Worcester se vredestrein

Deel op

Gestel etniese groep A is getals- en persentasiegewys meer tot misdaad geneig as groep B; dalk nie net plaaslik nie, maar dwarsoor die wêreld. Wat kan gedoen word om groep A se beeld te verbeter? Die aangewese weg is om groep A in sy eie en in die openbare belang daadwerklik te hervorm. Dit sou egter nie politiek-korrek wees nie, baie tyd en moeite verg en die pogings kan tevergeefs wees. Die maklike alternatief is om groep B eensydig af te kraak, slegter voor te stel as wat hy is en te probeer neerhaal tot die vlak van groep A. Myns insiens is dit is wat in die geval Worcester (Rapport, 3 deser) gebeur.

Vier wittes dien tans tronkstraf uit na ‘n bomontploffing op 24 Desember 1996 in ‘n winkel op Worcester. Volgens die meeste bronne is vier mense gedood. In die Rapport-berig word dit na ses dooies opgegradeer. Dit is hoogs uitsonderlik dat wittes hulle aan sulke geweldadige optrede skuldig maak. Maar dit verhoed politiek-korrekte aktiviste nie om soveel munt moontlik daaruit te slaan ten koste van die aansien van wittes nie; ‘n aansien wat (veral relatief) uitsonderlik goed behoort te wees as ‘n poging aangewend word om objektief na die hede en die verlede te kyk.

Op 20 November 2012 het ek in ‘n skrywe op die webwerf Praag verwys na die besoek van Jonathan Jansen in 2011 en die besoek van Leon Wessels en André Keet in 2012 aan Worcester in die naam van versoening. In By het Wessels uitvoerig hieroor geskryf. Daarna was Wessels weer op Worcester en het gunstige publisiteit in die vorm van koerantteks en -foto’s ontvang toe hy wit duiwe ter versoening losgelaat het. Olga Macingwane, wat in die ontploffing beseer is en die bomplanters vergewe het, het Wessels met die duiwe gehelp. Boonop het Macingwane teen die einde van verlede jaar in Kaapstad ‘n versoeningstoekening ontvang, wat deur Desmond Tutu oorhandig is. Daar was weer gunstige publisiteit in die vorm van koerantteks en -foto’s; daarsonder doen Tutu nie graag iets nie.

‘n Mens sou dink dat al die moontlike anti-blanke-sap daarmee uit die Worcester-lemoen gedruk is. Nee, die aanhef het nog voorgelê. ‘n Versoeningskomitee op Worcester het 70 mense, waaronder Macingwane, op ‘n “Vredestrein” gelaai asof hulle almal bomslagoffers en naasbestaandes of ten minste versoeners is. Hulle was verlede week in Pretoria en het een van die bomplanters, Stefaans Coetzee, in die Sentraal-gevangenis besoek. Volgens die Rapport-berig was dit Macingwane se vierde besoek aan Coetzee. Nogtans noem Mcingwane hierdie vierde besoek ‘n “droom” wat waar geword het.

My betoog is nie teen opregte pogings tot versoening nie. My beswaar is teen eensydigheid. Ek betoog ten gunste van ewewigtigheid. Dit is ‘n feit dat swartes tydens die “bevrydingstryd” en daarna baie meer bomme geplant en baie meer mense gedood het as wittes. Tog word die geval Worcester oor en oor opgerakel. Oor die volgende bomontploffings word geswyg: Kerkstraat, Pretoria, 20.05.1983, 19 dood; Amanzimtoti, 23.12.1985, 5 dood; St James-kerk, Kenilworth, 25.07.1993, 11 dood; Helderberg Taverne, Observatory, 31.12.1993, 4 dood; ens. Waar is die vredestreine en vredesduiwe vir hierdie gevalle? Waar is aktiviste soos die Leon Wesselse wat hierdie terreurdade oor en oor in herinnering roep, hulle ondubbelsinnig verdoem en daarop pogings tot versoening grondves?
 
Dit is vir my moeilik om die bona fides van hierdie besoeke aan Pretoria uit Worcester te aanvaar, onder andere omdat daar geen aanduiding is dat hierdie “versoeners” die toneel van die Kerkstraat-slagting besoek en dit betreur en verdoem het nie.

Александр Фильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.