Leon Lemmer: Vergete blanke stamme wat kwyn en verdwyn

'n Kalasj-meisie wat tot 'n blanke groep in Pakistan behoort

Eeue lank het Brittanje en ander Europese lande koloniale gebiede gehad. Daar is gedink dat die son nooit sou sak oor die Britse en ander koloniale ryke nie. Na die Tweede Wêreldoorlog het die meeste kolonies egter polities onafhanklik geword. Lede van die koloniale bevolking is in die meeste gevalle terug na hulle moederland. Dwarsoor die wêreld het daar egter groepies blankes in die eertydse kolonies agtergebly omdat hulle nie kon of wou verhuis nie.

‘n Italiaanse joernalis, Riccardo Orizio, het ondersoek ingestel na wat van hierdie eens blanke mense geword het. Hy het oor hulle geskiedenis gelees en hulle besoek. Sy waarnemings en bevindings is in ‘n boek gepubliseer, Lost white tribes: Journeys among the forgotten (London: Vintage, 2000, 304p; Amazon Kindle $16,06). Orizio verskaf geen duidelike uiteensetting nie; onder meer omdat hy glad nie chronologies of sistematies verslag doen nie. Sy indrukke is gebaseer op klein steekproewe, enkele mense wat hy in die verskillende lande teëgekom het en is nie noodwendig verteenwoordigend van daardie groepe in hulle geheel nie. Tog kan afleidings gemaak word oor wat mettertyd met blanke minderheidsgroepe gebeur wat polities en kultureel deur die inheemse nie-wit bevolking verswelg word. Hierdie eens blankes is eintlik meesal vergete en dikwels armoedige oorblyfsels van die verlede. Dit is hoogs uitsonderlik as iemand, soos Orizio, in hulle lot belangstel en simpatie met hulle het.

Ek vind dit noodsaaklik om geografiese en historiese besonderhede by te voeg sodat lesers beter kan verstaan wat Orizio meedeel. Dit was vir my van die moeilikste rubrieke om in woorde te klee. Ek het oor weke verskeie kere probeer om die teks te formuleer en telkens tou opgegooi. Oorspronklik was dit my bedoeling om hierdie teks onmiddellik na die rubrieke oor die blankes in bv Kenia (Praag 4 en 11 Maart) te publiseer, maar ek kon nie daarin slaag nie.

Die onderwerp van Orizio se boek is sekerlik van groot aktuele belang vir Suid-Afrikaanse blankes, veral Afrikaners. Onder die oordrewe opskrif, “SA sal teen 2040 al sy wit mense verloor” (Rapport, Weekliks, 9 April, p 6), skryf Frans Cronjé dat 40% van die plaaslike blankes na verwagting binne drie dekades gaan sterf weens ouderdom of siekte. Blankes is tans 8% van die bevolking. Teen 2040 sal blankes na bewering 1% tot 3% van die bevolking wees. Afrikaners wat in Suid-Afrika aanbly sal dus in dieselfde mate as hulle diaspora weens hulle klein getalle waarskynlik mettertyd deur ander kulture verswelg word. Niks is standhoudend nie – ook nie kulture en volke nie.

In die voorwoord skryf Ryszard Kapùscinski: “The lost white tribes of today live in a schizophrenic situation: having deliberately isolated themselves from the ambient culture, they are yet part of it. They feel that they do not belong … the author visits communities that appear to be centuries removed from the real world of today … they reflect … the problems inherent in modern societies where everything is mixed: colour, language, religion, culture … the fate of the lost white tribes … anticipated the 21st century with its growing multiculturalism” (Kindle 211). Orizio voeg by: “We can all become minorities. We are all potentially irrelevant” (274).

Orizio beskryf die “historiese fossiele” (245) waaroor hy verslag doen soos volg: “Napoleon’s Poles in Haiti [chapter 4], the Blancs Matignon in Guadeloupe [and] the fair-haired Norman fishermen in Les Saintes [chapter 6], the Germans of Seaford Town in Jamaica [chapter 2], the last Confederates in Brazil’s sugarcane plantations” [chapter 3] (253). Maar daarmee laat hy die twee hoofstukke uit wat van besondere belang vir Afrikaners is: hoofstuk 1 oor die “Dutch burghers of Ceylon” en hoofstuk 5 oor die Basters in Namibië. Laasgenoemde is nie ‘n blanke groep nie, maar die hoofstuk is nie heeltemal onvanpas nie omdat die eens blanke groepe wat in die ander hoofstukke behandel word ook in meerdere of mindere mate verbaster het. Die skeidslyn tussen wit en nie-wit word nie duidelik getrek nie, of is nie (meer) duidelik trekbaar nie. As Italianer is Orizio heel moontlik bewus daarvan dat sy landgenote aanvanklik nie as blank in Amerika beskou is nie. Om blank in Amerika te wees, was om Anglo-Saksies of Noord-Europees (Nordies) te wees.

Volgens Orizio is daar nog baie soortgelyke minderheidsgroepe. “There are the Griquas of Griquatown in South Africa, Theseriras, Alcantra and Monteiros families and a further 4 500 in Melaka, the Portuguese enclave in Malaysia formerly known as Malacca. There are the French in Pondicherry, in India, who cherish the memory of De Gaulle and have been French since 1664 [and until 1954]. I saw the German Mennonites in Belize, dressed like the Pennsylvanian Amish people but without the comforts of modern American life.* The West, rightly concerned about the fate of Afghanistan, seldom remembers that the Gavurs [infidels, non-Muslims], the last descendants of Alexander the Great and his armies, with Greek blood and white skin, still live there. And how could we forget, not least on account of their extreme geographical isolation, the Scottish and Genoese sailors who populated Tristan da Cunha, an island lying 1 800 nautical miles west by south of Cape Town. Or (even if too individualistic to constitute a tribe) the ‘insabbiati’ [silted/versandes – kyk hier onder], the Italians who went native in Eritrea, Somalia and Ethiopia” (261).

[* Die protestantse Duitse Mennoniete praat Platduits en het uit Wes-Pruise na Rusland verhuis. Na 1873 is 7 000 van hulle na Manitoba, Kanada. Van 1922 tot 1925 het die konserwatiefstes na Meksiko uitgewyk om te voorkom dat hulle kinders staatskole bywoon. In 1958 is sommige van hulle na Brits-Honduras – sedert onafhanklikheid in 1981 bekend as Belize. In die 1960’s het sowat ‘n honderd uit Pennsylvanië bygekom. Tydens die burgeroorlog in die 1980’s het 1 700 Mennoniete uit El Salvador na Belize gevlug. Daar is ook Duitse Mennoniete in Suid-Amerika, bv in Argentinië, Bolivië, Paraguay, Peru en Uruguay.]

Sri Lanka

Die eiland Ceylon se koloniale geskiedenis het in 1505 begin toe die Portugese daar aangekom het. In 1517 het hulle ‘n fort in Colombo gebou. In 1638 het die Vereenighde Oostindische Compagnie (VOC) ‘n verdrag met die plaaslike heerser gesluit om van die Portugese ontslae te raak. In 1656 het die VOC daarin geslaag om die Portugese uit Colombo te verdryf en in 1658 ook uit Jaffna in die noorde (643). “With the arrival of the Dutch, many Tamils and Sinhalese rushed to Europeanise their own surnames” (506). In 1796, toe die VOC bankrotskap in die gesig gestaar het (593, 643), het die Britte sommige van die kusgebiede beset. In 1802 is die Britse vlag in Colombo gehys (650). In 1815 het Ceylon in sy geheel ‘n Britse kolonie geword. “Many Dutch families emigrated to other Asian colonies or returned home. About nine hundred families decided to stay on because after the collapse of the Dutch East India Company there was no certainty of employment in Batavia, now known as Jakarta” (657). “The English regarded them [the Dutch] as an indigenous people even though their origins were patently European, and to begin with preferred to keep them at arm’s length. ‘The first years under English rule were hard,’ recalls Barbara Sansoni [a Dutch Burgher]. ‘They put taxes on jewellery, taxes on the size of your verandah, we had no rights of citizenship and became, overnight, stateless persons'” (657). In 1948 het Ceylon onafhanklik geword. In 1972 is die land se naam na Sri Lanka verander.

Naas boeddhiste, Hindoes en Moslems is daar in Sri Lanka christene, bv Rooms-Katolieke en protestante. Orizio spoor van die nageslag van eens Hollandse burgers in ‘n Rooms-Katolieke ouetehuis op. Hulle verlang na die goeie ou dae. “Have you seen what the country has come to now? It’s a mess … we Dutch Burghers are white and different from the Sinhalese, Tamils, Moors, Malays, the other peoples of the island” (462). Daar word tussen die “Dutch Burghers” en “Batticaloa Burghers” onderskei. Laasgenoemdes is van Portugese oorsprong en het in groter mate as die Nederlanders verbaster, gevolglik word hulle nie na die byeenkomste van “Dutch Burghers” genooi nie (477). Vir die Nederlanders “marriages with local women were only permissible if the women concerned were Portuguese Christians of mixed blood who undertook that their children would marry [Dutch] Burghers so that, as Governor Rijcklof van Goens* said in the second half of the seventeenth century, ‘our race will degenerate as little as possible'” (643).

[* Van Goens (1619-1682, goewerneur-generaal van Nederlands-Oos-Indië, 1678-1681) was in 1679 met siekteverlof aan die Kaap. Hy het by die VOC aanbeveel dat Simon van der Stel (1639-1712, kommandeur 1679-1691, goewerneur 1691-1699) die plaas Groot Constantia ontvang. Dit is in 1685 gedoen. Constantia is die naam van Van Goens se dogter. Van der Stel se pa, Adriaan, is in 1646 op Ceylon vermoor. Moontlik verduidelik hierdie Nederlandse afkeur van rasvermenging waarom daar skynbaar minder verbastering in Nederlandse as in bv Portugese koloniale gebiede plaasgevind het.]

“As the years passed, the Burghers became Anglicised. The census of 1871 revealed that there were 15 335 of them. By 1901 the number had grown to 23 482, while the true Europeans [whites?] numbered only 6 300. But, still in 1871, the Colombo Club, preserve of the English, did not yet accept members from either the Sinhalese or Dutch Burgher communities” (664). In 1844 het James Selkirk, ‘n Britse sendeling, die Nederlandse burgers soos volg beskryf: “Though much reduced in circumstances since their Island was ceded to the English, they continue to keep up the appearance of great respectability … they are in great measure free from those vices which are so degrading to some of the other classes … They … have been found, by the [British] experience of nearly half a century, to be trustworthy … They do not mix much with the English society” (671).

In 1956 het Singalees die amptelike taal geword. “Tamil and English had been abolished” (709). Dit het die Nederlandse burgers as Engelssprekende minderheidsgroep (“no one speaks Dutch any more” – 758) verder gemarginaliseer. Baie van hulle kinders en kleinkinders het toe na Australië en Kanada geëmigreer (491). ‘n Nederlander het die aankondiging soos volg vertolk: “They told us we were no longer welcome. Formerly first-class citizens, we now had to compete with the indigenous people. The politicians deceived them, promising them the earth. They launched the slogan ‘Sinhalese only’ as if it were the solution to every problem, to poverty, to discrimination … [Some] English planters, for the most part owners of tea plantations, … fraternised rather too much with the ‘darkies’ … Their sons became rent-boys, their daughters concubines. Very few landowners dared leave their farms and plantations to these unfortunates because they knew they had nowhere to go, that they would never be accepted into either community, European or indigenous” (716).

Oor die bejaarde Barbara Sansoni skryf Orizio: “Grey hair surrounds a pale face sculpted by generations of ancestors who married within their own caste” (772). Sy sê: “My mother was a van Langerberg. She was ostracised throughout her life by the Burgher élite because she married a man who was not one of them … No, she did not marry a Sinhalese! That would have been unthinkable … No, my mother married an Englishman … in my mother’s family he was considered lacking in elegance, in glamour. In short, he wasn’t good enough” (779). Sansoni is trots op haar blankheid, maar sy sê: “Nowadays it would make no sense to describe oneself in such a way in this country … We Burghers have become strangers in our own land. We have given so much, created so much … the old times are gone for ever” (806). Sy gebruik ‘n interessante woord: “We all grew up with a Tamil ayah” (819), ontleen aan die Portugese woord aia, wat kindermeisie of verpleegster beteken (SPE Boshoff en GS Nienaber, Afrikaanse etimologieë, Pretoria: SA Akademie vir Wetenskap en Kuns, 1967, p 128). Die leuse van die Hollandsche Burgher Vereeniging van Ceylon is: “Eendracht Maakt Macht” (877).

Van die Nederlandse burgers in Sri Lanka kan opsommend gesê word dat hulle verengels het, Rooms-Katoliek pleks van protestants geword het, in ‘n groot mate verbaster het, geneig is om nie-welgesteld te wees en om ontheem te voel, maar daar is steeds by sommige van hulle ‘n vasbeslotenheid om wat daar van hulle oorspronklike identiteit oor is, te behou.

Jamaika

Jamaika is ‘n Wes-Indiese of Karibiese eiland wat sedert 1494, met Christopher Columbus se besoek, en veral sedert 1510, onder Spaanse invloed was, totdat dit in 1655 ‘n kolonie van Engeland geword het. Slawe is uit Afrika ingevoer om op die suikerplantasies te werk. Na die vrywording van die slawe in 1838 is Indiese en Chinese arbeiders ingevoer (soortgelyk aan wat in die 19de eeu van 1860 af in Suid-Afrika gebeur het – Indiërs vir die suikerplantasies en Chinese vir die goudmyne). In 1962 het Jamaika polities onafhanklik geword, met Engels as amptelike taal.

In die 1970’s is met sosialisme geëksperimenteer: “A colossal mistake that disrupted the advances made in die 1960s en left the nation further impoverished, a prey to unemployment, social unrest and mindless apathy … ‘We glorified poverty and indiscipline, telling people that it was wonderful to be poor and a crime to be rich. We led our people to believe that we were all aggrieved by slavery, colonialism and imperialism and that we had to be repaid for all this suffering. We didn’t have to work or invest … we just had to sit back and reap our compensation'” (1716).

Die Jamaikaanse bevolking is oorwegend swart, maar daar is baie kleurskakerings. “Do you know we have seventeen different definitions for seventeen different shades of skin, from white white to black black?” (1323). Dit dui op uiterste kleurbewustheid. Sommige veral swart Jamaikane is rastafariërs en daggarokers. “They cultivate their ‘African-ness’ in the place where human civilisation began … Ethiopia” (1408).

Die eerste arm Duitse werkers se aankoms in Jamaika in 1834 (1556, 1824) het saamgeval met die Britse besluit om die slawe vry te stel (1815). Die Duitsers het hulle in afgeleë gebiede soos in die omgewing van Seaford Town gevestig. Aan hulle is grondbesit na vyf jaar gratis arbeid belowe (1854). Hulle het soos slawe op plase gewerk. Binne maande het baie van hulle gesterf. Hulle het – seker in vergelyking met Duitsland – die grond onvrugbaar, die brandhout onbruikbaar, die water ondrinkbaar (1305) en die temperatuur te hoog gevind (1294). Later word daar egter na Jamaika se vrugbare grond verwys (1741). Met die geld wat die eerste gemmeroes opgelewer het, kon byna ‘n honderd van hulle na Amerika ontsnap (1538, 1869). Daar word vermoed dat hulle toevallig op Jamaika beland het; dat hulle van die begin af beoog het om na Amerika te emigreer (1575).

Hoewel ‘n derde van die Duitsers aanvanklik protestants was (1773), het hulle soos die ander plaaslike Duitsers mettertyd Rooms-Katoliek geword (1462) en verengels (1351), al was die skoolonderrig aanvanklik in sowel Duits as Engels (1861). Baie van die Duitsers het verbaster, maar daar is by sommige van hierdie Duitsers die neiging om na swartes as “hulle” te verwys (2009) – ten spyte van Max du Preez se verbod op die onderskeid tussen “ons” en “hulle”. Deur sodanige onderskeid te maak, dui myns insiens op bewustheid van voortgesette Europese, spesifiek Duitse, identiteit. “We live as brothers, the Africans and us. But I don’t want to marry one” (2041).

Brasilië

Brasilië, die grootste staat in Suid-Amerika, is in 1500 deur Pedro Álvares Cabral tot Portugese gebied verklaar, hoewel setlaars hulle eers van die 1530’s af daar gevestig het. In 1822 het Brasilië homself onafhanklik verklaar. Dié onafhanklikheid is in 1825 deur Portugal erken. Slawe is uit Afrika ingevoer as arbeiders vir die suikerplantasies. Verbastering het op groot skaal plaasgevind. Daar is tans ongeveer ewe veel blankes en bruines, hoewel ‘n duidelik onderskeid tussen hierdie twee groepe nie moontlik is nie. Sowat 7% van die bevolking is swart. Daar is 1% Asiate. Rooms-Katolisisme is die dominante godsdiens (65%). Die amptelike taal is Portugees.

Die Amerikaanse suidelike state was na die Amerikaanse Burgeroorlog (1861-1865) verwoes en verarm. Sommige van diegene wat nie die gesag van die noordelike state oor hulle wou aanvaar nie, het na Brasilië uitgewyk. ‘n Aanvanklike voordeel vir boerdery was dat slawerny, wat in 1863 in Amerika afgeskaf is, tot 1888 in Brasilië voortbestaan het. Die Amerikaners het hulle van 1865 af tot 1885 (2163) in bv die omgewing van Santa Barbara d’Oeste, Americana en Nova Odessa gevestig (2156, 2163, 2214). Daar was oorspronlik minstens ses verskillende Amerikaanse gemeenskappe, bekend as Confederados (2286), in Brasilië, bestaande uit tussen 10 000 en 20 000 mense altesaam (2236). Daar was ‘n “determination to remain different from their fellow Brazilians” (2332). “We never became Catholics” (2471) maar Portugees het mettertyd hulle gebruikstaal geword. “We have nothing against anyone, not even the blacks” (2356).

Haïti

Poolse soldate is aan die begin van die 19de eeu na Haïti gestuur. Hulle nageslag interesseer Orizio. Haiti is die westelike derde en die Dominikaanse Republiek* die oostelike tweederdes van die eiland Hispaniola. Dit is die eerste Wes-Indiese eiland waar Christopher Columbus in 1492 geland het. In 1496 is die eerste Spaanse koloniste in die Nuwe Wêreld op hierdie eiland gevestig. Slawe uit Afrika is ingevoer. In 1697 het Spanje die westelike deel van die eiland, wat as Haïti bekend geword het, aan Frankryk afgestaan. In 1804 het Haïti onafhanklik geword na opstande, van 1791 af, wat deur die oud-slaaf Toussaint Louverture gelei is. Hy is in 1803 dood en is opgevolg deur Jean-Jacques Dessalines. [*Die Dominikaanse Republiek (Spaanssprekend) moet nie met Dominika (Engelssprekend), een van die Windward-eilande in die Karibiese see, verwar word nie. Dominika was eers ‘n Franse en van 1759 af ‘n Britse kolonie. Onafhanklikheid is in 1978 toegeken.]

Van 1957 tot 1971 was François Duvalier (Papa Doc), ‘n swarte, die staatshoof van Haïti. “He abolished Dessalines’ red and blue flag, which was basically the French tricolour without the white band, and chose red and black instead … the traditional colours of Voodooism” (3176). “Voodoo: Set of magical beliefs and practices, followed in some parts of Africa, South America, and the West Indies, especially Haiti. It arose in the 17th century on slave plantations as a combination of Roman Catholicism and West African religious traditions; believers retain membership in the Roman Catholic Church” (Collins World Encyclopedia, 2003, p 980). Maar in daardie deel van die wêreld is baie protestante ook terselfdertyd aanhangers van hierdie soort toorkuns.

Sentraal- en Suid-Amerika word gekenmerk deur mulatto’s (mense van gemengde afkom, deels wit en deels swart) as die elite omdat hulle sosiaal hoër as swartes geag word en dikwels die ekonomie en politiek oorheers. “When Papa Doc Duvalier, the sworn enemy of the mulatto élite and its French trappings, was seeking symbols for his pro-African, anti-European stance, he publicly eulogised the Poles’ patriotism and dubbed them ‘European white negroes'”(3252). In 1964, dus in Papa Doc se tyd, het “the cult of noirisme” [swartheid] ontstaan. Dit het swartes aangemoedig “to once more take charge of their own destinies”; dus, “expel the mulatto élite and return to the revolutionary ideals of Dessalines” (3326). Die uiters rassistiese anti-blankheid en die klem op swartheid wat Haïti se politiek kenmerk, is moontlik die rede waarom iemand soos Thabo Mbeki so sterk aangetrokke tot Haïti voel (kyk hier onder).

Papa Doc is opgevolg deur sy seun, Jean Claude (Baby Doc), wat tot 1986 aan die bewind was. In 1983, met pous Johannes Paulus II (‘n gebore Pool) se besoek aan Haïti, is diegene met die ligste vel op die eiland, waaronder Poolse afstammelinge, uitgesoek om hom te verwelkom (3267). ‘n Plaaslike Pool vertel: “We had time to ask him for help and explain that no one had ever given us anything since our ancestors arrived in Haiti, that we need food, schools and medicines. A few managed to shake his hand. To others he promised that he would send assistance, because, he said, we were all Poles and should help one another” (3282). “We have heard no more. No aid has come. Even His Holiness has forgotten about us, like all the rest” (3290).

Jean-Bertrand Aristide (Haïti se president 1991, 1994-1996, 2001-2004) was van 2004 tot 2011 in ballingskap in Suid-Afrika. Hy het vergoeding en huisvesting van die Mbeki-regering ontvang, was ‘n navorsingsgenoot aan die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) en het selfs ‘n doktorsgraad in 2007 ontvang. Die akademies-wetenskaplike gehalte van sy proefskrif is heftig gekritiseer. Mbeki se partytigheid vir Aristide het minstens ‘n drieledige grondslag: Aristide is swart, amptelik ‘n polities-radikale, Rooms-Katolieke bevrydingsteoloog (maar ook “a high-ranking priest of an important Voodoo sect” – 3165) en hy het gesorg dat Haïti so veel moontlik met die Afrika-Unie assosieer. Mbeki se barmhartigheid jeens Aristide het Suid-Afrikaanse belastingbetalers miljoene rande gekos; ‘n wanpraktyk wat glad nie genoegsaam veroordeel is nie.

“Of all the many attempts to eradicate Voodoo, none has ever succeeded, not even the bloodiest of all, which occurred after the fall of Baby Doc in 1986 when a thousand priests were killed by Protestant and Catholic extremists. It is said that many of them were killed with machetes or stones at the express command of Father Aristide, the Catholic priest who became president and later declined into a state of near madness” (3206).

In 1802, dus in die Napoleontiese era, is 2 570 Poolse soldate na die Franse eiland Haïti (toe nog bekend as Saint-Domingue) gestuur om die slawe-opstand te onderdruk. “Their pact with Napoleon had been cut and dried. In return for their assistance in restoring slavery to the Saint-Domingue colony, Bonaparte would restore the freedom of Poland which was then under the double protectorate of Prussia and Russia” (3029). Altesaam is sowat 4 000 Poolse vrywilligers as soldate gestuur (3007); later ook Deense en Duitse soldate (3063). Die slawe het in opstand gekom omdat die plantasie-eienaars geweier het om die slawe vry te stel (3007). Pleks van die slawe in toom te hou, het die Pole, in soverre hulle nie deur die swartes uitgemoor is nie, besluit om Dessalines te ondersteun en hom gehelp om in 1804 die eerste swart republiek uit te roep (2623, 3022). “They realised how uncomfortably close the cause of the slaves under Toussaint Louverture and Dessalines was to their own. Black Haitian slaves and Polish nationalists were all fighting for the same ideals of liberty, independence and freedom from foreign tyranny” (3036). Hierdie vryheidstrewe is deur die Franse Revolusie (1789) geïnspireer.

“Many hundreds of them [Poles] – the precise number is not known – decided to stay and side with the black people as citizens of the only state in the whole world to be brought into being by a slaves’ revolt” (3042). Met die uitsondering van die Pole wat lojaal teenoor die slawe-opstand was, “almost all the whites were killed” (3063) in 1803; “even those who had fought alongside the blacks” (3216). “Dessalines’ orders were to take every white and every mulatto to the square in front of Government House and kill them all at once” (3231). “Dessalines gave orders that none of the Poles … was to be killed” (3238). “The loss of Saint-Domingue forced Napoleon to abandon Louisiana … he sold it to the United States” (3070).

Voor onafhanklikheid “Haiti was … the richest of the American colonies” (3096). Sedert 1804 is daar nie meer sprake dat Haïti tereg die “pêrel van die Antille” genoem kon word nie (2637, 3007) omdat dit verval het tot een van die agterlikste state in die wêreld. “It may now seem incredible, but Haiti, thanks to the enormous wealth generated by sugarcane, long regarded itself as a powerful, developed nation” (3102). Deesdae “there’s very little money in Haiti and everything gets done for free. Except for the blancs [whites], naturally” (2729). Dit toon dat kolonisasie beter as onafhanklikheid kan wees. Byvoorbeeld, die oostelike deel van die eiland Hispaniola het eers in 1865 as die Dominikaanse Republiek onafhanklik van Spanje geword en is baie meer voorspoedig as Haïti. Moontlike sleutels tot die relatiewe welvarendheid van die Dominikaanse Republiek is: Tradisioneel “affluent white landowners and the military hold power behind the scenes” (World Reference Atlas, London: Dorling Kindersley, 1995, p 198) – maar sedert 1993 is die politieke opset meer demokraties – en die bevolkingsamestelling is 73% bruin/gemeng, 16% wit, 11% swart, teenoor Haïti se 95% swart (Wikipedia).

Vir die oorweldigende swart bevolking van Haïti is daar, naas die uitmoor van blankes in 1803 (waarna hier bo verwys is), nog ‘n historiese rede. In die 1805-grondwet, artikel 12, staan: “No white person, of whatever nationality, may set foot upon this territory as a land owner or master, nor may such person in future acquire any property whatsoever” (2825). Wie het gesê swartes kan nie rassisties wees nie? Werk die ANC-regering nie dalk in ‘n rigting soortgelyk aan die Haïti-grondwet nie? In artikel 13 word darem uitsonderings vir burgerskap gemaak, bv vir “those of Polish and German birth whom the government has naturalised” (2835). ‘n Onderskeid word gemaak tussen “a grand blanc, or urban white, and a petit blanc, or peasant” (2999). “In Haiti a peasant always becomes black” (2999), nie net weens die tropiese sonskyn nie, maar ook weens verbastering. Soos een Poolse afstammeling dit stel: “I am Haitian even down to the colour of my skin” (2999). Die oorspronklike Poolse soldate was uiteraard mans. Weens verbastering “their skins became darker” (3252). “You see, this is what happens, as time passes, the race disappears and only the surnames remain” (3454).

Die Pole wat uit Napoleon se leër gedros en die slawe-opstand ondersteun het, het hulle in die bergagtige gebiede gevestig (2873), bv in Casales. Hierdie Pole se nageslagte is brandarm. “The fight for survival meant labouring on the mountain slopes from dawn until dusk. They forgot how to read and write. Fathers taught their children [French] Creole, the language spoken all around them, rather than Polish” (2930). Hulle huise lyk soos Afrika-hutte (2889). “Casales has no electricity, no phone, no running water, no nurse, no cars, no school, and now no church. There are no shops” (2910). “All that remains is a dance they call the polka, and those Slav features … that seem so out of place among the banana plantations and African-style huts” (2930).

In 1803 was die Pole gelukkig om in die anti-blanke Haïti te oorleef. Sedertdien was daar geen owerheidsbevoordeling vir hulle nie; eerder algehele ignorering en verwaarlosing. Die Pole het verarm en hulle het hulle taal en geletterdheid, hulle kultuur en weens verbastering ook hulle etnisiteit verloor. Eintlik verknies omtrent niemand anders hulle oor die lot van hierdie vergete mense nie.

Namibië

Rehoboth,. 90 kilometer suid van Windhoek, is sedert 1870 (4286) die hoofsentrum van die Namibiese Basters. Rehoboth beteken “ruimte”. Aan die begin van hierdie afdeling haal Orizio uit Genesis 26:19-22 aan: “Isak se slawe het ‘n put gegrawe in die spruit en sterk water gekry. Toe stry die skaapwagters van Gerar [Filistyne] met dié van Isak en sê: ‘Dié water behoort aan ons.’ … Sy slawe het ‘n ander put gegrawe, en ook daaroor het die Filistyne klagtes gehad … Van daar af het hy [Isak] versit en ‘n ander put gegrawe, en hulle het nie daaroor gestry nie. Toe noem hy die put ‘Ruimte’.” Hierdie teksverse laat my dink aan die nuwe Suid-Afrika waarin die swartes geneig is om aanspraak te maak op alles wat die blankes besit (bv plase) of tot stand gebring het (bv maatskappye/sake-ondernemings). Dit is te betwyfel of die blankes ooit soos Isak die salige stadium sal bereik wanneer daar nie meer op hulle eiendom aanspraak gemaak word nie: “Nou het die Here vir ons ruimte gemaak en in dié land sal ons voorspoedig wees.”

Naas noodsaaklike bestaansruimte sal daar in die nuwe Suid-Afrika in die huidige opset myns insiens nooit afdoende leefbare kulturele ruimte vir blankes wees nie. Die bestaans- en kulturele ruimte van die Namibiese Basters is sedert onafhanklikheid in 1990 ook ernstig deur die swart meerderheid, veral Ovambo’s, ingekort. “The Ovambo are spreading the word that Namibia always belonged to them” (3642). Onder die Basters, met hulle sterk onafhanklikheidsgevoel, is daar die persepsie dat hulle deesdae aan “ethnic cleansing” onderhewig is (3649), soortgelyk aan die plaasmoorde in Suid-Afrika. In Suidwes-Afrika/Namibië is volksmoord nie onbekend nie. Aan die begin van die 20ste eeu was dit die Duitse owerheid wat die Herero’s en Namas/Khoi-Khoin wou uitroei (3672). Desnieteenstaande “the Herero … still copy the style of dress of their one-time enemies, having transformed it into national costume” (3694).

Anders as die bruin elite in Suid-Afrika, wat graag swart wil wees, is die Namibiese Basters trots op hulle gemengde afkoms (3708). Die Basters “developed a sturdy self-sufficiency and an identity distinct, both psychologically and genetically” van ander etniese groepe (3716). Die Basters herinner in hierdie opsig aan bv die Griekwas en (uitgesonderd godsdiens) aan die Kaapse Maleiers/Moslems. Orizio kom met hierdie oppervlakkige en misleide siening: Die Khoi-Khoin “helped the [Dutch] farmers to hunt down Bushmen like wild animals. The bond between Boer and Hottentot was a union of losers, an alliance of the poor, in one sense a marriage of equals” (3730). Na die Britse besetting van die Kaap in 1806, die Afrikaners “spoke a form of Dutch increasingly influenced by African languages. To English eyes, the isolated and semi-wild Boers were guilty of two mutually contradictory but equally unforgivable sins: they used slaves as labourers on their farms, and they procreated children with these same slaves, Hottentot and Bushmen” (3737). Op hierdie uitlatings van Orizio is kritiese kommentaar nodig.

Die eerste keer wat daar na Afrikaners as “losers” verwys kon word, was in die grondwetlike onderhandelings en magsoorgawe in 1990/94. In werklikheid was dit nie die Afrikaners as sodanig wat geswig het nie, maar ‘n klein groepie Afrikaanssprekende blankes wat verraderlik en mandaatloos die politieke mag aan die swart meerderheid oorgedra het. Daar is baie minder sprake van volksmoord, bv van die San/Boesmans deur Afrikaners in Suid-Afrika, as deur blankes in bv Amerika, Australië en Duits-Suidwes-Afrika. Inheemse tale het Afrikaans, bv wat woordeskat en sinsbou betref, in ‘n baie beperkte mate beïnvloed. Die Italianer Orizio het seker net Engelse bronne geraadpleeg. Vandaar sy valse insinuasie dat slegs Afrikaners slawe-arbeid gebruik het, terwyl dit sekerlik ook Engelssprekende blankes en selfs nie-blankes gegeld het. Rasvermenging tussen wit en nie-wit het in Suid-Afrika in veel mindere mate as in seker die meeste ander koloniale gebiede (bv in Sentraal- en Suid-Amerika) voorgekom.

Rasvermenging tussen die Khoi-Khoin en San/Boesmans het plaasgevind. Wanneer hier na rasvermenging en basters verwys word, gaan dit egter om blanke bloed. Sodanige rasvermenging het in die tweede helfte van die 19de en tydens die Duitse bewind, dus tot 1914, in Namibië voorgekom. Afrikaners was sekerlik nie uitsluitlik hiervoor verantwoordelik nie en waarskynlik ook nie in die meeste gevalle nie. In die 19de eeu het Namas/Khoi-Khoin uit die Kaapkolonie oor die Oranje- of Grootrivier getrek, gevolg deur nie-Afrikaners, soos blanke sendelinge (veral Britte en Duitsers) en handelaars (bv Britte, Duitsers, Iere, Nederlanders, Swede, Switsers, insluitende Jode), asook mineraalprospekteerders, jagters en avonturiers, wat in alle of die meeste gevalle (aanvanklik) ongetroud was. Afrikanerboere het hulle eers van 1885 of 1886 af in die suide van Namibië gevestig (ELP Stals, Môrewind oor die Karasberge: ‘n Kultuurhistoriese verkenning van die Karasstreek van die laat negentiende eeu (Pretoria: Protea Boekhuis, 2009/2016, p 156, 160). “Feitlik al die Boere wat die omgewing ingetrek het, [het] reeds gevestigde gesinne gehad” (Stals, 212). Daarom skryf Stals dat huwelike tussen Afrikaners en Basters “nie ‘n algemene verskynsel [was] nie” (212).

Afrikanerboere het Namibië in sommige gevalle eers as weiveld vir hulle vee benut voordat hulle hulle daar gevestig het. Om weg van Britse oorheersing te kom, was dikwels van deurslaggewende belang. Die Boere se intog het min of meer saamgeval met die uitbreiding van Duitse gesag in hierdie gebied, want hierdie Afrikaners wou sekerheid oor die eiendomsreg van hulle plase hê. Eers in 1890 het Brittanje Duitse gesag oor Namibië erken (Stals 307). Ek wil nie ten alle koste as apologeet vir Afrikaners optree nie. Vandaar die erkenning dat van die kinders van die eerste Boere-intrekkers wel oor die tou getrap en in sommige gevalle met nie-blankes in die huwelik getree het. Maar dan was dit (feitlik) deurgaans met basters, dus met diegene wat reeds blanke bloed gehad het. In ander gevalle, veral swartes, sou die kulturele kloof tussen Afrikaners en nie-wittes te groot wees. ‘n Duitse koloniale amptenaar het geskryf: “These mixed marriages between Germans and Basters are nearly always happy marriages and that is what matters most” (Orizio 3982).

By die Rehoboth-basters is daar ‘n aristokrasie (soos in Sentraal- en Suid-Amerika) gebaseer op velkleur: “The most highly regarded and wealthiest families are those which, by coincidence or not, happen to have the whitest skin and the surnames of the original trekkers who came from the Cape in their ox-drawn wagons” (3791). Afrikaans is die Basters se moeder- en voertaal, soos trouens deesdae ook van die meeste Namas en Damaras. In hierdie gebied het die sendelinge sedert die 19de eeu in Hollands/Afrikaans gepreek en onderwys gegee, terwyl onderhandelings en kontrakte ook in Hollands of Afrikaans was. Die swart Swapo-regering, soos die ANC-regering, dring deesdae Engels as skooltaal op aan al die inwoners (3870). “The blacks want to make us [Basters] forget Afrikaans. They would like to impose English on us. But we grew up speaking Afrikaans, and if they take that away we shall lose our identity” (3920).

Namibië is van 1915 tot 1990 deur Suid-Afrika regeer. In 1979 is selfregering aan die Rehoboth-basters toegestaan (4041, 4141). ‘n Parlementsgebou vir die Bastertuisland is gebou (4055), asook ‘n spoggerige ampswoning vir die kaptein van die Basters (4069). Peter Carstens noem die Basters “bruin Voortrekkers” (4126), onder meer omdat hulle ‘n eie onafhanklike tuisland begeer (4237). Hoewel nooit ‘n blanke groep nie, is die Basters se vryheidstrewe, soos dié van Afrikaners, deur swart mag gekortwiek en word die voortbestaan van hulle moedertaal, Afrikaans, soos dié van Afrikaners, ingelyks deur swart astrantheid ondermyn.

Guadeloupe

Guadeloupe is ‘n Leeward-eiland, met die buitelyne van ‘n skoenlapper, in die Kleiner Antille in die Karibiese See. Die eilandjie La Désirade is oos daarvan, ‘n groter eiland, Marie-Galante, is suid van Guadeloupe, met nege eilandjies, Les Saintes, waarvan twee bewoon word, wes van Marie-Galante. Die westelike helfte van Guadeloupe word Basse-Terre en die oostelike helfte Grande-Terre genoem; streng gesproke twee eilande wat met brûe verbind is. Christopher Columbus was daar in 1493. Hierdie eilande is sedert 1635 Franse besittings, maar met onderbrekings weens Britse besettings. In 1813/14 was Guadeloupe 15 maande lank selfs Sweedse eiendom. Anders as in die geval van Haïti (1791-1804) was die slawe-opstand van 1793 in Guadeloupe onsuksesvol. Piesangs en suiker is die vernaamste uitvoerprodukte. Toerisme is ‘n belangrike bron van werkverskaffing en inkomste. Frans is die amptelike taal en die meeste inwoners is Rooms-Katolieke.

Die Blancs Matignon lewe in selfopgelegde isolasie in die onherbergsame berge tussen Le Moule en Morne-à-l’Eau (4509) op Grande-Terre, “ignored and despised by the rest of the population of Guadeloupe. No one, not even the Blancs Matignon themselves, can explain why, two centuries ago [beginning 19th century] when Napoleon was ruling Europe, a small group of French colonists decided to abandon the ports and the farms of this wealthy colony and hide away in the furthest corner of the island, a prey to hunger and disease. One theory is that they were idealists driven into these remote valleys by a determination to build a perfect, changeless society uncontaminated by the revolutionary democratic and egalitarian ideas that were spreading even into the tropical areas of the empire … Insabbiati is the word the Italians used for colonials who could not bring themselves to go home. It means ‘stuck in the sand’, and was only logically applicable to such colonies as Abyssinia and Eritrea … the Matignon have … become ‘stuck in the jungle'” (4435).

Vanwaar die benaming Blancs Matignon? “‘Blancs’ from the colour of their skin, ‘Matignon’ because this is at one and the same time the name of their village, the surname of the majority and the name of the aristocratic family from whom they claim their ancestry” (4524); “six clans that bear the only names to have survived in the community: Matignon, Bourgeois, Boucher, Ramade, Roux and Berlet” (4764). “The flight of the Matignon recalls the Boer trekkers’ long march through the African bush … the blanc va nu pieds, the ‘whites who walk barefoot’ as the other inhabitants of Guadeloupe derisively call them” (4448). Hierdie vergelyking met die Boere is nie onvanpas nie; die Matignon wou klaarblyklik apart woon. “Racial integration, democracy and welfare” word deur hulle as euwels beskou (4611). Die verwysing na kaalvoetloop herinner aan wat Erasmus Smit se vrou, Susanna, Voortrekker Gert Maritz se suster, gesê het oor die moontlike tog van vroue oor die Drakensberg om aan Britse oorheersing te ontsnap.

Die Blancs Matignon het as ‘n groep van sowat 400 (4687) oorspronklik van Normandië, Frankryk, gekom (4509); in 1665 (5062), dus voor die Franse Revolusie (1879) en voor die afskaffing van slawerny; dus, “before the world changed” (4631). Die nageslag word “obstinate and illiterate” genoem (4509). Inteling, selfs bloedskande, het gevaarlike afmetings aangeneem. Die gevolg was “a quite unacceptable proportion of mentally and physically handicapped children” (4863). Aanvanklik wou die Matignon net binne hulle groep trou. “Cases of concubinage with black people are extremely rare, they marry exclusively among their own kind, and even when attending church at Morne-à-l’Eau of a Sunday, they stay together in one corner keeping their distance from the blacks” (4708). ‘n Swarte vertel: “The Matignons used to regard the church as their private property. They would all keep to one side, on the left, and look us up and down. And heaven help any of us who dared sit near them. Nowadays there are no fixed places in church on a Sunday” (5223).

Mettertyd het ‘n mate van kreolisering plaasgevind, sodat sommige van die Matignon bruin geword het. “My mother was a half-caste, very pale-skinned” (4726). “At least we’re making mixed marriages now and lovely children are being born instead of the defective mites that still occur in more traditional families” (4740); “the mystery of 400 pig-headed peasants who, on the eve of the second millennium, thought they could stop time itself” (4747). Party Blancs Matignon het uitgewyk na Kanada, Australië en Frankryk (4531). Ander moet aanbly in armoedige voorafvervaardigde huise of hutte omdat hulle te arm is om na hulle oorspronklike moederland, Frankryk, terug te keer en “too proud to admit defeat” (4631).

“The Béké are the wealthy, respectable whites, the tiny élite of Guadeloupe that studies, accumulates and governs, maintaining strong ties with France. To them the Matignon are a blot on the landscape, an embarrassing anachronism reminding them of the time when all the white colonies – theirs included – exploited black African slaves on the plantations … The Béké would like to pretend that the Matignon do not exist” (4546): “The Matignon don’t deserve any pity. They’re debased by intermarriage and isolation, abject folk who give themselves airs” (4538). By geleentheid het ‘n Blancs Matignon met ‘n Béké getrou. Hy was ‘n suksesvolle sakeman en het dus van ‘n “petit blanc” (peasant) tot ‘n “grand blanc” (urban white) gevorder (5229). Hiermee het hy hom van sy stam vervreem. “From that moment he became a member of the white élite of the island. He had accepted the state of créolisation, a word pronounced by his estwhile tribe only with fear and loathing. He had become a common white man with no tribal identity” (5238).

Maar die stoeres onder die Blancs Matignon sien hulleself anders: “They have protected it [the colour of their skin] from the sun and from mixed marriages with slaves of African origin and later with the freed blacks, even at the cost of becoming a minority doomed to extinction, a lost tribe in the midst of a multi-racial Caribbean community. Their skin was their only treasure, their banner. They might be poor, ignorant, possibly forgotten, but they were white” (4639): “We’re white, we’re different from them [blacks]. I, for example, am in the process of selling the land on which my house stands. But I won’t sell it to a black. I couldn’t live cheek by jowl with black people. They might be heathen. We think differently. I know that the old times are dead and gone, but – forgive me – that’s what I’m used to. No blacks ever entered my house, even if they were richer than us, while I’ve always had to earn my living dressmaking or cooking or working in a factory” (4645). “My ancestors were penniless and obliged to work as farm labourers, but they were aristocrats by blood and by style, and the ways of Europe ran in their veins. I am a Bourbon, you understand. How could I consider myself no different from the children of African slaves?” (4669). Sy herinner my aan die Boere-adel onder Afrikaners.

Noord van Guadeloupe is daar nog twee Franse eilande wat tot 2007 administratief deel van Guadeloupe was: Saint-Barthélemy en die noordelike deel van Saint Martin. Die suidelike deel, 40% van die eiland, is Sint Maarten, ‘n Nederlandse gebied. ‘n Blancs Matignon vertel dat sy na Saint-Barthélemy as ‘n kok gegaan het “where the natives are white and therefore similar to the Blancs Matignon. There Constance opened a little restaurant, in a place where she no longer had to explain about being poor and white” (4803). Op Saint-Barthélemy is daar doelbewus geen suikerplantasies nie omdat hulle swart arbeiders sou verg (4807). Hier het die Blancs Matignon van Guadeloupe huweliksmaats kom soek om die nadelige gevolge van inteling te beperk (4834). “To marry someone from Saint-Barthélemy is like winning the lottery. It puts new life not only into the family, but the community too” (4842). Naas Franse is daar Skandinawiërs, veral Swede, op Saint-Barthélemy (4849). Van 1784 tot 1878 was die eiland ‘n Sweedse besitting. ‘n Blancs Matignon vertel: “I’ve got four daughters and I’ve married all four to men from Saint-Barthélemy, nice boys just like our own Matignon. You see, in this way whites stay with whites, and that’s how it should be” (4961).

Suid van Guadeloupe op die Les Saintes-eilande is daar Franse “Norman and Breton fishermen who now number 1 500 and call themselves Santois” (4983). Die Blancs Matignon beskou hierdie vissers nie as geskikte troumateriaal vir hulle kinders nie omdat hulle nie aristokraties is nie en ook nie gesofistikeerd genoeg nie (4990). Toerisme is naas vissery ‘n belangrike bedryf op Les Saintes (5032).

Oos van Guadeloupe is daar die eilandjie La Désirade. “In this earthly paradise of forests and plantations of sugar cane lives an even smaller version of the Blanc Matignon tribe, descendants of the pioneering farmers who crossed the seas in the sixteenth century to colonise La Désiderade” (5247). Orizio verskaf egter geen verdere inligting hieroor nie, behalwe om op te merk dat verskillende mense om verskillende redes op hierdie eilandjie ‘n wegkomplek kom soek.

Slot

Uit die voorafgaande blyk dat al hierdie klein groepies agtergeblewe blankes geneig is om mettertyd hulle taal en godsdiens, dus hulle kultuur, asook hulle etnisiteit/ras en welvaart, te verloor; dat hulle ontheem voel en eintlik grootliks vergete is.

Hoeveel herkenbare, ongeboë* Afrikaners sal in 2117, of oor twee of drie eeue van nou af, in Afrika of elders oor wees? Die eerste twee dekades sedert die aanbreek van “demokrasie” in 1994 stem my nie optimisties oor die toekoms nie. Ek sal eersdaags magteloos wees om my nageslag en ander kultuurgenote in enige opsig te help. Ek sal dan nie eens ‘n opname van hul wel en wee kan maak nie. Maar dit lyk tans asof 1994 bekend sal staan as die allerskandaligste keerpunt in die geskiedenis van die Afrikaner en dat dit só sal bly. [* “Dat ons nie kon gebuig word soos húl geweld dit wou, en dat ons hoog kon lewe net aan ons bloed getrou” (NP van Wyk Louw).]

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.