Grootvlei-kragstasie heropen

grootvleiDie regering sê hy doen sy bes om die land se kragtekorte te verlig. President Jacob Zuma sal vanoggend die Grootvlei-kragstasie in Balfour in Mpumalanga heropen.

Dit is deel van die regering se infrastruktuur ontwikkelingsprogram. Die heraanskakeling van die kragstasie is deel van Eskom se projekte om ou kragstasies weer in diens te stel.

Die Camden- en Komati-kragstasies is ook deel van die projek.

Die Grootvlei-kragstasie is in die laat sestiger-jare gebou en bestaan uit ses steenkooleenhede met ‘n kapasiteit van 1-duisend 200 megawatt.

Die kragstasie is in 1990 uit bedryf gestel weens die ooraanbod van krag. President Zuma sal ook die Balfourspoorlyn besoek wat ten doel het om steenkool na die Grootvlei kragstasie te vervoer. – RSG

9 thoughts on “Grootvlei-kragstasie heropen”

    1. Lekker lag ek nou vir jou (hallo Andrea) – jy weet, in hierdie week alleen was die krag in my woonbuurt twee maal af, en dit terwyl straatligte helder oordag brand, nou vra ek jou – VIR WAT ?
      Nee, asseblief tog net nie nog ‘n Nelson Mandela watookal nie – dis om van te kots.

      1. Môre! Die straatligte is aan bedags sodat ons die donkerte beter kan sien wanneer hulle nadersluip! Praat van geld verkwis, ek hoor nou op die nuus dat die (on)geleerdes daar bo se aansoek om appél geslaag het teen die uitslag ten gunste van VF+, daar sal nou ‘n veredere 2 jaar baklei word oor die straatnaamveranderings in Pretoria, ag ‘skuus, Tshwane.

  1. Dis goed om die kragstasie te heropen want wat het hierdie lot nou eintlik gebou? Die hele infrastruktuur het hulle geërf en deurgetrek.
    Wed dat regstellende aksie nie hier betrokke was nie.
    Nou dat die kragstasie weer in bedryf gaan wees sal al die geld weer gebruik word vir groot bonusse en helse salarisse en daar gaan die onderhoud weer down the drain.

  2. Dit behoort vir Eskom moontlik te wees om vir ons te seg hoeveel krag word onwettig afgetap. Daardie syfer behoort baie interessant te wees.
    Behalwe die belaglike lae prys wat BHP Billiton vir krag betaal, wat betaal die ander lande soos Botswana wat ook van Suid Afrika krag koop

Maak 'n opvolg-bydrae