DA-lid belaster voormalige dienspligtiges in Naarpers se Prawda

Deel op

delport_manfred_600deur Manfred Delport

[followbutton username=’ManfredDelport’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’]

Volg Manfred op Facebook.

Boetman is vanoggend die bliksem in. Dis Boetman se eie skuld, want hy behoort teen dié tyd beter te weet as om die Afrikaanse weergawe van Prawda, Beeld, te lees. Die gewone leuens en propaganda wat in Naarpers se publikasies verskyn, gewaarborg is om enige regdenkende persoon se bloeddruk gevaarlik hoog te maak. Ek kan my goed indink hoe inwoners van die destydse Sowjet-Unie moes voel toe hulle daardie regime se leuens in Prawda moes lees. Dis dieselfde emosie wat ek ervaar as ek Naarpers se Prawda teen my beter wete in lees.

Vanoggend se bloeddrukstyging is veroorsaak deur nóg ‘n stuk gemors wat te velde trek teen die sangeres en aktivis, Sunette Bridges. Me Bridges het die linksetjies behoorlik op hol, want vir haar is Adriaan Basson, Prawda se liggewig-redakteur, banger as die duiwel vir ‘n slypsteen, te oordeel aan hoe gereeld daar histeriese bangbroek-veroordelings van me Bridges in Prawda verskyn.

Dié prul vanoggend is geskryf deur ‘n DA-raadslid in Durban, ene Martin Meyer, wat die vermetelheid het om homself ‘n trotse Afrikaner te noem. Ek het dit begin lees met die wete dat dit bloot die gewone NSA-rasieleier gemors sou bevat, wat selfs Meyer self moeilik vind om te glo. Julle almal ken dit: hoe boos apartheid kwansuis was, hoe fantasties die dooie terroris Mandela was, en watter wonderlike grondwet die land glo het. Ek het dit verwag, en ek is nie teleurgestel nie. Dit was inderdaad die gewone NSA-lofsingery, komende uit ‘n libverkrampte se besonder onoorspronklike pen. My bloed het egter behoorlik gekook toe ek die volgende lees:

“Onthou jy dat die weermag self in die townships was, ja, die land se eie weermag was ontplooi binne die landsgrense met die opdrag om ons eie mense te dood?”

Nou kyk, meneer Meyer, in jou stuk erken jy self dat jy ‘n snotsnuiter was in die jare tagtig, want jy skryf jy is 37 jaar oud. Kennelik het jou denke ook nie veel verder gevorder vanaf jou snuiterstadium nie. Jy is dus iewers rondom 1977 gebore. Jy was te jonk om diensplig te verrig tydens die jare tagtig, want jy was slegs 13 jaar oud in 1990. Ek weet dus nie wie bostaande snert in jou deurmekaar koppie ingeprent het nie, maar jy was beslis nie persoonlik daar nie. Jy het dit baie beslis nie persoonlik ervaar nie.

Laat ek jou reghelp, meneer Meyer. Ek was dáár. Ek was ‘n dienspligtige in die jare tagtig. Ek was in die lokasies. Jammer nou dat die term lokasie jou, in jou hoogheilige DA-libvertraagdheid, nou ontstig, maar tot vandag toe verwys die swartes self na die “kasi”.  Ek kan jou verseker, meneer Meyer, dat ek en my mede-troepe, en ons Staandemag-leiers, beslis nié daar was om “ons eie mense te dood” (sic) nie.

Inteendeel – ons is opgelei om mense te beskerm. Ons is ten sterkste verbied om mense leed aan te doen. Die doktrine van minimum geweld is oor en oor in ons ingedril. Ons het ons lewens op die spel geplaas sodat snotkoppies soos Meyer veilig in hulle bedjies in hulle mammies se huise kon slaap, ja ook daar in “The Last Outpost”, die liberale Natal, waar Meyer hom bevind. Daar was slegs een insident tydens my eenheid se maande in die lokasies, en dit was toe ‘n troep per abuis sy geweer afgevuur het. Dié troep het niemand “gedood” nie, meneer Meyer, dit was ‘n blote ongeluk, maar nietemin moes die insident ‘n kommissie van ondersoek ondergaan.

Ja, ons kon maklik mense uitgewis het. Ons het immers Ratels en masjiengewere gehad, wat baie effektief sou wees om massamoord mee te pleeg. Maar ons het nie. Weer eens: Ons is die dood voor die oë gesweer sou ons iemand leed aandoen, buiten uit selfverdediging. Daar is wel op ons geskiet met AK-47s. Ons lewens was wel in gevaar. Ons was daar sodat Meyer kon oorleef om vandag sy linksliberale drek en selfhaat te kan spu.

En nou draai hierdie DA- libvertraagde ploert waaragtig om en het die verstommende vermetelheid om te lieg en te beweer dat ons daar was om mense dood te maak. Nou kyk, ek verstaan dat die vermoë om te lieg sonder om te blik of te bloos ‘n voorvereiste vir ‘n DA-politikus is, maar waaragtig, meneer Meyer, jou blatante, propagandastiese leuens en beledigings wat jy teenoor my en duisende ander voormalige soldate pleeg, is onaanvaarbaar. Dit is nie net blatante leuens nie, dit is haatspraak en Nazi-agtige propaganda en beswaddering van eerbare mense.

Ek eis die volgende van al drie oortreders: Prawda se redakteur, Martin Meyer en die DA: ‘n Onmiddelike regstelling van Meyer se blatante leuens in Prawda, gevolg deur ‘n onvoorwaardelike verskoning deur Adriaan Basson, Meyer en die DA vir al drie partye se growwe gebrek aan respek vir ons wat julle in die 1980s veilig gehou het.

Boetman het nou genoeg gehad van die haat, waninformasie, leuens en propaganda wat teen my as Afrikaner gepleeg word.

[followbutton username=’ManfredDelport’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’]

Volg Manfred op <a href=”https://www.facebook.com/manfred.delport” target=”_blank”>Facebook</a>.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.