‘Ons verkeer op die rand van onnoselheid’

Swart en Arabiese jeugdiges keer motors omDie Franse begrotingsminister Eric Woerth het Sondag sy afgryse uitgespreek oor ‘n publisiteitsfoefie in die Franse hoofstad wat tot ernstige geweld deur swart jeugdiges gelei het.

Die bemarkingswebtuiste Mailorama.fr moes inderhaas hulle plan om koeverte vol kontant aan Parysenaars uit te deel, kanselleer te midde van geweld wat uitgebreek het nadat duisende mense opgedaag het en deur die veiligheidsversperrings begin dring het.

Die maatskappy sou Sondag vanaf ‘n bus se dakverdieping die koeverte kontant na die skare afgooi.

Die besluit om nie voort te gaan met die foefie nie, het die geweldpleging vererger. Die gebeurtenis is vooraf oral onophoudelik geadverteer, en duisende het opgedaag, maar toe die boodskap kom dat dit afgestel is, het woedende groepe swart jeugdiges winkelvensters begin breek en motors probeer omgooi. Fotograwe en kameramanne is ook aangerand.

Die onluspolisie moes ingeroep word om die oproer onder beheer te bring en 10 mense is in hegtenis geneem.

Woerth het aan ‘n jeugradiostasie gesê “Hierdie soort optrede van maatskappye vervul my met afgryse. Hulle het dit al in die VSA gedoen, maar daar is geen rede om dit in Frankryk te doen nie.”

Rentabiliweb, die maatskappy agter Mailorama.fr, het in ‘n verklaring gesê hulle het amptelike toestemming gehad anders sou hulle nie voortgegaan het met wat hulle as ‘n “vriendelike, genotvolle en aangename kontant-teruginisiatief” beskryf nie.

“Rentaliweb keur dié soort optrede ten sterkste af.”

Hulle het aangedui dat hulle 100 000 euros aan liefdadigheid gaan skenk.

Woerth het ontken dat die geweld enige ander betekenis vir die Franse samelewing se rassesamestelling inhou.

“As jy vir mense sê ‘kom op so-en-so ‘n tyd want ons gaan geld uitdeel’, sal hulle kom, of hulle nou Duits, Belgies of van Costa Rica is,” het hy gesê.

Hy het ook ontken dat Frankryk “op die rand van ‘n maatskaplike uitbarsting” verkeer.

“Nee glad nie. Ons verkeer op die rand van onnoselheid,” het hy gesê.

 

games onlineФільчаков прокурор