
deur Jonisayi Maromo en Gavin Emmanuel
‘n Groot groep kaal mynwerkers het die dag voor die Marikana-skietery rituele op ‘n koppie beoefen, het die Farlam-kommissie Vrydag aangehoor.
Brigadier Adriaan Calitz van die polisie het getuig dat ‘n wit Toyota-bakkie op 15 Augustus verlede jaar emmers by ‘n koppie naby die Nkaneng-plakkerskamp in Marikana naby Rustenburg in die Noordwesprovinsie afgelaai het.
”;n Groep stakers het na die bakkie toe gegaan en dit omring. Ek het dit aan die (GOK) gesamentlike operasieskomitee gerapporteer dat sommige van ons lede gedink het die emmers bevat moetie,” het hy gesê.
Ná 4 nm. het ‘n polisiehelikopter wat die toneel gepatrolleer het, verslag gedoen dat omtrent 800 kaal stakers agter die koppie geskuil het “en dat ‘n tradisionele geneser met hulle besig was”.
Die volgende dag is 34 mense, meesal stakende mynwerkers, tydens ‘n botsing met die polisie doodgeskiet. Agt-en-sewentig is gewond terwyl hulle uitmekaar gespat en naby die Lonmin-platinamyn in Marikana ontwapen is.
Die Farlam-kommissie is later daardie maand aangestel om die omstandighede rondom die skietery te ondersoek, asook die dood van 10 ander mense, waaronder twee polisiemmanne en twee veiligheidswagte, gedurende die voorafgaande week.
Calitz, een van die polisie-offisiere wat tydens die arbeidsonrus aan die Marikana-operasie toegewys is, het Vrydag tydens die kommissie se openbare verhoor in Centurion getuienis gelewer.
Hy het gesê die wit Toyota-bakkie is waargeneem waar dit stowwe in emmers aan die mynwerkers gelewer het.
“Die helikopter het verslag gedoen dat die ongeveer 800 kaal stakers besig was om rituele uit te voer.”
Calitz het gesê dat een van die versetsleiers, wat as Noki geëien is, herhaaldelik die polisie aangesê het om die koppie te verlaat.
Mnr. Noki het na vore gekom en gesê dat hulle nie meer met die SAPD (Suid-Afrikaanse Polisiediens) gaan praat nie en dat hulle met die mynbestuur deur hul prokureur, Shapiro, wil praat. Hy het toe na die groep teruggestap,” het Calitz gesê.
“‘n Kort rukkie later het die bui van ‘n groep van ongeveer 300 mans merkbaar verander, want hulle het groter aggresssie getoon deur hul wapens teen mekaar te slaan en het heen en weer in ‘n hegte eenheid beweeg.”
In Maart het die kommissie aangehoor dat die sangoma wat blykbaar die rituele op die betogende mynwerkers uitgevoer het, doodgeskiet is.
Ishmael Semenya het namens die polisie die sangoma se dood by die openbare verhoor aangekondig.
Indertyd het hy gesê dat die polisie gepoog het om die 69-jarige sangoma, Alton “Ndzabe” Zikhuthele Joja, na die kommissie te bring om te getuig.
In Junie het die Nasionale Vervolgingsgesag gesê dat Lindelani Mkhize, 28, wat daarvan beskuldig word dat hy die sangoma gedood het, in die Bizana-landdroshof verskyn het.
Mkhize is in sy tuisdorp, KwaMaphumulo, in Kwazulu-Natal in hegtenis geneem.
Joja sou voor die Farlam-kommissie oor sy rol, en dié van sy seuns, getuig het, betreffende die rituele wat op die stakende mynwerkers uitgevoer is.
Die rituele was blykbaar veronderstel om die mynwerkers onsigbaar in die aangesig van geweervuur te maak.
Vyf gewapende mans het Joja geskiet toe hy na hul voertuig voor sy huis stap om hulle te vra wat hulle daar soek.
Die skieters het op die vlug geslaan. Hul motor is later verlate en uitgebrand met ‘n geweer daarbinne gevind .
Joja het by sy aankoms by ‘n plaaslike hospitaal gesterf..
Die openbare verhoor word Maandag voortgesit. – Sapa

Die hele debakel kon vermy gewees het as hulle vir die leiers Guchi pakke en n soustrein pos in die regering gegee het – kyk net hoe suksevol is die ANC regering met so n beleid.
Ek het geen simpatie met die spul. Die donker volk het die snaaksste gelowe en bygelowe. Hulle het bloot gekry waarna hulle gesoek het. Hasie, hoekom is jou stert so kort.
More Angela! Nogal onsigtelik te maak nê!
Die muti sou hul dan nou “onsigbaar” maak. Red nou ‘n nasie met hierdie volk !