[followbutton username=’danroodt’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’]
Hou van Dan Roodt se Facebookblad
Ek wou eintlik vandag so ‘n bestekopname gedoen het van waar die Afrikanerbeweging tans staan. Oor die afgelope dertien tot veertien jaar het ons geskryf, betoog, hofsake gemaak en sommige het selfs planne gemaak om die ANC-bewind gewelddadig omver te werp, of is daartoe deur staatsagente verlei. Daarvoor is vele lewenslank tronk toe gestuur tydens die Boeremagverhoor.
Ná die rampspoedige oorgawe van die De Klerk-bewind in die vroeë negentigerjare – selfs “ja”-stemmers soos ek erken nou dat dit rampspoedig was – het ons eintlik geen sentimeter gevorder op die pad na ‘n herstel van Afrikanersoewereiniteit en -vryheid nie. Vandaar die behoefte aan ‘n nuwe politieke party om met hernieude ywer daardie taak aan te pak, wat ook verklaar waarom die Front Nasionaal onlangs tot stand gekom het.
Iewers in ‘n twiet het ek Afrikaners gevra om te stem soos in die 1948-verkiesing, wat steeds een van die grootste waterskeidings in dié land se geskiedenis was. Ek het ‘n teorie dat daardie verkiesingsoorwinning deur ‘n Afrikanerparty ook die dryfveer was agter die opkoms van die kommunistiese terreurbeweging van die ANC en SAKP, omdat die gesig van Afrikaners wat weereens ‘n sê in hul eie regerig gehad het vir hulle te erg was om te aanskou. Veral die naelstring met Brittanje wat tydens Republiekwording in 1961 geknip is, het vele liberale en kommuniste tot terreur laat oorgaan. Diegene wat nie tydens die Rivonia-verhoor vir gevangenisstraf Robbeneiland toe gestuur is nie, het Londen toe verhuis van waar hulle ‘n uitgerekte propaganda- en terreuroorlog teen Suid-Afrika en veral die Afrikaner gevoer het.
Die Vryheidsfront Plus verteenwoordig ‘n kwynende politieke party wat reeds soveel teenstrydighede in sy optrede ten toon stel, dat ‘n mens seker kan verstaan dat hy vrees dat hy vanjaar sy laaste ondersteuners by die stembus mag verloor.
Terwyl Front Nasionaal hom van die begin af toegespits het om sy kritiek vir die links-liberale DA uit te hou, asook die ANC met sy toenemend anti-blanke en anti-Afrikaanse beleid, sien die VF Plus lyk my net een vyand: mede-Afrikaners wat poog om uit die dwangbuis van vergange Afrikanerrusies te ontsnap.
Daarom het die party dit goed gedink om op sy Facebook-blad sy steun toe te sê aan ‘n halfgeletterde hagiografie aan die party deur ‘n sogenaamde “lid van die publiek”, maar waarin daar ook tot verdagmakery teen Front Nasionaal oorgegaan word.
Verskeie figure het insgelyks op Facebook oorgegaan tot ‘n aanval op my omdat ek bykans dertig jaar gelede nie diensplig verrig het nie, maar oorsee was. Asof ek mnr. De Klerk se onbekookte oorgawe in die uniform van ´n dienspligtige sou kon verhoed het! Dít, komende ná die klag wat ek namens PRAAG, Front Nasionaal en verskeie dienspligtiges van destyds teen mnr. Martin Meyer van die DA gelê het vir sy bewerings in Beeld dat die vorige regering sy weermag opdrag gegee het om swartmense in die lokasies as’t ware voor die voet dood te skiet. Manfred Delport het reeds skerp hierop gereageer, waarna verskeie praaglesers my gevra het om ‘n klag by die Persombudsman teen Beeld te lê, wat ek toe ook laat Vrydagmiddag gedoen het.
Maar – of so wil dit voorkom – as jy die Afrikaner en ons vorige weermag se reputasie wil beskerm teen onjuiste aantygings, verskaf dit rede vir ondersteuners van die Vryheidsfront Plus om jou op Facebook aan te val, soos wat ene Hester Weyers, ‘n profiel sonder foto, gedoen het.
Ek het haar soos volg geantwoord:
Hester Weyers, wil jy my gaan aankla? Op ‘n manier het ek destyds van die Weermag se rekenaar afgeval en intussen is ek Frankryk toe. Met my terugkeer in 92, het FW de Klerk al die generaals afgedank en besluit Mandela, Slovo en die ANC moet die land regeer. Dink jy ek sou dit as dienspligtige kon keer? Intussen het ek veel meer “diens gedoen” as wat jy of enigeen sou kon vermoed. Ek het twee keer persoonlik met PW Botha ure lank gesels – die destydse staatshoof – en vir hom was dit geen probleem nie. Ook nie vir genl. Constand Viljoen, genl. Chris Thirion en vele ander nie. Al waarmee jy besig is, is om vlieë af te vang. As jy enige politieke vrae of argumente het, luister ek vraag. Maar hou op om ou koeie uit die sloot te grawe en vlieë af te vang wat ons vandag – 30 jaar later – niks in die sak bring nie.
Aanstons het dr. Corné Mulder, broer van Pieter Mulder en sy regterhand in die party – daar is nie minder as drie Mulders op die VF Plus se uitvoerende dagbestuur nie – tot die relletjie op Facebook toegevoeg:
Hierdie post is geplaas onder die naam Front Nasionaal, maar dit klink dan vir my soos Dan. Dit is soos die gedeelte in Genesis 27 vers 22 waar Isak vir Jakob onwetend se: “Die stem, dis Jakob se stem, maar die hande, dis Esau se hande.” Kan ek dus ook aanvaar dat hierdie skrywer namens Front Nasionaal ook die een is wat die bewering gemaak het dat die VF Plus selfbeskikking uit sy grondwet verwyder het? Laasgenoemde is natuurlik ‘n blatante leuen.
Waarop ek gereageer het deur te sê:
Beste Corne Mulder, dit was wel ek (Dan Roodt) wat hier bo geskryf het oor die dienspligkwessie. Hier is wel verskeie mense wat soms op die blad namens Front Nasionaal skryf en partykeer noem hulle hul name en ander kere nie. Dit was beslis nie ek wat beweer het dat die VF+ “selfbeskikking uit sy grondwet verwyder het” nie.
Wel meen ek dat die selfbeskikkingsbegrip afgewater is, veral toe die begrip “volk” uit die missie van die VF gehaal is en met “gemeenskap” vervang is, want daarmee verval ‘n groot deel van die Afrikaner se volkeregtelike aansprake op selfbeskikking. Daar is in SA duisende “gemeenskappe” van allerlei aard en elkeen kan sekerlik nie aanspraak op selfbeskikking maak nie. Verder is Pieter Mulder op rekord dat hy al verskeie kere gesê het dat sy party “steeds selfbeskikking ondersteun, maar nie vir nóú nie”. Só ontstaan die vraag: Maar vir wanneer is dit dan?
Demografies gaan ons jaar na jaar agteruit en dit sou onvoorstelbaar wees dat ons byvoorbeeld in 2025 (oor slegs 11 jaar!) selfbeskikking sou kon verkry indien ons teen daardie tyd tot ‘n skamele een of twee persent van die SA bevolking gekrimp het. As mense dus vir my vra wat die verskil tussen die VF+ en die FN is, dan sê ek: eersgenoemde wil oor 20 jaar selfbeskikking hê en ons oor 20 maande! Trouens, mnr. Jaco Mulder (provinsiale leier van die VF+ in Gauteng) het eenkeer op ‘n baie pessimistiese noot verkondig dat daar oor een geslag net een miljoen Afrikaners in die land gaan oorbly. Indien die SA bevolking teen daardie tyd weereens verdubbel het tot 100 miljoen, sou dit beteken dat ons slegs een persent van die totale bevolking sou uitmaak! Soos dit vir my lyk, bied die VF+ sterwensbegeleiding vir die Afrikaner deur hom met ‘n droom van “Eendag…” te sus, terwyl ons in die hier en nou vryheid wil sien.
Mulder het weer teruggekap met die volgende:
Beste Dan Roodt, dankie vir jou erkenning dat dit nie jy was wat die onwaar stelling oor die VF Plus en selfbeskikking gemaak het nie. Wees asb so vriendelik en bring die korrekte feite onder die mede skrywers van Front Nasionaal se aandag. As daar met so n belangrike saak so n blatante fout gemaak word, kan dit net sowel met verskeie ander standpuntstellings ook gebeur. Ek is jammer Dan maar jou stelling dat Pieter Mulder op rekord is dat hy al verskeie kere gesê het dat sy party “steeds selfbeskikking ondersteun, maar nie vir nóú nie”, is ongelukkig ook onwaar. Dit was en is nog nooit sy of die VF Plus se standpunt nie. Daar is nog altyd gese dat dit ‘n proses verg om by volle selfbeskikking uit te kom. Vryheid is nie iewers op die rak en dan haal jy dit net gou daar af nie. Ons kan lang debatte voer oor hoe ons selfbeskikking gaan verkry en bereik, maar dis nie waar dat die VF Plus of Pieter Mulder ooit gese het, ons wil selfbeskikking he, maar nie nou nie.
Hierop het ek soos volg geantwoord:
Jy weet so goed soos ek jou broer Pieter het dit by verskeie vergaderings van die VF+ al gesê. Maar jul rekord spreek vanself: Ná 20 jaar is daar nog geen sentimeter gevorder nie. Dis soos die grappie oor Mugabe: Hy doen uitstekende werk betreffende Zimbabwe se ekonomie; hy het net nog meer tyd nodig. Die VF+ is eintlik ‘n paradoks: ‘n party met ‘n taamlik radikale beleid (separatisme) maar met ‘n kultuur van versigtigheid en om tog nie aanstoot aan die regerende ANC te gee nie. Wat was nou weer die term wat die party daarvoor uitgedink het? “Samewerkende opposisie”?
‘n Ander gesiene Afrikanerintellektueel het my eenslag daarop attent gemaak hoe hierdie kultuur van versigtigheid ook neerslag vind in feitlik elke onderhoud of toespraak van die party, met taalgebruik soos: “dié kant toe en daai kant toe” of “versigtig tussen die klippers deur”. Hoe op aarde gaan ‘n groepie taamlik bejaarde mans wat elke kritiese stem in die party met ‘n vinnige skorsing stilmaak en verder net oor hul eie posisies begaan is, ooit daarin slaag om vir die Afrikaner vryheid te bewerkstellig?
Indien ek die tyd gehad het om so te verspil, sou ek ‘n boek kon skryf oor die kultuur van risikovermyding in die VF+. Deur geen risiko’s te neem nie, het die party gestagneer tot op hierdie punt waar slegs ‘n aantal lojale ondersteuners uit die tyd van die KP dit nog blindelings volg. Eintlik teer die VF+ steeds op die KP en verteenwoordig dit ‘n splintergroep uit die verlede wat geen vernuwing ondergaan het of selfs wíl ondergaan nie. Nóg wat idees, nóg wat sy leierskap betref.
Dit herinner my aan ‘n beeld wat die skrywer V.S. Naipaul in sy roman “A bend in the river gebruik”: die VF is soos ‘n ster – honderde ligjare ver – wat reeds dood is, maar waarvan die lig ons nou eers bereik en die indruk wek dat daar nog iets doer ver is wat skyn! Die Afrikaner het sy rug teen die muur en verloor al hoe vinniger veld op elke moontlike gebied: taal, kultuur, onderwys, in die ekonomie deur regstellende aksie, demografies deur emigrasie. Intussen speel die VF+ politiek-politiek… veral klein politiek, dié van agteraf koukus en baantjies vir boeties, asof ons nog in die geil tyd van Afrikanermag en -oorvloed verkeer.
Die ongelooflike is dat Corné Mulder nou ontken dat Pieter Mulder ooit so iets gesê het, dat “selfbeskikking nie vir nou is nie”. Hy skryf op Facebook:
Beste Dan jy het ‘n stelling nogals in aanhalingstekens gemaak dat Pieter Mulder ten gunste van selfbeskikking is “maar nie nou nie”. Ek was by alle relevante VF Plus vergaderings. Ek stel dit kategories aan jou dat wat jy hier sê dood eenvoudig onwaar is. Dit is nog nooit gese nie en dit was en is nog nooit nie die VF Plus se standpunt nie. Dit bekommer my werklik dat jy so n onwaarheid kan kwytraak en dan daarna jou argument daarop prober bou. Nie goed genoeg nie…jammer.
Hier het ek weereens die punt herbevestig, want tensy my en ander se ore in die vertrek ons bedrieg het, het Pieter Mulder dit wel gesê:
Ek gaan nie nou deur al die ou notules blaai om dit op te spoor nie, maar ek is seker ander mense sal dit ook onthou. Maar bewys dan die teendeel van my stelling dat daar in 20 jaar nog niks gevorder is wat Afrikanerselfbeskikking betref nie? En dis nie net ek wat dit sê nie: dis die publiek daarbuite wat dit aanmekaar vir my sê! Of het julle nóg 20 jaar nodig?
Elders op Facebook het ‘n ander Vryheidsfront-ondersteuner, ene Marietjie Schoeman Blignaut, kommentaar gelewer op die volgende foto van Front Nasionaal-kandidate wat ek op my muur geplaas het.

Nêrens was daar enige verwysing na die Vryheidsfront Plus nie. Nietemin het sy my daarvan beskuldig dat ek die VF Plus “aanval”. Ek dink nie enigiemand hoef die VF Plus aan te val nie, want hy vernietig homself deur soveel logiese teenstrydighede in sy beleid en optrede op te stapel dat min mense dit nog ernstig opneem. Hoe kan ‘n mens byvoorbeeld op twee stoele sit en tegelykertyd saam met Kortbroek in die ANC-regering dien, maar ook saam met die liberale DA-opposisie die ANC probeer kritiseer? Om nie te praat van die jongste groepering waarin die VF Plus hom bevind nie, wat selfs die radikale swart nasionalistiese PAC met sy geskiedenis van terreur teen blankes insluit nie!
Soos ek dit verder aan haar gestel het:
Marietjie Schoeman Blignaut, ek val jul nie aan nie. Dis julle wat skakels na halfgeletterde hagiografieë aan die VF Plus op my Facebook-muur kom plak waarin daar boonop vuige aanvalle op die Front Nasionaal geloods word wat niks met politiek of enige meningsverskil te make het nie, maar bloot bedoel is om ons verdag te maak!
Vertel jy my egter wat Pieter Mulder vir die Afrikaner bereik het ná twintig jaar in die parlement en vyf jaar in die ANC-regering? Die man sit op twee of meer stoele! Ek was by toe hy met smaak vertel het hoe hy in die toilet gaan wegkruip as hulle foto’s van die ANC-kabinet neem, want hy is bang sy eie ondersteuners kom agter waar hy hom in werklikheid bevind. In die party verwys almal mos na hom as “Die Leier” – wat in Duits as “Der Führer” vertaal… Watse soort Führer is dit wat wil “kamerverlaat” as hy bietjie sy gesig moet wys en sy poliieke kaarte op die tafel moet sit deur te erken dat hy adjunkminister van landbou is?
Nog iets: nou onlangs het der Führer se onmiddellike hoof, Tina Joemat-Pieterson, die landbouminister, uitgevaar teen blankes in die Wes-Kaap wat nog oor visvangpermitte beskik. Dermate dat ‘n Indiër, ene Shaheen Moolla, haar van “rassisme” beskuldig het. Maar der Führer, Pieter Mulder, sprak g’n sprook… Miskien het hy eers bietjie gaan kamerverlaat?
Volgens Marietjie het hy “alles feil vir ons blankes”. Dis ‘n taamlike verspreking, want ‘n feil is juis ‘n fout soos in die woord “feilloos” wat “sonder fout” beteken. Om “jou lewe veil te hê” vir ‘n saak, beteken egter om gereed te wees om alles op te offer. Wat het Pieter Mulder al opgeoffer? Sy adjunkministersalaris? Selfs ‘n Indiër spreek hom uit teen Joemat-Peterson se anti-wit rassisme, maar nie Mulder nie, want dit sou te veel van ‘n risiko vir sy eie belange behels. Dus eerder feil as veil!
Dit wil my voorkom asof die Vryheidsfront Plus dit veel makliker vind om mede-Afrikaners aan te val wat hy meen sy krimpende steunbasis bedreig as om in die Engelstalige wêreld van die DA en ANC daardie partye op hul denkfoute en vergissings, asook vedrukking van die Afrikaner se taal, kultuur en vryheid, te wys. Dit is hierin waarin verskeie PRAAG-aktiviste nog altyd uitgemunt het, met ons deelname op sosiale media aan nasionale debatte waar ons die Afrikanersaak, waaronder die noodsaak vir selfbeskikking, onverskrokke stel.
Ook Front Nasionaal wil waarlik op nasionale en internasionale vlak die magdom argumente ten gunste van Afrikanerselfbeskikking stel. Indien ons daarin kan slaag om ‘n paar honderdduisend stemme te kry, kan ons binnekort kulturele selfbeskikking verwesenlik. Daarna kan ons, moontlik tydens die munisipale verkiesings van 2016, selfbeskikking op plaaslike vlak verkry en ons ou dorpe en stede terugkry deur artikel 235 van die Grondwet en die volkereg te gebruik. Al die werk wat ons die afgelope twee jaar gedoen het rondom kantons, tesame met mnr. Jaap Kelder se Nasionale Belstingbetalersunie en die Strategiese Komitee van Afrikaanse organisasies, kan dan vrugte afwerp en ons kan die juk van ANC-munisipaliteite van ons afwerp.
As ons kultuur eers vry is en ons regeer onsself op plaaslike vlak, kan ‘n uiteindelike onafhanklike volkstaat of republiek ver uitbly?
Die tyd is nóú, nie oor 20 jaar nie!
Sluit aan by PRAAG!


Die twee jaar + kampe wat ek gedoen het, het my nie veel gebaat anders as die ondervinding wat ek opgedoen het nie. Op daardie stadium was ek ywerig om Sektor 20 of Sektor 70 toe te gaan en ek het dit ook so versoek op die keurraad terwyl baie van my mede KO’s en onderkorporaals Kasteel toe wou gaan. 30 Jaar later wonder ek oor wat ek in daardie 2 jaar en die kampe daarna bereik het. Persoonlik het ek baie ondervinding opgedoen en myself aan myself (let wel) bewys.
Dit wat aan ons vertel is wat ons daar moes gaan doen het ons nie bereik nie, behalwe korttermyn doelwitte, as gevolg van ‘n “establishment” wat ons belieg het. Ons sou veg vir ons volk en vaderland, maar ons het eintlik geveg vir bedrieërs. Hierdie “belieg” word goed in Jack Hammer se uitstekende rock protesliedjie “Goeienag Generaal” beskryf. Jack Hammer se venyn teen die “establishment” in die sing van die lied beeld ook goed van ons eie gevoel oor hulle uit. Terwyl ons “vir volk en vaderland” geveg het, het die “establishment” wat ons gestuur het alreeds in die geheim met oorgawe in gedagte onderhandel. So nou het ek stories wat ek nie graag vertel nie, stories wat ek vertel en ‘n virulente haat vir die Afrikaner “establishment” soos dit in daardie tyd gewees het. Van die politieke organisasies tot die kerke verpes ek, veral nadat die kerke omgespring het soos ‘n weerhaan in ‘n rukwind. Stories en ondervinding teenoor 2 jaar se vermorsing. 2 Jaar waarin ek kon studeer of werk. Ek moet darem sê dat ek grootgeword het in daardie tyd.
So Dan, jy het min verloor deur nie diensplig te doen nie. Ek het self later geweier om kampe vir Magteloos Malan te doen nadat van my vriende by ‘n kamp in 1999 “geleer” is om vir wapens in voerbakke en op solders te soek. Nadat hulle beswaar gemaak het is aan hulle vertel dat die weermag teen al die vyande van die staat moet optree.
Ek wil net gaag die volgende weet:
1. Waar het die Mulders hul diensplig gedoen?
2. Wat is ‘n goeie Afrikaanse woord vir “establishment”? “Stigting” doen dit net nie.
Hier is die liriek van Goeienag Generaal: (Piet Botha doen dit baie beter as al die ander wat al probeer het.)
Dit was die oorlog vir die nuwe dag
Vir die kerkraad, swanger meisie wat wag
In die reën, al die kinders wat die dominee seën,
Al die jong laaities nou net uit die skool,
Welkom, welkom
Was vir die ryk man op Waterkloofstraat
Blink gebou, almal werk, niemand mag praat
Was vir die weduwees en die armes van gees
Almal in uniform, en die kapelaan lees
Maar Whitey, jou oe op daardie dag
Was blou net soos die lug
Toe ons weer kyk
Het ‘n AK jou f***ed-up geskiet
Goeienag Generaal
Dit was die oorlog vir die nuwe dag
Vir Harry Oppenheimer en al sy maats
Vir Rembrandt van Rijn, Alfred Dunhill
En die OK Bazaars
En die hele spul by die SAUK
Dit was die oorlog vir die CIA
Generaal ry rond in sy blink swart kar
Speel skaak met die kinders van ons land
En agter hom is die wêreld nou erg aan die brand
Maar Whitey, jou oe op daardie dag
Was blou net soos die lug
Toe ons weer kyk
Het ‘n AK jou f***ed-up geskiet
Goeienag Generaal
Ek stem saam: Ek het ‘n bewondering en waardering vir almal wat grens toe is en destyds. Maar die politieke effek daarvan – ten minste in SA – was ‘n ronde nul.
Terwyl ons jong seuns op die grens gebaklei en gesterf het, het die voorsitter van die Broederbond, Pieter de Lange, in ‘n New Yorkse hotel in 1986 met Thabo Mbeki “gesels” en reeds verduidelik dat die Afrikaner nie eintlik belangstel om die land te regeer nie, net “om sy taal en kultuur te behou”. Ek word amper histeries van die lag! Wat het van ons taal en kultuur geword, veral aan die ou Randse Afrikaanse Universiteit waar De Lange ook rektor was?
Dis eenvoudig krimineel wat die “establishment” – ja, ons moet ‘n beter woord daarvoor kry – aan al daardie dapper jong dienspligtiges gedoen het: uitverkoop, verraai, verguis.
Ten minste kan ons egter sê dat Angola die Russe se Viëtnam was. Meer en meer mense besef nou dat ons eintlik die wêreld van kommunisme bevry het deur militêr teen Kuba, Oos-Duitsland en die Sowjet-Unie weerstand te bied.
Dis ‘n verhaal wat wag om vertel te word! Die NP-verraaiers het drie miljoen Afrikaners in die kommunisme ingelei, maar ons jong soldate het 300 miljoen mense in Oos-Europa daarvan bevry.
Dr Dan, werklik ‘n unieke insig in die geopolitiese gebeure van die vroeë 90s. Ek hoop die bevryding van die in oos-europa bly.
Dr. Roodt , dis goed om vanoggend artikels deur mnr. Hannes Engelbrecht hier te lees . Ek wil egter voorstel dat hy sy gesig in miskien Bloemnuus ( Volksblad sal seker nie positief belangstel nie …) wys . In Bloemfontein vrees oud Vryheidsfront ondersteuners dié mnr. Engelbrecht is n gelyknamige oompie in Noorderbloem aftree oord .
Veral ouer mense is nie so bedrewe met die internet nie en hulle wil die leier van Front Nasionaal aan n gesig koppel .
Baie goeie voorstel.
“establishment”
Sosiale plakkers.
Ek het gisteraand vriende oorgehad en hierdie selfde tema het opgekom. Ek self het diensplig gemis – dit is afgeskaf terwyl ek gestudeer het. Baie van my vriende het letterlik hel deurgemaak – iemand wat voor jou oë deur ‘n landmyn van sy lewe ontneem word in ‘n geveg teen ‘n vyand. Tog gee die (ver)leiers net so oor aan ‘n moordbende wat daagliks ons mense stelselmatig uitmoor.
Dan is daar hoeveel mense wat kla oor die “wreedheid” van die ZA soldate – hierdie niksnutte wat veilig in hulle Waterhoof en Houghton paleise gesit het.
Ons is dankbaar vir die manne wat hulle eie lewens opgeoffer het vir die res van ons se veiligheid. Self die wat lewendig teruggekom het het ‘n groot deel van hulleself daar agtergelaat – dinge wat nooit weer “ontdaan” gemaak kan word nie.
Hoe ironies is dit nie dat Piet Botha hierdie lied sing terwyl sy pa een van die was wat die res van die mense uitverkoop het –
Die video van Bok van Blerk se lied “Kaplyn” wat jy op Youtube kan kry is ook nogal goed, veral die offisier by die ordergroep wat sy lip so byt.
As kind het ek rumatiekkoors gehad… Ek was letterlik vir amper ses maande bedlêend. Dit sou verseker my die voorreg ontneem het om weermag toe te gaan.
Die mediese lêers was vernietig – toetse het getoon dat my hart nie daardeur beskadig was nie. As ‘n G1-K1 deur 8SA infanterie bataljon… En ja, Upington was “hel” 😉 Van baie seuns het vele manne daar geword… (Waarvoor ek tot vandag toe die Here dank.)
Alhoewel ek die politiese leiers verfoei – verag wat ons Volk so verraai en uitverkoop het, is ek nie spyt oor die bloed en sweet wat my deel op die grens was nie… Waarom? In kort: Omdat dit vir my altyd kosbaar sal bly… Daarsonder sou ek verseker geestelik bitter armer gewees het.
…
Dalk moet FN een of ander idee in hulle werwing van stemme inbring dat hulle die oorlog vir daardie soldate gaan klaar veg. Hulle stemme sal hierdie keer gebruik word om daardie laaste skote wat oorwinning sal bring te kom vuur.
Jy bedoel dat die FN soos die Fabrique Nationale in die 80’s in ons hande sal wees?
Daar is seker bitter min van daardie soldate wat nie de bliksem in is nie.
Hier is hulle kans om daardie laaste skote met ‘n FN te skiet, en die Afrikaner oorlog te laat end kry. Daar is baie duisende van hulle. En daar is nog hulle familie en vriende ook wat de bliksem in is. Nou is hulle kans om wraak te neem.
Die politieke realiteite van die moderne Afrikaner van vandag in hierdie
land het vir altyd verander. Nooit weer sal ons aan ons neuse gely word
met n keuse van net een nie.
Vir te lank is daar vir ons gesê om
geduldig te wees terwyl ons mense op strepe wreedaardig vermoor word.
Vir te lank het ons politieke leiers gehad wat hulle eie sakke volstop
terwyl hulle stemvee deur ra en seb in die finansiële woestyn gewerp word. Vir te lank het die vf+ daar in die parlement gesit en koerante lees terwýl die res van ons rot en kaal gesteel word. Vir te lank het die vf+ die alleen reg gehad om namens ons almal te práát.
As die vf+ nie aangespoor word deur FN om hulle party te vernuwe nie gaan hulle soos die np van ouds verdwyn. Ons wil resultate sien en as die vf+ nie die voertuig is wat ons daarheen gaan bring nie het ons n nuwe een nodig. FN is n splinter nuwe 4×4 wat belowe om bo-oor enige versperring in sy pad, die pad na vryheid vir ons te loop.
Die vf+ is n ou nissan,
die een met die kleinste wieletjies, wat sukkel om die versperrings wat
in sy pad gegooi is te oorkom. Jy kan nie die wedstryd wen as jy nie
doelgerig jou oog op die wenpaal hou nie. Met vf+ se versuur vierkantig op FN gerig wie kyk uit vir Afrikaner belange in die parlement?
Sies vf+, skaam julle dat dit nodig was dat ons hierdie FN
party moes stig en mag die bloed van vermoorde Afrikaners by julle
spook omdat julle nie meer gedoen het met die tyd wat ons julle gegun
het nie. Mag al die geld wat julle so versamel het opdroog want dit is
geld wat ons in bloed moes betaal en wat julle nooit aan gewend het soos
julle belowe het nie.
Vir 20 jaar het julle niks bereik en as ons
toelaat sal julle ook oor nog 20 jaar niks bereik nie. Ek is baie jammer
maar ons doel van vryheid kan nie meer aan julle toevertrou word nie.
Lank lewe FN!!! mag julle hierdie lam sakkerige vet-gevrete vf+ uit die stoele lig want die Afrikaner het hulle nie nodig nie, net soos hulle ons nie nodig het nie.
FN BO!!!
Jy gee die VF baie krediet om hulle ‘n “ou nissan” te noem. – Ek sien hulle as ‘n Austin Mini – useless en raserig.
En knaend aan die olie lek.
🙂 Jip
Wees konsekwent asb.- jy is soos ‘n vlag wat waai – in die rigting waarheen die wind waai…
‘n Paar weke terug het jy gesê ons moet vergeet van segregeer… Nou?
Jy moet vroeg opstaan om by te bly… Dit klink of jy n ou man is, wat te veel engelse storie boeke lees… Want geen mens weet waar jy hierdie kommentaar uitkrap nie. Ek sien nou jy is een van die af duimpie bandiete hier op Praag?
Nee, ek het net ‘n goeie geheue. Geen rede vir jou om beledigend te raak nie.
Goeie dag.
Nou toe!,… Wees jy dan nou konsekwent en gee die skakel na die berig
waar in jy beweer ek dit gesê het… Moet nie met jou liberale
gonswoorde hier kom stront praat nie – Ek dare jou! Bring die feite, laat ons sien van watter staal jy gemaak is… Of gaan jy jou hele lewe n lafaard wees?
Jy moet my verskoon – ek kan nie tot jou onbeskofte vlak daal nie – selfs as ek platlê sal dit by vêrre nie laag genoeg wees nie.
Fw het nie al die veglus uit my ge-d*nner nie – ek is reg vir enige iemand. Hierdie Boertjie gaan lê nie… Nou maar goed ek kan na jou vlak toe op kom – aanvaar my challenge en ek sal dit beskaafd hou…
Duidelik skiet jou begrip tekort en jou Afrikaans laat nog meer te wense oor.
Verstaan my mooi. Ek weet wat jy geskryf het en my kommentaar was ‘n beleefde, neutrale aanmerking. Waarom sal ek my vermoei om te lieg oor die waarheid? Verder gaan die forum nie oor jou nie. Kom ons volstaan daarby.
Goeie dag.
“Ctrl c” “Ctrl v” – Maklik! Jy is die een wat met n verdagmakery begin het,:
“Wees konsekwent asb.- jy is soos ‘n vlag wat waai – in die rigting waarheen die wind waai…
‘n Paar weke terug het jy gesê ons moet vergeet van segregeer… Nou?”
… Ek se jy lieg – bring jou bewyse…
Ek herplaas dit ook hier:
“Keelvol”, onder watse naam skryf jy nog of, onder watse ander name het jy al geskryf asb? Die rede waarom ek vra is: Omdat jy onder ‘n ongeregistreerde DISCUS naam skryf en dus geen rekord van jou skrywe het nie.
Daar is iets in jou skrywe wat my elke keer aan iemand laat dink wat gesê het dat ons vrede moet maak met die feit: dat ons nooit weer op ons eie as volk sal self-regeer nie.
Indien dit NIE jy is nie, vra ek sonder enige voorbehoud verskoning.
Effens lomp gestel: Registreer asb. by DISQUS sodat jou integriteit as deelnemer ‘n geskiedenis opbou… Waarom jy nie geregistreer is nie slaan my dronk.
Ek hou net nie van Disqus
nie –
Eerstens is dit baie soos n populariteit kompetisie vir my.
Tweedens kan enige kommentaar uit konteks gelees word. Derdens is ek nie
tevrede met die sekuriteit
aspekte van registrasie nie en die feit dat n profiel van elke
gebruiker opgestel word, steek my dwars in die krop. (Vir wie en
waarvoor gaan hulle dit gebruik?) Ek weet die NSA hou ons almal baie fyn dop en ek wil dit maar net nie makliker vir hulle maak nie.
Jy kan maar met reg se ek is n bietjie
paranoïes… 😉
“Keelvol”, onder watse naam skryf jy nog of, onder watse ander name het jy al geskryf asb? Die rede waarom ek vra is: Omdat jy onder ‘n ongeregistreerde DISCUS naam skryf en dus geen rekord van jou skrywe het nie. Waarom jy nie geregistreer is nie slaan my dronk.
Daar is iets in jou skrywe wat my elke keer aan iemand laat dink wat gesê het dat ons vrede moet maak met die feit: dat ons nooit weer op on eie as volk sal self-regeer nie.
Indien dit NIE jy is nie, vra ek sonder enige voorbehoud verskoning.
Effens lomp gestel: Registreer asb. by DISQUS sodat jou integriteit as deelnemer ‘n geskiedenis opbou…
Ek aanvaar jou verskoning en ly my strydbyl neer… Ek het dit
definitief nie gesê nie…Baklei nou al amper 5 jaar lank hier op Praag… In daai tyd het ek myself al aan die verkeerde kant geskaar – Soos oor Israel en die Jode, maar ek sal terug kom en erken dat ek verkeerd was.
Oor selfbeskikking en ons vryheid is daar vir my geen kompromie nie.
Ek is ook al vertel dat ek Praag te ernstig opneem en die mense wat my ken sal weet dat ek nie op my laat wag om pak te gee as dit moet nie. Daarom vra ek ook verskoning as ek jou te na gekom het.
Dankie, ek het nie verniet geskree KOM TERUG Praag toe nie.
Dankie.
Doktor Roodt, soos al u rubrieke, uitstekend geskryf, [ Skryf is soos die maak van wyn. ’n Mens het ’n sekere lewenservaring nodig, ’n sekere rypheid. ]
Hiermee wil ek ook graag van die geleentheid gebruik maak om u geluk te wens met die stel van ons saak tydens die onderhoud met Cobus Bester op RSG. Front Nasionaal het vir seker my stem. Ek het volle vertroue in FN se bestuur, mag u en elke bestuurslid wysheid en krag van Bo ontvang om die regte besluite te neem.
Ons moet die wedloop met volharding hardloop, die tyd is nou, nie oor 20 jaar nie!
Wat vir my as gewone kieser op grondvlak saak maak van die
VF+ is dat my logika vir my sê dat – dit onmoontlik vir die VF+ leier, dr. Pieter Mulder om as werknemer van
die ANC en dus hulle beleid moet volg – dan n kontrasterende beleid te volg in
sy party. Dit is mos logies dat enige
mens sy werkgewer se beleid moet volg en uitvoer. Hy moet stilbly as die ANC niks sê oor die
swart op blanke moorde nie – hy moet stilbly as die ANC hulle vergryp-wette
teen blanke by die werksplek instel – as hulle die blankes se eiendom wil
afneem die blankes se Afrikaanse skole afneem en verengels – Dit is en bly die
ANC se beleid – hoe gaan hy dit kan opponeer?
Dit is ook die rede vir die agteruitgang van die VF+ party –
in my oë maak dit die VF+ n nul op n kontrak vir die Afrikaner.
Riempies hy het besluit ten gunste van sy eie salaris en nie vir dit waarvoor hy (blykbaar) staan nie. Dan het hy dit nog probeer verdedig deur te sê dat hy nou deel is van die besluitnemingsenjin wat daadwerklik vir die blankes en boere iets gaan beteken – se voet.
Die ANC se raadgewers is slim – hulle het geweet dat hierdie slak (hy het geen ruggraat nie) weereens sy mense sal uitverkoop en nog ‘n paar jaar mors.
Die weiding in die trog is soet , eenkeer n Broeder altyd n Broeder.
Hulle soek na strooihalms om Dr Roodt te diskrediteer. Intussen wil ek die klomp op bakkies boek vra, (ek klets nie daar nie) of hulle al iets gedoen het om bv verminkte soldate wat deur die ou en nou die nuwe regering weggegooi is te help? Ons het ‘n vriend sonder bene, vra hom wat sy opinie is, sou hy die klok kon terug draai? Hy het sy bene verloor VIR die heersers van die land, en wie is dit? Dit is die slotsom van die grensoorlog verhaal, VERNIET vermink, vir NIKS gesterf. Ons is NIKS in NSA nie, sien julle dit dan nie? Toe FW dit waarvoor ons gesterf het weggee, was die oorlog tervergeefs geveg gewees. Die verlies aan lewens was tervergeefs. Wat het Dr Dan se loopbaan en verloop van omstandighede rondom ‘n bydrae tot die grensoorlog te make met die elende waarin ons TANS sit? Ek is dankbaar hy is nie ook verniet gedood in die nuttelose oorlog nie. Dat hy hier is om te veg vir ons behoud. Wat die Mulder debat aangaan, nee VF+, julle sus jul eie gewete, kom ons by met die heuningkwas aangesien ons nie weer ons kruisie by VF+ gaan trek nie. My voorspelling is: Julle is nie meer ‘n faktor nie!
AntSan – daar is baie fisies verminktes wat teruggekeer het uit die bosoorlog. Daar is egter duisende meer sonder fisiese skade wat op ‘n geestelike vlak bene en arms verloor het – die gevolge van hulle wonde maak nog meer skade aan hulle families en die rondom hulle aan. Van hulle verdrink hulleself in alkahol en allerhande ander dinge om die geskiedenis te ontsnap.
Ek hoop hierdie mense se opoffering is nie verniet nie.
En van ons het, om weer die stukke op te tel en iets te maak van die lewe, sessie na sessie by sielkundiges gelê en sessie na sessie onder hipnose was.
Dié wat net grensdiens gedoen het en ook al die kampe op die grens was, het nie maklik gehad nie. Ek haal my hoed af vir ons geliefdes wat ons vanaf “civvy” straat ondersteun het. Dit is hulle wat die Pro Patria medalje moes ontvang het. Ek het myne vir my vrou gegee!
Baie waar Rooikop, ek bid ook dat dit nie verniet was nie. Indien ons nie onafhanklikheid en eie grondgebied met eie regering kry nie, was dit verniet. Ons is tans die slaansak, alles wat verkeerd loop(dit is als) die afgelope 20 jaar onder anc bewind is ons (wittes) se skuld! Maar ons vure knetter nog, soos Dr Dan hierbo skryf.
Waar is Art 235 aan VF+ te danke? Dr Mulder, AANDAG: EK IS ‘n ONDERDRUKTE VOLK wat nie gaan opgee voordat ons nie ons eie Heimat het nie, gaan vertel dit vir die “comrades”! Tot dusver luister hulle glad nie na u nie. Ek vat FN se hand in die hoop dat die son nie vir ons ondergaan in hierdie donker Afrika land nie.
AntSan, baie dankie, jy verwoord dit baie goed. So ‘n paar jaar gelede het ek gereeld oor naweke saam met boere uit die Noord-Transvaal skietopleiding vir huis-en-haard-beskerming gedoen, wat seker my “diensplig” was. Ook daar op harde vloere geslaap in boereverenigingsale en selfs ‘n nagmars deurgemaak met iemand op my rug.
Ek dink mens kan in ‘n paar naweke leer skiet, maar my sewe of agt jaar in Frankryk het my baie kennis en lewenservaring gegee wat nou nuttig te pas kom vir ons saak. Ook natuurlik ‘n begrip van die Europese en internasionale politiek.
So in die vroeë negentigerjare het ek van die SA ambassadepersoneel ontmoet. Van hulle het ook vir Nasionale Intelligensie gewerk, het ek later verneem. Ek onthou hoe naïef en wêreldvreemd ek hulle gevind het, met weinig aanvoeling vir die Franse en Europese politiek. As hulle soos ek op die harde manier met ‘n woordeboek en die daaglikse koerant Frans geleer het, pleks van ten duurste “lesse” te neem, sou hulle dalk iets geweet het. Ook het hulle vakansies op die Franse Riviera gaan hou in huise wat destyds al R30 000 per week gekos het om te huur. Dit was die laaste dae van die NP se glorieryke bewind wat FW toe summier en op groteske wyse beëindig het.
Ek en my vrou het maar in klein woonstelletjies in minder gegoede dele van Parys gewoon, terwyl die ambassadepersoneel natuurlik in die beste en duurste dele van die stad in woonstelle wat soos iets uit die Franse aristokratiese verlede lyk, gehuisves is.
En ja, daardie “intellektuele stryders” met hul duur woonstelle en vakansies het ons jong outjies Angola toe gestuur om te sterf sodat hulle ewe “stylvol” voor die kameras kon oorgee.
Die ambassades en NI het eerste die propagandastryd teen die ANC en SAKP verloor en van daar af het alles ingegee: die weermag, die polisie en, les bes, Naarpers wat vandag eintlik maar ‘n instrument van die regerende party of sy “lite” weergawe, die DA, is.
As jy nie meer oor die wil beskik nie, wat help ‘n arsenaal wapens, selfs kernwapens, jou dan?
Pallo Jordan het ‘n paar jaar gelede smalend gesê dat die ANC niks van die Afrikaners en die “right wing” te vrese het nie. “The will to resist is simply not there,” het hy gesê.
Al is ons ‘n honderd of bloot net tien, solank as wat ons aanhou, het ons egter nog nie verloor nie. Eers wanneer die laaste vonk in die smeulende as van ons verslane volk opgehou knetter het, kan hulle werklik oor hul oorwinning kraai.
“Hulle soek na strooihalms om Dr Roodt te diskrediteer.”
PUNT!
Die VF+ lê nie net wakker nie, hulle kry nou “Dagmerries”.
Die hele spektrum politeke partye kan nou goed gelooi word, want hulle sit met vragte foute van die verlede.
Front Nasionaal het niks behalwe vir Dr. D.Roodt wat vir “ontduiking” beskuldig word nie. Dit gaan nie ophou nie.
En dan wonder ek ook.
Het die Mulders vir MO gegaan???
Hier op Bakkiesboek het Corné Mulder nou weer vir lug opgekom. Ek plaas sy skryfsels en my antwoorde hier:
Dan Roodt Hier
peul skielik vreeslik baie mense uit wat my daarvan beskuldig dat ek 30
jaar gelede nooit diensplig gedoen het nie… Ek moes seker in die
loopgraaf gesterf het sodat FW die generaals kon afdank, of so iets. Dit
sal seker net reg wees as jy en Pieter
vir ons vertel waar en wanneer en vir hoe lank julle diensplig gedoen
het, nie waar nie? Want lyk my dis die vlak van debat waarna
“Afrikanerpolitiek” onder 20 jaar van “VF-leiding” gedaal het? Ekskuus,
die woord “debat” is seker ook ‘n vloekwoord in VF-geledere. Want dis
mos ‘n party waar almal net saamstem, maak nie saak oor wat nie. Sal ons
dit so algemeen aanvaar? Hannes Engelbrecht
se punt oor die ooreenkoms van jul nuwe “eenheid in
verskeidenheid”-beleid met dié van die uitgestorwe NP se beleid is egter
vir my geldig, nie waar nie? En die ooreenkoms met Kortbroek se
konstruktiewe betrokkenheid by die ANC kan seker ook nie misgekyk word
nie. Darem sien ek julle gaan teen die nuwe grondeisewet stem, maar
watse verskil gaan dit maak? Nog ‘n skadelose stuiptrekking om die
kiesers om die bos te probeer lei dat daar inderdaad nog ‘n rokie vanuit
die sigaarsitkamer van die VF se gemaksone lui-lui na bo krul?
Corne Mulder Dan
nie ek of die VF Plus het iets te make met die vrae wat gevra word oor
jou diensplig of nie-diensplig nie. Jou oor-reaksie laat my dink dat jou
gewete jou moontlik pla. Daarmee het ek vrede. Geen oplossing wat in
hierdie land voorgehou word wat nie die werklikheid van SA verreken sal
slag nie. Dit is presies wat die VF Plus in sy standpuntname doen.
Sonder die VF Plus se insig om artikel 235 in die grondwet te kry byna
20 jaar gelede was ons strewe na selfbeskikking ongrondwetlik vandag.
ns. Ja Dan ek en Pieter het ons diensplig gedoen toe ons opgeroep is en
as jy wou weet Pieter was in sy jaar aangewys as die beste Offisier van
sy inname.
Hou van · 28 minute gelede
Dan Roodt Ek
is bly julle het so getrou vir die NP gaan terries skiet, net jammer
dat julle nou in hul einste kabinet dien en gemeensaak met die PAC het.
Maar dis seker nuttig om oor wagstaan te praat as jou nuutgevonde
strydgenote dalk staaltjies oor APLA vertel, die einste APLA wat die
mense in die St. James-kerk afgemaai het. As ons nou na die mees
onlangse verlede beweeg, wat het die VF presies gedoen om die
verengelsing van Afrikaanse universiteite te keer, die ontwitting (lees
Leon Lemmer op praag se webblad vir dié woord) van die kampusse en
rassekwotas wat op Afrikanerstudente toegepas word? Toe ek by die VF
was, het ek gepleit dat iets gedoen moet word om me. Barbara Creecy in
die bek te ruk oor haar intimidasie van Afrikaanse hoërskole in
Johannesburg, maar tevergeefs. Wat van die Ermelo-geval waar Koos Kruger
summier in die pad gesteek is omdat hy durf waag het om die skool se
taalbeleid te verdedig? Waar was die VF toe? Toe die Rooi
Oktober-betoging verlede jaar plaasvind, was die VF ook nie saam met
ons daar nie. Vir ‘n party wat voorgee om die Afrikaner se “belange” te
verdedig, is jul rekord maar taamlik skraps, sou ek sê. Terwyl die VF in
hul sigaarsitkamer agteroor sit, word die werklike stryd oorgelaat aan
vrywillige organisasies wat sonder besoldiging of staatsfondse teen die
ANC-maghebber moet baklei! Nog iets in verband met die onbesonne
samewerking met die ANC: sulke samewerking legitimeer die ANC se beleid
teenoor die Afrikaner en skep die indruk dat Afrikaners tevrede is met
die huidige toestand, iets wat ver van die waarheid af is! Nie net
legitimeer dit die ANC se hantering – eerder vertrapping – van
Afrikanerregte nie, maar dit deligitimeer ons stryd daarbuite, dié van
al die Afrikanergroepe en -organisasies wat met hul karige middele
probeer om van die gate in die dyk toe te stop. Dan is daar die VF se
klakkelose samewerking met die DA. As die DA sê spring, vra die VF hoe
hoog! Dít terwyl die “ANC Lite” in Kaapstad Afrikanername voor die voet
verander het en dieselfde karikatuur van die Afrikanergeskiedenis as die
regerende party en sy SAKP-bondgenote aanbied. Watter rol sien die VF
vir homself behalwe as ‘n soort skoothondjie van die DA wat saamkef in
die koor van ‘n newelagtige opposisie wat net deur hul gemeenskaplike
domheid en gebrek aan enige visie verenig word?
Lyk my Corne Mulder duik en koes. Waar het hulle hul diensplig gedoen? Beste offisier van die inname tel nie, waar was hulle? Roelfie het ook diensplig gedoen, maar hy was ‘n kanarie en kyk wat het hy aangevang. Roelfie en ander wys ons dus dat diensplig gedoen nie outomaties beteken dat hulle die voordeel van die Afrikaner ten harte het nie.
Boek oor Roelfie – van Kanarie tot karnallie. – te ‘n mooi woord om sy verraad te beskryf.
Dan jyt niks gemis met diensplig nie.,
Ek het 9 maande gedoen en dit gehaat – niks geleer behalwe hoe krimineel kommin mede afrikaners kan wees. My oge het daar oopgegaan vir alles wat elke Christen seun nie behoort te weet nie.
Al wat ek geleer het was om Landrovers in sand te bestuur en kan nog steeds dem goed 4X4 bestuur veral in los sand. Dit was voor die oorlog
Dit was egter nuttig vir beskermde seuns om bietjie na matriek klippe te kou en dissipline te leer. Die belangrikste karakter wat ek kan onthou was Jacky die mak bobbejaan by Rooikop waar ons waggestaan het en die verbasende Schackelton vliegtuie opgepas het en daarin geslaap het.
Maar toe begin die oorlog en ek het na 10 jaar die John Chard medalje gekry vir lang diens in die reserwemag. Ek dra nou nog die armyklere as ek gaan jag en bome snoei en my plastiek helmit vir my motorfiets is nou die dag deur ‘n kar platgetrap toe dit afgewaai het omdat die ou bandjie gebreek het…
Ek onthou hoe die 25-ponder kannon ontplof het toe ons ‘nuwe ammunisie getoets ‘ het of oues weggeskiet het.[hoe sou ek kon weet]
Die punt is dat ek,beslis FN gaan stem want VF+ is maar presies net soos diensplig destyds vir ons was: dit het die regering uitmuntende beheer / toesig oor die mans gegee asteware 24/7 toesig en kontrole bestekopname en kondisionering maw ‘n skitterende dinamiese senus en psy-ops.
Tweedens is enige monopolie giftig / ongewens. Die VF + is ‘n tegniese monopolie
3′ Establishment’ klink vir my soos ‘n ‘kaderkliek-bedryf’
Al wat ek wil weet is wat FN se houding / beleid tov Orania is omrede ons al so baie geld daar belê het om Dr Verwoerd se ideale gestalte gee en dit die enigste grondgebied is wat uitsluitlik aan Afrikaner behoort.
Jan.. Jou inleiding laat my gril… Wat was jy? ‘n KOK? Verskoon die spelling…
Ek was ‘n kabellêer – die ouens wat glo die kortste lewensverwagting in WO11 gehad het.
Dolk
kokke dryf nie Landrowers in die sand nie boeta…
Hoewel ek gesien het hoedat die kok tydens ‘n bivak sy valstanne in die reuse kastrol verloor het met ‘n niesbui. Hoedat hy die kookwarm tanne met die groot houtspaan weer kry en dit in sy mond sit en weer uitspoeg in die pot in….
Dis die soort ondervinding waarsonder mens veel rykers is.
Jan… Jou inleiding laat my nogsteeds gril…
…
Mijn positie over Nigel Farage bij Fons vd Poel Brandpunt over Jean Marie le Pen is
dat Stalin een Molotov-Ribbentrop pact had met Hitler en de zeer machtige Franse communisten geen tegenstand wilden bieden tegen de inval van Hitler via Nederland België en Maginot linie omdat nationaal socialist Hitler hun kameraad was.
Dat gold ook voor de Marokkaanse huurling moordenaars die door de Fransen van koning Mohammed V was afgedwongen.
Al in de 20er jaren was er een naar islam gerichte opstand.
De Marokkaanse huurlingen waren islamitisch socialistisch (Muslim Brotherhood pan nationalistisch)
Dus de Marokkaanse huurlingen onder de Fransen tegen de Duitsers waren islamitisch of socialistisch.
De laatsten wilden dus niet vechten tegen Hitler.
De Marokkanse huurlingen leken veel op Zuid Afrikaner Broederbonders en Gryshemde en Ossewa Brandwag die pro Hitler waren en onder de Engelsen in Etiopie tegen de Italianen moesten vechten totdat de Britten hen ontmaskerden en de hele groep onder de Zuid Afrikaanse generaal Pienaar naar huis stuurde.
Toen de Fransen zich overgaven was dat vanwege de Franse communisten. Daardoor waren de Fransen zo gek nog niet om vanwege hun wereldrijk en koloniale marine een Vichy regime uit te onderhandelen.
Het was niet fraai maar in Nederland was er procentueel meer collaboratie met de moffen dan in Frankrijk.
Ik ben er van uit gegaan dat de Marokkanen onder Vichy verder gingen maar wellicht zijn ze korte tijd afgemonsterd … maar wellicht ook niet. Want in 1943 onderhandelde Roosevelt in in Algiers met de Gaulle en uiteindelijk monsterden de Marokkanen bij de Gaulle en vochten met Patton en Montgommery door Italië.
Daar hebben de Marokkanen onder de burger bevolking gemoord en verkracht en dat is een indicatie dat zij in 1940 rond Antwerpen Zeeland niet voor de Nederlandse vrijheid vochten maar gewoon voor geld willekeurig onder de christenen gingen moorden en verkrachten.
Sophia Loren speelde in een film – twee vrouwen – over die moordpraktijken van die Marokkanen in Italië. La Ciociara.
http://en.wikipedia.org/wiki/Two_Women
2. Farage kan idd beter wachten met in de PVV FN VB OVP LN etc. fractie te gaan en eerst proberen een vervroegde verkiezing in Engeland af dwingen met al die overstromingen en zo en wellicht PM te worden.
Just this day it has been argued in Praag.coza by Dan Roodt that for South Africa pulling out of the British Commonwealth in 1964 by Hendrik Frensch Verwoerd caused ANC liberal and communist South Africans to go in exile in London (United Kingdom) and contribute to the marxist lead racial war against the Verwoerd government and to destroy it ultimately.
—————–
Interview with Enoch, from 1977. In it, he discusses immigration, he defends his ‘controversial’ speech, and he predicts what will happen in the future – to a startling accuracy.
http://www.youtube.com/watch?v=3xGLmFNZ1tM
Theo en Dan en die span
Lees net hierdie!!!
Ek sien op die TV oor Sochi winterspele en die Russiese voorbereiding daarvoor dat hulle ‘n Ingelse konsultant gekontrakteer het om die Russe te leer glimlag en lag.!!!!!! Wau!!
Ek wou mos sê daar is iets wonderliks aan die spele- almal geniet dit in die koue hul gate uit en die een is mooier as die ander. Vrolike beeldskones die hele lot van hulle.Die een is mooier as die ander en onverskrokke hoor erg!! Puten is besig om die hele vrye Westerse moraliteit te herontdek. Wat ‘n vreugde!
Dan my spesiale versoek aan julle is om FN net soos die Russe te bemark :Laat dit weer ‘n vreugde wees om saam met ons lieflike jongmense te kuier en ou vanmelewe se ou kakkerige kaderkliek [establishment] te begrawe. Laat dit weer lekker word om ‘n Afrikaner Boer te wees.
Pak net tanne uit asteware ……..:-)