Numsa-optog kan Bloemfontein ontwrig

bloemDie verkeer in Bloemfontein sal na verwagting vandag ontwrig word wanneer honderde lede van die vakbond Numsa ‘n optog hou en ‘n memorandum met eise aan die Kleinhandelmotorbedryf oorhandig.

Veiligheidsmaatreëls sal met die oog op die optog verskerp word. Werkers in die voertuigonderdele- en brandstofbedrywe wat sedert Maandag staak, eis ‘n verhoging van 30 rand per uur.

Hulle eis ook ‘n nagskoftoelae van 20 persent meer as die standaardtarief.

Numsa sê hulle gaan voort met die optog ondanks die onderhandelings wat in Johannesburg voortgesit word. – RSG