Leon Lemmer: David Benatar oor regstellende aksie en transformasie

Deel op

David Benatar (gebore in 1966) doseer wysbegeerte aan die Universiteit Kaapstad (UK). In 2006 het hy internasionaal bekendheid verwerf met sy boek, Better never to have been: The harm of coming into existence. Hierdie werk is as erg pessimisties en nihilisties gekarakteriseer. Wat hy per slot van sake beweer, is dat bv ‘n geaborteerde fetus verkieslik bo ‘n lewendig gebore baba is. Myns insiens is so ‘n standpunt dalk regverdigbaar as ‘n mens se lewe meer negatiwiteit (bv pyn, lyding) as positiwiteit (bv vreugde, tevredenheid) inhou. Dit kan dikwels die geval in derdewêreldse lande wees, maar dit kom seker nie algemeen in eerstewêreldse lande voor nie. Die probleem met ‘n keuse tussen iets en niks is dat net iets die potensiaal van positiwiteit (of negatiwiteit) inhou. Deur niks te kies, word alle moontlikhede ontbeer.

In 2012 het Benatar weer opspraak verwek toe sy boek, The second sexism: Discrimination against men and boys, gepubliseer is. Hy toon aan dat die veldtog teen vrouediskriminasie soms te ver gevoer word; dat die pendulum te ver van die vorige/tradisionele kant na die teenoorgestelde kant geswaai het. Dink aan die ANC se beheptheid met demografie. Dit word enersyds misbruik om swartes (80% van die bevolking) en andersyds vroue (50% van die bevolking) te bevoordeel. Die ANC-beleid is dus sowel rassisties as seksisties. Die hoofmotief is eintlik om blanke mans, daardie knap vegters teen misdaad (bv vandalisme) en geweld (bv terrorisme), te benadeel. Wat seksisme betref, word oordrewe “regstelling” aan bv die Universiteit Stellenbosch (US) aangetref. Om die ANC ter wille te wees, is die US se ideaal om 60% vrouepersoneel teen 2020 te hê.

Maar daar is geen wetenskaplike bewys dat vroue bv beter dosente en navorsers as mans is nie. Die teenoorgestelde is eerder die geval omdat (ten spyte van al die eendersverklarings) dit steeds uitsluitlik vroue is wat geboorte skenk en dikwels/meesal in groter mate as mans by die versorging van kinders en ander huislike verpligtinge betrokke is. In die praktyk bring dit mee dat vroue deeltyds en mans in groter mate voltyds met akademiese sake besig kan wees. Die US verkies om hom eerder deur politieke as akademiese oorwegings te laat lei. Daarom is daar geen voorneme om by 60% vrouepersoneel halt te roep nie. Daar bestaan ook geen minimum kwota vir manspersoneel nie. (Al handel my teks oor wat aan die UK plaasvind, verwys ek telkens na die US as patologiese geval.)

Benatar se intreerede

In 2007 het Benatar sy intreerede as professor in filosofie gelewer. Die titel is “Justice, diversity and affirmative action.” Soos uit die onderwerpe van sy boeke blyk, hou Benatar daarvan om aktuele sake aan te spreek en deins hy nie terug van omstredenheid nie; nie omdat hy stroomop wil wees nie, maar omdat hy besef dat eietydse dogmas dikwels op swak fondamente staangemaak word. Hy poog dan om groter helderheid te bring. Sy intreerede het ‘n beroering op die liberale UK-kampus veroorsaak. Om die lengte van my teks binne perke te hou, gebruik ek Benatar se opsomming, “‘Affirmative action’ not the way to tackle injustice” (University of Cape Town, Monday Monthly, Volume 26.05, 23 April 2007). Hier en daar vul ek sy teks aan met my toepassings of voorbeelde.

Volgens Benatar is regstellende aksie, soos die apartheidsbeleid, wesenlik eerstens die klassifikasie van mense volgens ras en tweedens die bevoordeling van sommige volgens ras. In die praktyk word hierdie rasseklassifikasie soos tydens apartheid gedoen, want selfklassifikasie word nie toegelaat nie, “for the obvious reason that deciding whether one will be the beneficiary of affirmative action cannot be left in the hands of those who will either receive or not receive the benefit on how they classify themselves.”

Maar as die doel van regstellende aksie bloot is om ongeregtigheid reg te stel, hoef ‘n mens jou nie noodwendig tot rasseklassifikasie en rassevoorkeur te wend nie. “In its mildest form, affirmative action involves taking positive steps to avoid discrimination, to ensure that opportunities are open and available to all and that fair standards of selection are used.” Hierdie sagte soort regstellende aksie “does not require us to enter the fetid terrain of racial classification and racial preference. It seeks to undo unfairness whoever its victims might be.”

Wanneer regstellende aksie by aanstellings (bv van dosente) toegepas word, kan drie grade daarvan onderskei word. (1) Die sagste toepassing is dat as twee kandidate in dieselfde akademiese mate vir ‘n doseerpos kwalifiseer, die pos eerder aan die kandidaat van die een (bv swart) as aan die ander (bv blanke) rassegroep toegeken word. In so ‘n geval ly die akademie nie skade nie. (2) Sodra die ras van kandidate toegelaat word om ‘n groter rol te speel, word swakker gekwalifiseerde kandidate van ‘n rassegroep bo beter gekwalifiseerde kandidate van ‘n ander rassegroep aangestel. Dan ly die akademie skade in verhouding tot die mate waarin ras pleks van akademiese faktore ‘n rol by aanstellings speel. “The mildest forms allow preference to be given only to marginally less qualified candidates, while the more severe forms allow preference to be given to significantly less qualified (or even unqualified) candidates.” (3) “Even more extreme than strong-preference affirmative action are ‘set-asides’, where only people from designated categories are considered.”

Die transformasiedruk wat die US op homself plaas (en wat deur die ANC-regering vererger word) met rasseteikens wat in bepaalde jare gehaal moet word, is ‘n teelaarde vir die aanstelling van al hoe swakker toegeruste akademici. In die praktyk kan dit al hoe meer beteken dat poste nie gevul word nie (of net tydelik gevul word) totdat nie-wit kandidate gevind word. “The more weight an affirmative action policy attaches to ‘race’, the weaker a candidate of the desired ‘race’ can be in other ways while still obtaining the place or position for which he or she is competing.”

Hieruit volg hierdie gevolgtrekking: “The more weight an affirmative action policy attaches to ‘race’ the less easily it can be justified,” bv akademies. “In other words, it is less implausible to attach minimal weight to ‘race’ than it is to accord it significant weight. In South Africa a range of weights are attached to ‘race’. However, since at least some positions are set-aside for ‘blacks’, affirmative action in this country sometimes attaches immense weight to ‘race’.”

“Arguments for the controversial forms of affirmative action fall into one of two broad categories – arguments that affirmative action is necessary to rectify injustice, and arguments that affirmative action is necessary in order to produce some good consequence, usually by increasing diversity … The central problem is that affirmative action (in its controversial forms) favours people of a designated ‘race’ whereas rectification requires bestowing a compensatory benefit on those who have been treated unjustly. Defenders of affirmative action assume that these categories are either co-extensive or at least sufficiently overlapping to treat ‘race’ as a proxy for disadvantage.” Benatar wil die klem van ras na skadevergoeding en geregtigheid verskuif. Dit is nie net nie-wittes wat benadeel is nie. Tydens apartheid is nie-wittes op groot skaal bevoordeel met bv die toekenning van buitelandse studiebeurse terwyl Suid-Afrikaanse wittes soms selfs nie toegelaat is om in sommige lande te studeer nie. Byvoorbeeld, ‘n dosent aan die Universiteit Vrystaat is nie toegelaat om Frans in Frankryk te studeer nie. Sy was verplig om Frans in Switserland te studeer.

“The rectification imperative is strongest for those who are most disadvantaged by injustice. Yet these people are least likely to benefit from affirmative action. They are so disadvantaged that they often cannot even begin to compete for the positions that beneficiaries of racial affirmative action obtain. Those most likely to benefit are those who were either minimally disadvantaged or not disadvantaged at all (in the relevant ways) or those who, although once disadvantaged, have already been compensated.”

Onder die swartes wat aan die US vir spesiale bevoordeling uitgesonder word, is studente uit welvarende gesinne wat bv onderrig aan private skole ontvang het en dosente wat om politieke pleks van akademiese redes (buitelandse) studiebeurse ontvang het. Daar bestaan geen meganisme vir die bevoordeling van benadeelde blankes nie, bv kinders uit gesinne waarvan die ouers in plaasaanvalle vermoor is, wat dierbares in die “bevrydingstryd” verloor het of met pikke, byle, landmyne, ens, vermink is, wie se plase onteien is, ens. Aan die US is daar egter eksklusiewe studiebeurse beskikbaar vir die nageslag van die bruines wat in 1940 klippe na US-studente tydens die Slag van Andringastraat gegooi het. Nico Koopman sal dit “regstellende geregtigheid” noem.

“Consider, for example, affirmative action in academic appointments. Those deprived of adequate primary or secondary education certainly do not benefit from affirmative action in this sector. Those ‘blacks’ who do benefit are those who already have higher, especially doctoral, degrees. However, their having such degrees is an indication either that they were not (that) disadvantaged – for example, they may be the children of exiles and were educated at excellent universities abroad – or the opportunity to obtain a higher degree was itself a rectificatory intervention to compensate for what would otherwise have been the unfair deprivation of that opportunity.”

In die nuwe Suid-Afrika is daar die neiging om dubbele standaarde toe te laat. Daarvolgens is blankes onderhewig aan strenger vereistes as nie-wittes. Dit kom myns insiens ook in die akademie voor, onder meer omdat wit dosente hulle ‘n klag van rassisme op die hals kan haal as hulle swart studente druip. Relatief min nie-wittes durf ‘n magisterverhandeling of doktorale proefskrif aan. (Wanneer daar ‘n keuse tussen klaswerk en ‘n verhandeling op magistervlak is, kies swartes gewoonlik klaswerk; dermate dat dit al hoe meer die enigste manier word waarop magistergrade verwerf word. Dit bring mee dat die doktorale proefskrif die eerste tesis word wat studente skryf, met gevolglike moontlike daling in akademies-wetenskaplike gehalte.) Omdat druk vir meer nie-wit dosente uitgeoefen word, kan dit meebring dat laer slaagvereistes vir die tesisse van nie-wit kandidate gestel word. (Uit swart oorde – aanvanklik in Amerika – word die teenoorgestelde beweer: dat swartes dubbel so goed soos wittes moet wees om dieselfde resultaat of erkenning te kry.) Ingevolge transformasie geniet sodanige graduandi egter voorkeur by aanstelling as dosente, wat op sy beurt aanleiding tot onderrig van twyfelagtige akademies-wetenskaplike gehalte kan gee. Wat ek probeer aantoon, is dat regstellende aksie/transformasie ‘n politieke faktor is wat indruis teen die wese, die akademiese kern, van die universiteit. Anton van Niekerk, daarenteen, beskou transformasie as ‘n “kern-aspek” van die US (kyk hier onder).

“Although moderate disadvantage is also deserving of rectification, there are some ‘whites’ who have suffered such disadvantage. Given South Africa’s past, we should expect that there are many more ‘black’ victims of social injustice. However, if one’s motivation is the rectification of injustice, then one should be concerned with rectifying all (equivalent) injustices irrespective of the ‘race’ of the victim. Why use ‘race’ as a proxy for disadvantage when one can focus directly on disadvantage? Using ‘race’ as a proxy is a kind of racial profiling, which defenders of affirmative action typically take to be unacceptable in other contexts, such as blood donation. The architects of affirmative action in South Africa have done their best to insulate it from legal challenge. Instead of allowing the courts to consider whether affirmative action laws and policies are compatible with the right to equality, judicial questioning has been forestalled by a constitutional provision permitting affirmative action.”

Benatar oor transformasie

In die klimaat van verandering wat daar vanjaar aan die UK heers, het Benatar ‘n meningsartikel gepubliseer: “Those who seek changes must show they are desirable” (Cape Times, 29 Junie). Hy dink die aktiviste moet hulle van die betekenis van “transformasie” en “dekolonisering” vergewis voordat hulle hulle daarvoor beywer. “A ‘transformation’, for example, is ‘a thorough or dramatic change’. Not all such changes are positive. Thus those who seek particular changes need to demonstrate that they are desirable ones. One demand is for the transformation of the student and staff profiles to reflect the racial demographics of the country. However, it is not enough to endorse that goal. The means to attaining it must also be appropriate.” Dink aan Open Stellenbosch wat wil hê dat alle lesings dadelik in Engels aangebied moet word en boonop deur swart dosente.

“Universities cannot compensate for 12 years of appalling primary and secondary education in South Africa’s dysfunctional schools.” Al wat die universiteite kan doen, is om die “moderately disadvantaged” met remediële onderrig by te staan.

“The sad truth is that the pool of qualified university applicants is only a small proportion of school-leavers. Without improved schooling, the student demographics at universities simply cannot resemble the national demographics. It is wishful, delusional thinking to imagine otherwise. Similarly, in hiring academics, universities can draw on only a very small subset of the entire population. The quarry is not all adults or even those with PhDs. The aim is to appoint the best scholars and teachers from the pool of suitably qualified applicants. That pool bears very little resemblance to the country’s demographics.”

“In response to this, many advocates of ‘transformation’ argue that we have to alter our conception of ‘excellence’ which, they say, is ‘Eurocentric’. They might make a more persuasive case if they could explicate the ways in which the current standards of ‘excellence’ are questionable. Should we, for example, not be seeking academics who have finely honed analytical skills, a command of their field and who can publish articles in excellent international journals, and books with prestigious academic presses?”

“Advocates of ‘transformation’ also claim that the curriculum needs to be ‘decolonialised’ or ‘Africanised’. It is very difficult to understand what exactly this is meant to imply. Sometimes the suggestion is that African ways of thinking should be affirmed and that ‘European’ ways of thinking should not be privileged … The success of modern universities is not based on self-consciously pursuing or affirming traditional or ethnicspecific ways of thinking. Instead, the goal is to pursue knowledge as a common human endeavour. Thus we should be interested in whatever methodologies and innovations work, and adopt them irrespective of their origin. Europeans did not reject Indo-Arabic numerals on the grounds that they were not of European origin.

“Change should be welcomed – but only if change improves what universities do. Change for the sake of fitting an ethnic or nationalist agenda is unlikely to have that effect. Thus, Africa should demonstrate that it has something valuable to add rather than arguing that it has something African to contribute. This is not to say that Africa can offer nothing valuable, but rather that the selling point should be that it is valuable rather than that it is African.” Byvoorbeeld, tradisionele Afrika-medisynes kan ter genesing van kwale gebruik word mits hulle vooraf wetenskaplik effektief bevind is. “Parts of the university curriculum are already Africanised in some sense – African languages and literature, African customary law and African religion are taught. That is entirely appropriate, but not all disciplines lend themselves to Africanisation.” Hy noem dan wiskunde en fisika as voorbeelde hiervan. [Leopold Sholtz stel wesenlik dieselfde standpunt (Die Burger, 1 deser, p 14).]

“Indigenousness is no more a marker of value than non-indigenousness is a marker of disvalue. Ideas, innovations, methodologies should be evaluated on their merits rather than on their provenance. One psychological factor that impedes the recognition of this is the misplaced (‘colonising’) pride of some people and the misplaced (‘colonised’) insecurity of others. Peoples’ intellectual capacity and promise is not a function of what has been achieved by their forebears. In any event, not all ‘white’ South Africans are descended from either colonialists or from the great centres of European learning. Some are descended from non-colonial immigrants. They are first or second-generation university graduates. Universities and their curricula were not part of their own ‘cultural heritage’, but they embraced university learning – because it is valuable and despite its ‘cultural unfamiliarity’.”

Xolela Mangcu se reaksie

‘n Dosent is sosiologie aan die UK, Xolela Mangcu, het onder die opskrif, “Racially offensive diatribe has no place” (Cape Times, 2 Julie), op Benatar se artikel gereageer. Hy verwys na Amerika, daardie gevestigde hoofbron van haat teen blankes, en kom dan met ‘n kenmerkende beskuldiging: “White people are often given credit that is denied to black people.” Wat Mangcu eintlik begeer, is die (voortgesette) bevoordeling van swartes. Hy beskryf Benatar of sy teks met woorde soos “hypocritical”, “ignorance”, “racial stereotypes” en “blinded”.

“Benatar has a misguided understanding of the call for representivity as just being about demographics. It is also about one of the foundational principles of democracy: no taxation without representation. For as long as South African universities receive public money, they have a fundamental duty to make sure black people are properly represented in them. Failure to achieve this diversity would simply be a repetition of the apartheid practice of black people subsidising white privilege.” Mangcu noem sodanige regstelling ‘n “democratic obligation”.

Dat swartes blankes tydens apartheid gesubsidieer het, is ‘n vergesogte dwaalleer. Baie min swartes het toe inkomstebelasting betaal. Hulle is in hierdie verband deur die ANC (vanuit sy “moreel hoë posisie”) tot oneerlikheid aangespoor. Dit geld nie net swartes nie. Die Indiër-apteker en ANC-aktivis Pravin Gordhan het, toe hy as hoof van die SA Inkomstediens aangestel is, gesê hy weet nie wat inkomstebelasting is nie. Toe die ANC, weens ‘n klein groepie blankes se verraad, in die jare negentig sitting in die parlement verkry het, het van die swart lede steen en been gekla omdat inkomstebelasting van hulle vergoeding afgetrek word. Aan die vyf (en metteryd heelwat meer) hoogs gesubsidieerde universiteite wat sedert 1960 spesiaal vir nie-wittes gestig en bedryf is, het die meeste studente studiebeurse van die staat ontvang. Dit is gedoen hoofsaaklik danksy die geld van blankes. Mangcu se valse beskuldiging is net so laakbaar soos die houding van Blade Nzimande, die kommunistiese minister van hoër onderwys, wat dreig om owerheidsubsidiëring van eens blanke universiteite te weerhou as hulle nie die ANC-regering ter wille is nie. Dít terwyl hierdie universiteite hoofsaaklik met blanke geld opgebou is en blankes steeds baie meer as hulle demografiese verteenwoordiging tot die staatskas bydra. Die ANC-staat is ‘n ponzi-skema in die sin dat onregverdigbaar buitensporige vergoeding (insluitende omkoop- en korrupsiegeld) aan die kamerade betaal word terwyl die belastingbetalers bitter min in ruil vir hulle betaalde belasting ontvang.

Mangcu sê “creativity [soos by “struggle”-boekhouding?] is needed in admitting students” én ook om meer swart dosente te kry. Hy bepleit aansporingsmaatreëls/”incentives” in hierdie verband. Dit lyk asof hy hoër vergoeding vir swart as vir wit dosente in gedagte het. “Because of apartheid, many black academics have had to make sure their qualifications are far superior than their white counterparts.” Dan kom Mangcu by “the most racially offensive piece of Benatar’s tirade … arguing that Africa must prove it has something to add to the world”. Dit is egter ‘n verwronge voorstelling van wat Benatar geskryf het. Daarna gaan Mangcu heeltemal oorboord deur filosofie ‘n wetenskap te noem en te beweer “the distinction between humanities and science is sheer baloney”. Dit is duidelik dat sy denke erg deur ongefundeerde, onwetenskaplike Amerikaanse Black Studies-literatuur besoedel is.

Benatar se reaksie

Benatar het op Mangcu se beskuldigings gereageer met ‘n artikel onder die opskrif: “Not enough space to address all Mangcu’s mistakes, but here’s a summary” (Cape Times, 17 Julie). Hy betreur dit dat Mangcu besluit het om nie meer ‘n openbare debat met hom te voer soos hulle voorheen ooreengekom het nie. Verder: “Mangcu has misunderstood the principle of ‘no taxation without representation’, which refers to representation in parliament, not in universities.” Ook: “The academic requirement to prove that one has something of value to contribute applies to everybody and not only to Africa. I don’t want the French, for example, trutting around telling us that they have something French to contribute. I want them to show that they have something valuable to contribute.” En: “Just as criticism of traditional ‘European’ thinking was and is essential for academic progress, so criticism of traditional ‘African’ thinking is also essential for such progress.”

Benatar op politicsweb

Daar is nog ‘n artikel van Benatar, “Must UCT also now fall?” (politicsweb, 30 Junie), wat op fyner besonderhede binne die UK fokus en verdere perspektief verskaf. Om die lengte van my skrywe binne redelike perke te hou, behandel ek hierdie artikel net in beperkte mate. Weens transformasiedruk wil die UK die samestelling van sy aanstellingskomitees verander, om ook nie-professore as lede in te sluit, en om die kriteria vir bevordering te hersien, om vooroordele teen swart en vrouekandidate uit te skakel. “Politically loaded decisions made by groups of people are almost never made on the basis of reasoned argument … When the ‘transformation’ card is played in university meetings, as it repeatedly is, about everybody marches in lockstep. People fall over themselves in displays of political correctness, each paying obeisance to the mantras and slogans of contemporary South Africa.” Kyk hier onder vir ‘n onmiskenbare toonbeeld hiervan: Anton van Niekerk, die man met ‘n hele stoet heilige ANC-koeie wat nie geslag mag word nie.

Slot

Wat die bostaande uiteensetting duidelik maak, is dat, soos dit aan ‘n universiteit hoort, daar aan die UK debat oor aktuele sake soos regstellende aksie en transformasie gevoer word omdat daar gesonde of regverdigbare meningsverskil bestaan. Kontrasteer dit met die situasie aan die US.

  • In die US se fakulteit teologie is daar skynbaar geen meningsverskil oor aktuele sake soos die Kairos-dokument, die Belhar-belydenis, homoseksualiteit, feminisme en die VGK se arrogante en liefdelose afwysing van gesprekvoering met die NGK nie. Nie ‘n enkele teologiedosent verdedig Afrikaners of Afrikaans nie.
  • In die US se departement Afrikaans poog niemand om in die bres te tree vir Afrikaans as onderrigtaal nie, ten spyte van die afskaling wat reeds jare lank sienderoë plaasvind. Hierdie Afrikaansdosente laat my dink aan wat Gustav Mahler (1860-1911) as dirigent van sy orkeslede in Hamburg gesê het: “For them, art [Afrikaans] is only the cow which they milk so as to live their everyday lives undisturbed, as comfortably and pleasantly as possible” (Natalie Bauer-Lechner, Recollections of Gustav Mahler, London: Faber & Faber, 1980, p 35).
  • Vanjaar word die dood ‘n eeu gelede van die US se groot weldoener, Jan Marais (1851-1915), gedenk. Hy het dit as ‘n stigtingsvereiste gestel dat Afrikaans nie ‘n minder plek as Engels aan die US mag beklee nie. Hierdie hele jaar lank word hierdie onderwerp soos die pes vermy. As daar voorbeeldige akademiese lewe op die US-kampus was, sou hierdie saak by verskeie geleenthede grondig aangespreek gewees het. Pleks daarvan het die US-raad pas besluit dat hy voortaan nie meer Afrikaans gaan beskerm nie en dat hy in November weer aan die US-taalbeleid gaan torring; sekerlik nie om die heil van Afrikaans te bevorder nie.
  • Die skokkendste is dat die US-senaat onlangs Wim de Villiers se hantering van transformasie eenparig goedgekeur het. Geen debat word oor die politieke/nie-akademiese aard en die wenslikheid/onwenslikheid van transformasie gevoer nie.
  • Aan Praag-lesers is dit oorbekend dat die US-rektoraat/-bestuur transformasie sonder meer as ‘n goeie ding aanvaar; so ook regeringsinmenging, die minagting van universitêre outonomie en die versaking van akademiese vryheid. Die US-raad het pas sy seën oor die US-bestuur se hantering van transformasie uitgespreek. By implikasie is goedkeuring verleen dat Open Stellenbosch nie as ‘n vereniging hoef te registreer en verlof vir die hou van optogte en byeenkomste te vra nie. Die ergste is dat die US-raad ingewillig het dat die getal raadslede wat die kommunistiese minister van hoër onderwys benoem van drie tot vyf vermeerder kan word (Die Burger, 30 September, p 7); dus, hoe minder US-outonomie en hoe meer ANC-beheer, des te beter. Dít dui nie net op ‘n skrynende gebrek aan akademiese integriteit nie, maar ook op ‘n oorvloed onnoselheid op hoë vlak.

Aan die US beteken transformasie wesenlik drie dinge: (1) verswarting (studente en personeel), (2) verengelsing (van onderrig en die aanstelling van eentalige Engelse dosente) en (3) vervrouliking (studente en personeel). Al drie word eerder polities as akademies gemotiveer. Daar is geen besinning oor wat ‘n universiteit behoort te wees en of transformasie en ANC-inmenging hoegenaamd in die sentrum van die akademiese lewe hoort nie.

Ek het aangetoon hoe die wysgeer Benatar aan die UK krities met aktuele sake omgaan. Hoe vergelyk sy eweknie aan die US, Anton van Niekerk, daarmee? Die kernprobleem is dat Van Niekerk dateer uit die tyd toe die US se filosofiedosente ook/veral teoloë was. Die gevolg is ‘n neiging tot naïwiteit en dogmatisme; van weet pleks van rasioneel besin. Sonder dat dit van hom verwag is, het Van Niekerk dit pas gerade geag om ‘n US-raadslid te veroordeel wat dit gewaag het om hom in die openbaar krities oor radikale transformasie uit te laat. Volgens Van Niekerk mag hierdie raadslid hom net binne die US-raad krities hieroor uitlaat. As hy (of enigiemand anders) hom ten gunste van transformasie uitspreek, sou dit, wat Van Niekerk betref, egter heeltemal in orde wees.

Van Niekerk skryf: “Dit is eenvoudig onhoudbaar dat ‘n raadslid in die openbaar so te velde trek teen ‘n instelling in wie se raad hy dien … Die huidige US-rektor, soos sy drie voorgangers, het dit van die oomblik van sy aanstelling af duidelik gemaak dat die transformasie van die US nie ‘n opsionele saak is nie … Transformasie is ‘n kern-aspek van die huidige agenda van die US” (Die Burger, 26 September, p 10). Dit is juis hierdie nie-opsionaliteit van transformasie en die status wat dit as ‘n US-kern-aspek het, wat ernstig bevraagteken moet word.

Die US-raad het ‘n komitee van vyf lede benoem om die uitlatings van die bogenoemde raadslid te ondersoek en regsadvies te bekom. Dié raad stem klaarblyklik saam met Van Niekerk. Koerantlesers, daarenteen, vra optrede teen Van Niekerk. Georg van Bellville skryf “dat geen middelvlak-werknemer van ‘n groot organisasie ‘n openbare aanval op een van sy maatskappy se direksielede (in dié geval raadlid) behoort te doen nie … daar behoort teen sulke werknemers opgetree te word” (Die Burger, 29 September, p 16). In dieselfde koerant vra Johan Bruwer van Knysna insgelyks “of die bestuur van die US nie dié optrede van sy werknemer (ook) behoort te ondersoek nie.” Ethica Taurum, Wes-Kaap, versoek dieselfde (Die Burger, 2 deser, p 17). JE de Kock van Stellenbosch noem Van Niekerk se heksejag “allermins demokraties” (Die Burger, 1 deser, p 14). Dit is die eerste keer dat Die Burger so baie besware teen Van Niekerk publiseer.

Die US-raadslid wat deur Van Niekerk verdoem word, het egter heel verstandig ‘n tweeledige taak voorgestel: “Eerstens en dringend moet ons transformasie bespreekbaar maak. Want die destruktiewe vorm het tans die oorhand en duld geen kritiek nie … Tweedens moet ons ‘n nuwe koers inslaan. Noem dit konstruktiewe transformasie,” wat “normaliteit” as resultaat sal hê (Die Burger, 25 September, p 17).

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.