Die Mangaung-brandweer moes ‘n brand by die Tempe militêre basis in Bloemfontein baasraak. Die brand is begin het na ‘n weerligstraal glo gras aan die brand gesteek het in ‘n nabygeleë woongebied.
Die brand het versprei na die onderhoud-eenheid in die basis waar brandende bande donker wolke oor groot dele van die stad laat hang het. Dit is berig dat terwyl ‘n aantal ou voertuie beskadig is, daar tans geen bedreiging vir lewe of struktuur was nie.
Die Brandweerhoof van Mangaung, Braam van Zyl het Donderdag gesê daar word verwag dat die vuur dwarsdeur die nag sal brand omdat die waterdruk baie laag is en brandbestryders nie behoorlik hulle toerusting kan gebruik nie.
Die brand het verkeersknope in die stad veroorsaak soos motoriste gestop het om te kyk na die vuur.
Die Mangaung Metro sal vandag die brandskade bepaal.
Hewige storms het Donderdag in die omstreke van Bloemfontein gewoed. Soutpan is geraak sowel as die gebied naby die lughawe.

Ek dink ek slaan dié naweek vuur. Dit brand nie vêr van dié plaas af nie.
Die Skepping is darem maar mooi.
Willy, Gelukkig kan daar by my lappie grond niks brand nie behalwe die wrakke wat daar staan. Hoop nie hulle brand nie dan het ek nie brandewyn geld nie. Aan die anderkant kan hulle ook maar uitbrand, ek kry hulle tog nie verkoop nie. Ek verstaan jou plaas is geweldig groot, met leeus, luiperds ens. op hoe groot is dit werklik?
Sterkte – Ek het al ‘n vuur of twee deurgemaak wat heeltemal buite beheer is, gesien hoe grasgroen lusern verdroog en aan die brand slaan van die hitte. Nie pret nie.
Pas julleself op.
Dankie Rooikop, ons sal.
Dankie vir die pragtige foto en positiewe gesindheid Willy
Baie dankie Henrietta. Lekker om die mooi van die Skepping te deel.
Daar moet dadelik ‘n ondersoek span aangestel word om hierdie weerlig se oorsprong vas te stel.
Hoeveel swartes is daar in Tempe??
Soos ek ‘n rukkie gelede hier op Praag gelees het, was een of ander regerings OC erg de donder in teen die weerlig wat net swartes bliksem, en nie wit mense nie.
Ek wonder wat was die ondersoekspan se bevindings gewees.