ANC maak skoonskip in Tlokwe

tlokweDie ANC het weer beheer oor die Tlokwe-munisipaliteit in Potchefstroom oorgeneem, nadat die DA probeer het om die skyn te skep dat hulle in die kussings sal bly.

Die regerende party het al ses tussenverkiesings gewen. Die tussenverkiesings is gehou nadat die ANC die raadslede afgedank het.

Dié raadslede het gehelp om die burgemeester Maphetle Maphetle vroeër vanjaar uit te stem.

Die voorsitter van die ANC in Noordwes, Supra Mahumapelo het die oorwinnig aan oudpresident Nelson Mandela opgedra.

Hy sê daar was geen manier wat die ANC in Noordwes ‘n situasie sou toelaat waar hy nie in beheer van die Tlokwe-munisipaliteit kan wees nie.

17 thoughts on “ANC maak skoonskip in Tlokwe”

  1. Die Matlosana Plaaslike Munisipaliteit (voorheen Klerksdorp Plaaslike Munisipaliteit) Was verlede maand reeds R124 miljoen agter met hulle elektrisiteit rekening en R21 miljoen op hulle water rekening. Eskom dreig om die plug te trek so ook die water af te sny.

  2. Hierdie uirslag wys weer hoe die gepeupel se koppe werk. Hulle sal vir Zuma in die openbaar uitjou, munisipale geboue en voertuie aan die brand steek en groot betogings hou omdat hulle ontevrede is met die regering maar as hulle stem trek almal hul kruisies weer by die ANC. Donker Afrika op sy beste.

  3. Die geboe het gekom van n groot groep mense met ANC t-hemde en vlae. Dat hulle vir Zuma geboe het en sokker-tekens gewys het dat hy vervang moet word, beteken bloot dat die ANC uit hul EIE geledere iemand anders moet aanwys. Dit wys nie dat die ANC vervang moet word met ‘n ander party nie.

    1. Die probleme met morone soos die liberale wittes en hulle ivoor toring swart aanhangers is die klaarblyklike volgehoue fantasie dat die geboe van die ANC se leiers beteken hulle mense wil vir die DA stem…
      Dit beteken eintlik net hulle wil ander ANC leiers inkry. ‘n Geboe van Zuma beteken hulle haat Zuma nie die ANC nie…

Maak 'n opvolg-bydrae