Karel Combrinck: Skoorsoek

Die ou aardbol van ons word by die dag ‘n gevaarliker plekkie om op te leef. Pas het pres. Trump die geleentheid van ‘n staatsbesoek aan die VSA deur die Poolse president, Andrzej Duda, gebruik om aan te kondig dat hy die Amerikaanse troepemag in Duitsland gaan verminder en ‘n sekere persentasie daarvan na Pole gaan verskuif. Hierdie verskuiwing sal, luidens die gesamentlike verklaring van mnre Trump en Duda, gepaard gaan met die oorplasing van wapentuig waaronder hommeltuie (drones). Lesers mag weet dat hommeltuie in staat is om kernwapens te dra.

As rede vir die troepeverskuiwing voer mnr Trump aan dat dit sal geskied omdat Duitsland, na sy mening, nie sy verantwoordelikhede teenoor die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO) nakom nie. Volgens hom is Duitsland se finansiële bydrae tot die onderhoudskoste van NAVO te gering, wat ‘n groter las op die skouers van Amerika plaas om die veiligheid van Duitsland teenoor Rusland te verseker. Terselfdertyd koop Duitsland aardgas ter waarde van miljarde euro van Rusland aan. Aldus die argument van mnr Trump.

Feit is egter dat Duitsland geensins in ‘n konflik met Rusland betrokke is nie en sy veiligheid ook nie op enige wyse deur Rusland bedreig word nie. Die Duitsers sal tog seker beter weet as die Amerikaners of hulle veiligheid in gedrang is of nie. Hierdie eienaardige sienswyses van mnr Trump is natuurlik ‘n rookskerm vir die werklike rede, naamlik dat die Amerikaners Duitsland wil dwing om Amerikaanse skalie-gebaseerde gas te koop wat hulle teen astronomiese koste produseer en teen ‘n verlies verkoop. Om hierdie rede het die VSA dan ook onlangs sanksies gehef teen maatskappye wat betrokke is by die bou van die gaspypleiding (Nord Stream) tussen Rusland en Duitsland.

Vir enige objektiewe waarnemer spreek dit vanself dat Duitsland nie die gas by Rusland koop ten einde Rusland ter wille te wees of om Amerikaanse belange te benadeel nie, maar bloot omdat hulle die gas nodig het en dat dit in hulle belang is om dit te te koop waar dit vir hulle ekonomies die voordeligste is. Dit is natuurlik ook waarskynlik dat die Amerikaners probeer verhoed dat die gasvoorsiening interafhanklike bande tussen Duitsland en Rusland mag versterk.

Daarby moet gevoeg word dat daar ná die ineenstorting van die kommunistiese blok in Oos- Europa en dus ook ná die beëindiging van die koue oorlog, weinig bestaansreg meer vir NAVO is. Om dié rede het Rusland dan ook die kommunistiese teenvoeter vir Navo, nl. die Warskouverdragsorganisasie ontbind. Amerika het egter verkies om NAVO te laat voortleef wat uiteraard vir hulle ontstsaglike koste op die hals haal, koste wat hulle nou van ander NAVO-lidlande probeer verhaal onder die voorwendsel dat NAVO hierdie ander lande se veiligheid waarborg.

Die Russiese ministerie van buitelandse sake het die beplande verskuiwing van Amerikaanse soldate na Pole vergelyk met die missielkrisis van 1962 toe die Sowjetunie probeer het om missiele in Kuba te vestig, wat op ‘n nippertjie na tot ‘n wêreldoorlog gelei het. Heel onlangs is ‘n reuse- NAVO- militêre oefening in Pole, Georgië en die Baltiese state waaraan 37 000 soldate sou deelneem, deur die koronakrisis in die wiele gery. Die VSA werk ook jare lank reeds aan ‘n missielstel in Oos-Europa om die sogenaamde Iranese bedreiging die hoof te bied. Soos enigeen op ‘n landkaart kan sien, is Pole byvoorbeeld duisende kilometer van Iran verwyder.

Dit is dus duidelik dat ‘n plofbare situasie in sentraal- en Oos-Europa aan die ontwikkel is. Dit is ook duidelik dat die situasie die gevolg is van direkte Amerikaanse bedreiging van Russiese veiligheidsbelange.

Bulgaarse polisie, weermag betoog teen besnoeiings

Amerikaanse druk op Bulgarye om teen Russiese belange te werk, het die land tot dusver niks in die sak gebring nie.

Die VSA probeer Russiese gastoevoer na Europa beperk om hul eie energiemonopolie te beskerm, maar dit hou geen voordele in vir lande wat daaraan moet deelneem nie.

Bulgarye is een van lande wat baie bekommerd is oor die Europese Kommissie se verwagtinge oor die uitbreiding van die Nord Stream-gaspyplyn.

Tesame met Hongarye en Griekeland kan Bulgarye ook ‘n slagoffer word van die EU se energie-oorlog.

Vantevore is groot druk op Sentraal-Europa en Balkanlande uitgeoefen om die konstruksie van die South-Stream te staak,” het die ministerie van buitelandse sake van Hongarye in ‘n verklaring gesê.

Beide Hongarye en Bulgarye kan aansienlike stygings in staatsinkomste te wagte wees indie hulle Russiese gas herlei.

Met ‘n markaandeel van 33 persent van die totale olie-invoere en 39 persent van die totale gasinvoer (en so hoog as 100 persent in die Baltiese lande), is Rusland is die grootste uitvoerder van beide brandstowwe na die EU.

Bulgarye het ook onlangs geweier dat hul lugruim deur Russiese vliegtuie vir hul Siriese missie gebruik word.

Sulke stappe is uiters ongewild by kiesers. Die regering se planne om die staatsdiens se maatskaplike voordele te verminder het intussen gelei tot betogings in die hoofstad Sofia.

Bulgaarse polisie het nasionale vlae in Sofia omhoog gehou tydens hul protes.

Honderde Bulgaarse polisiebeamp­tes, brandweermanne en gevangenis­wagte het aan die optog deelgeneem nadat die regering skielik­ voorstelle aan die hand gedoen het om pensioen­uitbetalings, betaalde verlof en ander voordele te sny sonder om dit vooraf met vakbonde te bespreek.

Bulgarye het ‘n ondergrondse gasbergingsaanleg se kapasiteit verdubbel met ‘n gedeeltelike lening van die EU, “teen die Russiese gasmonopolie Gazprom”.

Die uitbreiding sal na verwagting die kapasiteit van 550 miljoen kubieke meter na een miljard kubieke meter verhoog.

Dit is glo daarop gemik om die energie-sekuriteit in die Balkan te “bevorder”.