers van kultuur. Die laaste kring binne hierdie twee sirkels wat ons kan trek is die binne en buite – die eerlikheid met jouself en die omgewing (wat die mens en samelewing insluit) – die kiem van kultuur in elke individu.

In dieselfde Rooi Rose van 27 September 1978 skryf Hennie Goosen onder die opskrif “Alles ‘n gejaag na wind?” (bl. 48 tot 49) dat die beeld van sukses so uiteenlopend is en soveel van mens tot mens verskil dat dit onmoontlik geword het om presies peil te trek.

Goosen noem onder andere ‘n ou skoolmaat (wat op skool nou nie juis aandag op akademiese vlak getrek het nie) wat ‘n ryk boer geword het. Hoewel Goosen soos ‘n mislukking gevoel het omdat hy nie soveel kapitaal kon wys nie, sien die boer dit anders:

“Suksesvol?” het hy gevra, “omdat ek ryk is? Ek maak geld ter wille van geld… en dit plaas my op die onderste trappie van die evolusie van die mens. Kyk liewer na die akademiese mense wat eerder kennis as geld bymekaarmaak. Hulle het ontwikkel op ‘n peil waar geld op sigself agterbly. Nee, laat daardie mense eerder van sukses praat.”

[…]

“Ek weet jy beskou jouself as ‘n mislukking, maar jy maak ‘n bestaan uit skryfwerk, en dit is jou lewe. Ek wou altyd graag ‘n digter gewees het. As ek een digbundel agter my naam gehad het, sou ek myself as ‘n sukses beskou het.”

So vra Goosen hom af wat van al die slim kinders in sy klas geword het. Die een veelsydige seun het selfmoord gepleeg – volgens sy onderwyser het hy hard geleer, maar die hoë slaagpunt het vir dié knaap ‘n illusie geskep, ‘n valse wêreld. In daardie wêreld kon hy alles oplos deur hard te leer en die vrae te beantwoord presies soos die eksaminator dit verlang het. Daar was ‘n soort orde en logika. Maar die werklike lewe daarbuite is chaos en daar is ontelbare mense met emosies en belange wat nie logies is nie – die lewe kan dus nie oorwin word “deur dit onder ‘n leeslig van buite te leer nie”.

‘n Ander klasmaat het vir hom ‘n materialistiese wêreld geskep (amper soos daardie bousels van Bishopscourt). Op die oog af lyk alles goed:

Jan het as ‘n vervoerkontrakteur begin en hy het aan die begin self gelaai en bestuur. Later het hy ‘n vloot voertuie gehad en vir hom ‘n kantoorkompleks laat bou. Hy het met ‘n mooi, skatryk meisie getrou en hy was meteens finansieel onafhanklik. Hy het ‘n seun en ‘n dogter en hy woon in een van daardie grasdak-herehuise wat net vir spesiale mense ontwerp en gebou word.

In sy motorhuise staan ‘n donkerblou Jaguar vir hom, ‘n Porsche vir sy vrou, ‘n Mercedes vir sy seun en ‘n Alfa Spider vir sy dogter. Die Volksraadlid ontspan in sy snoekerkamer, die burgemeester speel saam met hom gholf. Sy bankbestuurder ry na hom toe en kom spreek hom in sy klankdigte studeerkamer. Sy seun speel met sy seiljag en sy dogter jakker in Europa rond.

Stille waters, diepe grond – onder draai die duiwel rond:

Maar sy dogter is ‘n beatnik en sy seun is ‘n dobbelaar. Sy vrou drink skelm. Jan het ‘n huis, maar hy het nie ‘n huisgesin nie. Hy is ‘n broodwinner, maar hy is nie ‘n eggenoot nie, nog minder ‘n vader. Hy wou altyd vreeslik graag die liefde en respek van sy medemens gehad het. Maar hy weet hy het dit nie. Dié wat nie by hom kruip nie, dié haat hom. Hy weet nie hoe om sy geld te geniet nie. En al het hy geweet, sou dit hom nie gehelp het nie, want hy het suikersiekte. Hy moet homself elke dag inspuit. Sy vrou wil nie, dit laat haar gril. Sy is in elk geval te bewerig. Hy is soos Atlas. Hy dra die wêreld en hy weet nie waar om dit neer te sit sodat hy sy skof kan vryf nie. Sy enigste belangstelling was houtwerk, maar hy het nie tyd daarvoor nie. Hy het nooit tyd gehad nie. Hy was te besig om geld te maak. Geld was vir hom die sleutel tot sukses. Nou het hy ‘n kolossale goue sleutel, maar hy kry nie die deur nie.

Bogenoemde klink albei na hedendaagse sepiemateriaal; met ‘n kamera byderhand sou heelwat akteurs sonder werk sit. Die probleem is net: soos met ‘n sepie, hou die probleem net nooit op nie – want die kykers moet voor die kassie gehou word met stereotipe karakters.

In albei gevalle is die menseverhoudings agterweë gelaat en in albei voorvalle was daar weer sprake van ‘n illusie. Goosen kom uiteindelik tot die gevolgtrekking:

Een ding het nou begin duidelik word: sukses en mislukking is relatiewe begrippe. Hulle is so verskuifbaar soos ‘n pion op ‘n skaakbord. Daar is nie ‘n vaste identiteit nie.

Gaan vra maar vir mense wat is sukses en wat is mislukking. Jy sal nie by twee mense dieselfde antwoord kry nie. Al wat jy sal kry, is ‘n deeltjie van dié betrokke mense se lewensuitkyk.

‘n Mens skep dus vir homself ‘n beeld van sukses. Hy bou vir hom volgens daardie plan ‘n troontjie, hy gaan sit daarop en hy sê: ek is suksesvol.

So nie, voel hy dat hy ‘n mislukking is. Sy mislukking word ‘n galg en hy hang homself daaraan op. Maar hy bou self die galg!

[…]

Die lewe self verskaf klaarblyklik nie ‘n resep of patroon vir sukses nie. Dit is slegs die vae maatstaf van ‘n materialistiese samelewing. Dikwels is dit ‘n spook wat ’n mens vir jouself maak en teen wie jy resies hardloop.

Dit is in wese ‘n mensgemaakte ding. Jy kry vir jou ‘n ideaal, ‘n baken en jy streef daarna. En as jy dit bereik en jy ontdek dat dit alles ‘n gejaag na wind was, het dan nie na ‘n suksesvolle reis by mislukking gearriveer nie?

Al dink derduisende mense jy is ‘n sukses en hulle beny jou, maar jy is ongelukkig en ontnugter, wat is jy beter daaraan toe as die klerk wat vier en twintig uur kennis gekry het?

Dalk is dit die laaste puntjie: die Afrikaner en Afrikaans sal sodoende, met belangstelling, op veelsydige wyse die waarheid in verskillende velde gaan verken.

Leon Lemmer: Die stryd om die behoud van Westerse beskawing

In Brittanje en veral Amerika het dit by skool- en universitêre onderrig mode geword om die eie kultuur af te kraak, die eie geskiedenis te verwaarloos en hulle met multikulturaliteit en wêreldgeskiedenis te vervang. Donald Trump gooi wal hierteen en tref maatreëls om die instroming te keer van vreemdelinge wat kultureel radikaal van tradisionele Amerikaners verskil. Soos Trump stel Boris Johnson Britse belange eerste en wakker hy nasionalisme aan, hoewel hy nie sterk standpunt teen immigrasie inneem nie.

Volgens die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT, 2015) is kultuur “die manier van leef, gewoontes, geloof, ens, van ‘n bepaalde groep mense of gemeenskap; geesteslewe.” Beskawing is “geestelike ontwikkeling; verfyning.” In die Collins World Encyclopedia (2003) word culture beskryf as “the way of life of a particular society or group of people, including patterns of thought, beliefs, behaviour, customs, traditions, rituals, dress, and language, as well as art, music, and literature.” Civilization is ‘n “highly developed human society.” Kultuur verwys dus na mense se leefwyse, hulle manier van dink en gevolglik van doen, terwyl beskawing verfynde of ontwikkelde kultuur is. Alle mense beskik dus oor kultuur maar net sommige mense het hulle denke en gedrag dermate verbeter dat daardie verhoogde vlak as beskawing gekarakteriseer word.

Veralgemenend kan groepe mense, bv gemeenskappe, samelewings en nasies, as beskaaf beskou word terwyl dit nie van ander groepe, hetsy histories of hedendaags, gesê behoort te word nie. Die verskil tussen beskaafde en onbeskaafde kultuur is dus hiërargies. Sodanige hiërargieë kan oor tyd verander. Die skeidslyn tussen beskaaf en onbeskaaf kan nie altyd duidelik getrek word nie omdat daar ‘n verskil kan wees in die waardes wat tydens beoordeling gebruik word. In die praktyk is dit egter dikwels moontlik om tussen onbetwisbaar beskaafde en onmiskenbaar onbeskaafde gedrag te onderskei. Tydens kolonialisme was dit (meesal/dikwels) die geval dat die koloniste van die veronderstelling uitgegaan het dat hulle, in vergelyking met die inheemse bevolking, beskaaf was. Die koloniste was gevolglik geneig om op die kultuur van die gekoloniseerdes neer te sien.

Aan die Kaap was die vroegste blanke inwoners nie uit die Europese elite afkomstig nie, hoewel gesofistikeerde kultuur plaaslik ‘n hupstoot met die koms van die Hugenote teen die einde van die 17de eeu (1688-1700) gekry het. In vergelyking met die inheemse bevolking, die Khoi-San, was hierdie vroeë blankes meer beskaaf. Hulle kon bv huise bou en akkerbou bedryf; nie net veeteelt nie. Toe die Britte hier aankom (1795, 1806), het hulle hulleself as meerderwaardig, as meer beskaaf, as die plaaslike Hollanders beskou. Tydens kolonialisme was die algemeen aanvaarde standpunt dat die Europese koloniale moondhede beskawing na die kolonies gebring het. Dit is ‘n geldige siening maar een wat weens politieke byderwetsheid deesdae selde geopper word.

In Amerika is daar die National Association of Scholars (NAS), met as missie “to sustain the tradition of reasoned scholarship and civil debate in American colleges and universities” (Stanley Kurtz, bron hier onder, Kindle 11), wat insluit ‘n verbintenis met “academic freedom and excellence” (25). Die polities linkse Wikipedia beskryf die NAS as “an American non-profit politically conservative advocacy group, with a particular interest in education. It opposes a perceived [!] political correctness on college campuses and supports a return to mid-20th century curricular and scholarship norms, and an increase in conservative representation in faculty.” Die NAS gooi wal teen die buitensporig linkse aard van Amerikaanse tersiêre onderrig, wat voortspruit uit die radikaal linkse politiek van die oorgrote meerderheid dosente, veral in die humaniora en sosiale wetenskappe.

Van ‘n senior NAS-genoot, Stanley Kurtz, is die volgende boek gepubliseer: The lost history of Western civilization (New York: NAS, 2020, 176p; Amazon Kindle $6,89). Die onderwerp van die boek is die kultuuroorlog wat by uitstek op Amerikaanse universiteitskampusse woed. Hierdie oorlog het in 1987, die jaar waarin die NAS gestig is, by Stanford University begin (36). Stanford, Jonathan Jansen se alma mater, ding met die University of California, Berkekey, mee om die ekstreem linkste Amerikaanse universiteit te wees. Waartoe Stanford gesink het, blyk uit die volgende: “Close to forty percent of Stanford’s undergraduate student body consisted of minority students” (1863). Minderheidstatus, pleks van akademiese prestasie, dikteer studente-toelating. “Most minorities on campus are there primarily because of preferences” (2317). “The more victim classes you belong to, the higher you rank” (1640). “If black students perform poorly, it is merely because they’ve been forced to imitate white culture and conform to its standards” (2445). Plaaslik is selfs al beweer dat standaarde en meriete verwerplike Westerse uitvindings is.

Die kultuuroorlog is ‘n stryd tussen “the new multicultural way and the traditional American conceptions of history and citizenship” (40). Kurtz redeneer: “The Western tradition is the source of America’s founding principles and constitutional system” (51). Wat die vyande van tradisionele Amerikaanse waardes doen, is om die Amerikaanse geskiedenis te dekonstueer en te herskryf, “a version of history that aims to debunk and overthrow the foundational narratives of America and the wider West” (142). Die ANC-regime is besig om met die hartlike samewerking van sommige historici ons geskiedenis volgens die wense van die ANC te herskryf. Die doel is om die aansien van die blankes, veral die Afrikaners, te ondermyn. “A civilization attains the ability to judge and guide itself by means of its history” (148). Daarom vind die ANC-regime dit noodsaaklik om Afrikanergeskiedenis te verwring tot iets wat verguis moet word.

Die aanleiding tot die 1987-gebeure was die historikus, Gilbert Allardyce, se valse bewering in 1982 “that the very idea of Western civilization is a modern invention devised during World War I as a way of hoodwinking young American soldiers into fighting and dying in the trenches of Europe” (56). In werklikheid “American colleges and universities have been teaching Western Civilization since before the Revolution” (War of American Independence, 1775-1783). Harvard, gestig in 1636, is die oudste Amerikaanse universiteit. “Required study of Western Civilization extends back to the colonial period, antedating the invention of the word ‘civilization'” (1105).

“In the decades since the Stanford dustup, the Allardyce thesis has been invoked to justify the replacement of college [undergraduate university] and K-12 [primary and secondary school] Western Civilization courses with World History, or with heavily globalized versions of European and American history” (62). Stanford se verpligte kursus in Western Culture is as gevolg van Allardyce se bewering in 1988 afgeskaf (67, 1006). Onlangs is pogings aanwend om die plek wat ‘n kursus in Westerse beskawing eens ingeneem het met ‘n verpligte kursus in “civic education and global citizenship” te vervang (83). “Civic education is the anodyne camouflage behind which modern universities often introduce coursework in progressive political activism” (94).

Aan Stellenbosch University (SU) is Wim de Villiers, met sy Amerikaanse akademiese agtergrond maar beperkte ideologiese insig, ‘n voorstander van Afrika- en wêreldburgerskap. Hy is myns insiens nie gebore in staat om die volgende vraag sinvol-beredeneerd te beantwoord nie: “Can there be a transnational national culture?” (1578). Kurtz se antwoord is: “A transnational national culture means the end of nation and culture as we know them and the start of a clash based on race instead” (2698). “The global level is simply a back-door way of undermining national narratives” (1722). De Villiers se uitgesproke diversiteitsmanie is pro-multikulturaliteit, dus “whatever works to the benefit of its advocates” (1608).

Die hoogste goed, die grootste prestasie, waartoe SU tans in staat is, is die brutale vernietiging van ‘n eens akademies voortreflike Afrikaans- en Afrikaneruniversiteit. Die Universiteit Stellenbosch het twee rektore gehad wat al die ander in die skadu stel. Die De Villiers-SU kon dit nie verduur dat die name van hierdie twee voortreflike Afrikaners op die kampus voortleef nie. Die HB Thom-teater is reeds na Adam Small hernoem. Tans word voorstelle ingewag vir die verandering van die naam van die RW Wilcocks-gebou. Die vernoeming van ‘n universiteitskoshuis na Russel Botman, ‘n ANC-aktivis, is egter in orde. Onder De Villiers se leiding het SU die era betree waarin (ten minste vergelykenderwys) eerder mikro- en nanogeeste verheerlik word. Verdere onverkwiklike nuus is dat Johannesburg University, voorheen die Randse Afrikaanse Universiteit, ná vanjaar selfs nie meer ‘n Afrikaansdepartement gaan hê nie.

Die voorbeeld wat Stanford gestel het, word by talle ander universiteite nagevolg. Dit is deel van die kultuuroorlog wat woed. “American politics today has become Stanford’s culture war writ large” (1387). “Through the 1950s, Western Civ was the most popular course at Stanford. By 1963-66 … Stanford’s senior faculty had lost faith in the very idea of general education” (1392), bv verpligte kernleerplanne. Vryheid van vakkeuse is sedertdien aan die orde van die dag (1398). In die plek van Westerse beskawing is kursusse in multikulturalisme ingestel. Multikulturalisme se jongste inkarnasie word “intersectionality” genoem (72). “The intersectional alliance … downplay[s] culture and accentuate race. Race becomes the sign of shared oppression and essentially replaces culture at the core of modern intersectional identity” (2273).

Maar dit gaan om meer as net ras. Interseksionaliteit omvat al die polities byderwetse idees oor ras, klas, geslag, seksuele oriëntasie, ens, terwyl tradisionele opvattings hieroor as diskriminasie en bevoorregting veroordeel word. Die grondslag hiervan is onmiskenbaar nieu-marxisties. Die nuwe marxisme verskil van die klassieke marxisme van bv Karel Marx en Friedrich Engels deurdat dit nie meer gaan om die politieke of staatkundige verowering van die hele wêreld nie, maar die ondermyning van veral Westerse kultuur en beskawing. Soms vind hierdie motiewe skuiling onder “the secular political religion of modernity” (108) of “post-modernity” – skynbaar voorbeeldige maar vae terme vir verskynsels wat misbruik word om (alles) wat tradisioneel en behoudend is, af te breek.

“Multiculturalism has ushered in a radically new sort of culture in which perpetually expanding accusations of racism, bigotry and genocide stand as quasi-religious ends in themselves … The American experiment cannot survive without checking or reversing these trends” (83). Onderliggend aan multikulturalisme is daar die sug na globalisme (119). Hier moet ‘n belangrike onderskeid gemaak word. Globalisering is ‘n (positiewe) hedendaagse verskynsel, bv die gemak waarmee wêreldwyd gereis, handel gedryf en inligting uitgeruil word. Globalisme, daarenteen, is ‘n ideologie waarmee gepoog word om ras- en kultuurverskille op te hef, nasionalisme en nasiestate te vernietig en alle mense (sover moontlik) identiteitloos eenderse wêreldburgers te maak. Kurtz verwys na “the allure for academics of ideas like ‘invented traditions’ and ‘imagined communities’, conceptual tools designed to subvert and dissolve the apparent reality of nations, cultures and civilizations” (125).

Die destydse Stanford-kursus in Westerse beskawing het die bestudering van grootse Westerse literêre werke ingesluit (119); daardie klassieke boeke wat deesdae in byderwetse politiek as die werk van dooie, blanke mans afgemaak word. “Advocates for dropping the requirement argued that the very idea of Western culture – and perhaps by implication Western Civilization itself – was largely an illusion” (137). Dit geld glo ook vir kultureel eiesoortige nasies (142). Sedert 1994 word op ‘n soortgelyke manier plaaslik dikwels voorgegee dat die Afrikanerdom en selfs Afrikaans – as ‘n eiesoortige taal wat duidelik van Engels onderskeibaar is – nie bestaan of behoort te bestaan nie. Afrikanernasionalisme word sonder meer as ongewens verdoem terwyl dit in werklikheid verseker het dat Afrikaners en Afrikaans voortreflike hoogtes kon bereik.

“To reclaim the lost history of America’s Western Civilization courses is to recover an understanding of who we are and what we have become” (148). Kursusse in Westerse en Amerikaanse geskiedenis het die nuttige doel gedien om die blanke immigrante wat voor die Tweede Wêreldoorlog hulle opwagting gemaak het, te assimileer (1423). Sedertdien het dit in die era van massa-immigrasie van nie-Westerse elemente ontaard, wat nie (maklik) geassimileer kan of wil word nie en wat weerstand bied teen onderrig in ‘n kultuur en beskawing wat vir hulle vreemd is (1441). Aan Stanford was daar “growing attacks on the requirement by black, female, Hispanic and Asian students” (1434).

Wat met multikulturalisme en globalisme beoog word, “is to undermine the public’s sense of national or civilizational identity” (153) terwyl daar terselfdertyd nie daarin geslaag kon word om groter belangstelling in die studie van die humaniora te wek nie (1447). “For deconstructionist historians, the only sound and fully legitimate identity is a global identity” (164). “We used to believe that individual liberty, religious freedom, liberal democracy, free markets, constitutionalism, scientific rationality, and the rule of law were significant enough to justify a focus on the traditions that created them” (170). “The very idea of American exceptionalism makes no sense without the complementary idea of Western civilization” (213). Amerikaanse eiesoortigheid sluit dus nie verwantskap met Europese beskawing uit nie. Inteendeel, dit is ‘n verlenging en verdere ontwikkeling daarvan. Verder: “How could modern Europe have recognized itself as a particular civilization in comparison to others had there not been something distinctive about it … – manners, customs, and institutions slowly shaped by the classical and Christian heritage of previous centuries?” (255).

“If anyone could be said to have ‘invented’ not Europe itself, but the emerging modern conception of European civilization, it was Charles Louis de Secondat, baron de la Brède et de Montesquieu [1689-1755], who did it 170 years before the First World War,” naamlik in 1748 (260). Hy het Europa met Asië gekontrasteer en bevind “Europe [is] a cultural and political entity with a history of its own” (267). Anders as ander kontinente vorm Europa en Asië ‘n aaneengeslote landmassa, maar die kulturele onderskeid tussen die twee gebiede word tot op hede algemeen erken. Dit geld bv vir vryheid. “While [Montesquieu] saw the West as far from immune to despotism, it was the locale in which liberty had made its foremost appearance” (284). Dit het bygedra tot die volgende latere standpunt: “The history of Europe is a history of liberty – the continent’s unique civilizational marker” (367).

Dit is vir my altyd interessant om veral in die Amerikaanse literatuur op te let hoe die woorde liberty en freedom gebruik word; liberty meesal in staatkundige verband. “Liberty” is vir die Amerikaners ‘n waardige, gekoesterde soort vryheid; nie die padversper-, klipgooi-tipe vryheid nie. “Liberty entails the responsible use of freedom under the rule of law without depriving anyone else of their freedom. Freedom is more broad in that it represents a total lack of restraint or the unrestrained ability to fulfil one’s desires” (Internet).

“England for Montesquieu played the ‘exceptional’ role that America (or the Anglo-American tradition) took on in later narratives of Western Civilization” (273). “Although Montesquieu was the first thinker to systematically characterize ‘Europe’, the word ‘civilization’ hadn’t yet been coined in 1748. ‘Spirit’ came close, since Montesquieu used it to summarize the totality of factors that shaped the laws of a given world-region. Montesquieu may be indirectly responsible for ‘civilization’, though; it was a French disciple of his [Victor de Riqueti, 1715-1789] who first coined the term in 1757, after which it swiftly became popular” (284). As vrugte van beskawing word “safety, abundance, liberty, and democracy” genoem (297). Naas vryheid word die christelike religie as die onderskeidende kenmerk van die Weste beskou (486). Gesamentlik het hulle bygedra tot die idee dat die Westerse beskawing meerderwaardig is (511). Daar word gemeen “that America had developed and perfected the career of liberty to an unprecedented degree” (630).

Adam Ferguson se 1767-boek, Essay on the history of civil society, is “the first known English-language publication to use the word ‘civilization'” (315). “Ferguson saw every human society passing through stages from ‘savage’ to ‘barbarous’ to ‘polished'” (321). Eersgenoemde twee beskik oor kultuur maar slegs laasgenoemde kan op beskaafdheid aanspraak maak. In 1769 het William Roberson ‘n biografie oor Karel V (1500-1558), die keiser van die Heilige Romeinse Ryk, gepubliseer. “It was Robertson’s lengthy introduction to that work that gained fame as the first great narrative account of the development of European civilization” (335). “Robertson persistently ranked the pursuit of liberty and the desire for justice as independent historical forces. For Robertson, the quest for ‘the unalienable rights of humanity’ was both an ethical choice and a driver of Europe’s story” (373). “The idea of civilization implies restraint in war, and lays down a standard of justice by which conflicts can be judged and condemned” (807). In bv die Anglo-Boereoorlog het die Britte hierdie beskawingstoets skouspelagtig gedruip.

“For Robertson, the moral choice most essential to the survival of a free and civilized Europe was the decision to foreswear the pursuit of universal empire. Robertson’s History of the reign of the emperor Charles V taught the dangers of the quest for continental hegemony” (379). “The essence of civilized Europe, for Robertson, was its balance of power” (385). “Europe had become a kind of informal confederacy of nations – a civilization bound by a shared system of manners … Only the pursuit of total continental (and world) domination could disrupt the system” (391).

“The [American] colonists absorbed these histories on the understanding that America was the last great outpost of British freedom and virtue at a time when the mother country itself was beset by luxury and corruption. America came to see themselves as torchbearers of British liberty, perhaps even capable of inspiring a renewal of freedom and virtue in Britain itself. Once again, American exceptionalism took shape against the background of a shared European civilization story” (348). “Robertson, Montesquieu, and Ferguson, the key early accounts of Western Civilization, all held an important place in Harvard’s late-18th century curriculum” (397).

Oor ‘n invloedryke Harvard-dosent, Charles Eliot Norton (1827-1908), is (oordrewe – 772) beweer: “[He] effectively ‘invented’ the idea of Western civilization in the 1890s” (767). Hy het egter bloot op ‘n voorbeeldige manier historiese oorsigte van Westerse kunsgeskiedenis, insluitende die bestudering van die “Great Books” (767), in leerplanne neerslag laat vind (772). Die oorsprong van die tradisionele en soms luidrugtige Amerikaanse teenkanting teen kolonialisme kan, afgesien van sy eie onafhanklikheidsoorlog (1775-1783), sekerlik ook na Robertson se boek teruggevoer word. Maar daar is heelwat valsheid en skynheiligheid in die agtereenvolgende hedendaagse Amerikaanse regerings se bewerings dat hulle anti-kolonialisties is. Verwys bv na die uitstekende boek van Daniel Immerwahr, How to hide an empire: A history of the greater United States (2019, Kindle $14,94).

Aansluitend by Allardyce is verwys na “the dangers of a resurgent barbarism in Europe of which the savagery of the First World War was taken as a prime example” (948). “[But] World War I may indeed have helped stimulate renewed interest in the survival of Western civilization. And that broader preoccupation with the fate of the West between the two world wars may have helped promote the idea of a required general education course in Western history” (954). “Broadly speaking, whether we call it ‘Western civilization’, ‘European civilization’, or even, as often in the 18th and 19th centuries, merely ‘civilization’ (under the assumption that European society was at the leading edge of general human progess), the basic cultural and historical referent for purposes of college teaching and otherwise was essentially the same” (972).

“The new globalist history has degenerated into a one-sided game whose implicit goal is to debunk the notion that Western culture exists at all. Every European borrowing of a new foodstuff, each trans-Atlantic disease transmission, or any artistic inspiration drawn from another continent is taken as proof of a culturally borderless world” (1052). Westerse kultuur en beskawing word ingevolge nieu-marxistiese gelyk- en eendersverklaring dood- en weggewens, des te meer omdat geen kultuur of beskawing glo beter (bv meer gevorderd, meer welvarend) as ‘n ander mag wees of as sodanig voorgestel word nie. Dit is nie-presteerders wat ‘n afkeer van hiërargieë het. Die voorstanders van Westerse beskawing, daarenteen, “rightly believed that they were describing a continuous tradition to which they and their students were deeply indebted” (1487).

Michel Foucault (1926-1984) het geredeneer dat kennis en subjektiwiteit deur sosiale instellings en gebruike beïnvloed word en met verloop van tyd verander. Hy het gepoog om konvensionele opvattings sover moontlik te ondermyn. In die konteks van Kurtz se onderwerp is Foucault se idees op ‘n bepaalde manier vertolk. “There is only talk about ‘civilization’ that serves as a tool for suppressing the purportedly less civilized. From this perspective, history itself is the continuous invention of ‘knowledge’ in the service of dominant groups” (1470). “Everything is bent toward resisting the current ‘regime of truth’ on behalf of groups disadvantaged by the dominant powers” (1476). In die Weste gaan dit dus om die diskreditering en ondergrawing van blanke heerskappy. “If it’s ancient or admirable, it must be a myth; if it challenges hallowed traditions, it must be true” (1550).

Die bestudering van die grootse literêre werke wat die Westerse beskawing opgelewer het, “the Great Books,” het tradisioneel ‘n belangrike rol in Amerikaanse tersiêre onderrig gespeel. “To introduce these students collectively to the great books of the West is a way of making them powerful: of allowing them to know who they are, so that they may more effectively choose who to be” (1509), “[ie] permitting them to recognize their kinship with, and indebtedness to, predecessors who made them what they are” (1514). Maar aan Stanford was daar bv iemand soos Herbert Lindenberger wat daarop uit was “to desacralize the course [in Western Civilization]” (1531). “We should think of history as ‘the process by which we “construct” whatever pasts we deem serviceable'” (1537) – soos die ANC-regime tans met sy herskrywing van die Suid-Afrikaanse geskiedenis doen.

In die laaste afdeling in sy boek vestig Kurtz die aandag op die buitensporige uiterstes waartoe die teenstanders van Westerse beskawing en ‘n eie Amerikaanse kultuur hulle wend. “The very act of naming and defining a common American culture is racist, insofar as it tramples on ‘multis’ who resist assimilation and demand identities of their own. Lauding an allegedly common American culture as ‘great’ compounds the offense, especially in light of slavery and other abuses of the past” (1836). “Almost anything is potential fodder for a racism claim” (2014). “The upshot appears to be that the West is evil; and besides, it doesn’t exist” (1847). Plaaslik is ons situasie soortgelyk: Die blankes, veral die Afrikanerdom, word sonder meer as boos getakseer. By bevoordeling handel die ANC-regime asof blankes nie bestaan nie. Die bestaan van blankes kom slegs in die prentjie as ‘n sondebok vir die ANC-regime se onbekwaamheid gesoek word en as besittings vir hertoedeling aan swartes gevind moet word.

Plaaslik is amptelike sensuur en in Amerika en Suid-Afrika selfsensuur aan die orde van die dag. “Pointing to problems in other people’s cultures (or subcultures) is impermissible. Now the corollary was drawn: it is forbidden even to laud one’s own culture, lest that imply derogation of others” (1918). ‘n Oorverligte dosent aan die Universiteit Kaapstad mag nie die resultate van ‘n eerlike ondersoek publiseer oor waarom swart studente nie vir biologiestudie registreer nie. Een van die redes is dat daar ander beroepe is wat meer lonend is. In die geval van swartes mag dit nie gesê word nie, want dit reflekteer minder gunstig op hulle; dit impliseer dat swartes materialisties is. Moet daar eerder uitgaan word van die veronderstelling dat swartes oorloop van ubuntu, van mededeelsaamheid, en dat dit duidelik blyk uit die feit dat Suid-Afrika sedert 1994 dié toonbeeld van ‘n korrupsievrye samelewing geword het?

“[The] reasoning [above] short-circuits America’s ability to recognize, affirm, and transmit its core values. Culture itself becomes impossible. The very idea of a commonly held tradition is stigmatized as ‘racist'” (1924). “It can fairly be said that generating charges of systematic, unconscious, and implicit racism (and associated other isms and phobias) is today a central preoccupation of America’s universities and increasingly a cultural dividing line in society at large” (1976). “Accusations of racism are becoming the new American culture” (2687). “Mere talk of different cultures – and certainly, of ‘civilizations’ – is in itself evidence of guilty ‘Othering'” (1987). “Charging non-minorities with complicity in that historical oppression is the new key to power. In a sense, it is the basis of a new kind of American culture” (2009).

Dink aan die Protea-krieketspelers en -beamptes wat onlangs gekniel en met die Mandela-saluut vuis in die lug hulle ondersteuning aan Black Lives Matter (BLM) betuig het. Dit was in reaksie op die dood van ‘n swart misdadiger en die gevolglike verdere aftakeling van wet en orde in Amerika. Hou in gedagte dat hierdie Suid-Afrikaners eerder iets van krieket as van ideologie, propaganda en politiek verstaan. Die blanke krieketspelers en -beamptes het hulle sodanig gedra om hulle solidariteit met hulle swart kollegas te betuig omdat die swartes, daarenteen, nie van hulle BLM-dogmatisme sou afsien nie. Dit is soortgelyk aan die druk waaraan die blanke politici in 1990/94 tydens die grondwetlike onderhandelinge toegegee het. Daar word geredeneer: Gee liewer toe anders is daar tot in die oneindige ‘n chaotiese gemors. Maar iedere toegewing aan blanke kant lei tot hernude eise en in elk geval tot voortgesette chaos.

Sydney Gregan: Die revolusie in snelrat

Dr Anthea Jeffery se aanvanklike werk The People’s War (2009) is waarskynlik deur min mense gelees (676 bladsye), alhoewel dit van groot belang is vir die verstaan van ons politieke situasie. In 2019 het sy ‘n verkorte uitgawe daarvan die lig laat sien wat, soos mens dit graag wil noem, “verpligte leesstof” is vir elkeen wat werklik wil verstaan wat in ons land aan die gang is. Veral die laaste hoofstuk daarvan is ‘n meesterlike opsomming en vertolking van die ware oogmerke van die ANC en hulle hanteerders, die SAKP, met hierdie land.

“…the story of the people’s war is the key to understanding how the ANC gained its hegemonic grip over the new South Africa. It is also the key to understanding a host of adverse social phenomena that continue to plague the country. Among other things, the ANC’s success in making South Africa ‘ungovernable’ in the decade up to 1994 is a major factor in the persistent vandalism, destructive protests and seeming contempt for authority that persist to this day”.

—Anthea Jeffery, The People’s War, 2019

In 1978 het die SAKP/ANC ‘n besoek aan Viëtnam gebring en onder andere met die “meester”-strateeg, generaal Vo Nguyen Giap beraadslaag hoe om deur middel van ‘n revolusionêre “volksoorlog” die mag te gryp. Dit is dan ook met groot sukses geïmplementeer deur onder meer die politieke opposisie uit te skakel voor die 1994-verkiesing en die land “onregeerbaar” te maak. Dit het doeltreffend daarin geslaag om ‘n geweldskultuur te skep terwyl die blaam op die “apartheidsregering” en partye soos Inkatha geplaas is. Met die opposisie behoorlik geneutraliseer het die “nuwe” Suid-Afrika soos ‘n ryp appel in die skoot van die ANC geval – om nooit weer uit die kloue daarvan te ontsnap nie.

Die volksoorlog se doelwit is om die Sowjet-geïnspireerde Nasionaal Demokratiese Revolusie (NDR) deur te voer. En wat is die doel van die NDR?:

“… to take South Africa, by gradual and incremental steps over four decades or more, from a free-market system to socialism and then communism.”

Danksy die “volksoorlog” het ons nou ‘n “hollowed-out democracy, a shell without substance”. Jeffery wys ook op die feit dat die oorgangsgrondwet en die huidige grondwet deur die ANC beskou word as:

“…nothing more than temporary agreements that reflected the balance of forces prevailing at the time – and that could always be changed once the balance of forces had shifted sufficiently to allow this”.

Wat ons dus het as gevolg van die suksesvolle “oorlog om die nasie” is ‘n post-apartheidera sonder ‘n doeltreffende opposisie en sonder konstitusionele meganismes om mag af te wentel en te versprei en belangriker nog:

“without a commitment by the ruling party to regard even the final constitution as binding upon itself”.

Die ANC se beheer oor die land is trouens nou van so ‘n aard dat dit met gemak van die eerste na die tweede fase van die revolusie kan beweeg. Die eerste fase was natuurlik die “nasionale bevryding” en die tweede, alhoewel verskans deur ander mooiklinkende terme, volbloedsosialisme en daarna, kommunisme. Die strategie van die NDR het “only one possible outcome”, die verwesenliking van ‘n sosialistiese samelewing.

Ten einde hierdie oogmerke te bereik is dit noodsaaklik vir die ANC om volle beheer oor die myne, industrie, banke en ander monopolieë te verkry. Die SEB (Engels: BEE)-wetgewing is ‘n belangrike metode om dit te bewerkstellig. Beheer oor die “levers of power” in die vorm van die openbare uitsaaier, die media, die privaatsektor, die universiteite en alle ander entiteite wat die klimaat (van opinie) kon wysig, moes verkry word. Daarin is reeds volkome geslaag. In 1997, by die ANC se konferensie in Mafikeng is boonop blatant gestel dat beheer oor hierdie “centres of power” sal vereis dat “cadre [deployment] policy” gevolg sal moet word ten einde te verseker dat die ANC ‘n leidende rol speel in al hierdie instellings. Die ANC het dus sy mag gekonsolideer sodat, ongeag die geraas oor korrupsie en verantwoordbaarheid, dit meedoënloos kan voortgaan om die land op ‘n sosialistiese pad te plaas.

Onteiening sonder vergoeding (EWC) en die Nasionale Gesondheidsversekering (NHI) is verder stappe in hierdie proses om ‘n sosialistiese staat te skep. Die doel van EWC is nie om grond in die hande van swartes te plaas nie, maar om die ANC die eienaar van die grond te maak sodat dit beheer oor die “gebruikers” daarvan kan behou. Niemand minder as Ramaphosa is die groot voorstander van EWC; dit terwyl blanke liberaliste al hulle hoop op hom gevestig het om die land weer “op koers” te kry na die Zuma-bewind.

Jeffery wys op die belangrike feit dat die SAKP nie Ramaphosa se kandidatuur vir presidentskap (van die ANC en die land), sou gesteun het as hulle nie seker was van sy toegewydheid aan die NDR nie. Dus, blanke liberaliste het verniet miljoene spandeer om ANC-lede om te koop om vir Ramaphosa te stem – hy was reeds in die sakkie van die SAKP! Pas nadat Ramaphosa verkies is, verklaar hy in Januarie 2018 die noodsaaklikheid daarvan om die NDR te bevorder; iets wat die Blanke sakemanne wat hom befonds het seker met ‘n wrang smaak in die mond gelos het; tensy hulle natuurlik deel van die uitgelese elite is wat vir hulle eie belange sal sorg in die tweede fase van die revolusie.

Watter verdere stappe word beoog ingevolge die NDR?

  • Die inlywing in die 1996-grondwet van verskanste sosio-ekonomiese     regte (soos belowe in die Freedom Charter);
  • Die sistematiese verswakking van die magte van die parlement     (grotendeels reeds bewerk deur die “Disaster     Management Act” waar die beheer van die land in ‘n uitgesoekte groepie se hande geplaas is en waarvan hulle baie moeilik gaan afstand doen);
  • Volgehoue aanslae teen die regbank in die naam van “transformasie”;
  • Verdere kaderontplooiing deur die ANC om beheer te verkry oor ”all key levers of power”;
  • Verdere SEB-wetgewing om privaat ondernemings se outonomie verder af te breek;
  • Nasionalisering van water en minerale regte;
  • Arbeidswetgewing wat, in plaas van werkloosheid hok te slaan, werkloosheid bevorder;
  • Die NHI wat privaat mediese fondse wil vernietig en daarmee saam die     private mediese bedryf;
  • Die erodering van outonomie op skool- en universiteitsvlak met verlaging en vernietiging van standaarde;
  • Die volgehoue afhanklikheid van 17 miljoen (en steeds groeiend)     bevoordeeldes van maatskaplike toelaes van die staat vir hulle daaglikse oorlewing;
  • EWC as die finale slag om finale beheer te kry en die bestaande ekonomie     te vernietig.

Jeffery stel dit onomwonde:

…land expropriated without compensation will be owned by the state, not transferred to black South Africans. This is the fraud at the heart of the EWC idea. EWC will empower the government, not the individual, and will be used as a patronage tool and to deepen dependency on the ANC”.

Die NDR is die sleutel om te verstaan wat in die afgelope 26 jaar van ANC-bewind gebeur het. Maar min blankes besef wat die eerste en tweede fase van die revolusie werklik behels. Vir die gemiddelde blanke is dit blykbaar ondenkbaar om te glo dat die ANC eenvoudig niks voel vir die meerderheid mense in hierdie land nie en dat dit ideologies gedrewe is om die land te verswak en selfs te vernietig ten einde sy doelwitte te bereik. Vanuit die SAKP/ANC-perspektief is daar ‘n “compelling logic” met die NDR-strategie:

“If the economy was thriving and millions of well-skilled South Africans could easily find well-paying private sector jobs outside of state control, the ANC would soon lose its grip on power.”

Om dus die bevolking afhanklik eerder as onafhanklik te maak, is van kardinale belang vir die ANC. Deur kaderontplooiing binne die openbare sektor en sowat 17-20 miljoen wat van hulle daaglikse brood afhanklik is van maatskaplike toelaes (uitgedeel en beheer deur die ANC), is die ANC ten volle in beheer van die revolusie. Die Covid-19-fiasko het die ANC se greep op die land boonop verstewig deurdat ‘n groot deel van die onafhanklik denkende middelklas ook nou tot bedelstand verlaag is en van die ANC afhanklik sal wees vir oorlewing.

Werkloosheid wat steeds groter word skeel die ANC-elite min; hulle eie poste is verseker (en verskans). Daarom dat hulle ook nie enige erg het daaraan dat die ekonomie skade ly as gevolg van die irrasionele en idiotiese inperkings nie; hulle salarisse word steeds betaal met die bykomende voordeel dat hulle nie eers op kantoor hoef te wees nie!

“… the more the NDP was implemented, the more the economy would be crippled and the more dependency upon the state will grow. Soon, the damage from the NDP would become self-perpetuating and increasingly difficult to reverse”.

Die woord “revolusie” het in sommige (links-liberale) kringe ‘n bekoring asof dit ‘n towerwoord is waarmee alles wat kwansuis verkeerd is, reggestel kan word. Min besef dalk dat dit ‘n totale omverwerping van alle bestaande strukture beoog en radikale verandering meebring. So asof ‘n nuwe samelewingstruktuur eensklaps kunsmatig gevorm kan word terwyl dít wat daar was eeue geneem het om te skep! Feit is dat daar deur die afbreek van orde en strukture ‘n vakuum onstaan waarin wetteloosheid, eerder as ‘n nuwe ordelike struktuur, beslag kry. Dit is wat nou in ons land ontplooi. Daar is geen gesag waarna opgesien word nie; geen gemene deler wat ons saambind nie, maar veel eerder ‘n veragting vir die regime en hulle vergrype deur diegene wat nog vir hulleself dink, terwyl die res in paniek en vrees lewe en ewe gedienstig elke belaglike regulasie en dekreet navolg asof hulle lewens daarvan afhang.

Wat is die lewens- en wêreldbeskouing van die nuwe Suid-Afrika? Dit is nie Christelik nie en beslis ook nie nasionaal nie. Dit is eerder onchristelik, barbaars en Gods- en naasteveragtend. Dit is omdat dit revolusionêr is want die wese van enige revolusie, aldus die Nederlandse denker en filosoof Groen van Prinsterer, is ongeloof!

Die (tweede fase) van die ANC-revolusie is besig om ons almal in te sluk al sal dit dalk ook sy eie kinders (die ANC) in die proses opvreet. Niemand van ons (tensy jy deel is van die elite wat die toutjies trek) gaan hieruit ongeskonde kom nie. Anargie, as noodwendige neweproduk van hierdie revolusie, dreig nou om heeltemal hande uit te ruk. Ontsag vir die lewe is lankal (soos met die Franse Revolusie) daarmee heen. Mense word soos wilde diere afgemaai en geslag. Eers wanneer ons besef dat hierdie bestel (revolusie) nie “beter” gemaak kan word of “hervorm” kan word nie, maar iets anders in die plek daarvan (of afsonderlik daarvan) daargestel sal moet word, sal werklike geesdrif onder ons mense kan posvat. Want dan sal ons weer ‘n gemeenskaplike deler hê: ‘n gemeenskaplike ideaal om na te strewe.

Intussen is ons besig om die branders met ‘n besem te probeer terugvee…

 

Leon Lemmer: Die ANC as oorlogsugtige instansie

“KZN [KwaZulu-Natal] is a province awash with violence. It is no longer the violence of the late 1980s and early 1990s, when the ANC and IFP fought a bitter battle for supremacy in the province. That contest has been decided, and the ANC has come out on top. Now the murderous battles take place within the party, in the fight for office and material benefits” (Kindle 97). So begin die eerste hoofstuk van Greg Ardé se boek, War Party: How the ANC’s political killings are breaking South Africa (Cape Town: Tafelberg, 2020, 256p, R215 (loot), R297 (Exclusive); Amazon Kindle $13,34). Die outeur is ‘n koerantman wat reeds dekades lank ondersoekende joernalistieke werk in veral Natal doen. Ten einde die lengte van my teks te beperk, onderskei ek nie altyd duidelik tussen Ardé en ander mense se menings nie.

Die boek is die resultaat van navorsing wat ‘n jaar in beslag geneem het (2181, 2477). “This book is highly critical of the ruling party” (1540). “The narrative points to a ruling party, an organised group of people controlling the levers of the state, who, by their collective action, be it by omission or commission, are perpetuating violence” (2490). “[The ANC] has become a war party” (2509). “Arguably a growing number [of ANC members] are getting up with murderous intent, prepared to kill one another in their quest for power or to satisfy their greed” (2513).

Die ANC is in 1912 gestig en het hom aanvanklik besig gehou met besware teen veral die paswet en arbeidsake, wat soms tot protesaksies en stakings gelei het. Die ANC het toe vir die blanke regering nie veel meer as lastigheidswaarde gehad nie. Op 16 Desember 1961 het die ANC sy tweede fase betree toe sy militêre vleuel, Umkhonto weSizwe (MK), tot geweldpleging oorgegaan het. Die latere vredesikoon, Nelson Mandela, het beslag aan gewelddadigheid as die nuwe hoofkenmerk van die ANC gegee. ANC-geweldpleging word tot op hede voortgesit. Dit is dié nalatenskap van Mandela. In 1964 is Mandela tot lewenslange tronkstraf veroordeel en is die terrorisme van die ANC/MK deur ander gewelddadige kamerade voortgesit.

Omdat die ANC ‘n verbanne organisasie in Suid-Afrika was, is die United Democratic Front (UDF) in 1983 gestig om as binnelandse vleuel van die ANC te funksioneer. Hierdie derde fase van die ANC se geweldstradisie het onder die leiding van Desmond Tutu en Allan Boesak plaasgevind. Die vierde fase, met die noodlottigste geweld, het van 1990 tot 1994 geduur en is onder die leiding van Mandela bedryf. Dit was die direkte gevolg van FW de Klerk se dwase toespraak op 2 Februarie 1990. ANC- en SAKP-lede is toegelaat om vryelik Suid-Afrika binne te kom. Wapens is op groot skaal die land ingebring. Die ANC se geweldsaksie het toe van die blankes na die swartes verskuif ten einde alle swart kiesers tot onderdanigheid aan die ANC te dwing. Die ANC wou veral die Inkatha-Vryheidsparty (IVP), potensieel die hoofopposisieparty, ten alle koste vernietig, sodat die ANC politieke beheer oor die land kon oorneem.

Nadat die ANC die algemene verkiesing in 1994 gewen het, het die ANC sy vyfde fase, die vierde gewelddadige een, betree. Die huidige geweldsfase is nie na buite die ANC gerig nie. Dit is ‘n stryd om poste en materiële gewin binne die ANC. Dit is die onderwerp van Ardé se boek. Die beste karakterisering van die ANC as gewelddadige instansie is egter te vinde in Anthea Jeffery se boek, People’s War: New light on the struggle for South Africa (2009, Kindle $9,19). Jeffery se boek handel oor die vierde fase in die ANC se bestaan, toe baie meer swartes in politieke geweld deur die ANC gedood is as waaraan die blanke politieke bewind ooit met sy sogenaamde sistemiese geweld skuldig was.

Ten einde sy gewelddadigheid te kamoefleer, het die ANC (grootliks) valslik gepoog om die geweldpleging aan ‘n “Derde Mag”, die blanke bewind se veiligheidsmagte (polisie en weermag), toe te dig. Dit was veral die geval ná die Boipatong-slagting in 1992 toe Inkatha die ANC vir ‘n verandering goed opgehel het. Die dodetal was 45. Maar wat moet ons dikwels in die praktyk aanhoor? Die absolute valsheid dat die 1990/94-era ‘n vreedsame oorgang na bevryding en demokrasie was. Ardé stel dit onomwonde: “Violence is the political capital [of the ANC]” (1333). ‘n ANC-lid skryf: “Never in their wildest dreams did the ANC founding fathers, when they met in Bloemfontein [1912], imagine that they were in effect colluding in the creation of a criminal syndicate … The ANC exists for no other purpose than to loot the state” (2424).

In 1990/94 het die stryd tussen die ANC en Inkatha aan die Rand en veral in Natal gewoed. Sedertdien word hierdie geweldpleging, nou reeds ‘n goed gevestigde ANC-tradisie, in veral hierdie twee gebiede voortgesit, maar hierdie keer binne ANC-geledere. Dit is waarop Ardé sy aandag toespits. Dat die ná-1994-geweld in ‘n mate ‘n voortsetting van die ANC se 1990/94-geweld is, blyk uit die feit dat daar bv steeds sogenaamde “Self-Defence Units (SDUs)” is; hierdie keer om die belange van spesifieke ANC-politici of aspirantpolitici te bevorder (128). “ANC members seem to have become more at ease with violence, be it to settle scores or to remove obstacles in the path of their enrichment or power play” (736). “Violence increasingly features in the factional disputes and competition for jobs, favours and tenders that make up life in the ANC. It is becoming the dominant currency of the party in KZN” (746).

Daar is groot werkloosheid onder veral swartes, wat saamhang met ‘n groot gebrek aan sowel talent as bekwaamheid by sommige ANC-lede. “Some people who wouldn’t qualify for jobs as labourers were earning R15 000 a month as councillors. They immediately adjust their lifestyle and thereafter clung to their jobs” (816). Dit is bekend dat sommige van hierdie politici nie funksioneel geletterd is nie. “There is no consequence management. People in power don’t answer when you question their actions. If they do, their answers are thin and evasive” (378). Dit is hierdie relatief talentlose elemente wat verbete om poste in die politiek meeding. Sedert 1994 is daar op die drie vlakke van regering (sentraal, provinsiaal en munisipaal) meer hoogslonende politieke poste as ooit tevore geskep.

“There were about 400 MP’s countrywide, 80 MPLs in KZN and more than 200 councillors in Durban alone … The remuneration packages [are] … inordinately high. Extra money is derived from the tender system, corruption and kickbacks” (820). In die Ramaphosa-kabinet is daar ‘n sestigtal ministers en adjunkministers wat elkeen buitensporige salarisse en byvoordele ontvang. Die opset is sodanig dat ANC-kamerade feitlik enigiets sal doen om politieke poste in te palm en daarna sal poog om niks te doen wat meebring dat hulle die voordele van hulle luukse leefstyl moet inboet nie. “They believe it was time to eat” (413). “The culture of ‘our turn to eat’ had developed around council posts, with business people lining up to secure favours from the councillors and benefit from municipal contracts” (1888). “Being indepedent-minded, being caring: these are scarce traits in the ANC now” (365).

Dit is nie ‘n verskynsel wat tot Natal of die Rand beperk is nie. Die staatsdiens en semi-staatsdiens is grootliks ‘n verlenging van ANC-politiek. Daar is nie meer ‘n (duidelike) skeiding van die wetgewende en uitvoerende mag nie. Die oorvloed poste wat sedert 1994 in hierdie sektore geskep is, is seker die ANC-regime se suksesvolste poging tot werkskepping. By verre die meeste poste is tans slegs vir ANC-lede beskikbaar. Dit bring noodwendig mee dat opportuniste uit ander politieke partye na die ANC migreer. Die verlies aan lidmaatskap wat die IVP weens ANC-geweldpleging in 1990/94 gelei het, word gevolglik voortgesit.

Ardé vertel bv van iemand wat van die IVP na die ANC oorgeloop het. “The ANC helped him set up a security company … and then they gave him government tenders” (943). Hy het vir hom ‘n luukse Lamborghini-motor aangeskaf (952). Sowel die Economic Freedom Fighters (EFF) as die National Freedom Party (NFP) word as surrogaat ANC-partye getakseer, wat migrasie na die ANC vergemaklik (1040). “What became clear in KZN over the years was that the ANC, having once overcome the IFP and determined not to lose against them again, absorbed many of its former enemies, especially the strongmen. Their background, ideology and personal morality are of no consequence to the ANC, especially when measured against their ability to mobilise or terrorise” (1535).

Moenie dink dat hierdie probleem slegs eie aan Natal is nie. Dit kom landswyd voor, maar in groter mate in Natal. By ‘n vorige geleentheid het ek oor die toestand in Knysna geskryf en ‘n plaaslike raadslid aangehaal: “The people instigating the riots and the violence are those who want to become leaders themselves … They can’t all be councillors … In my place is going to be one councillor … I see four of them who want to be in the race. And only one of them can win. It will split them and that is going to cause a problem” (Anelia Schutte, For the people, 2014; Kindle 3289, 3337 – Praag 5.10.2019). Die onrus sal dus voortduur. Opstoking tot geweld is die bewese manier om ‘n leier in die (swart) gemeenskap te word. Mandela het geweldpleging op die hele plaaslike samelewing losgelaat en op hierdie manier die staatshoof en selfs ‘n wêreldvredesikoon geword.

“The horror of political assassination in KwaZulu-Natal, beyond what it foretells for the country as a whole, is that people have become inured to the violence. The bloody brutality, the cruelty and the human loss have largely become masked in the public eye. It is the new normal” (610). Die plaaslike politiek en samelewing is na verloop van dekades in so ‘n mate deurdrenk van moord en verwoesting dat die inwoners geneig is om (oor)gewoond daaraan te word en gevolglik hulle senstiwiteit vir misdaad, selfs moord, te verloor. Daar is beperkte belangstelling in wat in hierdie opsig daagliks in die land gebeur, gevolglik is daar min berigte daaroor in die massa-inligtingsmedia. Aan slegs die afgryslikste gevalle word publisiteit verleen en selfs dan nie eens prominent nie. Wanneer laas het u ‘n berig oor bv ‘n plaasmoord op die voorbladsy van ‘n koerant gesien?

Ardé het ten minste met die oog op die historiese waarde daarvan ‘n groot guns aan ons en ons nageslag bewys deur die huidige funksionering van ANC-lede as gewelddadig of oorlogsugtig te dokumenteer; dus by implikasie dat die ANC eintlik’n oorlogsparty is. Dit gaan letterlik om “thousands of politically attributed murders” (49). “Mass murder [1990/94] morphed into targeted assassinations” (75). Dit is dus ironies dat “our constitution enshrines the right to life” (365).

“The ANC is spinning out of control because of violence” (370). “KZN … threatens to be the harbinger of a fully fledged gangster state where might is right and the big guns call the shots” (80). “[It is] a ‘culture of blood’ [2652] fed by greed, which prizes money over human life. In KZN murder is increasingly the currency of power … The ANC, the party of liberation, is becoming a war party” (85). Dit is waarom ek Frans Cronje se deurgaans vreedsame toekomsscenarios onaanvaarbaar vind (Praag 18.07.2020).

Dit het geen of min sin om in hierdie rubriek die name te noem van al die vermoordes en al die moordenaars wat in Ardé se boek vermeld word. Daar is ‘n lys van tersaaklike inligtingsbronne in die boek (2546-2642). Ek bepaal my by algemeenhede. Dit is eintlik bewonderenswaardig hoe die outeur die onverkwiklikhede van individuele gevalle ontrafel het. “Few journalists have the time or the inclination to unpack a welter of names, places and events to find common threads and see the bigger picture, to unearth the convergence between the hitmen, their paymasters and ANC dynamics in KZN” (1101). Ongelukkig kom hy nooit uit by breër perspektiewe oor die saak nie, soos die afbrekende rol van nieu-marxisme, die negatiewe voorbeeld wat wetteloosheid en chaos in ander lande aan plaaslike misdadigers stel en die absolute ongeskiktheid van (Westerse) demokrasie as staatsvorm vir Suid-Afrika.

As lede van ‘n gemeenskap oorwegend tot ‘n ander party as die ANC behoort, word hulle voordele ontsê, dus benadeel (173). ANC-gesinde gemeenskappe en individue, daarenteen, word bevoordeel, bv veroordeelde misdadigers word na vrylating uit die tronk in regeringsposte aangestel (205). Oud-MK-terroriste speel ‘n rol in die geweld. “The vets were demanding jobs, tenders and government houses” (205). Na aanleiding van “the 2017 demonstration by Umkhonto weSizwe Military Veterans who laid siege to the ANC’s headquarters of Luthuli House in Johannesburg” is gesê: “This sort of thing deliberately lays the groundwork for civil war … This is leading to the militarisation of South Africa” (374).

Korrupsie neem talle vorme aan, bv: “In 2019 it was an open secret in Richmond that R30 million worth of timber grown on munisipal land had been stolen and the … ANC councillors had turned a blind eye in return for a slice of the proceeds” (223). Die gesin van die korrupte hooffinansiële beampte van Richmond het 16 voertuie besit (241). In Umzimkhulu in daar in 2012 begin om die Gedenksaal te moderniseer teen R4 miljoen. “Five years and two contractors later, the cost of the project had escalated to R16 million but most of the work was still incomplete” (624). Intussen is drie van die betrokke persone vermoor (624), insluitende ‘n raadslid wat geweier het om dokumente vir hierdie projek te onderteken (628). ‘n ANC-kameraad in ‘n ander geval “benefited from an inflated municipal contract to run public viewings of Nelson Mandela’s funeral” (763). “The bid was awarded the contract at five times the amount that it cost to provide the service” (772), naamlik R994 500 pleks van R196 319, “a profit of R798 181 for work it did not itself undertake” (782). Sulke vergesogte munisipale dienste word gelewer pleks van die dienste wat deur plaaslike owerhede ekonomies en doeltreffend gelewer behoort te word.

Wat Ardé duidelik uitwys, is dat daar ‘n onder- en ‘n bowêreld in die ANC se korrupte geledere bestaan (268). In die onderwêreld is daar diegene wat die misdade pleeg, bv sluipmoordenaars. In die bowêreld is die ANC-kornuite wat die misdadigers betaal en deur die misdade bevoordeel word, bv met poste of ander finansiële gewin. Daar is vroeër vanjaar berig “that around 90 people with some official standing have been killed in KZN since 2015. They were councillors, political party officials or municipal officials; most were affiliated to the ANC” (274). Die dooies sluit fluitjieblasers teen korrupsie in (283). Korrupsie neem onder meer die vorm aan van die onwettige verkoop van “RDP houses” vir eie gewin (301).

Dit is dikwels moeilik om die veroordeling van misdadigers te bewerkstellig omdat die saaklêers gesaboteer word (310) of verdwyn. Getuies word geïntimideer om nie in sulke hofsake te getuig nie, of word selfs vermoor (507, 597, 1893, 2305). Party keer verdwyn ‘n hoofgetuie in die niet (1518). Die polisie word soms omgekoop sodat sulke sake nie ondersoek word nie (561). “Police incompetence and political manipulation” kom voor (838). “50 magistrates … had been found to have taken bribes between 2014 and 2019” (2319). Dit is nie duidelik of hierdie getal op KZN of die land in sy geheel betrekking het nie. ‘n Gebrek aan getuienis lei dikwels tot die ontslag van misdadigers, insluitende moordenaars (702). Die regskoste van ANC-kamerade wat van misdade aangekla word, word soms deur die ANC betaal (324, 422). As iemand ‘n lojale of invloedryke ANC-lid is en aan misdrywe skuldig is, word hy dikwels in ‘n ander pos herontplooi (328, 422). Diegene wat wel in ‘n hof tot tronkstraf gevonnis word, word (spoedig) op parool vrygelaat (383, 471).

Hoe gevaarlik die situasie vir ‘n raadslid kan wees as hy korrupsie probeer bestry, blyk uit die geval van iemand wat om hierdie rede binne ANC-geledere geïsoleer is. Hy is voor ‘n keuse gestel: “If he didn’t resign, he would be dead … [He] didn’t trust the police to help. He also ‘did not trust the security company that was contracted by the municipality'” (444). ‘n Munisipaliteit soos Dundee verkwansel maandeliks R1 miljoen aan veiligheidsdienste (477). In die Gwala-distrik (Kokstad, Umzinkhulu, Bulwer, Ixopo, Underberg) is R8.7 miljoen vir sekuriteitsdienste in ‘n enkele jaar betaal, terwyl dit veronderstel is om R241 000 per maand te kos, maar “in some months payments ballooned to almost double that amount” (667). In Gwala het ‘n raadslid verplig gevoel om sy besware op skrif te stel: “about the financial irregularities and misconduct of comrades and [he] sent it to the ANC provincial head office. It was suggested that he be charged with misconduct for bringing the ANC into disrepute” (667).

Dit is nie net Natal wat ‘n oorlogsone is nie. Die hele land gaan gebuk onder geweld veroorsaak deur ANC-kornuite of geweld wat voortspruit uit die korrupsie en ondoeltreffendheid van die owerheid. In 2017 is berig: “South Africans spend R45 billion a year on private security, 30% more than the government allocated to the police force. In that year there were 490 000 active private security personnel in South Africa, working in armed response, cash-in-transit, and guarding. By contrast, the South African Police Service employed 194 852 people and the South African National Defence Force 77 597 … In 2018 … government spending on private security had ballooned from 6.1 billion in the 2015/16 financial year to R7 billion in 2017/18” (956).

Soos by begrafnisse vóór 1994 word die begrafnis van ‘n raadslid wat in onguns verval het deur die ANC gekaap (458) en word daar dan valslik voorgegee dat die ANC teen korrupsie gekant is en daarteen optree. Daar word beweer: “As the ANC we are a law-abiding organisation, and we will always abide by the law” (698). ‘n Waarnemer het egter gesê: “The national evil … has seen the ruling party manipulate and undermine the rule of law and effectively replace it with the politics of the stomach, enforced mainly in KZN through the barrel of a gun” (914). “ANC leaders in KZN often claim that their actions are aimed at advancing peace but it often seems more like entrenching ANC hegemony at any cost” (1540).

In 2016 is die Moerane-kommissie aangestel (785) om “violence in KZN between 2011 and 2017” te ondersoek (794). Verslag is in 2018 gelewer (802). Advokaat MTK Moerane se verslag “is a damning indictment of the politics of KZN” (798). “The violence in KZN demonstrated the ‘depravity to which human beings can descend … to murder another human being for material gain'” (811). “Corruption is the backbone of South African politics, Moerane said. ‘And that’s the cause of violence'” (824). ‘n ANC-kameraad het voor die kommissie getuig: “The only way to stop political killings would be for his beloved ANC to lose at the polls” (861). “Moerane’s report seems to be largely ignored by the government” (785). “The exercise cost R15 million” (802). “He slated the political deployment of ANC cadres in government” (802). Onlangs het dit uit persberigte geblyk dat twee van Nelson Mandela se dogters, Zindzi en Zenani, as ambassadeurs in onderskeidelik Denemarke en Suid-Korea gedien het. Sover ek weet is geen beswaar teen sodanige kaderontplooiing in die onlangse koerantberigte geopper nie.

Die omvang wat ondoeltreffende bestuur en administrasie, asook korrupsie, by munisipaliteite aanneem, is ongelooflik. Byvoorbeeld: “When we visited, Newcastle had debts amounting to about R1.3 billion and its income was less than its expenses. Ten years earlier the municipality had cash reserves of R248 million” (516). R400 miljoen is aan ‘n nuwe seweverdieping munisipale gebou bestee terwyl die inwoners meer as R1 biljoen aan onbetaalde dienste skuld (530). ‘n Vorige burgemeester het ‘n R2 miljoen selfoonkontrak aan sy broer toegeken (525). Hierdie burgemeester het sedertdien sy multimiljoenrand huis verkoop en na Dubai uitgewyk (521). “Most Newcastle comrades … seem equally tainted and to have benefited from a range of multi-million-rand contracts either not completed or shoddily finished, including a swimming pool and two community halls” (602).

Daar is entrepreneurs in hierdie moordbedryf. “He will arrange the hit and take a percentage. He doesn’t do the shooting. He gets the hitman” (746). Sluipmoordenaars word in die taxi- of privaat sekuriteitsbedryf gewerf (498, 746, 1296) of in die (afgetrede) geledere van die polisie en weermag (971). “Hostels [are] reservoirs for hitmen” (870). “Between 70% and 90% of [hostel] residents are unemployed” (874). “Residents living in blocks controlled by hitmen were forced to pay ‘protection money’, the funds from which bought guns and ammunition, paid for killers, and used to bribe police officers and court officials” (879). “Too many cops were on the take” (1342).

“Hitmen … often … come from the rural areas and are known as izinkabi (singular inkabi) … They are increasingly being used in political assassinations, in the factional feuds within the ANC, to eliminate opponents” (1296). “Izinkabi … are there because the government doesn’t regulate [the taxi] industry” (1342). “The real masterminds behind the killings, the mafiosi, remained untouched” (1347). “All types of weapons are in circulation and it is not effectively controlled” (842). Soms word “state-issued R1 firearm[s]” in sluipmoorde gebruik (685) of polisiedienspistole (975). “State-issue firearms, such as R4s and R5s, police radios, uniforms and other police and army equipment were often recovered during hostel raids” (883).

Die taxibedryf is ‘n prominente werklikheid in Suid-Afrika. Ardé wy ‘n hele afdeling in sy boek daaraan omdat dit ‘n integrerende deel van die geweldskultuur is. “According to a 2017 report, the South African National Taxi Council (SANTACO) estimated there were 200 000 minibus taxis in the country, generating R90 billion in fares a year, or R450 000 on average per taxi for every owner. Other figures suggest there are upwards of 250 000 minibus taxis … The industry is reputedly the biggest purchaser of fuel in the country and it pays significant indirect taxes, including the fuel levy imposed on petrol and diesel sales and value added tax on vehicle purchases and spare parts” (1113). Dit word as ‘n “wildly profitable industry” beskryf (1118).

Gewone sterflinge betaal egter ook al die genoemde belastings maar daarbenewens ook inkomstebelasting. Die kern van die saak is dat die taxibedryf inkomstebelasting op groot skaal vryspring. “No receipts are issued” (1624). “A taxi running the route between Chatsworth and the Durban CBD made about R15 000 a week, mostly tax-free” (1150). Daar is bv eienaars met ‘n vloot van 20 taxi’s (1136, 1166). “[A] taxi boss told me he made R25 000 a day in profit on his fleet … ‘The only reason to have taxis is to steal from SARS” (1180). ‘n Ander taxi-eienaar het 24 taxi’s met ‘n maandelikse omset van R400 000. “He had a string of luxury cars, three wives and eight children” (1459). Dit is ‘n voorbeeld van “a culture of bling” (2466).

Die taxibedryf is feitlik uitsluitlik in swart besit. Om hierdie rede is die ANC-regime hierdie bedryf goedgesind. Talle ander bedrywe en beroepe ly groot finansiële verliese weens die Covid-19-inperking. Met hulle het die ANC-regime min simpatie. Die taxibedryf, daarenteen, is vir regeringsbystand van miljoene der miljoene rand uitgesonder, al ontduik die eienaars inkomstebelasting. Pleks van dankbaar te wees, kla taxi-eienaars steen en been dat te min Covid-19-skadevergoeding aan hulle betaal word. Hulle het daarop aangedring dat taxi’s (oor)vol gelaai moet kan word. Die ANC-regime het voor hierdie eis geswig ten spyte van die wesenlike gesondheidsgevaar wat dit inhou.

“On the face of it, the taxi industry is out of control, resistant to regulation, and a law unto itself” (1687). “Even the violence that marks it is a means of regulating the market, by keeping competition down and prices up … With its estimated annual turnover of R90 billion, it bears comparison as a form of organised crime with the illicit tobacco industry” (1691). “They were now run like a mafia and the leaders had become warlords” (1718).

Omdat taxi’s so ‘n lonende bedryf is, asook weens die grootskaalse werkloosheid, is daar sterk kompetisie in hierdie sektor (1145), wat op sy beurt tot omvangryke geweldpleging, insluitende moorde, lei. Volgens ‘n waarnemer was daar in hierdie sektor volgens mediaberigte 458 moorde in 16 jaar (1243). Daar is te veel mense wat in hierdie rykdom wil deel. “The market is overtraded” (1180). “Route dominance was down to firepower” (1175). “The problem with the taxi industry … is that too many cops are involved. They own taxis or they take bribes” (1170). “[A] taxi cop described the industry as a ‘mafia business driven by sheer greed” (1225). “It is not unfair to accuse the police of not having a handle on taxi violence” (1252). “Too many cops and government officials are involved” (1230).

Die taxi-oorlog (1101) woed veral oor die hoogslonende langafstandroetes (1092). “Short routes like Soweto to Johannesburg are small potatoes … The big money is made on long-haul routes like Durban to Johannesburg. Twenty-two-seater [Toyota] Quantum vehicles run these routes and the fares were R450 per passenger one way. The profits are massive … The income is R9 900 per trip. Petrol for one trip is R1 200, tolls about R250, and you pay the driver one passanger fare of R450. So R9 900 less R1 900. That is R8 000 for your pocket …If you have 10 taxis, you are making R80 000 profit a day … With that kind of money at stake, no wonder that protection rackets have sprung up in the industry, enforced by big, well-armed security firms” (1189). “PSIRA, the Private Security Industry Regulatory Authority … has 1.5 million security guards on its books, though only 500 000 are active and they work for nearly 9 000 security firms” (1221).

Taxibestuurders is dikwels die enigstes in die bedryf wat die gramskap van die publiek moet verduur. ‘n Taxibestuurder wat nie ‘n taxi besit nie, het egter geen weelderige of gerieflike lewe nie. “Most Johannesburg [taxi] drivers worked six or seven days a week and earned on average R2 000 a month … They had no job security and put in 14 to 16 hours a day. The pressure on them to turn a buck and their fatigue made them liable to cause fatal accidents” (1722).

Die laaste afdeling in die boek handel oor Durban, wat beskryf word as “the city central to the rot that had spread through the ruling party during Zuma’s years in the presidency” (1924). Die taxibedryf is so uitermate lonend nie net omdat inkomstebelasting ontduik word nie, maar ook omdat ander openbare vervoer gebrekkig is. In stede soos Kaapstad en Durban is gepoog om owerheidsvoorsiende openbare vervoer per bus en trein te verbeter. Maar dit maak inbreuk op die aanvraag en dus winsgewendheid van die taxibedryf (1549). Daar word dus met eise vir skadevergoeding vorendag gekom. Omdat dit ‘n manier is wat nooit bevredigende resultate kan oplewer nie, word die toevlug tot die Mandela-opsie, geweld, geneem.

Die poskantoor kan nie sinvol skadevergoeding eis omdat elektroniese boodskappe sy eertydse glorie geknou het nie. Maar die taxibedryf beskou homself as ‘n uitsonderlike geval wat op vergoeding van owerheidsweë geregtig is. Hierdie dispuut het al in Durban tot sluipmoorde gelei (1567). Die voorgestelde vervoerstelsel word GO!Durban genoem. “GO!Durban promised to reduce violent taxi competition … More than a hundred taxi drivers and bosses had been assassinated in west Durban in recent years” (1602). Diegene in beheer van die taxibedryf kla dat daar nie genoeg met hulle oorleg gepleeg word nie, maar terselfdertyd word vergoeding geëis vir die tyd wat hulle aan samesprekings met die owerheid moet afstaan (1593).

Dat daar groot fout in die bestuur en administrasie van Durban is, blyk uit die feit dat die eThekwini-munisipaliteit, die plaaslike owerheid vir Durban en omstreke, nie voor die Moerane-kommissie getuig het nie (1764). Hierdie gebied word gekenmerk deur dieselfde misdrywe en misdade as wat elders in Natal voorkom, soos mense, bv getuies, wat vermoor word om hulle stil te kry (1838, 1847). Daar is onmin oor wie die ANC-leiers en -lede mag wees (1870). “Armed guards controlled who was allowed to enter meetings and policed what was allowed to be said. Other allegations include branch numbers being inflated with ghost members and legitimate members not being informed of last-minute venue changes for meetings … The ANC’s internal democracy … was being suppressed as a result, and careerism and corruption had become institutionalised in the party. In poor areas … becoming a branch leader or a councillor seemed to be one of the few ways out of penury … Manipulation of the process of selecting councillors … stoked political violence” (1879). “Procedures were manipulated and votes were bought” (2158).

Munisipale bouprojekte word vertraag omdat hulle onderbreek word weens geldafpersing (1951). Ouditeure word verhinder om hulle werk te doen omdat hulle met die dood gedreig word (1968). Soos elders in die land is daar onwettige water- en elektrisiteitsverbindings (2042). Dit kom onder meer voor by huise wat televisie-ontvangs het (2047). Ensovoorts. Durban toon in geografies gekonsentreerde vorm al die onverkwiklikhede wat in die res van die provinsie aangetref word.

‘n Ingeligte waarnemer, Adriaan Kruger, het plaaslike bestuur in Suid-Afrika soos volg gekarakteriseer. “Imagine a retail chain with nearly 300 outlets, supplying essential services to a captive market, with guaranteed annual price increases and no competition. It would be unbelievable if this retailer struggled to survive, especially if taxpayers were forced to support the enterprise to the tune of 40% of its annual turnover. Kruger said municipalities were essentially retailers of water, electricity, refuse removal, sewerage services and car licences. Municipal revenues were nearly R400 billion in the year to September 2019 … Of that, R106 billion went to salaries. Municipalities wrote off R16 billion to bad debt and spent less than 10% of their budget on the maintenance of infrastructure such as roads and water pipes” (2429).

Is dit moontlik om entoesiasties oor en positief beïndruk met die nuwe Suid-Afrika en talle van sy inwoners te wees? Gaan die ANC/SAKP se helde na. Hulle het nie opgebou nie. Hulle het afgebreek. Die nuwe Suid-Afrika is ‘n noodlottig gebroke weergawe van die ou Suid-Afrika.

Leon Lemmer: Die wysbegeerte as ‘n tuiskoms

David Benatar (gebore in 1966) is ‘n dosent in die wysbegeerte/filosofie aan die Universiteit Kaapstad. Hy het bekendheid verwerf veral vanweë sy boek, Better never to have been: The harm of coming into existence (2006, Kindle $31,04). Volgens hom is die oorwig in iedere mens se lewe nie goed nie, in die sin van nie die moeite werd nie, gevolglik sou dit beter wees om nie gebore te word nie. Dalk al wat ek hierteen kan opwerp, is dat jou nie-bestaan jou van alle moontlikhede, sowel goed as sleg, uitsluit. Dalk is dit moontlik, afhangende van die mate waarin dit in jou beheer is, om (meesal) eerder die goeie as die slegte te ervaar. Hierdie boek is soms (myns insiens en ook volgens Benatar) verkeerdelik as nihilisties vertolk, dus as ‘n voorkeur vir niks pleks van iets. Ek het voorheen kortliks hierna verwys (Praag 22.10.2017).

Benatar se standpunt herinner aan die aartspessimisme van Arthur Schopenhauer (1788-1860): “The finitude of existence, the ephemeral nature of the present, the contingency of life, the non-existence of the past, the constancy of need, the experience of boredom, and, most importantly the ievitability of death, all lead to the conclusion that life is pointless” (Praag 22.10.2017). Sommige van Benatar se idees kan ook teruggevoer word na ‘n ander Schopenhauer-aanhanger, die Romeens-Franse filosoof Emil Coiran (1911-1995). Cioran se boek, The trouble with being born (1973), oor “the inconvenience of existence,” sal vanjaar op 24 September as ‘n e-boek beskikbaar gestel word (Kindle $11,68). Een van Cioran se ander boeke, History and utopia, is in 2015 as ‘n e-boek gepubliseer (Kindle $12,64). Daarin noem Cioran demokrasie “a festival of mediocrity.” Die Engelse vertaling van Michel Houellebecq (Praag 20.10.2019) se boek, In the presence of Schopenhauer (Kindle $12,64), het in Mei vanjaar verskyn. In hierdie konteks is daar ook die boek van Louis Betty, Without God: Michel Houellebecq and materialist horror (2016, Kindle $16,55). Betty se beswaar is egter nie soseer teen nie-religieusheid nie as teen ongebreidelde materialisme.

Van Benatar is onder meer ook hierdie boek gepubliseer: The second sexism: Domination against men and boys (2012, Kindle $21,15). Hierin stel hy militante feministiese seksisme aan die kaak, onder meer omdat dit geslagsgelykheid ondermyn. Wat duidelik is, is dat Benatar nie huiwer om hom oor omstrede sake uit te laat nie. Hy is kompromisloos op soek na die waarheid, soos dit hoort in die wysbegeerte. Hy redeneer op ‘n voortreflike manier en formuleer sy gedagtes in duidelike taal.

Aan die Universiteit Kaapstad is Benatar ook om politieke redes ‘n omstrede figuur. In ‘n vorige rubriek het ek geskryf oor sy (gesonde) opvattings oor regstellende aksie en transformasie (Praag 3.10 2015). Hierdie teks is ‘n herlees werd omdat dit toon hoe kundig Benatar oor aktuele politieke sake redeneer; ook omdat die idees wat hy daar uitspreek vir sommige Afrikaners meer aanvaarbaar is as dié wat in hierdie rubriek aan die beurt kom. Maar hou in gedagte dat Benatar se (troostelose, pessimistiese) benadering rasioneel en empiries (dus ingevolge die sintuiglik waarneembare aardse) is. Religieuse geloof volg ‘n ander (troosryke, optimistiese) roete, is dus ‘n ander benadering, wat oorstyging/transendering van die empiriese, dus die metafisiese, insluit.

By ‘n vorige geleentheid het ek oor Afrikaanse wysgere geskryf (Praag 16.04.2017). Van die huidige aktiewes sou Danie Goosen seker die meeste aanklank by Afrikaners vind. Daar is pas ‘n bundel, Knooppunte: Opstelle vir en oor Danie Goosen (Centurion: Akademia, 507p, R350) gepubliseer. Maar ek dink dat Benatar as wysgeer plaaslik tans die uitnemendste werk lewer. In die wysbegeerte gaan dit om besinning oor fundamentele sake. Tradisioneel het dit, veral op die Europese vasteland, om die formulering van ‘n lewens- en wêreldbeskouing – ‘n werklikheidsiening – gegaan; dikwels deur die daarstelling van ‘n omvattende stelsel. Wetenskaplike kennis, bv oor die heelal/kosmos, het mettertyd verdere wysgerige denke oor sekere onderwerpe minder nodig maar nie heeltemal oorbodig gemaak nie. Wetenskaplike kennis is immers deurlopend aan aanpassings, selfs fundamentele hersiening (verandering van paradigma), onderhewig.

Sub-atomiese fisika is myns insiens (oor)ryp vir ‘n verandering van paradigma. Lees bv Lee Smolin se The trouble with physics: The rise of string theory, the fall of science and what comes next (London: Penguin, 2008) en Peter Woit se Not even wrong: The failure of string theory and the continuing challenge to unify the laws of physics (London: Vintage, 2007). Herbesinning oor die oerknal (“big bang”) as ‘n hipotese oor die begin van die heelal is ook nodig – die knal kan ‘n sikliese verskynsel wees. Dan hoef iets (die heelal) nie uit niks te ontstaan nie. Lees bv Paul J Steinhardt en Neil Turok se Endless universe: Beyond the big bang (London: Phoenix, 2008). Neil (gebore in 1958) is die seun van ons eie kommunistiese ANC-kameraad, Ben Turok (1927-2019), wat die ekonomiese beleid in die Vryheidsmanifes van 1955 geformuleer het. Ben skryf oor die ANC: “After 1994 … race discrimination … became the focus of the party’s concerns” (With my head above the parapet: An insiders account of the ANC in power, Auckland Park: Jacana, 2014, p 59). “The various forms of ‘black empowerment’ that were enacted after 1994 came to refer to Africans and not to coloured or Indian people” (138). Rassediskriminasie deur die ANC-regime teen blankes is uiteraard ‘n onontkenbare gegewe.

In die 20ste eeu is die wysbegeerte op die Europese vasteland deur voortgesette besinning oor lewens- en wêreldbeskouings gekenmerk terwyl daar in die Anglo-Amerikaanse wêreld voorkeur aan ‘n analitiese of metodologiese benadering gegee is. Dit het onder meer meegebring dat metafisiese spekulasie vermy is. Gewone taalgebruik – die woorde/terme en hulle betekenis, dus die onderliggende begrippe – is in besonderhede ontleed. Op hierdie manier, dus danksy terminologiese vastigheid, is sommige geykte wysgerige probleme opgelos deur bv aan te toon dat hulle skynprobleme, bv mistastings, is. ‘n Ander gevolg was dat hierdie wysgere mindere leiding as voorheen oor fundamentele sake, soos hoe ‘n mens behoort te lewe, gegee het; die soort leiding wat wel op die Europese vasteland deur bv die eksistensialiste verskaf is.

The human predicament

Vandag skryf ek oor die volgende boek van Benatar: The human predicament: A candid guide to life’s biggest questions (New York: Oxford University Press, 2017, 288p; Amazon Kindle $11,49). Sy hoofonderwerpe is die moontlike betekenis (“meaning”) – of betekenisloosheid – en kwaliteit – of gebrek aan kwaliteit – van ‘n mens se lewe, asook onsterflikheid en selfdood (“suicide”). “Among the literal meanings of the word ‘meaning’ are ‘significance’, ‘importance’, and ‘purpose'” (Kindle 386). Implisiet is daar by Benatar die hipotese van ateïsme, oftewel goddeloosheid. In daardie sin is hy ‘n verlore skaap. Dit is in ooreenstemming met die hedendaagse (rasioneel-wetenskaplike) benadering dat metafisiese spekulasie vermy word; dat ingevolge sintuiglik waarneembare inligting gedink word; iets wat in (al hoe) mindere mate vir sub-atomiese fisika geld, waar daar op indirekte waarneming en spekulasie gesteun word. Benatar laat hom deur rasionele denke lei, maar hy laat ook ruimte vir gevoel/emosie.

Hy is nie dogmaties nie, erken waar hy voorheen gefouteer het en laat in vrede diegene wat op grond van religieuse geloof ander oortuigings as syne huldig. “I do not think that religious views are inherently more dangerous than secular ones” (303). “I do not begrudge private delusions that enable people to cope – as long as these do not harm others” (309). Wat Benatar doen, is om by te dra tot “the marketplace of ideas” (314), om die waarheid, soos hy dit bedink, te verkondig maar sonder om by te dra tot die “feel-good literature” (314). Wat hy poog om te verskaf, is “an antidote to the psychological snake oil that is peddled, bought, and consumed in large quantities” (320). “There are ways of coping with reality that do not involve denying it” (325). Godsbegrippe neig om individualisties te wees. Van mens tot mens kan sulke begrippe aansienlik verskil. Verder is voorstellings van God feitlik onmoontlik en word in sommige religieë selfs verbied.

Voorheen het ek verwys na die teoloog, Johan Heyns (1928-1994), se boek, Die onsterflikheid van die siel (1959), waarin ‘n tradisionele protestantse standpunt gestel word, naamlik dat die siel na die dood van die liggaam voortbestaan en later met ‘n herskepte, verheerlikte liggaam verenig word. Hieroor is gesê: “No theological doctine, such as those of God’s existence or of the immortality of the soul, are evident or demonstrable philosophically, so that religious doctrine rests solely on faith, without metaphysical or scientific support” (Praag 22.10.2017). As teenhanger vir Heyns se boek het die wysgeer, Johan Degenaar (1926-2015), ‘n boek gepubliseer, Die sterflikheid van die siel (1963). Hy beskou die mens as ‘n eenheid van liggaam en siel. Sowel die liggaam as die siel sterf dus. As daar ‘n opstanding van die self sou wees, ‘n herskepping van liggaam en gees, sou dit ‘n groter wonderwerk as in Heyns se standpunt verg (Praag 22.10.2017).

Benatar se uitgangspunt is aards, empiries, sintuiglik, hiermaals. Uit hierdie perspektief besin hy oor bv onsterflikheid, dus ‘n moontlike hiernamaals, wat tradisioneel as ‘n metafisiese onderwerp beskou is. Wat Benatar doen, is om terminologiese vastigheid in die Anglo-Amerikaanse tradisie daar te stel en dan in die Europees-vastelandse tradisie ‘n lewensbeskouing te munt. Sy wêreldbeskouing is onder meer: “It is the product of blind evolutionary forces that are indifferent to us” (2909). Een van die tegnieke wat Benatar dikwels gebruik, is aan bv GE Moore (1873-1958) se Principia ethica (1903) ontleen. As bv beweer word “good” is “happiness” of “pleasure” kan hierdie veralgemenings as ongeldig bewys word met voorbeelde wat toon dat hulle nie noodwendig sinonieme vir “good” is nie.

As leser was ek deurgaans daarvan bewus dat Benatar as ervare dosent hier aan die woord is; dat hy hom duidelik uitdruk omdat hy self duidelikheid het oor wat hy dink. Hy noem watter dele van die boek noodsaaklike leesstof bevat en dus watter dele maar deur sommige lesers oorgeslaan kan word. Hy besef klaarblyklik die mate van funksionele ongeletterdheid wat daar deesdae selfs op universiteitsvlak by studente aangetref word; dat omvattende leeswerk – met die nodige begrip – inspanning verg wat te veel is om van party studente te verwag.

Die voorwoord begin soos volg: “We are born, we live, we suffer along the way, and then we die – obliterated for the rest of eternity. Our existence is but a blip [“piep/stip(pel)”] in cosmic time and space. It is not surprising that so many people ask: ‘What is it all about?’ The right answer, I argue in this book, is ‘ultimately nothing’. Despite some limited consolations, the human condition is in fact a tragic predicament from which none of us can escape, for the predicament consists not merely in life but also in death” (86). “There is plenty of horror. It is for this reason that I think that the ‘human condition‘ [“toestand”] is most accurately described as the ‘human predicament‘ [“verknorsing”] (265). “Chronic pain is rampant, but there is no such thing as chronic pleasure” (1220). Daar kan egter wel berusting (“satisfaction”), oftewel ‘n mate van tevredenheid (“contentment”), wees (1220).

Kosmies is die lewe van ‘n mens en selfs die mensdom nietig; eintlik opsioneel. Uit sodanige perspektief het ‘n mens se lewe nie betekenis nie. David Hume (1711-1776) het tereg geskryf: “The life of a man is of no greater importance to the universe than that of an oyster” (On suicide, London, Penguin, 2005, p 4). Simon Blackburn (gebore in 1944) verwys na “the infinitesimal difference even our best efforts make, and only for an insignificant time on one insignificant planet in an insignificant galaxy” (The big questions: Philosophy, London: Quercus, 2009, p 172). Dit verbaas my altyd hoe belangrik sommige mense hulleself ag en om watter rede, bv ‘n gholfspeler kan handel asof die son uit hom skyn bloot omdat hy die vermoë het om met min houe ‘n balletjie in ‘n gaatjie te slaan.

Een van die fundamentele vrae wat wysgere probeer beantwoord is: “Do our lives have meaning? Is life worth living?” (Benatar 174). Daar is diegene wat beweer dat iedere mens vir ‘n doel geskape is en dat dit die betekenis/sin van sy lewe is. Die probleem is dat ons nie (presies) weet wat daardie doel is nie. Daar is deesdae ‘n groot mate van eenstemmigheid dat ‘n mens se lewe (meesal) nie ‘n enkele betekenis nie maar meerdere betekenisse het, afhangende van die stadium in jou lewe. “Life … has meanings. There is no such thing as the meaning of life” (1017). Wat belangrik is, is dat iedere mens self soveel moontlik sin aan sy lewe moet gee. Dit is egter noodwendig ‘n beperkte sin. Dit kan nie kosmiese betekenis hê nie. As ‘n mens nie by ondernemings in die buitenste ruimte betrokke is nie, is alles wat jy doen aardsgebonde en het dit, empiries gesproke, slegs lokale en hoogs tydelike betekenis.

“I shall be arguing that a generally pessimistic view is the more realistic view – that is, the more accurate view” (249). As pessimis dink Benatar dat alle mense in ‘n tragiese verknorsing is. “Life is bad, but so is death” (185). Maar dan kwalifiseer hy sy stelling: “Of course, life is not bad in every way. Neither is death bad in every way” (185). Maar “even the best lives … ultimately contain more bad than good” (192). Hoewel dit volgens die outeur beter sou wees as ons nie gebore was nie, bevind ons ons nou in die lewe. Dit bring die verpligting, of ten minste wenslikheid, mee dat ons die beste van hierdie slegte situasie moet maak; dat ons kwaliteit aan ons lewens moet gee. Byvoorbeeld, “our lives may have meaning to one another” (185). Dink aan die wedersydse betekenis vir mekaar van ouers en hulle kinders.

Die dood is ook nie noodwendig net sleg nie. Ons weet seker almal van gevalle waar van iemand wat ernstig siek of deur ouderdom verswak is, gesê is dat die dood vir hom goed, ‘n verlossing, was. “While death does release us from suffering and, for that reason, is sometimes the least bad outcome, it is even then bad, a serious bad. This is because the cost of the release is one’s annihilation” (197). Rasioneel-empiries beskou, is die vernietiging of uitwissing van die ek, die self, onomkeerbaar.

‘n Alternatiewe beskouing is dat iedere mens onsterflik is. Hierop is Benatar se reaksie: “Death could be bad, but immortality might be even worse” (202). Dit kan uiters sleg wees as ‘n mens nooit uit die lewe kan ontsnap nie. Dit sou as’t ware neerkom op “imprisonment without parole” (1163) – iets wat goedskiks ook van ons Covid-19-inperking gesê kan word. ‘n Mens kan lewensmoeg word, bv deur verveeldheid (2266) of belangeloosheid oorweldig word. Wat baie mense begeer, is nie om vir altyd te lewe nie, maar hulle sou graag ‘n bietjie langer wou gelewe het as wat hulle beskore was (2375). ‘n Voordeel van die eindigheid van ‘n mens se lewe is dat dit jou kan motiveer om jou beperkte tyd ten beste te benut. Onsterflikheid, ‘n lewe sonder einde, daarenteen, kan bv tot ernstige, selfs eindelose, uitstel van nodige aksies lei.

Selfdood word dikwels veroordeel, maar Benatar dink “suicide has its place among possible responses to our predicament … we should reject the widespread idea that suicide is (almost) always irrational. Nor is suicide morally wrong as often as it is commonly thought to be. However, even when it is both rational and morally permissible, it is tragic, not only because of its effect on others, but also because it involves the annihilation of the person whose life ends” (208).

“We might ask the question [of meaning] about an individual’s life, or we might ask it about human life in general, or we might ask it about all life” (477). “There are explanations of how our species arose, but there are no reasons for our existence” (2870). In omgekeerde volgorde kan gesê word: Eerstens is daar “lewe” (mense, diere en plante) en “nie-lewe” (bv klippe). Vir my bly lewe wonderlik om te ervaar; ‘n wonder: “iets wat nie met die verstand verklaar kan word nie” (HAT), veral hoe lewe evolusionêr uit nie-lewe kon ontstaan het. Lees bv: Thomas Nagel se boek, Mind and cosmos: Why the materialist neo-Darwinian conception of nature is almost certainly false (2012, Kindle $12,78). Ook hier is ‘n verandering van paradigma nodig. Tweedens is daar “die lewe”. Ons gebruik hierdie frase meesal om na ons, die mens, se empiriese omstandighede te verwys, bv die lewe is duur, moeilik, wonderlik, ens. Derdens is daar “my lewe” wat met my geboorte begin en ‘n oomblik voor my dood eindig en dit vir my moontlik maak om vir ‘n wyle die sintuiglike werklikheid te ervaar.

Wat die dood betref, is dit belangrik om tussen doodgaan en doodwees te onderskei. Doodgaan/sterf is ‘n proses wat tyd in beslag neem en in meerdere of mindere mate deur die sterfling ervaar word. Doodwees volg onmiddellik ná die einde van hierdie proses. Die een oomblik is daar nog lewe en die volgende oomblik is die sterfling dood. Doodwees is nie deel van die self se lewe nie. Dit volg ná die einde van sy lewe. Doodwees is ‘n nie-ervaarbare toestand vir die dooie. Die toestand van nie-lewe waarin die dooie verkeer kan egter deur lewendes waargeneem word. Dit kom voor asof Benatar hierdie onderskeid nie altyd duidelik genoeg handhaaf nie. Hy skryf bv “the bad of death first befalls somebody the moment that being dies” (1767).

Tot dusver het ek hoofsaaklik na aanleiding van Benatar se inleidende hoofstuk geskryf. Ek sal dus baie saaklik oor die oorblywende sewe hoofstukke wees. In hoofstuk 2 word verwys na “[how] much of our lives are filled with recurring mundane activities” (347), bv sleurwerk. Dit moet liefs nie aanleiding tot nihilisme gee nie (369). “If a life is meaningless, then it also has no value” (414). Soms word beweer daar is “a connection between meaning and quality of life” (420). Maar “it is entirely possible for a life that objectively lacks meaning to have good subjective quality” (426). “I shall allow the possibility that a life can be absurd or meaningless – I shall use the terms interchangeably – without the being whose life it is realizing that it is so” (443).

Benatar onderskei vier perspektiewe waaruit die betekenis van ‘n mens se lewe beoordeel kan word: die kosmos, mensdom, kleiner groepe (bv nasie, gemeenskap, gesin) en die individu (449). Perspektief is uiteraard figuurlik of metafories in die geval van die kosmos en die mensdom. “Humanity is not an experiencing subject” (3142). Daarom is dit letterlik geykte bog om te beweer dat apartheid ‘n misdaad teen die mensdom of menslikheid was. Insgelyks kan daar nie letterlik iets soos wêreldburgerskap wees nie omdat die wêreld nie ‘n staat is nie.

Slegs in die aardse konteks kan ‘n lewe betekenis hê. “The more limited the perspective, the more attainable a meaningful life is” (523). “The more expansive the meaning within this earthly realm, the harder it is to attain. Most of us make very small and local impacts. We shall be forgotten within a generation (or two) of our deaths, once those few on whom we have made an impact have also died” (2875). “Relatively few people lead lives that are meaningful from the perspective of all humanity” (568). As ‘n voorbeeld hiervan noem hy waaragtig Nelson Mandela (568). Hy doen dit ongekwalifiseerd, asof Mandela werklik (positiewe) betekenis vir die mensdom/mensheid in sy geheel het.

Daar is ook grade van betekenis (472). Benatar onderskei ook tussen subjektiewe betekenis (“perceived meaning”) en objektiewe betekenis (“actual meaning”) (489). “A satisfying life [could] also be a meaningless one … it seems odd to think that lives devoted to watching soap operas … [etc could] be meaningful even if they were felt to be meaningful by the persons who lived them” (494). “A life is meaningful if it fulfills some significant purpose or goal set by the person whose life it is” (529).

In hoofstuk 3 beklemtoon Benatar dat ons lewens “cosmically insignificant” is. “Nothing we do on earth has any effect beyond it” (630). In sommige gevalle sou mense seker graag wou hê dat hulle betekenis so wyd moontlik in aardse verband moet wees. “The quest for meaning is, as Robert Nozick [1938-2002] notes, a quest for transcending ‘the limits of an individual life'” (889).

In hoofstuk 4 skryf Benatar: “Meaning in life … is … only one component of the quality of life” (1038). Dit is nodig om te onderskei tussen “what makes a life meaningful and what makes a life good” (1038), asook tussen “whether life actually is meaningful” en “feeling that one’s life is meaningful” (1043). “The incarceration of Nelson Mandela … radically reduced the quality of his life, but in time, it added immense meaning” (1043). Daardie betekenis kan positief en/of negatief wees. “I believe that while some lives are better than others, none are (noncomparatively or objectively) good” (1065).

Hoofstuk 5 handel oor die dood. “It is … the certain fate of each of us” (1435). “[Death] is not the sort of misfortune that one can ‘get over’, for the obvious reason that … death really is forever” (1990). “Death might deliver us from suffering, but … is an extremely costly ‘solution'” (1447). Wat dikwels as een van die grootste wyshede in die Westerse wysbegeerte beskou word, is soos volg deur Epicurus (341-270 vC) geformuleer: “Death … is nothing to us, since so long as we exist death is not with us; but when death comes, we do not exist. It does not then concern either the living or the dead, since for the former it is not, and the latter are no more” (1490). Benatar verwerp Epicurus se onverskilligheid oor die dood, naamlik “that negative attitudes to death are unwarranted” (2028). “My view is that death is an evil and thus part of the human predicament” (1665). “Death is bad not merely because it deprives one of the future good that one would otherwise have had, but also because it obliterates one” (1562; ook 1773, 2034, 2892).

Blackburn skryf: “Some philosophers fear Nothing, whereas the others think there is nothing to be afraid of … My death will be like nothing, for me, because there will be no ‘me’ left … When we contemplate death, we have to erase ourselves altogether, and then imagination fails, because there is no first-person perspective on death. Nobody, ever, experiences it for themselves” (187). “‘Death’ is no more mysterious than the ‘state’ of not being born … Being unborn was not like anything … because there was no subject, no self, there at all … We will be dead for a very long time, but it will not be boring, any more than it was boring ‘waiting’ so long to be born” (188). In hierdie verband skryf Benatar: “Every birth is a death in waiting” (2965). In die gereformeede kerke se vorige doopsformulier is gesê dat die lewe “‘n gestadigde dood” is.

Wanneer die dood as sleg bestempel word, is dit volgens Benatar gegrond op die veronderstelling “that the future life would have been worth living” (1706). Maar “in some circumstances it is less bad to die than to continue living” (1568), bv wanneer ‘n verswakte bejaarde te min, selfs feitlik geen, lewenskwaliteit ervaar. “No matter how good an innings one has had, death is a bad. It may be worse to be annihilated earlier (and not only because one is deprived of more), but it is still very bad to be annihilated later (even though one is deprived of less)” (2001). “A more realistic and reasonable response is to retain a keen awareness of death’s shadow but not to dwell on it all the time. One presses on with one’s life, doing what one can to enhance its quality and meaning” (2062); “also … enhancing the quality and sometimes the meaning of others’ lives” (2067).

Volgens hoofstuk 6 “it is possible that death is bad, but that eternal life would be worse” (2106). Benatar verwerp as “wishful thinking” die fisieke heropstanding van ‘n dooie, asook die onsterflikheid van die mens se gees/siel (2111). “Immortality by itself is … a massive counterfactual” (2222). “It is much more reasonable to believe that death is annihilation of the self” (2117). Narkose of ‘n harde hou op die kop laat ‘n mens sy bewussyn verloor. “It seems unlikely that consciousness, so vulnerable even during life, could then survive the death and decay of our brains. If the response is that our immortal soul is not a continuation of our consciousness, then the promise of an immortal soul seems less like a kind of survival of the self, and thus not very comforting” (2122). In ‘n metaforiese/figuurlike sin kan ‘n mens na jou dood in jou nageslag voortbestaan, asook in wat jy in ander opsigte tot stand gebring het, ens (2198).

In hoofstuk 7 noem Benatar selfdood “a momentous act, not least because of its finality. One cannot undo a suicide” (2388). Maar “there are situations in which it becomes a reasonable response to one’s condition. These are situations in which the quality of life becomes so poor that life is not worth continuing” (2393). “I prefer the expression ‘a life not worth continuing’ to ‘a life not worth living’ … Different standards should be used to evaluate lives that have already begun and those that have not” (3643). Volgens Benatar se bogenoemde 2006-boek “life is not worth starting.” “Those who accuse suicides of cowardice fail to see just how demanding the task of killing oneself can be” (2571). “It may well be that suicide is – at least sometimes – the more courageous option than remaining alive” (2577).

“Although suicide is always tragic … we ought to be less judgmental about it … I hasten to add that my defense of suicide is highly qualified” (2400). Benatar wil niemand aanmoedig tot selfdood nie. Waar hierdie daad in uitsonderlike gevalle sin maak en toelaatbaar behoort te wees, is bv “within the context of terminal disease or unbearable and intractable (usually physical) suffering” (2416). Hy is ten gunste van die wettiging van selfdood (2438), soos dit reeds in baie lande die geval is (3643). Waarteen Benatar dit het, is die frase “one ‘commits’ suicide” wat “the wrongfulness of suicide” impliseer (2449). Pleks van “commits” verkies hy die frase “carry out” (2455). Dan is selfdood (voorheen selfmoord genoem) nie meer ‘n soort moord en dus noodwendig ‘n misdaad nie (2466). Selfdood word dan soortgelyk aan genadedood (“euthanasia”), wat in al hoe meer lande toelaatbaar/wettig is (3651). Om bystand by selfdood te verleen, is egter steeds in baie lande verbode (3651).

Die aandag moet egter nie beperk word tot die persoon wat selfdood uitgevoer het nie. Die konteks waarin dit plaasgevind het, kan van deurslaggewende belang wees (2589). So ‘n dooie laat sy naasbestaande dikwels met erge skuldgevoelens (2595). In so ‘n geval kan geredeneer word “the person who kills himself violates duties he has to others” (2883), bv teenoor sy kinders. Selfdood wat op grond van selfsug uitgevoer is, is beswaarlik moreel regverdigbaar (2595). “Some burdens of life are insufficient to defeat the duties one owes to others” (2601).

Hoofstuk 8 bied ‘n samevatting van die vorige hoofstukke. Ek het aanhalings en verwysings hieruit reeds hier bo ingewerk. Benatar sluit fatalisties of berustend af met: “Things are the way they are” (2919). “The truth is simply too much for many people to bear” (2935). “After all, optimism makes life so much easier” (2993). Maar: “The human condition … calls for a heavy dose of pessimism, although there is some limited scope for optimism” (2930). “The absence of any – even terrestrial – meaning is best addressed not by taking one’s own life, but by attempting to invest one’s life with some meaning” (2981). Benatar se standpunt “allows for distractions from reality, but not denials of it” (3015).

In my skrywes toon ek dikwels die geboorte- en sterfjaar aan van mense na wie ek verwys, sodat hulle in historiese perspektief geplaas kan word. Dit word ook op bv grafstene gedoen. Hierop is Benatar se sardoniese kommentaar: “The life itself is often indicated by a mere dash between the date of birth and the date of demise” (3082). ‘n Lewe word tot ‘n koppelteken gereduseer. Hiervolgens is ons vervlietende lewens nie ‘n vinger lank nie, maar eerder so kort soos ‘n koppelteken; in elk geval hoogs onbeduidend. “How small we are, how little we know” (Earl Wilson jr). Dit is waarom ek verkies om my voornaam en van met kleinletters te skryf.

Dora Carrington

Die kunstenaars (skrywers en skilders) van die Bloomsbury-groep fassineer my reeds dekades lank. Tussen my en Bloomsbury is daar ‘n groot gaping in waardes. Dit verhoed egter nie dat ek graag oor hulle lees nie. Myns insiens is een van die aangrypendste tekste ooit die dagboekinskrywings van Dora Carrington (1893-1932) oor haar selfdood. Sy het nie van haar voornaam gehou nie. Aan haar kennisse het sy gevolglik as Carrington bekend gestaan. Dit is ook die titel van die 1995-rolprent oor haar.

Om kortliks ‘n idee te gee van die boheemse lewenswyse van Bloomsbury: Die homoseksuele skrywer, Lytton Strachey (1880-1932), en die tweeslagtige skilder, Carrington, het sedert 1915 saamgewoon. Hulle het ‘n platoniese verhouding gehad want Strachey was in ‘n seksuele verhouding met Ralph Partridge (1894-1960). Om hierdie drieledige verhoudings te laat vlot, het Carrington en Partridge in 1921 getrou. Strachey het vir die troue betaal, hulle op hulle wittebroodsreis vergesel en vir die huis – wat in Partridge se naam geregistreer is en waarin hierdie drietal gewoon het – betaal. In 1926 het Partridge ‘n verhouding met Frances Marshall (1900-2004) begin. Hulle is in 1933 getroud en het ‘n seun gehad. Carrington het in 1928 ‘n verhouding met Bernard Penrose (1903-1989) aangeknoop, wat tot ‘n aborsie gelei het. Die dood van Frances Partridge, ‘n skrale 16 jaar gelede, in die ouderdom van 103, kan as die einde van Bloomsbury beskou word. Oor haar hoë ouderdom het Frances geskryf: “It isn’t interesting – it’s bad enough to live it” en “The less a life becomes, the more important to sustain it,” asook: “I am happy! At what? Because the birds all over London have been singing” (aangehaal deur Johannes Comestor, “Frances Partridge: Die einde van Bloomsbury,” LitNet 21.09.2010).

Lytton Strachey, 51 jaar oud, is op 21 Januarie 1932 aan maagkanker dood. Die kernrede vir Carrington se selfdood word soos volg deur Jan Marsh geformuleer: “No one … truly valued Carrington for herself, as Lytton had done” (Bloomsbury women: Distinct figures in life and art, London: Pavilion, 1999, p 124). Carrington skryf oor haar intense liefde vir Strachey in haar dagboek: Letters and extracts from her diaries, chosen and with an introduction by David Garnett, Cape, 1970). Ek gebruik vervolgens die weergawe van haar dagboekinskrywings soos gepubliseer in: Ronald Blythe, The Penguin book of diaries (London: Penguin, 1991, p 349-355). Blythe skryf oor Strachey en Carrington: “He was homosexual, she hated being female and understood only friendship. Their friendship by turns baffled, amused and irritated Bloomsbury” (349).

Carrington “was not beautiful and few among the brilliant people who surrounded her thought of her work as remarkable, yet she can now be seen as an excellent artist … Her diary is wonderful, and the final pages describing her decision to kill herself are among the few really great statements on suicide” (350). Ná ‘n mislukte poging het Carrington, 38 jaar oud, haar op 11 Maart 1932 met ‘n geleende geweer doodgeskiet. Die volgende uittreksels uit haar dagboek is ter sake:

20 Januarie 1932: “He could not live … He had no hope” (351). “I thought how different one feels everything to what one usually does … I thought of Lytton, and was glad to think I shouldn’t know any more” (352). “I went and sat in the chair and watched him. ‘So this is death’, I kept saying to myself … It seemed as if time had lost all its properties” (353).

16 Februarie 1932: “You are so engraved on my brain that I think of nothing else. Everything I look at is part of you. And there seems no point in life now you are gone … Now there is no coming back … All the gaiety has gone out of my life … Now there is nothing left. All your papers have been taken away. Your clothes have gone. Your room is bare … So much of me was in you … In a few years what will be left of him? A few books on some shelves, but the intimate things that I loved, all gone” (354).

17 Februarie 1932: “I dreamt of you again last night. And when I woke up it was as if you had died afresh. Every day I find it harder to bear … I could not bear the utter loneliness here without you … What is the use of anything now without you? … For I can no longer please you. I look at our favourites. I try and read them, but without you they give me no pleasure. I only remember the evenings when you read them to me aloud and then I cry. I feel as if we had collected all our wheat into a barn to make bread and beer for the rest of our lives and now our barn has been burnt down and we stand on a cold winter morning looking at the charred ruins. For this little room was the gleanings of our life together. All our happiness was over this fire and with these books … I loved you so utterly and now there is nothing left to look forward to. You made me so absolutely happy. Every year had grown happier with you. It is impossible to think that I shall never sit with you again and hear your laugh. That everyday for the rest of my life you will be away. No one to talk to about my pleasures … There can never be any comfort again” (355).

Ten slotte

In die eerste sewe jaar van my akademiese loopbaan het ek wysbegeerte doseer. Dit was geen maklike taak om aan so ‘n moeilike vak reg te laat geskied nie. Ek was nie ‘n dissipel van enige wysgeer nie en het my daarvan weerhou om my eie oortuigings aan die studente op te dring. Die groot bate van wysgerige studie, afgesien van metodologiese dissipline, is dat dit jou aan ‘n verskeidenheid menings oor lewensbelangrike sake bekend stel. Soos in die geval van religieuse geloof kan wysgerige kennis destruktiewe gevolge hê. Ek dink ek het wel by wysgerige kennis gebaat, maar ek wou nie ‘n loopbaan daarvan maak nie. Wysgerige kennis is vir my eerder ‘n persoonlike saak en voorliefde.

Die afgelope jare ek het baie oor veral die politiek gelees, eintlik te veel, met die oog op my Praag-rubriek. Wanneer ek dan by uitsondering ‘n wysgerige werk lees, voel dit soos ‘n tuiskoms, of ten minste ‘n toevlugsoord, dus asof dít die kwessies is wat werklik belangrik is. Dit bly vir my interessant om kennis te neem van hoe wysgere met probleme worstel en na verklarings of oplossings soek. Dit is die eienaardige vertroosting van die wysbegeerte (Boëtius, 470-525). Veralgemenend kan seker gesê word dat baie swartes met veral politiek, seks en materialistiese begeertes (vandaar korrupsie) gepreokkupeerd is. Hulle belangstelling is primêr op die liggaamlike vlak. Vir my lyk dit asof ‘n mens jou saligheid eerder op die geestelike vlak moet vind.

‘n Jaar gelede het ek genoem dat ek weens ouderdom kwalik daartoe in staat is om elke week ‘n artikel vir publikasie te lewer. Dit is nou, ‘n vyftigtal rubrieke later, meer as ooit die geval. “Old age … is where everybody wants to get but nobody wants to be” (Benatar 2090). Ouderdomsgewys het ek as ‘t ware die doodsvallei betree. Dit is soos ‘n swartkolk (“black hole”): As jy daar ingegaan het, kom jy nooit daar uit nie. Dit is onwaarskynlik dat ek voortaan steeds in staat sal wees om elke week ‘n teks vir hierdie rubriek te lewer. Die grootste bate van die rubriek is die sinvolle reaksies wat dit dikwels ontlok. Ek sal skryf wanneer ek kan én so voel. Stilte is onomstrede.

Sydney Gregan: Gaan die Internasionale Strafhof die knie buig voor Amerika?

Die Internasionale Strafhof (ICC) in Den Haag het op 1 Julie 2002 begin funksioneer kragtens die Statuut van Rome, ‘n multilaterale verdrag. 123 state het hulle tot dusver aan die gesag van die hof onderwerp waarvan Suid-Afrika een is. Die VSA en Israel is nie partye by die Statuut nie. Daar is 42 state wat nie die verdrag onderteken het nie.

Die hof het jurisdiksie om internasionale misdwye soos volksmoord, misdrywe teen die mensdom, oorlogsmisdrywe en misdade van aggressie te ondersoek. Sou ‘n staat nie self sodanige ondersoek in sy eie land onderneem nie, het die hof die bevoegdheid om dit op eie houtjie te doen. Die hof het egter nie universele jurisdiksie nie en kan slegs misdrywe ondersoek in lidstate, of indien die Verenigde Nasies ‘n saak na die hof verwys.

Tot dusver is 45 individue deur die hof veroordeel waaronder die voormalige Soedanese president, Omar al-Basjir, die Keniaanse president Uhuru Kenyatta en die voormalige Libiese president Muammar Gaddafi.

Onlangs, op 30 Junie 2020, is ‘n klagte ingedien deur ‘n regsprofessor van Middlesex-universiteit, professor William Scabas, teen president Donald Trump, die Israelse eerste minister Benjamin Netanyahu en Trump se adviseur Jared Kushner, namens vier Palestyne wat in die Wesoewer (Palestina) woon en wat behels dat Trump en kie:

“are complicit in acts that may amount to war crimes relating to the transfer of populations into occupied territory and the annexation of the sovereign territory of the State of Palestine.”

Die hof moet nou besluit of die klagte ondersoek behoort te word. ‘n Voorlopige ondersoek sal eers gedoen word waarna ‘n besluit geneem sal word. Trump se antwoord op die stappe wat die ICC teen die VSA wil neem was om ‘n nasionale noodtoestand (“National Emergency”) af te kondig ten einde Amerikaanse (en Israelse) burgers te beskerm en te vrywaar van aanspreeklikheid voor die hof. Sy rede is dat:

“… any ICC attempt to investigate, arrest, detain or prosecute any personnel of the United States or its allies (Israel) without consent to the court’s jurisdiction ‘constitutes an unusual and extraordinary threat to the national security and foreign policy of the United States.’”

Trump se deklarasie magtig die bevriesing van bates van die hof se amptenare, reisverbiedinge en strek dus wyd. Reeds is kennis geneem van Israel se voorneme om die Wesoewer te annekseer ten spyte van die feit dat dit op ‘n duidelike oortreding van die internasionale reg sou neerkom.

Schabas se aanklag voer aan dat Trump se ondersteuning vir Israel se voorgenome annekasasie ‘n oorlogsmisdaad daarstel as sou dit tot gevolg hê om die bevolkingsamestelling van die Wesoewer te verander teen die wil van die Palestyne wat boonop nie eers in die saak geken word nie. Israel het intussen sy voorgenome anneksasie onbepaald uitgestel.

Artikel 49 van die 4e Geneefse Konvensie stel dat ‘n

“occupying power shall not deport or transfer parts of its own population into the territories it occupies.”

Die Statuut van Rome verklaar dat indien ‘n besettingsmag op direkte of indirekte wyse van sy bevolking na die besette gebied verplaas, dit op ‘n oorlogsmisdaad neerkom.

Sewe-en-sestig onafhanklike spesialiste wat deur die Verenigde Nasies se Menseregtekommissie aangestel is, het in ‘n verklaring gesê dat Israel se anneksering van die besette gebiede ‘n ernstige oortreding van die Handves van die VN en die Geneefse Konvensie daarstel en ook van die beginsel dat geen gebied deur middel van mag of oorlog verkry mag word nie.

Trump het op 11 Junie 2020 verklaar dat die hof geen jurisdiksie oor enige Amerikaanse burger beskik nie en dat hulle voorgenome optrede die soewereiniteit van die VSA aantas. Hy het ook daarop gewys dat die VSA nie ‘n party by die Statuut van Rome is nie en nog nooit tot die jurisdiksie van die hof toegestem het nie. Alhoewel Bill Clinton die Statuut onderteken het, het George W Bush in ‘n ongewone stap die VSA se handtekening “onttrek” in 2002. Wat wel so is, is dat burgers van die VSA aanspreeklik gehou kan word vir misdrywe in state wat wel ‘n party by die Statuut van Rome is. So kan die VSA byvoorbeeld vir dade in Afghanistan aanspreeklik gehou word, wat dan ook tans deur die hof ondersoek word.

Op 20 Desember 2019 het die hof se aanklaer Bensouda bevind dat daar redelike gronde is dat Israelse magte oorlogsmisdade in die besette gebiede (Palestina) gepleeg het. Die vraag is egter of die hof jurisdiksie het om oor misdade in Gasa en die Wesoewer te bereg. Regslui is van mening dat Palestina minstens beperkte internasionale status (“limited international personality”) het. Israel self het al erkenning aan die Palestynse Bevrydingsorganisasie gegee deur ooreenkomste met hulle te sluit waaronder die Oslo-verdrag, wat hulle status bevestig. Palestina word deur 138 van die 193 VN-lidstate erken.

Mike Pompeo, die VSA se staatsekretaris, het intussen die “renegade-court”, soos hy die hof noem, begin dreig. Die VSA het ook ‘n American Service-Members Protection Act, wat hulle magtig om enigeen wat deur die hof aangehou word eenvoudig te gaan haal (“extradite”), ‘n nogeens verbasende ontkenning van die internasionale reg, waaronder die soewereiniteit van state.

Israel, wat ook nie ‘n party by die Statuut van Rome is nie, voer aan dat Palestina nie ‘n staat is nie en dat die hof dus nie jurisdiksie het nie. In 2012 het die VN aan Palestina nie-lidwaarnemerstatus gegee en Palestina het die Statuut van Rome onderteken. Die Internasionale Assosiasie van Demokratiese Regslui (IADL) het ‘n amicus-brief aan die ICC gerig en hulle versoek om hulle jurisdiksie oor Palestina te bevestig:

“The ICC’s normative power and legal authority will be strengthened by confirming its jurisdiction over the State of Palestine, including the West Bank, East Jerusalem and Gaza, and opening an investigation into the Palestinian situation. Thereby the equal rights of all peoples to justice for international crimes will receive much-needed affirmation.”

Sewe-en-sestig lidstate van die ICC het in ‘n gesamentlike verklaring hulle steun aangedui vir die hof as ‘n onafhanklike en onpartydige instelling en dat die hof hom nie deur dreigemente van stryk moet laat bring nie. Tien van die 15 lede van die VN se Veiligheidsraad het eweneens in ‘n verklaring hulle:

“unwavering support for the Court as an independent and impartial judicial institution”

aangedui en dat die hof:

“preserve its integrity undeterred by any threats against the Court, its officials and those cooperating with it.”

Twee van hierdie vyf state is Frankryk en Brittanje.

Tyd sal leer hoe ver die hof sal kom met state soos Israel en die VSA wat, wanneer dit by die vervolging van Afrika-diktators kom, nie ‘n steen onaangeroer laat om daardie diktators voor die hof te laat bring nie, maar indien hulle self in die beskuldigdebank staan, die hof as ‘n boendoehof beskou wat nie die reg het om hulle te vervolg nie.

Ook hier by ons vind ons die bykans komiese situasie dat die ANC eintlik graag wil onttrek van die Statuut van Rome (waarskynlik omdat hulle besef dat hulle optrede teenoor die bevolking en veral teenoor Blankes op ‘n vorm van volksmoord neerkom), en inderdaad sulke pogings aangewend het, maar terselfdertyd alles in hulle vermoë doen om die hof sover te kry om op te tree teen “apartheidsmisdadigers”!

Die internasionale reg word deur magte soos die VSA as ‘n speelbal gebruik om hulle eie agenda te bevorder en sou die ICC se voorgenome stappe teen die VSA misluk, sal dit bevestiging wees van hierdie feit. Die vraag is dus of die internasionale gemeenskap die vermoë het om die VSA tot orde te bring, of nie.

Leon Lemmer: J A Froude oor Britse kolonialisme

Na my bespreking van twee biografieë oor James Anthony Froude (1818-1894) (Praag 13.06.2020 en 27.06.2020) kom Froude in hierdie rubriek en ten slotte self aan die woord in twee van sy boeke. Die een boek handel onder meer oor sy drie besoeke aan Suid-Afrika. ‘n Mens sal ver moet soek na ‘n Brit wat so krities oor Britse kolonialisme in Suidelike Afrika was en terselfdertyd so ‘n groot bewondering vir die Boere/Afrikaners gehad het. In sy ander boek, oor die Wes-Indiese Eilande, belig hy talle sake van aktuele belang in die nuwe Suid-Afrika. Daar word dinge gesê wat deesdae polities byderwets nie meer gehoor word nie.

Oceana: England and her colonies

Froude het baie in Britse kolonialisme belang gestel. Van hom is die volgende boek gepubliseer: Oceana: England and her colonies (1886/2018; Amazon Kindle $1,14). As Engelsman en entoesiastiese Britse imperialis het Froude in 1874, 1875 en 1885 besoeke aan Suid-Afrika gebring. In laasgenoemde geval het hy daarna ook Australië, Nieu-Seeland en Amerika besoek. In die hoofstuk wat handel oor sy skeepsreis na Kaapstad in 1885 skryf Froude: “In 1852 we had discovered that wars with the natives and wars with the Dutch were expensive and useless; that sending troops out and killing thousands of natives was an odd way of protecting them” (Kindle 580). Hy verwys na die onafhanklikheid wat die Britte aan die Transvaal (1852) en Oranje-Vrystaat (1854) toegeken het, net om dit kort daarna te berou toe eers diamante en daarna goud ontdek is. In die daarop volgende twee hoofstukke beskryf Froude sy besoeke aan Suid-Afrika; eers hoofsaaklik die 1874- en 1875-besoeke en in die daaropvolgende hoofstuk sy 1885-besoek. As ‘n gerekende historikus het hy toegang tot belangrike mense gehad en onderhoude met hulle gevoer. Sy besoeke in 1874 en 1875 het boonop die finansiële ondersteuning van die Britse regering se departement van kolonies geniet.

Reeds met die intrapslag klink Froude pro-Boer/Afrikaner: “Better colonists or more successful did not exist than the Dutch” (601). Froude is krities oor die Britse koloniale bewind. “They [the Dutch] have had fewer native wars than we have had. There has been less violence and bloodshed” (601). Dit verduidelik waarom Jan Smuts so dikwels na hierdie boek verwys in sy Eene eeuw van onrecht (Praag 14.03.2020). Oor die Britse benadering van die nie-blankes, insluitende die manier waarop die slawe vrygestel is, skryf Froude: “The Dutch … were regarded in England as slave-owners at heart, as barbarians and tyrants, as illiterate savages … The unfavourable impression of them became a tradition of the English press, and unfortunately of the Colonial office. We had treated them unfairly as well as unwisely, and we never forgive those whom we have injured” [!] (634).

Froude verwys spesifiek na die manier waarop die Britte die Oranje-Vrystaat van die diamentveld ontneem het. “The annexation had been a swindle and a trick” (754). “Tens of thousands of guns and rifles were distributed in two or three years among the surrounding tribes as a direct menace to the Dutch, who had now a semicircle of armed men drawn outside them from Kimberley to Zululand. Naturally there was the greatest alarm and the greatest indignation among them. They were threatened with invasions and inroads of savages set on and countenanced by the British Government” (741). “From that day no Boer in South Africa has been able to trust to English promises” (715). “We justified our action, by posing before the world as the protectors of the rights of native tribes, whom we accused them of having wronged” (722).

Wat baie Britte nie besef het nie is “that the Dutch were still the majority, and a very large majority, in the [Cape] colony itself. Nor were they only the majority, but they were doing all the work which was really valuable” (688). “We persisted in a policy which threefifths of its white inhabitants detested” (942). Verder: “The Colonial Office had undervalued the Dutch as a fighting power” (768). Dan kom Froude met ‘n karakterisering wat destyds algemeen in Britse geledere aangetref is: dat Afrikaners stadig [slapgat?] is: “The Dutch are slow to move, but when moved are moved effectually” (728). John Molteno (1814-1886), die eerste minister van die Kaapkolonie (1872-1878), “told me that he was as sorry as I could be; that he had himself opposed the annexation [of Griqualand West, the Daimond Fields] (762). Uiteindelik is ₤90 000 skadevergoeding aan die Oranje-Vrystaat betaal. “The Dutch of South Africa, though obstinate as mules, are emotional and affected easily through their feelings” (802). “We took note of their faults; we forgot our own” (861).

Froude verwys na die “philanthropists [eg missionaries] whose mission in life is the championship of innocent negroes” (867). “The country has been the prey of well-intentioned philanthropists” (3194). Dit lyk nie asof Froude werklik die plaaslike verdeling in swart stamme verstaan het nie, want hy skryf van “Caffres [Xhosas?], Basutos, Zulus” (815; ook 1043), wat op kruisklassifikasie neerkom. Hy noem die Transvaalse Boere “a brave and honourable people” (848). “The origin of all the anger in the Transvaal had been the arming [of] the native chiefs against them from the Diamond Fields” (854). “The chiefs whom we called our friends had been drawn into an attitude of open menace against the Boers” (861). “Public opinion in England would certainly not permit a war of extermination against the Cape Dutch, and the alternative might easily arise between a war of this description [civil war, whites against blacks] and the evacuation of the country” (900).

“If South Africa is to rule itself under a constitutional system, we must cease to impose English views of what is expedient on a people unwilling to act upon them” (907). Die Britse regering “had despised the Boers – had not treated them with ordinary honesty” (962). “The Boers had been so systematically abused and misrepresented that the English scarcely regarded them as human beings to whom they owed any moral consideration” (969). “If we could think more of the wrong things which we have done ourselves, and less of the wrong things which we accuse the Boers of having done, I believe that would be considerably more effective” (975). Froude verwys na Suid-Afrika as “that country being a most signal example of all the faults in the past methods of colonial management” (3181).

“The success of the Dutch in the Free States – a small monority of whites in the midst of twenty times their number of warlike blacks – proves that a modus vivendi can be found under which the two races can live side by side, and the white man can acquire his natural ascendency. But if we withdraw, it will be the Dutch method which will be adopted all over the country, and not the English. I should not myself object to this. The Dutch method, in the long run, is the more merciful of the two. We have killed hundreds of natives where the Dutch have killed tens. But the Dutch, who are the majority [of whites], would be virtually masters of South Africa. They look on themselves as the lawful owners, and on us as intruders” (3201).

In Nieu-Seeland het Froude in 1885 besoek aan George Grey (1812-1898, goewerneur van die Kaapkolonie 1854-1861) gebring. Grey was toe ‘n Nieu-Seelandse parlementslid. Voor dit was hy die goewerneur (1845-1854 en 1861-1868) en eerste minister (1877-1879) van Nieu-Seeland. “His own large experience and thorough knowledge of South Africa confirmed the views which I had myself formed. He understood the Boers. He had gone to the Cape with the prejudice against them generally entertained in England, and he found the Boer of the English newspapers and platform speeches a creature of the imagination which had no existence in ‘space and time’. The Boers were simply the Dutch gentlemen and farmers from whose fathers and grandfathers we had taken the colony. Many of them had been Sir George’s subjects, and in his opinion, as in mine, they were a quiet, orderly, industrious, hard-working people, hurting no one if let alone, but resentful of injuries and especially of calumnies against their character. They were accused of cruelty to the native races. Had the charge been true, Sir George Grey, of all men, would have been the last to pardon it; but it was no more true of them than it was true of us and, necessarily, of all colonists who come in collision with the original owners of the soil, and he thought our perpetual interference with them to be foolish and unjust. Our interference alone had created all the troubles in South Africa” (4303).

“The Dutch were the majority, and a harmonious administration in South Africa was politically impossible unless we were prepared to treat the Dutch as honourable men, to meet them on their own ground, and leave them the same liberties which we do not think of refusing to the Australians or Canadians” (4309). Maar hou in gedagte dat Grey destyds nie ‘n tipiese Brit was wat rassesegregasie voorgestaan het nie. Grey se beleid was “civilisation through mingling” (Hermann Giliomee, Die Afrikaners: ‘n Biografie, Kaapstad: Tafelberg, 2004, p 242). Froude was teen rasvermenging gekant.

The English in the West Indies

Froude het ook somminge Britse kolonies in die Wes-Indiese eilande besoek en die volgende boek gepubliseer: The English in the West Indies; or, The bow of Ulysses (1888/2019, Goodpress, 122p; Amazon Kindle $1,14). Hy het teen die einde van 1886 per skip uit Engeland vertrek en sy 1887-indrukke van die Wes-Indiese Eilande te boek gestel. Baie van sy opmerkings is vir Suid-Afrikaners ter sake en het steeds aktualiteit, bv “It does not follow that because people of the same race and character are drawn together by equality and liberty [eg whites in South Africa], people of different races and different characters, who have quarrelled for centuries, will be similarly attracted to one another [eg whites and blacks in the Caribbean]” (Kindle 81).

Barbados, die oudste Britse kolonie in Wes-Indië, onafhanklik sedert 1961, was die eerste eiland wat Froude besoek het, gevolg deur Grenada (onafhanklik sedert 1974) en Trinidad (saam met Tobago onafhanklik sedert 1962). Hierna is hy terug na Barbados en het agtereenvolgens Dominica (onafhanklik sedert 1978 – nie St Domingo/Dominikaanse Republiek nie) en Jamaika (onafhanklik sedert 1962) besoek, asook die nie-Britse kolonie Kuba – “Cuba had been governed as a province of Spain” (4144). Onderweg na Jamaika en terug van Kuba af na Barbados is by Haiti (onderskeidelik die Jacmel- en Port-au-Prince-hawe) aangedoen omdat “I much wished to see this paradise of negro liberty” (2523). “Hayti, as everyone knows who has studied the black problem, is the western portion of Columbus’s Española, or St Domingo, the largest [West Indian island] after Cuba and the most fertile in natural resources of all the islands of the Caribbean Sea. It was the earliest of the Spanish settlements in the New World” (2530).

Haiti is sedert 1804 onafhanklik ná ‘n suksesvolle slawe-opstand teen die Franse koloniale bewind waarin al die blanke inwoners vermoor is. Dit was die begin van meer as twee eeue se chaos, agteruitgang en agterlikheid. “Perhaps nothing better could be expected from a liberty which was inaugurated by assassination and plunder” (2550). “Republics which begin with murder and plunder do not come to much good in this world” (4666). Kan ons beter van die die nuwe Suid-Afrika verwag ná die ANC aan die bewind gekom het weens dekades van hoogs onbeskaafde terrorisme? Die ou en nuwe Suid-Afrika kan bv soos volg gekontrasteer word: “Communities … have existed where people have thought more of their obligations than of their ‘rights’, more of the welfare of their country, or of the success of a cause [eg spreading European/Western civilisation] to which they have devoted themselves, than of their personal pleasure or interest [eg corruption]” (5016).

“What is the use of the colonies to us? The colonies are a hundredfold multiplication of the area of our own limited islands. In taking possession of so large a portion of the globe, we have enabled ourselves to spread and increase, and carry our persons, our language and our liberties, into all climates and continents. We overflow at home; there are too many of us here already; and if no lands belonged to us but Great Britain and Ireland, we should become a small insignificant power beside the mighty nations which are forming around us. There is space for hundreds of millions of us in the territories of which we and our fathers have possessed ourselves. In Canada, Australia, New Zealand we add our numbers and our resources … The sections of men on this globe are unequally gifted. Some are strong and can govern themselves; some are weak and are the prey of foreign invaders or internal anarchy; and freedom, which all desire, is only attainable by weak nations when they are subject to the rule of others who are at once powerful and just” (2867) – soos Brittanje, volgens Froude.

Sedertdien het Brittanje die grootste deel van Ierland verloor en al die Wes-Indiese kolonies wat Froude besoek het. Baie van hierdie eilande en selfs nie-Britse kolonies, soos Mosambiek, is in die Statebond opgeneem, maar sonder dat Brittanje effektief beheer oor hulle kan uitoefen. Wat Froude onmoontlik kon voorsien het, is dat die Wes-Indiese eilande nie meer die bestemming vir Britse immigrante is nie, maar dat die migrante-verkeer ná die Tweede Wêreldoorlog in die teenoorgestelde rigting is. Agtereenvolgende Britse regerings het toegelaat dat derduisende Wes-Indiërs en ander nie-blankes uit eens Britse kolonies hulle in Brittanje vestig, met aanvanklik feitlik net ‘n enkele Brit, Enoch Powell (1912-1998), wat die aandag op bv die nadelige kulturele gevolge hiervan gevestig het (Praag 30.04.2016). Wat sedert 1994 opval, is dat Suid-Afrika nie meer soos voorheen in dieselfde asem as Australië en Nieu-Seeland as ‘n tuiste van Westerse of Britse beskawing genoem word nie. Froude het Suid-Afrika reeds in 1887 uit hierdie lysie weggelaat weens die oorwig van swartes, maar hy het vertroue in die toekoms van Kanada as ‘n oorwegend blanke land gehad; ‘n vertroue wat deur veral die Trudeaus, Pierre en Justin, as staatshoofde geskend is. Hulle het as ideaal dat Kanada se inwoners die wêreldbevolking moet weerspieël. Daarmee kan die wêreld se probleme vrywilliglik op ‘n enkele land afgelaai word.

Vanweë kulturele verwantskap, indien nie eendersheid nie, kon Britse kolonies soos veral Australië en Kanada maklik hulle bande met Brittanje behou en as bestemming vir Britse immigrante dien. Dit geld ook in groot mate vir Nieu-Seeland en in mindere mate vir Suid-Afrika. Die situasie word problematies wanneer ‘n blanke minderheid, soos die Britte in die Wes-Indiese Eilande, dieselfde grondgebied met ‘n oorweldigende swart meerderheid, wat kultureel hemelsbreed van hulle verskil, moet deel. “The white minority could not be trusted with the exclusive possession of political power. The blacks could not be trusted with the equally dangerous supremacy which their numbers would insure them” (2887). “The Europeans would not remain to be ruled under a black representative system; nor would they take any part in it when they would be so overwhelmingly outvoted and outnumbered. They would sooner forfeit all that they had in the world and go away” (2657). Dit herinner aan die deurlopende uittog van Suid-Afrikaanse blankes sedert 1990.

“Although it is undesirable or impossible for the blacks to be ruled by the minority of the white residents, it is equally undesirable and equally impossible that the whites should be ruled by them” (1246). Dit volg dat iemand soos FW de Klerk skynbaar die onmoontlike reggekry het. “There are two parties to every bargain” (1508). Die nuwe Suid-Afrika is nie ‘n wen-wen situasie nie. Die blankes is die groot verloorders. Van swart meerderheidsregering word gesê: “It will be a rule by the blacks and for the blacks” (1726). “Nature has made us unequal, and Acts of Parliament cannot make us equal” (3255). “Whites and blacks may be nominally equal; but from the enormous preponderance of numbers the equality would be only in name, and such English people, at least, as would be really of any value, would refuse to remain in a false and intolerable position” (1252). Vandaar Afrikaners se ideaal van ‘n eie tuisland. “The forced equality of the races before the law made more difficult the growth of any kindly feeling” (1488). Plaaslik word daar egter van die blankes verwag om hulle met sulke haglike omstandighede te versoen.

“The gulf which divides the colours is not arbitrary prejudice” (1740). “The two races are not equal and will not blend. If the white people do not depart of themselves, black legislation will make it impossible for any of them to stay who would not be better out of the way” (1726) – dink bv aan regstellende aksie, swart ekonomiese bemagtiging en grondonteiening sonder vergoeding; dus in vele opsigte blatante rassediskriminasie ten koste van die blankes. “Our own Anglo-Norman race has become capable of self-government only after a thousand years of civil and spiritual authority” (1753). Maar die swartes, bv ANC-kornuite, wou ten alle koste uitsluitlike politieke mag dadelik oorneem. “But it does not follow that what can be done eventually can be done immediately” (1740). Die ANC het hom vóór 1994 herhaaldelik tot “ready to govern” verklaar maar maak sedertdien ‘n klaaglike mislukking daarvan.

Volgens Froude moet nóg die swartes nóg die blankes toegelaat word om in so ‘n situasie te regeer omdat die regerende rasgroep sy belange ten koste van die ander een sal bevorder. As oortuigde kolonialis en imperialis is Froude se oortuiging dat Brittanje in sulke omstandighede moet bly regeer ten einde onpartydig aan albei groepe se belange reg te laat geskied. Hy het ‘n imperiale (kon)federasie bepleit. “It seems so easy. You have only to form a new parliament in which the colonies shall be represented according to numbers, while each colony will retain its own for its own local purposes” (5029). Maar as verteenwoordiging volgens die bevolkingsgetalle geskied, sal die nie-blankes noodwendig (spoedig) die blankes oorheers. In hierdie opset word die kolonies dan eerder provinsies van die moederland, soos in die Franse koloniale model. Die gevaarlike tendens wat hy opgemerk het, is dat die Britse regering geneig was om al hoe laer vereistes vir stemreg te stel, met die gevolg dat swart oorheersing, veral op die langer termyn, al hoe meer ‘n voldonge feit geword het. Dit het meegebring dat ingesete blankes geneig was om die wyk te neem en dat plaasvervangende blanke immigrante ongeneë was om hulle in die Karibiese gebied te vestig. Bowendien het die hoë geboortesyfers by swartes die blanke minderheid al hoe meer verswelg.

In die Britse kolonies waar die blankes in die meerderheid is (Australië, Kanada, Nieu-Seeland), was daar nie groot probleme nie. In Suid-Afrika is daar ‘n substansiële blanke bevolking (Afrikaans- en Engelssprekendes), maar omdat die blankes kultureel verskil, is samewerking problematies. Dit is eintlik net die Britte wat imperiaal ‘n eenheid kon vorm. “The British people everywhere intend to remain one. With the same blood, the same language, the same habits, the same traditions, they do not mean to be shattered into dishonoured fragments” (87). Naas die kolonies wat ‘n oorwegend Britse karakter gehad het en selfonderhoudend was, was daar kolonies, soos dié in Wes-Indië, wat ‘n finansiële las vir die Britte geword het; des te meer nadat rietsuiker nie meer lonend geproduseer kon word nie vanweë die mededinging met beetsuiker. “I could not help asking myself of what use such a possession could be either to England or the English nation. We could not colonise it, could not cultivate it, could not draw revenue from it … We might have spared ourselves so unnecessary a conquest” (945). ‘n Kolonie kon alleenlik Brits gemaak word as ‘n afdoende getal Britse immigrante hulle permanent daar vestig.

Ná die vrystelling van die slawe is welvaart ook aan bande gelê omdat daar grootskaalse onwilligheid by die swartes was om arbeid te verrig (591). Die Karibiese blankes wou eerder na die moederland (“a stepmother” – 314) terugkeer of ekonomiese en politieke aansluiting by Amerika soek. “All the whites in the islands wished at the bottom of their hearts to be taken into the Union [USA]; but the Union Government was too wise to meddle with them. The trade would fall to America of itself” (1939), onder meer vanweë die nabyheid van Amerika en die groot afstand tussen enersyds Wes-Indië en andersyds Brittanje en Europa. Anders as die blankes begeer die swartes politieke onafhanklikheid, maar volgens Froude is hulle nie in staat om doeltreffend te regeer nie. “The black and white races had not amalgamated and were not inclining to amalgamate” (134). Die vrystelling van die slawe het hierdie twee groepe nie nader aan mekaar gebring nie. “[They] were further apart than ever” (147). Amerika is glad nie geneë om die Wes-Indiese Eilande te annekseer nie. Finansieel sou dit eerder nadele as voordele inhou. Ook: “They did not wish to absorb another million and a half of blacks and as many Roman Catholics, having enough already of both” (1515).

Oral waar Froude gekom het, was daar tekens van agteruitgang en verval. Dit is ‘n geval van “burnt his house to roast his pig; such waste was never seen” (3300). Oor Grenada skryf hy: “Round us when we landed were unroofed warehouses, weed-choked courtyards, doors gone, and window frames fallen in or out. Such a scene of desolation and desertion I never saw in my life save once, a few weeks later in Jamaica … Nature and the dark race had been simply allowed by us to resume possession of the island” (767). In Dominica “the grass was growing between the stones, and the houses generally were dilapidated and dirty” (2137). “It is the same as in Grenada: the whites … have lost heart, and cease to struggle against the stream. A state of things more helplessly provoking was never seen. Skill and capital and labour have only to be brought to bear together, and the land might be a Garden of Eden” (2222). “Kingston [Jamaica] is the best of our West Indian towns, and Kingston has not one fine building in it” (4000). In Havana, Kuba, daarenteen, was daar “the numerical preponderance of the white element” (4170), gevolglik: “The buildings are all good in Havana” (4286).

Oor Jacmel, Haiti, skryf Froude: “The streets were filthy and the stench abominable” (2584). Van Port-au-Prince, Haiti, sê hy: “Long before we came to shore there came off whiffs … of active dirt fermenting in the sunlight … We were in a Paris of the gutter” (4693). “My prejudices, if I have any, had not blinded me to the good qualities of the men and women in Dominica. I do not think it was prejudice wholly which made me think the faces which I saw in Hayti the most repulsive which I had ever seen in the world, or Jacmel itself, taken for all in all, the foulest, dirtiest, and nastiest of human habitations” (2610). Hy het terug op die skip geklim. “I had to strip and plunge into a bath and wash away the odour of the great negro republic of the West which clung to my clothes and skin” (2617).

Die keuse was duidelik: “Either an English administration pure and simple … or a falling eventually into a state like that of Hayti, where … no white man can own a yard of land” (801). “As it has been in Hayti, so it must be in Trinidad if the English leave the blacks to be their own masters” (1381). “One felt it strange that with so beautiful a possession lying at our doors, we should have allowed it to slide out of our hands” (808). “The plant of civilisation as yet has taken but feeble root” (801). “The continued civilisation of the blacks depends on the maintenace there of English influence and authority” (838). Oor Trinidad skryf Froude: “Of sanitary arrangements there seemed to be none … Dirt of every kind lies about freely” (918). In Jamaika “odours … from open drains reminded me of Jacmel. The streets … looked dirty and the houses shabby” (2734).

Wat vir Froude opgeval het, was hoe tevrede die swartes met hierdie situasie was: “Singing, dancing, and chattering all night long, as radiant and happy as carelessness and content could make them” (692). “If the West Indies are going to ruin, Barbados, at any rate, is being ruined with a smiling face” (551). “My poor downtrodden black brothers and sisters, so far as I could judge from this first introduction [in Barbados], looked to me a very fortunate class of fellow-creatures” (631). “The blacks there [in Dominica], as everywhere, are happy with their yams, and cocoa nuts and land crabs. They desire nothing better than they have” (2027). “The earth does not contain any peasantry so well off, so well cared for, so happy, so sleek and contented as the sons and daughters of the emancipated slaves in the English West Indian Islands” (1101). “They are perfectly happy … They have no aspirations to make them restless. They have no guilt upon their consciences” (712). “[Slavery] descendents … have nothing now to do save to laugh and sing en enjoy existence” (719). “The inheritance [is] turned into a wilderness” (2391).

Later verwys Froude weer na “the boundless happiness of the black race. Under the rule of England in these islands the two million of these poor brothers-in-law of ours are the most perfectly contented specimens of the human race to be found upon the planet … If happiness be the satisfaction of every conscious desire, theirs is a condition which admits of no improvement were they independent … Under the beneficent despotism of the English Government, which knows no difference of colour and permits no oppression, they can sleep, lounge, and laugh away their lives as they please, fearing no danger” (1128). “Orderly habits are not immediately lost, but the effect of leaving the negro nature to itself is apparent at last. In the English islands they are innocently happy in the unconsciousness of the obligations of morality. They eat, drink, sleep, and smoke, and do the least in the way of work that they can. They have no ideas of duty, and therefore are not made uneasy by neglecting it. One or other of them occasionally rises in the legal or other profession, but there is no sign, not the slightest, that the generality of the race are improving either in intelligence or moral habits; all the evidence is the other way” (4767).

Oor die swartes skryf Froude: “They would have been slaves in their own country if they had not been brought to ours, and at the worst had lost nothing by the change” (692). “Slavery itself was the first step of emancipation” (1395). “As life goes he has been a lucky mortal. He was taken away from Dahomey and Ashantee – to be a slave indeed, but a slave to a less cruel master than he would have found at home” (1134). “They lived better than the honest day-labouring man in England, without doing a fourth part of his work in a day, and I am fully convinced that the negroes in our islands are better provided for and live better than when in Guinea” (1141). “The blacks would not work for wages more than three days in the week, or regularly upon those, preferring to cultivate their own yams and sweet potatoes” (2935). “The chief complaint [of the whites] is the somewhat weary one of the laziness of the blacks, who they say will work only when they please, and are never fully awake except at dinner time. I do not know that they have a right to expect anything else from poor creatures whom the law calls human, but who to them are only mechanical tools, not so manageable as tools ought to be, with whom they have no acquaintance and no human relations, whose wages are but twopence an hour and are diminished by fines at the arbitrary pleasure of the overseer” (1871).

Sosiale gebruike, soos slawerny en rasse-segregasie, is nie uitsluitlik goed of net sleg nie. Slawe het bv nuttige werk verrig en dus nie so maklik of dikwels in ledigheid en misdaad verval nie. “The name of slavery is a horror to us; but there must have been something human and kindly about it, too, when it left upon the character the marks of courtesy and good breeding” (3394). In die gedrukte en massa-inligtingsmedia word daar meesal slegs van swart slawe melding gemaak en nie van die talle blankes wat gedwonge arbeid in die vroeë Amerikaanse en Karibiese geskiedenis verrig het nie. In die hoofstuk oor Barbados staan: “There were some thousands of wretched Irish, who had been transplanted thither after the last rebellion, and were bound under articles to labour. These might be counted on to rise if an invading force appeared” (584).

In Trinidad is Indiërs as kontrakwerkers vir die suikerplantasies ingevoer omdat hulle beter arbeiders as die swartes is. Soos in Natal het hulle in die land aangebly pleks van na hulle geboorteland terug te keer. “Without them sugar cultivation in Trinidad and Demerara [Guyana] would cease altogether” (1080). “They are proud … and will not intermarry with the Africans” (1046). “[The Asiatic] comes to work. The negro does not want to work, and both are satisfied. But if there is no jealousy there is no friendship. The two races are more absolutely apart than the white and the black. The Asiatic insists the more on his superiority in the fear perhaps that if he did not the white might forget it” (1087). Die Indiërs en swartes woon in aparte buurte (1067). Woongebiedskeiding op ‘n rassegrondslag is iets natuurliks. Dit is nie iets wat slegs vanweë rasse-segregasie of apartheid aan mense opgedring word nie. “Between whites and blacks no relations remained save that of employer and employed. They lived apart. They had no longer, save in exceptional instances, any personal communication with each other. The law refusing to recognise a difference, the social line was drawn the harder, which the law was unable to reach” (1488).

Oor die aanwesigheid van rassisme by swartes, wat deesdae graag ontken word, bestaan daar geen twyfel nie. “The blacks hate the mulattoes” (1368; ook 2961). “The mulattoes despised the blacks, and would not intermarry with them” (2961). “The black does not love the mulatto, and despises the white man who consents to be his servant” (1246) – soos bv verloopte Afrikaners in die nuwe Suid-Afrika doen. Dit is ‘n geval van “social exclusiveness increasing with political equality” (2961). “In Hayti the black republic allows no white man to hold land in freehold. The blacks elsewhere with the same opportunities will develop the same aspirations” (1259). Dít kan die onderliggende motief van die ANC-regime se beleid van die onteiening sonder vergoeding van blankes se eiendom wees.

“The future of the blacks and our own influence over them for good, depend on their being protected from themselves” (1273). “The blacks whom, in a fit of virtuous benevolence, we emancipated, do not feel that they are particularly obliged to us. They think, if they think at all, that they were ill treated originally, and received no more than was due to them, and that perhaps it was not benevolence at all on our part, but a desire to free ourselves from the reproach of slaveholding” (1705). Insgelyks word geredeneer dat die nuwe Suid-Afrika nie aan FW de Klerk se goedertierenheid te danke is nie. Hy het glo geen ander keuse gehad nie. “[The blacks] were persuaded that they were an oppressed people and required fuller liberties” (2249).

“[In] the West Indies … the negro vote would make a residence there for an energetic and self-respecting European less tolerable than in any other part of the globe. The republic of Hayti not only excludes a white man from any share of the administration, but forbids his acquisition or possession of real property in any form” (2310). “The presence of Europeans in any form is barely tolerated. A few only are allowed to remain about the ports” (2563). “They are called ‘white trash'” (4707). Hierdie frase, wat deesdae vryelike in anti-blanke literatuur gebruik word, kom dus uit die verre verlede. “There is a saying in Hayti that the white man has no rights which the blacks are bound to recognise” (2670). “I had left that miserable cross-birth of ferocity and philanthropic sentiment [Hayti]… The ninety years of negro self-government have had their use in showing what it really means” (4734). Dit lyk asof die nuwe Suid-Afrika streef na die voorbeeld wat Haiti stel. Blankes word grootliks uit die staatsdiens geweer en grondonteiening sonder vergoeding is in aantog.

“The possession of a vote never improved the character of any human being and never will” (2317). As aktiewe terroriste was die ANC moreel reeds bankrot genoeg. Die ANC as regime bevestig herhaaldelik al die vrese wat die blankes van hom as terroristiese monster gehad het. Dink aan hoe sommige ANC-kornuite verstik in merietelose oorvergoeding en ongebreidelde korrupsie. “Democracies are always extravagant. The majority, who have little property or none, regulate the expenditure. They lay taxes on the minority, who have to find the money, and have no interest in sparing them” (3002). In Suid-Afrika is dit by uitstek die nie-swartes wat eiendomsbelasting en vir munisipale dienste betaal. Elke jaar ruk hierdie situasie al hoe meer handuit sodat die befondsing op die vlak van plaaslike regering glad nie volhoubaar is nie. “The blacks object to taxes. As long as there are white men to pay them, they will be satisfied to get the benefit of the expenditure” (3202). Onlangs is daar in Soweto getoog vir die reg op gratis elektrisiteit.

“The Radical faith is this: all men are equal … Right is right because the majority so declare it, and justice is justice because the majority so declare it” (3481). Daarenteen is Froude se standpunt: “We have no … right to make the emancipated slave his master’s master in virtue of his numbers” (3891). “[The blacks should be] allowed such freedom as they are capable of using [wisely]; they can be allowed more as they are better educated and more fit for it” (3898). “I presume no one can seriously expect that an orderly organised nation can be made out of the blacks, when, in spite of your schools and missionaries, sixty per cent of the children now born among them are illegitimate” (4579). Dit is bekend dat die meeste swart kinders in Suid-Afrika in enkelouergesinne grootword. Ten spyte van alles bly Froude idealisties optimisties: “You can do for the West Indies … what you do for the East [eg India]; you can establish a firm authoritative government which will protect the blacks in their civil rights and protect the whites in theirs … By keeping the rule in your own hands you will restore the white population to their legitimate influence; the blacks will again look up to them and respect them as they ought to do … in such following and obedience their only hope of improvement lies” (4579).

“As for the West Indies there are but two genuine alternatives: one to leave them to themselves to shape their own destinies, as we leave Australia; the other to govern them as if they were a part of Great Britain with the same scrupulous care of the people and their interest with which we govern Bengal, Madras [Chennai], and Bombay [Mumbai]. England is responsible for the social condition of those islands. She filled them with negroes when it was her interest to maintain slavery, she emancipated those negroes when popular opinion at home demanded that slavery should end. It appears to me that England ought to bear the consequences of her own actions, and assume to herself the responsibilities of a state of things which she has herself created” (4874). In hierdie konteks verwys Froude na die newetitel van sy boek: “The bow of Ulysses [the hero of Homer’s Odyssey] is sound as ever; moths and worms have not injured either cord or horn; but it is unstrung and the arrows which are shot from it drop feebly to the ground” (4901).

Die kern van Froude se boodskap is: “The theory of constitutional government is that the majority shall rule the minority, and as long as the qualities, moral and mental, of the parties are not grossly dissimilar, such an arrangement forms a tolerable modus vivendi. Where in character, in mental force, in energy, in cultivation, there is no equality at all, but an inequality … to expect that the intelligent few will submit to the unintelligent many is to expect what has never been found and what never ought to be found. The whites cannot be trusted to rule the blacks, but for the blacks to rule the whites is a yet grosser anomaly” (3602). Op grond hiervan kan geredeneer word dat die ou Suid-Afrika beter was as wat die nuwe Suid-Afrika is.

Ten spyte van al die ontnugtering wat Froude in Wes-Indië te beurt geval het, het hy merkwaardig optimisties gebly. “The equality between black and white is a forced equality and not a real one, and nature in the long run has her way, and readjusts in their proper relations what theorists and philanthropists have disturbed” (3400). Froude het hom in vele opsigte vir verlore sake beywer. Ten minste in hierdie sin het hy aan my en hopelik aan (baie) ander Afrikaners ‘n navolgenswaardige voorbeeld gestel. “Even when a cause is lost utterly, and no rational hope remains, I would still go down, if it had to be so, with my spirit unbroken and my face to the enemy” (2664). Dit is ongerieflik om ‘n Afrikaner-bittereinder te wees, maar dit is nie verkeerd nie.

Froudacity

Froude se boek oor die Wes-Indiese eilande is heftig aangeval, veral deur swart Wes-Indiërs. Die bekendste kritiek het uit Trinidad van John Jacob Thomas (1841-1889) gekom in sy boek, Froudacity: West Indian fables by James Anthony Froude (Good Press, 1889/2019, 142p; Amazon Kindle $3,20). Soos verwag kon word, word Froude van rassisme, beswaddering, laster, paternalisme, kwaadwilligheid, roekeloosheid, eensydigheid, gemeenplasigheid, onkunde, ens, beskuldig; ook van vermetelheid (“audacity”) – dit is immers waarop die hooftitel van die boek sinspeel. Froude word selfs “this apostle of skin-worship” (Kindle 1173) en “this prophet of evil” (1193) genoem. Maar Thomas is deur mede-swartes verwyt dat hy nie radikaal genoeg pro-swart en anti-blank is nie. ‘n Opsomming van Thomas se kritiek is onder die opskrif “Froudacity” op Wikipedia gepubliseer. Eintlik gebruik Thomas sy boek nie net om Froude af te kam nie, maar ook om in besonderhede sy besware teen bv die (blanke) Britse goewerneurs, regters en magistrate te lug.

Ek het in besonderhede oor Froude se boek geskryf omdat hy idees verkondig wat deesdae onderdruk word. Thomas, daarenteen, propageer al die oorbekende drogredenasie waarmee ons daagliks gekonfronteer word. Sy boek toon hoe lank reeds dieselfde argumente herhaal word. My kernbeswaar is dat Thomas oor en oor beweer dat die verskil tussen blankes en swartes bloot velkleur (“mere colour” – (926), dus pigmentasie (“purely epidermal” – 989), is; ook genoem “skin-prejudice” (894) en “skin-superiority (1102). “Are we to be grateful that the colour difference should be made the basis and justification of the dastardly denials of justice?” (855). Die blankes word verwyt vir “the cheap condition of showing a simple bodily accident erected by themselves into an evidence and proof of superiority” (1442).

In werklikheid gaan dit nie om velkleur nie maar om die (groot) kulturele verskille tussen blankes en swartes, dus verskille in lewenswyse, hoe daar gedink en gehandel word; ook ontwikkelingsverskille. Soos ek dink Thomas dat ontwikkelings/prestasie-verskille ‘n sikliese verskynsel kan wees: “In the past different races have successively come to the front, as prominent actors on the world’s stage” (1765). Maar hy oordryf heel moontlik: “The European world is looking with wonder and admiration at the progress made by the Negro Race – a progress unparalleled in the annals of the history of any race” (1938). Ras is nie ‘n ignoreerbare konstruk wat onnodig uitgedink is nie. Ras is deel van die onontwykbare werklikheid. Waarom is daar sedert 1994 geen sprake van ‘n nie-swart president, vise-president of nie-swarte in watter hoë (politieke) pos ook al nie? Omdat swartes die werklikheid van ras erken. Omdat swartes (ten alle koste) mede-swartes in topposte wil hê, dus mense wat soos hulle dink en doen. As pigmentasie die enigste verskil tussen blankes en swartes was, sou dit om ‘t ewe gewees het of bv ‘n blanke of ‘n swarte die president van Suid-Afrika was.

Thomas is erg neerhalend en beledigend teenoor Froude. Hy word bv smalend oor en oor ‘n profeet of filosoof genoem. Soos verwag kon word, word die blankes vir die “hideous atrocities of slavery” verwyt (54) – “the trade in African flesh and blood” (1277). Haiti is reeds meer as drie eeue lank die toonbeeld van swart rassisme, maar Thomas noem die besware wat Froude teen Haiti opper “perversity gone wild in the manufacture of analogies” (80). Mungo Park (1771-1806) word genoem as een van die blanke ontdekkingsreisigers wat “the natural friendliness of the Negro in his ancestral home” ervaar het (1153). Maar Park het in Wes-Afrika verdrink omdat hy deur vyandige swartes aangeval is. Froude is oortuig daarvan dat rasseskeiding natuurlik is. Thomas verwys egter na “the inevitable atttaction of one race to the other by the sentiment of natural affection” (1823). Die result is “Mulattos” (1836). Die Britse immigrante wat hulle in Wes-Indië gevestig het, dink anders as Thomas oor ras: “That class of them [Anglo-Saxons] who had left Britain were likelier than the more refined of their nation to exhibit in its crudest and cruellest form the innate jealousy and contempt of other races that pervades the Anglo-Saxon bosom” (1856).

Volgens Thomas “the Negro voter would elect representatives whom he knew he could trust for competency in the management of his affairs, and not persons whose sole recommendation to him would be the possession of the same kind of skin” (1347). Is ons ondervinding in die nuwe Suid-Afrika dat die meerderheid kiesers glad nie kleurbewus is nie? “No one can deserve to govern simply because he is white, and no one is bound to be subject simply because he is black” (1436). Maar in die nuwe Suid-Afrika regeer die swartes bloot omdat die meerderheid kiesers swart is en die blankes is teen wil en dank die onderdane of tweedeklasburgers omdat hulle die minderheid is. “At present most officials are appointed (locally at least) according to their merit, and not to their epidermis” (1442). In die nuwe Suid-Afrika, daarenteen, word baie, waarskynlik die meeste, aanstellings en bevorderings deurslaggewend op grond van ras (swart) en geslag (vroulik) gedoen pleks van bekwaamheid.

Die polities verligte Julia Markus (Praag 27.06.2020) hou van Thomas se verweer. Hy “accurately described Froude’s quick and incorrect assessment of different island peoples … Yet it is the subtitle of another book of criticism [by Davis N Darrell, 1888], Mr Froude’s negrophobia, that best describes Froude in the West Indies: Don Quixote as a Cook’s tourist. It could not be said better” (4974).

Leon Lemmer: Peter Hitchens oor die ontaarding van die Britte

Christopher Hitchens (1949-2011) was ‘n radikale, konfronterende, marxistiese joernalis wat baie polemieke met sy omtrede uitlatings ontketen het. Saam met Richard Dawkins, Daniel Dennett en Sam Harris was hy een van die grondleggers van die militante Nuwe Ateïsme. In sy latere lewe is Hitchens daarvan beskuldig dat hy polities (meer) regsgesind geword het, bv vanweë sy renons in Bill Clinton en sy veroordeling van NAVO se militêre inmenging in Bosnië.

Vandag skryf ek egter oor Christopher se minder bekende broer, Peter Hitchens (gebore in 1951), ook ‘n Britse joernalis, wat in sy prille jeug ‘n aanhanger van Leon Trotskie (1879-1940) se marxisme was. Hy verwys na homself as “a former Bolshevik” (bron hier onder, Kindle 4904). Peter het polities van verlinks tot regs gevorder, van sosialisme, via die Britse Arbeidersparty tot lid van die Konserwatiewe Party (1997-2003); ‘n party wat hom mettertyd ook nie meer aangestaan het nie. Deesdae beskou hy Edmund Burke (1729-1797 – Praag 2.05.2020) as sy mentor. Hitchens wil nie polities byderwets wees nie. Hy is ten gunste van die doodstraf en gekant teen homoseksualiteit asook die dekriminalisering van dwelmgebruik, bv dagga. “Legalization … lead[s] to social acceptance” (3820). Hy het geen simpatie met mense wat deur eie toedoen aan longkanker (weens die rookgewoonte) en vigs (weens homoseksuele gedrag) ly nie. Tydens Suid-Afrika se 1994-oorgang/ondergang was hy in Suid-Afrika. Hy het tot die juiste gevolgtrekking gekom, naamlik dat Nelson Mandela nie ‘n heilige is nie. Verder het hy die Wikipedia korrek as ‘n linkse naslaanbron geïdentifiseer.

Soms dryf Hitchens sy konserwatisme dalk te ver. Hy is bv gekant teen die “valsheid” van Britse Somertyd. Hy verkies Greenwich Mean Time (GMT) dwarsdeur die jaar. Hy verset hom selfs teen die metrisering van mate en gewigte. “My instincts … revolt against the shiny, efficient, ugly and stone-cold metric system” (4797). “English measures … pounds and ounces, inches and feet, chains and furlongs … were destroyed with slow subtlety and cunning, and resistance is left to a few eccentrics, such as me, fuming hopelessly against a loss nobody else can see” (4803). “[English] measurements … were based on the individual. A pound was what could be held in the hand. A pint was what a grown man might reasonably drink to quench his thirst. An inch was the top joint of a thumb, a foot was, well, a foot, and a yard was a pace. A fathom of water was deep enough to close over a man’s head. They worked outwards from the human. Metric measurements, by contrast, were based on a (mistaken) calculation of the Earth’s circumference” (4839).

Ek bespreek vandag die volgende boek van Peter Hitchens: The abolition of Britain: From Winston Churchill to Theresa May (London: Bloomsbury, 1999/2018, 368p; Amazon Kindle $21,23). Die hooftitel van die boek word in die 2018-voorwoord soos volg verduidelik: “The abolition of a great and famous nation is now virtually complete. This book, originally [1999] intended as a warning in letters of fire, might now at least serve as a headstone” (116). Die newetitel wek verkeerdelik die indruk dat hierdie boek onlangs geskryf is. Al die hoofstukke is reeds in 1999 vir die eerste keer gepubliseer. Slegs die voor- en nawoord is later bygevoeg. Nogtans toon die teks uitstekende insig in die diepgaande veranderinge wat sedert die dood van Winston Churchill (1874-1965) in die Britse omstandighede en geestesklimaat ingetree het. “The death of Churchill, an unchallengeable father figure, was a final farewell to a reassuring past” (182).

“My argument is that we chose the wrong future in the second half of the twentieth century” (101). Hy noem dit ‘n kulturele revolusie (162). “We have gravely devalued knowledge and academic qualifications, made many thoughts almost unthinkable, sundered many of the invisible bonds which once held our society together, and inflicted upon our country a permanent and irreversible change in morals, values, customs, taboos, language, humour, art and even eating habits” (167). In Suid-Afrika het dit veel erger daaraan toe gegaan. In 1994 het ons ‘n politieke revolusie beleef, waarna ‘n kulturele revolusie ingetree het waarin ‘n grootliks vreemde swart kultuur die twee tradisioneel leidende blanke kulture/lewenswyses verdring het. Hitchens noem Brittanje “a wholly foreign country” (187). Uit die oogpunt van die blankes geld dit in veel groter mate vir Suid-Afrika.

Volgens die outeur het die Britte in 1965 nog rede gehad om hulleself as die voortreflikste mense op aarde te beskou en kon hulle met reg trots op en patrioties jeens hulle land wees. Hy verwys na “a society that was profoundly civilized, gentle and humane” (707). Hy meen dat die Britse samelewing sedertdien feitlik onherkenbaar ontaard het. Dit herinner aan die ingrypende verskille wat daar tussen die ou en die nuwe Suid-Afrika bestaan, wat onder meer die entoesiasme vir en die tradisionele patriotisme van Afrikaners vir hulle geboorteland weggekalwe het. Daar kan egter kwalik van Afrikaners verwag word om die tradisionele Britte as verhewe organismes te beskou, gedagtig aan onder meer die Anglo-Boereoorlog. Tog is daar vir die plaaslike blankes min troos in die volgende reeds aangehaalde woorde: “The abolition of a great and famous nation is now virtually complete” (116). Brittanje is nog ‘n blanke Westerse land wat weens bv selfaangedoende, ingevoerde multikulturaliteit besig is om onder te gaan.

In Suid-Afrika ken baie jongmense van die huidige geslag nie die land se geskiedenis nie. Dit is veral te wyte aan die propaganda van die ANC-regime, bv in skoolgeskiedenisboeke, en die uitlatings van ANC-nalopers in die massa-inligtingsmedia. In Brittanje het iets soortgelyks gebeur. Hitchens verwys na “a generation to whom the past was not just a foreign country, but a place of mystery which was easier to mock than understand” (146). By hedendaagse Britte, soos by Amerikaners, is daar die neiging om onpatrioties te wees, om ‘n negatiewe siening van hulle land en hulle geskiedenis te hê. “The ideas of the past were invariably wrong, that putting the clock back was a sin, while progress and change were both inevitable and right” (616). Hitchens verwys na “the ‘anti-establishment’ tendencies in politics, academe, broadcasting and the press” (458). “Patriotism, monarchy and Englishness in general [became] unfashionable and – worst of all – comical” (600). “In 1965, even the radicals were loyal patriots” (474).

Daar word plek-plek na Suid-Afrika verwys:

  • “The old struggle between Afrikaner and British settlers in South Africa had ended in the triumph of the National Party, the building of grand apartheid and the founding of a Boer republic outside the Commonwealth” (637).
  • Die Britse openbare mening is “unshakeable in its certainty that personal righteousness is reserved for those who share its views about South Africa” (151), naamlik dat die swart politieke bewind reg en goed is en die blanke bewind van weleer, by name apartheid, verkeerd en sleg was.
  • Voorgeskrewe skooldrag word in progressiewe geledere geassosieer met “repressive and reactionary forms of government such as apartheid South Africa and Augusto Pinochet’s Chile” (1119).
  • “Opposition to apartheid or General Pinochet are valued more highly than personal adherance to the Ten Commandments or the Sermon on the Mount. An adulterer with the correct view on Nelson Mandela is perferable to a Mother Teresa who fails to critize the currently unfashionable regimes of the world” (4446).
  • Vir ‘n politieke aktivis soos Desmond Tutu gaan dit om die hiermaals en nie om die hiernamaals nie. Hy probeer om ‘n (swart) hemel op aarde te skep. Hitchens noem dit sosiale teologie “in which Christian charity to your neighbour was expressed through political action at home and abroad, rather than in your own conduct. This was especially attractive to the British because the Church’s old missionary links with the former colonies now gave it a potent voice in places such as South Africa, where it was to play an often creditable role in resisting the stupidities of Grand Apartheid” (1658).
  • Die hedendaagse afkeer van Standaardafrikaans kan ingevolge kulturele marxisme verduidelik word. Ordentlike, suiwer Afrikaans herinner aan ‘n glorieryke verlede wat deur ANC-kamerade weggewens word. “The glories of the language were offensive to the modernizers because they reminded them of what they owed to the past, because they reinforced the bonds of tradition, but above all because they constantly reminded them of a view of religion which was not theirs. It did not offer salvation through the Overseas Development Agency, the Anti-Apartheid Movement, Amnesty International and the Social Security budget. It offered it in an entirely non-political way, through the faith and deeds of the individual” (1871).

Hitchens kan nie (heeltemal) vrede met die nuwe elektroniese kultuur maak nie. Hy noem dit “post-literate” omdat die inligting eerder deur piktogramme, dus deur beelde/illustrasies, as deur teks oorgedra word (223). “Early television was nothing like the modern force which has now displaced all other forms of culture and entertainment. Its effect on the imagination has been the motor of the new morality and the new conformism” (234, ook 468). “The BBC [British Broadcasting Corporation] functions as a sort of priesthood of the politically permissible, awarding airtime and favour to those it likes, and silence, bad camera angles or mockery to those it dislikes” (4952). “[Television] encourage[s] only one set of ideas about what was good” (447). “It made each one of us more like the other, it narrowed the gaps between us and made us simultaneouly less alone and more conformist. We have all noticed the way in which mass culture has flattened out accents and made us dress and even walk in standardized fashions” (238).

“This regimentation has also affected our thinking, and our ability to choose. In a society of stable values and unchanging tradition, this would not be specially important, and the cinema had far less impact on 1930s Britain than television was to have fifty or sixty years later. The effect of television, especially colour television, on a society whose values were all open to question and whose morals were dissolving was explosive, and continues to be” (243). “Television robs adults of one of their most important tasks, as passers-on of culture to the young” (2116). Gelykmaking, eendersverklaring en internasionalisering kan die taak van regerings vergemaklik maar het ‘n vernietigende uitwerking op bv individualiteit, kreatiwiteit en eiesoortige kultuur. NP van Wyk Louw het reeds in 1936 geskryf: “Ons tyd wil net van gelykheid en gelykmaak weet; die natuur ken net ongelykheid en streng rangordening” (Berigte te velde, Kaapstad: Nasionale Boekhandel, 1959, p 17). Plaaslik is dieselfde neiging as in Brittanje waarneembaar: “The increasingly blatant use of soap operas as cultural propaganda” (Hitchens 48). Sepies en baie ander televisieprogramme is as’t ware ‘n siekte wat nie net bedags nie maar veral saans kulturele verwoesting saai.

Amerika was die eintlike wenner in die Tweede Wêreldoorlog. Amerika het die leidende land geword. “By 1941 we were a defeated nation” (285). “When American servicemen began arriving in Britain in 1942, much of the United Kingdom fell under a bizarre and unique form of military occupation” (4140). “They spoke the same language but brought with them a completely different culture, different morals, different habits of courtship and even different tastes in food and drink, music and entertainment” (4145). “The total number of Americans in the UK at this time [1944] was more than 1.6 million, mostly active young men, at a time when Britain’s active young men were mainly away from home” (4171). Hitchens bied die volgende as ‘n kompliment aan: “A rather touching and honourable refusal by Britons to countenance the US Army’s colour bar” (4192).

Die Amerikaanse besetting van Brittanje het tot lank ná die oorlog voortgeduur. Hierdie situasie “undermined and belittled Britain’s image of herself, and the British people’s view of themselves” (270). Amerikaanse kultuur het die Britte grondig beïnvloed, nie net vanweë die baie Amerikaanse soldate wat daar gestasioneer was nie, maar ook vanweë Amerikaanse rolprente en televisie. Daar was gevolglik “the increasing use of American terms in language” (280), asook die groeiende invloed van Amerikaanse populêre musiek, bv rock (295). Hitchens verwys na moderne populêre musiek “with its strangely bisexual appeal and its carnal beat” as “part war-dance, part fertility ritual” (2121). Wat die tradisionele Britse kultuur ook ontwrig het, is “America’s supposed ‘classlessness’, actually a fiction, [which] mocked our minutely graded caste system” (290).

Hitchens maak gewag van “the huge scale of the war effort and the breath and depth of the destruction it had caused not just to the physical fabric of the country but to its social fabric. Few now recall that the immediate postwar years were a time when many were alarmed by a rapid increase in crime, an atmosphere of purposeless rebellion among the young and a great deal of family breakdown because of the number of marriages which failed to survive the long partings of war” (680). “The Americanization of our sex lives was probably more important than all these put together. American attitudes towards divorce and adultery, the collapse of American puritanism … under the blows of Kinsey and the contraceptive pill, fanned out across the country like an infectious disease” (290). “As late as 1965, the child of divorced parents was an exception at any school, illegitimate children were a shameful rarity, homosexual acts were illegal, and contraception and abortion were taboo subjects in most homes” (572). Hierby kom nog “the arrival of North American feminism” (306).

Van die veranderings in die Britse leefwyse wat Hitchens opgemerk het, is die agteruitgang van die gehalte van standaard- of tradisionele Engels [Estuary English (358)], bv weens Amerikaanse invloed. “Estuary English – the universal classless patios of southern England” (3363). Daar is deesdae baie meer misdaad (566), bv inbrake (561), as voorheen en daar lê vullis in die strate (363), onder meer weens die multikulturele gedaanteverwisseling wat veral die stede ondergaan het. Maar sulke negatiewe verskynsels word deur linksgesindes goedgepraat. Daar is “a crude moral justification for crime, seen by many modern thieves as a form of taxation levied upon the greedy by the rest” (2381). In Suid-Afrika maak die ANC-regime die nieblankes wys dat die blankes hulle grond gesteel het en dat die blankes hulle besittings bekom het deur nieblankes uit te buit, bv deur hulle te min vir hulle arbeid te vergoed. Dit kan ten minste deels verduidelik waarom misdaad, bv onwettige grondbesetting en diefstal, op so ‘n buitensporige skaal in Suid-Afrika gepleeg word.

“In 1965 … eating in the street, except for a holiday ice cream or a homebound parcel of fish and chips, was practically unknown, and drinking in the street quite unthinkable for most people” (512). Die gedrag van mense het verander; eintlik versleg (479). Daar is al beweer dat die hedendaagse Britse kultuur gekenmerk word aan “lager, football and bodily functions” (611). Hoflikheid en goeie maniere het skaarser geword (479). Goeie smaak het agteruitgegaan (368). Mense voel minder veilig as voorheen, veral snags (389). In 1965 was Brittanje baie meer verenig as tans (432), met baie inwoners in Wallis en veral Skotland wat deesdae van Engeland wil wegbreek. “Northern Ierland … was the only place on British territory where British patriotism took the form of nationalism” (4615). Daardie nasionalisme is uit nood gebore – die gevaar vir Protestantse Britte van vereniging met en oorheersing deur die Rooms-Katolieke Iere van die Ierse Republiek. By die Britte in Noord-Ierland is daar deesdae egter al hoe groter onsekerheid of hulle in die toekoms deel van die Ierse Republiek of van Engeland gaan wees. Voorheen was daar nasionale solidariteit in Brittanje maar sedert 1965 het gebeure dit weggekalwe (653).

“A nation is the sum of its memories, and when those memories are allowed to die, it is less a nation. However, when a people cease to believe their national myths, and cease to know or respect their history, it does not follow that they become blandly smiling internationalists” (756). Die ANC-regime beywer hom vir die herskrywing van Suid-Afrika se geskiedenis, sodat die swartes beter en die blankes, veral die Afrikaners, slegter voorgestel word. Plekname word verander en standbeelde vernietig of verwyder ten einde die Afrikanerdom se trotse verlede te misken. Gebeure soos die Groot Trek en die Slag van Bloedrivier word as mites afgemaak. Dit alles word gedoen om die Afrikaners as etniese nasie, as volk, te probeer vernietig. Afrikanisme en globalisme word as plaasvervangers vir Afrikanernasionalisme aan ons opgedring. Regeringsleiers soos Donald Trump en Boris Johnson verset hulle teen globalisme. Hulle ondersteun onderskeidelik Amerikaanse en Britse nasionalisme, maar word om veral hierdie rede in die massa-inligtingsmedia verguis. As eilande is Brittanje, volgens Hitchens, “uniquely suited to be a nation-state” (809); des te meer sedert sy onttrekking aan die Europese Unie.

Ons het pas die onverkwiklike ondervinding gehad dat Jeremy Vearey (Praag 26.05.2018), ‘n opgeleide ANC-terroris, oud-Robbeneilander, nie-taalkundige en nie-letterkundige, klaarblyklik weens politieke redes deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns gevra is om vanjaar, vyftig jaar ná sy dood, die NP van Wyk Louw-gedenklesing te lewer. ‘n Soortgelyke vergryp is die jaarlikse Neville Alexander-lesing wat deur die Afrikaanse Taalmuseum en -monument aangebied word ter huldiging van nog ‘n oud-Robbeneilander. Hitchens vestig die aandag op ‘n soortgelyke polities byderwetse skuif: om die blanke Florence Nightingale (1820-1910), tradisioneel dié heldin in die verpleegkunde, met ‘n swart rolmodel, die Jamaikaan Mary Seacole (1805-1881), te vervang (910). Albei het gedurende die Krim-oorlog (1853-1856) gewonde soldate verpleeg. Dit herinner aan die vervanging van ons volksplanter van weleer, Jan van Riebeeck, met ‘n nuwe vader van die (swart) Suid-Afrikaanse nasie, die geweldenaar Nelson Mandela. Sedert 1994 is daar in ANC-geledere selfs meer as een moeder vir hierdie nasie ontdek.

Volgens Hitchens is die Britse neo-marxiste “drearily left-wing, and focussed upon suffering and deprivation rather than upon achievement or heroism. They are also notably more forgiving of the misdeeds of communist totalitarianism than of fascist totalitarianism” (938). Weens die gebrek aan positiewe prestasie deur ANC-kamerade word negatiewe gebeure, soos ongehoorsaamheid en geweldpleging, sedert 1994 in Suid-Afrika tydens openbare vakansiedae in herinnering geroep. Dit dui op geestelike en morele bankrotskap.

In Suid-Afrika is skoolonderrig vir die verskillende kultuur- en etniese groepe, elk met sy eie leerplanne, sedert 1994 deur gemeenskaplike leerplanne, primêr afgestem op die swart meerderheid, vervang. In Brittanje is die tradisioneel monokulturele skoolonderrig tot multikulturele opvoeding omvorm. Hitchens noem dit “yet another excuse to denigrate the nation-state, apologize for the Empire and abolish the lore of the British tribe” (998). Terselfdertyd was daar, soos in Suid-Afrika, ‘n ernstige verlaging in akademiese standaarde – “standards always are out of date” (2272) – en die vernietiging van die tradisionele geskiedenisleerplan (1003). In Suid-Afrika verkondig die ANC-regime openlik dat ons geskiedenis volgens die voorkeure van ANC-kamerade herskryf word. Daar is blanke historici wat hartlik aan hierdie projek saamwerk. “In an incredibly short time, we have been turned into a nation without heroes, without pride in our past or knowledge of either our past triumphs or our past follies and disasters” (1007).

Plaaslik was daar al uitsprake van die nuwe bewindhebbers dat dinge soos meriete en standaarde Westerse uitvindings is wat maar agterweë kon gebly het. Jonathan Jansen het hom by uitstek smalend oor akademiese standaarde uitgelaat, heel moontlik omdat hy, sonder om dit te erken, besef dat akademiese standaarde in die skole en aan die universiteite in die ou Suid-Afrika veel hoër was as wat hulle in die nuwe Suid-Afrika is. Hitchens skryf: “The great universities of Oxford and Cambridge are still being attacked by ministers for trying to maintain some standards” (48). Later skryf hy van “a general lowering of Oxbridge standards” (1134). Dit is die Britse weergawe van die ANC se: “pass one, pass all.” Dit is ‘n tragedie as geestelike vervlakking twee van die oudste en akademies-wetenskaplik mees gerespekteerde universiteite in die wêreld aangetas het. Albei het in die 13de eeu ontstaan..

Hitchens noem die hedendaagse marxiste “cultural revolutionaries”: “They believe, in most cases with some passion, that education should be used to eradicate privilege and élitism, to spread the gospel of the new society in which everyone (and everything) is equal” (1015) – dus “the ‘democratic’ or levelled society” (1042). Mededinging word ontmoedig. As sommige skoliere akademies beter as ander presteer, word die (natuurlike) ongelykheid by skoliere sigbaar. As ‘n skolier druip, tas dit sy menswaardigheid aan, wat taboe in hedendaagse verligte samelewings is. Meriete is tot ‘n onding verklaar omdat dit ‘n hiërargie daarstel. “Melanie Phillips [Praag 18.08.2018] has condemned the ‘all must have prizes’ ethos of the modern system” (1108). Die gesag van onderwysers word deur ‘n verbod op (lyf)straf ondermyn. Dit skep ‘n situasie in die klaskamer waarin leer weens gebrekkige dissipline bemoeilik word. In baie gevalle leer skoliere deesdae op skool minder as voorheen. Om hierdie feit te kamoefleer, verkies die ANC-regime dat daar van leerders pleks van skoliere gepraat word. Die marxistiese obsessie met verandering (pleks van verbetering) is die rede waarom sulke disfunksionele verskynsels hulle opwagting maak (1064). Sodanige transformasie word deur sommige sielkundiges goedgepraat; “those stand-by experts who can always be counted on to decry common sense, defy public opinion and loathe hallowed tradition” (1166).

Een van die hoofoogmerke van kulturele marxisme is om die tradisionele gesin te vernietig. “The greatest fortress of human liberty, proof against all earthly powers, is the family [“huisgesin”]. In its small private space, it can defy the will of authority and the might of wealth. It is without doubt the most effective means of passing lore, culture, manners and traditions down through the generations. Its loyalties are stronger than those of the state, more powerful even than patriotism. All serious tyrannies have sought to undermine or infiltrate it, socialist tyrannies most of all” (2837). “There are many explanations for authority’s mistrust of the family. The main one must be that it cannot control what goes on there, what ideas are taught, what wealth stored up, what loyalties fostered” (2853). Weens sy magsbeheptheid sou die ANC-regime te graag iedere gesin na sy beeld wou afrikaniseer en aan die ANC gedienstig maak. Huwelike, dus histories normale gesinsvorming, word nie deur die ANC-regime bepleit nie. Die huwelik is al beskryf as “an unromantic compromise between sensuality and drudgery” (3070). Die huwelik is in baie gevalle nie hemel op aarde nie maar kultureel nogtans meesal ‘n beter, bv meer stabiele, situasie as heteroseksuele saambly of ‘n selfdegeslagverbintenis.

In Suid-Afrika kom enkelouergesinne algemeen voor, veral by die swartes. Trekarbeid, dus die blankes, is dikwels die skuld hiervoor gegee. Eintlik is ‘n gebrek aan seksuele dissipline, oftewel permissiwiteit – “moral poverty” (2635) – ‘n meer geldige rede. Die eksponensiële toename in buite-egtelike kinders kan ook toegeskryf word aan die (oor)gewilligheid van die ANC-regime om ongehude moeders met staatstoelaes te vergoed. Dit geskied sonder dat enige teenprestasie vereis word. Daar is ook nie ‘n maksimum perk vir sulke kinders nie. In die nuwe Brittanje is daar al hoe meer buite-egtelike kinders. “Roughly 44% of children in Britain are now born to mothers who are not married” (63). “The new cruelty, which leaves hundreds of thousands of children without a proper family, is imposed through many acts of generosity by the state and the taxpayers, and through the broad-minded tolerance of individuals and opinion-formers” (2428). “It is certain that crime is higher among the children of broken homes than among those from stable families” (4354). Wat nodig is, is “a sensible compromise between stern duty and individual kindness” (2433).

“Illegitimacy – the very thing marriage is supposed to prevent – has become so common as to be the norm. Shame and stigma, which once both defended respectable marriage and heaped misery on the poor bastard and his wretched mother, have disappeared. Instead, there is the slower, vaguer, more indirect misery of a society where fewer and fewer children have two parents, and where more and more women are married to the State” (2444). Maar dit is juis hierdie toenemende getal afhanklikes van staatstoelaes wat aan die ANC-regime ‘n substansiële steunbasis verseker. Terselfdertyd veroorsaak kinders uit enkelouergesinne dikwels dat misdaad floreer.

“The cultural revolutionaries have understood that a nation’s literature is one of the ways, perhaps the most important way, in which values are transmitted unchanged from generation to generation. They understand that Shakespeare’s Englishness is not an accident, and that Shakespeare and Englishness have helped to form each other” (2722). “This literature is also dominated by men” (2727). Wat ‘n marxis soos Terry Eagleton (gebore in 1943) hieromtrent doen, is “to try to rebuild Shakespeare as some sort of Marxist critic of the social order” (2738). “The desire for a national culture is seen as damagingly conservative, often ‘racist’ and almost inevitably unsympathetic to the rights of women” (2772). “Something called ‘the cult of the apron’ is constantly attacked” (2801). Die nuwe vooroordeel (2812) is dat vroue net sulke bekwame skeppers van letterkunde, asook ander literatuur, bv nie-fiksie, en ander kuns as mans is. Pas is daar ‘n bohaai in die plaaslike pers opgeskop omdat blankes oor die toekenning van literatuurpryse besluit het. Volgens die polities byderwetse narratief moet enersyds sowel mans as vroue en andersyds sowel blankes as nieblankes by enige openbare geleentheid, bv besluitneming, betrek word. Die ANC-regime verlang voorts dat swartes substansieel in die meerderheid moet wees en vroue in dieselfde mate as mans betrek moet word. Dit gaan nie om meriete, bv kennis en kundigheid, nie. Dit gaan om ras en geslag.

In hoofstuk 15, onder die opskrif, “Is Britain civilized?” word die linkse politikus, Roy Jenkins (1920-2003), uitgesonder as die hoofaanstigter van die Britse kulturele revolusie. “He should see it as his task to revolutionize all our habits” (3939). Volgens Jenkins: “It is about the need to make this country a more civilized place in which to live” (3949). Hy het bv die doodstraf en sensuur veroordeel, maar hom ten gunste van die openbare aanvaarding van aborsie, homoseksualiteit en dobbel uitgespreek. Jenkins het “a new era of loving the sinner” ingelui (4070). Die gevolg was: “The laws have grown more permissive and society more violent, selfish and chaotic” (4075). Jenkins was “the Europhile of Europhiles” (3994). Hy het geen gevaar vir die Britse kultuur weens massa-immigrasie voorsien nie. Hy het verkies om Brittanje voor te hou as deurgaans moreel voorbeeldig, naamlik as “the traditional refuge op the oppressed” (3978).

Wat ek uiters eienaardig vind, is dat Hitchens, anders as baie ander waarnemers, nie die verwording van Brittanje primêr aan die massa kultureel vreemde inkommers toeskryf nie. In sy 2018-nawoord is daar net ‘n enkele opmerking hieroor, wat eintlik geen verduideliking verskaf nie: “Immigration itself, which I deliberately did not include in my 1999 book [why not?], has beyond doubt transformed many towns and urban areas beyond recognition, far beyond what had happened in the forty years of immigration before 1997” (4753). “The UK welcomed an estimated net 1.5 million immigrants in the decade to 2008. Part by accident, part by design, the Government had created its longed-for immigration boom” (4770).

Die skuld hiervoor word by uitstek aan Tony Blair (Britse eerste minister, 1997-2007) toegeskryf. “The Blair government was not like any previous governments. It had a declared cultural purpose” (4871). “The truth, that New Labour was a sophisticated version of Eurocommunism, hugely socially radical, deeply hostile to the nation-state and monoculture and coldly dismissive of Church and Crown, can be observed in its actions by those who understand these things” (4899). Blair het erken “that he had himself been a Trotskyist” (4899). “Labour supporters … felt that mass immigration had changed their lives for the worst without their permission. It was this, above all, that turned a strong anti-EU minority into a decisive majority” (4776) in 2016.

Hitchens se betoog is soms wydlopig. Hy is geneig om in sypaaie af te dwaal. Die volgende kan as ‘n samevatting van sy konserwatiewe stellinginname beskou word: “The pattern in all these events is the same: Behaviour which was once deviant is made to seem mainstream, or al least acceptable, and those who are unhappy about it are portrayed as narrow-minded, old-fashioned, prejudiced and wrong. The effect of this implicit propaganda upon public opinion has been enormous, causing many people to be ashamed of views they had held since their childhood and had thought until recently were normal” (3439). Veertig jaar gelede was daar onder blanke Suid-Afrikaners ‘n oorweldigende mate van eenstemmigheid dat een mens, een stem rampspoedige gevolge sou hê, ‘n swart meerderheidsregering die land in sy swernoot sou stuur, gedwonge rasse-integrasie absoluut verwerplik is, ens. Deesdae word diegene wat steeds sulke menings huldig as verkramp en rassisties uitgekryt. Die ergste is blankes, insluitende oud-Broederbonders, wat deesdae valslik voorgee dat hulle eintlik reeds hulle hele lewe lank nalopers van die ANC is.

“How do you tell that a country has died? I would say that the moment comes when its people no longer even know that they have lost their culture and their history” (4730). Die Afrikanerdom is darem nog nie daar nie, maar is fluks op pad daarheen. Binne enkele geslagte kan sowel ons voortreflike Afrikanerkultuur as ons roemryke geskiedenis in die vergetelheid verborge wees. NP van Wyk Louw het in 1936 oor “ware volkskuns” geskryf: “Die beste daarvan sal alleen vergeet word wanneer die geaardheid en omstandighede van ‘n groep so verander dat hy homself nie meer daarin herken nie” (17)

Karel Combrinck: Skoorsoek

Die ou aardbol van ons word by die dag ‘n gevaarliker plekkie om op te leef. Pas het pres. Trump die geleentheid van ‘n staatsbesoek aan die VSA deur die Poolse president, Andrzej Duda, gebruik om aan te kondig dat hy die Amerikaanse troepemag in Duitsland gaan verminder en ‘n sekere persentasie daarvan na Pole gaan verskuif. Hierdie verskuiwing sal, luidens die gesamentlike verklaring van mnre Trump en Duda, gepaard gaan met die oorplasing van wapentuig waaronder hommeltuie (drones). Lesers mag weet dat hommeltuie in staat is om kernwapens te dra.

As rede vir die troepeverskuiwing voer mnr Trump aan dat dit sal geskied omdat Duitsland, na sy mening, nie sy verantwoordelikhede teenoor die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO) nakom nie. Volgens hom is Duitsland se finansiële bydrae tot die onderhoudskoste van NAVO te gering, wat ‘n groter las op die skouers van Amerika plaas om die veiligheid van Duitsland teenoor Rusland te verseker. Terselfdertyd koop Duitsland aardgas ter waarde van miljarde euro van Rusland aan. Aldus die argument van mnr Trump.

Feit is egter dat Duitsland geensins in ‘n konflik met Rusland betrokke is nie en sy veiligheid ook nie op enige wyse deur Rusland bedreig word nie. Die Duitsers sal tog seker beter weet as die Amerikaners of hulle veiligheid in gedrang is of nie. Hierdie eienaardige sienswyses van mnr Trump is natuurlik ‘n rookskerm vir die werklike rede, naamlik dat die Amerikaners Duitsland wil dwing om Amerikaanse skalie-gebaseerde gas te koop wat hulle teen astronomiese koste produseer en teen ‘n verlies verkoop. Om hierdie rede het die VSA dan ook onlangs sanksies gehef teen maatskappye wat betrokke is by die bou van die gaspypleiding (Nord Stream) tussen Rusland en Duitsland.

Vir enige objektiewe waarnemer spreek dit vanself dat Duitsland nie die gas by Rusland koop ten einde Rusland ter wille te wees of om Amerikaanse belange te benadeel nie, maar bloot omdat hulle die gas nodig het en dat dit in hulle belang is om dit te te koop waar dit vir hulle ekonomies die voordeligste is. Dit is natuurlik ook waarskynlik dat die Amerikaners probeer verhoed dat die gasvoorsiening interafhanklike bande tussen Duitsland en Rusland mag versterk.

Daarby moet gevoeg word dat daar ná die ineenstorting van die kommunistiese blok in Oos- Europa en dus ook ná die beëindiging van die koue oorlog, weinig bestaansreg meer vir NAVO is. Om dié rede het Rusland dan ook die kommunistiese teenvoeter vir Navo, nl. die Warskouverdragsorganisasie ontbind. Amerika het egter verkies om NAVO te laat voortleef wat uiteraard vir hulle ontstsaglike koste op die hals haal, koste wat hulle nou van ander NAVO-lidlande probeer verhaal onder die voorwendsel dat NAVO hierdie ander lande se veiligheid waarborg.

Die Russiese ministerie van buitelandse sake het die beplande verskuiwing van Amerikaanse soldate na Pole vergelyk met die missielkrisis van 1962 toe die Sowjetunie probeer het om missiele in Kuba te vestig, wat op ‘n nippertjie na tot ‘n wêreldoorlog gelei het. Heel onlangs is ‘n reuse- NAVO- militêre oefening in Pole, Georgië en die Baltiese state waaraan 37 000 soldate sou deelneem, deur die koronakrisis in die wiele gery. Die VSA werk ook jare lank reeds aan ‘n missielstel in Oos-Europa om die sogenaamde Iranese bedreiging die hoof te bied. Soos enigeen op ‘n landkaart kan sien, is Pole byvoorbeeld duisende kilometer van Iran verwyder.

Dit is dus duidelik dat ‘n plofbare situasie in sentraal- en Oos-Europa aan die ontwikkel is. Dit is ook duidelik dat die situasie die gevolg is van direkte Amerikaanse bedreiging van Russiese veiligheidsbelange.