Grootvlei-kragstasie heropen

grootvleiDie regering sê hy doen sy bes om die land se kragtekorte te verlig. President Jacob Zuma sal vanoggend die Grootvlei-kragstasie in Balfour in Mpumalanga heropen.

Dit is deel van die regering se infrastruktuur ontwikkelingsprogram. Die heraanskakeling van die kragstasie is deel van Eskom se projekte om ou kragstasies weer in diens te stel.

Die Camden- en Komati-kragstasies is ook deel van die projek.

Die Grootvlei-kragstasie is in die laat sestiger-jare gebou en bestaan uit ses steenkooleenhede met ‘n kapasiteit van 1-duisend 200 megawatt.

Die kragstasie is in 1990 uit bedryf gestel weens die ooraanbod van krag. President Zuma sal ook die Balfourspoorlyn besoek wat ten doel het om steenkool na die Grootvlei kragstasie te vervoer. – RSG

Geweld in Balfour bedaar

Dit was “baie, baie stil” in die Siyathembalokasie in Balfour Woensdagoggend na geweldadige betogings wat vroeër in die week daar plaasgevind het, het polisie in Mpumalanga gesê.

Die inwoners het begin kalmeer teen 22:00 Dinsdagaand, het sers. Sam Tshabalala, polisiewoordvoerder, gesê.

“Dit is rustig in die lokasie en ons het lede wat die situasie monitor,” het Tshabalala gesê.

Die polisie het 12 Suid-Afrikaners, mans en vroue, Dinsdagaand vir openbare geweld in hegtenis geneem.

“Van hulle sal ook verbind word met klagtes van opsetlike skade wat aan staatseiendom aangerig is, nadat hulle skade aan ‘n polisievoertuig aangerig het,” het Tshabalala gesê.

‘n Buitelander is ook in hegtenis geneem vir aanranding.

“Daar word beweer dat hy en ‘n groep buitelanders lede van die publiek aangeval het, maar daar moet nog vasgestel word of dit met die geweld verband hou.”

Volgens Tshabalala was daar geen klagtes van beserings gedurende die aand nie.

Twee-en-twintig mense sal na verwagting Woensdag in die landdroshof in Balfour op aanklagte van openbare geweld verskyn.

лампы классикаФильчаков прокурор

Biblioteek afgebrand

Inwoners van die Siyathembalokasie by Balfour in Mpumalangs het Dinsdag weer die strate ingevaar vir die derde agtereenvolgende dag om motoriste onder klippe te steek en brande te stig.

Die oproer spruit voort uit ontevredenheid met dienslewering en beloftes van werksgeleenthede by ‘n myn in die omgewing.

Die polisie moes van rubberkoeëls gebruik maakom die opstandige inwoners uitmekaar te jaag.

‘n Biblioteek is ook Dinsdag afgebrand

мультики роботы трансформерылобановский александр игоревич харьков