“Daar was in die verlede al baie mense wat gesê het dat ons ons belastingbetalings van die regering moet weerhou op grond van SEB, diskriminasie en swak en/of nie-dienslewering,” skryf mnr. Jaap Kelder wat al verskeie suksesvolle hofsake teen munisipaliteite gevoer het waar plaaslike belastingbetalers geweier het om te betaal weens administratiewe foute of gebrek aan dienslewering.
Hier volg die res van Kelder se verklaring
Dit was nog altyd die NBU (Nasionale Belastingbetalersunie) se standpunt dat sodanige weerhouding onwettig sou wees en dat weerhouders met boetes en rente bestraf sou kon word tot so ‘n mate dat dit ‘n weerhouder finansieel sou kon uitroei.
Met die regering se ondeurdagte optrede mbt. die bekamping van die koronavirus het dit tot enorme krisisse mbt winsgewendheid en kontantvloei by baie firmas en individue gelei.
Die uwe is onder diegene wat ook deur die regering se optrede direk geraak is en gevoglik het ek ‘n skrywe aan die SAID gerig waarin ek hulle in kennis stel dat ek voorlopig nie meer BTW gaan betaal nie.
Ons het dus nou grondige en wetlike redes om ons betalings aan die SAID op te skort vir solank as wat ons redelikerwyse kan bewys dat die weerhouding gefundeerd is. Om te vra hoe lank is om te vra hoe lank ‘n stukkie tou is!
Die regering is natuurlik ook heeltmal bewus van die feit dat hulle die ekonomie nou behoorlik opgefoeter het en ons haal aan uit Ramapokker se toespraak op die 21ste. “PAYE payments that can be deferred will be increased to 35%”. Dit geld egter net vir firmas met ‘n omset van minder as R100m per jaar. Weens die regering se gedwonge sluiting van firmas is ons van mening dat almal wat BTW en LBS-bedrae moet oorbetaal die volle bedrag wettiglik kan weerhou. Verder het Ramapokker verklaar dat “No penalties for late payments will be applicable if they can show they have been materially negatively impacted in this period”.
Ons het ook verder ons huiswerk gedoen deur die weerhouding na ons advokaat, wat ook die Kostersaak suksesvol vir ons hanteer het, te verwys vir sy kommentaar. Alhoewel hy dit nie in sy antwoord vermeld nie, het hy telefonies met ons bevestig dat hy die aangeleentheid op sy beurt weer met ‘n senior advokaat, wat in belastingsake spesialseer, bespreek het en dié het ook sy goedkeuring aan die voorgestelde weerhouding toegesê.
Daar is natuurlik altyd die moontlikheid dat die SAID, net soos die munisipaliteite, eensydig sal optree en weerhouders gaan aanpak en gelde uit belatingbetalers se rekeninge gaan trek. Dit is dan ook waarom ons die SAID gewaarsku het om dit nie te doen nie.
Sou die SAID geld uit ons rekening trek sal ons dit in die hof beveg. Die prosedure wat ons sal volg is dat ons op daardie stadium dit op ons poslys sal versprei. Almal wat op daardie stadium geld weerhou, sal uitgenooi word om aan die hofaksie as applikante deel te neem. Om die hofaksie te befonds sal elke deelnemer versoek word om afskrifte van sy LBS en BTW aan ons te stuur tesame met ‘n betaling van 5% van die bedrag wat van die SAID weerhou is.
Aangesien persoonlike inkomstebelasting 39% en BTW 25.8% — in totaal dus 64.8% van die totale begrote staatsinkomste vir die huidige jaar uitmaak — kan hierdie weerhoudingsaksie nogal ‘n wesenlike verskil maak en ons in ‘n meer gunstige bedingingsposisie plaas sou daar in die toekoms oor selfbeskikkng onderhandel moet word. He who pays the piper calls the tune. Bygesê natuurlik dat daar aangeneem kan word dat die aksie beduidende steun van die belastingbetalers gaan kry en ons nie weer met ‘n klomp lamsakke gaan sit nie.
Die dorp Reddersburg het hom van ANC-politici bevry en inwoners verskaf nou self hul eie dienste aan blank en swart, soos wat mnr. Jaap Kelder in dié video verduidelik. Dit volg nadat die Kopanong-munisipaliteit weens wanbestuur onder administrasie geplaas is. Inwoners onthou wettiglik betalings aan die munisipaliteit en bedryf hul eie alternatief.
In hierdie sesde episode van Sondagaktueel word daar gepraat oor Panyaza Lesufi wat ‘n prokureursbrief aan Dan Roodt gestuur het, asook die moord op die Kaapse ruiter, Meghan Cremer. Die onteiening van siekefondse se reserwes deur die ANC-bewind is nog ‘n negatiewe aankondiging vandeesweek. Maar elke donker wolk het ‘n silwer randjie en op Reddersburg is inwoners besig om na hulself om te sien, sonder hulp van die ANC-munisipaliteit. Ook “Kragdag” oos van Pretoria het vanjaar ‘n groot opkoms gehad en Afrikaners ontdek hul verborge talent as entrepreneurs.
Internasionaal het die skietery in El Paso en Dayton, Ohio, geweldige reaksie ontlok. Maar is dit waar dat blanke mans vir die meeste voorvalle van massaskietery in die VSA pleeg? Verder het Matteo Salvini met die Amerikaanse akteur Richard Gere slaags geraak oor Italië se migrantekrisis.
En nog vele meer; luister gerus en moenie vergeet om hier onder op Disqus kommentaar te lewer nie!
Die ANC-leierskap van Ekurhuleni, die monsteragtige “metro” wat op die Oos-Rand geskep is en uit verskillende dorpe en stede bestaan, het vorendag gekom met die land se eerste “onteiening sonder vergoeding”.
Die swart ANC-burgemeester van die uitgestrekte stedelike gebied, Mzwandile Masina, het jubelend aangekondig dat die eerste eiendomme van blanke eienaars op die Mugabe-manier, ná die model van Zimbabwe se voormalige diktator, onteien gaan word. Donderdag het hy verklaar:
“Die Ekurhuleni-raad het besluit om tot die onteiening van grond sonder vergoeding van vier eiendomme in die stad oor te gaan. Ons toets die grense van Artikel 25 van die Grondwet om die inklusiewe behuisingsontwikkeling vir ons mense te versnel. Daar is geen terugkeer nie! ”
Sowel die DA as die VF Plus het hul teen dié besluit van die metroraad uigespreek. Jennifer Rautenbach, ‘n raadslid van die Vryheidsfront Plus, het gesê dat die party “gekant is teen onteieing sonder vergoeding en het sy teenkanting duidelik teen die besluit uitgespreek. Die party sal toesien dat Artikel 25 van die Suid Afrikaanse Grondwet korrek toegepas word in dié verband.
Burgemeester Masina is duidelik besig met niks anders nie as politieke propaganda in ‘n voorverkiesingsjaar.”
Ook die Demokratiese Alliansie (DA) in die raad het gestem teen die besluit om vier eiendomme te onteien. Raadslid Philip de Lange het ‘n verklaring uitgereik en gesê:
“Ons glo dat die proses van onteiening sonder vergoeding geloods word sonder dat meer behuising beskikbaar sal raak, aangesien die ANC eenvoudig nie die politieke wil het om die mense te dien nie. Sedert die begin van demokrasie in 1994 het die behuisingsagterstand eksponensieel gegroei, as gevolg van die ANC se gebrek aan behuisingslewering en uitgebreide korrupsie. Wat sal nou verander, want die metro is alreeds bekend dat hy stadig titelaktes aan inwoners uitdeel?
“As die DA glo ons in eienaarskap. Eienaarskap bring nie net sekuriteit wat eienaarskap betref nie, maar dit bemagtig ook mense om ‘n bate te gebruik om kapitaalwaarborge te verkry, en dit skep rykdom. ”
Die vier eiendomme wat van hul eienaars gekonfiskeer word, is:
• Gedeelte 40 van Plaas Rietfontein 63-IR, wat 4,4 ha beslaan en privaat besit word;
• oorblywende gedeelte 2 Elandsfontein 90-IR, wat 101.2ha beslaan en privaat besit word;
• die oorblywende gedeelte van Benoni 77-IR, wat 205ha beslaan en deur die regering besit word; en
• gedeelte 406 Plaas Driefontein 85-IR, wat 33.6ha is en privaat besit word.
Nie een van die drie private eienaars het nog gereageer op die munisipaliteit se besluit nie. Praag het egter met mnr. Jaap Kelder, ‘n sakeman en voormalige stadsraadslid aan die Oos-Rand, gepraat.
“Ek is baie bekommerd oor hierdie besluit,” het Kelder gesê. “Onteiening is ‘n ernstige probleem. Geen persoon by sy volle verstand sou in Suid-Afrika wou belê nie omdat hy weet dat hy onteien kan word deur ons radikale regering.
Gevra oor die uitwerking op eiendomswaardes, het hy geantwoord: “Waardes gaan eenvoudig daal. Niemand wil langs ‘n plakkerskamp woon nie. Dit is wat gaan gebeur met die onteiende stukke grond; hulle sal in plakkerskampe verander word.
“Dit het alreeds met die voorstad Glen Marais gebeur. ‘n Skare swartes het eenvoudig die grond binnegeval en hutte tot teenaan die supermark opgerig. Niemand wil meer daar woon nie. ”
Die afname in Suid-Afrika se mynboubedryf skep ook geleentheid vir onteiening. “Ekurhuleni het baie myngrond; party van dié maatskappye is gelikwideer, nou kan jy net op die ou myngrond plak en die munisipaliteit sal dit vir jou onteien, “het Kelder gesê.
Ek wou eintlik vandag so ‘n bestekopname gedoen het van waar die Afrikanerbeweging tans staan. Oor die afgelope dertien tot veertien jaar het ons geskryf, betoog, hofsake gemaak en sommige het selfs planne gemaak om die ANC-bewind gewelddadig omver te werp, of is daartoe deur staatsagente verlei. Daarvoor is vele lewenslank tronk toe gestuur tydens die Boeremagverhoor.
Ná die rampspoedige oorgawe van die De Klerk-bewind in die vroeë negentigerjare – selfs “ja”-stemmers soos ek erken nou dat dit rampspoedig was – het ons eintlik geen sentimeter gevorder op die pad na ‘n herstel van Afrikanersoewereiniteit en -vryheid nie. Vandaar die behoefte aan ‘n nuwe politieke party om met hernieude ywer daardie taak aan te pak, wat ook verklaar waarom die Front Nasionaal onlangs tot stand gekom het.
Iewers in ‘n twiet het ek Afrikaners gevra om te stem soos in die 1948-verkiesing, wat steeds een van die grootste waterskeidings in dié land se geskiedenis was. Ek het ‘n teorie dat daardie verkiesingsoorwinning deur ‘n Afrikanerparty ook die dryfveer was agter die opkoms van die kommunistiese terreurbeweging van die ANC en SAKP, omdat die gesig van Afrikaners wat weereens ‘n sê in hul eie regerig gehad het vir hulle te erg was om te aanskou. Veral die naelstring met Brittanje wat tydens Republiekwording in 1961 geknip is, het vele liberale en kommuniste tot terreur laat oorgaan. Diegene wat nie tydens die Rivonia-verhoor vir gevangenisstraf Robbeneiland toe gestuur is nie, het Londen toe verhuis van waar hulle ‘n uitgerekte propaganda- en terreuroorlog teen Suid-Afrika en veral die Afrikaner gevoer het.
Die Vryheidsfront Plus verteenwoordig ‘n kwynende politieke party wat reeds soveel teenstrydighede in sy optrede ten toon stel, dat ‘n mens seker kan verstaan dat hy vrees dat hy vanjaar sy laaste ondersteuners by die stembus mag verloor.
Terwyl Front Nasionaal hom van die begin af toegespits het om sy kritiek vir die links-liberale DA uit te hou, asook die ANC met sy toenemend anti-blanke en anti-Afrikaanse beleid, sien die VF Plus lyk my net een vyand: mede-Afrikaners wat poog om uit die dwangbuis van vergange Afrikanerrusies te ontsnap.
Daarom het die party dit goed gedink om op sy Facebook-blad sy steun toe te sê aan ‘n halfgeletterde hagiografie aan die party deur ‘n sogenaamde “lid van die publiek”, maar waarin daar ook tot verdagmakery teen Front Nasionaal oorgegaan word.
Verskeie figure het insgelyks op Facebook oorgegaan tot ‘n aanval op my omdat ek bykans dertig jaar gelede nie diensplig verrig het nie, maar oorsee was. Asof ek mnr. De Klerk se onbekookte oorgawe in die uniform van ´n dienspligtige sou kon verhoed het! Dít, komende ná die klag wat ek namens PRAAG, Front Nasionaal en verskeie dienspligtiges van destyds teen mnr. Martin Meyer van die DA gelê het vir sy bewerings in Beeld dat die vorige regering sy weermag opdrag gegee het om swartmense in die lokasies as’t ware voor die voet dood te skiet. Manfred Delport het reeds skerp hierop gereageer, waarna verskeie praaglesers my gevra het om ‘n klag by die Persombudsman teen Beeld te lê, wat ek toe ook laat Vrydagmiddag gedoen het.
Maar – of so wil dit voorkom – as jy die Afrikaner en ons vorige weermag se reputasie wil beskerm teen onjuiste aantygings, verskaf dit rede vir ondersteuners van die Vryheidsfront Plus om jou op Facebook aan te val, soos wat ene Hester Weyers, ‘n profiel sonder foto, gedoen het.
Ek het haar soos volg geantwoord:
Hester Weyers, wil jy my gaan aankla? Op ‘n manier het ek destyds van die Weermag se rekenaar afgeval en intussen is ek Frankryk toe. Met my terugkeer in 92, het FW de Klerk al die generaals afgedank en besluit Mandela, Slovo en die ANC moet die land regeer. Dink jy ek sou dit as dienspligtige kon keer? Intussen het ek veel meer “diens gedoen” as wat jy of enigeen sou kon vermoed. Ek het twee keer persoonlik met PW Botha ure lank gesels – die destydse staatshoof – en vir hom was dit geen probleem nie. Ook nie vir genl. Constand Viljoen, genl. Chris Thirion en vele ander nie. Al waarmee jy besig is, is om vlieë af te vang. As jy enige politieke vrae of argumente het, luister ek vraag. Maar hou op om ou koeie uit die sloot te grawe en vlieë af te vang wat ons vandag – 30 jaar later – niks in die sak bring nie.
Aanstons het dr. Corné Mulder, broer van Pieter Mulder en sy regterhand in die party – daar is nie minder as drie Mulders op die VF Plus se uitvoerende dagbestuur nie – tot die relletjie op Facebook toegevoeg:
Hierdie post is geplaas onder die naam Front Nasionaal, maar dit klink dan vir my soos Dan. Dit is soos die gedeelte in Genesis 27 vers 22 waar Isak vir Jakob onwetend se: “Die stem, dis Jakob se stem, maar die hande, dis Esau se hande.” Kan ek dus ook aanvaar dat hierdie skrywer namens Front Nasionaal ook die een is wat die bewering gemaak het dat die VF Plus selfbeskikking uit sy grondwet verwyder het? Laasgenoemde is natuurlik ‘n blatante leuen.
Waarop ek gereageer het deur te sê:
Beste Corne Mulder, dit was wel ek (Dan Roodt) wat hier bo geskryf het oor die dienspligkwessie. Hier is wel verskeie mense wat soms op die blad namens Front Nasionaal skryf en partykeer noem hulle hul name en ander kere nie. Dit was beslis nie ek wat beweer het dat die VF+ “selfbeskikking uit sy grondwet verwyder het” nie.
Wel meen ek dat die selfbeskikkingsbegrip afgewater is, veral toe die begrip “volk” uit die missie van die VF gehaal is en met “gemeenskap” vervang is, want daarmee verval ‘n groot deel van die Afrikaner se volkeregtelike aansprake op selfbeskikking. Daar is in SA duisende “gemeenskappe” van allerlei aard en elkeen kan sekerlik nie aanspraak op selfbeskikking maak nie. Verder is Pieter Mulder op rekord dat hy al verskeie kere gesê het dat sy party “steeds selfbeskikking ondersteun, maar nie vir nóú nie”. Só ontstaan die vraag: Maar vir wanneer is dit dan?
Demografies gaan ons jaar na jaar agteruit en dit sou onvoorstelbaar wees dat ons byvoorbeeld in 2025 (oor slegs 11 jaar!) selfbeskikking sou kon verkry indien ons teen daardie tyd tot ‘n skamele een of twee persent van die SA bevolking gekrimp het. As mense dus vir my vra wat die verskil tussen die VF+ en die FN is, dan sê ek: eersgenoemde wil oor 20 jaar selfbeskikking hê en ons oor 20 maande! Trouens, mnr. Jaco Mulder (provinsiale leier van die VF+ in Gauteng) het eenkeer op ‘n baie pessimistiese noot verkondig dat daar oor een geslag net een miljoen Afrikaners in die land gaan oorbly. Indien die SA bevolking teen daardie tyd weereens verdubbel het tot 100 miljoen, sou dit beteken dat ons slegs een persent van die totale bevolking sou uitmaak! Soos dit vir my lyk, bied die VF+ sterwensbegeleiding vir die Afrikaner deur hom met ‘n droom van “Eendag…” te sus, terwyl ons in die hier en nou vryheid wil sien.
Mulder het weer teruggekap met die volgende:
Beste Dan Roodt, dankie vir jou erkenning dat dit nie jy was wat die onwaar stelling oor die VF Plus en selfbeskikking gemaak het nie. Wees asb so vriendelik en bring die korrekte feite onder die mede skrywers van Front Nasionaal se aandag. As daar met so n belangrike saak so n blatante fout gemaak word, kan dit net sowel met verskeie ander standpuntstellings ook gebeur. Ek is jammer Dan maar jou stelling dat Pieter Mulder op rekord is dat hy al verskeie kere gesê het dat sy party “steeds selfbeskikking ondersteun, maar nie vir nóú nie”, is ongelukkig ook onwaar. Dit was en is nog nooit sy of die VF Plus se standpunt nie. Daar is nog altyd gese dat dit ‘n proses verg om by volle selfbeskikking uit te kom. Vryheid is nie iewers op die rak en dan haal jy dit net gou daar af nie. Ons kan lang debatte voer oor hoe ons selfbeskikking gaan verkry en bereik, maar dis nie waar dat die VF Plus of Pieter Mulder ooit gese het, ons wil selfbeskikking he, maar nie nou nie.
Hierop het ek soos volg geantwoord:
Jy weet so goed soos ek jou broer Pieter het dit by verskeie vergaderings van die VF+ al gesê. Maar jul rekord spreek vanself: Ná 20 jaar is daar nog geen sentimeter gevorder nie. Dis soos die grappie oor Mugabe: Hy doen uitstekende werk betreffende Zimbabwe se ekonomie; hy het net nog meer tyd nodig. Die VF+ is eintlik ‘n paradoks: ‘n party met ‘n taamlik radikale beleid (separatisme) maar met ‘n kultuur van versigtigheid en om tog nie aanstoot aan die regerende ANC te gee nie. Wat was nou weer die term wat die party daarvoor uitgedink het? “Samewerkende opposisie”?
‘n Ander gesiene Afrikanerintellektueel het my eenslag daarop attent gemaak hoe hierdie kultuur van versigtigheid ook neerslag vind in feitlik elke onderhoud of toespraak van die party, met taalgebruik soos: “dié kant toe en daai kant toe” of “versigtig tussen die klippers deur”. Hoe op aarde gaan ‘n groepie taamlik bejaarde mans wat elke kritiese stem in die party met ‘n vinnige skorsing stilmaak en verder net oor hul eie posisies begaan is, ooit daarin slaag om vir die Afrikaner vryheid te bewerkstellig?
Indien ek die tyd gehad het om so te verspil, sou ek ‘n boek kon skryf oor die kultuur van risikovermyding in die VF+. Deur geen risiko’s te neem nie, het die party gestagneer tot op hierdie punt waar slegs ‘n aantal lojale ondersteuners uit die tyd van die KP dit nog blindelings volg. Eintlik teer die VF+ steeds op die KP en verteenwoordig dit ‘n splintergroep uit die verlede wat geen vernuwing ondergaan het of selfs wíl ondergaan nie. Nóg wat idees, nóg wat sy leierskap betref.
Dit herinner my aan ‘n beeld wat die skrywer V.S. Naipaul in sy roman “A bend in the river gebruik”: die VF is soos ‘n ster – honderde ligjare ver – wat reeds dood is, maar waarvan die lig ons nou eers bereik en die indruk wek dat daar nog iets doer ver is wat skyn! Die Afrikaner het sy rug teen die muur en verloor al hoe vinniger veld op elke moontlike gebied: taal, kultuur, onderwys, in die ekonomie deur regstellende aksie, demografies deur emigrasie. Intussen speel die VF+ politiek-politiek… veral klein politiek, dié van agteraf koukus en baantjies vir boeties, asof ons nog in die geil tyd van Afrikanermag en -oorvloed verkeer.
Die ongelooflike is dat Corné Mulder nou ontken dat Pieter Mulder ooit so iets gesê het, dat “selfbeskikking nie vir nou is nie”. Hy skryf op Facebook:
Beste Dan jy het ‘n stelling nogals in aanhalingstekens gemaak dat Pieter Mulder ten gunste van selfbeskikking is “maar nie nou nie”. Ek was by alle relevante VF Plus vergaderings. Ek stel dit kategories aan jou dat wat jy hier sê dood eenvoudig onwaar is. Dit is nog nooit gese nie en dit was en is nog nooit nie die VF Plus se standpunt nie. Dit bekommer my werklik dat jy so n onwaarheid kan kwytraak en dan daarna jou argument daarop prober bou. Nie goed genoeg nie…jammer.
Hier het ek weereens die punt herbevestig, want tensy my en ander se ore in die vertrek ons bedrieg het, het Pieter Mulder dit wel gesê:
Ek gaan nie nou deur al die ou notules blaai om dit op te spoor nie, maar ek is seker ander mense sal dit ook onthou. Maar bewys dan die teendeel van my stelling dat daar in 20 jaar nog niks gevorder is wat Afrikanerselfbeskikking betref nie? En dis nie net ek wat dit sê nie: dis die publiek daarbuite wat dit aanmekaar vir my sê! Of het julle nóg 20 jaar nodig?
Elders op Facebook het ‘n ander Vryheidsfront-ondersteuner, ene Marietjie Schoeman Blignaut, kommentaar gelewer op die volgende foto van Front Nasionaal-kandidate wat ek op my muur geplaas het.
Bestuur van Front Nasionaal, tesame met enkele kandidate
Nêrens was daar enige verwysing na die Vryheidsfront Plus nie. Nietemin het sy my daarvan beskuldig dat ek die VF Plus “aanval”. Ek dink nie enigiemand hoef die VF Plus aan te val nie, want hy vernietig homself deur soveel logiese teenstrydighede in sy beleid en optrede op te stapel dat min mense dit nog ernstig opneem. Hoe kan ‘n mens byvoorbeeld op twee stoele sit en tegelykertyd saam met Kortbroek in die ANC-regering dien, maar ook saam met die liberale DA-opposisie die ANC probeer kritiseer? Om nie te praat van die jongste groepering waarin die VF Plus hom bevind nie, wat selfs die radikale swart nasionalistiese PAC met sy geskiedenis van terreur teen blankes insluit nie!
Soos ek dit verder aan haar gestel het:
Marietjie Schoeman Blignaut, ek val jul nie aan nie. Dis julle wat skakels na halfgeletterde hagiografieë aan die VF Plus op my Facebook-muur kom plak waarin daar boonop vuige aanvalle op die Front Nasionaal geloods word wat niks met politiek of enige meningsverskil te make het nie, maar bloot bedoel is om ons verdag te maak!
Vertel jy my egter wat Pieter Mulder vir die Afrikaner bereik het ná twintig jaar in die parlement en vyf jaar in die ANC-regering? Die man sit op twee of meer stoele! Ek was by toe hy met smaak vertel het hoe hy in die toilet gaan wegkruip as hulle foto’s van die ANC-kabinet neem, want hy is bang sy eie ondersteuners kom agter waar hy hom in werklikheid bevind. In die party verwys almal mos na hom as “Die Leier” – wat in Duits as “Der Führer” vertaal… Watse soort Führer is dit wat wil “kamerverlaat” as hy bietjie sy gesig moet wys en sy poliieke kaarte op die tafel moet sit deur te erken dat hy adjunkminister van landbou is?
Nog iets: nou onlangs het der Führer se onmiddellike hoof, Tina Joemat-Pieterson, die landbouminister, uitgevaar teen blankes in die Wes-Kaap wat nog oor visvangpermitte beskik. Dermate dat ‘n Indiër, ene Shaheen Moolla, haar van “rassisme” beskuldig het. Maar der Führer, Pieter Mulder, sprak g’n sprook… Miskien het hy eers bietjie gaan kamerverlaat?
Volgens Marietjie het hy “alles feil vir ons blankes”. Dis ‘n taamlike verspreking, want ‘n feil is juis ‘n fout soos in die woord “feilloos” wat “sonder fout” beteken. Om “jou lewe veil te hê” vir ‘n saak, beteken egter om gereed te wees om alles op te offer. Wat het Pieter Mulder al opgeoffer? Sy adjunkministersalaris? Selfs ‘n Indiër spreek hom uit teen Joemat-Peterson se anti-wit rassisme, maar nie Mulder nie, want dit sou te veel van ‘n risiko vir sy eie belange behels. Dus eerder feil as veil!
Dit wil my voorkom asof die Vryheidsfront Plus dit veel makliker vind om mede-Afrikaners aan te val wat hy meen sy krimpende steunbasis bedreig as om in die Engelstalige wêreld van die DA en ANC daardie partye op hul denkfoute en vergissings, asook vedrukking van die Afrikaner se taal, kultuur en vryheid, te wys. Dit is hierin waarin verskeie PRAAG-aktiviste nog altyd uitgemunt het, met ons deelname op sosiale media aan nasionale debatte waar ons die Afrikanersaak, waaronder die noodsaak vir selfbeskikking, onverskrokke stel.
Ook Front Nasionaal wil waarlik op nasionale en internasionale vlak die magdom argumente ten gunste van Afrikanerselfbeskikking stel. Indien ons daarin kan slaag om ‘n paar honderdduisend stemme te kry, kan ons binnekort kulturele selfbeskikking verwesenlik. Daarna kan ons, moontlik tydens die munisipale verkiesings van 2016, selfbeskikking op plaaslike vlak verkry en ons ou dorpe en stede terugkry deur artikel 235 van die Grondwet en die volkereg te gebruik. Al die werk wat ons die afgelope twee jaar gedoen het rondom kantons, tesame met mnr. Jaap Kelder se Nasionale Belstingbetalersunie en die Strategiese Komitee van Afrikaanse organisasies, kan dan vrugte afwerp en ons kan die juk van ANC-munisipaliteite van ons afwerp.
As ons kultuur eers vry is en ons regeer onsself op plaaslike vlak, kan ‘n uiteindelike onafhanklike volkstaat of republiek ver uitbly?
‘Met trane in sy helder blou oë’ lê Jaap Kelder op die rekenaars in die SA Polisiehoofkantoor beslag
Mnr. Jaap Kelder, die verbete munisipale aktivis en voorsitter van die Nasionale Belastingbetalersunie, het so pas op 80 rekenaars in Wachthuis, die polisie se hoofkantoor in Pretoria, beslag gelê. Die beslaglegging kom nadat ‘n polisievoertuig in April 2007 in die motor van mev. Elke Kelder, Jaap se gade, vasgery het.
Die hof het mev. Kelder gelyk gegee dat dit die polisie se skuld was en dat sy op R10 800 skadevergoeding geregtig was. Maar intussen het die polisie gesloer om uit te betaal en daarom het mnr. Jaap Kelder reeds verlede jaar ‘n beslagleggingsbevel namens sy vrou teen die polisie se rekenaars verkry.
Intussen het die polisie egter weer probeer om ‘n hofsaak te maak, maar dit is met koste van die hand gewys.
Mnr. Jaap Kelder sê: “Intussen het een of ander slimkop besluit dat hulle sal my prokureurskoste betaal maar dat dit eintlik my skuld was en ek in die polisie voertuig vasgery het. Die saak het verlede jaar weer in die hof gedraai maar op die verhoordatum was die polisie se regsverteenwoordiger nie eers teenwoordig nie. Hulle saak is toe met koste van die hand gewys.”
Kelder is nou vasbeslote om die polisie se rekenaars te verkoop. “Nou is daar weereens op die polisierekenare beslag gelê en hierdie keer gaan hulle betaal of die rekenare sal verkoop word,” sê hy.
“Die aanvanklike skade was ‘n raps oor die R 10 000 terwyl die huidige getakseerde bedrag reeds R 22 000 beloop en die vermorste regskoste, wat reeds betaal is, meer as R 13 000 beloop het.
“Nou vra ek met trane in my helder blou oë hoe ‘n land vooruit kan gaan met sulke kabouters in beheer?”
Rekenaarspeletjies en Hollywood het die tema van die zombie-apokalips gewild gemaak. Vanjaar is een van die groot Hollywood-films met Brad Pitt in die hoofrol, World War Z, vrygestel, na die gelyknamige roman deur Max Brooks. Daarin verander die grootste deel van die aarde se bevolking in zombies as hulle deur ander zombies gebyt word.
‘n Tyd lank het my tienerseun se stempos die boodskap oorgedra: “Dis die zombie-apokalips en ek is te besig met oorlewing om nou my selfoon te beantwoord. Laat gerus ‘n boodskap.”
Wat my opval aangaande die ruwe Suid-Afrika is dat dit presies soos ‘n zombie-apokalips verloop, net ietwat langsamer. Elkeen wat boodskappe vanaf mnr. Jaap Kelder se poslys ontvang, kan lees hoe water-, elektrisiteits- en ander dienste op klein dorpies oral in die land onklaar raak. Op Ladybrand word selfs die honde siek van die vrot water. Ek haal aan uit ‘n e-pos van Kelder op 19 November:
Tydens ‘n besoek aan Ladybrand in April 2012 het ons die riool- en waterwerke gaan besoek. Die rioolwerke was heeltemal buite werking met rou riool wat in die spruit inloop. Om die kersie op die koek te sit pomp die munisipaliteit die water vir die dorp uit ‘n dam in die spruit wat STROOMAF van die rioolwerke lê!
Na die besoek aan die rioolwerke het ons na die waterwerke gaan kyk. Absoluut disfunksioneel! Op Op ‘n vraag aan die persoon aan diens of die water getoets word voordat dit na die dorp toe gepomp word was sy antwoord “NEE” want die water is mos reg!
En – nes in die zombieverhale – reageer daar niemand nie. Almal maak asof niks gebeur nie en dat die lewe maar net soos voorheen voortsleep. Hier en daar is mense besig om blikkieskos, drinkwater en ammunisie op te gaar, maar waarskynlik dink hulle vriende, familie en bure dat hulle van lotjie getik is. Hoe lank nog voordat probleme met water en elektrisiteit nie ook in die groot stede, soos op die platteland, posvat nie?
Meer en meer kan ons die vorige NP-kabinet wat halsoorkop die land in die hande van ‘n bende radikale plunderaars oorgegee het, insgelyks as ‘n groep willose zombies sien. In vandag se Rapport steek een van hulle, Leon Wessels, nogmaals ‘n preek af deur te sê:
Die NP-kabinet was in dié tyd (die vroeë negentigerjare) erg verdeeld. Dat De Klerk dié uiteenlopende groep mense so lank bymekaar kon hou, was ’n prestasie waarvoor hy nie aldag erkenning kry nie. Hy verdien ook krediet daarvoor dat hy nie toegelaat het dat die vasstekers die proses kaap en die oorgang vertraag nie.
Die oorgang na wat? kan ‘n mens seker vra. Na Zombieland? Na Zimbabwe? Sonder voedsel, valuta en ander hulp uit Suid-Afrika, om nie van Oxfam en ander Britse NRO’s te vergeet nie, sou daar al lankal hongersnood in daardie land uitgebreek het. Maar wie gaan Suid-Afrika ná versnelde regstelaksie, grondhervorming en uitgebreide stedelike verval red?
Is dit nie ironies dat Wessels, asook die meeste Naspers-redakteurs en -rubriekskrywers tans, twintig jaar later, steeds die NP se onbekookte oorgawe aan die ANC terugwerkend probeer regverdig nie? As alles maanskyn en rose was – soos ons belowe is – sou geen regverdiging mos nodig gewees het nie. Nie waar nie?
Ek herinner my dat daardie joernalistieke zombie, Max du Preez, soos vele ander, al telkens aan ons voorgehou het dat “daar geen ander keuse as oorgawe” was nie. Die alternatief sou ‘n apokaliptiese (sic) bloedbad gewees het. Die werklike bloedbad het egter reeds in die middeltagtigerjare plaasgevind toe Joe Slovo en die Oos-Duitsers in ‘n desperate poging om hul mislukkende stedelike terrreurstrategie te laat slaag, die Wimpy-restaurante en ander burgerlike teikens met bomme opgeblaas het. Teen 1989 het die Berlynse Muur in duie gestort en die Oos-Duitse kommunistiese zombieregime daarmee saam. Vanweë die skielike gebrek aan finansiële en logistieke steun uit Oos-Europa, het terreur en ander geweld in die land skerp afgeneem.
Maar danksy die wit sangoma fw de klerk kon die “lewende dooies” van die Oos-Duitse kommunisme, soos Joe Slovo, Ronnie Kasrils en hul marionet Mandela, vastrapplek in Suid-Afrika verkry en die land begin plunder en rysmier. Uit vrees dat sy eie mense hom mag aanval, ry de klerk deesdae in ‘n koeëlvaste motor rond. Dis darem vreemd dat die mense aan wie hy die “wonderwerk” gebring het, dit nie so ervaar nie.
Wat fassinerend is, is dat Suid-Afrika nog altyd onder die swaard van Damokles gelewe het. Die einde van die land is nog altyd voorspel. Blykbaar is daar genoeg Suid-Afrikaanse kapitaal in die buiteland om die land se valutareserwes oor en oor te dek, maar die vrees dat dinge tog maar uiteindelik gaan “skeefloop”, sorg dat die land se rykes hul spaargeld op veilige plekke soos Switserland en ander hou. Veral die liberale sakemanne wat so hand om die blaas met die regerende party is en saam-saam die staatskas leeg steel, is die eerstes wat hul familiefortuine by privaatbanke in die buiteland laat versorg.
Ons wag dus op die eindtyd wat gaan aanbreek, gegewe die “apokaliptiese toon” wat die Suid-Afrikaanse politiek nog altyd gekenmerk het. As ‘n mens meer filosofies wil raak, is dit natuurlik ‘n hebbelikheid van die hele Westerse beskawing. Soos in die Openbaring van Johannes. Of zombieflieks.
Wie weet of Nelson Mandela nog lewe? Soos die dinosourusse van die ou Sowjetryk wat maande lank nie meer op die balkon van die Kremlin verskyn het nie, het ons die ou Xhosa lanklaas op die TV gewaar. Mandela is die lewende dooie messias wat Suid-Afrika se zombiedemokrasie moet “bewaar”. Kortom, hy is die Hoofzombie wat ons van die naderende apokalips moet vrywaar.
Toe ek nog in Parys gewoon het, het daar ‘n boekie deur die Franse filosoof Jacques Derrrida verskyn, wat ek vanoggend op my boekerak raakgevat het, ietwat vergeelde bladsye en al. Dit heet: D’un ton apocalyptique adopté naguère en philosophie. Dit het doer in die tagtigerjare verskyn en is lyk my nooit belangrik genoeg geag om in Engels of Nederlands of selfs Duits te vertaal nie. Die titel beteken: “Oor ‘n apokaliptiese toon wat onlangs in die filosofie posgevat het.”
Op sy gewone idiosinkratiese manier, ontleed Derrida die boek Openbaring, maar ook sekere aanmerkings van Immanuel Kant en veral die verband tussen die Hebreeuse woord gala en die Griekse term apokalupsis. Die Afrikaanse woord “openbaring” is eintlik ‘n goeie vertaling, want tydens die apokalips word iets skandeliks openbaar wat tot dusver weggesteek is.
Onlangs in die Business Day het die swart rubriekskrywer, Sipho Hlongwane, gekla oor die “postmoderne rassisme” in ons land, waarop ek hom in Engels geantwoord het. In Hlongwane se stuk verwys hy egter na ‘n ander eietydse filosoof, die Sloween Slavoj Žižek wat insgelyks ‘n boek met die titel Living in the End Times gepubliseer het. Volgens hom gaan die boek oor die volgende:
The underlying premise of the present book is a simple one: the global capitalist system is approaching an apocalyptic zero-point: Its “four riders of the apocalypse” are comprised by the ecolological crisis, the consequences of the biogenetic revolution, imbalances within the system itself (problems with intellectual property; forthcoming struggles over raw materials, food and water), and the explosive growth of social divisions and exclusions.
To take up only the last point, nowhere are the new forms of apartheid more palpable than in the wealthy Middle Eastern oil states – Kuwait, Saudi Arabia, Dubai…
Ons sien dus dat, hoewel apartheid oftewel segregasie reeds in die tagtigerjare in Suid-Afrika afgeskaf is, soos in die Amerikaanse Suide, verseg dit – nes die spreekwoordelike zombie – om dood te gaan. Apartheid het ‘n globale probleem geword. Die nuwe “apartheidstaat” is Israel, met ‘n horde internasionale beroemdes en popsangers soos Roger Waters van die eertydse groep Pink Floyd wat die land boikot en beswadder. Hoewel, miskien verdien Israel meer die benaming “apartheidstaat” volgens die internasionale definisie as die ou Suid-Afrika waar elkeen sy eie staat kon opeis indien hy wou. Anders as die Palestyne van wie ‘n nasionale staat weerhou word. Selfs die ANC ondersteun ‘n eie staat vir die Palestyne terwyl ‘n volkstaat vir Afrikaners teengestaan word, iets wat natuurlik nie logies sin maak nie. Maar dan maak min dinge in die politiek ooit logies sin.
Žižek bestee ‘n hele hoofstuk in Living in the End Times juis aan flieks en ander vorme van gewilde kultuur, genaamd “Interlude 1. Hollywood Today: Report from an Ideological Battlefield”. Daarin sien hy veral die rol van die leuen in films en boeke raak, dat leuens dikwels gebruik word om die publiek teen die werklikheid te beskerm. Žižek noem nie die gewilde TV-reeks Nikita nie, maar die intrige daarin is iets soortgelyks: die bestaan van ses “swart kassies”, hardeskywe waarop al die inligting van Amerikaanse, sogenaamde “swart operasies” (black ops) bewaar is. Indien die inligting sou uitlek, sou die VS-regering nie net tot ‘n val kom nie, maar daar sou ook wêreldwye onluste losbars soos wat volkere uitvind hoe hul regeringsleiers of -amptenare in beplande “ongelukke” omgekom het, ens. Elke swart kassie word deur ‘n hoogs opgeleide “Waghouer” beskerm wat dit met sy lewe moet bewaak.
Die huidige Suid-Afrika is insgelyks ‘n utopiese leuen waarvan die onthulling of openbaring dalk onluste en opstand sou veroorsaak. Daarom moet ons konstant deur Naspers, die SAUK en ander hoofstroommedia gepaai word. Ons is veronderstel om nie die ooglopende teenstrydighede in ons omgewing – dalk tekens van die naderende apokalips – raak te sien nie.
Die swartman het natuurlik geen beswaar teen ‘n alterrnatiewe werklikheid wat om politieke, ideologiese of godsdienstige redes in stand gehou word nie. Die geeste van die voorvaders leef in elk geval tussen ons. Selfs binne die revolusionêre swart denke was daar nog altyd ‘n rol vir die bonatuurlike, die okkulte, moetie en alles wat daarmee saamhang. Op die vooraand van die Marikana-botsing tussen stakende mynwerkers en die polisie, het die stakers rituele uitgevoer wat veronderstel was om hulle teen die polisie se koeëls te beskerm. In die oerteks van swart radikalisme, Frantz Fanon se Les damnés de la terre, verwys hy insgelyks na zombies. Ek haal uit die Nederlandse vertaling, De verworpenen der aarde, aan:
De sfeer van mythe en magie is, wanneer ek er bang voor ben, een onloochenbare realiteit. Omdat ik er bang voor ben, word ik er door ingelijfd in de tradities, in de geschiedenis van mijn streek of mijn stam, maar tegelijkertijd is het een geruststelling voor me, ik krijg een status door, een bewijs van staatsburgerschap. Het gebied van het geheim is in de onderontwikkelde landen een collectief gebied, dat geheel val onder die magie… Geloof mij, zombies zijn verschrikkelijker dan kolonisten. En vanaf dat moment gaat het er niet meer om die regels van de gepantserde wereld van het kolonialisme in acht te nemen, maar om je drie keer te bedenken alvorens te urineren, te spugen of ‘s nachts naar buiten te gaan… Zoals men ziet word alles herleid tot een permanente strijd in de fantasie-wereld.
Mandela se “onbaatsugtige” lewe, net soos die “wreedheid van apartheid”, is ‘n mite, selfs fiksie soos dié van zombiefilms en -boeke. Naar dis nie te sê dat daar nie ‘n reële stryd – ‘n permanente stryd soos Fanon dit noem – daaromheen plaasvind nie.
Ons het regtig ‘n goeie zombieroman in Afrikaans nodig, iets wat ook ons politiek satiriseer. Maar die kanse dat die dooies as zombies uit hul grafte sal opstaan, is seker gering. Aan die ander kant is die werklike zombiestryd in ons land dié tussen die oorblyfsels van Westerse kultuur en die Afrikakultuur. Die neiging tot volslae verafrikanisering – “verinheemsing” soos Mugabe dit noem – gaan vir seker tot grootskaalse verval van ons ekonomie en infrastuktuur lei. Ons sien dit reeds op plattelandse dorpe waar armoede en gesondheidsrisiko’s rondom water en riolering toeneem.
‘n Siek, honger mens sal jou nie noodwendig – soos ‘n regte zombie – byt nie. Maar hy sal jou vir seker aanval en moontlik vir voedsel of water om die lewe bring.
Dis die soort zombie-apokalips waarvoor ek bang is. En dit gaan nie fiksie wees nie.
Ongelukkig neig fw de klerk se zombie- linkse revolusie regstreeks na ‘n voorspelbare eindtyd wanneer niks meer gaan werk nie.
In die jaar 2024 vind die Olimpiese Spele in Parys plaas. Dié stad het presies ‘n eeu gelede, in 1924, die Spele aangebied en daarom het die Olimpiese Komitee gevoel dat die Franse hoofstad verdien om weer as gasheer vir die Somerspele op te tree.
In die Stade de France ten noorde van Parys word daar oor die luidsprekers in die volgepakte stadion op Frans afgekondig: “Dames en here, verwelkom asseblief die atlete vir die Olimpiese Spele van 2024 in Parys!” Die skare juig asof op bevel en stadig begin een span na die ander die stadion binnestap. Soos die tradisie bepaal, neem die span van Griekeland die voortou, met hul blou en wit vlag wat onder die spreiligte wapper. “La Grèce!” kondig die omroeper hulle aan.
Daarna verskyn een land ná die ander alfabeties in die stadion. Ná Griekeland kom Afghanistan met hul swart, rooi en groen vlag verbygeloop. Daar is uiteindelik vrede in die land, ná jare van konflik en hul mans en vroue glimlag oënskynlik gelukkig vir die kameras.
Aan die suidekant van die stadion sit ‘n opgeskote Franse seun langs sy vader wat ‘n ingenieur by France Télécom, een van die plaaslike telekommunikasiemaatskappye is. Soos dit die Franse se geneigdheid is, is albei netjies aangetrek. Die seun dra ‘n kakiekleurige katoenlangbroek en ‘n wit langmouhemp waarop die groen krokodilltjie van Lacoste, die nasionale obsessie, pryk Gendaglik dra die vader nie ook Lacoste nie, maar ‘n vlootblou Italiaanse linnepak, met daaronder insgelyks ‘n wit linnehemp.
“Kyk pa, wie is daardie land, net agter Afghanistan?” Terwyl die skare en die aankondiger nog hul aandag by Afghanistan bepaal en Algerië reeds agter die onbekende groep atlete sigbaar is, spekuleer pa en seun enkele oomblikke lank oor wie dit kan wees.
“Dis ligte mense, waarskynlik Skandinawiërs. Miskien Denemarke,” sê die pa aan sy seun met daardie soort alwysheid wat eie aan ‘n Parysenaar en ‘n ingenieur daarby, is. Skielik val dit die vader by dat die letter D eers ietwat later in die alfabet volg en glad nie tussen Afghanistan en Algerië inpas nie.
“Maar kyk hoe hoe bruingebrand is hulle! Dit lyk nie asof hulle van ‘n koue land af kom nie?” sê-vra die seun ietwat snipperig aan sy pa.
“Ons sal seker binne enkele oomblikke hoor,” meen die pa, ietwat verleë ná sy skoot in die donker.
Die skare lawaai en dan kom die eerste eggogeluide uit die luidsprekerstelsel. Die aankondiger sê: “En al die pad vanuit…”
* * *
Elf jaar tevore in Suid-Afrika, in die jaar 2013 om presies te wees, gaan dit baie ver van Parys en die Stade de France, nie goed nie. Daar word wel rugbywedstryde in die verskeie ewe beroemde stadions van die land gespeel, maar sport is geen plesier meer nie. Rassekwotas is onlangs strenger gemaak en die toeskouers van Loftus Versfeld dreig om hul geliefde Blou Bul-span te boikot omdat die Blou-Bul-bestuursmaatskappy sonder om te blik of te bloos die rassekwotas instel en eerbiedig.
Die meeste blanke Afrikaners voer ‘n bittere stryd om oorlewing. Hulle is reeds stelselmatig uit die staatsdiens, die banke en die groot maatskappye geweer. Baie werk nou vryskut en deeltyds, boer hier en daar, of maak ‘n bestaan as knutselaars, klein vervoerkontrakteurs of eienaars van vulstasies. So pas het die politieke party waarvoor die meeste stem, egter tesame met die ANC ‘n selfs strenger swartbemagtigingswet in die parlement aanvaar wat alle maatskappye dwing om tot 40% swart aandeelhouding te hê. Diegene wat die wet oortree, sal tronkstraf op die hals haal.
Daagliks bereik die nuus van plaasmoorde en ander vorme van sadistiese geweld die moedelose volk wat in hul verslete klein motortjies op die snelweë rondry terwyl hulle ‘n groot deel van hul besteebare inkomste in die vorm van peperduur petrol letterlik verbrand. Rondom hulle jaag swartmans en -vroue in luukse Duitse sedans en viertrekvoertuie verby, met ‘n argeloosheid wat spreek van mag en die weelde wat dit moontlik maak. Af en toe kom een so ‘n voortuig met blou ligte verbygejaag en moet al die verslete klein motortjies padgee as ‘n BBP in die regering of die munisipaliteite, tesame met sy voertuie vol lyfwagte en handlangers, die ander voertuie so te sê van die pad afdruk.
Rooi Oktober, die 10de, 2013
Op Krugerdag 10 Oktober 2013 vind die Rooi Oktober-optog na die Uniegebou plaas. Slegs 600 Afrikaners neem daaraan deel, maar vir elkeen wat op ‘n Donderdagoggend opdaag, sou ‘n duisend graag daar wou wees. Via sosiale media versprei foto’s en kommentaar oor die gebeurtenis soos ‘n veldbrand. Benewens ‘n negatiewe hoofartikel in Beeld, ignoreer dié koerant, asook die Sondagkoerant Rapport, die betoging geheel en al, hoewel dit gaan om geweld teen hul eie lesers.
Dit verteenwoordig min of meer ‘n keerpunt. In die daaropvolgende maande neem ontevredenheid oor sadistiese geweld, regstellende aksie, korrupsie en wanbesteding van openbare fondse drasties toe. ‘n Proses van verandering in die openbare mening wat voorheen jare of selfs dekades sou geneem het, geskied binne enkele maande, danksy Facebook, Twitter, Disqus en ander sosiale media. Afrikaners verdeel in twee groepe: die meer fatsoenlikes wat praat van “keelvol” en die ander wat sommer prontuit vir almal wat wil hoor, vertel: “Ons is gatvol.”
Tussen Krugerdag en Geloftedag van 2013 vind ‘n stille revolusie plaas waaroor die HSM (hoofstroommedia) nie eens berig nie. Soos alle revolusies begin dit klein: in kafees, in huise, komiteekamers, vergadersale waar geen joernalis of TV-kamera ooit kom nie; daar word intens gepraat, met mekaar koppe gestamp, planne beraam en strategieë bedink.
Op die duur besef almal wat hulle te doen staan. Onder die voorwendsel van demokrasie, is die land deur plunderaars oorgeneem. Die wetteloosheid en korrupsie strek hulle ten goede, want almal is omkoopbaar en die staatskas waar al die geld versamel, is die plek waar elke misdadiger en oneerlike sakeman kan kom “skep”. Selfs buitelandse rampokkers is welkom, net nie Afrikaners nie. Dit geld ook die munisipaliteite waar bedrog en korrupsie aan die orde van die dag is.
Jare lank voer mnr. Jaap Kelder van die Nasionale Belastingbetalersunie reeds hofsake in ‘n poging om munisipaliteite te dwing om hul wanbesteding te staak en behoorlike dienste aan dorpe en stede te verskaf. Hy versprei vergeelde boeke van Leon Louw en Frances Kendall van die Vryemarkstigting waarin ‘n kantonstelsel vir Suid-Afrika in die vooruitsig gestel word.
Tydens ‘n vergadering van aktiviste iewers in Pretoria, staan iemand op en sê: “Hierdie korrupte Afrikastaat en sy groep plunderaars sal vanself in duie stort. Om te oorleef, kort ons twee goed: kapitaal en veiligheid.”
Daar word aan die werk gespring. Landwyd word honderde koöperatiewe spaarverenigings gevestig en binne enkele maande vloei miljarde rande uit die banke daarheen. Agterna word dit in produktiewe toerusting, geboue, goud en buitelandse valuta omgesit. By die Reserwebank van Suid-Afrika, wat deur ‘n Litause goewerneur, me. Gill Marcus, beheer word, word daar kop gekrap oor waarom die land se geldvoorraad skielik met twintig persent gedaal het. Die groot vier banke sukkel om genoeg deposito’s te in en die sentrale bank weet nie of hy rentekoerse moet laat styg of daal nie.
“Hierdie is ‘n oorlog, ‘n lae-intensiteitskonflik,” sê nog iemand in ‘n kafee in Randburg. “Daar is die semantiese oorlog, die daaglikse propagandakanon met woorde soos ‘apartheid’ en ‘rassisme’ wat oopgetrek word, maar dan ook die terreur in die vorm van plaas- en huisaanvalle wat voortwoed. Ons is besig om die semantiese oorlog op die internet en op sosiale media te wen, maar die fisieke oorlog teister ons steeds. Die gruweldade en uitwissing vind deurlopend plaas.”
“Wel, ons is goed op pad om ‘n nuwe finansiële stelsel vir Afrikaners te vestig,” antwoord sy gespreksgenoot. Hy is effens bles, met ‘n welige goudbruin snor. “Ons het reeds meer as 100 miljard rand se deposito’s en met al die geld wat nou in Afrikaner-mikrobedrywe belê is, begin ons ‘n tekort aan mannekrag ondervind en ons wil nie volksvreemdes begin aanstel nie. Dit laat ons met ‘n probleem, ook wat veiligheid betref. Wie gaan ons oppas? Ons kan nóg op die polisie, nóg op privaatveiligheidsmaatskappye vertrou. Ons moet so gou moontlik gemeenskapsveiligheidsdienste vestig, saamwerk met buurt- en plaaswagte. Die resep is reeds daar: dit moet net uitgebrei word.”
Via die internet, sms’e en ander alternatiewe media word ‘n reuseveldtog geloods. Met behulp van amptelike demografiese statistiek oor taal en ras, word min of meer bepaal waar Afrikaners in die land woon en só word sektore afgebaken en die veiligheidsbehoeftes bepaal. In rustige landelike gebiede sonder veel volksvreemdes is slegs monitoring en nooddienste nodig. Maar in stedelike gebiede met groot plakkerskampe, asook landbougebiede waar plaasmoordenaars deur radikale akademici en buitelandse NRO’s aangehits word, is privaatreaksie-eenhede met wapens, voertuie en kommunikasietoerusting nodig. Dit kos ‘n paar honderd miljoen rand.
Geloftedag op 16 Desember 2013 is die eerste keer in die geskiedenis dat Afrikaners nie net toesprake maak en koffie drink nie, maar ook – soos Jode by sinagoges – onder mekaar aandele in veiligheidsmaatskappye en -koöperasies verkoop. Teen Maart 2014 is groot dele van die land reeds baie veiliger. Die ANC-minister van veiligheid en sekuriteit verskyn op TV om aan te kondig dat die misdaadkoers gedaal het, “vanweë die volgehoue harde werk van my amptenare”. Die meeste Afrikaners hoor dit egter nie, want hulle kyk nie meer SAUK nie en lees ook nie die Nasperskoerante wat reeds jare lank ‘n semantiese oorlog teen hul eie lesers voer nie.
Gedurende 2014, 2015 en 2016 ontwikkel daar geleidelik ‘n nuwe kultuur onder Afrikaners. Teenoor die selfvernietigende individualisme en spreekwoordelike broedertwis van die verlede, ontstaan nou ‘n gees van saamstaan en “kom ons word sáám sterk en vry”. Die groot statussimbool is nie meer dié van die Bantoe, “kyk hoe duur is my motor” nie, maar “kyk hoeveel doen ek vir my volk”. ‘n Soort Spartaanse gees van oefening en paraatheid, dog ook trots op Afrikaans-wees, neem oor by die ou, leë materialisme en masochisme waarmee hulle só lank deur die hoofstroommedia en die korporatiewe adverteerders gebreinspoel is.
In dié jare verrys nuwe supermarkte en kafees, maar ook hoëtegnologiebedrywe. By Kleinfontein, oos van Pretoria, word een wolkekrabber ná die ander gebou wat kantore huisves van waar ‘n horde jong Afrikaanse programmeerders IT-dienste aan veral Duitsland verskaf. Afgetrede Duitse onderwysers word opgekommandeer om verkoopsmense taalvaardig te maak. Maar in Duitsland self word kantore in al die vernaamste stede geopen waar die toegewydheid, die hardwerkendheid en professionaliteit van die Afrikaner-Silicon-vallei besig word. Boonop daal die rand aanmekaar en is die Afrikaners se tariewe uiters mededingend as dit in euro omgereken word.
Insgelyks op Kleinfontein, word ‘n hospitaal en opleidingsentrum vir verpleegpersoneel gebou wat nie net mediese sorg aan Afrikaners verskaf nie, maar operasies teen mededingende tariewe aan Britte verskaf. Oral in Brittanje verskyn geteikende internetadvertensies: “Need an op? Come to Kleinfontein, your medical paradise.”
Iewers bestuur ‘n finansiële komitee die toevloei van buitelandse valuta en kapitaal na die Afrikanerekonomie. Heelwat daarvan word op allerlei vindingryke maniere geneutraliseer sodat die res van Suid-Afrika op sy gewone trant voortsukkel, met ‘n swak rand, stagflasie, vervallende infrastruktuur en staatskuld wat hand oor hand toeneem.
Tekens van voorspoed en welvaart begin onder Afrikaners sigbaar raak. Maar hulle ry steeds verslete klein motortjies en bakkies, met ‘n horde volkseie werktuigkundiges wat hul voertuie onderhou. Rondom Orania in die Noord-Kaap verrys ‘n tweede tegnopool waar veral laboratoria opgerig word, wat globale navorsingsdienste aan maatskappye in die Noordelike halfrond verskaf. Daar word ook hotelle, vakansie-oorde en konferensiesentrums opgerig wat toeriste van oor die aardbol aanlok, met goeie diens en volmaakte veiligheid.
Teen 2020 is Suid-Afrika se staatskas so byna-byna leeggesteel. DIe begrotingstekort beloop 30% en die staatskuld trek by 120% van BNP. Tyd om van die staat se bates te begin aankoop. Van die vervalle staatshospitale word vir ‘n appel en ‘n ei aan Afrikaners verkoop, met natuurlik ‘n bietjie omkoopgeld wat die transaksie olie, soos dit maar gewoonlik die geval met ‘n Suid-Afrikaanse staatsamptenaar is. Desperate ANC-amptenare verkoop selfs van hul tolpaaie om inkomste te verkry.
Vanaf 2015 begin Afrikanerkantonne een ná die ander onafhanklikheid van die sentrale regering verklaar, kragtens artikel 235 van die Suid-Afrikaanse grondwet wat luil:
Die Suid-Afrikaanse bevolking as geheel se reg op selfbeskikking soos in hierdie Grondwet vergestalt, belet nie, binne die raamwerk van dié reg, die erkenning van die konsep van die reg van enige gemeenskap wat ʼn gemeenskaplike kultuur- en taalerfenis deel, op selfbeskikking binne ʼn territoriale entiteit in die Republiek of op enige ander wyse, soos deur nasionale wetgewing bepaal.
In wese is dit ou blanke munisipaliteite, tesame met omliggende plase, wat afstig. Die sentrale regering staan magteloos om die proses van afstigting te keer, want sowel die grondwet as die internasionale reg maak daarvoor voorsiening. Een van die eerste dorpe wat tot dié stap oorgaan, is Heidelberg, hoofsaaklik om die Hoër Volkskool van ondergang te red. Toe die Heidelbergkanton tot stand kom, is dit asof ‘n sluis oopgetrek word en oral in die land vind vergaderings plaas waar selfbeskikking uitgeroep word. In plaaslike en internasionale howe woed allerlei hofsake, maar intussen steur gemeenskappe hulle nie meer aan die ANC-munisipaliteite, die staat of, les bes, die Ontvanger van Inkomste nie. Groot verwarring heers in die Suid-Afrikaanse howe, wat geen saak van die Ontvanger teen ‘n oud-Suid-Afrikaanse belastingbetaler kan aanhoor alvorens daar uitsluitsel kom oor watter hof in die nuwe kantonne oor jurisdiksie beskik nie.
Die Kantonale Bank van Heidelberg doen fluks sake en begin selfs sy eie geldeenheid uitreik wat so min of meer aan die euro gekoppel is. Die eerste wolkekrabber is reeds in Heidelberg in aanbou om in die vraag na kantoorruimte en verblyf te voldoen.
Binne die eerste paar jaar van die nuwe Afrikanerbeweging, ontstaan ‘n groot mannekragtekort. Pensioenarisse word heropgelei, van skootrekenaars voorsien en selfs tieners op skool begin op ‘n vroeë ouderdom deeltyds werk omdat die ontluikende Afrikanerekonomie voortdurend nuwe werknemers benodig. Volgens beskikbare syfers, behaal die groeikoers in sommige jare ‘n ongehoorde 20 persent! Soos wat Afrikaners loskom van die parasitiese, korrupte stelsel van Suid-Afrika, is hulle soos atlete wat met gewigte aan geoefen het en nou skielik vry kan hardloop.
Vliegtuie uit Australië, Nieu-Seeland en Kanada is skielik volgepak met terugkerende Afrikaners wat onmiddellik in die netwerk van kantonne opgeneem word. Hul kinders word weer aan Afrikaans blootgestel met dubbelmediumonderrig in Afrikaans en Engels, met ‘n geleidelike oorskakeling na Afrikaans.
Met die staatskas wat leeg bloei, verklaar die ANC-bewind hom bereid om van sekere kampusse ook ontslae te begin raak. Pretoria, Potch en Bloemfontein word sommer gelyk aan ‘n Afrikanerkonsortium verkoop. Die bestaande kleurlingrektore en blanke apparatsjieks wat dié instellings oor die jare probeer verengels en venietig het, word voor die voet afgedank. Hulle word nie eens toegelaat om hul lessenaars leeg te maak nie, maar word deur veiligheidspersoneel van die perseel verwyder. Die akademiese personeel word insgelyks gesuiwer van marxiste, feministe en ander geestelik versteurdes wat met ‘n pakkie valium huis toe gestuur word.
Teen 2020 doen Der Spiegel die eerste groot artikel oor “Das Afrikanerwirschaftswunder” en ‘n horde internasionale TV-joernaliste sak op die Afrikanerkantonne toe om ondersoek in te stel na die geheim van hul verbysterende sukses. Hulle kom agter die spaarkoers is omtrent dertig persent en daar bestaan ‘n stelsel van permanente opleiding waaraan almal deelneem, van kleuters tot bejaardes in hul sewentiger- of tagtigerjare – alles in Afrikaans. Meesal loop mense in kortbroeke, tweekleurhemde en vellies rond en stel meer in hul finansiële beleggings as in verbruik belang. Kort-kort skenk ‘n ryk Afrikaner ‘n vleuel aan ‘n hospitaal, skool of universiteit wat aangebou word en waar nog werk vir sy volksgenote geskep word.
Selfs met die diaspora-Afrikaners terug in die vaderland, raak die arbeidstekort egter nypend. Soos in Japan, is daar oral outomate wat koffie, tee en koeldranke bedien. Selfbedieningsrestaurante wat deur een of twee mense bedryf word en wat slegs van weggooibare borde en eetgerei gebruik maak, is die norm.
Daarom word ‘n nuwe immigrasieplan soos laas in die vyftigerjare van stapel gestuur. Lande en gebiede in Europa word geïdentifiseer waar armoede en werkloosheid heers en werwingskantore word geopen om jong immigrante na die Afrikanerkantonne te lok. Tot ‘n honderdduisend Europese immigrante word jaarliks met skepe na Suid-Afrika gebring, met Afrikaanse lesse en ‘n inburgergeringskursus wat reeds op die skip begin, nes in die vyftigerjare. Die nuwe immigrante word deur die Afrikanerekonomie geabsorbeer en van die vervalle stedelike gebiede in Pretoria, Roodepoort en Randburg word herwin om hulle te kan huisves. Die Gilde van Afrikaanse argitekte hou jaarliks ‘n groot kongres waar nuwe boustyle en tegnologie wat die minimum arbeid vereis, bespreek word. Dit gaan egter ook daaroor om ‘n nuwe Afrikaanse omgewing te skep, wat tegelyk modern en inheems Afrikaans is. In die kafees waar jy self jou koffie by ‘n masjien moet gaan tap en jou koeksister uit ‘n outomaat val, argumenteer filosowe, kunstenaars en teoretici oor presies wat suiwer Afrikaanse argitektuur of kuns sou wees en wat nie.
Intussen ploeter Suid-Afrika op sy ingeslane weg voort. Die utopie van gelykheid, kollektiwisme, nie-rassigheid, regstellende aksie, diversiteit, bemagtiging en die eerwaarde Jesse Jackson se “reënboognasie” word gaandeweg verwesenlik. Dit lyk min of meer soos Zimbabwe met werkloosheid in die orde van tagtig tot negentig persent. Trouens, vele Zimbabwiese immigrante begin noordwaarts emigreer omdat omstandighede daar beter as in Suid-Afrika is.
Omdat die ekonomiese koek – of eerder ‘n kolwyntjie – al hoe kleiner word, is daar ook meer politieke konflik tussen die lede van die regerende elite. Sluipmoorde tussen leiers van partye, maar ook binne partye neem toe. Mevrou Zille word tussen die oë deur ‘n Zoeloe-sluipskutter uit Nkandla gepot en die gemiddelde standaard van politieke dans op die verhoog styg ‘n paar kerwe.
NAVSFED se embleem, wat reeds vir internasionale byeenkomste gebruik is
Die Afrikanerkantonne het hul eie probleme en word ietwat multikultureel, want al hoe meer Pools, Frans, Duits en Nederlands word op straat gehoor soos wat nuwe immigrante aankom.
Teen 2022 word die netwerk van Afrikanerkantonne die grootste ekonomie in Afrika en steek dié van Suid-Afrika verby. Groot dele van wat steeds Suid-Afrikaanse grondgebied is, word deur Afrikanerboere en -entrepreneurs opgekoop met die oog op herwinning en uitbreiding.
Om lid van die Olimpiese Komitee te word, het mens nie ‘n onafhanklike staat nodig nie. Daarom is die eerste stappe om ‘n Afrikaner- Olimpiese Komitee te vestig reeds in 2012 deur organisasies wat met volkseie sport gemoeid was, soos die Nasionale Afrikaner Volkseie Sportfederasie (NAVSFED) geneem om ‘n aansoek om lidmaatskap in te dien.
In 2014 is die aansoek ingedien en reeds vanaf 2016 neem ‘n Afrikanerspan aan die Olimpiese Spele deel.
* * *
“En al die pad vanuit Suider-Afrika (op Frans praat die aankondiger van Afrique australe wat so min of meer die hele streek beteken, dus van geen spesifieke land nie, want daar is atlete vanuit Namibië ook in die span), die Afrikaners!”
Skielik word die hele Stade de France stil, ademloos. Die skare staar hulle aan, asook die anderhalf miljard televisiekykers wat op daardie oomblik na die openingseremonie van die 2024-spele kyk. Met ligte tred, gemaklik, stap ‘n sestigtal vreemde wesens uit die verre Suide die stadion binne. Hulle dra gemaklike klere: wit linnebroeke, groen kleurbaadjies met ‘n Springbokembleem op, maar – knipogie na ‘n oorlog lank gelede – vilthoedens met die een rand opgeslaan. Die vroue-atlete dra ‘n soort postmoderne kappie, met lang wit linnerokke wat by die mans se broeke pas. Hulle sweef soos Walkurebruide die stadion binne.
Dan haal die mans hul hoedens van hul koppe af en wuif vir die skare, om ‘n verskeidenheid blonde en donker haardosse, met selfs ‘n rooikop onder hulle, te ontbloot.
Die applous is oorverdowend. Nie net is die verwagtinge groot vir die span uit die Suide van Afrika nie, maar met hul ligte dog sonbruin velle, straal hulle iets besonders, amper goddeliks, uit. Voor stap ‘n jong meisie in haar lang rok en stylvolle kappie. Aan ‘n stok dra sy die eeue oue oranje-blanje-blou, waarvan die kleure skokkend helder onder die flitsende kameras vertoon.
In die span is daar ‘n Pool of twee wat inderhaas kantonale burgerskap moes verkry en Afrikaans nog bietjie krom en skeef praat, maar soos wat eers Albanië en dan Algerië agter die Afrikanerspan inval, bestaan daar min twyfel oor wie in dié geledere die ware A-span is.
Op die pawiljoen sê die Franse seunskind aan sy pa: “Natuurlik, dis die Afrikaners!”
“Mais oui, dis hulle,” antwoord die vader, ietwat verleë. “Hoe kon ek hulle met Skandinawiërs verwar? Aan die ander kant, vir Afrikane lyk hulle só… wit. Ek wens die Franse span kon só gelyk het.”
‘n Ouditverslag oor die Makhado- plaaslike munisipaliteit wat verlede jaar deur die ouditeur-generaal aan die Limpopo-provinsie voorgelê is, is so pas deur die belastingbetalersvereniging van Louis Trichardt vrygestel.
Mnr. Jaap Kelder van die Nasionale Belastingbetalersunie het in ‘n verklaring die ouditverslag as “absoluut skokkend” bestempel. In ‘n boodskap van meegevoel met die plaaslike belastingbetalersunie onder leiding van mev. Inga Gilfillan, sê Kelder: “Dit skrei ten hemele! Ons is van mening dat julle nou behoort te sê: genoeg is genoeg! Dit sou makliker vir die ouditeur-generaal gewees het om te sê wat reg verloop het in die munisipaliteit. Dit sou net een woordjie gewees het: ‘NIKS!'”
Louis Trichardt se belastingbetalers, wat ook ‘n naamstryd teen die benaming “Makhado” voer, weerhou tans meer as R10 miljoen van die munisipaliteit omdat daar soveel wanbestuur plaasvind. Mnr. Jaap Kelder van die NBU het aan Louis Trichardt se inwoners verklaar: “Goddank het julle julle fondse van die munisipaliteit weerhou anders het die R10 miljoen ook nog in die bodemlose put verdwyn.”
In die verslag verklaar die ouditeur-generaal dat hy geen behoorlike rekords oor meer as R1,6 miljard se munisipale bates kon vind nie. Hy het reeds ‘n jaar gelede sulke syfers versoek, maar dit is nog nie beskikbaar nie.
Daar was ook nie gegewens beskikbaar oor meer as R300 miljoen se roerende bates nie.
Benewens probleme met die boekhouding wat BTW betref, het die munisipaliteit ongemagtigde besteding van R57 872 128 aangegaan.
Dié bedrag van byna R58 miljoen wat as ongemagtigde besteding aangegee word, is egter onderskat met meer as… R124 miljoen. Gesamentlik het die munisipaliteit dus ongemagtigde besteding van R182 miljoen aangegaan.
Foute van die vorige jaar wat deur die ouditeur-generaal uitgewys is, is nog nie reggestel nie.
R33 miljoen is aangewend vir ander doeleindes as waarvoor raadsbesluite geneem is.
Die ouditeur-generaal bevind dat die munisipaliteit nie oor die nodige kundigheid of bekwaamheid beskik om die wetlike vereistes vir die bestuur van ‘n plaaslike owerheid na te kom nie.
Ander elemente wat in die ouditverslag uitgelig word, is:
R200 miljoen se goedere en dienste is sonder pryskwotasies aangekoop, wat strydig met die toepaslike regulasies is.
Tenders is toegeken aan persone of entiteite sonder dat hulle verklaar het of hulle in diens van die staat of staatsinstellings is.
Die rekenkundige beampte het nie redelike stappe geneem om ongemagtigde besteding te voorkom soos deur artikel 63(2)(c) van die Wet op munisipale finansies en bestuur vereis word nie.
Jaap Kelder is die voorsitter van die Nasionale Belastingbetalers-Unie. Hulle is die mense wat belastingboikotte reël wanneer die ANC-beheerde stadsrade voorspelbaar en onafwendbaar in duie stort; wanneer Jonas en Sipho, die ANC raadslede, eerder vir hulself S-klas-Mercedesse koop as om geld te verkwis op trivialiteite soos dienslewering, riolering, watervoorsiening en paaie.
Maak geen fout nie: die ineenstorting van dienste onder ‘n ANC-regering is nie uitsonderlik of iets wat slegs in klein dorpies gebeur nie, dis onafwendbaar in alle ANC-beheerde munisipaliteite. Omtrent twee weke gelede het ek ‘n slaggat getref op ‘n groot verkeers-aar in Johannesburg, wat derduisende rande se skade aan my kar aangerig het. Amos Masondo-hulle se lae intelligensie en volslae gebrek aan bestuursvermoëns het regstreeks hiertoe gelei. Ek woon in Trashtown, Aapstat, die metrogebied voorheen bekend as Pretoria, wat ook gebuk gaan onder die wanbestuur van die ANC. Vir die afgelope drie weke gaar ons rommel op ons sypaadjies op, omdat die ANC nie ‘n pomp in ‘n hoerhuis kan organiseer nie, laat staan nog ‘n moderne stad aan die gang kan hou.
Jaap Kelder-hulle het gedoen wat ek al lankal meen blankes moet doen: hulle is besig om ‘n alternatiewe regering daar te stel, afsonderlik van die falende Azaniese piesangrepubliek. Sodra blankes ophou om die ANC-regime te befonds dmv ons belastinggeld, stort hy in duie en kan hy ons nie meer onderdruk nie. Jaap Kelder-hulle doen presies dit. Hulle is besig om blankes op plaaslike regeringsvlak van die ANC se dwingelandy te bevry. Hulle is inderdaad reeds besig om ‘n parallele regering daar te stel.
Sowat 300 munisipaliteite se inwoners betaal reeds geld in ‘n trustfonds wat deur die NBU bedryf word, eerder as om belasting aan die ANC-stadsrade te betaal. Dis terloops snaaks dit gebeur nie in die enkele DA-beheerde stadsrade nie, nie waar nie? Niks vestig Sipho en Jonas se aandag so vinnig as die moontlikheid dat hulle hul S-klasse sal moet prysgee vir trapfietse nie, en daar is duidelik paniek by die ANC regime. Minister Sicelo Shiceka skree dat die NBU se optrede onwettig is, maar soos mens kan verwag van ‘n ANC-kader, het hy die kat aan die stert beet. Die NBU het reeds ses uit sewe hofsake teen stadsrade gewen.
Dis heeltemal wettig, indien nie ook moreel verdedigbaar nie, om belasting te weerhou en ons eie planne te maak om dienslewering te verseker. Aan die einde van hierdie maand sal ek my Aapstatse erfbelasting met ‘n bedrag gelykstaande aan driekwart van my maandelikse fooi vir vullisverwydering verminder. As Aapstat nie ‘n diens aan my kan lewer nie, kan hulle ook nie verwag om my geld te ontvang nie. Die slag as 400,000 blanke huishoudings in Aapstat ons eie ding begin doen, kan antie Gwen maar loop slaap. Blankes moet na my mening nie bloot ophou by die plaaslike regering nie, maar ook belasting weerhou van die sentrale regering, op welke moontlike manier ook al.
Shiceka, raas, skree en dreig selfs met oorlog, volgens vandag se Beeld. Tipies van Afrika-politici. Hulle soek sondebokke vir hulle totale onbekwaamheid. Plaas daarvan dat Shiceka die oorsaak van die probleem aanspreek – die per-definisie-onbekwaamheid van swart regering – blameer hy die wittes. Ek sal my reaksie vir hom in Engels gee: “Bring it on! Let the whites’ own Struggle begin!”
Colesberg: skilderagtige dorpie met ‘n ANC-munisipaliteit
Die Aksiegroep Colesberg, wat 'n stryd teen munisipale wanbestuur op die dorp voer, het gister die burgemeester en finansiële bestuurder vir minagting van die hof laat arresteer. Die inhegtenisname spruit uit 'n bevel nisi wat die aksiekgroep op 30 Junie 2009 teen die munisipaliteit, munisipale bestuurder, burgemeester en finansiële bestuurder bekom het.
In die bevel word die munisipaliteit beveel om voorafbetaalde krag wat deur hom opgeskort is, te herstel en om voort te gaan om krag aan inwoners met voorafbetaalde krag te voorsien.
Tans is inwoners besig om erfbelating van die munisipaliteit te weerhou as gevolg van 'n dispuut wat met die liggaam verklaar is.
Volgens mnr. Johan Matthee, het sy "geduld ná twee weke opgeraak en ek het 'n klagte van minagting van die hof teen die respondente by die SAPD aanhangig gemaak. Die polisie het voete gesleep totdat ek vanoggend die stasiekommissaris in kennis gestel het dat ek die aangeleentheid by die provinsiale kommissaris gaan aanmeld".
Gistermiddag het die speurhoof, sy adjudant, asook die Aksiegroep Colesberg se prokureur, mnr. Deon Dohne, omstreeks 15:30 vergader. Mnr. Matthee het bevestig dat die finansiële bestuurder en die burgemeester daarna op 'n klag van minagting van die hof in hegtenis geneem is ingevolge artikel 106 van wet 32 van 1944, die wet op landdroshowe. Mnr. Matthee het voorts gesê: "Die munisipale bestuurder bevind homself in Pretoria en sal by sy terugkeer na Colesberg eerskomende Maandag ook gearresteer word."
Die dag daarna, Dinsdag 28 Julie 2009, sal die aansoek voor die plaaslike landdros voorkom om dit te bekragtig. Volgens die aksiegroep het hulle reeds kennis gekry dat die munisipaliteit die aansoek gaan teenstaan.
Intussen is die burgemeester en finansiële bestuurder op borg vrygelaat.
Die Aksiegroep Colesberg is lid van die Nasionale Belastingbetalersunie onder voorsitterskap van mnr. Jaap Kelder van Kemptonpark. Soortgelyke aksies om munisipaliteite reg te ruk word landwyd deur die unie gevoer, onder andere op Sannieshof waar mev. Carin Visser insgelyks in hofgedinge met die korrupte en spandabelrige munispaliteit van Tswaing wat verskeie ander dorpe ook insluit betrokke is.
Die Aksiegroep Colesberg het daarin geslaag om die elekrisiteitsvoorsiening aan inwoners met 'n hofbevel herstel te kry. Die Aksiegroep en sy lede verkeer tans in dispuut met die sogenaamde Umsobomvu-munisipaliteit weens onredelike tariefstygings en gebrek aan dienslewering.
Nadat die Aksiegroep, wat by die Nasionale Belastingbetalersunie van mnr. Jaap Kelder geaffilieer is, 'n tydelike hofbevel teen die munisipaliteit verkry het, het die burgemeester, munisipale bestuurder en finansiële bestuurder steeds geweier om die krag aan te sit.
Mnr. Johan Matthee, voorsitter van die Aksiegroep Colesberg, 'n klag van minagting van die hof teen die burgemeester en sy twee mede-amptenare gelê. Hy sê: "Nadat die stukke deur die balju op die respondente bestel is, het die munisipale bestuurder steeds hardnekkig geweier om die kragtoevoer te herstel. Ek was derhalwe genoodsaak om lasbriewe vir die inhegtenisneming van die munisipale bestuurder, burgemeester en die finansiele bestuurder aan te vra op sterkte van minagting van die hof. Die lasbriewe is uitgereik en die polisie het onmiddellik opgetree.
"Die munisipale raad het gistermiddag 14:00 'n spesiale raadsvergadering gehou (rede onbekend) en toe die vergadering verdaag, het die polisie gereed gestaan om die mense te arresteer. Die munisipale bestuurder het toe so groot geskrik dat hy daar-en-dan opdrag gegee het dat die krag weer aangeskakel moet word".
Volgens mnr. Matthee het hy "om 17:45 begin oproepe ontvang van baie dankbare inwoners om te bevestig dat hulle kragtoevoer, ná 5 weke in die donker en in uiterse koue, herstel is."
Die keerdatum vir die bekragtiging van die tussentydse hofbevel is 28 Julie 2009. Tensy die munisipaliteit verweer aanteken, sal die bevel dan finaal verklaar word.
Die inwoners dring daarop aan dat hulle net vir elekrisiteit wil betaal, hetsy per rekening, hetsy per voorafbetaalde meter, terwyl hulle dispuut met die Colesbergse munisipaliteit aan die gang is.
Die inwoners beroep hulle op die Munisipalestelselswet nr. 32 van 2000, waarvan artikel 102(2), saamgelees met artikel 102(1), bepaal dat 'n munisipaliteit nie 'n belastingbetaler se skuld vir dienste mag konsolideer "waar daar 'n dispuut met die munisipaliteit bestaan nie".
Aksiegroep Colesberg is finansieel bygestaan deur die Nasionale Belastingbetalersunie om sy regskoste te dek, met advokaat Mari Olivier wat vir die Aksiegroep opgetree het.
Die Tswaing-munisipaliteit se aansoek om 'n verstekvonnis teen 'n aktivis op Sannieshof wat sy belastings in 'n trustfonds inbetaal is gister in die landdroshof op Delareyville van die hand gewys.
'n Ondersteuner van die munisipaliteit wat blykbaar gekant is teen pogings van inwoners om die dorp se rioolstelsel reg te ruk, mnr. Hennie Breytenbach, was so onstoke dat hy uit die hofgebou gestorm het.
Mev. Carin Visser, die voorsitter van die Sannieshof-inwoners-en-belastingbetalersunie (Sibu) het gesê dat dat dié organisasie die watersuiweringsaanleg moes regruk omdat die "die algehele verwaarlosing, jare se verwering en die algehele afwesigheid van bestuur duidelik waarneembaar is.”
Rioolvullis is volgens Sibu die afgelope vyf jaar al hoe minder met tenkwaens uit inwoners en sakeondernemings se septiese tenks verwyder.
Dit het glo ’n situasie laat ontstaan waar werkers slegs rioolvullis verwyder het as hulle omkoopgeld of drank in ruil daarvoor ontvang het.
Sommige septiese tenks het gevolglik lang rukke oorgeloop. Sibu het daarom begin om ontbrekende en stukkende toerusting by die watersuiweringsaanleg te vervang met geld wat inwoners van die munisipaliteit teruggehou het.
Sibu het ’n rioolpomp van R45 000 vir die wegpomp van slik aangekoop. Nog R20 000 is aangewend om ’n stukkende rioolpomp in die Agisanang-woonbuurt te laat versien en verslete onderdele te vervang.
Die Tswaing-munisipaliteit verdedig tans sy regte om inwoners van die rioolplaas weg te hou en vir sy reg om die dorp en die omgewing met riool te mag besoedel. Daarom het die munisipaliteit ook 'n klag van betreding teen mev. Carin Visser ingestel. Omdat sy die rioolpomp vervang het, is 'n saak van kwaadwillige saakbeskadiging teen haar geopen. Hierdie klagte teen haar en 'n ander lid van Sibu, mnr. Manie Schutte, is egter intussen deur die hof as ontoelaatbaar verklaar.
Intussen is die inwonersvereniging egter besig om die Hooggeregshof te nader met 'n aansoek om die Tswaing-munisipaliteit te dwing om met Sibu saam te werk ten einde die rioolprobleme op die dorp op te los. Dié aansoek sal heelwaarskynlik op 15 Junie in Pretoria aangehoor word.
Sibu, asook die Nasionale belastingbetalersunie onder leiding van mnr. Jaap Kelder, het 'n beroep op die publiek gedoen om die verhoor op 15 Junie by te woon en solidariteit met die inwoners van Sannieshof te betoon wat dapper vir hul reg op skoon water en 'n skoon omgewing veg téén die munisipaliteit wat op sy besoedelingsreg aandring.
Soortgelyke inwonersverenigings het op ander dorpe dispute weens swak dienslewering en besoedeling teen plaaslike munisipaliteite ingedien en is insgelyks besig om plaaslike belastings terug te hou deur gelde in trusts in te betaal. Ook in Pretoria is die Pretoriase belastingbetalersunie besig om dieselfde strategie te volg.
Die finanies van plattelandse munisipaliteite word hoofsaaklike aangewend om die salarisse van ANC-amptenare te betaal en om kongresse in hotelle, duur oorsese reise en partyfeeste te betaal terwyl min of geen geld aan die onderhoud van noodsaaklike toerusting bestee word nie.
Die sentrale regering betaal ook jaarliks reusebedrae aan plattelandse munisipaliteite oor om hierdie amptenary se groot salarisse en stralerjakkerlewenstyl te subsidieer. Volgens mnr. Jaap Kelder van die NBU heers daar 'n nasionale krisis sover dit die land se 260 munisipaliteite betref; vandaar die noodsaak vir inwoners om drasties op te tree en beheer oor plaaslike dienste soos riolering te neem wat nie meer deur munisipaliteite verseker word nie.