Wêreldleiers het ‘n dodelike aanval veroordeel by die kantore van die satiriese Franse tydskrif Charlie Hebdo waarin minstens 12 mense doodgeskiet is Woensdag.
President François Hollande het gesê die aanval was “ongetwyfeld” ‘n terroriste-aanval.
Daar was geen onmiddellike verklaring vir die aanval op die tydskrif se kantoor waar medewerkers byeen was vir ‘n vergadering nie.
Charlie Hebdo se karikature van die profeet Mohammed het dikwels swaar veroordeling van Moslems uitgelok.
Die Paryse aanklaer se kantoor het bevestig dat 12 mense tot dusver doodgeskiet is, insluitend vier van Frankryk se bekendste spotprenttekenaars asook die tydskrif se direkteur, Stephane Charbonnier (ook bekend as Charb).
Twintig mense is glo beseer, vier van hulle is in ‘n kritieke toestand.
Frankryk het sy sekuriteitsweerbaarheid tot sy hoogste vlak aangepas en beskermende maatreëls versterk op plekke van aanbidding, winkels, mediakantore en op openbare vervoer.
Top regeringsamptenare is tans byeengeroep vir ‘n noodvergadering en Hollande sal na verwagting ‘n TV-verskyning maak teen vanaand.
Die Wit Huis het die aanval in die “sterkste moontlike terme” veroordeel terwyl die Britse Eerste Minister, David Cameron dit “walglik” genoem het.
Die Europese Unie het hul solidariteit met Frankryk bevestig en gesê die stryd teen terreur gaan voort.
Donald Tusk, die nuwe president van die Europese Raad het sy skok uitgespreek.
“Die Europese Unie staan by Frankryk na hierdie verskriklike daad. Dit is ‘n wrede aanval op ons fundamentele waardes en teen die vryheid van uitdrukking, ‘n pilaar van ons demokrasie,” het die voormalige Poolse premier in ‘n verklaring gesê.
Terwyl ander wêreldleiers, waaronder ook die Duitse kanselier Angela Merkel en die Russiese president Vladimir Poetin, die aanval veroordeel het, het ondersteuners van die militante Islamitiese Staat die wrede moorde as welverdiende wraak teen Frankryk geprys.
‘n Vrou in ‘n nikab, ‘n tradisionele Moslemsluier wat die hele hoof bedek, is vroeër vandeesmaand gevra om die Bastille-operahuis in Parys te verlaat omdat die geselskap weier om verder voor haar te sing. Die dra van ‘n sluier wat die gesig heeltemal bedek, word deur wetgewing in Frankryk verbied.
Die voorval het op 3 Oktober tydens ‘n aanbieding van Verdi se La Traviata plaasgevind, volgends die operahuis se adjunkdirekteur, Jean-Philippe Thiellay, maar het eers oor die pas afgelope naweek in die Franse media rugbaar geraak.
‘n Nikab
Die vrou en haar metgesel was toeriste van een van die Golfstate en het reg agter die dirigent gesit waar hulle vir opsigters sigbaar was. Die sitplekke kos €231 (ongeveer R3 400) elk.
Die vrou het ‘n nikab aangehad, ‘n sluier wat sowel die gesig as die hare bedek en slegs die oë en ‘n deel van die voorkop sigbaar laat.
Die operahuis se personeel het haar nie aanvanklik opgemerk toe sy die ouditorium binnekom nie. Maar volgens Thiellay is hy tydens die tweede bedryf van die opera “deur ‘n sanger in kennis gestel”, wat haar in die voorste ry raakgesien het.
Die Bastille-opera in Parys
“Sommige kunstenaars wou nie langer sing nie,” het hy bygevoeg. Volgens ‘n koerantberig wou die geselskap nie langer voor ‘n gesiglose gehoorlid optree nie.
Tydens die pouse is die vrou en haar metgesel deur ‘n inspekteur gekonfronteer, wat haar gevra het om óf haar sluier af te haal, óf die vertoning te verlaat.
“Hy (die inspekteur) het dit aan haar oorgedra dat daar in Frankryk ‘n verbod op dié soort kleredrag geld, en haar gevra om óf haar gesig te ontbloot óf die vertrek te verlaat. Die man het die vrou gevra om op te staan en hulle het vertrek,” sê Thiellay. Volgens hom “was dit onaangenaam om iemand te vra om te gaan”.
“Maar daar was ‘n misverstand oor die aard van die wet en die dame is gevra om dit te eerbiedig of te gaan,” sê hy.
Volgens ‘n bron van die Bastille-opera, het die paartjie nie op terugbetaling aangedring nie.
Frankryk het in 2011 ‘n wet gemaak wat wesentlik die dra van die nikab in die openbaar verbied. Dit sluit openbare strate, winkels, museums, openbare vervoer en parke in. Die verbod geld ook op die boerka, ‘n volledige liggaamsbedekking, indien dit die gesig bedek. Die enigste uitsondering vir ‘n vrou in ‘n nikab of boerka is as sy in ‘n private motor reis of ‘n Moslem-erediens bywoon.
Diegene wat verseg om hul sluiers te verwyder, moet ‘n boete van €150 (R2 250) betaal.
Die wetgewing het egter nie die dra van die hijabhoofbedekking verbied nie.
Ná die operavoorval het die Franse kultuurministerie aangekondig dat hulle ‘n nuwe stel reëls optrek aangaande sluiers in teaters, museums en ander openbare instellings.
Soos met ander begrippe, (Calvinisme byvoorbeeld), word die begrip « feodaal » en » feodalisme » nogal los en vas rondgegooi. Dit word veral problematies wanneer die lewenswyse en sosiale patroon van die Afrika mens as « feodaal » beskryf word, want raakpunte tussen die Afrika patroon en die Europese feodalisme is daar werklik net nie. Maar vir diegene wat steeds meen daar is ooreenkoms tussen die Afrika samelewing en die Europese feodalisme, net die volgende paar gedagtes :
Feodalisme dui op die sosiale en politieke ordening van die samelewing gedurende die Europese Middeleeue. Die Middeleeue strek rofweg vanaf die val van die Wes-Romeinse Ryk in die 5e eeu tot met die aanvang van die Renaissance in die 15e eeu. Die hoogtepunt van die Middeleeuse Europese beskawing is bereik gedurende die periode vanaf die 9e tot die 15e eeu.
Sy-aansig van die Nôtre Dame
Die middeleeue het in die eerste plek argitektuur opgelewer wat haas ongeëwenaar is in die wêreldgeskiedenis. Ons dink hier veral aan die Gotiese katedrale wat in dié tyd oral in Europa opgerig is en wat hulle gelyke in terme van skoonheid en tegniese vaardigheid nie ken nie. Enkele van die meer bekende voorbeelde is die Nôtre Dame in Parys, Westminsterabdy in Engeland, die katedrale van Keulen en van Milaan en Chartres, ens., ens., ens. Dosyne en dosyne meesterstukke. En dan die asemrowende Sainte Chapelle, opgerig in die dertiende eeu deur die kruisvaarderkoning, Saint Louis.
Indruk van die interieur van die Sainte Chapelle
Nie net argitektuur was ‘n kenmerk van die Middeleeue nie, maar ook borduurwerk, tapiserieë, porseleinwerk, die wonderbaarlike geïllustreerde manuskripte, mosaïeke, digters, ( Dante, Petrarca, Chaucer, die Troebadoers, die Minnesangers, ens.), filosowe ( Thomas Aquinas, Willem van Ockham, Averroës), beeldhouers (Donatello), skilders,(Giotto) en die pragtige tradisie van onbegeleide (a capella) koorsang.
‘n Voorbeeld van ‘n Middeleeuse mosaïek
Die Middeleeue is inderdaad ‘n universum eerder as ‘n periode in die geskiedenis. Dink maar net, die Middeleeue beslaan die helfte van die tydperk sedert die geboorte van Christus tot vandag toe. Tien eeue van geduldige, toegewyde en volgehoue arbeid en skeppende aktiwiteit. En hoewel daar op sosiale en staatkundige gebied beperkte mobiliteit was, was daar op kulturele en kunsgebied voortdurend ontwikkeling en verryking, dus alles behalwe die statiese en uitsiglose geskiedenis van Afrika.
‘n Bladsy uit een van die derduisende geïllustreerde Middeleeuse manuskripte
Elke lid van die feodale stelsel het van geslag tot geslag die rol vervul wat met sy spesifieke plek in die samelewing ooreengestem het, ‘n rol wat oor eeue heen weinig verander het. Hierdie strakke hiërargiese struktuur was op ‘n langtermynsiening van die lewe ingestel wat ‘n teelaarde was vir die daarstelling van een van die grootse hoogtepunte in ons beskawing. Die beskrywing « donker » Middeleeue om hierdie tydperk te tipeer, kan nie verder van die waarheid wees nie. Inteendeel is hierdie periode gekenmerk deur ‘n onvergelyklike rykdom van kulturele en artistieke prestasies.
‘n Toneel uit die 70-meter-lange tapisserie wat die verowering van Engeland deur Willem die Veroweraar in 1066 uitbeeld. Die tapisserie is enkele jare na die Normandiese inval voltooi. Die Noormanne (Normands) was ten tye van die inval volledig verfrans, vandaar ook die reuse-invloed van Frans op die Engelse taal.
Ook die reëls van ‘n beskaafde lewenswyse is ontleen aan die Middeleeue, die heraldiek, goeie maniere, etiket en hoflikheid. Die woord « hoflik » kom trouens van die hof van ‘n koning of ‘n edelman. m.a.w. hoflik is die manier waarop ‘n mens jou gedra het aan die hof van ‘n aristokraat. Maar hierdie reëls het ook veel meer omvat nl. eerlikheid, dapperheid, getrouheid, lojaliteit, pligsgetrouheid, idealisme, eer en eergevoel, en Christelike waardes in die algemeen – al daardie dinge wat in die « nuwe » Suid-Afrika en die aanloop daartoe met minagting in die slopsemmer gegooi is. Om vandag te praat van getrouheid of lojaliteit of integriteit is om uitgelag te word.
Die Middeleeue het natuurlik ook sy skadukante gehad, om by die Inkwisisie maar te begin. Skadukante is nou eenmaal deel van die menslike psige. (Joseph Conrad se « Heart of Darkness ».)
En dan, natuurlik het ander periodes in die geskiedenis nie juis ‘n tekort aan duisterhede gehad nie. Dink maar net aan die twintigste eeu. En dít sonder die kulturele prestasies.
Ten spyte van die tekortkominge het die Europese feodale stelsel ‘n onwrikbare sin gehad vir wat ‘n betekenisvolle en doelgerigte samelewing was – die lyfeiene was trou verskuldig aan sy heer en die edelman aan die koning en die koning aan God. Hierdie patroon is vir ‘n duisend jaar nooit bevraagteken nie. Vandag is so ‘n beskouing natuurlik ondenkbaar. Maar dan, aan die ander kant, is die samelewing waarin ons vandag leef, veel beter? Sekerlik is dit anders: ‘n afkophoenderbeskawing wat nie weet waarvandaan hy kom en waarheen hy op pad is nie, wat in niks meer glo nie en wat aan niks meer waarde heg nie behalwe vir ‘n paar ideologiese obsessies wat hom net verder en verder die verderf inhelp.
Die DA in die Vrystaat gaan ‘n regsmening inwin om te voorkom dat kragtoevoer na drie munisipailiteite in die provinsie afgesny word.
Dit volg nadat Eskom gewaarsku het dat die krag na die Ngwathe, Dihlabeng en Maluti-a-Phofung munisipaliteite teen 12-uur vanmiddag afgesny word as R736 miljoen in agterstallige skuld nie betaal is nie, het RSG berig.
Dit sluit dorpe soos Parys, Betlehem, Clarens, Harrismith en Heilbron in.
‘n Woordvoerder van Eskom, Anthony Scott sê die munisipaliteite het geen reëlings vir die volgende ses tot 18 maande getref nie en kan ook nie hulle huidige rekeninge betaal nie.
Scott sê die afsny van die kragtoevoer is die laaste uitweg, nadat dit reeds tot 31 Augustus en daarna tot 30 September uitgestel is.
Verskeie samesprekings is ook met die provinsiale regering gevoer.
Die stereotipe dat Japannese baie skoon mense is, is gestand gedoen deur ‘n wêreldwye opname oor hotelkamers in groot stede. Tokio het die hoogste punt behaal met 8,93/10.
Ander stede wat hoë punte behaal het op die webblad hotel.info, is Warskou in Pole met ‘n gemiddelde punt van 8,76, ‘n kortkop voor ‘n ander Oosterse stad, Seoel in Suid-Korea. Bratislawa in Slowakye het ook baie goed gedoen op 8,54, gelykop met Sofia in Bulgarye.
Afrikaners se gereelde klagtes dat Wes-Europeërs nie danig skoon mense is nie, word bevestig deur die lae punte wat Wes-Europese hotelle aangeteken het: Londen, Engeland (7,52), Oslo, Noorweë (7,53), Amsterdam, Nederland (7,58) en Kopenhagen, Denemarke (7,60).
Die groot stad met die vuilste hotelle is egter Rio de Janeiro wat slegs 7,29/10 behaal het.
Die stad ter wêreld wat die meeste besoekers jaarliks lok, Parys in Frankryk, het net effens beter as die vuil man van Europa, Londen, gevaar met 7,63.
Hotel.info het die graderings van hotelle se netheid gegrond op inligting wat deur meer as 6 miljoen van sy gebruikers verskaf is.
Rowers met Kalashnikov-aanvalsgewere het ‘n Saoedi-Arabiese prins van €250 000 in kontant en ‘sensitiewe dokumente’ beroof toe hulle sy motorkade van die Saoudi-ambassade in Parys aangeval het.
‘n Gesteelde voertuig waarin die agt gereis het om die aanval uit te voer, is later uitgebrand gevind.
Volgens die Franse polisie was die motorkade van die Saoediese ambassade in die noorde van Parys by Port de la Chapelle op pad na die lughawe by Le Bourget, toe die voorval plaasgevind het.
Niemand is in die aanval beseer nie.
Die owerhede ondersoek die saak. Hulle glo die aanvallers moes baie goeie inligting gehad het.
‘n Uitvoerverbod van drie jaar op Suid-Afrikaanse rooivleis is opgehef en die land is weer as “siektevrye-sone” gelys.
Die welkome stap kom nadat die rooivleisbedryf het ‘n geskatte R4 miljard per jaar verloor het sedert die verbod in werking getree het in Februarie 2011.
Die departement van Landbou sê die Wêreld-organisasie vir Dieregesondheid in Parys het Suid-Afrika se status herstel as ‘n bek-en-klouseervrye land.
Die direkteur-generaal van die departement van Landbou, Bosbou en Visserye, Edith Vries, het die opheffing van die verbod verwelkom.
Vries beskryf dit as “goeie nuus waarvoor die regering krediet moet ontvang”.
Die Organisasie het die hoofdirekteur in beheer van dieregesondheid in die departement in kennis gestel van die besluit nadat hulle die land besoek het en vasgestel het dat voorkomende maatreëls in plek gestel is
Gerhard Schutte, die hoof uitvoerende beampte van die Rooivleis Produsente-organisasie, het gesê hy is verheug oor die besluit.
“Dit is goeie nuus, nie net vir die rooivleisbedryf nie, maar vir die stoetbedryf, wol- en melkbedryf. Almal van hulle het probleme gehad as gevolg van die verlies van die bek-en-klouseervrye status,” het hy gesê.
“Die wolbedryf het groot probleme gehad om hul wol in China te kry.
“Die melk kon nie na buurlande gaan nie want daar was ‘n verbod op suiwelprodukte om uit te gaan.
“En die stoetdiere, hoofsaaklik beeste , maar skape ook, Hulle kan nou na buurlande gaan.”
In die jaar 2024 vind die Olimpiese Spele in Parys plaas. Dié stad het presies ‘n eeu gelede, in 1924, die Spele aangebied en daarom het die Olimpiese Komitee gevoel dat die Franse hoofstad verdien om weer as gasheer vir die Somerspele op te tree.
In die Stade de France ten noorde van Parys word daar oor die luidsprekers in die volgepakte stadion op Frans afgekondig: “Dames en here, verwelkom asseblief die atlete vir die Olimpiese Spele van 2024 in Parys!” Die skare juig asof op bevel en stadig begin een span na die ander die stadion binnestap. Soos die tradisie bepaal, neem die span van Griekeland die voortou, met hul blou en wit vlag wat onder die spreiligte wapper. “La Grèce!” kondig die omroeper hulle aan.
Daarna verskyn een land ná die ander alfabeties in die stadion. Ná Griekeland kom Afghanistan met hul swart, rooi en groen vlag verbygeloop. Daar is uiteindelik vrede in die land, ná jare van konflik en hul mans en vroue glimlag oënskynlik gelukkig vir die kameras.
Aan die suidekant van die stadion sit ‘n opgeskote Franse seun langs sy vader wat ‘n ingenieur by France Télécom, een van die plaaslike telekommunikasiemaatskappye is. Soos dit die Franse se geneigdheid is, is albei netjies aangetrek. Die seun dra ‘n kakiekleurige katoenlangbroek en ‘n wit langmouhemp waarop die groen krokodilltjie van Lacoste, die nasionale obsessie, pryk Gendaglik dra die vader nie ook Lacoste nie, maar ‘n vlootblou Italiaanse linnepak, met daaronder insgelyks ‘n wit linnehemp.
“Kyk pa, wie is daardie land, net agter Afghanistan?” Terwyl die skare en die aankondiger nog hul aandag by Afghanistan bepaal en Algerië reeds agter die onbekende groep atlete sigbaar is, spekuleer pa en seun enkele oomblikke lank oor wie dit kan wees.
“Dis ligte mense, waarskynlik Skandinawiërs. Miskien Denemarke,” sê die pa aan sy seun met daardie soort alwysheid wat eie aan ‘n Parysenaar en ‘n ingenieur daarby, is. Skielik val dit die vader by dat die letter D eers ietwat later in die alfabet volg en glad nie tussen Afghanistan en Algerië inpas nie.
“Maar kyk hoe hoe bruingebrand is hulle! Dit lyk nie asof hulle van ‘n koue land af kom nie?” sê-vra die seun ietwat snipperig aan sy pa.
“Ons sal seker binne enkele oomblikke hoor,” meen die pa, ietwat verleë ná sy skoot in die donker.
Die skare lawaai en dan kom die eerste eggogeluide uit die luidsprekerstelsel. Die aankondiger sê: “En al die pad vanuit…”
* * *
Elf jaar tevore in Suid-Afrika, in die jaar 2013 om presies te wees, gaan dit baie ver van Parys en die Stade de France, nie goed nie. Daar word wel rugbywedstryde in die verskeie ewe beroemde stadions van die land gespeel, maar sport is geen plesier meer nie. Rassekwotas is onlangs strenger gemaak en die toeskouers van Loftus Versfeld dreig om hul geliefde Blou Bul-span te boikot omdat die Blou-Bul-bestuursmaatskappy sonder om te blik of te bloos die rassekwotas instel en eerbiedig.
Die meeste blanke Afrikaners voer ‘n bittere stryd om oorlewing. Hulle is reeds stelselmatig uit die staatsdiens, die banke en die groot maatskappye geweer. Baie werk nou vryskut en deeltyds, boer hier en daar, of maak ‘n bestaan as knutselaars, klein vervoerkontrakteurs of eienaars van vulstasies. So pas het die politieke party waarvoor die meeste stem, egter tesame met die ANC ‘n selfs strenger swartbemagtigingswet in die parlement aanvaar wat alle maatskappye dwing om tot 40% swart aandeelhouding te hê. Diegene wat die wet oortree, sal tronkstraf op die hals haal.
Daagliks bereik die nuus van plaasmoorde en ander vorme van sadistiese geweld die moedelose volk wat in hul verslete klein motortjies op die snelweë rondry terwyl hulle ‘n groot deel van hul besteebare inkomste in die vorm van peperduur petrol letterlik verbrand. Rondom hulle jaag swartmans en -vroue in luukse Duitse sedans en viertrekvoertuie verby, met ‘n argeloosheid wat spreek van mag en die weelde wat dit moontlik maak. Af en toe kom een so ‘n voortuig met blou ligte verbygejaag en moet al die verslete klein motortjies padgee as ‘n BBP in die regering of die munisipaliteite, tesame met sy voertuie vol lyfwagte en handlangers, die ander voertuie so te sê van die pad afdruk.
Rooi Oktober, die 10de, 2013
Op Krugerdag 10 Oktober 2013 vind die Rooi Oktober-optog na die Uniegebou plaas. Slegs 600 Afrikaners neem daaraan deel, maar vir elkeen wat op ‘n Donderdagoggend opdaag, sou ‘n duisend graag daar wou wees. Via sosiale media versprei foto’s en kommentaar oor die gebeurtenis soos ‘n veldbrand. Benewens ‘n negatiewe hoofartikel in Beeld, ignoreer dié koerant, asook die Sondagkoerant Rapport, die betoging geheel en al, hoewel dit gaan om geweld teen hul eie lesers.
Dit verteenwoordig min of meer ‘n keerpunt. In die daaropvolgende maande neem ontevredenheid oor sadistiese geweld, regstellende aksie, korrupsie en wanbesteding van openbare fondse drasties toe. ‘n Proses van verandering in die openbare mening wat voorheen jare of selfs dekades sou geneem het, geskied binne enkele maande, danksy Facebook, Twitter, Disqus en ander sosiale media. Afrikaners verdeel in twee groepe: die meer fatsoenlikes wat praat van “keelvol” en die ander wat sommer prontuit vir almal wat wil hoor, vertel: “Ons is gatvol.”
Tussen Krugerdag en Geloftedag van 2013 vind ‘n stille revolusie plaas waaroor die HSM (hoofstroommedia) nie eens berig nie. Soos alle revolusies begin dit klein: in kafees, in huise, komiteekamers, vergadersale waar geen joernalis of TV-kamera ooit kom nie; daar word intens gepraat, met mekaar koppe gestamp, planne beraam en strategieë bedink.
Op die duur besef almal wat hulle te doen staan. Onder die voorwendsel van demokrasie, is die land deur plunderaars oorgeneem. Die wetteloosheid en korrupsie strek hulle ten goede, want almal is omkoopbaar en die staatskas waar al die geld versamel, is die plek waar elke misdadiger en oneerlike sakeman kan kom “skep”. Selfs buitelandse rampokkers is welkom, net nie Afrikaners nie. Dit geld ook die munisipaliteite waar bedrog en korrupsie aan die orde van die dag is.
Jare lank voer mnr. Jaap Kelder van die Nasionale Belastingbetalersunie reeds hofsake in ‘n poging om munisipaliteite te dwing om hul wanbesteding te staak en behoorlike dienste aan dorpe en stede te verskaf. Hy versprei vergeelde boeke van Leon Louw en Frances Kendall van die Vryemarkstigting waarin ‘n kantonstelsel vir Suid-Afrika in die vooruitsig gestel word.
Tydens ‘n vergadering van aktiviste iewers in Pretoria, staan iemand op en sê: “Hierdie korrupte Afrikastaat en sy groep plunderaars sal vanself in duie stort. Om te oorleef, kort ons twee goed: kapitaal en veiligheid.”
Daar word aan die werk gespring. Landwyd word honderde koöperatiewe spaarverenigings gevestig en binne enkele maande vloei miljarde rande uit die banke daarheen. Agterna word dit in produktiewe toerusting, geboue, goud en buitelandse valuta omgesit. By die Reserwebank van Suid-Afrika, wat deur ‘n Litause goewerneur, me. Gill Marcus, beheer word, word daar kop gekrap oor waarom die land se geldvoorraad skielik met twintig persent gedaal het. Die groot vier banke sukkel om genoeg deposito’s te in en die sentrale bank weet nie of hy rentekoerse moet laat styg of daal nie.
“Hierdie is ‘n oorlog, ‘n lae-intensiteitskonflik,” sê nog iemand in ‘n kafee in Randburg. “Daar is die semantiese oorlog, die daaglikse propagandakanon met woorde soos ‘apartheid’ en ‘rassisme’ wat oopgetrek word, maar dan ook die terreur in die vorm van plaas- en huisaanvalle wat voortwoed. Ons is besig om die semantiese oorlog op die internet en op sosiale media te wen, maar die fisieke oorlog teister ons steeds. Die gruweldade en uitwissing vind deurlopend plaas.”
“Wel, ons is goed op pad om ‘n nuwe finansiële stelsel vir Afrikaners te vestig,” antwoord sy gespreksgenoot. Hy is effens bles, met ‘n welige goudbruin snor. “Ons het reeds meer as 100 miljard rand se deposito’s en met al die geld wat nou in Afrikaner-mikrobedrywe belê is, begin ons ‘n tekort aan mannekrag ondervind en ons wil nie volksvreemdes begin aanstel nie. Dit laat ons met ‘n probleem, ook wat veiligheid betref. Wie gaan ons oppas? Ons kan nóg op die polisie, nóg op privaatveiligheidsmaatskappye vertrou. Ons moet so gou moontlik gemeenskapsveiligheidsdienste vestig, saamwerk met buurt- en plaaswagte. Die resep is reeds daar: dit moet net uitgebrei word.”
Via die internet, sms’e en ander alternatiewe media word ‘n reuseveldtog geloods. Met behulp van amptelike demografiese statistiek oor taal en ras, word min of meer bepaal waar Afrikaners in die land woon en só word sektore afgebaken en die veiligheidsbehoeftes bepaal. In rustige landelike gebiede sonder veel volksvreemdes is slegs monitoring en nooddienste nodig. Maar in stedelike gebiede met groot plakkerskampe, asook landbougebiede waar plaasmoordenaars deur radikale akademici en buitelandse NRO’s aangehits word, is privaatreaksie-eenhede met wapens, voertuie en kommunikasietoerusting nodig. Dit kos ‘n paar honderd miljoen rand.
Geloftedag op 16 Desember 2013 is die eerste keer in die geskiedenis dat Afrikaners nie net toesprake maak en koffie drink nie, maar ook – soos Jode by sinagoges – onder mekaar aandele in veiligheidsmaatskappye en -koöperasies verkoop. Teen Maart 2014 is groot dele van die land reeds baie veiliger. Die ANC-minister van veiligheid en sekuriteit verskyn op TV om aan te kondig dat die misdaadkoers gedaal het, “vanweë die volgehoue harde werk van my amptenare”. Die meeste Afrikaners hoor dit egter nie, want hulle kyk nie meer SAUK nie en lees ook nie die Nasperskoerante wat reeds jare lank ‘n semantiese oorlog teen hul eie lesers voer nie.
Gedurende 2014, 2015 en 2016 ontwikkel daar geleidelik ‘n nuwe kultuur onder Afrikaners. Teenoor die selfvernietigende individualisme en spreekwoordelike broedertwis van die verlede, ontstaan nou ‘n gees van saamstaan en “kom ons word sáám sterk en vry”. Die groot statussimbool is nie meer dié van die Bantoe, “kyk hoe duur is my motor” nie, maar “kyk hoeveel doen ek vir my volk”. ‘n Soort Spartaanse gees van oefening en paraatheid, dog ook trots op Afrikaans-wees, neem oor by die ou, leë materialisme en masochisme waarmee hulle só lank deur die hoofstroommedia en die korporatiewe adverteerders gebreinspoel is.
In dié jare verrys nuwe supermarkte en kafees, maar ook hoëtegnologiebedrywe. By Kleinfontein, oos van Pretoria, word een wolkekrabber ná die ander gebou wat kantore huisves van waar ‘n horde jong Afrikaanse programmeerders IT-dienste aan veral Duitsland verskaf. Afgetrede Duitse onderwysers word opgekommandeer om verkoopsmense taalvaardig te maak. Maar in Duitsland self word kantore in al die vernaamste stede geopen waar die toegewydheid, die hardwerkendheid en professionaliteit van die Afrikaner-Silicon-vallei besig word. Boonop daal die rand aanmekaar en is die Afrikaners se tariewe uiters mededingend as dit in euro omgereken word.
Insgelyks op Kleinfontein, word ‘n hospitaal en opleidingsentrum vir verpleegpersoneel gebou wat nie net mediese sorg aan Afrikaners verskaf nie, maar operasies teen mededingende tariewe aan Britte verskaf. Oral in Brittanje verskyn geteikende internetadvertensies: “Need an op? Come to Kleinfontein, your medical paradise.”
Iewers bestuur ‘n finansiële komitee die toevloei van buitelandse valuta en kapitaal na die Afrikanerekonomie. Heelwat daarvan word op allerlei vindingryke maniere geneutraliseer sodat die res van Suid-Afrika op sy gewone trant voortsukkel, met ‘n swak rand, stagflasie, vervallende infrastruktuur en staatskuld wat hand oor hand toeneem.
Tekens van voorspoed en welvaart begin onder Afrikaners sigbaar raak. Maar hulle ry steeds verslete klein motortjies en bakkies, met ‘n horde volkseie werktuigkundiges wat hul voertuie onderhou. Rondom Orania in die Noord-Kaap verrys ‘n tweede tegnopool waar veral laboratoria opgerig word, wat globale navorsingsdienste aan maatskappye in die Noordelike halfrond verskaf. Daar word ook hotelle, vakansie-oorde en konferensiesentrums opgerig wat toeriste van oor die aardbol aanlok, met goeie diens en volmaakte veiligheid.
Teen 2020 is Suid-Afrika se staatskas so byna-byna leeggesteel. DIe begrotingstekort beloop 30% en die staatskuld trek by 120% van BNP. Tyd om van die staat se bates te begin aankoop. Van die vervalle staatshospitale word vir ‘n appel en ‘n ei aan Afrikaners verkoop, met natuurlik ‘n bietjie omkoopgeld wat die transaksie olie, soos dit maar gewoonlik die geval met ‘n Suid-Afrikaanse staatsamptenaar is. Desperate ANC-amptenare verkoop selfs van hul tolpaaie om inkomste te verkry.
Vanaf 2015 begin Afrikanerkantonne een ná die ander onafhanklikheid van die sentrale regering verklaar, kragtens artikel 235 van die Suid-Afrikaanse grondwet wat luil:
Die Suid-Afrikaanse bevolking as geheel se reg op selfbeskikking soos in hierdie Grondwet vergestalt, belet nie, binne die raamwerk van dié reg, die erkenning van die konsep van die reg van enige gemeenskap wat ʼn gemeenskaplike kultuur- en taalerfenis deel, op selfbeskikking binne ʼn territoriale entiteit in die Republiek of op enige ander wyse, soos deur nasionale wetgewing bepaal.
In wese is dit ou blanke munisipaliteite, tesame met omliggende plase, wat afstig. Die sentrale regering staan magteloos om die proses van afstigting te keer, want sowel die grondwet as die internasionale reg maak daarvoor voorsiening. Een van die eerste dorpe wat tot dié stap oorgaan, is Heidelberg, hoofsaaklik om die Hoër Volkskool van ondergang te red. Toe die Heidelbergkanton tot stand kom, is dit asof ‘n sluis oopgetrek word en oral in die land vind vergaderings plaas waar selfbeskikking uitgeroep word. In plaaslike en internasionale howe woed allerlei hofsake, maar intussen steur gemeenskappe hulle nie meer aan die ANC-munisipaliteite, die staat of, les bes, die Ontvanger van Inkomste nie. Groot verwarring heers in die Suid-Afrikaanse howe, wat geen saak van die Ontvanger teen ‘n oud-Suid-Afrikaanse belastingbetaler kan aanhoor alvorens daar uitsluitsel kom oor watter hof in die nuwe kantonne oor jurisdiksie beskik nie.
Die Kantonale Bank van Heidelberg doen fluks sake en begin selfs sy eie geldeenheid uitreik wat so min of meer aan die euro gekoppel is. Die eerste wolkekrabber is reeds in Heidelberg in aanbou om in die vraag na kantoorruimte en verblyf te voldoen.
Binne die eerste paar jaar van die nuwe Afrikanerbeweging, ontstaan ‘n groot mannekragtekort. Pensioenarisse word heropgelei, van skootrekenaars voorsien en selfs tieners op skool begin op ‘n vroeë ouderdom deeltyds werk omdat die ontluikende Afrikanerekonomie voortdurend nuwe werknemers benodig. Volgens beskikbare syfers, behaal die groeikoers in sommige jare ‘n ongehoorde 20 persent! Soos wat Afrikaners loskom van die parasitiese, korrupte stelsel van Suid-Afrika, is hulle soos atlete wat met gewigte aan geoefen het en nou skielik vry kan hardloop.
Vliegtuie uit Australië, Nieu-Seeland en Kanada is skielik volgepak met terugkerende Afrikaners wat onmiddellik in die netwerk van kantonne opgeneem word. Hul kinders word weer aan Afrikaans blootgestel met dubbelmediumonderrig in Afrikaans en Engels, met ‘n geleidelike oorskakeling na Afrikaans.
Met die staatskas wat leeg bloei, verklaar die ANC-bewind hom bereid om van sekere kampusse ook ontslae te begin raak. Pretoria, Potch en Bloemfontein word sommer gelyk aan ‘n Afrikanerkonsortium verkoop. Die bestaande kleurlingrektore en blanke apparatsjieks wat dié instellings oor die jare probeer verengels en venietig het, word voor die voet afgedank. Hulle word nie eens toegelaat om hul lessenaars leeg te maak nie, maar word deur veiligheidspersoneel van die perseel verwyder. Die akademiese personeel word insgelyks gesuiwer van marxiste, feministe en ander geestelik versteurdes wat met ‘n pakkie valium huis toe gestuur word.
Teen 2020 doen Der Spiegel die eerste groot artikel oor “Das Afrikanerwirschaftswunder” en ‘n horde internasionale TV-joernaliste sak op die Afrikanerkantonne toe om ondersoek in te stel na die geheim van hul verbysterende sukses. Hulle kom agter die spaarkoers is omtrent dertig persent en daar bestaan ‘n stelsel van permanente opleiding waaraan almal deelneem, van kleuters tot bejaardes in hul sewentiger- of tagtigerjare – alles in Afrikaans. Meesal loop mense in kortbroeke, tweekleurhemde en vellies rond en stel meer in hul finansiële beleggings as in verbruik belang. Kort-kort skenk ‘n ryk Afrikaner ‘n vleuel aan ‘n hospitaal, skool of universiteit wat aangebou word en waar nog werk vir sy volksgenote geskep word.
Selfs met die diaspora-Afrikaners terug in die vaderland, raak die arbeidstekort egter nypend. Soos in Japan, is daar oral outomate wat koffie, tee en koeldranke bedien. Selfbedieningsrestaurante wat deur een of twee mense bedryf word en wat slegs van weggooibare borde en eetgerei gebruik maak, is die norm.
Daarom word ‘n nuwe immigrasieplan soos laas in die vyftigerjare van stapel gestuur. Lande en gebiede in Europa word geïdentifiseer waar armoede en werkloosheid heers en werwingskantore word geopen om jong immigrante na die Afrikanerkantonne te lok. Tot ‘n honderdduisend Europese immigrante word jaarliks met skepe na Suid-Afrika gebring, met Afrikaanse lesse en ‘n inburgergeringskursus wat reeds op die skip begin, nes in die vyftigerjare. Die nuwe immigrante word deur die Afrikanerekonomie geabsorbeer en van die vervalle stedelike gebiede in Pretoria, Roodepoort en Randburg word herwin om hulle te kan huisves. Die Gilde van Afrikaanse argitekte hou jaarliks ‘n groot kongres waar nuwe boustyle en tegnologie wat die minimum arbeid vereis, bespreek word. Dit gaan egter ook daaroor om ‘n nuwe Afrikaanse omgewing te skep, wat tegelyk modern en inheems Afrikaans is. In die kafees waar jy self jou koffie by ‘n masjien moet gaan tap en jou koeksister uit ‘n outomaat val, argumenteer filosowe, kunstenaars en teoretici oor presies wat suiwer Afrikaanse argitektuur of kuns sou wees en wat nie.
Intussen ploeter Suid-Afrika op sy ingeslane weg voort. Die utopie van gelykheid, kollektiwisme, nie-rassigheid, regstellende aksie, diversiteit, bemagtiging en die eerwaarde Jesse Jackson se “reënboognasie” word gaandeweg verwesenlik. Dit lyk min of meer soos Zimbabwe met werkloosheid in die orde van tagtig tot negentig persent. Trouens, vele Zimbabwiese immigrante begin noordwaarts emigreer omdat omstandighede daar beter as in Suid-Afrika is.
Omdat die ekonomiese koek – of eerder ‘n kolwyntjie – al hoe kleiner word, is daar ook meer politieke konflik tussen die lede van die regerende elite. Sluipmoorde tussen leiers van partye, maar ook binne partye neem toe. Mevrou Zille word tussen die oë deur ‘n Zoeloe-sluipskutter uit Nkandla gepot en die gemiddelde standaard van politieke dans op die verhoog styg ‘n paar kerwe.
NAVSFED se embleem, wat reeds vir internasionale byeenkomste gebruik is
Die Afrikanerkantonne het hul eie probleme en word ietwat multikultureel, want al hoe meer Pools, Frans, Duits en Nederlands word op straat gehoor soos wat nuwe immigrante aankom.
Teen 2022 word die netwerk van Afrikanerkantonne die grootste ekonomie in Afrika en steek dié van Suid-Afrika verby. Groot dele van wat steeds Suid-Afrikaanse grondgebied is, word deur Afrikanerboere en -entrepreneurs opgekoop met die oog op herwinning en uitbreiding.
Om lid van die Olimpiese Komitee te word, het mens nie ‘n onafhanklike staat nodig nie. Daarom is die eerste stappe om ‘n Afrikaner- Olimpiese Komitee te vestig reeds in 2012 deur organisasies wat met volkseie sport gemoeid was, soos die Nasionale Afrikaner Volkseie Sportfederasie (NAVSFED) geneem om ‘n aansoek om lidmaatskap in te dien.
In 2014 is die aansoek ingedien en reeds vanaf 2016 neem ‘n Afrikanerspan aan die Olimpiese Spele deel.
* * *
“En al die pad vanuit Suider-Afrika (op Frans praat die aankondiger van Afrique australe wat so min of meer die hele streek beteken, dus van geen spesifieke land nie, want daar is atlete vanuit Namibië ook in die span), die Afrikaners!”
Skielik word die hele Stade de France stil, ademloos. Die skare staar hulle aan, asook die anderhalf miljard televisiekykers wat op daardie oomblik na die openingseremonie van die 2024-spele kyk. Met ligte tred, gemaklik, stap ‘n sestigtal vreemde wesens uit die verre Suide die stadion binne. Hulle dra gemaklike klere: wit linnebroeke, groen kleurbaadjies met ‘n Springbokembleem op, maar – knipogie na ‘n oorlog lank gelede – vilthoedens met die een rand opgeslaan. Die vroue-atlete dra ‘n soort postmoderne kappie, met lang wit linnerokke wat by die mans se broeke pas. Hulle sweef soos Walkurebruide die stadion binne.
Dan haal die mans hul hoedens van hul koppe af en wuif vir die skare, om ‘n verskeidenheid blonde en donker haardosse, met selfs ‘n rooikop onder hulle, te ontbloot.
Die applous is oorverdowend. Nie net is die verwagtinge groot vir die span uit die Suide van Afrika nie, maar met hul ligte dog sonbruin velle, straal hulle iets besonders, amper goddeliks, uit. Voor stap ‘n jong meisie in haar lang rok en stylvolle kappie. Aan ‘n stok dra sy die eeue oue oranje-blanje-blou, waarvan die kleure skokkend helder onder die flitsende kameras vertoon.
In die span is daar ‘n Pool of twee wat inderhaas kantonale burgerskap moes verkry en Afrikaans nog bietjie krom en skeef praat, maar soos wat eers Albanië en dan Algerië agter die Afrikanerspan inval, bestaan daar min twyfel oor wie in dié geledere die ware A-span is.
Op die pawiljoen sê die Franse seunskind aan sy pa: “Natuurlik, dis die Afrikaners!”
“Mais oui, dis hulle,” antwoord die vader, ietwat verleë. “Hoe kon ek hulle met Skandinawiërs verwar? Aan die ander kant, vir Afrikane lyk hulle só… wit. Ek wens die Franse span kon só gelyk het.”
‘n 84-jarige man het naby Parys, Frankryk gesterf toe ‘n olifant wat aan ‘n plaaslike sirkus behoort, uit sy kampie ontsnap het en die niksvemoedende petanque-speler met die slurp geslaan het, het die polisie Maandag gesê.
Die olifant, Tanya, het Sondagmiddag soos gewoonlik in Lizy-sur-Ourcq, sowat 50 km van Parys, opgetree en is ná die vertoning teruggeneem na haar opelug-kampie.
Die olifant wou nie vroeër saamspeel met die toertjies nie en is so deur die afrigter geslaan dat die kinders in die gehoor begin huil het.
Ooggetuies het aan die polisie beskryf hoe die olifant deur die versperrings geploeg het. Die olifant het ‘n seil gebruik om die elektriese omheining se skokke te keer.
Die olifant het toe in die rigting van ‘n bejaarde man beweeg en die man met die slurp geslaan. Die ongeïdentifiseerde man is na ‘n hospitaal geneem, waar hy Sondag gesterf het.
Eintlik vier ek glad nie ANC-vakansiedae nie en beskou dit net as ‘n rustige werksdag sonder verkeer of onderbrekings waartydens ‘n mens baie gedoen kan kry. Behalwe die polities korrekte banke, is omtrent al die winkels in elk geval oop, dus heers daar ‘n verfrissende gebrek aan toewyding aan “Wimmens day”.
Netnou het ek egter skrams die opskrif van een van Naspers se idiotiese rubriekskryfsters op News24 raakgesien; elke jaar dien “Wimmens day” as voorwendsel om verslete feministiese clichés aan ons op te dring. Daarom voel ek my genoop om, soos ‘n witmens wat ‘n papier op die vloer sien lê, dit op te tel en in die snippermandjie te gooi. Of om die stuk onkruid of kakiebos uit te trek, voordat dit vervuil.
Ek verbeel my ‘n week of twee gelede het die joernalistiekdosent op die Potch-kampus en eertydse Huisgenoot-joernalis, Hannelie Booyens, insgelyks ‘n tirade teen vroue wat kan kook en dalk mooi lyk op Rapport se webwerf gelewer.
Op die keper beskou, was dit ‘n tirade teen die Afrikanervrou as sodanig. Want die meeste Afrikanervroue kán kook en vele is beeldskoon. Naas die Bybel, is die legendariese Kook en geniet deur mev. S.J.A. de Villiers die gewildste boek in Afrikaans wat volgens die uitgewers in verkope al die halfmiljoenkerf verbygesteek het. Trouens, ons Boerekos en Afrikaanse kookkuns vergelyk enige dag met dié van die Franse en Italianers. Met dié verskil dat ons kookkuns nie deur professionele kokke soos die Franse s’n gerugsteun word nie, maar deur ons Afrikanervroue. In elke huis leef daar ‘n groot stuk Afrikanerkultuur in die vorm van al die heerlike disse wat die huisvrou gereeld aan haar gesin voorsit.
Resepte word van geslag tot geslag oorgedra. In my familie is daar ‘n sjokoladekoekresep wat my ouma gemaak het en waarmee ek grootgeword het omdat my oorlede ma dit van kindsbeen af by haar geleer het. My suster maak dit nou en vir seker sal my dogter dit ook aanleer, waarmee die tradisie ad infinitum sal voortduur.
As ‘n besondere sjokoladekoek tiperend van die Afrikanervrou se tradisie in die kombuis is, is ressentiment, domheid en selfs gebrek aan beskaafdheid en goeie maniere kenmerkend van feminisme. Destyds toe feminisme in Suid-Afrika eintlik nog onbekend was, het ek op ‘n keer in die geselskap van ‘n groepie feministe beland wat ‘n soort buitelugvergadering gehou het. Afgesien van die pretensieuse groet wat veronderstel was om ‘n verwysing na die vroulike geslagsdeel te wees, het die res van die vergadering ontspoor omdat daar ‘n hele debat losgebars het daaroor of ek “as man” en as lid van die vyandelike spesie vermoedelik, by die vergadering geduld kon word.
Afgesien van sielkundige afwykings, sadomasochisme en wat nog, is feminisme is vir my sinoniem met domheid, onbeskawing en ‘n soort Stalinistiese onverdraagsaamheid. Vrouens wat nie kan kook nie beskik gewoonlik oor geen smaak nie, ook op ander gebiede.
Die kreet om vrouens “van die kombuis te bevry” verteenwoordig die gromgeluid van barbarisme en ‘n terugkeer na ‘n dierlike toestand toe voedsel rou verorber is. Vir diegene wat nie weet nie, die wortel van die woord “kru” – wat uit Frans afkomstig is – is “rou” of “ongekook”.
Alle illusies wat ek eens oor die intellektuele inhoud van feminisme gekoester het, is vir my uit die weg geruim toe ek in Parys op ‘n stadium die seminaar van ‘n beroemde Franse feminis, Hélène Cixous, bygewoon het. Op ‘n dag sou ek op Frans ‘n referaat oor ‘n taamlik polities korrekte boek, die briewe van ‘n Nederlandse Jodin tydens die tweede wêreldoorlog, Etty Hillesum, lewer. Ek het taamlik moeite gedoen om die twee Franse vertalings van die boek te lees en selfs die oorspronklike van Amsterdam te bestel. Die boek staan nou nog hier op my rak vol boekmerke en papiertjies met my notas wat ek destyds gemaak het.
Ewenwel, die feit dat ‘n manlike idioot soos ek, wat boonop van Suid-Afrika afkomstig was, Nederlands kon lees, was vir Hélène Cixous reeds ‘n bedreiging en daarom het haar gewone neerhalende opmerkings oor “mans” of “‘n man” of “die man” oorgegaan in ‘n onderliggende venyn en onbeskoftheid. Sy het my so te sê ten aanhoor van die hele lesingsaal verneder, verseg om my referaat aan te hoor en ‘n dom, vet Amerikanerin met ‘n dik bril wat haar oë so groot soos visdamme laat lyk het, in my plek ‘n stereotipe bydrae laat voorlees.
Cixous het ook ‘n kwasi-poëtiese roman wat Winnie Mandela verafgod, Manne, gepubliseer. “Manne” in Frans beteken “manna”. Die Mandelas – Winnie en Nelson – is manna uit die hemel. So iets. U verstaan reeds die strekking van die boek.
Elke Afrikanervrou wat ek teëkom en wat nog nie deur die aaklige feminisme vergiftig is nie, is vir my soos ‘n wonderwerk. Ons besef nie watse kleinood ons vroue verteenwoordig nie en die feit dat ons hulle tans nie genoegsaam teen die horde moordenaars en verkragters in ons land beskerm nie, is ‘n skandvlek op ons Afrikanermans.
In vele opsigte is die Afrikanervrou – in die kombuis en in die klaskamer – die draer van ons beskawing. Soos die geskiedkundige, Hermann Giliomee, al aangedui het, het ons Afrikaners van vroeg af aan ons vroue as gelykes behandel en mog hulle luidens Romeins-Hollandse reg eiendom besit het terwyl dit in die meeste Europese lande nie die geval was nie. Ons vroue kon stem lank voor die vroue van Brittanje en dié van vele Amerikaanse state. Terwyl die man buite op die land geboer het, het ons vroue dikwels die beursie gehou en die finansies van die huishouding behartig. Jaap Steyn het elders op dié webwerf ‘n wonderlike beskrywing van ‘n ou Kaapse plaas verskaf:
“Die gevestigde boer het soos ‘n outydse edelman sy groot huishouding ingerig en geregeer…
“Lichtenstein skryf dat so ‘n boerdery meer na ‘n klein, selfstandige en afgesonderde staat lyk, waarvan die lede mekaar bystaan en van mekaar afhanklik is. Uit die opbrengs van die lande en die veetroppe moet die mense onderhou word. Daar is geen handwerk waarin nie minstens een van die slawe bedrewe is nie. Die huisbaas wat van al die soorte werk iets af weet, hou toesig. ‘Ofskoon hy self geen hand aan die werk slaan nie, sou dit nogtans die hoogste onregverdigheid wees om hom van luiheid te beskuldig. Die Afrikaanse landman is inderdaad werksaam en bedrywig sonder dié uitwendige besigheidsgedoente en woelagtige bestellery, waarmee in Europa die luiheid en werkloosheid soms so mooi bemantel word.’
“Die huismoeder met haar dogters en slavinne het die groot huishouding van kos en klere voorsien, botter en seep gemaak, konfyt gekook en dergelike. By feesgeleenthede, soos ‘n bruilof, die verjaardag van die huisvader, ‘n vendusie of as daar kuiergaste is, het die boervrou uitgehaal en ‘n groot oorvloed van lekkernye aan haar gaste voorgesit: gebraaide speenvarkies, pluimvee, kerrievleis, sosaties, blatjang, ingemaakte vrugte.”
Die bedrywige Afrikanervrou wat haar geslagsrol al eeue lank met oorgawe uitleef, staan in skerp kontras met die mannetjiesagtige, venynige skepsel wat die feminisme as “bevryde vrou” aan ons voorhou.
Met hul skeefgetrekte renons in styl, smaak en beskawing, is daar inderdaad ‘n legio dinge waaraan feministe ‘n broertjie dood het en waaroor hulle luidkeels in die media en aan die universiteite beswaar maak, selfs heksejagte voer. Onder andere die mooi woord, “dame”. Dis nog ‘n Franse leenwoord in Afrikaans wat iets van die adellike swier van die Franse howe van die sestiende en sewentiende eeue met hom saamdra. Die Franse ekwivalent van “mevrou” is vandag nog: Madame, letterlik “my dame”.
Afrikaanse vrouens is inderdaad dames. Selfs al is hulle fietsryers of Olimpiese spiesgooiers soos Sunette Viljoen, herken ons in hul houding en grasie daardie adellike verfyndheid wat hulle so besonders maak. Soos Goethe dit in sy drama Faust gestel het:
‘n Skildery wat herontdek is en wat glo deur Vincent Van Gogh geskilder is, word tans in ‘n museum in Nederland tentoongestel.
Deskundiges glo dat Le Blute-fin meul, ‘n kleurvolle skildery van mense by ‘n windmeul in Parys, in 1886 deur die Nederlandse kunstenaar geskilder is.
Ralph Keuning, direkteur van die Museum de Fundatie in Zwolle waar die kunswerk nou te siene is, het die skildery in 2007 herontdek en dit is later as ‘n egte Van Gogh-skildery verklaar.
Dirk Hannema, ‘n eksentrieke kunsversamelaar, het graag gespog dat hy sewe Vermeers, etlike van Goghs en ‘n paar Rembrandts in sy versameling het.
Hy was ten minste, 25 jaar na sy dood, reg oor die van Gogh. Die veramelaar het die skildery in 1975 van ‘n antieke handelaar in Parys gekoop wat nie veel waarde aan die werk geheg het nie. Hannema het egter geglo dit is die ware jakob en die skildery dadelik vir sestien keer die koopprys laat verseker.
Louis van Tilborgh, kurator van navorsing by die Van Gogh Museum in Amsterdam, sê die skildery is ongewoon vir die 19de eeuse impressionis omdat die figure groot in die landskap vertoon. Dit beeld die toneel van Parysenaars wat die houttrappe van die meul in die Montmartre-distrik klim, uit.
In ander opsigte is dit ‘n tipiese van Gogh met helder kleure wat dik op die doek aangewend is. Die skilderdoek bevat ‘n waarmerk van die winkel wat die kunstenaar dikwels besoek het, asook pigmente in die verf wat hy in ander werke aangewend het.
‘n Stelling wat gereeld gemaak word is dat die regering ‘n beheptheid met middelmatigheid het.
Om die vlakke van dienslewering, en in die besonder munisipale dienslewering, as middelmatig te beskryf word nie deur die werklikheid gereflekteer nie.
Dis swak.
Die verslae van die ouditeur-generaal oor die stand van sake in munisipaliteite is reeds genoeg bewys dat die woord “middelmatigheid” hier ‘n erge eufemisme is.
Tog verklaar die Vrystaatse premier dat die vlakke van dienslewering in dié provinsie goed is, en dat die inwoners tevrede is daarmee.
Sy woorde is skaars geuiter of sy eie tuisdorp, Parys, se munisipaliteit, moet in die hof in Heilbron redes aanvoer waarom ‘n bestraffende kostebevel nie teen ampsdraers van dié munisipaliteit gemaak moet word nie, na die munisipaliteit bloedneus ‘n rondte in die hof gekry het. Dié hofsaak, wat deur die Heilbron-belastingbetalersvereniging aanhangig gemaak is, het beslis nie uit tevredenheid met dienslewering gevloei nie.
Die munisipale onluste in onder meer Harrismith, Boshof en Jagersfontein ook nie. Trouens, volgens Municipal IQ was daar vanjaar landswyd ‘n skerp toename in onrus oor munisipale dienslewering, met die Vrystaat wat persentasiegewys meer as sy deel van die onluste beleef het.
Boonop verskyn amptenare en oud-amptenare van die provinsie se naasgrootste stad, Welkom, op kriminele aanklagte in die hof wat weens die Matjabeng-munisipaliteit se hantering van die stad en omgewing se rioolwerke. In ander munisipaliteite is siviele hofbevele hieroor teen Vrystaatse munisipaliteite verkry.
Die Vrystaatse bloudruppel-status word op enkele uitsonderings as skrikwekkend beskryf.
In die Vrystaatse hoofstad gaan dit nie beter nie. Ter demonstrasie, die geval van ‘n stormwater-inlaat se deksel wat deur ‘n swaar voertuig op ‘n sypaadjie stukkend getrap is. Dit is deur ‘n lid van die munisipale wykskomitee behoorlik gerapporteer, en gerapporteer en gerapporteer. Na meer as ‘n jaar het die meegaande foto in ‘n koerant verskyn, en na nog meer as ‘n jaar gaap die gat steeds op die sypaadjie. In hierdie tydperk het die Mangaung-munisipaliuteit ‘n hofsaak verloor na ‘n vrou in ‘n oop mangat op ‘n sypaadjie geval het na die deksel vir skrootyster gesteel is.
Magashule se opmerking plaas nuwe betekenis aan sy woorde by ‘n Salga-kongres dat onbevoegde en korrupte munisipale bestuurders en burgemeester die trekpas gaan kry. Hy is destyds uitgelag.
Hy het hierna laat blyk dat sy LUR’e wat nie die mas opkom nie, ook die trekpas gaan kry, en die getal van drie is selfs genoem, sodat die media bespiegel het watter drie hierdie lot te beurt gaan val.
Uiteindelik, so lyk dit, is vlakke van dienslewering wat Magashule as bevredigend beskou, nie juis teksboekvoorbeelde van bevredigend nie. Trouens, om hierdie vlakke van dienslewering aan ‘n beheptheid met middelmatigheid te beskryf, kom op politieke korrektheid in die oortreffende trap neer.
Dit sal Suid-Afrika loon om die oog op die telbord te hou. Die debakel rondom Collins Chabane se aanwending van sy amptelike kredietkaart word veral geaksentueer deur die feit dat hy die staat se beoogde optrede teen korrupsie moet orkestreer.
Julius Malema het weer gesorg dat die kollig op hom val deur te verklaar landbougrond is van swart mense gesteel.
Brittanje het intussen ‘n amptelike waarskuwing aan sy burgers uitgereik dat hulle tydens hul Fifa-besoek in Suid-Afrika gekaap kan word.
Die Franse begrotingsminister Eric Woerth het Sondag sy afgryse uitgespreek oor ‘n publisiteitsfoefie in die Franse hoofstad wat tot ernstige geweld deur swart jeugdiges gelei het.
Die bemarkingswebtuiste Mailorama.fr moes inderhaas hulle plan om koeverte vol kontant aan Parysenaars uit te deel, kanselleer te midde van geweld wat uitgebreek het nadat duisende mense opgedaag het en deur die veiligheidsversperrings begin dring het.
Die maatskappy sou Sondag vanaf ‘n bus se dakverdieping die koeverte kontant na die skare afgooi.
Die besluit om nie voort te gaan met die foefie nie, het die geweldpleging vererger. Die gebeurtenis is vooraf oral onophoudelik geadverteer, en duisende het opgedaag, maar toe die boodskap kom dat dit afgestel is, het woedende groepe swart jeugdiges winkelvensters begin breek en motors probeer omgooi. Fotograwe en kameramanne is ook aangerand.
Die onluspolisie moes ingeroep word om die oproer onder beheer te bring en 10 mense is in hegtenis geneem.
Woerth het aan ‘n jeugradiostasie gesê “Hierdie soort optrede van maatskappye vervul my met afgryse. Hulle het dit al in die VSA gedoen, maar daar is geen rede om dit in Frankryk te doen nie.”
Rentabiliweb, die maatskappy agter Mailorama.fr, het in ‘n verklaring gesê hulle het amptelike toestemming gehad anders sou hulle nie voortgegaan het met wat hulle as ‘n “vriendelike, genotvolle en aangename kontant-teruginisiatief” beskryf nie.
“Rentaliweb keur dié soort optrede ten sterkste af.”
Hulle het aangedui dat hulle 100 000 euros aan liefdadigheid gaan skenk.
Woerth het ontken dat die geweld enige ander betekenis vir die Franse samelewing se rassesamestelling inhou.
“As jy vir mense sê ‘kom op so-en-so ‘n tyd want ons gaan geld uitdeel’, sal hulle kom, of hulle nou Duits, Belgies of van Costa Rica is,” het hy gesê.
Hy het ook ontken dat Frankryk “op die rand van ‘n maatskaplike uitbarsting” verkeer.
“Nee glad nie. Ons verkeer op die rand van onnoselheid,” het hy gesê.