Satiriese koerantkantoor afgebrand

Deel op
Die kantore van ‘n satiriese Franse koerant wat ‘n uitgawe aan die Arabiese Lente gewy het, is afgebrand.

Die profeet Mohammed het op die voorblad van dié uitgawe as “gasredakteur” verskyn en daar word beweer dat die aanval op die kantore hiermee verbind kan word.

Die koerant, Charlie Hebdo, het dié uitgawe tot Charia [Sjaria] Hebdo herdoop.

Op die voorblad van die spesiale uitgawe was ‘n strokiesprent van die profeet Mohammed wat sê: “100 houe as jy jou nié doodlag nie”.

Die profeet Mohammed, met ‘n rooi hanswors-neus op, was ook op die agterblad te sien, saam met die woorde “Ja, Islam is versoenbaar met humor”.

Kuberkrakers het die koerant se webwerf aangeval en die gewone tuisblad vervang met ‘n foto van die Groot Moskee in Mecca.

Onderaan die foto het die woorde “Geen god behalwe Allah” verskyn.

Die webwerf is tans van die lug af.

Franse owerhede het die aanval verdoem en hul ondersteuning aan die koerant verklaar.

“Vryheid van spraak is ‘n onvervreembare reg in ons demokrasie. Alle aanvalle op die vryheid van die pers word ten sterkste veroordeel. Geen saak kan so ‘n gewelddadige daad regverdig nie,” het die Franse premier, Francois Fillon, in ‘n verklaring gesê.

Die brand by die koerant se kantore in die ooste van Parys het om twee-uur die middag uitgebreek.

Volgens die polisie is die brand waarskynlik deur ‘n petrolbom begin.

Niemand is in die brand beseer nie.

Александр Фильчаков Васильевич

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.