Amerikaanse druk op Bulgarye om teen Russiese belange te werk, het die land tot dusver niks in die sak gebring nie.
Die VSA probeer Russiese gastoevoer na Europa beperk om hul eie energiemonopolie te beskerm, maar dit hou geen voordele in vir lande wat daaraan moet deelneem nie.
Bulgarye is een van lande wat baie bekommerd is oor die Europese Kommissie se verwagtinge oor die uitbreiding van die Nord Stream-gaspyplyn.
Tesame met Hongarye en Griekeland kan Bulgarye ook ‘n slagoffer word van die EU se energie-oorlog.
Vantevore is groot druk op Sentraal-Europa en Balkanlande uitgeoefen om die konstruksie van die South-Stream te staak,” het die ministerie van buitelandse sake van Hongarye in ‘n verklaring gesê.
Beide Hongarye en Bulgarye kan aansienlike stygings in staatsinkomste te wagte wees indie hulle Russiese gas herlei.
Met ‘n markaandeel van 33 persent van die totale olie-invoere en 39 persent van die totale gasinvoer (en so hoog as 100 persent in die Baltiese lande), is Rusland is die grootste uitvoerder van beide brandstowwe na die EU.
Bulgarye het ook onlangs geweier dat hul lugruim deur Russiese vliegtuie vir hul Siriese missie gebruik word.
Sulke stappe is uiters ongewild by kiesers. Die regering se planne om die staatsdiens se maatskaplike voordele te verminder het intussen gelei tot betogings in die hoofstad Sofia.
Bulgaarse polisie het nasionale vlae in Sofia omhoog gehou tydens hul protes.
Honderde Bulgaarse polisiebeamptes, brandweermanne en gevangeniswagte het aan die optog deelgeneem nadat die regering skielik voorstelle aan die hand gedoen het om pensioenuitbetalings, betaalde verlof en ander voordele te sny sonder om dit vooraf met vakbonde te bespreek.
Bulgarye het ‘n ondergrondse gasbergingsaanleg se kapasiteit verdubbel met ‘n gedeeltelike lening van die EU, “teen die Russiese gasmonopolie Gazprom”.
Die uitbreiding sal na verwagting die kapasiteit van 550 miljoen kubieke meter na een miljard kubieke meter verhoog.
Dit is glo daarop gemik om die energie-sekuriteit in die Balkan te “bevorder”.

