Leon Lemmer: Marlene le Roux van ArtsCape-faam as toonbeeld van aktivisme

Johannes Nicholas (Nico) Malan (1903-1981) was ‘n dekade lank (1960-1970) die administrateur van Kaapland. In 1971 is die Nico Malan-teater in Kaapstad geopen as teenhanger vir soortgelyke instansies in die ander provinsies, bv die Staatsteater in Pretoria. Die aanbiedings in hierdie teaters was van hoogstaande gehalte, bv klassieke musiek, opera, ballet en drama. Die Europese herkoms van die room van die Suid-Afrikaanse bevolking is in die aanbiedings weerspieël, gevolglik was daar vanselfsprekend ook heelwat Afrikaanse produksies. Ná 1994 het ook hier, soos elders in die land, agteruitgang ingetree. In 2001 het die Nico Malan-teater ArtsCape geword. In dieselfde jaar het Marlene le Roux (gebore in 1967) daar diens aanvaar. In 2015 het sy die uitvoerende hoof van ArtsCape geword. Sy het twee baccalaureusgrade (BMus en BEd) verwerf. Die Cape Peninsula University of Technology het in 2017 ‘n akademies waardelose eredoktorsgraad aan haar toegeken.

Soos die geval deesdae met so baie instansies is, het ArtsCape eintlik net hierdie Engelse naam. Die benaming en letterlike vertaling, KunsteKaap, word selde gehoor. In die telefoongids word ‘n mens van KunsteKaap na ArtsCape verwys. Deesdae is dit hoofsaaklik in Engels dat dinge daar gebeur. Die webtuiste is uitsluitlik in Engels. Nogtans is daar borge soos die ATKV, Die Burger, Media24 en Rapport. Le Roux kan direk verantwoordelik vir die verwaarlosing van Afrikaans, veral Standaardafrikaans, by ArtsCape gehou word. Desnieteenstaande was sy die voorsitster van die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans, wat (ironies) “Sigbaar Afrikaans” as leuse het. In 2019 het Le Roux (voorspelbaar) ‘n direksielid van die ATKV geword. Van die Afrikaanse Taalraad (ATR) het sy die ATR-Koker-toekenning ontvang. Na aanleiding van wat hier onder volg, kan/moet ‘n mens egter ernstige bedenkinge oor Le Roux se Afrikaansgetrouheid hê. Een van die sigbare prestasies van Le Roux by ArtsCape is ‘n borsbeeld van Adam Small, wat in 2017 onthul is. Daar is klaarblyklik geen planne by ArtsCape om enige Afrikaner op ‘n soortgelyke manier te vereer nie.

Vanuit ‘n Europese of Westerse perspektief kan ‘n mens met reg verwag dat die uitvoerende hoof van ‘n instansie soos ArtsCape daartoe verbind moet wees om die trotse kulturele tradisie van die Nico Malan-teater voort te sit deur werke van bv die hoogste letterkundige gehalte aan die publiek bekend te stel. Dit is glad nie die geval nie. In die praktyk word naas ‘n ooraanbod in Engels, voorkeur aan geradbraakte Afrikaans, bv die brouseltaal Kaaps, bo Standaardafrikaans gegee; vandaar die verering van onder andere Adam Small. Le Roux se uitgangspunt is aktivisties. Dit gaan vir haar, volgens eie erkenning, veral om die sogenaamde benadeeldes, kwesbares, gemarginaliseerdes. Haar uitlatings is deursprek met politieke aktivisme. Sy hou van woorde soos transformasie en bemagtiging. Sy is ook ‘n propagandis vir ander soorte aktivisme, bv vroueregte en die regte van gestremdes.

As kind het Le Roux polio gehad, gevolglik is haar linkerbeen verswak. In verskeie inskrywings op die internet word apartheid die skuld vir haar gestremdheid gegee. Hierdie (wan)voorstelling het sy oorsprong by Le Roux (kyk hier onder). Volgens haar mag ArtsCape nie elitisties wees nie. Sy gee met oorgawe voorkeur aan polities-betrokke opvoerings. Hulle kan maar van ‘n anti-blanke en sekerlik van ‘n anti-Afrikaner aard wees, maar nie anti-bruin of anti-swart nie.

ArtsCape het as’t ware ‘n verlenging van Le Roux se oortuigings/vooroordele/subjektiwiteit geword. ‘n Mens sou verwag dat sy deur belangegroepe, bv gesofistikeerde lede van die publiek en die borge, tot groter ewewig en ‘n groter mate van objektiwiteit verplig word. In plaas van haar leiding te bevraagteken en te kritiseer, word sy op die hande gedra en vereer asof haar oriëntasie reg en onbesproke is. Om nieblank, naamlik bruin, ‘n vrou en gestremd te wees, verseker dat Le Roux kritiekloos wegkom met blatante eensydigheid, wat in die openbare belang eerder kragdadig bestry behoort te word. Ek verwys vervolgens na drie bronne ter stawing van my voorafgaande karakterisering.

Adam Small-huldigingsbundel

WAM Carstens en Michael le Cordeur het as redakteurs die volgende bundel gepubliseer: Ons kom van vêr: Bydraes oor bruin Afrikaanssprekendes se rol in die ontwikkeling van Afrikaans (Tygervallei: Naledi, 2016, 601p). ‘n Bespreking van die boek is op Praag (2.04.2017) gepubliseer. Met die uitsondering van Carstens en Danie van Wyk is daar egter nie ‘n enkele bydraer tot die boek wat hom/haar teen die verengelsing van bv die Universiteit van Wes-Kaapland en die Universiteit Stellenbosch uitgespreek en verset het nie. ‘n Mens het dus hier in oorweldigende mate met dislojales jeens Afrikaans te make. Le Roux is een van hulle. Sy is ‘n oudstudent van Michael le Cordeur (p 258) en ‘n mens weet dus eintlik wat om van haar te verwag. Sy word soos volg voorgestel: “Marlene le Roux beskerm en bevorder Afrikaans … Le Roux is ook ‘n Afrikaanse skrywer van formaat” (284). Sy bevorder egter by voorkeur die brouseltaal Kaaps pleks van Standaardafrikaans. Carstens en die ATR wil oorgraag polities byderwets wees. Volgens hulle is Afrikaans vroulik. As feminis beskou Le Roux Afrikaans (296) en ArtsCape (290) as vroulik.

“Voor Suid-Afrika se oorgang na ‘n inklusiewe demokratiese regering in 1994, was kunsonderrig nie beskikbaar vir die meerderheid leerders in Suid-Afrika nie. Om hierdie opvattings en houdings te hervorm en te help met nasiebou, het KunsteKaap … verskeie programme ontwikkel en gevestig om sosiale transformasie te fasiliteer en om brûe te bou oor die talle aspekte wat Suid-Afrikaners verdeel het” (285). Met ander woorde, die ou Suid-Afrika was sleg en die nuwe Suid-Afrika is goed. ArtsCape se opdrag en funksionering word as polities, spesifiek ANC-gedienstig, vertolk. Die kunste word dus met politieke motiewe aangebied en bevorder.

Vóór 1994 was kunsonderrig egter ook vir die oorgrote meerderheid blanke skoliere nie beskikbaar nie. Die enkele blanke staatskole wat kuns as vak aangebied het, moes dit sedert 1994 in feitlik alle gevalle weens finansiële beperkings laat vaar. ‘n Mens kon dus verwag dat Le Roux ‘n spesiale poging sou aanwend om die huidige benadeeldes, die blankes, tegemoet te kom, maar die teenoorgestelde is eerder waar. Sy het (slegs) ore en oë vir die belange van nieblankes, veral bruines. Kyk na foto’s 39 tot 46 oor ArtsCape se bedrywighede. Dit lyk asof daar net drie blankes is onder die dosyne mense wat afgeneem is.

“Gedurende die apartheidsera het die kunste, kultuur en erfenisgoedere hoofsaaklik binne die wit minderheid van die Suid-Afrikaanse bevolking tot sy reg gekom … Die uitdagings vir beleidmakers in 1994 het hoofsaaklik gefokus om dieselfde hulpbronne beskikbaar te stel vir alle Suid-Afrikaners en om sodoende aan alle kultuur- en erfenissektore gelyke geleenthede te bied. Die Nasionale Witskrif op Kuns, Kultuur en Erfenis van 1996 het die beleid en raamwerk vasgestel, om die visie van die nuwe demokrasie te verwesenlik via alle Suid-Afrikaners. Weens hierdie redes is dit van kardinale belang vir KunsteKaap om ons land se geskiedenis volkome [!] te verstaan, sodat ons kan saambou aan die toekoms en erfenis van ons land” (285). Hoe mooi klink dit nie! Maar hoe vals is dit nie! Dit is onverdunde ANC-retoriek. Dit gaan nie om alle Suid-Afrikaners en alle kultuurgroepe nie. Dit gaan om ‘n ongelyke speelveld te skep waarin die belange van die blankes, veral die Afrikaners, verwaarloos word.

In ‘n eindnoot staan: “KunsteKaap strewe daarna om die beleid soos vasgestel deur die regering toe te pas” (298). Met ander woorde, Le Roux en ArtsCape kruip agter die heillose ANC-regime aan. Nêrens spreek kameraad Le Roux kritiek op die ANC uit nie. Haar uitgangspunt en oortuiging is: “Die Nico Malan-teater (en KRUIK [Kaaplandse Raad vir die Uitvoerende Kunste]) het … ‘n apartheidsgeskiedenis wat getransformeer moes [!] word” (286). Volgens die ANC het (die nuwe) Suid-Afrika se (ná-koloniale) geskiedenis in 1994 begin, voorafgegaan deur ‘n vreedsame oorgang. Dít is die ANC se “volkome” (volledige, volmaakte, suiwere) verstaan van die geskiedenis. Dat daar terroriste was wat op groot skaal (onskuldige) bloed vergiet en dood en verwoesting gesaai het, word verswyg. Daar was skynbaar net voorbeeldige vryheidsvegters wat deur ‘n wrede, immorele, blanke regime bloedig onderdruk en onregverdig benadeel is.

Le Roux lê die ANC se rassediskriminasie teen blankes in die allermooiste voue. “Die politieke transformasie in Suid-Afrika en die nuwe regering in 1994, asook ‘n kombinasie van gemeenskapsdruk en politieke druk het KRUIK sowel as ander uitvoerende kunsterade in Suid-Afrika gedwing om die nodige veranderings te maak wat deursigtigheid en toeganklikheid weerspieël. Hierdie druk vir verandering was gebonde aan die dalende staatsubsidie en gevolglik die onsekerheid rakende befondsing” (286). Wat Le Roux verswyg, is dat die ANC hier dieselfde laai as met bv die universiteite uithaal. Die uitvoerende kunste en tersiêre onderwys moet aan die heillose ANC-regime se wense voldoen anders word hulle staatsubsidie, wat sedert 1994 in reële terme drasties verminder is, weerhou. Alle instansies wat van owerheidsfinansiering afhanklik is, word deur die ANC in sy (kommunistiese) ideologie ingedwing. Dat dit teenstrydig met die sogenaamde vryheid is wat in 1994 aangebreek het, kom skynbaar nie by Le Roux op nie.

Die ANC-regime verwag voortaan van ArtsCape, anders as in die goeie ou dae, om self sy produksies te befonds. Al wat die ANC-regime onderneem, is om te sorg vir die instandhouding van die bestaande infrastruktuur. Vir die produksies moet ArtsCape self die fondse vind. Die pryse van die kaartjies van diegene wat op- en uitvoerings bywoon, word nie meer gesubsidieer nie. ‘n “Gebruiker-betaal-beginsel” geld (286). Dus, ten spyte van die hoër belastinginkomste wat die ANC-regime in vergelyking met die NP-regering ontvang, is minder staatsgeld as vóór 1994 vir bv die kunste en tersiêre onderwys beskikbaar. Dit is omdat ons te make het met ‘n buitensporig vergrote en uitsonderlik onbekwame staatsdiens, oorlaai met heeltemal teveel personeel, wat verkwistend vergoed word. Wanbestuur en korrupsie dreineer die staatskas. Die ANC is lief vir naamsveranderinge. Die nuwe Suid-Afrika kan hernoem word as bv Korruptië/Corruptia, Rommelië/Junkia of Misdadië/Crimia. Le Roux spreek geen kritiek uit op die armoedige staatsubsidie van ArtsCape nie. Sy erken eerder solidariteit met ‘n politieke doel: “om ons demokrasie te konsolideer” (288).

Soos die ANC-regime het ArtsCape deesdae met “uitdagings” te make (287), dus situasies waarvoor hulle nie die bekwaamheid het sodat die probleme na behore opgelos kan word nie. In die onverkwiklike situasie waarin ons ons sedert 1994 bevind, word op tipiese wyse die volgende kenmerke van “die jeug” gelys: tienerswangerskappe, werkloosheid, MIV/vigs, vroeë skoolverlaters, betrokkenheid by misdaad, dwelmmisbruik, bendebedrywighede, huishoudelike geweld (287). Wat nogeens duidelik is, is dat die aandag nie op alle jeugdiges toegespits is nie, dus nie op die blankes nie, maar op die nieblankes, sowel swart as bruin. Dit is hulle wat “bemagtig” moet word, dus “veral die leerders wat [na bewering] in die verlede toegang [tot die opvoedkundige veld] geweier is” (289).

Die kunste het glo “die potensiaal … om sosiale transformasie te fasiliteer en om brûe te bou oor die baie aspekte wat ons voorheen geskei het” (290-291). “Die kulturele lewe [word] versterk deur middel van innoverende bemagtigingsinisiatiewe” (291). Hulp word aan “benadeelde kunstenaars” gebied (291) pleks van aan belowende, talentvolle kunstenaars, sonder inagname van ras, etnisiteit, kleur of geslag. Ras- en etniese bewustheid word eerder verskerp: “Nog ‘n nuwe tendens by die KunsteKaap is om toenemend bewustheid en waardering vir Khoi-San-identiteit en -marginalisering by die jongmense te skep” (292). ‘n Engelse produksie is hierop toegespits en nog ‘n Engelse een vier ons vryheid (295).

Le Roux verskaf verdere inligting oor ArtsCape se 2016-program as “‘n tipiese voorbeeld van wat KunsteKaap aanbied” (292). Hiermee lewer sy myns insiens verdoemende getuienis oor wat ArtsCape met die geld van die belastingbetalers en borge aanvang. In albei gevalle is groot bedrae danksy die suksesvolheid van blankes beskikbaar, al word hulle belange deur ArtsCape gemarginaliseer. Die skoolvoorgeskrewe werke wat genoem en aandag aan bestee word, is Fiela se kind (dus die onmenslikheid van apartheid), Krismis van Map Jacobs (dus die letsels van apartheid en die Distrik Ses-verskuiwings), die Xhosa-werk Amaza (ter viering van Afrikadag) en twee van John Kani se Engelse werke (apartheid en die vryheidstryd) (292-293); dus nie ‘n enkele werk wat blank-georiënteerd is nie, om van nie-polities en pro-blank nie te praat nie. ‘n Jazz-fees is aangebied om die Sharpeville-slagting te herdenk (294); nie die Bloedrivier- of Marikana-slagting nie.

Hemelbesem (Simon Witbooi) is gekies as die aangewese persoon om in ‘n musiekproduksie die storie te vertel “oor ons gedeelde geskiedenis en hoe taal gebruik kan word om versoening tussen kulture te bewerkstellig” (294). Dit lyk asof niks by ArtsCape van linkse of ANC-politiek vry te pleit is nie. “Ons wil teater as ‘n voertuig gebruik [misbruik] om menswaardigheid, trots, wedersydse respek en selfstandigheid op alle vlakke van die samelewing teweeg te bring en te vestig as ‘n norm” (294). Afrikaans het glo “wel die mag … om nasiebou te bevorder en diverse kulture saam te bind” (296).

‘n Vrouefees – nie ‘n mens- of mansfees nie – word jaarliks aangebied om geslagsgelykheid te bevorder (296). Die Internasionale Dag vir Gestremdes word ook jaarliks gevier om “die stigmas af te breek wat gestremdheid omring” (296). Daar is ‘n nasiebouprojek wat aan ‘n “inheemse musiekgroep” ‘n platform verskaf (297). Dit lyk asof daar in die ArtsCape-aanbiedings niks is wat vry van aktivisme te pleit is nie. Le Roux noem hierdie eensydigheid “‘n kaleidoskoop van Suid-Afrika se kultuurlandskap” (297). “Ek glo in die kunsteprogramme wat KunsteKaap aanbied omdat dit ons die geleentheid bied om sosiaal-relevante kwessies aan te pak” (297). Inderdaad! Dit gaan nie om die kunste ter wille van die kunste nie, maar by uitstek om die propagering van ANC-politiek.

Russel Botman-gedenklesing

Die bruin Russel Borman was die eerste “swart” rektor van die Universiteit Stellenbosch (US). Anders as in die geval van al die blanke US-rektore, word die nalatenskap van Botman jaarliks tydens ‘n gedenklesing in herinnering geroep. Seker des te meer omdat Botman berug is vir die aktiewe manier waarop hy Afrikaans as US-onderrigmedium ondermyn het. Vir die besonderhede hiervan lees Pieter Kapp se boek, Maties en Afrikaans: ‘n Besondere verhouding, 1911-2011 (Pretoria: Protea Boekhuis, 2013, 261p – Praag 6.04.2014). Marlene le Roux het die vierde Russel Botman-gedenklesing op 18 Oktober 2018 gelewer. Die teks is op LitNet (19.10.2018) gepubliseer. Ek verwys na die bladsynommers van my uitdruk om die opsporing van verwysings te vergemaklik.

Botman was ‘n militante ANC-aktivis, gevolglik begin Le Roux heel gepas met ‘n verwysing na “mede-aktivis Russel Botman … Botman was bo alles ‘n aktivis … ‘n ewige aktivis” (p 2). Ja, eerder as ‘n rektor. Insgelyks is Le Roux bo alles ‘n aktivis eerder as die uitvoerende hoof van ArtsCape. Botman se vrou, Beryl, word ‘n “aktivis uit eie reg” genoem (2). Sy het haar doktorale proefskrif in Engels geskryf, al is Russel en Beryl van huis uit Afrikaans. Hulle het ook gepoog om hulle kinders Engels groot te maak. Desnieteenstaande was Russel van 2006 tot 2011 die voorsitter van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK), waartydens hy die fees, soos die US, meer “inklusief” probeer maak het (4). Die KKNK moes glo “n bevrydende rol” vervul (5). Daar is skynbaar niks wat nie deur Botman of Le Roux verpolitiseer kan word nie. Hy wou sowel transformasie as gelykheid “verdiep” (3), met as implikasie dat daar meer militant teen die blankes gediskrimineer behoort te word en die speelveld al hoe meer ongelyk ten koste van die blankes gemaak moet word.

By Le Roux is daar geen tekort aan die gif wat sy met oorgawe ten koste van blankes, veral Afrikaners, uitstrooi nie. Sy gebruik die geykte truuk om met die oog hierop die woord apartheid pleks van blankes/Afrikaners te gebruik: “Apartheid het ons deur wetgewing soos diere gegroepeer wat na die slagpale [dus die dood] gelei word. Soos slagdiere is ons verdeel, geklassifiseer [doen die ANC nie steeds dieselfde nie?] en van ons natuurlike sosiale menswees ontneem” (20). “Dit was die sing van mekaar se liedere, maar ook ‘n verset teen die onmenslike brutaliteit van ‘n politieke sisteem, in dieselfde gees en as ‘n inisiatief soortgelyk aan dié van die vroue was destyds deel gehad het aan die historiese optog in 1952 teen die onmenslike dompasstelsel. [‘n uitdrukking van Le Roux se feminisme.] Ons het onsself gewy aan ‘n gemeenskaplike saak: om die kategorieë wat verdeel en ontmens deur kultuur en sang te verbreek; om onsself vry te spreek. Dit was ook Russel Botman se visie, ‘n aktivis wat kultuur en sang gesien het as ‘n brug om die verdeeldheid van die verlede te oorkom. Die skep van ‘n menslikheid van deernis en respek. Deur sy betrokkenheid het Russel Botman gestaan vir gelyke regte vir toegang tot die kunste en teologie, vir die regte van vroue en van LGBTI-persone. Sy nalatenskap was die stryd vir ‘n menslikheid vir almal” (4).

Die titel van Le Roux se voordrag, “Van ontmensliking tot hoop”, word soos volg verduidelik. “Die meeste van ons is afkomstig uit ‘n wreedaardige verlede wat ons as burgers van hierdie land ontmens gelaat het. Hoe beweeg ons van daardie wreedheid na ‘n ruimte waar ons onsself kan beskou as burgers van hoop? Hoe beweeg ons … na ‘n ruimte waar daar ‘n tuiste vir elkeen van ons met ons diverse identiteite is? [Die ANC-utopie.] Hoe skep ons ‘n hawe van hoop waar ons stories gehoor en geïntegreer word en waar mense besef dat ons veel meer is as ‘n spesifieke taal, kultuur of godsdiens?” (2). Soos Botman, poog Le Roux om haar hiermee van Afrikaans en Afrikanerkultuur te distansieer. “Die Hoop Projek [is] in Julie 2010 deur Russel Botman geloods” (4). Die oorsprong van sy hoop-begrip het hy in marxistiese literatuur gevind. Soos Botman reeds in 1974 “gedig” (eintlik gepropageer/gewens) het: “There’s hope in revolution” (3).

Le Roux haal ‘n 2003-berig oor haarself soos volg goedkeurend aan: “She criticises productions of the performing arts for being ever too Eurocentric, and blames the government … who continue to fund Eurocentric state theatres. In short, Le Roux supports a theoretical school that feels that ‘white people’ with their ‘Afrikaner culture’ are undermining South African culture” (5). In 2006 het Le Roux haar soos volg oor bv die KKNK se uitreikprogram uitgelaat: “Hierdie rondgaande verhoë kan verseker dat die uitvoerende kunste deur die eng kultuurraamwerke breek waarbinne baie van ons, veral Afrikaners, steeds vasgevang sit, en dat ons bevry word van die ongeldige aannames en vrese wat ons steeds jeens mekaar koester. Kunstefeeste soos die een in Oudtshoorn het die potensiaal om ‘n samebindende fees van alle kulture, deur alle kulture vir alle kulture te word” (5). Dus, net soos die US nie (net of oorwegend) ‘n Afrikaanse universiteit moet wees nie, moet die KKNK (nie net of oorwegend) ‘n Afrikaanse fees wees nie. Hiervolgens het Le Roux reeds in 2003 en 2006 haar ideologies-betrokke benadering tot die kunste openlik gepropageer. Desnieteenstaande is sy ‘n dekade later as die uitvoerende hoof van ArtsCape aangestel.

Oor een saak kan daar geen onsekerheid wees nie: Veral vir Afrikaners het Le Roux haar mes in. Met die oog hierop moet sowel die onderwys as die kunste (tot die uiterste) misbruik word. “Indien dit ons erns is om te verseker dat histories verontregte gemeenskappe die vrugte van die vryheid pluk waarvoor hulle gestry het en ons ‘n samelewing wil word wat op sterk demokratiese waardes geskoei is, durf ons nie die belangrike rol wat holistiese onderwys en die kunste hierin kan speel, negeer nie” (6).

As uitgesproke ANC-aktivis stel Le Roux die volgende vier vrae: “Wat beteken ‘n verdieping van gelykheid vir persone betrokke by die kunste? Hoe herstel ons menswaardigheid deur teater? Hoe verdiep ons die transformasie van ons samelewing deur die kunste? Hoe kan ons aktiviste van hoop wees?” (6). Die Le Roux-manier van doen, word verduidelik na aanleiding van wat ArtsCape in September 2018, Erfenismaand, aangebied het. Sy begin deur gunstig te verwys na die sogenaamde Waarheids- en Versoeningskommissie (WVK) as “‘n stuk teater” waar “vertelling van die [ongetoetste] waarheid [!] … deel van ‘n soeke na geregtigheid” was. “Watter rol kan ons speel in die herstel van menswaardigheid en om elke individu te oortuig dat ons erkenning gee aan hul verhaal?” (6). Waar gaan soek Le Roux ‘n verhaal wat ArtsCape kan vertel? By die 85-jarige Katrina Esau, glo “die laaste oorblywende vlotspreker van die San … taal” (6). Hieruit is ‘n ArtsCape-verhoogproduksie, Katrina, die dansende taal, geskep. Kirvan Fortuin, “‘n opkomende kunstenaar”, gebore in Macassar, maar wat ook in Nederland werk, het as choreograaf opgetree. Sy kommentaar op die stuk word egter in Engels gelewer (7).

Die volgende dag het ArtsCape ‘n Afrikamusiekkonsert met inheemse instrumente aangebied, met Zinzi Nogavu as sangeres. “Sosiale kwessies is aangespreek” (7). Daar was ook ‘n Nelson Mandela & Albertina Sisulu Eufeeskonsert met kunstenaars uit Gugulethu. “Gugulethu … wat bekend is vir ‘n kollektiewe weerstand teen apartheid, met spesifieke verwysing na die ‘Gugulethu Seven’ – sewe jong mans wat as lede van Mkhonto weSizwe (MK), die gewapende vleuel van die African National Congress (ANC), oorval en vermoor [! – pleks van gedood] is deur die Suid-Afrikaanse sekuriteitsmagte op die oggend van 3 Maart 1986” (7-8). Dít is die soort aanbeveling wat vir Le Roux onweerstaanbaar is. Sy skaar haar by die terroriste. ArtsCape móét pro-ANC-propaganda daaroor versprei. “Dit was dus gepas dat hierdie huldigingskonsert ter ere van apartheidsvegters, soos Tata Madiba en mevrou Sisulu, aangebied sou word in ‘n pertinente ‘township’ as ‘n sprekende voorbeeld van die terugeis van ‘Ons Trots’ as ‘n vry nasie” (8). In Erfenismaand 2018 het ArtsCape dus die WVK, die San, Afrikamusiek en “Gugulethu se erfenis en … kultuur” gehuldig. Hiervolgens is daar geen sprake dat Westerse, Europese, blanke en Afrikanerkultuur in Erfenismaand deur ArtsCape gehuldig word nie.

“Waarom doen ons al hierdie dinge?” In ArtsCape se 2017-Transformasieplan (eintlik vanselfsprekend in Engels) staan: “The ArtsCape Theatre Centre has a vision to be the world’s [!] leading centre of performing arts and creative excellence. Our passion is to be an inclusive space for all people [including Afrikaners?] from every corner of our province irrespective of race, creed and religion … towards building a Socially Cohesive Nation. Our aim is to bring people together with a singular goal: Creating shared and safe spaces for people to come together!” (8). Dit is vir my duidelik dat ArtsCape in hulle produksies veilige plekke vir nieblankes skep; dus dat geen kritiek op en niks negatiefs oor nieblankes geduld word nie. Blankes, veral Afrikaners, daarenteen, kan maar tot vervelens toe, bv onder die dekmantel van apartheid, sonder beperking verdoem word. Le Roux erken dit eintlik wanneer sy waaragtig sê: “As UH [uitvoerende hoof van ArtsCape] streef ek ook daarna om téén die nalatenskap van apartheid te werk” (8). Sy wil as ‘n “agent van verandering” optree (8). Dit is “die stukrag en motivering vir my toewyding tot verandering” (8).

Volgens Le Roux was Botman “getuie van die gevolge van ‘n onregverdige taalbeleid, en as rektor, tesame met sy kollegas, word hy die geleentheid gegun om hierdie onregverdigheid reg te stel. Hul oogmerk is geregtigheid in Afrikaans – gelyke toegang tot alle geleenthede. Dit is nie ‘n taal wat in die gedrang is nie, maar die toekoms van ‘n land. Dit is nie ons vrese wat bedreig word nie, maar ons hoop. Afrikaans is ‘n sleutel van die 21ste eeu wat kan bydra tot die ontwikkeling van ander Afrikatale – ‘n bydrae wat Engels nie kan maak nie” (9). Myns insiens was en is daar geen werklike ongeregtigheid in die voortbestaan van ‘n eentalige Afrikaanse US nie omdat daar talle eentalige Engelse universiteite is.

Dit is gewoon onmoontlik dat ‘n Afrikaanse US die toekoms van die land en “ons hoop” kan bedreig. Op grond waarvan moet Afrikaans, maar nie Engels nie, tot die ontwikkeling van swart tale bydra? In elk geval, sou die afskaling van Afrikaans, soos dit aktief deur Botman aan die US bedryf is, die taal beter toerus om ‘n bydrae tot die ontwikkeling van swart tale te lewer? By implikasie praat Le Roux Botman se verengelsing van die US en die afskaling van Afrikaans goed. Hierdie voordrag was vir Le Roux die ideale geleentheid om voorkeur vir die behoud van Afrikaans as akademiese taal aan die US uit te spreek. Le Roux doen dit nie omdat sy nie Afrikaansgetrou is nie. My aanvoeling is dat daar by Le Roux, soos by Botman, ‘n dislojaliteit jeens Afrikaans en ‘n onkritiese voorkeur vir Engels is. Dít is ‘n opvallende kenmerk van die oorgrote meerderheid van die bruin elite.

Daarna volg afdgesaagde ANC-retoriek: “Ja, Afrikaans is deur die voormalige Nasionale Party se apartheidsbedeling op nie-Afrikaanssprekende leerlinge afgedwing” (9). Word Engels nie deesdae in groter mate en al hoe meer deur die ANC-regime aan sowel Afrikaanse skoliere as studente opgedring nie? “Ja, geweld en onreg is in Afrikaans gepleeg” (9). Het die ANC/UDF nie in sowel Engels as Afrikaans onreg gepleeg nie? Die MK-terroris, Basil Kivedo, spog oor “hoe ek sabotasie in Afrikaans gepleeg het, hoe ek in Afrikaans die kleefmyn gemonteer en gedetoneer het” (Carstens en Le Cordeur, p 485). Le Roux sê: “Afrikaans gee ons die ruimte en die geleentheid om die grense en onregmatighede van die verlede reg te stel” (9).

Sowel Engels as Afrikaans kan deur die ANC gebruik word om verskoning vir sy wan- en misdade te vra, maar dit word nie gedoen nie. Albei tale kan ook gebruik word om die blankes, by uitstek die Afrikaners, te bedank omdat hulle Suid-Afrika oor eeue tot die ontwikkeldste en voorspoedigste land in Afrika opgebou het. Dank is ook aan die blankes verskuldig vir al die goeie dinge wat hulle, sonder om moeg te word, gedoen het en voortgaan om te doen, maar daar is geen sprake van sodanige erkentlikheid by Le Roux of die ANC nie. Le Roux beweer eerder: “Afrikaans is gedurende 1994 stelselmatig bevry” (10) – blykbaar van apartheid.

Aan die einde keer Le Roux terug na Botman se hoop-manie, wat maar ‘n hopelose saak is in die toestand waarin die land sedert 1994 verval het: “Ons het ‘n punt in ons geliefde land bereik waar ons as ‘n nasie op ‘n reis moet gaan van brutaliteit na hoop – hoop wat in aksie omgesit moet word, waar dit nie net gaan oor die gesondword van herinneringe van die verlede nie, maar oor sosiale geregtigheid” (11). Ek ervaar die nuwe Suid-Afrika egter as meer brutaal en voller van ongeregtigheid as die ou Suid-Afrika. Hoeveel geregtigheid is daar in bv wanbestuur, korrupsie, rommelstatus, die misdaadepidemie en onteiening sonder vergoeding?

Fair Saturday-toekenning

Teen die tyd dat ‘n mens by ‘n derde bron van Le Roux se menings kom, besef jy hoe vlak van gees sy is. Daar is geen diepe of oorspronklike denke nie. Daar is eerder besete ANC-gesindheid aangedryf deur vooroordele. Soos die ANC verkondig sy inklusiwiteit, asof almal deur ArtsCape bevoordeel word. Daar is by haar geen begrip vir die doelbewuste uitsluiting/ontheemding van die gesofistikeerde, beskaafde, Europeesgeoriënteerde samelewingsektor wat die teaterkompleks opgerig en in bedryf gestel het en wat steeds die voortbestaan daarvan met hulle finansiële ondersteuning, bv as belastingbetalers en borge, moontlik maak nie. Le Roux bedank nie die blankes vir die luukse teaterkompleks wat hulle opgerig het en wat sonder vergoeding deur die ANC onteien is nie. Nog minder vra sy verskoning daarvoor dat sy, in navolging van die ANC, die teater nou as ‘n anti-blanke ruimte, veral anti-Afrikaner-/anti-Boer-fasiliteit, misbruik. Sy is so idee-arm dat sy in haar toespraak heelwat herhaal wat in haar twee voorafgaande bronne staan. By wie sy aansluiting vind en uit wie se idees sy inspirasie put, blyk bv uit die Nelson Mandela- (p 1) en Desmond Tutu-aanhaling (6).

Le Roux het op 24 Junie 2019 ‘n Fair Saturday-toekenning in Bilbao in Spanje ontvang. Die teks van haar toespraak is op LitNet (18.07.2019) gepubliseer. Ek verwys na die bladsynommers van my uitdruk om die opsporing van verwysings te vergemaklik. Hou in gedagte dat sy hier plaaslike toestande beskryf waarmee die buitelandse gehoor nie (goed) bekend is nie. Dit bring die verpligting mee dat die spreker haar so waarheidsgetrou moontlik behoort uit te druk.

“Fair Saturday is described as ‘a day to improve the world through arts and culture'” (1). Soos die marxiste wil Le Roux Suid-Afrika ooreenkomstig die wense van die ANC verander. Met die oog hierop word die uitvoerende en ander kunste, met ArtsCape as naaf/sentrum, misbruik. “It is only fair [!] to ask the pertinent question: have we been able to improve South Africa through arts and culture? And more specifically, is it [at] all possible to restore the humanity and hope of the people of South Africa through the Arts, now living in a democratic, post-Apartheid society?” (1). Die veronderstelling waarvan sy uitgaan, is dat Suid-Afrika voorheen, soos apartheid, ongekwalifiseerd sleg was, bv onmenslik en sonder hoop, en dat die kunste (mis- of) gebruik kan word om die land te verbeter.

Hoekom is ArtsCape, afgesien daarvan dat Le Roux nou die uitvoerende hoof is, soveel beter as die Nico Malan-teater? “The dilemma was that the old Nico Malan Theatre was a ‘white space’ staging performances for a predominantly white audience, with a focus on ‘high’ art meaning classical art forms originating in Europe, with for example signage only in Afrikaans and English” (2). Is die huidige opset noodwendig beter, waar die standaard afgewentel is na die smaak en begripsvermoë van die gepeupel, Engels die oorheersende taal en Afrika die voorkeurplek van oorsprong van opvoerings geword het? Behoort daar nie eerder geleenthede gebied te word aan enigeen om kennis kan maak met vergestaltings van hoër en beter kuns nie?

Le Roux se aandrang dat die kunste die ANC se ideologie moet onderskryf, is myns insiens ‘n onding wat uitgeroei moet word. Kuns moet nie op- en uitgevoer word om die politiek van die oomblik te propageer nie. Grootse kuns is tydloos. In Le Roux en die ANC se retoriek: Kuns hoef nie ‘n nasie te bou en gewonde, benadeelde mense se pyn te verlig en hulle te probeer heelmaak nie. Kuns kan as kuns beoefen word en die publiek moet vry wees om dit na goeddunke volgens eie behoeftes te vertolk. Blatante, ongenuanseerde politiek moet nie (ongevraagd) aan hulle opgedring word nie.

Le Roux se familie en “millions of South Africans … were treated as second rate citizens under an Apartheid state that dehumanised people – taking away their dignity … A lot has changed since 1971 to 2019, but many wounds remain unhealed, many stories are untold, many people are still invisible. That is why it is more accurate to speak of a post-1994 South Africa than a post-Apartheid South Africa – many of the legacies of Apartheid still wreaks havoc in our society, keeping people apart, making people invisible” (2). “As CEO, I have striven to reverse the legacies of Apartheid” (3).

Le Roux sal dus verseker voortgaan om haar amp te misbruik ten einde haar kruistog teen apartheid (dus teen blankes) voort te sit, pleks van die kunste sonder aansien des persoons te bevorder. “I want to assist in being an agent of change. The change … encompasses an awareness of all persons” (3), maar klaarblyklik nie almal in dieselfde mate nie, bv eerder nieblankes as blankes, eerder vroue as mans, eerder gestremdes as niegestremdes, ens.

“Flowing from my gender and disability activism, … my political activism against Apartheid and my work within the Performing Arts, I have proposed a model in my Master’s thesis” (4). Dit is nie duidelik of dit ‘n voltooide projek is en of daar nog aan die verhandeling gewerk word nie. Daar sal egter ‘n punt moet kom waar aktivisme nie alles vir haar vermag nie. Sy behoort pogings aan te wend om vry van ideologie daadwerklik te presteer. Sy beweer in die samelewing en in teaters “exclusion, inequality and discrimination [are] at the intersection of race, class, ability (vs disability), location (rural/urban/informal), gender, age, sexual orientation, mobility (transport) and even connectivity (internet or not)” (4-5). Daar is niks oorspronkliks of opspraakwekkends hierin nie; niks wat selftevredenheid regverdig nie.

Ek onthou dat die NP-regering tydens die polio-epidemie, soos die gebruik tydens alle epidemies was, op groot skaal teenmiddels aan al die bevolkingsgroepe verskaf het. Le Roux beweer egter dat die polioteenmiddels net by die kliniek vir blankes beskikbaar was en nie by die kliniek vir nieblankes nie, gevolglik het polio haar gestremd gelaat (2-3). Die vraag is of versuim (deur ‘n ouer) of nalatigheid (deur die kliniek) pleks van apartheid nie eerder die skuld moet kry nie. Maar apartheid is deesdae die aangewese en handige sondebok vir ANC-aktiviste.

Sy haal dieselfde sinne uit die 2017-Transformasieplan van ArtsCape aan as in die tweede bron hier bo. Die 1996-Grondwet, soos deur die ANC-meerderheid in die parlement aanvaar, het as rigsnoer vir die ArtsCape-plan gedien. Daarom word gepoog “to create a necessary transition and transformation from a bureaucracy that encouraged segregations and inequality to one which is inclusive and people-driven” (5). Waarop dit neerkom, is dat ‘n era van vryheid aangebreek het waarin daar oral gedwonge rasse-integrasie is. “Performances, artistic workshops and exchange programmes … encourage activism and awareness of integration” (5). “Our goal is to harness the arts, culture and heritage for creative expression, education and training, job creation and the eradication of poverty … An essential aspect of the transformation process [is] enhancing equality of people and the arts. Then we can create a space for all people” (5). Eintlik hoef ArtsCape bloot te verklaar dat hy die ANC in alles ter wille is. As die gewaande gelykheid van alle mense nie in die praktyk verwerklik word nie, kan en sal apartheid, dus die blankes, die skuld daarvoor kry.

Haar ophaal van die Afrikamusiekkonsert is grootliks ‘n woordelikse vertaling van wat in die vorige bron hierbo staan. ‘n Soortgelyke herhaling is die geval Katrina Esau. Wat nie in die vorige twee bronne staan nie, is: “ArtsCape is the only theatre to have a dedicated Islamic prayer room in the building” (6). Vir die VGK sal Le Roux seker graag dieselfde doen, maar ek dink nie sy sal geneë wees om, weens hulle “apartheidsondes”, ‘n versoek van die NG Kerk of die APK gunstig te oorweeg nie. Die VGK het Engels tot sy enigste sinodale rekorderingstaal verklaar. As Le Roux Afrikaansgetrou was, sou sy haar al teen die VGK se verwaarlosing van Afrikaans as kerktaal uitgespreek het. Sover ek weet, het sy dit nie gedoen nie. Myns insiens sou sodanige beswaar onversoenbaar met haar talle ANC-getroue aktivismes wees. Aktivisme ten gunste van Afrikaans is nie een van Le Roux se manies nie, al verkies die ATKV en ATR om haar as sodanig voor te stel.

ArtsCape dien as voetuig vir Le Roux se feminisme. “Every year in August ArtsCape and Women Zone coordinate a Humanity Walk which kicks of[f] our Women’s and Humanity Festival. All are invited to join the walk … Afterwards there are workshops offering free legal advice, free HIV/Aids screening en a flurry of activities on the piazza in front of ArtsCape” (6). Hierdie aktiwiteite behaag die ANC, maar wat het hulle met die (uitvoerende) kunste te make? ‘n “Absolutely Fabulous Drag Show” word ook deur ArtsCape aangebied (6), wat in ‘n mate geregverdig kan word vanweë die kostumering, sang en danse, maar dit kan dekadensie aanmoedig.

Die betekenis van die modewoord ubuntu word goedkeurend deur Le Roux uit ‘n aantal bronne aangehaal. Dit het glo “the capacity to restore humanity and dignity” (7), dus twee van die dinge wat glo deur die slegte invloed van apartheid afgebreek is. “The journey to restore the humanity and hope of people through the Arts after Apartheid (post-1994), is however not cheap or sentimental. It is also a quest for justice – a journey towards an economically inclusive and socially just society” (7). Hiertoe is Le Roux verbind, met as ideaal “making all of us more human” (8), ná die beweerde ontmensliking van apartheid.

Sy verseker haar gehoor in Spanje dat die stryd teen apartheid nog nie afgehandel is nie en deur haar voortgesit word. “The success of Apartheid in South Africa is that we still do not have real human connections. We still live in separate neighbourhoods [as in other countries] and we still go to different churches on a Sunday [likewise in other countries]. At ArtsCape we have been on a difficult, but also hopeful journey of creating a space where everyone [including Afrikaners?] has a sense of belonging, where you can listen to stories of the slow violence of Apartheid [and the terrorism of the ANC/UDF/SACP?], and also to stories of hope [and the marginalisation of Afrikaners and Afrikaans?] performed through visuals, song, dance and music. We are on a journey of connecting people – Whites, Blacks, Coloureds and Indians, disabled and abled-bodied, rural and city, township and affluent neighbourhoods, Muslims, Christians and Jews, straight, gay and transgender – a journey of becoming more human, a journey of hope” (7).

Leon Lemmer: Die verpolitisering van universiteite

Die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) was ‘n baanbreker op die gebied van afstandsonderrig. In 1946 het Unisa begin oorskakel van bloot ‘n eksaminerende instansie na die verskaffing van tersiêre onderrig oor die pos, waarmee in 1947 begin is. Aanvanklik was daar groot skeptisisme oor of so ‘n onderneming genoeg studente sou trek en in hoeverre die kwalifikasies naas dié van residensiële universiteite deur werkgewers en ander universiteite erken sou word. Die persoon wat Unisa meer as enigiemand anders op ‘n gesonde akademiese grondslag geplaas het, is Samuel Pauw, die rektor van 1956 tot 1972. Sy uitgangspunt was dat die onderrig wat Unisa aanbied en die standaarde wat hy stel, eerder beter as net so goed soos dié van ander universiteite moet wees.

Die geskiedenis van die eerste eeu is deur Maurice Boucher geboekstaaf: Spes in arduis: ‘n Geskiedenis van die Universiteit van Suid-Afrika (Pretoria: Unisa, 1973, 404p). Die teks is ook in die oorspronklike Engels gepubliseer. Vir elke vraestel in elke kursus in elke vak/leergang het die student gedrukte studiegidse en studiebriewe ontvang. Hy moes die voorgeskrewe boeke aankoop en die aanbevole boeke by die Unisa-biblioteek in Pretoria leen en terugbesorg. ‘n Doeltreffende posdiens het suksesvolle afstandstudie moontlik gemaak. Gedurende die jaar moes die student ‘n bevredigende punt vir sy verpligte werkopdragte behaal om toelating tot die eksamen aan die einde van die jaar te kry. In die eksamen is vasgestel hoedanig die student se kennis en insig is, asook of hy daardie kennis kon vertolk en toepas. Soos dit in Unisa se leuse gestel word, het afstandstudie van die student inderdaad moed teen die styltes geverg. Maar geeneen kon toe met reg meer aanvoer dat hy nooit die geleentheid gehad het om ‘n universitêre kwalifikasie te verwerf nie.

Deesdae is afstandskommunikasie baie gouer en makliker en word afstandsonderrig toenemend deur residensiële universiteite aangebied. Sonder elektroniese uitvindings soos rekenaars en die internet sou Unisa in die nuwe Suid-Afrika, ná die ineenstorting van die posdiens, nie kon voortbestaan nie. Die onderrig is in sowel Afrikaans as Engels aangebied. Wat personeel (dosente en administratiewe amptenare) betref, was Unisa tot 1994 oorwegend ‘n Afrikaanse universiteit. Fakulteits- en senaatsvergaderings is feitlik uitsluitlik in Afrikaans gehou. Sedertdien het transformasie plaasgevind. Engels-eentaligheid het ingetree en sowel die akademiese as administratiewe aansien van Unisa het ernstige en heel moontlik onherstelbare skade gely.

Ek skryf oor die goeie ou dae toe Unisa-studente eerder deeltyds as voltyds studeer het. Vanweë die groot aanvraag vir sy onderrig, plaaslik en in die buiteland, kon Unisa vakke, bv in vreemde tale (soos Spaans), aanbied wat aan geen ander plaaslike universiteit lewensvatbaar sou wees nie. Maar daar was ook ander innovasies. Byvoorbeeld, in die wysbegeerte/filosofie was daar twee hoofvakke: Geskiedenis van die Wysbegeerte (GW) en Sistematiese Wysbegeerte (SW). In GW is die vak chronologies aangebied: 1ste jaar (1 vraestel) Antieke/Griekse wysbegeerte. 2de jaar (2 vraestelle) Middeleeuse wysbegeerte en Thomisme en Nieu-Thomisme. 3de jaar (3 vraestelle) Moderne wysbegeerte tot die 19de eeu. In SW is die vak ingevolge wysgerige subdissiplines aangebied: 1ste jaar (1 vraestel) Inleiding/Aard van die wysbegeerte. 2de jaar (2 vraestelle) Formele logika en Wetenskapsleer/Metodologie. 3de jaar (3 vraestelle) Kennisleer/Epistemologie, Metafisika, Etiek, Waardefilosofie/Aksiologie: Estetika of Staatsfilosofie.

Eksamen kon in talle sentra dwarsoor die land en in sommige hoofstede in die buiteland geskryf word. In Kaapstad, in die jare vyftig, het die Universiteit Kaapstad die eksamenlokaal in Oranjezicht verskaf. ‘n Bejaarde dame, mevrou Adendorf, het as opsiener opgetree. Op ‘n dag sê sy dat sy nog altyd gewonder het wat die verskil tussen historiese en sistematiese wysbegeerte is. Op ‘n ander dag is sy, met die dag se eksamenskrifte by haar, op die stasie dood aangetref.

‘n Rooms-Katolieke Belg, Herman de Vleeschauwer (1899-1986), het in 1923 ‘n doktorsgraad verwerf en in 1934 ‘n professor in Gent geword. Hy was van 1951 tot 1966 ‘n Unisa-dosent en het die Geskiedenis van die Wysbegeerte aangebied. Hy het ‘n spekulatiewe, kontinentale benadering tot die wysbegeerte gehad. Die ateïstiese AMT (Bert) Meyer (gebore in 1922) was van 1959 tot 1971 die dosent in Sistematiese Wysbegeerte. Daarna het hy na Nederland geëmigreer. Hy het die wysbegeerte Anglo-Amerikaans en analities benader. In Pieter Duvenage se boek, Afrikaanse filosofie: Perspektiewe en dialoë (Bloemfontein: Sun Media, 2016, 306p – Praag 16.04.2017) is daar ‘n hoofstuk oor Bert Meyer.

Wat duidelik is, is dat Unisa-studente met twee volwaardige voorgraadse hoofvakke omvattender as aan residensiële universiteite met die wysbegeerte kennis gemaak het. In daardie stadium is die aanbieding van die wysbegeerte aan die Afrikaanse universiteite, soos in die Middeleeuse, sterk deur godsdienstige/teologiese oorwegings beïnvloed en daardeur gerig en selfs oorheers. Dit is waarom Bert Meyer sy pos aan die Universiteit Pretoria ontruim het om eerder ‘n Unisa-dosent te word. Unisa-studente is, soos dit hoort, aan verskillende benaderings blootgestel: bv in die wysbegeerte Rooms-Katoliek en kontinentaal teenoor ateïsties en analities. Maar selfs daardie opset was nie vry van onregverdigbare religieuse beïnvloeding nie. De Vleeschauwer het aan die druk van die Rooms-Katolieke Kerk (RKK) toegegee deur voorgraads ‘n hele vraestel aan die basis van RKK-teologie te wy: die wysbegeerte van Thomas van Aquino (1225-1274), dus wesenlik die verchristeliking van Aristoteles (384-322 vC), en sy navolgers, die Nieu-Thomiste, tot in die 20ste eeu.

Dit het onder meer die volgende hoogs ongewenste gevolg gehad: Ten spyte van die rojale voorgraadse aanbod het die leerplan die studie van die geskiedenis van die wysbegeerte, met die uitsondering van Nieu-Thomisme, nie verder as die 19de eeu gevoer nie. Eers in die eerste honneursvraestel het 20ste eeuse/hedendaagse wysbegeerte aan die beurt gekom. Daar was vier honneursvraestelle. Hierna was daar nog nie ‘n einde aan die buitensporige vereistes wat Unisa aan ‘n student gestel het nie. Die magisterleergang in die wysbegeerte het uit twee vraestelle en ‘n volwaardige verhandeling bestaan, terwyl die residensiële universiteite net ‘n verhandeling vereis het. Deesdae word die magisterleergang aan die plaaslike universiteite dikwels afgewater tot slegs vraestelle of vraestelle en ‘n skripsie van beperkte omvang, soortgelyk aan ‘n vakkundige artikel.

Ek het grootgeword in die dampkring van ‘n protestantse predikant vir wie die Roomse gevaar die grootste onding op aarde was. De Vleeschauwer het die ryke kultureel-geestelike verskeidenheid van die Middeleeue, wat hy van 400 tot 1400 nC gedateer het, aan my bekend gestel. Dit was nie donker eeue soos dit dikwels in protestantse geledere voorgestel word nie. In daardie era is die grondslag vir die moderne tyd, die Renaissance, Verligting, Protestantisme, moderne wetenskap, nasionale state en tale, ens, gelê. Die latere geskiedenis van Europa, die Weste en die wêreld kan nie afdoende sonder kennis van die Middeleeue verstaan word nie.

Dit bring my by Milo Yiannopoulos (gebore in 1984) se boek, Middle Rages: Why the battle for Medieval Studies matters to America (Dangerous Books, 2nd edition, 2019, 56p; Amazon Kindle $3.44). Die boek is deur die outeur self gepubliseer. “This story was originally slated to appear in one of the country’s most prestigious higher education publications … Two days before publication, I was abruptly informed that the story would not run as intended, with no further explanation offered” (Kindle 288). Die eerste weergawe het in 2018 op die outeur se webwerf, dangerous.com, verskyn.

Ek het by ‘n vorige geleentheid oor Milo geskryf. Ek haal ‘n paragraaf aan: “JH du Toit het reeds oor die Milo-manie op Praag (11 Februarie [2017]) geskryf. Milo lyk en is in vele opsigte anders as die stereotiepe beeld wat aan regses gegee word. Dit maak dit moeilik om hom sonder meer te ondersteun. Lees bv die omvattende Wikipedia-artikel. Maar Milo het veral op Amerikaanse universiteitskampusse ‘n oorwegend heilsame invloed, waar – soos deesdae in Suid-Afrika – regse standpunte feitlik nooit gehoor word nie. In hierdie konteks word Hannah Arendt (1906-1975) soos volg deur Milo aangehaal: ‘The aim of totalitarian education has never been to instill convictions but to destroy the capacity to form any'” (Praag 7.10.2017).

Intussen het Milo verder op sy eiesoortige pad gevorder. “Milo lives in New Jersey with his husband, John” (Kindle 778) – waarskynlik ‘n skuilnaam. Die boek is aan John opgedra (11). “I am married to a black man from Jersey” (251). Sy lewensmaat is dus soos dié van die vigslyer en gay-aktivis, Edwin Cameron, wat teen wil en dank op aandrang van Wim de Villiers as kanselier van die Universiteit Stellenbosch (US) aangestel is om as rolmodel vir studente en andere te dien. Cameron is ‘n US- en Unisa-oudstudent. Volgens Nelson Mandela is Cameron “one of South Africa’s new heroes” (Wikipedia). Wat goed genoeg vir Mandela is, is (vanselfsprekend) goed genoeg vir die getransformeerde US.

In sy nuwe boek toon Milo weer sy omvattende ingeligtheid en sy buitengewoon goeie insig, al beweer die Wikipedia die teenoorgestelde. Hy slaag daarin om op ‘n sprankelende manier sy gedagtes te verwoord. Vryheid van denke en uitdrukking bly sy hoofokkupasie eerder as konserwatiewe, behoudende denke – daarvoor is hy in te vele opsigte te radikaal. Maar hy het fundamenteel reg met: “Wat deesdae regstelling, korrektheid en byderwetsheid genoem word, is eintlik almal polities oordraagbare siekte; tentakels van dieselfde sindroom” – soos ek dit in die vorige rubriek oor Milo gestel het. Hy dink, soos ek, dat ‘n universiteit nie net verskillende standpunte moet toelaat nie, maar dit daadwerklik moet aanmoedig. “Wanneer ‘n universiteit soos Stellenbosch [egter] deesdae diversiteit propageer, gaan dit om die obsessie om ‘n verskeidenheid rasse en kulture op die kampus te hê; nie om die studente ook aan nie-linkse, bv regse, idees bloot te stel nie.”

Milo se benadering tot die Middeleeue is ewewigtig en myns insiens korrek. Wat aan veral die Amerikaanse universiteite gebeur, is dat Medieval Studies verdag gemaak en gekritiseer word omdat dit glo te wit en manlik is. Wat verlang word, is inklusiwiteit, oftewel diversiteit en multikulturaliteit; dus die soort pleidooie wat al hoe meer ook op die plaaslike universiteitskampusse opklink. Dit is “die ander” wat deel van die hoofstroom wil wees en dus ook gekanoniseer moet word; dus nie net (of veral) blanke mans nie, al het die ander nie (in dieselfde mate) gepresteer nie. Die sogenaamde benadeeldes koester slagofferstatus en wil hê dat die geskiedenis herskryf moet word sodat die rol wat hulle voorgangers na bewering gespeel het, ook die aandag geniet wat hulle glo verdien.

Dit is eintlik soortgelyk aan die besware teen kolonialisme. Die geskiedenis moet verwring word totdat dit in ooreenstemming met hedendaagse ideologiese oortuigings is. Die kere toe hieraan toegee is, “accurate understanding of the past and its greatnesses have given way to scapegoating, victimology, and ressentiment” (21). “The intersectionalists are actually the specific heirs to a Western egalitarian tradition with no parallels. To turn on the culture that produced you and label it the origin of all evil is a sort of oedipal auto-cannibalism that literally cuts off inspiration at its source” (657). Hedendaagse Amerikaanse universiteite is feitlik per definisie anti-Amerikaans, dus dislojaal, onpatrioties en deurspek met kulturele marxisme.

“Medieval Studies is an outlier in the academy. Although the foundational texts of medieval history are also the foundational texts of the academy itself, it has always been on the margins as a discipline. Since the founding of the Medieval Academy in 1925, it has been an interdisciplinary endeavor including language, liberature, history and philosophy” (199). “Medieval Studies would be a glistering jewel in the social justice diadem, because study of the Middle Ages is fundamental to understanding how the Christian West emerged, and how dramatically its character differs from other cultures.* Read properly, medieval history is about the divine comedy of Christianity – and about the rise of its great eastern antagonist, Islam. Europe’s self-criticism is what medieval studies is largely about, so it stands at the heart of current debates about Europe and western civilization,including the current moral panic about white supremacy” (332). Onderwerpe soos “white ethno-states” (369), nasionalisme, skone kuns en religie, veral die Christendom, kan nie vermy word nie. Hulle almal het tot die Weste se sukses bygedra (337). Volgens die kritici is die studie van die Middeleeue ” a safe space to be elitist, a safe space to be white, a safe space to be Christian, Eurocentric, misogynist” (354). Wat deesdae, in sy geheel gesien, onaanvaar van die Middeleeue is, is sy “unbearable whiteness” (390). “Europe is too ‘white-centric'” (405).

[* Ingevolge sosiale geregtigheid is bv mense, religieë en kulture gelyk en fundamenteel eenders. Die andersoortigheid van die Weste mag dus nie uitgelig word nie. Maar: “The historical fact remains that from around 1000 CE western European Christian society developed in ways connected to, but distinct from, other parts of the world” (354). Die linkses se eintlike grief is “the cultural and economic superiority of the West” (396).]

In die boek word daar veral verwys na die smeerveldtog wat teen ‘n gerekende historikus in Middeleeuse Studie gevoer word: die “white, Republican-voting Catholic convert” (136) Rachel Fulton Brown, verbonde aan die University of Chicago. “Here we have several common features of academic decay: the politization of a scholarly field, the arousal of tribal resentments, allegations of white supremacy, a victim of color, a white perpetrator, a protest letter with many, many signatures, and a compliant media” (27). Die “victim of color ” is ‘n ander dosent in Middeleeuse Studie, die Koreaan Dorothy Kim.

Die beswaarskrif teen Brown is deur 1 500 dosente ondersteun. Sy word beskou as “being insufficiently woke on matters of social justice” (131). “Sharp-elbowed young professors know that a preoccupation with social justice is both fashionable and advantageous. It can also excuse you from the perky business of serious scholarly work” (220). “They signed the letter because they wanted to signal their virtue, because they wanted their colleagues to think well of them, or because they wanted to ease for a moment their liberal guilt” (37). Onderliggend is daar identiteitspolitiek en politieke korrektheid, waarvolgens nieblankes verheerlik en blankes verdoem word. Dit is ‘n voorbeeld van die “anti-intellectual ossification into which the humanities have deteriorated” (32).

Baie van die akademiese euwels wat in hierdie rubriek aan bod kom, is reeds in my vorige rubriek oor Michael Rectenwald genoem (Praag 20.07.2019). Milo verwys spesifiek na die geval Rectenwald (622). Daar is talle ooreenkomste tussen die stryd wat Rectenwald gevoer het en dié van Brown. In die genoemde vorige rubriek het ek ook bronne gelys wat handel oor die oorweldigende linksheid van Amerikaanse universiteite. Die aanslag teen Middeleeuse Studie is deel hiervan.

Brown se misstap is dat sy in 2015 ‘n inskrywing op haar blog met die opskrif, “Three cheers for white men”, gepubliseer het. “She was responding playfully to the ‘dead white male’ trope in academia, gently pointing out that the wicked Caucasian dudes of social justice folklore were responsible for, among other things, the development of chivalry, consensual marriage and, to some extent, the success of feminism itself” (49). Wat Brown na bewering via haar blog gedoen het, is “‘facilitating cyber-harassment’. In the topsy-turvy world of social justice, reporting is abuse, journalism is harassment and political dissidence is a capital crime” (478).

“Brown’s colleagues declared war on her, incensed by her refusal to back down and apologize” (55). Sy het ‘n permanente doseerpos, maar haar werkgewer het die kritiek op Brown as baie ernstig beskou, maar tog besluit om haar nie te ontslaan nie. Dit is te danke aan die feit dat die University of Chicago sterker akademies en (dus) minder polities byderwets as baie (of die meeste) ander Amerikaanse universiteite is. Maar: “How can the University of Chicago, rightly lauded for its attitude to academic freedom and freedom of speech, win the fight against trigger warnings and safe spaces if other universities don’t recognize what it means to stand for academic freedom against the social justice warriors? Or for truth against social justice?” (725). “To this day, the University of Chicago remains silent on the matter, and her [Brown’s] department [history] has done nothing besides issue a boilerplate statement distancing themselves from Fulton Brown’s personal opinions. The Medieval Academy of America, an academic body to which most medievalists belong, didn’t punish Kim, instead, they rewarded her. Kim was given free membership … for life” (189).

Die gebeure dui op hoe toksies die atmosfeer aan universiteite is; hoe kronies siek die akademie geword het. Dit verduidelik bv waarom daar by die dosentekorps van die Universiteit Stellenbosch geen daadwerklike teenstand teen Wim de Villiers se verengelsingsbeleid is nie. Ook waarom die US-senaat vroeër vanjaar eenparig die verlenging van De Villiers se termyn as rektor vir ‘n verdere vyf jaar aanbeveel het. Almal val sonder verset in by wat in die mode is. “Scholars are not known for their courage” (736). Eintlik is die houding van die US-dosentekorps dalk eerder “self-serving cowardice – not to mention suicidal professional stupidity, given the vast body of evidence we now have about what happens to university departments and academic disciplines once they capitulate to the insatiable cult of social justice” (742). Die eens goeie beeld van die US as akademiese inrigting het die afgelope dekade of twee radikaal verander. “The glamor and admiration once associated with higher education is evaporating, now that universities are seen as hyper-partisan centers of political indoctrination and fortresses of elitist hypocrisy” (616). “Educators refused to defend their own academic freedom from the rising tide of political correctness, social justice, victimhood culture and millennial entitlement … The faculty has no one to blame but itself” (622).

“Brown was taken to task for refusing to acknowledge the problematic ‘whiteness’ of her field and her responsibility as a Medieval Studies professor to ‘do something about it'” (55). Dit is klaarblyklik “an attempt to inject into the study of the Middle Ages the same far-Left identity politicking that has done so much damage to liberal arts departments” (60). In die humaniora in Amerika is dit veral Engelsdepartemente wat hulle aan ekstreme linksheid oorgegee het en in die sosiale wetenskappe is dit veral dosente in kulturele/sosiale antropologie en sosiologie. Die beswaar teen Brown is onder meer “about medieval history being used to shore up white supremacy” (84).

‘n Mens vra jou af: Hoe op aarde moet Brown die studie van die Middeleeue ontwit? Sy het ruggraat en het vir die aktivistiese akademici uitdagend aangesê: “Learn some fucking history” (84). “Her point being that learning the facts about the Middle Ages destroys any white supremacist narratives” (235). “The story grew legs, and journalists started sniffing around, ears cocked for any headline into which they could crowbar a reference to white supremacy” (105). Retories is Brown daarvan beskuldig dat sy ‘n rassis, fascis, nazi, anti-semitis, blanke heerssugtige, wit nasionalis, ens, is. Die siening van haar kritici is bv “the Crusades as a manifestation of white imperialism” (359) en “Medieval Studies is actively hostile to minorities [ie non-whites]” (430).

Dorothy Kim “kicked off all the drama” (277) en het Brown die skerpste en herhaaldelik aangeval. Sy is aktivisties en polities betrokke. “Neutrality is not optional” (277). Kim is baie jonger as Brown en het nog nie ‘n vaste aanstelling as dosent in Middeleeuse Studie nie. Brown is ‘n medeprofessor in geskiedenis terwyl Kim ‘n assistent-professor in ‘n Engelsdepartement is en in letterkunde spesialiseer. In 2015, toe die polemiek ontstaan het, was Kim aan Vassar College (Ploughkeepsie, New York) verbonde. “She has since been appointed at Brandeis University [Waltham, Massachusetts], which has a reputation for indulging identity politics and social justice demands to a degree considered extreme even by university standards” (225). Kim het ‘n boek oor die gebeure geskryf wat na verwagting aan die einde van 2019 gepubliseer gaan word: Digital whiteness and Medieval Studies (153p). Daar is interessante inligting oor hierdie polemiek op die internet beskikbaar: Google Rachel Fulton Brown en Barbara Kim. Dit is duidelik dat Brown se vriendskap met Milo Yiannopoulos haar by baie mense in onguns gebring het. Die National Association of Scholars het genadiglik sy steun aan Brown toegesê.

Al die afgesaagde besware teen die blankes en die Weste word ter diskreditering van Middeleeuse Studie opgehaal. “Insufficient attention is paid in medieval curricula to the ‘problem of whiteness’ and its complicity in European slavery … But the medieval slave trade stretched from Scandinavia to the furthest reaches of the Muslim world. Vikings began their raids not for food or precious metals, but to abduct people they could sell into servitude. Globally speaking, slavery isn’t a ‘white thing’ – it wasn’t in the Middle Ages and it isn’t now” (414). “Leftist critiques of the field seem to have less to do with rebalancing a Eurocentric understanding of the past than they do with giving white Christian Europe – and, by implication, modern Christian America – a bad name” (420).

Daar is ook aktiviste wat “queer readings of the Middle Ages” verlang (493). Hierteenoor kan ‘n meer realistiese standpunt gestel word, soos dat “modern feminism [is] … a ‘sour mix of victimization and privilege'” (532). ‘n Tipiese (oordrewe) verweer is dat dit ‘n uitdrukking van haat jeens vroue is (536). Maar dit kan ook beskou word as ‘n geldige beswaar teen “the excesses of feminism” en ‘n poging “to build men up” (541) uit hulle huidige vertrapte toestand.

Leon Lemmer: ‘n Swart Amerikaner oor swart Afrika

Keith B Richburg (gebore in 1958) het ‘n boek oor swart Afrika geskryf: Out of America: A black man confronts Africa (New York: Basic Books, 1997, 272p; Amazon Kindle $9.44). In een van die kommentare staan: “What sets the book apart is Richburg’s bitter repudiation of Afrocentrism” (Kindle 23). Wat hy teen mekaar opweeg, is enersyds sy slawe- en ras-oorsprong as swart Afrikaan en andersyds sy kulturele identiteit as swart Amerikaner. Hy was ‘n bietjie langer as drie jaar, vanaf die einde van 1991 tot die einde van 1994, as joernalis in Nairobi, Kenia, gestasioneer as die Afrika-korrespondent van The Washington Post. Hierdie koerant en The New York Times is berug vir hulle uiters linkse verslagdoening, bv deesdae oor Donald Trump. Plaaslik doen die Daily Maverick dieselfde. Voordat Richburg na Afrika is, was hy van 1986 tot 1990 die Post se korrespondent in Suidoos-Asië. Hy was veel meer beïndruk met Asië as met swart Afrika. “Like Africa, most Asian countries only achieved true independence in the postwar years; unlike the Africans, the Asians knew what to do with it” (3163). “Almost all of the Southeastern Asian countries had risen from poverty to relative prosperity” (3129). Sy boek handel by uitstek oor swart Afrika; nie Moslem Noord-Afrika nie. In 2013 het Richburg uit die diens van die Post getree en hom in 2016 as dosent in Hong Kong gevestig.

Richburg het in Detroit in ‘n rasgemengde woonbuurt grootgeword (369) maar met die voordeel dat hy skole bygewoon het wat oorwegend blank was (375). Hy was van vroeg in sy lewe af bewus van die verskil in lewenswyse van blankes en swartes.

“One-third of all young black men in their twenties are in prison, on probation, or on parole. Drugs are ravaging the black community” (219).

In 1967 was daar swart gewelddadigheid in Detroit “with more than forty people killed and much of the inner city, the shops and stores I knew, burned to the ground” (399). Pleks van skaam te wees oor hulle skandalige en misdadige gedrag, “Negroes began referring to themselves as black, not as a term of derision but with pride” (423). Hulle het hardegat en uittartend demonstratief geword. “There was the Black Power clenched-fist salute” (430), wat plaaslik deur die groot versoener en vredesikoon, Nelson Mandela, aan almal opgedring is, terwyl PW Botha nie eens sy wysvinger mag gebruik nie. “The new hair trend was called the ‘Natural’ or the ‘Afro'” (430). “All of this was part of Detroit changing rapidly from a white city to a black one” (436). Richburg se woonbuurt het ‘n “rundown neighborhood” geword (454). Hierop volg “the declining state of the city schools” (442), insluitende die Katolieke laerskool wat Richburg bygewoon het. Richburg se ouers “knew what was best” (442), gevolglik het hulle hom by ‘n oorwegend blanke hoërskool in een van die voorstede ingeskryf (448). Nie dat hy swart gewelddadigheid daarmee heeltemal ontwyk het nie, bv “Here’s a bunch of black kids smashing the windows of their school bus. This is how black folks in the ghetto behaved” (473).

Hierna was Richburg ‘n student aan die University of Michigan in Ann Arbor (473) waar hy met swart mag kennis gemaak het, bv “divestiture of school [university] stocks and holdings from companies that continued to do business with the racist regime in South Africa” (478). Pleks van rasse-integrasie, wat destyds deur die Amerikaanse owerheid opgedring is, het die polities aktivistiese swartes “voluntary resegregation” verkies. “We want to be equal, but separate” (483). “My view is that separation is the wrong approach, that we need instead to go back to the original idea of America as a melting pot and create a society that’s truly color-blind, not carved up into racial and ethnic duchies” (4265). Richburg was aktief by die kampuskoerant, die Michigan Daily, betrokke (489). Blanke politici soos John Vorster en Ian Smith is veroordeel (494). “I remember writing editorials … denouncing the racist regime in Pretoria and demanding the university divest itself of stocks in companies that failed to adopt the Sullivan Principles. From the time I had first developed a political consciousness, South Africa had loomed as the world’s last great morality play, a noble struggle between good and evil, black and white” (3718).

In 2009 het Richburg ‘n nuwe voorwoord by sy boek gevoeg. Hy het Afrika in 2006 vir ‘n kort tydjie herbesoek. Die vernaamste verandering sedert 1994 wat opgemerk het, is van tegnolgiese aard, naamlik die rol wat selfone en die internet deesdae in Afrika speel (76). Ook “China’s growing footprint” (81). Maar “there is still too much that is sadly similar” (81), bv “the grinding poverty” (87). Daar is steeds die hemelhoë geboortesyfers, droogte, hongersnood (93) en epidemies (133), asook MIV-vigs en buitensporig baie kindersterftes (98). “Democracy seems to have to take two steps backward for every step forward … Of the forty-eight countries south of the Sahara, only a dozen ranked as free” (98). Hy verwys bv na die tienduisende wat in Darfur, in die Soedan, gedood is en “Somalia remains a lawless place” (115). “Of course Zimbabwe today has fallen down the abyss” (126). Dit is nie dat daar niks goeds in swart Afrika is nie, “but even with all the good I’ve found here, my perceptions have been hopelessly shewed by the bad” (230).

Rwanda

Richburg begin sy vertelling oor Afrika met hoe hy gesien het hoe lyke in die Kagera-rivier uit Rwanda na Tanzanië en die Victoria-meer spoel. Dit was Tutsi’s wat deur Hutu’s vermoor is. Die Tutsi’s het hulle oorsprong in die Nyl-gebied en het smal neuse. Die Hutu’s is Bantoes met breë, plat neuse (159). Die derde en kleinste etniese groep, die Twa, is pigmeë, wat die oorspronklike inwoners is. Die Tutsi’s is ‘n minderheidsgroep wat hulle in die 15de eeu, ná die Hutu’s, in Rwanda gevestig het (1940). Hulle het die Hutu’s, met die ondersteuning van België as die koloniale moondheid, baie lank gedomineer. Die Hutu’s “were reduced to little more than feudal servants” (1946), totdat politieke onafhanklikheid in 1962 verkry is.

België het ná die Eerste Wêreldoorlog die koloniale beheer van Rwanda en Burundi by Duitsland oorgeneem. “The Belgian colonizers were never very interested in the area now comprising Rwanda and Burundi; their main interest was the mineral-rich Belgian Congo to the West. So they decided to rule indirectly, using the Tutsi as their local administrators to collect taxes, settle disputes, and otherwise act as enforcers of the Belgian king’s sovereignty. And the missionaries came, too, similarly relying on the Tutsi as the area’s natural rulers, providing them with education and training that was denied the Hutu” (1946).

In Burundi het die Tutsi’s (14% van die bevolking) die Hutu’s langer bly oorheers (1962). Ná die volksmoord in Rwanda het daar minder as 10% Tutsi’s in die bevolking oorgebly. ‘n Sendeling het gesê: “There are no devils left in Hell. They are all in Rwanda” (1721). “The country has reverted to prehistoric times … Could these be fully evolved humans carrying clubs and machetes and panga knives and smashing in their neighbors’ skulls and chopping off their limbs, and piling up the legs in one pile, and the arms in another, and lumping the bodies all together and sometimes forcing new victims to sit atop the heap while they clubbed them to death too?” (1743). “They would carve off your arm first and watch you bleed and scream in pain. Then, if you didn’t pass out, they would chop off one of your legs, or maybe just a foot. If you were lucky, they might finish you off with a machete blow to the back of the head. Otherwise, they might carve off your ears, your nose, and toss your limbless torso atop the pile of dead bodies, where you could slowly bleed to death” (1827). “I realized, fully evolved human beings in the twentieth century don’t do things like that. Not for any reason, not tribe, not religion, not territory. These must be cavemen” (1743). “I … found it hard at first to believe the scope of the horror” (1832).

“The violence, the death, was up close and personal, and unprecedented on the scale of savagery” (1827). “Estimates range as high as a million people killed; at the very least … there were hundreds of thousands, Tutsi mainly, but also an untold number of Hutu ‘sympathizers’. The Khmer Rouge [Pol Pot, Cambodia, 1975-1979] killed more perhaps, but it took them three and a half years, and most of their victims died from starvation, disease, and forced labor. The Hutu militia accomplished as much in three months, using decidedly more low-tech methods of extermination” (1872). Toe die Tutsi’s terugslaan, het 250 000 Hutu’s binne 24 uur oor ‘n smal brug na Tanzanië gevlug. “One of the largest mass movements on a single day in recorded history” (1918). “This truly is, at this moment, the world’s worst humanitarian crisis” (1923). “These are the Hutu, forced to flee Rwanda as the Tutsi rebels advanced and as the evidence of the Hutu’s atrocities was revealed” (1929).

Swart Afrika

Oor sy verblyf in Afrika skryf Richburg: “Three years of watching pretty much the worst that human beings can do to one another. And three years of watching bodies, if not floating down the river in Tanzania, then stacked up like firewood in the refugee camps of Zaire, waiting to be dumped into a mass pit” (165). Wat Richburg onder meer hinder, is die naamloosheid van hierdie proses. Anders as in Westerse lande word daar geen poging aangewend om vas te stel wie dood is nie. “This is what I find the most difficult to accept and comprehend. It’s not the death itself, although that is bad enough. It’s the anonymity of death in Africa, the anonymity of mass death” (1900). Daar is selfs nie eens belangstelling in hoeveel mense dood is nie. “When the bodies were black and African, no one would bother trying to count” (1552).

“Is life so tenuous here that death scarcely matters?” (1900). “This is Africa. These are just bodies dumped into a river. Hundreds. Thousands. No one will ever count. No one will ever try to check an identity, contact a family, find out which limb was severed. Because this is Africa, and they don’t count the bodies in Africa” (1895). Hulle “died senselessly on this senseless continent” (2824). Dit geld ook “the bodies lying unburied along the roadsides in Somalia, people dropping dead of starvation as they tried to make it just a few more miles into town where the foreign-aid agencies were handling out free food” (170). Dit is seker ook waarom die plaaslike amptelike statistiek oor plaasmoorde so onbetroubaar is. Dit is glo maar net nog gewone misdaad waarvoor die ANC-regime nie die vermoë (en wil) het om doeltreffend teen op te tree nie.

Ten spyte van al die bravade by polities onafhanklike Afrika-lande is baie van hulle diep afhanklik van die humanitêre hulp wat Westerse lande in die vorm van bv kos, gesondheidsdienste en geld verleen, al word daar amptelik weinig erkenning hieraan gegee, om van dankbaarheid nie te praat nie. By Richburg is daar “pity at the monumental waste of human life” (176), maar hy besef mettertyd in sy gemoed, namate “the insanity of Africa deepened” (176), dat hy met ‘n bodemlose put* van ellende te make het, onder meer weens “the countless ongoing civil wars or tribal clashes on this brutal continent” (194). Dit is nie dat ‘n mens Afrikane onmenslik benader nie. Dit is dat die tydsduur, diepte en omvang van die ellende jou op moedverloor se vlakte laat. Politieke onafhanklikheid het glad nie ekonomiese onafhanklikheid vir die lande in swart Afrika meegebring nie; eerder ekonomiese agteruitgang en groter afhanklikheid van blanke lande se barmhartigheid/goedertierenheid.

[* Genoem “hellhole” (1116, 2184, 3873) of “shithole” (853) – dit is nie net Donald Trump se woord nie.]

Kenia

Oor Kenia skryf Richburg van die “new Mercedes and BMW’s, the symbol of Kenya’s corrupt class” (325), “their turn at the trough” (645) – dus soortgelyk aan die nuwe Suid-Afrika. “Corruption is the cancer eating at the heart of the African state” (3174). Soos sommige swart Afrikane is hy agterdogtig ingestel teenoor die “shady-looking Indian shopkeepers” (331). Hy skryf van “the handful of sleazy bars where reporters rubbed elbows with aid workers and UN bureaucrats and crazy white expat pilots and assorted adventurers out here for the cold Tusker beers and the easy African women … For reporters, Nairobi was the perfect ringside seat to Africa’s chaos” (347).

“Race was never far from the surface of any discussion in Kenya” (671), bv “tribal massacres” (695). “If there was one thing I learned traveling around Africa, it was that the tribe remains the defining feature of almost every African society … Even in the supposedly more sophisticated or developed countries like Kenya, thirty years of independence and ‘nation building’ had still failed to create any real sense of national identity that could transcend the tribe” (1978). “In Africa, you belong to a tribe; without a tribe, you don’t belong” (2089). Maar dan is daar ‘n oorverligte studeerkamer-ideoloog soos Herman Wasserman wat beweer dat ‘n mens nie meer van stam mag praat nie. Dit is glo verouderd en onvanpas (Praag 5.10.2019). Na diesulkes verwys Richburg as “the Africanists and Western academics for whom the very term ‘tribe’ is anathema. The preferred term is ‘ethnic group'” (1990). “Pluralism encourages people to seek protective refuge in their familiar tribal units” (1996). Hoekom nie? Wanneer Afrikaners ter wille van hulle selfbehoud hulle etnisiteit as iets waardevols/heilig probeer verskans, word hulle uitgekryt omdat hulle glo laer trek. Is dit nie juis laer trek wat histories die behoud van baie Afrikanerlewens verseker het nie?

“Another thing I learned from traveling around Africa is that the notion of skin colour, facial features, and the sense of attractiveness and identity are also very real, and in many ways closely related to tribe” (2002). Dit is bv nie moontlik om die volksmoord in Rwanda te verstaan sonder verwysing na die verskil in voorkoms van die Tutsi’s and Hutu’s nie. “With their narrow noses and sharp features, the Tutsi were considered the more physically attractive tribe, even long after they had lost political power in Hutu-controlled Rwanda. Even with growing wealth and power, what the Hutu really aspired to was to look like a Tutsi, to actually become a Tutsi. There were even earlier provisions for it in law; a Hutu with enough wealth could literally go to the local government office and apply to be reclassified as a Tutsi. The modern version of the same was for a Hutu who had obtained a measure of wealth and status to immediately marry a Tutsi woman” (2026).

Maar ook hier speel skynheiligheid ‘n groot rol. Donald Trump se hare word by menige bespreking van hom aan die hare bygesleep. Maar Barack Obama se hare mog nooit ‘n onderwerp van bespreking wees nie; om van spot nie te praat nie. “I know men who will go out with a woman just because she’s light-skinned” (2020). Vóór 1994 wou Suid-Afrikaanse bruin mense graag blank wees. Ter eie bevoordeling noem baie van hulle hulleself deesdae (generies) swart. Maar diegene met ‘n ligte vel was (en is waarskynlik steeds) meer gewild as huweliksmaats as diegene met ‘n donker vel. Jonathan Jansen het met ‘n vrou met ‘n ligte vel, wat as bruin geklassifiseer is, getrou. Vir sy skoonpa was die donker Jansen egter glad nie as skoonseun aanvaarbaar nie (Praag 31.03.2018). Gaan gerus na hoeveel van die plaaslike nie-blanke politici met blankes getroud is. Blankes word deesdae, bv in ANC-geledere, as absoluut sleg verguis, maar hulle voortreflikheid word in die praktyk, ten minste in die huwelikskonteks, sonder meer aanvaar. Wat by implikasie erken word, is dat blankes die norm is waarna swart en bruin mense streef, al hoor ‘n mens dikwels ‘n slagspreuk soos “Black is beautiful” maar nooit “Blank is bakgat” nie.

In Kenia het Richburg by sy werk ‘n swart assistent, George, gehad. “I realized that George and I were talking across a great cultural divide. I could never understand his world. I was thirty-four years old, never married, and had no children. George, a couple years younger than I, had three wives and at least eight kids … He … felt that since I was the boss, I had an obligation to help him” (778). “When a family member got sick, the patron, the boss, was expected to pay the medical bill. At school time, the boss helped out for the school fees, the books, the new clothes for the kids. When a parent died, the boss pitched in to help pay for the funeral. That’s just the way it was in Africa” (785). “This gap was too wide between the Africans and myself, and I found that no matter how hard I tried, I could never cross it” (1427).

Richburg het vir sy huurhuis ‘n swart huishouer en kok, Hezekiah, in diens gehad. “Hezekiah lived in a little one-room shack behind the kitchen … I never set foot inside Hesekiah’s little cabin” (790). As blankes dieselfde as Richburg doen, word hulle gekritiseer. Hy het ook ‘n swart tuinhulp, Reuben, “who walked to work each morning” (795), gehad. “He also substituted as my messenger and all-round helper” (795). Misdaad is endemies in Nairobi/Kenia, bv inbrake en motorskakings. “I … was living sheltered and shielded from Africa and from Africans because I couldn’t see them across the great cultural divide. I was also afraid of them. My house was protected by an alarm system connected to a security company, two large dogs … and a rotating group of security guards who stood by the gate, sleeping mostly it seemed, every evening and all day on weekends” (829).

Oor ‘n (blanke) amptenaar in die Amerikaanse ambassade in Nairobi skryf Richburg: “Her house in Nairobi had been burglarized five times, so she had an electric fence installed. ‘When they put up the electric fence, I told them to put in enough volts to barbecue anybody who came over,’ she said. But the fence didn’t help – the break-ins continued. So she went to the local police station, and the police agreed to post two guards on her property. And then the police guards posted there began demanding she pay them extra money for their services. ‘I’ve gotten to the point where I’m more afraid not to give them money,’ she said. ‘They’re sitting outside with automatic weapons.’ Finally, she had a higher fence, ten feet high, built around her grounds. And when I met her, she had become so exasperated that she told me, ‘I’m ready to sit outside myself with an AK-47′” (2840).

Somalië

Mogadishu was eens Somalië se pragtige hoofstad aan die see, “the White Pearl of the Indian Ocean”, maar groot dele daarvan is tydens die burgeroorlog (1991-2012) in puin gelê. Hierdie oorlog is aanvanklik deur Ethiopië opgestook. Toe Richburg daar was, was Somalië “a nation in melt-down” (1053). Vroeg in 1992 is daar reeds 5000 in Mogadishu gedood. “Hospitals … were reporting hundreds of casualities each day” (1059). Dit was moeilik om noodvoorraad in te bring “because the airport and port were under regular bombardment” (1065). “Food was becoming scarce. The rival armies had crisscrossed Somalia’s heartland and pretty much destroyed everything in their wake. Livestock was either looted or killed. Crops were burned” (1092) – soos die Britte se beleid van verskroeide aarde tydens die Anglo-Boereoorlog. Hongersnood het uitgebreek en Somalië het een van die “hellholes of human suffering” geword (1116). Dit is waarom so baie Somaliese inkommers hulle in die naburige Kenia maar ook in Suid-Afrika, met sy vrot grensbeheer, gevestig het. “Dumping food into a country without a government or police force was only heightening the lawlessness” (1167). “That was Somalia – no demand too outrageous, no situation too absurd. Famine and starvation had become a growth industry, and relief agencies, including the UN, were the money tree” (1178). Mogadishu had degenerated to an urban jungle” (1183). “No one ever calculated what you do next if the people you come to help have no interest in being saved” (1512).

“Not a section of the city was untouched by the devastation of the civil war” (892); eintlik ‘n “un-civil war”. “The old downtown section of the city was largely reduced to rubble … What was left untouched by the shells and the bullets usually got ripped apart by the successive waves of looters and scavengers, for whom anything – a piece of scrap metal, a pipe, electrical cable – might eventually be bartered for a piece of meat or a handful of rice” (896). “When you stepped off a plane in Mogadishu, a horde of young kids … instantly surrounded you and the plane, leveling their AK-47 assault weapons and grenade launchers at your chest … They demanded what often amounted to hundreds of dollars in bribes – landing fee, airport tax, baggage handling fee, security for the plane, even ‘entry’ fee into the country. And you paid, willingly” (915). “A hundred-dollar bill pulled out at the right time could keep you from getting killed when a dispute over costs turned heated. But display too much cash all at once, and you could get killed anyway” (920). “With little in the city left to loot, the militia gunmen discovered a new occupation, which might best be called ‘escort duty’, or security service for visiting foreigners like me. To leave the gates of the airport, you needed armed protection or you probably wouldn’t make it more than a block – particularly if you were carrying a backpack laden with water and food in a city with basically nothing. So I hired my own armed guards, and I learned how to negotiate the daily fee with gunmen holding assault weapons at my head. Typically, the fee was a hundred-dollar bill for a car and a couple of gunmen for the day” (920). “Stealing cameras and then ransoming them back to TV camera crews became something of a cottage industry in Mogadishu” (953).

Black Americans

“Weird things seem to happen to a lot of American black leaders when they venture into Africa. They go through a bizarre kind of metamorphosis when they set foot on the continent of their ancestors. Some of the most prominent veterans of America’s civil rights wars – articulate advocates for human rights and basic freedoms for black people in America – seem to enter a kind of moral and intellectual black box when they get to Africa. Dictators are hailed as statesmen, unrepresentative governments are deemed democratic, corrupt regimes are praised for having fought off colonialism and brought about ‘development’. Black Americans were most vocally at the forefront of calls for immediate democratic reform in South Africa, but when the subject turns to the lack of democracy and human rights elsewhere in Africa, those same black Americans become defensive, nervous, and inarticulate. They offer tortured explanation as to why America shouldn’t criticize Africa, why America shouldn’t impose its standards [and boycotts], and why reform must not be immediate but gradual, step by step. It’s as if repression comes only in white” (2590). Die kern van die saak is dat ons hier met dubbele standaarde gegrond op swart rassisme te make het; dat ‘n swart regering nie aan dieselfde hoë standaarde as ‘n blanke regering hoef te voldoen nie.

Ook: “There is a sensitivity about publicly criticizing the black leadership of independent black countries. There is a sense, rightly or wrongly, that a measure of our self-esteem as a black race in America is somehow tied to the success or failure of independent black governments running their own shows in Africa” (2636). “There was an element of not attacking your own brothers” (2641). Die ANC sou byvoeg: “and sisters”. Maar wat ook afkeurenswaardig is, is met hoeveel oorgawe linkse blankes mede-blankes oor allerhande dinge kritiseer, veral die “(ver) regses”, maar in gebreke bly om swartes te kritiseer. Van swartes mag daar sekerlik verwag word dat ook hulle op standaard moet wees. “Blacks who assume prominent leadership positions in America [and elsewhere] should expect a closer kind of scrutiny; they should pay their taxes on time, they should keep their pants zipped, they should keep their hands out of the public treasury, and they shouldn’t smoke crack, precisely because they are role models for the black community. White politicians are held to these standards” (2675). Van swartes kan en moet dieselfde verwag word. As dit nie gedoen word nie, is dit op die gevaar af dat ‘n geweldenaar/terroris tot ‘n rolmodel verhef word, bv asof hy ‘n vredesikoon en versoener is. “Africa has consistently been held to a double standard, an ‘African standard'” (3270).

“It’s what really hit me about Africa, not the Somalias or the Rwandas or the Liberias, because in many ways, those are the exceptions, the basket cases, the places where somebody flipped the switch. No, the real story occurs in the places you never really read much about, but where I spent a lot of time – Zaire and Kenya, Cameroon and Gabon, and the gaint of them all, Nigeria. These are the places where every day, with each new interview, I found a new and disheartening tale of some brave and anonymous African … who was trying his best and paying the price. I saw their courage and their self-sacrifice and it ripped my heart out, I mean it really touched my soul. But in the end it was just plain depressing, because deep down I knew that in Africa it’s all too rare for such struggles to end in victory. In Africa, the good guys don’t win” (3039), bv die Afrikaners. Of: “But this is Africa, and the good guys rarely win in Africa” (3480). Maar dan beweer Richburg waaragtig oor die nuwe Suid-Afrika: “For once, the good guys finally did win” (3497). Maar selfs Richburg behoort twyfel te hê oor hoe lank die goeie ANC goed gaan bly. “I knew already that Africa has a way of brutally burying almost all optimistic predictions and scenarios” (4020). Ek het swak moed vir Richburg se kennis en insig gekry, toe hy oor Nelson Mandela skryf: “unjustly tried and convicted” (3468). Daarmee spreek hy nie sy ontevredenheid uit omdat Mandela nie ter dood veroordeel is nie. Hy wou eerder hê dat Mandela toegelaat moes word om skotvry met sy terrorisme voort te gaan.

Suid-Afrika

Dit lyk asof Richburg in baie opsigte ‘n gesonde insig het in hoedanig swart Afrika is. Die lakmoestoets is egter sy siening van Suid-Afrika, omdat ons daarvan beter eerstehandse kennis as hy as besoekende joernalis dra. In die voorlaaste hoofstuk kom Suid-Afrika aan die beurt. “I traveled to South Africa four times – twice before the 1994 elections … and twice afterward” (3575). “On one level, South Africa was the one place on the continent that looked and smelled most like home, like America” (3575). Dít is natuurlik aan die blankes te danke, maar met sodanige erkenning kom Richburg nooit vorendag nie.

In Suid-Afrika sal toestande vorentoe ook nie so gunstig bly nie: “As much as white South Africa has tried to insulate itself, it doesn’t take long for Africa to intrude” (3585). Die land was toe reeds besig om van ‘n welvarende, Westers-georiënteerde land tot ‘n tipiese vervalle Afrikaland te transformeer. Vir die blankes se verset hierteen en vir hulle regverdigbare vrese toon Richburg geen begrip nie. Maar hy het groot begrip vir sy mede-swartes se woede: “Black rage was understandable enough – it was the rage of being subjected to humiliating repression in their own country, a rage built up after decades of enduring a codified, legalized system of racial segregation” (4729). En die blankes se griewe en woede oor blatante rassediskriminasie in die nuwe Suid-Afrika? Dit word nie eens êrens deur Richburg genoem nie.

Die buitensporige misdadigheid van swartes word goedgepraat. “Crime against whites was just retribution” (3792). Pleks van die misdadigers te veroordeel, kry apartheid, “one of history’s greatest evils” (3844), die skuld vir misdaad. “There were, of course, lots of reasons for this sudden surge of crime into white neighborhoods, most of them rooted in the legacy of apartheid and the aftermath of the evil system’s collapse” (3786). “I also came to see the rising tide of black crime as a kind of expression of rage, a righting of the past wrong of apartheid. In fact, what I found difficult to understand was how such justifiable rage had been contained as well as it had, why hordes of blacks were not swarming over the northern suburbs [of Johannesburg] meting out bloody vengeance against every white family with a swimming pool and an electric fence” (3735). Richburg is glad nie verontrus oor plaasmoorde nie. Die naaste wat hy aan ‘n verwysing hierna kom, is hierdie eienaardige sin: “There were a spate of home killings, white farmers going home at the end of the day, killing their entire families, then turning their guns on themselves” (3825).

“The ‘real’ Africa, the Africa I had seen further north, was closing in fast on their [whites’] insulated little world” (3631). Richburg openbaar ‘n mislike houding teenoor die plaaslike blankes, wat met groot opoffering en toewyding voorspoed vir baie inwoners (insluitende nieblankes) gebring het. Almal kon bv baat by die uitstekende en dikwels gratis gesondheidsdienste. Maar Richburg borduur bevooroordeeld voort: “In South Africa, they still tried to retain some pretense of Western sensibilities and values; in South Africa, they were still counting the bodies” (3631). By die plaaslike blankes is Europese/Westerse beskawing in werklikheid nie pretensie nie. Dit is ingebed in die weefsel van die blankes se gees. Dit is waarom hulle gepoog het om hulle van die afgryslikhede van Afrika te isoleer.

Hy vertel dat hy eerder ‘n “good reporter” as ‘n “black reporter” wil wees (3563). “As a reporter, of course, we’re supposed to be neutral” (3569). “Was there any doubt, really, which side I would be on [in South Africa]?” (3575). Nee. Richburg se solidariteit met die plaaslike swartes is deurlopend duidelik. Hy is deurweek met die swart mag propaganda wat hy van vroeg af in Amerika ingekry het en met die ANC-propaganda wat die Amerikaanse inligtingsmedia, soos sy koerant, The Washington Post, deurlopend uitdra. Die swartes se (relatief) prestasielose verlede (en hede) word aan apartheid toegeskryf: Vóór 1994 aan die toepassing van apartheid en ná 1994 aan die nalatenskap van apartheid; presies soos die ANC ook doen. Die vraag kan egter gestel word: Waarom het veral die Asiate, bv Indiërs, wat in dieselfde mate as die swartes aan apartheid onderhewig was, soveel beter as hulle presteer, bv finansieel/ekonomies? Die Asiate doen dit steeds; dermate dat daar al hoe meer oproepe opklink dat daar teen Asiate in dieselfde mate as teen blankes gediskrimineer moet word. Dui dit op die eendersheid of die verskillendheid/andersheid van mense, individueel en groepsgewys?

Richburg aanvaar bv sonder meer dat daar ‘n derde mag was (die NP-regering se veiligheidsmagte, dus die polisie en weermag), wat saam met Inkatha geweld teen ANC-ondersteuners gepleeg het (3596). Die blankes “covertly ochestrating a decade-long dirty war between Inkatha and the ANC” (3697, ook 3792). “There was already ample evidence that the police involvement was more direct than simple funding, like actually planning attacks, providing the weapons, even using official vehicles to shuttle IFP attackers to the site of their attacks. Thousands were being killed in the campaign of violence, and the country appeared for a while to be sliding into a civil war – and all [!] because of the crazy white extremists who’d just as soon see the place collapse as turn over power to Nelson Mandela” (3702).

Die gedagte kom skynbaar nooit by Richburg op nie dat die ANC geweier het om geweld af te sweer en dat die ANC onder die leiding van Mandela deurlopend en op groot skaal intimidasie en geweld pleeg ten einde die meerderheid swart kiesers te dwing om in die 1994-verkiesing vir hom te stem. Mandela en sy kornuite wou ten alle koste die 1994-verkiesing wen. Dit het vir hulle nie saak gemaak as die land met die oog hierop tot in die grond afgebreek word of hoeveel mense gedood word nie. Maar Richburg beweer: “The ANC with Mandela at the helm was [morally] head and shoulders above the rest” (4004).

Wat Richburg begeer, is solidariteit/eensgesindheid by sy swart broers en susters. “Hating the Inkatha party and its leader, Buthelezi, for allowing himself to become a willing stooge of the evil regime” (3856). “Could they [the blacks] not unite behind a common enemy [the whites], at least bury their differences for the short term, until the ultimate goal – the end of white minority rule – was fully realized?” (3713). “In South Africa, blacks killing blacks became the sideshow to the main event: the epic struggle of good [blacks] against evil [whites]” (3850). “A black country falling apart under a black government is still better than blacks in Africa living under white repression” (3901). Is dit nie rassisme in sy suiwerste vorm nie?

Richburg se uiters bevooroordeelde siening van die polisiediens, wat toe onder blanke leiding was, is: “The South African Police … had to be one of the world’s most incompetent when it came to detective work or rudimentry crime-solving. For years, the SAP was mainly a tool of antiblack repression, and as a result, the officers and recruits had little training in even the basics of police work” (3613). “Under the white minority regime, crime, as long as it was confined to black townships, was rarely, if ever[!], investigated” (3770).

My maak asof die polisie hulle voorheen met bv die bekamping van pasboekoortredings besig gehou het en noudat hierdie stelsel afgeskaf is, is die polisie nie toegerus om misdaad te bestry nie (3613). In werklikheid het die ou Suid-Afrika ‘n doeltreffende polisiediens en uitstekend opgeleide polisiemanne gehad. Daarom was misdaad goed onder beheer. Richman kan gerus nagaan in hoe ‘n mate polisiepersoneel deesdae behoorlik opgelei word, in hoeverre hulle doeltreffend funksioneer, hoe hoog die misdaadvlakke is en hoe ANC-kamerade, selfs sonder basiese formele polisiëringsopleiding, in topposte aangestel word.

Richburg vestig die aandag op ‘n belangrike verskil tussen Amerika en Suid-Afrika: Die meerderheid kiesers in Amerika is blank, gevolglik kan regte, soos stemreg, aan die swartes toegestaan word sonder dat die blankes politieke beheer oor die land verloor. In die geval van Suid-Afrika is die blankes ‘n minderheid en beteken een mens, een stem, dat politieke beheer aan die swartes afgestaan word (3636). Dit is uiteraard iets waartoe die meeste blankes nooit sou instem nie, maar hulle is deur FW de Klerk, Roelf Meyer en diesulkes uit hulle toekoms verneuk. Maar dit word uiteraard deur Richburg verswyg.

Sy tipiese swart perspektief is: “The two countries shared a similar history of white racial oppression and legal discrimination against blacks” (3636) en “Trying to understand white attitudes, to really discern the roots of the racism – maybe to find some parallels to the United States – became a matter of intense interest to me … How could a white person living in Africa hate black people? And if he did hate black people, why the hell would he live on a black continent?” (3642). Van die feit dat stemreg aanvanklik nie aan swartes toegeken is nie, maak Richburg die sprong na haat. Dit is soortgelyk aan die dwase veronderstelling dat almal wat teen onwettige inkommers gekant is, hulle noodwendig haat. Albei gevalle kan as bloot ongewens deur blankes beskou word, sonder dat daar noodwendig enige haat by betrokke is.

Myns insiens was die meeste plaaslike blankes in 1990/94 teen swart meerderheidsregering gekant. Ná verloop van ‘n kwarteeu van ondoeltreffende, korrupte swart regering is die blankes meer as ooit oortuig dat in belang van die land en al sy inwoners hulle eerder die politieke beheer moes behou het. Dan sou daar geen sprake van bv rommelstatus en Suid-Afrika as die onveiligste en misdadigste land op die aardbol gewees het nie. Pleks van hieroor te besin, verwys Richburg na die blanke bewind as “a system as brutal as apartheid” (3647) en wei hy uit oor blanke rassisme. Hy gee nooit enige aanduiding dat daar iets soos swart rassisme is nie; iets waarvan hy baie gou bewus sou word as hy die wetgewing nagaan wat die ANC-regime sedert 1994 deurgevoer het.

Richburg hou van die swart bewind in die nuwe Suid-Afrika. Hy lewer hoegenaamd geen kritiek daarop nie. Hy verwys ook met genoegdoening na die blanke Rhodesiërs wat die Mugabe-bewind in Zimbabwe ontvlug het: “The white killers were Rhodesian transplants who had moved to this frontier holdout of white racism [the old South Africa] as their own country joined the ranks of black-run states. South Africa had become the final bastion for all the white racists of the world, the supremacist scum who had descended here from points farther north on the map as country after country underwent the change from white colonial domination to black rule” (3658). Die ironie is dat Richburg op grond van eerstehandse waarneming weet dat ‘n swart politieke bewind in baie (moontlik die meeste) gevalle nie ‘n goeie ding is nie.

Richburg se strategie is duidelik. Hy het die tekortkominge van en ellende in swart Afrika uitgewys. Hy weet dat sy gevolgtrekkings hom veral onder die swartes in Amerika ongewild sal maak. Om te toon dat hy homself nie aan bewondering vir blanke prestasies uitverkoop het nie, sorg hy dat die blanke Suid-Afrikaners dit moet ontgeld deur hulle vir ongebreidelde slegsê uit te sonder. Hy vertel met smaak hoe die wit rassiste uit Rhodesië gevlug het, bv na Australië en Nieu-Seeland; maar ook na Suid-Afrika, “where their backs were now to the ocean and where they decided to stake out what must truly be the final stand of the white man in Africa” (3664). Dan oortref hy homself met hierdie verbeeldingsvlug: “And there they were joined by an unsavory collection of Eastern European fascists, racists, Nazis and skinheads all huddled there together on the southernmost tip of the world’s black continent, with Africa encroaching on their protected white universe more and more each day” (3664). Richburg is voorouers was slawe, maar hy was nog nie in staat om homself te bevry van die kettings van vooroordeel nie.

Die skrywer van so iets kan nie ‘n goeie joernalis wees nie. Hy is onmiskenbaar ‘n swart joernalis. Hy is, in sy woorde: “A black American in the last bastion of white supremacy [in Africa]. These are the world’s craziest white people” (3669). “I really did think South Africans were all [?] crazy. Here they had built the most modern, best developed country on the continent, and now the white extremists seemed pretty hell-bent on destroying the whole thing, simply because in their blind racism they couldn’t stomach the inevitability of black majority rule” (3697). “And now those same simpleminded racists were smugly pointing to the black-on-black violence as proof-positive of their self-fullfilling prophecy that black rule would mean a slide to violence and anarchy” (3702). Die vraag wat eerlikheidshalwe gestel moet word, is: Het daardie voorspelling die kol (heeltemal) gemis? Richburg besef darem dat sy emosies sy rasionaliteit verdring. “Perhaps much of my anger grew from my own perspective, and my view of the anti-apartheid struggle as not just for South Africa’s black population but a struggle for the dignity of black people everywhere” (3713). Dit is die geykte retoriek van ‘n swart politieke aktivis. Die veronderstelling dat alle mense ‘n geldige aanspraak op waardigheid het, is misplaas (Praag 2.11.2019).

Slot

In die laaste hoofstuk neem Richburg afskeid van Afrika. “More than three years here have left me bitter and largely devoid of hope, and largely drained of compassion” (4094). “While I know that ‘Afrocentrism’ has become fashionable for many black Americans seaching for identity, I know it cannot work for me. I have been here, I have lived here and seen Africa in all its horror. I know now that I am a stranger here. I am an American, a black American, and I feel no connection to this strange and violent place. You see? I just wrote ‘black American’. I couldn’t even bring myself to write ‘African American'” (4106). “Why would we, as Americans, want to embrace a continent so riven by tribal, ethnic, and religious hatreds?” (4276).

“I have come to the only continent where I blend in with the crowds around me. If I belong anywhere – if there is one place on earth where I am not alien – it ought to be here, in Africa. And I am hating it” (4180).”I feel more lonely here in Africa than I have ever felt in America. In America, I may feel like an alien, but in Africa, I am an alien … I am ashamed to admit: I am terrified of Africa. I don’t want to be form this place … I am quietly celebrating the passage of my ancestor who made it out” (4209). “[America] is the only place I truly belong. It’s home” (4248). Richburg sluit die inleiding tot sy boek soos volg af: “Most of all I think: Thank God my ancestor got out [of (black) Africa], because, now, I am not one of them. In short, thank God that I am an American” (236).

Aan die einde van sy boek vra hy: “So what future do I see for Africa, this strange and forbidding place?” (4282). “What future is there in a place where the poets are hanged by the soldiers? … All I can see is more darkness” (4287). “I know better than to hope” (4378). “There are more coups, more elections, more riots, and more refugees. That’s how it was when I arrived, and that’s how it’s likely to be years from now. In Africa [“that dark spot on the globe” – 4450] things stay the same until they fall apart” (4394).

Richburg het nie altyd verkeerd as ‘n mens aan Afrikaner-selfbeskikking dink nie. Hy skryf bv: “Countries can indeed split up and nationalist claims to self-determination can be recognized without the sky falling in” (4322). “Africa could do with a healthy dose of federalism to defuse tribalism; a tribe that can vote for its own kind, to control a regional or local government, is less likely to feel oppressed by a central government controlled by another tribe” (4361).

Hy voel meer tuis in Amerika as in Afrika. As Richburg, wat geneties in Afrika hoort, op hierdie kontinent nie gelukkig is nie, hoe kan daar van blankes verwag word om in die omstandighede van swart Afrika te berus? Oorsprongsgewys is die plaaslike blankes Europeërs, gevolglik behoort hulle hulle in Amerika en natuurlik ook in Europa kultureel meer tuis as Richburg te voel.

 

Sydney Gregan: Kommunisme in ‘n nuwe gedaante — die DA as ‘n sosiaal-demokratiese party

Sedert die val van die Berlynse Muur het links-liberales behoorlik geskarrel om ‘n nuwe skuilplek te vind; ‘n nuwe god om te aanbid. Liberales was nog altyd op hulle eie hopeloos te lig in die broek om die mas op te kom, hulle moes altyd gaan inkruip by ‘n “kragdadiger” organisasie. kommunisme was vir dekades lank daardie skuilplek. En sedert 1989 met die val van die Berlynse Muur was liberaliste reddeloos, hulle was desperaat op soek na ‘n nuwe blyplek.

Globalisme verteenwoordig hoofsaaklik die ekonomiese strewe van links-liberales. Maar waar daar gepoog is om deur middel van globalisme nasionalistiese doelstellings te verydel, het dit as begrip nie die bekoring ingehou wat kommunisme gehad het nie. Die begrip wat stelselmatig vatplek begin kry het, is sosiaal-demokrasie. Met die DA se ellendes en dalende steun (wat mens hulle hartlik gun), word nou gepredik dat hulle hulleself van liberalisme moet losmaak en dat hulle hulle moet beywer vir die daarstel van ‘n social democracy in Suid-Afrika.

Maar wat beteken die begrip sosiaal-demokrasie?

Wel die “sosiaal” is niks nie anders as sosialisme. Sosiaal klink mooier en sagter op die oor as sosialisme, daarom die keuse vir die woord. En sosialisme is die ekonomiese arm van die kommunisme. Demokrasie weer is maar net die towerwoord, (soos “menseregte”), om die geïndoktrineerde en gebreinspoelde hordes elke paar jaar stembus toe te sleep om hulle mede-aandadig aan hulle eie ondergang te maak. Hulle is dan “ingekoop”. So is daar reeds in kommunistiese stelsels ook gestem, weliswaar net vir een party. Vandag word daar maar net vir twee of drie groot partye gestem (en die res blaf net saam), terwyl daar wat die groot partye betref, geen verskil is wat beleid aanbetref nie. Hulle streef almal die globalistiese doel na — na ‘n sosialistiese demokrasie.

Dus, die oproep aan die DA is nou om ‘n volbloed- sosialistiese demokrasie (lees: kommunistiese staat) voor te staan, want dan sal hulle weer (glo) die kiesers se verbeelding aangryp. Uiteraard word mense mislei deur die begrip, maar daar word ook nie kennis geneem van die harde werklikheid dat die DA slegs werklik ‘n bedreiging vir die ANC sal inhou indien dit ‘n swart party word nie. En as dit ‘n swart party word, kan dit geen blanke belange meer verteenwoordig nie. Want die een sluit die ander uit.

Wat van die DA verwag word, is om ‘n kommunistiese party te word (opgedoek in ‘n naam wat mense moet betower — “sosiaal-demokrasie”). Kan u u die prentjie indink waar die kommunistiese ANC dan met die kommunistiese DA meeding, albei onder die vaandel van “voters of the country, unite!”? Want wat is die ANC anders as ‘n “sosiaal-demokratiese party”? Of dan liewer: ‘n sosialistiese party waar alle bates deur die staat besit en beheer word en waarvoor die gepeupel elke vier jaar toestemming gee dat dit alles goed en wel is. Ja, gestroop van retoriek en die dekmantels waaragter geskuil word, is dit die prentjie van die toekoms. In vandag se neo-kommunisme moet daar mos ‘n “keuse” wees, om te voldoen aan die “demokratiese” imperatief.

Wat in die proses misgekyk word, is dat ons baie vining op pad is na ‘n fascistiese staat. Benito Mussoulini het daardie staat soos volg beskryf:

“For the Fascist, everything is encompassed within the State, and nothing human or spiritual exists, or even has value, outside of the State. In this sense, Fascism is totalitarian, and the fascist State, integrated and united in every value, interprets, develops, and strengthens all aspects of the life of the people.” (The Doctrine of Fascism, Benito Mussolini).

Nou hoe kom mens by so ‘n gevolgtrekking uit? Wel, baie maklik. Benito Mussolini was oorspronklik ‘n revolusionêre sosialis. Hy het egter die Sosialistiese Party in 1914 verlaat. Hy het ‘n meer outokratiese staatsvorm ten doel gestel. Hy wou volle beheer hê. Presies wat die ANC ten doel stel. Dus, vir die DA om nou as werklike teenvoeter vir die ANC op te tree, moet dit dieselfde doen. Dit moet net in ‘n “sagter” en aantrekliker vorm wees. Intussen sal die VF Plus aanhou piep van die kantlyn af — daar moet immers kritiek ook wees om die hele petalje ‘n aanvaarbare skouspel te maak!

Maar wat gaan die superrykes hieraan doen? Niks. Hulle is reeds “ingekoop” met die versekering dat daar niks aan hulle bates gedoen sal word nie. Die miljardêr Bernie Sanders van die “Demokratiese” Party in die VSA staan sosialisme vir die VSA voor. Die nog ryker George Soros ook. Daarom sal die ekonomiese elite van hierdie land, die Ruperts en die Oppenheimers, ook ingetrek word. En dis juis hier waar sosialisme ontbloot moet word vir die leuen wat dit is. George Orwell het dit reeds in sy Animal Farm gedoen:

All animals are equal, but some are more equal than others.

Kapitalisme sal net vir die elite bestaan; die res van ons moet met sosialisme tevrede wees. Die elite sal nooit hulle rykdomme prysgee nie. Maar dan sal dit ook nie van hulle verwag word nie. Net soos die nomenclatura “meer gelyk” is as die res, so is ook die ekonomiese elite wat ingekoop word in die proses.

Die definisie van Sosialisme is gegrond op die eienaarskap (van alle bates) deur die staat. Sosialisme baan dus die weg vir fascisme:

This means the machinery, tools, and factories used to produce goods that aim to directly satisfy human needs. In a purely socialist system, all legal production and distribution decisions are made by the government. Individuals rely on the state for everything from food to healthcare. And, the government determines the output and pricing levels of these goods and services.

Fascisme is die produk van die sosialistiese ywer om vir gelykheid te werk. In Suid-Afrika is gelykheid ‘n doelstelling van die bestel, verskans in die grondwet. Maar wat die gepeupel nooit sal insien nie is dat ‘n:

small clique of elite puppet masters still retains total ownership (capitalism) and control of resources and of the government, by authoritarian and totalitarian rule.

Vir die Joodse hanteerders van die DA moet “sosiaal-demokrasie” dus eintlik baie aantreklik lyk. Hulle bly in besit van hulle eie en kry boonop beheer van die res. Die enigte probleem is die “lastige” ANC wat heeltyd die model wil laat skipbreuk ly met sy alewige korrupsie en kader-aktiwiteite.

En dis by daardie lastige probleempie waar die DA nie verby gaan kom nie. Selfs nie met die keffende VF Plus se hulp nie. Hoekom dan nie? Want ek lees in ‘n baie gesaghebbende bron dat die gemiddelde IK van ons bevolking 70 is…

 

Leon Lemmer: Die kolonisering van Algerië en Suid-Afrika — ‘n vergelyking

Daar was ‘n tyd toe Afrikaners in talle lande in Suider-Afrika ‘n beskawende bydrae gelewer het. In Kenia, op die hoogland, het joiners in 1908 ‘n Afrikaanse gemeenskap begin, wat mettertyd voortreflik uitgebou is. Mau Mau-terrorisme, oftewel politieke “bevryding”, het teen 1963 ‘n einde hieraan gebring. ‘n Afrikanergemeenskap het ná die Anglo-Boereoorlog ook in Angola ontstaan, wat om dieselfde rede as in Kenia teen 1975 tot niet gegaan het. Dit is by uitstek Afrikaners wat die ooste van Rhodesië tot ‘n suksesvolle landbougebied ontwikkel het. Maar dit is juis hier waar Robert Mugabe se terroriste eerste en daarna deurlopend op groot skaal toegeslaan het. Ná die politieke onafhanklikheid van Zimbabwe in 1980 het Mugabe in 2000 begin om die plase van blankes sistematies te onteien. Die voorbeeld wat Mugabe met hierdie soort rasgebaseerde diefstal gestel het, word tans deur die ANC-regime met die oog op plaaslike toepassing nagevolg. In 1990 het Suidwes-Afrika, as Namibië, polities onafhanklik geword. Met die hartlike samewerking van die Nasionale Party-regering in Suid-Afrika het die Swapo-terroriste beheer oor die land verkry en is die blankes, veral Afrikaners, sedertdien aan die genade van bv die Ovambo-meerderheid uitgelewer. Ná die Anglo-Boereoorlog het sowat 600 Afrikaners hulle in Patagonië, Argentinië, gevestig. Hierdie gemeenskap is vinnig besig om te verdwyn vanweë trouery buite die Afrikanerdom, asook heeltemal te verspaans. Brian Murray du Toit het twee boeke oor Afrikaners gepubliseer: dié in Kenia (1998) en dié in Argentinië (1995). Nicol Stassen het ‘n boek elk oor die Afrikaners in Angola (2009) en die Dorslandtrek (2015) gepubliseer.

Dit is eintlik net in Namibië en Suid-Afrika waar Afrikaners steeds as ‘n sigbare etniese minderheid funksioneer. Hierdie Afrikaners het hulle reg op selfregering weens die onbevoegdheid en verraad van ‘n klein groepie Afrikaanssprekende blanke politici verloor. In die geval van Suid-Afrika het dit in 1994 mandaatloos gebeur toe ANC/SAKP-terroriste politieke beheer oor die land verkry het. Dit is om van te ween. Sedertdien het meer as ‘n miljoen blankes Suid-Afrika verlaat. Daar is ‘n ander Afrikaland wat ook meer as ‘n miljoen blanke inwoners verloor het. In 1962 het Algerië polities onafhanklik geword toe die Nasionale Bevrydingsfront, die Moslem FLN-terroriste, aan die bewind gekom het. Alexis de Tocqueville het hierdie moontlikheid meer as ‘n eeu vroeër voorsien toe hy geskryf het: “I … wondered what could be the future of a country subjected to such men, and where this flood of violence and injustices would end, if not in the revolt of the natives and the ruin of the Europeans?” (Tocqueville, bron hier onder, Kindle 1159). “Such men” verwys bv na ‘n Franse militêre bevelvoerder in Algerië wat gesê het: “Nothing but force and terror, gentlemen, succeeds with these people” (1151). Maar Tocqueville het mettertyd agtergekom dat hoë Europese moraliteit nie altyd maklik na Afrika/Algerië oorgeplaas kan word nie.

Die verraad wat teen die blankes in Suid-Afrika gepleeg is, kan primêr aan FW de Klerk toegeskryf word. In die geval van Algerië is die verraad teen die blanke inwoners deur die Franse staatshoof, Charles de Gaulle, gepleeg. Wat Tocqueville “France’s greatest affair, that of Algeria” genoem het, het daarmee tot ‘n einde gekom (2075). Wat nie algemeen besef word nie, is dat De Gaulle se verraad aan De Klerk die voorbeeld vir sý verraad kon gestel het. Ek het by ‘n vorige geleentheid hieroor geskryf, toe ek die “bevrydingstryd” in Algerië en Suid-Afrika vergelyk het (Praag 27.01.2019). Sedertdien het Rina Venter hierdie vermoede moontlik bevestig (Praag 26.10.2019). Soos De Gaulle het De Klerk doelbewus ‘n onbeduidende vraag in die 1992-referendum aan die blanke kiesers voorgelê: “De Klerk wil die vraag sodanig formuleer dat hy loskom van sy onderneming dat kiesers die finale seggenskap oor ‘n onderhandelde skikking het” (Venter Kindle 7431).

Algerië het in 1830 met die besetting van die hoofstad, Algiers, ‘n Franse kolonie geword. Die land is in 1834 geannekseer nadat die ander groot stad, Oran, verower is. In 1848 is Algerië tot ‘n provinsie of integrerende deel van Frankryk verklaar. Daar was drie départements: Oran in die westelike, Algiers in die sentrale en Constantine in die oostelike deel van Algerië. “These departments were granted representation in the Chamber of Deputies [in Paris], but the franchise was limited to Europeans and to a small minority of indigenous Algerians, who were required to renounce Islam in order to obtain French citizenship” (Tocqueville 411).

Die verraad wat teen die blankes in Suid-Afrika gepleeg is, is veel erger as dié in Algerië omdat Suid-Afrika sedert 1652, dus oor ‘n baie langer periode, ‘n blanke bevolking het, met vryburgers wat hulle sedert 1657 met lyf en eiendom aan die lot van hierdie land verbind het. Dit was vir die blanke Algeryne – veral Franse, Spanjaarde en Italianers – in 1962 veel makliker om die honderde kilometers oor die Middellandse See na hulle historiese geboortelande af te lê as vir die Afrikaners, wat duisende kilometers weg van Europa is en na verloop van eeue eintlik geen aanspraak op burgerskap van ‘n Europese land het nie. Maar dit is juis hierdie verskil in afstand van Europa wat die uitsonderlike prestasies van Afrikaners so merkwaardig maak.

Reeds in die antieke en klassieke tye, bv tydens die Romeinse Ryk, is die noordkus van Afrika, aan die Middellandse See, ingrypend deur Midde-Oosterse (bv Fenisiese vanaf 600 vC) en Europese beskawing beïnvloed. Die gebied wat tans die Maghreb genoem word, het lank as Numidia bekend gestaan. Dink aan Kartago (9de eeu vC tot 146 vC en 45 vC tot 698 nC), naby Tunis. Toe die Europese blankes met Suidelike Afrika kennisgemaak het, bv die Portugese ontdekkingsreisigers vanaf die 15de eeu en Jan van Riebeeck en sy geselskap in 1652, was daar plaaslik nog geen sprake van Europese beïnvloeding nie. Daardie voortreflikheid het saam met die blankes hier aangekom en wortel geskiet. Dit is by uitstek Afrikaners wat Suid-Afrika tot die ontwikkeldste en welvarendste land in Afrika uitgebou het. Pleks van hulle hiervoor te eer en hulle regmatig te bevoordeel, word die Afrikaners sedert 1994 veroordeel en verguis en ontsien die ANC-regime geen moeite om blatant teen die blankes, veral die mans en by uitstek die Afrikaners, te diskrimineer nie. Amptelik word dit graag, maar hoogs vals, die nie-rassistiese, nie-seksistiese nuwe Suid-Afrika genoem.

Ek het onlangs na Alexis de Tocqueville (1805-1859) verwys (Praag 2.11.2019), wat bekendheid vanweë twee boeke verwerf het: Democracy in America (2 boekdele, 1835 en 1840) en The Old Regime and the French Revolution (1856). Hy het beoog om twee verdere boekdele oor die Franse geskiedenis te skryf, maar weens tuberkulose/tering was sy gesondheid van jongs af delikaat en kon hy nie hierdie taak voltooi nie. Tocqueville was van 1839 tot 1851 ‘n parlementslid en in 1849 vyf maande lank die Franse minister van buitelandse sake. Wat minder bekend as sy twee genoemde boeke is, is dat hy in die periode tussenin intens in Algerië belanggestel en oor daardie land geskryf het. Sommige van hierdie geskrifte is eers redelik onlangs gepubliseer. Ek skryf vandag na aanleiding van Jennifer Pitts se redigering en vertaling van Tocqueville se geskrifte oor Algerië: Writings on empire and slavery (Baltimore: Johns Hopkins University Press, 2001, 319p; Amazon Kindle $28.16). Sommige hoofstukke is direk uit die oorspronklike manuskripte vertaal.

Op grond van tweedehandse bronne het ek op 2.11.2019 soos volg oor Algerië geskryf: “Tocqueville het die land twee keer besoek en het rasseskeiding bepleit asook twee regerings: een vir die blanke koloniste en een vir die Moslems. Volgens hom moet die Franse regering nie poog om beheer oor die hele Algerië uit te oefen nie, maar slegs oor gekoloniseerde streke, soos die hoofstad Algiers en omliggende gebiede, wat dan eintlik ‘n blanke tuisland word.” Hierdie samevatting is wesenlik korrek, maar Pitts se bundel gee in baie opsigte waardevolle aanvullende perspektiewe op die aanvangsjare van die Algerynse kolonisering, wat in sommige opsigte sterk kontrasteer met die kolonisering van Suid-Afrika.

Tocqueville skryf: “If we did not want to colonize it [Algeria], domination would be easier; for above all what makes the Arabs take up arms is the idea that we want to dispossess them and sooner or later settle on the land they have inherited from their ancestors” (1214). Wat belangrik is, is “to know where to stop in the occupation of a barbarous land” (2226). “France should immediately and completely abandon the idea of dominating the interior and limit ourselves to occupying the political points of the coast and to colonizing around them” (1228). “France must not seek domination as our goal; rather, domination is the necessary means we must use for achieving tranquil possession of the coast and the colonization of a part of the territory, the real and serious goal of our efforts. We shall never have either security or any future on the coast if we do not somehow manage to make our authority respected in the interior, or, at the very least, prevent the different tribes there from uniting under a single leader. In a word, partial colonization and total domination” (1267). “It is clear to me that we shall never succeed if we undertake to place our new [indigenous] Algerian subjects under French administration” (731). “Above all, in Algeria we must take care to give up this taste for uniformity that torments us, and to realize that it would be as dangerous as it is absurd to apply the same laws to different beings” (737). “It would also be necessary for the legislation that governs the French in Africa not to be exactly the same as that in force in France” (745). “A colony needs a simpler administration, one more expeditious and independent of the central power than those that direct the continental provinces of the empire” (749).

“How can we manage to create in Africa a French population with our laws, our mores, our civilization, while still preserving vis-à-vis the indigenous people all the regard that justice, humanity, our interest well understood, and … our honor strictly oblige us to preserve? The question has these two sides. One cannot usefully imagine the first without seeing the second” (265). Tocqueville het dit as idealistiese liberalis geskryf. In die praktyk het sy ideaal onhaalbaar geblyk te wees. “The dominant strand of liberalism that was forged during this period was to be exclusionary and nationalist” (374). Pitts verwys na Tocqueville se “ill-known contours of … liberalism: its susceptibility to the notion of national glory as a substitute for political virtue; its willing exclusion of unfamiliar peoples from moral consideration for the sake of national consolidation” (377). “French glory justified any aggression the nation could muster” (386).

Tocqueville het homself graag ‘n liberalis genoem maar terselfdertyd bedenkinge oor ekstreme demokratisering gehad. Byvoorbeeld: “Tocqueville suggested … that both Amerindians, whom he classed among ‘savage nations’, and slaves were incapable of participating in democratic order and thus destined to remain excluded” (109). Hy het albei groepe “American without being democratic” genoem (122). ‘n Vraag wat hier in die midde gelê kan word (na aanleiding van my vorige skrywe – Praag 2.11.2019), is: Kan ons in vele opsigte praat van “African without being democratic?” Ek dink so en die ANC-regime is ‘n sprekende voorbeeld hiervan. Tocqueville het gespekuleer oor verskillende stadia van ontwikkeling: bv “savage, barbarian, civilized, and commercial” (140). Hy was diep bewus van die aanhangers van Jean-Jacques Rousseau (1712-1778) se leer van die edele barbaar. Hy skryf bv: “The most civilized European becomes a passionate lover of the savage life” (434, 3599). “If Rousseau had known the Kabyles [of Algeria] … he would not have uttered such nonsence about the Caribs and other Indians of America” (496). Roger Boesche het ‘n hele boek oor The strange liberalism of Alexis de Tocqueville (1987) geskryf.

Tocqueville het in 1835 met ‘n Engelse vrou, Mary Mottley, getrou. Dit het onder meer meegebring dat hy op die hoogte van Britse kolonisering gebly het. Hy was ten gunste daarvan dat die Franse koloniale amptenare, soos die Britte, vooraf deeglik opgelei word. Ook dat die Britse voorbeeld nagevolg moet word deur ‘n eie ministerie vir die kolonies te skep. Volgens hom moes die Franse slawe op ‘n manier soortgelyk aan die Britse voorbeeld vrygestel word. Tocqueville het aan die Britse stelsel van indirekte koloniale regering voorkeur gegee, dus dat die plaaslike inwoners by die regering betrek word, bv: “To govern Arabs through Arabs” (1116). Ook dat die plaaslike regering volgens die koloniale behoeftes moet kan regeer en nie alle besluite vooraf vir goedkeuring aan die sentrale regering van die koloniale moondheid hoef voor te lê nie.

“It was vexing to have a country governed by officials without any kind of control on the part of the governed; it was all the more so in a colony where officials, who are never more than passing through, are always foreigners, and especially in a colony such as Algiers [Algeria] where the law, in preventing them from becoming property owners, takes away even the chance that any of them might happen to identify with the country” (1024). Naas die amptenare is soldate ook nie toegelaat om vaste-eiendom in Algerië te koop nie. “The soldiers cannot own land. The idea that they spill their blood to make the fortunes of those who come here only to enrich themselves [the white farmers and land speculators] drives them mad” (1162). Om hierdie rede was daar deurgaans ‘n slegte verhouding tussen die soldate en die setlaars. Tocqueville het voorgestel dat Algerië eerder ‘n eie weermag moet hê (1420). Dan kon die soldate ‘n verbondenheid met die land ontwikkel.

Tocqueville en John Stuart Mill (1806-1873) het in korrespondensie menings oor bv kolonisering gewissel. Mill het bv geskryf: “Despotism is a legitimate mode of government in dealing with barbarians, provided the end be their improvement” (362). Tocqueville wou bitter graag Brits-Indië (die Raj) besoek, maar sy gesondheid het dit nie toegelaat nie. Hy het in 1831 wel Kanada tydens sy reise in Amerika besoek, asook Engeland en Ierland in 1835 en Algerië in 1841 en 1846.

Voorts bepaal ek my by Pitts se bundel. Ek sou die boek graag baie vroeër wou gelees het, maar die hoë prys het my aanvanklik daarvan weerhou. Pitts het ‘n lang inleiding tot Tocqueville se tekste geskryf. Die aanhalings wat volg, is dus enersyds wat Pitts oor Tocqueville skryf (tot by 421) en andersyds wat Tocqueville self geskryf het. Om tussen die twee outeurs te onderskei, is nie van wesenlike belang nie omdat Pitts op grond van deeglike, omvattende navorsing Tocqueville se tekste betroubaar en gesaghebbend vertolk.

In 1833 het Tocqueville dit sterk oorweeg om grond in Algerië te koop en hom daar te vestig. Sy ideaal was: “Settlers must encounter a ‘perfect image of their homeland’ in Algeria, or they would never stay and the colony would fail” (217, 1895). “We should set out to create not a colony properly speaking in Algeria, but rather the extension of France itself across the Mediterranean. It is not a matter of creating a new people, with its own laws, its customs, its interests, and, sooner or later, its separate nationality, but of implanting in Africa a population that resembles us in everything” (414, 2576). Die Franse kolonisering van Algerië het eers in 1841 daadwerklik begin. Hoewel Tocqueville in Frankryk bly woon het, “he remained convinced that colonization of Algeria was essential to France’s interests” (73).

“Tocqueville argued repeatedly that France’s power and reputation within Europe would rely, increasingly, on its colonial possessions” (89). “Tocqueville consistently rejected the arguments of critics of the French imperial project who claimed it was immoral, illegitimate or imprudent” (80). Melvin Richter lees hierin “an indication of how deeply rooted was the European sense of superiority to the rest of the world” (86). In hierdie sin het Tocqueville nasionalisme hoër as liberalisme geag (86). Daar was by hom geen sprake van die gelyk- of eendersverklaring van mense nie. “He held that Muslims were not fellow citizens or equals” (275). “It is not along the road of our European civilization that they [Muslims] must, of the present, be pushed, but in the direction proper to them” (2344).

Naas die blankes was daar veral twee etniese groepe in Algerië. Enersyds die inheemse en gesete/gevestigde (“sedentary”) Berbers, met die Kabyle as die grootste groep, in die Atlasgebergte (of Tell) en die rondtrekkende Tuaregs in die Sahara. “It is estimated that in 1830 the Berbers made up half the total population of three million (witin the current borders of Algeria)” (3577). Andersyds die nomadiese Arabiere in die kusstreke. “Like all half-savage peoples … they love war, pomp and tumult … often excessive in their actions and always more willing to feel than to think” (546). Daar is teorieë dat die Berbers/Tuaregs oorspronklik blank was. Hulle het ‘n eie taal, Berber (of Tamazight) en kultuur (493). Die Franse het makliker met hulle as met die Arabiere oor die weg gekom (688). Die probleem is dat dit by uitstek die grond van die gewelddadige Arabiere is wat deur die setlaars beset is. “The means of governing Arab tribes even in peacetime closely resemble the procedures of war” (1666).

Die strategie van die Arabiere was soortgelyk aan dié van die ANC/SAKP: “When we tell the Arabs they started the war, they deny it passionately and claim that we were the ones to start it” (1060). Volgens Tocqueville is dit belangrik dat die Arabiere nie toegelaat moet word om onder die beheer van ‘n enkele leier, soos Abd-el-Kader, te verenig nie (716). “Anarchy will create Abd-el-Kader’s power” (723) – soortgelyk aan die chaos wat FW de Klerk in 1990/94 in Suid-Afrika toegelaat het en waaruit Nelson Mandela as die leier van die “nasie” te voorskyn getree het. Die Arabiere het op ‘n manier soortgelyk aan Mandela geredeneer: “In the end, the French will only being us to despair, and then, having lost all hope of peace, we shall do them far more harm than we have done so far” (1056).

Die Berbers is onder dwang tot die Sunni-Moslemgeloof bekeer nadat Arabiese inkommers hulle van die 8ste eeu af in die Maghreb gevestig het en hulle die Berbers teen die 10de eeu getalsgewys verswelg het. Vanaf 1516 (toe Oran beset is – 3626) tot 1830 het die Turkse Ottomans in Algerië regeer, nadat die Spanjaarde ook uit Algiers verdryf is. Dit het gevolg nadat die Moslem More, wat Spanje in 711 binnegeval het, teen 1492 uit Spanje verdryf is. “The Moors were a Muslim population of mixed Spanish (Andalusian), Arab, and Berber origins who had fled the Spanish Reconquista and settled as refugees in North Africa between the eleventh and seventeenth centuries” (3637). Tocqueville beskou die nageslag van hierdie More as ‘n derde inheemse etniese groep in Algerië, wat veral as handelaars in Algerynse stede en dorpe aangetref is (593) en geredelik met die Franse koloniste oor die weg gekom het. “The Moorish population deserves our consideration because of its peaceful character” (1567). Sommige van hulle beskou hulleself as Iberies (489) of Vandale (493) eerder as Arabiere (489).

‘n Vierde inheemse etniese groep in Algerië is die Koulouglis, die nageslag van Turkse soldate en Arabiese vroue, wat nie gewone Arabiere nie as hul gelykes wou aanvaar nie. Hulle het selfs militêr met die Franse saamgewerk (4255). Maar die destydse Turkse heersers sien op hulle beurt neer op die Koulouglis. “These Turks were so proud of their country that they despised their own children born of Arab women” (553).

Twee vrae kan in hierdie konteks gestel word. Eerstens, waarom word dit sonder meer aanvaar dat Turkye oor twee kontinente (Asië en Europa) kan strek maar nie Frankryk (Europa en Afrika) nie? Tweedens, waarom word die Arabiese inkommers deesdae sonder meer as die regmatige regeerders van Algerië beskou maar nie die Franse koloniste nie? Omdat die Arabiere vóór die Franse daar aangekom het? Maar waarom geld dieselfde reg dan nie vir die blankes in die suidwestelike helfte van Suid-Afrika nie? Die blankes was daar lank voordat die swartes uit die noordooste inbeweeg het. Die heillose ANC beskou die plaaslike blankes eintlik steeds as onwelkome setlaars, maar dit word nooit van die nageslag van die slawe gesê wat vanaf 1658, dus ná die blankes, hulle opwagting hier gemaak het nie. Die punt is: Dubbele standaarde word gebruik asof dit evangelie is.

“Two aspects of Tocqueville’s early colonial writings are most striking: first, his interest in Arab forms of political organization and self-governance, and second, his desire to see the integration of French settlers and [indigenous] Algerians through a policy of toleration and pluralism. Both would largely disappear in his later works as he became convinced that integration was impossible” (175). “Those who have been there [in Algeria] know that unfortunately Muslim society and Christian society do not have a single tie, that they form two bodies that are juxtaposed but completely separate” (1901). “The fusion of these two populations is a chimera that people dream of only when they have not been to these places. There can, therefore, and there must, be two very distinct legislative systems in Africa, because there are two very separate societies there” (1904). “The [later] reports proposed a vision of a separate European society in Algeria, again drawing frequently on Tocqueville’s knowledge of the British [colonial] experience” (284). Die Britse beleid van rasseskeiding is vanaf 1948 deur die NP-regering as sy apartheidsbeleid voortgesit en later tot die beleid van afsonderlike ontwikkeling aangepas. Maar ANC-kamerade verwyt nie die Britte nie maar Afrikaners vir rasseskeiding. Hiervolgens is nie Engels nie maar Afrikaans die taal van verdrukking.

“[Muslims], no matter how accommodating to their French invaders, must always be treated as a separate and subject population” (208). In Amerika was daar voorheen vertroue in die “melting pot”, maar later het sowel die blankes as die swartes besef dat rasse-integrasie meesal nie haalbaar is nie. Tocqueville het dieselfde paadjie geloop. In Suid-Afrika word die teenoorgestelde waargeneem: Aanvanklik was Suid-Afrika ‘n suksesvolle land met rasseskeiding as regeringsbeleid, gevolg deur gedwonge rasse-integrasie in ‘n vervalle land met onverkwiklike rommelstatus. Daar kan dalk (skrale) moed uit die volgende woorde van Tocqueville geput word: “People sometimes submit to humiliation, to tyranny, to conquest, but they never endure anarchy for long … this [is a] general law of humanity” (644).

“It was impossible to establish a secure border [in Algeria], so wars at the frontier would continue indefinitely … the imperial goal justified the means” (191). “Military domination without colonization was a futile strategy. As the Arab population would be unrelentingly hostile to the expropriation of land necessary for widespread European settlement, the French would have to adopt uncompromising strategies for defeating the inevitable Arab resistance” (211). Tocqueville skryf: “The quarrel is no longer between governments, but between races … the day a European plow touches the soil” (214). “Nothing irritates and alarms the natives more than the introduction of European farmers” (1488, ook 1502). Wat vir die setlaars belangrik is, is “security of persons and property” (220). Wat die blankes betref, ontbreek albei in die nuwe Suid-Afrika.

Dit gaan nie bloot om landbougrond wat na bewering tydens kolonialisme van die inheemses weggeneem is nie. Daar is ‘n sterk element van jaloesie teenwoordig. Die blankes het hulle as suksesvolle boere in Algerië, Suid-Afrika, Rhodesië/Zimbabwe en elders bewys, wat nie van die Arabiere en swartes gesê kan word nie. Die Voortrekkers het in gebiede ingetrek wat weens swart stamoorloë grootliks ontvolk was. Die blankes se teenwoordigheid was nie so steurend soos wat dit deesdae in ANC-propaganda voorgestel word nie. In Algerië was die situasie soortgelyk: “The country is occupied, it is true, but it is not full, not even actually owned. The indigenous population there is very sparse and thinly scattered. Thus the conquering population can be introduced onto the land without disturbing the conquered population” (2765).

“While it would be wrong to leave the best land for the Arabs, the French must be scrupulous about indemnifying indigenous property holders for the property they took” (275). “In general, nothing is more dangerous in a new country than the frequent use of forced expropriation” (1575). Volgens die ANC ís Suid-Afrika ‘n nuwe land wat in 1994 tot stand gekom het. “Forced expropriations [are] disastrous in principle” (223). ‘n Mens wens dat die ANC-regime hierdie waarheid wil besef. “To grant the general ability to expropriate and to issue as a final decree the intention to expropriate cultivated lands in order to place new colonists on them: that seems to me barbarous and insane” (996). In ‘n (eens) ontwikkelde samelewing, met eienaars wat kaart en transport van hulle eiendomme het, soos die Suid-Afrikaanse blanke boeregemeenskap, bestaan daar geen werklike regverdiging vir onteiening sonder vergoeding nie.

Histories was die situasie heeltemal anders. Die nomadiese Arabiere in Algerië en die nomadiese Khoi-San en swartes in Suid-Afrika kon nie met reg aanspraak maak op al die grond waaroor hulle beweeg het nie. Die blankes wat daardie grond tot produktiewe plase ontwikkel het, het ‘n sterker aanspraak op eiendomsreg as diegene wat bloot die natuur misbruik het, bv vir brandhout, (oor)beweiding (met dongas as bonus) en die jag van wilde diere. In Algerië het blankes in baie gevalle grond van die inheemse inwoners gekoop (1571, 2603, 3721). Later het ander mense as die verkopers beweer dat die grond eintlik aan hulle behoort. In sommige gevalle is dieselfde grond meerdere kere deur verskillende “eienaars” aan die blankes verkwansel. Omdat die grootte van die grond nie landmeterkundig vasgelê is nie, het dispute oor die grense ontstaan (2603). In 1847 is bereken “that the property sold amounted to more than twice the area that existed” (3804). Om hierdie chaostiese situasie te ontlont, is bepaal dat die setlaars grond slegs via die koloniale regering kon bekom (3011). “In barbarous or half-civilized countries, all titles that do not originate with the state provide only an unstable claim to property” (2600). “Once property is well established by a title originally granted by the state, people must not have to fear that it will be taken away” (2617). Hierop sê die verderflike ANC-regime: Aikôna.

Op sy eerste besoek aan Algerië skryf Tocqueville: “A promised land, if one didn’t have to farm with gun in hand” (877). Dieselfde kan van die nuwe Suid-Afrika gesê word. Veral blanke boere was noodsaaklik vir die behoud van Algerië as Franse grondgebied; nie enkelinge nie maar gesinne (1599) “Until we have a European population in Algeria, we shall never establish ourselves there but shall remain camped on the African coast” (1471). “Domination over semi-barbarous nomadic tribes, such as those around us, can never be so complete that a civilized, sedentary population could settle nearby without any fear or precaution. Armed marauding will long oulast war itself. Even if the war were over, it would be necessary before colonizing to adopt certain means of security and self-protection” (1474).

Sedert 1994 is die terroriste-oorlog in Suid-Afrika verby maar nie die “armed marauding” nie. Die beste manier van beskerming is “a continuous barrier around the territory … it is indeed the only means of defence that could succeed against the Arabs” (1539). Met die oog hierop het die soldate gesorg vir loopgrawe rondom die gekoloniseerde gebiede van Algiers (1545) en Oran (3801). “The ‘continuous barrier’ composed of a trench and a wall four meters high flanked by blockhouses was conceived in France” (3797). Die oprigting van mure is noodsaaklik geag (1646). ‘n Ander veiligheidsmaatreël wat voorgestel is, is “the necessity of not allowing the population to scatter into the countryside, but rather of forcing them to live in villages that the state fortifies at its own cost” (1585).

By die sogenaamde inheemses wat in die vorige eeu politieke beheer oor die eertydse kolonies in Afrika verkry het, is daar geen werklike begrip vir die ontberings en opofferings van die blanke koloniste nie. “All these artificial and complicated means of populating Africa could appeal only to those theoretical men who have never seen the landscape of colonial society for themselves. Those who have studied the matter practically know, to the contrary, that what is required to fight against the innumerable difficulties of an original settlement is nothing less than all the energy of the passions to which individual property gives rise; that is, at the harsh early stages it is necessary to keep the colonist’s movements as free as possible, and to give his hopes as broad a horizon as possible. We must never forget … that the colonists are not serfs but independent and mobile men who can choose not to come or not to stay” (1610).

“The administration must … acquire land in order to sell it to the colonists unencumbered and at a low price. It should fix the location of the villages, lay them out, fortify and arm them, build each a fountain, a church, a school, and a town hall, and provide for the needs of the priest and the schoolmaster” (1620). Sulke dorpies “have been created and supported by the presence of our army” (2872). Wat die regering in Algerië gedoen het, is “provided the colonists, in addition to land, with help in building their houses and clearing their land” (2826). In party gevalle “it [the government] gave them seeds, it lent them farm implements” (2858). Die koloniste lei egter “a very weak and precarious existence … The government, after having created them, is forced to help them survive” (2840).

Omdat die blanke Algeryne se voortbestaan deurlopend deur die gewelddadige Arabiere bedreig is, is soldate aangemoedig om boere te word en terselfdertyd te help met burgerlike beveiliging. “The soldier who has been chosen to become a colonist is placed on a property with his wife; the state gives him furniture, animals, farm implements, trees to plant, and seeds; for three years it continues to give him his pay and clothing, and provides him and his family with provisions. Until his term of service expires, that is, for three years, he remains subject to military discipline, and the time he spends in this situation counts as if he had spent it doing military service. After three years, the military colonists enter the civilian regime” (2879).

Die volgende inligting word oor die nedersetting Saint-Ferdinand, wat in 1843 tot stand gekom het, verskaf. “Colonists were offered a house with an area of 60 to 64 square meters, twelve hectares of arable land, of which four were cleared and trees were planted. The colonists could also request the construction of a lean-to for their livestock, and they were promised a church at the state’s expense” (3964). Soos tydens die VOC-bewind aan die Kaap was die blanke boere in Algerië verplig om hulle produkte teen onekonomiese lae pryse aan die staat te verkoop. “Until now, the military administration has appeared to be preoccupied only with obtaining the colonists’ goods at the lowest possible price. Thus, while the government was making great sacrifices to settle farmers in Algeria, it refused to make farming profitable” (3067).

Dit is duidelik dat die Franse koloniale owerheid veel meer vir die koloniste in Algerië gedoen het as die Hollandse en Britse owerheid in Suid-Afrika. Die vryburgers was van 1657 af grootliks op hulleself aangewese. Die Khoi-Khoin kon skape oppas en steel, maar nie ‘n dag se behoorlike werk doen nie. Slawe is gevolglik van 1658 af ingevoer. Pleks van die skuld vir slawerny op die onbruikbare, leeglêende Khoi-Khoin te pak, word die blankes (koloniste en regering) deesdae hiervoor verwyt. Die blanke boere was grootliks op hulleself vir hulle eie beskerming aangewese. In Algerië, daarenteen, “we have four times as many soldiers as colonists” (1907). Hier verwys “colonists” waarskynlik na landbouers. “It was estimated that out of 100 000 Europeans, only 7 000 made their living in agriculture, and of those 5 000 were market gardeners on the outskirts of the towns” (3859).

Soos die Arabiere in Algerië was die swartes in Suid-Afrika “a formidable enemy that constantly circles around you to take your property or your life” (1705). Tocqueville beweer: “Nowhere has she [Britain] encountered a population as warlike as the Arabs” (2042), maar hy was moontlik onbewus van die mate waarin bv die Britse setlaars van 1820 aan die Kaapse oosgrens uitgemoor is. Dit sou nie so maklik en algemeen in Algerië gebeur het nie. In 1846 het daar bv meer as 100 000 soldate diens gedoen (2218). “What must be done first of all [is] to give to men’s liberty and property the guarantees that one has a right to demand of the government in all civilized countries” (1959). Sedert 1994 word die blankes se vryheid en hulle eiendomsregte egter in vele opsigte deur die ANC-regime geminag.

As al die moeite wat die Franse regering gedoen het om blanke boere as setlaars na Algerië te trek en die groot koste wat van owerheidsweë aangegaan is om hulle te vestig en beveilig, in ag geneem word, kan ‘n mens net die hoogste agting hê vir die blankes wat hulle ver van Europa in Suidelike Afrika gevestig het. Al is hulle in uiters gevaarlike omstandighede grootliks aan hulle eie lot oorgelaat en al was die blankes meesal brandarm, het hulle in hierdie wye en droewe land ‘n groot positiewe bydrae gelewer. Van absolute onontwikkeldheid is die land onder die kundige en toegewyde leiding van blankes uitgebou tot die suksesvolste en voortreflikste in Afrika. Maar daarvoor ontvang hulle en hulle voorgeslagte deesdae daagliks stank vir dank. Ons moet nie toelaat dat propaganda enigsins afbreuk doen aan die blankes se bewese uitsonderlike prestasies nie.

Die ander kant van die munt, die Mandela-kant, is: Daar is tans meer as 29 000 staatsamptenare in Suid-Afrika wat elk meer as ‘n miljoen rand per jaar aan salaris ontvang (eerder as verdien). Hulle is aangestel en word bevorder ingevolge die ANC se nie-rassistiese en nie-seksistiese beleid. Hulle is met min uitsonderings voorheen benadeeldes wat tot tans bevoordeeldes getransformeer is. Welvaart het nooit so gou en so maklik in die skoot van die plaaslike blankes geval nie. Hulle moes hulle inkomste en besittings op ‘n nie-korrupte manier met harde werk oor geslagte heen verdien.

In Algerië het die setlaars bruikbare inheemse werkers van mekaar afgerokkel. Na aanleiding van die Britse voorbeeld het Tocqueville ‘n pasboekstelsel voorgestel: “To require workers to carry a booklet in which they would register contracts of this kind; then an action for damages could be brought against a landowner who hired any worker carrying a booklet that proved that he was missing his prior engagement” (951). Tocqueville het heel moontlik die idee van ‘n pasboekstelsel by die Britte oorgeneem. Die eerste paswet in Suid-Afrika het in 1797 tydens die eerste Britse besetting van die Kaap in werking getree. Nogtans word die NP-regering, dus Afrikaanssprekendes, en nie die Britte nie, dikwels vir die sogenaamde “dompas” verwyt.

Reeds in 1847 het Tocqueville die Algerynse oorlog (1954-1962) voorsien: “Sooner or later, Algeria would become a closed field, a walled arena, where the two peoples would have to fight without mercy, and where one of the two would have to die. May God save us, gentlemen, from such a destiny!” (2392). Sedert 1962 het Algerië ‘n 99% homogene Moslem bevolking. Die blanke element, eens 10% van die bevolking, is grootliks uitgewis. In 1846 het Tocqueville as parlementslid profeties gesê: “I think that to trust to the goodwill of the natives to keep us in Africa is a pure illusion, to which it would be insane to attach ourselves” (1997) en “Beware of going to Africa: the country is beautiful, the soil is good, the climate is healthy, but as long as Africa remains as it is today, without a real government [the ANC?!], don’t go to Africa, for there you will find only misery or death” (2028).

Suidpunt: Wat broei daar in die ou NP-skoolhandboeke?

Die Afrikaner het in die 1970’s in ‘n groot penarie beland: aan die een kant moes hy getrou Christelik-Nasionaal en in sy volksaard bly (dit is van hom verwag), aan die ander kant het mens die toenemende verstedeliking en globalisering en ekonomiese en filosofiese stelsels daarbuite gevind wat met sy eie lewensuitkyk verskil. Die 1968-protesjaar in Europa en Amerika is pas verby, en die Afrikaanse dosente, leerkragte en predikante, die meeste van hulle behoudend en NP-stemmers, sit nou ook met hierdie vraagstukke. Jou deursnit Afrikaner was klaar reeds ‘n stedeling omring deur opkomende nywerhede, maar in hul skoolhandboeke was die Afrikanerkinders duidelik almal op landbouskool en Suid-Afrika ‘n landbouland. In hierdie rubriek bekyk ons Africana Afrikaner: Meestersimbole in Suid-Afrikaanse Skoolhandboeke (1983) deur J.M. du Preez van naby. Ek wys ook die raakpunte uit wat ek in my eie skoolboeke van die 2000’s vind, want sekere dinge verander blykbaar nooit nie.

Maar eers moet ek net gou vinnig ‘n sakie afhandel.

Agtergrond

Van die lesers sal inderdaad wonder of ‘n 29-jarige bevoeg is om hierdie handboeke van die 1970’s te beoordeel. Ek belowe jou, ek was self deur ‘n rampsalige, nivellerende skoolkurrikulum, soos maar alte goed voorspel is in my Sub A-jaar (1997) deur dr. Ferdi Hartzenberg, soos opgeneem in Claus Nordbruch se Reguit (pp. 132-133):

Maar die proses [mobilisering van blankes] sal weer opbou. Hoe ons die mense bymekaar kan kry? Volgende jaar moet die ANC begin om te ‘deliver’, hulle moet nou vir hulle ondersteuners wys. Maar hulle kan nie werk verskaf nie, nie die huise bou nie. So wat gaan hulle doen? Hulle gaan die Afrikaner probeer vernietig d.m.v. sy onderwys, sy taal, sy kultuur. Die Afrikaner moet ‘n melkkoei wees; hy moet betaal vir hierdie goed. Hulle sal nie heeltemal daarmee slaag nie, maar die eerste groot stap neem. Hulle gaan by elke skool en dwing dat daar van die eerste graad af integrasie moet plaasvind, en die enkelmedium word afgeskaf totdat die hele stelsel vervang is. Dan sal ons mense skrik. Almal sal dit of op die een of ander manier ervaar, maak nie saak of jy in die verlede vir die goed gestem het of teen nie, of jy aan magsdeling geglo het of nie. Jou kind sal aan ‘n onderwys onderwerp word waarvan die standaard sal daal. Hy sal nie meer met die res van die wêreld kompeteer soos ons dit in die verlede gedoen het nie. Ons kinders kon eksamens skryf saam met enige ander land in die wêreld. Nou kom ons een en veertigste uit een en veertig lande. Die standaard is weg. Die enigste manier om daardie standaard weer op te kry is, jy moet volkseie onderwys gee.

Die feit dat die ANC Afrikaans vertrap in die SAUK, in die staatsdiens, orals – dit is ‘n vernedering. Dit gaan op ‘n reaksie uitloop. Daar het sedert 1974 derduisende polisiemanne geloop. Hulle is vervang met onervare comrades en politieke kommissarisse. Dis hoekom wet en orde lyk soos hy lyk. Die gevolg daarvan is dat daar geen effektiewe bestryding teen misdaad in Suid-Afrika is nie. En dit sal ‘n probleem vir almal word. Daardie oneffektiwiteit sluit nie net die veiligheidsdienste en die regstelsel in nie. Dit sluit elke staatsdepartement in. Hoekom het die eksamens nou geloop soos hulle verloop het? Omdat die administrasie is nie daar nie. Dit geld ook vir jou poskantoor, by die spoorweë, by Telekom ens.

Daar sal min mense wees wat volgende jaar Kersfees vier wat nie met die een of ander vorm van misdaad kennis gemaak het. Met ander woorde, elkeen sal wakker word.

Vox clamantis in deserto.

Ek wag nou nog op die reaksie. In stede daarvan dat vir my en my geslag reuse-aanvullende handboeke, van 600 bladsye stuk, deur besorgde Afrikanerouers en akademici saamgestel is om daardie hoë standaarde van weleer te handhaaf, het juis die teendeel gebeur.

Zero, zip, zilch, nada, nothing, niks.

Daardie skuldgevoel soek ek nie op my gewete nie. Daarom is ek juis doenig by die Afrikaanse Wikipedia, want ek was ‘n slagoffer van die bovermelde onderwysstelsel. Ek weet wat ek nie weet nie.

Verlede week het mnr. Leon Lemmer op ‘n uiters gepaste tyd gepraat oor seksonderrig vir Standerd 2/Graad 4-leerlinge, as manier om die hoë standaarde af te bring tot rioolvlak. Laat ek asseblief die leser inlig hoe my eerstehandse ervaring van seksopvoeding op skool was. Ter wille van ons ouer lesers vervang ek “Graad” met “Standerd”.

Ek beskou my nie as iemand uitsonderlik intelligent nie. Ek het eers op 8-jarige ouderdom uitgevind wat seks is. Dit was buite skoolverband. My rooikop-neef het dit reeds op 3-jarige ouderdom self uitgeredeneer. Ek onthou nog die ryklik geïllustreerde Waar kom babas vandaan?, en toe die werklikheid my eers op bl. 10(?) tref, presies hoe die vurk in die hef steek, was my eerste antwoord: “oe, gross!” Want waarom sou Pappa dit aan Mamma wou doen? Jy moet onthou, op daardie ouderdom sing mens nog “Boom! Boom! Boom! I want you in my room, we’ll spend the night together, from now until forever” van die Hollandse Vengaboys heelhartig saam sonder om die geskokte uitdrukkings van die Puriteinse volwassenes op te merk. Ag, as hulle maar weet hoe lyk die musiekvideo! Wetenswaardig: ons dierbare Sweedse ABBA-skrywers was óók betrokke by die lirieke (Van Diepen, Van der Driesschen, Björn Ulvaeus, Benny Andersson)! Dit was immers 1998/1999. Wat weet ‘n agtjarige nou van middernagtelike geluide en tonguithang-opwinding?

En so land ‘n veelkleurige reënboogboekie op my skoolbank in Standerd 4, 2002, met ‘n onskuldige prentjie van ‘n blanke seun en ‘n bruin dogter wat saam boomklim (die Freudiaanse betekenis van masturbasie ontgaan my nie). So ‘onskuldig’ die buiteblad, so skuldig die binneblad. Die skoolhoof was egter slim: ons kon die boeke huis toe neem en self besluit of ons die inhoud wil voltooi of nie. Die antwoorde is nooit gemerk of nagesien nie. Die inhoud was Standerd 9-vlak: ‘n dwarssnit van die andrologiese en ginekologiese anatomie is met blanko byskrifte oopgelaat: hier vul jy in die Vas deferens, die prostaatklier, die skrotum, blaas en Vesicula seminalis (seminale sakkie). Die dwarssnit van die voorvel het soos kreefknypers gelyk. (Dit was nog saggies voorgestel, jy moet sien hoe lyk die volkleur Das Grosse Duden Schüler-Lexikon, s.v. “Geschlechtkunde”, bl. 217 tot 221, en dit vir 1979!).

Lewensoriëntering in Standerd 5 beteken hoofsaaklik jy luister na die skoolhoof se seminaar oor die “jong volwassenes” (?) se liefdes-, werkers- en grootwordprobleme (veral leierskap), en mens onthou veral die een episode toe ‘n dokter gevra is om al ons vrae te beantwoord (die seuns en dogters geskei in afsonderlike lokale). Ek was die dag nie in die klas nie, maar blykbaar het een seun, voor almal, vir die dokter gevra wat “skommel” beteken. Die voorstel dat Standerd 5’s masturbasie behandel is eintlik onnodig – dit kom sommer vanself. Ek onthou trouens ‘n 12-jarige wat vir my as 13-jarige gevra het wat ek dink van “selfbevlekking”, is dit sonde? O, ja – en jou eerste vigsprojek skop daardie jaar in 2003 af, wat soos ‘n afkopspook jou sal volg tot einde matriek: want jaar op jaar bly dit presies dieselfde inhoud. Jy sal mettertyd ook kop verloor.

Jy word deeglik daaraan herinner dat slegs ‘n derde van jou klasmaats voor 30 sal oorbly, die res sal almal sterf aan MIV/vigs. En met daardie swaard bokant sy kop moet die jongeling hom in sy jeug verbly en sy hart vrolik maak in die dae van sy jonkheid. Baie kan nog gebeur, maar toe ek laas op Facebook gekyk het, leef die meeste wonderbaarlik nog; die meeste van my klasmaats se doodsoorsake is motorongelukke en nie-vigs-verwante siektes, maar toemaar…

Jy kry ter afwisseling in Standerd 7 ook elke geslagsiekte om na te spoor: gonorree, sifilis, luise, herpes en ander AAI ES TIES (IST’s). Later word die hele skool na die paviljoen geroep (slegs seuns, van die melkbaard-pikkies in Standerd 6 tot die hardebaard-grootooms in Matriek) en dan sal ‘n maatskaplike werkster met gans te veel glinster-grimering (ja, glitter) vir ons nou kom touwys maak hoe om ‘n kondoom aan te sit aan ‘n foppenis (in hierdie geval van hout). ‘n Vrywilliger uit die gehoor word dan sommer gevra. Foto’s word gewys van verwaarloosde geslagsiektes by die man. Die een met die geel druip spook nou nog by my.

Die leerplan kon nie ‘n beter selibate priester gekweek het wat lewenslank ‘n stryd teen die nivellerende Kultuurmarxisme sou voer nie.

Die leerplan het meesterlik geslaag in sy doel: lewenslange leer (lifelong learning). Want sodra jy klaarmaak met skool, gaan jy gewis die lewenslange agterstand moet inhaal. Dit is 12 jaar wat jy van voor af moet inhaal, wat eintlik verdubbel as jou “skooldag” met jou “werkdag” begin inmeng. En maak jy met “skool” klaar, begin jou “universiteit”, en gaan delf jy rond in ou Afrikaanse sintaktiese en semantiekhandboeke waaruit geen dosent meer kan of wil put nie. Om te weet wat in die hede gebeur is nie goed genoeg nie – jy moet ook die sameloop van omstandighede ken wat die afgelope 350 jaar gebeur het, in élke vakgebied, wat daartoe aanleiding gegee het. Jy besef oornag hoe min jy weet, en hoe min die universiteit wil hê jy moet weet. Vir die res van jou lewe sal jy ou skoolboeke, universiteitsboeke en handboeke aankoop en aflaai en deurlees en bestudeer weens daardie oer-minderwaardigheidsgevoel teenoor jou meerderes wat jou voorafgegaan het.

Die leerplan het my ook geleer om selfstandig te werk: want jy leer op natuurlike wyse groepwerk haat. Jy wil klaarmaak, die ander sit en slaap, gesels of weet nie wat eintlik om te doen nie… en so moet jy maar die vrag dra. Soos dit op skool geld, so sal dit eendag geld in die werkplek. Want sien, daar is nie soos in Noord-Korea ‘n bevelvoerder wat met ‘n skokstok rondparadeer en kyk wie om te martel wat nie heelhartig saamwerk nie. Jy skryf die mondelinge, jy neem die inisiatief, jy neem die groepwerk (wat in die klas moet geskied) huis toe, jy werk twee dae vooruit (net sodat die wispelturige onderwyser weer van plan kan verander).

Die leerplan het vir my geleer dat papier heilig is. Nie alleen oor die vragte onnodige vorms en rompslomp wat ons elke jaar moes invul nie. Maar as die leerplan vereis dat jy self die inligting moet gaan versamel, as jou ouers slegs inskakelinternet (dial-up) het en weier om dit gereeld vir jou aan te skakel, en jou oer-Nokia slegs CSD (superstadige dialup) het, en biblioteke en skole geen toeganklike internet vir leerlinge beskikbaar wil stel nie, en internetkafees peperduur is; dan is jy maar aangewese op ou gedrukte inligting. Soos my pa se groen Kinderensiklopedies uit 1950, wat hy nog as kind gebruik het.

Die leerplan het my geleer wat mededeelsaamheid beteken (wat seker later aanleiding sou gee tot my betrokkenheid by die Afrikaanse Wikipedia), want gewoonlik was my huiswerk vroegtydig klaar, partykeer het ek oefeninge uit die handboek sommer twee weke vooruit geloop, en dan staan ander (sodra ek met die motor om 07:00 op die skoolgrond afgelaai word) tou om by my af te skryf. ‘n Mens maak glad nie so lewenslange vriende nie. Niemand is ooit vervolg nie. Die dank wat ek daarvoor gekry het was kritiek oor my ‘doktershandskrif’ wat so afgryslik lelik is. Ek skryf toevallig met die linkerhand. Deur jou mededeelsaamheid pluk jy natuurlik vir jou ‘n lekker lang lat, want kom die eksamens, gaan klop dieselfde mense nie by die onderwyser aan om hulp nie – maar by jou. Nou ja, soos Cicero gesê het, “ons leer deur ander te leer”, dus, goeie hersiening vir my. Gelukkig word dieselfde persone eendag iemand anders se probleem, voordat hulle self deur die samelewing deur hul luiheid en onbeholpenheid uitgewerp word. Wat ‘n wrede mens is ek nie?

Die leerplan het my geleer om vooruit te dink: want al die geesteswetenskaplike skoolvakke was net gerig op 2010, 2010, 2010, 2010. Die Sokkerwêreldbeker, hier te lande in Suid-Afrika, is met die Wederkoms vergelyk. Ek het gematrikuleer in 2008, die Sokkerwêreldbeker het soos ‘n frontale stelsel oorgetrek, sonder om eens ‘n paar druppels uit te sak, daar is aangevoer “dit was ‘n reusesukses!”, Suid-Afrika het met ‘n berg skuld gesit (korreksie, sit nog steeds daarmee), die gastehuise het een na die ander weer mooitjies toegemaak, en die hele gedoe is soos ‘n nagmerrie heeltemal vergete. Kinders nou op skool sal nie eens weet wie Zakumi was nie.

Die leerplan het my geleer wat nut is. Want elke jaar is ons portefeuljes en projekte tog maar in die vullisbak gesmyt sonder dat enigiemand dit kon benut. Dieselfde geld by onderwysers wat ou vraestelle en antwoordstelle in die drom gesmyt het (en ons wat dit weer gaan uitvis het). Met elke dik vorige sillabus wat weggedoen word, gaan bedel, smeek, soebat jy vir daardie einste handboeke om by jou privaatboekery te voeg.

Die leerplan het my geleer om ‘n gesonde wantroue in die staat te kweek. Soos die ouer handboeke (maklik 500g+) by die deur uitgegooi is, het ons almal in die klas beswaar begin maak –die onderwysers moes bontstaan om vir hierdie papierdun nuwe kurrikulum te skerm. Dis hul werk, dit moes hulle eenvoudig doen. As hulle maar net gesê het, soos so baie akademiese handboeke: “vir meer inligting, lees hierdie en hierdie en daardie bron”, dan kon mens die hele stelsel vergewe het. Maar nou is daar net mooi niks nie.

Elke departement moet goed op papier lyk, en ‘n skoolhoof kan veral druk op onderwysers uitoefen sodat hý kan goed lyk. Al moet hulle saamsweer en/of sekere vakke laat afskaf waarin min leerlinge uitblink (byvoorbeeld ‘n Derde Taal, soos Frans, Duits en Latyn). In Nederland werk dit net mooi andersom: daar word gepoog om te kyk hoe regverdig/streng ‘n punt is. As jou mondeling ‘n 3 uit 10 werd is, is dit ‘n 3 uit 10 werd. Dit help nie jy vul ‘n 8 in nie. As al jou leerlinge moet druip, nie omdat die leermetodes noodwendig swak is nie, maar omdat jy met idiote voor jou sit, dan moet hulle almal druip. Spaar hul gevoelens nie. Zachte heelmeesters maken stinkende wonden. Want sien, wat gebeur: eendag gaan iemand met jou skool se naam in sy CV aansoek doen vir werk. En as die werkgewer sien watter onbeholpe produk uit daardie skool kom, sleep dit die skool se naam deur die modder. “Hoërskool X, hou wyd!” “Universiteit Y, nee wat – daar kan niks goeds uit kom nie!” Die individu is ook in eie reg aanspreeklik, ja – maar wie is die Alma Mater wat hierdie swakkelinge aan die samelewing uitlewer? Dit is soos gif wat jy in ‘n oeroue gesonde boom bietjies-bietjies inspuit om ‘n pynlike dood te vrek.

Ja, liewe leser, ek was ook ‘n slagoffer. ‘n Slagoffer van Kurrikulum 2005 en Uitkomsgebaseerde Onderwys. Ek het daarvoor nie ‘n enkele goeie woord nie. Ek glo ek het sedertdien genoeg ervaring opgedoen om ‘n leerplan te beoordeel.

Die onderwysstelsel tydens Apartheid was goed, soos dr. Hartzenberg sê. Maar ook nie perfek nie. Sou iemand hierdie leerplan as model weer wil gebruik, moet mens op die foute let wat wel gemaak is.

Wat is dan die perfekte leerplan?

Z.B. du Toit skryf in die Die Nuwe Toekoms (1999: 363-364):

In die laaste instansie hang Afrikaners se voortbestaan egter in vele opsigte af van hoe hy hom gaan omskryf, self vertolk en na buite projekteer. Dit sal bepaal hoe hy gaan antwoord op die vraag wat Frederik van Zyl Slabbert tydens 1998 se Aardklop-kunstefees op Potchefstroom in sy midde gelê het:

“Die uitdaging vir diegene wat Afrikaners wil wees, is om ‘n nuwe gemeenskaplike interne identifisering van waardes te bewerkstellig wat kan bydra tot ‘n nuwe eksterne toeskrywing van Afrikanerwees. Die samelewing moet uiteindelik kan sê: “’n Afrikaner is iemand wat in hierdie of daardie waardes glo.” Wat is hulle? Daar lê die vraag.”

Hierop kan daar net een antwoord wees: Die nuwe Afrikaner, gedra deur ‘n nuwe Afrikaner-nasionalisme, is die produk van sy volledige Europese geskiedenis. Dit behels sy erfenis van die klassieke beskawings, onder meer die Romeinse reg, die Griekse filosofie en rasionalisme, Latyn en die Christendom en die Renaissance. Die Hervorming is uiteraard ‘n verdere baken in die Westerse geskiedenis en ‘n gebeurtenis wat terdeë deur Afrikaners gedeel word. Ook die Weste se onderskeid tussen God en Caesar, kerk en staat, en beginsels soos die oppergesag van die reg, verteenwoordigende wetgewende liggame en die beginsel van sosiale pluralisme is deel van hierdie erfenis.

Voeg hierby die Afrikaner se hartstogtelike liefde vir Afrika as Euro-Afrikaan en vir sy eie geskiedenis, taal en kultuur en dit rus hom toe om ‘n veel sinvoller rol in Afrika te speel as veral oor die afgelope aantal jare.

Juis die Afrikaner se breuk, hoewel betreklik beperk, met bepaalde Westerse opvattings oor ‘n tydperk van ongeveer ‘n halfeeu behoort hom opnuut toegewyd te maak aan sy geestelike, kulturele en intellektuele wortels. Vir denkende Afrikaners sal dit hoogs opwindend wees om nóú aansluiting te soek by die jongste intellektuele strominge in die Weste en dit prakties aan te pas vir Suid-Afrika. Niemand is beter geplaas as hulle nie. Dit kan Afrikaners des te beter in staat stel om ‘n beduidende bydrae tot ware demokratisering in Suid-Afrika te lewer.

Gaaf, ek sien ek het baie werk vir die Afrikaanse Wikipedia, maar hoe maak mens met ‘n skoolhandboek?

‘n Skoolboek is nooit vry van ideologie nie, want jy sonder sekere inligting uit, en laat ander weg. Die nasionale leerplan is gegrond op wat die land se regering wil hê sy kinders, die volwassenes en leiers en ambagsmanne van môre, moet kan doen. Dit was onder die NP-bewind so, dit is vandag met die ANC-bewind so.

Is dit om deel te wees van ‘n welsynstaat, dan sal die leerplan daarvolgens aanpas. Apartheid het destyds gesê: nee! En dit is waarom (ek lig sekere kernstandpunte uit):

Die idee van die Welsynstaat het onlangs onder skerp kritiek gekom deur die Minister van Finansies, dr. Dönges. Hy het in feite gesê dat dit vaarwel beteken aan die moreel van ‘n volk, sy onafhanklikheid en sy ondernemingslus – en op grond daarvan het hy dit die “vaarwelstaat” genoem.

Swede is die mees gevorderde van alle welsynstate, en dit gee ons dalk enigsins ‘n idee van wat die Minister in gedagte gehad het, as ons ‘n blik werp op wat daar op welsyngebied tot stand gekom het.

Swede verkeer in ‘n gunstige posisie. Al meer as 150 jaar lank het die land vrede geken. Sy klein bevolking van 7 ½ miljoen siele, ken geen rasseprobleme nie, spreek dieselfde taal en het dieselfde godsdiens. Swede het laat begin industrialiseer en kon daarom die foute wat ander gemaak het, vermy.

Die omsetting van hierdie gelukkige maatskappy in ‘n welsynstaat het ‘n generasie of so gelede begin. Die land se welvaart is selfs nog gelykmatiger oor die bevolking versprei. Die einddoel van sekerheid vir almal van die wieg tot die graf is bereik. In Swede is daar geen werkloosheid nie. Een uit vier mense beskik oor ‘n motorkar en beeldradiostel. Baie gesinne het hul eie somerhuisie en op groot skaal word buitelandse reise onderneem. ‘n Metaalarbeider verdien R450 per maand. Die armoede en ook die noodsaak vir ‘n stryd om te bestaan, is uitgeskakel.

Dit klink soos Utopia. En tog ervaar Swede vandag ‘n steeds hoër stygende golf van misdaad, jeugmisdadigers, alkoholisme, verslaafdheid aan verdowingsmiddels, selfmoord en onsedelikheid. Volgens statistieke wat onlangs gepubliseer is, het die misdaadsyfer gestyg van 172,000 in 1950 tot 373,000 verlede jaar. Die inbraaksyfer het in dié tydperk viervoudig toegeneem en motordiefstalle agtvoudig toegeneem. Rowery het alleen al in 1965 met 40 persent gestyg.

Met die golf van misdaad gaan ‘n toename met alkoholisme gepaard. Die aantal hospitaalpasiënte met geestessiektes wat aan oormatige drankverbruik toegeskryf word, word al hoe groter – veral onder vroue. Twintig jaar gelede was daar een vroulike alkoholis teenoor 50 mans. Nou is die verhouding 1 teenoor 10.

Volgens die Stockholmse kommentator Alfred Zanker is jong mense ook in groot mate verantwoordelik vir die skade wat in die Sweedse maatskappy aangerig word, en meer as twee-derdes van alle oortreders is vandag minderjarig. Baie van die jongmense wyt hulle gedrag aan die verveligheid van die gesinslewe, die geredelike beskikbaarheid van motors en drank. Bowendien is daar die godsdienstige onverskilligheid en die sedelike nihilisme van die jong intellektuele wat nou in die openbare bespreking in Swede aan die orde van die dag is.

Die hoof van die Instituut vir Misdaadwetenskappe in Stockholm, sien die grondoorsaak vir die toenemende losheid van sede in die steeds losser wordende gesinsbande en die verlies van die ouerlike gesag. Die algemene welvaart, het hy onlangs in ‘n vraaggesprek gesê, dra daartoe by om die geleentheid én verleiding om te steel, te laat toeneem. Maar dit was nie te wyte aan armoede nie.

Inderwaarheid het hy gesê, sien Swede hom gestel teenoor ‘n nuwe soort sosiale probleem, wat met die hoër lewenstandaard en sekerheid al hoe verder om hom heen gryp. Hy het dit “welsynmisdadigheid” genoem.

Ironies genoeg is die uiteindelike leegheid van die welsynstaat reeds 20 jaar gelede voorsien deur een van moderne Swede se groot staatbouers, Per Albin Hansson.

“Ons het so baie oorwinnings behaal”, het hy in 1946 verklaar, “dat ons ons in ‘n moeilike posisie bevind. ‘n Volk met politieke vryheid, volle werkgeleentheid en sosiale sekerheid het sy drome verloor.”

Die verlore drome word vandag herskep in ‘n sosiale nagmerrie.

Swede se ervaring is geen rede vir ander tot selfgelukwensing nie. Dit word maar net aangehaal om aan te toon dat sekerheid en die uitbanning van die stryd om te bestaan geen formule vir ‘n gesonde en lewenspragtige (sic) maatskappy in (sic) nie.

Hierdie berig het nie in 1990, 1980 of 1970 verskyn nie, maar in die SAUK-SABC Bulletin van 7 Maart 1966 op bladsy 8, opskrif: “Swede, die Welsynstaat”. Dr. Verwoerd het dus nog gelewe.

Nou wat sou dus die perfekte leerplan wees?

Ons moet waak teen “fabrilisme” (waar die universiteit net daar is vir opleiding/afrigting/’dressering’ soos vir ‘n hond, maar geen opvoeding nie), maar ook nou nie so ‘n ivoortoring raak wat niks met die werklikheid te make het nie.

Ongelukkig kan jy nie almal tevrede stel nie.

Dit gaan afhang van watter beroep jy wil volg. Is dit rekenaarwetenskap, dan moet die leerling die rekenaartaal wat in die toekoms bruikbaar sal wees reeds op skool baasraak om ‘n voorsprong te geniet (en verkieslik twee ander ook). Dit is ‘n probleem, want terwyl Borland Turbo Pascal en Delphi in die vere verlede voorgeskryf is, is Java in my tyd op skool geleer (ek praat nou van 2006 en verder). Java is vandag nog die gewildste, gevolg deur C, Python, C++, C#, ens. Delphi/Object Pascal beklee vandag die onnoemenswaardige 14de plek. Benewens die programmatuur, is basiese herstelwerk vir die apparatuur ook nodig (hoewel die nanotegnologie deur die vervaardigers dit deesdae bykans onmoontlik maak).

Ander sou weer ‘n tegniese skool (soos my pa), of handelskool (soos my ma) wil bywoon.

Vir myself sou ek bittergraag die leerplan van die Nederlandse Elite wou hê, soos vasgestel volgens die Wet van die Hoger Onderwijs van 1876 wat tot 1968 sou voortduur. Vir my bly dit die Goudstandaard. Vir diegene wat die “gymnasium-α” wou volg (met die oog op teologie, regte en die lettere aan die universiteit te studeer) val Wiskunde, Natuurkunde en Skeikunde van “gymnasium-β” (vir die medisyne en natuurwetenskaplike rigting) hééltemal weg, en dus benewens Geskiedenis, word aansienlik meer Grieks en Latyn ingevoer (wat jy saam met jou Frans, Engels, Duits en Nederlands en Aardrykskunde en ander vakke moes leer). ] Onthou, terwyl jou huidige akademikus niks verder kan vorder as 1950 of miskien die 1880’s met sy Engels nie, is die jongmens verplig om tot diep in die Middeleeue en vroeër te gaan grawe as dit moet. Onthou ook, Duits en Frans was ook dié wetenskapstale van die 1800’s, en veral Frans in die 1700’s. Daarna moet jy oorskakel na Latyn. Ek het wel gevra waarom Italiaans (die eintlike taal van die Renaissance) nie ‘n keusevak was nie, waarop geantwoord is: dit was nie ‘n taal van ‘n buurland nie.

Tog wel, as jy in ‘n wetenskaplike rigting wou ingaan, kon jy nie Grieks en Latyn vryspring nie, soos ek verneem by Elly van die Nederlandse Wikipedia:

Ik kan bevestigen dat je ook op het gymnasium-β examen moest doen in beide klassieke talen, naast Frans, Duits, Engels en Nederlands. Op de school waar ik zat kon je ook nog facultatief Spaans en Russisch volgen, maar dat waren geen examenvakken. Het was ook wel genoeg, samen met biologie, scheikunde, natuurkunde, wiskunde (algebra, goniometrie, stereometrie apart), aardrijkskunde en geschiedenis (daar viel er eentje vanaf in het examenjaar). […]Volgens mij waren er verschillen tussen scholen. De examens waren niet landelijk dichtgetimmerd als nu. Zo was er op mijn school een experiment met het mondeling examen Latijn en Grieks voor de “beta’s”. Wij hoefden geen nieuwe tekst te vertalen, maar kregen een al eerder gelezen tekst ter vertaling. Met een goed geheugen kwam je een heel eind. Wel moesten we meer weten over de dingen eromheen. Zo moest ik bij Grieks hexameters declameren uit Homerus, en vroeg de gecommiteerde bij Latijn of ik wist welke tekst er op het Pantheon stond in Rome. Dat was voor mij een waar moment van glorie, waardoor ik voor Latijn toch een beter cijfer kreeg dan mijn docent had verwacht. Na zo een examen ligt de wereld voor je open, je kon elke studie kiezen, behalve de klassieke talen zelf, daar had je echt alpha voor nodig.

Die algehele indruk wat ek kry is dat die Holland tot en met die 1960’s onafhanklike denkers probeer kweek het onder die gimnasiaste. Absoluut ‘n klassieke liberale opvoeding: jy kry al die boublokke, bou nou jou eie kasteel na hartelus daarmee. Hulle is opgelei in soveel verskillende tale moontlik, om hulself te help, om inligting te verwerk, om te redeneer. Hulle is wêreldwyd hiervoor geloof. Die Hollandse leerlinge moes mondelings en skriftelik hul eksamens aflê (goed te verstane, want jy moet jou in die openbaar kan verdedig, die punte uit jou kop ken). Dit is presies wat ek vir myself sou wou hê.

Vergelyk nou hiermee my Matriekjaar van 2008. Die Besigheidstudies wat ek op skool gehad het in Matriek was net ‘n politieke gemors van begin tot einde: jy het slegs oor Swart Ekonomiese Bemagtiging en ander polities-korrekte wetgewing en ‘n klomp “makro/mikro-ekonomiese bedreigings” geleer.

Helpmekaar.co.za sê die volgende:

Besigheidstudies is beslis nie die Bedryfsekonomie van ouds nie. Hoewel Besigheidstudies die vak Bedryfsekonomie vervang het as skoolvak, is daar in werklikheid nie meer as 5% van die werk en benadering tot die inhoud wat oorvleuel nie. Die nuwe vak  weerspieël die dinamiek van die besigheidswêreld en hoewel daar steeds heelwat feitelike inhoud is wat bemeester moet word, val die klem ook op die interpretasie van feite en die toepassing daarvan op scenario’s om werklike besigheidsprobleme op te los.

Dit is noodsaaklik dat die leerlinge op die hoogte moet wees van die jongste nuus en aktuele gebeure en hulle sal dus moet koerante lees en nuus kyk.

[…]

Besigheidstudies is ‘n dinamiese vak wat poog om kennis, vaardig…

Hokaai, stop net daar! ‘Dinamies’ is newspeak vir rondneuk, rondboender, rondstoot, rondfoeter, ronddonder, rondf…. . Met ander woorde: wat jy gister nog geleer het, is nie meer relevant twee dae later nie. Wat beteken jou handboek is verouderd nog voordat hy die drukpers haal. Hoe jammer ek het dit nie op hoërskool geweet nie. Nee dankie, gee my maar eerder Frans. O, hoe jammer, my skool bied nie Frans aan nie.

Die inhoud van die vak is so tipies van iemand wat in Menslike Hulpbronne net heeldag bolletjies gaan rol en foutvind met alles, terwyl hy nie die vaagste benul het waaroor die wetenskaplikes in Kamer 9 oor kibbel nie, daarom uitgesluit voel, daaroor sy bek opblaas en uit wraak ‘n volgende spanbousessiedag reël wat die hele onderneming vir ‘n dag lank tot stilstand sal ruk. Natuurlik is die Matriekteks hoogs eensydig geskryf. Soos jou Korporatiewe Sosiale Investering /maatskaplike verantwoordelikheid.

Ek haal aan: “Terreine waarop sakeondernemings konsentreer sluit in: Bemagtiging van vroue; MIV/vigs-bewustheid; armoedeverligting; ontwikkeling op die platteland; pensioentrekkers; minderbevoorregte kinders of weeskinders; onderwys en opleiding – skole en tersiêre instellings; kuns en kultuur; omgewing, byvoorbeeld natuurbewaring; sport, byvoorbeeld borgskappe en sportontwikkeling; jeugbemagtiging.”

En ek dag Besigheidstudies gaan maar net oor hoe om jou worsrolletjiestalletjie doeltreffender te bedryf. Let op hoe jy subtiel geleer word om soos ‘n Marxis te dink, deur skuldgevoel (ek lig die belangrikste dele uit):

Maatskaplike verantwoordelikheid beteken om ‘n maatskaplike gewete te hê, en dat mens dié wat minder bevoorreg is as ons probeer help. Jou gewete herinner jou aan wat reg en verkeerd is. Die regering kan nie self al die probleme oplos wat ons hierbo genoem het nie – sakeondernemings en individue help waar hulle kan. Dit is waarom maatskaplike verantwoordelikheid so belangrik is.

Die meeste sakeonderneming het die een of ander program vir maatskaplike verantwoordelikheid waarvolgens liefdadigheidswerk gedoen word sonder om wins te maak. Die sakeondernemings kan byvoorbeeld tyd en goedere of dienste aan behoeftiges in die gemeenskap skenk. Die personeel van ‘n klein sakeonderneming kan tehuise vir bejaardes of kinderhuise besoek, en goedere skenk of dienste lewer soos regs- en finansiële dienste, aan mense wat dit nie kan bekostig nie. ‘n Klein sakeonderneming kan ‘n plaaslike sportspan borg deur klere, toerusting en/of vervoer te voorsien.

‘n Groot sakeonderneming het soms ‘n spesiale afdeling wat die program vir maatskaplike verantwoordelikheid behartig. In die algemeen lê groot maatskappye met hul pogings klem op ‘n bepaalde saak of terrein waar daar ‘n behoefte bestaan.

[…]

Almal wil graag iets goed doen, en sakeondernemings is geen uitsondering nie. Vir ‘n sakeonderneming lê die grootste voordeel daarin dat iets aan die gemeenskap teruggegee word. Die gemeenskap voorsien die arbeid aan die sakeonderneming, en lewer ook sy klante en verskaffers. Die gemeenskap help die sakeonderneming om wins te maak, en dit is reg dat hulle iets aan die gemeenskap teruggee, hetsy dit tyd, produkte of dienste is.

Sakeondernemings kan die regering met dié probleme help, want die probleme raak die hele land se ekonomie. Jy het gesien dat sakeondernemings net in ‘n groeiende ekonomie floreer en groei.

‘n Program vir maatskaplike verantwoordelikheid verbeter ‘n sakeonderneming se beeld in die gemeenskap, sodat mense trots voel om daarmee verbind te word. Sodanige maatskappye geniet plaaslik en wêreldwye erkenning en lok hoogs gekwalifiseerde en opgeleide werkers. Dit help ook om regstreekse buitelandse belegging waarby die hele land baat te lok.

Die programme is ook ‘n soort bemarking vir die maatskappy, en bemarking lok meer klante. Meer klante beteken groter wins. Selfs ‘n klein sakeonderneming wat ‘n sokkerspan borg, kan byvoorbeeld ‘n reklamebord by die sokkerveld oprig of sy naam en logo op die span se truie laat aanbring. ‘n Groot maatskappy wat byvoorbeeld ‘n tehuis vir MIV/vigs-slagoffers borg, kan byvoorbeeld vra dat die tehuis na hom genoem word.

Maatskappye met programme vir maatskaplike verantwoordelikheid kry radio- en TV-dekking, en koerante en tydskrifte kan dalk artikels oor hulle plaas.

Die regering het ‘n sogenaamde generiese telkaart wat punte toeken aan sakeondernemings met ‘n program vir sosiale verantwoordelikheid. Hoe meer punte ‘n sakeondermening het, hoe makliker word dit om sake met die regering, verskaffers en ander sakeondernemings te doen.

En dit dan die reklameveldtog-formaliteite.

Ek gaan aanneem dat hierdie skenkings nié belastingaftrekbaar is nie (as dit wel was, waarom dit nie hierbo in die teks openlik noem nie?).

Benewens hul belasting (Ontvanger van Inkomste) moet sakeondernemings dus hulself leegmelk vir die aangewese groepe, ‘n bodemlose put, bloot omdat die staatskaste leeggesteel is. Kyk self: die woord “belasting” en “SASSA-geld” duik nêrens hierbo op nie (nou ja, Suidpunt, dit was immers 2008). Vergeet ook nie, ondernemings moet erfbelasting, water, elektrisiteit, riolering, vullisverwydering en ‘n handelslisensie vir die munisipaliteit betaal (met wie weet hoeveel ander verordenings nog), nog voordat hul personeel se afsonderlike byvoordele en wetlik verpligtende papierwerk voltooi word. Onthou ook: jy moet jou eie winkel beveilig met sekuriteitsmaatskappye, bloot omdat die staat jou nie kan beskerm nie. Ook hierdie beveiliging is nie goedkoop nie. Dit is gelukkig belastingaftrekbaar, maar weereens mense – daardie belastinggeld kon vir iets anders gebruik geword het. Dit werk dus soos ‘n tweesnydende swaard. Daar behoort myns insiens in die eerste plek géén misdaad en dus géén sekuriteitsmaatskappye te wees nie. Dieselfde kan jy kyk na vervoer: as die staat ordentlike, veilige, goedkoop en vinnige openbare vervoer verskaf het (wat klokslag aankom en vertrek), dan sou nog minder mense geld van die staat moes terugeis op private vervoer. Tolpaaie sou nie bestaan het nie. Ons praat immers van honderde pendelaars. Dis nog meer geld wat verlore gaan, geld wat met rente op rente opgepot kon word; en die maatskappye die moeite sou spaar om gat te loop kruip by die gemeenskap.  Dink aan privaathospitale wat daar in die eerste plek nie moes wees nie. Onthou ook van versekering. Ons praat van telekommunikasie met supersnel internet. Ons praat van beurtkrag (reeds in 2007, dink diesel, dink olie, dink battery, dink onnodige kragopwekkers met onnodige onderdele), ons praat van watertekorte (met watertenks en spesiale kontrepsies wat aangekoop moet word), ons praat van die onbetroubare poskantoor (en peperduur koerierdienste) – as jy al hierdie klein jakkalsies saamvat, is dit onnodige geld wat die sakebedryf ten eerste op moet bestee, en ten tweedens geld waarvan héélwat onnodig op teruggeëis word omdat jou Staatsdiens ‘n mislukking is. Die ou in die beskuldigdebank is dus nie jou Privaatsektor nie, maar die Staat. En die Staat alléén!

Dis absoluut belaglik! Dit kom eintlik neer op vyf- of ses- of sewevoudige belasting wat die Suid-Afrikaanse sakeonderneming moet betaal (let op die taalgebruik – “en dit is reg dat hulle iets aan die gemeenskap teruggee” m.a.w. ‘hulle skuld ons iets’). Dit word ook sonder meer aanvaar as jy aan jou maatskaplike verantwoordelikheid voldoen, beleggers outomaties uit oorsee oor hul voete sal val om by jou te kom belê. Dis wensdenkery, anders sou ek ‘n Europese winkel of filiaal om elke hoek en draai hier op die platteland gesien het – hier is immers genoeg nood in Suid-Afrika, waarom nie sommer ‘n Europese winkelsentrum so groot soos in Dubai hier kom oopmaak nie? So onbaatsugtig is die wêreld seker nie, nè?

“Die gemeenskap voorsien die arbeid aan die sakeonderneming, en lewer ook sy klante en verskaffers” [en dus moet die onderneming iets terugploeg in die gemeenskap]. My magtig, word hierdie mense dan nie betaal nie? En kan die verskaffers nie vra wat hulle wil nie? As ‘n sakeonderneming nou besluit hy boikot die plaaslike verskaffers, hoef hy dan niks “terug te gee aan die gemeenskap” nie? Want dis presies waarop dit neerkom! As ek as werknemer vir ‘n winkel werk, het ons ooreengekom oor ‘n bedrag – ek steel nie van die winkel se ure nie, en hulle betaal my vir my werksure (want ek kon enige ander plek gewees het waar ek wou). As jy nie wil werk nie, wat soek jy dan daar in die eerste plek?

Met die minimumloonvereistes beteken dit wel ek gaan nou twee tot vyf mense se werk moet doen (al sou ek ook vir minder deeltyds kon werk), maar dankie meneer/mevrou, ek is een van miljoene wat darem ‘n salaris kry. Ek kon op enige ander plek in die wêreld reggekom het, maar ek is verleë, so daarom sal ek alles tot die beste van my vermoë doen vir ‘n goeie CV, sodat ek miskien elders ‘n beter betrekking eendag kan kry (want ek het langtermynplanne). Nee, ek belowe, ek sal nie staak nie, ek bedank liewer. O, maar sien, die baas was verplig om plaaslike mense aan te stel, anders sou hulle betoog en sy bakkery afbrand. (Jy kan net nie wen nie, nè?) Miskien sou dit beter wees as daar geen bakkery was nie, want dan was daar niks om oor verbitterd te wees nie, niks om oor kwaad te wees nie, en geen winkel wat afgebrand sou word nie. Presies herhalend van die Matriekteks!

Onthou, groot maatskappye begin altyd baie klein. As jy klein ondernemings doodsmoor, kan daar nooit groot winkels kom nie. Met ander woorde – bly die geld nie maar in elk geval in die hande van ‘n paar skatrykes nie? Sonder kompetisie is die land hulle s’n. Hoekom anders maak die hele wêreld, insluitend die Matriekteks, dit so moeilik vir die kleinsakeondernemings om te groei? Huh?

Die algehele boodskap wat ek uit bogenoemde Matriekteks kry is: dit is beter dat daar liewers nie ‘n enkele winkel op die dorp is nie (sodat geen geld en tyd uit die gemeenskap ‘gestéél’ word nie), as wat daar wel ís (werksgeleenthede, ‘n diens wat gelewer word wat tyd en geld spaar, of aanleiding kan gee tot uitbreiding, dat nog winkels gestig word, nog meer werksgeleenthede geskep word). Is algehele werkloosheid dan régtig die beste oplossing? Dat niemand niks het nie?

Kom ons kyk na ‘n gevallestudie: aanlynboekwinkels wat tweedehandse boeke verkoop. Kom ons maak dit ‘n eenmansaak wat sommer uit jou kelder bedryf word. Die boeke word van dwarsoor die land geskenk (of aangekoop), die boeke word op die internet geadverteer, mense uit die land en oorsee koop hierdie boeke aan. Wie is dan jou “gemeenskap” van wie jy stéél? Duidelik nie die armstes van die armes nie, want hulle het nie internettoegang nie. Dit raak al hoe moeiliker om ‘n grens te trek. Jou klantebasis is duidelik nie plaaslik nie, jy gebruik jouself as arbeid, die middele wat jy gebruik is die posdiens, ‘n staatsinstelling, of koerierdienste… ???

En hoe kan jy van die gemeenskap “steel” as hulle vrywillig van jou dienste gebruik maak? Niks keer jou om jou eie bloubessie-pasteie te bak nie. Dit is ook duidelik dat die Matriekteks hoegenaamd niks weet van “smaak”/”vraag” en “aanbod” nie – jy kan hoeveel tehuise borg, soveel jy wil, net om daardie perdemis verkoop te kry: as jou produk mense nie geval nie, kan jy allerhande soorte truuks uithaal, dit gaan nie jou wins opstoot nie en jou grootste konkurrent is die Staat wat genoeg van sy eie “bullshit” aan die publiek verkoop. En dit help ook nie om nou jou perdedrolle vir sitroene te probeer verkoop nie.

In die huidige klimaat en vroeër wantrou die buitelandse beleggers vernaamlik die STAAT en die staat se onvermoë om misdaad te bekamp en om duidelike ekonomiese beleid ter tafel te lê wat almal baat. Dis die staat wat die probleem is, nie die ondernemers of ondernemings nie. So, hou op om die worsrolletjieverkoper skuldig te laat voel.

“Jy het gesien dat sakeondernemings net in ‘n groeiende ekonomie floreer en groei.” Die publiek kry benewens hul salarisse, die geld op vyf wyses (waarvan ek weet): of deur die bank (skuld), of uit beleggings (op welke wyse dan ook) of deur toelaes, of deur erfgeld of deur diefstal. As die bank sy beursie toemaak, en jou neseier toe heeltyd ‘n windeier was, en/of die buitelanders sê “nee dankie, ons belê nie by julle nie, julle regering suck” – sit jy in die knars. Die Matriekteks het eenvoudig nie sover gedink nie. Die SASSA-geld (dus, uitgekeerde belastinggeld) dryf die inflasie teen die mure uit, maar gee dit enigsins aanleiding tot nuwe besighede wat geskep word? Ek kyk na my eie dorp en ek sien dit nie.

As ek byvoorbeeld kyk hoe die Afrikaanse musiekbedryf in duie gestort het na die hoogbloei tussen 2008 en 2011 (omdat daar ‘n ooraanbod was en die aanvraag oorskry het, wat vir jou sê die hoeveelheid geld waarmee die mense bereid was om musiek te koop het sy plafon bereik), die banke wat skielik versigtiger geld uitleen na die ineenstorting van Lehman Brothers oorsee, al hierdie faktore sê vir my die Suid-Afrikaners het nie geld om hul alies mee te krap nie. En juis hierdie geld gaan hul koopgedrag op ‘n manier beïnvloed; jy kan adverteer soveel jy wil – as jou plaaslike mark nie bo hul vermoëns kan koop nie, kan jy nie bloed uit ‘n klip tap nie (weereens Suidpunt, kalmeer, ons praat van 2008).

As die samelewing voel hulle word deur ‘n maatskappy uitgebuit of uitgesluit, staan dit die publiek heeltemal vry om hom te boikot. Gedenk Spur. Hy het die pak van sy lewe gekry – ‘n vriendelike waarskuwing vir ander sakeondernemings wat dit nog sou oorweeg! Spur het dus geen verantwoordelikheid teenoor my nie, my géld sal bepaal hoe hy moet optree. Verder het jy as klant ook die vryheid van keuse: Jy hoef regtig nie vir ‘n wafel met ‘n ertjiegrootte roomysklontjie aan te sit, as jy ‘n hele bak 2ℓ-roomys (of selfs twéé) teen dieselfde bedrag by die supermark kon koop om jou middernag-hongerkrampe te stil nie; gebruik tog jou gesonde verstand.

Kon daardie geld vir liefdadigheid-reklame nie gebruik geword het om juis goedkoper, vinniger en béter dienste te lewer nie – innovering kos tog geld? Of wat van opleiding/merietebonus van jou werknemers, of beurse aan knap (vak)leerlinge? Of boekwinkels wat geskenkbewyse of boekpryse skenk aan topleerlinge. Dit is anders. Ons praat hier ten minste van verdienstelikheid! Dit spoor mense aan om slimmer en met ywer te werk.

Dink jy vir een oomblik Mark Shuttleworth sou sy geld van thawte.com sommer so gekry het sonder VeriSign se belangstelling? Was daar enigsins sprake van “maatskaplike verantwoordelikheid” voor die aankope daarvan in 1999? Was dit die lokmiddel? Natuurlik nie (en hy sit nou gerieflik oorsee, gelukkige hy), eers daarná het die Mark Shuttleworth Stigting ontstaan. ‘n Onderneming moet eers kan kruip voor hy loop.

As jou bedryf skaars op die been is, hoe wil jy nou Moeder Theresa probeer speel? Die lewe is wreed: Buitelandse maatskappye soek kwaliteit, as hulle liefdadigheidsorganisasies soek – daar is meer as genoeg oorsee. Dan weer, soos ek voorheen geskryf het – as die Europeërs en Amerikaners so dik van die pitte is – ‘n enkele Euro kos meer as R16,00. Laat hulle skenk soveel hulle wil, waarom moet ek sestien keer harder werk? Dit word tog nie waardeer nie, want van buite lyk dit tog of jy mense se ellende uitbuit vir jou eie beeldpoetsery. Dis soos stemwerwery by die plaaslike verkiesings deur R500 aan iedereen uit te deel (waar was jy dan die res van die afgelope 5 jaar?). Dis absoluut vals en ek wil niks met so ‘n organisasie te doen hê nie. As jy dit nié aan die groot klok hang nie, dan is dit anders.

Geldskenkings en borge kom altyd met voorwaardes: ons het gesien hoe Afrikaanse kunstenaars na die pype van groot magnate moes dans. Wat het gebeur? Die Afrikaanse kunstenaars het gesê die maatskappye kan hul geld in hul reet gaan opdruk, hulle laat hul deur niemand voorskryf nie. En, toe dit daarop aankom, het die kunstenaars bankvas agter Steve Hofmeyr gestaan. Wie is nou die varke in die verhaal – die maatskappye, wie anders? Dit is tog hulle wat met hul geld vryheid van spraak probeer muilband.

Dink nou mooi: jy lei die arbeidsmag van môre in die skoolbanke op hoe om… te staak? Hipersensitief oor teistering te wees en hoeveel ure jy oortyd moet werk? Amper ‘n skuldgevoel te hê om te werk, om ‘n wins te maak? Wanneer de donder gaan jy die leerlinge leer werk? Innoverend leer dink? Mense, ons sit nie in ‘n Eerstewêreldland waar ons oor sulke luukshede kan kibbel nie: ons moet nog die vlak van Suid-Korea bereik, en as jy in die geskiedenis gaan kyk hoe hulle dit bereik het, het moeders en vaders soos slawe onder die son vir die staat gewerk voordat die eerste staalaanleg gebou is. ‘n Minimumloon het nie bestaan nie, miskien ‘n bakkie rys: alleen hul kinders se toekoms is al waaraan hulle gedink het. Waardeer die moderne K-Pop-aanbidders enigiets wat hul moeders onder die geweefde riethoedens in die vogtige klimaat, steekvlieë en verblindende son vermag het? Seker nie. Die Wirtschaftwunder in Duitsland post-oorlog presies dieselfde: vaders het twee werke gedoen, vyf pakkies sigarette per dag gerook, nie gesug om oortyd te werk nie. Hulle het ‘n fisiese doel voor oë gehad. En hul lakse kindertjies van die 1968-opstande het alles ongedaan gemaak.

As ek nou daaroor nadink het hierdie Besigheidstudies my absoluut niks gebaat nie. So – weg met hierdie twakvak ook.

Enige nugter handboek sou hierdie kritiek lys wat ek hierbo genoem het. Ek het al bogenoemde sommer in die verbygang uitgedink – ‘n ekonoom sal veel meer logiese kritiek as ek kon lewer. Dieselfde ervaar ek met Toerisme: eers op universiteit, en meer in die besonder jou twéédejaarsmodule as onderafdeling van Aardrykskunde, word ‘n paar swakhede daarvan uitgelig; op skool word toerisme amper aangebied as die Groot Heilsuitweg. Weereens, uiters eensydig. Ek moet erken, jou Aardrykskundeboek in Standerd 9 was wel effens krities teenoor ekotoerisme, maar ook net in ‘n vinnige paragrafie. Dit was toevallig ook dieselfde handboek wat ons leerlinge bekend gestel het aan die kwarternêre sektor, as ‘n feit, byna ‘n volle 10 jaar voor RSG en gaste sedert 2016 op hol geraak het oor “die vierde nywerheidsrewolusie”. Die woord “lokasie” is ook sonder probleme in die terminologieomskrywing van die boek opgeneem, én boonop goedgekeur deur die Wes-Kaapse Departement van Onderwys; sommer twéé middelvingers vir die WAT én die Pharos Verklarende Afrikaanse Woordeboek! Hierdie handboek is Verken Aardrykskunde Graad 11 (ISBN13 978-0-636-06745-5).

Wat sal gebeur as ek ‘n Wikipedia-artikel oor “Maatskaplike verantwoordelikheid” sou begin en al hierdie kritiek lys? Die leerlinge sal uiters verward wees (onthou hierdie standpunt, ek kom later daarnatoe terug). Die kinders sal vrae vra en die ouers sal vrae vra en die onderwysers en skoolhoofde sal almal vrae hê. Ons kan elke liewe onderwerp tot in die fynste besonderhede doodanaliseer totdat die Staat nie meer sal weet watter Marxistiese twak hy nog alles kan versin nie. En die Departement sal ontmasker en soos weeluise wegskarrel soos die klippe en petrolbomme deur hul vensters bars. Die Staatsdepartement sal vure moet doodslaan terwyl die een vuurhoutjie na die volgende getrek word. En ek was my hande in onskuld, ek het maar net die waarheid gepraat. Of hoe sê ou Greta:

I shouldn’t be up here. I should be back in school on the other side of the ocean. Yet you all come to us young people for hope. How dare you. You have stolen my dreams and my childhood with your empty words.

Nou ja, toe. So voel ek ook teenoor die Departement van Onderwys. O, u sê skoolkinders mag nie van Wikipedia gebruik maak nie? Hmmm… wie gaan hulle keer? Hoe sal u weet? Die klippe sal dit uitroep, as dit moet!

Kan u nou insien waarom ek geld op myself uitgee – ek koop my eie boeke aan, ek maak self seker die Afrikaanse gemeenskap baat daarby. Ek weet waarheen my geld gaan, maar weet ú?

Hoe lyk die leerplan van ‘n voorgestelde Volkstaat?

Die Volkstaat as Afrikanerbestemming (1989, SABRA, xviii) waarsku teen die volgende:

Die vraag is tydens en na die Tweede Wêreldoorlog gevra waarom die trotse Franse volk voor die Duitse inval verkrummel het. Die ooglopende antwoord skyn te wees dat ‘n sug na stoflike welvaart die drang na vryheid verdring het. ‘n Samelewing wat op rykdom en gerief ingestel is, kweek selfsug; eiebelang word dan bo volksbelang gestel; volksontrou, bedrog en verraad gedy in so ‘n samelewing. Hierdie omstandighede was in Frankryk aan die orde van die dag toe die oorlog uitgebreek het, in die sakewêreld, die weermag, staatsdiens en die politiek. (Maugham, WS. 1942. Strictly Personal. Londen, bls. 142-154)

Die oorsaak hiervan, so word aangevoer, is alleen die liberalisme, wat uit die staanspoor anti-tradisie is. Op bl. 4-5:

Op staatkundige gebied verteenwoordig die liberalisme die leringe van die Franse Rewolusie: Alle mense is byvoorbeeld gelyk; almal het as enkelinge aanspraak op regte, vryhede en “gehalte van lewe” in ‘n demokratiese staat; die owerheid se taak is om vir enkelinge die hoogste mate van vryheid en hoogste bereikbare “gehalte van lewe” te waarborg; alle enkelinge binne die landsgrense stig die staat, deel gelykop in burgerregte en in aanstelling van die owerheid; groepe wat vrywillig, volgens die beginsel van vrye assosiasie tot stand kom, is aanvaarbaar, maar die wetlike omskrywing en beskerming van groepe is onaanvaarbaar.

[…]

Die huidige owerheid van die RSA het hierdie beginsels, denkbeelde en slagkrete heelhuids aanvaar en pas dit toe. ‘n Volslae liberalistiese slagkreet soos “gehalte van lewe”, is selfs tot oorhoofse nasionale doel verhef, uit hoofde waarvan ‘n reeks vreemde slagkrete en doelwitte in die staat beslag gekry het, byvoorbeeld gelyke onderwys, gelyke lone, eweredige verspreiding van welvaart en die beweeglikheid van arbeid en kapitaal.

[…]

Die liberalisme het verbrokkelend op Afrikanerdenke ingewerk, met die gevolg dat van sy kenmerkendste eienskappe, byvoorbeeld beginselvastheid en volkstrou, aangetas is. Die hedendaagse geslagte van Afrikaners is nie meer een van sin nie; eerbiedig nie meer hulle geskiedenis en tradisie eendragtiglik nie; baie dring ook, soos volbloedliberaliste, op hulle reg aan om afwykend te dink en te handel[…]

Die individu bestaan dus, die volke en etniese groepe bestaan nie. En dit is presies waar jy nivellering sien inkom. Dit is waaroor mnr. Leon Lemmer nou die dag geskryf het. Dit is waaroor dr. Hartzenberg gewaarsku het. Die liberalis sal voor sy oë staan en toekyk hoe die algehele standaard voor hom tot in die grond in vertrap word, solank dit hom as individu nie raak nie, en almal in beginsel gelyk is (wat hom dus noodwendig moet uitsluit/buite rekening laat sodat dit hóm nie raak nie), in die naam van gelykheid, kan diegene wat sy taal praat of selfs bloedfamilie is in hulle maai gaan. Natuurlik is hy maar alte bly oor landsgrense en is onder diegene wat die hardste skree teen ‘n eenwêreldregering en die globaliste, want nou kan hy aan oorsese universiteite gaan studeer waar die standaard hoër is as in sy geboorteland – dit plaas hom in ‘n véél hoër en gunstiger posisie met sy terugkeer na sy vaderland as sy volksgenote (wat probeer red wat daar nog te redde is) wat maar tevrede moet wees met die krummels van die tafel tuis. Wat ook al tuis gebeur, pla hom nie in die minste nie. Hy kan egter rondvlug soveel hy luskry, maar soos Omsingel die laer van die heiliges deur Jean Raspail ons reeds in 1973 gewaarsku het, is geen, maar geen land gevrywaar om kort voor lank dieselfde paadjie te volg nie. Die liberalis se eie moeder moes hom liewers by geboorte op Gumtree verkoop het, want dis presies wat hy met haar en haar kleinkinders sal doen. Uitverkoop.

Op bl. 80:

Indien die RSA as een geheel betrag word, met een onverdeelbare grondgebied, een bevolking en een burgerskap onder een owerheid, dan maak dit ‘n Derde Wêreldstaat uit, van dieselfde orde as die Latyns-Amerikaanse state. Die huidige grondwetlike bedeling bevestig en vererger hierdie toestand in plaas van dit op te hef, soos by die begin belowe is.

Eerstens het die beleid van gelykstelling op alle lewensgebiede nie met ‘n opwaartse gelykstelling van arbeidsdoeltreffendheid gepaard gegaan nie. Die teendeel het eerder gebeur. Die klein Afrikanerbevolking verarm gevolglik terwyl die groot, vinniggroeiende Derde Wêreldbevolking nie genoegsaam by die afwenteling van rykdom en inkomste baat om tot op Eerste Wêreldvlak te vorder nie. Wanneer swartoorheersing intree en die sosialistiese gelykmakingsdrang nog sterker word as wat dit tans is, sal die neerdrukkende uitwerking daarvan ook toeneem, soortgelyk aan dié wat deur gesagstate, soos Mosambiek en Ethiopië, ondervind is.

Tweedens is oproer, onveiligheid en onbestendigheid in die land ook nie deur die grondwetlike veranderinge besweer nie en dit lewer ‘n verdere bydrae tot die afwaartse gelykmaking van ekonomiese maatstawwe en vooruitsigte. Die toegewings aan politieke eise wat aan die orde van die dag is, het nie hieraan verander nie. Oproer het saam met die toegewings verhewig, tot die punt van ‘n noodtoestand. Van omkeer na bestendigheid en vooruitstrewendheid wat tot Eerste Wêreldrang kan lei, bestaan daar geen teken nie.

Die oorhoofse beheptheid met stoflike welvaart word as die middelpunt beskou van verbrokkeling van ‘n volk (bl. 43 tot 44):

‘n Begeerde kindertal waarmee die volk gehandhaaf sal kan word, verg ‘n Protestante opvoeding en onderwys wat ander waardes kweek as dié van die liberalisme; wat stofverafgoding teenwerk; die waarde van hegte gesins-, familie- en gemeenskapslewe by die jeug inskerp; en verantwoordelikheidsin, selfbeheersing en volksliefde bevorder. Gesindheide word in dié verband in ouerhuise gekweek en deur die opvoeding en onderwys, kerklike en ander kragte in die samelewing uitgebou en onderskraag.

Protestant? Jammer, maar as ek kyk na Suid-Amerika is daar ‘n veel doeltreffender wapen. Sover ek weet verbied die Katolisisme voorbehoedmiddels, die huwelik het alleen die doel om kinders voort te bring (want waarom anders trou jy?), en die egpaar mag eintlik nie skei nie.

“Maar dit is arm lande!” Nou maar? Ek dag jy sê jy soek getalle? En stoflike welvaart is die vyand? Of bedoel jy: “Moenie ‘n vloot Porsches koop nie, laat bou ‘n enorme biblioteek met jou naam op?” Ek weet darem nie, toe ek onlangs vanaf ‘n boekwinkel terug huis toe loop, was dit die saamtrek van Lamborghini’s op Waenhuiskrans, en hulle moes deur ons dorp ry. Dit was nie afguns nie, en ek het nie soos die Hollanders in die 1980’s ‘n klip opgetel om hoogmoed tot ‘n val te bring nie. Dit was ‘n breë glimlag wat onwillekeurig al hoe breër op my gesig geword het – want o, liewe, hemel, dit bly ‘n donderse mooi kar! Nou wat dink jy sal gebeur as iemand in ‘n Boererepubliek met so ‘n kar opdaag? Selfbeheersing ken ook maar sy perke!

Benewens die Christelik-nasionale opvoeding en onderwys wat weer voorgestel word (wat nog altyd die keerwal was teen die Marxisme, soos toe die Afrikaner hom heeltemal van NUSAS (gestig 1924) weggebreek het om hom finaal op 9 September 1933 bankvas agter die Afrikaanse Studentebond te skaar) word slegs ‘n uiters vae beeld geskep wat die Afrikaner nog alles moet doen, onder “Westerse stempel” (p. 38):

Die Afrikaner is ook ‘n Westerse, Eerste Wêreldvolk. Hy stam uit volke van voor die sewentiende eeu en is sedert daardie tyd ononderbroke deur Westerse geskiedenis beïnvloed. Hierdie kultuurerfenis het in Afrika wortel geskiet en tot ‘n onderskeibare Westerse kultuur gegroei. Sy Afrika-omgewing en omstandighede beïnvloed sy bestaan en kultuur uiteraard, maar verander hom nie van ‘n Westerse tot ‘n Afrika-, Derde Wêreldvolk nie.

Om hulleself as Westerse volk in Afrika te kan handhaaf, sal Afrikaners hulle ras en taal moet handhaaf; hulle sal ook hulle kennis van die Germaanse en Romaanse tale en die outydse geskiedenis moet bewaar. Die hedendaagse neiging om Geskiedenis, Duits en Frans byvoorbeeld onregstreeks of regstreeks in leergange te verdring, kan toekomstige geslagte se Westerse begronding aantas. Die oorbeklemtoning van Afrika-geskiedenis en tale bestaan reeds en kan onder die huidige grondwetlike bedeling, veral die onderwysbedeling, net erger word.

Geestelike heropbou vereis vandag ook verset teen die gelykmaking van almal se onderwys in een gemengde samelewing. Gelyke besteding en maatstawwe en enerse leergange maak nie van swartvolke Westerse Eerste Wêreldvolke nie, maar maak die Afrikaner met die Derde Wêreld gelyk. Sy jeug sal swak voorberei wees vir universiteite wat in hoë tegnologiese opleiding uitblink; hulle sal vakke moet kies wat nêrens in aanvraag is nie en hulle strewe om tot die oplossing van dringende Afrikavraagstukke by te dra, sal van die voorskoolse vlak af deurentyd ondergrawe word. Indien die Afrikaner dié gelykmaking aanvaar, sal hy sy reg op voortbestaan verbeur en sal die doel van sy bestaan as hoog ontwikkelde volk in Afrika verydel word.

En dan op bl. 82-83:

Die ondervinding het geleer dat ‘n volk homself deur eie inspanning ophef, soos veral uit die onlangse voorbeelde van Japan, Taiwan, en Suid-Korea blyk. Voorbeelde van volke wat deur ryk volke opgehef is, is nie bekend nie. Der miljoene rand is byvoorbeeld in Afrika aan ontwikkelingshulp bestee sonder dat opheffing tot Eerste Wêreldrang sigbaar gevorder het. Die neigings in die tagtigerjare dui eerder op agteruitgang: Bevolkingstoename oorskry die toename in voedselvoortbrenging; die waarde van uitvoer neem af; en skuld hoop op. Sonder die wil en die arbeid van die volk self, stort hulpverleners hulle geld in ‘n bodemlose put.

Daar bestaan geen rede om aan te neem dat dit in Suid-Afrika anders gesteld sal wees nie.

[…]

Eerste Wêreldrang moet egter op ‘n eerbare wyse behou word. Om dit te wil behou deur die RSA-samelewing onbepaald te oorheers en sodanig in te rig dat die Afrikaner sy voorsprong en mag as klein minderheid kan handhaaf, is nie ‘n eerbare, sedelik verantwoorde weg om te volg nie; ook nie die weg om mag sogenaamd te deel, maar dit nogtans met grondwetlike truuks te probeer behou nie; en ook nie om mag eenvoudig prys te gee, Gods water oor Gods akker te laat loop en in die swartmenigte te verdwyn nie. Hierdie uitweë gaan die Afrikaner as volk vernietig sonder dat daardeur iets bygedra word tot die volgehoue ekonomiese ontwikkeling van ander volke.

Onthou asseblief net weer dat jou huidige dosente aan die universiteite nie glo in iets soos “volk” of “volke” nie, maar alleen die regsbeginsel van “individue wat saamgroepeer”.

Met hierdie kommer van nivellering, uitlewering, uitverkoop, ‘stofverafgoding’ en identiteitsverlies voor oë, kyk ons nou na Africana Afrikaner.

Africana Afrikaner

Francis Grim spreek in 1974 die kommer uit in Gepoogde verkragting van Suid-Afrika oor UNESCO se planne om nasionalisme uit alle leerstof te haal, ten einde wêreldburgerskap onder die jeug te kweek (p. 42):

Onder die vroegste aanhangers van hierdie sosialistiese beweging (die Fabiane) was John Dewey , wat die invloedrykste man in die Amerikaanse onderwys geword het. Sy filosofie en leringe ontken die bestaan van God, verwerp bestaande morele wette en het die Marxistiese leer verkondig dat die mens nòg ‘n vrye wil het, nòg ‘n siel. Hy het die primêre doel van die opvoeding gesien as die vernietiging van die kind se individualistiese eienskappe. Kollektivisme of groepering van mense was van groter belang vir Dewey se beklemtoning as die ontwikkeling van indiwiduele talent en inisiatief. Hierdie begrip van groepering van mense is verwant aan Sensitiwiteitsopleiding wat elders in hierdie boek behandel word. Aan die einde van Dewey se loopbaan in 1950 het hy ere-voorsitter geword van die “League of Industrial Democracy”, wat die Amerikaanse ewebeeld van die “British Fabian Society” is.

Die begrippe en onderrig wat Dewey ingebring en benadruk het beïnvloed nou die onderwys in Amerika van die kindertuin af tot by die universiteit. Sy hedendaagse volgelinge beoog om die nasionalisme en patriotisme in die kind te vernietig, want hierdie eienskappe wat hulle van die ouerhuis af bring is in direkte stryd met die kollektiewe, eenwêreld/een-regering begrip.

Magtige invloede word uit onverwagte oorde op die kind toegepas. Die volgende word aangehaal van bladsye 58 en 60 van volume 6 van UNESCO se “Op pad na Wêreldbegrip”-reeks (1948) – wat heet: “Die Invloed van Huis en Gemeenskap”.

“So lank as wat die kind die gif van nasionalisme inasem, kan die opvoeding in hierdie ‘wêreldbegrip’ slegs onsekere resultate voortbring. Soos ons reeds aangetoon het, is dit herhaaldelik die gesin wat die kind nadelig beïnvloed met oordrewe nasionalisme. Die skool hoort dus gesinshoudinge wat jingoïsme voorstaan, te beveg… die bedrywigheid van die skool kan nie die verlangde resultate voortbring en elke vorm van nasionalisme verwerp nie, tensy die beleid van die nasie self een is van internasionale begrip en samewerking.”

En dan ontdek ons ‘n baie interessante brokkie nuus in Africana Afrikaner (1983), wat aanleiding sou gee tot die verhandeling van me. Du Preez:

Handboekontleding – Internasionale studies

Die vraag ontstaan wat gedoen word omtrent die reeds gemelde goggas wat in handboeke voorkom? Die antwoord is: Met die toenemende belangstelling in tussenvolkere verhoudinge het die soeklig reeds op handboeke geval.

Gedurende 1972 is handboekontledings onderneem deur die vooroordeel van 49 lees-, letterkunde- en sosiale studiehandboeke – gedurende 1958-1967 gepubliseer – na te gaan.

Heelwat studies het hierop gevolg en die volgende is bevind:

–          handboeke is hoofsaaklik op blanke middelklasstandaarde gerig;

–          handboeke bevat rassistiese stereotipes;

–          handboeke bevat geslagtelike stereotipes;

–          daar is gebrek aan materiaal wat positiewe selfbeelde by die kinders van minderheidsgroepe kweek.

Die afgelope dekade reeds wy verskeie organisasies hulle aan die verwydering van nasionale vooroordeel uit handboeke. UNESCO, die Raad van Europa, die Internasionale Federasie van Onderwysverenigings, die Wêreldfederasie van Onderwysunies en verskeie onderwysverenigings in Europese lande hou hulle met die probleem besig en heelwat besluite in die verband is reeds geneem.

Die doel met wedersydse pogings tot skoolhandboekhersienings (waar twee lande besluit om mekaar se skoolhandboeke deur te gaan en stereotipering uit te wys), was om die skrywers en hul uitgewers te motiveer om woorde en sentimente noukeurig te ondersoek en sodoende onbewuste vooroordele te elimineer.

Vooroordeel in handboeke word tans op ‘n deurlopende basis bewustelik ondersoek. Geskiedenis- en Aardrykskundeboeke word op ‘n permanente basis by die Internationales Schulbuch Institut te Brunswyk van nader bekyk.

UNESCO het reeds die gevolgtrekkings gepubliseer wat uit al hierdie ondersoeke voortgevloei het. Verskeie multilaterale en bilaterale ooreenkomste is gevolglik gesluit en veel kan uit hierdie suksesse geleer word.

Die volgende belangrike gebeurtenisse het plaasgevind:

a)      ‘n Internasionale seminaar is in Brussel gehou (1950) met die doel om handboeke as hulpmiddel tot internasionale begrip te verbeter.

b)      Kanada en die VSA het ‘n wedersydse studie van hulle handboeke onderneem.

c)       UNESCO het studies geborg om

–          die behandeling van die Weste in Suid-en Oos-Asiatiese handboeke, en

–           die behandeling van Asië in Westerse handboeke na te gaan.

d)      Die Skandinawiese lande het wedersyds hersienings van hulle handboeke onderneem.

e)      Die Internationales Schulbuch Institut in Brunswyk, sowel as ‘n soortgelyke instelling in Delhi in 1955, is gestig.

Die uitwerking van die toenemende besef van die invloed van skoolhandboeke kan bv. in die VSA, Nederland en Duitsland nagespeur word. Ou boeke is hersien en die Nasionale Geskiedenis word teen die agtergrond van die Algemene Geskiedenis gesien.

Nasionale Geskiedenis mag nie verontagsaam word nie – dit vorm ‘n belangrike basis vir die simboliese verwysingsraamwerk (of te wel individuele en gemeenskaplike lewens- en wêreldbeskouing) in ‘n samelewing.

Nasionalisme is egter teruggebring tot meer beskeie afmetings en perspektiewe. Die gees waarin daar geskryf word, het ook verander. Bitterheid het plek gemaak vir wedersydse begrip.

Ook in Suid-Afrika is daar die afgelope jare ‘n toenemende bewuswording ten opsigte van die bestaan van vooroordeel in die vertolking van Suid-Afrikaanse Geskiedenis in skoolhandboeke. Kritiek in opvoedkundige tydskrifte en die pers op hierdie boeke het uiteenlopende reaksies onder onderwysers tot gevolg gehad.

“Geluk skat, jy suip heerlik soos die purperbeklede Hoer van Babilon aan die vergulde beker van die eenwêreldregering en rý die sewekoppige dier bloots wat volke en nasies sal verslaaf, vertrap en vernietig tot die Wederkoms,” dag ek nog op bl. 16 en 17.

Toe nie – Du Preez ontpop skielik in ‘n kampvegter vir nasionalisme (p. 22-23):

Navorsingsresultate wat nasionalistiese vooroordeel in handboeke aan die kaak gestel het, het weer op hulle beurt die gevaar laat ontstaan dat internasionalisme te ver gedryf word. Die nasionale aspek van Geskiedenis word dan onderskat en verwaarloos. In na-oorlogse Wes-Duitsland bv. het die jeug onverskillig ten opsigte van ‘n eie identiteit geword. Waar daar in die voor-oorlogse jare hiper-nasionaliste gekweek is, word daar nou wêreldburgers gevorm wat geen spesifieke verbondenheid met hul land of volk voel nie. Die Vaderlandse Geskiedenis is in so ‘n mate ondergeskik aan die Algemene Geskiedenis gemaak dat dit feitlik daarin opgelos het.

Nasionalisme gee in ‘n sekere mate sin aan die lewe en die voorbeeld hiervan blyk duidelik wanneer die jeug van demokratiese lande met dié in diktature vergelyk word. In demokratiese lande het nasionalisme begin afwater, terwyl dit in die diktature weer sterk beklemtoon word. Die verskil lê daarin dat die jeug in die diktature ‘n sterk roepingsbewustheid het en ‘toegelaat’ word om ‘n sterk positiewe rol in die lewe en strewe van die gemeenskap te speel. Dit vervul die menslike drang om nuttig te wees en kweek op sy beurt lojaliteit, gehoorsaamheid en offervaardigheid.

Skole in demokratiese samelewings beklemtoon nie hierdie eienskappe nie, maar is meer op die individu ingestel. In hierdie lande vorm die jeug nie deel van die lewe van die volwasse gemeenskap nie. Geen werklike geesdrif word hier, soos by die jeug in die diktature, vir gemeenskapsake gevind nie. Die demokratiese volkere beroep hulle op motiewe wat klein en ondergeskik vergelyk met die begeerte om liggaam en siel te offer vir die bevordering van ‘n groot volksaak.

Dit blyk dus dat internasionalisme, en die gepaardgaande aftakeling van nasionalisme ook sy nadele het. Daar ontstaan ‘n mate van ankerloosheid, onverskilligheid en lewensmoedigheid (sic) wat die gebrek aan grootste (sic) ideale meebring.

Nasionale sentiment op sigself is nie verwerplik nie. Dit kan soms ‘n groep, soos die Nederlandse groep in Suid-Afrika, help om hulle identiteit te behou en voorkom dat hulle verswelg word deur ‘n dominanter Engelse groep na 1815. ‘n Gesonde nasionalisme kom tot uiting in die waardering van die tradisies, sentimente en belange van die eie groep. Dit moet egter nie ten koste van ander groepe geskied nie.

As die klem te sterk op Vaderlandse Geskiedenis val, kan meestersimbole met nadelige effekte ontstaan. Die geloof kan bv. posvat dat dié land die middelpunt van die wêreld is, en dat die volksgroep waaraan dié individu behoort beter as ander is.

En hierdie laasgenoemde mite (“dat dié land die middelpunt van die wêreld is”) het veral in die Afrikaanse koerante sommer nog tot onlangs mee te koop geloop. Ek was sedert ek my voete onder die skoolbank ingeskuif het onder die indruk Suid-Afrika se aansien ewenaar dié van ‘n Europese land, dat ons ‘n soort “ekonomiese reus” is, ‘n “supermoondheid”. Tot ek op ‘n dag, dit was 9 Junie 2015, afkom op The Observatory of Economic Complexity, soos ek destyds geskryf het op Wikipedia.

Ek hoop u hou die vlugsout naby:

Wat die persentasie afsetgebied van die ingevoerde Suid-Afrikaanse goedere en dienste betref, is hierdie land se wêreldwye aanvraag en ekonomiese impak maar uiters gering.

In Europa maak Suid-Afrikaanse goedere en dienste byvoorbeeld slegs 1,36% ($8,3 miljard) van die Verenigde Koninkryk (2012) se totale invoere uit. Meer as die helfte van die Britse invoere uit Suid-Afrika bestaan uit diamante, goud en platinum. So volg in dieselfde jaar ook Duitsland met slegs 0,52% ($5,7 miljard), België-Luxemburg 0,87% ($3,6 miljard), Nederland 0,49% ($2,6 miljard), Italië 0,53% ($2,5 miljard), Switserland 0,99% ($2,5 miljard), Spanje 0,42% ($1,4 miljard) en Frankryk 0,19% ($1,2 miljard).

In die Ooste maak Suid-Afrikaanse goedere en dienste ook ‘n klein persentasie van die totale invoere uit (2012): In China 0,69% ($9,7 miljard), Indië 2,03% ($9,1 miljard), Japan 0,8% ($6,33 miljard), Hongkong 1,23% ($5,84 miljard), Suid-Korea 0,43% ($2,11 miljard) en Thailand 0,99% ($1,9 miljard).

Suid-Afrikaanse goedere en dienste maak ook slegs 0,52% (VS$9,36 miljard) van die totale invoere van die Verenigde State van Amerika (2012) uit.

Wat ‘n ontnugtering. Suid-Afrika kon netsowel nie bestaan het nie. Die “reusebedrae” van “soveel miljard Rand” vir SAA en “soveel miljard Rand” vir ESKOM wat in die parlement afgerammel word is kleingeld in die internasionale sakewêreld daarbuite. Met jou paar sent in die bank voel jy soos vlooibollie in die grote uitspansel. Die ergste van alles is: as ons in die ekonomiese geskiedenis terugkyk, lyk dit ook nie veel beter nie. Gaan kyk gerus op die webwerf en besluit self ( https://oec.world/ ), Suid-Afrika se ekonomie gaan tot 1962 terug. Dit is goed te verstane dat ons baie lank na onsself as ‘n “reus van Afrika” verwys het – kyk steeds maar na die invoere by Zimbabwe en Mosambiek.

Jy kan jou indink hoe woedend ek was oor ek my so lank aan die neus laat rondlei het. Onthou hierdie woede, ek kom later daarnatoe terug.

In elk geval, Du Preez het 53 boeke ontleed in die Geskiedenis, Aardrykskunde, Afrikaanse Letterkunde en Engelse Letterkunde vanaf Standerd 6 tot 10. In die publikasie is die titels doelbewus weggelaat, wat my met ‘n suur gesig laat. In die inleiding word slegs gesê hierdie 53 boeke word dwarsoor die Republiek van Suid-Afrika gebruik in 1980/1981, in sowel Blanke as Swart Hoërskole. Wat was die Du Preez-bevinding (p. 73-74)?

Twaalf Suid-Afrikaanse skoolhandboekmeestersimbole

Nadat al die geïdentifiseerde meestersimbole wat meer as een maal in die verskillende institusionele ordes voorkom, of wat variante van mekaar is, saamgevoeg is, is daar uiteindelik twaalf blootgelê wat herhaaldelik in skoolhandboeke voorkom.

Hulle is die volgende:

a)      Wettige gesag word nie bevraagteken nie.

b)      Blankes is meerderwaardig; Swartes is minderwaardig.

c)       Die Afrikaner het ‘n spesiale verhouding met God.

d)      Suid-Afrika behoort regmatig aan die Afrikaner.

e)      Suid-Afrika is ‘n landbouland, die Afrikaner is ‘n boerevolk.

f)       Suid-Afrika is ‘n strawwe land.

g)      Suid-Afrika en die Afrikaner is geïsoleer.

h)      Die Afrikaner is militêr vernuftig en sterk.

i)        Die Afrikaner word bedreig.

j)        Die buitewêreld se opinie jeens Suid-Afrika is belangrik.

k)      Suid-Afrika is die leier in Afrika.

l)        Die Afrikaner het ‘n Godgegewe taak in Afrika.

Teensimbole is die volgende:

Die regering is nie verhewe bo die kritiek nie en maak soms foute. (a)

Swartes word veronreg. (b)

Swart nasionalisme is ‘n voldonge feit. (d)

Suid-Afrika is ‘n nywerheidsland. (e)

Suid-Afrika is ‘n voorspoedige land. (f)

Die Afrikaner beveg isolasie. (g)

Die Blanke is ‘n indringer in Suid-Afrika. (d)

Die twaalf geïdentifiseerde meestersimbole kom konsekwent in Geskiedenis, Aardrykskunde en Afrikaanse Letterkunde voor. Die Engelse Letterkunde en in ‘n mate Engelse handboeke, lewer die meeste teensimbole op en wel d.m.v. kritiek en negatiewe verwysings na die huidige regering, die uitwys van onreg teen ander bevolkingsgroepe en die siening dat die Blanke eintlik ‘n indringer in Suid-Afrika is.

Die teensimbole wat spesifiek in die simboolsisteem van die Afrikaanssprekende Afrikaner gevind is, is die volgende:

Swart nasionalisme is ‘n voldonge feit.

Suid-Afrika is ‘n nywerheidsland.

Suid-Afrika is ‘n voorspoedige land.

Die Afrikaner beveg isolasie.

En volgens Du Preez kan ‘n teensimbool dikwels gebruik word om ‘n meestersimbool deur argumentering en teenargumentering te versterk. Ek gaan slegs drie uitlig.

  1. a)      Wettige gesag word nie bevraagteken nie.
Ons vroeëre aristokrasie hiërargieë het ‘n simboliese rangorde gehad. Die rangorde is deur die koning bepaal en range deur hom toegeken. Die koning se gesag en reg daartoe het gesetel in God. Die simboliese rangorde het dus direk verband gehou met die mens se verhouding tot God en die hoër kosmiese orde.

Suid-Afrikaanse staatspresidente en regerings is ook deur God geroepe en hulle versinnebeeld die volk se verhouding met God en daardeur met die heelal.

Die Opperwese is vir die Afrikaner die heel belangrikste simbool en deur die Godgegewe leier te eer word God geëer. Die leier is dus die middelaar tussen die lede van sy groep en die hoër orde.

Deur die leier as verteenwoordiger van die groep te eer, word die groep self vereer. Blindelingse gehoorsaamheid en onvoorwaardelike navolging is ‘n vanselfsprekende vereiste. Kritiek op die leier of die regering is dus gelykstaande aan verraad teenoor die groep.

In die skoolhandboeke word leerlinge aangemoedig om ‘n onbevraagtekende lojaliteit teenoor die staat aan te kweek.

Dié absolute lojaliteit versterk die status quo en het die stabiele politieke patroon van die afgelope 35 jaar tot gevolg gehad, maar is in direkte teenstelling met demokratiese beginsels. In ‘n demokratiese gemeenskap word gesag verkry deurdat verskille erken, openbaar gemaak en daarna uitgestryk word. Wanneer verskille doelbewus vermy word en die uitdrukkingsmoontlikhede om te verskil beperk word, dan is demokrasie die lydende party. Wanneer ander menings ‘verraad’ of kettery word, kan demokrasie nie meer bestaan nie. Ironies genoeg verbind die simboolsisteem in die handboeke hom eksplisiet en onvoorwaardelik met die demokrasie.

Die onvoorwaardelike aanvaarding van wettige gesag soos dit deur hierdie meestersimbole in die handboeke gepropageer word, kan uit ‘n innerlike onsekerheid spruit en stagnasie en die belemmering van groei en ontwikkeling tot gevolg hê. Die teksmateriaal lewer dus ‘n skamele bydrae tot die bevordering van ‘n kritiese instelling by die skoolgaande jeug. – bl. 74-75.

Dit is regtig nie die eerste keer dat ek dit hoor nie.

Tönsing skryf die volgende oor sy Duitse klas by die Universiteit van Potchefstroom (bl. 7). Die Suid-Afrikaanse student is wel in die 1970’s ontvankliker vir die letterkunde wat skoonheid en waarheid betref as die Europese eweknie wat norme verwerp, anti-outoritêr is, “entoesiasme as kinderagtig verag en sinies of blasé herkoms en tradisie, die geskiedenis en sy verpligting verwerp en uit vrees vir ‘n derde wereldoorlog in ‘n geestelike vakuum ontvlugting soek”. Aan die ander kant was die Suid-Afrikaanse student hoofsaaklik kritieklose, oordeellose napraters en aanvaarders van elke outoriteit, wat in skrille teenstelling was met die anti-outoritêre opleiding oorsee wat dikwels rewolusie bloot ter wille van rewolusie aangehang het.

Voordat ek die volgende punt behandel, eers die gesprek wat ek en Dr. Dan Roodt op Disqus gevoer het onderaan mnr. Leon Lemmer se rubriek :

Suidpunt:

“Een van die redes waarom ek, in vergelyking met nie-fiksie, min fiksie lees, is omdat romanskrywers se verbeeldingskrag dikwels, selfs meesal, baie beperk skyn te wees. Dit wil voorkom asof fiksie se geslaagdheid in baie gevalle daarvan afhang of dit lewensgetrou is. Daar is al beweer dat ‘n jong romanskrywer nie geslaagde werk kan lewer nie omdat hy nog nie genoeg van die lewe en wêreld ervaar het en genoegsame insig daarin het nie.” [Leon Lemmer]

Ek het hierdie week op Goodreads met ‘n vriendin gepraat. Sy het gesien ek het Kraak drie sterre gegee en vir my ‘n opduimpie gegee. Ek het egter geen resensie gelewer nie en vir haar presies gesê wat fout is met die boek – onder die hofie “Kraak het ‘n kraak weg”:

as jy my eerlike opinie wil hê… dis uit hoflikheid dat ek 3 sterre gegee het en die kommentaar weerhou het [wat die verkoopsyfer andersins sou laat inplof het]. Ek moet seker nie soos Leon van Nierop ‘n Afrikaanse produk met sagte handjies oor die koppie vryf nie – maar…

My grootste probleem met hierdie postapokaliptiese boek is die algehele gebrek aan filosofie. Daar word baie aandag geskenk aan die woordryke omskrywing van die omgewing, mense wat transkontinentaal rondhol… maar ek het my boeke aan die dorpsbiblioteek geskenk. As jy die boek met sy opvolg moet opsom gaan jy maklik 3 sinne gebruik. As jy op ‘n afstand die spulletjie betrag, is dit vir my moeilik om met die karakters te identifiseer. Ek het daarom ook sommer belangstelling in ‘Stof’ verloor, want ek dink ek weet wat kom.

Daar is ‘n rede hoekom ek gistermiddag nog ‘n Wikipedia-artikel geskryf en ‘n onderhoud met Jako Malan van reWritten gevoer het. Dis jou keuse wat jy daarvan dink, maar ‘n roman moet ‘n filosofiese onderbou hê. Ek kan my veel makliker met ‘n jakkals, Makwassie van Elsburg, identifiseer, as met enigeen van hierdie mensekarakters.

[…]

( https://af.wikipedia.org/wiki/ReWritten )

Jammer dat my PRAAG-artikel nog lank vat met Dr. H.J. Terblanche, maar gister het ek Africana Afrikaner: Meestersimbole in Suid-Afrikaanse skoolhandboeke deur J.M. du Preez (1983) gekry vir R5,00 en dié moes ek nou vanoggend eers deurlees. Dit is ‘n verwerkte verhandeling wat sy met lof geslaag het. Plek-plek is dit nogal lagwekkend: die Afrikaanse kind se handboeke is nog in die 1970-1980’s geskryf asof die Afrikanerkind nog ‘n boer is, terwyl slegs 10-12% hierdie beroep beoefen het teen die vroeë 1980’s. Die handboeke was glad nie aangepas by die meeste wat teen daardie tyd verstedelik was nie. Die stad word in ‘n geweldige negatiewe lig beskou, asook al sy probleme wat daarmee gepaard gaan. Sy beskou dit as bewyse van ‘n nuwe ideologie: dat die Afrikaner gemoderniseer het, uit sy plattelandse bestaan stads geword het – hy het sy deel oorwin; dus, iets positiefs, te midde van die moeilikheid (uit ‘n Calvinistiese oogpunt: slegs deur lyding en arbeid sal jy swoeg – die Afrikaner is dus op die regte pad.). Persoonlik dink ek die staat het die platteland probeer aantreklik maak, juis om die Afrikaner te verlandelik, juis omdat die ontvolking van die platteland soveel probleme veroorsaak, en verstedeliking ‘n probleem is. En dan moet ons ook onthou – die stad het die neiging om die Afrikaner, wat dikwels sosiale opgang wil maak, te laat verengels of te ontwortel.

Sy haal egter een of ander ou uit 1975 (Hendrik Willem van der Merwe, Identiteit en verandering; Looking at the Afrikaner today, almal by Tafelberguitgewers uitgegee, hoewel Sentrum vir Intergroepstudies vir my BESONDER verdag klink) aan wat sê die Afrikaner verkeer onder geen druk meer om te verengels nie, omdat die Republikeinse ideaal in 1961 bereik is. Ek weet egter van Serfontein (1970, Die verkrampte aanslag), P.J. Nienaber (1967) en vanselfsprekend J.C. Steyn (1980) en weer K.P. Prinsloo (1984) wat almal gesê het Afrikaans word verwaarloos en selfs geminag. En natuurlik H.J. Terblanche se outobiografie (1977). Verdomp, het die vrou ooit koerant gelees?! Nee, hoegenaamd nie! In haar verhandeling het sy slegs vaktydskrifartikels en boeke gebruik – sy het wel Duitse boeke ook gebruik, moet ek toegee. Om boonop te dink sy het haar M.graad deur Unisa gekry – ek bedoel, was daar dan géén koerantstelsel daardie tyd nie? Wat dit erger maak: dinge het post-1976 drasties verander, en sy haal ‘n bron aan uit 1975?!

Baie van die ou simbole het ondertussen wel teruggekeer wat sy toe nog onnodig ag (bv. met roer in die hand, want daar is mos polisie; broodknie en selfstandig – want daar is mos die kafee?) – jy is vandag nog op jouself aangewese, met die stygende voedselpryse plant jy maar jou eie groentes waar dit kan… maar op een plek het sy vandag heeltemal mis: Die Afrikaner, uitgebeeld in die eietydse massamedia, is die simboolsfeer van die skoolhandboeke ver vooruit (98). Wel, ek sien karakters op TV met doktorsgrade, maar met die emosionele intelligensie van sesjariges… Die programme is ook so geskryf dat die karakters geen toekomsvisie het nie. Ek sien suiplappe wat feesvier. Die meeste programme is steeds op die landbou geskoei waarin blankes hoofsaaklik uitgesaai word – terwyl die meeste blanke Afrikaanssprekendes (dus, Afrikaners?) juis in Gauteng bly, luidens die Sensus 2011. Oor die algemeen: ‘n gebrek aan filosofie. Hedonisme is nie ‘n filosofie nie – dit is ‘n siekte.

Dr. Dan  Roodt:

Baie interessant wat jy hier sê oor oor “gebrek aan filosofie” rondom verstedeliking. Dit strook met my siening dat die NP-Broederbond met hul reusemiddele (sterkste weermag in Afrika, ambassades in Westerse hoofstede, die SA staat, Eskom, Yskor, Sasol, ens.) INTELLEKTUEEL MISLUK het. Hulle kon eenvoudig nie sin maak van dít alles nie en het dit soos hoërskoolonderwysers benader. PW Botha het ten minste besef dat die “aanslag… totaal” was .

Sunnyside in Pretoria – tans Nigeries – was eens ‘n Afrikaner-Manhattan. Só ook eintlik Braamfontein in Johannesburg waar die drie susterkerke elkeen ‘n groot gemeente gehad het. Die Dopperkerk in Braamfontein was ‘n modernistiese kunswerk in brutalistiese beton waar die orrelis hom op die splinternuwe Duitse orrel met Bach te buite gegaan het. In die sewentigerjare is die munisipaliteit van sowel Johannesburg as Randburg deur die NP oorheers. Steeds as ek hier rondry, verstom ek my aan die pragtige Afrikaanse straatname in die nuwe voorstede van Johannesburg, Randburg en selfs Midrand.

As die Afrikaner ‘n positiewe, amper sê ek “progressiewe” maar ek bedoel meer vooruitstrewende, moderne, uitkyk op die stad gehad het, sou ons dalk ‘n soort wetenskapfiksie-utopie beleef het, iets so half uit die Italiaanse konstruktivisme met al sy nasionalistiese ondertone.

Intussen het die swartes die stede hul eie gemaak en het Afrikaners uitgewyk na die voorstede en kleinhoewes waar hulle ‘n soort ersatz “plaaslewe”, kompleet met grasdak-“lapas” herkonstrueer. Saam met hul stedelike oorheersing is die swartes ook besig om die hoofkantore van die banke, versekeringsmaatskappye en hoofkantore van nywerheidsmaatskappye oor te neem: van die stroois na die wolkekrabber binne ‘n enkele geslag!

Volledigheidshalwe haal ek die hele stuk uit die boek nou aan (p. 80-81):

  1. e)      Suid-Afrika is ‘n landbouland, die Afrikaner is ‘n boerevolk.
Ten spyte van die feit dat slegs 10-12% van alle Afrikaners boer, hang die Afrikaners nog steeds ‘n landelike simboolsisteem aan. Dit verklaar die Afrikaner-stedeling se ewige hunkering na die plaaslewe. (Vergelyk Volkskas se embleem van die ploeg, met sy leuse: Arbeidsaamheid.)

Die skoolhandboeke maak hulle by uitstek skuldig aan hierdie verheerliking van die landbou/boerweessimbole. In die Geskiedenis- en Aardrykskundeboeke is daar veelvuldige verwysings na die belang van landbou. Die milieu van die verhale in die voorgeskrewe Letterkundeboeke is hoofsaaklik die plaas of platteland.

Na die lewe in die stad word vlugtig verwys; dit word nie eintlik opwindend voorgestel nie. Die see- en kusgebiede word ook weinig as agtergrond gebruik. Die Letterkunde se simboolsisteem is besonder parogiaal: die wêreld eindig by die landsgrense. Daar is weinig reisverhale of verwysings na buurstate en ander lande. Betreffende die meestersimbool: Suid-Afrika is ‘n landbouland, bestaan daar net een wêreld, en dit is die Suid-Afrikaanse platteland.

Blanke plaasmense speel die hoofrolle in die verhale. Die Swartes is òf vyande, òf werkers en die Engelse en uitlanders word as antagoniste, met wie ‘n mens nie meng nie, voorgestel.

As gevolg van die grootskaalse verstedeliking van die Blanke bevolking in Suid-Afrika moet die jeug nou sy toekoms in ‘n stedelike omgewing skep. Skoolhandboeke konfronteer die jeug egter steeds met ‘n oordosis van landelike pioniersgeskiedenis wat buite hulle ervaringsfeer lê.

Die stad word as ‘n bedreiging, ‘n plek war die Afrikaner hom nie tuisvoel nie, maar net tydelik moet vertoef totdat hy weer plas toe kan gaan, voorgestel.

Dit is vreemd dat die Afrikaner, wat hom so goed by die strawwe land en die pionierslewe kon aanpas, dit so moeilik vind om met die stadslewe te vereenselwig. By die stadskind word die indruk geskep dat hy in ‘n misplaaste wêreld lewe, dat die eintlike opwinding en avontuur slegs op die plase te vinde is. Die plaaslewe-idille kan ‘n psigologiese onrus by die leerlinge veroorsaak. Vir die oorgrote meerderheid stedelinge is die stad hulle permanente tuiste. Die beperkende simboolsfeer in die handboeke, wat die stadslewe steeds as ‘n tydelike beproewing sien, kan nie vir die algemene aanpassing en lewensgeluk van die Afrikaner bevorderlik wees nie.

Dit gaan nie net daaroor nie. As jy ‘n landbouland wil bly, soos hierbo aangevoer word, moet jy jou nou nie kom staan en vergaap hoe Suid-Korea, Japan, Singapoer ongekende vooruitgang geniet met hul tegnologiese wonders (wat hulle teen watter prys kan vra wat hulle wil) nie. Goed, dit was eers in die 1980’s. Vra dan eerder: hoe het na-oorlogse Wes-Europa uit sak en as opgestaan? Dit alles ontbreek in die boeke. Verklaar vir my die Wirtschaftwunder van Duitsland in die 1950’s, van Italië in die 1960’s?

Om die eenvoudige rede: vervaardigde produkte verdien meer as rustof.

‘n Enkele Mercedes E-klas kos nou meer as R1 miljoen, splinternuut met sy sopnat verf. Jou sakkie appels haal iets soos R20 op die mark, wat nie te sê is jy sal kry nie, want die winkelier moet ook sy wins maak. Kom ons gestel daar is tien appels in ‘n sakkie, wat beteken jy sal 500 000 appels moet verkoop om ‘n enkele Mercedes Benz se prys te ewenaar. As ‘n mens inreken dat jy ‘n hele paar vroegryp en vrot appels in jou boord(e) sal  kry, plaasarbeiders foute maak, haelskade, siektes, ens. ens. verdubbel dit jou spasie, kunsmis, arbeid (ens.) wat jy in beslag moet neem, maar dit krimp jou winsmarge in. Dit is ook glad nie te sê mense het altyd lus om jou appels te koop nie. Nie alleen kompeteer jy met ander boere en ander lande wat ook appels verbou nie, jy kompeteer ook met ander vrugte. Starking appels is vir my te melerig, ek kry soms trek vir ‘n Granny Smith, maar veral vir Golden Delicious. Maar aarbeie met room is vir my soeter en lekkerder. Veral daardie bloubessies en swartbessies en my eie nastergal (Solanum nigrum) en appelliefies (Physalis peruviana) in die agtertuin. Aha – iedereen kan dit verbou.

Maar iets soos ‘n stralerenjin is ‘n dringende noodsaaklikheid – mense moet vlieg, dit is die vinnigste manier van vervoer op die oomblik. En nie elkeen kan hom bou nie. Lugrederye en vliegtuigmaatskappye sal nie omgee wat om te betaal nie, solank hul vliegtuie net in die lug kan kom. Het jy enige idee hoeveel vliegtuie daar tans in die lug is? Volgens die Koninkljike Luchtvaartmaatschappij (2017): “Grof gezegd, kost een motor tussen de 10 en 30 miljoen euro.” En niemand sug om te betaal nie. Jy kan dus vir jouself indink hoe landboulande net al hoe dieper en dieper in die skuld beland, want hulle kan nie genoeg geld maak om hierdie duur masjiene te koop nie. Maak nie saak hoe idealisties jy van die masjienwêreld probeer ontvlug nie, soos die plaasroman van die 1930’s sou jy vinnig agterkom hierdie genre se tyd is verby. My snare het finaal gebreek met Oupa Landman se Viool.

Let wel: ek kritiseer nie ons boere nie. Hulle lewer ‘n diens en produk waarvoor baie van ons nie meer kans sien nie. Dit is ons plig om hulle te ondersteun. Maar dink jou gou vir een oomblik in as die hele Johannesburg nou wil begin boer!

My kritiek is téén die regering (van vandag) wat nie wil aanbeweeg na die sekondêre (nywerheid), tersiêre (dienslewering) en kwarternêre (navorsing en inligtingversameling en -verspreiding) sektor toe soos die res van die ontwikkelde wêreld reeds gedoen het nie. Hulle bly met opset vassteek by die primêre sektor: landbou, bosbou, mynbou, vissery, jag – rustof. Ons grootste uitvoerprodukte is steeds, soos opgeteken sedert 1962, rustowwe. Ons haal $108 miljard in 2017 (en onthou, ons is maklik meer as 60 miljoen mense). ‘n Land soos Singapoer se vernaamste uitvoerproduk is mikrovlokkies en stroombane en kry meer geld deur sy uitvoere ($320 miljard in 2017) vanuit daardie piepklein moeraslandjie, as die ganse Swede ($144 miljard in 2017). Wat is daar om te vergelyk?

Ook die landbou kan weens meganisasie en ander elemente daarbuite net X-aantal mense vat, voordat dit versadig is. Dit is waarom daar in die 1800’s ‘n nywerheidsomwenteling plaasgevind… my donder, dis elementêre geskiedenis! En die staat (die huidige een) wil teen sy beterwete wragtig terugneuk na die 1700’s toe? How progressive… ‘n Mens kon sweer die lot het in die eksamen afgekyk by ‘n Apartheidhandboek en dit net so lettertjie vir lettertjie nagevolg. Dit is só onoorspronklik, Azanië is letterlik ‘n ersatz-Apartheid!

Die belangrikste bevind Du Preez, is die ouer garde wat met heimwee terugverlang na die platteland, wat dit net so tot uiting bring in hul boeke (p. 89):

Die Afrikaner wat op die platteland grootgeword het, en daar gevorm is, bly meestal ‘n plattelander, ondanks sy vestiging in die stad.

Aanpassings by die fisiese vereistes wat ‘n pionierslewe stel, was blykbaar nie te moeilik nie; aanpassings by die psigologiese eise van ‘n ekonomiese-georiënteerde stad moes besonder moeilik gewees het. Derhalwe is daar ‘n groot aantal mense wat nie ten volle aangepas is by die stedelike gemeenskap nie, steeds hunkerend om na ‘n landelike omgewing terug te keer.

Hierdie plattelandse oriëntasie word nog in groot mate gevind by die eerste geslag wat in die stad opgroei as gevolg van sosialisering deur ouerhuis, kerk en skool. Met die koms van die volgende gesalg word die invloed van die onmiddellike omgewing sterker as dié van die platteland. Kulturele verstedeliking tree eers werklik by die derde en vierde geslag in.

Daar is ‘n progressie te bespeur by verstedelikte Afrikaners wat as volg opgesom kan word:

–          Die ontstaan, groei en bloei van ‘n radikale politieke sienswyse.

–          Die opkoms van die Afrikaner in die industrie en ‘n toetrede tot die kapitalisme.

–          Die inburgering van die Afrikaner en die ontstaan van ‘n middelklas binne die stedelike en voorstedelike woongebiede.

Hierdie progressie word nie in die simboolsfeer van die skoolhandboek-teksmateriaal betrokke by hierdie ondersoek gedek nie.

Vervolgens ‘n aanhaling uit Van der Merwe (1975): “Toe Kestell in 1938 by Bloukrans gepraat het oor ‘my nasie in nood’ en om ‘n ekonomiese reddingsdaad gepleit het, kon hy onmoontlik vooruitsien dat die Afrikaner-ekonomie binne ‘n dekade die beproefde selfreddende pad van die moderne industriële kapitalisme met merkwaardige ywer, talent en vindingrykheid sou volg.”

Dit is vreemd dat Suid-Afrika se ‘Wirtschaftwunder’ geen aanklank in die simboolsfeer van die skoolhandboeke vind nie. (my beklemtoning)

Plek-plek gaan sy vir my te ver. Sy gebruik Ortega Y Gasset se indeling van die geslagte:

1)      Die kind aanvaar hoofsaaklik sy ouers se simboolsfeer en vertolk weinig self.

2)      Die jeug ontwikkel ‘n selfbewustheid en begin self vertolk.

3)      Die generasie van inisiasie het al grotendeels sy eie lewenstyl deur eie vertolking bepaal en kom in opstand teen die lewenstyl van die generasie van dominansie.

4)      Die generasie van dominansie se lede beklee die belangrikste posisies in die samelewing.

5)      Die ou mense werk nie meer aktief aan ‘n lewenstyl nie en het hul posisies in die samelewing aan die generasie van dominansie afgestaan. Ortega noem hulle getuies van die verlede.

Volgens Du Preez se vertolking is die ou mense, die getuies die skrywers van hierdie boeke en het lankal hul raktyd oorskry. Die generasies van inisiasie, die jeug en die dominante kultuurvormers word saamgesmelt; hul seggingskrag, selfstandigheid en vertolking word ontneem en as groep word hulle “soos ‘n kind behandel”. Wat sy eintlik sê is: die Afrikaner sit hier met ‘n gerontokrasie.

Verskoon my, maar dit grens darem aan growwe “ageism” en “stale pale male”. Mnr. Leon Lemmer is in die 80 en steeds lewer hy weekliks vir ons goeie resensies wat vir my ook bruikbaar is. Die internet is van so ‘n aard dat ouderdom regtig nie meer ‘n faktor is nie. Slegs die wil, die ondervinding en die kennis. Daar is ‘n rede hoekom die mense in die parlement en hof hierdie lawwe wit poeierpruike gedra het, en dit was om mense te herinner dat ouderdom nie tel nie, maar die opinies en die rede wel. Dit maak nie saak of jy ‘n infantiele kommunis met ‘n rateltjie of ‘n helder, ingeligte, oopkop bejaarde met ‘n loopraam is nie, die geldigheid van die argumente spreek vanself.

  1. i)        Die Afrikaner word bedreig

Die volgende twee paragrawe (p. 85):

Verstedeliking: Die Afrikaners, wat hulleself as ‘n landbouvolk beskou, het migrasie na die stad net as ‘n laaste uitweg oorweeg. Slegs omdat hulle voortbestaan bedreig was, het hulle die plase verlaat. Die tyd wat hulle dan noodgedwonge in die stede moes deurbring, was ‘n beproewing en gekenmerk deur hulle ewige hunkering na die plaas.

Die stad word as ‘n vyandige omgewing gesien, waaruit ‘n mens liefs so gou moontlik moes wegkom voordat dit te laat is. Die bekende uitdrukking Sodom en Gomorra is aan die stede toegedig en is ‘n uitstekende beskrywing van wat die plaasmense se indrukke van ‘n stad was. Mense ‘af die plaas’ was daarenteen puriteinse, naïewe persone wat nie opgewasse was vir die eise van die stad nie.

Kom ons stel Du Preez se teorie op die proef aan die hand van ‘n steekproef (‘n eksemplaar) uit hierdie era. Ek het ‘n ander teorie. Maar voordat ons beskuldigings rondgooi, laat ons net eers doodseker maak of die Staat vooraf geweet het wat die Afrikaner se beroepsposisie in die stad is.

“Die Afrikaner in die beroepslewe van die stad” (1968)

Sowaar, hulle het geweet. Die proefskrif van dr. S. van Wyk sluit af met die volgende slotsom (pp. 237-239):

Die slotsom waartoe geraak word na aanleiding van die onderhawige studie is die volgende:

a)      Die Afrikaner het inderdaad teen 1960 nog ‘n baie groot agterstand in die beroepswêreld deurdat hy in ‘n veel groter mate as die nie-Afrikaner in die minder aantreklike en minder lonende beroepe gestaan het. Hy begeef hom veral in die kollektivistiese en owerheidsektor.

b)      Die nie-Afrikaner vergelyk oor die algemeen baie gunstig met die Afrikaner omdat hy na verhouding veel meer as die Afrikaner die aantreklikste en die hoogs besoldigde professionele, uitvoerende, besturende en verkoopsberoepe beoefen. Die Engelstalige se sosiaal-ekonomiese voorsprong blyk ook daaruit dat hy veel meer as die Afrikaner ‘n ondernemer en werkgewer is.

c)       Die agterstand van die Afrikaner staan regstreeks in verband met sy landelike agtergrond, sy gebrek aan ‘n stedelik-industriële tradisie, die feit dat die stadsontwikkeling skielik gekom het, die feit dat die verstedelikingsproses wat gevolg het na aanleiding van die ontdekking van diamante en goud en die daaropvolgende handels- en industriële ontwikkeling snel verloop het en die feit dat die ondernemers en kapitaalkragtiges in die vir die Afrikaner nuwe ekonomiese stelsel uitheemse nie-Afrikaners was.

Die Afrikaner is deur allerlei faktore van die platteland na die stedelike omgewing weggedryf – faktore in die natuuromgewing geleë (droogtes, plae, veesiektes); die plattelandse verarming, veral ook na aanleiding van die Tweede Vryheidsoorlog, ensovoorts. Die Engelstalige daarteenoor het weer ‘n groot voorsprong in die beroepslewe van die stad, omdat hy hierheen gekom het as ‘n stedeling met ‘n stedelik-industriële tradisie, met ondervinding en opleiding, en ook as gevolg van die feit dat hy gerugsteun is deur die Brits-imperiale verband. Hy was ook van die begin af die ondernemer en die kapitaalkragtige. Vandag nog is een van die grootste vraagstukke vir die Afrikaner in die ekonomiese lewe van die land daarenteen juis die vraagstuk van kapitaalvorming.

d)      Daar is ‘n besonder noue verband tussen die beroepslewe en die sosiaal-kulturele en sosiaal-ekonomiese lewe van die gemeenskap. Die agterstand wat die Afrikaner in die beroepslewe ondervind, moet noodwendig sy sosiaal-ekonomiese en sosiaal-kulturele ontwikkeling oor die algemeen benadeel, terwyl dit die Engelstalige natuurlik kragtens sy voorsprong bevoordeel. Solank die Afrikaner ‘n agterstand in die beroepslewe het, sal hy ook ‘n agterstand in alle fasette van sy maatskaplike lewe ondervind en solank die Afrikaner op sosiaal-ekonomiese gebied ‘n agterstand ondervind, sal hy ook ‘n agterstand in die beroepslewe hier te lande openbaar.

e)      Kragtens die sosiale dinamika waardeur iedere gemeenskap gekenmerk word, moet mens te wagte wees dat die Afrikaanse gemeenskap ook in sy beroeps-, maatskaplike en kulturele struktuur mobiliteit sal ondervind. Hierdie beweeglikheid in die maatskaplike struktuur kan òf die vorm van geleidelike agteruitgang, òf die vorm van vooruitgang aanneem, maar juis omdat die Afrikaner so besonder bewus is van sy sosiaal-kulturele en sy sosiaal-ekonomiese agterstand, sal hy na alle waarskynlikheid vordering toon.

[…]

Die vordering van die Afrikaner hang in ‘n baie groot mate van homself af – van die mate waarin hy die bestaande geleenthede benut, hulle voortdurend aanvul en uitbou en die mate waarin hy hom dit daadwerklik ten doel stel om sy posisie te verbeter. In elk geval kan hy sy beroepsagterstand alleenlik uitwis deur bewustelik daarna te streef, deur die optimale benutting van onderwysgeleenthede en deur die ontwikkeling van elke greintjie latente vermoë. Ten dien einde sal die Afrikaner se besonder gunstige posisie in die onderwysprofessie hom in die toekoms as onskatbaar vername hulpmiddel te stade kom.

Ons sien dus Van Wyk se stelling is ‘n effense draadsittery: ja, hy wil die Afrikaner in die onderwysberoep sien, maar nee, hy moenie die staatsdiens te lank beklee nie maar eerder in die privaatsektor vir homself werk vind en skep. Ek vermoed hy sou wou hê jy moet die geld van die staat as middel oppot (hoe karig ook al) totdat jy jou eie onderneming of professie (soos die geneeskunde, veeartsenykunde, tandheelkunde, ens.) kan begin. Of, die geld sal vir jou kinders gebruik word, sodat hulle hierdie beroepe kan beklee.

Van Wyk skryf ‘n paar bladsye tevore (bl. 231-232) vir ons hoe die Engelssprekende nog vernaamlik “konserwatiewe” skoolvakkeuses gemaak het:

Vergelykende statistiek van die Departement van Onderwys, Kuns en Wetenskap bring aan die lig dat die Afrikaanse hoërskoolleerling ‘n verontrustende agterstand in vergelyking met sy Engelstalige eweknie het. In die Transvaal het byvoorbeeld slegs 53 persent van die Afrikaanse matrikulante in 1962 wiskunde geneem teenoor 82 persent van die Engelstalige matriekleerlinge. In die Kaapprovinsie was die verhouding 44 persent teenoor 65 persent, in Natal 66 persent teenoor 87 persent en in die Oranje-Vrystaat 47 teenoor 64 persent onderskeidelik. Ook wat Latyn betref, was die bevinding dat die Engelstalige die vak baie meer neem as Afrikaanstalige leerlinge. Dit was onder andere aan die verkeerde vakkeuse van Afrikaanse kinders te wyte dat daar ‘n wanverhouding in die getalle Afrikaans- en Engelstalige geneeshere, ingenieurs, regsgeleerdes en verwante professionele werkers bestaan het wat deur die universiteite gelewer is. So was van die studente wat by die mediese fakulteite van al die universiteite in 1963 ingeskryf was, slegs 27 persent Afrikaanssprekend. Van die ingenieurstudente was slegs 34 persent Afrikaanssprekend en in die regsfakulteite, waar kennis van Latyn ‘n voorvereiste was, was slegs ongeveer 42 persent Afrikaanssprekend.

[…]

Die bedenklike verskynsel dat kinders aan die Afrikaanse hoërskole so dikwels toegelaat word om allerlei maklike vakke vir Matriek te neem, lei dus daartoe dat die Afrikaanse kind outomaties van sekere beroepe uitgesluit word.

[…]

“’n Mens kry ongelukkig die indruk dat dit in sommige Afrikaanse skole die vernaamste doel geword het om die kind in Matriek te laat slaag sonder dat daar gevra word of daar by hom ‘n grondslag gelê is waarop hy in die verde lewe kan voortbou.”

Ek is pleit skuldig – ek het die ‘maklike’ vakke gekies (wat soos ‘n ‘stigma’ aan ‘dom’ kinders gekleef het – wat soek ek dus in hierdie klas?), wat onbewustelik my algehele gemiddelde ‘kunsmatig’ opgestoot het bo die res. Baie leerlinge wat gebars het in die tegniese en wetenskaplike vakke (Biologie, Skeinat, Rekeningkunde, Wiskunde, Rekenaarstudie) sal my dus, seker goed te verstane, nie juis eendag onthou as ‘n geliefde mens nie… As daar maar beter geesteswetenskaplike vakke of tale was om van te kies, wie weet?

Nou goed, tyd om die skoolhandboek aan te pak.

‘Geskiedenis vir St. 10’ (1974-1984) onder die soeklig

Die bovermelde handboek, uitgegee deur Perskor, is geskryf deur C.J. Joubert, en sy ISBN-nommer is 0628009313 as jy self wil gaan naslaan. In die voorwoord van die tweede uitgawe word gesê “weinig wenke” is ontvang wat verwerk kon word.  Wat?! Het absoluut niemand beswaar gemaak nie?

Wat jou heel eerste opval in hierdie boek is die afdeling oor die ekonomiese indringing, of eerder, inwurming, van Sjina in Afrika, en watter gevaar dit vir die Blankedom aan die Suidpunt inhou. Maar vir hierdie artikel moet ek my nou gaan toespits op die verstedelikingskwessie.

Interessant, op bl. 226 staan duidelik: “…in 1970 was 86,7% van die 3 774 000 Blankes verstedelik”. ‘n Mens sou dus meer wil sien oor die rol van Blankes in die stad/dorpe.

En soos Du Preez tereg sê, ‘n mens sou meer oor die Wirtschaftwunder in Suid-Afrika wil weet, maar amper vier bladsye agtereenvolgend (elders nog meer) word afgestaan aan die Armblankevraagstuk. Oor sy opgang in die stede (p. 228)? Daar word meer gekyk na sy kulturele en maatskaplike toestande as die ekonomiese dryfveer.

Deur hierdie faktore beïnvloed, was ‘n groot deel van die verstedelikte Afrikaner nie net besig om geestelik en kultureel agteruit te gaan nie, maar ook om sy identiteit te verloor. Dit het ‘n proses van denasionalisering aan die gang gesit. Denasionalisering sou ‘n groter tol geëis het as dit nie was dat kultuur- en kerkleiers stappe gedoen het om die proses te stuit nie. In 1929 is die FAK (Federasie van Afrikaanse Kultuurverenigings) gestig. Die FAK en die ATKV (Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging), sowel as kerklike organisasies, het die Afrikaner gehelp om sy identiteit te behou. In die dertigerjare het die Afrikaner ‘n sterk kultuurmens geword. Die verheffing van Afrikaans tot amptelike taal in 1925, die opkoms van die Afrikaanse letterkunde, die ingebruikneming van die Afrikaanse Bybel in 1933 en die Eeufeesviering van 1938 het ‘n nuwe trots by die Afrikaner laat ontwikkel.

Die Afrikaner het mettertyd sy probleme wat hy as stadsmens ondervind het, oorkom. Steeds stygende getalle, beter akademiese agtergrond, beter ekonomiese posisie en sterk kultuurbewustheid het teen die jare veertig ook ‘n invloed op die politieke toestande in Suid-Afrika gehad. Al meer van die stedelike kiesafdeling is deur die Nasionale Party gewen. Dit was veral van 1948 af merkbaar.

Hierdie boek sê hy “trek” die geskiedenis “deur” tot 1970, dus, vier tot ses jaar voor die skrywe. Uit die vorige blad (p. 227) word net geskryf in 1939 het die Afrikaner slegs 8% van die handel beheer en in 1963 was dit reeds op 28%. In die volgende paragraaf word net gesê in 1961 was 71% van alles staatsdiensamptenare Afrikaanssprekendes, terwyl dit in die polisiemag nog veel hoër is, met 87%, en dat ‘n toenemende getal Afrikaners die onderwys sedert die 1930’s hul beroep gemaak het. Weereens, die staatsdiens.

Wat die ekonomiese vooruitgang betref, presies soos in my Aardrykskundehandboek van 2006, word daar meer gekyk na die Staat se eie inisiatiewe en ontwikkelingsprojekte as die privaatsektor s’n. Wat my betref het die privaatsektor ‘n dubbele rol: hy verskaf die geld waarmee die regering moet dobbel, en hy moet nog op sy eie bene staan, op sy voete dink en die inisiatief neem wat dikwels die staatsektor ligjare vooruit is. Vir die hoeveelheid geld wat die privaatsektor bydra, is ‘n paar paragrawe in die handboeke seker nie te veel gevra nie, of hoe?

So, ons moet nou aanneem dat die Afrikaner sy opgang gekry het as kripvreters en dat die privaatsektor glad nie bestaan nie of ‘n weinige rol speel. Of: die staat (of die skrywer) wil eintlik hê die Afrikaner moet nog in die staatsdiens bly/oorheersend wees.

‘n Veel groter hoeveelheid bladsye word aan die “Verstedeliking van die Bantoe” afgestaan en al die euwels wat daarmee gepaardgaan.

Dit is baie duidelik dat die boek desentralisasie voorstaan, en met goeie rede (p. 225):

Meer as 80% van die Republiek se fabrieksgoedere word in die vier hoofnywerheidsgebiede geproduseer. Dit is die Pretoria-Johannesburg-Vereeniging-gebied, die Durban-Pinetown-gebied, die Port Elizabeth-Uitenhage-gebied en die gebied om Kaapstad. Dit bring mee dat Suid-Afrika se industrieë meer gekonsentreerd is as dié van die meeste ander nywerheidslande. Om verskeie redes is so ‘n toestand nie wenslik nie.

–          Dit dra in ‘n groot mate by tot die ontvolking van die platteland.

–          Terwyl ontwikkeling slegs in enkele gebiede plaasvind, raak die res van die land agter wat industriële vooruitgang betref.

–          Die plattelandse bevolking deel nie in gelyke mate in die toenemende welvaart van die land soos die stedelike bevolking nie.

–          Konsentrasie van bevolking in die stede bring mee dat lewenskoste styg. Hoe meer mense op een plek saamgetrek word, hoe hoër styg die lewenskoste per persoon.

Die regering het derhalwe besluit om ‘n program van desentralisasie van stapel te stuur. Deur desentralisasie kon daar ook nywerhede op die grense van die Bantoetuislande gevestig word waar daar nie genoeg ondernemings is om in die aanbod van arbeid te voorsien nie. Agt gebiede is vir grensnywerhede opsygesit. Ten einde nyweraars aan te moedig om ondernemings in dié streke op te rig, is spesiale toegewings aan hulle gemaak.

[…]

Groeipunte in grensgebiede wat hoofsaaklik op die Bantoe toegespits is, is Brits, Rustenburg, Potgietersrus, Pietersburg, Phalaborwa, Richardsbaai, Ladysmith, Newcastle, Oos-Londen, Berlin, en King Williamstown. In die Bantoetuislande is die groeipunte Babalegi, Isithebe, Umtata en Butterworth.

Waarom al die jakkalsdraaie loop? Hoekom spel jy dit dan nie uit nie: “ons soek jou op die platteland, hond!” Want gesien die 2011-sensus het die Afrikaner die subteks duidelik nie gesnap nie, of soos ‘n rooi robot saans in Hillbrow geïgnoreer.

Die skrywer het wragtig vergeet om toe te voeg: “waar meer mense van oraloor saamdrom is daar ook meer ongeskoolde arbeid, meer werkloosheid, meer misdaad, daarvan hou ons nie.”

Ag, ons almal weet die skrywer was diep in sy hart net bang dat die Afrikaner in die stad verder sal verengels en sy kultuur kwytraak. Nou stuur hy hom terug na die kibboetse op die platteland waar die Afrikaner nog die hef in die hand het.

Of was dit die hele “terug na die natuur”-beweging in Europa wat uiteindelik oorgespoel het hierheen? Ek weet van piekniekfoto’s van ABBA op die idilliese Sweedse platteland, die hare ongekunsteld mooi gladgestryk, te mooi … Die ‘sorgelose’ 60’s en 70’s. In Amerika is suburbia ook nie meer so lekker nie, en ‘n naweekboshut iewers in die ongerepte wildernis word as die nuwe ideaal voorgestel. Sous un ciel d’étoiles.

“Luna, dies et nox et noctis signa severa” uit Lucretius, of soos T.J. Haarhoff vertaal in sy boek Briewe aan Reinhard van Johannes (1942:39): “Die maan, die dag en die nag, en die streng sterre van die nag”.

Waarom nie sommer op die platteland bly nie? Met jou blokhakskoene, Sweedse ferweel en lunettes de soleil rondes noires. Iewers lees ek nog in Buidel hoe Jan Rabie en Marjorie Wallace op die idilliese Onrus gaan bly het (ek kan net nie onthou of Uys Krige hom voorgespring het nie), en dit het die lêplek van al wat kunstenaar en skrywer geword wat hom tydig en ontydig kom “verras” het – tot sy ergernis. Net soos die ongevraagde voëls wat in sy koolkoppe (of was dit nou blaarslaai?) kom nesmaak het. Nou moet jy ook verstaan: Jan en Marjorie het heerlik getoer deur die ‘ou Griekeland’ en die ware “Westerse plattelandse dorpsheid” opgesoek wat in die stad en moderne Afrikaanse dorpe en deur die modernisme verlore gegaan het.

Maar gesien teen die inhoud van die Geskiedenishandboek, ontstaan daar onder die stedeling, wat geen behoefte aan ‘n Onrus het nie, meer vrae as antwoorde. Selfs ek wat op die platteland bly kan dit met ‘n stok aanvoel.

My liewe mens, om na die platteland uit te wyk, beteken mos nou nie jy hoef ‘n afkeer in die stad te kweek nie! Daar is meer as genoeg stoot- en trekfaktore wat daarnatoe sal lei.

Wanneer ‘n leerling/student/afgestudeerde eers agterkom dat die staat hom in ‘n blik wil druk, inligting van hom verswyg het of blatant vir hom gelieg het, gaan hy in opstand kom, die hele stelsel verwerp, of ‘n ander heil soek wat na die regte pad lyk. Dit gaan beslis gepaard met verwarring en woede.

Verwarring, woede en verwerping onder die jeug

Probleem nommer 1: die ontnugterde buitestaander vs. “‘n nasie iewers êrens heen”.

Ek wou eers The Story of an Afrikaner: die rewolusie van die kinders (1980) deur Natie Ferreira in die hande kry, maar het daarteen besluit, aangesien ek nie kon uitvind presies wanneer die persoon die Afrikanernasionalisme verwerp het nie, en ek spesifiek na jeugdige voorbeelde gesoek het.

In Abraham de Vries se resensie sien ons egter duidelik ‘n Afrikanerman wat heeltemal ‘n ontsaglike probleem het met sy eie individualiteit wat doodgesmoor word deur Nasionalisme, tot so ‘n mate dat hy voortaan in Engels skryf (wat ek nou oorskryf uit Judith Lütge Coullie se “Rejecting the Mother Tongue: Afrikaner on the Margins” ):

I should really be writing in Afrikaans. But as you know it is impossible to do so at this stage. It irritates and saddens me but at least I know that time is on my side.

The point is: our politicians, newspaper editors and Afrikaans publishers will allow us to write (and think, and say) only certain things – those things that fit the grand schemes and narrow thoughts of a powerful cabal. I know because I’ve tried. I pleaded with them, argued and fought. Nothing helped.

So I will write in English but always with the hope that one day my people will know that they are not free.

Volgens hom: “the individual has no lebensraum except in submission.” En diegene wat nie konformeer nie, kry die volgende behandeling van die koerante (soos weergegee in De Vries):

“ … Afrikaans newspapers and the SABC start in on what they call a ‘knife job’. This simply means that the culprit is discredited, smeared, written off and buried” or in a “subtler version”: the doodswyg-metode, the kill-by-silence method” (p.4.)

Bravo! Ongeag die politieke bordjies wat verhang is – het hul strategie en metodes sedertdien verander? Plaas van weerlegging wat ‘n sinvolle gesprek is, spreek die media eerder van hul onkunde deur slagspreuke en eensydige beriggewing. ‘n Intelligente mens dink uit verskeie invalshoeke.

Ferreira is ook nie die eerste een nie: ek weet van Reisigers na nêrens (1953) deur Willem P. van den Berg, wat die hele mensdom amper verkwalik omdat die hoofkarakter se eie individualiteit, drome en selfverwesenliking verpletter is deur die sieldodende tradisie wat gestroop is van betekenis (soos hý dit ervaar). Van der Berg skilder ‘n kuddedier voor ons (p. 108-109):

Met ‘n gevoel van bitterheid in sy hart bekyk hy hierdie mense. Hoe dankbaar is hulle nie vir elke geleentheid tot ontvlugting nie, al die perverse, enge, bekrompe kreature! Wat gee hulle om of hierdie aand Kersaand of watter aand ook al is, solank hulle in uitspattigheid en uitbundigheid hulself en hul klein en verskroeide lewentjies kan vergeet! En dit is Gods hoogste skepping, die mens, sy medemens, in wie hy altyd so vas en seker geglo het, vir wie se geluk hy bereid was om te stry, omdat hy geglo het in mooi-klinkende terme soos ‘n gelyke bestaansreg, vryheid, die geleentheid tot selfverwesenliking, die ontwikkeling van die persoonlikheid. Maar kyk na hulle! Waar is die selfverwesenliking, waar ‘n persoonlikheid? Hy beskou hulle aandagtig, soos hulle verbykom, een vir een. Skaars ‘n enkele gesonde, selfs maar liggaamlik gesproke. Die een ‘n vet jong man, ‘n verbleekte ou vroutjie, ‘n teringlyer, ‘n mank bedelaar, twee jong meisies, welgevorm maar met alle natuurlikheid verberg onder poeier en verf en kunsmatig gekrulde hare, hulle gesigte leweloos en onverskillig – ‘n stroom van mislukkings, gebroke nature, verydelde geeste.

En dit is soos hulle hierdie dag vier. Wat ‘n teenstelling tussen hierdie aand en daardie! Die stilte op die vlaktes voor Betlehem, die gesprek van die eenvoudige herders wat huiswaarts keer, die enkele gloeiende ster in die uitspansel, die sang van engele! En hier, dreunende motors met hulle skerp ligte, straatligte, advertensieligte, motorbusse, verligte vensters, sigarette; ‘n skreeuende tierende mensemassa op jag na vermaak, plesier, net iets opwindends; in die kafees en deur die vensters by die danssale, wilde, luide, sensuele musiek. In die nagklubs word gedans, in die kroeë word gedrink – want Kersmis moet gevier word – so!

En kort voor lank kom die verwagte aanval op Afrkanernasionalisme ook in die boek voor.

Maar die teenpool sal ons wel in Raiders of the Lost Empire vind: dr. Dan Roodt bevind mense wat geheel en al onverskillig en ontwortel is van hul eie volk, hul eie taal, hul eie identiteit, dus, in ‘n staat van kultuurloosheid verkeer, is vatbaar vir verdowingsmiddels of enige ander vorm van ontvlugting, wat nie in die minste die werklikheid verander nie:

There is a kind of snobbery around drugs and the English look down upon others who do not use narcotics. I strongly suspect that a lot of opinions that we encounter in English newspapers or in the media in South Africa, were also concocted while on some form of stupefying substance. The French word for drugs, stupéfiants, expresses it very succinctly, for in the act of drugging oneself one also succumbs to stupor or becomes stupid. South Africa has plumbed such levels of stupidity over the last few years that we are regressing back to primitive, early Stone Age, or even hominid levels. Very soon South African English, which is already considerably creolised and ugly, will consist of screeches and grunts. Like the vuvuzela, a monotonous plastic instrument habitually blown at soccer matches, all communication will eventually descend to a very basic level.

There is something tragic about English consciousness, which is fundamentally unhappy, hence the need to be drugged, inebriated or numbed. Perhaps this has some connection with the global multicultural project, which aspires to the destruction of all identity, including personal identity. Only when we achieve an undifferentiated herd consciousness, an atavistic “we”, are we to become “fully human” or whatever cliché it may be called. In South Africa’s business schools, they even teach courses in “ubuntu” as an ethical principle which translates “I am a person through others”, another way of expressing the longing for a collective hive consciousness.

Today in South Africa, it is part of the English creed that we should in no way be “divided”. This is almost a world-wide Anglo-Saxon principle. All progress towards becoming an undifferentiated human mass, a bit like the science-fiction concept of “the Borg” in the American Star Trek series, is applauded. Anyone relinquishing his language and culture in favour of English is seen as having taken a step towards becoming part of the “greater mass” which may even be seen as a global or planetary mass.

Met ander woorde – skat, dit maak nie saak hoe jy jou probeer lostorring van die gewaande “kuddediere” nie, jy word slegs deel van ‘n veel erger vorm van identiteitlose, staatlose kuddedierskap. Van nasionale na ‘n globale skaal.

Maar toe kom ek op ‘n veel beter bron af.

Probleem nommer 2: die groot kultuurbom bars een of ander tyd.

Ek was besig op delpher.nl toe ek op hierdie stukkie juweel afkom: Boekhandelaar provoceert censuur in Zuid-Afrika, De Volkskrant, bl. 17, Vrydag, 29 Januarie 1982, geskryf deur Ena Jansen.

Dames en here, wie het veel beter kennis van die omvang en die agtergrond van die hele probleem, as ons eie stigters-egpaar, dr. Dan en Karin Roodt?

In die berig pryk ‘n foto van Marcus de Jong, die Hollandse boekhandelaar en uitgewer van Taaldoos. Met die destydse sensuurraad op die loer, stel De Jong eintlik voor jy moenie in Afrikaans publiseer nie, maar in Nederlands, want omdat die lesertal so min is, sal niemand eers daaraan dink om jou boeke ooit te vervolg nie:

Omdat in Zuid-Afrika Nederlandse boeken een veel kleiner lezerspubliek hebben dan Engelse boeken, is de kans dat een Nederlands boek of Nederlandse vertaling van enig buitenlands boek door de mazen van de censuur glipt juist groter. The Godfather van Mario Puzo werd bij voorbeeld destijds verboden, terwijl de Nederlandse vertaling gewoon verkrijgbaar is. Iedere titel moet namelijk individueel worden aangeklaagd om als “onwenselijk” en dus tot verboden literatuur te worden verklaard.

Maar wat my toe eintlik interesseer is die volgende. Ons vind die term “toeristisch” waarvan dr. Roodt die konsep tot vandag toe nog met ‘n passie haat (ek is seker ek het dit iewers in sy boek Raiders of the Lost Empire ook raakgelees):

“Ik heb in dit verband Dan Roodt de term toeristisch denken in de mond gelegd. Als je bijvoorbeeld vanuit Amerika naar Nederland komt, verwacht je klompen en tulpen en sekswinkels aan te treffen. Zo wordt iedere werklijkheid buiten je eigen werkelijkheid geëtiketteerd. Het Zuidafrikaanse etiket is uiteraard de apartheid en binnen de Zuidafrikaanse werkelijkheid krijgt iedere groep ook weer een etiket opgeplakt, de Zoeloe is eerlijk, krijgshaftig maar dom, de Afrikaner is een herriebek, en de Engelsman is een usurpator maar liberaal. Daardoor wordt met woorden de hele complexe werkelijkheid vereenvoudigd, op een journalistieke wijze aannemelijk gemaakt voor mense die niet kunnen denken.

Als je een kijk op de werkelijkheid wilt veranderen, dan is de meest voor de hand liggende manier om andere begrippen te gebruiken dan de geijkte “toeristische”. Als je een ongestructureerde beschouwing hebt die helemaal tegen de gangbare mening ingaat, krijg je een soort magisch-realistische kijk die je niet hoeft te verantwoorde tegenover mensen die in Oxford, Amsterdam of New York zitten. En zeker niet tegenover Pretoria.”

En, dan hierdie baie belangrike stukkie.

Dan Roodt wil geen nieuw denksysteem met vaste waarden of vaste maatstaven. Hij heeft dan ook lak aan normen van kwaliteit. Het heel begrip kwaliteit is in Zuid-Afrika toch al een gepolitiseerd begrip geworden. Alleen rechtse mense denken in termen van kwaliteit. Linkse mensen denken in termen van authenticiteit. Dan Roodt heeft dus een hekel aan Brink en Gordimer. Het kan zijn dat jaloezie daarbij een rol speelt, maar hij is vooral tegen deze auteurs gekant omdat zij opereren met begrippen als literaire kwaliteit. Ze brengen weliswaar verslag uit van de Zuidafrikaanse werkelijkheid, maar verpakken dit volgens hem overeenkomstig de normen van de westerse romantraditie. De censor heeft gezegd: “Boeken die ‘n zekere kwaliteit hebben, worden niet verboden.” De baas in Pretoria heeft zich vereenzelvigd met de westerse kwaliteitscultuur en hiertegen verzetten de Taaldoos-mensen zich. Zij willen niet schrijven volgens de normen die door de ambtelijke cultuur worden voorgeschreven. Zij geloven ook niet in het woord als wapen. Dat vinden zij een burgerlijke opvatting.”

Dan Roodt en de zijnen gaan zeer grof tegen de censuur in en dat bereiken ze vooral door tot nog toe oncombineerbare zaken met elkaar in verband te brengen. In “Patria Matria & Poep & Sê Hosanna” worden de Zuidafrikaanse volkshelden, de Springbok-rugbyspelers afgeschilderd als een stelletje oververhitte flikkers* die tijdens de wedstrijd er alleen maar aan denken hoe ze elkaar te pakken kunnen krijgen. [*’flikkers’, Nederlands vir ‘moffies’]

Dit klink nogal radikaal en revolusionêr! En dit sê vir my een ding: ‘n seun en ‘n dogter kom rou uit die skool, word op Wits gebombardeer deur kultuurmarxisme waarop hulle geheel en al nie voorbereid was nie (danksy jou wonderlike skoolkurrikulum), álles wat hulle tot Matriek en in die ouerhuis geleer het is verkeerd en verwerplik – so waarom nie die hele stelsel op sy kop keer nie? Hierdie berig is geskryf toe dr. Dan Roodt 24 jaar oud was.

Nee, hy en sy vrou hoef nie vandag om verskoning te vra nie, hulle was ook maar net slagoffers van die stelsel: die skool het hulle nie voorberei op Wits se indoktrinasie nie, en hul koppe het uitgehaak. Oorsaak en gevolg. Die Staat het soos Pilatus sy hande in onskuld gewas. Waar was jou Veiligheidspolisie toe? As studente, veral Afrikaners wat voorheen Afrikaanse skole bygewoon het, almal by ‘n sekere fakulteit begin snaaks optree, moet jy mos ondersoek instel? Die Christelik-Nasionale Staat het sy seuns en dogters willens en wetens vir die honger Sowjetwolwe gevoer en hul skoongepikte beendere veras en in die wind verstrooi as dankoffer in die Ganges. In antwoord op Stefanie Nieuwoudt se vrae in 2004 (Filistynse luiheid pla: Engels nie ál venster op buiteland, sê Dan Roodt. Die Burger, 15 Junie, bl. 14):

Dit was aanvanklik vir my ‘n skok om agter te kom hoe naïef ek was met die stelletjie links-liberale idees wat by Wits by my ingedril is. Terwyl ek in Suid-Afrika destyds baie krities was oor die ou regering, het ek nou toenemend die valsheid van die apartheid-stereotipe in die buiteland begin raaksien en gaandeweg daarteen in opstand gekom. Moltrein verteenwoordig in ‘n sekere sin my weerwraak op apartheid, op die woord self, maar ook op al die gemeenplase, halwe waarhede en opvattinge wat sowel plaaslik as internasionaal daaronder versprei is.

Veral in Frankryk was die anti-apartheidsbeweging ‘n blote afdeling van die Franse Kommunistiese Party, en dit het my laat besef dat hulle ‘n eie agenda gehad het om Afrikaners te beswadder in reaksie op hul eie morele probleme as gevolg van die kritiek op die kommunisme en die uiteindelike heengaan van die stelsel in Oos-Europa.

Maar wag nou, Suidpunt! Het jy nie tydens jou relaas oor jou Besigheidstudies gesê die Staat moet liefs nie hul politiek in die werk afdwing nie?

Ag, my liewe leser – die Apartheidstaat van destyds het, sover ek weet, nié die Handves van Menseregte onderskryf nie, so hulle kon die media eintlik pasmaak en reguleer soos hulle wou. Ek sê “kon”. Onder so ‘n staat kan jy sensuur toepas soos jy luskry. As die staat sou verkies om iemand voor die vuurpeloton te stel wat die leier ‘n aap noem (ek sal liewer nie Koos Prinsloo hier herhaal nie), dan kon die Staat dit doen. Maar hy het nie. As hy die gevaar van Rooi-Sjina wil uitlig, dan kon hy dit doen; hy stry immers teen die Kommunisme en maak sy leerlinge attent op wêreldgebeure.

As die Staat vir Suid-Afrika ‘n landbouland wou maak met alle stedelinge wat moet dink hulle is landbouers, dan kon hy dit seker ook so beskrywe in sy handboeke. Maar dit sou oneties teenoor sy Afrikanervolk of Suid-Afrikaanse nasie wees. So in hierdie geval sou ek nie so straf wees teenoor die Apartheidsregering op ‘n regsbeginsel nie, want hy beweeg net binne sy eie vrye raamwerk. Dat hy wel dwaas opgetree het deur die Afrikaner van sy omgewing d.m.v. sy skoolhandboeke te vervreem, daaroor kan ek kritiek lewer. Asook hul versuim om strenger antikommunisties op te tree.

As die Apartheidsregering onderneem het om die volk en sy kinders en jongmense teen Kommunisme te beskerm, help dit egter nie jy maak of dit glad nie in jou land bestaan nie. Dis so goed jy ignoreer die inbreker in jou huis. Want hoe gaan die kind weet of hy deur ‘n frontorganisasie ingetrek word? Wat my dus dronkslaan: daar was wetgewing teen Kommunisme, maar tog lyk dit my het (verbloemde) Kultuurmarxisme in Academia floreer. Jou student gaan met hierdie linkse professore te doen kry, en hulle gaan nie weet hoe om kritiek te lewer nie. Daar dink ek kon die Staat reeds ‘n grondige Antikommunisme-Bybel, verkieslik opgestel deur ‘n vlugteling-Pool of –Rus, onder die jeug versprei het om die werktuig van die duiwel te ontkrag.

Maar in Suidpunt se geval, in sy hoërskooljare, het die postapartheidstaat reeds die Handves van Menseregte aanvaar en onderskryf, met ander woorde, die Staat is moreel verplig om vir my al die verskillende uitgangspunte , oplossings en probleme te stip wat op geen wyse eensydig is teenoor sy landsburgers as individue nie. Jy streef mos na gelykheid, gelykheid van menings? Maar ons weet dit gebeur nie. Ek het dit pas hierbo bewys.

Wat moes dus gedoen word?

Nommer 1

Die Afrikanerprofessore was duidelik bewus van die 1968-beweging wat oorsee gewoed het. Hulle moenie vir my kom sê hulle het nie geweet nie. Dieselfde geld vir die kerke. Die boek met die ironiese titel, Jy kan die kommuniste vertrou, deur die Australiër Fred Schwarz, is reeds in die vroeë 1960’s vertaal en verkoop. Die omslag is oortrek met resensies uit Afrikanerkoerante. En ek laat my nie vertel die Onderwysdepartemente was salig onbewus daarvan nie.

Ek sit hier met Gaudeamus Igitur (1974) deur Deon Hugo reg voor my. Dit was vir eerstejaars bedoel.  Op bl. 34 word die maatskappykritiek van Marcuse net so aangehaal en al die besware wat ‘n student kan hê ten opsigte van die leerplanne. Al wat Hugo in ‘n neutedop hierop sê: festina lente (haas u langsaam). Moet jou nie warm loop en dink jy gaan die wêreld oornag in ‘n sewende hemel omskep nie (p. 38):

·         Wanneer jy bv. irritasie smaak omdat jy sien dat die volwasse-wêreld nie ag slaan op die erns waarmee jy probleme bejeën nie, sorg dan dat jy genoegsaam konsiderasie het vir hulle erns.

·         Voordat jy ‘n sogenaamd uitgediende sisteem vernietigend sloop omdat dit na jou mening nie probleme kan verhoed nie, konstrueer eers ‘n sisteem wat wel onfeilbaar is – enigeen kan ‘n Utopia beloof sonder om ‘n program voor te lê.

·         Indien jy ‘n kortpad gaan vat – het iemand gesê – vergewis jou eers van al die feite waarom jou voorgangers die ompad gebou het.

·         Dit is ook maklik om te sê dat die volwassenes gefaal het in hantering van verantwoordelikhede – want jy kan rondom jou talle samelewings-mislukkings uitwys. Korrek. Maar, is jy bereid om die blaam te dra van al die probleme wat sal bestaan as jy twintig jaar ouer is?

·         Soms wil jy rewolusionêr probeer om lewe te blaas in slakkegang-beweging van die volwasse wêreld. Onthou dan net dat die Christelike beskawing die resultaat is van eeue se denke, pyn, ontbering en harde werk – dis nie ‘n kits-skepping tydens teepouse nie.

Hiermee saam kan jy ook maar onthou:

·         Welsprekendheid moet nie met wysheid verwar word nie

·         Bewerings is nie feite nie

·         Woede is nie ‘n plaasvervanger vir kennis nie

·         Slagspreuke is nie oplossings nie

·         Idealisme vereis weinig verstand

·         Gebrek aan agting maak jou self uiteindelik veragtelik.

“Elke oplossing skep onmiddellik ook sy eie probleme,” kon hy met liefde bygevoeg het.

Ten spyte van hierdie baie mooi wyse woorde, het jy steeds met redelose studente te make. Ek dink dit sou ewe goed wees om ‘n boek saam te stel waarin alle Marxistiese stellings weerlê is. Dit was immers in Nasionale Belang! In Afrikaans, vir die Afrikanerkind. Hy moet dit op hom dra soos sy tweede Sakbybeltjie, of soos die Joodse seuns die tefillien shel rosh op hul voorkop. Iewers sou die jong Afrikanerkind hom in die middel van ‘n debat bevind in ‘n gebied waarvan hy absoluut niks weet nie. Hy ken nie die oorsprong daarvan nie, hy weet nie wat logika, redeneerkuns en sirkelredenasies is nie. Hy sit met leë hande, of op die kantlyn, want hy kan nie deelneem nie.

 Nommer 2

Vir elke voorstel wat jy in jou handboek aan die hand doen, lig onmiddellik ook die kritiek of verbeteringspunte uit. Indien ‘n ou norm vervang is, lig uit waarom dit verander is. Sê daarmee: “Die oplossing van die probleem is vir ons belangrik, maar ons het ook gekyk watter uitwerkings die verskeie oplossings gaan hê. Ons is meer ingesteld op die korrekte oplossing as watter keuse per se voorgestel of gekies moet word of die gewildste is.” Tot op datum misluk die skoolkurrikula en semestermodules in die geesteswetenskappe hierin cum laude. Ons almal het dit eerstehands beleef.

Nommer 3

Die feit dat die meeste Afrikaners in Gauteng woonagtig was in 2011, beteken jy pas jou aan volgens hulle behoeftes, sonder om die plattelanders uit die oog te verloor. Wat dit juis erger maak: destyds in die 1970’s was daar nie ‘n algehele nasionale leerplan nie, maar volgens provinsies, en daar is byna elke vyf jaar ‘n sensus gehou en die navorsingsrade talryk. Die provinsies behoort juis van beter te weet hoe die bevolkingsverspreiding en behoeftes sou lyk.

Nommer 4

‘n Stedelike nedersetting word beskou as enige plek met meer as 500 mense (volgens S. van Wyk, Die Afrikaner in die beroepslewe van die stad, 1968).

Die hele stadsfilosofie waarvan ek en Dr. Roodt praat vir die ‘stedelinge’ is eintlik ‘n soort denkwyse wat ons van die “ideale Europeërs” het. Ons is alte bewus van die kultuurinsinking oorsee, maar ons wil graag die goeie behou. Hoe lyk dit? Jy is nie meer “boer” nie, maar “nyweraar”. Die spreekwoordelike kaal bolyf, hark en breërandhoed maak plek vir ‘n deftige onderbaadjie en sakhorlosie. Dis geen snobisme nie, ons probeer van die stedelinge bloot egte stedelinge maak. Soos ek uit Dr. Roodt se stelling kan aflei praat ons, benewens die estetika (vorm en funksie), benewens “straatslim” te wees, ook van Europese tale (in die internasionale publiek) en die grondige filosofiese onderbou daarvan (of watter vakgebied ook al jou keuse is) kennis te dra.  Baie mense kom stad toe en wei op die oppervlak van die beskawing en raak so ontwortel. En verward.

Die eintlike doel is nié om van die Afrikanerkind ‘n rat in die stadsmasjinerie of enige organisasie te maak nie (wat uitgelewer word aan die geldwolwe wat minderwaardige kultuurprodukte smous) nie, maar ‘n rasionele, onafhanklike wese wat wêreldwyd in die hoogste kringe kan beweeg en saampraat. Ons wil hom juis so beweeglik moontlik maak. Die Hollanders was nie bang dat hul seuns met hul kennis van Frans, Duits en Engels die land sal verlaat nie, al het hulle al die middele gehad om dit te doen. Hulle is wel na buitelandse universiteite toe om ondervinding daar op te doen, maar die meeste het huiswaarts gekeer. Waarom? Want hulle het gewéét waar daar ‘n leemte was, kon hulle dit vul.

As jy my môre in Rotterdam, of Frankfurt, of Lyon of watter plek ook sal aflaai, sal ek die skaars bronne wat daar is (wat ek nie op archive.org kan kry nie) gebruik om artikels te skryf vir die Afrikaanse Wikipedia. Want ons het dit nie. Daar is ‘n vaste doel, ‘n vaste mikpunt, ‘n vaste wil. As ek dit mag saambring Suid-Afrika toe, sal ek maar te bly wees.

Iewers in Du Preez se verhandeling vermeld sy onder “Gebrekkige en ontoepaslike selfmodelle” die volgende (bl. 93):

‘n Strewe na geleerdheid word met suspisie bejeën: (‘…of hy met al sy slimmigheid darem nog Afrikaner gebly het’ kom uit een van die voorgeskrewe boeke.)

Om ‘n kind van die wêreld te isoleer deur hom nuttige vakke en inligting te ontneem, doen jy hom en die ganse samelewing ‘n groot onreg aan.

Die stad/dorp was in die 1980’s nie meer die grys triestige gedrog met snorkende stoomneus-treine met monsteroë uit die 1800’s nie, maar die welkome kultuurhart van ‘n volk in die 1980’s. Daar vind jy jou museums, jou biblioteke, jou kerke. Dit bly steeds die ideaal.

Die Afrikaner skrik nie as ‘n stad/dorp of wêreld rondom hom (ten goede) moet verander nie, want hy weet dit is nodig en dikwels onafwendbaar. Daar was in Parys in die verlede groot ongelukkigheid oor die Haussmann-geboue wat die ou stadskern verdring het. Dit was egter om sindelikheidsredes nodig (sien hier). Party Paryse skrywers het in die 1860’s lang trane gehuil oor hul geskiedenis, die ou Middeleeuse Parys, wat van hulle onafwendbaar ontneem word, soos Charles Baudelaire in sy gedig Le cygne:

Le vieux Paris n’est plus (la forme d’une ville

Change plus vite, hélas! que le coeur d’un mortel)

Die ou Parys is nie meer nie (die vorm van ‘n stad

verander vinniger, helaas! as ‘n sterfling se hart)

Maar skaars ‘n paar geslagte later kom die Suid-Afrikaanse Ambassade onder skoot omdat dit ‘n “filistinisme” was om die verskriklike Haussmann-gebou te sloop en ‘n hipermoderne gebou in sy plek op te rig (vergelyk Moltrein, bl. 231). Die Haussmann-argitektuur, óns identiteit, is in gevaar! Dit wys jou net.

Nommer 5

Gepaardgaande met verandering moet die kind ook geleer word, omrede alles verganklik is, moet daar deeglike dokumentering plaasvind. Want mense gaan dit aanvra. Dit is ‘n legkaartstuk. Soos met kamerawerk. En omdat jy ‘n stedeling is, behoort jy ‘n goeie lees- en skryfkultuur te ontwikkel. En gepaardgaande met ‘n skryfkultuur het jy ‘n goeie waarneming en goeie woordeskat nodig.  ‘n Kamera vang lig teen ‘n enkele hoek vas, woorde sê hoe die mense voel en dink.

Ander kere, kort jy bloot pen en papier. Dink maar aan die Afrikaanse Kersliedere wat die afgelope dekades gekom en gegaan het. Elke jaar hoor ons presies dieselfde Engelse liedjies oor die radiostasies, terwyl die FAK-bundels, die Afrikaanse Gesangeboek, die Jeugsangbundels I en II, en natuurlik ons popsterre (ek dink aan Lianie May (Johan Vorster) se oulike ‘Sneeuman’, Nicholis Louw se ‘Jesus gaan verjaar’… ) heeltemal vergeet word. Maar as jy dit eers neergepen het, stel jy eintlik ‘n inventaris beskikbaar waaruit toekomstige geslagte self kan besluit wat hulle daarmee wil maak. Ek het nog nie eens die helfte, of kwart, van al ons Kersliedere opgespoor nie – tot my spyt is ek geen musikus of musikant of danige plateversamelaar nie. Dit is geplaas op 2 deser, die dag van die rugbyeindstryd. My suster het op daardie dag en datum die Sionsgesange (1947) langs ‘n vullisdrom in die hoofstraat van ‘n Overbergse dorp met minder as 35 000 mense in omtrek opgetel en saamgebring, terwyl ek onwetend die hele week besig was met die artikel (wat is die waarskynlikheid?!); natuurlik beskou ek dit as ‘n teken van Bo – ek doen Godswerk onder die heidene! ‘n Mens wonder dan net hoekom niemand nog vroeër aan so ‘n lys gedink het nie. Miskien is dit ‘n probleem wat C.M. van den Heever al lank gelede opgemerk het in Die Afrikaanse Gedagte (1935:65-66):

Die volk wat geen visie, geen verstand het nie – so leer die Bybelwoord ons – sal ondergaan. Die volk wat wel oë besit, maar niks sien nie, is innerlik dood – so ook die mens wat horende doof en siende blind is. U sal sê dat dit onmoontlik is. ‘n Mens besit immers ‘n paar oë, deeglike besigheidsoë, hoe sou hy dan nie kan sien nie? Nee, hy sien goed, maar net ‘n klein kantjie van die lewe. Hy het sy hele visie vertregter op een aspek van die lewe: hy sien die moontlikhede om besigheid te doen, hy sien die swakhede en gebreke van sy medemens, waaroor hy diepsinnig kan skinder, maar die lewe as geheel, met sy hoogtes en dieptes, met sy breë menslike ervaring, die lewe as geheel kan hy nie sien en aanvoel nie. Waarom? Hy het nooit geleer om met en deur sy siel te kyk nie! Hy het grootgeword in ‘n omgewing, in ‘n onderwys waarin die lewe versplinter lê tot klein flenters, waarin die groot-menslike nie meer in die oog spring nie, die lewe net sy praktiese alledaagse gelaat toon en die wonder van die oneindige wat straal agter alle uiterlike verskynsels, nie meer gesien en ervaar word nie. Ons gevierde beeldhoukunstenaar Anton van Wouw het eenmaal aan my gesê dat dit so treurig is om op te merk dat die meeste mense niks sien nie. En inderdaad moet dit vir ‘n kunstenaar soos van Wouw, met daardie fyn-skerpe waarneming van die uiterlike vorm en lyn van die dinge, afskuwelik wees om te sien hoe die meeste mense deur die lewe gaan en nouliks besonderhede van hul omgewing opmerk. Dit is ‘n kuns om te kan sien, en dit is nog ‘n groter kuns om die mooie en waardevolle wat ons opgemerk het, te assimileer tot geestesbesit en om te kan onderskei tussen die essensiële en die nie-essensiële in die lewe wat ons omring. Mens moet van jongsaf leer om ‘n gesonde waarnemingsvermoë te ontwikkel en om die bonte, veelkleurige wêreld wat ons sien, te verinnig tot sielsbesit deur dit suiwer te laat afspieël op ‘n mooi gevormde innerlike. Ons het al almal mense ontmoet wat ‘n hele lang reis gemaak het en jou niks kan vertel as hulle terugkom nie; of as hulle dan nog vertel, dan is dit ‘n aanmekaargeratel van oninteressante dinge, en wie oninteressant gesels of skrywe, het geen fyne sin van verhouding nie, kan nie onderskei tussen wat boeiend en vervelend is nie. Sy hele gees is gemeenplasig. Daar is baie mense wat nog nooit opgemerk het hoe die randjie naby sy huis lyk nie, wat die werklike kleur van die veld, pad of straat in sy omgewing is nie. Alles is min-of-meer, nooit ‘n drang na die haarfyne en korrekte nie. En hoeveel van ons lê ons toe op ‘n sorgvuldige, indringende studie van ons medemens se siel. Baie van ons het wel ‘n hele boel te vertel oor hul swakhede, maar die mens as geheel, met sy swakhede en deugde, sy vreugde en leed, al sy menslikheid ken ons nie, en daarom kan ons ook geen kuns waardeer nie, want om waardering te hê vir kuns, beteken om menslik te wees, om die groot ruim veld van die lewe onbevooroordeeld in te gaan en met al die sintuie en die hele gees op te neem alles wat van waarde is en om dan so ‘n volledige persoonlikheid op te bou wat gedrenk is in ervaring en verruim is deur begrip en menseliefde.

Soos Van den Heever pleit op ‘n gewaarwording wat gekweek moet word vir die uitken en waardering van die skone rondom ons, pleit ek vir die uitken en waardering van die nuttige bronne wat rondom ons is, byna soos ‘n bestekopname.

Nommer 6

Dit is vir my moeilik om te bepaal wat die langtermynoogmerk van die onderskeie handboeke was. Die Hollandse Gimnasium-kurrikulum voor 1968, soos ek reeds gesê het, was eenvoudig: hier is jou boublokke, bou ‘n kasteel daarmee. Dè! Gaan! Verken die wêreld. De wereld ligt voor je open.

Wat die boek deur C.J. Joubert (1974) betref sien mens tussen die reëls dat die Afrikaner weerstand moet bied op militêre en politieke gebied, dat sy hele bestaan in gevaar is; en/of ‘n uitwaartse beleid moet handhaaf met ander Afrikalande (te midde van die isolasie wat die wêreld op ons deur sanksies probeer bewerkstellig). Op ekonomiese en maatskaplike gebied moet jy solank gereed maak om die stad permanent te verlaat. En hou jou kruit droog. Die res van die samelewing het blykbaar heeltemal ophou bestaan. Ek praat van die privaatsektor, kultuur, die wetenskap… daaroor is nie veel gesê nie.

In die 2006-2008-Aardrykskunde/Toerisme-handboeke kan jy duidelik die elektriesgelaaide opwinding aanvoel oor die BRICS-lande en veral die noue samewerking met Sjina. En natuurlik die Sokkerwêreldbeker van 2010. ‘n Politieke tydsdokument, dus. Dis byna-byna 13 jaar later sedert die uitgawes wat ek moes leer; ek wonder watter teleologiese “eindpunt” verkoop die jongste handboeke vandag?

Is ‘n skoolhandboek ooit veronderstel om so voorskriftelik te raak?

Slotsom

Volgens Du Preez is daar sekere gedragspatrone tot mitiese status in die VSA-kultuur verhef. Die belangrikste hiervan is (p. 18):

  •         die Puriteinse mite o.a. die gevare van aardse geluk
  •         die pioniersmite, d.w.s. onwrikbare geloof in die onbeperkte moontlikhede vir die individu met krag, moed en intelligensie
  •         die mite met betrekking tot die belangrikheid van die individu se alledaagse lewe
  •         die mite van die belangrikheid van materiële sukses; en
  •         die mite van die jeug se vervreemding ten opsigte van die volwasse gemeenskap.

Ons sien hoe “gevare van aardse geluk” (wat baie na Calvinisme klink) moontlik “materiële sukses” kan temper (as ons nou volgens die Volkstaat-idee kyk wat gekant is teen stoflike welvaart), maar ook vind ek die noodwendige vervreemding van die volwasse gemeenskap in vele opsigte heeltemal onnodig en selfs uitgedien. Baie keer word ‘n besluit geneem omrede dit vir die pragmatiste op daardie oomblik na die beste oplossing gelyk het. Dikwels is dit nie uit kortsigtigheid nie.

Ek wil nie met Latyn of met Frans of Duits dweep nie, maar neem hulle nou as voorbeeld: in die 1980’s sou niemand kon dink dat al daardie Middeleeuse werke of selfs die proefskrif van Ferdinand Postma (De Numine Devino quid senserit Vergilius ) eendag op die internet beskikbaar sou wees nie. Niemand sou ook kon dink dat Umberto Eco se postmoderne Il nome della rosa (1980) dwarsoor Europa en Amerika opnuut belangstelling in die Middeleeue sou blaas nie. Soos in die res van Europa in die 1960’s was die vakke op daardie stadium vir jou skoolhoofde en leerlinge dus as uitgedien beskou. Wat gister uitgedien was, kry vandag weer nut, want nou moet ons al die ou probleme en oplossings weer van voor af gaan naslaan, of tydlyne optrek soos die teorieë verander het. Sodat niemand weer dieselfde foute of bevindings oor en oor sal maak nie. Want dit mors tyd. Ander kere is voorgestelde oplossings oor die hoof gesien, bloot omdat die infrastruktuur of platform nog nie daar was nie.

Trouens, met die uitsondering van die pioniermite ek die hele Amerikaanse mite-stelsel, want ek werk volgens ‘n probleem-oplossing-stamboom, wat hom by die unieke omgewing aanpas.

Soms kry jy vir ‘n probleem ‘n enkele oplossing – soos in jou Wiskunde. 1 + 1 = 2. Soos ‘n vrygesel loop sy spoor daar dood.

Ander kere kry jy ‘n uitgebreide gesin: ‘n waaiervormige hoeveelheid oplossings vir ‘n enkele probleem. Maar hierdie oplossings skep dikwels weer probleme, wat op hulle beurt ook ‘n waaiervormige uitklok van oplossings bied. Mense soek dikwels die vinnigste kitsoplossing met die minste moeite teen die minste geld, maar oor die lange duur is dit nie altyd die beste oplossing nie. Goedkoop is duurkoop. Dan moet daar tog maar teruggekeer word na die tweede opsie toe. En so hou die stamboom van probleem en oplossings net aanhou met uitbrei, uitbrei en uitbrei.

Iewers lees ek in Prof. Kobus van der Walt se Omgewingspraatjies (2012:315):

‘n Britse wiskundige, I.J. Good, het in 1965 al gepraat van ‘n intelligensie-ontploffing in die toekoms. Ons nader nou daardie punt wat singulariteit, oftewel sonderlingheid, genoem word. Sonderlingheid is ‘n teoretiese punt waar die antwoord op ‘n probleem sal bestaan nog voordat die probleem geïdentifiseer is. Die mensdom kom al hoe nader aan dié punt.

Maar dit bestaan reeds! Ek wonder nog oor ‘n saak en ek google – en iemand het reeds die vraag gevra en dit is reeds deur ander beantwoord en gekritiseer. Ons grootste probleem is net dat die meeste boeke nog nie korrek gekategoriseer is nie, en die inhoud daarvan nog nie op die internet maklik verkrygbaar is nie. Jou eintlike probleem van singulariteit is dat ‘singulariteit’ self ‘n probleem is. Dat ‘n probleem dikwels slegs ‘n/één oplossing gebied word, wat mense deur herhaling op herhaling slaafs en resepmatig sal navolg. Ons behoort nie te praat van ‘n antwoord nie, maar antwoorde. Of, ‘n oplossing is reeds in ‘n terloopse voetnota in ‘n boek in 1345 opgeskryf, maar die arme sotte is vandag salig onbewus van die boek se bestaan. Hulle sit dus met ‘n eietydse probleem waarvoor daar eeue al ‘n oplossing is. Die antwoord bestaan dus nog lank voordat die probleem geïdentifiseer is. Wat gister soos prosaïese of selfs nuttelose reisaantekeninge gelyk het, is vandag miskien brandaktueel.

Dit was in die 1970’s miskien nie altyd moontlik nie, maar vandag glo ek ons kan ons kinders en die jeug eerder leer om te gaan ronddelf na antwoorde, gevolg met verdere eksperimentering en kritiek. En hiervoor het jy die redeneerkuns (logika) en die uitwys van drogredenasies en misleiding (wat jammerlik genoeg dikwels eers in jou honneursjaar geleer word) dringend nodig.

Die huidige Onderwysdepartement kan dus met vrug van seksopvoeding ontslae raak. Hy kan sy politieke projekkies maar los vir die dooies. Hy kan wel vir ons soliede boublokke gee waarmee ons self sal besluit hoe ons toekoms moet lyk.

Leon Lemmer: Swart Afrika as vertreksaal vir emigrante

Ek het al by verskeie geleenthede oor die massa-intog van inkommers in die Europese vasteland (bv Praag 3.02.2018) en Brittanje (bv Praag 15.05.2016) geskryf. In 2015 het hierdie verskynsel ‘n hoogtepunt bereik toe 1.256 miljoen migrante Europa binnegesypel het – 200 000 hiervan uit Afrika (Stephen Smith, bron hier onder, Kindle 405, 2992). Die meeste van hierdie inkommers was afkomstig uit Sirië, Irak en Afganistan (2041). Hulle het die oorlogstoestande in daardie lande as voorwendsel vir aanspraakmaking op vlugtelingstatus gebruik.

“Between the early 1970s and the late 1990s the number of asylum applications in the countries that now comprise the European Union increased twenty-fold – from about 15 000 per annum to more than 300 000. Since 2000, this three-decade-long upward trend has continued unabated: in 2014, the year before the ‘migration crisis’, the number of first-time asylum seekers in the EU was 562 700; in 2017, after the migratory peak, Eurostat put it at 650 000” (3364). “The right of asylum in the EU has become a game of chance … But … that right … has [also] become a fig leaf for economic migration” (3376).

In Brittanje word dikwels voorgegee dat die invloeiing van blanke hande-arbeiders uit Oos-Europa – ná hierdie lande se toetrede tot die Europese Unie – die rede vir die toenemende weerstand teen inkommers is. Dit is glo deels die rede waarom die meeste Britse kiesers ten gunste van EU-uittrede gestem het. “Polish migrants were the referendum’s target of choice: more than a million had moved to Great Britain in the five years following Poland’s entry into the EU in 2004” (229). Die Britse inwoners se onvergenoegdheid met die baie nieblanke migrante uit bv die Indiese subkontinent en die Karibiese eilande word skynheiligheidshalwe liefs verswyg.

Die verwagting is dat migrasiedruk uit die Midde-Ooste en Asië op Westerse lande gaan toeneem. Natuurlik ook uit veral Sentraal- en Suid-Amerika op die Verenigde State van Amerika. Maar daar is ook die Afrika-faktor. In 2016 was daar reeds 9 miljoen Afrikane in Europa, teenoor 900 000 in 1960 (417). Afrika word as die mees dinamiese kontinent beskryf; nie wat bv vindingrykheid en werkgierigheid betref nie, maar met verwysing na bevolkingsaanwas. Demografies gesproke kan Afrika op biljoenêrstatus aanspraak maak (3303), al is ekonomiese ellende een van sy prominentste kenmerke. Geografies is Afrika en Europa naby mekaar. Daar word veronderstel dat migrasie uit Afrika die volgende massavloed gaan wees wat Europa tref. Afrika sal op hierdie manier “the Mexico of Europe” word (276).

“Between 1975 and 2010, 10 million Mexicans migrated to America both legally and illegally. In all, including their children born in the United States, Mexican-Americans now form a community of some 30 million people, about 10 per cent of the US population. If Africans followed that example between now and 2050, the Afro-optimistic leitmotiv of ‘Africa Rising’ would, quite literally, become a reality … At the end of a sustained African migratory wave, Europe’s population would include some 150 to 200 million African-Europeans – counting immigrants and their children – compared with just 9 million today. In a little more than thirty years, between one-fifth and one-quarter of the population in Europe would be of African descent” (310). Dit is verbasend dat Donald Trump sulke kwaai teenstand ondervind as hy in werklikheid bloot die beleid van sy voorgangers voortsit – al is dit meer energiek – om Amerika se suidgrens (3 145 km – 2850) in groter mate teen inkommers te beveilig. “Only fifteen countries had built walls or wiremesh fences on their borders in 1990; by 2016 that number had jumped to seventy” (3221).

“In 1975, the population of America was three and a half times Mexico’s then 60 million inhabitants, while today it is still two and a half times larger, although the Mexican population has doubled. Even if we take into account all of Latin America, with its 600 million or so inhabitants, the migratory pressures on the United States are much weaker than those facing Europe. Today, the European Union (including the United Kingdom) has some 510 million inhabitants, while there are 1.3 billion people in neighbouring Africa. In thirty-five years, that asymmetry will have grown enormously – there will be an estimated 450 million Europeans and some 2.5 billion Africans. As the population of Europe continues to age, Africa’s demographic will continue to trend in the opposite direction. By 2050, two-thirds of Africans will be less than thirty years old. Put another way, for every European in their fifties, there will be three Africans, two of whom will be in the prime of life” (322).

Dit gaan ‘n suid-noord beweging van mense wees, dus die teenoorgestelde van die destydse “scramble for Africa” (275). Die ironiese verwagting is dat swart Afrikane op groot skaal hulle polities onafhanklike lande gaan verlaat om “n beter lewe” onder blanke politieke bewind te soek. Daar kan kwalik ‘n beter bewys wees dat blankes ‘n land beter tot voordeel van al sy inwoners regeer as ‘n swart politieke bewind, wat dikwels deur bv ondoeltreffendheid en korrupsie gekenmerk word. “In leaving their homelands by any means possible, rather than staying and expressing their dissatisfaction and trying to make things better, they [migrants] are saying something [important] about their societies: … that they are dysfunctional, and not only in terms of per capita GDP, employment opportunities or a social safety net. They also lack the capacity to generate hope … Are African immigrants qualified for life in the West? It seems to me they bring the problems of their own societies, but also the will to solve them in a more enabling environment” (2472). “I don’t exclude the possibility that this ‘better life’ that migrants so readily invoke may only be, in the words of the French demographer Michèle Tribalat, ‘a third-world lifestyle with a European standard of living'” (2489). Dalk is dit waarna gestreef word wanneer die ANC-regime nuwe huise aan mede-swartes oorhandig.

Ek skryf na aanleiding van Stephen Smith (gebore in 1956) se boek, The scramble for Europe: Young Africa on its way to the Old Continent (Cambridge: Polity Press, 2019, 200p; Amazon Kindle $13.79). Die teks is “an entirely updated and reworked version” (187) van die oorspronklike Franse uitgawe wat in 2018 gepubliseer is. Die outeur het in Europa grootgeword en Duits met sy ma gepraat. Daarna het hy as joernalis dekades in Afrika deurgebring, insluitende Frans-Afrika. Hy gebruik die frase “bush taxis” (1549, 1679), wat ‘n beter benaming as “minibustaxi’s” kan wees. Tans is hy ‘n dosent aan Duke University in Durham, Noord-Carolina. Wat die outeur beoog, is “to provide a factual basis on which others can come to an informed view” (253).

“I have made no a priori assumptions in favour of homogeneity or diversity as ideals, least of all as moral imperatives … Nor do I question whether the African migrants who feature in this book are fleeing violence and lawlessness, poverty or lack of opportunity, for a better life. Nor do I insist on a distinction between legal and unauthorized migration, or between economic migrants and people seeking asylum” (247). “Opponents of diversity are often accused of xenophobia and even racism, while its supporters are often suspected of wanting to dilute national identity” (2639). Hy onderskei tussen “‘upstream’ issues like entry requirements and border controls and ‘downstream’ concerns involving numerous, sometimes conflicting, models of social integration” (434). Stroomaf kan in hierdie konteks moeiliker as stroomop wees weens die “unbridgeable otherness” van die inkommers (1579). “The melting-pot theory of assimilation is outdated” (2925). ‘n Land wat hom vir migrasie oopstel, “will be defined by a multi-ethnic and multicultural mosaic” (2926).

“I endeavour to assess Africa’s importance as a reservoir of migrants, and as far as possible to predict both the magnitude and timing of this human flow from Africa to Europe” (253). “Africa, the island-continent of youth, is also the ‘lost land’ of failed adulthood where hundreds of millions of castaways are waiting for a life of fulfilment beyond their reach” (1568). Dit is waarom Afrika dikwels met ellende geassosieer word; ook “miserabilism” genoem (2093). Smith voorspel: “More than 100 million Africans are likely to cross the Mediterranean Sea over the next two generations” (259). Sy fokus is op swart Afrika, dus Afrika suid van die Sahara (275), en nie op Noord-Afrika met sy Arabiese bevolking nie. Hy beklemtoon veral drie sake: Die eksponensiële bevolkingsaanwas, die groot persentasie swart jeugdiges en die buitengewoon groot migrasiebegeerte. Migrasie in die wêreld in sy geheel “has increased from 92 million in 1960 to 258 million in 2017” (2003). “The United Nations … expects that between 2015 and 2050 some 91 million people from the world’s developing [poor] nations will move to the world’s wealthiest [white] countries” (2023). Die aanleiding hiertoe is “profound disbelief in the prospect of things taking a turn for the better within one’s lifetime … Large-scale migrations tend to originate from places where there is no hope” (2105).

In die boek word Suid-Afrika net sydelings betrek, waarskynlik omdat die nagloed van wat die blankes oor eeue hier tot stand gebring het, nog nie (heeltemal) uitgedoof is nie. Byvoorbeeld, Afrikalande se amptelike bevolkingstatistiek is hoogs onakkuraat, met Suid-Afrika wat darem die beste vaar (514) – ook wat die voorkoming van kindersterftes betref (811). Morten Jerven het ‘n hele boek, Poor numbers (2013, 208p), oor Afrika se onbetroubare (amptelike) statistiek geskryf (525). In hierdie beperkte sin is Suid-Afrika darem nog nie in alle opsigte ‘n tipiese Afrika-land nie, al is hy sedert 1994 ywerig op pad daarheen. Die grootskaalse emigrasie van die plaaslike blankes word glad nie in die boek genoem nie. Die “wêreldmening” is selde begaan oor die lot van blankes in Afrika. Veral sedert 1994 is daar Afrikanerdiaspora in bv Amerika, Brittanje, Australië en Nieu-Seeland. “To call yourself a member of a diaspora is to lay claim to the status of a castaway of history, a victim: you have ended up somewhere as a result of misfortune, if not worse – in any event against your will” (2135).

In Europa is daar sterk verskille van mening oor migrasie. “Poland, … propounds the concept of ‘ethnic homogeneity’. The threshold of tolerance was crossed long ago and a ‘Fortress Europe’ mentality is seen as the sine qua non for survival. For others, notably Germany, ‘welcoming’ people in need is a categorical imperative, and any attempt to question the unqualified acceptance of migrants is viewed as Fremdenfeindlichkeit or xenophobia” (440). Daar word gespekuleer “about the extent to which the warm welcome of migrants in Germany had anything to do with clearing the debts of the Nazi past” (3478). Maar Angela Merkel het spoedig tot beter insigte gekom. “Germany took in almost 1 million asylum seekers in 2015, but the following year rejected 91 per cent of the requests for protection” (559). “Merkel has since refrained from repeating her previous call that there should be no Obergrenze or ‘cap’ on immigration” (597). Sy het weens haar dwase uitlatings heelwat kiesers van haar politieke party vervreem (589).

Volgens Smith behoort migrante uit Afrika nie maklik weg te kom met ‘n pleidooi vir vlugtelingstatus nie, dus “to claim victimization as their permanent condition” (2161). “Only African migrants are locked up in their past, a perpetual ‘return to pain'” (2167). Daar word gepraat van swartes se “grievance identity … blacks who view life through the lens of victimization” (3159). “The worst response that one can foist on African migrants is what Hannah Arendt [1906-1975] called the ‘politics of pity'” (2495, 3182). “Europe should not consider ‘the’ African migrant and potential fellow citizen as someone who stands vaguely for an abstract humanity” (2674). “‘Pan-Africanists’ have a tendency to mark as racist any opposition outside of Africa to the arrival of African migrants” (2356), terwyl iedere sovereine land die reg het om te besluit of hy immigrante wil toelaat en, indien wel, hoeveel van hulle en aan watter vereistes hulle moet voldoen. “One doesn’t join a club by relaxing the rules” (2727).

Globalisering het “the free circulation of goods and capital” meegebring (2810), maar dit volg nie dat mense daarom ook vry is om hulle in enige land van hulle keuse te vestig nie. Die eerste deel van die volgende sin (toegepas op Afrikane) is myns insiens minder omstrede as die tweede deel (toegepas op Afrikaners): “When trying to formulate a ‘good’ immigration policy, irenic universalism inspired by a vague brotherhood of men is as prejudicial as nasionalistic or nativist egoism, or any cult of blood and soil” (2680). “In Nigeria, at the end of the oil boom, the overnight expulsion of several hundred thousand foreigners in two large waves – in 1983 and 1985 – was a brutal way of bringing down immigration levels” (2361). Dit het gebeur sonder dat daar sterk protes was. As ‘n Westerse land iets soortgelyks vir swart inkommers aandoen, sou daar ‘n helse bohaai gewees het.

Smith beskryf swart Afrika as ‘n vertreksaal vir migrante (2634). Sedert die verraad wat ‘n klein groepie Afrikaanssprekende blankes in 1990/94 gepleeg het, weet ons dat baie van ons plaaslike blankes (meer as ‘n miljoen), soos miljoene swartes, reeds deur daardie vertreksaal beweeg het. Namate ‘n mate van voorspoed in swart Afrika geskep word – sodat daar ‘n (middel)klas ontstaan wat nie bloot om oorlewing stry nie – ontstaan die begeerte na “‘n beter lewe” by hulle. “‘Bare life’, to use the term coined by the Italian philosopher, Giorgio Agamben [born in 1942], doesn’t allow for adventure” (2110), maar matige voorspoed wel. Buitelandse finansiële hulp lewer ‘n bydrae hiertoe “by helping poor countries attain the threshold of prosperity, at which point their citizens have the means to leave and live elsewhere” (2172), dus, “development aid subsidizes migration” (2178).

Hedendaagse telekommunikasiemedia (veral televisie en die internet, dus televisietoestelle, rekenaars en veral slimselfone) maak dit vir Afrikane moontlik om via ‘n skerm ‘n idee te vorm van hoe mense in ‘n ontwikkelde samelewing lewe. Hulle doen “screen-shopping” (3309) met die oog op migrasie. “The ubiquity of satellite television and increasing internet access sharpens the contrast on the world’s poorest continent between lived experience and what is ‘seen on the screen'” (2035). Hierdie soort “globalization favours the ‘Americanization’ of the continent, even in its non-English-speaking parts. America soft power – in particular its youth culture and Black America’s protest culture – is in tune with African modernity” (2082). Dit wek by Afrikane die begeerte om deel van die Weste te wees. Hulle voorsien nie die moontlikheid dat lande in swart Afrika (gou of ooit) die Westerse ontwikkelingsvlak gaan bereik nie, gevolglik verkies hulle die migrasie-opsie. Telekommunikasie stimuleer migrasie ook in ‘n ander opsig. Nadat die migrant in ‘n vreemde land aangekom het, kan hy danksy telekommunikasie (bv ‘n slimfoon) goeie kontak met sy agtergeblewe familie en vriende in sy geboorteland behou (2167). Sodanige virtuele geborgenheid bring mee dat die migrant groter weerstand kan bied teen assimilasie en integrasie in sy nuwe omgewing.

Om die invloei van inkommers aan bande te lê, bestee Europese lande deesdae baie geld om toestande in Afrikalande te verbeter. Weens ondoeltreffendheid en korrupsie bereik buitelandse hulp slegs in geringe mate sy doel in Afrika. Maar die ironie is dat hoe doeltreffender Europese geld in Afrika aangewend word, hoe meer die getal vermoënde Afrikane wat uit Afrika wil ontsnap. Dit gebeur bv op groot skaal met swart studente wat met studiebeurse in Westerse lande studeer. Ná 1994 het die nuwe Suid-Afrika ruim hiertoe bygedra deurdat suiwer rassisties eerder geleerde swart Afrikane as blanke Suid-Afrikaners bv as dosente aan die plaaslike universiteite en as staatsamptenare aanstel is. Jonathan Jansen het omtrent gevrek van die lekkerkry toe hy as dekaan van die fakulteit opvoedkunde aan die Universiteit Pretoria (UP) ‘n Nigeriër as dosent in “chemistry education” aangestel het; nie omdat hy akademies die beste kandidaat was nie – die Nigeriër was bv nie Afrikaans magtig nie – maar om politieke redes, want Jansen wou die institusionele kultuur (dus historiese blankheid) van UP vernietig (Knowledge in the blood, 2009, p 223).

Daar is ‘n opsig waarin buitelandse geld wel die intog van migrante in Europa aan bande lê. “In 2010 [Muammar] Gaddafi [Libya’s head of state, 1969-2011] demanded the EU pay an annual rent of 5 billion euros to prevent migrants from crossing the Mediterranean. Without it, he treatened, ‘tomorrow, Europe will no longer be European’. On 18 March 2016, following the record influx of migrants the previous year, the EU agreed to pay Turkey some 6 billion euros in two tranches to close the routes in the Aegean, a move that should keep an estimated 3 million Syrians stranded on Turkish soil. Based on this ‘model’ of cash for kettling, the EU has, since 2016, negotiated ‘immigration conventions’ with five African countries – Ethiopia, Nigeria, Niger, Mali and Senegal – to stand to gain from containing would-be migrants in the Horn of Africa and the Sahel” (2536). Sulke ooreenkomste met verskillende Afrikalande is nodig omdat “African migration resembles a fountain with multiple overflow basins” (2645). Anders as die Amerikaanse mure en heinings aan sy grens met Meksiko, het Europa nou hierdie “wall of money” (2541). Eintlik is dit ‘n geval van “blackmailing Europe” (3339).

Slegs ‘n klein persentasie van die onwettige immigrante word gedeporteer. “Their repatriation is a major logistical and financial challenge, and even an impossibility when their home countries refuse to readmit them” (3381). “Great Britain alone would have to spend 9 billion euros to repatriate all its illegal immigrants in a process that would last anywhere from fifteen to thirty years. By comparison, the 6 billion euros paid to Turkey in 2016 and 2018 to prevent some 3 million migrants from reaching European soil seems like a good deal, a bargain price in fact, especially given that there is no bad press of human rights violations” (2832). “More than 90 million euros were approved in April [2017] to help Libya deal with its migratory problems. But we know there is no oversight to safeguard how this money is spent. At the end of July, 46 million euros were disbursed to create a Libyan coast guard. Yet they are trained to bring migrants back to Libya” (2844).

Die manier waarop die foto van die stokkiesdraaier Hector Pieterson sedert 1976 in propaganda teen die NP-regering en Afrikaans misbruik word, is goed bekend. Op ‘n soortgelyke manier is die foto van die 3-jarige Siriër, Alan Kurdi, misbruik om stemming ten gunste van die migrasie van vlugtelinge te bevorder. Die foto toon sy lyk op ‘n Turkse strand op 2 September 2015. Die boot waarin sy gesin die Middellandse See wou oorsteek, het omgeslaan en hy het verdrink. Andersins is die konteks van die gebeure doelbewus verswyg. Alan se pa het ‘n gevestigde betrekking gehad sedert sy gesin hulle in Turkye hervestig het. Hulle was nie na Europa oppad nie, maar na Kanada. Die gevaar van verdrinking van migrante in die Middellandse See word ook oordryf. In 2015 “the risk of dying for a migrant crossing the Mediterranean was 0.37% … The likelihood of dying in childbirth for a woman in South Sudan … was 1.7 per cent. In other word, South Sudanese mothers giving birth were four and a half times more likely to die than a migrant crossing the Mediterranean, which has been variously described as an ‘open-air cemetery’, ‘the shame of Europe’, even the locus of ‘a silent genocide'” (2553).

Teen 2017 “the likelihood of a migrant perishing had risen to 1.88 per cent – five times higher than it was [in 2015]” (2566). “The risk became higher because the humanitarian response became more efficient. Rescue boats were getting closer and closer to Libyan territorial water, and if there was a danger of drowning, they didn’t hesitate to enter to help those in trouble. Smugglers exploited this window by packing growing numbers of migrants onto ever more precarious craft – especially the 9-metre long inflatable boats from China, which at times held up to 130 persons, a number several times their capacity. In exchange for a reduction in the cost of the journey, one of the passengers would be put in charge of ‘navigating’ and making the emergency call to rescue authorities once the craft reached international waters. To accomplish this, the navigator was provided with a compass and a mobile satellite telephone. In the past, another passenger would also have travelled at a reduced rate by acting as ‘Captain’, and would be in charge of running the outboard motor. However, as the price of outboard motors began to climb sharply (in the summer of 2017, it was more than 8 000 euros in Libya), ensuring that the motor did not disappear once the rescuers arrived became an issue. The smugglers were then likely to take the motor with them in another boat once the craft carrying the migrants reached the edge of territorial waters, leaving its occupants helpless and adift – pending the arrival of a rescue ship” (2571).

“In the first six months of 2017, humanitarian aid workers rescued and transported to Italy almost three-quarters of all migrants attempting to cross the Mediterranean – some 93 000 people. In fact, they became so efficient that the smugglers began purchasing even less seaworthy craft than before and an increasing number of Italians and other Europeans started blaming the aid workers for running a kind of Mediterranean Uber, on call to ferry new migrants to Europe” (2577). “In 2018, Italy had struck a deal with Libyan warlords and equipped the country’s coast guard, in a bid to curb the rate of migrant departures. Since then, the new government has prohibited humanitarian rescue ships from entering Italian ports” (2589). Die migrasiedruk het toe na Malta en Spanje verskuif.

Hierdie soort mensverskuiwings geskied in drie stadia:

(a) Voor die vertrek (emigrasie): Dit behels dikwels ‘n trek uit die platteland na ‘n stad. “Between 1960 and 2000, Africa’s urban population surged by 8.7 times, by 2050 it will have quadrupled again” (904). Geld vir die uittog word bymekaar gemaak, bv met behulp van familielede. “The initial sum ranges between 2 000 and 3 000 US dollars” (2116). Daar word ook gekies tussen wettige en onwettige emigrasie.

(b) Die tog (migrasie): Die roete kan deur verskeie lande gaan. Die migrante is uitgelewer aan die genade van tussengangers, bv agente; eintlik menssmokkelaars. Migrasie het ‘n groot en lonende bedryf in Afrika (en elders) geword. As die migrant se geld opraak, kan dit, totdat familielede nog geld stuur, aanhouding of selfs slawerny meebring. “The criminal logistics of the trans-Saharan migration are rarely brought to the attention of the European public” (2518). Daar is bv “bribing the police at various check-points so the human cargo can pass” (2518). In Libië is daar “torture centres for migrants who have run out of money … to extort ransom from family members to secure their release” (2523). As ‘n alternatief is daar “slave markets” waar die migrante wat nie geld het nie, opgeveil word (2523).

(c) Die aankoms (immigrasie): Die eindroete uit Afrika wat die meeste gebruik word, is van Libië na Italië, bv die eiland Lampedusa, wat slegs 113 km van die Tunisiese kus is. Daarna volg die stryd om uit te kom by die land wat as bestemming begeer word, bv Duitsland. “The presence of ‘relatives’ in the broadest sense greatly reduces the uncertainty and cost of settling in a European country” (2133). Die inkommers vorm “foreign enclaves” (2150). Byvoorbeeld: “In northwestern Germany, Eschweiler, a small town with 55 000 inhabitants, has become a rallying point for several hundred Togolese” (2138). Dit is hier waar Sigmund Freud (1856-1939) se “narcissism of minor differences” ‘n rol speel (2698), veral as die (kulturele) verskille heelwat groter blyk te wees as wat aanvanklik veronderstel is. Maar Smith skryf: “Small discrepancies might be even more troublesome than the stark differences. In any event, the hosts’ quality of life is changed, because more and more foreigners – strangers, indeed – have become their neighbours. Some of them – usually in the poor neighbourhoods that are mostly effected – might inveigh against having been ‘invaded’. … The arrival of foreigners can be destalilizing, their presence unsettling” (2703).

Dayo Olopade beweer in sy boek, The bright continent (2014), dat ‘today, African diaspora maps are reverse models of colonialism” (2727). Smith skryf egter: “Yet colonialism lasted only about eighty years [1885-1960s – South Africa excluded] south of the Sahara. The ‘colonial imprint’ cannot overwrite the longer history of the continent before and since colonialism” (2733). Eintlik kan daar nie geredeneer word dat Europa weens migrasie uit Afrika nou (presies) dieselfde aangedoen word as wat Afrika tydens imperialisme en kolonialisme ondervind het nie. Kolonialisme “was driven by a small, influential minority who inspired a new imperial imaginary fostered by a revolution in communications – ‘high-speed rotary presses, automatic paper folders, linotype machines, news photography, railroads, and telephones’ … The poor and disenfranchised European masses read the ‘penny papers’ but left in droves for the Americas, and not for Africa” (282). Veral sedert 1994 besef baie blanke Suid-Afrikaners dat die Amerikas ‘n beter opsie sou gewees het. “In 1930, the number of European citizens from the major colonial powers – Great Britain, France, Portugal and Belgium – living in Africa was fewer than 2 million, about 2 per cent of their total population and less than 1 per cent of Africa’s population at the time” (282). Daar was nooit enige sprake van blankes wat met hulle getalle die swartes verswelg het nie.

Die stormloop van Afrika deur koloniale moondhede word soos volg verduidelik. “In 1885, at the conclusion of the Conference of Berlin, which established the rules for the colonial partition of sub-Saharan Africa, Europe’s scientific prowess, industrialization and modern armies made it the most developed continent in the world. It counted some 275 million inhabitants, not including Russia. Africa, with six and a half times the surface area, had only 100 million inhabitants, and was the least developed continent in the world” (288). Hieruit kan twee gevolgtrekkings gemaak word. Eerstens het die Europeërs substansiële redes gehad om hulleself meerderwaardig in vergelyking met Afrikane te ag. Tweedens kon die inheemses oneindig baie tot hulle eie voordeel leer uit die positiewe voorbeeld wat die Europeërs in woord en daad gestel het. Deesdae word egter by voorkeur geredeneer dat geen ras of etnisiteit/kultuur meerderwaardig bo ‘n ander is nie en dat imperialisme en kolonialisme eerder vreeslik sleg as enigsins goed was; insluitende die “spesiale soort” kolonialisme waaraan Suid-Afrika, volgens die ANC, glo van 1910 tot 1990/94 onderhewig was.

Die bevolking van Afrika suid van die Sahara het van 230 miljoen in 1960 – dus aan die begin van die era van politieke onafhanklikheid – tot 1 biljoen in 2015 gestyg (305). Hierdie demografiese versnelling is grootliks moontlik gemaak deur bv die intensiewe, wetenskaplike landboubedrywighede (dus verbeterde voedselproduksie) en gesondheidsdienste wat tydens kolonialisme daargestel is. “The … emphasis on development and public health would prompt the greatest demographic boom in human history” (622). “If current trends continue, it [Africa’s population] will have increased by a factor of 17 between 1930 and 2050. By comparison, the equivalent multiplier for the United Kingdom, whose population was about 45 million in 1930 and will be an estimated 77 million in 2050, is a mere 1.7, or ten times less” (628). Maar as ‘n mens die hedendaagse propaganda (bv van die ANC) glo, sou jy dink dat swartes tydens kolonialisme op groot skaal deur blanke “koloniste/setlaars” uitgeroei is.

Die buitensporige bevolkingsaanwas in Afrika het ongetwyfeld die volgende tot gevolg: “There will never be enough for everyone” (737). “The sheer number of people makes the well-being of each one impossible given the available resources” (922). In Suid-Afrika voer geen politieke party ‘n veldtog ten gunste van geboortebeperking nie omdat dit glo nie polities korrek sou wees nie. Dit is gebaseer op “the myth in Africa that persistently high fertility rates are a form of wealth rather than a guarantee of poverty for all” (3316). “The continent has only itself to blame for its pertinacious indifference to large-scale family planning. National campaigns to promote birth control, as in Bangladesh (‘A small family is a happy family’) or Jamaica (‘Two is better than too many’), have barely been tried in any country south of the Sahara” (2815).

Daar is ook die instroming van miljoene (onwettige) immigrante wat die demografiese situasie vererger. Verder is dit die ANC se ideaal om die landsgrense vir hulle broers en susters, asook hulle kleingoed, heeltemal oop te stel. Volgens ‘n VN-projeksie: “3.36 billion people in sub-Saharan Africa in 2100” (1030). “Between now and 2100, three out of every four newborns in the world will be born in sub-Saharan Africa” (816). “Africa’s population has increased at a rate never before seen in human history, and without a ‘Green Revolution’ to accompany it and offer [of] a measure of food security” (1004).

Die wêreld se voedselbehoeftes “are set to increase by 70 per cent between now and 2050 … Africa will need to have quintupled its agricultural production to quarantee its food security” (1122). Desnieteenstaande beoog die dwase ANC-regering waaragtig om die produktiefste plase, dié van blankes, sonder vergoeding te onteien. Dink aan die gemors waarin Zimbabwe is weens die sogenaamde herbeslaglegging/”repossession” (1167) van blankes se plase. “Zimbabwe has jumped from 700 000 inhabitants in 1900 to more than 16 million in 2017” (1180), terwyl Suid-Afrika ongeërg – so koel soos ‘n Coke – baie van die verhongerde en werklose Zimbabwiërs absorbeer. Weens die eksponensiële bevolksaanwas sal daar nooit genoeg behuising, skole, hospitale, ens, in Suid-frika wees nie; dus waarskynlik ook nooit die stabiliteit van rus en vrede nie.

Op hierdie manier sal voorspoed in Suid-Afrika ná 1994 ‘n ontwykende ideaal bly. Onrealistiese verwagtinge word doelbewus deur die ANC by die gepeupel geskep, bv dat alle inwoners geregtig op lopende water en spoeltoilette is. Dít is swart Afrika-vreemd: “In 2006, Lagos had some 15 million inhabitants, but just 0.4 per cent of the city’s toilets were connected to a central sewage system” (881). In Niger “80 per cent of state schools do not have drinking water and three-quarters have no toilets” (2226). “Only 18 per cent of the world’s population has access to safe drinking water and to a proper sewage system” (2243). Daar word van te min Suid-Afrikaners verwag om te veel vir te baie (ondankbare) armlastiges/parasiterendes te doen.

Ons moet deesdae dikwels aanhoor hoe wonderlik dit is dat Suid-Afrika sedert 1994 ‘n demokrasie is, bv een mens, een stem. Waarmee eintlik gespog word, is dat ons nou ‘n swart pleks van ‘n blanke regering het. In werklikheid het ons in vele opsigte ‘n skyndemokrasie (bv Praag 2.11.2019). In ‘n land soos Suid-Afrika, soos in die res van Afrika, hou demokrasie, in die sin van algemene stemreg, wesenlike gevare in – “the democratic handicap” (1462) – bv: “In low-income societies democracy is dangerous” (1456). Dink aan die vrygewigheid waarmee die ANC-regering, in ruil vir stemme, bv staatstoelaes en huise uitdeel. Maar Smith verskaf op ‘n vindingryke manier ‘n rede waarom daar in swart Afrika eintlik nie iets soos meerderheidsregering (kan) bestaan nie.

“For Africa as a whole, 41 per cent of the population is under fifteen,” maar dit sluit Noord-Afrika in waar die bevolkingsgroei heelwat laer is as in swart Afrika (566). “With the voting age at eighteen or older in fifty-three of fifty-four African countries, the continent’s collective future will scarcely be determined by the majority of its citizens: at any moment you choose to look at it, half the continent’s population is too young to vote. And by the time this half op the population accedes to voting age, another half of the population without the right to vote has been born. The upshot is that democracy appears more an age-based privilege than a majoritarian right” (351). Africa’s exceptionally young demographic profile lessens the chances of sustainable democracy” (1456).

“A ‘youth bulge’ more than doubled the likelihood that a country would experience a civil war” (1422). “The likelihood that Africa’s frustrated youth will fill the ranks of armed ‘anti-system’ groups is … high” (1486). “The tension between old and young is the mother not of all conflict, but of instability. It is this tension that actualizes itself across the ‘politics of resentment'” (1958). Soos Auguste Comte (1798-1857) dit gestel het: “Demography is destiny” (1450). Dit ondersteun my hipotese dat ‘n verdere revolusie, ná die “onderhandelde” een van 1990/94, Suid-Afrika se voorland kan wees. Hierdie keer kan dit ‘n revolusie deur die jeugdige, werklose gepeupel, met die moontlike bystand van inkommers, wees. “The young yearn for equality and – propelled by constant disappointment and mounting frustration – threaten to bring the old order down on the heads of their elders” (369). Inkommers sonder lojaliteit teenoor Suid-Afrika kan die land se ondergang (help) bewerkstellig as hulle ‘n substansiële massa word. Byvoorbeeld, die Ivoorkus het toegelaat dat 1.3 miljoen migrante hulle van 1976 tot 1980 in daardie land vestig terwyl daar net 7 miljoen inheemse inwoners was. “In 1998, there were 16 million people living in the Ivory Coast, of which 26 per cent were officially classified as ‘foreigners'” (2372). Die latere “venomous quarrel about the concept of ‘Ivority’ … led to civil war” (2378).

Daar is al gespekuleer dat Europa voorheen nie so ‘n groot probleem met inkomende swart migrante gehad het nie omdat hulle ná 1994 eerder op Suid-Afrika toegesak het. “In 2000, Jeremy Harding wondered whether ‘the power of attraction’ that South Africa exercised on the rest of the continent was not the reason ‘why, finally, there are so few sub-Saharan hands clinging to the portcullis’ of fortress Europe. Since then, the post-apartheid ‘rainbow nation’ has lost much of its attactiveness” (2391), onder meer weens inheemse swartes se sporadiese, bykans deurlopende, geweld teen inkommers. Die rede waarom die nuwe Suid-Afrika aanvanklik ‘n aantreklike opsie vir swart inkommers was, is omdat onder die leiding van blankes oor eeue die mees ontwikkelde land in Afrika opgebou is. Daar was dus baie om te geniet, te aas en af te breek. Smith stel hierdie getal inkommers op tussen 2 en 3 miljoen (2402).

Hoe graag Afrikane uit Afrika wil ontsnap, blyk uit die volgende. Volgens Gallup-opnames (2013 tot 2016) “overall 31 per cent of Sub-Saharan Africans intend to migrate, against a worldwide average of 14 per cent” (579). “In Togo, which has almost 8 million inhabitants, one adult in three entered the US goverment lottery for a residence permit – even though the ‘visa lottery’ contains just 55 000 green cards for the entire world, offered to ‘diversity candidates’ from countries with low immigration rates to the United States. In neighbouring Ghana, 6 per cent of the population – 1.7 million people out of 28 million – applied for the programme in 2015 alone, and that proportion was even surpassed in Liberia (8 per cent), Sierra Leone (8 per cent) and the Republic of Congo (10 per cent). Across the whole continent, according to a 2016 Gallup Institute survey, 42 per cent of all Africans aged fifteen to twenty-four, and 32 per cent of university graduates, said they wanted to emigrate” (386). “It is estimated that between one-third and one-half of all African university degree holders have either left their country or did not return after studying abroad, prefering to work instead in a developed country” (3125).

Met verwysing na Nigerië, Senegal, Ghana en Kenia is bevind: “At least four in ten respondents in each country declared their intention to migrate, if they had the means and the opportunity, including a staggering three-quarters of those surveyed in Ghana (75 per cent) and Nigeria (74 per cent)” (399). ‘n Mens sou dink die meeste swartes in hierdie lande verwelkom dit steeds dat hulle van die “koloniale juk”, dus blanke politieke beheer, ontslae geraak het. “Africa needs to realize that the massive departure of its most dynamic citizens – often its best-educated – represents a net loss for the continent” (2668). Maar “the educated elite does not believe in Africa’s future. They are running away” (3136).

“In 1997, the then Washington Post Africa correspondent, Keith Richburg, in his book, Out of America: A black man confronts Africa [Kindle $9.44], raised a hue and cry when he congratulated himself on the deportation of his African ancestors to the New World, where, despite discrimination and other hardships, they managed to succeed. To greater consternation, he wondered how quickly an African slave ship docked in a West African port would fill up with volunteers for a voyage to America. Twenty years later, Africans are routinely piling into frail skiffs at their own risk to cross the Mediterranean” (399). Geweld is een van die dinge wat endemies aan swart Afrika is. Richburg kon nie verstaan waarom die panga-seisoen/”machete season” (1082) nie tot ‘n einde kom nie.

Wat slawerny betref, word die rol wat Amerika en blankes daarin gespeel het, in propaganda meesal erg skeefgetrek. “It is estimated that about 12 million Africans were taken to the New World [the Americas] [but] … the … United States received fewer than 5 per cent of those sold into slavery” (645). Die ongevalle tydens die reise van slawe oor die Altantiese Oseaan, dus onder blanke beheer, was ook aansienlik minder as by slawerny onder die beheer van swartes en Arabiere. “The long-term death rate during the Middle Passage [ie between Africa and the Americas] was around 10 per cent, while the trek across the Sahara and towards the Mediterranean was the deadliest, costing the lives of one-fifth of those in captivity” (650). In die eerste dekade van hierdie eeu “‘more black Africans arrived in this country [USA] on their own than were imported directly to North America during the more than three centuries of the slave trade’, or around 400 000 Africans” (3236). Dit lyk dus nie asof Amerikaanse swartes werklik sleg daaraan toe is nie.

Hoe die tradisionele Britse aard weens massa-immigrasie verander het, blyk bv duidelik uit die verkiesing van ‘n Moslem, Sadiq Khan, as burgemeester van Londen in 2016. “More than half of the city’s inhabitants are either first or second-generation immigrants” (218). In 1950 het Brittanje 25 000 nieblanke immigrante gehad (236). “By 2001, nearly 8 per cent of the UK’s population were immigrants, some 4.6 million people, a figure that had risen to 13.6 per cent by 2015” (241).

Multikulturaliteit weens massa-immigrasie is nie net kenmerkend van Londen en Brittanje, veral Engeland, nie. “Spain had few immigrants until the end of the twentieth century: in 1990, they accounted for 0.9 per cent of its population. Twenty years later, 14 per cent of its population … were born outside the country, a number that included some 800 000 Moroccans” (3440). “From 2000 onwards, half of the children born in Brussels had immigrant parents, and Muslims represented one out of four inhabitants under the age of twenty-five” (477). “Genoa, Italy, has become more ‘African’ than many French or British port cities” (2757). In 2015 “40 per cent of the children born in France had one parent or grandparent of foreign origin” (3478). In Jean Raspail se roman, The camp of the saints (1973) en Michel Houellebecq se roman, Submission (2015 – Praag 20.10.2019), “the reader is plunged into a world where Charles Martel [688-741] will have been roundly defeated in the battle of Tours [732]” (2792); verwysende na die veldslag waarin die intog van Moslems uit die Iberiese Skiereiland na die res van Europa gestuit is. Renaud Camus, in sy boek, The great replacement (2011), “believes that Muslim immigrants are about to colonize France” (2998).

In Japan, anders as in baie Westerse land, word die klem geplaas op “national cohesion and ethnic and cultural uniformity” (2938). In 2015 was slegs 1.5% van die Japannese bevolking in die buiteland gebore (247, 2938). Die land is dus ‘n “monochromatic country” (3165) met ‘n “policy of isolation – sakoku” wat demografie betref (3245). “In that same year, refugee status was granted to just twenty-seven people in Japan … In 2017, the African diaspora in Japan accounted for 0.01 per cent of the total population” (2945). Soos in Europa word die getal en persentasie Japannese bejaardes al hoe meer, maar anders as sommige meningsvormers in Europa word daar nie geredeneer dat die invloei van veral jeugdige inkommers noodsaaklik is om die werk te doen nie. Daar word gereken dat outomatisering, veral robotika (3286), asook kunsmatige intelligensie, dit moontlik sal maak om al die nodige werk met al hoe minder werkers te doen.

Ten slotte: Waar bevind Afrikaners hulle in hierdie verswelgende migrasie van swartes? “This is an Africa that rejects ‘white material’ in the manner of a body rejecting a hostile organism: Europeans, that is to say, and the complicated objects they have introduced on the continent … The anti-white sentiment … is suffocating” (1662). “Like Africa itself … whites in Africa have changed – from colonials to expatriates to foreign residents, though they seldom see themselves as immigrants: ‘parasites in paradise’, as the Kenyan writer Ngugi wa Thiong’o bluntly characterized the Europeans in [Karen Blixen’s] Out of Africa [1937, Kindle $5.64]. In the 1920s, Kenya, one of a handful of so-called ‘settlement colonies’ in sub-Saharan Africa, had around 2.5 million people and some 40 000 whites, or 1.6 per cent of the population. Today, Kenya has almost 50 million people, and about 70 000 whites, or 0.14 per cent. What is striking is how marginal the numbers of Eurpeans were and are, more than ever, today. Has the continent finally become the ‘Africa of Africans’? The paradox is this: during the course of the last century, which has seen the presence of Europeans go from marginal to insignificant, the other ‘white material’ – not persons but the objects that represent their modernity – has multiplied and has been widely adopted. Whether these are industrial commodities or the new-fangled objects of a twenty-first-century digital lifestyle, what matters is that they are not locally produced. They come from outside, nourishing the ‘cargo-cult’ of Africa’s modernity – the local belief that salvation will arrive in the hold of a ship [or aeroplane]” (1679).

“In 2014, Africans spent 10 per cent of their income on their cellular phones … Africa, the continent of oral tradition” (1835). “Africans are more than ever submerged by ‘white material’, but still have only limited access to its trade secrets. As long as this situation lasts, modernity to them will remain ‘Western’, and indeed a white condition” (1697). Dit is ‘n voorbeeld van Afrika se “notness”; ook van sy “lack of institutional capacity” (1704). Sulke lande word deur bv die Verenigde Nasies as onafhanklik erken, maar dit word genoem “‘negative sovereignty’, as opposed to the actual ‘positive’ capacity of the state to administer its territory. A colourful piece of bunting, a few rhyming phrases set to music, a few embassies abroad and a national football team have often been enough to constitute a state” (1717). “The euphoria of independence has long since abated, as has the ability of most sub-Saharan states to hasten the pace of their countries’ development” (1722).

Weens owerheidsondoeltreffendheid is die privatisering van bv onderwys en hospitaaldienste Afrika se voorland. “In the Democratic Republic of the Congo (DRC), 71 per cent of schools are private institutions; in Uganda, out of 5 600 secondary schools, nearly 4 000 are private; in Lagos State in Nigeria, three students out of four are enrolled in private schools; and even in the shanty towns around Nairobi, the Kenyan capital, four out of ten students attend private schools, despite the endemic poverty of the slums” (1750). Die daarstelling en instandhouding van ‘n funksionele staatskoolstelsel vereis doeltreffende regering, soos vóór 1994 in Suid-Afrika. Sedertdien het die meeste plaaslike openbare skole disfunksioneel geword en neem private skole al hoe meer hulle plek in. Die plaaslike staatsuniversiteite is besig om dieselfde gang te gaan. Hulle wend geen poging aan om akademies en ideologies onafhanklik van die ANC-regime te funksioneer nie, selfs al is daar ‘n voortgesette reële inkrimping van hulle regeringsubsidies.

In Suid-Afrika se Grondwet (1996, artikel 18) staan: “Everyone has the right of freedom of association.” Christopher Heath Wellman en Phillip Cole skryf (in Debating the ethics of immigration: Is there a right to exclude, 2011): “Freedom of association must also imply the freedom not to associate” (2715). Dit is presies wat die ANC-regime en sy howe ontken, gevolglik mag Afrikaans bv nie die enigste of selfs hoofonderrigtaal aan ‘n universiteit wees nie en word so iets al hoe minder in die plaaslike skole toegelaat; om van uitsluiting op grond van ras en etnisiteit/kultuur nie te praat nie.

Gestel daar word gepoog om ongelykheid in die wêreld te verminder of uit te skakel, dan kan in die konteks van migrasie gesê word: “A concern for greater international equality should not be confused with a vision of open borders as the royal road to achieving that goal. It is not inconsistent to favour worldwide social justice and oppose the free movement of persons” (2715). Maar die verderflike ANC-regime het dit al herhaaldelik gestel dat sy ideaal is om Suid-Afrika se grense af te skaf en die land vir veral die swartes in die res van Afrika oop te gooi. Dan sal die ANC ongetwyfeld slaag in die ideaal wat hy in sy era van terrorisme gekoester het, naamlik om Suid-Afrika tot in die grond af te breek.

Iets wat die ANC-kamerade nie besef nie, is dat “a welfare state without borders is unsustainable” (3339). “It is one thing to invite foreigners into a society to share its riches; but it is an entirely different thing to share with them the capacity of a society to create those riches – if that were easy, development aid would not be the failure it is, and African migrants would not be fleeing their countries in the first place. A developed state with a reliable social safety net cannot practise an open-door policy” (3346).

Die plaaslike blankes, veral die Afrikaners, is dalk nader aan hierdie eindstadium as wat (algemeen) besef word. Dit herinner aan die behoudende Franse nasionalis, Maurice Barrès (1862-1923), wat in sy boek, Under the eyes of the barbarians (1888), geskryf het: “I defend my cemetery. I have abandoned all other positions” (2727), wat ‘n mens laat dink aan die toegewings wat FW de Klerk en sy onderhandelaars in 1990/94 gemaak het, wat op die lange duur die uitwissing van die Afrikanerdom en Afrikaans tot gevolg kan hê.

“In 1900, one quarter of the world’s population was European; today, Europeans make up 7 per cent; in 2050, they will account for 4.5 per cent of the global population, and nearly one-third of them will be more than sixty-five years old” (2971). As die toekoms van blankes in Europa en elders buite Afrika, bv Amerika, demografies duister lyk, hoe groot is die duisternis dan nie vir blankes in Afrika nie?

Tog moet Afrikaners poog om onuitroeibaar te wees. Die beste manier om dit te doen, is om jou ongetransformeerde identiteit te behou, bv om nie te hibridiseer nie – nie wat kultuur of taal of jouself betref nie – en selfbeskikking in ‘n eie tuisland as ideaal te bly koester. Hiervoor is kompromislose nasionalisme nodig. Hierdie dinge moet eerder in ons hart en gees en die werklikheid as in die kuberruimte gegrondves wees.

Thys Human: Die rugby-euforie

Volgens ‘n berig op Naspes se Netnuus loop Steve Hofmeyr glo deur oor ‘n twiet wat hy geplaas het.

Die Twiet:

Dis duidelik dat Hofmeyr hier verwys na die oorstelpende jubeling oor die sg. Springbokke se oorwinnning in die RWB.  Wat dit eintlik, na my mening, sê is dat hierdie jubeling oor ‘n getransformeerde rugbyspan deur die ANC gebruik gaan word om te beweer dat wittes – en veral Afrikaners – nou vierkantig agter die ANC staan en dat hulle nou kan maak wat hulle wil, want steun aan hierdie bontspan is gelyk aan steun vir die ANC en sy ganse beleid.

Hofmeyr is weer eens reg – absoluut in die kol.

Maar ek wil verder gaan as Hofmeyr:

  • Enige steun vir enige SA sportspan is verraad teen die Afrikaner
  • Enige steun vir enige SA sportspan sê jy aanvaar die ANC-regime se reg om oor jou en jou toekoms te besluit
  • Enige steun vir enige SA sportspan sê jy vereenselwig jou met die konsep van “One Nation” wat in wese en uiteindelik ‘n totale swart “nasie” sal wees.
  • Enige steun vir enige SA sportspan sê jy aanvaar dat Afrikaans verguis en ondergrawe word – soos op die oomblik besig is om te gebeur.
  • Enige steun vir enige sportspan sê jy sal jou verheug as jou dogter met ‘n swart sportman (of enige swartman) uitgaan.
  • As jy lustig saamsing wanneer Die Stem gespeel word, maar nie saamsing met Nkosi Sikelela nie, is jy vals en gaan jy nog van rassehaat aangekla word. Maar as jy tog Nkosi saamsing, is jy ‘n banggat, slapgat Afrikaner.
  • Enige steun vir enige SA sportspan sê jy stem toe tot korrupsie en wanbesteding van jou belastinggeld.
  • Enige steun vir enige SA sportspan sê jy stem in met swart regstellende aksie en dat wit werkers en kundiges stelselmatig uit hulle werk en poste gedruk mag word – en verarm.
  • Enige steun vir enige SA sportspan sê wit boere se grond mag sonder vergoeding van hulle weggeneem word en aan ‘n klomp skelm, onbekwame swartes uitgedeel word. (Soos Hofmeyr tereg uitwys.)
  • Enige steun vir enige SA sportspan sê dit skeel jou niks dat wit boere (en ander gewone wittes) beroof, vermink en vermoor word nie.
  • Enige steun vir enige SA sportspan sê jy is bereid om jou huis met twee (of meer) swart gesinne te deel – en sommer vir al hulle huishoudelike goed te betaal. (Ja, moenie lag nie, dit kom, sommer een van die dae.)
  • Enige steun vir enige SA sportspan sê jou voorvaders in hierdie land was ‘n spul vieslike onderdrukkers en grondgrypers.
  • Enige steun vir enige SA sportspan sê jy skel en vervloek die handjie vol Afrikaners wat poog om een of ander vorm van selfbeskikking vir wit Afrikaners te bewerkstellig.
  • Enige steun vir enige SA sportspan sê jy sal graag in jou kar klim en in Soweto vir die sokkerspan gaan skreeu. As jy dit nie doen nie, is jy vals en ‘n rassis!

Is hierdie standpunte van my iets nuuts? Allermins. Ek het reeds in 1992 gesê toe Mandela (2 jaar voor hy president geword het) “toestemming” gegee het dat die SA krieketspan aan daardie jaar se Wêreldbekerreeks mag deelneem. Ek het gesien hoe julle jubel, en gewaarsku dat dit julle duur gaan kos. Dit het toe. Julle het die Afrikaner se toekoms vir die pot lensiesop van internasionale sport verkoop. Ek het net daar besluit dat ek nooit weer ‘n SA sportspan sal steun nie – en ek hou steeds by daardie standpunt.

Benewens bostaande standpunte, eis ek dat Die Stem as een van die land se “volksliedere” afgeskaf word. Dit is nie die swartes se volkslied nie. Dis ons Afrikaners s’n – en dit mag net deur ware Afrikaners gesing word. Ek swaai ook nie die ou Unievlag rond nie. Dit is uitgedien, dit verteenwoordig die verlede en uitverkoop aan ’n swart meerderheid. (Dis miskien tyd dat ons ons eie vlag ontwerp – iets op die basis van die ou Prinsevlag.)

En as jy my uitlag vir hierdie standpunte en dit afmaak as regse twak, wil ek verder niks met jou en jou mede-jubelaars te doen hê nie.

Fokof uit my pad en my lewe.

Brief: Die rugbytoffie

Ek is nie gewild vandag nie want ek trap almal soos in 1995 uit wat die onderbroekvlagbokke toejuig. Ons het toe ons vryheid vir die ANC en De Klerk se rugbytoffie verruil.

Die deursnee-Afrikaner suig steeds aan die toffie veral ná die Bokke se oorwinning. Maar Maandag is ons steeds tweedeklas burgers met beurtkrag, korrupsie, plaasmoorde en ń rommel status ekonomie.

Ek sal nie verbaas wees as Saterdag se oorwinning ons vryheid met nog 20 jaar uitgestel het nie want die ANC se gratis toffie is soos opium vir die volk.

—Jan Kruger

Leon Lemmer: Die duiwels in polities byderwetse demokrasie

Ons moet dikwels aanhoor dat Suid-Afrika sedert 1994 ‘n beter plek is omdat dit nou ‘n demokrasie is. Wat daarmee gesê word, is dat die swart ANC-regering beter is (bv in groter mate moreel regverdigbaar) as wat die vorige regering deur blankes was; dus dat die huidige regering uitmunt is geregtigheid (eerder as doeltreffendheid). By ‘n vorige geleentheid het ek my gedistansieer van die vorm wat demokrasie plaaslik aanneem. Myns insiens is dit ‘n heeltemal ongeskikte regeringsvorm vir Suid-Afrika. Ek het demokrasie met verwysing na Jason Brennan se boek, Against democracy (2016, Kindle $11.49), bespreek (Praag 7.05.2017). Brennan verkies epistokrasie bo demokrasie. “Epistocracy means the rule of the knowledgeable. More precisely, a political regime is epistocratic to the extent that political power is formally distributed according to competence, skill, and good faith to act on that skill” (Kindle 308). Later skryf hy: “A political system is epistocratic to the extent it distributes political power in proportion to knowledge or competence” (3682). Kortom, “Smart people should have the right to rule over others … because they know better” (344). Brennan het sy 2016-boek opgevolg met ‘n boek wat vertel hoe toksiese demokrasie deur verset beëindig kan word: When all else fails: The ethics of resistance to state injustice (2018, Kindle $17.68).

Naas Brennan is daar ‘n ander intellektueel van wie se werk in hierdie konteks kennis geneem behoort te word. Ek verwys na Ryszard Legutko (gebore in 1949) se skitterende boek, The demon in democracy: Totalitarian temptations in free societies (New York: Encounter Books, 2016/18, 192p; Amazon Kindle $11,49). Die oorspronklike Poolse teks is in 2012 gepubliseer. Aansluitend by die vorige paragraaf skryf Legutko: “Authors such as Spinoza [1632-1677], who wrote favorably about democracy, made their praise conditional on people’s first meeting high intellectual and moral requirements” (Kindle 425) – ‘n toets wat die ANC skouspelagtig druip. “Professor Legutko is both a prominent Polish and European [Union] statesman and a distinguished philosopher who … was once the editor of Solidarity’s underground philosophy journal” (90).

Hy is ‘n Poolse nasionalis wat die tradisionele kulturele identiteit van Pole wil bewaar, gevolglik is hy hoogs krities jeens die Europese Unie, oftewel “Eurocracy” (1726), ingestel. “The European Union reflects the order and the spirit of liberal democracy in its most degenerate version” (1644). “EU institutions exist, whereas European society does not” (1353). “The European Union has become the guardian of all diseases of the supranational liberal democracy while itself being the most vivid illustration of these diseases. It has led its institutions, actions, and human minds to such a level of dogmatization that any future remedial movements aimed at restoring freedom and reason will have conflicted with it” (1375). As dit sou lei tot “a European perestroika [transformation] … the European Union might not survive” (1380).

Legutko het Pole tydens die kommunistiese bewind en daarna as ‘n liberale demokrasie beleef. Die kern van sy betoog is dat daar eerder ‘n graad- as ‘n aardverskil tussen hierdie twee is; dat die kommuniste oornag (feitlik) naatloos liberale demokrate geword het omdat die twee stelsel in vele opsigte soortgelyk is. “The overwhelming presence of ideology in liberal-democratic and communist societies can be easily explained. The main cause is equality, which both regimes gave a status of the highest value … Both systems enforce the liquidation … of social hierarchies, customs, traditions, and practices that had existed prior to the emergence of the new political system” (2454). Gelykheid is ook die wagwoord wat die kommunistiese ANC as ‘n voorstander van (liberale?) demokrasie laat ontpop het.

“Because egalitarianism weakens communities and thus deprives men of an identity-giving habitat, it creates a vacuum [in and] around them. Hence a desire exists for a new identity … The ideologies fulfil this role” (2557). “As once when all major designations had to be preceded by the adjective ‘socialist’ or ‘communist’, so now everything should be liberal, democratic, or liberal-democratic, and this labeling almost automatically gives a recipient a status of credibility and respectability” (464). Dit is soortgelyk aan die nuutgevonde entoesiasme vir demokrasie van die plaaslike kommunistiese ANC-kornuite en die talle eens anti-kommunistiese elemente (insluitende Broederbonders) wat die ANC-regime deesdae as aanvaarbaar beskou en selfs ondersteun. Of iemand ‘n kommunis was of is, word deesdae plaaslik meesal as van geen belang beskou nie.

Legutko noem dat nadat Pole in 1989 van Sowjetbeheer bevry is, die liberale demokrate “displayed extraordinary meekness and empathy toward communism … a lenient stance toward communists and a hard one against anticommunists” (143). “From the point of view of ideology prevalent in Western societies, communism obviously did not have a good image, but the image it had was not the worst. It never incited the indignation that fascism did, the latter term having catapulted to almost diabolical notoriety and denoting the worst of political evil, always placed on the political Right. For this reason anticommunism did not acquire respectability even remotely comparable to that of antifascism … Perhaps the democratic liberals intuitively sensed that they had a deeper bond, no matter how unclear, with the communists than with the anticommunists” (2621).

“Liberals … showed weakness against terrorism and the left-wing dictatorships in the Third World, but many of them reacted with noticeable self-restraint when it came to the anticommunist activities of groups in the Soviet bloc countries. Their freedom-related account is therefore not overly clean” (921). Plaaslik ervaar ons iets soortgelyks. Sedert 1994 word die kommuniste en terroriste algemeen as aanvaarbaar voorgestel en die anti-kommuniste en diegene wat pro-blank en veral pro-Afrikaner is, word as verregs verdoem. “Communism and liberal democracy proved to be all-unifying entities compelling their followers how to think, what to do, how to evaluate events, what to dream, and what language to use” (180). Dit is ‘n geval van “blurring differences between people and imposing uniformity of views, behavior and language” (186), asook “hostility against all dissidents” (201). In die nuwe Suid-Afrika moet ons skielik almal as gelykes saamwerk om die land “te maak werk”, al het die ANC/UDF/SAKP dekades lank alles in hulle vermoë gedoen om die land soveel moontlik te benadeel.

Wat die wederstrewiges, wat teen kommunisme en liberale demokrasie gekant is, glo moet doen, is “crossing the Rubicon, severing the umbilical cord, growing up and leaving adolescence behind, and doing other similar things denoted by dozens of other more or less platitudinous metaphors” (245). Ons mag nie terugkyk na ‘n verlede wat beter was as wat die hede is nie. Ons moet liewer nie die ANC/UDF/SAKP se terrorisme onthou en ophaal nie. Ons moet glo eerder vorentoe beweeg, bykom en hande vat en van die land en al sy mense ‘n moerse sukses maak. Dit gaan om “greater freedom, openness en lightness of existence” (251), al voel ons oral onveilig, al mag jy nie eens sê wat jy dink nie en al het jou voortbestaan so loslit geword dat dit, wat die owerheid betref, opsioneel is. Legutko skryf: “The need for building a liberal-democratic society thus implies the withdrawal of the guarantee of freedom for those whose actions and interests are said to be hostile to what the liberal democrats conceive as the cause of freedom” (458).

In die praktyk skep die vryheid van die liberaliste ‘n dwingelandy. “If abortion means freedom, then we should raise the consciousness of those who think differently; force doctors to support this freedom and silence priests so they do not interfere with it. If same-sex marriage means freedom, we should then compel its opponents to accept it and silence fools who may have doubts about it. If political correctness is a necessity of life in the liberal-democratic society, then imposing it is, after all, nothing else but a measure of its emancipation for all. The groups that managed to capture this liberal phraseology and the logic that underlies it – such as homosexuals and feminists – have exerted a disproportionate influence on the government to the extent that the state institutions, including the courts, have taken upon themselves the task of breaking the resistance of less conscious and more stubborn groups – that is, of coercing them to freedom” (1298).

In die proloog tot Legutko se teks is daar ‘n aanhaling uit Alexis de Tocqueville (1805-1859) se boek, Democracy in America (2 boekdele, 1835 en 1840; Kindle bv $0), wat soos volg begin: “I think then that the species of oppression by which democratic nations are menaced is unlike anything which ever before existed in the world … I seek to trace the novel features under which despotism may appear in the world. The first thing that strikes the observation is an innumerable multitude of men all equal and alike, incessantly endeavoring to procure the petty and paltry pleasures with which they glut their lives” (64). Legutko skryf: “De Tocqueville finished his book on a clearly pessimistic note: democracy was more a problem than a solution. What he saw at the end of the democratic road was a new despotism, different from earlier despotic regimes, invisible but dangerously enslaving people’s minds, accepted willingly by the demos [citizens, voters] as the most genuine representation of the people’s desires” (1014). Demokrasie is “a highly imperfect system, and therefore requires great vigilance and implementation of corrective mechanisms that may also be undemocratic” (1042). Demokrasie, wat in Suid-Afrika deur swart mag gekenmerk word, moet dus nie verabsoluteer word soos die ANC-regime graag in sy retoriek doen nie. Jacob Talmon (1916-1980) sou na die ANC-regime as ‘n “totalitarian democracy” (1174) verwys het.

Die natuurlike elite, diegene met beter intellektuele vermoëns, word deur die middelmatigheid van demokratiese meerderheidsregering aan bande gelê; iets wat ons sedert 1994 plaaslik ervaar. “John Stuart Mill [1806-1873] and TH Green [1836-1882] … aptly perceived the danger of mediocrity that the democratic rule was inconspicuously imposing on modern societies” (632). ‘n Vroeëre filosoof wat hom oor staatkundige sake uitgelaat het, John Locke (1632-1704), was van mening:”Once the state is created … its main duty is to defend property, whose owners expand it through work” (1446). Maar deesdae sit ons met die absurde situasie dat die ANC-regime spesifiek die eiendom van blanke landsburgers sonder enige vergoeding wil onteien. Dit kan dui op die heeltemal verskillende maniere waarop Europeërs en Afrikane dink.

De Tocqueville se ander beroemde boek is, The old regime and the French revolution (1856, Kindle bv $2,86) waarin hy aantoon dat demokrasie in die praktyk burokrasie is, dus regering (politici en staatsamptenare) wat primêr hulle eie belange dien. Ook dit is kenmerkend van die nuwe Suid-Afrika. Legutko skryf: “In the final outcome the state in liberal democracy ceased to be an institution pursuing the common good, but became a hostage of groups that treated it solely as an instrument of change securing their interests” (1206). Oor De Tocqueville ook die volgende opmerkings. Algerië het in 1830 ‘n Franse kolonie geword. De Tocqueville het die land twee keer besoek en het rasseskeiding bepleit asook twee regerings: een vir die blanke koloniste en een vir die Moslems. Volgens hom moet die Franse regering nie poog om beheer oor die hele Algerië uit te oefen nie, maar slegs oor gekoloniseerde streke, soos die hoofstad Algiers en omliggende gebiede, wat dan eintlik ‘n blanke tuisland word. Op ‘n soortgelyke manier kon die Wes-Kaap ‘n Europese tuisland in Afrika gewees het, as daar wyse en bekwame staatsmanne was wat vooruit kon sien, maar hulle het helaas ontbreek.

John O’Sullivan skryf in sy voorwoord: “Legutko describes the oddity whereby former communists adapted far more easily and successfully than former dissidents and anticommunists to the new liberal-democratic regimes established in Central and Eastern Europe after the fall of the Berlin Wall in 1989” (81) – twee eeue na die Franse Revolusie. Die val van die Berlynse Muur het FW de Klerk aangespoor om sy noodlottige toespraak op 2 Februarie 1990 te lewer, wat meegebring het dat sowel blanke politieke beheer as ‘n rooskleurige toekoms vir Suid-Afrika in die slag gebly het. Sedert 1994 word hierdie nuwe staatkundige bedeling as heilsame demokrasie verheerlik terwyl ‘n klein groepie ANC-kornuite in werklikheid na eie goeddunke die meerderheid kiesers indoktrineer en intimideer om vir hulle te stem. Dit is ‘n skyndemokrasie ook omdat die ANC as politieke party en as sterk gesentraliseerde regering wesenlik outoritêr kommunisties is en doelbewus misleidend die beeld van ‘n liberale demokrasie probeer voorhou.

O’Sullivan skryf: “Like Marxism before it, liberal democracy is becoming an all-encompassing ideology that, behind a veil of tolerance, brooks little or no disagreement” (106). Die ANC se soort demokrasie weerspieël dus veranderings wat ook elders in die wêreld voorkom. Hierdie proses word transformasie genoem (106). Maar dit verskil wesenlik van tradisionele liberale demokrasie, wat gekenmerk is deur gewaarborgde “free speech, free association, free media, and other liberties needed to ensure that debate was real and elections fair” (106). Daar is allerhande taboes waaraan nie meer uitdrukking gegee mag word nie. Geen ras, etniese groep, individu, geslag of seksuele oriëntasie mag daarvolgens as meerder- of minderwaardig geag word nie. Almal word gelyk en ewe eerbaar verklaar.

“A generally acknowledged moral directive forbids looking down on people’s moral properties, because in the present society equality is the norm, not the hierarchy” (665). “Lowering the requirements is a process that has no end” (638). “The higher aspirations were being replaced by the lower” (671). Al hoe meer geykte woorde mag nie gebruik word nie. Plaaslik is daar ‘n Menseregtekommissie wat mense se uitdrukkingsvryheid (gedrag en taal) polisieer en selfs poog om wat gedink word, te beheer. As jy buite die voorgeskrewe mode-raamwerk tree, kan jy in die klassieke kommunistiese tradisie aan verpligte heropvoeding onderwerp word. As jy konserwatief, behoudend of regsgesind is, word jy maklik as ‘n rassis of nazi uitgekryt. As jy ‘n kommunis, oudterroris of ANC/UDF/SAKP- (politieke) misdadiger is, word dit jou nie toegereken nie. Dit dien eerder as ‘n hoogs positiewe aanbeveling. Myns insiens behoort daar in enige beskaafde samelewing met selftrots ‘n gesonde weerstand teen die vergoeiliking van misdadige gedrag te wees; des te meer as diesulkes nooit skuld erken of enige poging aangewend het om die skade te vergoed wat hulle aangerig het of om verskoning te vra nie.

Voorts skryf O’Sullivan: “Policy is determined both by electoral majorities … and a range of nonaccountable institutions such as courts that make laws rather than interpret them, transnational institutions such as the EU, UN treaty-monitoring bodies, and domestic bureaucrasies with wide regulatory powers” (123). “Paradoxically, this is both less liberal and less democratic than [traditional] liberal democracy” (128). Sedert 1994 is die duidelike onderskeid wat daar voorheen plaaslik tussen die wetgewende en regterlike magte bestaan het, stelselmatig afgebreek. Ook die tradisionele onderskeid tussen die uitvoerende magte (die staatsdiens) en die wetgewende magte. Plaaslik het die staatsdiens (sentraal, provinsiaal en plaaslik) vóór 1994 nie wesenlik of dadelik saam met die regering verander nie. Ná die 1994-verkiesing is die staatsdiens egter radikaal ooreenkomstig die wense van die ANC getransformeer. Die staatsdiens van weleer was ‘n funksionele uitvoerende mag. Die huidige staatsdiens is ‘n toonbeeld van (feitlik) magtelose ondoeltreffendheid en matelose korrupsie.

In Pole ná die Tweede Wêreldoorlog, soos in Suid-Afrika van 1994 af, was die oorgang na kommunisme revolusionêr; dus “a radical restructuring that would change everything and not leave anything as it was before. Such was the experience of the universities, schools and all organizations that, when restructured in accordance with the nature of the communist system, lost their heritage and acquired a new function and a new identity” (376). Dit geld ook die tradisionele gesin. Liberale demokrasie vereis eintlik ook die aanvaarding van die kulturele marxiste se ondergrawing van die huisgesin. “In a liberal democracy … a family will have to liberalize or democratize, which means that the parental authority has to crumble, the children will quickly liberate themselves from the parental tutelage, and the family relationships will increasingly become more negotiatory and less authoritarian … these processes … enhance equality and freedom … Thus there is no legitimate reason to defend the traditional family” (490) – wat in elk geval nie in die swartes se oorwegend enkelouergesinne weerspieël word nie. Die kohesie van gesinne word deur die ANC-regime verder afgebreek deur voor te skryf watter soort straf ouers en onderwysers mag uitdeel, bv geen lyfstraf nie; ook nie vir misdadigers nie. Dit is ‘n poging tot valse voorbeeldigheid deur ‘n instansie met ‘n geskiedenis van die opperste gewelddadigheid.

Naas die betekenisverandering wat liberale demokrasie ondergaan het, het talle ander woorde en frases nuwe betekenisse verkry. Legutko verwys in hierdie konteks na die woord “dignity”, in die sin van menswaardigheid. “Especially striking is a change in the meaning of the word ‘dignity’, which since antiquity has been used as a term of obligation. If one was presumed to have dignity, one was expected to behave in a proper way as required by his elevated status. Dignity was something to be earned, deserved, and confirmed by acting in accordance with the higher standards imposed by a community or religion – for instance, by empowering a certain person with higher responsibilities … Dignity was an attribute that ennobled those who acquired it. As noblesse oblige, dignity was an obligation to seek some form of self-improvement … The attribute was not bestowed forever: one could always lose it when acting in an undignified way” (676).

“At some point, the concept of dignity was given a different meaning, contrary to the original. This happened mainly through the intercession of the language of human rights, especially after the 1948 Universal Declaration. The idea of human beings having inalienable rights is counterintuitive and extremely difficult to justify” (682). “‘Inalienable’ by definition cannot [need not] be legislated” (692). “The concept of dignity … created an illusion of a strong view of human nature, and of endowing this nature with qualities nowhere explicitly specified but implying something noble, being an immortal soul, an innate desire for good, etc” (692). “Since the issue of the Universal Declaration dignity has no longer been about obligation, but about claims and entitlements. The new dignity did not oblige people to strive for any moral merits or deserts; it allowed them to submit whatever claims they wished, and to justify these claims by referring to the dignity that they possessed by the mere fact of being born without any moral achievement or effort … A right [of a human being] to be a pig and the right to be a Socrates were, in fact, equal and stemmed from the same moral (or rather nonmoral, as the new dignity practically broke off with morality) source” (698).

“Having armed himself with rights, modern man found himself in a most comfortable situation with no precedent: he no longer had to justify his claims and actions as long as he qualified them as rights … since having this dignity carried no obligation to do anything particularly good or worthy, he could, while constantly invoking it, make claims that were increasingly more absurd” (704). Die skynbaar onvervreembare aanspraak op allerhande regte word beklemtoon sonder dat hulle met verpligtinge gebalanseer word. Die werklose maak aanspraak op die reg op bv staatstoelaes en gratis dienste. Hy eis om in dieselfde mate as produktiewe werkers ontspanning en afleiding, bv vermaak, te geniet. “Entertainment became the most obvious and direct manifestation of freedom that liberalism offered humanity and, at the same time, the most tangible confirmation of the dominant status of the democratic man and his tastes” (790). “In today’s world entertainment is not just a pastime or a style, but a substance that permeates everything” (763); sekerlik in groter mate as produktiwiteit. “Our minds slowly get used to that fictitious reality, which we take for the real one and are lured by its attractions” (774). Vermaak “effectively dilute[s] a sense of the seriousness of existence” (784).

“Happiness – in classical ethics considered one of the central categories – fell out of use and was eventually equated, quite erroneously, with pleasure. Originally happiness was a quality that one could attribute to an entire life, not to its episodes or moments; under no circumstances could one reduce it to pleasure, a short and transient experience. Pursuing happiness meant planning one’s entire life so that it had its own moral consistency and internal harmony, both achieved through the inculcation of virtues. Bringing pleasure to the center of life engendered a different image of human nature. Human beings, in this view, no longer think of themselves in terms of the whole of their existence, but in terms of moments and episodes. It could not be otherwise because there is no such thing as the pleasure of life. One can talk about pleasures and pleasant moments that happen in life, and one can even encourage people to collect those pleasures and pleasant moments, the more the better. But the latter strategy, even if successful, does not predetermine whether this or that particular life in its entirety is or is not happy. It may have many pleasant moments, but these do not automatically translate themselves into a unifying moral scenario, nor make a life fulfilled. To have a fulfilling life it is necessary to give it a durable inherent meaning that may well coexist with having many pleasant moments, but is in no way a result of these moments, no matter how many … even if our lives are episodic, our selves are not. Hence the life dedicated to the accumulation of pleasures, but lacking an internal unity, will most likely not be a happy life because a human being cannot renounce his unity without negative consequences” (2051).

“The sexual revolution is arguably the most extreme manifestation of the episodic nature of man” (2067). “Sex became both the weapon to destroy the old order and the instrument to forge a new one. Having been elevated to such a high position, it began to penetrate all spheres of public life – education, art, culture, commerce, language” (2083). Dink aan die (onnodige) klem wat daar sedert 1994 op seks in die plaaslike skoolleerplanne geplaas word, selfs in die laer grade. Dit bevestig wat baie kenners, wat die swart psige beter as ek verstaan, beweer, naamlik dat swartes (veralgemenend) eerder op korttermyn tevredenheid, dus plesier, as op langtermyn voordele, wat gelukkige lewens tot gevolg kan hê, ingestel is.

In die kunste is ‘n verwante verwikkeling waarneembaar. “Captured by the ideological animus, both socialist and liberal-democratic, art abandoned the criterion of beauty – considered anachronistic and of dubious political value – and replaced it with the criterion of correctness. Ideas and works of art had to be ideologically correct” (2268). In Suid-Afrika het ons in die vorige eeu bv by skrywers, soos André P Brink, die versugting gevind om “betrokke” letterkunde te produseer, spesifiek leesstof wat apartheid veroordeel het. Wat daarvan gedink word, hang af van die individu se ideologiese oortuigings. “In Poland … the weakening of communism was accompanied by an extraordinary blossoming of culture” (2274).

“One encounters a similarly narrow intellectual space in today’s humanities [eg in universities] which, ultimately are dependent on liberal democracy to the same degree that the communist humanities depended on communism … Literary critics, writers, performers, filmmakers and theater directors imagine themselves to be listening to the voices of the excluded” (2301). “Today it is no longer enough simply to advertise a product; the companies feel an irresistible need to attach to it a message that is ideologically correct. Even if this message does not have any commercial function – and it hardly ever does – any occasion is good to prove oneself to be a proponent of the brotherhood of races, a critic of the Church, and a supporter of homosexual marriage” (2252). “Homosexual activists see Christianity as the original source of homophobia and feminists as the foundation of patriarchy” (2951).

Die volgende kan as ‘n opsomming dien van die politieke situasie waarin Suid-Afrika sedert 1994 verkeer: “The policy of equality was the best method to acquire electoral votes, to secure democratic legitimacy, and to stay in power. Thus a peculiar race began: on the one hand, the groups were inventing more and more effective means to influence the policies of the executive, legislative, and judiciary branches, and on the other, politicians, lawmakers, and judges were increasingly involved in a competition to see which would be the best provider of the new privileges and rights to those groups” (1222). Die NP-bewind word dikwels verwyt dat hy geen idee gehad het van wat in die swart bevolking aan die gang is nie. Maar ek dink daar was nog nooit voorheen so ‘n groot kloof tussen die relatief geïsoleerde (dink aan die korps lyfwagte) en weelderige leefwêreld van die politici en amptenare in die ANC-party en -regering, aan die een kant, en die swart gepeupel aan die ander kant nie. Die moontlikheid van ‘n opvolgrevolusie word myns insiens al hoe sterker.

Wat ook kenmerkend van Suid-Afrika geword het, is “groups officially anointed as oppressed. The status of being oppressed results from the ideological orthodoxy; bestowing it on this or that group is a purely political decision, with no regard to reality” (1841). Die toekenning van slagofferstatus geskied hoogs selektief, gevolglik kwalifiseer blankes nie daarvoor nie, selfs wanneer hulle geen effektiewe politieke inspraak of enige minderheidsregte het nie; ook nie as hulle eiendom sonder vergoeding deur ‘n moreel verderflike regering onteien word nie. “One does not have to be overly acute to see a strong resemblance between a communist activist on the one hand, and a feminist, a homosexual activist, and a liberal-democratic lumpen-intellectual on the other. Their opinions have the same tedious predictability, their arguments are based on similarly crude syllogisms, their styles are similarly vulgar, and their minds are equally dogmatic, unperturbed by any testimony from outside and prone to the same degree of zealousness” (2573).

Ná 1990/94 het Suid-Afrika ‘n inherente deel geword van die dwaasheid wat deur die sogenaamde wêreldmening as evangelie aanvaar word. “One cannot nowadays appoint an executive or elect a representative, be in politics, business, or art, without a prior selection according to sex, ethnicity or some other nonrelevant criterion” (1310). Dit geld natuurlik ook uitermate vir sport. Die raskwotastelsel wat in Suid-Afrika op bv rugby en krieket afgedwing word, word deur ‘n joernalis soos Gert van der Westhuizen geloof as die beste uitvinding sedert moedersmelk. Pas het die Suid-Afrikaanse krieketspan, wat ‘n voorbeeldige mengsel van wit, bruin, Asiatiese en swart spelers was, met die swakste denkbare vertoning in die toetsreeks teen Indië vorendag gekom.

Verder: Geslag is die afgelope dekades getransformeer van ‘n maklik herkenbare liggaamlike vastigheid waarmee jy gebore word, tot ‘n oppervlakkige etiket waaroor iedereen na goeddunke self kan besluit. In sport kan dit meebring dat ‘n naelloopster weens prostaatprobleme moet uittree of dat ‘n tennisspeelster haar knaters beseer wanneer sy oor die net probeer spring. Ons leef in ‘n tyd waarin ons kort-kort kennis moet neem van die eerste vrou wat dít geword het of die eerste swarte wat dát bereik het. Dit is seker nie meer ver in die toekoms nie, dat lofliedere gesing sal word vir die eerste selfdegeslagpaartjie wat ‘n kind verwek het. Weens die nieu-vloeibaarheid van geslag, kan dit, weens eie klassifikasie, twee mans of twee vroue wees wat dit vermag het. Hulle prestasie sal ‘n eerste wees, maar waarskynlik nie die laaste sodanige epogmaking nie. Enkele jare gelede is daar in Hongarye, teen hierdie stroom in, statutêr vasgelê “that marriage is a union between a man and a woman” (1814). Sodanige besluit “would be subjected to almost worldwide condemnation expressed in the rhetoric of rage and hatred” (1814).

“Another type of legislation, extremely dangerous and also illustrating ‘coercion to freedom’, relates to what has been called ‘hate speech’, and still another to ‘domestic violence’; these phrases tend to incriminate more and more acts of conduct and of speech, allowing for further drastic intervention by the government and the courts in family life, the media, public institutions, and schools” (1310). “The emergence of liberal democracy at educational institutions led – as elsewhere – to considerable restrictions of the very liberty that universities enjoyed previously. These developments are undermining a long and admirable academic tradition” (1336). Tydens apartheid het veral die plaaslike Engelse universiteite op akademiese vryheid en universitêre outonomie aangedring. Deesdae laat al die plaaslike universiteite toe dat hulle sonder protes ooreenkomstig die wense van die ANC-regime funksioneer, want as hulle daarteen in opstand sou kom, sou hulle owerheidsubsidie ingekort, opgeskort of weggevat word. Onderliggend: “The ominous presence of political correctness … makes the life of a dissident unbearable” (1348).

Oor (militante) feminisme laat Legutko hom soos volg uit: “Just as the ‘proletariat’, ‘women’ is an abstract concept that does not denote any actual existing community, but only an imagined collective made an object of political worship among feminist organizations and their allies. But the paradox is that this feminist woman, being an figment of political imagination, is considered by the feminists to be a proper woman, a woman in a strict sense, the truest woman, just as for the communists the Marxist proletariat was the truest representative of the working class. By the same token a real woman living in a real society, like a real worker living in a real society, is politically not to be trusted because she deviates too much from the political model. In fact, a non-feminist woman is not a woman al all, just as a noncommunist worker was not really a proletarian” (1780). “A woman who rejects feminism for its crude and destructive ideological content is a traitor to the sisterhood” (1802).

“There are other cases of bringing into alleged existence certain groups by giving them – from above, as it were – a political identity. Probably the most striking example are homosexuals, who by a political fiat gained a status of a transnational movement fighting for power and political influence” (1808). “This somewhat bizarre warmth toward homosexuals is probably fuelled by a persistent attempt to deconstruct family, the institution to which the Left has from the very beginning felt a singular hostility” (1846).

“Muslims are also privileged to some extent, but for a different reason: partly because of the real fear they arouse in liberal democrats, partly for doctrinal reasons, because granting them privileged status is believed to be the living proof of the viability of multiculturalist ideology, and partly as an exercise in moral masochism, as the attitude toward Muslims is sometimes regarded as a test – undoubtedly not an easy one – of liberal tolerance and openmindedness. But there are also less-fortunate groups, not privileged and often treated harshly, such as Christians [and (South African) whites], whom the liberal-democratic legislatures and courts clearly dislike” (1846).

“Even some ethnic groups exist today only insofar as they are seen by their assigned political role as fighters for group entitlements. Multiculturalism, an idea that has become extremely popular in recent decades, is nothing more than a program to build a society in which there exist not many cultures, but many political identities attached to many real or, more often, imagined collectives. Multiculturalism encourages what is today called identity politics. This term may be misleading. It has little to do with a defense of the rich fabric of societies and their historically constituted communities, but should be rather seen as a program of politicization of certain groups that could radically change the fabric of society” (1786). Byvoorbeeld, die Universiteit Stellenbosch roem op sy diversiteit, pluraliteit en multikulturaliteit, maar in werklikheid word daardie instansie onder Wim de Villiers se dwase leiding jaarliks meer homogeen swart en eentalig Engels. “Multiculturalism is not about culture, but about politics. In fact, they should be ‘polit’ (as in ‘politburo’) rather than ‘cultur’. And ‘mono’ rather than ‘multi'” (1808).

Ons word deesdae dikwels aangemoedig om die “hele prentjie” soos volg te sien: “Everywhere there are groups being denied their rights and therefore struggling for empowerment, and, more importantly, everywhere there are women, homosexuals, Muslims, gypsies, blacks, and representatives of other groups whom liberal democracy gave the status of political quasi-parties and upon whom it thrust the duty of settling scores with the alleged oppressors. Thus everywhere we encounter circumstances that make us aware of the need for cooperation and of securing the conditions that make it possible” (1868). Wat nie geduld word nie, is negatiewe persepsies van hierdie uitverkore groepe, want sulke persepsies word noodwendig as vooroordele beskou wat die beweerde swaar verdiende verhoogde status van hierdie groepe ondermyn (1878).

In hierdie konteks “everything is by definition political, and nothing that relates, however remotely, to these notions is trivial, minor, or irrelevant. A slight offensive remark must always be regarded as a manifestation of mortal sin. What seems a barely visible mark on the surface conceals underneath swirling currents of hatred, intolerance, racism, and hegemony. The body responsible for ensuring that these terrible things do not surface is the state, with all the instruments at its disposal. It is the state that should incessantly work to impose and improve cooperation policies by removing all real and potential barriers, creating a favorable legal environment, and reshaping public space and education in such a way that the people’s minds internalize the rules of politically correct thinking” (1895).

“Language was the first to go down this road: initially thought of as potentially descriptive and neutral, it soon came to be seen as the major political weapon used by the oppressors against the oppressed” (1906). “But because speech is just an expression of thoughts, emotions, and deeply hidden aversions, it must soon become obvious that the actual sources of evil, intolerance, discrimination [and] domination lie dormant in people’s minds, often deposited in their semiconscious layers; uncontrolled and unnoticed, these shape our language and, consequently, our bad habits and negative predilections. These habits and predilections lead to discriminatory laws and authoritarian politics, and in extreme cases, at the very bottom of this slippery slope, to persecution, the stocks, torture, and genocide. But at the beginning, at the very top, is the thought with which it all began – a thought-crime, a mental sin that constitutes the first act of disobedience to the holy political principles. Whoever seeks the remedy must start with the political therapy of people’s minds” (1911). “Patriarchy, white supremacy [not black supremacy], racism, [white] nationalism, and other terrible things” (1982), moet glo ten alle koste uitgeroei word as die geringste aanduidings daarvan in die gees van mense voorkom.

Kan die Springbokke die wêreldbeker wen?

Met Engeland wat die All Blacks oortuigend met 19-7 in Jokohama verslaan het, is alle oë nou gerig op môre se wedstryd tussen Wallis en die Springbokke. Wallis was eintlik gelukkig om teen die Franse te wen en hoewel die Britse sportskrywers so te sê klaar Suid-Afrika afgeskryf het, is die kanse goed dat hulle wel môre kan wen en kan deurdring na die eindwedstryd wat in dieselfde Internasionale Stadion op 2 November te Jokohama gehou gaan word.

‘n Element wat egter vrese in Suid-Afrika wakker maak, is nie soseer Wallis nie, maar die Franse skeidsregter, Jérôme Garcès, wat in die verlede al bevooroordeeld teenoor die Springbokke opgetree het. In vorige wedstryde tussen die Springbokke en die All Blacks het hy openlik vir die Nieu-Seelanders kant gekies. Uit 14 toetse waarin Garcès geblaas het, het die Springbokke net vier gewen, ‘n suksessyfer van 29% terwyl hul algehele wensyfer in toetsrugby  62% is.

Garcès het ook ‘n rooikaart aan Damian de Allende toegeken in ‘n wedstryd teen die All Blacks in 2017 vir ‘n laatvat op Lima Sopoago. Tydens ‘n appèlbeslissing ná die wedstryd is bevind dat die oortreding nie ‘n rooikaart geregverdig het nie.

Die veteraan-Springbok en rugbykommentator, Kobus Wiese, het aan ‘n tydskrif gesê:

“Jérôme is ‘n aangename mens, maar kyk jy na sy rekord, dink ek nie hy is ‘n baie goeie skeidsregter nie. Hy maak baie vreemde beslissings en hy’t sover ook nie ‘n goeie Wêreldbeker gehad nie. Ek wonder dus op grond waarvan kwalifiseer hy om nou een van die twee skeidsregters in die semi-finale te wees.”

Wiese het Jérôme Garcès as “verskriklik wisselvallig” beskryf, waaronder “sy beslissings by die skrums – wanneer hy strafskoppe daar toeken. Dit lyk half asof hy duim suig… een vir jou, een vir my. Dit maak net nie sin nie. En hy’s nie al een wat daaraan skuldig is nie.”

Nieteenstaande die Franse skeidsregter wat sake vir die Springbokke teen Wallis mag bemoeilik, dui die sportweddenskapsblad Betway Suid-Afrika tans as gunsteling aan. Die koers waarteen ‘n weddenskap op die Springbokke uitbetaal, is slegs 1,30 terwyl ‘n wen vir Wallis 3,85 as opbrengs bied. Dit beteken dat met R10 se wedgeld, kan mens slegs R13 terug ontvang vir die Springbokke, maar R38,50 indien Wallis die knoop sou deurhaak.

Die meeste Suid-Afrikaners sien uit na môre se wedstryd teen Wallis, asook om die Springbokke in die eindstryd in Jokohama te sien speel. “Met die All Blacks uit die pad, behoort dit eintlik makliker te wees om Engeland te klop,” het een geesdriftige wat nie haar naam genoem wou hê nie, by ‘n Johannesburgse winkelsentrum gesê.

Kenners is dit eens dat Wallis oor ‘n span gedugte voorspelers beskik. Die Suid-Afrikaanse stut, Brok Harris, 34, wat reeds ses jaar lank vir die Dragons van Newport in Wallis rugby speel, sê: “Albei spanne se verdediging is rotsvas. Die span se agttal wat vir die agterspelers die beste platform gaan skep om vanaf te speel, sal die wedstryd wen.”

Leon Lemmer: Rina Venter oor die oorgang na swart meerderheidsregering

Rina Venter (gebore in 1938) was die minister van gesondheid (1989-1994) in FW de Klerk se kabinet. Sy het in 1963 met ‘n geneesheer getrou en in 1973 ‘n doktorsgraad in maatskaplike werk verwerf. In die vroeë jare negentig was sy moontlik die eerste en (feitlik) enigste politikus van die Nasionale Party (NP) wat alarm gemaak het deur te beweer dat die NP besig was om op grootskaal met die onderhandelinge droog te maak. Haar outobiografie is onlangs gepubliseer: ‘n Stukkie van die legkaart (Pretoria: Malan Media, 2018/2019, 432p, R350; Amazon Kindle $17,25). Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, asook die LW Hiemstra Trust, het met finansiële ondersteuning die publikasie van hierdie boek moontlik gemaak.

Volgens die Kindle-katalogus handel die boek “oor die Afrikaner se opkoms en ‘ondergang’ tussen 1938 en 1994.” Hermann Giliomee skryf in sy resensie: “Venter se boek is die gesaghebbendste ontleding wat tot dusver geskryf is oor die vraag hoe en waarom die NP-regering nie die belofte van ‘n bestel van magsdeling, wat hy aan sy kiesers gemaak het, nagekom het nie … Venter se boek is meer onthullend en meer pynlik eerlik oor ons demokratiese oorgang as enige ander boek wat bestaan” (Netwerk24/Rapport 16.06.2019). Giliomee verskaf ‘n uitstekende oorsig oor die inhoud van die boek. Die onbekwaamheid van FW de Klerk en sy onderhandelaars is eintlik ongelooflik. Wat in 1990/94 gebeur het, is so ‘n radikale breuk met die voorafgaande geskiedenis van die Afrikaner en die NP dat ek al hoe meer vermoed dat die volgende “stukkie van die legkaart” ‘n onhulling kan wees van die rol wat buitelandse instansies, soos die CIA, asook geld, in die onderhandelinge gespeel het, soos wat PW Botha reeds jare gelede gesuggereer het.

‘n Ander faktor in die magsoorgawe was kruipsug. Hoe meer dit gelyk het asof die ANC beheer gaan oorneem, hoe meer inskiklik het sommige NP-ministers geword. Niël Barnard skryf: “Baie oë” was “reeds stewig gevestig op ‘n politieke possie in die nuwe Suid-Afrika” (Vreedsame revolusie, 2017, p 277 – Praag 8.07.2017). Sommige van die NP-onderhandelaars en ministers “het heimlik en van meet af die oog op die toekoms gehou en só opgetree dat hulle nie onnodig hul kanse by ‘n toekomstige ANC-regering versuur nie” (271). Naas De Klerk is dit Pik Botha. Roelf Meyer en Dawie de Villiers wat in 1994 kabinetsposte in die Regering van Nasionale Eenheid gekry het. Volgens Venter het Sam de Beer as NP-minister ook hartlik met die ANC saamgewerk. Hy het later by die ANC aangesluit en ‘n Gautengse provinsiale raadslid geword.

Hoewel die eerste uitgawe van Venter se boek in Oktober 2018 vrygestel en dit op 6 Maart vanjaar by die Woordfees op Stellenbosch bekend gestel is, het ek die gedrukte weergawe nog nie in ‘n enkele boekwinkel gesien nie. Dit is glo by die FAK teen R450 (koerierkoste ingesluit) beskikbaar. Die Kindle-weergawe wat onlangs gepubliseer is, is op 19 Oktober plaaslik bekend gestel. Die boek is, met die uitsondering van die illustrasies, uitstekend gereproduseer. Ek vermoed dat die outeur lank na ‘n uitgewer gesoek het; soortgelyk aan Ian Smith (1919-2007) wat nie ‘n bekende uitgewer vir sy outobiografie (The great betrayal / Bitter harvest, 1997 – Kindle-weergawe $ 5,96) kon vind nie. Myns insiens is daar om politieke redes geen moontlikheid dat bv ‘n Naspers-uitgewery die outobiografie van Venter of Smith sou publiseer nie. Vir bv Trevor Manuel, eens die sekretaris-generaal van die UDF, geld dit natuurlik nie. Sy biografie, geskryf deur Pippa Green, is in 2009 in sowel Afrikaans as Engels deur Tafelberg gepubliseer.

Reeds in die voorwoord maak Venter dit duidelik dat die NP reeds teen 1993 beheer oor die situasie in Suid-Afrika verloor het. “Die deur is wyd oop vir destabilisering van die landsadministrasie deur die ANC” (Kindle 161). Sy was bekommerd oor die lot van die kiesers in haar kiesafdeling, Innesdal, omdat baie van hulle staatsamptenare was. “Die swak ooreenkoms oor regstellende aksie gaan lei tot talle amptenare wat om politieke redes hulle werk verloor” (161). Kontrasteer dit met FW de Klerk se belofte voor die 1992-referendum dat niemand sy werk sal verloor nie. “Ek voel diep aanspreeklik teenoor alle kiesers en kan nie aan die gevoel ontsnap dat die NP die staatsadministrasie en sy kiesers – onder wie die staatsamptenare – in die steek laat nie. Die moontlikheid van magsmisbruik deur die ANC is duidelik sigbaar op die horison” (166).

Thabo Mbeki beweer in ‘n toespraak op 31 Maart 1995 “die Oorgangsgrondwet [1993] word hersien omdat onderhandelings daaroor nie demokraties was nie en dus ongeldig is” (172): “At no stage were these elements of transition conceived as elements of permanence, as a perennial feature of South African society” (177). “Mbeki wys hoe irrelevant skikkings in die Oorgangsgrondwet vir die ANC is. Onderhandelings oor ‘n grondwet is hoofsaaklik vir die ANC ‘n middel tot sy ware politieke doel om onbeperkte mag uit wit hande te neem. Die [NP-]regering laat dit toe” (10116). Die 1996-Grondwet waarmee ons sedertdien sit, is opgestel nadat die ANC die meerderheidsparty in die parlement geword het en dus die inhoud daarvan kon dikteer. Dit was volslae onnoselheid van die NP om so iets toe te laat. Oor die finale Grondwet moes tydens die onderhandelinge ooreengekom gewees het en daardie Grondwet moes, volgens FW de Klerk se 1992-belofte, aan die blanke kiesers vir goedkeuring voorgelê word, wat verraderlik nooit gedoen is nie. Een die gevolge was dat Afrikaans sy status as die gelyke van Engels as ampstaal verloor het (Praag 12.10.2019).

Die immorele ANC het ‘n dubbele agenda gehad deur tydens die grondwetlike onderhandelinge skynooreenkomste met die NP te sluit maar terselfdertyd te beoog om later na goeddunke daarvan af te wyk. Daar was natuurlik ook die ANC se dubbele agenda van onderhandelinge met die NP en om tot die verkiesing in 1994 terselfdertyd onverminderd met die gewapende stryd voort te gaan. Die Nasionale Intelligensiediens het tevergeefs hierteen gewaarsku. Geen doelgerigte teenstrategieë is deur die NP ontwikkel nie (183). Vir die bose ANC was Kodesa en die onderhandelinge “slegs ‘n instrument tot die politieke doel om onbeperkte mag te wen” (183). “Ons het in werklikheid te doen met rou oorname van politieke mag” (189); dus ‘n (sosialistiese/kommunistiese) revolusie.

Venter skryf: “My wortels gaan terug na 1696 toe Johanna de Klerk met Pieter Becker, my stamvader, trou. Haar broer Abraham de Klerk is [die] stamvader van FW de Klerk” (1202).* “Ironies is dat Pa se stammoeder ‘n vrygestelde slavin was. Sy is Maria Pieterse, dogter van Pieter van Bengale en sy vrou, Johanna Arends, albei vrygestelde slawe. Oupa Frans Heinrich Stapelberg [Venter se nooiensvan] kom in 1755 vanaf Stade, Hanover in Duitsland, in Kaapstad aan en trou met Maria” (1286). Venter is dus hoog in die hedendaagse mode waarvolgens ‘n Afrikaner liefs ‘n slavin as voorouer moet hê. Venter se pa was ‘n lid van die Ossewabrandwag (397). As kind het die outeur, danksy die invloed van ‘n ouma, “‘n sterk volksbewussyn” ontwikkel (381). “Ons raak via Pa bewus van haar dryfkrag vir die Afrikanersaak” (408); dus “haar manier om ons deurgaans van ons volksidentiteit bewus te maak” (439). Profeties was hierdie ouma se versugting soms: “Wee Afrika” (540).

[* FW de Klerk skryf in sy outobiografie: “Susanna was the daughter of Diana of Bengal, an Indian slave who was sold to one Augustin Boccart in 1667. Nevertheless, Susanna was raised with her father’s (Detlef Bibault) legitimate (and white) children by his Dutch wife Willemyntjie de Wit, apparently without any problem or discrimination. Susanna married Wilhelm Odenthal in 1711 and was the mother of Engela Odenthal, who married my direct ancestor, Barend de Klerk, on 7 April 1737” (The last trek – A new beginning, 1998, p 4).]

“Op ‘n keer moet Oupa keer dat gevoelens nie handuit ruk nie toe Pa na een man se ‘Union Jack’ teen sy bors as ‘n spinnekop se nes verwys” (461). “Ons is grootgemaak om te glo Suid-Afrika ‘behoort aan die Afrikaner’ … Pa het ons as jong kinders skepties gemaak jeens die Unievlag. Die Vierkleur was sy vlag en Ma het ons die woorde van die Vlaglied leer sing” (516). “Die Voortrekkers was ons helde” (488). Die ironie is dat die Afrikanerdom se situasie sedert 1994 in so ‘n mate versleg het dat een van haar pa se kleinkinders na Australië geëmigreer het (659). “Pa laat nie toe dat ons een Engelse woord gebruik wanneer ons Afrikaans praat nie … Ons het dus vroeg in ons lewe Afrikaans suiwer gepraat en in die ontwikkeling van ons moedertaal begin belangstel” (493). “My selfvertroue om in Engels op te tree bly ‘n probleem, selfs nadat ek [in 1984] tot die politiek toetree” (697).

Venter se pa het sy ses kinders aangemoedig om self te dink. “‘Jy is ‘n slaaf wanneer iemand anders vir jou dink.’ Op hierdie wyse onderrig Pa my om ‘n selfstandige denker te word” (505). Haar geskiedenisonderwyser “herinner ons die wenner skryf ná ‘n oorlog gewoonlik sy eie vertolking van gebeure” (708), soos die skeefgetrekte geskiedenis wat die ANC-regime deesdae aan al die plaaslike skoolkinders opdring. “In hierdie jare in die geskiedenisklas word ek sterker van nasionalisme in ‘n historiese sin bewus … Nasionalisme is ‘n sterk krag wat klem lê op mense se strewe na onafhanklikheid, hul regte en vryheid” (713).

“Teen die tyd dat ek in 1957 inskryf as student in maatskaplike werk aan die Universiteit van Pretoria (UP), is ek ‘n nasionalis in hart en siel. Gedurende my tweede jaar maak ek kennis met die Tomlinson-verslag as deel van my sosiologiestudie. Hierdie verslag maak sin en lê klem op mense se ontwikkeling. Dit is waaroor my professie gaan. Ek besluit dit is waar die antwoord lê … Weens swart mense se tradisionele kulturele gebruike wat ons vreemd vind, die meerderheid se ontwikkelingsvlak en die rol wat hulle oor dekades in wit mense se lewe speel, ontwikkel ‘n houding en ‘n siening dat ons as volk die reg het om Afrikaners se belange te bevorder. Alle nasies doen dit oor eeue” (755).

“Ek leer onder leiding van prof Geoff Cronjé [1907-1992] op Tukkies hoe belangrik my houding teenoor diegene is wat hulp nodig het” (1034). Deesdae word Cronjé sonder meer van rassisme beskuldig omdat hy bv teen rassevermenging in seksuele verhoudings was. “Ek onthou dat Cronjé in sy boek Regverdige rasse-apartheid [1947], wat vir Sosiologie I voorgeskryf is, beskryf hoe die staat die Afrikanergemeenskap met wetgewing teen kulturele vermenging probeer beskerm” (1040). “Ná 1962 raak ek sterker bewus van die regering se planne om rassuiwerheid tot ‘n spesiale waarde te verhef. Ek onthou Ma se waarskuwing in 1956 dat die Afrikaner nie ‘n superieure volk is nie … Min het ek destyds besef hoe ek geleidelik al sterker betrokke sou raak by die skade wat uit hierdie ideologiese mistasting ontwikkel” (1131). Is dit noodwendig ‘n mistasting? In absolute terme kan die Afrikanerdom, as ‘n volk tussen talle etniese volke, of die blankes, as ‘n ras tussen ‘n hele aantal rasse, nie sonder meer as meerderwaardig bestempel word nie. Maar waarvoor daar ‘n sterk saak uitgemaak kan word, is dat bv die ontwikkelingsvlak, ervaring en kundigheid van blankes, insluitende Afrikaners, sodanig is dat hulle beter as bv swart mense toegerus is om oor ‘n gesofistikeerde Westerse land, soos die ou Suid-Afrika, te regeer.

Toegegee, om oor Suid-Afrika as ‘n (tipiese) Afrikaland te regeer, verg ander vaardighede as dié waaroor blankes beskik. Maar dan kan die vraag gestel word: Is sodanig getransformeerde opset in die beste belang van die meeste inwoners? Swart mense benader sake anders as blankes. Daar is fundamentele verskille in waardes. Byvoorbeeld, die ANC se MK-terreurbendes, onder die leiding van Nelson Mandela, het volgens getuienis voorgelê aan die sogenaamde Waarheids- en versoeningskommissie meer as 400 dade van sabotasie tussen 1961 en 1963 gepleeg. Vir hierdie ernstige misdade is Mandela tronkstraf opgelê. Was daar enige skuldgevoelens by Mandela? Nee. Het hy iemand om verskoning gevra? Nee. “Hy lê klem op die edel politieke oogmerke om swart mense se politieke regte reg te stel. Sonder enige wroeging oor die wyse waarop hulle dood en verwoesting saai. Die doel heilig die middele en maak hom ‘n held” (1218). “As jong mense sien ons nie bevryding in Afrika nie – net ellende. Daarom klou wit mense vas aan afsonderlike ontwikkeling” (1223). Die NP-regering oortuig kiesers tuislandontwikkeling is die antwoord op politieke konflik in die land” (1632).

As maatskaplike werkster beskou Venter haarself nie as “‘n politieke aktivis nie” (1045). Ervaring in haar werksituasie lei egter mettertyd tot ‘n mate van politieke verligtheid: “Aanvaarding van mense se gelykwaardigheid, almal se uniekheid en reg om self besluite oor hul lewe te neem, is nie voorwaardelik nie. Ek begin verstaan hoe apartheid die samelewing verwring [en] wat rassisme is” (1062). Wat myns insiens eerder nodig is, is om vas te stel in watter opsigte mense gelyk of ongelyk is. Dit is ook wenslik om te erken dat sommige mense in hulle eie belang liefs nie met besluite oor hulle lewens vertrou moet word nie. Apartheid kan nie net sleg wees nie. “Ek weet van talle faksiegevegte wat soms tussen swart werkers op die myn uitbreek. Hierdie konflik word beheer deur faksies apart te huisves” (1120). Byvoorbeeld, Soweto het tradisioneel bestaan uit aparte woongebiede vir die verskillende etniese groepe.

Venter besef gelukkig “die werklikhede wat in Afrika opgesluit is … Die kontinent is nie gereed vir demokrasie nie. Geleidelik leer praktiese ervaring my hoe kompleks en tydsaam verandering en ontwikkeling in mense se lewe kan wees” (1083). Hier kan ek ‘n konkrete voorbeeld verskaf: Daar kan nie, moet nie en mag nie van ‘n groepie ANC-terroriste verwag word om sonder politieke, bestuurs- en administratiewe ondervinding oornag die beheer van ‘n ontwikkelde, vooruitstrewe en suksesvolle Westerse land oor te neem en dan daarmee suksesvol te wees nie. Na aanleiding van gebeure in Kenia en die Belgiese Kongo skryf Venter se pa in 1960 uit Noord-Rhodesië/Zambië: “Hy kan nie sien hoe onervare swart mense die gesofistikeerde mynbedryf sal kan bestuur nie. Hy meen dr Hendrik Verwoerd is reg met sy tuislandbeleid vir swart mense” (1088). Gebeure soos hierdie maak “my bewus van anargie en chaos in Afrika ná dekolonisasie” (1185).

Blanke vlugtelinge uit die Belgiese Kongo het gesê: “Ons gaan terug België toe. Dié Afrika wat ons leer ken het, druis in teen alle beskaafde standaarde waarvoor ons leef. Afrika is nie ‘n plek vir wit mense nie. Julle beurt kom! Dit is nie ‘n kwessie van óf nie, maar wanneer!” (1099). “Hulle het alle vertroue in swart mense verloor. Volgens hom verstaan swart mense nie ‘n demokrasie nie. Hulle erken nie hulle eie onvermoë om die land te kan regeer nie. Hulle sien net politieke mag en vernietig alles op pad na mag” (1104). (Byvoorbeeld, Jacob Zuma verstaan nie demokrasie nie. Volgens hom het lede van die meerderheid meer regte as lede van minderheidsgroepe. “Dit is hoe demokrasie werk.”) “Só word Afrika, geweld, onbeheerste bevolkingsgroei en afhanklikheid toe deel van my lewe op ‘n wyse waaraan ek nog nooit voorheen gedink het nie” (1104). Die ironie is: In swart Afrika beteken politieke onafhanklikheid (dikwels/meesal) ‘n groeiende getal afhanklike inwoners; mense wat van bv owerheidstoelaes, aalmoese en misdaad vir hulle voortbestaan afhanklik is.

Desnieteenstaande neig Venter om ellende in al hoe groter mate op ‘n oorvereenvoudigde manier aan die uitwerking van apartheid toe te skryf; asof ellende saam met apartheid sou verdwyn. Sy maak haar toenemend los van haar Afrikanerwortels. “Ek en Hennie [haar man] besluit om hulle [hul kinders] sover moontlik weg te hou van formele indoktrinasie en Afrikanervolksfeeste wat terugkyk en nie vorentoe nie” (1751). En vandag? Is dit vir skoolkinders moontlik om ANC-indoktrinasie via die skoolleerplanne vry te spring? Neem die openbare vakansiedae die prestasies van blankes in die ou Suid-Afrika in ag of eerder opstandigheid en misdade gepleeg deur ANC-kornuite? Vorentoe sien Afrikaners deesdae net duisternis. As hulle terugkyk, ervaar hulle nostalgie vir en trots op wat hulle en hulle voorgeslagte alles tot stand gebring het.

“Ek voel onverskillig teenoor Afrikanerinstellings en besluit om nooit enige volksfees by te woon nie. Ek wil nie weet hoe spesiaal die Afrikaner is nie. Ek ken my eie kwaliteite as Afrikaner en besef ons moet saamwerk en -woon met swart mense en hulle waardigheid as mense respekteer. Soos ons ouers ons geleer het. Ek begin my losmaak van die ideologiese siening oor Afrikanerskap … Saam distansieer ons [Venter en haar man] ons van alle kultuurbedrywighede wat die Afrikaner onrealisties bly verhef as ‘God se plan om Afrika te kersten'” (1275). Maar sy behou haar geloof in afsonderlike ontwikkeling “omdat dit in essensie deel is van ‘n politieke plan om SA te vrywaar van verval en te verseker ons bly ‘n ordelike staat. My liefde vir my taal hou my in murg en been Afrikaans” (1291). “Teen 1970 … [het] ‘n soeke na ware geregtigheid begin. Hoe raak ons van rassisme ontslae sonder om ordelike regering prys te gee?” (1309). Later formuleer Venter dit soos volg: “Hoe verander ons die politieke bestel om reg en geregtigheid te verseker sonder om beheer oor ‘n ordelike staat te verloor? (2039). ‘n Kort antwoord is: Nie soos FW de Klerk dit probeer doen het nie.

“Konflik ontstaan vinnig tussen diegene met behoudende en dié met verligte uitsprake oor wie ons is en moet wees, en hoe ons samelewing moet lyk” (1408). “Verligte denkers in die joernalistiek en in die samelewing word belangrik, ook hervormingstappe wat die NP doen en hoe regse denke hierdie debat rem” (1340). “Ek besef dit is onvermydelik dat ons die pad sal moet loop wat ongeregtighede herstel; maar nie die Afrikapad nie. Gevolglik word die hervormingspolitiek van die NP, wat konstitusionele antwoorde soek, vir my belangrik. My konflik strek veel dieper as politieke denke oor Afrikanerskap. Watter soort volk word ons?” (1356). Dalk moes sy nog dieper gedink het: Wat gaan op die lange duur van die Afrikanervolk word? Gaan iets daarvan oorbly of gaan alles, die Afrikanerdom in sy geheel, verswelg word?

“Ek is as Afrikaner deel van ‘n multikulturele samelewing” (1362). Sy is op soek na “‘n politieke grondslag wat vir SA kan werk. Wat elke kultuurgroep gelykwaardig akkommodeer. SA behoort aan al sy mense – minderhede en meerderhede” (1368); dus, alles moet nie deur die meerderheid ingepalm word nie. “Konstitusionele verandering is nodig wat minderhede se belange en behoeftes beskerm en terselfdertyd verseker SA veval nie soos groot dele van die res van Afrika in ‘n onordelike staat nie” (1445). Sy toon begrip vir “emosionele geborgenheid” (1403) maar sy dink ook “Afrikaners se lewenshouding teenoor volksvreemdes moet verander. Werkbare antwoorde, vry van gevestigde ideologiese opvattings, raak noodsaaklik vir Afrika se politieke realiteite” (1413).

“Weerstand teen verandering … word gedryf deur die Afrikaner se politieke ideaal om ‘n onafhanklike volk te wees, en die onversoenbaarheid van realiteite in Afrika met hierdie ideaal. As gesagvoerders in die gemeenskap staan die meerderheid Afrikanerindoenas [1521, 1568, “waghondindoenas” – 1413, “agterosdenkers – 1429] in die kerk, die kultuur en politiek alle vernuwing van denke aggresief en veroordelend teë” (1419). Dit is sekerlik ‘n oordrewe formulering. Maar Venter borduur voort: “Inteling van denke vind plaas omdat buite-invloed ontmoedig word. Verdeeldheid en afsondering tussen kultuurgroepe word wetlik gereguleer. Afsondering van Afrikanerkinders word gesien as antwoord op ‘n multikulturele samelewing sonder om te erken hoe isolasie die Afrikaneridentiteit verarm eerder as verryk” (1489).

Kom ons kyk realisties na hierdie saak. Afrikaanse skole word sedert 1994 op groot skaal getransformeer tot tweetalige en daarna eentalige Engelse skole. Terselfdertyd word die leerlingkorps multikultureel, met bv messtekery as ‘n byvoordeel. ‘n Eens Afrikaner- en Afrikaanse universiteit soos Stellenbosch loop dieselfde pad en kry bv vandalisme, brandstigting en ‘n verkragtingskultuur op die koop toe. Is dit kulturele verryking of verarming? Terselfdertyd daal die akademiese standaarde in die skole en aan die universiteite. Is die kool die sous werd? Venter besef in ‘n mate dat die opheffing van die sogenaamde isolasie, oftewel apartheid, die Afrikanerdom benadeel. “Derhalwe raak Afrikaners stadig maar seker vervreemd van hul kulturele wortels, onderling verdeeld, en die werking van gesinne en die gesinstruktuur verander” (1489). Wat word die ideologie genoem wat die kern van die Westerse samelewing, die gesin, wil vernietig? Kulturele marxisme, soos uitgedra deur die ANC en sy meelopers. Die NP-regering se werkreservering word voorgestel as die (selfsugtige) beskerming van eie, dus blanke, belange. Sulke “afsondering verhoog Afrikaners se siening van hul eksklusiwiteit” (1507). En die ANC se beleid van regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging? Dit is per slot van sake die herinstelling van werkreservering, maar op ‘n baie groter en ekonomies skadeliker skaal.

Maar Venter bly op die verligte pad. “My onderrig in ‘n dubbelmediumhoërskool maak my bewus daarvan dat my Engelse maats saam met my Suid-Afrikaners is. Tien jaar later vind ek aanklank by verligtes wat hierdie punt uitlig, sonder om skuldig te voel oor my Afrikanerskap” (1693). Maar tweetalige skole en universiteite word deesdae tot eentalig Engelsmedium instansies getransformeer. En Afrikanerskap kan in Suid-Afrikanerskap verwater en deesdae in Afrikaskap verswelg word. Venter toon nie genoegsame begrip vir sulke gevare nie, bv: “Jonger vroue speel ‘n konstruktiewe rol om ‘n meer byderwetse beeld uit te dra. Hulle is ingelig oor sake van landsbelang en maak die debat breër as net tradisionele volksbelang” (2558). Om volksbelang voorop te stel, noem sy “skrefie-denke” (2733). As maatskaplike werkster van die Suid-Afrikanse Vrouefederasie kom sy telkens in opstand teen wat die Afrikaanse kerkgenootskappe op hierdie terrein in die samelewing doen. Sy raak “in toenemende mate bewus van die sterk rol wat my kerk speel om Afrikaners se denke te beheer” (1802). Sedertdien het hierdie kerke boedel oorgegee. Hulle weerhou hulle van kritiek op die huidige politieke bestel en huldig polities byderwetse standpunte, skynbaar sonder Bybelse fundering. Het die kerke vooruit of agteruit geboer? Die kerk het glo voorheen “rassisme ondersteun en bevorder” (1808).

Een van die verdienstelikste aspekte van die boek is dat Venter die wesenlik gewelddadige aard van die United Democratic Front (UDF) uitlig (2017). “Solidariteit tussen swart mense word met ongekende wreedheid en geweld bewerkstellig. Die verdeelde swart samelewing is magteloos om weerstand te bied teen die revolusionêre geweld wat teen hulle gebruik word” (3136, ook 3276), bv “die straatkomitees se wreedheid en genadelose, misdadige gedrag” (3281). “Persone wat verdink word dat hulle met wit mense of teen die UDF collaborate, kan genecklace word” (3288). “Swart gesinne [kom] onder revolusionêre beheer van die UDF” (3295). Daar is “die genadelose wyse waarop kinders gebruik word” (3295). “Politieke geweld in swart woongebiede kry ‘n eie momentum wat alle beskaafde en demokratiese reëls verbreek en tot onbeskryflike menslike ontberings lei … Die UDF onderdruk alle politieke en kulturele verskille en behoeftes tussen swart groepe met geweld en om swart solidariteit teen [die] wit bewind te bewerkstellig” (3308).

“Daar is by die UDF geen politieke verdraagsaamheid nie” (3542). Swart leiers wat met plaaslike owerhede saamwerk, “word stelselmatig uitgemoor” (3486). “Elke begrafnis word omskep in politieke weerstand teen die staat” (3553). “Die einddoel is onbeperkte oorname van politieke mag oor ‘n ‘koloniale wit minderheid’, wat op enige wyse bereik moet word” (3460). Hierdie vergrype word “voetstoots deur die internasionale gemeenskap ondersteun” (3465). “Swart mense word vrygespreek van alle verantwoordelikheid vir geweld omdat ‘apartheid geweld regverdig'” (3542).

Die UDF is in 1983 gestig as oënskynlike reaksie op die instelling van die Driekamerparlement. In werklikheid is die UDF toegelaat om as die binnelandse vleuel van die ANC se terroristiese MK te funksioneer totdat die ANC se terroriste van 1990 af uit die buiteland na Suid-Afrika terugkeer het, of van bv Robbeneiland vrygelaat is, of nuut in Suid-Afrika gewerf en opgelei is. In 1997 tydens die sittings van die sogenaamde Waarheids- en versoeningskommissie gee die ANC en sy meelopers voor dat hulle hande silwerskoon is. “Hierdie skynheiligheid verdoesel swart-op-swart-wreedhede [asook swart-op-wit wreedhede] wat gesanksioneer is as deel van ‘n ‘eerbare struggle‘” (3324).

Die UDF se hoofbelhamels was Desmond Tutu en Allan Boesak. Tot op hede word die valse front voorgehou dat hierdie twee teoloë nie-gewelddadige wesens is, soos onlangs weer tydens die verjaardagvieringe van die 90-jarige Tutu. Ongelukkig help Venter bou aan hierdie valse beeld van Tutu. Na aanleiding van gebeure in 1986 skryf sy: “Tutu bevorder ‘n gesindheid om vrede te bewerkstellig te midde van ernstige politieke geweld” (3076). Sy beskou selfs die toekenning van die Nobel-prys vir vrede aan Tutu as geregverdig (3081). In werklikheid het Tutu geweld aangemoedig en nie veroordeel nie (Praag 1.09.2011). Die gewelddadige nuwe Suid-Afrika is die erflating van sowel die UDF as die ANC: “Solidariteit tussen alle swart mense word met geweld deur die UDF afgedwing. Hieruit volg ‘n politieke kultuur van geweld, burgerlike ongehoorsaamheid, destruktiewe optrede wat infrastruktuur vernietig, en verswakking van plaaslike owerhede se administratiewe vermoë om dienste te ontwikkel en te beheer. Grootskaalse wanorde heers” (4818).

Die rassistiese anti-blanke gesindheid in die UDF word nie belig nie. In plaas daarvan word “die regses” eerder van rassisme beskuldig, bv: “Die politieke skeuring [in die NP] verhoog rassistiese vooroordele, wat weer deur regse denke versterk word sonder enige [!] siening oor medemenslike verantwoordelikheid” (2211). “Regse denkers skep ‘n persepsie [in die jare tagtig] dat die NP besig is om Afrikaners uit te verkoop” (2221, ook 3329), dus verraad te pleeg (2541). In 1990/94 en sedertdien het dit geblyk dat die regses 100% reg gehad het. Nogtans beskryf Venter die regse standpunt as “kortsigtig … en onnodig” (3174) en selfs: “Dit is moeilik om te aanvaar Afrikaners tree so selfvernietigend op onder die waan hulle beskerm hul eie belang” (3179).

Ná 1994 het die ANC-regering gesorg dat owerheidsubsidies “in sekere gevalle van 66% tot 28% daal” (2259). Dit is veral blanke belange wat doelbewys benadeel word. Daarenteen is die toelaes aan bv ongehude (dus veral swart) moeders verhoog en skouspelagtig uitgebrei. Een van die prominentste kenmerke van die ANC se “nie-rassige en nie-seksistiese” nuwe Suid-Afrika is blatante diskriminasie teen blanke mans, wat ten minste in sekere opsigte beter as enige ander plaaslike groep presteer het, bv in die opbou oor eeue van Suid-Afrika. Met verwysing na die Irene-konsentrasiekampkerkhof skryf Venter met lof van “‘n jong volk wat die moed gehad het om op te staan vir wat hulle geglo het reg en geregtigheid is. Dit is waarin ons inspirasie moet vind … Ons moet die moed hê om as Afrikaners op te staan vir wat nou … relevant is” (2418). Noudat die voortbestaan van die Afrikanerdom en Afrikaans ongetwyfeld ernstig bedreig word, het dit nie hoog tyd geword vir daadwerklike versetaksies nie?

FW de Klerk het aanvanklik die 1983-Grondwet gebruik om sy visie vir die beskerming van groepsbelange te ontwikkel (3657) – die “eiesakekonsep” (3756) – waarvan uiteindelik niks in die onderhandelinge of die 1996-Grondwet tereg gekom het nie. “Hy staan in die politieke debat ver weg van die realiteite in swart politiek” (3657). De Klerk het klaarblyklik in die waan verkeer dat hy met redelike, rasionele en eerbare ANC- en SAKP-mense, soortgelyk aan sommige van die blanke politici wat hy geken het, sou onderhandel terwyl dit glad nie die geval was nie. De Klerk het met “‘n beeld as konserwatief en behoudend” (4018) leier van die Transvaalse NP en daarna in 1989 van die NP geword (3729). Hy was ‘n “’ronde man’ … oorversigtig en geneig om hom aan te bied as iemand wat alles vir almal wil wees” (3735).

In die NP-koerantjie, Die Nasionalis (Mei 1987), skryf De Klerk oor “die instandhouding van eie gemeenskapslewe en volwaardige selfbeskikking oor groepsbelange. Oorheersing van enige groep sal effektief uitgeskakel word. Ontwikkeling van billike geleenthede vir ander bevolkingsgroepe word verseker en medebesluitneming oor gemeenskaplike sake word bevorder” (3840). Sedert 1994 sit die blankes met swart oorheersing, dus geen medebesluitneming nie, en selfs nie eens billike geleenthede nie. Deesdae besef ons: “Politieke beloftes staan sonder geloofwaardigheid in die breër samelewing” (3846), bv die hooftema van die NP-regering se beleid ná 1987: “Eie seggenskap en selfbeskikking en medeverantwoordelikheid tussen alle groepe” (3925). Maar dit is nie net NP-politici, veral De Klerk en sy onderhandelaars, wat ‘n U-draai gemaak het nie. Baie blankes, insluitende mense wat eens Afrikaners was, het feitlik onherkenbaar ontaard. “Mense konformeer maklik om ‘in te voel'” (4221).

Ná die algemene verkiesing op 6 September 1989 woon Venter as nuut aangestelde minister haar eerste kabinetsvergaderings by, asook ‘n bosberaad in Desember 1989. De Klerk het toe volle ondersteuning vir sy hervormingsingesteldheid geniet. Suid-Afrika was daarvolgens op pad na ‘n “nuwe konstruktiewe toekoms” (4645). “Die land sal verander. ‘n Swart regering sal oorneem. De Klerk is vol vertroue ‘n magsdelingmodel sal ontwikkel kan word” (4661) al is dit “duidelik dat die ANC onbeperkte oorname van mag nastreef” (4687). My indruk is dat De Klerk en sy onbekwame onderhandelaars baie vroeër as wat in die openbaar erken is, swart meerderheidsregering aanvaar het. Maar Venter fouteer (moontlik) deur dit so vroeg as 1989 te dateer. Dit sou immers die valsheid onderliggend aan die NP-retoriek vóór die 1992-referendum nog erger maak, al het sommige NP-politici moontlik toe reeds besef dat politieke magsdeling ‘n verbeeldingsvlug is; dus dat magsoorgawe ons voorland was.

Later herhaal Venter eintlik daardie vroeë NP-besluit van oorgawe. Oor “sedert 1990” skryf sy: “Geen twyfel bestaan waar die regering staan met betrekking tot die ANC-meerderheid wat mag gaan oorneem nie. Die vraag is: Hoe word verseker die ANC se sterk magsposisie verswelg nie die belange en behoeftes van wit en swart minderhede nie?” (7228), dus De Klerk se “wigte en teenwigte”, wat later geblyk het fiktief te wees (9293, 9990). “De Klerk se siening is dat voldoende wigte en teenwigte in ‘n nuwe grondwet sal omsien na alle sake wat sedert 1990 onafgehandel wag. Uiteindelik kom daar niks van behoorlike wigte en teenwigte nie” (8742). “Die regering weet hulle gaan politieke mag afstaan. Vasklou aan politieke mag is nie ter sprake nie – wel akkommodering van verskeie minderhede se belange en behoeftes” (7256).

Heelwat later skryf Venter dat “teen September 1992” (7558) is daar “die eerste formele teken van politieke oorgawe deur die NP-regering” (7564), deurdat toegegee word aan die ANC se eise vir regeringsoptrede teen hostelle wat IVP-ondersteuners huisves. Dit het gevolg na die Boipatong-menseslagting op 17 Junie 1992 toe IVP-Zoeloes ‘n wraakaanval teen ANC-kaders geloods en 45 mense gedood is (7762). Die ANC het valslik beweer dat die veiligheidsmagte as “‘n derde mag” hulle by die Zoeloes geskaar het (7768). “Die ANC … slaag met die hulp van die regering om die IVP as politieke magsfaktor te marginaliseer” (7956). “Die ANC se siening van hoe die nuwe Suid-Afrika sal lyk, word nie formeel deur die regering teëgestaan nie” (7730). Dit lyk asof hierdie afstaning van mag (in hierdie en die vorige paragraaf) nie bloot magsdeling bedui nie, maar inderdaad die toegee aan en aanvaarding van swart meerderheidsregering kan insluit. Dan was die NP reeds voor die 1992-referendum, met sy talle valse beloftes, besig om die blanke kiesers te bedrieg. (Kyk hier onder oor die slinkse formulering in 1992 van die vraag wat aan die blanke kiesers in die referendum gestel is.)

Verder: “Oorhaastigheid om met onderhandelings te begin lei tot swak voorbereiding” (7209). Eintlik was die hele onderhandelingsproses, gesien vanuit die oogpunt van die blanke kiesers, ‘n volslae gemors. Hulle het beter as dit verdien maar moet sedert 1994 daagliks die gelag betaal. Dit was geen “regverdige skikking” (7262) nie. Wat die kiesers begeer het, was “‘n regverdige nuwe bedeling” (7752), maar dít is hulle nie beskore nie. Aan die ander kant beweer Patti Waldmeir (Anatomy of a miracle, 1997) teen die pas genoemde vroeë NP-oorgawe dat De Klerk vol vertroue was dat “hy ‘n 51%-meerderheid teen ‘n ANC-alliansie [kon] mobiliseer” (7306). Ek herinner my dat Pik Botha voor die 1994-verkiesing voorspel het dat die NP met 8 miljoen stemme sou wen. Die hele 1990/94-debakel is op valse NP-verwagtinge gebou.

‘n Interessante maar feitlik onbekende gebeurtenis werp lig op die fundamentele boosheid en immoraliteit van die ANC en sy buitelandse meelopers. Die NP-regering word (in 1990?) ingelig “dat daar kinders van politieke uitgewekenes in ‘n kamp in Tanzanië is. Die ANC versoek hierdie kinders moet na SA teruggebring [!] word” (4687). “Ná ‘n ondersoek blyk dit hierdie ANC-kinders het tussen groepe Tanzaniese wees- en straatkinders beland. Hulle word in ‘n kamp versorg. Tanzanië wil dadelik die geleentheid gebruik om al die wees- en straatkinders saam met hierdie kinders na SA oor te plaas. Ons maak seker slegs kinders met aanspraak op Suid-Afrikaanse burgerskap word oorgeplaas” (4693). “Geleidelik word dit duidelik dat ons te doene het met verwaarloosde, verlate buite-egtelike kinders van ANC-uitgewekenes wat oor jare sonder sorg in hierdie kampe beland het” (4703). Verder: “Die meeste is nie meer kinders nie” (4703) maar volwassenes. Hierdie saak word “buite die openbare oog bestuur” (4703), dus, die publiek moet nie weet van hierdie vroeë toegewing van die NP-regering aan die ANC nie en ook nie die ANC-slenter waarmee die NP hom om die bos laat lei het nie. Die uiteinde van die saak was “307 volwasse jong mense en sewe kinders [het] op die destydse Jan Smutslughawe [by Johannesburg] aangekom” (4708).

Terugkerende terroriste is stilswygend net so buitensporig goed met belastinggeld deur die NP-regering behandel. “Die regering het ‘n ooreenkoms met die National Coordination Committee for the Repatriation of South African Exiles (NCCR) onder voorsitterskap van [die militante ANC-kornuit] dr Frank Chikane om die komitee met toepaslike gesondheids- en welsynsdienste te ondersteun. ‘n Gebeurlikheidsplan is opgestel vir die ontvangs van terugkerendes by 72 toegangspoorte tot die land. Die kabinet keur die gebeurlikheidsplan goed” (4714). Eintlik was niks meer nodig nie as ontwapening en streng kwarantynmaatreëls. Die NP-kabinet leun egter agteroor van welwillendheid en gedienstigheid. Hierdie gebeurlikheidsplan “maak voorsiening vir alle [!] moontlike behoeftes soos voedsel, klere, huisvesting, vervoer, maatskaplike hulptoelaes, oorbruggingstoelaes, huweliks- en gesinsprobleme [dink bv aan die buite-egtelike volwassenes en kinders genoem in die vorige paragraaf] asook gesondheidsprobleme” (4714). “Die owerheid se samewerking met die NCCR vind plaas binne ‘n klimaat wat goeie gesindheid bevorder” (4723) – ja, van die een kant af. Die NP-regering se hantering van die ANC se buite-egtelikes en terugkerende terroriste “illustreer die eg menslike aspek van die oorgangsfase wat simpatiek en ondersteunend deur die regering hanteer is” (4723). Wat het dit die NP-regering in die sak gebring? Verskerpte geweldpleging en terrorisme tot die verkiesingsdag in 1994.

In 1990 is die noodtoestand op aandrang van die ANC herroep (4823). Die ANC wou immers vryer wees om geweld en terrorisme te bedryf. “Die kabinet is bewus daarvan dat geweld ná 1990 ernstig toeneem” (6542). “Geweldsyfers vir 1985 is 879 insidente wat, ná De Klerk se aankondiging in 1990, styg tot 3 699” (6547). Dít is wat gebeur as ‘n mens ‘n uitgelese terroris soos Nelson Mandela vrylaat. Hierdie latere vredesikoon het sedert Februarie 1990 tot die 1994-verkiesing ‘n leidende rol in die binnelandse geweld en terrorisme gespeel. Die NP-regering is oorinskiklik jeens die ANC. In Maart 1990 kom ‘n Onafhanklike Ontwikkelingstrust (OOT) ten bedrae van twee miljard rand tot stand wat die ANC aan maatskaplike ontwikkeling kan bestee (4828). Daar word gehoop dat die OOT die ANC sou “help om die vernietigingskultuur [onder veral swartes] onder beheer te kry” (4833). “Pleks daarvan begin hulle [die ANC] hierdie inisiatief aanval op dieselfde negatiewe wyse as waarop hul teenoor alle stappe wat die regering doen en teen alle instellings in die land optree. Verskerping van geweld in swart gemeenskappe en die ANC se aanslag op die administrasie is gou aanduidend van hul werklike agenda. Hulle het self geen politieke belang by die herstel van wanorde en in maatskaplike ontwikkeling nie … En die regering doen geen stappe om die NP te posisioneer om hierdie optrede van die ANC aan die groot klok te hang nie” (4849).

Vir my is dit baie duidelik dat die ANC van die verderflikste organisasies in die annale van die mensdom is en by name die ANC-leiers. Die ANC “funksioneer nie op demokratiese beginsels nie, maar vestig en handhaaf ‘n politieke kultuur wat dmv geweld, afdreiging en intimidasie in swart woongebiede beheer neem. Die ANC wys ook hul beskik nie oor die administratiewe vaardighede om hierdie hulpbron [die OOT] werklik te kan benut nie” (4855). “Wanorde in swart woongebiede en geweld [was] die ANC se sterkste politieke wapen” (4874). Dienste stort in duie (4874) en die regering word hiervoor geblameer (4879). “Die enigste wyse om ‘n mate van orde te probeer handhaaf vind plaas met die ondersteuning van veiligheidsmagte. Die ANC posisioneer dié veiligheidsmagte as sy belangrikste politieke vyand” (4879). Dit is sy oorverligte broer, Wimpie, wat FW de Klerk in ‘n faks waarsku dat hy die veiligheidsmagte nie moet vertrou nie (6565). Tot voordeel van die ANC word die veiligheidsmagte (polisie en weermag) se doeltreffendheid hierna sterk aan bande gelê (6582). Dit was deels ook te wyte aan FW de Klerk se versugting om hom van sy voorganger, die “sekurokraat” PW Botha, te distansieer (6592).

Om kanse met die NP-regering te probeer vat, is kenmerkend nie net van die ANC nie, maar ook van swart inwoners, bv: “Ongeveer 15 tradisionele dokters daag eendag in hul tradisionele drag by my kantoor op. Hulle soek formele erkenning as geneeshere en toegang tot mediese fondse” (5132). Lede van die Konserwatiewe Party (KP) het hierdie “tradisionele dokters” eerder “toordokters” genoem (5132). In sommige selfregerende state is 12% van die gesondheidsbegroting wanaangewend (5227). In Venter se tyd as minister van gesondheid is alle fasiliteite vir alle bevolkingsgroepe oopgestel (5270), maw apartheid is reeds in Mei 1990 afgeskaf (5945). Dit is opdrag van De Klerk gedoen (5392). “Vanuit KP-geledere is daar ontnugtering en ontsteltenis, gebrek aan kennis, sterk vooroordele maar ook onsekerheid” (5275).

Tog toon Venter ‘n mate van begrip vir die besware. “Persoonlike higiëne en sekere gebruike, soos eet met die hande, gee aanstoot aan pasiënte met ‘n ander kultuuragtergrond” (5296). “Om siek mense van verskillende ontwikkelingsvlakke onbepland saam te groepeer, vra vir moeilikheid … mense se ontwikkelingsvlak en kulturele gebruike vereis verdraagsaamheid en wyse bestuur” (5301). Ek dink ‘n mens behoort pasiënt-georiënteerd te dink. As ek na ‘n operasie wakker word en om my kyk, moet dit nie lyk asof ek in ‘n lokasie platgeslaan is nie. Dit moet eerder voel asof asof ek tuis by my eie mense is. Wat nou in die praktyk gebeur, is dat blankes teen hoë koste eerder van privaat hospitale gebruik maak en nie die voordele geniet van die staatshospitale wat hulle met belasting subsidieer nie. Dieselfde is besig om by ons skole en universiteite te gebeur; dus die blankes wend hulle al hoe meer tot privaat instansies.

Wat het De Klerk in 1990 te sê gehad? “Verandering sal eers nadat dit onderhandel is, soos die NP oor jare onderneem, aan die kieserspubliek voorgelê word” (4728). Hiervan het dadels gekom. “Ordelike regering en wet en orde sal gehandhaaf word” (4728). In werklikheid was 1990/94 meer chaosties as enige ander tydperk ná 1910 in Suid-Afrika se geskiedenis. Die kern van De Klerk se onvermoë word spoedig duidelik: “Geen voorafgaande plan of strategie [is] waarskynlik ontwikkel … vir ‘n omvattende politieke oorgangsfase wat begin nie” (4739). Daar is ‘n “gebrek aan nasionale leiding in die kabinet” (4750).

“Geen gekoördineerde politieke en administratiewe plan vir die verdeelde apartheidsadministrasie [sentrale en provinsiale regerings] kom tot stand nie. Vordering met hersiening van dienste is swak as gevolg van swak politieke en administratiewe leiding en magstrukture wat teen mekaar werk … Sedert Februarie 1990 ontwikkel ‘n ongesonde bestuurstyl. Sake word reaktief en ad hoc hanteer. Toe Kodesa begin [Desember 1991] voel dit vir my daar is nie ‘n oorhoofse stuurman wat sake beheer en bestuur nie. Al die fokus is op die daarstelling van ‘n nuwe grondwet wat SA gaan lei na ‘n nuwe bedeling. Ek raak bekommerd oor hoe ons hierdie bult gaan uitkom sonder duidelike bestuursdoelwitte vir die politieke proses, administratiewe rekonstruksie en die grondwetlike proses” (4756). “Tydens die oorgangsfase is riglyne … nodig oor hoe ‘n regering vir ‘n doeltreffende administrasie verantwoordelik moet bly. Dit vereis ‘n politieke bestuursplan wat sekerheid skep oor hoe en wanneer politieke partye, buite die parlement, inskakel met die besluitnemingsproses. So ‘n plan ontwikkel nie” (4772).

“Eie politieke oogmerke van die ANC word dmv opsweping en geweld afgedwing in swart gemeenskappe” (4777). “Wanvoorstellings oor elke aspek van die bestuur van die land word deur die ANC geskep. Die ANC verhoog onsekerheid oor die regering se reg om die land tydens die oorgangsfase te regeer. Hulle bevorder hulself as die alternatiewe regering. Die administrasie van dienslewering in swart woongebiede word direk geraak” (4807). “Burgerlike ongehoorsaamheid oor niebetaling” word openlik deur die ANC aangemoedig (4777). Ons pluk daagliks steeds die nadelige gevolge van hierdie dwaasheid.

In sy outobiografie skryf De Klerk: “In my team there was no place for inner circles and no by-passing the cabinet” (p 153). Volgens Venter is dit ‘n leuen – een van baie. Vergelyk die hemelsbreë verskil tussen wat De Klerk geskryf het (Praag 23.09.2017) met wat Venter in haar boek meedeel, bv “Geleidelik begin ek besef De Klerk betrek nie ministers wat elke dag met dié sake werk by onderhandelings met die ANC nie” (4796), bv by die vredesverdrag wat op 14 September 1991 met Cosatu gesluit is, is die kabinetministers verantwoordelik vir maatskaplike dienste nooit betrek nie. “Kort brokkies ad hoc-inligting is soms tussenin gegee. Die [voorafgaande regerings-]verslag is ook nie beskikbaar gestel aan die hoofde van staatsdepartemente nie, maar is as ‘n politieke aangeleentheid hanteer” (4905). De Klerk se onbekwaamheid uitkristalliseer al hoe duideliker, bv: “Dit word duidelik dat De Klerk nalaat om ‘n behoorlik gekoördineerde ontleding deur kundiges te laat doen oor die omvattende, fel revolusionêre aanslag teen sy regering, asook die ontwikkeling van teenrevolusionêre stappe” (4884). Dit word vroeg al duidelik “tot watter mate ANC-simpatiseerders beheer geneem het” (4911). Waarmee die NP-regering besig was, is “reaktiewe optrede en krisisbestuur, wat nie politieke partye se aandeel in geweld erken en hanteer nie” (4921).

“Die magskonflik tussen verskillende politieke partye in swart gemeenskappe is die belangrikste oorsaak van geweld” (4932), maar die ANC beweer dat apartheid die oorsaak van die geweld is (4926). “In die afwesigheid van politieke teenstand deur die NP lyk sulke wanvoorstellings soos die waarheid” (5333). “Aangesien die NP nie behoorlike, strategiese teenstappe in die openbaar doen wat die ANC se wanvoorstellings regstel nie, versterk swart mense se wanpersepsie van wit mense” (5339). Die regering word verantwoordelik gehou “vir die uitfasering van geweld deur maatskaplike behoeftes te ondervang” (4932). “Die regering se swak leiding begin in ‘n krisis ontaard” (4942). “Swak ontleding en leierskap lei tot gebrekkige bestuurdoelwitte vir die kabinet” (4952). “Ek begin raaksien hoe gefragmenteerd De Klerk sake bestuur en is bekommerd” (4968). “Binne die staat is daar bekwame amptenare vir die taak, maar hulle is net soos die veiligheidsmagte op die kantlyn geplaas” (4984).

“Toe Kodesa in Desember 1991 begin, bestaan geen verstandige brug na vrede en ‘n ordelike bestuursplan vir die administrasie van die land wat omvattende maatskaplike disorganisasie begin herorganiseer, en op politieke onderhandelings voorberei nie. Ten spyte van die vredesverdrag verdiep die politieke proses wat die regering stelselmatig in ‘n swakker posisie vir onderhandelings plaas. Die regering se onsekere optrede teen die ANC se negatiewe gedrag verswak sy eie gesag. De Klerk wil almal se vriend wees en is huiwerig om sterk stelling in te neem teen onaanvaarbare politieke gedrag” (4989). Dít is ‘n simptoom van politieke verligtheid. Swartes mag nie gekritiseer of tereggewys word nie. Verder: “Verligte denkers is huiwerig om enige erkenning aan wit mense en die [NP-]regering te gee” (5344).

Anders as die eerste helfte van die boek, is die teks in die tweede helfte minder goed gesistematiseer en te dikwels herhalend. Ek dink nie ek vaar (veel) beter nie, maar ek doen ‘n beroep op lesers om hierdie rubriek (en/of Venter se boek) tot die einde te lees, wanneer hulle sal besef dat hulle van ‘n verdienstelike nuwe of aanvullende siening van hierdie tragiese gebeure kennis geneem het. Wat Venter se boek en my teks weerspieël is die chaos waarin die land in 1990/94 verval het; enersyds weens die onbekwaamheid van veral FW de Klerk en andersyds weens die onrusstoking en geweld van veral die ANC onder die leiding van Nelson Mandela. Tot Venter se eer is daar nêrens ‘n loflied vir Mandela nie. Daarvoor het hierdie geweldenaar hom te swak gedra, bv: “Mandela met sy politieke vaardighede word ‘n belangrike gesig van die ANC se propaganda wat De Klerk bly verneder en beledig” (7801). Eintlik word alle blankes deurlopend deur die ANC verneder (7907). “Baie wit mense verloor perspektief en begin glo hulle verdien niks nie en moet vernedering aanvaar as ‘n manier om te vergoed vir hul skuld aan apartheid” (7913).

In Venter se boek kom De Klerk sleg daarvan af, maar sy erken dat sy hom eintlik sag beoordeel omdat “ek nie die beeld van die president wil afkraak nie” (8061). “Swak beheer deur die kabinet en onsekerheid oor die bestuur van sake vorm die kern van my storie” (5074). “In effek het die regering nie beheer oor die oorgangsproses nie, terwyl die ANC met eie taktiese stappe die administrasie ondermyn en geleidelik begin maneuvreer in ‘n ‘lame duck’-posisie” (5509). “Die NP het ‘n belofte aan sy kiesers gemaak. Die party sal nie die land in chaos dompel nie. Hierdie belofte vereis ‘n goedbeplande oorgangsproses. Wat nie besig is om vorm aan te neem nie” (5525). “[My] ervaring open my oë vir De Klerk se bestuurstyl: Talle sake bly onseker en word uitgestel vir grondwetlike onderhandelings met die verwagting onderhandelings gaan alle kwessies oplos. Die afwesigheid van ‘n voorbereide oorgangsbestuursplan vir die kabinet word ‘n al hoe groter probleem” (5552). “Ons weet nie waarheen ons op pad is nie” (5557).

“Die ANC is besig om sterk stemming te maak dat die kabinet nie die land eensydig kan regeer nie. Hulle soek vooraf inspraak in alle besluite” (5754). Dit volg ná die instelling van ANC-forums in 1990 (5986). “Die wit regering, word beweer, het nie die reg om die land tydens die oorgangsfase te bestuur nie. Hul uitgangspunt is dat alles wat die regering doen, onwettig is” (5997). “Gevestigde kultuur- en welsynsinstellings, sowel as sportliggame is onder druk om dadelik te begin transformeer volgens hul voorskrifte” (6014). Die ANC “verwag volle beheer oor die oorgangsproses wat begin is. Forums begin die ANC se politieke siening ondemokraties vestig as enigste geldige beleid met geen oorweging van ander partye se regte en belange nie” (6051). “Forums van die ANC het ‘n vrye hand om enige soort aantyging teen die regering of ministers te maak” (6103). “‘n Aktiewe propagandaveldtog teen ministers laat die politieke leuen soos die waarheid lyk (6109). Byvoorbeeld: “Aan die een kant kla die ANC oor maatskaplike agterstande in die swart gemeenskappe. Aan die ander kant doen die party geen stappe om ‘n kultuur van vernietiging stop te sit nie” (6067). “‘n Gemeenskaplike bestuursplan vir funksies van die staat wat hierdie druk van forums gekoördineerd en konstruktief kan bestuur, word nie ontwikkel nie” (6167). Die regering se onvermoë om die ANC se propaganda doeltreffend teen te werk, “lei spontaan daartoe dat redelike mense ‘n behoefte ontwikkel om reg te maak, om boete te doen en om verskoning te vra” (6324).

Tevergeefs word gehoop “dinge sal normaliseer namate die oorgangsproses geloofwaardigheid kry” (6067). “Objektiewe beoordeling in die kabinet verswak. ‘n Neiging steek kop uit om oor die skouer te kyk na die ANC en provinsies se belange” (5759). “Die president het geen gesag oor provinsies nie” (5797). Dikwels word niks aan die verslegtende situasie gedoen nie omdat “die regering nie die grondwetlike proses wil vooruitloop nie” (5785). “Alle fokus bly op stappe wat gedoen moet word sodat grondwetlike onderhandelings kan begin ‘waar alles hanteer sal word'” (5817). “Die ANC begin die regering in ‘n terugvalposisie inrangeer” (5904). “Die persepsie word geskep dat magsdeling bloot ‘n voortsetting van apartheid sal wees” (6009, ook 6530). “Die media se houding is onrusbarend, daar word weggedeins van kritiese beoordeling van die ANC se wanvoorstelling van sake” (6093). “Koerante wil nie beskuldig word dat hulle apartheid verdedig nie” (6098).

“Die ANC berei voor om op eie voorwaardes deur die oop deur na onderhandelings te stap” (6109). En hy kry dit reg. Die ANC sweer nie geweld af nie en kommuniste mag maar deel van sy afvaardiging wees. Daarna sien die NP af van ‘n federale bestel en minderheidsregte; insluitende kulturele regte, wat Afrikaans grootliks in die stof laat byt. “Mandela se standpunt is openlik dat hulle nie hul wapens sal oorhandig voordat hulle mag oorgeneem het nie” (7222). “Die ANC behaal sekere politieke winste oor die vrylating van politieke gevangenes en uitgewekenes wat terugkom na Suid-Afrika, sonder ‘n eerlike verbintenis tot die staking van geweld” (6814). Mandela was bv in beheer van die ondergrondse Vula-insurgensieprogram (6452) en hy werf openlik MK-lede (6460). “Die ANC speel gevolglik ‘n dubbele rol ten einde mag hoofsaaklik op eie voorwaardes oor te neem” (6474; ook 6486). Oliver Tambo sê: “Negotiate, yes, but step up the armed struggle too” (6491).

“Die ANC slaag daarin om De Klerk reaktief besig te hou met talle griewe en eise teen die veiligheidsmagte. Dit posisioneer die president in die rol van fasiliteerder wat sy taak as staatshoof en leier van die NP beperk” (6536). Die veiligheidsmagte word bv valslik deur die ANC daarvan beskuldig dat hulle die derde mag is in die stryd tussen die ANC en die IVP en dat die regering hom op hierdie manier aan die kant van die IVP skaar. Dit bring mee dat De Klerk sy veiligheidsmagte verkeerdelik al hoe meer wantrou. “Die ministers van verdediging en wet en orde [Magnus Malan en Adriaan Vlok] is uitgesluit van die eerste ontmoeting met die ANC by Groote Schuur, asook ontmoetings daarna” (6790). Die NP-regering beland daarna al hoe meer op “‘n politieke glybaan” (6974) na swart meerderheidsregering. In werklikheid het die ANC reeds “teen die middel 1980’s in Dresden, Oos-Duitsland, besluit om IVP-leiers en -hoofmanne te elimineer” (7285).

De Klerk se vrome maar valse beloftes aan die blanke kiesers voor die 1992-referendum is nog vars in my geheue: magsdeling – nie magsoorgawe nie – en eie woongebiede, eie skole, niemand sal sy werk verloor nie en die grondwet waarop tydens onderhandelinge ooreengekom is, sal in ‘n tweede referendum aan die blanke kiesers vir goed- of afkeuring voorgelê word. Venter gee ‘n heeltemal ander en ontstellend perspektief op De Klerk: “De Klerk wil die vraag [wat deur die kiesers in die referendum beantwoord moet word] sodanig formuleer dat hy loskom van sy onderneming dat kiesers die finale seggenskap oor ‘n onderhandelde skikking het. ‘n Onbeduidende vraag word dus geformuleer wat bloot voortsetting van die proses magtig: ‘Steun u die voortsetting van die hervormingsproses wat die staatspresident op 2 Februarie 1990 begin het, en wat op ‘n nuwe grondwet deur onderhandelings gerig is?'” (7431). Volgens Venter se vertolking het De Klerk die kiesers met hierdie formulering doelbewus bedrieg. Wat myns ook duidelik is, is dat sekerlik die oorgrote meerderheid van diegene wat “Ja’ op hierdie vraag geantwoord het, daarmee nie ‘n mandaat vir oorgawe aan swart mag aan De Klerk of die NP gegee het nie. Dit is ‘n onomstootlike feit dat die meerderheid blanke kiesers nie tot so iets sou inwillig nie. Daardie referendumvraag “word bemark met die klem op ‘n mandaat om te onderhandel vir magsdeling” (7436), nie magsoorgawe nie, soos ook duidelik gemaak is in NP-advertensies kort voor die referendum.

Venter skryf: “Hierdie saak waarmee ek ywerig in talle kiesafdelings help, word een van die grootste gewetenswroegings wat my lewe gedurende 1993 diep omkrap toe dit duidelik word hoe ernstig ons ons kiesers tydens die finale onderhandelings in die steek laat” (7441). De Klerk se onderhandelinge het in “konformeringspolitiek” ontaard (7950, 8039). “Die NP … word die lakei van die ANC se politieke agenda” (8126). Soos die kommunis, Joe Slovo, dit gestel het: “They caved in on everything” (8226). Die kiesers, daarenteen, “soek die einde van apartheid, maar nie die prysgawe van ‘n ordelike staat en eie kulturele behoeftes en belange nie” (7447). “Die regering laat nou toe dat die ANC hulle met ‘n revolusie afpers … Dit word duidelik geen politieke dryfkrag, selfvertroue en helder denke bestaan [by De Klerk/die NP] wat bereid is om die rug styf te maak in belang van ‘n regverdige, nuwe Suid-Afrika nie” (7968). “Geweld manipuleer in werklikheid die proses” (7973). “Politieke mag wat dmv geweld gewen word, is nooit onskuldig en eerbaar nie” (8071).

“Geweldsomstandighede plaas druk op grondwetlike onderhandelings om so gou moontlik te skik ‘voor geweld handuit ruk'” (8034). “Die regering verloor geleidelik eie politieke onafhanklikheid” (8034). “Kiesers verstaan nie waarom die regering hul nou ‘by die ANC posisioneer nie’ … Die regering is nou die fasiliteerder van die oorgangsproses” (8028, ook 8295) ooreenkomstig die wense/eise van die ANC; dus, “Die NP is nou in die kooi met die ANC” (8061). “Die gebeure reduseer wit mense tot konformerende rassiste wat met die ANC moet saamloop om die verlede reg te stel” (8066). Dít is waarskynlik onderliggend aan die inlywing in 2005 van die NP by die ANC deur Marthinus van Schalkwyk. “Elke NP-kieser [word] deur die president [De Klerk] onvoorwaardelik aan die ANC se agenda uitgelewer” (8071). “Die NP-regering verloor koers. Ook die politieke integriteit waaraan so hard gewerk is sedert die party in 1980 begin het om van ongeldige politieke beginsels [bv apartheid en Afrikaner-nasionalisme, volgens Venter] ontslae te raak” (8098).

Nadat die NP so dwaas wat om hom voortydig tot ‘n vaste verkiesingsdatum te verbind, kry die ANC ook beheer oor die tempo van die oorgangsproses (8247). “De Klerk laat toe dat Mandela met sy talle voorskrifte die politieke ritme bepaal … Mandela laat roep hom selfs uit die kabinet[svergaderings]. … Hy verwag sy versoeke moet dadelik uitgevoer word” (8843). “Die wyse waarop hy na die president verwys, toon geen ontsag nie. Hy sê hy sal De Klerk opdrag gee om in te gryp” (8858). “Onder die president se leiding is almal huiwerig en onseker om op Mandela en die ANC se tone te trap” (8874). “Mandela gebruik nou apartheid om sy wil op elke faset van die proses af te dwing” (8880). Reeds op 15 Februarie 1993 het die regering en die ANC hulle verbind tot 27 April 1994 as die verkiesingsdatum (8716). “De Klerk en Mandela kondig die verkiesingsdatum op 2 Julie 1993 aan” (8748). “Mandela maak blykbaar kort hierna die opmerking: Die datum vir magsoorname is cast in stone” (8721). ‘n Politieke drukgang is geskep wat sake by finaliteit moet bring” (8727). “Toe die verkiesingsdatum vas is, het [baie van die] onderhandelings nog nie begin nie” (8795).

“Die regering beskik nie oor die politieke vaardigheid om selfgeldend in belang van die land op te tree nie” (8549). “Teen Desember 1993 weet ek dit is polities naïef om te glo ‘n nuwe grondwet alleen lê ‘n goeie grondslag vir die oorgang. In Desember weet ek SA is ernstig in die moeilikheid te midde van ‘n politieke euforie wat heers omdat die NP die indruk skep sake is suksesvol afgehandel” (8559). “Ek weet daar wag groot ontnugtering en is diep teleurgesteld. Ek kan nie saam met De Klerk en sy onderhandelaars hande klap nie” (8790). “Die ANC se politieke vooroordele beheer die openbare mening” (8769). “Ons speel nou vir die internasionale galery wat onder die indruk kom dat SA saam met die ANC werk en daarin slaag om suksesvol ‘n grondwet te skryf wat ‘ons losmaak van die verlede'” (9083). “Ek sien raak die ANC het min aan te bied om ‘n regverdige, doeltreffende SA daar te stel” (8832). “Die ANC se sosialistiese ideologie neem onbeperkte beheer van elke beginsel van die nuwe Grondwet” (9221) omdat ANC-kornuite ná 1994 die 1993-Oorgangsgrondwet verander en daarna die 1996-Grondwet na goeddunke gaan vertolk.

Tydens die NP-kabinet se bosberaad in Julie 1993 word aangekondig dat daar afgestap is van ‘n magsdelingsmodel waaraan die NP verbind was (9137). “Tydens ete lig [Roelf] Meyer, wat langs [Dawie] De Villiers staan, ‘n aantal lede van die kabinet in hulle moet gewoond raak aan die idee dat meerderheidsregering onafwendbaar is” (9200) … sonder dat die beginsel van onbeperkte meerderheidsregering in die kabinet hanteer, bespreek of goedgekeur is” (9205). “Die kabinet word tydens die bosberaad teen wil en dank medepligtiges van besluite wat namens ons gemaak is” (9158). “Die regering se onderhandelaars … [het] sonder magtiging van die kabinet, tot meerderheidsregering ingestem” (9236). Patti Waldmeir beweer: “Once morality and ambition had set Meyer on the road to majority rule, he pursued it with a vigor and a commitment not shared by anyone else in the National Party, including FW de Klerk” (9241). (Dit laat my dink aan ‘n opmerking waarna Francois Retief verwys het: “Jy moet sien dat daardie mannetjie [Roelf Meyer] gaan klim vir ‘n belangrike pos, maar hy is nie ‘n groot gees nie!” – OJO Ferreira, Broederskap, 2018, p 406 – Praag 23.09.2018). Meyer was eens ‘n Broeder. Venter skryf: “Waldmeir beweer Meyer verteenwoordig die verligte of liberale sektor van die kabinet, en dat hy soms voel hy, De Villiers en Leon Wessels, die regering se onderhandelingspan, ‘were only three and a half in cabinet’, met stukkies daarby [verwysende blykbaar na De Klerk en Pik Botha]. ‘Even De Klerk himself was often a reluctant convert to Meyer’s position'” (9249).

“Daar word bloot verwag die kabinet moet die seël op skikkings [van die onderhandelaars] plaas” (9194). Pleks van ‘n federale bestel word die provinsies se magte erg verskraal omdat die ANC aandring op die sterk sentralisering van magte (9163). Nege provinsies is onbekostigbaar maar die ANC wil nege provinsies hê, gevolglik het die NP daartoe ingestem (9168). Die NP het nie net die blankes en ander ras- en etniese minderheidsgroepe in die steek gelaat nie, maar ook al die nie-ANC politieke partye. “Die regering se onderhandelaars meen onderhandelings met die ANC is voldoende vir ‘n skikking en ‘ander swart minderhede is nie belangrik nie.’ Hierdie siening sluit aan by die ANC-propaganda dat swart minderhede maaksels van apartheid is” (8988). Daar heers ‘n siening “dat ‘n skikking met die ANC die regering se hoogste prioriteit is, en dat dit inderdaad ten koste van ander swart minderhede sal geskied. Ook ten koste van die wit minderheid … Wat in gedagte gehou moet word, is dat geen georganiseerde swart eenheidsmag teen die regering in 1990 bestaan toe die proses begin het nie” (8993). Die mate waarin swart eenheid daarna bewerkstellig is, kan aan die ANC se intimidasie, geweld en terrorisme toegeskryf word. “Die ANC [wil] hierdie verskeidenheid polities met geweld eenders … maak” (9077).

“In plaas daarvan dat die beginsel van Afrikaanse skole onderhandel word, word dit aangepas tot moedertaalonderrig. Nou kom die ANC met nog ‘n bepaling: Elke kind het die reg op toegang tot enige skool in die taal van sy keuse. Verskeie lede van die kabinet wys op die skuiwergat dat Afrikaanse skole so uitgefaseer gaan word ‘omdat Afrikaanse skole vir die ANC die voortsetting van apartheid beteken'” (9271). “Die regering laat hierdie politieke konkelry toe” (9276). “De Klerk meen blykbaar wat ontbreek in die Oorgangsgrondwet [1993] kan in die finale Grondwet [1996] ingeskryf word. ‘n Totaal ongegronde verwagting. Afrikaans as taal verloor in die finale Grondwet sy status as een van die grootste spreektale in die land” (9283). “Die ANC het ‘n politieke agenda teen Afrikaans” (9271). “Taal is ‘n belangrike wapen waarmee ‘n veroweraar sy mag probeer vestig” (10371). “Die ANC se eerste keuse is om Engels die enigste amptelike taal te maak” (9293). Die regering skik op 11 amptelike tale “en gee daarmee toe aan die ANC se ideologiese strategie dat Engels by implikasie die belangrikste ampstaal word” (9298).

Op 1 Augustus 1993 verskyn daar ‘n berig in Rapport dat daar tweespalt in die kabinet is (9326). Venter se naam word nie genoem nie, maar wel dié van Tertius Delport, Kobie Coetzee, George Bartlett, Hernus Kriel en Danie Schutte (0333) as die sogenaamde “anties” (9349) wat as verkramptes voorgestel word omdat hulle nie tevrede is met waaroor met die ANC ooreengekom is nie. In werklikheid is alles glo in orde en word daar na wense gevorder. “Dit is ‘n growwe misleiding van die publiek” (9349). “Geen minister maak in die kabinet beswaar oor die koerantberig nie” (9405). “Die oogmerk is blykbaar om die grondwetlike onderhandelings so gou moontlik afgehandel te kry, met die minste weerstand. Volgengs my is ons in ‘n proses van politieke oorgawe” (9436). Die “konflik en probleme [wat van 1994 af opduik] kan myns insiens toegeskryf word aan die oppervlakkige en oorhaastige wyse waarop sake in 1993 afgehandel is” (10072). “De Klerk moet probeer regmaak wat verkeerd begin is. Dit is ‘n onmoontlike saak noudat die ANC onbeperkte mag oorgeneem het” (10095).

Teen die einde van 1993 word oor ‘n Regering van Nasionale Eenheid (RNE) ooreengekom en ‘n Uitvoerende Oorgangsraad (UOR) daargestel (9541). “Die UOR is ingestel om die politieke speelveld tussen die regering en politieke partye (die ANC) gelyk te maak” (9588). Die era van blanke politieke beheer is verby. “Die UOR vertolk sy magte so wyd as moontlik, en wend pogings aan om die regering se bevoegdhede sover as moontlik te beperk” (9630). Die ANC neem “die ‘regering onder toesig’ … en die UOR [word] vir hul eie belange gebruik” (9657); dus: “Die ANC gebruik die UOR soos alle ander instellings om sy eie magsposisie te verstrek” (9673). “Die regering laat toe dat die ANC se agenda onbeperkte beheer neem, onder die mistasting dat dit hul reg as meerderheid is” (10387).

“Teen Januarie 1994 is dit duidelik hoe swak die NP se inspraak binne die RNE sal wees” (9866). Die ANC “maak seker voldoende beperkings vir ‘n konstruktiewe rol in die RNE word op die NP geplaas” (9918). Maar “die NP skep ná November 1993 [valslik] by sy kiesers ‘n persepsie dat ‘n goeie grondslag vir ‘n nuwe bedeling van samewerking met die ANC gelê is” (9871). “Die voorstelling dat ‘n verstandige politieke skikking bereik is, is ‘n sprokie sonder substansie” (9912). “Die politieke euforie wat De Klerk en die onderhandelaars bevorder, is onrealisties en moeilik om teë te staan of te weerspreek” (9891). “Op daardie stadium bestaan ‘n negatiewe houding in die NP teen ministers wat enige kritiek op die politieke skikking lewer. Ek het reeds aangekondig ek verlaat die politiek omdat ek besef die NP is aan die wil van die ANC uitgelewer” (9935).

“Dit is rou oorname van politieke mag sonder enige substansiële onderbou wat die oorgang ondersteun en begelei” (9901). “De Klerk se regering val dramaties uit die bus met hierdie sake en lê self die grondslag vir die verval van die land se administrasie” (10354). “Die NP het oor die afgelope jare toegelaat dat ‘n patalogiese politieke proses in sy midde ontwikkel. Almal wil so verlig as moontlik lyk. Almal buig agteroor om in tel te wees binne die klimaat wat die ANC teen apartheid bou. Die skeppers van apartheid neem huiwerig verantwoordelikheid. Die gevolg is dat ‘n standpunt oor die regte van die Afrikaanse minderheid en hulle taal, as regse denke vertolk word” (9974).

“Die NP het hulself teen 1995 uitbestuur uit politieke mag en geloofwaardige demokratiese inspraak verloor” (6520). Venter bied ‘n siening van Nelson Mandela, wat minder vleiend en meer waarheidsgetrou is as dié van bv Zelda la Grange en diesulkes. ‘n Aanvullende en beter perspektief as gebruiklik word op FW de Klerk gegee. Nie een van die twee verdien die Nobel-vredesprys nie; onder meer omdat daar steeds eerder buitensporige geweld as vrede is. Die mite van ‘n vreedsame oorgang na swart meerderheidsregering is absoluut vals omdat die oorgang van 1990 tot 1994 deurlopend deur geweld gedikteer is. Dit gaan my verstand te bowe dat Mandela en De Klerk dink dat hulle op verering geregtig is. As ek my aan sulke oneerbare gedrag skuldig gemaak het, sou ek my nooit aangematig het om ná die 1994-verkiesing in die openbaar te verskyn nie. Wat in 1990/94 gebeur het, “is soos ‘n grafskrif oor alles wat goed was in Suid-Afrika” (8753).

Ná 40 hoofstukke het die nuwe Suid-Afrika aangebreek. Dit is tyd vir ANC-kamerade om KFC te eet. Die kabinet begin om ideologie-gebaseerde en ondeurdagte wraakbesluite te neem. Ingevolge sy nie-rassige beleid word op groot skaal van die ervare blanke personeel in die staatsdiens ontslae geraak. In hulle plek kom onervare swart personeel, mans en vroue, aangestel teen hoër salarisse en in ooreenstemming met seksistiese en nie-meriete oorwegings. “Omgekeerde rassisme neem oor” (10431). Venter herinner ons daaraan dat Aristoteles (384-322 vC) geskryf het: “gehalte [is] nie ‘n daad … nie maar ‘n gewoonte” (10317). “‘n Persepsie vat pos dat ‘n demokrasie hoofsaaklik oor die regte van die meerderheid handel” (10436). “Die eensydige beklemtoning van mense se regte [deur die ANC] versterk eiegeregtigheid, afhanklikheid en ‘n uitdeelkultuur” (10242). Die tafel is gedek vir ondoeltreffendheid, wanbestuur en korrupsie. “Suid-Afrika is op ‘n glybaan van verval en ongeregtighede” (10448). Dit is onwaarskynlik dat die land ooit weer ‘n suksesvolle en vooruitstrewende samelewing sal word. ‘n Oud-minister van die NP, Louis Shill, het tereg geskryf: “Ons is in ons moer in!” (10121, 10521).

 

Suidpunt: Hoe dr. Hennie Terblanche die Engelse makgemaak het

Diegene nou in hul laat-30’s en 40’s wat hul kinderjare en tienerjare in die 1980’s deurgebring het, en die politieke oorgangstydperk van Suid-Afrika meegemaak het in die 1990’s, ervaar miskien dieselfde verlies as hul ouers. Wat vandag nog ‘n rotsvaste gegewe en sekerheid is, bestaan môre net nie meer nie. Afrikaans het kort voor die einde van Apartheid nog bykans op elke etiket en in elke motorhandleiding gepryk; vandag is alles slegs eentalig Engels. Maar as jy nou besonder gelukkig is, sal jy voor op die Colgate Plax-bottel ‘n bietjie Frans vind waar Afrikaans vroeër sou gestaan het: en daar is niks wat soveel verfrissing in die oggend bied as om eers ‘n bietjie Frans voor ontbyt te gorrel nie. Of daardie fraîcheur citrus-geur van Head & Shoulders in jou hare in te adem nie. L‘odeur est magnifique et exotique! Frankryk en Engeland albei in vrede op dieselfde bottel: slegs in Suid-Afrika moontlik.

Miskien kan ‘n outjie wat die politieke oorgang in Suid-Afrika misgeloop het met ‘n nugter blik na die werklikheid kyk. Afrikaans het nie met 1948 uit die hemele neergedaal en soos by towerslag op elke kragboks, in jou Lamborghini-handleiding en op elke openbare toiletdeur sommer “poef!” verskyn nie.  Afrikaans het nie eensklaps gelyke beregtiging met die lintknip van die Republiekwording gekry nie. Dit is ook ‘n infame leuen wat alleen die satang uit die onderwêreld self kon uitgedink het, dat die Afrikaner toe nie meer onder druk gestaan het om te verengels nie, en dat die Republikeinse ideaal uiteindelik verwesentlik is met wedersydse vertroue en samewerking van al die blanke bevolkings in 1961.

Hierdie Afrikaanse regte moes in der waarheid eers hardhandig afgedwing word!

En hiervoor kan ons maar een persoon bedank: Dr. Hennie Terblanche.

Wie was Dr. Hennie Terblanche vóór die taalhandhawing?

Ek haal aan uit Die Triomf van Nasionalisme in Suid-Afrika (Redakteur: D.P. Goosen; 1953:279-280), 12 jaar voor die stigting van die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans (GHA):

Dr. Hendrik Josephus Terblanche is op 4 Desember 1917 in Aberdeen, Kp., gebore. Daar het hy as boerseun in die Cambedooberge grootgeword en op die dorpie tot matriek skoolgegaan. In 1935 is hy na Rhodes-Universiteitskollege op Grahamstad waar hy in 1938 die B.A.-graad in tale met onderskeiding behaal het. In 1939 tree hy in die Departement van Doeane en Aksyns in Pretoria tot die Staatsdiens toe. In 1940 word hy vertaler by die Staatsvertaalburo, in 1941 tolk by die Hooggeregshof in Transvaal, in 1942 onderhoof van ‘n korrespondensiekollege, in 1943 lektor in Afrikaans aan die Witwatersrandse Tegniese Kollege, in 1946 vertaler van die Johannesburgse  Munisipaliteit en in 1947 Senior Lektor aan die Universiteit van Natal waar hy die afgelope 4½ jaar sub-hoof van die Departement Afrikaans-Nederlands in Durban is.

Sedert hy in 1939 in Pretoria begin werk het, het hy onmiddellik sy studies as buitemuurse student aan die Universiteit van Pretoria begin voortsit, eers in die regte, maar na ‘n jaar begin hy met die M.A.-graad wat hy in 1942 met lof verwerf. In 1946 behaal hy die D.Litt-graad aan dieselfde universiteit.

Gedurende hierdie tydperk het dr. Terblanche verskeie kursusse in verband met Afrikaans en Engels vir korrespondensiekolleges geskrywe, hy het sedert 1940 die tegniese eksamenvraestelle van die Unie-Onderwysdepartement vertaal en sedert 1942 was hy ses jaar lank hoof-eksaminator in Engels en later in Afrikaans vir dieselfde departement.

Dr. Terblanche se eerste groot werk vir Afrikaans was die baanbrekerswerk wat hy as vertaler in Johannesburg verrig het.

In Natal het dr. Terblanche hom onmiddellik in die kultuurstryd van die Afrikaner gewerp. As ondervoorsitter van die Durbanse Skakelkomitee het hy op onvermoeide wyse vir die regte van die Afrikaner in daardie Engelse stad geveg. Hy het in 1950 as voorsitter met die eerste Afrikaanse kunswedstryde van die Durbanse Skakelkomitee in Durban begin. Twee jaar lank was hy die voorsitter van hierdie wedstrydekomitee en vandag is dit ‘n jaarlikse gebeurtenis waarop alle Durbaniete en Natallers trots kan wees.

Die afgelope vyf jaar was dr. Terblanche o.a. ook voorsitter van die Durbanse Uitvoerende Komitee vir die Opvoeding van Volwassenes, voorsitter van die onderwyskomitee van die Durbanse Skakelkomitee, hoofbestuurslid van die Saamwerkunie van Natal, en lid van die Durbanse Adviserende Raad.

Dr. Terblanche het bekendheid verwerf met sy taalartikels in verskillende tydskrifte, en dan is hy ook die skrywer van die Nuwe Praktiese Woordeboek, Die Terblanche-skoolwoordeboek en Die aanmekaarskryf van Afrikaans. Sy Engels-Afrikaanse Tegniese Woordeboek waaraan hy reeds 12 jaar gewerk het, het alreeds die finale drukkersproewe bereik en sal voor einde 1953 verskyn. Hierdie werk bevat sowat ‘n (sic) 80 000 woorde en sal Afrikaans as taal ‘n groot stoot vooruit gee.

[…] Dr. Terblanche is getroud met mej. Elsa* (sic) Bosman van Carnarvon en uit die huwelik is twee kinders gebore, ‘n dogter en ‘n seun.  [*Elra]

Ek is so dankbaar ek hoef nie sy persoonlike assistent te wees nie. En meer detail sal jy alleen nog in sy outobiografie kan opspoor, “Jare van storm en drang”, in 1977 postuum uitgegee.

Sekere details word hierbo weggelaat, soos dat sy moeder ‘n onderwyseres was, ‘n rykmansdogter met Engelse agtergrond, wat boervrou geword het. Sy het ook baie beter Engels as Afrikaans gepraat. Al was sy dus Engels, en haar liefdesnaampies vir hom in Engels, was die huistaal Afrikaans – hier was sy pa die taalhandhawer (p. 15):

Hierdie fyn vrou het nou op ‘n plaas beland as eggenote van ‘n egte boer, wat Afrikaans in hart en niere was. Daarby het sy haar egter baie goed aangepas en volkome opgegaan in die nuwe kultuur. Sy het met oorgawe die pligte en verantwoordelikhede van ‘n boerevrou oorgeneem en van meet af aan baie hard gewerk – vroeg op en vroeg saans in die bed.

Maar op bl. 25 sien ons sy moeder was ‘n nooi Truter van Doringrivier (in 1976 Herold) naby George, en haar vader was ‘n streng oubaas uit Duitsland, wat eers ‘n ruk lank in Engeland vertoef het nadat hy en sy gesin as baronnegeslag probleme met die Duitse owerheid gehad het. Hy was weer familie van sir John Truter, vroeër jare hoofregter in Kaapland, en ook van sir Theodore Truter wat hoof van polisie en later hoofinterneringsbeampte in Suid-Afrika was.

Vir skool was hy buitendien weeksdae by Ouma en Oupa Terblanche op die dorp. Sy oupa kon ek sweer het ek al iewers in ‘n Brink-roman teëgekom: “Toe die Afrikaanse Bybel later in 1933 gekom het, weet ek dat hy hewig ontsteld was, want hy was gewoond aan die Nederlandse Bybel en Gods woord kon nie in Afrikaans (sy eie taal) tot sy volkome reg kom nie. Dieselfde houding het hy ook gehad toe Afrikaanse Psalm- en Gesangeboek die Nederlandse vervang het” (p. 34).

En op hierdie dorp het hy gereeld met Joodse kinders omgegaan en sommer ook Jiddisj en Hebreeus in die verbygaan geleer; sy Skoolduits het hier goed te pas gekom (p. 49). Hierdie Jode se ouers het sonder ‘n penning in Suid-Afrika aangekom, en as bondeldraers (smouse wat van plaas na plaas rondgeswerf het) hul geld gemaak voordat hulle winkeliers geword het (p.26).

Op universiteit het hy in sy derdejaar sy moeder gevra om liefs nie weer aan hom in Engels te skryf nie – Afrikaans was immers sy huistaal en die Engels het hom stadigaan begin irriteer – en sy het vir hom in ‘n soort “koddige” Afrikaans/Hollands geskrywe, wat “allengs meer Afrikaans geword” het (p. 63). Ek dink dit was onbewustelik sy eerste poging tot taalhandhawing.

Hoewel Rhodes Universiteit nie so polities ingesteld en liberaal in die 1930’s was nie, het hulle steeds die ou Engelse manier van handel gevolg (pp. 56-57):

Vir my was dit ‘n groot aanpassing om van ‘n Afrikaanse omgewing na so ‘n tipies Engelse gemeenskap te gaan. In daardie dae was Rhodes so Engels as wat kan kom. Daar was maar net 600 studente waarvan hoogstens 10 Afrikaanssprekend was. Saans het die meeste studente hulle volgens Engelse gebruik uitgevat, en ons moes met swart akademiese togas vir die ete in die eetsaal verskyn. Rhodes wou ‘n Oxford van Suid-Afrika wees, en saans is daar in Latyn aan tafel gebid.

Aankondigings is met luide gekap met die desertlepel (sic) op die tafel begroet, sodat al hierdie lepels kenmerkend plat was. Die kos is in skottels op die tafel gebring en ons het onsself daaruit gehelp. Die kontras met die verskyning by aandete was ook weer tipies Engels, want jy kon soggens met jou nagklere en japon en pantoffels ontbyt gaan nuttig. Ons koshuis was sowat 200 meter van die eetsaal af en dit was ‘n aardige gesig om party van die studente in dié gewaad na die gemeenskaplike eetsaal te sien strompel. Op pad het ons dikwels van die dames teëgekom wat in dergelike gewaad na hulle eetsaal op pad was. Een van hulle koshuise was so geleë dat hulle ons moes kruis om by hulle eetsaal uit te kom.

Op ‘n stadium by ‘n swierige dansparty het ‘n dansvriendin (nie sy dansmaat nie) iewers begin praat van die ‘dirty Dutch’ en hy het haar net so op die dansbaan gelos. Niemand het geweet hy is ‘n Afrikaner nie, ten spyte van die Terblanche-agternaam (en hoe dan met ‘Hennie’ en ‘Hendrik Josephus’? Wat het hulle hom dan genoem?). Hy was so geaffronteer deur die aangeleentheid dat hy vir hierdie dametjie gesê het om te sorg dat sy dansmaat veilig by haar koshuis besorg word, “want ná so ‘n beledigende opmerking kon ek nie langer daardie klomp in my party in die oë kyk nie. Hier het ons nie te doen gehad met ‘n uitsonderlike geval nie, want ek het al geleer dat daar baie van my medestudente op Rhodes was wat die Afrikaners as ‘dirty Dutch’ beskou het. Ek het nogtans gewoonweg in daardie gemeenskap opgegaan en vriendelik met diesulkes verkeer as studente van dieselfde universiteit met ‘n gemeenskaplike trou en lojaliteit.” (p. 63-64)

Nadat hy ‘n ruk lank Staatsvertaler in Pretoria was en die Rondgaande Hof as tolk vergesel het, het hy in 1943 na Johannesburg verhuis om as onderhoof van ‘n korrespondensiekollege aangestel te word, maar in 1944 word hy as lektor aangestel by die Tegniese Hoër- en Ambagskool van die Witwatersrandse Tegniese Kollege om te help met sy proefskrif waarmee hy besig was (al het dit ook ‘n salarisvermindering beteken), sodat hy toegang tot werkwinkels (elektrotegnies, pas- en draaiwerk, motorwerktuigkunde, vliegtuigwerktuigkunde, sweiswerk, plaatmetaalwerk, loodgieterswerk en houtwerk) en vakmanne kon hê. Nadat hy al die inligting hier gekry het wat hy wou, aanvaar hy sy betrekking as tydelike vertaler by die stadsraad van Johannesburg in 1946. Ná ses maande is die pos permanent, en met meer werkkragte pak hy die taak aan (66-81).

In Maart 1946 behaal hy sy doktorsgraad, terwyl hy vertaler by die stadsraad van Johannesburg is. ‘n Byvak wat hy moes neem was Inleiding tot Latyn en as jonggetroude het hy tot saans laat geleer. Omdat hy op eie houtjie moes studeer, het hy ‘n matriekdogter teen vergoeding gevra om hom met die probleme van die skoolkind met Latyn vertroud te maak (hy het dus Matrieklatyn geleer?). Hy het ook nog privaatklasse gegee aan ‘n seun wat nie Afrikaans vir Matriek gehad het nie (wel Frans) en binne drie maande het die seun geslaag. “Hy was ‘n briljante seun wat Afrikaans nodig gehad het vir die regstudie wat hy daarna aan die universiteit voltooi het” (p. 81).

Eers op 28 Mei 1946 is die agenda van die Johannesburgse Stadsraad vir die eerste keer in Afrikaans beskikbaar, luidens ‘n berig in Die Vaderland. Dr. Terblanche is toe byna 28 jaar en 6 maande oud (p. 79):

Die persoon wat vir hierdie eerste vertaling van die agenda verantwoordelik is, is dr. H.J. Terblanche, wat verlede jaar tot vertaler aangestel is. Saam met twee tiksters is hy verantwoordelik vir die lywige stuk werk wat 222 foliovelle beslaan. Die personeel sal later aangevul moet word soos die werk uitbrei.

[…]

Die taak wat op hom en sy personeel wag, is waarskynlik taamlik omvangryk. Daar is kennisgewings, aankondigings en korrespondensie van allerhande aard waar groot verbetering noodsaaklik geword het. […]

Hierdie foliovelle het enkelspasiëring. Die vertaling het binne 5 dae plaasgevind (p. 80):

Dr. Ross het gesê dat hy die werk van dr. Terblanche as ‘n merkwaardige prestasie beskou, as ‘n mens in aanmerking neem dat daar vir die Engelse agenda sewe komiteeklerke is wat die verskillende komiteevergaderings bywoon en die notule en agenda met behulp van ‘n groot aantal tiksters opstel.

Ons verneem ook in ‘n berig van 29 Augustus 1946 van Die Transvaler dat hy reeds sewe jaar lank vakterme aan die versamel is. Op daardie stadium het hy en sy vrou in Braamfontein gebly (p. 80-81)

Nadat hy sy doktorsgraad behaal het, wou hy meer aandag skenk aan sy Nuwe Praktiese Woordeboek, en omdat dit so baie aandag verg, sou ‘n betrekking by ‘n universiteit hom beter pas. Daarom aanvaar hy die pos as Senior Lektor in Afrikaans-Nederlands aan die Natalse Universiteit teen ‘n baie laer salaris (p. 82-83) Met die vaktaalburo van Johannesburg aan die uitbrei, het hy ook die publiek gevra om swak Afrikaans op munisipale kennisgewings, advertensies of geskrewe stukke onder die aandag van die munisipale taalburo te bring. Op daardie stadium (31 Januarie 1947) was Johannesburg ook besig om straatname te vertaal en te giet (p. 83).

In Pietermaritzburg bemoei hy hom vir twee jaar lank met woordeboekwerk; dáár het hy nie veel op die taalfront gedoen nie “en die algemene atmosfeer van daardie ‘Sleepy Hollow’ was nie eintlik bevorderlik vir sodanige optrede nie, hoewel die strydperk daarvoor voorberei is” (p. 83-84). Sy eersteling is in September 1948 gebore en drie maande later verhuis hulle na Durban, waar hy as subhoof aangestel is van die Departement Afrikaans-Nederlands van die Durbanse tak van die Universiteit van Natal, waar die nuwe departement van meet af aan opgebou moes word (p. 85-87).

Maar hier moet ons vir eers stilstaan, want nou moet ons eers uitbrei hoe hy die onnasionalistiese Durban, rou Engels, vir Afrikaans makgemaak het.

Wat het in Durban gebeur?

Nadat hul huis in Durban-Noord gekoop is, het dr. Terblanche dadelik by die Skakelkomitee ingeskakel. Die gesin het pas in Durban aangeland toe dr. Terblanche se elektrisiteitsrekening in Engels aan hom gestuur is. Hy het dit teruggestuur en geweier om dit te betaal, totdat een aan hom in Afrikaans gestuur is. Hy is toe na mnr. Green, die stadstesourier. Volgens Green erken die stadsraad nie Afrikaans nie en sy elektrisiteit sal afgeskakel word indien hy nie betaal nie (pp. 89-90). Artikel 137 van die Uniegrondwet is dus nie eerbiedig nie, wat bepaal (p. 121):

“De engelse asmede de hollandse talen zijn officiële talen van de Unie. Zij worden op een voet van gelijkheid behandeld en bezitten en genieten gelijke vrijheid, rechten en voorrechten…”

Soos ek dit verstaan, en soos dr. Terblanche dit ook insien, beteken Artikel 137 élke liewe denkbare lewensruimte in Suid-Afrika: die private én openbare ruimte. Dit beteken in sy wese nie alleen die opgeluisterde burgemeesterskantoor nie, maar ook die eenvoudige groentesmouse op die sypaadjie moet tweetalig wees teenoor hul medeburgers.

Dr. Terblanche het uit radeloosheid ander munisipaliteite gekontak, soos Bloemfontein, sodat hulle dieselfde behandeling teenoor hul Engelssprekendes moet uitoefen (sodat die skoen ‘n slag aan die ander voet kan sit). Geen reaksie. En nou het die taalstryd in alle erns begin (p. 90).

Voordat die gesin in Maart 1958 na Pretoria verhuis het, is ‘n Afrikanerkring in Durban op die been gebring (luidens Die Transvaler 12 April 1949), ‘n Van Riebeeckfees is gehou onder beskerming van die Durbanse Skakelkomitee (Die Transvaler, 16 April 1951), en briewe wat die Skakelkomitee aan die Stadsraad gestuur is het “ter bevordering van wedersydse goedgesindheid” geëis dat hul briewe beantwoord word in die taal waarin dit ontvang word (Afrikaans).  ‘n Kunswedstryd eksklusief vir Afrikaanssprekendes is gehou – met 500 deelnemers (Die Transvaler, 12 April 1950). Ook ondersoek is ingestel om ‘n enkelmedium Afrikaanse skool te stig wat die Christelik-Nasionale Onderwys in Natal kon volg (Die Transvaler, 16 Junie 1954). Die komitee het besluit om briewe aan Afrikaanse koerante te rig waarin ‘n beroep op Afrikaanssprekende besoekers gedoen is om Afrikaans te praat wanneer hulle in Durban is. “Dit sal die stryd vergemaklik wat Afrikaners in Durban vir die gelyke behandeling van hul taal voer” (Die Transvaler, 27 Mei 1954; Die Transvaler, 1 Julie 1955).Die komitee het ook besluit om hul nuusbrief op die lange baan te skuif, sodat hul werksaamhede eerder in Afrikaanse koerante met ‘n véél groter leserspubliek gepubliseer kan word (Die Transvaler, 27 Mei 1954). Die Skakelkomitee het die FAK gevra om die platteland te bearbei, waar Afrikaanse dorpe steeds slegs ‘n “Butchery” en “Gent’s Tailor” het (Die Volksblad, 29 Julie 1955). Luidens ‘n berig in Die Transvaler, gedateer 3 April 1956, is beswaar gemaak teen die eentalige aankondigings van lewensredders (veral teenoor Afrikaanse besoekers (kinders) wat nie Engels verstaan nie) en eentalige kommentaar op die plaaslike toerbusse, waarvan die klagte van laasgenoemde ook sommer na die Afrikaanse Kultuurraad van Pretoria verwys is. Ook die Swemkampioenskappe wat volkome in Engels was, ten spyte van die Afrikaanse deelnemers en toeskouers, is teen beswaar gemaak. In die Natal Daily News (3 Maart 1956) sê dr. Terblanche oor die strandvermaak: “We do not want Afrikaans concerts or separate shows, all we ask for is bilingualism.”

Nog honderde soortgelyke vermanings en briewe is uitgestuur na die onderskeie koerante. Die komitee was soos die neulende weduwee by die onregverdige regter in die Bybel (Lukas 18:1-8).

Ook heelwat later is onderhandel om die straatname te vertaal (p. 89):

Op taalhandhawingsgebied het ek in Durban op alle moontlike en onmoontlike terreine beweeg. Daar is mooi gepraat en selfs gesoebat, maar die saak vir Afrikaans is ook sterk en selfs dreigend gestel. Verskillende briewe is in hierdie verband geskrywe en ek het op stelselmatige, diplomatiese en ferme wyse geprobeer om die standpunt vir Afrikaans by die oortreders en vertrappers tuis te bring.  Baie onderhoude is met die stadsraad gevoer en daar is ons saak sterk gestel. Ek het ‘n memorandum oor die vertaling van straatname in Afrikaans opgestel en hierdie hele aangeleentheid is in sy breedte en diepte deur ons afvaardiging met die burgemeester en die bestuurskomitee uitgepluis. Hierdie onderhandelinge is streng beredeneer en volgens hierdie beginsels gevoer, maar tog het ‘n goeie gees deurgaans geheers.

Die burgemeester het my by een geleentheid gevra hoe dit dan moontlik is dat daar in die afvaardiging van drie, twee was met Engelse vanne – die een was mnr. Rothwell, wat nogal ‘n tipiese Engelse “rooi gesig” gehad het. Ek kan net meld dat Durban vandag ‘n toonbeeld van tweetalige straatname is en dit is ‘n direkte uitvloeisel van die destydse vertoë en onderhandelinge.

Maar niks het die groot deurslag gegee soos die verkeersoortreding nie. Dit het die stadsraad op sy knieë gedwing. Dr. Terblanche het besef hy moet iets doen om die ordonnansies ook in Afrikaans te kry. As hy dan sy saak in die hof moes verdedig sou dit aan die groot klok gehang word. Dis asof dr. Terblanche ‘n swakplek en tere steekplek gesoek en gesoek en gesoek het, en ja – wragtig een gekry het.

Die eerste oortreding was in 1951 toe hy, tot die landdros se klaarblyklike ontsteltenis, skuld ontken het op grond van die feit dat hy tereg staan vir die oortreding van ‘n wet wat in die werklikheid nie bestaan nie. Die aanklag moet ultra vires verklaar word (p. 116). Op ‘n eenvoudige tegniese punt: die verkeerswet is nie in Afrikaans geskryf nie, en kragtens die Artikel 137 moet daardie wetgewing ook in Afrikaans geskryf wees; ergo, daar is geen verkeerswet vir hom as Afrikaanssprekende nie, en daarom het hy dus geen misdaad gepleeg nie.

Maar die aanklaer het daarop gewys ‘n volle regbank van vyf regters van die Appèlhof het in 1945 beslis dat “wanneer ‘n regulasie van ‘n Natalse munisipaliteit bekendgemaak word, is dit nie nodig dat die aankondiging in die Provinsiale Koerant in albei amptelike tale geskied nie. Nòg die Suid-Afrika-wet, nòg die Natalse Ordonnansie van 1942, nòg die gewone wet vind so ‘n beslissing nodig” (p. 117). Al manier om hierdie saak te betwis, is om by die Appèlhof te gaan draai om die wet te wysig. Ongelukkig moes dr. Terblanche na die buiteland toe en het die boete betaal en wou dus nie dadelik geappelleer nie. Dit was nou in Juliemaand 1951.

Met sy tuiskoms het dr. Terblanche herhaaldelik doelbewus verkeerd parkeer om in die hof te beland om te appelleer. Hy het verkeersboetes gekry, maar is nooit gedagvaar nie, moontlik omdat opdrag gegee is dat dr. Terblanche uit die hof gehou moes word. Dr. Terblanche het later die hele pak verkeerskaartjies na die hoofredakteur van die Natal Mercury geneem om te toon hoe hulle belastingbetalersgeld vermors word. Die groot bohaai in die koerant het die owerhede genoop om dr. Terblanche te vervolg.

Voordat ek die hofsaak behandel, sal dit interessant wees as ek daarop wys dat ek een Sondagoggend op pad kerk toe aan die regterkant van ‘n verkeerskonstabel op puntdiens om ‘n draai gery het. Hy het my beveel om stil te hou, van sy kassie afgeklim en met streng afgemete treë na my toe aangestap gekom. Toe hy egter naderkom en sien wie ek is, het hy net so in sy spore omgedraai en stert tussen die bene na sy kassie teruggegaan (p. 120).

Uiteindelik verskyn dr. Terblanche toe Januarie 1954 vir ‘n parkeeroortreding in die hof. Die oortreding is op 10 September 1953 begaan. Die hof wou die saak uitstel tot 14 Januarie maar dr. Terblanche het hulle in ‘n hoek gedryf om hom daar en dan skuldig te bevind. Maar met sy skuldigbevinding wou hy appelleer. Toe hierdie voorneme aan die aanklaer getolk is deur die landdros, het die aanklaer die saak teen dr. Terblanche sonder meer teruggetrek. Die landdros het die terugtrekking van die saak toegestaan (p. 120-121).

Wat hier van belang is, is dat ek tot elke prys skuldig bevind wou word, sodat ek kon appelleer ten einde die bestaande Appèlhofuitspraak ter syde te laat stel, wat nl. bepaal dat ‘n ordonnansie in Natal eentalig (Engels) kan wees. Die hof wou my egter nie skuldig bevind nie (moontlik in opdrag), al het ek ook skuldig gepleit, want die landdros het gesê dat dit so ‘n belangrike saak is dat hy met ‘n spelfout in die klagstaat my nie skuldig kan bevind nie. Die belangrike is dat ek hiermee landswyd die aandag gevestig het op ‘n skreiende onreg teenoor die Afrikaanse taal wat nog in Suid-Afrika hoogty gevier het (p. 121).

Nou wend dr. Terblanche hom raadop per brief na die Minister van Justisie, mnr. C.R. Swart, wat later Staatspresident sou word. Heel eerste wat Swart gedoen het was om opdrag te gee dat die staat in alle gevalle in die hof sy eie staatsaanklaers moes hê – die stadspolisie van Durban kon nie meer vervolg nie. Met hierdie bliksoldaatjies nou mooitjies opgestel, gaan mnr. C.R. Swart tot die aanval oor. Teen die einde van 1954, as Minister van Justisie, gee hy opdrag aan sy staatsaanklaers dat geen vervolging kragtens eentalige ordonnansies ingestel moet word nie. Dit het chaos in Durban veroorsaak. Onder meer het “Indiërs op die sypaadjies geparkeer, want hulle het geweet dat hulle nie vervolg kon word nie. Dit het net ‘n rukkie so aangehou voordat die opdrag herroep is, maar dit het gewenste uitwerking gehad” (p. 123). Die rukkie was “ongeveer ‘n week” (p. 159).

C.R. Swart erken dit skriftelik in ‘n brief (waarvan ‘n foto deel uitmaak van die Terblanche-outobiografie) dat hy vroeg een oggend ‘n benoude oproep gekry het van die burgemeester. Die strate het onuithoudbaar geword. En hier belowe hulle plegtig om Afrikaanse regulasies te laat opstel. Swart gee hulle ‘n paar maande tyd (p. 125). Al het die Durbanse stadsraad pogings aangewend om die eentalige verordeninge vertaal te kry, het hulle tog tyd probeer wen.  Die Parlement het reeds beslis dat alle verordeninge tweetalig moet wees teen 31 Desember 1955. Aan Natal is verdere uitstel tot 31 Maart 1956 verleen. Die Minister van Binnelandse Sake, Dr. Eben Dönges, is toe deur Durban genader: want aai, ses maande is darem bietjie knap vir 527 bladsye (p. 125-126).

En net daar sit dr. Terblanche sy voet neer. Hy stuur ‘n telegram aan Die Leeu van die Noorde, Sy Agbare Eerste Minister Adv. J.G. Strydom, en sommer een aan Dr. Eben Dönges ook. Want het ons liewe dr. Terblanche nie 222 bladsye binne net 5 dae (nie maande nie!) vertaal nie? Sy siening is ook in Die Transvaler, 18 Februarie 1955: “Ek self sal 527 bladsye van die plaaslike wette binne ‘n maand kan vertaal en ek daag enigeen om ‘n enkele woord op dié vertaling te verbeter” (p. 126). Natúúrlik kon hy! En hy bied selfs sy vertalingsdienste aan, nie omdat hy noodwendig wil nie, maar bloot omdat hy kan (p. 125).

En raai wat het gebeur, maklik drie tot vier dekades sedert hierdie Artikel 137 van die Uniewetgewing verontagsaam is? “Die uiteinde van die saak was egter dat die ordonnansies binne die bepaalde tydperk deur ‘n vertalersorganisasie in Johannesburg vertaal is.” (p. 127)

Ek neem aan die Engelse was nie baie gelukkig hieroor nie?

Man, soos M.S. Morgan, die senior verslaggewer van The Natal Mercury, dit stel in die middel-1950’s: ‘En as daar twintig uit elke honderd Engelssprekendes in Durban is wat graag sou sê: “Voetsak, Dr. Terblanche”, sal die ander tagtig sê: “Good show, Dr. Terblanche, we admire your courage.”’ (p. 160)

Maar nou, soos die ‘verligte’ J.H.P. Serfontein skryf in sy boek, Die Verkrampte Aanslag (1970:239-240), moet ons ook die saak binne konteks sien, en dit meer as 15 jaar ná die ordonnansies in Afrikaans vertaal is:

As die Engelssprekendes hul beroemde filosofie van “fair play” en “fifty-fifty” toegepas het, sou die talle “taal-insidente” – waar, om dit laag te stel, dit 90 persent Afrikaners is wat benadeel word – mos nie daar gewees het nie.

Ek wil die Engelssprekendes daarvan beskuldig dat hulle direk mede-verantwoordelik is vir die verkrampte Afrikaner se aggresiwiteit (sic) oor sy taal en kultuur.

En dit is nie net weens die feit dat die Engelssprekendes in soveel gevalle – m.i. om geen goeie rede nie – Afrikaans nie op ‘n manier kan praat nie. As daar meer dikwels hoflike spyt uitgespreek word dat hulle Afrikaans nie magtig is nie – hoewel dit in 1970 onvergeeflik is – sou dit darem ‘n gesindheid van “gee en neem” weerspieël. Maar nou het ons die volkome minagtende houding van die meeste Engelssprekendes wat in sake-ondernemings, staatskantore, private gesprekke – ja, oral – in Afrikaans aangespreek word en dan nie alleen Afrikaans nie kan of wil praat nie, maar hooghartig en duidelik hul afkeer van die Afrikaanse taal te kenne gee.

Daar is moontlik ‘n stadige kentering onder die jonger Engelse geslag – m.i. nie uit vrye wil nie, maar alleen omdat hulle slegs die taal van mag kan begryp – maar dit weerspieël beslis nie die algemene houding van die Engelse nie.

As elke Afrikaner oral in Suid-Afrika, ook op plekke waar hy verreweg in die meerderheid is, elke dag op sy reg tot beantwoording in sy eie taal moet aandring, sou daar noodwendig elke dag tienduisende taal-insidente wees.

Maar dit gebeur nie, òf weens die minderwaardigheidsgevoel van so baie Afrikaners òf vanweë hul goeie maniere òf omdat in baie gevalle die tyd ontbreek en die vernedering maar gesluk word om persoonlike ongerief te voorkom.

En ek praat nie nou van die jaar 1920 nie. Ek praat van 1970, sestig jaar na Uniewording, en uit persoonlike daaglikse ondervinding op plekke, groot en klein, dwarsdeur Suid-Afrika. My ondervinding in dié verband is gestaaf deur verskeie ondersoek wat deur Afrikaanse koerante gedoen is. Ek wil graag weet: daardie Engelse politici, kultuurleiers, redakteurs, kerkleiers en ander wat tereg gedurig bedag is op allerhande ongeregtighede wat aan die kaak gestel word – waar is hulle wanneer hierdie ongeregtigheid teenoor die Afrikaner gepleeg word?

Ironies, dat dit vandag juis die “ekstremistiese” Nasionale Party-leiers en -pers is wat die regte van Engelssprekendes verdedig teen die H.N.P. – iets wat van feitlik geen Engelssprekende leier in die afgelope jare gesê kan word nie.

In dié verband dink ek aan die groot waarheid wat ‘n Afrikaanse redakteur tien jaar gelede uitgespreek het (ek onthou nie in watter koerant nie) toe hy gesê het as die Engelssprekendes oor die vorige vyftig jaar een-tiende van die simpatie vir die verontregting van die Afrikaner betoon het as wat hulle vir die nie-blankes betoon, die geskiedenis anders sou verloop het.

[…]

As mens ‘n voorbeeld wil hê van hoe Engelssprekendes optree waar hulle in ‘n magsposisie is, kyk maar na die V.P.-beheerde Johannesburgse stadsraad en die Natalse Provinsiale Administrasie. Terwyl daar baie gekla is oor die wyse waarop die Regering die Engelse te na sou kom met aanstellings in openbare liggame, stel die Johannesburgse stadsraad in sy Skouburgraad slegs twee of drie Afrikaners aan, terwyl hulle meer as een-derde van die bevolking uitmaak. Dink maar aan al die taal-insidente van die eentalige amptenare in senior posisies of burgemeesters, in Suid-Afrika gebore, wat kwalik Afrikaans kan praat, en ander insidente waar Afrikaans geminag is.

[…]

Feit bly, die Engelse arrogansie en verskuilde baasskapmentaliteit enersyds en die afsydige houding andersyds was oor die jare juis ‘n belangrike bydraende faktor tot die groeiende steun vir die verkramptes – juis omdat kultuur en politiek so nou verweef in die Nasionale politiek is.

En daar stop Serfontein ook nie (pp.243-268):

Waar daar nog onder die Nasionale Party verkramptes was (maar tog beweeglikheid), beskou Serfontein die Verenigde Party en Progressiewe Party asook die Engelse media geheel en al as gestolde monolitiese granietblokke. Nie alleen is daar geen “broedertwis” onder die Engelse koerante te bespeur wat op dinamiese gesonde oop gesprek dui nie, maar eerder wel op verstarde denke (“die totaalindruk is dié van ongeïnteresseerdheid, vaalheid, eenvormigheid, en ‘n feitlik dodelike voorafbepaalbaarheid van wat die Engelse pers se standpunt oor ‘n bepaalde saak gaan wees [anti-nasionalisties]”), maar ook die Verenigde Party se 19de-eeuse beleid van leierskap (“blanke leierskap oor ‘n onverdeelde Suid-Afrika”) stem op ‘n druppel water ooreen met die verkrampte Herstigte Nasionale Party se “baasskap”-model. ‘n Jaarlange poging in 1966 deur ‘n spesiale komitee binne die Verenigde Party om ‘n vernuwende rassebeleid op te trek, is eenvoudig deur die leiding van sir De Villiers Graaff geveto. Ook die Progressiewe Party het met die skrywe van Die verkrampte aanslag (23 Februarie 1970) sedert sy stigtingsjaar in 1959 absoluut geen beleidsverandering aangebring nie. Serfontein beskuldig ook die opposisie (met vernaamlik Engelssprekende kiesers) dat, as feitlik geen belangstelling in Afrikanernasionalisme of -politiek in die hede getoon word nie (laat staan nog sy taal), diegene skynbaar nog minder sal weet wat Swart Nasionalisme behels (of hoe om dit met hul Westminster-gees te temper) wat aan die opmars is.

Hierteen moet ons die volgende kommentaar in die koerante beoordeel.

En die kommentaar in die koerante?

Die volgende besware is geplaas tussen 1948 en 1958. Jy sal dus insien dieselfde argumente kry ons dwarsdeur die geskiedenis, sommer vandag ook. Ek is daarin al so gesout, ek weerlê sommer die besware een vir een (soms steun ek swaar op dr. Terblanche en ander anonieme skrywers se teenantwoorde). Die meeste besware is gegrond op ou vooroordele en onkunde, growwe oordrywings, sirkelredenasies, strooipopredenasies, en ‘n algehele gebrek aan logika.

Met die honderde artikels, briewe en berigte wat die Skakelkomitee en dr. Terblanche in die Engelse en Afrikaanse koerante geplaas het, het dit die eentalige Durbaniete duidelik op hul agterpote gestel, selfs al was die wetgewing dekades lank op skrif en in die ander provinsies véél beter toegepas. Die ‘dooie letter’ het as’t ware springlewendig word. Durban was besig om vlak voor hul oë te verander; die onmoontlike was besig om te gebeur.  My onderstaande antwoorde sou miskien geldig wees in die 1950’s (ek is geen prokureur wat die huidige toedrag van sake ken nie).

Beswaar 1: Afrikaans word aan Fanakalo gelyk gestel. Daar is ook soveel leenwoorde uit Engels in Afrikaans, waarom nie eerder Engels leer nie?

Weerlegging 1: Die klaer moet hom eerder afvra of Engels ‘n soort Franse kreooltaal is. En hy kort ook ‘n geskiedenisles in Nederlands, waar die leenwoorde ook dieselfde oorsprong het: Frans! Verder probeer die beswaarmaker Niestandaardafrikaans-variante as kruk gebruik om sy argument te staaf.

Beswaar 2: Iemand moet nie in die staatsdiens op grond van sy tweetaligheid aangestel word nie, maar moet eerder knap en verantwoordelik wees. Ervare mans verlaat die spoorweë bloot omdat hulle nie tweetalig is nie. 40 mans sou demoveer word omdat hulle nie tweetalig is nie. Iemand wat nie tweetalig is nie, maar knap is in sy werk – maak dit van hom ‘n minder goeie Suid-Afrikaner?

Weerlegging 2: Waarom nie eenvoudig ‘n taalklas loop nie? Afrikaans is mos nie so moeilik nie. Daar is menere wat geen probleem het om Spaans oorsee te leer nie, maar wel onwillig is om Afrikaans hier te lande te leer. “The English railway men who have gone into retirement, dissuaded their sons from joining the South African Railways.” (p. 141) En buitendien, as ‘n ervare, knap man dan nou Afrikaans-eentalig sou wees (en nie op grond van sy tweetaligheid aangestel sou word nie), hoe sou hy in die werkplek behandel word tussen eentalige Engelssprekendes en instruksies? Dan is dit presies die status quo, met Afrikaans wat die onderspit delf. Die meeste Engelssprekendes was buitendien reeds in die privaatsektor, met die gevolg dat daar op verskeie gebiede ‘n leemte ontstaan het vir die Afrikaner wat verstedelik het om te vul. Onder andere het baie Afrikanervroue onderwyseresse van Engels geword, al was dit nie hul moedertaal nie. Waar was die Engelse menere en juffrouens toe?

Een liberale Engelse skrywer skryf (en hier word op die Engelse geskimp): “Dr. Terblanche is perfectly right, however irritating he may be. He has never demanded anything to which he is not entitled. […] The truth is that some Natal people (are they really such?) loudly demand more rights for themselves that they are entitled to, while secretly agreeing with the Government in wishing to deny primary rights to the Black man” (p. 152)

Beswaar 3: Die Afrikaners het net gewag totdat ons seuns in die Tweede Wêreldoorlog gaan veg het; as tuisblyers het hulle die werk van ons seuns afgerokkel/gesteel.

Weerlegging 3: Oorloë hou nie meer ‘n honderd jaar nie; u het goed geweet die oorlog moes een of ander tyd eindig; wat sou u seun dan moes doen? En verder: doen ‘n bietjie navraag hoeveel Afrikaners wel aan die kant van die Geallieerdes geveg het.

Beswaar 4: Hoekom word Engelse stadsname in Afrikaans vertaal? Dis nou nie asof ons van Flower Fountain (Bloemfontein) en Johnstown (Johannesburg) praat nie.

Weerlegging 4: En wat dan van die voorstad ‘Neu-Deutschland’ wat ‘New Germany’ in Durban geword het? Sommer ‘n praktiese plaaslike voorbeeld. En gaan kyk ‘n bietjie in Wallis, Ierland en Cornwall (Kernow in Kornies); het hierdie stede en dorpe nie Engelse name bygekry omdat die Keltiese tongval te swaar vir eentaliges is nie? ‘n Mens sou in 1962 (net minder as ‘n dekade later) ‘n verdere doodgooier uit die oond haal: Brussel, die hoofstad van België. Al is Brussel deur die bank Franstalig (inderdaad Bruxelles), pryk die tweetalige borde orals, soos “Rue de la Montagne” en “Bergstraat”, “Rue de l’Amigo” en “Vruntstraat”.

Beswaar 5: Een klaer soek nie tweetaligheid nie. Hy sal opdragte maar gedwee aanvaar in watter taal dan ook, sonder om op sy huistaal, Engels, aan te dring. Dieselfde verwag hy van Afrikaners.

Weerlegging 5: Hierdie argument vernietig homself. As ‘n Engelssprekende dan Afrikaans kan verstaan, wat is dan fout met tweetaligheid?

Beswaar 6: Afrikaans probeer Engels in Durban vernietig net soos die Hollanders Frans aan die Kaap vernietig het. Die Franse kon nie eens God in Frans aanbid nie.

Weerlegging 6: ‘n Ou leuen wat jy met vrug onder ‘Frans’ op die Afrikaanse Wikipedia kan gaan naslaan. Soos jy sal sien het J. du P. Scholtz die saak reeds op 7 September 1939 in Die Burger weerlê. Die Franse wou afgesonderd van die Hollanders en Duitsers bly. Hoewel die owerhede op skrif aangesê is om die Franse te vernederlands, het daar dadels van gekom. Die Franse wou hulle eie Franse prediker hê en afsonderlike Franse preke is ook toegestaan (ná die Hollandse diens), al was daar ook net een of twee mense. Vergeleke met die Duitsers, wat jare moes wag op die Lutherse kerk (en baie afgeleë Hollanders op ‘n kerkgebou), het die Franse véél meer voorregte gekry as die ander Burgers. Ook moet onthou word dat baie Franse reeds Nederlands magtig was toe hulle hier aangekom het. Die moeilikheid met Willem Adriaan van der Stel het Hollander en Fransman wel nader aan mekaar gebring. Terloops: wat het van Kornies, Manx, Skots en Iers in die Verenigde Koninkryk geword? Sal ons ook vergeet van die Act of Uniformity van die jaar 1549? Want sover ek weet is Kornies nooit die voorreg gegun om as kerktaal te floreer nie (4 000 mense wat teen die afdwing van die Engelse gebedeboek in opstand gekom het, is voor die voet deur Koning Eduard VI se leër met die swaard omgebring). En in Suid-Afrika: was daar nie sekere Skotte tydens die Engelse bewind aan die Kaap ongevraagd ingevoer om die Hollandssprekende predikante te vervang nie? Het Lord Somerset en Lord Milner só vinnig uit die geskiedenisboeke verdwyn? Skat, ek dink dis vier vingers wat na jou toe terugwys. En as die Afrikaner dan nou gestraf moet word vir hierdie Franse wat hul taal ontneem is (wat ek nou reeds bewys het nie waar is nie), wie de donder het die Engelsman dan nou as God aangestel – ek dog die wraak kom Hom alleen toe?

 Beswaar 7: Dit is moeilik om Afrikaans te leer, want dit verander voortdurend. En die woordeskat is duidelik “fabricated”. Toe die beswaarde (man) laas op hoërskool die Hoër Taalbond geslaag het, het ‘n klomp neologismes bygekom waarvan hy nou niks weet nie. ‘n Huisvrou voer aan jy is 51 jaar oud en is nie van plan om terug te keer skool toe nie.

Weerlegging 7: Die enigste taal wat nie verander nie is Latyn, Oudgrieks, Sumeries en Goties, dus, dooie tale. ‘n Taal wat nog in sy kinderskoene staan, kry neologismes by, maar word of aanvaar of verwerp deur die gemeenskap. (Dink maar aan ‘komper’ vs. ‘rekenaar’ in die 1980’s). Buitendien, die Engelse taal kategoriseer voortdurend name volgens die nuutste wetenskaplike bevindinge en uitvindsels en die hele wêreld moet maar daarby aanpas. Wat wel duidelik word: die klaers het eenvoudig ‘n regmerkie agter Afrikaans gemaak in hul jeug en toe die taal verwaarloos en nie op datum gebly van die nuutste ontwikkelinge nie. Buitendien is daar met die skrywe van die klaer (die dame) ‘n splinternuwe Afrikaanse Departement in Durban op haar drumpel opgerig. Die berg het inderdaad na Mohammed gekom. ‘n Mens kan ‘n perd na die water toe bring, maar jy kan hom wragtig nie maak drink nie.

Beswaar 8: Natal moet dadelik van die Unie afstig. “Natal was a happy province. That was before we were afflicted by the invasion of noisy Nationalists, bent on belabouring those whose home language is English” (p. 148) (Gedink Brexit is nuut?!)

Weerlegging 8: Sodat die Afrikaners nog verder onder julle taalimperialisme moet deurloop? Al wat hulle vra is ‘n bordjie en papier met Afrikaans op, met gelyke taalbehandeling, sonder om die Engels in te boet? Die Natallers het die wetsontwerp reeds in 1909 gesien en die voorwaardes gulhartig onderteken by die Uniewording – hulle het alleen die blink geld en geleenthede gesien, maar wou nie die verantwoordelikheid nou dra nie.

Beswaar 9: Die tweetalige woordeboek is duur (₤3) en kom nou eers tot sy reg.

Weerlegging 9: Dieselfde prys as wat Afrikaners moet betaal wat nie aldag so vermoënd is nie.

Beswaar 10: Dit is nie ons probleem nie, laat die kinders besluit.

Weerlegging 10: En ondertussen moet 22 000 Durbaniete wag vir ‘eendag’, terwyl Afrikaners die volste (geboorte)reg het om hul taal nóú te besig in die openbaar?

Beswaar 11: Afrikaans beteken niks in die buiteland nie.

Weerlegging 11: Maar dien as gerieflike skakel met Holland (en sy kolonies), België en Duitsland? En daar is siele dwarsoor die hele Britse Ryk in Afrika wat dit praat. Terloops, wat het Durban met die buiteland uit te waai? – hierdie is Suid-Afrika, ‘n binnelandse aangeleentheid.

Beswaar 12: By ons administrasie is twee “Native Clerks” aangestel (vir die invordering van huttebelasting) wat slegs Engels kan praat, en hulle doen hul werk na behore. “Only efficiency counts, and language counts for nothing” (p. 143).

Weerlegging 12: Solank dit slegs in Engels geskied, tot jou gerief? Ikke, ikke, ikke en de rest kan stikken?

Beswaar 13: “…the crime of compulsory bilingualism” (bl. 137)

Weerlegging 13: Juis die verontagsaming van Artikel 137 van die Grondwet van die Unie is ‘n strafbare misdaad! Gaan spreek dadelik u prokureur.

Beswaar 14: Niemand kan perfek tweetalig wees nie, maar mense kan mekaar verstaan. Daarom sal dit nie nodig wees om twee tale te druk nie.

Weerlegging 14: Dieselfde storie as Beswaar 5. As almal mekaar se taal dan nou ken, wat is dan fout om Afrikaans op kennisgewings te sien? Daar kan eenvoudig gesê word: “Voltooi die vorm in die taal wat daarop geskrywe staan.” En dit is Engels!

Beswaar 15: “Afrikaans names should be given to some streets; but please, in Afrikaans only” (p. 139)

Weerlegging 15: En dit sal seker teen daardie een verlate paal langs ‘n verspoelde grondpad op die buitewyke van die stad moet wees?

Beswaar 16: Moet ons altyd lees wat hierdie man te sê het, sê vir hom hy moet sy ry kry. Moet ‘n petisie opgetrek word sodat hy kan vertrek?

Weerlegging 16: Dr. Terblanche kan weggaan, maar die wet gaan nie (in die 1950’s) weg nie, en dié sal tog kort voor lank geïmplementeer word. Help nie jy wens dit weg nie. Kom gaan dit kom.

Beswaar 17: Vir baie is dit bloot ‘n irritasie om op ‘n vorm die volgende reël Engels te vind.

Weerlegging 17: Die Afrikaner ervaar presies dieselfde met Afrikaans, hoor. Haai, het jy nie geweet nie?

Beswaar 18: Hoekom staan Afrikaans bo-aan die verkeerstekens en kennisgewingborde?

Weerlegging 18: Dit is waarskynlik om alfabetiese redes. Maar as die klaer daarin Engels as die nuwe ‘underdog’ wil sien, of nie van die Freudiaanse “Missionary Position” hou nie, dan het hierdie Rorschach-toets meer oor die individu te sê as oor die taal.

Beswaar 19: Almal verkeer deesdae onder die waan dat hulle onderdruk word.

Weerleggings 19: En as iemand regtig sy taal misgun word? Of voel jy self onderdruk (of eerder, in ‘n blik gedruk) as iemand op sy taalregte aanspraak maak waaraan jy nie kan of wil toegee nie?

Beswaar 20: “…interminable nagging on behalf of an insignificant number of Afrikaners”  (p. 149)

Weerlegging 20: Maar daarvoor is 22 000 belastingbetalers in Durban se geld goed genoeg? Betwis dan die Grondwet, as jy nie gelukkig met die toedrag van sake is nie. Buitendien, as hierdie 22 000 belastingbetalers oornag moet waai, sal die stad tot stilstand kom, juis omdat hulle sleutelrolle vul in die staatsdiens waarvoor die Engelse nie eens kans sien nie.

 Beswaar 21: As hulle so graag Afrikaans wil hê, moet die Afrikaners maar self vir die bordjies betaal (“monthly subscription”, p. 151)

Weerlegging 21: Gaaf, maar aangesien ons hoegenaamd geen diens in Afrikaans kry nie, kan ons maar ‘n belastingkorting kry op die som geld waarvan jý mildelik die voorregte geniet? Afrikaans is nie ‘n voorreg nie, ons is ten volle daarop geregtig.

 Beswaar 22: Haai kyk, ‘n bordjie met geen vertaalekwivalent vir die Engels nie: “Cul-de-sac” / “Straat loop dood”.

Weerlegging 22: “Cul-de-sac” is nie Engels nie, dit is Frans. “Dead end” is Engels.

 Beswaar 23: “What about the African and Indian ratepayers, bus passengers and telephone subscribers?” (9 Desember 1955, p. 152)

Weerlegging 23: Waarom moet die Afrikaner vir almal in die bresse tree? Waarom paternalisties namens hulle optree, sodat dit ook teen die Afrikaner se kop gegooi kan word? En, indien die skrywer Engelssprekend was, van waar nou skielik die besorgdheid oor die Swartman en Indiër? Dan was daar mos lankal Zoeloe op die lamppale regoor die stad aangebring? (Ek moet sê, sedert mnr. Leon Lemmer male sonder tal geskryf het oor die Afrikaanse WAT wat ook woordeboekhulp moet verleen aan Afrikatale, wonder mens tereg waarom die Departement Anglistiek, wat tog hoofsaaklik uit swart dosente bestaan, nie vir hierdie bevordering van Afrikatale stry nie. Sekere dinge verander duidelik nooit nie, en dit is byna 65 jaar later).

Beswaar 24: U sê diegene wat nie tweetalig is nie, moet waai, want hy is nie ‘n Suid-Afrikaner nie, want hy skend die Grondwet. Maar u dink steeds in rasterme: Boer en Brit, nie Suid-Afrikanerskap nie. Dus, u is nie ‘n Suid-Afrikaner nie en moet waai.

Beswaar 24: ‘n Ware Suid-Afrikaner sal omgee vir sy medemens en trots wees op die ander persoon se taal en kultuur en herkoms en dit érken. Maar blykbaar is Suid-Afrikanerskap net gereserveer vir een taal en een volk: Brits en Engels.

Beswaar 25: (rondom hoe onbelangrik Afrikaans is) “Where does the agricultural, mining, road-making, etc. machinery come from? Who built the ships and the aircraft, was it Afrikaans brains and labour?” (p. 155)

Weerlegging 25: Ooit gehoor van die “Wet van die Remmende Voorsprong” deur Jan Romein, in sy opstel “De dialectiek van de vooruitgang” (1937), ‘n afdeling in die bundel Het onvoltooid verleden? Nee, jy sou nie. Want daarvoor moet jy toevallig Nederlands, ‘n byvoordeel van Afrikaans, magtig wees. Kortom: nasies en volke “verbeter”, “leen” en “steel” as’t ware mekaar se patente. Die Oud-Egiptenare het met bondels riete begin om ‘n vlot te bou, en so kry mens regoor die wêreld pogings tot vlotte, mokoro’s, kano’s, skepe, karvele, ens. Om dus al hierdie intellek alleen vir die Engelse toe te eien is die ergste graad van grootheidswaansin nog. Omdat die beswaarde waarskynlik nié Duits of Frans of Nederlands magtig is nie, besef hulle nie hoeveel van die oorspronklike patente kom uit die Europese Vasteland of vanuit die res van die wêreld nie. Laat ons ook nie kibbel oor die gehalte van die Britse ware nie; ek het nou maar eenmaal ‘n swák vir Duitse produkte.

 Beswaar 26: Ek is ‘n klant, en die klant is koning. Maar my versoeke word deur Afrikaners ignoreer sodra ek Engels praat. Al twee maal. Hoe werk dit dan?

Weerlegging 26: Hierop antwoord dr. Terblanche (p. ): “[…] Mrs. Froden […] tries to prove my right wrong because she has been wronged in a manner which I am trying to eliminate” (p. 156).

Dit bly egter laakbare gedrag. As twee bure mekaar se huise afbrand sit albei sonder dak. Hierdie tendens het inderdaad ook met Klaus D. Vaqué in die middel-1970’s in Pretoria afgespeel (An der Hand Gottes, 2004:116):

Ich sollte bald lernen, wie wichtig es in Pretoria ist, die afrikaanse Sprache zu sprechen. Bei Behördengängen wurde ich grundsätzlich ignoriert, wenn ich mich auf englisch an einen Beamten wandt. Er tat dann so, als ob er mich nicht verstünde. Erst als er merkte, daß ich Deutscher bin, wurde er freundlicher und gab mir auf Englisch Auskunft.

Ek sou spoedig leer hoe belangrik dit is om Afrikaans in Pretoria te praat. By die Administrasie is ek ignoreer as ek ‘n amptenaar in Engels genader het. Hy maak dan of hy my nie verstaan nie. As hy wel agterkom ek is ‘n Duitser, eers dan sal hy vriendeliker word en my in Engels help.

Tog is alles ook nie so eenvoudig nie. Ek kan terloops verwys na ‘n hooggeplaaste soos Jean-Claude Juncker wat ‘n toenemende soort “onverdraagsaamheid” in Middelkerke, Vlaandere, bespeur, bloot omdat hy Frans gepraat het (of, dis wat hy ervaar het). Dit was September 2019. Hy kan nou nie meer by ‘n slagter of bakker vir iets in Frans vra soos dertig jaar gelede nie; maar Duitsers is glo meer as welkom (en hy kan gelukkig Duits praat). Dit is egter om ander redes as ‘n vrees vir ‘n klomp Franssprekendes wat en masse op Vlaandere sal toesak en die hele kultuurgrond sal vervuil (soos die Durbaniete hierbo duidelik gedink het oor Afrikaans). Daar is egter niemand meer agter die toonbank wat Frans meer kan verstaan nie. Frans is in Vlaandere gewoon geen faktor meer nie en word nie meer so baie soos in die verlede geleer nie. Nieuwsblad vind hierdie agteruitgang van Frans onder Vlaminge neem selfs onrusbarend toe:  “Voor dat argument valt iets te zeggen: al jaren bereiken ons studies die de tanende talenkennis onderstrepen.”

Catherine Fonck van die Franstalige sentralistiese party, die Centre Démocrate Humaniste, tweet wel die volgende:

Je trouve que #Juncker exagère. […] Mais si on fait l’effort de parler néerlandais à la côte, la grande majorité des flamands sont accueillants et passent pfs même spontanément au français. Effort, tolérance, ouverture, j’y crois.

Ek dink Juncker oordryf. […] Maar as mens die moeite sou doen om ‘n bietjie Nederlands langs die kus te praat, sal die oorgrote meerderheid Vlaminge gasvry en baiemaal selfs spontaan Frans praat. ‘n Bietjie moeite, verdraagsaamheid en openlikheid, daarin glo ek.

 Maar laat ons nou nie appels met pere vergelyk nie. Vlaandere en Wallonië se taalbeleid verskil van dié in Brussel. En dit verskil weer van die Suid-Afrikaanse Unieregering se tweetaligheid van die 1950’s. Tog, as mens ten minste wys jy is geen bedreiging nie (deur ten minste te wys jy probeer Nederlands verstaan en praat), word die ou stamgevegte net daar ontlont wat eeue lank nog smeul.

‘n Nuwe intrekker op ‘n Natalse dorpie, ‘n Engelse dame, het net lof vir die Afrikaner se buurmanskap (12 Desember 1955), waar sy in ‘n blanke buurt bly met sowel Engelse as Afrikaners, maar waarvan Afrikaners die meerderheid uitmaak (p. 153):

“Everything is bilingual – not merely official notices, but street signs, traffic signs, shop titles, price tabs, bills, receipts, etc. Sometimes English comes first, sometimes Afrikaans, about half and half. All shop assistants are bilingual, and one is served courteously in the language of one’s choice. So far no one has shown any reluctance to speak English to me. My Afrikaner neighbours, though mostly political opponents, have shown a kindliness and neighbourliness that I have not always found in some other parts of Natal. Politics are rigidly excluded from social intercourse, except by mutual consent. All this makes for friendliness and understanding, and if I am not fully bilingual by this time next year, I shall be ashamed of myself.”

Kyk, dit gebeur soms (hoewel miskien selde) dat iemand so geïnteresseerd is in jou werk of stokperdjie, dat ‘n taal soos Afrikaans glad geen hindernis meer is nie. Dink maar aan die kunste, of seiljag of branderplankry.

O – en hier moet ek julle ‘n storie vertel. By ons skool was daar ‘n leerling (blank) uit die Kaap wat nie ‘n dag se Afrikaans kon praat nie. Hy het nie eens probeer om Afrikaans te praat nie, want hy was sielsongelukkig en het homself net van die wêreld onttrek. Om dit erger te maak was hy klein van postuur, stil en teruggetrokke, en het ‘n vreemde van gehad. Hy het gesukkel op skool en die onderwysers (ja, ook die Engelse onderwyseres) en sy ouers was raadop. Tot op ‘n dag. Hy het begin skaatsplank ry met Afrikanerkinders (want waar hy gebly het was daar net Afrikanerkinders in die buurt). En tipies Afrikanerkind meng hulle hul Afrikanerismes en half-Engels teenoor hom (“Ag, you are just sour because I…”), maar praat Afrikaans teenoor hul ander Afrikanermaats (want dit sal tog andersins onsinnig wees!) – en deur hierdie vertroue en speel-speelwyse het sy Afrikaans verbeter. Wat veral gehelp het was toe ‘n joviale, nonchalante Engelse maat uit die Kaap (met sy Afrikaans wat veel beter is) ook na ons plattelandse omgewing gekom het, en boonop in dieselfde klas ingedeel is (vanselfsprekend, want hy is Engels). Toe is hy skoon in sy element. Kyk, toe begin dinge regtig verbeter. Hy sit toe eendag langs my in die rekenaarlokaal, en welwetend dat ek een van die top-Afrikaanse leerlinge in my graad is, vra toe dat ek ‘n sin moet nagaan. Sy huiswerk. Vir ‘n Engelse hoërskoolleerling was dit nogal ‘n ingewikkelde sinsbou. En ek was verstom: hy het dit reg gehad. Natuurlik het ek hom aangeprys. Soveel vordering binne, wat sal dit wees – maande?

Dit wys jou wat kan gedoen word.

Maar nou, dames en here, die seerste simptoom van Britse Imperialisme, en kleinsteedse solipsisme, aan die verbrokkel, soos verwoord deur Mev. Frances Papenfus (“a member of the executive of the Durban Housewives’ League”), haar brief toevallig geskryf op haar sterfdag, oor die ontheiliging van die Britse karakter van Durban (p. 158):

Beswaar 27:

While respecting Dr. Terblanche’s views on bilingualising our street names, what does he hope to gain by putting Afrikaans translations throughout Durban? It means, in 19 out of 20 instances, putting a clumsy word instead of one which is euphonious. Is “weg” not a more clumsy word than “way”? Why substitute “deurloop” (walk through) for “arcade”? A “grove” is more pleasant than “laning” and “passage” than “gang”, “walk” more pleasant than “wandelgang”.

The unnecessary expense of all this in this city of British associations should suffice to kill the suggestion. When Dr. Terblanche mentions “the equal basic rights” of the minority section of Natal, and speaks of allowing this “goodwill”, as he puts it, he must bring about a much greater volume of ill-will and resentment.

Are we to have “Dirk Konings Ry” substituted for Dick King’s ride? In overseas cities it is almost revolutionary to change road, street or place names. Watling Street has been “Watling Street” for over a thousand years – originally a Roman highway.[…] To indulge in vandalism, asking the public to pay hard cash for the indulgence of this bilingual fetish, cannot bring any goodwill, but will afford another point for resentment and anger, similar to that of the Defence Minister’s pettiness in discarding the names of some fine, old, traditional Colonial regiments.

Weerlegging 27: De gustibus non est disputandum. ‘n Taal is slegs lelik vir iemand wat dit nie verstaan nie (ek moet bieg, aan die begin het Frans vir my ook lelik geklink, maar hoe meer mens met die taal te doen kry, hoe mooier word hy). Ek hoef nie weer Brussel en die Switserse kantons en Wallis as voorbeelde te noem nie. Sou sy dit revolusionêr noem, ek bedoel, om oorspronklik Ierse stede in Engels te vertaal? Is dit nie ironies dat die voorbeeld (Watling Street) wat sy noem juis gerieflik in ‘n so te sê eentalige gebied geleë was nie? In die Middeleeue was dit Wæcelinga Stræt; ‘n oorkoepelende benaming van die Iter II en Iter III, die name wat die Romeine aan die paaie gegee het. Kyk mens na plekke soos Ysland, wat ook eentalig is, hoef die plekname ook nie te verander of vertaal te word nie. Maar hier in Durban het jy jou heterogene bevolking, en buitendien, Londen en omtrek sit aan die Noordsee. Durban het sy ontstaan in 1835, is skaars 118 jaar oud met die skrywe van haar brief in 1953; dus, geen stuk se 1 000 jaar oud nie. En baie nuwe strate moes aangelê word soos meer mense na die hoofsentra begin verstedelik het.

Hoekom is die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans (GHA) gestig?

Dr. Terblanche verhuis in 1958 na Pretoria om vir die Vaktaalburo te werk, want hy volg prof. S.P.E. Boshoff as direkteur op. Hierdie organisasie het teen 21 Februarie 1963 sowat 40 Engels-Afrikaanse woordelyste en woordeboeke (sommige ook Afrikaans-Engels) die lig laat sien, wat sowat 260 000 begrippe bevat (p. 163).

Ten eerste was dit vir hom onrusbarend hoe sy dogter, wat Afrikaans nog suiwer gepraat het in Durban, se taal by ‘n Afrikaanse Hoër Meisieskool in Pretoria so kommerwekkend versleg het (p. 165). In sy oë het die Afrikaner sy taaltrots verloor. Taalverwaarlosing is taalversaking en taalverskuiwing in wording. ‘n Berig in Die Hoofstad (11 Februarie 1969):

“Taalhandhawing dwing agting af van dié wat ander tale praat. Die Engelsman vertrou byvoorbeeld geen Afrikaanstalige wat sy eie taal ten gunste van Engels versaak nie want, so argumenteer hulle, as hy die eie kan verwerp, dan kan hy ook die Engelssprekendes in die rug steek wanneer dit hom pas” (p. 189)

Ten tweede het D.P. Goosen (direkteur van die S.A. Akademie vir Wetenskap en Kuns) ‘n week voor die stigting van die GHA (wat op 26 November 1965 gestig is) genoem 80% van die uithangborde in Kerkstraat, Pretoria, is uitsluitlik in Engels, al is die demografie van sy inwoners duidend op ‘n Boerestad.  Dr. Terbanche voer by die stigtingstoespraak van die GHA aan, betreffende die Engelse en immigrante,

“dié mense het nou lank genoeg op ons taal getrap. Nou moet ons net vir ons eie taal in dié land stry – en nie vir tweetaligheid nie. En ons kan stry, dit het deel van ons vooruitgang geword.” (p. 173) “Laat ons as Genootskappers onderneem en ‘n eed sweer om net Afrikaans te besig en nie na Engels oor te slaan nie. Dan sal dit wel wees met ons taal en ook met ons volk, want indien die taal verdwyn of ‘n knou kry, dan is dit ‘n historiese feit dat die volk van daardie taal ook ‘n knou sal kry en verdwyn.” (bl. 174)

Dan hy sê net weer hy gun van ganser harte die Engelssprekende landsburgers hul eie taal. “Ons eis net ook die reg op om vir ons eie moedertaal alles in die stryd te werp. Ons het baie lank gewag – amper te lank. Ons sê nou of nooit. Dadelik, onverwyld, wees gewaarsku, dié wat nie wil saamspeel nie. Ons gaan nou ons intellek vir ons taal slyp, ons gaan alle middele tot ons beskikking aanwend om te kry – ja om te vat – waarop ons geregtig is.” (bl. 175) Op 21 September 1966: “As jy in ‘n oerwoud is, moet jy gebruik maak van middele wat by ‘n oerwoud pas!” Maak nie saak watter hofbevele teen die G.H.A. ingestel word nie, dit is juis te verwelkom, “omdat dit ‘n wyer platform om die Genootskap bekend te stel, tot gevolg sal hê” (bl. 183). In Die Oosterlig, 1970: “Min mense is daarvan bewus dat dit ‘n strafbare oortreding is as iemand weier om jou in Afrikaans te bedien en as die polisie ook weier om op te tree, laat my net weet. Ek sal met hul gal werk. Noem maar net ook my naam. Hulle ken my.” (p. 189)

Ten derde kan jy jou indink wat aan die gebeur was. Die Durban-voorval het baie Afrikaners taalbewus gemaak en regoor die land het stemme opgegaan: ook hulle in die ander drie provinsies ervaar taaldiskriminasie. Daar was dus die behoefte om ‘n nasionale drukgroep te stig, wat eintlik, soos Serfontein (1970:111) stel, “in ‘n mate ‘n aanklag teen die F.A.K. [was], wat oor die jare sy taak as kultuurliggaam begin verwaarloos het, onder meer vanweë die politieke bedrywighede van sy amptenare. […] Niks en niemand is ontsien nie: nie die Regering, die Nasionale Party, ander Afrikaanse kultuurorganisasies, private instansies, ondernemings (Afrikaans of Engels), of selfs vooraanstaande Afrikanerleiers nie.” Die GHA het wel nouliks saamgewerk met die F.A.K., A.T.K.V., A.T.K.B. en ander organisasies.

Ten vierde, die immigrantekwessie. ‘n Meningsopname: 39 000 uit 40 000 immigrante wat ingelaat is om die Suid-Afrikaanse blankebevolking aan te vul, wou niks van Afrikaans weet nie. Dave Trevelen skryf in ‘n dagblad van 1971 (‘n paar jaar later): “Oor die algemeen het die Engelssprekende, te wyte aan sy betreurenswaardige onvermoë en onwilligheid om Afrikaans te praat en lees, ‘n verwronge en vergiftigde beeld van die Afrikaner.”  Nou lees die immigrante, wat net een amptelike taal magtig hoef te wees om vir burgerskap aansoek te doen, die homogene Engelse dagblaaie, wat nie, soos die Afrikaanse dagblaaie (wat besonder lief was vir ‘n bietjie broedertwis), ooit veelkantig na ‘n saak gekyk het nie. “Dit volg verder dat hulle ook ‘n skewe beeld van die Afrikaner kry…Die immigrant word oor die algemeen in die geledere van die linksgesindes opgeneem.” Volgens dr. Terblanche (12 April 1972): “Feit is egter dat immigrante by die hope agter toonbanke aangetref word en dat hulle in die meeste gevalle nie die minste begeerte het om Afrikaans aan te leer nie. […] Die oplossing van hierdie probleem sou wees om, soos ‘n Duitse immigrant dit onlangs in die program Radio-Parlement van die SAUK gestel het, alle voornemende immigrante daarop te wys dat Afrikaans die taal van die meerderheid van die blanke bevolking van die Republiek is, en toe te sien dat alle immigrante Afrikaans aanleer. Dit is dus baie duidelik dat dit die immigrant is wat in die beskuldigdebank staan, omdat hy weier om Afrikaans aan te leer, en beslis nie die Afrikaners van Pretoria wat bloot aanspraak maak op hul geboortereg nie.” (bl. 207, my beklemtoning)

Waaraan het die GHA aandag geskenk?

Wel…

[d]aar is veral aandag gegee aan Afrikaans oor die radio, Afrikaans op alle houers en verpakkings, ook van medisyne en geneesmiddels, Afrikaans op paneelborde en in hand- en instruksieboekies van motorkarre, Afrikaans in hotelle, Afrikaans in provinsiale administrasies, plaaslike owerhede, alle vertakkings van sport, die filmwese, in die telefoongids, op dagvaardings, in joolblaaie, skoolliedjies by Afrikaanse skole, die Weermag (leër, lugmag en vloot), in die mediese wêreld, die verpleegberoep, by Sapa, konsulate, bankinstellings, dosente, onderwysers, die jeug, by die Pretoriase skou en motorskou, by die beantwoording van die telefoon, by sake- en openbare ondernemings, in die S.A. Digest, by Afrikaanse Kerke, in brandweerhandboeke, in die Standaard-Ensiklopedie van Suider-Afrika, as voertaal by universiteite vir die nie-blankes, by die benoeming van dorpsgebiede, voorstede en strate, by die lektuur, in kwitansieboekies, by regisseurs van Afrikaanse toneelstukke, in afbeeldingsadvertensies in dag- en weekblaaie, by die uitspraak van Afrikaanse name in Engels, aanmoediging van Afrikaans by Engelse kultuurorganisasies, aanmoediging aan persone wat Afrikaans aanleer en bevorder, Afrikaans as volwaardige vak aan ons universiteite, Afrikaanse handboeke aan universiteite en kolleges, teregkoming van Afrikaans as vereiste vir die uitreiking van handels- en nywerheidslisensies, Afrikaans by die Randse Paastentoonstelling, Afrikaans en verkeerskonstabels en by die uitreiking van verkeerskaartjies (veral in Johannesburg), immigrasie en Afrikaans, Afrikaans op rugbytrofeë,  immigrantekinders in Afrikaanse skole en Afrikaans by hulle as vereiste vir Matrikulasievrystelling, Afrikaans op skryfbehoeftes, Afrikaans van die Rekenmeesters- en Ouditeursraad, Afrikaans en Kamers van Koophandel, Afrikaans op planne, Afrikaans in boeke vir vakmanne in die Staatsdiens, Afrikaans en die munisipale mark, Afrikaans by internasionale onderhandelings en by samesprekings van bevolkingsgroepe, Afrikaans en die effektebeurs, Afrikaans en padkafees (veral buite-spyskaarte), Afrikaans by losiesplekke (nie-drankgelisensieerde hotelle), Afrikaans in toesprake, Afrikaans in advertensies in (amptelike) blaaie, Afrikaans in hospitale en verpleeginrigtings, Afrikaanse koerante in hotelkamers, Afrikaans op toerbusse (SA Spoorweë, stadsrade, ens.), Afrikaans as vereiste vir burgerskap, Afrikaans in die motorhandel, Afrikaans in die regswese,  Afrikaans op reklametekens en langs paaie en strate en in die reklamewese, Afrikaans op afleweringsmotors, Afrikaans in die vervoerwese (die Spoorweë, die Lugdiens, die Padvervoerdiens, ens.), Afrikaans in die Staatsdiens, semi-staatsdiens (alle rade) en in die Poswese, Afrikaans in dokumente, alle kontrakte, koopstrokies, rekeninge, fakture, briefhoofde, ens., Afrikaanse en Engelse verenigings, Afrikaans en reklame vir Engelse boeke en tydskrifte, Kerkblaaie en kerke se plig teenoor die bevordering van Afrikaans, Afrikaans op plaaslike produkte van buitelandse firmas, Afrikaans in Bantoeskole, briewe aan koerante oor aktuele sake i.v.m. Afrikaans, artikels oor taalhandhawing en antwoorde op aanklagte teen Afrikaans, Afrikaans en kleuterskole, Afrikaanse kinders in Engelse skole, Afrikaans op Spingbokwapens, die Afrikaanse lied en persone en groepe wat dit bevorder, Afrikaans op amptelike vorms, Afrikaans en musiek-eksaminatore, verpligte praktiese kursus in Afrikaans (veral vir teologiese studente), Afrikaans en skoonheidskoninginne (veral mej. Suid-Afrika), Afrikaans en sportdirigente van Afrikaanse universiteite, invul van faktures in Afrikaans, Afrikaans oor hotelradio’s en televisiestelle, ens., ens. (1977:176-178)

My magtig, hulle het sowaar “Afrikaans op Kerskaartjies” en “Afrikaans op asbakkies” vergeet!

Waarom was die GHA so gekant teen die benaming “Afrikaans/Nederlands” as universiteitsvak?

’n Ander kwessie wat hom [dr. Terblanche] hinder, is dat daar op die oomblik nog net een Afrikaanse universiteit is wat Afrikaans as volwaardige vak aanbied. Die ander bied net Afrikaans-Nederlands aan. ‘Die universiteite sal gedwing moet word en die van hulle wat dit nie wil doen nie, sal in die buitenste duister gewerp word.’ (p.  190)

Nou prof. J.C. Steyn (Tuiste in eie taal, 1980:246) vind dit so: “Die G.H.A. het hom soms wel met werklike onbenullighede besig gehou, soos die benaming van die universiteitsvak ‘Afrikaans/Nederlands’ […]”

Prof. Steyn brei egter nie uit wat die doel daarvan is nie, maar in die outobiografie sien ek toe hoekom: voornemende studente word glo afgeskrik deur die benaming ‘Nederlands’. En omdat Nederlands maar ‘n klein deeltjie van die Afrikaanse vakgebied uitmaak (omdat ons nie ‘n Shakespeare, Molière en Goethe of Van den Vondel uit die oertyd het nie), kon die naam netsowel maar waai (1977:181, Die Vaderland, 18 Augustus 1966):

“Daar kom wel Nederlands in die leerplan van die vak voor, maar die klem op ‘Nederlands’ in die benaming is heeltemal oordryf,” het dr. Terblanche gesê. Hy glo dat die ‘Nederlands’ baie studente afskrik om Afrikaans as vak op universiteit te neem.

‘n Mens kan lang debatte hieroor voer hoe wenslik “Afrikaans/Nederlands” as pakket is. Maar aangesien ek ook al soveel maal vir Nederlands hier op PRAAG verdedig het, gaan ek nou duiwelsadvokaat speel. Net vir ‘n bietjie afwisseling.

Ek was in my navorsing rondom Suid-Afrikaanse Furries aan die rondblaai op Ivic_Wulfe se Twitterblad (‘n hoofletter, sê die Taalkommissie), en toe sien ek hy tweet (met ‘n kleinletter, sê die Taalkommissie) die volgende plasing van Wendy Laura Belcher:

“One American member of the public said to me, “You teach African literature? That must be a short course.” That’s a verbatim quote.”

Sy gee dan weerlegging op weerlegging op hierdie aanname; hoe oud en ondeurgrondelik die Afrikaliteratuur is, ens. ens. ens. Jy moet dit lees om te waardeer. As ons Afrikaanse dosente maar net soveel vuur en drif kan hê soos hierdie dosent van ‘n orgideevakgebied (dis nie ek wat dit so noem nie, dis die Duitse Wikipedia)…

Maar wat hierdie dame, of eerder akademika, skynbaar nie besef nie: die hele idee van die ‘Afrikanistiek’ (waaronder “African literature” ressorteer), as oorkoepelende vakgebied, is sélf hoogs verouderde imperialistiese en koloniale denke en kategorisering. Waarvan sy die leerstoel, onwetend, knus beklee en hierdie imperialisme vanaf haar akademiese troon met septer en ryksappel en ander kroonsierade dus voortsit.

Die Anglistiek en Frankistiek en Germanistiek en Danistiek en Neerlandistiek en Frisistiek en Fennistiek en Italianistiek en Hispanistiek en Slowakistiek en Slowenistiek en Roemenistiek en Lituanistiek en Lusitanistiek en Russistiek… dink jy vir een oomblik jy gaan al hierdie volke en nasies onder “Europese Letterkunde” of “Europaeistiek” in ‘n voorgraadse driejaarkursus kan indruk? Natuurlik kan dit nie! Die letterkunde bars geheel en al reeds uit sy nate! Die lewensuitkyke van die kulture verskil dag by nag, net soos die omgewing en omstandighede. Nou hoe de donder wil jy alle Afrikavolke op één vasteland, met hoeveel klimate, hoeveel gelowe, hoeveel kultuurverskille, hoeveel tale (glo tussen 1 500 en 2 000), uit verskillende tydperke ressorteer (ja, ook die Oudegiptenare) onder één enkele vakgebied? Dit is mos malligheid! Dit is mos hoogs veralgemenend, en veralgemening weet ons is net ‘n haarbreedte weg van stereotipering: alle swartes en almal van Afrika dink tog maar net dieselfde. Of is die vakgebied so klein omdat daar eenvoudig net geen belangstelling is nie? Indirek erken jy ook dus dit is wél ‘n klomp “blitskursusse” wat onder een dak saamgesnoer is? Waar is jou Zoeloe Letterkunde as afsonderlike en hoogs gespesialiseerde vakgebied was sterk op sy eie bene staan? Jou Xhosa? Jou Noord-Sotho? Jou Tswana? En waar is jou Amharistiek?

Nederlands sit aan die Noordsee (en in Suriname en ‘n op paar Karibiese eilande), Afrikaans sit hoofsaaklik in Afrika: natuurlik gaan jy drastiese verskillende uitkyke op die samelewing kry. Dat hierdie twee vakrigtings met verloop van tyd uit mekaar sou groei, is net so seker soos Noors en Deens. Maar as mens eers hierdie verskille van lewensuitkyk en geskiedenis aanvaar (en veral kan insien waarom hulle dink soos hulle dink), dan sit Amsterdam dalk tog spreekwoordelik veel nader aan Pretoria en Kaapstad as Londen.

Het die GHA enige welslae behaal?

  • Dr. Terblanche skryf (bl. 176): “Etikette op houers het op die oomblik deur die GHA se toedoen sowat 90% Afrikaans op teenoor minder as 2% met die stigting 10 jaar gelede” (1965-1975). Hierdie syfer word ook net so weer herhaal deur sy skoonseun Herman Engelbrecht in “GHA-man beskuldig AWA: dr. Terblanche se dood uitgebuit”, 24 Junie 1978; Hoofstad, bl. 5.
  • Johann de Ridder, destyds voorsitter van die herstigte GHA ( http://www.afrikaans.org.za/ ), het gewys op die prestasies van dr. Terblanche, “dat waar etikette op produkte in winkels aanvanklik in 1965 99% uitsluitlik in Engels was, dit in 1975 omgekeer is tot slegs 20% wat nog uitsluitlik Engels was” (Die Afrikaner, 28 November 1997-4 Desember 1997, bl. 4).
  • Ek kry nou die dag “Banktaal/Bank terms” deur Standard Bank, wat in Julie 1984 opgestel is en ‘n derde druk beleef het. Saamgestel deur Marlian Summerton en bygewerk deur Elza Lorenz en Christine Higgs. Selfs nadat die GHA begin kwyn het, het die ondernemings en instansies steeds die inisiatief geneem (wel, die presedent is immers geskep!) om tweetalig te bly (al moes hulle seker?).

Dinge het egter sedert 1994 verander.

Hoe is Dr. Terblanche oorlede?

Sy eerste breingewas is in 1961 uitgehaal. Dit het toe alreeds vir 15 jaar lank in sy kop gegroei, wat gesigsbalans- en gehoorprobleme meegebring het. Verlig van die drukkingslas in sy kop, glo hy sy produktiefste werke is daarna gelewer. Maar binne 15 jaar ná die operasie moes dr. Terblanche terugkeer operasietafel toe, want die gewas het weer begin groei. Nog toetse volg in 1976 (p. 221).

Op 17 Januarie 1977 is hy vir sewe uur lank geopereer. Dit was nie ‘n sukses nie. Hy het vinnig in die hospitaal herstel, is huis toe gestuur, “hopeloos te vroeg”. ‘n Ernstige terugslag volg en nog ‘n operasie is uitgevoer op 14 Maart, toe nog ‘n gewas eers opgespoor is. Hy het na afloop van die operasie nooit weer bygekom nie. Hy verloor die stryd om 23 Maart 1977 om halfvier die oggend (p. 9). Hy was dus 59 jaar, 4 maande, 2 weke en 5 dae oud.

Maar daarna gebeur iets vreemd.

Volgens sy skoonseun, Herman Engelbrecht (sien bovermelde Hoofstad-artikel), destyds senior dosent in Kommunikasiekunde aan die UOVS, maar ook redakteur van die GHA se mondstuk, Die Besembos, het Robert van Tonder (en gade), die leier van die Afrikaanse Wen-aksie, tydens ‘n simpatiebesoek, ‘n lys by mev. Terblanche gekry, ten tyde van haar man se afsterwe. Hulle het ‘n ledelys gesoek “net om aan die lede ietsie te versend”. Kort daarna het die GHA-lede die tydskrif van die Afrikaanse Wen-aksie in hul posbusse begin kry, met die boodskap dat “die GHA middeldeur geskeur het” en dat “duisende lede besig is om oor te loop na die AWA”. Die AWA was egter ‘n meer militante organisasie, terwyl die GHA en FAK elkeen op sy eie gebied op ‘hoë vlak’ vir Afrikaans gewerk het. Volgens Engelbrecht was daar geen sprake van skeuring nie, maar eerder “’n groot aantal nuwe lede wat aangesluit het.”

As dit waar is… het ek ten volle begrip hoekom soveel welmenende Afrikaners eerder hul tyd en geld op ‘n luukse vakansie in Thailand gaan blaas. Of, soos ek, eerder sy eie boeke aankoop en sy eie weg inslaan.

Waarom het Dr. Hennie Terblanche soveel opgang in sy taalstryd gemaak?

  1. Die wet en politici was aan sy kant. En dit is die hoofrede, die res wat hieronder volg is bysaak. Die ondernemings en staatsdepartemente het nie altyd in Afrikaans bedien bloot uit liefde vir Die Taal nie, maar uit vrees vir strafregtelike vervolging met swaar boetes, en veral die boikotte as dit eers deur die media rugbaar gemaak sou word (gedenk maar wat met Spur onlangs gebeur het om ‘n voorsmakie te kry). Ander het Afrikaans bloot as ‘n gulde geleentheid gesien om beter vir staatskontrakte en tenders in aanmerking te kom (tja, niks verander nie). Die Nasionale Party was ook aan die bewind, en Ministers soos C.R. Swart (Justisie) en Albert Hertzog (Gesondheid, wat dit wetlik verpligtend gemaak het om alle aanwysings en voorskrifte vir medisyne vir menslike gebruik in albei landstale aan te dui (p. 185), terwyl veeartsmedisyne lankal tweetalig beskryf is (p. 180)), was aan sy kant. ‘n Simpatieke regering kan wondere verrig. Maar niks sou gebeur het as dr. Terblanche nie eers ‘n taalmartelaar geword het nie.
  2. Sy skrywes het groot aanklank gevind by die redaksie van Die Transvaler en Die Vaderland en die Hoofstad. Nog iets tel in sy guns: die koerant, boeke, pamflette, telegram, briewe, plakkate, advertensies, tydskrifte en ‘n paar nasionale (en internasionale AM-)radiokanale (asook amateurradio) was die Afrikaner se enigste nuusbron (ook die Kerk en Kerkbode), naas skinderbek tante Dorothy en die posduif langsaan. As mense iets wou weet, het hulle die dagblad gelees. Dus, meestal die gedrukte media. Iemand moes dus sy naam êrens raakgelees het. Ook: die Afrikaner het geen ongerief destyds ontsien om op een plek saam te drom nie: toesprake, onder andere. Dit was gewoonlik ook al geleentheid waar hulle regstreeks, van aangesig tot aangesig, vrae kon stel aan die spreker. Net soos tydens ‘n toneelgeselskap op toer, in lewende lywe.

Vandag het ons radio (nasionaal, provinsiaal, gemeenskapsradio’s), internet (en elke moontlike sosiale-, IRC-, video- en radionetwerk), e-pos, advertensies, televisie (satelliet-TV met ‘n hele paar kanale, staats-TV ook my sy eie hoeveelheid stasies), koerante, boeke, tydskrifte, speletjies, briewe, reuse-advertensietelevisies in winkels, toepassings, pamflette, plakkate, hinderlike SMS’e en bowenal Whatsapp en videokonferensies. Om jou dus op al hierdie platforms vertoonbaar te stel gaan nogal meer moeite verg. Mense sal eerder ‘n YouTube-video kyk of potgooi aflaai as om fisies na ‘n plek toe te gaan waar daar een of twee sprekers is. Tog is mense meer beweeglik om ander redes (opleiding en werk, miskien die liefde). Wie pak nog die stadions vol tydens politieke blitsbesoeke? Alleen maar die armstes van die armes, en paar verveelde groentjie-verslaggewers.

As jy iets wil weet, e-pos jy gewoon die party, laai hul beleid en vooruitsigte van hul webwerf af, of plaas iets snedigs op hul Facebookblad.

Maar om deesdae bekend of beroemd te word… jy ding internasionaal mee. Of, net dalk kom ‘n lapsis calami op Google Search tot jou reg.

  1. Die tydsgees was net mooi reg: wêreldwyd het lande begin aanspraak maak op onafhanklikheid, en saam met onafhanklikheid ‘n nuwe begin, met die nadruk op die reg van die volk. Die Britse Ryk was aan die verkrummel. Die veronregte- en minderwaardigheidsgevoel onder baie Afrikaners en die vordering wat dr. Hennie Terblanche manalleen getoon het, maar ook die Durban-skandaal, het op die ou einde 60 000 lede vir die GHA beteken (en 150 000 met al die affiliasies ingesluit (p. 179)).
  2. Dr. Terblanche het hom nie begewe in ‘n rigting wat hy nie reeds goed (of redelik goed) vooraf geken het nie. Hy was ‘n gekwalifiseerde akademikus. ‘n Blitsvinnige vertaler. Hy was geen grootbek nie: hy vat self voor – met vakwoordeboeke- en brieweskryf, toesprake, vermanings en die nodige vervolging. Hy het nie kós (voedsel) gepolitiseer(!) soos ‘n sekere ‘F.W. de Klerk van die Letterkunde‘ met Dr. Dan Roodt se Moltrein (2004) gedoen het nie, maar nuttige gereedskap aan taalkundiges, vertalers en die publiek verskaf. Hy het stapsgewys ondervinding in verskillende vakrigtings opgedoen: in die vertaling, die taalkunde en woordeboekmaak, dan weer die vertaling, dan die regsgeleerdheid, in een brief (die een oor Mev. Froden) in sy boek vermeld hy selfs: “From bitter experience and as a psychologist, I know only too well that a language cannot be successfully suppressed” (p. 156). Is dit waar, of het hy dit metafories bedoel? Op meer as een plek word gesê hy was 12 tale magtig – hoe waar dit is, weet ek nie.

Maar oor die algemeen steek daar in alles ‘n kousale verband. Eers A, dan volg B. Eers bietjie opleiding, eers vertaal, dan sien ons waar daar leemtes in die vakwoordeskat is. Eers vakwoordeboek skryf om hierdie leemtes te vul, dan aanspraak maak op taal. Eers self vertaling doen, om dieselfde van ander te verwag. Eers tweetaligheid in die Staat deurgevoer kry, dan in die privaatsektor. Wat ons wel sien is hoe groter en wyer die “projekte” word en strek.

  1. Die toekenning van erelidmaatskap aan gesiene mense in die land (sal ons hulle ‘beskermliede’ noem?) het die GHA onmiddellik status gegee. Ook toe die GHA Groep 2 vereer het met ‘n toekenning.
  2. Die GHA van ouds was ‘n drukgroep wat op voetsoolvlak gewerk het. Dit is veel beter as die staat wat sy wil op die volk afdwing, of gewoon as staatsmasjinerie namens die belastingbetaler stry.
  3. Wat die blankes self betref, was die Afrikaanssprekende blanke nog landswyd in die meerderheid. Tog, Durban het 22 000 Afrikaanssprekendes (blankes) in die 1950’s gehad, en steeds kon hulle aanspraak maak op Afrikaans, want dit was veranker in die Grondwet. Volgens die 2011-sensus was daar 29 744 Afrikaanssprekendes (alle rasgroeperinge) in die hele eThekwini-munisipaliteit.
  4. Omdat hy met verskillende volke in sy jeug mee te doen gekry het, en self aan ‘n Engelse universiteit studeer het, kon hy die Engelsman en buitelander se manier van dink (en hul vrese) verstaan. “Ek het geleer om te besef hoe hierdie mense argumenteer en hoe hulle die Afrikaanssprekende bekyk en beoordeel” (p. 65).

Waar die Portugese winkeliers self nie goeie Engels of Afrikaans kon praat nie, het dr. Terblanche ‘n Afrikaans/Portugese woordelys van groente en vrugte opgetrek en aan die winkels beskikbaar gestel: Lista dos legumes en fruta. Hy het slegs Afrikaans met die Portugese winkelier gepraat (en daar was geen omweg nie), anders as sy volksgenote (‘Die Afrikaners speel in hierdie proses maar saam deur skaamteloos hulle groente in Engels te bestel’). Met ‘n bietjie meer ywer het hy die winkel van ‘n brousel-Engels in ‘n ‘Afrikaanse winkel’ omgetoor (Die Transvaler, 27 Februarie, 1976; p. 213). Volgens Worldcat.org het dr. Terblanche reeds in 1969 Vocabulário Portugeês-Afrikaans e frases gerais die lig laat sien.

Wat daar nie is nie, dit skep ons. Ek dink dit is sy grootste nalatenskap en allerbeste eienskap waarop ons almal kan voortbou.

Wat was die Achilleshiel?

  1. Dit wil voorkom of dr. Terblanche alles self aangepak, op hom geneem, gesentraliseer en soos Otto von Bismarck al die brose spinnerak-draadjies aan sy vingers vasgespin het, terwyl die ander 60 000 lede net die roepvee was. Noem dit ‘n soort getalsterkte as ‘n soort intimidasie. Noem dit dan liewer sy legioene aanbidders. Neem nou maar die volgende berig uit Die Transvaler, 20 November 1973: “Ek kan u nou finaal verseker dat die Afrikaanssprekendes […] en my Genootskap met sy 60 000 lede beslis nie langer met hierdie toestand van sake genoeë sal neem nie…” (p. 190) Dis soos dit vir my in die outobiografie voorkom – want dit is werklik bitter selde dat ‘n ander lid se naam uitgesonder word vir iets merkwaardig (of is dit gedoen om moontlike nyd in die GHA te voorkom?). Was hierdie lede net petisie-apparatsjik? Om hier en daar ‘n paar winkels te boikot uit protes? “Afrikaans Asseblief”-plakkers op Engelse rekeninge te plak en terug te stuur? Briewe vir die koerante te skryf ter verdediging van die G.H.A. en Afrikaans? (Dink jou in, as 60 000 briewe op een dag geskryf moet word vir een saak – dit sal ‘n DDoS-aanval soos kinderspeletjies laat lyk!) Manalleen moes dr. Terblanche dus onder geweldige druk verkeer het. En die dag toe hy in 1977 sterf – wie het die leisels by hom oorgeneem? Ek glo hy wás die GHA, soos die ondervoorsitter, mnr. P.W. Botha (ja, hy!), dit onomwonde gestel het in ‘n toespraak in 1976 (pp. 196-197). Die GHA se hoofkantoor was immers in dr. Terblanche se huis (hy was voorsitter), met sy vrou as hoofsekretaresse. En, soos die huidige GHA (herstig 29 Januarie 1994) ook op hul webwerf stel, het die organisasie ná sy afsterwe geleidelik doodgeloop.

Dit was immers te verwagte.

Hierdie soort Kremlin-styl het gewerk toe Kommunisme se houvas op die wêreld die verbeelding aangegryp het. Vinnige opgang, vinnige slagting voor die voet, vinnige vooruitgang. Maar onthou: Kommunisme was gegrond op roofekonomie (soos die Romeinse Ryk) van die begin af, en op die lange duur onvolhoubaar. Frontorganisasies word gestig (soos die Albert Hertzog-groep ook gedoen het, volgens Serfontein), wat almal een beheerkamer het, om die een doel of twee (soos ‘n persoon of organisasie) te teiken. Soos ‘n DDoS-aanval. Die nadeel ken ons egter reeds: toe die Kremlin ontbind, stort die hele apparaat in duie.

Kapitalisme werk miskien stadiger, maar deegliker en indringender, want jy werk met innovering. Ek sou dus sê, hoe moeilik dit ook al is, stig eerder vir jou ‘n klomp outonome selle wat op hul eie krag en vernuf kan voortgaan, maar gee vooraf min of meer ‘n plan hoe hulle te werk moet gaan. En onttrek jou: gaan voort met jou eie spesialisgebied (en maak seker jy het ‘n opvolger wat net so by jou kan oorvat en die werk voortsit). Hierdie groep kan dan ook sy eie outonome selle stig wat ook onafhanklik van hom kan werk en self kan uitbrei. En so kweek die petribakkie-effek aan, of ‘oorloopeffek’/ ‘deurwerkingseffek’ (gaan kyk hoe swamme en bakterieë ontwikkel; dis interessante hoërskoolkennis).

Wat ek bedoel: hoe meer jy het, hoe meer jy gestig het, hoe meer moet jy in stand hou (dink maar aan die Afrikaanse kultuurorganisasies wat in Durban op die been gebring is – bestaan dit ooit nog?). Later raak dit teenproduktief, want jy kan geen vernuwende werk lewer soos jy heeltyd moet bontstaan nie; dan het jy hulp nodig, of jy sal later iets noodwendig moet afskeep, of die verantwoordelikheid in iemand anders se hande tog maar moet oorlaat. En wie sal dit wees?

  1. Deur die klomp koerantberigte te plaas, met homself in die middelpunt, sou dit vir die buitestaander lyk of hierdie voorvegter of voorvatter bloot ‘n aandagvraat was. Dit val veral op waar die sake wat aangeroer is, toevallig op plekke en aangeleenthede betrekking het waar hy self teenwoordig of by betrokke was. Dis soos geomerkte selfie-foto’s wat ‘n hele spoor agterlaat waar hy orals was. Of dit nou tennis, rugby, ‘n kunsuitstalling, skole was – alles wat hom persoonlik geraak het – dis aan die groot klok gehang. Dit kan wees dat hy self elke groot aksie wat hy aangedurf het ook so taks aan die koerante “ge-cc” het. Onmoontlik kon ‘n koerante al hierdie inligting sommer uit die lug gegryp het! Maar wat daarvan? Gebruik ons nie maar Twitter en Facebook vandag om dieselfde doel te bereik nie?
  2. Serfontein en ‘n hele paar ‘verligtes’ van die NP het almal wat later betrokke was by die Herstigte Nasionale Party (na afloop van die skeuring) as “verkramp” en as opportuniste bestempel wat die NP van binne af wou rysmier om self die troon te bestyg of die party te beïnvloed. Wie is verkramp? Diegene binne die Nasionale Party, wat gekant was teen afsonderlike ontwikkeling (en ‘n “baasskap”-rassebeleid aangehang het), gekant was teen ‘n Suid-Afrikanisme met noue samewerking met die Engelssprekende, maar ook anderskleurige en anderstalige landgenote (en daarteenoor etnosentries Afrikaneridenteitsbewus en isolasionisties is), veranderde sportbeleid en uitruil van swart diplomate.

By toesprake het die Albert Hertzog-groep luidkeels van die podium af teen hul leier, Vorster, uitgevaar, maar onder vier oë dit later ontken. Nou die probleem is, baie van die Hertzog-groep het voor die skeuring voelers uitgesteek na die GHA, omdat hulle dieselfde probleme voorsien het: Vorster het hardnekkig ontken dat daar ‘n taalprobleem was, veral wat betref die immigrante en Engelse wat geweier het om Afrikaans te leer of te eerbiedig. Nou waar dr. Terblanche met miskien een of twee punte van die “verkramptes” saamgestem het (taal en immigrasie), was hy heel waarskynlik teen die ander standpunte gekant. Dr. Terblanche het later sy spyt uitgespreek oor die politieke betrokkenheid. Dit wil vir my lyk of hy geglo het die politiek kon sy drukgroep meer momentum en meer nasionale steun/’n hupstootjie gee.

Vorster wou egter nie die Engelse van die party vervreem nie, want baie van hulle het immers ook vir die Nasionale Party gestem, soos die Afrikaner. “Suid-Afrikanerskap” sou hierdie twee volke bymekaar bring, en buitendien was daar ernstiger probleme as taal. Dit was eers toe ‘n skeuring binne die party begin dreig, wat ‘n hele paar stemme kon saamsleep, en ‘verligte’ akademici soos prof. P.J. Nienaber die noodklok begin lui het (dat Afrikaans wél in die moeilikheid verkeer), dat Vorster uiteindelik moes toegee: die melk en heuning is ‘n bietjie bitter in Kanaän  (p. 116). Maar toe was dit reeds mosterd na die maal. Dit was 1967. Die skeuring was onvermydelik.

  1. Soos prof. J.C. Steyn dit tereg stel (1980:246-247): die Afrikaners is van nature nie streng taalhandhawers nie en wil eerder ten alle koste die vrede bewaar. Dr. Terblanche se siening hieromtrent was radikaal anders en hy is al te dikwels as ‘n skoorsoeker of herriestoker of oproermaker deur mede-Afrikaners uitgekryt, ten spyte van die konkrete, merkbare resultate. En dat ‘n enkele beleefde brief in die meeste gevalle die beste resultate gelewer het – dit was vir hom in die meeste gevalle glad nie eens nodig om radikaal op te tree nie. Die koerante het wel sake tien keer erger aangedik as wat dit werklik was.

Wat sake vererger het was die 1976-onluste van Soweto wat so reg op die GHA en H.N.P. se brood gesmeer is – dis mos taalhandhawers soos júlle se skuld! En vandag is ons bekend met taalbúlle en taalósse. Ons almal weet die oproer het al in die vroeë 1970’s in Soweto begin en jaar op jaar al hoe meer gewelddadig geword, totdat die golf op die strand gebreek het. As mens ‘n hond wil slaan, soek jy maklik ‘n stok – en dit was Afrikaans.

  1. Aan die een kant lyk dr. Terblanche se lewe strategies mooi uitgewerk, georden en uiters veelsydig, aan die ander kant so chaoties soos ‘n QR-kode.

Neem nou maar iemand soos prof. Henri Gonin, wat doodrustig vir 33 jaar lank dosent was (hy werk in 1976 wel by die RAU en UNISA 10 uur per dag op 70-jarige leeftyd as tydelike dosent) op sy stil manier. Vir 15 jaar lank het hy gewerk aan die vertaling van 2 000 bladsye Latyn (dus, 10 bladsye per maand) – om die Romeins-Hollandse reg in Afrikaans te vertaal. Daarvoor is hy met ‘n goue erepenning van die Suid-Afrikaanse Akademie beloon (Meiring, P. 1976. Latyn het Henri Gonin jonk gehou. Die Beeld, 2 Desember). Maar, noudat Latyn sedert November 1994 nie meer ‘n pligvak is nie, en die Romeins-Hollandse reg verontagsaam word onder die nuwe regering (as ‘n oerstratum uit die ark), wonder mens tog of sy werk nie verniet was nie.

Nou kan ons seker lank stry wie nou eintlik die meeste bereik het: Dr. Terblanche was in vele opsigte die beginpunt van baie Afrikaans-Engelse/Engels-Afrikaanse vakwoordeboeke (so omvattend moontlik), selfhelpwoordeboeke en het die taalbewustheid springlewendig gehou. Jou pillehouertjie het steeds Afrikaans en Engels in die voubiljet (as jy dit tog net wil lees!) – nie minder nie as 83% van die medisyne wat die aptekerswese in 1967 die publiek aangebied het, was slegs in Engels geadverteer en beskryf (p. 187). Deur sy druk op die tersiêre onderwys, het ons vandag handleidings en handboeke geërf uit die 1970’s, 1980’s en 1990’s waarop ons steeds kan voortbou.  Maar hoeveel het slegs één druk beleef?

Gonin en Hiemstra het egter ook hul eie Drietalige Regswoordeboek gemaak, word steeds gedruk, is steeds hoog in aanvraag, en dié word vandag nog aan universiteite gebruik (en is peperduur!). So ook het H.L. Gonin en W.J.G. Lubbe Lexicon Latyn-Afrikaans : Institutionum Gai et Institutionum Justiniani geskryf. O ja, en Gonin het ook ‘n Frans-Afrikaanse/Afrikaans-Franse woordeboekie (1950) saam met Strelen geskryf, wat ongelukkig maar slegs een druk beleef het.

Dus, gemengde welslae vir albei.

Wat kan mens hieruit leer?

  1. Wat daar nie is nie, dit skep ons. Wel, as jy nie self inspring en jou dade aan die groot klok gaan hang nie, gaan niemand anders nie (om daardie einste rede moet Suidpunt seker by Twitter aansluit…).
  2. Waarom is dit juis PRAAG wat in ‘n rubriek dr. Hennie Terblanche vereer? Waarom is daar nêrens ‘n blad daarbuite wat nog dieselfde moeite gedoen het nie? Het dr. Terblanche regtig so min beteken vir die Afrikanergemeenskap? Dit sê nogal veel.
  3. Dit is vreemdelinge soos ek wat jou outobiografie sal opneem en deurlees. Was dit ook nie prof. J.C. Steyn se Tuiste in eie taal (1980) nie, sou ek ook nie geweet het van dr. H.J. Terblanche nie. Liewe leser, ek hoop dus jy kom nou tot jou sinne en skryf jou outobiografie klaar. Want niemand anders gaan nie.
  4. Die akademici is nie meer wat dit was nie. Moet jou hoegenaamd nie op hulle verlaat nie: ek glo vas die publiek beskik oor meer intellek buite die universiteit as daarbinne. Maak jou dus net so stapsgewys kundig en ingelig soos dr. Terblanche. En gaan net so strategies soos hy te werk.
  5. Die Afrikaner is ‘n dom, onnosele, ondankbare en lui bliksemse volk wat in ‘n eng klein wêreldjie leef, skreeu my 50%-Rotterdammerbloed op die matrose. As die Afrikaner geen intellektuele belangstelling in sy eie mense se werke toon of dit gebruik nie – watwou nog voortsit! – wat geeft het dan? Wie gaan jou opvolger wees? Die Afrikanerdom en Afrikaans is in hierdie opsig niks beters as die Furry Fandom nie: hul boheemse identiteit is allesoorheersend, maar daar is geen vaste doel wat ingeslaan en nagestreef word nie. Geen kroniek nie. Dis ‘n ‘vat hier en ‘n los daar’. Daar word heerlik ‘n jolige kakelbont karnaval gehou; die kurkproppe skiet skuimend omhoog oor Afrikanerskap; en uitspattig en oorvloedig ingeskink, maar sodra mens gou die blou oorpakke, pik, graaf en besem uit die tuinhuis gaan haal om in die akker van Afrikaans te skoffel, bly net die konfetti en leë vonkelwynbottels agter as jy terugkom. Almal witweg. Jy moet die gelag betaal. Gerieflik.

Dit help ook nie jy vertaal, skep woordeboeke, gaan bos en gooi mielies, as almal tog maar die Engelse weergawe gebruik nie.

In die winteruitgawe van die Taalgenoot (2016), die mondstuk van die ATKV, het twee ysige, dog ernstige vermanings in die briewekolom verskyn. Die Taalgenoot is geroskam omdat ‘n Engelse vertaling van Le petit prince geplaas is in ‘n artikel, en nie die Afrikaanse vertaling van André P. Brink se Die klein prinsie nie.

Marietjie Luyt skryf onder die opskrif “In Afrikaans, asseblief!”:

Wil net so bietjie kla, en dit oor die hoofartikel: “Lewensirkel”. ‘n Mooi artikel, met ‘n onnodige Engelse aanhaling en term daarin. In Afrikaans sê mens liewer “lewenskring”. Dit was nie nodig om die aanhaling uit Saint-Exupèry in Engels aan te haal nie. Die klein prinsie is in die jaar toet reeds deur André P. Brink in Afrikaans vertaal. En selfs al kon jy nie die vertaling opspoor nie, kon jy die aanhaling self uit die Engels vertaal het – of iemand gevra het om dit vir jou uit die Frans te vertaal. Kan tog nie so moeilik wees nie!

Die Nederlandssprekende professor Erik Van der Straeten (uit die hoofletter-agternaam lei ek af hy is ‘n Belg) lees die redaksie die leviete voor onder die opskrif “Waanzin”:

Ik ontving op het Woordfees het zomernummer van Taalgenoot (waarvoor dank). ATKV spant zich in voor het behoud van Afrikaans. Waarschijnlijk een zinvol initiatief. Het is voor mij als buitenlander onmogelik om daarover te oordelen. Ik denk wel dat Afrikaans op termijn (2-3 generaties) zal verdwijnen. […] Op blz 7 is er het artikel van de redacteur (“Levensirkel”). Bovenaan staat een zin uit Le petit prince maar wel, o gruwel, in het Engels. Weet wel dat Antoine de Saint-Exupéry nooit in Engels schreef. Deze zin is de Engelse vertaling van een Franse zin. Waarom deze zin niet vertalen in het Afrikaans? Het gebruik van Engels voor citaten is algemeen in het Afrikaans. Volgens aanhalingen in Afrikaanse boeken schreven: Proust, Camus, Marx, Freud, …. in het Engels. Zelfs tijdens het romeinse rijk sprak men Engels. Waanzin!!!

Als men een auteur waar dan ook citeert zijn er slechts twee mogelijkheden:

1. Citeren in de taal waarin het geschreven werd (Engels, Frans, Duits, Latijn, oud-Grieks….)

2. Het citaat vertalen in de taal van de tekst waarin het geciteerd wordt.

Met de aanhaling uit Le petit prince waren er twee mogelijkheden: Frans en Afrikaans. Engels is geen mogelijkheid.

My ander 50%-Afrikanerbloed toon wel begrip en medelye: as die Afrikaner nie in toue hoef te staan, met opruimwerk (besoedeling) besig hoef te wees, ontydige gaste ongevraagd hoef te ontvang (in Holland en Denemarke maak jy vooraf ‘n afspraak!), om elke hoek en draai voorgekeer word nie, straatbrakke uit krotbuurte moet bad en kosgee nie, vertraag word by die polisiekantoor na die soveelste inbraak nie, ‘alternatiewe roetes’ (ompaaie) moet soek vir die soveelste betoging nie, teerpaaie moet lap nie, dertig minute vertraag moet word deur die soveelste botsing op die N1 nie (en eerder van veilige openbare vervoer gebruik sou kon maak onder ander omstandighede), in die lang gange van die hospitale moet wag a.g.v. ‘n gebrek aan geneeshere nie, deur die burokratiese rondslomp rondgeneuk word nie, dertig minute by klantediens moet wag bloot omdat die pryse verkeerd opgelui is (nie jou skuld nie!) nie, deur skoolhoofde en organisasies gebreinspoel word om aktiwiteite te doen wat absoluut géén sin of bydrae tot die ewigheidswaarde van die Afrikaner lewer nie, ander se foute heeltyd moet regmaak nie, deur kerke afgepers word nie… as die afstande nie so verdomp ver was nie, en die Afrikaner tot die besef sal kom dat al die kommentaar wat hy op die internet skryf bowendien geargiveer sal word of saam met die webwerf tog sal vergaan (as web.archive.org nie onmiddellik ingespan word nie)…

En as die Afrikaner nie ‘n been elke keer hoef te breek oor al boeke wat hy in sy huis moes stop uit vrees vir die biblioteek wat môre afgebrand gaan word nie…

dan kon hy miskien ‘n groter bydrae tot Afrikaans gemaak het.

Die Afrikaner sou ook nie al sy geld vooraf op kos (vir twee maande of ‘n jaar vooruit) vandag al moes uitgee (en die risiko loop dat miet nog lank voor die vervaldatum in die pasta uitbroei), as daar nie die inflasie was wat sy tol sou eis nie. Die Afrikaner sou ook nie drie of vier werke moes hê om die huur te betaal nie.

Alles, alles, alles, alles wat geld en tyd kos.

Tyd en geld wat in Afrikaans ingeploeg kon word.

Waar kry mens Dr. Terblanche se outobiografie in die hande?

Ek het die boek, Jare van storm en drang (1977), by kakkerlak.co.za tweedehands gekoop teen R110,00 (dit was die enigste kopie), posgeld uitgesluit. Die boek dra nog die stempel van ‘n hoërskoolbiblioteek, maar gegewe in watter inkvars-toestand die boek nog is, was dit duidelik nooit gelees nie.

Ek weet glad nie hoeveel van hierdie boeke gedruk is nie; as jy die boek in die hande kan kry is jy seker baie gelukkig. Ongelukkig kon ek geen toegang tot die Vrystaatse en Gauteng-biblioteekstelsels kry nie. Probeer maar die universiteitsbiblioteke of vra jou vriendelike bibliotekaresse in die buurt.

Die boek is wel by die volgende openbare biblioteke te vinde:

KZN: Coastal Reg, Midlands Region en Reference L

Limpopo: Mogwadi PL, Waterberg District L en Lephalale PL

Mpumalanga: Thembisile Hani PL en Lydenburg PL

Noordwes: Christiana PL

Noord-Kaap: Namaqua District, Fraserburg PL, Pixley Ka Seme District, Siyanda District, Kakamas PL en Upington PL

Oos-Kaap: Community PL, Cradock PL, Queenstown PL, Parkside Library, Rietbron PL, Mandela District, Paterson PL, Kareedouw PL, Port Elizabeth District, Joe Gqabi en Lady Grey PL

Wes-Kaap: Beaufort West Region, George Region, General Stacks, Mossel Bay Region, Oudtshoorn Region, SN Central Reference (Nasionale Biblioteek, Kaapstad, Victoriastraat 5) en Vanrhynsdorp PL

As jy wil kyk of die boek dadelik beskikbaar is (asook die Dewey-kode) besoek “Biblioteek” by die Afrikaanse Wikipedia en volg die webskakels wat gegee word.

Terloops, as jy heel toevallig in Bloemfontein ‘n draai sou maak (veral die Transvalers wat hierdie Desembervakansie hulself die onreg sou aandoen om met die N1 af te reis Kaap toe), by die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) is ‘n spesiale ruimte vir dr. H.J. Terblanche ingerig, kort voor sy operasie: “Terselfdertyd het [hy] sy sake in orde gekry – as meer orde moontlik was. Hy het ook vir elke kind ‘n televisiestel gekoop, sy testament nagesien en gereël dat sy personalia, sy tallose plakboeke en dokumente na die Nasionale Afrikaanse Letterkunde-Museum en Navorsingsentrum gaan waar prof. P.J. Nienaber vir hom ‘n spesiale afdeling ingerig het.” (p. 9)

Karel Combrinck: Wil jy of wil jy nie — ‘n Engelse tameletjie

Binne enkele weke breek die oomblik uiteindelik aan vir Brittanje om die Europese Unie te verlaat. Of liewer, so lyk dit, want op daardie eilandjie is niks meer seker nie. Selfs in hierdie laat stadium is finaliteit oor die vorm wat hierdie uittrede moet aanneem, nog steeds nie in sig nie. Die huwelik tussen Brittanje en die Europese Unie was nooit ‘n gelukkige een nie. Gedurende die verlowingstadium al is die verhouding herhaaldelik verbreek en die egskeiding gaan skynbaar nog pynliker wees as wat die huwelik was.

Hierdie wankelmoedige verhoudiing lê aan die wortel van die Engelse se besluit om formele bande met die Europese Unie te verbreek. As rede waarom hulle dit juis nou wil doen, word aangevoer die invloei van werkers uit Oos-Europa, Pole, Tsjeggië, Roemenië ens. wat bereid is om vir laer salarisse te werk en dus die Engelse werkers se arbeidsekerheid in gevaar stel.

Eienaardig genoeg het die Engelse minder beswaar teen die instroming oor baie jare reeds, van Indiërs, Pakistani’s en Nigeriërs.

Maar nou het dit tyd geword om die tasse te pak. En nog steeds word geredekawel oor of daar ‘n ooreenkoms moet wees of nie, of daar vir verdere uitstel onderhandel moet word of nie , of gelde wat deur Engeland aan die EU verskuldig is, betaal moet word of nie en selfs of daar weer ‘n referendum oor uittrede gehou moet word, ensomeer.

Maar die mees tergende probleem is die posisie van Ierland. Die situasie is naamlik, soos ons weet, dat Noord-Ierland (of Ulster) ‘n Engelse provinsie is terwyl Ierland (Eire) ‘n onafhanklike republiek is. Wanneer Engeland dan finaal uittree uit die Europse Unie beteken dit dat Ulster outomaties ook uittree terwyl die Ierse Republiek lidland van die Europese Unie bly. En dit beteken op sy beurt natuurlik ‘n grens tussen Ulster en die Ierse Republiek met grenspolisie, doeaneposte, grensbelastings en wat ook al met grense tussen lande gepaard gaan.

Ná jare van vrede en vrye beweging tussen Ulster en Ierland is ‘n harde grens ‘n nare vooruitsig wat deur alle partye vermy wil word. Om hierdie situasie te beredder, het die Europese onderhandelaars ‘n oplossing aan die hand gedoen wat gerieflikheidshalwe die ” Backstop position” genoem word. Die Backstop position kom daarop neer dat wanneer Engeland uit die EU tree, dan is die EU bereid om vir ‘n onbepaalde oorgangstydperk toe te laat dat daar geen harde grens tussen Ulster en Ierland sal wees nie. Dit beteken dus voortdurende vrye beweging van mense en goedere heen en weer. Die Engelse sien in hierdie oplossing die spook van vereniging van die twee ” Ierlande”, ‘n spook wat hulle hare laat regop staan. ‘n Aspek wat hiermee saamgaan, is dat die Britse Konserwatiewe Party deurgaans die wense in ag moet neem van die Ulster-parlementslede sonder wie se steun die party nie aan die lewe kan bly nie.

Die Engelse het dus ‘n stokkie gesteek voor die Backstop-oplossing wat die hele onderhandelingsituasie steeds totaal oop laat. In hierdie (laat) stadium is daar  na jare van onderhandelings dus nog geen uittree-ooreenkoms nie en ook nog geen verstandhouding oor wat in Ierland gaan gebeur nie. Het iemand gepraat van afkophoenders of verkeerdeveerhoenders? ‘n Ooreenkoms wat mev Theresa May met die EU beding het, is deur die Britse parlement verwerp. Mnr Johnson, knaend oorhoops met sy eie parlement oor hierdie of daardie aspek van Brexit, het onlangs selfs sover gegaan as om die Britse parlement te ontbind, iets wat die Britse Hoërhof terstond weer ongeldig verklaar het.

Hierdie tameletjie skep natuurlik ondraaglike probleme vir die duisende Europeërs wat in Engeland woon en werk en dieselfde vir Engelse wat in Europa woonagtig is.

‘n Ontwikkeling wat ook nog onder die oë gesien moet word, is dat die Skotte, wat nie ten gunste van Brexit was nie, na die Britse uittrede uit die EU van die Verenigde Koninkryk mag afskei. Daarna sal daar nog ‘n koninkryk wees, maar weinig meer om te verenig.

Mnr Johnson het pas teruggekeer van Brussel waar ‘n nuwe ooreenkoms bereik is oor Britse uittrede uit die EU. Die ooreenkoms verskil in geringe mate van dié  wat bereik is met mev Theresa May ‘n jaar gelede, wat deur die britse parlement verwerp is en tot mev May se bedanking gelei het. Die Britse parlement het die naweek (19 Oktober) oor mnr Johnson se ” nuwe ” ooreenkoms gestem en dit ook verwerp. Hierdie week word weer oor die ooreenkoms gestem en skynbaar ook oor ‘n voorstel om die datum van uitttrede uit te stel.

Dit is wat ‘n mens ‘n fiasko noem en die vraag is wie nou eintlik vir die fiasko verantwoordelik is.

Minstens hierop is die antwoord redelik duidelik. Engeland het ‘n probleem geskep toe hulle ná jare se wik en weeg uiteindelik toegetree het tot ‘n gemeenskap waarvoor hulle in die eerste plek nie eintlik tande gehad het nie en waaruit hulle nou na vyftig jaar van lidmaatskap wil padgee. En as ‘n mens mooi nadink, het hulle die probleem in Ierland ook geskep deur in die eerste plek ‘n Britse kolonie daar te vestig. Dit is m.a.w. die soort gemors wat hulle wêreldwyd nagelaat het waar hulle kolonies gehad het, insluitende in ons eie land.