Tuinier in hegtenis as verdagte in Kennealy-saak

Die tuinwerker van die vermoorde Annette Kennealy is gisteraand in hegtenis geneem. Hy heet Kenny Ramatshimbila en het op haar perseel gewoon. Sowel boere in die Louis Trichardt-omgewing as die polisie se woordvoerder, kol. Moatshe Ngoepe, het dit bevestig.

“Annette het haar ma gebel en gekla dat die tuinwerker besig was om ‘n baie slegte houding te ontwikkel,” het die vermoorde Kennealy se buurman gesê. “Dis moontlik dat daar ‘n struweling was, waarna hy haar met die hamer en ysterpyp doodgeslaan het.”

Annette Kennealy was ‘n bekende kampvegter teen plaasmoorde in die Louis Trichardt-omgewing en het veral skakelwerk met buitelandse media gedoen om hulle oor die toestande in Suid-Afrika in te lig. Die nuus dat sy vermoor is, het landwyd skokgolwe veroorsaak. Vanoggend in Johannesburg en Pretoria het die dagblad Beeld se baniere op lamppale gelui: “Aktivis op hoewe vermoor.”

In sy reaksie gister het dr. Dan Roodt van PRAAG geskryf dat hy vermoed dat sy deur ‘n bekende vermoor is aangesien sy altyd gewapen was. “My vriendin en aktivis vir landelike veiligheid, Anntte Kennealy, het self die slagoffer van ‘n verskriklike plaasmoord geword…. Sy was baie dapper, en het altyd ‘n wapen by haar gedra, ‘n 9mm-Astra-pistool. Kennelik was haar paraatheid nie genoeg om haar uiteindelik te red nie. Sy is óf deur iemand gedood wat sy geken het óf sy is verras.”

Dit blyk dat Kennealy wel haar pistool by haar gehad het tydens die voorval. Nadat die verdagte ondervra is, het hy die pistool op die moordtoneel aan die polisie uitgewys.

“Waarom het sy hom nie geskiet nie?” het een van Kennealy se vriende, met wie PRAAG vanoggend gesels het, gevra.

Blykbaar het die verdagte reeds erken dat hy die moord gepleeg het. Hy het egter nog nie in die hof op ‘n moordklag verskyn nie.

Nog kommentaar van boere in die omgewing was: “Totdat ons ons eie werk begin doen, sal ons nooit veilig wees nie. Annette het hom nie nodig gehad nie. Sy het haar perde verkoop. Maar sy het hom daar laat bly en af en toe die pad bietjie laat regmaak. As sy alleen was, het sy nou nog geleef.”

Kennealy se moeder het Maandagaand begin onraad vermoed toe sy Sondagaand nie haar selfoon beantwoord het nie. Sy het ook nie soos gebruiklik haar om 18:00 op die plaaslike plaaswag se burgerbandradio aangemeld nie. Toe iemand Maandagoggend uitgestuur is om ondersoek in te stel, is haar lyk omstreeks 9:00 ontdek.

Op haar Facebook het Annette Kennealy haar die bynaam Tshinakaho gegee, tesame met die Engelse onderskrif: “White lives matter.”

Die radio-omroeper van RSG, Izak du Plessis, het foto’s van haar op sy Facebookblad geplaas en hulde aan haar gebring:

Mooi loop, Tshinakaho. Dankie vir die stil nagte in jou paradys op die berg wat jou hel geword het. Dankie vir die diep gesels, vir die spesiale tyd saam met jou, die straight shooting, die aand toe ons knieë geraak het in Saartjie se garage, die blywende vriendskap daarna en die mooi van jou hart. Dankie vir daai naweek toe ons dié foto’s geneem het. Ek sal jou nooit vergeet nie.

Wit gesin van Louis Trichardt leef in vrees na rasaanval

‘n Wit gesin van Louis Trichardt is by ‘n winkelsentrum in die dorp aangeval.

Elsabe Bezuidenhout se nagmerrie is op haar Facebook-blad geplaas nadat sy aangeval is deur ‘n groep swartes.

Sy is in die parkeerarea van Makhado Crossing aangerand. Haar gruverhaal het Maandagoggend meer as 7 000 trefslae gehad en is ‘n paar duisend keer gedeel.

Die Bezuidenhouts het ‘n swartvrou wat voor hulle ingedruk het by die kassiere berispe, waarna die swarte op hulle begin vloek en skel het.

Hulle is onder meer as “white pigs” uitgeskel deur die onbekende swarte en vertel dat dit haar land is.

Die moeilikheidmaker is daarna na buite die Pick n Pay, waar sy ander swartes aangehits het teen die wit egpaar.

Toe die Bezuidenhouts in die parkeerarea kom om hulle kruideniersware in die motor te laai, is hulle ingewag deur ‘n opgeruide skare swartes.

Die spul swartes het op die Bezuidenhouts toegesak, hul arms stukkend gekrap en, volgens Bezuidenhout geskree: “We will kill all you fucking white pigs and white fucking whores!!”

Bezuidenhout sê sy het vir haar en haar kinders se lewens gevrees. Die swarte het die wit vrou met “vieslike vuil naels” gekrap. “Hoe moet ek dit vir my histeriese kinders verduidelik,” vra Bezuidenhout in haar inskrywing. “Met ‘n hele skare saam met haar kon ons onsself nie eers verdedig nie.”

Die swartes het die Bezuidenhouts se voertuig omring en met hul vuiste op die enjinkap geslaan. ‘n Vriendin het gehelp om die kinders veilig in die motor te kry.

‘n Motorwag het intussen ook probeer om die situasie te ontlont. Dit, tesame met die vriendin se hulp, het die gesin in staat gestel om hulle kruideniersware in te laai en weg te kom.

Die veiligheidswagte wat in diens van die sentrum is in die parkeerarea het klaarblyklik net toegekyk het hoe Bezuidenhout en haar gesin aangerand word.

Die sentrumbestuur beweer dat hulle nie bewus is van enige voorval nie.

Bezuidenhout het Dinsdag aan die Zoutpansberger gesê sy het haar profiel gesluit, omdat sy en haar gesin vir hul lewens vrees.

Sy het bevestig dat hulle besluit het om die saak wat by Makhado Polisie geopen is vir verdere ondersoek, te sluit. “Ons wil hê hierdie saak moet nou net verby en agter die rug kom,” het sy aan die koerant gesê.

Intussen is verneem dat die sekuriteitsmaatskappy onder die bestuur van Makhado Crossing val.

Die eienaars van Makhado Crossing het ontken dat die sentrum se sekuriteitskameras al vir maande buite werking is. Volgens die sentrum het ‘n “kragonderbreking” gesorg dat die insident nie opgeneem is nie.

Intussen probeer die ANC, by monde van die minister van Kuns en Kultuur, Nathi Mthethwa, wittes voorhou as “rassiste” wat aan strenger wetgewing onderwerp moet word.

Bron: Zoutnet

Rastoilet-herrie oorspoel Louis Trichardt

Die bewering dat toilette by ʼn sakeonderneming in Louis Trichardt, Limpopo op grond van ras toegewys word, is ongegrond het die eienaar van die gebou gesê.

“Nee dit is nie waar nie. Daar is nie so iets nie,” het Bennie van der Merwe aan Sapa gesê.

Huurders gebruik hul eie toilette maar lede van die publiek het nie toegang tot huurders se geriewe nie, sê Van der Merwe.

Die Sowetan het Woensdag berig huurders by die Vleissentraal-kantoorblok in die dorp het ʼn vergadering saamgeroep omdat hulle glo aangesê is om aparte toilette te gebruik.

Van der Merwe het gesê van die huurders het sleutels vir die toilette en dat daar sleutels aan die ander huurders voorsien sal word. Rita van Schalkwyk, opsigter van die gebou, het ook die bewerings ontken maar bygevoeg dat een van die toilette vir die bestuurder se gebruik alleenlik is. “Wit en swart werkers gebruik dieselfde toilette. Dit gaan nie oor swart of wit nie.”

Volgens Van Schalkwyk het daar ʼn man by die gebou opgedaag en daarop aangedring om die vroue se toilet te gebruik. Sy het aanvanklik geweier dat die man enige van die toilette gebruik maar het later voorgestel dat hy die manstoilet gebruik. Van Schalkwyk het die man weggewys nadat hy geweier het om die manstoilet te gebruik.

Huurders meen egter dat hulle verneder word. “Daar is vier toilette in die gebou,” het ʼn sakeman, wat anoniem wou bly, aan die koerant gesê. “Een is vir swart vroue, een vir swart mans, een vir wit en bruin vroue, en die laaste een word deur een wit man gebruik. Die toilette is ook altyd gesluit en ons moet die sleutel by ʼn wit vrou aanvra as ons dit wil gebruik.”

Anonieme huurders het by die koerant gekla oor die beweerde rassisme.

Isaac Mangena, woordvoerder van die Menseregtekommissie, het Woensdag in ʼn verklaring gesê die kommissie is bewus van die beweringe en ʼn span is na die dorp gestuur om die bewerings te bevestig. “Indien dit waar is, sal ons dadelik ʼn ondersoek van stapel stuur,” het Mangena gesê.

Mangena het gesê dit is skokkend dat daar steeds 20 jaar ná apartheid gerugte is dat geriewe slegs vir die gebruik van wit mense is. “Ons wil dit graag beklemtoon dat rassisme geen plek in ʼn samelewing soos ons sʼn het nie. ʼn Samelewing wat pas uit jare van staatsondersteunde rassisme kom. Ons moet alles in ons vermoë doen om dit uit te roei,” het hy gesê.

Louis Trichardt: Hoes en betaal is die wet van Transvaal

Die voorsitter van die Louis Trichardt-voorsittersvereniging (VV), André Naudé het die skikking verwelkom om die dorp se naam in ere te herstel.

Hy sê inwoners sal nou daarop fokus om die erfenis van die dorp te bewaar.

Volgens die skikking sal Makhado in Limpopo weer as Louis Trichardt bekendstaan.

Die minister van kuns en kultuur en die Geografiese Pleknaamraad het gister buite die hof met die vereniging geskik.

Die Hooggeregshof in Pretoria het daarna die besluit om die dorp se naam na Makhado te verander, ter syde gestel.

Die skikking volg nadat die Pleknaamkomitee nie ‘n rekord van voldoende konsultasie oor die naamsverandering kon verskaf nie.

Naudé sê die komitee het dit nie in ag geneem dat die dorpsnaam reeds meer as 110 jaar oud is nie.

Die minister (eerste respondent), die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Geografiese Nameraad (tweede respondent) en die Makhado Munisipaliteit (derde respondent) het die stryd om Louis Trichardt se naam na Makhado te verander, Donderdagoggend gewonne gegee.

Die naam Louis Trichardt is in die Staatskoerant van 14 Oktober 2011 (Staatskoerant 34670, Kennisgewing 851) as Makhado gepubliseer.

Ná aanleiding hiervan het die Voorsittersvereniging (VV) ‘n hersieningsaansoek gebring om dié publikasie tersyde te stel.

Ná maande se gespook om dokumentasie uit die respondente te kry oor die Minister van Kuns en Kultuur se besluit om die naam te verander, het die VV ‘n aansoek gebring om die drie respondente te verplig om op 30 Oktober 2014 die nodige dokumentasie te verskaf.

“Ons het hulle verplig om die dokumentasie beskikbaar te stel waarvolgens die Minister se besluit geneem het om die naam te verander. Hulle kon dit nie beskikbaar stel nie. Hulle het geweet ons gaan die bevel kry en het besluit om die handdoek in te gooi. Hulle het besef hulle kan nie met die saak voortgaan nie, want hulle het nie die dokumentasie gehad waarop die minister se besluit gebaseer was nie,” het Naudé gesê.

Die drie respondente het by wyse van ‘n ooreenkoms die handdoek ingegooi en die publikasie van die naam Makhado in die Staatskoerant is deur regter Da Silva tersyde gestel.

Die drie respondente het ook aangebied om al die verspilde koste van die applikante (VV) te betaal. Dit is ook deel gemaak van die hofbevel.

 

Inbrake neem kommerwekkend toe in Louis Trichardt

inbrakeDie toename in inbrake en diefstalle by wonings in Louis Trichardt – ook bekend as Makhado – die afgelope twee maande is ‘n bron tot ernstige kommer. Die polisie weier volstrek, na ‘n amptelike besluit, om misdaadsyfers bekend te maak.

Die plaaslike koerant, die Zoutpansberger het ‘n inisiatief geloods om op hoogte te bly van misdaadtendense sodat inwoners vroegtydig van probleme en probleemareas gewaarsku kan word.

Inwoners wat die slagoffers van ‘n misdaad was, kan deurlopend ‘n kort opsomming van gebeure na die koerant se kantore e-pos na news@zoutnet.co.za. Hulle verlang ‘n kontaknommer, asook dag, datum, tyd en plek. Indien ‘n saaknommer beskikbaar is, kan dit bygevoeg word.

“Dit wil voorkom asof veral die sentrale gebiede van die Nuwe Uitbreiding geteiken word,” het die voorsitter van die Soutpansberg Dorpswag, mnr. Dirk Meissenheimer, Woensdagoggend gesê. Hy het toe pas teruggekeer van die toneel waar twee duplekswoonstelle in Proteastraat net die vorige aand besteel is, terwyl die inwoners tuis was.

Die Zoutpansberger het die afgelope week besluit om self bietjie te probeer bepaal wat die omvang van die probleem is. Die besluit volg vanweë die polisie se volgehoue weiering om misdaadstatistieke ten opsigte van navrae oor huisbrake aan die koerant en publiek bekend te maak.

Kommerwekkend is dat huisbrake by wonings terwyl die inwoners by die huis is, al hoe meer algemeen voorkom. Dit was die geval by die woonstelle in Proteastraat. Terwyl die inwoners rustig gelê en slaap het op die boonste verdieping, het die booswigte die onderste vloer geplunder.

Mnr. Fanie van Zyl en sy gesin van Kameelstraat het dieselfde oorgekom. Hy het Vrydagoggend (17de) opgestaan en klaargemaak om werk toe te gaan. “Ek het aanvanklik niks agtergekom nie. Ek het klaargemaak en uitgestap na my bakkie toe … dit was toe dat ek modderspore in my huis sien. Ek het geweet dit is nie een van ons se spore nie,” het Fanie Woensdag gesê. Hy het die spore gevolg na die venster in hul eetkamer, die gordyne oopgetrek en met ‘n skok gesien die een venster is oop en die diefwering is geknip en opgebuig.

“Half verdwaas het ek rondgekyk maar kon niks verkeerd sien nie … Eers later het ons besef my seun se Playstation en my skootrekenaar is weg … Dit is duidelik dat hulle net gevat het wat hulle spesifiek wil hê en aan niks anders geraak of geskuif het nie,” het Fanie gesê. Hy voeg by dat hy die Maandag na die inbraak by sy versekeraars aangekom het waar hy ‘n oom ontmoet het wat in Leeustraat bly. Dié se huis is, terwyl hy in Musina was, daardie selfde aand as die inbraak by hom, deur diewe feitlik leeggesteel.

Op 7 Januarie het ook mnr. Heine de Jager en sy familie by hul woning in Acaciastraat ‘n wrede ontnugtering gehad. Terwyl hulle gelê en slaap het, het booswigte ook by hulle die sitkamervenster oopgemaak, die diefwering geknip en die gesin beroof van twee rekenaartablette, ‘n skootrekenaar, kamera en vyf selfone. Vir Heine se vrou Leonie was die inbraak veral traumaties weens die besef dat die inbrekers die aand langs haar bed gestaan het waar hulle haar selfoon van die bedkassie af gesteel het. Heine vermoed die inbrekers het iets in hul slaapkamer gespuit om te verhoed dat hulle wakker word. “Daar was ‘n groot geel kol op die buitekant van die slaapkamer gordyn en ek is daarvan oortuig dit is iets wat hulle in ons slaapkamer gespuit het,” het Heine gesê. Die geskatte waarde van die gesteelde goedere is sowat R60 000.

Alhoewel die voorval nie in die Nuwe Uitbreiding plaasgevind het nie, het ‘n middernagtelike besoeker ook vir die 74-jarige mnr. Gert van Zyl van Jeppestraat laat skrik. Omstreek 02:15 op Sondag, 22 Desember verlede jaar, is sy rus versteur deur ‘n harde slag. “Ek het wakker geword van ‘n geraas, maar was nie seker of ek dit net gedroom het nie. My hele lewe het ek egter hierdie ‘sesde sintuig’, en dié het my aangeraai om net bietjie wakker te lê en nie dadelik weer te gaan slaap nie. ‘n Rukkie later vra my vrou: ‘Wie stap in die gang?’ Die volgende oomblik gaan die ganglig aan,” het Gert vertel.

Hy het sag en versigtig hul kamerdeur oopgesluit en toe die deur oopgeruk. Groot was sy skok toe daar op daardie presiese oomblik ‘n groot-geboude man voor hom in die gang staan. Die man het Gert uit die pad gestamp en na die aangrensende kamer gehardloop. “Ek kon dit nie glo nie. Hy het in een beweging op die bed gespring en is by die stukkend-geslaande kamervenster weer uit!” Gelukkig het Gert hom betyds betrap, voordat hy iets kon steel.

Die volgende dag sou Gert by die speurders hoor dat die booswig(te) dieselfde aand ook by sy bure, die Davhana-egpaar, ingebreek het terwyl hulle tuis was. Ook hulle kon daarin slaag om die man te verwilder.

“Ek dink hierdie is die werk van ‘n sindikaat wat tans kyk hoeveel hulle in die dorp kan skep. In meeste gevalle is die modus operandi dieselfde: Hulle breek in terwyl die huismense slaap deur ‘n venster oop te maak en die diefwering te knip. My raad is dat mense maar liewers al hul vensters in die aand moet toemaak, moet seker maak hul deure is gesluit, en nie items soos sakrekenaars en telefone laat rondlê nie. As jou hond blaf, gaan kyk maar hoekom blaf hy, maar wees net versigtig. Moet ook nie items soos tuingereedskap, klerasie en fietse buite los in die aand nie,” was Dirk se raad aan inwoners namens die dorpswag.

Daar is ook heelwat ander gevalle van huisbraak en diefstalle die afgelope twee maande aan die Zoutpansberger gerapporteer, maar daar kan nog baie meer gevalle wees. Dieselfde week waar daar by die De Jagers ingebreek is, is daar ook goedere gesteel buite mnr. Dirk du Preez se woning. Op 4 Desember is daar by De Jager se buurman oorkant die straat, mnr. Carel Breytenbach, ‘n kragopwekker gesteel. “Dit is vir my vreemd want die kragopwekker was agter die huis vasgemaak. Hulle moes inligting gehad het,” het Carel gesê.

Op 23 Desember het mnr. Tinus van der Linden van Forestryweg teruggekeer na sy huis, wat ondertussen deur inbrekers geplunder is. Hulle het die voorafgaande naweek op Waterpoort gekuier. Elektriese ware, klerasie en juwele is onder meer gesteel, ten bedrae van net meer as R50 000. Op 11 Januarie rapporteer mnr. Jacobus Smith van Acacia Woonstelle (Elandstraat) dat die battery uit sy Hyundai bakkie gesteel is.

Ook in Waterbessiestraat lyk sake nie beter nie. ‘n Inwoner het aan die koerant gesê die misdaad is geweldig erg en mens voel glad nie meer veilig in jou eie huis nie. – Zoutnet

Louis Trichardt-munisipaliteit ontvang ‘skokkende’ ouditverslag

‘n Ouditverslag oor die Makhado- plaaslike munisipaliteit wat verlede jaar deur die ouditeur-generaal aan die Limpopo-provinsie voorgelê is, is so pas deur die belastingbetalersvereniging van Louis Trichardt vrygestel.

Mnr. Jaap Kelder van die Nasionale Belastingbetalersunie het in ‘n verklaring die ouditverslag as “absoluut skokkend” bestempel. In ‘n boodskap van meegevoel met die plaaslike belastingbetalersunie onder leiding van mev. Inga Gilfillan, sê Kelder: “Dit skrei ten hemele! Ons is van mening dat julle nou behoort te sê: genoeg is genoeg! Dit sou makliker vir die ouditeur-generaal gewees het om te sê wat reg verloop het in die munisipaliteit. Dit sou net een woordjie gewees het: ‘NIKS!'”

Louis Trichardt se belastingbetalers, wat ook ‘n naamstryd teen die benaming “Makhado” voer, weerhou tans meer as R10 miljoen van die munisipaliteit omdat daar soveel wanbestuur plaasvind. Mnr. Jaap Kelder van die NBU het aan Louis Trichardt se inwoners verklaar: “Goddank het julle julle fondse van die munisipaliteit weerhou anders het die R10 miljoen ook nog in die bodemlose put verdwyn.”

In die verslag verklaar die ouditeur-generaal dat hy geen behoorlike rekords oor meer as R1,6 miljard se munisipale bates kon vind nie. Hy het reeds ‘n jaar gelede sulke syfers versoek, maar dit is nog nie beskikbaar nie.

Daar was ook nie gegewens beskikbaar oor meer as R300 miljoen se roerende bates nie.

Benewens probleme met die boekhouding wat BTW betref, het die munisipaliteit ongemagtigde besteding van R57 872 128 aangegaan.

Dié bedrag van byna R58 miljoen wat as ongemagtigde besteding aangegee word, is egter onderskat met meer as… R124 miljoen. Gesamentlik het die munisipaliteit dus ongemagtigde besteding van R182 miljoen aangegaan.

Foute van die vorige jaar wat deur die ouditeur-generaal uitgewys is, is nog nie reggestel nie.

R33 miljoen is aangewend vir ander doeleindes as waarvoor raadsbesluite geneem is.

Die ouditeur-generaal bevind dat die munisipaliteit nie oor die nodige kundigheid of bekwaamheid beskik om die wetlike vereistes vir die bestuur van ‘n plaaslike owerheid na te kom nie.

Ander elemente wat in die ouditverslag uitgelig word, is:

  • R200 miljoen se goedere en dienste is sonder pryskwotasies aangekoop, wat strydig met die toepaslike regulasies is.
  • Tenders is toegeken aan persone of entiteite sonder dat hulle verklaar het of hulle in diens van die staat of staatsinstellings is.
  • Die rekenkundige beampte het nie redelike stappe geneem om ongemagtigde besteding te voorkom soos deur artikel 63(2)(c) van die Wet op munisipale finansies en bestuur vereis word nie.

Tregardt en Van Rensburg

Louis TregardtDie eerste trekleier, Louis Tregardt, gebore 1783, was kleinseun van die Tregardt-stamvader, ‘n Sweedse immigrant. Louis Tregardt is in 1833 uit die Kolonie na Hintsa se gebied, maar toe dié in April 1835 ook in die grensoorlog betrokke raak, het Tregardt en sy mense padgegee en voor die end van 1835 oor die Oranje getrek. Hulle was nege gesinne, 49 mense, in nege waens.

Byna gelyktydig is J.H.J. (Hans) van Rensburg met sy trek die rivier oor. Van Rensburg, gebore 1779, was ‘n neef van die trekleier Andries Hendrik Potgieter. Die trek het omstreeks Julie 1835 begin. Die twee trekke het voeling met mekaar gehou en vroeg in 1836 is hulle deur die Vaalrivier. Versigtig vir die magtige Matabeles in die weste, het hulle ‘n ent ooswaarts getrek en daarna weer noord.

Die verhouding tussen die twee groepe was nooit juis hartlik nie, en Strydpoort was later in 1836 die toneel van ‘n woordestryd wat tot dié naam gelei het. Van Rensburg se mense het aanhoudend olifante gejag, en toe Tregardt hom waarsku om spaarsaam met sy ammunisie te werk, antwoord Van Rensburg driftig dat hy mans genoeg is om vir sy trek te sorg.

Van Rensburg en sy mense is daarna alleen vooruit. Sy trek was toe 49 mense — die meeste van hulle familie en aangetroude familie. Party lede van sy geselskap het hulle die een of ander tyd by die Tregardt-trek aangesluit. Die Van Rensburgs is tot by die Soutpansberg, en daarna oos in die rigting van die see. Sekerheid oor hul lot is daar nie, maar in die winter van 1836 het ‘n impi hulle vermoedelik een nag aangeval. Hulle het dapper geveg tot teen dagbreek toe hul ammunisie opgeraak het. Daarna is die hele geselskap uitgemoor. Blykbaar is twee kleinkinders van Van Rensburg — ‘n seuntjie van vyf en ‘n dogtertjie van vier — deur ‘n Zoeloekryger gespaar, maar hulle het glo ‘n jaar later aan malaria beswyk.

Terwyl die Van Rensburg-geselskap oos getrek het, is Tregardt en sy mense na die Soutpansberg. Die Tregardts het stadig noorde toe getrek, omdat hulle gewag het op die mense van Andries Hendrik Potgieter. Dié het in Junie 1836 opgedaag en die gebied noordoos van die berg verken. Voordat hulle terug is, het hulle, Tregardt en sy seun Carolus, ‘n vergeefse soektog na die Van Rensburg-trek onderneem, want daar was toe al gerugte dat hulle uitgemoor is. ‘n Groep van die Tregard-geselskap, onder wie van die gewese lede van die Van Rensburg-trek, het op hul eie nóg byna ses maande lank gesoek, ook vergeefs.

Die Tregardt-geselskap sou wag totdat Potgieter sy mense oorkant die Vaal gaan haal het. Van September 1836 tot Mei 1837 het Tregardt en sy trek op ‘n paar plekke naby die Soutpansberg vertoef in die omgewing van die latere dorp Schoemansdal en die huidige Louis Trichardt. Van September 1836 af het Tregardt sy dagboek gereeld bygehou. Dit is later uitgegee — ‘n groot menslike dokument uit die Afrikanergeskiedenis, wat gelukkig vandag nog in boekvorm verkrygbaar is.

Mens kan lees van rusies en skindery, maar ook onderlinge hulpverlening veral tydens siekte. Toe Tregardt se dogtertjie siek word, het twee ander vroue die hele nag vergeefs gehelp om haar met “kappeva” en “gloversouijt” te dokter.

леґоДанильченко Юрий Брониславович

Louis Trichardt se naam weer in gedrang

Die omstrede naamsveranderingsproses van Louis Trichardt na Makhado sal weer van vooraf begin, het die Geografiesenaamraad Donderdag gesê.

“Ons het vandag aansoeke ontvang waarna ons sal kyk. Ons sal dit ook aan die minister van kuns en kultuur voorlê,” het Tommy Ntsewa, voorsitter van die raad, gesê.

Louis Trichardt se naam is in 2002 na Makhado verander, maar in 2005 het die hooggeregshof besluit dat dit weer terug moet verander omdat die regte prosesse nie gevolg is nie.

“Die hof het besluit dat die regte stappe nie gevolg is toe die proses die eerste keer plaasgevind het nie. Vandag het ons nuwe aansoeke. Ons sal dit nagaan om te verseker dat konsultasie plaasgevind het,” het Ntsewa gesê.

Hy het ook gesê dat die naam van die nuwe lughawe in La Mercy naby Durban bespreek sal word. Die regering het voorgestel dat die lughawe King Shaka-lughawe heet.

“Ons het min tyd oor om te besluit op ‘n naam vir die nuwe lughawe. As die kwessie nie opgelos word nie sal dit bekendstaan as X-lughawe,” het Ntsewa gesê.

 

детский реглан для девочкиДанильченко