Dan Roodt: Onderhoud met Suidpunt

“Op die gevaar af dat ek soos destyds toe dit mode was, ‘postmodern’ klink, meen ek die sin van ons Afrikaanse kultuur is juis in daardie tussen-in-wêreld te vind: tussen Afrika en Europa, maar ook tussen Europese kulture.” In hierdie wydlopende onderhoud oor die Afrikaanse kultuur, media en letterkunde, antwoord dr. Dan Roodt op ‘n hele reeks indringende vrae deur die rubriekskrywer Suidpunt.

Letterkundiges en resensente het die neiging om te sien wat hulle wil sien in ‘n teks. Dikwels sal hulle ook Barthes of Derrida se leerstellinge op ‘n roman probeer maak pas. Pas dit nie, is die boek outomaties ‘n flop. Dit noem ons Hineininterpretierung of inlegkunde. Daarom soek ek by u die waarheid: wat het Dr. Dan Roodt met Moltrein beoog? Is H.P. van Coller korrek as hy sê Moltrein is ‘n parodie van die Sestigersbeweging, en veral Die Ambassadeur en Donkermaan deur André P. Brink? Ek sien tog ‘n bietjie waarheid daarin. Afgesien van die vurige passie, is ons intellektuele hoofkarakter soos in Orgie meer ingesteld op (selfs behep met) werke uit die verlede, maar skep self nie werke nie. Behalwe die boek self.

Ja, ‘n vriend van my het gesê “dit is die laaste Sestigerroman”. Dit bied egter ‘n realistiese en nie-verromantiseerde blik op Parys. Maar dit het ook vir my daaroor gegaan om ‘n tydvak (die tagtigerjare) te beskryf, ‘n tyd toe daar oral geweldige propaganda teen Suid-Afrika en Afrikaners geproduseer is. Origens is dit ‘n roman in die Franse styl, ietwat ironies en vol detail oor Parys, die moltrein en Frankryk self.

Koop Moltrein hier

Die uiteenlopende resensies verstom my. Joan Hambidge het om politieke redes toe pas PRAAG verlaat (as ek dit reg het), maar haar resensie was steeds vleiend en waardig. Jakes Gerwel het beslis nie met u politieke standpunte saamgestem nie, maar het die roman eweneens geloof. Daar was L.S. Venter en Deborah Steinmar wat nie u werk gunstig ontvang het nie. Maar hier kom André P. Brink en skryf ‘n “hatige strydskriffie”, soos u dit stel, op 6 Junie 2004. Eers 6 jaar later (14 Junie 2010) plaas u die repliek op LitNet en toe ‘n maand of wat later op PRAAG. Waarom dan so lank wag?

Ek was aanvanklik nie seker of ek hoegenaamd daarop moes antwoord nie. Dit is seker nie etiket vir ‘n skrywer om op ‘n resensent te antwoord nie. In die ou dae het ‘n mens dit maar gedwee verduur. Gegewe Brink se vooroordele en mistastinge, het ek egter besluit om my eie reëls te maak en wel daarop te antwoord. Brink is nou oorlede, ek wil amper sê gelukkig, en daarom kan ‘n mens nou meer vrylik oor sy rol in die Afrikaanse letterkunde praat. Myns insiens het hy ‘n baie negatiewe rol gespeel. As resensent in Rapport het hy dikwels skrywers om persoonlike redes of uit jaloesie bygekom en geen objektiewe maatstawwe gebruik nie. Verder was hy ‘n soort anglofiele, linkse Bloedsap wat selfs volksmoord oor Afrikaners wou afroep, ten minste in een van sy onderhoude met ‘n Franse TV-span. Hy kon nie vir homself dink nie, het nie veel van filosofie en ander dinge geweet waarna hy dikwels verwys het nie en het maar net die anti-Afrikaanse, anti-Suid-Afrikaanse stroom gevolg, hopende om die buiteland te beïndruk. Waarskynlik het hy gehoop om deur verraad teen sy eie mense die Nobelprys te verwerf; die Swede is seker mal genoeg vir so iets. Daarom is dit seker nie verbasend dat hy nie van Moltrein met sy meer onafhanklike, ironiese perspektief op ons politiek gehou het nie.

In “Volksblad” van 5 Oktober 1985 is daar die berig getiteld: “Skryf Brink blitsverkopers?”. Daarin staan nog op bl. 7: “Die verwoede jong akademikus en skrywer Dan Roodt gaan selfs so ver om Brink se ‘Kennis van die aand’ saam met Ena Murray se ‘Sluiers van wierook’ in ‘n kursus oor triviaal-literatuur by die Universiteit van Durban-Westville aan te bied. “In albei boeke word ‘n morele stryd uitgebeeld – ‘n eienskap van triviaal-literatuur. Baie stereotipes kom ook voor, veral in die uitbeelding van die vrou. Sy is of ‘n madonna of ‘n hoer”, sê mnr. Roodt. Hy gee toe dat daar by Brink ‘n literêre aanbod is. “Maar dis ‘n ooraanbod. Die boek het byvoorbeeld sewe motto’s”.

Ja, dis waar, ek het so ‘n kursus aangebied destyds. Daar was ‘n sentimentele, soetsappige element by Brink, iets uit Die Huisgenoot of Ena Murray waarvan hy nooit ontslae kon raak nie. Hy wou hom ook as ‘n groot intellektueel aanbied, vandaar die oordadige motto’s en aanhalings om ons van sy erudisie te oortuig.

Dink u Brink het sy kans afgewag om wraak te neem of was hy maar net in sy gewone sorgelose bui? Of was dit miskien oor sy naam genoem word op bl. 99? Langs “Ingrid Jonker”, “wat in ‘n gestig opgeneem is”, juis oor hul verhouding wat op die rotse beland het? “Wat haar miskien vir altyd geknak het”?

Ja, dit het moontlik ‘n rol gespeel. Toe ek die boek geskryf het, was ek nie so bewus van al die fynere besonderhede rondom Ingrid Jonker en Brink se verhouding nie. Later toe die biografieë eers verskyn het, het ek daarvan bewus geraak. Dus het hy moontlik aanstoot geneem.

Weet u min of meer hoeveel gedrukte boeke (of miskien e-boeke) van “Moltrein” al verkoop is? By die Wes-Kaapse openbare biblioteke was daar destyds ‘n besonder groot aanvraag – daar is vandag so 160 eksemplare op die biblioteekrakke oor (dié wat nog nie voete gekry het nie). Is dit wel moontlik om ‘n syfer en ‘n datum te gee?

Sover ek onthou, het ons 2500 boeke gedruk en daar is seker so 300 oor, dus het daar 2200 verkoop oor die jare. Ek het ook gehoor dat daar by die Engelse meisieskool Roedean in Johannesburg voortdurend eksemplare daarvan uit die biblioteek en klaskamers gesteel word. Daar is ook heelwat Afrikaanssprekende meisies in die skool, dink ek. Op ‘n manier is dit nogal ‘n eksotiese roman in Afrikaans, gefokus op Parys, maar tog met allerlei soort klassieke verwysings na Balzac en die hedonistiese eet- en drinkgewoontes van die held en heldin.

Driehonderd bladsye skryf mens nie op ‘n enkele Sondagmiddag klaar nie. Hoe lank het die skrywe van hierdie roman geduur?

Ja, dit was nogal vreemd, want ek het jare gelede in Parys daaraan gewerk en dit toe weer in Suid-Afrika voltooi. Maar soveel tyd het eintlik verloop dat dit nie meer tydsgebonde was nie. Dit was eers meer onmiddellik en daarna ‘n soort herinnering, ‘n terugskouende blik. Ek wou egter doelbewus iets Proustiaans ook daarin verwoord… ‘n soort terugreik en herskepping van die verlede. Die eintlike skryfwerk het my miskien nie so lank geneem nie.

Moltrein vind ek geen “regse” boek nie – eerder op dieselfde politieke niveau as “Om na ‘n wit plafon te staar” deur Jaco Kirsten (2009). As ek na Z.B. du Toit se boek “Die nuwe toekoms” kyk, verbaas dit my hoe hierdie boek nog in 1999 deur die voorganger van LAPA, J.P. van der Walt en Seun, gepubliseer is. Maar reeds in die Wes-Kaapse staatsbiblioteke is min sulke “uitdagende leesstof” (sic) vir “groter biblioteke” (sic) oorweeg, hoewel “What if there were no whites in South Africa?” (2015) vandag in byna elke lokasiebiblioteek te vinde is. Terloops, die vertaling “Negrologie” se lot is bepaal op grond van ”Die Burger” se resensie van 13 Februarie 2006 – “Ongunstige resensie. Los eerder.” Wanneer sou u sê het die aanslag op sogenaamde “regse” boeke begin?

Weereens dink ek die verlinksing van die Afrikaanse letterkunde het met Brink en waarskynlik met Breytenbach reeds in die sestigerjare begin. Brink se negatiewe resensies in die vroeë sestigerjare oor F.A. Venter se boeke het reeds op sy verskuilde anti-Afrikaner-ingesteldheid gedui. Enigiets wat histories of nasionalisties van aard was, het hy verwerp. Die ander Sestigers was gewoon nie in staat om hom teë te gaan nie. Ek vermoed Etienne Leroux was nie so links nie, maar hy sou dit nie gewaag het om dit te sê nie, want Brink en ander sou hom onmiddellik daarvoor gestraf het.Nou onlangs lees ek iets raak wat Etiennie Leroux oor die (myns insiens patetiese) bruin skrywer Adam Small kwytgeraak het, in Kannemeyer se biografie oor Leroux. Kortom, Small het Leroux daarvan beskuldig dat sy mitologies geïnspireerde, sardoniese boeke eintlik ‘n verskuilde “affiniteit met apartheid” had. In Leroux se notaboek teken hy  volgens Kannemeyer (Leroux: ‘n lewe, bl. 482) aan:

“As ek nie wit was nie, en hy nie so kleurbewus was nie, sou ek Adam Small al lankal onder sy gat geskop het.”

Duidelik het Etienne Leroux teen die prikkels geskop. Maar die polities korrekte Brink het bloot die Engelse Suid-Afrikaners soos Nadine Gordimer en Alan Paton nagepraat. Dan was daar “betrokkenheid” oftewel engagement wat aan Jean-Paul Sartre ontleen is. Daar was egter nooit werklik ‘n debat oor politiek en letterkunde in Afrikaans nie, of enige nuanse en verwikkeldheid soos dit in Europa gedoen is nie. Dis eenvoudig maar net ingevoer soos wat ons deesdae Chinese skoene invoer. En almal het dit klakkeloos begin napraat. Teen die tagtigerjare was die Afrikaanse letterkunde feitlik marxisties. Ampie Coetzee, wat by Wits ‘n dosent van my was, het so ‘n barbaarse klein boekie, Marxisme en die Afrikaanse letterkunde, geskryf wat so min of meer die kroon op dit alles gespan het. Deesdae sien ons eintlik maar net die voorsetting daarvan: almal verkeer nog in ‘n soort dwaal en het nog nooit uit die tagtigerjare wakker geskrik nie. Daar is nie nuwe idees nie. En natuurlik: enige kritiek op die huidige bestel of op Afrikaregerings word as “regs” en selfs “verregs” deur akademici en letterkundiges gesien. Vandaar dus die negatiewe resensies vir Negrologie wat deur ‘n liberale, dog Afro-realistiese joernalis geskryf is. Nog iets wat ek intussen vir myself uitgewerk het, en intussen bevestig het, is dat die Swede tydens die tagtigerjare ook geld aan die linkerkant van die literêre spektrum ingepomp het by wyse van ‘n skenking aan die uitgewery Taurus. Nie te lank gelede nie het ek ‘n e-pos aan John Miles geskryf en hom direk daaroor uitgevra, waarna hy dit erken het.

Dis nogal uiters ironies. Tans het ek ‘n taamlike belangstelling in Swede en veral die regse beweging aldaar. Selfs die Sweedse ambassadrise in Suid-Afrika volg my op Twitter. Op ‘n vreemde manier sien ek ‘n lotsverbondenheid met Swede, wat ons deur hul kranksinnige inmenging en steun vir die ANC oor die afgrond gestoot het, maar nou self weens Islamitiese immigrasie ondergang in die gesig staar. Die punt is egter: net so min as wat die gemiddelde Afrikaner ‘n marxis is, iets wat ‘n mens vanuit die Afrikaanse hoofstroommedia en akademie sou kon aflei, net so min is die gemiddelde Sweed so waansinnig links soos hul huidige regering met sy oordrewe feminisme en etnomasochisme.

Ek het ‘n sterk vermoede u het voor u verblyf in Frankryk op hoërskool reeds Frans geleer. Kyk, ek het nou al baie grammatikaboeke, woordeboeke en klaswerkboeke in Afrikaans oor die Duitse taal gevind en gekoop, maar slegs één tweetalige Afrikaans-Franse woordeboek uit die 1950’s wat nooit herdruk is nie. Hoe op dees aarde kon mens Frans op skool in Suid-Afrika destyds leer? Daar was immers nie die geriewe wat ons vandag het nie. Ook nie YouTube, Larousse Online en Duolingo nie.  Was daar byvoorbeeld Bescherelle vervoegingsboekies (“La conjugaison pour tous”) beskikbaar? Hoeveel woorde kon mens dan nou leer? En watter voorgeskrewe werk het leerlinge gekry?

Ek het destyds op skool so effens Frans gedoen, maar dit was eintlik meer op universiteit en in Frankryk self waar ek blootstelling aan die taal gehad het. Ek weet egter by Helpmekaar hier in Johannesburg, asook by verskeie hoërskole in Pretoria en elders word Frans steeds gedoseer. Daardie woordeboek is beslis verouderd en ons kort ‘n nuwe, meer uitvoerige weergawe. Bescherelle het my gehelp met vervoegings van werkwoorde en deesdae kan mens sommer sulke dinge op die internet opkyk. Vir vertaling help die Frans-Nederlandse woordeboeke ook taamlik, want Afrikaans is mos maar naby aan Nederlands.

Aan Stefanie Niewoudt het u op 15 Junie 2004 oor u verblyf in Parys geskryf: “Veral in Frankryk was die anti-apartheidsbeweging ‘n blote afdeling van die Franse Kommunistiese Party, en dit het my laat besef dat hulle ‘n eie agenda gehad het om Afrikaners te beswadder in reaksie op hul eie morele probleme as gevolg van die kritiek op die kommunisme en die uiteindelike heengaan van die stelsel in Oos-Europa.” Daarnaas het u ook geskryf: “Dit is nodig dat ons belangrike internasionale werke ook in Afrikaans lees en ontslae raak van die filistynse luiheid om Engels as ons venster op die buiteland te, beskou.”  Is daar nog iets wat u vandag sou wou byvoeg wat die Franse taal u geleer het? Hoe het Frans u lewensuitkyk andersins ook verander?

Sjoe, ja, dit is nogal ‘n ingewikkelde en taamlik persoonlike vraag. Toe ek jonk was, het ek ‘n soort frankofiele fase beleef toe alles wat Frans was vir my wonderlik was: Franse letterkunde, filosofie, voedsel, klere, sjampanje en wat ook al. Mettertyd het ek egter ook meer realisties of krities na Frankryk begin kyk en vandag voel ek my meer aangetrokke tot Noord-Europa, die Lae Lande en selfs Skandinawië. Daar is egter bepaalde dinge in Frankryk wat uniek is en ‘n sekere soort intellektuele onverskrokkenheid wat ‘n mens net kan bewonder. Alain de Benoist, wat seker die grootste onbeskaamde regse denker van ná die tweede wêreldoorlog in Europa was, is iemand wat vir my heelwat perspektiewe geopen het, oor hoe ‘n mens denke en taaltrots of volkstrots met mekaar kan laat rym. Ek staan ook by die gedagte dat ‘n mens eerder Europese tale as Engels moet lees, want dit sluit nouer by Afrikaans aan. Nederlands en Duits, wat naby aan Afrikaans is, maar ook Frans en selfs Italiaans. In die vroeë twintigste eeu het baie Afrikaanse skrywers noue kontak met Europa gehad en was ook Europese tale magtig. Nederlands is ‘n taal wat onderskat word: mens kan die meeste dinge ook in Nederlands of Nederlandse vertaling lees. Ongelukkig is Nederlandse boeke nie so beskikbaar by ons nie, maar in e-boekvorm kan hulle seker wel bekom word.

Rue Meslay in Parys se 3de arrondissement, waar die Roodts destyds gewoon het.

Was die egpaar Roodt dus voorbereid op Frankryk? Mense soos Jan Rabie is op 27-jarige ouderdom soontoe sonder om ‘n woord Frans te ken. Inteendeel, hy moes sukkel-sukkel met ‘n woordeboekie om verblyf vra; en het wel blyplek in ‘n chambre de bonne gekry. Het u miskien later (soos Rabie) in Frankryk klasgeloop by Alliance française? Of was dit onnodig?

Ons het aanvanklik ook maar gesukkel, want mense praat nie op straat soos in die boeke nie, maar ná so ‘n paar maande het ons darem goed reggekom. Ek het elke dag die koerant gelees en TV en radio het ook baie gehelp. Ek het nooit eintlik formeel die Franse taal in Frankryk bestudeer nie, wel Franse filosofie waarin ek ‘n soort pre-doktorsgraad behaal het. Agterna het ek ook vir ‘n doktorsgraad in Franse filosofie geregistreer, maar dit nooit voltooi nie, anders as my Ph.D. in Afrikaans natuurlik.

Party mense glo die beskrywing van geslagsomgang hoort nie eens in mediese vaktydskrifte nie, laat staan nog op maagdelik reine papier in letters rangskik om in Afrikaans verwoord te word. Maar seks in u boek kry uiteenlopende simboliek en dit verskil van karakter tot karakter. Soos die daad voor die setel van die Europese Gemeenskap wat volgens die boek self as middelvinger dien. Maar veral die “wisselwerking” tussen Anton du Preez en Madame de Laisné herinner my in die besonder aan ‘n ou veteraanmotor wat onder die stof met die eerste sleuteldraai die V12-enjin laat brul. Versinnebeeld dit miskien ou tradisies (of ou Frankryk) wat bietjie meer lewe ingepomp moet word? Of is hierdie herlewingspoging, soos in die geval van die onvrugbare, verraaide en bejaarde Madame de Laisné, vrugtelose tydverdryf wat spot met die eksistensialisme? Of was dit maar net ‘n doodgewone ruiltransaksie soos die boek dit stel? ‘n Guns vir ‘n guns?

Ja, terugskouend het dit miskien nie in ‘n Afrikaanse boek gehoort nie. Ek respekteer die norme en waardes van Afrikaners en dat hulle dikwels meer konserwatief oor sulke dinge as byvoorbeeld Franse is. ‘n Mens word egter afgestomp deur al die seksbeskrywings in soveel Franse romans sodat heelwat daarvan ook hul weg na Moltrein gevind het. Dit was ook ironies bedoel, as ‘n soort antwoord op die kitsch van Brink en die Sestigers waarin daar altyd ‘n jong meisie met “appelborste” teenwoordig is.

Dit val my onmiddellik op u gebruik die ouer Gänsefüßchen-aanhalingstekens. Is dit met opset so gedruk (tradisie vs. Naspers se Engelse “aanhalingstekens”), of volg u slegs die definisie uit die WAT van 1970 letterlik: Leesteken bestaande uit dubbele kommas – soms ‘n enkele komma – wat in Afrikaans, Nederlands en Duits voor onder die reël geplaas word (,, _____ “)[…]

Ek hou nogal van daardie aanhalingstekens en wonder waarom hulle nie kan terugkom nie. Oorspronklik het die Afrikaanse drukwese oorgeskakel na die Engelse tipe aanhalingstekens in die vroeë dae van elektronika toe meeste stelsels in Suid-Afrika net vir Engels voorsiening gemaak het. Maar deesdae bied tegnologie mos ‘n legio moontlikhede. Dit was my poging om ons ou Afrikaanse aanhalingstekens te laat herleef; dit lyk net soveel mooier.

Is die Parysenaars werklik so afsydig en geslote soos in die boek uitgebeeld word? Of is dit maar ‘n eienskap van alle Europese hoofstede wat deur “indringers” bedreig voel?

Ek dink Parysenaars is nogal afsydig, anders as op die Franse platteland byvoorbeeld, waar mense vriendeliker is, op voorwaarde dat jy Frans kan praat. Ander stede wat ek met Parys sou kon vergelyk, sou Amsterdam of Stockholm wees, waar mense oor die algemeen baie hofliker en behulpsamer is. Self was ek egter lanklaas in Frankryk, hoewel ek later vanjaar vir ‘n hele paar weke wil teruggaan. Dalk sal ek dan beter kan sê of die Parysenaars steeds afsydig is!

Waarom het die land Frankryk vir Afrikaners soveel meer bekoring in die letterkunde as byvoorbeeld Duitsland, Holland en België? Dink die Germaanstaliges te veel dieselfde of is daar ander mites waarvan ons onbewus is? Of is dit miskien omdat die Franse kultuur so versluier is met paradokse, soms skynheiligheid, geringstellings en mooi woorde, terwyl die Germaanse stamme amper barbaars reguit is? Of is dit die ancien regime, of die magtige Franse Ryk (onder Napoleon), vooruitgang, dekadensie en geskiedenis wat steeds mense na Parys toe lok? Of lyk die Franse taal op die oog af net eksoties?

Ja, dis nogal ‘n interessante vraag. Ek vermoed dat die ontdekking van Parys deur Amerikaanse skrywers soos Hemingway of Norman Mailer heelwat hiermee te make gehad het. Dit was met ander woorde ‘n mode in die Engelse of Angel-Saksiese wêreld, wat noodwendig ook na Afrikaans oorgewaai het. Maar u is reg oor die eksotiese: omdat Frans as Latynse of Romaanse taal so ver van Afrikaans verwyder is, vind mense dit eksoties en daarom interessant. Aan die ander kant meen ek dat vele Afrikaners ‘n band met Frankryk voel vanweë die Hugenote-geskiedenis. Daar is soveel Afrikaners met Franse vanne en selfs Franse voorname — terwyl hulle natuurlik self geen woord Frans kan praat nie! Dis daarom ook ‘n geval van bloed is dikker as water. Dan is daar die groot hoeveelheid publisiteit wat die geslag Franse skrywers wat as “eksistensialiste” bekendgestaan het, ontvang het, regoor die wêreld. Ek onthou dat selfs van my Engelstalige medestudente aan Wits destyds intens hierin belanggestel het. En dan seker Franse kultuurbemarking: die Franse maak op een of ander manier seker dat ander van hul kultuur te hore kom!

Daar word gereeld in die media geskryf Frankryk is gebou op ‘n elitêre samelewing: van die skoolvakke wat jy neem, tot die handelsmerk van jou plakkies – dit maak alles saak. Is dit nie maar ‘n mite wat deur die Franse regering self geslagtelank aan die lewe gehou word nie? Nou die dag kom ek op ‘n Franse regeringsverslag af wat (steeds!) aanvoer Latyn word slegs deur “kinders uit bevoorregte gesinne” geleer (om hul glo van onderpresteerders af te sonder). Dit is ‘n voorstelling uit die 1800’s wat beslis nie in Duitsland en Nederland geldig sou wees nie; daar is Latyn net nog ‘n taal soos C++ vir ‘n programmeerder.

Ja, dis nogal ironies. Die Franse het die aristokrate se koppe tydens die Revolusie afgekap, maar die aristokratiese of elitêre norm geld steeds. Franse is geneig om snobisties te wees en as jy deftig aangetrek is, behandel mense jou beslis beter en meer beleefd. Latyn en ou-Grieks word steeds as skoolvakke aangebied; nie almal neem dit nie, maar ‘n bepaalde elite seker wel. Frans en wiskunde is egter die twee vakke wat werklik saak maak. En skoolkinders moet omtrent vyf honderd jaar se letterkunde onder die knie kry en eksamens daaroor skryf.

Ek kan nie verstaan waarom Suid-Afrikaanse skrywers soos Rabie en Brink destyds gereeld boeke by boekekraampies (bouquinistes, p. 17) gekoop en dan vir ‘n ander boek ingeruil het nie. Niemand skryf oor Parys se gratis openbare biblioteke vir brandarm reisigers nie. Wat maak hierdie boekhandel so besonders? Waarom die groot bohaai?

Ja, die Franse dorpsbiblioteke of stedelike biblioteke in Parys is heel goed. Persoonlik het ek hier en daar ‘n boek by die boekekraampies langs die Seine gekoop, maar oorwegend tyd in boekwinkels deurgebring. ‘n Franse boekwinkel is nogal spesiaal, moet ek sê en geen twee is presies dieselfde nie. En in min ander lande sal filosofiese essays seker ooit blitsverkopers word.

Sonder u besoek aan Frankryk sou Moltrein nie kon bestaan het nie. Maar, in ‘n alternatiewe geskiedenis, waar sou u anders destyds wou wees op daardie tydstip?

Miskien in Japan? Op ‘n stadium was ek ‘n Japanofiel, en my jongste seun leer knaend Japannees en kan dit selfs lees. Daar is iets aan die minimalistiese estetiek van die Japannese wat my aantrek. En dan is dit ook so ‘n inherent nasionalistiese en homogene land. My vriend Jared Taylor in die VSA, wat in Japan grootgeword het, se sin vir ‘n homogene blanke of Westerse kultuur is sterk daardeur beïnvloed, dink ek.

Hoe sou u sê stem die Franse kultuur die meeste en die minste met die Afrikanerkultuur ooreen? Nou, meer as 13 jaar na u skrywe van “Moltrein”?

Die eerste en ooglopende verskil is dié van godsdiens. Frankryk is van oorsprong ‘n Katolieke land terwyl ons weer Protestants of Calvinisties is. Al is tagtig persent van Franse vandag ateïste of agnostici, merk ‘n mens tog die Katolieke waardes in Frankryk sterk op. Dis nou nog afgesien van die groot hoeveelheid indrukwekkende katedrale waarmee die land besaai is. Franse is sekerlik meer intellektueel en verfynd as Afrikaners, maar ons aan die ander kant is meer gesteld op persoonlike higiëne en meer gedissiplineerd. ‘n Ooreenkoms wat Andŕe P. Brink en ander nooit sou raaksien of toegee nie, is dat sowel Franse as Afrikaners baie nasionalisties is, veral natuurlik taanasionalisties! Kyk maar na die groot hoeveelheid Franse vanne tydens die Eerste Taalbeweging in Afrikaans. Dan het ons dít in gemeen dat ons histories dikwels nogal oorlog teen Engeland gemaak het. In die negentiende eeu was dit net ons, Napoleon en Tsaar Niklaas I wat dit gewaag het om militêr met Brittanje op die kruin van haar mag slaags te raak. Nog ‘n ooreenkoms dink ek, is dat sowel Afrikaners as Franse baie op kookkuns gesteld is. Ek dink selfs dat Afrikanervroue beter kokke as Franse vroue is, hoewel ons natuurlik nie oor so ‘n groot tradisie van restaurant-kookkuns beskik nie, anders as die wêreldberoemde Franse.

Gepraat oor taal. Die gebruik van stringe Franse sinne in u boek het my vrééslik geboei (dit kon netsowel esoteriese Latyn gewees het); ons is al so uitgekuier met die Engelse slêngwoorde. Ek het in die WAT van 1970 opgemerk hoeveel Franse leenwoorde en verwaarloosde Afrikaanse woorde daarin opgeneem is wat ons so te sê nooit in die hoofstroommedia lees of hoor nie. Soos bête noir. Raadpleeg mens Nederlandse bronne, is juis die teendeel waar – die een joernalis probeer meer geleerd en voorbarig as die ander lyk. Waaraan kan mens hierdie Suid-Afrikaanse tendens toeskryf? Verstandelike isolasie? Of probeer die hoofstroommedia die taal so eenvoudig hou om die maksimum gehore te trek? Vir meer geld? Of is dit sprekend van onkunde of laksheid, soos die AWS wat in die 2002-uitgawe (p. 528) van “babasitter” gebruik maak, al is “babawagter” reeds in die 1950’s in die WAT opgeneem?

Dit kan seker maklik as pretensieus opgeneem word om soveel Franse sinne in ‘n boek in te sluit, maar my bedoeling daarmee was juis ‘n “vervreemdingseffek” by die leser, iets soos Bertolt Brecht se fameuse Entfremdungseffekt. Die leser behoort te ervaar dat dit juis ‘n vreemde wêreld is, wat heelwat aanpassing verg.

Self het ek natuurlik ‘n broertjie dood aan Engelse slêngwoorde. Dis ook waar wat u sê aangaande al die Franse leenwoorde in Afrikaans wat natuurlik via sewentiende- en agtiende-eeuse Nederlands na ons toe gekom het. Baie Afrikaners gebruik “mushroom” in plaas van die korrekte “sampioen” wat uiteraard aan die Frans champignon ontleen is. Ek skryf dit aan die Engelse verpakkings en restaurantspyskaarte toe. Dit maak egter my ore seer! Trouens, daar is niks wat my dag so kan bederf as om die woord “mushroom” te hoor nie.

Wat die onnoselheid van ons joernaliste betref, dink ek juis dis ‘n gebrek aan enige Europese blootstelling wat tot hul verdomming lei. Dis nie soseer IK of ‘n gebrek daaraan nie, maar hulle leef heeltemal in ‘n Engelse wêreld, lees net Engels of sien die wêreld vanuit ‘n Brits-Amerikaanse perspektief, sonder veel nuanse of begrip. Dan is die eenvoud van die koeranttaal ook in nabootsing van die Londense tabletkoerante wat poog om so wyd as moontlik te hark. Trouens, sedert 1994 is daar feitlik geen verskil tussen die Britse poniekoerante en Beeld of Die Burger nie; hulle wy insgelyks ewe veel aandag aan die Britse koningsgesin! Pleks dat hulle oor die Nederlandse koningsgesin skryf, as hulle dan móét.

“Babawagter” is beslis ‘n mooier woord. Ek is bevrees daar vind ‘n verrotting by die AWS en selfs by die WAT plaas. Hoe kon Gerda Ondendaal, wat volstrek vyandig teenoor Standaardafrikaans staan, ooit ‘n aanstelling in die Woordeboekkantoor bekom? Dis mos waansin!

In die Taalgenoot van Somer 2016 kom ek op ‘n gedig (Getiteld: “Eie in sy soort”) af met die volgende drie inleidende verse: “Dit is beter as Spaans / En selfs beter as Frans / Dit is Afrikaans.” Die gediggie lys dan ‘n klomp Afrikaanse skrywers en genres. Dat die digter, ‘n tydskrifleser, seker niks van die Franse of Spaanse taal, letterkunde, wysheid of Franse aanhang deur Brusselaars weet nie kan ‘n blinde met ‘n stok aanvoel. Soos die dwangrym. Dit is wat nié in die gedig staan nie wat my pla. Die digter het onbewustelik haar onderdanigheid aan die superieure Engels bely. Of moet ek dankbaar wees sy het nie Nederlands, Duits en Russies saamgesleep nie? Hoe prik mens iemand se Anglo-Saksiese borrel?

Ja, in dié opsig kan ‘n taamlik uitgebreide besoek aan Frankryk waarskynlik wondere verrig, om net ‘n klein bietjie aan die omringende Engelse heelal te ontsnap! Ek vind werklik globale Engels benouend; dit maak mens kloustrofobies, want daar is tog soveel meer as Hollywood en imperiale politieke korrektheid. Selfs Duitsland of Nederland kan ‘n tonikum wees vir sulke mense wat werklik niks anders ken nie.

“Moltrein” is intertekstueel deurspek van Franse skrywers en titels. Ek is ook seker u het tot vandag toe beslis veel meer anderstalige boeke gelees wat nie in die boek opgeneem is nie. Watter van hierdie ou boeke (verkieslik voor 1900) sou u vir die opkomende geslagte ten sterkste aanraai om te lees?

Sjoe, ja, daar is natuurlik fantastiese ou skrywers, veral Franse skrywers uit die negentiende eeu. Balzac en Stendhal is sterk aan te beveel. En natuurlik Flaubert, hoewel hy bietjie na links neig. Daar is ook ander, minder bekende figure, soos Joris-Karl Huysmans wat my fassineer. Laasgenoemde was van Nederlandse of Vlaamse afkoms, maar het in Frankryk grootgeword en in Frans geskryf. In Houellebecq se jongste roman Soumission (Onderwerping) is daar ‘n hele rits verwysings na hom.

Wat ek vind, is dat daar in elke kultuur ‘n soort “donker kant van die maan” bestaan wat nooit belig word nie. Baie van die ouer Afrikaanse skrywers moet ons herlees in die lig van wat nóú gebeur. Verlede jaar toe ek in Leeuwarden was, het ek die boekhandelaar Markus de Jong gaan opsoek. Hy was smalend oor Ingrid Jonker, wat byna kinderlik onbeholpe was, sover dit haar poësie betref. Maar volgens hom was haar pa, Abraham Jonker, ‘n goeie skrywer, helaas egter nie-links. Mandela of selfs André P. Brink sou hom nooit aanhaal nie, dus het ons van hom vergeet.

In Frankryk was daar in die vroeë twintigste eeu allerlei figure wat in vandag se taal regs of selfs verregs was. Iemand soos Céline byvoorbeeld, ‘n ongelooflike skrywer wat selfs deur die hoofstroom vereer is, maar anti-Joods en pro-Duits was. Onlangs het ek ‘n essayis ontdek, René Guénon — sy boeke word nou weer deur Gallimard, die grootste Franse uitgewer, uitgegee — wat tradisie teenoor moderniteit bepleit het. Trouens, sy mees bekende boek heet La crise du monde moderne (Die krisis van die moderne wêreld). Dis dalk ‘n boek om in Afrikaans te vertaal. Wat is die huidige ANC-bewind anders as ‘n laaste stuiptrekking van die moderne wêreld?

Anton du Preez is soms baie vaag omtrent sekere skrywers – ek sou graag bietjie meer duidelikheid daaromtrent wil hê. ‘n Mens weet nooit of “Moltrein” eendag voorgeskrewe materiaal word nie. Die Italiaanse strukturalis wat James Bond ontleed het (bl.221) is ongetwyfeld Umberto Eco. Maar op bl. 273 word na ‘n Franse roman verwys wat later “deur ‘n voormalige werknemer van die Suid-Afrikaanse Ambassade in Parys” vertaal sou word. Indien hierdie boek eg is, wat is die titel en wie was die vertaler?

Nou vra u my bietjie vas, ek sal dit weer moet gaan nalees en mooi dink oor wie ek in gedagte gehad het.

Terloops, wat dink u van Nederlands, en Afrikaans se verhouding met hierdie taal? ‘n Ene prof. Erik Van Der Straeten het in “Taalgenoot” van Winter 2016 die tydskrif in Hollands uitgetrap oor hulle in ‘n artikel “Le petit prince” durf/waag in Engels aanhaal – dit moes in Frans of Afrikaans wees. Die Suid-Afrikaanse akademici weet klaarblyklik ook nie wat hulle wil hê nie en die Afrikaanse taalvaders het vir die nakomelinge geen aanwysings gelos wat om met Hollands te maak nie. Langenhoven het wel in sy outobiografie erken: diegene wat Nederlands ken se Afrikaans bly die beste. Nietemin moet ons nie van die Standaardiseringstydperk van die 1930’s tot 1950’s vergeet toe “blootsvoet” verhewe bo “kaalvoet” gestel is nie. Toe ek onlangs by Taaladvies.net gaan kuier het, merk ek egter hoeveel derduisende sinonieme, nuutskeppings en voorsetsels in België en Nederland gebruik en aanvaar word – ‘n spyker vir elke gat – terwyl Afrikaans soos ‘n Reduktionsprache slegs één woord of uitdrukking sal toelaat. Die herkoms en presiese taalgebruik sal in Afrikaans skynbaar altyd in die duister wees of in onsekerheid gehul bly. Nêrens staan daar ‘n reël op klip uitgekap dat mens nie al die nuttige Nederlandse woorde en spreekwoorde mag opneem in jou Afrikaanse woordeboeke nie. EN GEBRUIK NIE. Vind u die woord “Neerlandisme” belaglik? Of is daar ‘n soort sosiolinguistiese minderwaardigheidsgevoel onder Afrikaanssprekendes teenoor Nederlands wat nooit uitgewis sal word nie? En voortdurend doelbewus benadruk word?

Ja, ek weet nie presies wat ‘n Neerlandisme is nie. Ek het al gedreig om die sterk werkwoorde in literêre Afrikaans terug te bring. Vele Afrikaanse skrywers gebruik byvoorbeeld “had” in plaas van “het gehad” in hul vertellings. Dit klink beter en is minder omslagtig. Daar is baie mooi uitdrukkings in Nederlands wat ons gerus kan gebruik, eerder as die uitskot van anglisismes wat die huidige Afrikaans ontsier. Dit kan ook baie nuttig wees om vreemde bronne in Nederlands aan te haal, want die meeste belangrike Franse en Duitse boeke is in Nederlands vertaal.

Die verhouding tussen Afrikaans en Nederlands is kompleks, en het sekerlik met ons gedeelde identiteit te make. Ook al die politieke omwentelinge sedert die tweede wêreldoorlog. Eers was die Nederlanders links en ons regs. Nou geld die teenoorgestelde. Die hele Afrikanerelite is tans so te sê marxisties, terwyl Nederland oor een van die sterkste regse bewegings in Europa beskik. Die meeste jong Nederlandse intellektuele neig na regs. Ironies genoeg, dink ek daar is waarskynlik vandag meer waardering vir Afrikaans en die Afrikanergeskiedenis in Nederland as in Suid-Afrika en selfs onder Afrikaners!

Self beteken “Afrikaner” vir my ook: “Eurokaner”. Veral met die kuberruim, is Nederland of Europa net ‘n muisklik ver. Ek dink daar was ‘n stadium in Afrikaans toe ons Afrika verromantiseer het as ‘n plek vol inboorlinge en grootwildjag, soos by Sangiro, maar deesdae weet ons veel beter watter aspekte van die vasteland ons aanstaan en watter nie. Daarom sal ons verhouding tot Europa en die Weste altyd belangrik bly, veral in die letterkunde. Hoe ouer ek word, hoe meer besef ek dat die hele Sestigerbeweging eintlik ‘n volslae mislukking was, ‘n interessante mislukking, maar nogtans het dit nie geslaag nie. ‘n Vername aspek daarvan was ‘n soort heraansluiting by die Europese problematiek, veral natuurlik dié van Frankryk. Maar ek is bevrees dat dit maar baie oppervlakkig en sonder ‘n blywende uitwerking geskied het. By die eerste, die beste geleentheid het die Afrikaanse skrywers maar weer voor Haar Majesteit Engels geknieval, saam met Die Huisgenoot, Naarpers, FW de Klerk en die res. Dis eintlik tragies, die verwarring van ons tydgenote.

Bekommer dit u hoe vinnig Afrikaans besig is om te verander? Of is dit simptomaties van kleiner taaltjies wat hul vrywillig aan groter tale onderwerp? Ek praat nie noodwendig oor Anglisismes nie (“Ek het skoon vergeet” is so oud soos 1844 volgens Changuion se boekie), maar ons eie Afrikaans. Onlangs by Duolingo loop ek my rieme styf: “Zij zwemt behoorlijk goed” beteken “sy swem nogal/betreklik/soos dit behoort goed” (dus, nie dééglik nie), terwyl “Het is zeker belangrijk” beteken “dit is beslis/sonder twyfel/vir seker belangrik”. “Bombasties” het in Afrikaans ook vernaamlik “onbeskof” geword. Joan Hambidge (wie se uitsprake ek gewoonlik besonder billik vind) het iewers op RSG se “Die tale wat ons praat” van 22 Mei 2015 (ek sien die potgooi is ondertussen verwyder) gesê ‘n taal moet vloei; verbete anglisismejag grens aan skoolvossery. Maar by Versindaba ontplof sy op 26 Junie 2014 om 16:54 oor die hoofstroom-Afrikaanse aanbieders oor RSG wat nie meer ‘n voorsetsel reg kan gebruik nie.

Ja, dit is kommerwekkend. Dis nie soseer ‘n Afrikaanse probleem nie, as ‘n politieke probleem. Ons is soos die Grieke tydens die Turkse oorheersing. Of die Baltiese state onder die Russiese. Dis eenvoudig onmoontlik om staande te bly terwyl jy polities so verskriklik oorheers word. Daar is feitlik geen instelling meer oor wat nie oorgeneem en verengels is nie.

Dan het ek ook ‘n teorie, noem dit die Johannesburgse teorie. Johannesburg was nog altyd die stert wat die hond geswaai het. En natuurlik is die SAUK en ander media in Johannesburg. Die omroepers van RSG woon in die Engelse Johannesburg en verengels gaandeweg in hul uitkyk en taalgebruik. As hulle in Pretoria gewoon het, sou dit soveel beter gewees het. Die soort Afrikaans wat ‘n mens in Johannesburg hoor, is eenvoudig afgryslik.

Op politieke vlak sien mens ook in Johannesburg hoe joernaliste wat uit huis uit Afrikaans is, Afrikaanse skole bygewoon het, ens., binne enkele jare nie net verengels nie, maar ook opperste Boerehaters word. Kyk maar na Adriaan Basson en Pieter du Toit van Beeld. Engelstalige kommuniste sou ons meer genadig wees as hulle.

Selfs die ATKV is in Johannesburg gesetel! Dis geen wonder dit gaan so sleg met Afrikaanse media en organisasies nie.

Gegewe die oordadige getal futuristiese wetenskapsfiksierolprente uit die 1990’s, het die berg in die nuwe millennium ‘n muis gebaar. Of saam met Mark Shuttleworth landuit verdwyn. Nie een van ons dra ‘n stralerpak nie en die puin en rommel van betogers het vertiendubbel. Ook wil dit my voorkom hoe meer intellektueel en uitvoeriger verskillende Wikipedia’s raak, hoe dommer en dunner word die inhoud van die gedrukte media en skoolkinders. Hulle probeer nie eens meer meeding of belangstel nie. Dink u ook die hoofstroommedia mors eenvoudig ons tyd? Waarom lees, kyk en luister dan so baie mense nog daarna?

Ja, dis vir my ‘n raaisel, waarom mense hulle nog aan die hoofstroommedia steur. Maar iewers gaan dit nog oor “die gerug waaroor almal praat”. Al steur jy jou nie aan die gerug nie, lyk jy te veel na ‘n buitestaander as jy nie daarvan weet nie. Ook op Facebook deel mense naarstiglik berigte van News24 met mekaar. Waarvoor? wonder mens.

Aan die ander kant dink ek YouTube is besig om in ‘n baie interessante medium te ontwikkel. Dis veel beter as TV en ‘n groot verskeidenheid selfs intellektuele ondwerpe word daarop bespreek. Die enigste probleem is miskien dat iemand iewers in die toekoms ‘n stokkie daarvoor mag steek. Sensuur deur die groot maatskappye en selfs regerings (soos die Britse regering) is aan’t toeneem. Te veel mense is besig om terug te praat, teenoor die hoofstroommedia en die globaliste.

Ons is reeds bekend met die waarde wat die wetenskapstale Frans, Duits en Latyn bied. Maar gegewe die Weste wat sy eie ondergang nou al sedert Spengler se dae bewerkstelling, moet ons nie maar défaitisties Oosterse tale en kulture begin aanleer nie? Ek dink nou aan redelik konserwatiewe volke soos die pro-Westerse Koreane en Japannese wat veral deur die Europeërs en die Amerikaners verafgod word. Of: is die hele Oosterse ekonomie eintlik maar net gebou op Westerse behoeftes en begeertes? Sonder om Westerse waardes werklik te verstaan? En gaan die Koreane en Japannese kort voor lank maar dieselfde afwaartse kultuurgang toon soos die Weste?

Ek dink daar is ‘n natuurlike proses aan die gang waardeur veral jongmense baie meer in die Ooste belangstel, veral Korea en Japan. Op die oog af lyk hulle beslis minder dekadent as ons. Daar is egter iets aan die Westerse skeppingsdrang wat uniek in die wêreldgeskiedenis is. Ek onthou hoe geskok ek destyds in Parys was toe ‘n Japannese medestudent in die lesingsaal van Gilles Deleuze doodeerlik vir my gesê het: “Maar ons beskik oor niks, geen intellektuele tradisie nie.”

Daarom sou die ondergang van die Weste vir die hele mensdom ‘n groteske ramp wees… Maar ek meen vele mense begin dit so verstaan. En die Afrikaner staar natuurlik hier te lande sy eie “eindspel” in die gesig.

Laaste vraag: hoe moet ons teenoor ander Europese minderheidsgroepe in Suid-Afrika optree? Hoe bewaar mens die Natal-Duitsers se kultuur? Of Portugese wat so hard probeer assimileer, om “Suid-Afrikaans” (wat ‘n onbegrip!) te probeer wees, deur hul eie kultuur af te lê?

Ek sou graag wou sien dat ons veel meer van hul verhale ook in Afrikaans verwoord. Op die vooraand van my besoek aan Pole, verkeer ek intens onder die indruk van hoeveel duisende Pole en Tsjegge na ons land gekom het in die dae toe dit ‘n toevlugsoord weg van kommunisme was. Die Afrikaner, veral die polities korrekte Afrikaner met sy kwasi-Engelse obsessie met die swartman se lot, het hom nooit hieraan gesteur nie. Dis nodig dat ons dit verwoord, al is dit net in die vorm van fiksie.

Op die gevaar af dat ek soos destyds toe dit mode was, “postmodern” klink, meen ek die sin van ons Afrikaanse kultuur is juis in daardie tussen-in-wêreld te vind: tussen Afrika en Europa, maar ook tussen Europese kulture. Vanweë ons geografiese verwydering van die Europese vasteland, kyk ons op ‘n manier vars daarna.

Deesdae, as ek teruggaan Europa toe, voel ek as Eurokaner amper meer Europees as die Europeërs self. Verlede jaar was ek vir die eerste keer in die Rijksmuseum in Amsterdam. Dit was ‘n groot skok vir my gestel. Soveel skoonheid, soveel finesse, alles vanuit Nederland, waar ons vandaan kom.

Terloops, Elsa Joubert is waarskynlik een van ons mees afskuwelik polities korrekte skryfsters, ‘n soort vroulike André P. Brink. Maar haar vroeë roman Ons wag op die kaptein wat in Angola afspeel, is regtig die moeite werd om te lees. Dit tower die hele Portugese wêreld voor jou op, maar ook die donker kant daarvan in Afrika: die praktyk van swart houvroue, die mulat-kinders en hul dilemma tydens die onvermydelike konflik tussen swart en wit. Sy skryf selfs oor Afrika-toorkuns en menslike liggaamsdele wat daarin gebruik word. Ek twyfel of so ‘n boek vandag gepubliseer sou word, en beslis nie deur die NB-uitgewerye nie!

Dit voel soms vir my asof ek nog eintlik niks geskryf het van wat ek voel nie… Maar die probleem van Suid-Afrika is dat mens as’t ware in die donker rondtas, soos ‘n slaapwandelaar. Dit neem jou jare om net sekere eenvoudige werklikhede te verstaan.

Ek sou sê dat daar vandag ‘n baie klein groepie Afrikaners, ook jongmense, is wat te midde van al die swartgalligheid en ondergang, tog vorentoe beur. Ons kort bloot ‘n nuwe idee, of dan die vernuwing van ‘n ou idee. Vir my gaan dit om die herontdekking van ons Europese en Westerse identiteit. Met verafrikanisering, métissage (die Frans klink beter, maar dis eintlik net ‘n mooi woord vir verbastering) en marxistiese nivellering het ons ‘n doodloopstraat bereik. Dis tyd dat ons die ou pioniersgees van ons voorouers herontdek: dié van die Voortrekkers, maar ook van die Nederlandse en Portugese ontdekkingsreisigers.

Leon Lemmer: Madeleine Albright se wanprestasie in Kosovo

Madeleine Albright (gebore in 1937) is die eerste vrou wat as Amerikaanse minister van buitelandse sake – “State Department” genoem – gedien het (1997-2001). Sy is deur Bill Clinton aangestel nadat sy die Amerikaanse ambassadeur by die Verenigde Nasies was (1993-1997). Ons lewe in ‘n tyd waarin daar graag gewag gemaak word van die eerste vrou wat dít vermag het of die eerste swarte wat dát geword het. Lank gelede het vroue vir twee eerstes gesorg, te wete die oudste beroep (prostitusie) en die tweede oudste beroep (moederskap). Albright se aanstelling kan kwalik as ‘n deurbraak vir vroulikheid beskou word omdat haar voorkoms so onelegant soos dié van ‘n dubbeldeur-vrieskas is, waarmee ek ontleen aan hoe ‘n naamgenoot, die Afrikaanse skryfster Madeleine van Biljon (1928-2010), haarself beskryf het. Albright is sedert 1982 ‘n geskeide vrou.

Albright het reeds ses boeke gepubliseer, maar nie sonder uitgebreide hulp van haar navorsers nie. Haar jongste boek is Fascism: A warning (London: William Collins, 2017, 283p; Amazon Kindle $17,24). Soos van Albright as linkse Jodin verwag kon word, is dit eintlik ‘n anti-Donald Trump boek. As onder meer vurige feminis was sy ‘n ondersteuner van Hillary Clinton, Trump se teenstander in 2016 se Amerikaanse presidentsverkiesing. Die gevaar bestaan dat die lesers van hierdie boek onbewus kan wees van die oorlogsugtigheid waaraan Albright haar skuldig gemaak het. Voordat ek oor fascisme skryf (hopelik volgende keer), ag ek dit dus nodig om te verduidelik waarom ek besware teen Albright het. Daar is by uitstek een saak, Kosovo, waaroor ek Albright en twee staatshoofde, Bill Clinton (Amerikaanse president 1993-2001) en Tony Blair (Britse eerste minister 1997-2007), verkwalik. Wat ek my deurgaans afgevra het, is of die blanke bewind in Suid-Afrika nie op ‘n manier soortgelyk aan Kosovo en Slobodan Milosevic deur buitelandse (veral Westerse) regerings, by name hulle staatshoofde, ministers en diplomate, ondergrawe is nie.

Kaart van die Balkanstate waarna in dié artikel verwys word.

In 732 het Karel Martel die indringing van Moslems uit die suide van Europa (Iberiese skiereiland) by Tours in Frankryk gestuit. Die inval van Moslem uit die ooste van Europa is in 1529 en 1683 by Wene afgeweer. Danksy hierdie drie veldslae was Wes- en Sentraal-Europa tot in die 20ste eeu redelik vry van Moslems. Die afgelope dekades het vermurwing ingetree weens Moslems wat hulle op groot skaal eers as gasarbeiders en daarna as onwettige immigrante en (ekonomiese) vlugtelinge in Europa gevestig het. ‘n Mens sou verwag dat Albright, wat weens naziïsme uit Europa (haar geboorteland Tsjeggië) gevlug het, respek vir Europese of Westerse kultuur sou hê deur kant vir Judaïsme en die christelike godsdiens teen Islam te kies.

Sy het die teenoorgestelde gedoen. “Although too much bureaucracy can be annoying, there is an even larger threat to intra-European solidarity. That danger comes from the outside, from the dread that immigration – whether legal or illegal – will swamp countries, drown them economically, and further dilute people’s sense of who they are. The premise of the EU is that individuals should conceive of themselves less as French, Czech, Slovenian, or whatever their etnicity might be and instead subscribe to the idea that they are just plain European … the faces peering back from European mirrors become more diverse” (Kindle 2504). “Since 1975, Europe’s Muslim population has more than tripled; France alone has nearly six million – 9 percent of its people” (2509). “Today, nearly two-thirds of the citizens in EU countries believe immigration has a harmful impact on their societies. Cosmopolitanism, once considered a virtue, is less in vogue than nativism. In 2015, immigration became the paramount political issue in Europe … in the United Kingdom … wariness toward migrants almost certainly spelled the difference between success and failure for the 2016 Brexit referendum, an exercise in economic masochism[!] that Britons will long regret” (2514). Masochisme is ‘n soort sadisme wat seksuele genot uit lyding put.

Hierteenoor is daar Viktor Orbán, die Hongaarse eerste minister, se standpunt: Die doel met Moslem immigrasie is “reshaping the religious and cultural landscape of Europe, and to reengineer its ethnic foundations” (2563). Orbán sê: “We are who we were, and we shall be what we are” (2607). Dit herinner aan die volgende woorde: “‘Hulle het nou alles,’ sê Bart, ‘Net my het hulle nog nie … My kry hulle nooit … Ek is Bart Nel van toe af, en ek is nog hy'” (J van Melle, Bart Nel, Kaapstad: 2004, p 162-163). Afrikaners behoort trots te wees op wat hulle is. Hulle moet hulle nie laat mislei deur prestasieloses wat daarop aandring dat Afrikaners hulle behoort te skaam nie.

Daar is ‘n subjektiewe rede waarom Albright ten gunste van massa-immigrasie in Europa is: “I am a refugee” (2575). Sy wil nasiestate en nasionalisme afbreek en van mense wêreldburgers maak. Van beweerde parogiale, kleinburgerlike agterlikheid moet ons tot kosmopolitisme vorder. Kultuur en identiteit moet afgewater word totdat almal sover moontlik eenders is. Daarom hou polities linkses soos Albright van internasionalisering soos vergestalt in die Europese Unie (EU), Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO), Verenigde Nasies (VN) en Internasionale Strafhof. Brexit en Trumpisme was twee groot terugslae vir hierdie progressiewes.

Groot dele van die Balkanstate in Suidoos-Europa is bergagtig. “Balkan” is die Turkse woord vir berg (Dennis P Hupchick, The Balkans from Constantinople to Communism, New York: Palgrave, 2002, p 2). In hierdie boek is daar ‘n dosyn landkaarte wat inligting oor die geskiedenis, landsgrense, etnisiteite, tipografie, ens, van die Balkanstreek duidelik uitbeeld. Ek fokus hier op veral vier van die Balkanlande wat voorheen as Joego-Slawië (of Suid-Slawië) bekend gestaan het, maar van 1991 af polities onafhanklik geword het, naamlik Bosnië-Herzegowina (Bosnië in die noorde en Herzegowina in die suide), Kosovo (sy onafhanklikheid word deur veral Serwië en Rusland betwis), Serwië en Montenegro. Laasgenoemde twee is die enigste lande wat in die federasie van Joego-Slawië oorgebly het.

Die ander lande wat voorheen deel van Joego-Slawië was, is Slovenië, Kroasië en Masedonië. ‘n Buurland, Albanië, kom hier ook dikwels ter sprake. Nie-Joego-Slawiese Balkanlande is Roemenië, Bulgarye en Griekeland. “The great ethnic diversity resulting from successive waves of invasion has made the Balkans a byword for political dissension, and the 1990s saw the break-up of Yugoslavia along ethnic lines. To ‘Balkanize’ is to divide into small warring states” ( Collins World Encyclopedia, 2003, p 79). “I travelled through a land green as our own [England], with oaks and beeches and fern, and everywhere the print of war was upon it” (Durham, 1904-boek – kyk volgende paragraaf – Kindle 2287). Maar “it seems … unreasonable to expect the Balkan peoples to be the ones to set an example to the rest of the world by dropping all international jealousies and national aspirations” (3709).

Daar is reisverhale wat dit ‘n aangename ondervinding maak om die Balkanstreek van weleer te leer ken. Mary Edith Durham (1863-1944) het van 1900 tot 1920 daar besoeke afgelê en sewe reisboeke oor haar indrukke geskryf. Haar bekendste boeke is: Through the lands of the Serb (1904; Amazon Kindle $2,29), The burden of the Balkans (1905; Amazon Kindle $5,74) en High Albania (1909; Amazon Kindle $3,45). In my teks verwys ek net na Durham se 1904-boek. Wat opval, is dat sy aanvanklik pro-Serwies (ortodoks-christelik) gesind was maar later haar mening verander het en sterk pro-Albanies (Moslem) geword het. Dit het onder meer beteken dat sy teen die Serwiese bewind in Kosovo was.

Die bekendste reisboek oor Joego-Slawië is Rebecca West (1892-1983) se Black lamb and grey falcon: A journey through Yugoslavia (1941; Amazon Kindle $17,24), wat 1 326 bladsye beslaan. Ek wil hierdie beroemde boek nog lees voordat ek saliger word. Die kern van West se betoog is: “The past has made the present.” Sy het van 1936 tot 1938 daar gereis. Haar gesindheid was sterk pro-Serwies, wat haar in konflik met Durham gebring het. Hoewel West se algemene politieke oriëntasie linksgesind was (sy het die Britse Arbeidersparty ondersteun) het sy sowel fascisme as kommunisme (veral dié van Stalin en Tito) as outoritêre stelsels verwerp, maar sy het die Republikeine in die Spaanse Burgeroorlog teen Franco se fasciste gesteun. In 1960 het sy Suid-Afrika besoek en artikels oor apartheid in die Britse Sunday Times gepubliseer.

Robert D Kaplan haal ‘n Joego-Slawiër soos volg aan: “We would have been even greater than the Italians, were it not for the Turks [Muslims]” (Balkan ghosts: A journey through history, London: Papermac, 1994, p 32). West stem hiermee saam: “The Turks ruined the Balkans, with a ruin so great that it has not yet been repaired” (32). Durham skryf: “Those who love him [the Turk] best do not pretend that he has ever attempted to civilise, cultivate, or in any way improve the conditions of, his subject races. Under the Turk all development is arrested” (1904-boek 859). “The Servians have done more in fifty years for the improvement of the place and the conditions of life than the Turk did in four centuries … a journey from Servia into Turkey is like stepping off the pavement into the sewer” (2221).

Turkye is sedert 1952 ‘n lid van NAVO. Turkye begeer reeds dekades lank om lid van die EU te word. Daar is gesonde weerstand daarteen, maar al hoe meer druk word uitgeoefen. Durham het in 1904 geskryf: “I never cross his (the Ottoman Empire’s) frontier without hoping soon to be able to witness his departure from Europe” (1048). “For centuries ‘government’ in Servia meant ‘the Turk’ and was a thing to be resisted or at least evaded” (2236). In Serwië was Durham beïndruk met “how little it requires to make life worth living, provided there are no Turks about” (2920). “As long as the Turk is permitted to ‘govern’ Christian peoples, so long will there be trouble in the Balkans” (3714).

Weens die Ottomanryk se destydse oorheersing van groot dele van Oos-Europa het die Balkanstaat Bosnia-Herzegowina se bevolking met politieke onafhanklikheid in 1992 uit 44% Moslems, 33% ortodoks-christelike Serwiërs (amptelik pro-Rusland en kommunisties gesind) en 17% Rooms-Katolieke Kroate (histories pro-Nazi-Duitsland gesind) bestaan. Albright beweer valslik dat die Moslems toe reeds in die meerderheid was (1395). In die Balkanlande is ras vloeibaar* maar etnisiteit in die sin van veral godsdiens blyk dikwels ‘n onoorkomelike hekkie te wees. “The state has to protect the interests of the nation, and in the Balkans a nation means one particular ethnic group. Keeping the peace in this region means that every minority has to be completely assimilated into the majority” (Kaplan 215). [* “The race question in the Balkans is so exceedingly complicated that I cannot attempt to unravel it” (Durham 2211). “The whole notion of pure blood is laughable, but that does not stop tribal instincts and their accompanying national mythologies from exercising a powerful sway over behavior” (Albright 2470).]

Die Bosniese burgeroorlog het van 1992 tot 1995 gewoed, waarin die Kroate hulle mettertyd by die Moslems geskaar het. Hierdie soort samewerking dateer ver terug: “Both Mohammedan and Roman Catholic were ready to make common cause against the Christians of the Eastern Church” (Durham 888). Die Kroate “embraced the Albanians [Muslims] the way northern white American liberals in the 60s embraced the safely distant southern blacks” (Brian Hall, The impossible country: A journey through the last days of Yugoslavia, London: Minerva, 1996, p 339). NAVO het in 1995 kant teen die Serwiërs gekies en hulle stellings gebombardeer en sodoende hierdie burgeroorlog tot ‘n einde gebring. Albright was toe die Amerikaanse ambassadeur by die VN. Moslems maak sedertdien die meerderheid van die Bosniese bevolking uit. “The military balance in Bosnia has shifted since the end of the war in favour of the Muslim-Croat Federation, thanks in part to America’s $400m ‘training and equip’ programme” ( The Economist, 13.03.1999, p 39).

In die nabygeleë Kosovo het die Moslemse Kosovo Bevrydingsleër (Kosovo Liberation Army – KLA) sedert 1991 terreurdade teen die Joego-Slawiese owerheid (die federasie van Serwië en Montenegro) gepleeg en (soos die ANC destyds) enigeen in eie geledere wat met die owerheid saamgewerk het, probeer uitmoor. In die Kosovo-oorlog (1998-1999), toe Albright die Amerikaanse minister van buitelande sake was, het NAVO weer die kant van die Moslems gekies en Serwië en Montenegro gebombardeer. Albanië (59% Moslem) het met soldate en wapens die opstandige Moslems in sy buurland Kosovo ondersteun. Voor die oorlog het baie ortodoks-christelike Serwiërs en Montenegryne in Kosovo gewoon. Teen 2011 was die Kosovo-bevolking egter 95,6% Moslem. Wat in Bosnië-Herzegowina en Kosovo weens Westerse militêre ingryping gebeur het, het ‘n hupstoot aan die Islamisering van Europa gegee terwyl dit algemeen bekend is dat Moslems wesenlik onassimileerbaar in die Europese kultuur is.

In ‘n Moslem-gedig staan: “The mosques are our barracks, the domes our helmets, the minarets our bayonets, and the faithful our soldiers” (Albright 1889). Oor die bedreiging wat militante Moslems vir die Westerse kultuur inhou, moet daar liefs nie illusies wees nie. Tydens die Suid-Afrikaanse “bevrydingstryd” is moskees en (Engelse) kerke deur die NP-regering en sy veiligheidsmagte verkeerdelik as heilige plekke getakseer en gevolglik nie deursoek nie, terwyl dit bekend is dat sommige van hulle terroriste en hulle moordtuie gehuisves het. Vir ‘n terroris is daar seker niks wat heilig is nie.

Tim Marshall

Tim Marshall het ‘n verslag oor die gebeure in Kosovo en Serwië geskryf: Shadowplay: The inside story of the overthrow of Slobodan Milosevic (London: Bookbaby, 2002, 225p; Amazon Kindle $5,74). As joernalis het Marshall baie van die gebeure eerstehands meegemaak, veral van die kant van die Serwiërs af. Hy dink die Serwiërs moet in groter mate as die Moslems en die Kroate die skuld vir die gebeure dra. Hy het dit veral teen die Serwiese staatshoof, Slobodan Milosevic (1989-2000). Marshall verskaf waardevolle inligting oor die rol wat sowel Albright as buitelandse diplomate in Kosovo en die val van Milosevic gespeel het.

“Kosovo, with its Albanian ethnic majority (at least 80 percent), was conquered by the Serbs in the First Balkan War (1912). Serbian nationalists mythologized the region as the ‘cradle’ of medieval Orthodox Serbia – home of the first Serbian Orthodox Peć Patriarchate and numerous monasteries sporting the best extant works of medieval art and literature and the site of the 1389 battle representing medieval Serbia’s martyrdom. Serbs considered it unthinkable that such a nationalistically important region should be an Albanian ethnic preserve. After acquiring the region, the Serbs consistently conducted anti-Albanian policies in Kosovo – language discrimination, land confiscations, police brutality, and Serb colonization – to either Serbianize the Albanians or make their lives so unbearable that they would leave. Over 100 000 Kosovar Albanians fled to northern Albania, while others carried out persistent anti-Serb guerrilla attacks” (Hupchick 351).

Kenmerkend van die Serwiërs is hulle “fierce … sense of culture, history, and identity” (Marshall Kindle 1841). “Kosovo was where the Serbs had first settled, over a thousand years before. It was where their oldest churches were, it was considered as … a part of Serbia” (2147). Dit is hulle “sacred homeland” (1044). “Kosovo is their Jerusalem” (Hall 312, ook 374). Kosovo is vir die Serwiërs heilige grond, onder meer omdat hulle hulle in die Slag van Kosovo Polje in 1389 by Vidovdan teen die Moslem-invallers verset het. Die Serwiërs het naelskraap die onderspit gedelf (Marshall 200), maar anders as wat FW de Klerk mandaatloos namens die blankes gedoen het, het hulle nooit oorgegee nie. Eers in 1878 sou Serwië sy onafhanklikheid terugkry (203). By die Serwiërs was daar ‘n verstaanbare vasbeslotenheid dat hulle nie Kosovo aan die KLA-terreurbendes kan afstaan nie; net so min as wat Afrikaners Suid-Afrika op ‘n skinkbord aan die ANC wou gee. “In Washington … not everyone was on board for supporting the KLA and getting tough with Belgrade [Serbia’s capital], but central [!] to ensuring it became policy was Madeleine Albright” (716).

Bill Clinton was polities te oorkorrek om hierdie ouer dame kort te vat. “Albright was an interventionist, but the Clinton policy was not to endanger US soldiers” (723). Albright “had been behind the UN’s grand declaration of ‘safe areas’ for Bosnian Muslims” (720). “The joke in the canteens … was that the Americans felt so strongly that ‘they were prepared to defend Bosnia to the last European'” (726). In werklikheid is egter niks gedoen om Bosniese Moslems teen aanvalle te beskerm nie. “The policy should never have been declared without being able to back it up. Srebrenica was made a UN Safe Zone, and 7 000 [Muslim] men and boys were killed [by Bosnian Serbs]” (729). Albright stel hierdie getal op 7 800 (1410). Sy behoort aandadig aan hierdie sterftes te voel.

Dit is waarskynlik Albright se skuldgevoelens oor Srebrenica wat as grondslag vir haar beleid oor Kosovo gedien het, “After the debacle in Bosnia, Albright was determined that the ‘threat of force’, be a policy priority in Yugoslavia. She is on record as saying she felt Kosovo was an opportunity to right historical wrongs” (Marshall 736). “Albright wanted action … she was willing to go out ahead of official policy, with bold statements, sometimes in public. The intention was to thereby influence opinion, leading to her getting her way … It worked, and by October [1998] NATO was ready to bomb” (740). “Albright’s policy was creating facts on the ground. The CIA [Central Intelligence Agency] was training and partially supplying the rebel KLA fighters” (743). “With the US engaged, Albright pressed on. The idea of getting rid of ‘the problem’ [Serbian/Milosevic’s rule in Kosovo] began to gain credence in Washington. Between December 1998, and March 24th 1999 when the bombing began, there is little evidence to suggest that the US State Department, and eventually the Clinton Administration, had any intention other than to get rid of Milosevic” (743).

“On the 24th [December 1998] the KLA announced that the ceasefire was over and that they intended to liberate Kosovo from Serbian rule. Ceasefires were no good to them. They wanted the whole thing: independence” (799). Dit is soortgelyk aan die ANC se gedrag. Daar is ooreengekom dat ANC-geweld opgeskort sou word, maar die geweld is voortgesit omdat ‘n enkele doel nagestreef is: Om die politieke mag in Suid-Afrika te bekom. Daar is talle ooreenkomste tussen Suid-Afrika en Kosovo, asook die ANC en KLA. “From the KLA’s perspective, it is legitimate, and moral, to take up arms against ‘the oppressor’. There was no other choice. It follows, in their minds, that taking up arms includes not just hit and run attacks on the Serb police and army, but also, murdering postmen of either ethnic group, on the grounds that they were helping ‘the oppressor’. All government officials were ‘fair game’. And, if it came to it, Serb farmers or other civilians might have to be kidnapped and murdered.This is what happens when nationalism turns into fanaticism … The KLA behaved appallingly. So did many Serbian units” (803). “The guerrilla war in Kosovo in 1998, while terrible, was low level in comparison to Bosnia” (830). “As late as the spring of 2002, I have heard the Serbs described on national British radio as a ‘pariah people'” (856). Dit klink bekend. Blank Suid-Afrika was glo dié muishondland. Na bewering stink dié land sedert 1994 glad nie meer nie.

In Suid-Afrika is die Boipatong-slagting (17/18.06.1992) in ANC-propaganda op so ‘n manier geplooi dat die Nasionale Party se onderhandelaars daarna deurgaans op die verdediging was. Oor Boipatong skryf Willie Esterhuyse: “Die ANC-leierskap, soos selfs vandag nog, het dit nie moontlik gevind om van die redes vir swart-teen-swart geweld ook in die magswellus van die swart politiek self te soek nie … Dis van dié datum dat die bedingingsmag van De Klerk en sy regering sigbaar op ‘n glybaan beland” (Eindstryd, Kaapstad: Tafelberg, 2012, p 294). Met Nelson Mandela aan die spits is daar doelbewus gelieg dat die veiligheidsmagte van die blanke regering medeverantwoordelik vir die dood van die 45 Biopatong-slagoffers is terwyl daar nooit enige bewyse vir hierdie aantyging gevind is nie. Maar hierdie leuen was die beginpunt van politieke magsoorgawe, dus die ondergang van die blanke bewind.

In Kosovo het die Racak-slagting in Januarie 1999 ‘n soortgelyke frontverandering bewerkstellig. Daar was 54 lyke, nege in KLA-uniforms en die res in burgerlike drag, waaronder twee vroue. “There were more bodies on the ground than spent bullet casings” (Marshall 892). Volgens een van die vertolkings “the KLA came back during the night, removed the uniforms from their dead comrades and re-dressed them in civilian clothes” (895). Dit is nie ‘n nuwe idee nie. Toe die Katyn-massamoord van Poolse soldate, wat in 1940 deur die Russe gepleeg is, in 1943 bekend geword het, “the Russians immediately put out the counter-claim that the atrocity was actually a German one – suggesting, among other novelties, that the bodies were actually those of murdered Jews, dressed in Polish uniforms. To their shame, the American and British governments accepted the Russian version” (Praag 22.01.2017).

In die Suid-Afrikaanse “bevrydingstryd” het dit dikwels gebeur dat die ANC polisie- en weermaguniforms misbruik het om die dade van misdadigers in eie geledere te kamoefleer. In 1999 het die Westerse moondhede eerder die KLA geglo omdat hulle wou. Hulle, veral Albright, het na ‘n rede gesoek om drasties teen Serwië op te tree. Die Racak-insident is as aanleiding misbruik, hoewel van die bekendste Franse en Duitse koerante die KLA se weergawe gewantrou het (895). “It is possible that the KLA set up the situation to bring in NATO” (899). Milosevic “claimed that Racak had been staged” (905).

“Members of a western delegation drew up a proposed partition of Kosovo that would have given most of it to the Albanians. Albright prohibited it from being presented to the Serbs for fear they would accept it” (1051). “Albright was basically trying to find a pretext for bombing” (1051). Haar vertolking van die Racak-insident, dat die Serwiërs Moslem burgerlikes vermoor, was manna vir haar. Die voorstelle wat aan die Serwiërs voorgelê is, het op hulle oorgawe (“a surrender”) neergekom (1041) en was boonop “non-negotiable” (1054). “The Americans were stunned when the Kosovar delegation [KLA] also refused to sign the agreement … The KLA delegates were insisting on a guarantee of a referendum on independence within three years” (1068) – soortgelyk aan die ANC wat bereid was om met FW de Klerk te onderhandel oor die oordrag van die politieke mag; nie of die ANC die mag gaan inpalm nie, maar bloot hoe dit gedoen gaan word.

“Eventually the Americans spelt it out. If the Kosovars signed, the Serbs would be blamed and bombing could commence” (1071). Die boodskap aan Milosevic was: “Look there IS going to be a war, the Russians are now onside and they are not going to save you” (1081). Milosevic het herhaaldelik gesê: “Fuck them all” (1084). Albright kon nou haar ideaal van NAVO-optrede teen Serwië verwesenlik. “Her view won the day. Once the US administration was on board, the British reluctantly signed up to it, bring with them extra leverage inside NATO and the European Union” (905). “Milosevic appears to have known that NATO would eventually bomb from about the same time as Madeleine Albright made up her mind” (942, ook 1065). Hierdie oorlog word soms “Maddy’s War” genoem (945).

NAVO se bombardering het op 24 Maart 1999 begin. “Milosevic expelled the Kosovar Albanians from Kosovo” (1832). “In early April [1999] British Foreign Minister Robin Cook, and US State Department Spokesman James Rubin were making farcical claims of tens of thousands of dead, and 100 000 missing men. Rubin even said that the stadium in Pristina [Kosovo’s capital] contained 20 000 prisoners. His source for this far-fetched idea was the KLA commander Hashim Thaci” (1172). Die KLA het dus met dieselfde oorgawe as die ANC gelieg en Westerse regerings het verkies om die leuens te glo. “The Serbs quickly allowed a TV camera into the empty stadium. By April 19th the State Department went even further, announcing that 500 000 Albanian Kosovars were missing, feared dead … The final death toll will never be known, but the estimates … now suggest that the Serb forces murdered between 3 000 and 6 000 people” (1175).

Die oorlog wat NAVO teen Serwië en Montenegro gevoer het, het 78 dae geduur (1884, 2344). Dit het bombardering uit vliegtuie en die lansering van missiele van skepe in die Adriatiese See behels (1904). “The latest generation of pilotless drone aircraft can fire missiles” (2251). Die KLA het met Westerse hulp as die grondmagte gefunksioneer.

Buitelandse druk, bv sanksies (407), en ondergrawing deur buitelandse diplomate het ‘n deurslaggewende rol in die ondergang van die Milosevic-bewind gespeel. Ek het my telkens afgevra of iets soortgelyks nie ook in Suid-Afrika gebeur het nie, al is daar nog nie omvattend daaroor geskryf nie. Byvoorbeeld, die destydse Britse ambassadeur in Suid-Afrika, Robin Renwick (Praag 6.05.2018), roem daarop dat hy die anti-apartheidskoerant, Mail & Guardian, finansieel ondersteun het (How to steal a country, Auckland Park: Jacana, 2018, p 181). In Belgrado het die Britse ambassadeur ‘n radiostasie, wat teen die Milosevic-bewind gekant was, met bv geld en gesofistikeerde toerusting, wat in diplomatieke possakke ontvang is, ondersteun (Marshall 424, 431). In Serwië het diplomate op dieselfde manier as Renwick te werk gegaan. “The talent spotting took three forms. Which media to back, which opposition politicians to support, and who inside the régime would co-operate” (2617). In Suid-Afrika se geval het by uitstek vier politici, naamlik FW de Klerk, Roelf Meyer, Leon Wessels en Dawie de Villiers, die oorgawe aan swart mag bewerkstellig.

“When the Americans came calling, it wasn’t seen as ‘foreign interference’ but as ‘democratic assistance'” (2787). Bemoeisieke regerings, soos dié van Amerika en Brittanje, hou daarvan om “waarnemers” na ander lande te stuur om die situasie daar te “monitor”. Wat het in Kosovo gebeur? “A hundred elite British military personnel were on their way to Kosovo, wearing civilian clothes and carrying diplomatic passports” (500). Britse soldate is terselfdertyd in die buurland Masedonië ontplooi (568), sodat indien nodig vinnig in Kosovo toegeslaan kon word. Die Amerikaanse CIA het ook “waarnemers” in Kosovo ontplooi (666). “They had a wide interpretation of the task: ‘They weren’t just monitoring. The Americans were doing a bit of low-level training of the KLA and were giving them equipment'” (703). Dít terwyl Amerika self die KLA as terroriste beskou het (397). “There are links running from the KLA to Al Qaeda” (2435).

“Training, money, equipment, and connections to dissidents inside the régime, would all be provided to the opposition” (2623), veral in Belgrado, want die doel was nie net om Kosovo aan die Albaniese Moslems te oorhandig nie, maar ook om van Milosevic as Serwiese staatshoof ontslae te raak. Maar wie sou hom opvolg? Marshall kom dan met hierdie opmerking: “There was no Nelson Mandela or Vaclav Havel – no one person who stood head and shoulders above any other pretender to the throne” (2747). Havel was die Tsjeggiese president van 1993 tot 2003. Mettertyd is Vojislav Kostunica as Milosevic se opvolger geïdentifiseer (2941).

Milosevic se opponente is aktief gesteun. “At least twenty satellite phones arrived through a variety of routes including the diplomatic bags of the embassy of a Scandinavian country. The sat phones had the advantage of being difficult to monitor thus allowing them to be used for sensitive conversations. Dozens of mobile phones were purchased for the young activists … along with desktop and laptop computers” (2968). “The Americans and British would play the major concerted role while the EU and the German government would help with funding” (2626).

Die Duitse regering was uitermate by die ondergrawing van Milosevic betrokke omdat die Duitsers hulle tradisionele bondgenote, die Kroate, teen hulle aartsvyande, die Serwiërs, wou beskerm. “The opposition politicians continued to receive training in campaign techniques and economic practice from the American, British and German specialists” (2852) – soortgelyk aan die hulp wat die ANC voor en tydens die grondwetlike onderhandelinge en 1994-verkiesing in Suid-Afrika ontvang het. Die CIA was by politieke samekomste (3041, 3153) en ander gekonkel teen Milosevic betrokke (3057). Soos destyds in Suid-Afrika was daar in Serwië “a series of high profile and unexplained murders” (2852).

Dit is bekend dat die Amerikaanse regering tydens die blanke bewind die hele Suid-Afrika sistematies uit die lug gefotografeer het. In Kosovo is iets soortgelyks gedoen: “photographic reconnaissance over Kosovo by unmanned ‘drone’ aircraft” (775). “Spy satellites” is ook gebruik (1515). “The KLA were being trained by the Americans, partially equipped by them, and virtually handed territory sitting in the very trenches the Serbs were. They were sitting in the very trenches the Serbs had been forced to pull back from” (796) – ten einde internasionale “monitering” moontlik te maak. “The US agenda was clear. When the time was right they were going to use the KLA to provide the solution to the political problem” (709). In 1999, toe NAVO Serwië en Montenegro gebomdardeer het, is gesê: “NATO was the ‘KLA’s Air Force'” (706).

Wat was die resultaat van Albright en NAVO se bemoeiing? “Kosovo would soon belong to the Albanians” (2150). Op ‘n soortgelyke manier, dus weens kolossale buitelandse druk en FW de Klerk wat graag internasionale aansien wou geniet, het Afrikaners hulle vaderland verloor. “The Serb civilians weren’t waiting for the Kosovars to return … and so tens of thousands were preparing to leave and hundreds were already on their way” (2211). “Some Serbs willfully destroyed their own homes” (2221). “Within weeks the returning Kosovars would fall upon the remaining Serb civilians, shooting some, burning others’ houses, and dynamiting their churches” (2237). “Kosovo’s Serbs were being ‘ethnically cleansed’ by the returning Kosovar Albanians. Now it was the Serbs turn to have their villages looted and burnt, women raped, and men kidnapped, tortured, and shot” (2531). Dit herinner aan die vlaag moorde op blankes en andere op plase en elders in Suid-Afrika.

“The Roma [Jipsies] weren’t spared during the orgy of violence … Kosovar Albanians forcibly expelled 5 000 Roma from the southern part of the town of Kosovska Mitrovica. The KLA had also begun to blow up every church, and every symbol of Serbia it could get to. It wasn’t just trying to remove all the Serbs; it was attempting to obliterate every trace of them from the landscape” (2531). In Suid-Afrika herinner dit aan die verskuiwing en vernietiging van Afrikanerstandbeelde, die verandering van plekname, die herskrywing en vervalsing van die geskiedenis, die miskenning en afskaling van Afrikaans, ens. “NATO had said it bombed Yugoslavia to prevent ethnic cleansing. Now, even with 50 000 troops in the province, it couldn’t stem the murderous wave of criminality which fell upon the Serb civilians causing them to flee” (2534). Op ‘n soortgelyke manier het na bewering meer as ‘n miljoen blankes sedert 1994 Suid-Afrika verlaat, meesal permanent.

Milosevic se gal is soos volg deur Amerikaanse diplomate gewerk. “Tell Slobo not to worry about The Hague War Crime indictment. We’ll make sure that they don’t come after him, but if he doesn’t want to play ball then we’ll keep pushing. All he has to do is call an election [in Serbia], lose it, and then retire gracefully. He can even keep some of the money, but he has to understand that it’s over” (2832). Milosevic het buitelandse inmenging in Serwië se interne sake deurgaans verwerp.”On May 27th [1999] the President [Milosevic] was indicted by the UN War Crimes Tribunal for alleged crimes against humanity” (1990). Suid-Afrika se apartheidsbeleid is destyds ook hoogs oordrewe deur die VN tot misdaad teen die mensdom verklaar.

Op 24 September 2000 is ‘n presidents- en algemene verkiesing in Serwië gehou. Kostunica het 58,67% van die stemme gekry teenoor Milosevic se 33,59%. Die opposisie het ook geseëvier met 52,54% van die stemme (3084). “The outside world called on Milosevic to accept defeat and the British Foreign secretary Robin Cook went so far as to remind Belgrade that the West had a ‘continuing and significant military presence’ near Yugoslavia” (3129) in Masedonië. “The opposition was not about to participate in a second round [of elections] and prepared a campaign of demontrations and civil disobedience” (3132). “Even the Chinese, who had become Milosevic’s closest foreign allies, failed to support him” (3139).

Uiteindelik het Milosevic ook die steun van die Serwiese weermag verloor en het die opposisie op 7 Oktober 2000 die politieke beheer oorgeneem. ‘n Vorige Britse ambassadeur het gesê: “The Milosevic regime imploded. Our help was just useful lubrication and it provided encouragement to people who may not have made the decisions they did” (3360). ‘n Ander Brit, Durham, het egter reeds in 1904 geskryf: “The apathy of England towards the suffering of the Balkan Christians is a bitter thing to all the Serb peoples” (3030). Aan die nuwe Serwiese bewind het die Amerikaners hierdie ultimatum gestel: “Co-operate with The Hague War Crimes Tribunal by the 31st [March 2001] or we will suspend fifty million dollars in aid” (Marshall 3430). Milosevic is op 3 Maart 2001 in die gevangenis in Belgrado toegesluit (3447) en daarna aan die Internasionale Strafhof in Den Haag uitgelewer, waar hy voor die uitspraak op 11 Maart 2006 aan ‘n hartaanval oorlede is. In 2007 en 2016 het hierdie hof bevind dat Serwië en Milosevic nie skuldig aan volksmoord in die Bosniese burgeroorlog is nie. In 2010 het dieselfde hof bevind dat Kosovo se onafhanklikheidsverklaring nie die internasionale reg skend nie. Die Moslems het dus met ‘n eensydige onafhanklikheidsverklaring weggekom – iets wat nie vir die blanke bewind in Rhodesië gegun is nie.

Marshall se gevolgtrekking is: “Albright had not been a great success at the State Department nor as US ambassador to the UN” (716).

Madeleine Albright

Vervolgens skenk ek aandag aan wat Albright oor haar eie gedrag te sê het. Toe sy die Amerikaanse VN-ambassadeur was (1993-1997), het sy in die Koatiese stad Vukovar meer as 200 lyke van Koate gesien wat deur Serwiërs vermoor is. “I met with local Serb leaders. They made no effort to deny that the mass killing had taken place … Didn’t I understand the influence of the past?” (Albright, 2017-boek genoem in tweede paragraaf hier bo, 1377). Die voortgesette invloed van die verlede is ook deur Rebecca West (kyk hier bo) beklemtoon. Albright pak die skuld vir die Bosniese Burgeroorlog uitsluitlik op die Serwiërs. Sy noem voorbeelde van die dood en verwoesting wat die Serwiërs gesaai het, maar swyg oor soortgelyke dade deur die Moslems en Kroate. “Muslim victims accused Bosnian Serbs of ethnic cleansing and genocide, the worst war crimes in Europe since the Fascist atrocities of World War II” (1416).

“Given their earlier crimes, the provocation [Srebrenica – see above] was sufficient that two days later, more than five dozen NATO aircraft, flying from bases in Italy and the Adriatic, pounded Serb positions around Sarajevo [the Bosnian capital]. French and British artillery joined in. It was, to that time, the largest NATO combat operation in history” (1410). “Until NATO finally acted, the years of inept diplomacy made me think of Europe’s inglorious and unavailing attempt to appease Hitler prior to the invasion of Czechoslovakia. On one point only was there consensus. With the fighting finally over, and more than 100 000 killed, we should never again allow the Balkans to be riven by sectarian violence” (1421).

Toe Albright die Amerikaanse minister van buitelandse sake was (1997-2001), het die Kosovo-krisis breekpunt bereik. “The local Serbs … complained of religious discrimination and of being crowded out of their ancestral home by Muslims, with their high birth rate. Milosevic, when he came to power in 1989, revoked the privileges granted to the Albanians, pleasing the Serbs. That, in turn, caused militant Albanians to organize the Kosovo Liberation Army (KLA), a band of resistance fighters who demanded full independence” (1438). Net soos apartheid die skuld vir ANC-terreurdade gegee word, word die KLA se terrorisme aan Milosevic se optrede toegeskryf. Albright noem die KLA-vegters “guerrillas” (1438).

Oor Milosevic skryf Albright: “He exploited the anger born of past defeats at the hands of the Ottoman Turks and Nazis and called for vigilance against such imagined [!] present-day foes as die CIA, Germany, and the Vatican” (1389). Na die Racak-slagting Albright “pressed the Serbian leader to find a peaceful way out of the crisis. For leverage, I warned that, as in Bosnia, NATO was prepared to conduct air strikes to protect civilians. Under the plan we developed, Kosovo would be entitled to autonomy, but the KLA would be required to disarm, and its demand for independence put on hold” (1443). Albright verswyg heeltemal die alternatiewe plan, die verdeling van Kosovo, wat sy nie aan die Serwiërs wou voorlê nie (kyk Marshall hier bo). “The KLA had promised to put down its arms, provided an international force was deployed to prevent further massacres” (1459) – dalk met net so min opregtheid as die ANC wat onderneem het om sy geweld op te skort en toe volstoom daarmee voortgegaan het.

Albright het aan Milosevic gesê: “This is a deal you should be willing to take. Solving Kosovo will end Serbia’s international isolation and allow you to concentrate on expanding your economy and moving closer to Europe” (1459). Dit klink soos Westerse lande se aanbod aan die blanke regering in Suid-Afrika: Onderhandel met die ANC. Sanksies sal opgehef word. Meerderheidsregering sal ekonomiese voorspoed (en nie rommelstatus nie) meebring. Suid-Afrika sal weer deel van die internasionale gemeenskap word, ens. Wat van blanke en Afrikanerbelange sou word, was van geen belang nie.

“Milosevic assured me of his desire for reconciliation and of his allegiance to cultural diversity. He valued pluralism so much, he said, that he couldn’t possibly sign on to an agreement that would leave Albanian Muslims with the upper hand in Kosovo. I noted [exaggerated]* that Muslims made up 90 percent of the population and that the plan we had in mind would protect the Serb minority” (1439) – seker met dieselfde ondoeltreffendheid as die beskerming van Moslems in Bosnia. “Milosevic, however, was in love with an alternative set of facts. He insisted that half or more of the people in Kosovo were not Albanian … and asked if I expected him to stand by and watch the Albanians force them from their homes. Kosovo, he said, had been defending the Christian West against Islam for five hundred years” (1465) – net soos die blanke regering destyds tevergeefs beweer het dat Suid-Afrika ‘n beskaafde, christelike land is wat hom deurgaans by die Weste skaar. [* Volgens die 1991-sensus was die Serwiërs (194 190) in die meerderheid, maar die Moslems het toe (soos die ANC/UDF voorheen in Suid-Afrika) die sensus in groot mate geboikot. Volgens die 2011-sensus was die bevolking 92,9% Albanies met net 1,5% Serwiërs (25 532) (Wikipedia). Ek hoop Albright is trots hierop.]

Milosevic het nie aan Albright se eise en dreigemente toegegee nie en met ‘n voorspringaksie begin. Albright verwoord dit soos volg: “Without warning, he ordered his security forces into Kosovo to burn houses, arrest political leaders and journalists, and sow panic. His goal was to drive Albanians out of the country so that they would no longer be the majority in Kosovo. Within weeks, hundreds of thousands had been compelled to leave” (1470). “As we had threatened, NATO initiated air strikes to force the Serbs to back down. After two and a half months of fighting, the alliance prevailed, Milosevic gave in, the refugees returned, and, with international help, the Kosovars set up their own government” (1475). Albright skryf nie ‘n woord oor die lot van die Serwiërs en ander nie-Moslem minderheidsgroepe in Kosovo nie. Haar boek is myns insiens onder meer ‘n poging om haar gewete te probeer skoonskryf.

“The Nuremberg trials established the principle that neither ‘obeying the law’ nor ‘following orders’ is a sufficient legal defense for those accused of violating basic standards of civilization. In 1948, the Universal Declaration of Human Rights spelled out a framework for holding governments accountable, followed in three years by the Convention on the Prevention and Punishment of Genocide. In the 1970s and ’80s, international sanctions were lodged against racist [!] Rhodesia and South Africa, ultimately transforming [!] both countries” (1480) – geen woord oor die lot van blankes in Suider-Afrika nie. Oor die geskiedenis van menseregte- en volksmoordverklarings lees Praag 29.10.2016. Daarmee is die soewereiniteit van lande ingekort en aan internasionale instansies (soos die VN en Internasionale Strafhof) verkwansel – nie dat daar op hierdie manier maklik teen die groot moondhede opgetree sal word nie.

Madeleine Albright het derduisende dooies op haar gewete. Dieselfde geld vir die struggle-helde van die ANC. Sowel Albright as die ANC is moreel bankrot. Maar Albright komplimenteer haarself soos volg: “By opening the doors of NATO, we created an incentive for countries in Central Europe to strengthen their democracies and prevent the kind of sectarian strife that had made the region vulnerable to Fascism” (1497). “We … worked with African leaders to end wars caused by ethnic and religious differences” (1502). Hierdie bemoeisieke vrou skryf: “In my view, no country has the right to dictate to others how they should be governed; but we all have good reason to speak up on behalf of democratic values” (1625). Dit is ‘n klassieke voorbeeld van die valsheid inherent aan hierdie politikus wanneer sy haar aanmatig om in die interne sake van ander lande in te meng. Uiteindelik kom sy met die waarheid vorendag: “I tell my students that the fundamental purpose of foreign policy is elementary: to convince other countries to do what we would like them to do. To that end, there are various tools at our disposal, which range from making polite requests to sending in the Marines” (2779).

Ongelooflik! Minister van basiese onderwys antwoord Afrikaanse betogers

‘n Sonderlinge gebeurtenis het hom so pas in Suid-Afrika afgespeel: die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, het ‘n dag of wat gelede ‘n groepie pro-Afrikaanse betogers formeel in ‘n brief beantwoord. Gewoonlik ignoreer die ANC-bewind enige vertoë deur Afrikaners oor Afrikaans volstrek en ontken implisiet die bestaan van die taal en sy sprekers.

Volgens mnr. Wessel Basson van ToekomsVonk, wat onder meer ‘n pop van die Gautengse LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, aan ‘n boom voor die departement van onderwys se hoofkantoor in Pretoria opgehang het, “verwelkom Toekomsvonk die terugvoeringsbrief van die Minister van Basiese Onderwys Angie Motshegka na aanleiding van aksies oor die aanvalle op Afrikaans by skole die afgelope tyd”.

ToekomsVonk beskou die Minister se aanbod tot dialoog met die Afrikaanse Gemeenskap as positief en ‘n stap in die regte rigting.

Volgens Basson, is dit “egter jammer dat die departement nie vroeër gereageer het op ons versoekskrifte nie. Onnodige konflik kon vermy gewees het.”

ToekomsVonk sal in samewerking met organisasies soos Praag, die Federasie van Minderhede en ander belangegroepe so spoedig moontlik ‘n gesprek met die Minister aanvra.

Mnr. Wessel Basson het voorts verklaar: “ToekomsVonk moet dit beklemtoon dat ons altyd verbind is tot ‘n vreedsame proses rondom die behoud van die Afrikaans in ons skole.

“Al wat burgerregte organisasies soos ToekomsVonk begeer, is dat ons moedertaal Afrikaans gerespekteer word vir al die 6,7 miljoen mense plus bevolkingsgroepe soos bruin, wit en swart wat dit wil praat en waarin hulle wil studeer.”

Hier volg die repliek van die minister in die oorspronklike Engels.

Die brief wat van die dept. van basiese onderwys ontvang is.

Leon Lemmer: Robin Renwick versober ietwat oor Suid-Afrika

Robin Renwick (gebore in 1937) was die Britse regeringsverteenwoordiger in Rhodesië (1978-1980) toe die politieke mag van die blanke bewind na swart terreurgroepe oorgegaan het. Hierna was Renwick die Britse ambassadeur in Suid-Afrika (1987-1991), dus toe dieselfde situasie besig was om plaaslik te ontvou. Hy was ‘n lid van die Britse Arbeidersparty en het ampshalwe alles moontlik gedoen om die belange van swartes te bevorder en dié van blankes te benadeel. Ek het voorheen sy boek, Mission to South Africa: Diary of a revolution (2015), bespreek en genoem dat dit moeilik is “om ‘n bedrywiger en lastiger diplomatieke gatvlieg as Renwick voor te stel” (Praag 28.10.2017).* Getrou aan hierdie karakterisering is hy terug met nog ‘n boek oor Suid-Afrika, How to steal a country: State capture and hopes for the future in South Africa (Auckland Park: Jacana, 2018, 232p, R260; Amazon Kindle $21,84).

[* “Renwick behaved very much like an old British governor-general and was often referred to as the extra member of the South African cabinet” (RW Johnson, How long will South Africa survive? Jeppestown: Jonathan Ball, 2015, 266p; Amazon Kindle $16.55, 527). Willie Esterhuyse het Renwick se propaganda deurgaans vir soetkoek opgeëet: Eindstryd (Kaapstad: Tafelberg, 2012, 367p – gebruik die indeks; Amazon Kindle $23,96). Niël Barnard skryf: “Later wou die hele wêreld skynbaar vir ons raad gee, sommige partye seker met goeie bedoelings. Die poging van die Britse ambassadeur in Suid-Afrika, sir Robin Renwick, en deur hom van die Britse premier, Margaret Thatcher, om by die proses betrokke te raak, is van die beste – of moet ‘n mens sê swakste? – voorbeelde” (Geheime revolusie, Kaapstad: Tafelberg, 2015, 289p, p 170).]

In 2013 het Renwick ‘n boek oor Helen Suzman gepubliseer. “When I left [South Africa], Wits University, on the proposal of Helen Suzman, was kind enough to award me an honorary degree ‘for services to the struggle against apartheid'” (2015-boek, Kindle 2585). In dieselfde boek het hy oor Nelson Mandela geskryf: “My admiration for him was second to no one’s … the great man” (45). In sy jongste boek is daar ‘n afbeelding van die vredesikoon Mandela met sy gebalde vuis op die voorkant van die boek, asook op die rug- en agterkant. Renwick verwys twee keer na Peter Hain, die anti-apartheidsaktivis wat sy jeug in Suid-Afrika deurgebring het en destyds Suid-Afrika se internasionale rugby- en krieketwedstryde in Engeland ontwrig het. In die jongste tyd bemoei Hain hom met staatskaping in Suid-Afrika (p 61, 136). Ek verkies dat sowel Renwick as Hain hulle tydens hulle aftrede liewer met ‘n ander stokperdjie as Suid-Afrika besig hou. Albei woon knus in Engeland en hoef dus nie daagliks die afgryslike werklikheid van die nuwe Suid-Afrika eerstehands te ervaar nie.

Renwick is goed ingelig oor ons plaaslike omstandighede. Wat egter opval, is dat hy uitsluitlik bronne in Engels gebruik terwyl hy destyds beweer het dat hy Afrikaans geleer het omdat hy Afrikaners se verset teen ‘n swart bewind wou afbreek. Wat irriteer, is dat hy nie dink dat hy verkeerd kan wees nie. Tydens sy ambassadeurskap het sy bemoeisiekheid geen grense geken nie. Hy skryf bv: “The Chief Justice under FW de Klerk, Cambridge-educated Michael Corbett, was a wise and humane person. In the case of the disappearance and murder of Stompie Moeketsi, I had to warn him that, even though he was fast losing his illusions about Winnie, Nelson Mandela would be unable to cope with his wife, whose conduct he blamed on his 27-year absence, being sent to jail. The Chief Justice spared Winnie Mandela a jail sentence, even though the evidence pointed towards it. On his retirement in 1996, Nelson Mandela paid tribute to his ‘passion for justice'” (185-186). Hier het ons klaarblyklik met ‘n rotnes te make. Renwick behoort van inmenging in die regspleging en regsverydeling aangekla te word.

Ná iemand se dood kan allerhande staaltjies opgedis word. Renwick skryf dat Nelson Mandela hierdie myns insiens twyfelagtige kompliment aan hom gegee het: “You think like us” (ix-x, 5). Hy beweer “Mandela, in my experience, was genuinely colour blind” (xi, ook 2). Ter stawing hiervan verwys hy na Mandela se (valse) stelling tydens sy verhoor dat hy teen swart oorheersing gekant is (xi, 160). Dit is gewoon ‘n leuen want dieselfde Mandela was tydens die grondwetlike onderhandelinge asook daarna sterk ten gunste van verswelgende swart mag en geen groepregte (insluitende vetoreg) of tuislande vir blankes nie. Mandela word bykans van kwaaddoen kwytgeskel: “Concerned to avoid civilian casualties, Mandela’s activities consisted of an (unsuccessful) attempt to blow up some electricity pylons” (160).

In werklikheid wou Mandela die blanke bewind omverwerp: “What he was really up to during those days: plotting a revolution and launching an underground army … the terrorist campaign that he himself initiated” (David James Smith, Young Mandela, London: Weidenfeld & Nicolson, 2010, p 2). Renwick het lof vir MK, al het sy terreurbendes geen noemenswaardige sukses behaal nie: “Many MK recruits displayed no lack of courage … The great achievement of the ANC in exile was not on the battlefield, but in mobilising international support” (163). Janet Cherry skryf: “In military terms MK has to be judged one of the least effective armies in modern history” (Umkhonto weSizwe, Auckland Park: Jacana, 2011, p 141). Desnieteenstaande moet die belastingbetalers sedert 1994 reuse bedrae vir hierdie “oudstryders”, waarvan die meeste blykbaar nooit in ‘n geveg betrokke was nie, opdok.

Jacob Zuma word soos volg deur Renwick aangehaal: “I argued with someone who said that the country comes first and I said as much as I understand that, I think my organisation, the ANC, comes first” (xiii). Wat Renwick nie noem nie is dat Mandela by die aanvang van sy laaste jaar as president gesê het dat hy die res van sy ampstermyn ter bevordering van die ANC se belange wil gebruik (eerder misbruik). Eintlik het al die staatshoofde sedert 1994 die belange van die ANC bo dié van die land gestel. “The ANC … had embrased wholeheartedly the Communist doctrine of the supremacy of the party over the institutions of the country” (167). Die kernprobleem is dat die staatshoof deur die meerderheidsparty benoem word en nie (soos in bv Amerika) deur die kiesers verkies word nie.

Renwick haal soos volg aan uit George Orwell se Animal farm (Praag 4.06.2016): “All animals are equal … [but] some are more equal than others” (xiv). Hy kom egter nie met die voor die hand liggende gevolgtrekking dat swartes in die nuwe Suid-Afrika meer regte en dus bevoordeling as ander groepe geniet nie. Hy loof eerder Mandela se “determination to redress the injustices of the past [and] to engineer a redistribution of wealth” (2). Mandela “was, in fact, the craftiest political operator I ever encountered” (3). In werklikheid het Mandela gewoon nie die vermoë gehad om die land te regeer nie. “Mandela, said Mbeki, paid no attention to the actual business of government” (7). Dit bevestig wat ek onlangs geskryf het: “My indruk is dat Mandela ‘n hopelose skepsel was wat glad nie in staat was om die land te regeer nie” (Praag 14.04.2018).

In baie gevalle herhaal Renwick bloot gewilde retoriek, bv: “FW de Klerk … had shown the political courage and wisdom to take the actions necessary to break the cycle of ever greater political violence and conjure away the spectre of civil war” (1). Let op Renwick se kenmerkende trant in die volgende: “But it was Mandela who, threreafter, became the most admired leader on the planet, and utterly deservedly so, given the magnanimity he displayed towards those who had imprisoned him for twenty-seven years, his lack of bitterness, determination to embrace his former enemies, genuine colour blindness and insistence that the new South Africa should be inclusive and not subject to divisions on racial lines” (2). In werklikheid is die ANC-regering se beleid deurgaans gebaseer op dieselfde rasverdeling as tydens apartheid, maar die voorkeurorde het soos volg verander: swart, bruin, Asiaat, blank.

Dit is duidelik dat Renwick sy boek veral met die oog op buitelandse lesers geskryf het. Baie van die inligting is oorbekend in Suid-Afrika. Oor staatskaping bied hy ‘n duideliker perspektief as Jacques Pauw omdat hy naas die haastig geskryfde The president’s keepers (Praag 11.11.2017) ook kennis geneem het van ander ter saaklike boeke, soos Ronnie Kasrils se A simple man (Praag 18.11.2017). Renwick beskou die Zuma-bewind as nie so sleg soos die apartheidsregime nie: “The important difference [is] that they no longer were engaged in murdering their opponents” (141). Die opset van Renwick se boek is veel wyer as staatskaping en inligting is tot vroeg in 2018 bygewerk.

Cyril Ramaphosa se voorneme om as president owerheidsdiefstal sonder vergoeding met blankes se eiendom te pleeg en dit aan swartes te gee, of die blankes daarvan hou of nie, is nie nuut nie. Dit is deel van ‘n breër anti-blanke strategie wat ver teruggaan; eintlik minstens tot by die nasionaliseringsideale wat in die Vryheidsmanifes (1955) uitgespreek is. Van Ramaphosa as visepresident word gesê: “The speeches he made in his new incarnation were forcefully about the need to press ahead with ‘transformation’, with South African businesses in future to be managed and owned by black South Africans (‘and those who don’t like this, tough for you!’)” (43). Daar is ‘n militante rasbevooroordeeldheid jeens blankes by Ramaphosa, terwyl baie blankes (aanvanklik) so dwaas was om die vervanging van Zuma deur Ramaphosa te verwelkom. Ramaphosa het binne dae na aanvaarding van die presidentskap en sedertdien duidelik getoon dat hy beoog om doeltreffender anti-blank as sy ANC-voorgangers te wees. Renwick se mening is: “It is extremely difficult to dislike Cyril Ramaphosa” (193).

Die vorige openbare beskermer, Thuli Madonsela, “said of [some] appointments that Zuma had captured and repurposed agencies such as the National Prosecuting Authority, the Hawks, the State Security Agency and the South African Revenue Service ‘seemingly to protect him, his family, the Guptas and other associates'” (68). Besware teen staatskaping het mettertyd van enkele kabinetsministers opgeklink, bv Blade Nzimande “denounced the ‘parasitic’ activities of the Guptas” (102). Maar sommige van hierdie ministers se rekord was nie skoon wat betref bv die aanskaffing van luukse voertuie nie. “One of the worst offenders having been the head of the South African Communist Party, Blade Nzimande” (68). Naas Madonsela het Renwick sy boek aan Pravin Gordhan opgedra (v). Gordhan se ideaal is “to uphold the values of Nelson Mandela” (80). Die morele bankrotskap van die ANC blyk duidelik uit Gwende Mantashe, tot onlangs die sekretaris-generaal van die ANC, se herhaalde uitsprake “that there was no question of voting with one’s conscience in the ANC” (114), “ANC members were not supposed to have consciences, but to act as disciplined party cadres” (131) en “I don’t know where this notion comes from that we are a collection of individuals who have consciences” (172).

Voordat Gordhan as minister aangestel is, was hy die uitvoerende hoof van die inkomstediens (1990-2009). By sy aanstelling het hierdie apteker en kommunis gesê hy weet nie eens wat inkomstebelasting is nie. Tydens apartheid het nie-wittes die betaling van owerheidsbelasting sover moontlik ontduik maar terselfdertyd op dieselfde behandeling as blankes aangedring. Deesdae word sonder meer van blankes verwag om al hulle verpligtinge teenoor die staat na te kom al word hulle van owerheidsweë slegter as die ander rasgroepe behandel en het hulle eintlik geen effektiewe inspraak in die regering nie.

“The politically incorrect Helen Zille, at the end of a visit to Singapore, proceeded to emit a factually accurate but politically unwise and provocative tweet that colonialism had brought some benefits, such as infrastructure and an independent judiciary” (145-146). Dit is onwaarskynlik dat Zille bedoel het om met haar uitlating uitlokkend te wees. Renwick kies deurgaans kant vir die swartes, selfs wanneer hulle die waarheid oor bv kolonialisme buig sodat hulle politiek en vooroordele gedien word. “Instead of reprimanding her and urging her to get on with her day job of governing the Western Cape, the [DA] leadership instituted protracted ‘disciplinary proceedings’ against her” (146).

“The DA has played a positive role in South African politics since apartheid, based on support for the constitution and the rule of law. It has avoided the arrogance of power of the ANC, its leaders typically travelling economy class. With good access to very competent legal advice, it has proved very effective at holding the government to account through legal challenges, with victories in several high-profile cases, including the reinstatement of the corruption charges against President Zuma” (148). Maar ‘n mens wag tevergeefs daarop dat die DA daadwerklik vir Afrikaners en Afrikaans in die bres tree. Die DA is primêr op die verwerwing van meerderheidsteun ingestel, dus om die guns van swart kiesers te wen.

Renwick is polities uiters links. In sowel Zimbabwe as Suid-Afrika het daar volgens hom net ‘n ietsie skeefgeloop. Hy glo dat die groep mense aan wie die politieke beheer oorhandig is, bekwaam genoeg is om alles wat verkeerd is, reg te maak. Dit kom nie by hom op dat die grondslag waarop hierdie lande deesdae funksioneer – algemene, gelyke stemreg vir bv oningeligtes, ongeletterdes en maklik intimideerbares in ‘n eenheidstaat – ‘n resep vir rampspoed is nie. Die mate van versobering wat by Renwick ingetree het, neem die vorm aan dat hy darem erken dat sedert onafhanklikheid alles nie wel is nie. Nelson Mandela bly egter wonderlik. Renwick dink dat die land met Mandela as staatshoof beter as tans daaraan toe was. Maar dit geld ook vir Zimbabwe in die eerste jare ná politieke onafhanklikheid. Selfs die bekwaamste brekers kan nie dadelik alles vernietig wat tydens die blanke bewind opgebou is nie.

Daar is ‘n beperkte getal negatiewe opmerkings oor die ANC in die boek, bv MK, die terreurvleuel van die ANC, “had ended up killing more civilians than agents of the regime” (xv). Die ANC-regering het ‘n visum aan die Dalai Lama geweier, “kowtowing to China” (xvi). Soos tydens apartheid is die SABC tans weer “a mouthpiece of the government” (11). “The country suffered from one of the highest violent crime rates in the world … Johannesburg had claimed the title of murder capital of the world” (13). “The murder rate … currently is back up to nearly fifty a day and South Africa remains near the top of the list for violence against women as well” (14). Geen aanduiding word gegee van die bevolkingsgroep(e) waarin hierdie misdadigers by uitstek aangetref word nie. “Mbeki … was appearing to see virtually everything in racial terms” (17). Van Mbeki se Afrika-renaissance word deesdae nie meer gehoor nie. Niks het daarvan tereg gekom nie, maar Renwick swyg hieroor.

Renwick erken dat daar met die Zimbabwiese verkiesings in 2002 en 2008 gekonkel is. “Mugabe was able to ‘win’ the 2008 election in Zimbabwe only by printing an extra half-million votes” (158). As gevolg hiervan sit Suid-Afrika nou met “4 million refugees” (21). Renwick skryf dit toe aan “the failure of South Africa to stand up for human rights in Zimbabwe” (21). In Suid-Afrika is elektrisiteitsvoorsiening uitgebrei “though frequently not … securing payment for it” (23). Blankes, bruines en Indiërs, by wie tydens die blanke bewind ‘n kultuur van betaling gekweek is, moet opdok vir die ANC-geïnspireerde kultuur van nie-betaling by swartes, maar Renwick verwys uiteraard nie hierna nie. Hy noem wel: “Annual double-digit increases in electricity prices, which have trebled in real tems over the past decade” (151). Twee endemiese kernprobleme van die nuwe Suid-Afrika word genoem: “When … I expressed concern to a senior member of the ANC about corruption, I was told that there was a worse problem than corruption. When I asked what this was, I was told: ‘Competence'” (27). Renwick verdoem egter glad nie onbekwaamheid en die res van regstellende aksie nie, nóg in die algemeen nóg in beginsel.

Hy verwys na Jacob Zuma se “extreme financial recklessness” (34) maar doen dan dieselfde as ander oorverligtes deur Zuma as individu te verkwalik eerder as die ANC as ‘n instansie wat in sonde ontvang en gebore is. Tydens die ANC-bewind het die land se ekonomiese groeikoers teen 2016 tot 0,3% gedaal (106). “Bell Pottinger had engaged quite successfully in an attempt to deflect criticism of Zuma and the Guptas in a campaign to blame the country’s ills on the whites, specifically ‘white monopoly capital'” (118). Bell Pottinger was ‘n Britse maatskappy wat bemarkings- en skakelwerk gedoen het maar weens die onetiese gedrag van sy amptenare in Suid-Afrika bankrot gegaan het. In die Zuma-era het tenderaars al hoe meer tot die gevolgtrekking gekom dat hulle vir hulle voorleggings Gupta-goedkeuring moet kry as hulle sukses wil behaal: “A number of multinational companies had concluded that they were unlikely to be able to win government-related contracts in South Africa without an association with the Guptas” (122). Die Guptas het die status verwerf van “the people who can open the taps” (124), maar dit is teen aansienlike addisionele koste gedoen.

Renwick verwys na die reuse kabinet van “seventy ministers and deputy ministers” (134), wat in sigself as ‘n manifestasie van korrupsie beskou kan word, maar Renwick versuim om kritiek op die buitensporige koste daarvan uit te spreek. Mbeki se kabinet (president, visepresident, ministers en adjunkministers) het uit 50 lede bestaan. Zuma het sy kabinet tot 73 lede vergroot. Ramaphosa, wat die voorneme uitgespreek het om die kabinet te verklein, het soos Zuma 73 kabinetslede. Die ANC word deur 249 parlementslede uit die totaal van 400 verteenwoordig. Bykans ‘n derde hiervan (29,3%) dien ook in die kabinet. Ooglopend is dit wanbestuur, soustreinryery ten koste van die belastingbetalers, maar feitlik geen haan kraai hieroor nie.

Renwick noem dat die land se beleggingsgradering tans rommelstatus is (139). Byvoorbeeld, oor die mynbou word gesê: “There is not an investment-friendly climate” (151). Dit is veral weens die beleid van swart ekonomiese bemagtiging. “Most of the major deals under which 26 per cent ownership was required to be sold to black partners were financed by the South African companies lending the empowerment partners the money to buy the shares. When black partners have sold their interest, the governmet’s view is that the company then must be ’empowered’ all over again” (152).

In 2017 is ‘n nuwe mynmanifes aangekondig: “The black empowerment threshold was raised from 26 per cent to 30 per cent … a raft of other conditions were added too, including that 70 per cent of goods and 80 per cent of services must be procured from black-owned entities. In addition, the new Charter contained an extraordinary provision mandating a distribution of 1 per cent of revenues from new order mining rights to black empowerment shareholders before any other distributions are made … Black shareholders are required to be debt-free within ten years, otherwise existing shareholders would have to write off this expense” (154-155). Swart ekonomiese bemagtiging behels drakoniese maatreëls wat blatant pro-swart en anti-blank is en afgedwing word deur die ANC-regering, wat al hoe hoër eise stel maar valslik beweer dat hy nie-rassig is en al die mense in die land dien.

Die ANC se beleid is fundamenteel rasgebaseer, indien nie rassisties nie. “The eventual aim of the Employment Equity Act of 1999 was to seek to ensure that jobs at every level should reflect the make-up of the population … the ANC’s determination to reward their supporters and to establish control over all levers of power through the ‘deployment of party cadres to positions at every level of the bureaucracy’. The target of 70 per cent representation of black South Africans in senior levels of the civil service, both nationally and in the provinces, has long since been achieved … In the private sector, from 2008 black empowerment codes prescribed black representation at 60 per cent in senior and 75 per cent in middle management” (169). Periodiek word die doelpale verskuif om swartes in nog groter mate te bevoordeel en blankes verder in die grond te boor. Maar Renwick hou hiervan: “It was difficult to see how the horrendous inequalities of opportunity resulting from apartheid could otherwise have been addressed” (170). In ‘n oomblik van helderheid skryf hy later: “Zuma’s more extreme demands for Africanisation of the private sector were based on regarding the whites as not really South African” (213).

Daar is twee boeke waarna Renwick nie verwys nie maar myns insiens noodsaaklik is om die wesenlik onetiese aard van die ANC as fundamenteel bose instansie te verstaan. Albei is deur Anthea Jeffery geskryf. Oor swart ekonomiese bemagtiging is daar die boek, BEE: Helping or hurting? (Cape Town: Tafelberg, 2014, 507p; Amazon Kindle $21,26). ‘n Mens kan kwalik glo tot watter uiterstes die ANC-regering gaan om swartes te bevoordeel en blankes te benadeel. Desnieteenstaande verskyn daar feitlik geen afkeurende berigte hieroor in die hoofstroom-inligtingsmedia nie. Dit laat my dink aan wat George Orwell in sy boek, The road to Wigan Pier (1937), geskryf het: “To see what is in front of one’s nose needs a constant struggle.”

Oor die ANC as gewelddadige en misdadige organisasie is daar die volgende boek: People’s war (Johannesburg: Jonathan Ball, 2009, 676p; Amazon Kindle $11,49). Daarin word vertel hoe 20 500 mense van 1984 tot 1994 gesterf het in geweld wat deur die ANC gestig is terwyl hy die skuld daarvoor op die blanke regering en Inkatha gepak het. Hou in gedagte dat die vredesikoon Nelson Mandela sedert sy vrylating in 1990 ‘n leidende aandeel hierin gehad het. Selfs Renwick skryf: “The Mandela I knew was no saint” (3), maar hy verskaf geen inkriminerende besonderhede nie. Voor die ANC se verkiesingsoorwinning in 1994 het niks tereg gekom van Mandela en die ANC-onderhandelaars se belofte dat die ANC sy geweldpleging tydens die grondwetlike onderhandelinge sou opskort nie. FW de Klerk het met gewelddadige, insluitende kommunistiese, elemente onderhandel ten spyte van die ernstige waarskuwings wat destyds hierteen opgeklink het. Die onverkwiklike resultate daarvan is sedert 1994 daagliks waarneembaar. Wim de Villiers wil die einste Mandela vanjaar tydens die Universiteit Stellenbosch se eeufees huldig terwyl hy die nagedagtenis en bydrae van die voortreflike Afrikaner en US-stigtingskenker, Jan Marais, ignoreer. Daar behoort drasties teen De Villiers opgetree te word.

Die stook van geweld in die burgerlike samelewing het vir die ANC/UDF geblyk die doeltreffendste strategie te wees ten einde die politieke mag in te palm. Hierdie strategie word tot op hede deur ontevrede swartes voortgesit want daarmee behaal hulle steeds die verlange resultate. Op hierdie abnormale en onwettige manier kan geen normale, suksesvolle en vooruitstrewende samelewing gebou word nie. Nogtans tree die ANC-regering nie doeltreffend teen hierdie misdadigers op nie. Enigeen wat ‘n voertuigbuiteband op ‘n openbare pad aan die brand steek, of die verkeer met klippe wat gepak of gegooi word ontwrig, behoort ‘n minimum vonnis van vyf of meer jare opgelê te word. Dieselfde moet geld vir brandstigting by staats- en ander geboue. Swaar lyfstraf en dwangarbeid behoort ook vir sulke onduldbare gedrag ingestel te word. Pleks daarvan laat die ANC weens sy soortgelyke misdadige geskiedenis toe dat Suid-Afrika een van die gewelddadigste lande bly; onder meer omdat die misdadigers in baie gevalle vir die ANC stem en hy nie sy kiesers wil vervreem nie. Selfs in die tronk behou hierdie anti-sosiale elemente hulle stemreg. Die ANC gee voorkeur aan vryheid en sogenaamde menseregte vir misdadigers bo ‘n leefbare samelewing waarin beskaafde waardes tot hulle reg kan kom.

Renwick besin oor waarom die ANC, waarvan hy so baie hou, as regering so ‘n chaotiese gemors van Suid-Afrika gemaak het. “How is it that a once great liberation movement, which played so critical a role in the liberation of South Africa from apartheid, the party of Mandela, Tambo and Walter Sisulu, could have descended to the level and state of disrepute in which it finds itself today, struggling to remove a blatantly corrupt leader, notwithstanding the damage he had been inflicting on it? Is there something in the nature of these liberation movements that leads them, once in power, to the authoritarianism and kleptocracy in evidence in Angola and Zimbabwe today?” (157). “Angola is a fully fledged one-party kleptocracy” (158).

Was die ANC ooit ‘n “great liberation movement”? Die land is steeds nie van rassediskriminasie bevry nie. Hierdie eertydse terreurbendes het die vermoë gehad om af te breek maar vind dit as regering moeilik om met dieselfde vaardigheid op te bou. Daar is ‘n bewese onvermoë om doeltreffend te regeer, onder meer omdat die ANC die swartes wat regeerondervinding gehad het (in die tuislande en plaaslike owerhede) sistematies uitgemoor het. Dit is mense soos Mandela, Tambo en Sisulu wat enige samewerking met die blanke owerheid verbied het. Renwick skryf egter “the desperate skills deficit” toe aan Bantoe-onderwys (158). Maar skoolonderrig onder die ANC-bewind is slegter: “Comparative studies in basic education in developing countries sadly have shown South Africa to be among the very worst” (212). “By what process did the admirable history of opposition to apartheid turn into the abuses evident today?” (160). ‘n Mens moet darem ‘n dik linkse vel hê om die onbeskaafde gedrag van bv die ANC en PAC se terreurbendes as ‘n “admirable history” te beskryf.

Renwick beweer: “The press has remained unmuzzled, the judiciary independent” (158). “The country owes a huge debt to its remarkable free press, to its incorruptible judiciary” (217). Hy noem nie dat daar al hoe meer aandrang op die inperking van uitdrukkingsvryheid is nie; dat as ‘n blanke bloot sekere woorde gebruik, jy jou jare tronkstraf op die hals kan haal. Hermann Giliomee het oortuigend aangetoon dat die regspleging nie onafhanklik van die ANC-regering funksioneer nie (Praag 14.04.2018). Teen die feite in beweer Renwick dat die grond wat aan swart boere oorgedra is, produktief aangewend word (158). Renwick verwys net ‘n enkele keer na plaasmoorde en dan sonder om dit te veroordeel. Persoonlik distansieer hy hom van die (potensiële) rassistiese aard van hierdie moorde deur die frase “in the belief of the farmers” in te voeg: “In the past decade there has been an increasing number of cases of farmers being murdered on their land, in most cases in robberies with extreme violence but, in the belief of the [white] farmers, in some cases possibly also with a racial motivation” (159). Dit is duidelik dat Renwick nooit rassisme aan swartes sal toeskryf nie.

Noordwes-onlusmakers dreig om dokters wat werk ‘dood te brand’

Onlusmakers in die Noordwes-provinsie het gister toegang tot hospitale versper en gedreig om dokters dood te brand wat poog om met hul werk voort te gaan.

Vrydagoggend het onlusmakers toegang tot die Potchefstroomse hospitaal versper. Dokters wat gepoog het om toegang tot die gebou te verkry, is gedreig om verbrand te word, het dr. Ebrahim Veriava, ‘n spesialis by die Tshepong-hospitaal, gesê.

Een dokter het ‘n video van brandende bande buite ‘n hospitaal geneem, terwyl ‘n ander foto’s van stakers geneem het wat dokters uit die sale van Klerksdorp-hospitaal gedwing het.

Klerksdorp is die hoofhospitaal in die omgewing wat al die ernstigste siektegevalle van regoor die provinsie behandel.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag is veronderstel om reeds die stituasie in Noordwes “onder beheer” te hê.

Die swart vakbond Nehawu is reeds sedert Februariemaand met ‘n sloerstaking in die provinsie besig. Die toevoer van medisyne vanaf die hoofmedisynepakhuis is aanvanklik geraak, maar nou word verpleegsters daarvan weerhou om te werk. Die vakbond is blykbaar gekant teen “korrupsie in die gesondheidsektor” en ‘n personeeltekort in hospitale.

Na bewering is die aantal poste vir dokters en verpleegsters oor die afgelope drie jaar met meer as 1000 verminder.

Die onluste in die gesondheidsektor hang saam met die onrus rondom die provinsiale premier, Supra Mahumapelo, wat van grootskaalse korrupsie beskuldig word. Mahumapelo is ook ‘n bondgenoot van die afgesette Suid-Afrikaanse president, Jacob Zuma.

Veriava, ‘n voormalige hoof van interne medisyne aan Wits, het verlede week saam met 70 ander dokters ‘n ope brief geskryf waarin ingryping in die provinsie versoek word aangesien pasiënte tans onder die onrus en chaos ly.

Volgens die brief ontvang teringpasiënte nie hul medikasie betyds nie vanweë die skaarste aan medisyne wat kan veroorsaak dat teringlyers medisynebestand kan raak, wat die siekte verder kan laat versprei. Ook swangerskappe word tans vanweë die wanorde nie behoortlik hanteer nie.

Yusuf Veriava en die ander dokters het die vakbond Nehawu gesmeek om nie langer die hospitale te ontwrig nie. Hulle het ook versoek dat ‘n taakspan saamgestel word aangesien die hospitaalveiligheidsdienste nie onlusmakers kan keer om hospitale binne te storm nie.

‘Onlusmakers in operasieteaters’

‘n NRO wat onder andere deur George Soros se Open Society-groep befonds word, Section 27, het in ‘n openbare verklaring die geweld by hospitale veroordeel.

Die groep het gesê: “Die geweld en ontwrigting van gesondheidsdienste lei tot onmiddellike lewensverlies soos wat pasiënte toegang tot gesondheidsdienste ontsê word, terwyl dokters en ander personeel verhoed word om sorg te voorsien. Sekere verslae wat ons ontvang het, sluit in dat betogers operasieteaters binngestorm het, doodsdreigemente aan dokters, dokters wat met geweld uit hospitaalsale verwyder word en die ingange van hospitale wat versper word, wat beteken dat geen voorrade of medisyne gelewer kan word nie.”

Die organisasie, wat gewoonlik revolusionêre en anti-blanke optrede in Suid-Afrika steun, meen dat “sulke vorme van betoging onverantwoordelik en moreel onaanvaarbaar is”.

Intussen word berig dat ‘n politieke rusie steeds in die ANC woed rondom die afdanking, aldan nie, van die Noordwes-premier Supra Mahumapelo. Oor die naweek het ‘n “gespanne vergadering” op die perseel van die Hotelskool in Mahikeng, die hoofstad van die provinsie, plaasgevind. Die ANC-afvaardiging is gelei deur die minister in die presidensie en voormalige teenstander van president Cyril Ramaphosa in die party, mev. Nkosazana Dlamini-Zuma. Hulle sou tydens ‘n drie uur lange vergadering met Mahumapelo die bewerings oor korrupsie en tenderbedrog, asook Cyril Ramaphosa se besluit om die provinsiale gesondheidsdepartement onder administrasie te plaas, bespreek.

Daar word glo druk deur die Zuma-faksie georganiseer om te verhoed dat Mahumapelo eerskomende Dinsdag deur die ANC se nasionale uitvoerende komitee afgedank word. “Die gevoel is dat Ramaphosa hulle (die Zuma-ondersteuners) een vir een aanpak, dus moet hulle georganiseerd wees en terugveg,” het een ANC-leier van binne die party gesê.

Leon Lemmer: Haji Mohamed Dawjee se anti-blanke retoriek

Jare gelede het ek die volgende boek elders bespreek: Susie Kelly, I wish I could say I was sorry (London: Blackbird, 2013, 298p; Amazon Kindle $8,04). Kelly is ‘n onvoorspelbare mens met kwale van sielkundige oorsprong. Sy kan uitstekend skryf en het later ‘n suksesvolle outeur geword. Aanvanklik kon sy egter nie goed onderskei tussen wat interessant vir haar as outeur en moontlik vir die lesers is nie. Sy het haarself as “multi-untalented” beskryf (Kindle 1453). Die rede waarom ek hierdie boek gelees het, is haar belewenisse toe sy in Kenia gewoon het, bv die afrikanisering van die land ná onafhanklikheid in 1963. Die blanke boere (insluitende Afrikaners) op die Wit Hoogland “were … forced out by the Land Settlement scheme under which their property was compulsorily purchased” (2323). Hierdie onteiening is met Britse geld gedoen; dus darem nie sonder vergoeding gesteel soos Cyril Ramaphosa plaaslik in die vooruitsig stel nie.

Kelly het die eienaars van een van die plase geken. “They had a beautiful old house lovingly built by themselves when they first settled there forty years earlier. The walls were wood-panelled, the floors highly polished, logs burned in the great fireplace, and from the living room they looked out through French windows” (2323). ‘n Jaar nadat die eienaars geëmigreer het, het Kelly die plaas weer besoek. “The windows of the house had old sacks covering them. Goats and sheep wandered through the rooms over the old wooden floor. The doors and wood panelling had been burned. The staff who had lived there and worked for them for decades were now on their own and had to fend for themselves” (2327).

Weens afrikanisering was baie dinge in Kenia nie meer dieselfde as gedurende die versmaaide koloniale bewind nie. Die standaarde in skole en elders het gedaal. “I risked my life on a public transport bus. Even if I wasn’t killed through reckless driving or wheels falling off from poor maintenance, it was simply not an acceptable way to travel. I could hardly arrive at work covered in chicken shit, or stinking of goat, or any of the other odours that were a fundamental ingredient in the ambience of local buses” (2416). Dit herinner aan die Britse (oor)bewustheid van klasverskille en spesifiek aan die volgende mening van George Orwell: “One of Orwell’s oddest ventures [was] his attempt to build a political theory upon his hypersensitive sense of smell. ‘The real secret of class distinctions in the West … is summed up in four frightful words … The lower classes smell'” (Thomas E Ricks, Churchill and Orwell: The fight for freedom, London: Duckworth, 2017, 370p; Amazon Kindle $12.64, 620).

In Kelly se gedrag was daar heelwat wat afkeurenswaardig was. Sy was nie onwillig om daarvoor apologie aan te teken nie. Die boektitel verwys eerder na die feit dat al die hoofkaraters in haar lewensverhaal, bv haar ouers en grootouers, reeds dood is en sy hulle dus nie om verskoning kan vra nie. Kelly is blank en dus deel van daardie groep mense van wie verskoningvra verwag word.

Die tersaaklikheid van die voorafgaande sal blyk uit wat volg. Ek verwys vervolgens na die boek van ‘n outeur wat ras- en etniesgewys in die gunstige posisie is dat sy nie verskoning hoef te vra nie, naamlik Haji Mohamed Dawjee se Sorry, not sorry: Experiences of a brown woman in a white South Africa (Cape Town: Penguin, 2018, 224p, R220; Amazon Kindle $14,95). Hoewel die outeur van Indiese afkoms is, noem sy haarself bruin, wat meer akkuraat is as die nie-swart nie-wittes wat hulleself deesdae so graag swart noem. Die Suid-Afrika in die newetitel verwys nie soseer na die land vóór 1994 nie maar na die nuwe Suid-Afrika, wat deur Dawjee steeds as oorweldigend blank en ongetransformeerd ervaar word. Die blankes “still operate under an umbrella of privilege” (2616). Die “woman” in die newetitel word hier onder gekwalifiseer.

Dawjee se boek herinner in baie opsigte aan mede-Indiër Ferial Haffajee se What if there were no whites in South Africa? (Praag 5.11.2017). Haffajee is van moederskant ‘n Kaapse Maleier, dus minder Indiër as Dawjee. Maar Haffajee, anders as Dawjee, probeer om swart en niks anders te wees nie. Albei boeke is kompromisloos anti-blank en kan in geen opsig rasseharmonie en versoening bevorder nie. Waaksugtig sou albei outeurs graag wou hê dat blankes in selfs groter mate as tans benadeel word. Soos die ANC gee albei valslik voor dat hulle “non-racialist” is (73). By albei is daar onuitstaanbare arrogansie terwyl dit terselfdetyd deurskemer dat hulle hoofprobleem is dat hulle nie in staat is om op gelyke voet met blankes mee te ding nie. Haffajee erken darem dat sy ‘n “employment equity candidate” is; dus dat sy haar loopbaan aan ras- en geslagsgebaseerde bevoordeling te danke het. Albei is gepreokkupeer met hulle voorkoms en gebruik hulle kennis van Afrikaans uitsluitlik op ‘n negatiewe manier.

Nieteenstaande hulle anti-blanke gesindheid was Haffajee in ‘n verhouding met ‘n blanke man, ‘n joernalis, toe haar boek gepubliseer is. Dawjee oortref haar deurdat sy ses maande lank met ‘n blanke man getroud was voordat hulle na bewering weens hulle ouderdomsverskil van 15 jaar geskei het (1730 – of 19 jaar, 1218). Die kersie op die koek is dat Dawjee sedert 2016 ‘n blanke joernalis, Rebecca Davis, as vrou het (2670). Dit herinner aan die blanke joernalis, Elsabé Brits, van wie ‘n uitstekende boek oor Emily Hobhouse (2016) in Afrikaans en Engels gepubliseer is, wat ook daarop roem dat sy ‘n blanke vrou het. Dawjee is by geleentheid gediagnoseer as ‘n lyer aan bipolêre gemoedsteurnis (1230). Brits het dieselfde probleem (gehad) en ‘n boek daaroor geskryf: Kyk my in die oë (Kaapstad: Tafelberg, 2011, 107p; Amazon Kindle $23). Van Davis is die volgende boek gepubliseer: Best white and other anxious delusions (Johannesburg: Pan Macmillan, 2015, 216p; Amazon Kindle $19,08) – ‘n versameling rubrieke.

Haffajee het die voorwoord by Dawjee se boek geskryf. Sy noem die boek “funny” (73, 79, 103), wat gewoonlik verseker dat ek nie so ‘n boek koop of lees nie. Davis se boek is glo ook “funny” want sy skryf bv oor die kwessie of heteroseksuele toegelaat behoort te word om kinders groot te maak. Dit is die soort “norm-challenging” (79) en opruiendheid (“incendiariness” – 115) wat as “little pearls” (85) in Dawjee se boek aanwesig is. Dawjee het bv ‘n artikel geskryf met die volgende opskrif: “White people can walk their dogs in South Africa, but not their children” (2515) na aanleiding van swart versorgers wat na blanke kinders omsien. Dit is ‘n voorbeeld van wat sy op haar kenmerkende manier “my mind brain-farted in a big way” noem (2515). Sowel Haffajee as Dawjee verkeer in die waan dat “all writing had to serve the struggle for justice” (103),* klaarblyklik sonder inagneming van die skewe hoek waaruit hulle dinge en gebeure benader. [* Albei stem dus saam met Josef Stalin se stelling dat skrywers propagandiste, “engineers of human souls”, moet wees (Madeleine Albright, Fascism: a warning, London: William Collins, 2018, 283p; Amazon Kindle $17.24, 1165).]

Dawjee was in 2011 ‘n honneursstudent in joernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch (US). Daardie jaar was Hannelie Booyens aldaar die Rykie van Reenen-genoot. Dawjee noem twee oorverligte joernaliste en daarby susters, Susan en Hannelie Booyens, haar mentors (2652). Susan word bedank “for endless conversations about annoying Afrikaans people” (2652). Dawjee erken by implikasie dat haar boek ten doel het om Afrikaners die moer in te maak. Hannelie was met haar storie oor beweerde Nazi-aktiwiteite op die Potchefstroomse universiteitskampus die oorsaak van die berugte Leon Wessels-verslag. Gelukkig is nie almal met die van Booyens onredbaar links nie. Dink bv aan Herman Booyens, wat in murg en been ‘n Afrikaner is (Praag 29.03.2018). Wat Dawjee oor die US se departement joernalistiek skryf, bevestig dat uiters linkse politiek daar botvier, soos ek onlangs aangedui het (Praag 7.04.2018). Hierdie studente het bv die Apartheid Museum in Johannesburg besoek (1952); seker(lik) nie die Voortrekker-, Vroue- of Taalmonument nie.

Dawjee skryf: “I thought about my ethics and African studies lecturer a lot. Dr Simphiwe Sesanti walked into our journalism class one day filled with robustness and rage. I got the distinct impression he was tired of how white students revered Nelson Mandela. He was offended (and rightly so) by the fact that it was becoming clearer with each lecture that Mandela was just about the only black South African they recognised and respected. The only black South African they were ever likely to reference with any degree of positivity. So, with vigour, he shouted, ‘Nelson Mandela did not free us! We freed Nelson!'”(2129). Daardie klas – en seker ook daardie departement joernalistiek in sy geheel – is nie ‘n plek waar ‘n konserwatiewe of regse student, eintlik enige Afrikaner, tuis sal voel nie en aan Afrikaans word daar klaarblyklik min ruimte gegun.

“Denial screamed from the throats of the privileged [ie white] students who got the best deal. They fought back with ‘buts’. There were also gasps and murmurs. My friend Sarah [Koopman] and I turned to each other, mouths open and eyes wide. We had one mutual thought: blasphemy. Sesanti, almost bouncing off the walls, fists in the air, gave us a lesson in apartheid warfare. In the brutalities of frontlines and the dangers of being outside the prison walls for twenty-seven years instead of behind them. Aware of the outcry in the classroom but unafraid, he repeated his war cry a little louder: ‘Nelson Mandela did not free us! We freed Nelson!'” (2135). Sedert 1994 het die volgende stelling die aanskyn van ‘n vergesogte gedagte gekry: Op hierdie kampus was daar eens ‘n akademies uitnemende universiteit; boonop ‘n blanke, Afrikaanse universiteit.

In die eerste hoofstuk gebruik Dawjee Steve Biko se “I write what I like” as norm om te kla dat wit mans kan skryf wat hulle wil (weens “opportunity, privilege, entitlement”) terwyl van nie-wittes verwag word om ‘n slawementaliteit te hê en met ‘n gekoloniseerde verstand te skryf oor wat die wit hekwagters in die inligtingsmedia van hulle verlang. Dít is die stereotiepe verwyt dat nie-wittes geleenthede ontsê word. Dwarsdeur die boek gee Dawjee ruim uitdrukking aan haar frustrasies, maar nêrens is daar aanduidings dat sy tot geestelike diepte en oorspronklike insig in staat is nie, al dink sy sy is “on the frontlines of critical thinking” (240). “I am oiled by way too much independent thinking to be a yes-woman” (1923). Sy kom by die kern van haar probleem wanneer sy vra: “How can we rise out of inferiority if we cannot tell superior stories?” (148). Dawjee soek dieselfde uitweg as Haffajee: “We own the hard stuff … We own the struggles. And if we don’t write about them, the country will forever dwell in the lily-white utopia that once was” (172).

Wat moeilik verteerbaar is, is die intense narsisme/selfkoestering, die “being too self-indulgent for a brown lady” (253). Sy vertel bv van haar pa wat ‘n breingewas gehad het en wie se kanse op oorlewing skraal was. Haar onheilige gedagte was: “Perhaps, when he passes, I can live a life out of the closet without fear of disappointing him” (315). Sy lig haar lesers in besonderhede in oor Islam, maar haar onkonvensionele vertolking is dat Moslemvroue gelyke regte geniet en dat homoseksualiteit in Islam aanvaarbaar is. “[Muslim] women have lots of rights and are just as entitled to freedoms as men” (745). Haar pa het die breinoperasie oorleef. By haar troue in 2016 het hy sy seën oor hierdie egpaar uitgespreek. Dawjee lei hiervan af “a brain tumour can change your mind [for the better]” (257).

Sy skryf oor tekkies en hoe hulle skoongemaak word en dat nie-wittes eerste met die dra van tekkies was en dat blankes hierdie gewoonte oorgeneem het. Daarvoor verwyt sy natuurlik die na-apende wittes. “The best way to destroy part of a culture, even if that part is as material as a pair of shoes, is to take it from its people. The power of white people to take things never dies” (438). Blankes is dus by uitstek die stelers, die diewe. “It’s now acceptable for people of colour to wear All Stars because white people wear them, while the rightful owners of that trend go unrecognised” (444). Dit word voorgehou as nog ‘n opsig waarin blankes die nie-wittes misken en benadeel. Sedert 1994 het baie inwoners enersyds gevorder van kaalvoet/voetsoolvlak tot plakkies en baie ander het gedaal van skoene tot plakkies. Dawjee het uitdrukking hieraan gegee deur in 2016 in plakkies te trou. Sy skryf ook oor die soort skoene wat bekruipers (“sneakers”) genoem word, maar deesdae mag ‘n mens nie meer sê watse bekruipers nie.

Dawjee het uiters bevoorreg grootgeword deurdat sy ‘n histories blanke skool in Valhalla bywoon het en haar ouers vir talle buitemuurse aktiwiteite betaal het, bv lesse in perdry. Politiek word by alles ingesleep. “I was well aware of the fact that my sister and I were being spoken to rather differently than white students … we were being addressed as though we might be a little stupid or slow” (494). “I always got the oldest, biggest, laziest horse. Those white kids got some poster-worthy equines” (501). Sy het ook tennis onderrig ontvang maar nie daarin gepresteer nie. Die lesbiese blanke Martina Navratilova was eens haar tennisheldin (511) maar rasoorwegings wen later en die swart Serena Willians neem Navratilova se plek in: “I worship her” (474). Let op die soort oordrewe stellings waarmee Dawjee oor bekende tennisspelers vorendag kom: Maria Sharapova “is the most average player ever and confirmed what we always knew: Serena is the greatest of everything ever” (2327).

Na aanleiding van Antjie Krog se boek, Begging to be black (2009), het Dawjee ‘n hoofstuk oor “Begging to be white?” geskryf. Sy kan nie iets oorspronkliks uitdink nie; net improviseer met wat ander mense uitgedink het. Hier is haar teks soortgelyk aan Haffajee se boek: Hoe salig is dit om wit te wees. Dit is glo maklik, eenvoudig, ens. Blankes hoef nie verantwoordelikheid vir hulle dade te aanvaar nie en hulle word toegelaat om in hulle onkunde te berus. Blankes word uitgebeeld asof almal welvarend is. Almal geniet na matriek ‘n oorbruggingsjaar (“gap year”). “White people are so privileged, they can afford to go and do nothing for a year and come back to have a tertiary education” (664). Dawjee het op jeugdige leeftyd reeds baie meer oorsese lande besoek as wat die meeste plaaslike blankes in ‘n leeftyd kan bybring. Sy kom ook graag vorendag met stories wat variasies is van die fiksie wat deur mense soos Oprah Winfrey en Jonathan Jansen versprei word, bv geleerde nie-wittes wat as bediendes aangesien word (1063) en welvarende nie-wittes wat deur blankes vertel word dat hulle nie ‘n T-hemp (693) of ‘n woonstel kan bekostig nie (1069).

Koos Kombuis het in 2007 uit die Afrikanerdom getree. Dawjee se variasie is: “A resignation letter to performative whites” (1006). Sy voel asof sy deur blankes misbruik is ingevolge die Stockholm-sindroom waarvolgens die slagoffer simpatie met die onderdrukkers ontwikkel. Sy gaan blankes nie langer vertrou nie. Blankes voel goed as hulle haar goed behandel. Sy hou nie daarvan nie. Van die min sinvolle standpunte in die boek is dat Dawjee minder van linkse liberaliste as van regse “rassiste” hou; nie dat sy respek vir enige van die twee, eintlik enige blankes, openbaar nie. “The good whites (those so tainted by their own moral superiority complex that they are unable to see the error of their ways) and the bad (those who openly wear their hatred on their sleeves). My preference, for the record, is for the latter. Give me an open racist any day. At least they wear their ignorance with conviction … They are … okay with their powerlessness” (1035). Dit klink soos die paranoia/vervolgingswaarsin van ‘n gepynigde gees wat nie ‘n gesonde balans handhaaf nie.

Wat blankes ook al doen, hulle sal haar guns nie wen nie. “Going to protests and painting underprivileged schools in underprivileged areas does not remove your whiteness” (1029). Om wit te wees, is om skuldig en verwerplik te wees. Nogtans het sy die onstilbare behoefte om blankes op te voed. Sy verfoei wit trane maar verwag uiteraard simpatie vir nie-wit pyn. “I will no longer pay for your journey with my pain” (1092). Haffajee wil mal word en Dawjee wil blind word van woede (haat?) jeens blankes (1035). Tot haar eer hou Dawjee nie van kwotas en die skyn van rasverteenwoordiging nie. “There is nothing worse to me than having a token black person” (1325).

In die hoofstuk oor depressie blyk dit dat Dawjee self die kern van haar onvergenoegdheid is. Sy probeer om haar lewensloop ouderdomsgewys te rekonstrueer. Hiedie poging doen hom as kunsmatig voor. Sy hou nie van haar eie onvolmaaktheid nie en wend haar tot self-haat (1126); haat wat myns insiens ook op blankes geprojekteer word. “Everyone knows I am a loser” (1137). Toe sy 14 jaar oud was, het sy begin rook. Daarna het dwelmgebruik gevolg. Sy misluk as student in die regte aan die Universiteit Pretoria. Let op die uiterste subjektiwiteit in die volgende beoordeling: “The University of Pretoria is a segregated black hole waiting to swallow lost souls and outcasts” (1411). Sy erken: “I will happily, proudly even, admit that I am untrainable. I am rebellious in the face of authority, I do not like being told what to do by people dumber than I am” (1923). Later word sy as student hertoegelaat en slaag in sielkunde as hoofvak, asook musiek. Sy gee vyf jaar lank onderwys, maar daar is onderbrekings weens sielkundige probleme.

Daarna voltooi sy ‘n graadkursus in joernalistiek en wen R50 000 in ‘n skryfkompetisie van die You-tydskrif, insluitende werk vir ‘n jaar. Drie blanke mede-studente wen ook werk vir ‘n jaar maar sonder die prysgeld. Desnieteenstaande vind Dawjee die werkopset onuitstaanbaar rassisties. “The media was a dog show and people of colour would always be the mutts” (1923). “Was I only there to maintain a good BEE demographic while keeping the place appropriately white?” (1934). Dit lyk asof sy gewoon nie op gelyke voet met blanke joernaliste kon meeding nie. Sy erken die kern van haar probleem met blankes: “I am afraid of white people” (1306). Sy gaan vervolgens by die Mail & Guardian werk. Daar word sy weer deur sielkundige probleme gekortwiek. Sy het ‘n verhouding met ‘n blanke vrou “that … make me feel like I am being used as a political badge of honour” (1264). “Am I a trophy of her progressiveness?” (1270). Daarna vind sy in Kaapstad werk en nadat hulle mekaar 21 dae geken het, besluit Dawjee en Rebecca Davis om te trou.

Oor interrassige huwelike verkondig Dawjee dieselfde waarheid as Jonathan Jansen (Praag 31.03.2018): “When a white person marries a person of colour, they are looked down upon. It is assumed that they settled for less. When a person of colour has a white partner, however, even their own people revere them. ‘They married up’ is a popular slogan” (1378). “My self-esteem when it came to white men had increased ten-fold since marrying a white man” (1730). Sy het hierdie man gevra om met haar te trou (1212, 1218). “I still subconsciously accept what the world has taught me even though I do not believe it: whites are exemplary” (1385) en “beauty is white” (1747). Sy geniet ‘n sekere televisieprogram waarin net blankes optree omdat blankes dan ook die arbeiders is. Dit stel haar in staat om te voel soos sy rasgewys wil voel: meerderwaardig (1407), maar blankes mag nie meerderwaardig wees of voel nie.

Dawjee gebruik haar boek nie net om lesers selektief oor Islam in te lig nie, maar ook om hulle in Indiese kultuur te onderrig. Sy vertel dat toe sy Indië besoek het, “I travelled with an Overseas Citizenship of India passport” (1817). Ingevolge Indië se grondwet het alle etniese Indiërs (en slegs hulle) die reg om aanspraak op burgerskap van hierdie oorbevolkte land te maak. Maar dit is Indië wat die uiters diskriminerende kastestelsel (gehad) het en dit is die Indiese regering wat jaarliks kapsie by die Verenigde Nasies teen Suid-Afrika se apartheidsbeleid gemaak het. Japan beskerm homself ook op etniese gronde teen inkommers, maar net die Suid-Afrikaanse blanke regering se segregasiebeleid is hoogs oordrewe tot ‘n misdaad teen die mensdom verklaar.

In die laaste hoofstuk kom Dawjee met die onoorspronklike stelling (voorheen ook deur bv Max du Preez oorgeneem): “It is our [non-whites’] turn to talk and their [whites’] turn to listen” (2550). Sy voeg by: “If they won’t, it is often going to be my responsibility to tell them to shut up” (2556). Kort daarna beweer sy egter sy is “encouraging a critical discussion on race” (2561). Met blankes wat hulle bekke moet hou? “I am not sorry that you feel silenced. I am not sorry for this, because your feeling silenced slaps the faces of those who have been silenced for far too long” (2628). Sy is militant of dalk eerder gewoon hardegat (“I became a hard-ass” – 1968): “I will contribute to a world where the white person, regardless of generation,* is forced to accept and understand their belonging to the class of the oppressor” (2567).** “I have realised that there is one ring that binds them [whites], so to speak, and that is their contribution to a reality that is actually quite fucked” (2604). “I am not sorry that my raised voice offends you” (2610). “I am not sorry that my truth offends you” (2628). “Sorry, but I am not sorry” (2640). [* “This almost genetic entitlement” (2634). ** George Orwell: “The oppressed are always right and the oppressors are always wrong” (Ricks, 454).]

Kortom, Dawjee se boek, soos dié van Haffajee, is ‘n prulwerk wat nie verdien om gekoop of gelees te word nie. Ek beaam die volgende stelling van Dawjee: “Not everyone is worthy of my time and investment” (2556).

 

Brief: Oor Lesufi-pop en ‘rassisme’

Na aanleiding van die Lesufi-pop wat blykbaar oornag sy verskyning gemaak het in Pretoria en die etiket van “rassisme” wat nou weer om volksgesindes se nekke gehang word, die volgende.

Behalwe die feit dat die geskreeuery oor “rassisme” nou uiters vervelig raak, besef geagte mnr. Lesufi skynbaar nie dat hy besig is om mee te doen aan volksmoord nie. Hy is besig om ‘n internasionale konvensie ten opsigte van volksmoord te oortree.

In die Suid-Afrikaanse Regskommissie se werkstuk oor Groeps- en Menseregte, Werkstuk 25, verskyn daar op p 334 die volgende oor Volksmoord:

11.28  ‘Sedert die stigting van die VVO is vier belangrike konvensies aangegaan wat minderhede beskerm, te wete:

i) Die Volksmoord-konvensie van 9 Desember 1948 (Die Konvensie met betrekking tot die Voorkoming en Bestrawwing van die Misdaad van Volksmoord)

11.29 Die Konvensie bepaal dat aantasting van ‘n nasionale, etniese, rasse- of religieuse groep met die doel om dit ten dele of in die geheel te vernietig strafbaar is. Onder volksmoord word nie alleen gereken die doodmaak van lede van die groep nie, maar ook die berokkening van ernstige liggaamlike of sielkundige leed aan lede van die groep…’

Kan die afdwinging van ‘n ander taal van onderrig of die gedwonge integrasie van rassegroepe nie gereken word as ten minste “ernstige sielkundige leed” wat die lede van ‘n bepaalde bevolkingsgroep aangedoen word nie?

Mnr. Lesufi moet maar hand in eie boesem steek. Wat is sy beheptheid met die onderdrukking van die taal Afrikaans? Voel hy magtig en meerderwaardig? Voel hy minderwaardig?

Die “ongelykhede van die verlede” kan nie “reggestel” word deur Afrikaans te probeer doodmaak nie. Mnr. Lesufi en sy administrasie moet daarop konsentreer om probleme in eie geledere reg te stel bv. swak opgerigte put-toilette* en wanadministrasie wat aanleiding gee tot die afbrand van bestaande infrastruktuur.

—Elma Potgieter

*In die laerskool in Noordwes was ek in ‘n skool met put-toilette en geen kind het ooit in daardie put-toilette geval nie.

Jeuggesprek op 27 April verskuif na Buffelsfontein-beesboerdery

Die gesprek rondom die rol van Afrikaanse jongmense in die huidige Suid-Afrika met al sy probleme is verskuif vanaf die NG Kerksaal, Waverley, na die bekende Pretoriase restaurant, Buffelsfontein-beesboerdery. ‘n Aksieplan sal geloods word.

Hier is die besonderhede:

Tyd: 10:00 tot 12:00 op Vrydag 27 April
Plek: Buffelsfontein-beesboerdery
Greenlyn Village Centre
Winkel No. 22 Thomas Edison
Pretoria, 0081
Enige vrae of probleme, kontak dr. Dan Roodt op Twitter @danroodt
of stuur e-pos aan inlig[by]praag.org
of Facebook https://www.facebook.com/danroodt
of laat ‘n Disqus-boodskap op hierdie bladsy

Suidpunt: Ek is nou klaar met Afrikaanse tydskrifte

Dis al diep in Aprilmaand en ek is besig om my boekrak en kartonbokse te takel. Tydskrifte en boeke word sorgvuldig krities bekyk, resorteer en sorteer: herwinningsak, biblioteek, antikwariaat of vriende/familie?

Daar is ‘n tyd om te kom, ‘n tyd om te gaan: my sin vir Afrikaanse tydskrifte is nou op.

DIE AANLOOP

Die eerste wat onder my weggeehamer beland is die Taalgenoot. Hulle kry my suster. Sy het daarvoor gevra.

Die Taalgenote het ek by my haarkapster op die dorp gekoop. Haar bejaarde vader [nou in sy saliger rus] was tot sy dood lid van die ATKV. Hy het die kwartaallikse tydskrif gereeld na sy dogter gebring. En sy het die kopie weer vir my gegee. Al om die 70 dae+ wanneer ek daar ‘n draai maak. En, soos mens maar is, wil jy ook niks verniet hê nie. Hulle het ook die geld nodig. Vir brood en so. Op daardie stadium het ek weer die leesstof benodig, omrede die Afrikaanse kultuurwêreld daarin bespreek is [soos resensies, agter-die-skerms-kyke, nuwe genres, die stand van vertaling, boekverkope, ens.]. Die universiteit het geen nuwe eksemplaar meer aangekoop nie (mens wonder seker hoekom?). Om buitendien ‘n fotostaat by die universiteit aan te vra van ouer kopieë is ‘n omslagtige en tydrowende marteling – dan moet die tydskrif maar liewer in my besit wees.

Om dieselfde rede het ek ‘n ander hopie leesstof gekoop; die Tydskrif vir Letterkunde uit 1988 tot 1990. Hul geskiedenis loop terug na Mosselbaai. Ek weet nie of dit net ‘n Hartenbos-Mosselbaai-ding is nie, nè, maar met ons het die inwoners vreeslik geselserig geraak. Hulle vis ongemerk uit oor jou agtergrond, waar jy bly, wat jou beroep is, kyk ongemerk waar pappie se motor staan; maar jy steur jou nie daaraan nie, want jy is in ‘n vakansiebui. En dis immers “Suid-Kaapse vriendelikheid”. Die goeie ou waardes, dink jy nog. Nou kyk, met my moeder het dit by ‘n haarsalon gebeur, en met my by ‘n boekekraampie. Die prys is by die haarkapster so taks opgestoot (nadat die hare reeds gekap en die prys voorheen afgespreek is!), en ek, as verleë student, moes R300,00 vir 10 papierdun tydskriffies opdok by ‘n boekekraampie [van tweedehandse boeke] wat boonop vir liefdadigheid geskenk is! Die ou boekekraamvrou het so ‘n regte steekbaard gehad; die ou heks van Endor uit die Kinderbybel in lewende lywe. Van die boeke wat ek toe koop sê sy sommer die prys wat voorin staan is verkeerd en maak dit hoër. Dis mos Boerebedrog!

Vandag is ek spyt ek het nie summier op my hakke omgedraai en uitgeloop nie [as onderhandelingstaktiek om die prys te laat daal]. Maar hei, jy is verleë, jy het die goed nodig vir jou studies. Die Wet van Transvaal geld ook hier onder in die Kaap. Ek begin al meer dink Afrikaners is daarop uit om mekaar te bedonder en uit te roei.

Die teerling is gewerp: na die biblioteek toe met julle.

‘n Ander hopie, die De Kat-tydskrifte, het ek by die biblioteek teen R1,00 stuk gekoop. Hulle toekoms is nog duister.

Nou terwyl ek op 10 April besig was om deur die tydskrifte vir oulaas na inligting te sif, kom ek af op ‘n lesing van Hennie Aucamp.

Hy praat oor alles en nog wat. Daarin trek hy te velde teen enige sensuur, ook kommunistiese boeke wat verbrand of verban word [hy praat van ‘Anna Seeghers’ en ‘Lion Feuchtwanger’ wat ‘gelukkig’ nog gelees word – name waarvan ek nog nooit gehoor het nie. Is dit ‘naamsmousery’?].

Maar hy bepleit ook vir ‘n vryer ontdekkingstyd in die laerskool en later. Kinders moet Nederlands speel-speel op laerskool kry met heerlike avontuurverhale; kinders moet toegelaat word om Rooi Jan-, Tarzan– en Keurboslaanboeke te lees en te geniet (en onderwysers moet hul bek daaroor hou), anders grens dit aan indoktrinering en permanente vervreemding van die letterkunde. Hy dink glad nie seunskinders sal “‘n trek na hoogs verfynde styl in hul laerskooljare” hê nie. [Eintlik probeer hy net sê: laat hulle soveel van hierdie verstrooiingsliteratuur lees totdat hulle genoeg daarvan gehad het. En klaar is met die dinge van ‘n kind.]

Hy vra hom af of die Afrikaanse letterkunde ruim genoeg is om te voorsien in die behoeftes van mense wat Afrikaans lees, soos Afrikaans-, Engels- of Duitssprekendes, maar ook Xhosa- en Zoeloesprekendes.

In dieselfde troonrede vra hy egter terselfdertyd groot asseblief dat Afrikaans aangevul moet word met vertalings, want aai, “[o]ns kan dit nie bekostig om geslag na geslag leerlinge op die skraal dieet van nostalgie groot te maak nie.” […] “Kan die Engelsman ooit respek vir die Afrikaanse boek ontwikkel as hy ruggraatlose storietjies voorgeskryf kry? Gee vir hom Raka, sê ek, dat hy kan voel: dis die moeite werd om hierdie teks te verower, want dit is groots gedink” (p.32).

En dan, die volgende paragrawe (p. 33):

Wat vertalings betref, het Afrikaans oor die afgelope dekades bestendig agteruitgeboer. Die populêre tydskrifte van my jeug, Die Huisgenoot, Die Naweek, Die Huisvrou en Die Brandwag het hul ontspanningstaak ruimer gesien as die hedendaagse tydskrif. Hulle het gereeld vertalings geplaas uit Duits, Frans, Sweeds, Noorweegs, Italiaans. Ek het De Maupassant, Deledda en Pirandello in my laerskooljare leer ken in populêre Afrikaanse tydskrifte. Dit het ‘n spontane absorbering van letterkunde beteken. Op grond van tydskrif-vertalings het ek en my suster vertalings begin koop met ons spaargeld, want ons het gevoel: hier is dinge wat ons ánders, várser, na die wêreld laat kyk. Wie vroeg genoeg wêreldletterkunde ontdek, sal die lewe nooit weer met die oogklappe van kleinburgerlikheid kan aankyk nie. Dalk is dit die grootste euwel van ons tyd: dat daar te veel van alles beskikbaar is; ook leesstof. Die kans dat jy die goeie ding kan misloop, is nou soveel sterker. Want waar sal jy die goeie ding soek? Nie meer in populêre tydskrifte nie. Die draers van populêre kultuur, soos Die Huisgenoot en Rooi Rose, probeer alles vermy wat na elitisme sweem.

Vertalings is nou tot letterkundige tydskrifte verban. Het Volk sal nie meer aan buitelandse kieme blootgestel word nie. Het Volk sal kragtig gedy op ‘n roomys-en-roomkoekdieet. Wat ‘n ironie: dat tegnologie – die tydskrif, T.V., video’s, – ‘n laer om ons begin trek wat ons visie versper. Want ons kyk ons vas teen uiterlikhede: teen Dallas en die Britse Vorstehuis.

Volgende blad:

Maar waar, o waar, moet die stem van die Afrikaanse kritikus vandag opklink? Standpunte is opgedoek, wat vir my die treurigste voorbeeld bly van ‘n kultuur wat homself verraai het.

Hy gaan op dieselfde bladsy dan behoorlik te kere oor kritici wat in dagblaaie publiseer, weens ‘n gebrek aan ruimte in literêre tydskrifte, glo hy. Die meeste akademici is skynbaar bitter moeilik te speen van die allerjongste literêre –ismes en hul geskriffies is gewoonlik bo die gemiddelde leser se jakkals.

En dan, uiteindelik, die volgende relaas (p. 37):

Maar die Afrikaanse tydskrif – op De Kat na – sien sy kultuurverpligting teenoor Afrikaans nie meer in so ‘n ernstige lig nie. Ek dink hier spesifiek aan Die Huisgenoot en die Sarie.  Die Sarie kondig nou, o, so Amerikaans, boeke aan: ‘n foto van ‘n boekomslag, ‘n paar sentimeter teks, en daarmee basta. En eenmaal, in geseënder tye, het Rykie van Reenen, onder die skuilnaam Elizabeth Tradoux, kolomme geskryf in Sarie oor die jongste Opperman en Van Wyk Louw, in toeganklike Boere-Afrikaans, en só die ”groot kanonne” met gemak aan haar lesers verkoop.

Praat jy met tydskrifredaksielede oor die vervlakking wat hul tydskrifte ondergaan het, kyk hulle jou meewarig aan. ”Die tye waarvan jý praat, is vir altyd verby”, sê hulle dan, ”ons gee die publiek wat hulle vra.” Is skitterskyn werklik al wat die publiek wil hê, of wil hulle nou hê waaraan hulle gewoond gemaak is: diepdruk en glanspapier en internasionale perskopie? Hoekom is De Kat dan só ‘n sukses? Bewys dit nie dat daar ‘n behoefte is aan ‘n Suid-Afrikaanse tydskrif vir denkende mense nie; ‘n brug tussen massakultuur en opperkultuur?

‘n Paar bladsye terug skryf hy (p. 34):

Dis ook Uys [Krige] wat voortdurend waarsku teen die onoordeelkundige gebruik van die kwalifikasie groot binne die Afrikaanse kritiek. ‘n Mens hoor te dikwels van boeke wat ”briljant”, ”verbluffend”, of  ‘n ”kragtoer” is, waar hierdie boeke hoogstens verdienstelik is. Die Afrikaanse boek mag uiteindelik hieronder ly – ‘n publiek wat keer op keer mislei word, gaan ophou koop. ‘n Hollandse vriendin wat ál die pieke in Afrikaans meegemaak het, weier om langer Afrikaanse poësiedebute te koop of selfs te lees. Elke keer die ”fanfare”, sê sy, en as jy die bundel oopmaak, dan maar weer ‘n ”pubergeklodder”.

Hierdie rede is nie kort voor Aucamp se dood in 2014 gelewer nie. Dit was op 7 Oktober 1987 op Welkom voor leeskringlede en bibliotekarisse, ”gereël deur die Suid-Afrikaanse Instituut vir Biblioteek- en Inligtingswese (Vrystaat-tak), in samewerking met H.A.U.M. (literêr), die Direktoraat Kultuursake, en De Kat. ” Die volledige teks kan jy vind by Tydskrif vir Letterkunde, Mei 1988 (XXVI:2), bl. 26 e.v.

Ek dink dit is hoog tyd vir ‘n ordentlike resensie.

DIE AFWATERING

As jy vandag die ATKV-Taalgenoot naas die huidige De Kat plaas, kan mens kwalik enige verskil sien.

Jy sien, op bl. 60 van die ATKV se Taalgenoot van September 2006 staan daar nog uitdruklik:

Een van die ATKV se waardes lui soos volg: ‘Die ATKV baseer sy aktiwiteite op ‘n Christelik-Bybelse grondslag’. Wanneer ‘n persoon om lidmaatskap aansoek doen, verklaar hy onder meer dat hy ál die waardes van die ATKV onderskryf en nastreef […] die voornemende lid […] aanvaar dat die ATKV die Christelike boodskap uitbou. In die verlede het lede verklaar dat hulle aan die Christelike geloof behoort. In praktyk het dit dikwels beteken dat die persoon slegs aan ‘n Christelike kerk behoort en nie werklik Christelike waardes uitlééf nie.  Met die nuwe formulering van hierdie voorwaarde verklaar die lid dat hy of sy die Christelik-Bybelse waardes ondersteun, respekteer en bowenal nastreef. Verder aanvaar die lid dat die ATKV die Christelike boodskap uitdra. Die ATKV is dus steeds onbeskaamd Christelik en ‘n aflegging en verbreking van hierdie verklaring is ‘n gewetenskwessie van die betrokke lid.

Dit was nou in die jare van Johan van Schoor aan die stuur. Die tydskrif het eintlik baie aan die Vrouekeur van destyds herinner. Gewoonlik ook ligte leesstof passend by die vakansieluim by een van sy oorde.

Teen omtrent nege jaar later het die organisasie die Christendom en die Afrikaner se edele ideale by die agterdeur uitgesmyt, en BOKPOOT met dekadensie en marxisme vrye toegang by die voordeur gegee. O nee, ek lieg, want by die aansoekvorm  staan daar die volgende reliek heel onder: ”Ek verklaar hiermee, namens myself en my gade, dat… Ons die uitlewing van die Christelike waardes van die ATKV respekteer en aanvaar dat die ATKV die Christelike boodskap uitbou.” O, ek sien – op ‘n tegniese puntjie is julle nie meer fundamentalisties nie: die ‘Christelik-Bybelse waardes’ het gewaai. Geen kommer, geen kommer, die Voortrekkers se Verkennerhandleiding uit 1983 (derde druk) is véél minder inklusief as julle s‘n:

As jy nie ‘n gelowige Christen is nie, sal jy nie tuis voel in Die Voortrekkers nie. Die geloof in die drie-enige God is die lewenskrag van die Beweging, en een van sy doelstellings is om dié geloof by jou in te skerp. As verkenner sal jy by elke Voortrekkerbyeenkoms deel wees van ‘n groep mense wat die Christelike godsdiens met dankbare vreugde beoefen. Gebruik die geleentheid wat die Voortrekkers jou bied om die liefde tot God en jou naaste oral en altyd te laat geld.

As jy nog nie seker is wat die bogenoemde Voortrekkerreël (p.6) van destyds behels nie:

Om God te eer

Ons begin by ons verhouding tot God. As ‘n Voortrekker oor God praat, bedoel hy dié God wat die Vader van Jesus Christus is en wat sy Heilige Gees aan ons gegee het. Hy is die drie-enige God: die Vader, die Seun en die Heilige Gees.

Ons ken Hom omdat Hy Hom aan ons geopenbaar het.

Die Bybel bevat die getuienis oor sy openbaring.

[…]

Wat ons aan Hom verskuldig is, leer ons in die Bybel.

Dis net ironies dat die ATKV te midde van hierdie marxistiese tydskrif [lees verder] vir die Bybelgenootskap stap ter fondsinsameling (nog in 2016 laas, verneem ek).

Maar terug by die minder elitistiese, onfascistiese tydskrifte.

Nou die Taalgenoot-tydskrif, wat eens vreeslik op sy agterpote was oor byvoorbeeld liberale wetgewing rondom homoseksualiteit en aborsies (April 2005, p. 13-16), nogal getiteld ”Regstelsel sonder remme?”, skryf tans ewe onbeskaamd oor die vreugdes en stigma van homoseksualiteit, veral ‘koekstamp en giggel’ [om nou uit die Gayle-leksikon aan te haal]. So nou en dan word ‘n paar uitspattige foto’s van ”fopdossers” [hulle gebruik die woord, nie ek nie] en transvestiete geplaas, sommer vir die grap. En hier dag ek heeltyd homoseksuele trek maar heel alledaags aan, soos die res van ons sterflinge. Verder: kleurblinde verhoudings, vroue-chauvinisme [of, soos die kommentator Jared van Niekerk dit stel, mannetjiesvroue wat al hoe meer lyk soos die einste spesie wat hulle verag (mans!), nie feministe wat maar gewoon ‘selfde werk’ = ‘selfde geld’ = ‘selfde respek’ = ‘selfde regte’ wil hê nie], seks [of dan, erotiese kapitaal] – laat waai maar. Toevallig doen De Kat dit ook.

Die geweldige obsessie met randfigure en minderhede ken egter sy perke. Want ” ‘n klein randgroepie” – dis nou PRAAG-skrywers/-lesers volgens ‘n woordvoerder van AfriForum, Kallie Kriel, luidens die RSG-nuusbulletin op 13 November 2014 om 13:00 – sal nooit hul voorblaaie haal nie.

Albei is glanstydskrifte met PICA-benoemings (of -pryse). Albei behandel Zef- of swak, onooglike agterbuurtdekor (roes) as iets verhewe of alternatief teenoor die logiese, rasionalistiese denkwyse wat vorm, funksie, skoonheid, suiwerheid en eenvoud adellik nastreef. Laasgenoemde is seker te elitisties – nee, nivellering moet plaasvind. Net soos die onderskeid tussen suiwer en onsuiwere taal nou dadelik moet uitgewis word ( https://dekat.co.za/afrikaans-is-cool-my-bra/ ).

Albei tydskrifte gesels met ‘n marxistiese ingesteldheid oor die Afrikaner se geskiedenis; dog hunker hulle ewe onbeskaamd terug na die glorieryke Britse koloniale tye toe alles glo beter was. Die helde is Amerikaans, met inligting wat jy ewe lui-lui van die Engelse Wikipedia kon afgetrek het.

* “Identiteitskrisis”,

* “die kuns van wit manlikheid”,

* “Geweld: ‘n Afrikaner-erfenis?”,

* “Die taal van ‘n revolusie – Nasionalisme kaap die taal”,

* Afrikaanse popmusiek wat tydens Apartheid soos die Schlagermusiek van Duitsland was: Apartheid het juis die lirieke deur sensuur oppervlakkig gemaak net soos die Nazi-Duitsland se Kraft durch Freude… [KULTUURMARXIS-BINGO! DAAR KRY HULLE DIT WÉÉR REG!] met die uitstaanskrif: ”In teenstelling met poëtiese lirieke, wat introspeksie vereis, verlei Afrikaanse popmusiek” [vernaamlik seker deur Afrikaners gesing?] ”sy gehoor tot vlak ekstase wat bydra tot die ontkenning van ongemaklike realiteite in Postapartheid-Suid-Afrika”.

Al hierdie aanvalle, ekskuus, byderwetse perspektiewe moet die niksvermoedende leser op sy vakansie op sy opblaasmatrassie op Klein Kariba vir lief van kennis neem. Taalgenoot. Lente-uitgawe 2016, met Nicola Hanekom op die voorblad langs die Azaniëvlag. Tema op die rugkant: Erfenis. Eintlik: Die sondes van die vaad’re. Ironies genoeg het Japie Gouws, die destydse besturende direkteur, dit goed gedink om in hierdie ”kwartaallikse pragtydskrif”, soos hy dit stel, op bladsy 79 van dieselfde uitgawe te skryf: ”Die ATKV se doelwitte is om taal en kultuur te gebruik sodat mense mekaar kan verstaan.”

excreta tauri astutos frustrantur

Skynbaar het hierdie aantygings niemand ontstel nie, soos jy later sal sien met die sirkulasiesyfers. Ek kom nog daarby.

Maar so gepraat van identiteitskrisis, ek het iets uit Aucamp se lesing vergeet (p. 37):

Ons is ‘n oorgangsgeslag, het dr. Con de Villiers gesê, en ons weet dit. En dan het hy hom op Keiser en Galileër van Ibsen beroep, ‘n grootse drama oor die oorgang van „die ou heidense sekerheid“ na die nuwe ideologie, die Christendom. Die eerste Christelike keiser sê op ‘n keer: „Die oue is nie meer mooi nie, maar die nuwe is nog nie waar nie.“

En dis waar die Afrikaner vandag is: op die grens tussen die ou en die nuwe. Die nuwe, naamlik Suid-Afrikanerskap is nog nie mooi óf waar nie, want niemand weet presies hoe dit gaan wees nie. Jonger skrywers begin hulle pad invoel in die onbekende in; ouer skrywers staan dikwels terug, nie omdat hulle onsimpatiek is nie, maar omdat hulle nie energie vir die oortog het nie.

Antjie Krog het eenkeer in Stellenbosch die dilemma van die jong Afrikaner gestel. Haar ouers en Van Wyk Louw, het sy gesê, het geweet wat ‘n Afrikaner is, en kon vanuit dié gerustheid skryf; maar sý weet nie meer mooi wat ‘n Afrikaner is nie.

Onthou ook hierdie stuk, ek kom later daarnatoe terug. Terug na die tydskrifte.

So nou en dan as naskrif word darem ietsie oor die natuur se agteruitgang genoem. Om die puntekaart vol te maak. Of dit nou kurkdroog is vir twee jaar, net om die volgende twee jaar oorvloedige reën te kry; nee, selfs al is die weer DOODNORMAAL – jy sal dit hoor: dis klimaatsverandering/aardverwarming/kweekhuiseffek. Op skool het ons geleer klimaat = láááángtermynweerstoestande (oor 50 jaar+), nie elke uur van yr.no se webverfrissings nie.

Albei tydskrifte bestaan uit meer foto’s as skryfwerk. Meer opinies as feite. Albei gaan grawe in vervalle hole en krotbuurte waar [dikwels] vroeër Afrikaners gebly het, maar laasgenoemde die wyk geneem het – miskien om die leser skuldig te laat voel en ‘n geldjie te laat gee in die verkruppelde leefruimte? Of nee, daar word gewys hoe kosmopolities kleurryk die plek nou is, met ‘n ander gee-gee-gee: “Geborge GemeenskapsGevoel”. Ander kere gaan hulle op hol oor gentrifikasie in die hartjie van Johannesburg (en die arme, arme uitgesetenes), min wetende in Amsterdam (ja, ek lees ook soms Het Parool, https://www.parool.nl/4531110 ) is daar ‘huisjesmelker(s)’ [iemand wat leef op huurgeld, of buitensporig baie huurgeld vra en soms weekliks die geld gaan opeis] wat tot 1.600 adresse (lees: eiendomme, woonstelle, meenthuise) BESIT! Ek probeer steeds kloutjie by die oor kry wat die sin van ‘gentrifikasie’ in ‘n Afrikaanse tydskrif werklik is – want duidelik, vergeleke die Hollandse ‘kapitalistiese grondvergrype’, verkeer Suid-Afrika in ‘n sosialistiese paradys. Daardie berigte in Taalgenoot en De Kat is duidelik nie op mý van toepassing nie. Ek besit nie eens eiendom nie. So waarom moet ek dit lees? Hulle moet die EFF eerder Amsterdam toe stuur. Die bottelblond van GroenLinks sal hulle met ope arms verwelkom. Liewe Taalgenoot en De Kat: Wat julle skryf mors net spasie en spreek van jul eie onkunde. Asseblief, skeur uit. Gooi weg. Dis soos advertensies van KanTong, Mmmm…Fresh! en Vanilla Coke in die jaar 2018 – nie een is meer met ons nie.

Taalgenoot adverteer LAPA eksklusief (wel, duh, in Oktober 1996 het die ATKV vir J.P. van der Walt en Seun gekoop en die naam verander na Lees Afrikaans Praat Afrikaans), De Kat adverteer weer onbekostigbare luukshede en handelsmerke. Waaronder mnr. Rupert se elegante Cartier-kroonjuwele, toe ek laas nog gelees het.

En so nou en dan kry jy as bonus (half)naaktheid op die voorblad van albei tydskrifte. Of sommer net gephotoshopte tiete tussen die riete. Selfs die slegste staatsmatras sou bloos oor die onsmaaklikheid. Als by die prys ingesluit. Ongelukkig het selfs opelyf-Loslyf gevou, maar siende blind moet ons nou nog ‘n dèjá-vu hiervan kry. Eintlik verbasend in ons heelal waar pornografie, ekskuus weer, KUNS, so maklik bekómbaar is.

Maar 69 111 kopieë, van Kwartaal 4, 2017, soos die sirkulasiesyfer toon van Taalgenoot (waarvan die meerderheid lede, wat min of meer R1.000,00 per annum betaal, die vier eksemplare jaarliks gratis ontvang), kan tog sekerlik nie verkeerd wees nie. Die sirkulasiesyfer word uitdruklik so gestel op Marklives.com ( http://www.marklives.com/2018/02/abc-analysis-q4-2017-the-biggest-circulating-consumer-mags-in-sa/ ). Hoewel my niggie, ook lid, erken sy het nie geweet van die [destyds onlangse] ontwikkeling op Hartenbos nie; sy prop die tydskrif (nog in sy plastieksakkie) gewoonlik êrens in ‘n laai en vergeet daarvan. Sy kry skaars tyd om te lees, sê sy.

Maar nietemin, Hennie Aucamp (rus in vrede) sou seker steeds trots gewees het op die uitsonderlike akademiese verdienstelikheid en allerlei onderwerpe oor hogere kuns. Sy aspirasies vir De Kat, en seker ook Taalgenoot, brand in die redaksies nog hoog. Die vlam staan onuitblusbaar sommer ‘punt in die wind’. Daar word mos in diepte gesels oor die relevansie van Loci Communes Theologici as deel van ons Nederduits Gereformeerde én Hervormde kerke se erfenis? Nee? Of wat van hoe bruikbaar die Antidotarium Gandavense (aptekersboek van Gent) uit 1663 nog vir ons is? Ook nie? Goed, kom ons maak dit maklik: hoe lyk Nielsen BookData se verkoopsyfers in Afrikaans? Ek weet resepteboeke en outobiografieë gaan weer bo-aan die topverkoperlys wees, want die Afrikaner het vergange jare gelede al die koring van die kaf geskei wat bruikbaarheid betref. Maar kyk, nè, ons moet darem iets bruikbaar vir die laer-/hoërskool leerlinge én nagraadse studente ook hê, man.

Maar nee, ons het hier twee identiese klone (verskoon my pleonasme). Ek wonder net watter uitgewer gaan watter een nou eerste aanvat oor hierdie skaamtelose kopieregskending wat idees betref. Ek wag in spanning.

DIE SLOTSOM

Uit alles wat ek tot dusver geskryf het, merk ek die volgende:

  1. Dit  is nie meer vir my lonend om deur 99,99% van die excreta rond te dool en delf na 00,01% bruikbare artikels nie. Nog minder om die excreta onder my bed soos konyne aan te hou.
  2. Populêr-wetenskaplike tydskrifte in Afrikaans kan twee uiterste rigtings inslaan waarvan Aucamp gepraat het: of volkome akademisering [en dikwels verengelsing], of verdere afwatering en verloedering. En die lesers dring nie aan op beter onderwerpe nie? Waarom nie? ‘n Derde rigting bestaan ook wel: die uitgewer maak toe en trek die tydskrif saam na sy geldgraf.
  3. Waar godsdiens uit die Afrikaanse tydskrifte verwyder of afgewater word, ly die sekularisering by die glanstydskrifte noodwendig tot marxistiese onderwerpe. Met Standpunte se geval, ‘n literêre tydskrif, het André P. Brink by ‘n vergadering gesê hy wil dit in ‘n militante blad omskep, dat letterkundige gehalte nie die enigste maatstaf sal wees nie, maar ook sosiale en politieke oorwegings (J.C. Steyn, 1980, Boekewêreld, p. 441). Aai, aai, aai. Blykbaar bestaan daar nie iets in die Afrikaanssprekende taalruimte van ‘n ontspanne libertynse gees [NIKS (bo in die hemel of onder op die aarde) is my baas nie, maar haai, ek het die vryheid om te kan vlieg! Kom ek kyk hoe hoog!] of verdere distillering van die beste uit die verlede of veredeling of verhoging van die hele mensdom tot ‘n halfgoddelike wese nie. Daar is net géén middeweg nie. Dis alles net bergaf. Alles uit die verlede is uit die staanspoor uit die bose en moet ongedaan gemaak word. Trouens, die tydskrifte bly eenvoudig net in die verlede vassteek – by Apartheid. Uit verveling raak ek weg in ‘n dagdroom oor ander onderwerpe.

Dié tafereel: Ek droom oor ‘n palmtakskuiling op ‘n tropiese eiland stoksiel-salig-alleen tussen twee reuse kokosneutpalms met ‘n oneindigende sandstrand. ‘n Hangmat met knoop-en-doop-patrone. En hier lê jy: ‘n Hooftooisel vrugte soortgelyk aan Carmen Miranda s’n. ‘n Papegaaibont oopknoophempie met losse skeloranje baaibroek. Hibiskus agter die oor. Seerower-oorbelle, opsioneel. Goue ketting om die nek. Nee, maak dit blommekrans van frangipani-blommetjies. ‘n Glas yskoue vrugtesap met ‘n rietjie en oopvousambreeltjie. Sandjies en skoenlappertjies tussen die toontjies. ‘n Swartluiperd op die klapperhaarbed vir geselskap wat RRRAU sê (ek los maar eers my slang in sy mandjie). Branders breek teen ‘n waterkonstante 28ºC. Seesproei. Kristalhelder water, blouselblou in die ope lug met net hier en daar ‘n stapelwolkie teen die gesigseinder. ‘n Ligte roering in die oggendlug. Temamusiek van Brandon Fiechter (‘Coral Reef’) – Ware Eilandmusiek. En daar het jy dit: die strewe na eenvoud moet vooropgestel word. Neem hierdie streekproef in jou motorhuis… Watter kartondose staan in ons pad na eenvoud? Almal hou tog van hierdie idilliese beeld? Dalk nie:

Na een jaar begon het eentonige leven [in Tahiti] sommigen te vervelen. Zij [de matrozen] misten hun rum en zij dachten aan Londen (Arthur Schendel, Eiland in de Zuidzee, 1936, 115).

Nou maar goed, dan. Volgende.

Of: ‘n futuristiese gebou iewers in 2025. Dystewels, katpak en handskoene wat pas asof hulle aangegiet is. Die elektriese motor staan by die laaipunt. 98% klaar, sê jou tablet. Kliniese daktuine in wolkekrabbers wat stiptelik-gerekenariseerd hulself die soveelste keer benat en reguleer met dieselfde water wat in 2022 nog  ingetap is. Skaars ‘n druppel gaan verlore. Slaaiblare word binnenshuis verbou en geoes vir die minimark benede. Proefplase wat goed in Singapoer ontvang is (soos Sky Greens), brei uiteindelik hierheen uit.

Dít terwyl Taalgenoot en De Kat magspraatjies hou oor die skaduwee van Apartheid? Geen wonder die ATKV moet leesprojekte konstant van stapel stuur nie – die jeug wil nie meer lees nie. En mens wonder tereg hoekom.

  1. Die redaksielede en moontlik lesers self sit met ‘n identiteitskrisis. Wanneer word hierdie spul adolessente in hul 30’s, 40’s, 50’s, 60’s+ nou ‘n slaggie groot? My liewe genade (!), net pubers onder 25 spring nog tussen Cybergoth- en Furry-subkulture rond. Op 21 (ook al 7 jaar terug) was ek in ‘n geweldige depressiewe put van ellende oor die sin-van-die-lewe, nie oor Afrikanerskap of identiteit nie! Die dood was permanent voor my deur: baie dankie aan die rigtinglose, liberale skool- en universiteitsopleiding hiervoor. C.J. Langenhoven het toevallig presies dieselfde gevoel op universiteit – dat die lewe maar bloot ‘n siek spel is. Seker genoeg om ‘n genie soos hy na die drank en die pen te dryf. Gelukkig, te midde van die momento mori, sien mens tog op die ou end nut in jou hande, en as jy sien iemand gebruik jou werk met die grootste blydskap, maak dit mens gelukkig. En spoor jou aan om selfs iets nuttigers te doen. Nie dat jy onvervangbaar is nie, maar dis iets bruikbaars waarop ander kan voortbou. En dan begin jy belangstel in die patroonmatigheid van mense: dieselfde probleme wat kort-kort opduik. Kort voor lank begin jy ‘n effense utilistiese ingesteldheid kry, en begin gou insien wanneer praatjies afstuur op ‘n dooie punt. Daarom is dit vir my onnodig, selfs onsinnig, om nog derms te ryg oor iets so abstrak soos Afrikanerskap, of Boere-identiteit. Kortom kom dit maar net neer op: jou woord is jou eer (en middelvinger vir die globaliste). En dis dit.

Dalk is dit omrede my grootouers aan vaderskant Hollanders is, en ek miskien bietjie nader aan ‘n Europeër voel, maar oor so iets gaan ek nie my polse sny nie. Wat my betref is die hele Afrikaneretos (van 28 bladsye) vervat in Verkennerlewe van die Voortrekkers. Daar is ook referate gehou in die 1960’s soos ‘Die Waardes van die Afrikaner’ ens. As jy dus nog nie weet wat ‘n Afrikaner is nie, moet jy teruggaan laerskool toe – want duidelik kan jy nog nie lees nie.

  1. ‘Suid-Afrikanerskap’ is maar net ‘n vae herinnering aan nasionalisme. Dit het niks om die lyf nie: juis omrede jou Suid-Afrikaanse identiteitsdokument en paspoort nie soveel voordele inhou soos ‘n Duitse een nie. Mense het praktiese wesens geword: hulle hou nie daarvan om perdedrolle vir sitroene verkoop te word nie. Wat my betref het die Afrikaners post-1994, hetsy apaties, hetsy sinies, hetsy opportunisties, hetsy etnogesentreerd, hetsy rasgesentreerd geword, én party kots (teen hul beterwete) nog steeds ‘n sierlike reënboog en poep nootvas op maat van die Shosholoza ‘n skittery 1994-eenhorings in hul rubrieke.
  2. Nou sal mense dikwels, soos Japie Gouws in twee tydskrifte geskryf het, sê ”ons moet gesels en gesprekke voer”. Die doel is glo om brûe te bou tussen die onderskeie kulture. Want so leer ons mekaar mos ken. In teorie. Maar wat is daar nog oor om te sê? Gaan ons gesels oor die wetenskap? Oor die uitsonderlike geleenthede wat X bied? Gaan ons gesels oor die nuutste tegnologiese ontwikkelinge? Gaan ons gesels oor die watervoorraad wat opgebou moet word? Gaan ons gesels oor damme wat geskrop moet word vir die volgende reëns in die Wes-Kaap? Nee. Ons gaan gesels oor ras. En klas. En die onreg van die verlede. En blanke bevoorregting. So is dit nou eenmaal op die kussings borduur. (Nou is ‘n gulde geleentheid om na my denkbeeldige eiland te vlug).

Ek kry al hoe meer die idee ons word doelbewus, ambagtelik bearbei; aan die gesels of skel/vloek gehou. Waarom? Hou hulle besig; die gesprekke lei tog nêrens heen nie. Waarom? Om hulle aandag van nuttiger werk af te weer. Waarom? Sodat hulle te besig is met wrewel op te bou as om hul staal as volk te wys. Waarom? Want waarom sal jy wil deel wees van daardie morrende kwynende klakous-volk? Goeie vraag.

Dr. Dan Roodt het reg: kultuurmarxisme is soos sifilis. Dalk eerder soos vigs.

Deur direkte oorlogverklaring sonder rede kan die bevolkings mense nie verminder word nie – dis onmenslik. Maar waarom nie mense universeel verdom nie? Waarom mense nie onredelik maak nie? Hul skool- en universiteitskurrikula wêreldwyd verswak nie? Hul desensitiviseer deur onmenslike geweld op TV en videospeletjies uit te beeld nie? Waarom mense nie ongeduldig maak nie [vergelyk die prikkelbaarheid van doodgewone mense in ‘n Leon Schuster-fliek van destyds en onlangs]? Waarom mense nie oorsensitief maak vir woorde soos die uiters doeltreffende ‘kreupelsorg’ wat ek sommer nou die dag in die destydse Panorama lees (‘wat ‘n vieslike naam kon die Apartheidregering nie bedink het nie!’), maar minder sensitief vir die uiters swak diens vir ‘gestremdes’ in staatshospitale nie (‘ag, dis maar orals so’)? Dis amper soos: kies tussen ‘n uiters doeltreffende ‘ouetehuis’ tydens Apartheid, of minder doeltreffende ‘tehuis vir bejaardes’ van vandag. Sulke sagte woordjies om die pyn mee te verdoof, my liefie.

Maar waarom nie mense teenoor mekaar opsweep nie? Waarom nie tweedrag saai nie? Waarom twee keiharde stene [kultuurstelsels] wat nie saam kan maal nie, juis met mekaar laat slaags raak nie?

Ook hiervan is die heilige, morgenrood-soete-dou Afrikaans duidelik nie vry nie.

Speel ons uiteindelik in die hand van die globaliste?

As jy nog nie die stilprent Metropolis van Fritz Lang gekyk het nie, beter jy dit spoedig doen. Op die ou end kry die globaliste tog wat hulle wil hê, deur die robot-weergawe van Maria. Versinnebeeldend van die dekadente media van die 1920‘s. En 2020’s.

Ek dink die poeletjie Afrikaanse tydskrifte het vir my te klein geword.

SUIDPUNT SE NUWE PAADJIE

Ek kan my heelwat hooggeplaastes indink wat ‘n ertjie gaan kraam oor mense soos ek wat hul neuse optrek vir Afrikaanse goed. Maar, Meneer, Mevrou, Dominee, Professor, u Majesteit, U Heiligheid die Pous – met alle respek, dit-moi, lisez-vous vraiment cette merde?

Je voudrais m’excuser pour mon français qui n’est pas sans fautes, mais ce n’est pas ma langue maternelle. C’est pourquoi j’apprends le français. J’ai alors décidé de chercher de nouveaux horizons.

Gewelddadige betogings in Noordwes duur voort

Die situasie in Stella in Noordwes is gespanne waar brandbestryders ‘n ruk gelede steeds die brand by die kantore van die Naledi-munisipaliteit in die dorp probeer blus het, berig RSG. Ontevrede betogers het die kantore deur die nag aan die brand gesteek. Hulle eis HOP-huise en die bedanking van die premier Supra Mahumapelo. Plaaslike skole is vandag gesluit. Betogers is volgens berigte egter vasberade om met hul protesoptrede voort te gaan totdat daar aan hul eise gehoor gegee word. Die polisie is op die toneel.

Skole in die hoofstad van Noordwes, Mahikeng, is vir die vierde dag sedert verlede week ontwrig in die voortslepende protes in die provinsie. Die stad het van verlede Woensdag af onder gewelddadige betogings deurgeloop toe inwoners hul ontevredenheid met Muhamapelo getoon het. Winkels van veral buitelanders is geplunder en sommige is aan die brand gesteek. Paaie is ook versper en groot skade is in die stad aangerig. Hoewel die situasie in Mahikeng vandag kalmer is, het leerders nog nie teruggekeer skool toe nie.

Laasnag het gevegte oral in die provinsie tussen swart inwoners en die polisie gewoed.

Op Itsoseng, Delareyville, Vryburg en Taung het betogers paaie met brandende bande en vullis versper, terwyl winkels geplunder is.

Gister is ‘n hardewarewinkel in Taung geheel en al geplunder en die amokmakers het boumateriaal vrylik gesteel.

In Delareyville het die onlusmakers met polisie slaags geraak, met die betogers wat die bedanking van die burgemeester van die Tswaing-munisipaliteit, Dimakatso Theletsane, eis.

Potgooi: Dan Roodt en Gustav Venter oor Enoch Powell en Cyril Ramaphosa

Dan Roodt en Gustav Venter lewer kommentaar op die week se nuusgebeure, en veral die vyftigjarige herdenking van Enoch Powell se beroemde “Rivers of Blood”-toespraak op 20 April 1968 wat vandeesweek weer deur die BBC uitgesaai is. Daar word ook gewonder oor Cyril Ramaphosa en hoe hy beleggings in die buiteland gaan werf op die vooraand van “onteiening sonder vergoeding”.

Klik gerus hier onder om na die potgooi te luister en lewer verder onder kommentaar op Disqus.

Lees ook Leon Lemmer se rubriek: Enoch Powell se bloedrivier.

Die potgooi is nou op YouTube beskikbaar met foto’s:

Leon Lemmer: Guadeloupe as parasiterende kolonie

Guadeloupe is ‘n Leeward-eiland, met die buitelyne van ‘n skoenlapper, in die Kleiner Antille in die Karibiese See. Die eilandjie La Désirade is oos daarvan, ‘n groter eiland, Marie-Galante, is suid van Guadeloupe, met nege eilandjies, Les Saintes, waarvan twee bewoon word, wes van Marie-Galante. Die westelike helfte van Guadeloupe word Basse-Terre en die oostelike helfte Grande-Terre genoem; streng gesproke twee eilande wat met brûe verbind is. Christopher Columbus was daar in 1493. Hierdie eilande is sedert 1635 Franse besittings, maar met onderbrekings weens Britse besettings. In 1813/14 was Guadeloupe 15 maande lank selfs Sweedse eiendom. Anders as in die geval van die suksesvolle slawe-opstand in Haïti (1791-1804) was ‘n soortgelyke opstand in 1793 in Guadeloupe nie geslaagd nie. Piesangs en suiker is die vernaamste uitvoerprodukte. Toerisme is ‘n belangrike bron van werkverskaffing en inkomste. Frans is die amptelike taal en die meeste inwoners is swart en Rooms-Katoliek.

Die vorige paragraaf is ontleen aan ‘n rubriek wat ek oor vergete blanke stamme geskryf het (Praag 30.04.2017). In die geval van Guadeloupe het dit gegaan oor die verarmde sowat 400 Blancs Matignon van Franse oorsprong wat nie met die béké, die welvarende blanke elite op die eiland, meng nie. Hierdie keer skryf ek oor Guadeloupe as ‘n Franse kolonie wat sy koloniale status behou het omdat dit vir die inwoners voordelig is; nie dat die swart meerderheid die Franse owerheid koester nie. Ek gebruik die volgende boek van Yarimar Bonilla, Non–sovereign futures: French Caribbean politics in the wake of disenchantment (University of Chicago Press, 2015, 248p; Amazon Kindle $17,39).

Bonilla is van gemengde afkoms, dus ‘n mulatto, maar volgens die HAT is dit ‘n rassistiese term. Sy kom van Puerto Rico, wat sedert 1898 ‘n Amerikaanse besitting is. Die inwoners het eintlik die beste van twee wêrelde: Amerikaanse burgerskap sedert 1917 en politieke selfbeskikking. Die reg op ‘n Amerikaanse paspoort gee hulle vrye toegang tot Amerika, bv tot daardie land se universiteite. Baie Puerto Ricane het hulle in Amerika gevestig. Bonilla is een van hulle. Sy is ‘n dosent in antropologie aan Rutgers University. Ten einde hierdie boek te skryf, moes sy naas Spaans en Engels ook Frans en die plaaslike Kreools onder die knie kry. Danksy duidelike formulering en goeie sistematisering is die teks hoogs leesbaar. Die veldwerk is van 2002 tot 2013 gedoen en word gerugsteun deur baie geraadpleegde bronne.

Bonilla ly egter aan dieselfde kwaal as wat ek by twee ander kulturele antropoloë uitgewys het (Praag 3 Junie 2017 en 13 Januarie 2018). Aksiomaties word die kant van swartes teen blankes gekies. Bonilla noem dit “theorize with them” (Kindle 260). Pleks van akademies-wetenskaplik so objektief moontlik te probeer wees, vereenselwig sy haar met die swartes se wense en strewes. Haar perspektief “is not predicated on the study of otherness. This book is thus purposefully framed not as a story about an exotic ‘them’ but as a story about and for ‘us’: those of us interested in the legacies of colonialism, those of us who wonder what forms of activism are necessary and possible … Throughout the text, I privilege both the concepts and the arguments of those I study and theorize closely alongside them” (293).

Sy het geen poging aangewend om die standpunt van blankes en mulatto’s op Guadeloupe in te win nie. Slegs ‘n enkele Indiër, Michel Madassamy, is betrek en dit bloot omdat hy ‘n rol in die swartes se opstandigheid gespeel het. Sy het by voorkeur geassosieer met swartes wat arbeidsonrus in Guadeloupe stig. Soos in Suid-Afrika is dit opvallend hoe gebeure in die Amerikaanse politiek slaafs in die Karibiese eilande nagevolg word. Hoewel rashiërargie ingevolge kulturele marxisme taboe is, is dit in Guadeloupe soos wat dit tradisioneel in Suid-Afrika was. In die praktyk is die rashiërargie: blank, Indiër, swart. Nelson Mandela gee erkenning hieraan: “I feared the influence of Indians” (Long walk to freedom, London: Abacus, 1995, p 142). “They would tend to dominate the ANC, in part because of their superior education, experience and training” (124).

Die hoofrede vir die Karibiese swartes se huidige ontevredenheid is en bly die destydse slawerny. “What was slavery if not the commerce of humanity?” (2203). In 1794 is slawerny in Guadeloupe afgeskaf, in 1802 heringestel en in 1848 finaal afgeskaf. Terselfdertyd het al die inwoners volle Franse burgerskap ontvang. Van 1854 tot 1880 is 42 000 Indiërs as kontrakwerkers uit Franse en Britse kolonies ingevoer om op die suikerplantasies te werk. In 1923 is ook aan hulle volle Franse burgerskap toegestaan. “But economic power remained firmly under the control of the white planter class [békés]” (716), wat glo ‘n “plantocracy” is (728). In 1925 het swart en Indiese werkers saam aan ‘n staking deelgeneem. Hierdie neiging tot samespanning/solidariteit teen die blankes word tot op hede voortgesit.

In hierdie stryd is daar ‘n rashiërargie. Die swart meerderheid ag hulle struggle-status as hoër omdat die Indiërs nooit slawe was nie (2593, 3084). Myns insiens is slawerny van lank gelede ‘n twyfelagtige grondslag vir roem of prestige en ‘n patetiese rede vir ongedurigheid, maar dit is die hoofstrooihalm waarna gegryp word om skuldgevoelens by die blankes te wek en voordele af te dwing. Die hoofsaaklik swart vakbond het die Indiër Madassamy minder entoesiasties gesteun as wat hulle in die geval van ‘n mede-swarte sou gedoen het. “The union found itself at the crossroads during the Madassamy affair. It was unable to react [in 2004] with the same strength and speed as it had in 2001” (2353). Later word na “the lack of a stronger response” verwys (2662).

In 1946 het Guadeloupe, Martinique, Frans-Guiana en Réunion buitelandse departemente van Frankryk (eerder as kolonies) geword, met ‘n groot mate van selfregering en verteenwoordiging in die Franse parlement. Sedert 2011 het Mayotte, wat in 1975 (anders as die ander Comoros-eilande) teen onafhanklikheid gestem het, dieselfde status. Sedert 1946 “almost immediately … Antilleans began pouring into mainland France to study, work” (806). Wanneer daar onrus in sy Karibiese gebiede was “the French government sought to calm the growing dissatisfaction by promoting migration to the mainland” (827). Van 1963 tot 1981 het meer as 160 000 inwoners van die buitelandse departemente hulle as werkers in Frankryk gevestig (827).

Die Algerynse oorlog (1954-1962), die Kubaanse revolusie (1959) en die Viëtnamese oorlog (1964-1973), asook die Verenigde Nasies se aanmoediging in 1960 dat kolonies onafhanklikheid moet eis (“self-determination as a fundamental human right” – 806), dien in Guadeloupe as spoorslag vir voortgesette burgerlike ongehoorsaamheid. In 1963 het Frankryk ingestem dat die afskaffing van slawerny jaarliks in Mei gedenk word. In 2001 is verder gegaan en is slawerny tot ‘n misdaad teen die mensdom verklaar, met blankes in die visier (nie die Arabiese slawehandelaars of die swart Afrika-stamhoofde wat swartes verkoop het nie). Soos in die geval van Suid-Afrika is daar uiteraard heelwat klassieke en kulturele marxisme in die Guadeloupse (arbeids)aktivisme, bv die idees van Antonio Gramsci (1891-1937) (1906). Die vakbondlede spreek mekaar as kamerade aan (2485, 2534). Daar is ‘n Kommunistiese Party en ‘n ewe linkse Groen Party (3294).

Bonilla trek Guadeloupe se staatkundige status vir haar aan omdat Puerto Rico ook nie-onafhanklik en nie-gedekoloniseerd is. “My project has always been driven by an interest in the affinities I share with my informants rather than our differences” (282). Maar daar was en is talle inwoners wat vir Guadeloupe dieselfde politieke status as Puerto Rico begeer, dus ‘n voordelige verwantskap met Amerika eerder as Frankryk. Amerika is bv veel nader as Frankryk. Een van die groot griewe is dat Franse ingevoerde goedere ongeveer 30% duurder in Guadeloupe as in Frankryk is, met as implikasie dat verwag/geëis word dat Franse belastingbetalers die vervoerkoste oor 7 000 kilometer moet dra of ten minste subsidieer. Die swart meerderheid in die oorsese departemente voel glo gemarginaliseer, buite en apart van Frankryk, asof blankes die geografiese werklikheid kan verander.

Wat nodig is, is dat die inwoners van hierdie gebiede ekonomies in dieselfde mate as blankes in Frankryk moet presteer as hulle dieselfde vlak van welvaart wil bereik. Hoekom doen hulle dit nie? Die standaardverweer is dat dit só is weens die nalatenskap van slawerny en die uitbuiting van kolonialisme. Die swartes begeer “equalization” (in voordele of lewensstandaarde) en nie (kultureel-etniese) “sameness” nie (762). Werkloosheid op die eiland word op 30% gestel. Hulle almal ontvang ingevolge Franse goedertierendheid ‘n welsynstoelae “that allows citizens who do not qualify for unemployment benefits to be ‘inserted’ into the economy” (2731). Dit is hierdie belastinggesubsidieerde leeglêers wat die groot molesmakers is wanneer die vakbonde protesoptogte hou.

Seker die lofwaardigste insig van Bonilla in die Karibiese streek in sy geheel is: “The majority of Caribbean polities are non-sovereign societies; even those that have achieved ‘flag independence’ still struggle with how to forge a more robust project of self-determination … how to assert control over their entanglements with foreign powers and how to stem their disappointment with the unfulfilled promises of political and economic modernity” (184). Daardie “unfulfilled promises” verwys eintlik na die groot mate van onontwikkeldheid, selfs agterlikheid, wat ten spyte van politieke (eerder as ekonomiese) onafhanklikheid steeds in die Karibiese streek bestaan, met Haïti (polities onafhanklik sedert 1804) as die sprekendste voorbeeld.

Een van die faktore wat staatkundige onafhanklikheid in die Karibiese streek kortwiek, is die “Monroe doctrine: declaration by US president James Moroe in 1823 that the USA would not tolerate any European nation trying to establish a colony in the Americas, and that any attempt to do so would be regarded as a threat to US peace and security … The doctrine, subsequently broadened, has been a recurrent theme in US foreign policy” (Collins world encyclopedia, 2003, p 622). Amerika het voorheen Haïti militêr beset (1915-1934 en 1994-1995), asook die Dominikaanse Republiek (1916-1924), Kuba (1898-1902), Grenada (1983) en Suriname (1941). Karibiese nasionaliste “don’t understand the power of a country like the United States and how it rules the region” (1139).

Ook in ander opsigte is daar skynonafhanklikheid. “The Caribbean also holds a large number of non-sovereign enclaves: military bases, privately owned islands, semi-autonomous tourist resorts, free-trade zones, tax havens, wildlife preserves, satellite launching stations, detention centers, penal colonies, floating data centers, and other spaces of suspended, subcontracted, usurped, or imposed foreign jurisdiction that challenged the principles of bounded territorial authority associated with the Westphalian order [1648]” (538). “We can imagine the Caribbean region itself as a non-sovereign archipelago – a ‘discontinious conjunction’ within which certain socio-economic patterns of constrained sovereignty can be said to ‘repeat themselves’ [Antonio Benitez-Rojo]” (551). Gevolglik beskryf Bonilla die swartes van Guadeloupe se “political project as the search for a non-sovereign future” (653). “You’re always dependent on something: on those who are more powerful, on those who have what you need. Political independence has no meaning without economic independence” (1139).

In Suid-Afrika word terroriste sedert 1994 herbedink en hervoorgestel as vryheidsvegters. ‘n Moeilikheidmaker/Rolihlahla en kwaad- en onrusstoker het selfs die status van vredesikoon verwerf. Op ‘n soortgelyke manier het marone* (destyds veral prominent in Jamaika, Suriname en Brasilië), dus slawe wat gedros het (bv weens werkskuheid of diefstal) die status van struggle-helde in die Karibiese streek verwerf. “It was not until the 1960s that the figure of the maroon was refashioned as a symbol of pride and an emblem of resistance” (1258). “Marronage has served as a metaphor for thinking through the possibilities of sovereignty, autonomy, and self-determination in the Caribbean and show how its narrative contours have changed over time in keeping with the shifting political landscape” (663). In Haïti is daar ‘n monument vir die “unknown maroon” (1288). [* “Maroons were Africans who had escaped from slavery in the Americas and mixed with the indigenous peoples of the Americas, and formed independent settlements” (Wikipedia).]

Madassamy, wat skuldig aan misdade soos vandalisme en sabotasie bevind is, is deur arbeidsaktiviste herontwerp as “a person of conviction, principles and political commitment” (2583). Omdat hy ‘n Indiër is, is hy met Mohandas Gandhi (1869-1948) vergelyk, al het hy hom hoogs gewelddadig gedra. Soos in Afrika is die betrekkinge tussen Karibiese swartes en Indiërs nie altyd na wense nie. Bonilla probeer dit egter so goed moontlik plooi: “Contrary to parts of the English-speaking Caribbean where Indo- and Afro-Caribbean relationships have been characterized by histories of violence and antagonistic struggle over political power, the French Caribbean is thought to have relatively harmonious ethnic relationships. Some scholars have attributed this presumed harmony to the Indian community’s relatively small size” (2610). Daar is bykans 50 000 Indiërs op Guadeloupe in ‘n bevolking van 420 000 (4625). Soos verwag kon word, woon die Indiërs apart van die swartes (4674). Hulle handhaaf hulle tradisionele leefwyse. Die Indiërs word dus gekarakteriseer as “culture bearers” teenoor die swartes as “culture creators” (4687).

Gebeure op Martinique en Guadeloupe beïnvloed mekaar. Byvoorbeeld, ‘n staking op die een eiland lei tot ‘n staking op die ander. Martinique is die geboorteplek van sowel Aimé Césaire (1913-2008) as Frantz Fanon (1925-1961), hoewel albei hulle politieke aktivisme eerder in Frankryk en elders (bv in Algerië in die geval van Fanon) uitgeleef het. Césaire het nooit politieke onafhanklikheid vir Martinique bepleit nie, terwyl Fanon (wat baie ANC-aanhangers het) gereken het “only a full-scale revolution would do” (707). Daar is talle ander swart Karibiese aktiviste. Hulle almal “imagined colonialism as a temporary stage rather than a lasting condition” (707). Césaire was teen assimilasie gekant: “Assimilation is a form of alienation … What the people really wanted was equality with the French” (762). Franse blankes is in owerheidsposte op die Karibiese eilande aangestel terwyl van daardie swart inwoners as werkers na Frankryk gelok is. “Césaire decried this combination of government-sponsored outward migration of young Antillean workers and inward migration of French fonctionnaires as ‘genocide by substitution'” (857).

Voor die 1994-verkiesing in Suid-Afrika is daar skielik op groot skaal “geletterdheidsklasse” vir swartes deur ANC-aktiviste aangebied en het “gemeenskapsbiblioteke” (eintlik verspreidingsentrums vir propagandistiese politieke lektuur) op baie plekke asof uit die niet opgeduik. In Guadeloupe is daar soortgelyke bedrywighede. Geletterdheidsveldtogte word gevoer “to politisize the peasantry” (897). Soos in die geval van arbeidsaktivisme word dit as “revolutionary pedagogy” beskou (929). Kreools en gwoka-musiek (“old black people’s music” – 961) en dans word ter bevordering van swart nasionalisme ingespan. Dit kan die vorm van “drumming parties” aanneem (971). Europese musiek word met “the more ‘authentically African’ strands of Guadeloupean music” vervang (971). “Both children and adults could gain Creole literacy along with political training” (939).

‘n Eie vlag met die afbeelding van ‘n gebalde vuis (ook kenmerkend van die vredesikoon Nelson Mandela) en ‘n trom daarop is geskep. Soos in Suid-Afrika gebeur het, help religieuse instansies om die blanke bewind te ondergrawe. Daar is bv “Catholic groups … spearheading the development of a Guadeloupean version of liberation theology” (983). Daar was “sixty bombings throughout the Antilles and mainland France during the early 1980s” (1033). Die ideaal van sommige radikales is “to not be French” (1117). Maar: “They are unable to articulate a strong case for political independence but still rally behind it as the only existing alternative to ‘being French'” (1117).

In Suid-Afrika het die ANC die swart massa geïndoktrineer om wetsongehoorsaam te wees. Omdat swartes destyds nie die wette gemaak het nie, is hulle aangemoedig om onwettig op te tree. Sedert 1994 gaan baie swartes egter voort om wetteloos te wees. Daar is steeds ‘n sterk neiging om nie vir bv elektrisiteit, water en ander munisipale dienste, asook vir televisie, te betaal nie. In Guadeloupe is die situasie soortgelyk. “This detached relationship to the law is said to lead Guadeloupeans to systematically avoid ‘legalizing’ their lives, prefering to remain on the margins of the legal system. As a result, acts such as squatting, or appropriating land, constructing illegal or unapproved housing, driving without a lisence or car insurance, and … unreported labor and income all become acceptable and normalized forms of behavior. What matters is not abiding by the law, but being able to elude it” (1424). ‘n Inwoner stel dit só: “We interpret them [French laws] in our own way, we instrumentalize them for our own benefit, never having the feeling that they are the product of our sovereignty or our own legislative power” (1424).

Bonilla skryf: “Although its activists often use French labor laws to justify their claims, they also often demand (and receive) rights and benefits that go beyond the presciptions of the French labor code. Thus on the one hand they will demand egalité (equality) with mainland French workers when it is materially beneficial – such as in the case of the thirty-five-hour workweek that was established in France under François Mitterrand [1981-1995]. Yet at other times they will insist that the specificité (particularity) of Guadeloupean workers be recognized through the implementation of local holidays (such as Abolition Day, Carnival Week, and Whitmonday) … Employers frequently fault the union for this selective use of the legal code” (1437). Vir die swartes gaan dit by voorkeur, selfs uitsluitlik, om “the law as long as it serves us” (1447).

Die volgende klink bekend: “During strikes workers also set up roadblocks by placing bins, lumber, rocks, and any thing else they can gather in the middle of the road” (1608). Ook voertuigbuitebande (3621) – soos in Suid-Afrika. Besighede word geplunder. Sake-ondernemings is in die meeste gevalle in die besit van blankes (“grandchildren of slaveholders” – 2194, ook 3527). In 2009 het ‘n staking oor die hoë lewenskoste die eiland 44 dae lank ontwrig. Dit is deur ‘n vakbond gereël maar met politieke motiewe. Hierdie kamerade “sought societal change without seeking state power” (3263).

Soos die gewoonte by sommige kwaadstokers is (bv Martin Luther King in Amerika en Desmond Tutu in Suid-Afrika), is aanvanklik voorgegee dat alles vreedsaam gaan verloop. “The 2009 activists claimed to be acting jantiman – a Creole term that means gently or politely” (3359). Spoedig is verbete eise gestel in die trant van “whether they want it or not” (3379) – soos Cyril Ramaphosa oor die beoogde owerheidsdiefstal van plase gesê het. “When people saw that acting jantiman did not obtain results, they became willing to support other methods of action” (3389).

Die leuse “Guadeloupe, it is ours” is gebruik (3389). “Despite the lack of any explicit racial reference, many whites émigrés from France, local white béké elites, and light-skinned residents of mixed descent felt that the slogan carried a message of racial exclusion and intolerance. They argued that the seemingly unmarked “us” referred exclusively to the Afro- and Indo-Guadeloupean population” (3400). ”’Guadeloupe is ours / Guadeloupe is not theirs’ might seem like an anticolonial, anti-imperial slogan of a colonized ‘us’ versus a colonizing ‘them'” (3410).

In 2009 was Élie Domota die vakbondleier; ‘n “lighter skinned” swarte (3490). “Interestingly, in pictorial representations of Domota during the strike – in newspaper illustrations, cartoons, and Internet memes – his skin was increasingly darkened and his Afro-Caribbean features were accentuated as the strike intensified” (3500). Die stadium van “no more jantiman” is spoedig bereik (3612). Daar is toe oorgegaan tot “looting and arson” (3621). Dan volg tonele soos die volgende om simpatie vir die misdadigers te wek: “heavily armed French troops confronting unarmed local protesters … young people with ski masks throwing rocks through clouds of tear gas” (3631). Tydens die grondwetlike onderhandeling in 1990/94 in Suid-Afrika het die ANC beweer dat hy sy gewelddadigheid eerder opgeskort as afgesweer het maar dit toe in werklikheid vererger. Op ‘n soortgelyke manier is geweld ná die 2009-staking in Guadeloupe “‘suspended’ rather than concluded” (3678).

In 2002 is die eerste “memory walk” gehou. Dan word “slave uprisings, labor strikes, and anticolonial struggles” deur aktiviste in herinnering geroep (2892). Hulle lei belangstellendes op staproetes en wys dan beweerde historiese plekke uit, bv “the trees where slaves were hung” (3146). ‘n Blanke, Victor Schoelcher (1804-1893), het ‘n groot rol in die afskaffing van slawerny in veral die Franse Karibiese gebiede gespeel. Deesdae word sy rol onderbeklemtoon of verswyg en eerder gewag gemaak van wat swart slawe, soos die maroons, gedoen het. “The cult of Schoelcher was tackled head on” (2937).

In Schoelcher se plek “a new series on local heroes emerged … There are few traces of these figures in the archives, but through the work of activists, [politically engaged – 3010] historians, and novelists … these names came to hold a prominent place in the contemporary imagination” (2937). Monumente word vir hulle opgerig en strate na hulle vernoem (2946). Aan nasionalistiese verbeelding word vrye teuels gegee: “One could argue that the importance of collective histories does not lie in their accuracy or even veracity” (2985). Soos ‘n historikus, Raymond Gama, dit stel: “We make facts” (3032). Die doel van hierdie “new forms of historical production” is “to forge new inventive and ‘prophetic’ visions of the past” (2999). Dit is al “postcarding of the past” genoem, “through which ‘memories of oppression, inequality, and struggle are replaced by nostalgia, complicity and celebration'” (2956).

Die geskiedenis wat geskep word, is “not one of victimhood, trauma, and subjugation, but of resistance, perseverance, and bravery” (4216). Om politieke redes word fiktiewe figure in die verlede geskep met die oog op “making new men” (3021) in die hede en vir die toekoms. Die begrip “new man” word aan Ernesto Che Guevara (1928-1967) toegeskryf (4602), maar dit kom ook voor in die geskrifte van Frantz Fanon. “The Antilles experienced a ‘memory boom,’ as narratives of slave resistance were revisited and reshaped to address the concerns of the present” (3733). Dit is soortgelyk aan die ANC se herskrywing en vervalsing van Suid-Afrika se geskiedenis.

Naas Guadeloupe is daar talle ander kolonies wat steeds daarin berus om nie-onafhanklik te wees, omdat dit voordelig vir hulle eerder as vir die koloniale moondheid is. Dit toon dat kolonialisme nie net sleg kan wees nie. Ingevolge kulturele marxisme word kolonialisme egter verdoem omdat slegs blanke lande as koloniale moondhede beskou word. Die primêre kenmerk van die (arbeids)onrus op Guadeloupe is die anti-blanke gesindheid daarvan. Dit kan toegeskryf word aan die Afrika-DNS van die meeste inwoners. Daar word deurlopend gekerm oor bv slawerny, kolonialisme en die beweerde veronregting wat daarmee gepaard gaan terwyl die swartes geen poging aanwend om te erken dat hulle huidige situasie hulle in werklikheid bevoordeel nie. Aan die ander kant is die polities onafhanklike Haïti ‘n land waarop geen swarte, trouens enige mens, trots kan wees nie.

In propaganda en retoriek bestempel die ANC die nie-koloniale, polities onafhanklike Suid-Afrika van 1910 tot 1994 as ‘n spesiale soort kolonie. Dit is moontlik dat die land in baie opsigte beter daaraan toe sou gewees het as daardie einste soort koloniale status behou is; dus as ons nooit “bevryding” ervaar het nie. Dit was en is in deurslaggewende landsbelang dat Jan van Riebeeck en sy “troepe”* in 1652 hier aangekom het. [* “The arrival of Jan Van Riebeeck and his troops in 1652” – Cyril Ramaphosa in sy huldigingstoespraak vir Winnie Madikizela-Mandela op 13 April (Politicsweb 15.04.2018). Nogeens ‘n doelbewuste vervalsing van die geskiedenis deur die ANC.]

Dan Roodt: Kan die jeug ons volk red?

Ek het so pas Lauren Southern se boek, Barbarians: How Baby Boomers, Immigrants, and Islam Screwed My Generation (Rebel Media, 2016, Kindle.) gelees. Daarin vertel sy van haar ontnugtering met die Kanadese universiteit waar sy aanvanklik ingeskryf het, net om agter te kom dat al haar dosente lede van die babagolfgeslag (Eng. baby boomer) was wat hul eie linkse politiek lesingsaal toe gebring het. Die res van haar teks bestaan uit ‘n aanklag teen daardie geslag wat haar toekoms as jongmens met hul kranksinnige marxistiese en postmodernistiese idees bederf het.

Die boek eindig met ‘n verwysing na die liedjie van die rockgroep Genesis waarna ons ook destyds geluister het, “Land of Confusion”, waarvan ek die eerste helfte hier aanhaal:

I must’ve dreamed a thousand dreams
Been haunted by a million screams
But i can hear the marching feet
They’re moving into the street.

Now did you read the news today
They say the danger’s gone away
But i can see the fire’s still alight
There burning into the night.

There’s too many men
Too many people
Making too many problems
And not much love to go round
Can’t you see
This is a land of confusion.

This is the world we live in
And these are the hands we’re given
Use them and let’s start trying
To make it a place worth living in.

Die liedjie eindig op die hoopvolle noot:

This is the world we live in
And these are the names we’re given
Stand up and let’s start showing
Just where our lives are going to.

Meer nog as Lauren se Kanada en veral natuurlik die ultraliberale en dekadente Toronto, verdien Suid-Afrika die benaming “land van verwarring”. Ons ware leiers uit die verlede word verguis terwyl Winnie Mandela, Bram Fischer en Joe Slovo opgehemel word.

Helde van die nuwe Suid-Afrika: Winnie en Nelson Mandela, Joe Slovo

Maar wat die geslagte betref, is Suid-Afrika ‘n bietjie meer ingewikkeld, want ek sien drie onlangse opeenvolgings van Afrikaners. Oorlede Chris Louw het met sy gelyknamige brief die “Boetman”-geslag gedefinieer, hulle wat moes gaan veg vir die bevoorregte geslag van Afrikaner-nasionaliste van die De Klerk-tipe wat toe sommer op ‘n dag besluit het om aan die ANC-SAKP oor te gee.

Die De Klerk-geslag (FW en sy broer Wimpie) het nog ander figure ook, soos byvoorbeeld Harald Pakendorf waaroor Leon Lemmer so pas geskryf het. Die verstommende argeloosheid waarmee hulle die kulturele en mediabates verkwis het wat ‘n vorige geslag Afrikaners opgebou het, spreek boekdele. Hulle is inderdaad ons “babagolwers” wat in die waan van hul “verligtheid” al verder na links geneig het en hul uiteindelik in die arms van die Marxiste-Leniniste van die ANC en SAKP gewerp het. Vandaar dus die geesdriftige “hulde” wat FW de Klerk vandeesweek aan Winnie Mandela gebring het.

Vir die babagolfgeslag was alles maklik, want hulle op die arbeid en strewe van ‘n vorige geslag geteer. Hulle het ‘n eerstewêreldstaat met ‘n bloeiende ekonomie, asook staatsondernemings soos Eskom, SAL, Transnet, Telkom, NOK en ander geërf. Daar was twee Afrikaanse mediagroepe: Naspers in die suide en Perskor in die noorde. Te danke aan Willem de Klerk en Harald Pakendorf se swak ideologiese keuses, is die grondslag van die verwydering tussen Afrikaanse media en Afrikaanse lesers gelê. Perskor is heeltemal tot niet, dog nie sonder dat sy aansienlike ooblywende kapitaal in die vorm van Dagbreektrust ook in linkse hande beland het nie.

Die babagolwers hoef kwalik vir enige werk aansoek te gedoen het. Hulle het gebaai in die oorvloed van die ou Suid-Afrika en die voorafgaande nasionalistiese beweging wat op die 1961-republiek uitgeloop het. Moontlik kon hulle hul nie voorstel dat iets anders moontlik was nie, selfs al waag hulle alles in hul roekelose politiek. Dat Suid-Afrika uiteindelik “net nog ‘n Afrikaland” kon word, met een verwoestende revolusie of staatsgreep na die ander, was miskien nooit deel van hul toekomsplan nie. Of miskien het hulle net nooit omgegee nie, want hulle toekoms was mos verseker, met hul pensioene en vakansiehuise in die Suid-Kaap.

Après nous, le déluge, in die woorde van Madame de Pompadour, kon hul slagspreuk gewees het. Die chaos wat sou volg, kan hulle nie skeel nie.

Die Boetmans, waartoe ek behoort, was die eerste geslag van onterfdes onder die nuwe bestel. As middeljarige blanke mans is ons gehoon en uitgerangeer. Maar die situasie van die derde geslag, ons kinders, is nog veel erger: die millenniërs ervaar die diskriminasie en onreg van die Afromarxistiese bestel in sy volle geweld en kan binne die afsienbare toekoms uitsien na ‘n Malema-bewind wanneer die tweede en finale fase van die revolusie sal aanbreek. Nie dat Ramaphosa nie reeds radikaal genoeg is nie, met sy grongrypplanne en verdere uitsluiting van Afrikaners uit die stelsel. Panyaza Lesufi is kennelik ook besig met sy eie “eindspel” sover dit Afrikaans as skooltaal betref, nadat die taal reeds aan die meeste universiteite die onderspit moes delf.

Hoe moet dit voel om vandag ‘n millenniër te wees, met die wete dat jou ouers en grootouers jou toekoms vir ‘n pot lensiesop verkwansel het? Eintlik is dit veel erger as wat dié spreuk uit die Ou Testament weergee, want van sop was daar nie veel sprake nie. Dit het meer om sadisme en perversie as enigiets anders gegaan. Die babagolwers het hul radelose verraad gepleeg omdat hulle kón. Hulle het hul eie oppermag deur oorgawe gedemonstreer. Soos Lauren Southern ook in haar boek verduidelik, het daardie geslag meer in seks en dwelms as in die toekoms van hul kinders belang gestel. Hulle was ‘n klomp ou hippies wat nog ‘n laaste dampie wou maak, veral die ideologiese dampie. “Swart bevryding”, iets wat saam met LSD en Woodstock in die sestigerjare ‘n modieuse slagspreuk geword het, het hulle bedwelm. Verder as dít kon hulle nie dink nie.

Vir die afgelope meer as honderd jaar is die etniese problematiek van Suid-Afrika deur baie slim mense hier en oorsee ontleed, maar op die ou end het die De Klerk-geslag die weermag, die polisie, die staat en ons erfenis van bykans 400 jaar op die roulettetafel gesmyt. Roelf Meyer wat as kroepier opgetree het, het die wiel ‘n vinnige draai gegee en daarmee is ons bankrot gelaat.

Indien die Boetmangeslag onterf is, is die millenniërs beroof. Daar word aan hulle vertel dat hulle maar “hul heil oorsee moet gaan soek”, dus moet emigreer. Vir die eerste keer in ‘n eeu mag hulle ook nie in Afrikaans studeer nie, bloot omdat ‘n minderheid radikale studente, hoofsaaklik volgelinge van Julius Malema, besluit het dat “Afrikaans moet ondergaan” (Afrikaans must fall).

Uit my onlangse gesprekke met jong Afrikaners het egter geblyk dat alles nie verlore is nie. Danksy die internet, YouTube en die snelle verspreiding van inligting, is hulle oë besig om oop te gaan. Dis nie net ons veterane wat die opwelling van nasionalisme in Europa en die VSA met belangstelling volg nie, maar ook ons kinders. Al mag hulle nie vrylik hul menings uitspreek nie, gegewe die krimpende spraakvryheid in Suid-Afrika en veral op die kampusse, voel hulle gebelg en verontreg vanweë die ou hippies se verraad.

Op ‘n manier het die Afrikaner in die geskiedenis teruggegly tot iewers net ná 1902. Pleks van Britse imperialisme, het ons nou te kampe met Bantoe-imperialisme. Die Bantoestamme, wat nog nooit in die geskiedenis die totale grondgebied van ons land beset het nie, is tans besig om dit vir hulle toe te eien, met Ramaphosa se grondgrypplan, wat ‘n tweede Zimbabwe gaan ontketen, ten minste ekonomies.

Die Britse Ryk op sy tyd was veel magtiger as vandag se Bantoe-imperium. In die negentiende eeu was dit net Paul Kruger en Napoleon wat dit gedurf het om teen Engeland op te staan. O ja, en Tsaar Nikolaas I van Rusland tydens die Krimoorlog, waarby Frankryk en Turkye ook betrokke was, aan Brittanje se kant.

Ek dink nie ons hoef ons vir altyd deur die Bantoe-imperium te laat oorheers nie. Soos in 1900, is feitlik die hele Westerse jeug aan ons kant wanneer dit kom by die lyding wat ons tans moet deurmaak. Ons moet meer uitwisseling en ontmoetings tussen die Afrikanerjeug en jong Europeërs en Amerikaners bewerkstellig. Met as inleiding Lauren Southern se kritiek op die dekadente oues, die babagolwers, kan hul opstand teen die vaders begin. Die verraderlike vaders van 1994 en selfs daarvoor, want Vorster het destyds insgelyks die arme Rhodesiërs uitverkoop; dit was ‘n voorspel tot ons eie ondergang.

Een punt wat reeds in die jeug se guns tel, is dat hulle oor geen lojaliteit teenoor die bestaande politieke partye, veral die DA, beskik nie. Toe ek ‘n paar jaar gelede begin het om die DA die “ANC Lite” te noem, het ek nooit gedink ek sou dit in die Naarpersmedia ook lees nie. Selfs in daardie geledere het die besef en die term nou posgevat!

Op 27 April 2018 — ironies genoeg, want dis vir geen Afrikaner ‘n vakansiedag om te vier nie — hou ons in Pretoria ‘n gesprek met en tussen jongmense, met as tema:

“Die jeug se rol in Afrikanerbevryding”

Enigeen wat belangstel om dit by te woon, kan ‘n e-pos stuur aan inlig[by]praag punt org. Ons beplan ook om ‘n Praagjeugbeweging van stapel te stuur en kan sommer die breë riglyne daarvan bespreek, nadat ons meer teoreties en polities oor die stand van die Afrikaanse jeug besin het.

Karel Combrinck: Moord en maskerades

Daar kry die dol hond in die Withuis toe sy dag van glorie om drie vermeende installasies vir “chemiese oorlogvoering” in Sirië aan te val, met Frankryk en Engeland njaf-njaf agterna.

‘n Mens sou kon vra wat is nou eintlik bereik en wat was die doel met die drieledige aanval (VSA 90% , Eng 5%, FR 5%). Die ander twee ook daar net om bek te lek. Was dit om Rusland tot een of ander aksie te provokeer en hulle dan te beskuldig van die aggressor te wees ? Was dit dalk om mede-dolhonde in die tuisgalery in die VSA gelukkig te hou  of verlore openbare steun te herwin? Of was dit bloot ‘n poging van die groot hond om te wys hoe macho hy kan wees?

Interessant is dat die aanval plaasgevind het op dieselfde dag dat die inspeksie van die Agentskap vir die Verbod op Chemiese Wapens sou begin. Herinner sterk aan die situasie in 2003 toe George Bush Irak aangeval het nog voordat mnr Hans Blix se ondersoek voltooi was, maar wat reeds voorlopig bevind het dat daar geen wapens van massavernietging in Irak was nie, soos mettertyd geblyk het ‘n feit te wees: Geen wapens van massavernietiging in Irak.

Ook interessant is dat Amerika telkens hulle propaganda en militêre aanslae teen regerings wat hulle in eie belang wil verwyder (“regime change”), grond op gefabriseerde aanklagte van die vervaardiging, besit en gebruik van chemiese wapens, so asof hierdie towerwoord aan hulle die reg verleen om links en regs missiele af te vuur en bomme te gooi. Natuurlik is die Amerikaanse geheue te kort om te onthou dat hulle die enigste land ter wêreld is wat wapens van massavernietiging op groot skaal gebruik het, tydens die atoombombardement van Hirosjima en Nagasaki, asook die massiewe aanwending van chemiese wapens in Viëtnam.

Ook verskaf die Amerikaners, soos die Engelse en Franse, die afgelope vier jaar reeds massas wapens aan Saoedi-Arabië vir gebruik in ‘n letterlike volksmoord op die mense van die Jemen waarin derduisende volwassenes, vrouens en kinders reeds gedood en vermink is, skole en hospitale en ander infrastruktuur vernietig is, ens. Vreemd genoeg praat die media nie hiervan nie. Dit kan net wees omdat die mense wat die media besit dieselfde is as dié wat geld uit die wapenverkope maak.

Tot dusver was daar nog geen duidelike bewys daarvoor dat Sirië of Rusland in die onlangse verlede chemiese wapens gebruik het nie. Die Amerikaners, tesame met hulle skoothonde het nou die sg.  chemiese aanlegte in Sirië vernietig sodat dit vir die inspeksiespan onmoontlik sal wees om te sertifiseer of dit wel chemiese aanlegte was of nie. Die Amerikaners het bloot die bewys dat hulle lieg, weggeblaas.

Die blote feit dat chemiese wapens iewers gebruik is, is vir die Amerikaners, en hulle Engelse en Franse brakhonde genoeg om die skuld daarvoor op Rusland te pak. Die regering van mev May werk die afgelope weke daaraan om die skuld vir die aanslag teen Sergei Skripal en sy dogter Joelia, op die Russe se rekening te plaas, natuurlik om sodoende die Amerikaners ter wille te wees.

Enkele aspekte stem egter tot nadenke:

Eerstens is die aanval op Skripal en sy dogter gedoen agt jaar nadat hy as spioen in Rusland werksaam was. Voorts is volgens mev May ‘n uiters giftige gas in die aanslag gebruik wat nie alleen die lewens van Skripal en sy dogter bedreig het nie, maar ook ander mense in die omgewing. Tog, as ‘n mens kyk na foto’s wat na die tyd geneem is van die toneel van die sg. moordaanslag, dan sien ‘n mens personeel van die polisie, ens. met swaar maskers en oorpakke terwyl dosyne ander mense onbeskerm in die nabye omgewing rondloop. Die maskers en oorpakke is duidelik ‘n maskerade van mev May se regering. En as die Russe dan agt jaar na die tyd van ‘n spioen ontslae wil raak, sal hulle dit doen deur middel van ‘n gasaanval in die openbaar en  as’t ware hulle handtekening daarop laat soos mev May dit tot vervelens toe beskryf? Is daar dan nie veel meer diskrete maniere om dit te doen nie? Is dit tipies van die Russe om so pateties onbeholpe en amateuragtig te wees ?

Skripal is ‘n Rus  wat, voordat hy hom permanent in Engeland gevestig het, ‘n  spioen in diens van Engeland in Rusland.  Die Russe het hom ontdek, gearresteer en verhoor en tot gevangenisstraf gevonnis. Uit Russiese oogpunt was hy dus skuldig aan hoogverraad waarvoor hulle hom kon hang. Hy is egter kort daarna in ‘n uitruilooreenkoms van spioene toegelaat om na Engeland te verhuis. Sou die Russe dan nou nie gedurende sy aanhouding en gevangenskap ‘n geleentheid kon bedink om hom weg te maak nie? Waarom agt jaar wag om dit in ‘n ander land te gaan doen?

Deskundiges oor chemiese oorlogvoering het ná die voorval beklemtoon dat indien die stof wat in die aanval op Sergei en Joelia Skripal gebruik is, wel Nowitsjok was, soos mev May telkens beweer, die Skripals en ander mense wat na die aanval daarmee in aanraking was, binne enkele ure dood sou wees. Tot dusver was daar nog geen bewyse, ontledings ens., deur mev May aangevoer dat die stof wat gebruik is, wel Nowitsjok was nie.

Veel waarskynliker is dat die Engelse geheimedienste self die aanslag op Skripal en sy dogter beplan en uitgevoer het en na ‘n aanval deur Rusland laat lyk het. Daarom dan ook dat mev May weier om bevindings van ‘n “ondersoek” na die insident bekend te maak, of aan die Russe te verskaf.

Wat die Russe nou gaan doen en of hulle iets gaan doen, sal ons maar moet wag om te sien. Russiese belange is natuurlik nie in die aanval regstreeks getref nie. Dis dus onwaarskynlik dat hulle iets sal doen, maar as hulle wel wraak neem vir die aanval, dan het ons oorlog.