Die OVK het in die Grondwethof erken dat die kiesersrol wat gebruik is in die 2013 Tlokwe-tussenverkiesings, geen adresse gehad het nie.
‘n Opposisielid wat die hofverrigtinge bywoon, het dié inligting getwiet.
Dit het ook aan die lig gekom dat onafhanklike kandidate nie behoorlik stemme kon werf nie omdat hulle eers sewe dae voor die verkiesings kieserslyste ontvang het.
Agt onafhanklike kandidate beweer kiesers is met busse aangery uit ander streke van die provinsie om in Tlokwe te stem, en daar het ook ander ongerymdhede tydens die verkiesings plaasgevind.
Die ANC het weer beheer oor die Tlokwe-munisipaliteit in Potchefstroom oorgeneem, nadat die DA probeer het om die skyn te skep dat hulle in die kussings sal bly.
Die regerende party het al ses tussenverkiesings gewen. Die tussenverkiesings is gehou nadat die ANC die raadslede afgedank het.
Dié raadslede het gehelp om die burgemeester Maphetle Maphetle vroeër vanjaar uit te stem.
Die voorsitter van die ANC in Noordwes, Supra Mahumapelo het die oorwinnig aan oudpresident Nelson Mandela opgedra.
Hy sê daar was geen manier wat die ANC in Noordwes ‘n situasie sou toelaat waar hy nie in beheer van die Tlokwe-munisipaliteit kan wees nie.
Voorlopige uitslae wat deur die Onafhanklike Verkiesingskommissie vrygestel is, toon dat die ANC in wyk ses teen die DA gewen het.
In wyk 18 het die ANC teen ‘n onafhanklike kandidaat gewen, maar wyk 26 is weer deur ‘n onafhanklike kandidaat, Butiki Mahlabe, ingepalm.
Die hoof van die OVK in Noordwes, Dr Tumelontle Thiba het die uitslae vroeër bekendgemaak. Volgens Thiba het tussen 38 en 39 persent van kiesers opgedaag om hulle kruisie te trek.
Die ANC het hulle oorwinning in twee van die wyke gevier en gesê dit is duidelik dat die party weer beheer van die munisipaliteit kan terugwen.
Die DA in Noordwes het hulle teleurstelling oor die uitslae van Woensdag se tussenverkiesings in die Tlokwemunisipaliteit in Potchefstroom uitgespreek, maar gesê hulle is nogtans verlig dat die ANC net twee uit die drie wyke gewen het.
Die DA het slegs wyk ses betwis, maar het die onafhanklike kandidate in die ander twee wyke gesteun.
Die ANC het minder steun gehad het as twee jaar gelede in die wyke wat hulle gewen het.
Die verkiesingshof in Bloemfontein sal vandag beslis oor die lot van ses gediskwalifiseerde onafhanklike kandidate in die tussenverkiesing in Tlokwe in Potchefstroom wat môre plaasvind.
Die kandidate het verlede week ‘n hofgeding aanhangig gemaak teen die Onafhanklike Verkiesingskommissie se beslissing om hulle vir die tussenverkiesing te diskwalifiseer.
Hulle voer aan dat sommige OVK-amptenare moedswillig sekere dokumente versteek het, wat tot hul diskwalifikasie gelei het. Hulle is ook blykbaar deur die OVK in kennis gestel dat al hul dokumentasie in orde was.
‘n Senior OVK-amptenaar in Tlokwe is as voorsorg maatreël met verlof gestuur, hangende die uitslag van die saak. Sou die klaers die saak wen, is daar ‘n sterk moontlikheid dat die tussenverkiesing uitgestel gaan word.
Die tussenverkiesing word as noodsaaklik vir die ANC gesien om beheer van die munispaliteit van die DA af terug te wen. – RSG
DieANCindie Noord-Wes het Sondag gesêhulle sal gemeenskapsvergaderings reël metTlokwe–inwoners om hulle in te ligdat die14 geskorsde raadslede weer aangestel sal word.
Dieraadslede is geskorsdeur dieANCseprovinsialedissiplinêre komiteeaan die begin vanJulie nahulleteen die voormaligeburgemeesterMaphetleMaphetlein‘n mosievan wantroue gestem het.
Maar die partyse nasionaledissiplinêre komiteehet die besluit omgekeerop diebasisdat die aanklagte teendieraadsledete laatgelê is.
“Ons is besig om aan hierdietakkedie besluit van dienasionaledissiplinêre komiteete kommunikeer dat die lede heraangestel sal word.Dit is deelvan diekonsolidering van onseenheid ensamehorigheidvan die bewegingindie provinsie,” hetdieANCseIsmaelMnisi gesê.
Vroeër inAugustus het dieANCbeheer vanTlokwein ‘n tussenverkiesings in Wyk 9 herower.
DieTlokwemunisipaliteitwasindie kolligsedertMaphetleuitgestem isinJulie, toe dieDAseAnnetteCombrinkwat benoemis asburgemeester.
Terwyl die hoofstroommedia so te sê die ondergang van die ANC vier, het die party gister ‘n stewige vertoning in Noordwes-tussenverkiesings gelewer deur almal behalwe een te wen. In die Potchefstroomse verkiesing waar vooraf hoë verwagtinge geskep is dat die DA die ANC in die Tlokwe-tussenverkiesing sou troef, het die ANC in kiesafdeling 9 met 735 stemme voorgeloop teen ‘n onafhanklike kandidaat wat 504 stemme aangeteken het.
Die laaste telling wat vir die DA in kiesafdeling 9 van Tlokwe aangegee is, was 196 stemme, Nietemin het die DA dit in ‘n verklaring as “massiewe groei” bestempel, wat die party persentasiegewys as 13,47% aagedui het.
Die enigste uit tien tussenverkiesings wat die ANC verloor het, was in Mahikeng se kiesafdeling 4 waar ‘n onafhanklike kandidaat gewen het.
Volgens die ANC in Noordwes bly die party “die onbetwisbare eiendom van die Suid-Afrikaanse nasie en die resultate van dié tussenverkiesings is ‘n testament vir dié onweerlegbare werklikheid”. – praag, sapa en ANC-verklaring
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie sê hy is gereed vir vandag se hoogs-betwiste tussenverkiesing in wyk nege van die Tlokwe munisipaliteit in Potchefstroom in Noordwes.
Die pos is vakant nadat ‘n raadslid bedank het om te fokus op sy werk as ‘n onderwyser.
Die polisie in Noordwes sê daar is genoeg beamptes ontplooi om orde in die provinsie te handhaaf.
Die tussenverkiesing word gesien as ‘n toets vir die ANC en die DA wat in ‘n voortslepende stryd gewikkel is oor die beheer van die stadsraad.
‘n Polisiewoordvoerder het ‘n beroep op die gemeenskap gedoen om vreedsaam te stem.
Sewe tussenverkiesigs word ook Woensdag in die Wes-Kaap gehou.
Drie van die tussenverkiesings vind plaas in die Oudtshoorn munisipaliteit in die Klein Karoo, waar die DA net een wyk moet wen om beheer van die munisipaliteit by die ANC oor te neem.
Wyk vyf, wyk ses en wyk dertien is vroeër deur die ANC bestuur. Die poste in dié wyke is vakant nadat die raadslede uit die party geskors is.
Tussenverkiesings word ook in George, die groter Plettenbergbaai gebied, Hermanus en Velddrif gehou. – RSG
Die stryd tussen die DA en die ANC sal waarskynlik verder verhewig met ‘n tussenverkiesing in die Tlokwe-munisipaliteit in Potchefstroom in Noordwes, ná die onlangse hofstryd oor die burgemeesterskap.
Beide partye het se verbete ambisie om die burgemeesterspos te vat het tot dusver vir ‘n onverkwiklike spektakel gesorg.
Nog tussenverkiesings word later gehou om die 14 ANC lede te vervang wat uit die party geskop is, ná hulle gehelp het om die DA burgemeester Annette Combrink in te stem en die ANC burgemeester Maphetle Maphetle uit die kussings te lig.
Senior ANC leiers, waaronder Jesse Duarte en Cyril Ramaphosa, het die gebied vroeër besoek om steun vir die party te werf en het gister ‘n deur-tot-deur veldtog in wyk nege gevoer waar die stemming baie gelykop kan verloop.
Die hoofsekretaris van die NUM, Frans Baleni het vir die ANC stemme gewerf.
Die DA se provinsiale leier in Noordwes, Chris Hattingh sê dié keer sal dit nie so maklik wees vir die ANC nie – ongeag hoeveel senior leiers die munisipaliteit in die aanloop tot die tussenverkiesings besoek.
Intussen het Sanco die minister van welsyn BathabileDlamini daarvan beskuldig dat sy gehelp het om met behulp van staatsgeld kospakkies in Noordwes uit te deel om stemme vir die ANC te werf.
Die voorsitter van die SAKP en minister van hoër onderwys, Blade Nzimande het ‘n beroep op swart kiesers gedoen om Tlokwe van die wit “base en mêrrims” af te vat.
Die DA wil met die 14 geskorste ANC-raadslede in die Tlokwe-stadsraad in Potchefstroom in Noordwes saamwerk wat gehelp het om Maphetle Maphetle as vorige burgemeester te ontsetel.
Die nuwe burgemeester, Annette Combrink, sal amptelik vandag met haar pligte begin.
Sy sê sy sien uit na die moontlikheid om met die geskorste raadslede in ‘n koalisie saam te werk.
Van dié lede ondersteun Julius Malema se Ekonomiese Vryheidsvegters.
Die DA het voorheen aangedui dat hulle van die geskorste raadslede wat met die EFF simpatiseer, finansieel sal ondersteun.
Die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria het Maandag beslis dat Maphetle uit die kantore moet padgee.
Die ANC het gister sy planne om teen die uitspraak te appelleer, laat vaar, nadat die ontsetelde burgemeester eers vasgeskop het en nie die kantoor wou ontruim nie. – RSG/praag
Annette Combrink ( links), haastig vir haar kantoor
Maphetle Maphetle, onsetelde burgemeester van Tlokwe, het Dinsdag geweier om sy kantoor te ontruim omdat hy teen ‘n hofbevel gaan appelleer, het ‘n ANC-woordvoerder gesê.
“Maphetle Maphetle beset die kantoor omdat die ANC besluit het om teen die uitspraak te appelleer,” het Kenny Morolong, woordvoerder van die ANC in die Noordwes, gesê.
“Die burgemeester en speaker, albei as applikante, het besluit om te appelleer en die ANC steun dit.”
Die Pretoriase hooggeregshof het Maandag ‘n aansoek verwerp om die raadsvergadering, waartydens Maphetle ontsetel is, nietig te verklaar.
Regter Neil Tuchten het bevind dat die vergadering en die verkiesing van die DA-raadslid Annette Combrink as burgemeester, wettig was.
Tuchten het ook bevind dat Maphetle se besetting van die burgemeesterskantoor onwettig is.
Op 2 Julie is Combrink vir die tweede keer sedert November tot burgemeester verkies nadat Maphetle ontsetel is.
Maphetle en die speaker van Tlokwe, Barei Segotso, het ‘n aansoek voor die hof gebring om die vergadering, waartydens Combrink tot burgemeester verkies is, nietig te verklaar.
Maphetle moes teen Dinsdagoggend 10:00 die kantoor ontruim. Die ANC het daarna gesê die uitspraak sal gerespekteer word.
Tiaan Kotzé, woordvoerder van die DA in die Noordwes, het gesê die burgemeester het Dinsdagoggend geweier om die kantoor te ontruim en het gesê die ANC appelleer teen die uitspraak.
“Die DA het nog nie regsdokumente ontvang nie. Wat hulle doen is heeltemal onwettig,” het Kotzé gesê.
Die party het die balju gevra om die hofbevel uit te voer en is besig om regsadvies in te win. – Sapa
Uitspraak sal Maandag gelewer word in ‘n aansoek om ‘n raadsvergadering nietig te verklaar waarin die burgemeester van Tlokwe – Maphetle Maphetle – uit sy amp verwyder is.
Die uitspraak in die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria is Dinsdag uitgestel. Die DA-raadslid – Annette Combrink – is aan die begin van die maand vir die tweede keer sedert November as die burgemeester in die munisipaliteit aangewys, wat Potchefstroom insluit.
Die tugkomitee van die ANC in Noordwes het die volgende dag 14 raadslede geskors en wil die vergadering waarop Combrinck gekies is, ongeldig verklaar.
Die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria het die die saak oor wie die regmatige burgemeester van die Tlokwe munisipaliteit in Potchefstroom is, onbepaald uitgestel.
Die ANC het aangevoer dat die raadsvergadering waar Maphetle Maphetle as burgemeester uit sy amp verwyder is en vervang is deur die DA se Annette Combrinck, onwettig was.
Die party het intussen 14 raadslede geskors wat gehelp het om Combrinck as burgemeester te verkies.
Die ANC se provinsiale woordvoerder, Kenny Morolong sê hulle sal steeds hulle hoop in die regstelsel te plaas. Die regter het die DA en die ANC vroeër gewaarsku om nie staatsfondse te mors op hulle politieke stryd nie.
Die onafhanklike verkiesingskommissie in Noordwes het die datums vir tussenverkiesings in die Tlokwe munisipaliteit bekend gemaak.
Daar is 14 vakante poste in die munisipaliteit nadat die 14 ANC raadslede geskors is. Dr Tumelontle Thiba van die OVK sê die tussenverkiesings sal op 7 Augustus en 18 September gehou word.
’n Openbare verhoor deur Noordwes se staande komitee oor openbare rekeninge is Donderdag ontwrig ná die voorsitter, Patrick Chauke, verwys het na Maphetle Maphetle as die burgemeester van Tlokwe.
Die verhoor, wat handel oor ’n forensiese ondersoek verslag waarin Maphetle en lede van sy burgemeesterskomitee betrek word, kon nie verby die aanvanklike vraag van wie die munisipale bestuurder in Tlokwe is, vorder nie.
Die verwysing na Maphetle as die uitvoerende burgemeester het gelei tot uitbarstings deur lede van die publiek, sowel as verskeie geskorsde voormalige ANC-raadslede. RSG/OFM
Die stryd om die burgemeesterspos van Tlokwe Munisipaliteit gaan onopgelos bly.
Die aansoek om die raadsvergadering – wat geëindig het in die skorsing van Tlokwe-munisipaliteit se uitvoerende burgemeester Maphetle Maphetle – tot niet te maak, is uitgestel in die Noord-Gauteng Hooggeregshof Dinsdag.
Regter Neil Tuchten het gesê: “Ek sal my tyd neem om hierdie saak te oorweeg, maar ek sal aandring dat geen prokureurs van enige party betaal moet word met behulp van staatsgeld nie.”
Die ANC is steeds vol vertroue dit sal die vergadering nietig verklaar sal kry en Maphetla herstel sal word in sy amp. Volgens die ANC-woordvoerder vir Noordwes Kenny Morolong, is die ANC nog steeds die gesag in Tlokwe.
“Geen regering kan gesag uitoefen tensy dit deur die meerderheid van die burgers aangewys nie. Ons het nog steeds die volle steun van die mense van Tlokwe,” sê Morolong.
Maar Tuchten sal die aansoek om die vergadering en die besluite nietig verklaar te kry bestudeer, en oorweeg of die meerderheid tans DA is, tegniese aspekte ter syde gestel.
Op 2 Julie 2013 het 48 Tlokwe raadslede vir ‘n vergadering wat na bewering deur die Speaker van die munisipaliteit gekanselleer is, gesit. Die DA het aangevoer dat nie alle kiesafdelings in kennis gestel is van die kansellasie nie en omdat die kworum toe bereik is, is die vergadering beskou as geldig.
Intussen het dit aan die lig gekom dat Vodacom DA-propaganda op voorafbetaalde selfoontyd uitstuur waarin Zille spog dat sy terroriste in haar huis versteek het en die “waarheid” omtrent Steve Biko rugbaar gemaak het.
Die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria sal Dinsdag ‘n aansoek deur die ANC aanhoor om die burgemeester van Tlokwe, Maphetle Maphetle, wat uit sy amp verwyder is, ongeldig te verklaar.
Die ANC wil ook ‘n raadsvergadering, waartydens die DA-raadslid, Annette Combrink as burgemeester ingestem is, nietig laat verklaar.
Die ANC erken Combrink nie as burgemeester nie en sê Maphetle is steeds in dié amp.
Combrink is vroeër die maand vir die tweede keer as burgemeester verkies sedert November toe Mpahetle ontsetel is.
Die ANC in Noordwes se dissiplinêre komitee het onlangs 14 van sy raadslede geskors toe hulle ten gunste daarvan gestem het om Maphetle uit sy amp te verwyder.
Ramaphosa, ANC-adjunkpresident, en Jessie Duarte, adjunk-sekretaris-generaal, het die stad vroeër besoek in ‘n poging om die party se sake reg te ruk. Besonderhede oor die ontmoetings, wat ‘n lekgotla in Pretoria insluit, is nie bekend gemaak nie. Die vergaderings is agter geslote deure gehou.
Sowat 4 000 mense van die Ikageng-township by die stad het verlede Vrydag na die munisipale kantore opgeruk en onder meer geëis dat Maphetle die trekpas kry. Hulle eis dat die raadslede wat uit die party geskop is omdat hulle die DA gehelp het om Maphetle uit te skop, weer moet terug.
Die hooggeregshof in Pretoria sal vandag uitspraak lewer oor die geldigheid van die raadsvergadering se besluit.
Die Tlokwe-raad bestaan tans uit 22 opposisielede (onder wie 19 DA-lede) en 20 ANC-lede.