Kate, die Moslems en vryheid van uitdrukking

Deel op

Die Franse regering het geweier om ‘n beplande protes teen die Amerikaans-vervaardigde film “Onskuld van Moslems” Saterdag toe te laat. Die optog is beplan teen die satiriese anti-Moslem spotprente wat in die Franse tydskrif Charlie Hebdo verskyn het.

Die spotprente toon die Moslemprofeet wat naak is.

Sowat 150 mense is in Parys in hegtenis geneem oor die naweek, terwyl Franse ambassades en skole in minstens 20 lande gesluit het. Frankryk moes ook inderhaas tenks ontplooi in Libanon voor hulle missies.

Mohammed Moussaoui, president van die Franse Moslemraad het aan Le Monde gesê hy is “diep bekommerd oor dié onverantwoordelike daad wat spanning kan vererger en skadelike reaksies kan uitlok”.

Aan die anderkant van die Mou het Britse regsgeleerdes egter gekonsentreer daarop om vryheid van uitdrukking te beperk na die publikasie van naakfoto’s van Kate Middelton, die hertogin van Cambridge.

Die konteks en openbare verantwoordelikheid van die twee gevalle verskil duidelik reëlreg van mekaar, as die risiko van openbare geweld in ag geneem word. Deur die keuse van hierdie satiriese beelde het die Franse tydskrif brandstof toegevoeg tot die vuur, en mense se lewens in gevaar gestel.

Daarbenewens is die Westerse aandrang op sekere vryheide een wat vreemd is in ander kulture en die hele gedoente het die waarmerk van kultuurkonflik wat deur die hoofstroommedia doodgeswyg word. Om nie van die dubbele standaarde te praat wat vir die Britse koningshuis geld aan die een kant en die Moslems aan die ander nie

Laat die voorstanders die prys vir die vryheid van uitdrukking betaal. Dit is die enigste manier waarop hulle onder die indruk van die beperkinge van multikul sal kom.

топкарго

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.