Die Mangaung-brandweer moes ‘n brand by die Tempe militêre basis in Bloemfontein baasraak. Die brand is begin het na ‘n weerligstraal glo gras aan die brand gesteek het in ‘n nabygeleë woongebied.
Die brand het versprei na die onderhoud-eenheid in die basis waar brandende bande donker wolke oor groot dele van die stad laat hang het. Dit is berig dat terwyl ‘n aantal ou voertuie beskadig is, daar tans geen bedreiging vir lewe of struktuur was nie.
Die Brandweerhoof van Mangaung, Braam van Zyl het Donderdag gesê daar word verwag dat die vuur dwarsdeur die nag sal brand omdat die waterdruk baie laag is en brandbestryders nie behoorlik hulle toerusting kan gebruik nie.
Die brand het verkeersknope in die stad veroorsaak soos motoriste gestop het om te kyk na die vuur.
Die Mangaung Metro sal vandag die brandskade bepaal.
Hewige storms het Donderdag in die omstreke van Bloemfontein gewoed. Soutpan is geraak sowel as die gebied naby die lughawe.
