Moordverdagtes op eetstaking

hongerstakingTwee mans wat aangehou word weens poging tot moord, Johan Prinsloo en Mark Trollip, het tronkowerhede amptelik in kennis gestel van hul voorneme om van Maandag af op te hou eet.

Die twee is van ander verhoorafwagtende gevangenes in die Grootvlei-tronk buite Bloemfontein geskei, omdat hulle tans amptelik op ‘n eetstaking is.

Woordvoerder vir die Vrystaatse departement van korrektiewe dienste, Puleng Mokhoane, het gesê hulle word in afsondering aangehou sodat hulle gemonitor kan word.

Volgens Mokhoane is die twee ongelukkig oor die swak gehalte kos wat hulle in die tronk ontvang, en dat hulle meen die ondersoeke neem te lank om tot ‘n punt te kom.

Prinsloo het verlede week in ‘n brief aan OFM-nuus gesê sy grondwetlike regte word in die tronk geskend en dat sy gesondheid daagliks agteruit gaan.

Prinsloo en Trollip word saam met Hein Boonzaaier en Martin Keevy daarvan verdink dat hulle beplan het om tydens die ANC se Mangaung-kongres verlede jaar, top-leiers te vermoor. – OFM

8 thoughts on “Moordverdagtes op eetstaking”

  1. Het die twee manne alreeds moord gepleeg dat hulle as moord verdagtes beskryf word? Hierdie kommentaar deur Mokhoane is aangepas om die eintlikke doel van die eetstaking te verdoesel ” Volgens Mokhoane is die twee ongelukkig oor die swak gehalte kos wat hulle in die tronk ontvang, en dat hulle meen die ondersoeke neem te lank om tot ‘n punt te kom”

    1. Ja ek het dit ook so gelees, die adder. Hierdie hele “Slag van Mangaung” storie is vir my BAIE verdag. Dit is te sensasioneel, as jy verstaan wat ek bedoel. Die datum, die naam, die teiken, die “staatsgetuie”. Hierdie slag, wat my betref, het net drie slagoffers; Johan Prinsloo, Mark Trollip en die Afrikaner/Boer se morele hoë grond.

Maak 'n opvolg-bydrae