Leon Lemmer: Die boek wat ek nie wou koop nie

Gestel ek is passievol pro-wit en anti-swart en besluit om ‘n boek te skryf met die titel: Hoe sou dit wees as daar in Suid-Afrika geen swartes was nie? Dit sou my die geleentheid gee om oor ‘n fiktiewe blanke utopie te skryf. Suid-Afrika sou voorgestel kon word as bv ‘n doeltreffende, voorspoedige, veilige, korrupsie- en ellendevrye land. So ‘n land sou werklik vry en nie-rassisties kon wees; ‘n egte nasiestaat in die Europese tradisie waarin Afrikanerwaardes en Afrikaans gedy. Uit verskeie oorde sou egter heftig beswaar teen so ‘n utopie gemaak word. Die sekuriteitsbedryf sou oornag feitlik werkloos word. Vir oorlewing sou ruitglasondernemings op nuwe geboue en voertuie aangewese wees en nie meer hulle voorspoed uit inbrake kon put nie. Daarenteen sou die aanvraag vir stoep- en tuinmeubels die hoogte in skiet omdat mense weer buite hulle huise sou ontspan. Buitelugaktiwiteite sou eksponensieel toeneem. Die polisiediens sou kleiner en doeltreffender word, maar bitter min hê om te doen. Tronke sou op groot skaal in bv skole omskep kon word. Ou voertuigbuitebande sou (soos voorheen) nie tydens optogte verbrand word nie maar vir hergebruik herversool kon word. Oor optogte, betogings, vandalisme, plaasmoorde en terrorisme sou ‘n mens dan seker net in die geskiedenisboeke kon lees. Versekeringspremies en belastingheffings sou daal, die strate sou skoner wees, ens.

Om te droom is nie noodwendig ‘n sonde nie. In die nuwe Suid-Afrika is ‘n mens darem nog vry om te dink, maar glad nie vry om uitdrukking aan jou denke te gee nie. Die Menseregtekommissie waak polities byderwets oor wat gesê of gepubliseer mag word. Die gepeupel span hierdie net veel wyer. Johann Rupert mag nie beweer dat radikale ekonomiese transformasie diefstal is nie; dat regstellende aksie in regstelende aksie ontaard het nie. Selfs in die geledere van die armsalige politici mag Helen Zille nie iets goeds van kolonialisme sê nie. Ek is seker vry om daardie utopiese boek in my studeerkamer te skryf. Die probleem is dat geeneen van die hoofstroom-uitgewerye daarin belang sou te stel om so ‘n boek te publiseer nie. Dit is in elk geval onrealisties en seker ook ongewens om een van Suid-Afrika se vier hoofbevolkingsgroepe (blankes, swartes, Asiate en bruines) weg te wens.

Die blankes het Suid-Afrika uit die suidweste binnegekom. Op ongeveer dieselfde tyd het die swartes begin om die land uit die noordooste in te neem. Die Asiate het hulle heelwat later in die ooste van die land gevestig. Wanneer dit hulle pas, roem die bruines graag daarop dat hulle as die Khoi-San altyd hier gewees het. As bevoordeling of simpatie gesoek word, verkies die bruines egter om te beweer dat hulle van die slawe afstam; dus van mense wat ná die blankes hier opgedaag het. Van die swartes, Asiate en bruines word nie beweer – soos só graag oor die blankes – dat hulle setlaars (dus tydelike, verjaag- en selfs uitmoorbare inwoners) is nie. Dít dui op dubbele standaarde gebaseer op subjektiewe waarhede; eintlik blatante valshede.

Sodanige dubbele standaarde geld ook in die publikasiebedryf. Dit is waarom Ferial Haffajee (gebore in 1967) toegelaat is om hierdie boek te publiseer: What if there were no whites in South Africa? (Johannesburg: Picador Africa, 2015, 153p, R265; Amazon Kindle $17,52). Let op die buitensporige prys per bladsy, asof die boek ‘n kosbare kleinood is. Die boektitel ervaar ek as hoogs aanstootlik, maar ek is ‘n lid van die enigste rasgroep wat in die nuwe Suid-Afrika maar vryelik aanstoot gegee mag word. Daar is geen moontlikheid dat hierdie boek rasseharmonie of versoening kan bevorder nie.

Die boek is ‘n konkretisering van Nelson Mandela se gebalde vuis en nie van die handevatsindroom nie. Haffajee beweer egter: “[It] was always about black people extending the hand, not the other way round” (Kindle 1186). “It’s striking how much reconciliation is regarded as a one-way street – from black to white” (1451). Kort na publikasie het Dan Roodt reeds oor hierdie gewraakte boek op Praag (29 November 2015) geskryf. Ek wou ter bestendiging van my gemoed aanvanklik glad nie die boek koop nie, maar ek het so baie verwysings daarna in die polities byderwetse inligtingsmedia teëgekom dat ek in ‘n oomblik van swakheid toegegee en die boek gekoop het. Die boek is so eensydig anti-blank dat my moermeter deurentyd in die rooi was.

Ferial Haffajee

Haffajee was die redaktrise van die koerant Mail & Guardian (2004-2009), van City Press tot November 2016 en sedertdien van The Huffington Post. Haar rasklassifikasie is “Indian/Cape Malay” (671). “I grew up coloured” (1397). Volgens haar is daar egter net twee rasgroepe in die land, wit en swart, onderskeidelik die bevoordeeldes en die benadeeldes. “I am infuriated by former and unreconstructed privilege” (53). Die huidige selektiewe bevoordeling, gegrond op ras en geslag, ontstig haar egter glad nie: “It is not reverse racism” (892). Dit gaan glo om “make-right policies” (899). Die myns insiens briljante boek van Anthea Jeffrey oor swart bemagtiging is volgens Haffajee “an abomination that deserves to be exploded by a black scholar of empowerment” (1233).

Haffajee beskou haarself as onbetwisbaar swart en reken dat Steve Biko se swart bewussyndogma ooreenkomstig haar wens aangepas moet word.* Sover my kennis strek is daar seker nie ‘n boek wat meer konsekwent anti-blank as hierdie een is nie. “We aren’t here to coddle whiteness” (993). Haffajee hou van mense “talking about white privilege and whiteness in tones that imply at once disgust and confidence to name and shame it” (552). “My establishment is black. The anatomy of my country is black” (395).

[* In die praktyk gaan dit vir die ANC-regering om die bevoordeling van swart swartes. ‘n “Indian/Cape Malay” soos Haffajee is nie ‘n swart swarte nie, al wil sy hoe graag een wees. Kyk wat skryf een van die MK-stigters, Ben Turok, oor hierdie onderwerp: “After 1994, as Africans were promoted into all the organs of the state, non-Africans began to be sidelined, partly in the effort to make all our public institutions reflect the demographic profile of the country. Although the movement continued to use the phrase ‘blacks in general, and Africans in particular’ to refer to the subject of its historical mission of liberation, and as an essential ingredient of its official policy of redress, the various forms of ‘black empowerment’ that were enacted after 1994 came to refer to Africans and not to coloured or Indian people … From 2007, the top six leadership posts of the ANC were allocated to Africans, and this kind of representation has spread to lower organs of the movement” (With my head above the parapet: An insider account of the ANC in power, Auckland Park: Jacana, 2014, p 138-139).]

Haffajee skryf: “My life is defined by and led by black power in all its manifestations and tributaries. From where I sit, blacks are the centre of my gaze in all ways. And this is why I find our narrative of black disempowerment by whites, of black domination by whites, of black marginalisation by whites, so hard to fathom it makes me feel like I am going stark raving mad. I feel as if I’ve come up against the power that does not know its name or its influence – it is why I think we need a new Steve Biko for the twenty-first century to hold up a mirror of black ability and beauty to see once again the possible and the potential” (1068).

Geen erkenning hoegenaamd word gegee aan wat blankes plaaslik tot stand gebring het nie. Iemand het met hierdie juiste stelling vorendag gekom: “If it wasn’t for whites, you wouldn’t have the type of infrastructure we have now” (1206). Haffajee reageer hierop soos volg: “It’s the furthest thing possible from my thinking … I know the narrative … that apartheid was not that bad because we have First World infrastructure. It’s a popular race narrative among whites, coloureds and Indians, but it’s rubbish, of course. Apartheid infrastructure and spatial planning is still costing us enormously in the fractured design of the country and our intractable Group Areas. The 1913 Land Act. Homelands. Black spots. It’s one reason we are where we are” (1206). “The negotiation to end apartheid resulted in the compromise state, which has become almost a dystopia” (1457). Maar as dit hoe is, is die nuwe Suid-Afrika volgens Haffajee wonderlik: “For black people who have benefited from freedom (and for those in government), the [South African] story is one of accomplishment. Creating a working state from the destructive embers of apartheid’s divisive one has been a phenomenal achievement by any measure” (1240).

Vir Haffajee, soos vir die ANC, begin Suid-Afrika se geskiedenis in 1994; dus met die “bevryding” en verwonderliking van die land. Nelson Mandela is “our founding father” (526) en “the world’s greatest statesperson” (1088). Hy is glo Suid-Afrika of selfs die geskiedenis se “finest son and statesman” (1101). Oor die Mandela-standbeeld by die Uniegebou skryf sy: “His beatific statue beams down” (1873). “Deeply proud of our founding story, I am an unapologetic disciple of the founding president and statesman President Nelson Mandela and his sidekick priest and fellow Nobel Peace Prize winner, Archbishop Emeritus Desmond Tutu. Their philosophies of peace and Ubuntu resonate in my soul. I like their bravery and take-no-prisoners style. I like how they moulded us from the smelter of apartheid into a rainbow nation under the African sun. It is almost an anathema to so declare your discipleship these days, but there it is” (1840).

Haar reënboog verdof as sy wraak soek: “Our reckoning is not done and that reckoning increasingly takes a racial tone. It is what it is and it is where we are. The idea of a deeper and more resonant social justice and racial justice is taking hold in South Africa, with a majority opinion turning against the idea that we are a rainbow nation under God as Tutu first christened us … I now know the reckoning is nowhere near done. The unfinished business of colonialism and apartheid will be finished by a new generation” (1853). “Our politics will be radicalised by a new generation” (1924). Haffajee doen myns insiens alles in haar vermoë om radikaliteit, indien nie anargie nie, aan te por.

Sy beskou haarself as “a child of freedom” (201). Die era vóór 1994 is nie Suid-Afrikaanse geskiedenis nie. Vir haar gaan dit net om “our freedom years” (38). Die tyd voor 1994 word glo uitsluitlik deur blanke boosheid gekenmerk. Dit is “painful history” (533); ons “evil past” (599). Geen direkte melding word van bv die vandalisme, sabotasie en terrorisme gemaak wat so prominent vóór 1994 was nie. By implikasie het sy net lof daarvoor: “I thank the leaders, the guerrillas, the activists who gave us freedom, and the ANC, too” (638). In soverre terrorisme in die verlede bestaan het, kan dit glo aan apartheid toegeskryf word, want apartheid “terrorised us” (75). In die nuwe Suid-Afrika bestaan iets soos plaasmoorde blykbaar glad nie. Niks positiefs word van blankes gesê nie en niks negatiefs van swartes nie. Die boek is bedoel as “a love song to the Mzansi” (44), die fiktiewe (swart) Suid-Afrikaanse nasie.

In ‘n sin is Haffajee nie die outeur van die boek nie, maar eintlik net die samesteller. Deurlopend word die lesers daarna herinner dat sy (massiewe) “navorsing” gedoen het, maar die teks bestaan in groot mate uit wat ander mense, bv medejoernaliste, mondeling in geselsies of andersins tydens besprekings (“round tables”), wat sy met geesgenote gereël het, kwytgeraak het, sodat sy inligting vir haar teks kon kry. Dit gaan om die rekordering van hulle “stories” (68); ‘n geliefde tydverdryf in veral linkse Amerikaanse geledere, wat ook in Suid-Afrika uitgeslaan het, bv tydens die onderhoude wat die sogenaamde Waarheids- en Versoeningskommissie opgestel en opgevoer het.

Aan die einde van die boek bestaan die “selected references” uit ses boeke en ses verslae. Haffajee verwys ook na vyf koerante waaruit inligting verkry is. Al hierdie bronne is uitsluitlik Engels, al het sy in die bruin woonbuurt Bosmont grootgeword (234, 671). Sy behoort dus Afrikaans (goed) magtig te wees. Sy was in ‘n skool vir bruines, maar dan kla sy valslik oor “the impact of Bantu Education on me” (625). Later erken sy dat dit “coloured education” was (873). Afrikaans, net soos Suid-Afrikaanse geskiedenis vóór 1994, geniet feitlik geen erkenning in die Haffajee-wêreldjie nie. Afrikaans is een van die baie Afrikanerprestasies wat goedsmoeds verswyg word. Taal – dit is sekerlik eerder ‘n stekie na Afrikaans – is glo “the new veneer masking racial separation” (1470).

Haffajee gebruik die woord “gatvol” wanneer sy na die beweerde “automatic privilege” van blankes verwys (880). Sy ken ook die woord “baasskap”: “What is needed or desired is a sort of new dominion or baasskap to replace an old one, a new ruling class” (1008). Maar dan is dit terselfdertyd sy wat kla oor “the new laagers of white groups on Facebook” (1081). Sy hou nie van die plaaslike blankes, veral Afrikaners, se geskiedenis nie. “For [black] South Africans, Jan van Riebeeck is not a friendly oom but the first of the colonial overlords who began the experiments with land theft and abuse of the original inhabitants that culminated in grand apartheid” (1094). “Oom Jan (van Riebeeck) should not have set foot here” (169). Jacob Zuma het dieselfde wens uitgespreek. “Colonialism should not have happened” (2059). Sonder kolonialisme sou sy egter nie as Indiër/Kaapse Maleier bestaan het nie, want sy is nie werklik ‘n DNS/etniese swarte of Afrikaan nie.

Haffajee is uiters selfgesentreer en het onmeetlike waardering vir haarself. “I can’t do small talk for the life of me” (1611), maar daar is geen aanduiding dat sy naasteby ‘n intellektueel kan wees nie. Sy beskryf haarself as “self-satisfied and middleclass” en dat sy tydens ‘n paneelbespreking “impatient and rude” was (1835). Sy verwys self na haar “arrogance” (2052); ‘n onregverdigbare skyn van selfversekerdheid wat ek onuitstaanbaar vind. Haar selftoegekende voortreflikheid berus op twee pilare: Sy is swart en sy is ‘n vrou. “#ForBlackGirlsOnly would wash among the people I follow and in the social community I find captures a zeitgeist” (979). Daarom moet daar ruimte (“space” – ‘n geliefkoosde term in linkse Amerikaanse literatuur) vir haar wees “to be brave and to be an editor” (61). “Black people want their own space [apartheid?] to be; and they want hegemony [swart baasskap?] in other spaces” (965). “Many people, in my experience, largely want to be apart rather than together [!] … many black people desire all-black spaces” (973). Elders kla sy egter oor “the injury of our apartness” (2174). “Being anti-establishment was hard work when you slammed into the establishment” (395). Kritiek “helped me construct the thick skin you need to play in the race space in South Africa” (860).

Soos wat oordrewe heiligheid heeltemal onvanpas aan mense soos Nelson Mandela en Desmond Tutu toegedig word, noem Haffajee die Grondwet ‘n “sacrament” (47), al bevat dit “way too many compromises” (599). Sy erken dat sy as student aan die Universiteit van die Witwatersrand, waar sy die graad BA voltooi het, haar eerder met linkse politiek as akademiese studie besig gehou het: “I went to Wits and immediately gravitated to the Black Students’ Society or the largely black socialist [communist?] organisations that wanted to smash the system (979). “I was a terrible student” (873). “I preferred the radical student activism” (880). Toe sy as joernalis by die Johannesburgse Aandelebeurs ‘n onderhoud moes gaan voer, het sy uitdagend ‘n Che Guevara T-hemp aangetrek (334) om haar anti-kapitalistiese gesindheid uit te stal.

Dwarsdeur die boek is daar “the black obsession with whiteness and white privilege” (95). “Whiteness is the study of a system of privilege in which white people are held to be at the centre of gaze” (195). Een van Haffajee is hoofprobleme is blykbaar dat sy nie in staat is om met blankes mee te ding nie, gevolglik moet sodanige kompetisie lief nie bestaan nie. Dit kom nie by haar op dat wat sy blanke bevoordeling noem dalk eerder aan blanke talent of uitnemendheid toegeskryf kan word nie. Soos die ANC beskou Haffajee alle mense as (inherent/potensieel) gelyk en eenders – maar volgens haar is die blankes seker glad nie moreel op dieselfde peil as die swartes nie. Wat Haffajee dus wil hê, is dat alle sektore van die samelewing, bv die “workplace culture” (163), die demografie moet weerspieël. Wit is steeds in te ‘n groot mate die norm. Swart moet die nuwe standaard wees. “Anything but an economy owned in proportion to the demographics of South Africa is anti-democratic” (169). Welvaart moet herverdeel word (208), maar sy erken darem dat daar so baie swartes is dat die herverspreiding van die blanke minderheid se bates nie veel of genoeg tot die swartes se welvaart sal bydra nie (267). Selfs sy besef dat welvaart nie deur “wealth redistribution” bewerkstellig word nie maar deur “wealth creation” (281).

In hierdie ná-meriete-era word die aanstelling van nie-wit aktiviste in topposte in Suid-Afrika nie meer bevraagteken nie, veral nie as diesulkes vroue is nie, want enige kritiese of skeptiese opmerking kan jou die beskuldiging van rassisme en seksisme op die hals haal. Maar ‘n dogmatiese aktivis is myns insiens ‘n uiters ongeskikte bekleër van ‘n koerant se redakteurstoel. ‘n Koerant is immers veronderstel om sy lesers met ‘n mate van objektiwiteit in te lig. “I am my politics and my understanding of freedom” (645). Maar Naspers/Media24 het ongelukkig in ‘n toestand verval waarin aanstellings en bevorderings meesal/dikwels deurslaggewend op grond van ras en geslag gedoen word.

Die rol van ‘n redakteur is onder meer om die skryfwerk van verslaggewers reg te trek. Hier het ons egter ‘n geval van iemand wat skynbaar glad nie ‘n verdienstelike teks sonder onderskraging kan lewer nie. In die resensies op Amazon word telkens melding gemaak van hoe swak die boek geskryf is. Daar is geen behoorlike struktuur nie. Enigiets kan in enige van die ses hoofstukke te berde gebring word. Daar is baie herhaling in hierdie boekie. Die outeur het die slegte gewoonte om haar subjektiwiteite (haar tande, haar hare, ens) kort-kort aan die lesers op te dring. Sy is in die eerste plek ‘n aktivis; nie ‘n joernalis nie. Sy erken self dat die poste wat sy beklee het – en daarby op ‘n jeugdige ouderdom – aan politieke byderwetsheid te wyte is. “My badge of ’employment equity candidate’ is worn proudly” (1233). “If it had not been for the planned and political project of black empowerment and employment equity, the workplace would have remained closed and protected for Boer cronies and a tight circle of concentrated Anglo-Saxon capital” (368). “We are a fruit of freedom” (368). “Freedom has allowed my self-actualisation” (638).

Het Haffajee se werkomgewing by City Press gelyk asof Jan van Riebeeck nooit hier opgedaag het nie? Nee, daar was blankes in sleutelposte wat verseker het dat die koerant oorleef: “City Press is about 98% black but for two or three white colleagues who are black in spirit. It is homogenous in its thought … I am non-racialist in the Mandela tradition; this is a Pan-Africanist newsroom. One of my skills is blending political coverage … making sure the entire spectrum of political life is covered. But, then, I employ an assistant editor who can drive a feisty news agenda. He is white and Afrikaans. In turn, he employs a highly talented news editor who is yellow but white. And I choose a white features editor. All the time, I have my eyes on our racial make-up as I try to move my newsroom to match the country” (945).

Dit is seker vir my onnodig om al die teenstrydighede in die vorige paragraaf uit te wys. As ‘n joernalis is Haffajee gewoond daaraan om haar gedagtes in kort artikels te publiseer. Dan val die teenstrydighede wat op verskillende dae kwytgeraak word nie so maklik vir die koerantlesers op nie. Wanneer sy ‘n lang teks, soos hierdie boek, publiseer, is dit vir die kritiese leser spoedig duidelik dat die outeur se idees ‘n warboel van teenstrydighede is. Heel teen die einde beweer Haffajee: “My lodestars have always been non-racialism and non-sexism” (2189) – ook die ANC se beweerde ideale. Maar uit die aanhalings hierbo is dit duidelik dat sy oorbewus van die werklikheid van sowel ras as geslag is en daarby op ‘n hoogs eensydige en radikale manier. Les bes, by ‘n koerant, soos by ‘n universiteit, is ideologiese diversiteit belangriker as etniese diversiteit. Homogeniteit in denke is ‘n onding, maar dit is presies wat Haffajee in die vorige paragraaf aanprys.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.