Moltrein deur Dan Roodt

Anton du Preez is 'n pianis uit Pretoria wat reeds jare lank in selfopgelegde ballingskap in Parys woon. Hy gee klavierlesse regoor die stad en ry elke dag moltrein van een bestemming na ´n ander. Ná ´n verhouding met ´n Franse vrou wat ook lid is van die Kommunistiese Party, ontmoet hy eensklaps ´n skatryk mede-Afrikaner uit Stellenbosch, die blonde Erika de Ruiter in haar swart Ferrari. Sy voer hom heen na ´n wêreld van weelde, van duur sjampanje, restaurante en hotelle, mooi klere en ´n appartement op die Champ de Mars neffens die Eiffeltoring.

MOLTREIN verteenwoordig tegelyk 'n soektog na die sin van Afrikanerskap in die vreemde, ´n studie van ballingskap, ´n erotiese liefdesverhaal oor die verhouding tussen ´n kunstenaar en ´n baie ryk vrou, asook ´n Europese reisverhaal. Die verhaal spring van ondergronds na bogronds en terug in die moltrein wat algaande ´n metafoor word van toevallige ontmoetings, die "Browniaanse beweging" van liggame wat teen mekaar aanbots.

Benewens 'n intense dialoog met die Franse letterkunde, word daar onverskrokke vrae gevra oor die ware redes waarom Afrikaners so ongeliefd in die wêreld is. Die politieke boodskap van die roman, naamlik dat internasionale Afrikanerhaat in die 1980s onder andere te wyte was aan die Europeërs se skuldgevoel oor hul meelopery met die Nazi's, gaan beslis die tonge aan die roer sit.

MOLTREIN kan ook net as storie gelees word, maar die uitsnuffel van al die intertekste -- soos 'n weggooi-verwysing na die mistisisme -- maak dit vir die letterkundige leser 'n plesierrit. Die roman bewys dat tekste buite die sisteem -- soos Kontrei van Kleinboer -hoogs noodsaaklik is, omdat dit die stereotiepe idee van wat 'n goeie of groot roman nou eintlik behoort te wees afbreek. Boonop is die skrywer, soos in Houellebecq se Atomised en Plateforme (Platform), vreesloos voor die stereotiepe of die polities korrekte versugting. - Joan Hambidge,

Quantity

Price: ZAR200.00

Shipping: ZAR26.80

Loading Updating cart...