‘n Beampte wat as gyselaar by die Mangaung-maksimumsekuriteitsgevangenis buite Bloemfontein aangehou is, is gered.
Op die vraag of enige ander persone beseer is tydens die reddingsoperasie of wat die operasie behels het, het Kirsten van der Nest , woordvoerder van G4S Africa, die maatskappy wat die private tronk bedryf, gesê geen verdere inligting sal bekend gemaak word nie.
Die vrou is ongedeerd nadat sy deur vier gevaarlike gevangenes aangehou is.
Dit is die tweede keer wat Abigail Wessen, ’n administratiewe assistent, in dieselfde gevangenis aangehou word, het Volksblad berig.
Wessen is as ’n toesighoudende offisier in een van die eenhede ingespan na stakings voorgekom het. Dit is glo hier waar sy Woensdagoggend oorval is en aangehou is. Sy is ongetroud en het geen kinders nie.
Meer as 300 lede van die polisievakbond, Popcru, is onlangs by die tronk afgedank nadat hulle aan ‘n onwettige staking deelgeneem het. – Sapa
President Jacob Zuma het die Vervoerwette en verwante aangeleenthede-wysigingswet onderteken – wat die weg berei vir die e-tolstelsel, het die presidensie Woensdag gesê.
“Die president… het, luidens artikel 84(2) van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996, die Vervoerwette en verwante aangeleenthede-wysigingswet onderteken,” het die woordvoerder Mac Maharaj gesê.
“Die uitwerking van die wet sal wees om voorsiening te maak vir die meer doeltreffende insameling van tolgeld, om die Oorgrenspadvervoeragentskap te bemagtig om tolgeld namens Sanral in te samel…”
Die wet stel die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap Beperk (bekend as Sanral) in staat om e-tol op Gauteng se snelweë in werking te stel.
Die ondertekening kom op dieselfde dag as wat die Appèlhof argumente sou aanhoor in ‘n poging deur die Opposisie Teenoor Stedelike Tol-Alliansie (bekende as Outa) om die e-tolstelsel in Gauteng te keer.
Daar is aan die hof gesê dat wetgewing Sanral toelaat om ander oplossings as tolgeld te verken om Gauteng se snelweë te befonds.
Die hof het ook gehoor dat Sanral daarom ‘n oop gedagte rondom die kwessie behoort te behou, ongeag die kabinet se isntemming tot ‘n elektroniese tolstelsel.
“Selfs al word hulle deur die kabinetsbesluit gebind, behoort hulle steeds die prosedures van die wet te volg,” het Mike Maritz namens Outa gesê.
Hy het geargumenteer dat die Sanral-wet Sanral toelaat om ander befondsingsoplossings te ondersoek. Sanral behoort dit te oorweeg het en behoort nie deur die kabinet se besluit dat die projek met openbare geld deur e-tol befonds moes word, gebind te gewees het nie.
Die Hoë Hof in Pretoria het aan Outa verlof tot appèl toegestaan teen ‘n vorige uitspraak, wat in Desember afgekondig is en waarin die organisasie se poging om e-tol gestuit te kry, van die hand gewys is.
Regter Fritz Brand het gevra of Sanral die kabinet se besluit behoort te ignoreer.
In sy antwoord het Maritz verklaar dat Sanral ‘n oop gedagte behoort te behou het en alle opsies in ag behoort te geneem het.
Verlede week het die minister van vervoer, Dipuo Peters gesê dat die Gauteng-snelwegverbeteringsprojek in 2013 in werking gestel sou word, maar dat die aanvangsdatum nog nie bepaal is nie.
Die e-tol is deur politieke partye en Cosatu teengestaan.
In April 2012 het die Hoë Hof in Pretoria aan Outa ‘n interdik toegestaan wat ‘n volle regshersiening magtig alvorens die elektroniese tolstel in werking gestel mag word.
Die interdik het Sanral verhoed om e-tolgeld te hef of te in, afhangend van die uitslag van ‘n hersiening. Sanral en die nasionale tesourie het teen die hofbevel geappelleer..
In September verlede jaar het die Grondwethof die tussentydse bevel opgehef en in Desember het die Hoë Hof in Pretoria die aansoek van die hand gewys.
Die hof het op 25 Januarie vanjaar aan Outa verlof tot appèl toegestaan om die aak na die Appèlhof in Bloemfontein te neem. – Sapa
DieMangaung-brandweermoes ‘nbrandby dieTempemilitêre basis inBloemfontein baasraak.Die brand is begin hetna ‘nweerligstraal glo grasaan die brand gesteek het in‘n nabygeleëwoongebied.
Die brand hetversprei na dieonderhoud-eenheidindiebasis waarbrandende bandedonker wolkeoor groot dele vandiestad laat hang het.Dit isberigdat terwyl ‘naantal ouvoertuiebeskadig is,daar tans geenbedreiging vir leweof struktuur was nie.
DieBrandweerhoofvanMangaung, Braamvan Zylhet Donderdag gesê daar word verwag datdie vuurdwarsdeur die nagsal brand omdat diewaterdrukbaie laag is enbrandbestrydersnie behoorlikhulletoerusting kan gebruik nie.
Diebrand het verkeersknopeindiestadveroorsaaksoos motoriste gestop het om te kyk nadie vuur.
Die Mangaung Metro sal vandag die brandskade bepaal.
Hewige storms het Donderdag in die omstreke van Bloemfontein gewoed. Soutpan is geraak sowel as die gebied naby die lughawe.
‘n Oud-onderwyser uit die Vrystaat,een van‘n paarmans wat daarvan beskuldigword dat hulle ‘n deelvan ‘n kinderpornosindikaat is, hetWoensdagindieBloemfonteinse landdroshofverskyn.
Die saak teen diemanis uitgestelvir verdere ondersoektot28 Oktober.
InAugustus het talle mans waaronder ‘n afgetredeskoolhoof,verskyninverskeie Suid-Afrikaansehowe.
Die polisie het op‘nwenk vanInterpolop 15 Augustusgereageer toe dieses mansinvier provinsiesvir die besit vankinderpornografie vasgevat is.Hulleis in hegtenis geneeminLichtenburg, Potchefstroom,Bloemfontein,Witrivier,Douglasdale,enFlorida.
‘n Prokureur,‘n dermatoloog,en ‘n sakemanis van dieses.Almal wordverdink van betrokkenheid by‘n internasionalekinderpornografie-sindikaat,het die polisie vroeër gesê.
Die polisie ondersoek ook of diesesbetrokke wasin die verspreidingen vervaardiging vankinderpornografie,en indien hullegekoppel is aan‘n internasionalesindikaat.
Ditisdie saak het skakels naKanada,die VerenigdeKoninkryk,die VerenigdeState van Amerika, Wes-Europa,en Australasië. – Sapa
Die verkiesingshof in Bloemfontein sal vandag beslis oor die lot van ses gediskwalifiseerde onafhanklike kandidate in die tussenverkiesing in Tlokwe in Potchefstroom wat môre plaasvind.
Die kandidate het verlede week ‘n hofgeding aanhangig gemaak teen die Onafhanklike Verkiesingskommissie se beslissing om hulle vir die tussenverkiesing te diskwalifiseer.
Hulle voer aan dat sommige OVK-amptenare moedswillig sekere dokumente versteek het, wat tot hul diskwalifikasie gelei het. Hulle is ook blykbaar deur die OVK in kennis gestel dat al hul dokumentasie in orde was.
‘n Senior OVK-amptenaar in Tlokwe is as voorsorg maatreël met verlof gestuur, hangende die uitslag van die saak. Sou die klaers die saak wen, is daar ‘n sterk moontlikheid dat die tussenverkiesing uitgestel gaan word.
Die tussenverkiesing word as noodsaaklik vir die ANC gesien om beheer van die munispaliteit van die DA af terug te wen. – RSG
Die verkeer in Bloemfontein sal na verwagting vandag ontwrig word wanneer honderde lede van die vakbond Numsa ‘n optog hou en ‘n memorandum met eise aan die Kleinhandelmotorbedryf oorhandig.
Veiligheidsmaatreëls sal met die oog op die optog verskerp word. Werkers in die voertuigonderdele- en brandstofbedrywe wat sedert Maandag staak, eis ‘n verhoging van 30 rand per uur.
Hulle eis ook ‘n nagskoftoelae van 20 persent meer as die standaardtarief.
Numsa sê hulle gaan voort met die optog ondanks die onderhandelings wat in Johannesburg voortgesit word. – RSG
Hein Boonzaaier in Mississippi, tydens een van sy twee besoeke aan die VSA. Foto: Brenda Booker
deur Hein Zaayman (alias Hein Boonzaaier)
Jy staan een oggend op met ‘n lied in jou hart, en gaan stap deur jou tuin met jou getroue ou boerboel aan jou sy. En ewe skielik sien jy voor jou omtrent dertig polisiebeamptes met masjiengewere op jou gerig. Jou boerboel se hare rys, sy begin vorentoe hardloop, en ‘n swart man met ‘n “hawk”-T-hemp aan rig sy pistool op haar en beveel jou om jou hond onder beheer te kry en weg te sit, anders word sy geskiet.
Sommige polisie rig hulle aanvalsgewere op die hond, ander hou dit op jou, nog ander het reeds jou vrou die voordeur laat oopmaak, en hou hulle gewere op haar gerig. Sy gee ‘n gil en vra vir jou wat aangaan. Die man met die “hawk”-hemp stel homself voor as kolonel So-en-so, en oorhandig twee hofbevele aan jou. Een is om jou huis te deursoek, en die ander is magtiging tot jou inhegtenisname vir hoogverraad. Hy vertel vir jou dat enige iets wat jy sê of doen teen jou in die hof gebruik kan word, en dan word jy geboei. Alles binne twee minute. Jou lewe het ewe skielik verander en jy weet nie hoekom nie, en só begin ‘n agt maande lange “komedie” van skokke, vernedering, onthullings en soms komiese oomblikke, wat verreikende gevolge vir jou en jou geliefdes bring.
Dit is, kortom, hoe hierdie sage in my lewe begin het, en wat ‘n ontsaglike invloed op soveel fasette van my lewe oor die afgelope agt maande gehad het. Ek kan nou onthul dat ek die rubriekskrywer Heinrich B Zaayman is, of party mense ken my as Hein Zaayman. Ek het al vele artikels vir Praag geskryf tot en met 2011.
Maar ek wil nie hier my hele hartseer en verstommende reis deur Suid-Afrika se swak strafproseswette, regstelsel en politieke intimidasie vertel nie. Ek wil vertel van die verstommende ondersteuning wat ek, my vrou en my familie vanuit soveel oorde en onverwagte plekke gekry het, en om daarvoor dankie te sê. Ondersteuning wat mens staande gehou het, my laat besef het ek is nie alleen nie, en wat as engele deur my vrou beskryf is. Dit sal onmoontlik wees om almal by die naam te noem, maar hulle weet wie hulle is, en ek is dankbaar vir Dan Roodt om deur middel van Praag aan hulle ons dank oor te dra.
Behalwe vir die plaaslike mense in die sogenaamde “regse” politiek, was daar familie waarvan ons jare laas iets gehoor het, vriende wat nooit saamgestem het met my politieke standpunte nie, ou skoolvriende, oudstudentemaats, oudkollegas oor ‘n hele dertig jaar, kennisse uit verskeie fasette van ons lewens, huidige kollegas van beide my en my vrou, die maatskappy vir wie sy werk, en baie swart mense met wie ek deur die jare te doen gekry het as personeel, projeklede en kliënte. Daar was vele mense wat bidgroepe vir my en my medebeskuldigdes gestig het.
Vanuit Amerika is daar ook bidgroepe gestig, en almal wat ek daar leer ken het ná twee besoeke aan die VSA wou op eie koste na SA vlieg om vir my te kom getuig. Daar was die menseregtedrukgroep in Ierland wat die regering so op hol gejaag het, dat die gevangenis elke twee ure aan die minister oor ons verslag moes doen. Vanuit Kanada, Australië, Europa en Suid-Amerika het ek persoonlik soveel ondersteuning gekry, dat ek net verstom kon staan.
En dan seker die belangrikste was daar die Hemelse Vader, wat my onderskraag het, regop gehou het, en my eie waardigheid vir my opgepas het, terwyl daar ‘n korrupte stelsel en meewerkende pers was, wat my probeer afbreek en beskryf het as ‘n dom Boer wat ‘n bose terroris is. Vir dié wat nie aan God glo nie,voel ek jammer. Hy is waaragtig en almagtig, en kan namens jou, wat jouself op Sy altaar lê, alle onmoontlike hindernisse uit jou pad vee.
Ná al die ontberings en hartseer, wil ek vir almal wat ons ondersteun het dankie sê, en weet dat elkeen ‘n spesiale plek in ons harte het. Ons sal dit nooit vergeet nie.
Akademiese klipgooiery op Stellenbosch? Foto: Klippe op die pad tydens die sewentigerjare (uit die polisie-argiewe)
deur Leon Lemmer
Die standaardweergawe van die gebeure in Sharpeville in 1960 is dat blanke polisiemanne sonder waarskuwing op ongewapende en vreedsaam betogende swartes geskiet het. Die geykte weergawe van die Soweto-onluste in 1976 is dat swart skoolkinders spontaan in opstand teen Afrikaans as onderrigtaal gekom het.
Nelson Mandela vertel in sy outobiografie dat duisende swartes die Sharpeville-polisiestasie omsingel het en ook: “PAC activists had done an excellent job of organizing the area” (Long Walk to Freedom, Londen: Abacus, 1995, p 280). Omdat die PAC hom vir selfs meer radikale en militante terreur as die ANC beywer het, is dit taamlik duidelik dat omstandighede doelbewus georkestreer is om ‘n insident te skep. Wat Mandela tydens sy reise in Afrika gevind het, was dat die PAC deur hierdie insident te skep baie groter aanhang en gewildheid as die ANC geniet het. Onder meer het dit as meevaller gehad dat geld en wapens eerder na die PAC as die ANC gekanaliseer is. Die ANC moes iets doen om hierdie toedrag van sake om te keer. Die “spontane” Soweto-opstand was die antwoord. Dit is voor die internasionale nuusmedia opgevoer en het geblyk ‘n reusepropagandasukses te wees. Op grond hiervan was die ANC hierna onbetwisbaar die leidende “bevrydingsbeweging”.
Hierdie soort mededinging om pro-swart propagandasukses ten koste van blankes te behaal, behoort nie tot die verlede nie. Veldtogte om blankes op ‘n onbillike manier te diskrediteer, word dikwels in die nuwe Suid-Afrika gevoer. Die geringste insident word aangegryp en opgeblaas om sodanige anti-blanke sentiment aan te wakker. ‘n Klassieke voorbeeld is die studentepret wat vier jongmans gehad het toe hulle ‘n video-opname van swart werkers in die Reitz-koshuis in Bloemfontein gemaak het. In enige normale samelewing sou dit onmoontlik wees om soveel sensasie uit so ‘n grootliks onskuldige en eintlik onbenullige gebeurtenis te tap. Die afmetings wat die anti-blanke Reitz-bohaai aangeneem het, is ongelooflik. Deesdae is daar ‘n versoeningsentrum op die kampus as blywende beswering van hierdie verskriklikheid waarin niemand gedood of beseer of werklik te na gekom is nie. ‘n Grap is immers ‘n grap, selfs wanneer dit ten koste van iemand is.
‘Aktiviste en rewolusionêre word nie net in die gebruik van oorlogswapens opgelei nie. Dikwels is daar baie groter klem op ideologiese oorlogvoering.’
Maar net soos die ANC nie wou toelaat dat die PAC op ‘n bedenklike manier groter sukses met dooie kamerade behaal nie, hou ander plaaslike universiteite nie daarvan dat die Universiteit Vrystaat (UV) met soveel sukses die Reitz-fiasko bedryf nie. Hou in gedagte dat dit deesdae dikwels aktiviste is wat deur kamerade tot in die rektorstoel herontplooi word. Die Universiteit Stellenbosch (US) wou graag die Reitz-sukses van die UV nadoen. Hiervoor moes ver in die verlede na ‘n soortgelyke nietige insident gesoek en die besonderhede daarna met groot sluheid aan ‘n blywende groot klok gehang word.
Aktiviste en rewolusionêre word nie net in die gebruik van oorlogswapens opgelei nie. Dikwels is daar baie groter klem op ideologiese oorlogvoering. Om die nuwe Suid-Afrika te verstaan, is dit noodsaaklik dat ideologie en alles wat daarmee saamhang grondig verstaan word. Wanneer Nelson Mandela ‘n nr.-6-Springboktrui aantrek, vertolk die Nasperskoerante dit, soos alles wat Mandela doen, so gunstig moontlik. Genoemde gebeurtenis word gevolglik opgehemel as ‘n versoeningsgebaar en dat Mandela ‘n groot voorliefde vir rugby het. Sy eintlike bedoeling was om die wittes te paai nadat hulle op ‘n uiters verradelike manier hulle politieke mag ontneem is.
Toe Mandela die gedig “Die kind” van Ingrid Jonker voorgelees het, het die Nasperskoerante dit vertolk as erkenning van Afrikaans op die hoogste vlak. In werklikheid is hierdie gedig heel moontlik deur Jakes Gerwel by Mandela aanbeveel. Die boodskap vestig die beeld van wittes as gewelddadig en swartes as die onskuldige slagoffers. Met die misbruik van bv rugby en Afrikaans het Mandela gepoog om tot die siel van die Afrikaner deur te dring ten einde dit te verloën.
Teen hierdie agtergrond kan die vraag gevra word: Wat kon die US doen om, soortgelyk aan die UV met die Reitz-fiasko, ‘n hou teen die wittes in te kry? Deesdae is Russel Botman, die rektor, die hooffiguur op die US-kampus. Hy is ‘n UDF/ANC-aktivis wat verskeie kere deur die “apartheidsregime” ingeperk is. Soos sy US-kollega Nico Koopman, die dekaan van die fakulteit teologie, het Botman sy akademiese opleiding aan die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) ondergaan. Daar het hulle onder die leiding van Jaap Durand bv die skoorsoekery van die naïewe Dietrich Bonhoeffer in Duitsland nagegaan en gespekuleer in hoeverre dit op Suid-Afrika van toepassing gemaak kon word. Daar is dus onder die dekmatel van die akademiese bestudering van godsdiens na moontlike plaaslike politieke toepassings gesoek. Hierdie manier van doen word bevrydingsteologie genoem.
‘In hierdie politiek gedrewe transformasieproses word die US se tradisionele akademiese uitnemendheid gewetenloos opgeoffer.’
Botman verkeer in sy tweede termyn as rektor. Sy bewind aan die US word deur ‘n enkele politieke ideaal, naamlik transformasie, oorheers. Vir Botman is transformasie wesenlik afrikanisering. Volgens die US-webwerf het hy op 31 Julie gesê: “Above all, we should think of ourselves as facilitators of change.” ‘n Mens moet darem omtrent ‘n dik vel hê om van buite af te kom en as misleide enkeling jou aan te matig om alles te wil verander wat beskaafde Westerlinge aan die US opgebou het. Tradisioneel was die US, naas akademiese uitnemendheid, as ‘n blanke Afrikaanse universiteit bekend. Botman se dikwels uitgesproke strewe is dat die US teen 2018, wanneer die US sy eeufees sal vier, nie as ‘n wit en nie as ‘n Afrikaanse universiteit bekend mag staan nie. In hierdie politiek gedrewe transformasieproses word die US se tradisionele akademiese uitnemendheid gewetenloos opgeoffer.
Om die UV se Reitz-sukses na die kroon te steek, moes Botman twee skynbaar heeltemal onverwante gebeure saamsnoer. Slegs ‘n geslepe propagandis sou die kloutjie so vernuftig by die oor kon bring. Die een gebeurtenis het in 2010 plaasgevind. Die derde verdieping en die dak van die RW Wilcocks-gebou op die US-kampus is in ‘n brand verwoes. Botman is goed met kampusbrande bekend, want in die vorige eeu het ondersteuners van die UDF/ANC bv twee tydelike geboue en die kantoor/laboratorium van ‘n hoogleraar in chemie op die UWK-kampus vernietig. Die verskil is dat waar die “apartheidsregime” die UWK-brandskade herstel het, die US in die geval van die Wilcocks-gebou self die herstelwerk moes doen.
RW Wilcocks was ‘n hoogleraar in sielkunde en die US-rektor van 1935 tot 1954. Hy is dus ‘n toonbeeld van die US van weleer. ‘n Gebou wat na hom genoem is, pas nie sonder meer in by die getransformeerde US waarna Botman so naarstiglik strewe nie. Wat kon gedoen word om die herboude Wilcocks-gebou ‘n transformasie- oftewel Botman- (en dus ANC-) geurtjie te gee? ‘n Mens soek eenvoudig na ‘n gebeurtenis wat in die twee dekades tussen 1935 tot 1954 plaasgevind het en waarmee die tradisionele US en dus wittes gediskrediteer kan word.
Aan die betrokke gebeurtenis word deesdae die gewigtige naam Slag van Andringastraat gegee. Op 27 en 28 Julie 1940 het US-studente, onder andere van die koshuis Dagbreek, slaags met bruin inwoners van Stellenbosch geraak. Die wangedrag het begin toe lede van die twee groepe koerante by ‘n kafee wou koop. Hulle het handgemeen geraak. ‘n Klipgooiery het gevolg waarin onder meer die ruite van die privaat koshuis Protea “deur bruin mense uitgegooi is” (Eikestandnuus, 8 deser, p 6). Daarna is ‘n huis in Crozierstraat ook met klippe bestook. Die rektor, Wilcocks, het probeer om die vrede te herstel en die US het selfs skadevergoeding aan sommige bruines betaal.
‘Enigeen wat in die jare sewentig en tagtig gebeure op die UWK-kampus meegemaak het, weet dat bruines hulle maklik tot klipgooiery wend. Botman is sekerlik goed hiermee bekend.’
Die historikus Hermann Giliomee noem die voorval in ‘n vakkundige artikel in Historia “one of the few cases in South Africa where a white riot can be said to have taken place”. In ‘n US-magisterverhandeling (2006) noem Gustav Hendrich dit ‘n “buitengewone geweldsinsident”. Die etnies gedrewe Henry Jeffreys, wie se twee groot helde Nelson Mandela en Trevor Manuel is, het die voorval in ‘n artikel in Die Burger (15.12.2012) erg oordrewe “‘n klad op die naam van geslagte van Dagbreek-inwoners” genoem. Jeffreys se kommentaar was na aanleiding van ‘n misplaaste verskoning wat ‘n uittredende primarius van Dagbreek in 2012 vir die 1940-gebeure aangebied het. (Al die inligtingsbronne in hierdie paragraaf kan maklik op die internet opgespoor word.)
Dit is glad nie duidelik dat die skuld vir die 1940-gebeure noodwendig by die wittes lê nie; sekerlik nie uitsluitlik by die wittes nie. Dit is immers nie die wittes wat die koshuis en huis met klipgooiery beskadig het en waarvoor geen skadevergoeding deur die bruines betaal is nie. Enigeen wat in die jare sewentig en tagtig gebeure op die UWK-kampus meegemaak het, weet dat bruines hulle maklik tot klipgooiery wend. Botman is sekerlik goed hiermee bekend. Daar moet egter onthou word dat die UWK-studente klippe gegooi het omdat hulle hulle vir die afskaffing van alle rassediskriminasie beywer het. Hulle het dus nie betoog ten gunste van die rassediskriminasie teen wittes wat deesdae so mildelik aan die US en in die res van die land gepleeg word nie.
In die nuwe Suid-Afrika het die gewoonte posgevat om skuld uitsluitlik op wittes te pak en dan van hulle te verwag om verskoning te vra. Soos Jeffreys dit stel: “Russel Botman het hierin ‘n geleentheid raakgesien” – net soos Botman, toe die geleentheid hom voordoen, dadelik die US van weleer met die Nazi’s geassosieer het (praag 29 April). Botman het die hoogs uitsonderlike Andringastraat-voorval aangegryp om daarvan die US se teenhanger vir die UV se Reitz te maak. In albei gevalle word ‘n enkele swaeltjie dus tot ‘n somer opgeblaas. Wangedrag en misdaad kom baie meer by nie-wittes as by wittes voor. Tog word sodanige handeling by nie-wittes nooit en nêrens, soos wat billikheids- en ewewigtigheidshalwe vereis kon word, aan die groot klok gehang nie. Nie-wittes hoef nie verskoning te vra nie, om van die betaling van skadevergoeding nie eens te praat nie.
Wat Botman vervolgens gedoen het, was om ‘n kamer ter herinnering aan die Slag van Andringastraat in die universiteitsargief in die herboude Wilcocks-gebou in te rig. “The Room is a contemporary exhibition space depicting the suppressed history of … the Battle of Andringa Street … ‘adversity often leads to new opportunities and this is exactly what happened here,’ said … Botman” (Bolander, 14 deser, p 6). Die wittes word as die skoorsoekers en geweldenaars en die bruines as die onskuldige en vreedsame slagoffers voorgestel. Botman noem die uitstalling “‘n gebaar van versoening tussen die US en die dorp se bruin gemeenskap” (Die Burger, 2 deser, p 9). Danksy Botman en heel moontlik onverdiend is die US van weleer en sy wit studente dus voortaan die skurke in die verhaal van die Slag van Andringastraat.
‘Hermann Giliomee noem dat Hendrik Verwoerd die eerste student is wat sy studie van sy eerste jaar tot sy doktorsgraad in Afrikaans aan die US voltooi het’
Op 31 Julie is hierdie herinneringskamer bekend gestel en is die voltooiing van die herboude Wilcocks-gebou gevier. Let op watter afmetings Botman se aktivistiese verbeelding aanneem: “Dis ‘n simbool van vernuwing en versoening. ‘n Plek wat akademiese uitnemendheid vier, historiese ongelykhede erken en ‘n optimisme oor Afrika se toekoms deel. Dít is waarvoor die RW Wilcocks-gebou van die US nou staan. Só het … Botman … gesê … ‘Ons het onsself afgevra wat die aard van ‘n universiteit in die 21ste eeu is … Watter waarde gaan ons toevoeg tot die gebou?’ Vandag is die RW Wilcocks-gebou ‘n ‘stap in die toekoms in'” (Die Burger, 2 deser).
Volgens die US-webwerf het Botman by hierdie geleentheid ook gesê: “Reconciliation is born of memory and cannot happen if there is denial and amnesia.” Hermann Giliomee noem dat Hendrik Verwoerd die eerste student is wat sy studie van sy eerste jaar tot sy doktorsgraad in Afrikaans aan die US voltooi het. Uit ‘n suiwer akademiese oogpunt moet iemand soos Botman nie aan selektiewe geheueverlies ly nie en behoort hy herinneringsruimte vir hierdie en baie ander akademiese (eerder as politieke) feite op die kampus skep. Verwoerd kan as ‘n uitstekende akademiese rolmodel vir studente dien.
Die joernalis Eunice Visagie beweer: “Net so min soos jy vir jou skaduwee kan weghardloop kan jy dit wat in die verlede gebeur het net ignoreer” (Eikestadnuus, 8 deser). Inderdaad, maar wat in die verlede gebeur het, kan geplooi word om ‘n agenda in die hede te pas. Volgens ‘n koerantberig en die US-webwerf is daar geen twyfel wie in die geval van die herinneringskamer die verantwoordelikheid moet aanvaar nie: “Die kamer is die geesteskind van prof Russel Botman” (Die Burger, 2 deser).
In die Botman-terminologie beteken “inklusief” dat enige groepering waarby wittes betrokke is, ook nie-wittes moet insluit. Die resultaat is “diversiteit”. Eksklusief nie-wit of swart groepe is egter vir Botman heeltemal aanvaarbaar, bv eksklusiewe swart skole en universiteite. Diversiteit is in sodanige gevalle nie nodig of selfs gewens nie. Toegepas op die US beteken dit dat die mentorprogram Rachel’s Angels, ‘n Naspers-inisiatief, eksklusief op nie-wit skoolkinders toegespits is. ‘n Wit skolier mag nie so ‘n engel wees nie.
Die African Doctoral Academy, wat Botman in 2011 tot stand gebring het, het ten doel om swartes uit swart Afrika as studente na die US te lok. Dit is glad nie die bedoeling dat nie-swartes uit bv Noord-Afrika of wittes uit bv Namibië en Zimbabwe deur hierdie akademie bevoordeel word nie. In werklikheid benadeel hierdie akademie belastingbetalende wit Suid-Afrikaners, want beursgeld wat hulle vir doktorale studie kon toekom, word eerder na swartes uit die res van Afrika gekanaliseer; dus na mense wat om etniese redes bevoordeel word, terwyl hulle in werklikheid geen regverdigbare aanspraak op bevoordeling bo wit Suid-Afrikaners kan maak nie.
Die herboude Wilcocks-gebou huisves nie net die pro-bruin en anti-wit Andringastraat-uitstalling nie, maar ook die African Doctoral Academy. Hoewel die Wilcocks-naam vir die gebou (voorlopig) behou is, het Botman die herbouing in ruime mate misbruik om dit volgens sy wense te afrikaniseer. Dit is wat hy hierbo “‘n simbool van vernuwing” genoem het. Dit is waarom Botman dit as ‘n “stap die toekoms in” geloof het. Tipies Botman is ideologiese pleks van akademiese waarde tot die gebou toegevoeg
Botman het die Slag van Andringastraat gekaap en verwring om sy ANC-politiek te dien. Sy motivering word wanvoorgestel deur dit ‘n poging tot versoening te noem. Botman se handeling is net so misplaas en eensydig soos die jaarlikse herdenking in die naam van versoening van die 1996-bomontploffing op Worcester, waarin wittes die skuldiges en nie-wittes die slagoffers was. Iets soortgelyks word nie gedoen vir bv die bomontploffing in 1983 in Kerkstraat, Pretoria, nie, waarin swartes die skuldiges en baie wittes die slagoffers was (praag 4 Februarie). Die onderliggende politiek korrekte doel is nie versoening nie, maar om, aan die een kant, nie-wittes as goed en onskuldig en, aan die ander kant, wittes as sleg en skuldig voor te stel.
Die Vrystaatse Onderwysdepartement gaan voort met die ondersoek na beweerde rassisme deur ‘n graad-een onderwyser teen ‘n leerder van die Laerskool Wilgehof in Bloemfontein, in weerwil daarvan dat die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie geen bewyse van mishandeling kon vind nie.
DieSuid-Afrikaanse Menseregtekommissie(SAMRK) sewoordvoerderIsaacMangenasê dieleerlinge, onderwysers endieSkoolbeheerliggaam (SBL) se voorsitter is tydens‘n voorlopige ondersoekondervra.
Hysê diéaan die lig gebringdat dieonderwyserna bewering privaat rassistiese uitlatingsteenoor ‘n kollegaindie skoolseadministrasie-afdeling geuiter het, wat glo ‘n swartwerknemergehooris.
Mangenasêdie kwessiehet betrekking opwerksplekdiskriminasie en moet hanteer worddeur die werkgewer,die SBL,interme vanartikel 6 van dieWet op Diensbillikheid.
Die onderwyser issteedsgeskorshangende die SBLseondersoeke.Die onderwyser wasdie derdeWilgehofwerknemerwatweens beweerderassisme geskors is naLeonardMacKayendie skoolseskoolhoofFanieRoelofzze.
Twee mans wat aangehou word weens poging tot moord, Johan Prinsloo en Mark Trollip, het tronkowerhede amptelik in kennis gestel van hul voorneme om van Maandag af op te hou eet.
Die twee is van ander verhoorafwagtende gevangenes in die Grootvlei-tronk buite Bloemfontein geskei, omdat hulle tans amptelik op ‘n eetstaking is.
Woordvoerder vir die Vrystaatse departement van korrektiewe dienste, Puleng Mokhoane, het gesê hulle word in afsondering aangehou sodat hulle gemonitor kan word.
Volgens Mokhoane is die twee ongelukkig oor die swak gehalte kos wat hulle in die tronk ontvang, en dat hulle meen die ondersoeke neem te lank om tot ‘n punt te kom.
Prinsloo het verlede week in ‘n brief aan OFM-nuus gesê sy grondwetlike regte word in die tronk geskend en dat sy gesondheid daagliks agteruit gaan.
Prinsloo en Trollip word saam met Hein Boonzaaier en Martin Keevy daarvan verdink dat hulle beplan het om tydens die ANC se Mangaung-kongres verlede jaar, top-leiers te vermoor. – OFM
Die Volksblad berig dat die Vrystaatse departement van onderwys teleurgesteld moes omdraai nadat amptenare met ’n TV-nuusspan by die Laerskool Wilgehof in Bloemfontein opgedaag het om ’n onderwyseres te skors na nóg ’n beweerde rassevoorval .
Amptenare van die departement ’n skorsingsbrief aan die leerkrag oorhandig, maar moes uitvind dat sy ’n beheerliggaampos beklee en nie deur die departement geskors kan word nie.
Die onderwyseres het die aantygings teen haar ten sterkste ontken en gesê sy beplan om dadelik stappe te neem teen dié ongegronde aantygings.
Howard Ndaba, woordvoerder van die departement, sê sy het glo die k-woord gebruik.
Omdat sy nog nie amptelik aangekla is nie, kan haar naam nie bekend gemaak word nie.
Magda Strydom, sekretaris van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU), sê die departement se bewerings dat die onderwyseres ’n rassistiese opmerking teenoor leerlinge vroeër vandeesweek in ’n voorval op die skoolterrein gemaak het, is ongegrond.
Sy gaan voort met haar pligte terwyl die beheerliggaam die saak ondersoek, sê Strydom.
Ndaba sê die Vrystaatse onderwysdepartement sal met Fedsas en die skool se beheerliggaam saamwerk om toe te sien dat die onderwyseres tydelik geskors word hangende ‘n ondersoek.
‘n Ondersoek kan nie geskied as sy nog by die skool betrokke is nie, sê Ndaba.
Dié aantygings kom te midde van die laerskool se geskorste skoolhoof, Fanie Roeloffze, en Lenard MacKay, ’n onderwyser, wat albei binnekort voor ’n dissiplinêre komitee van die Vrystaatse onderwysdepartement sal verskyn oor beweerde rassisme.
Die voorsitter van Vrystaat Landbou (VL), het boere Woensdag op dié organisasie se jaarlikse kongres in Bloemfontein gerusgestel dat blanke in die Vrystaat geen rede tot paniek het oor grondgryp nie.
Dan Kriek het VL se verbintenis tot ordelike grondhervorming geprys met die aankondiging dat sy provinsiale grondoudit afgehandel is.
Kriek, sê dié inisiatief is die afgelope 18 maande met die samewerking van die staat aangepak en maak die Vrystaat die pionier-provinsie op dié gebied.
Dit is ’n poging om die ongeregtigheid van die nalatenskap van die Wet op Naturellegrond van 1913 reg te stel.
Kriek het vroeër in reaksie op die honderdjarige herdenking van dié wet gesê die nalatenskap daarvan kan nie verdedig word nie.
Kriek sê die regering se mikpunt om 30% van grond wat in 1994 in wit besit was aan swart eienaars te oorhandig, is onafdwingbaar.
Vrystaat Landbou en die provinsie se departement van grondsake se volledige grondoudit wys dat meer as 10,775 miljoen hektaar (86,39%) landbougrond in die provinsie in wit hande is.
Die totale landbougrondoppervlak in die Vrystaat meer as 12,196 miljoen hektaar waarvan 152 700 hektaar (1,22%) in swart privaatbesit is, en 209 000 hektaar deur die staat vir swartes aangekoop is. Ongeveer 5,31% is in staatsbesit.
Prof. Nick Vink, hoof van die departement landbou-ekonomie aan die Universiteit van Stellenbosch, sê die hoë persentasie wit grondbesit toon dat grondhervorming ’n “algehele mislukking is”.
Vink en prof. Johann Kirsten, hoof van die departement landbou-ekonomie aan die Universiteit van Pretoria, was gassprekers op die kongres.
Gewoonlik is daar ‘n regte manier van dinge doen, en daar is ‘n verkeerde manier van dinge doen.
Oor die meriete om museums in Bloemfontein saam te smelt ter wille van die beter aanwending van hulpbronne wat veral kleiner museums – ook in die omgewing – sal bevoordeel kan gedebatteer word. Daar is gereeld berigte oor klein museums in die omgewing van Bloemfontein wat tekens verval toon. By een museum sal ‘n besoeker aan die instansie se “landbou-afdeling” byvoorbeeld gelukkig wees om die stukkies geroeste metaal tussen die lang gras op te spoor.
Wanneer die hoofde van verskeie museums egter in die koerant moet lees dat so ‘n samesmelting beoog word, en boonop dat gesprekke glo al ver gevorder is, begin die gevaarligte reeds flikker.
Kruie die mededelings nog met ‘n taalgebruik wat sommiges as haatspraak beskou, dan is daar bepaald ‘n skroef los. Weer duik die omstrede en gelaaide woord, transformasie, op en dit kort na die ABSA-debakel vir soveel woelinge gesorg het.
Transformasie neem nou – gegewe die taalgebruik – die vorm aan van ‘n heksejag op veral wit mans. Blykbaar is geen taalgebruik erg genoeg om dié spesie mee af te kraak nie, ook nie binne die konteks van sy grondwetlike kultuurerfenis nie.
Onlangs het die ANC-lojalis, dr. Jakes Gerwel, in dieselfde asem wat hy meen die ANC is ‘n vrotsige regering, tog beswaar gemaak dat die ANC dikwels as landsvyand voorgehou word.
Maar walgooi soos hy wil, die tekens dat dit juis die geval is laai op. Sal ‘n regering met edele motiewe so ‘n veldtog op tou sit om die media te muilband en die publiek se reg op inligting te beperk? Beide hierdie regte is in die grondwet verskans. Sal ‘n regering met edele motiewe soveel vrye teuels aan leiers in eie geledere gee wat liedjies aanhef soos “Maak dood die Boere,”? Nadat Pansat die regering as die grootste oortreder van die grondwet se taalbepalings beskryf het, was die regering reeds verskeie kere in die hof oor taalkwessies. Die jongste toevoeging tot hierdie langerwordende lys is toe die leier van die Christen-Demokratiese Party, ds. Theunis Botha, die onteieningsplanne in die nuwe Groenskrif oor Grondhervorming as diefstal beskryf het. Ook eiendomsreg is in die grondwet, en boonop die Handves van Menseregte, vervat.
Voeg hierby die ritse verslae van die ouditeur-generaal waarin die regering op alle vlakke die kous oor die kop kry. Op die oomblik word baie mense in Bloemfontein se elektrisiteit ontkoppel weens sogenaamde wanbetaling. Verontriefde inwoners moet dan skarrel om hul betalingsbewyse te faks na ‘n lang rits meestal onbeantwoorde oproepe dadels opgelewer het.
Kortom, in Bloemfontein maak dure ervaring dat baie mense transformasie blindelings as ‘n verwoesting van standaarde beskou. Om hierdie woord nou saam met erg gelaaide taal te gebruik om vir die een of ander beter bedeling voorspraak te maak, doen niks anders as die skep van ‘n “ons en julle”-situasie nie.
Nee wat prof. Jakes, soos hulle al lankal sê: Die wind waai wes.