JH du Toit: Milo-manie

Milo Yiannopoulos

Hoewel nuusmedia in SA sover grootliks die meteoriese opgang van die regse aktivis Milo Yiannopoulus geïgnoreer het, het hierdie fenomeen nou sulke afmetings aangeneem dat dit nie meer onder die mat gevee kan word nie. Milo is tegnologieredakteur by Breitbart.com en is ‘n enorme irritasie vir die linkses en ‘n krimpende groepie oerregses.

As Trump die leier van die nuwe nasionalistiese beweging teen die linkse establishment is, is Milo die “popster” daarvan. Milo, ‘n gay Brit, wat Engeland verlaat het omdat die Moslems dit oorneem, is ‘n voorbrandmaker vir Trump, kampvegter teen feminisme, anti-Moslemagitator, teen gay huwelike en basies teen enigiets wat links voorkom.

Natuurlik is dié nie so eenvoudig soos dit lyk nie, want die regse beweging in Amerika is tradisioneel belaai met godsdienstige dwepers wat die onverdraagsaamhede van die Ou Testament selektief en veral teen gays toepas. Daardie verstokte soort regsheid vind egter nie aanklank by die Amerikaanse jeug nie. Milo het die regse beweging ‘n opwindende en prettige nuwe baadjie aangetrek. Sedertdien het hierdie aktivis, wat alle regse stereotipes verbreek, ‘n superster onder die Amerikaanse regse en middelregse jeug geword.

Met sy “Dangerous Faggot Tour” na Amerikaanse universteitskampusse het hy die landskap van die linkse akademici blykbaar vir altyd kom deurmekaar krap. Deur linkse instansies se skynheiligheid en manipulasie bloot te lê het hy ‘n anti-linkse ontwaking op kampusse veroorsaak wat ‘n blywende impak kan hê. Milo is eiehandig besig om die politieke kultuur onder die Ameriaanse jeug te verander, want danksy hom is dit nou “cool” om regs te wees. Die universiteite is besig om hul ideologiese houvas op die jeug te verloor en Milo het ‘n groot aandeel daarin.

Boonop kan die linkses geen houvas op Milo kry nie en elke poging om hom te kelder, sterk hom net verder. Hy gaan van krag tot krag. Dat Milo die gay Brit boonop ‘n studiebeurs vir jong, minder gegoede wit (hoofsaaklik heteroseksuele) mans in Amerika gestig het, is ‘n steen des aanstoots vir beide die oerregses en die linkses — hoewel om verskillende redes. Die linkses is klaarblyklik ontwapen teen ‘n flambojante gay Joods-Brits-Griekse Katoliek met ‘n seksuele voorkeur vir swartmans, ‘n redenasiespoed soos ‘n masjiengeweer en die intellek van ‘n genie. Milo se vrugteslaaibiografie plaas hom doodeenvoudig buite die linkse raamwerk van hoe ‘n regse moet lyk. Pogings om hom as wit heerssugtige of rassis te tipeer, wil maar net nie kleef nie.

Milo wat elke dag etlike doodsdreigemente van linkses ontvang, het intussen op sy “Dangerous Faggot Tour” vele Amerikaanse universiteitskampusse besoek, ‘n boek (Dangerous) vrygestel, ‘n regse klerereeks begin, bestuur ‘n ganse span by Breitbart en verskyn op allerhande geselsprogramme. In Amerika is jy óf mal oor hom óf jy haat hom. In die nuutste voorval het ‘n groep linkse bullebakke sy besoek aan die Universiteit van Kalifornië se Berkeley-kampus ontspoor. Een ding is seker: Selfs die linkses erken nou dat die voorval Milo net verder versterk.

Milo het sy astronomiese gewildheid en hoon bereik binne slegs ‘n paar maande ná sy aankoms in Amerika. Dit help natuurlik dat hy reeds in die VK omstrede was. Met sy groeiende aanhang onder die jeug kan daar geen twyfel wees dat hy bygedra het tot Trump se oorwinning nie. Howel Milo as ‘n superster of aartskurk (afhangende van jou sieninge) in die VSA en die VK beskou word, kry hy geen dekking onder die linkse of regse media in SA nie. Dit laat mens wonder.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Kalium_Chloraat

    Trol jy hier? “onverdraagsaamhede van die Ou Testament selektief en veral teen gays toepas” en “verstokte regsheid” – jy lees soos Nuus 24. Die Nuwe Testament keer ook homoseksualisme af. Beide Testamente beskryf dit as ‘n sonde en ons almal is sondaars, die probleem lê nie by die Bybel, as God se woord nie, maar by die mens.

    • Elephant in the room

      Ek hou van die woord “oerregses” en dit pas jou soos ‘n handskoen . Julle oerregses moet ophou met julle obsessie met ander se private lewens , julle kos ons die jonger steun aangesien jongmense NIKS omgee oor iemand se seksuele oriontasie nie !

      • Suidpunt

        Dis eintlik ‘n baie mooi rasegte Afrikaanse benaming vir paleoconservatives. Vir my het dit niks met ouderwetsheid te doen nie, maar juis mense wat tot binne in die wortels gaan krap van ‘n saak. Diegene soos ek wat nog glo in die ou skoolvakke soos Grieks, Latyn, Frans, Duits ens. wat in skole aangebied moet word en nie glo in afwatering of om jou vlaggie te laat sak nie.. Wat seksualiteit getref – sover ek weet is daar op die blommetjiesrusbanke in die stywe sitkamers eenvoudig nie oor sulke dinge gepraat nie. Dit was ‘n taboe-onderwerp. 😉

        • sussie se vissie

          So taboe…my bejaarde moeder my skaam-skaam en al fluisterend eendag gevra ( dink nuuskierig boonop ) wat dit is wat die knape nou eintlik aanvang.
          Huigelaar wat ek is, kon ek net aan haar voorlê dit wat ek van die web kon trek.
          Sy’s 5- jaar gelede oorlede, maar haar valstande is nou nog soek in die afvoerpype van Huis Stilte.

      • sussie se vissie

        Vlieg daar pienk olifante op planeet ‘Orion’?

        • Elephant in the room

          Ja daar vlieg pienk Olifante rond en hulle speel met mekaar se slurpe …

          • sussie se vissie

            Jy’s banaal.
            Jou seksuele ORIËNTASIE tas jou spelvermoë aan.
            Dalk die rede vir ons vermofde jeug se analfabetisme.

      • Kalium_Chloraat

        Wel dit gebeur met mense wat vir ‘n beginsel staan en hulle nie deur elke mode van die tyd laat rondruk nie – liberales noem hulle name.

      • Kuga

        Oriontasie……….Orionteer. Oriënteer……..menende seker klap die moffie een teen die oor tot op die teer.

      • Nevyn

        Gaan lees die kommentaar.

    • Die eintlike probleem in hierdie land lê by derduisende blanke Christene wat nog al die jare die
      misleiers in die kerke en politieke partye ywerig ondersteun het. In plaas daarvan om gedurig te kerm en te sanik oor ander mense se privaatlewens moes predikante eerder hulle lojaliteit aan die internasionale geldmagte en hul meelopers binne die Afrikaner Broederbond/Afrikanerbond ter syde gestel het en hul lidmate behoorlik ingelig het oor die ware oorsake van hierdie land se probleme. Lees gerus my nuutste artikel by http://www.spiritualiteit.co.za/artikel-misleiding-dogmas.php
      in verband hiermee…

      • Maus

        As ek terugdink aan my jare in ‘n kerk dan kan ek aan geen een geval dink waar daar netagitef gepraat is van homosekueles nie, om nie eers by kerm en sanik te kom nie. Ook was dit nooit teen die wet nie. Daar was wel ‘n wet teen gemengde huwelike, wat jou uitgangspunt verder diskrediteer. Ek stem wel saam dat hul nooit oor die geldmag gepreek het nie. Die kerk het dus gefaal om die gemeenskap genoegsaam te waarsku en voorberei op die aanslagte van beide homosekualisme en mammon.

        • Suidpunt

          Hulle het ook nie gewaarsku teen die Marxisme in die nuttelose dekonstruksie en strukturalisme en al sulke goed vir die studente nie. Daar neem ek hulle geweldig kwalik. (Hoewel my ouers vir my sê: ja, maar hoeveel van daardie kinders sou universiteit toe gaan?) En baie van hierdie predikante was self studente – so hulle moes geweet het wat op universiteit aangaan! Veral in die 1980’s was gerieflik die kop weggedraai.

        • Maus. In watter kerk was jy waarin daar nooit “negatief gepraat
          is van homoseksueles nie” – beslis nié in enige van die Afrikaanse driesusterkerke
          vóór 1994 nie! Waar het ek of enigiemand anders beweer dat die homoseksuele oriëntasie
          ooit teen enige landswet was? In watter opsig het die feit dat daar lank gelede
          ʼn wet teen gemengde huwelike was, my uitgangspunt gediskrediteer? Het jy ooit
          die moeite gedoen om my artikel te lees??

          • Maus

            Ek was in die Dopper kerk. Wat ek bedoel met negatief praat is van die preekstoel af. Ek onthou geen preek teen homosekualisme nie. Dat die predikant in my hoerskool jare (pre 94) later jare uit die kas geklim het, en vele ander gevalle diskrediteer jou uitgangspunt. Die feit dat onder Broederbondregering gemengde huwelike teen die wet was, maar homosekuele gedrag nie (beide seksuele dade / orientasies) versterk dit net. Die gay-agenda het die kerk al in die 60’er jare na Verwoerd saam met al die ander verligte goed binnegedring.

          • Rooikop

            As jongman het ek gedink as die “brandende stompies” dan so wil wees – los hulle net uit, dit is egter hulle keuse. Ek het egter een dag met een van diesukles tedoene gekry en die b#$%^&* kon nie sy f#$%^ hande vir homself hou nie. Eers toe ek hard en ernstig praat saam met ‘n dreigement van fisiese geweld is my persoonlike ruimte erken (natuurlik met die gepaardgaande geflap en uitkryting dat ek “fobies” is. Nee d$%^& ek het nie jou toenadering gevra en/of nodig nie. FGaan weg). Daarna sien ek dit as ‘n siekte – soos vampirisme – byt altyd nog een om hom/haar ook aan jou ongeneeslike siekte te laat ly.

            Self was ek ook lid van die Hervormers en met hulle laaste rondte van dwaling het ek hulle ook maar vaarwel geroep.

          • Maus

            Ja-nee, hulle is soos vampiere. Ongesonde gedrag vir ‘n volk of gemeenskap. Hulle is behep met begeerlikhede i.p.v diens en opoffering vir ‘n volk of iets groters buite hulself. Hulle is ook parasities want hulle kan slegs funksioneer in ‘n see van hetroseksueles.. ek se altyd hulle moet eers hul eie ou “beskawing” bou waar hulle en hul hetro-ondersteuners vir ons wys hoe beskaafd hulle met hulself kan lewe, voor hul die ekperiment op almal afdwing.

          • Johann Schutte

            Omtrent alles wat jy hier se beskryf die Afrikanerpolitici van die 90s. Die moffies het ons nie uitverkoop nie.

          • Maus

            Mense moes vir die politici stem anders kon hul niks uitverkoop nie. Dis hier waar die kerk inkom. Weerbaarheid teen die leuen en bedrog is ondergrawe en die najaag van begeerlikhede is bevorder. Moffie predikante kon eers na 94 uit die kas klim.. taak afgehandel.

          • Rooikop

            Ja ‘n volk kry die leiers wat hy verdien. Die gemeenskap is ondergrawe en die oorgawe is gepleeg sonder slag of stoot – nes die rooi-gevaar-brigade dit altyd vir ons verkondig het. Dis net vreemd hoe dit juis daardie brigade was wat altyd so pro-np was en ja gestem het (Wel dies wat vir my skool gehou het in elk geval)

          • Maus

            Ja dieselfde brigade wat Adriaan Nieuwoudt vrotmelk vir geld gepos het en naweke by Sun City in Bop gaan deurbring het.

          • Rooikop

            Einste 🙂

          • Rooikop. Ons moet natuurlik besef dat die oorgrote meerderheid van hierdie “volk”
            waarna jy verwys wat die “leiers kry wat hulle verdien”, beslis nié homoseksueles, ateïste of uitgesproke “heidene” is of was nie, maar wel ywerige blanke kerkgangers wat jarelank Broederbond-gesinde organisasies soos o.a. die Afrikaanse driesusterkerke, die oorle Nasionale Party en Solidariteit/AfriForum, ondersteun het…

          • Rooikop

            Einste – ons mense het geluister na die verleiers. Hulle het aangehou om vir die NP te stem (Om anders te doen is mos opstand teen die staat) al was dit al van die vroeë 70s al baie duidelik waarheen die np oppad was. Ons het geheime organisasies soos die broederbont toegelaat en geondersteun. Ons het ons kinders nie na behore opgevoed nie (mammie werk vir luukses en ênie maak die kinders groot). Ons het aanvaar dat dit wat ons kinders by die skool ingeprent word reg is. Ons het lekker geleef en opgehou dink. Sport het ons afgod geword. Ons het ons kinders vir ‘n oorlog gevoer om die “rooi gevaar” te keer maar die gemors in ons land toegelaat – dit was veel meer ‘n geestelike as ‘n fisiese vyand. Ons het ‘n korrupte regering aan bewind gehou (Kyk maar na die inligtingskandaal ens). Ons het neergekyk op ons eie mense (kyk maar met watter disrespek word daar verwys na mense wat van bv die Oosrand of die Weste van PTA af kom). So was ons “gewone” mense skuldig? Verseker.

            Ons het toegelaat dat die dominee, onderwyser, skoolhoof, parlementslid ens vir ons dink en wat ons nou deurmaak is maar die gevolg daarvan. Dit verbaas my net hoeveel mense steeds in die donker is.Ek hoop hulle word ook wakker.

          • Rooikop. Ek dink jy sal saamstem met heelwat van my standpunte in hierdie http://www.spiritualiteit.co.za/artikel-afrikaanse-kerkleiers-se-versuim.php
            artikel. Ek het dit afgesluit met:

            “As gevolg van jarelange misleiding deur veral baie predikante, joernaliste, politici en
            akademici, is die meerderheid Afrikaanssprekende mense deesdae onbewus van die
            gevare van magtige, multinasionale geldbelange en van moreel-aanvaarbare,
            behoorlike optredes teenoor mense wat aan ander bevolkingsgroepe behoort. Hulle
            sal heel waarskynlik in die toekoms in toenemende mate wegbeweeg vanaf hul
            tradisionele Calvinistiese waardes – namate die kerke irrelevant word en
            verpolitiseer as gevolg van die aanvaarding van o.a. die Belydenis van Belhar.
            Sodoende sal baie van hulle uiteindelik óf emigreer, óf in Suid-Afrika aanbly
            en wegbeweeg vanaf hul tradisies en kultuur om voortaan te fokus op oorlewing
            en die verkryging van aardse rykdomme binne ‘n ‘Azanië’ wat elke dag toenemend ‘afrikaniseer’.”

          • Rooikop

            Dankie ek het gaan lees.

          • Ou Transvaal

            kOLSKOOT!!

          • sussie se vissie

            En welke ad hominem sal jy FW toevoeg anders as n MOFFIE-UITVERKOPER ?

          • Johann Schutte

            Maak vanuit `n evolusionere/funksionele oogpunt geen sin nie, en is fisiologies aberrant (penis is net nie bedoel vir die anus nie). Dit lyk ook abnormaal in die statistiese sin, met minder as 5% van die manlike bevolking wat by voorkeur homoseksueel interakteer. Daar is verskeie teoretici wat dit as `n patologie beskou, waaronder Janov (wie se boeke ek almal gelees het).

            Terloops, ek was ook van die gevrekte hervormers (Potch), maar is daar weg so om en by 2000. Bestaan artikel 3 nog?

          • Rooikop

            Artikel 3 is geskrap. Gays toegelaat sover ek weet en daarmee saam ook sommer gebieg vir apartheid sodat hulle deel kan wees van die “eukumeniese gemeenskap” (WRK – wat tans is om al nader aan die katolieke te beweeg). Verder is daar ook mos nou erkenning van die “Historiese Jesus” wat net ‘n mens was wat ‘n goeie voorbeeld voorgehou het. So daar is vir my geen rede om meer deel van hulle te wees nie.

          • Maus. Daar is ʼn duidelike verskil tussen aan die een kant, mense wat “gebore is” met ʼn homoseksuele oriëntasie en aan die ander kant, ʼn aktiewe gay lewenswyse. Daar is heelwat homoseksuele mense (en selfs baie predikante wat ek persoonlik ontmoet het!) wat dikwels hulle vleeslike begeertes probeer onderdruk het weens die beweerde “sondige aard” daarvan. Baie ywerige Christene erken dat daar ʼn duidelike verband is tussen oorgeërfde gene en mense se seksuele oriëntasie, maar hulle beskou die uitlewing van sodanige oriëntasie as “sondig”. Ek adresseer in my genoemde artikel die rassistiese gedeeltes in die Bybel wat volksmoord en slawerny propageer en “anti-gay” gedeeltes wat homoseksuele dade duidelik veroordeel en ek belig die feit dat predikante en teoloë se waninterpretasies hiervan dikwels gebaseer is op hulle persoonlike vooroordele en geldbelange. Ek wonder weereens in watter opsig die bestaan van openlike gay predikante enige van my uitgangspunte diskrediteer…

          • Maus

            Die “hy kon nie anders as om hom as gay uit te leef nie” is so rasioneel soos “hy kon nie anders as om iemand te vermoor nie”.

      • Rooikop

        Die kerke in hierdie land van ons was gekaap vir politieke doeleindes. Dis die een groot rede hoekom hulle leegloop.

        • Rooikop. As hulle alreeds jare gelede leeggeloop het, sou daar heel waarskynlik ten minste nog hoop gewees het vir hierdie land…

          • Rooikop

            Ja Jaco, Ons kla almal oor Pienk Frik se verraad maar die verraad wat in die kerke gebeur het is oneindig groter. Dit saam met die indoktrinering in die staatsskole en weermag. Daar is nog ‘n klomp ander goed wat ek ook reken gekaap is/was om die mense se koppe te draai.

          • Ou Transvaal

            KOLSKOOT!!

      • Kalium_Chloraat

        Ek ondersteun geen kerk nie. Ek lees die Bybel myself.

        • Kalium_Chloraat. Watter instansies het besluit watter boeke deel moet wees van húlle spesifieke “Bybel”?

          “Final dogmatic articulations of the canons were made at the Council of Trent of 1546 for Roman Catholicism, the Thirty-Nine Articles of 1563 for the Church of England, the Westminster Confession of Faith of 1647 for Calvinism, and the Synod of Jerusalem of 1672 for the Eastern Orthodox. Other traditions, while also having closed canons, may not be able to point to the exact years in which their respective canons were considered to be complete.” – https://en.wikipedia.org/wiki/Biblical_canon

          • JDTAKL

            Dan was daar boonop die Raad van Nicea oder die Romeinse keiser Konstantyn.

            En dis op hierdie punt wat die ‘bible bashers’ altyd stil raak en dan niks meer te se het nie, want wanneer hierdie gedokumenteerde geskienis aangehaal word is daar die finale bewys dat die Bybel ‘n sameflansing van antieke geskrifte is. Ook dat daardie sameflansing selektief gedoen is om die politieke doelwitte van die tyd te dien. Die vraag ontstaan dan, wat is die Bybel dan nou eintlik? Wat van kontrasterenede geskrifte wat uitgelaat is? Wat van bv die Evangelie van Judas?

            Wat van die Gnosties Christelike geskrifte wat dui daarop dat die god van die Ou Testament en daardie van die Nuwe twee verskillende gode is… Dink maar hoe anders sou die Bybel en die Christelike geloof gewees het as die afgevaardigdes eerder dit sou insluit. Maar, Konstantyn wou immers een godsdiens met een god he..

          • JDTAKL. Ek het in hierdie http://www.spiritualiteit.co.za/artikel-geloofsbelydenisse-tradisionele-christendom.php artikel as volg verwys na dogmas wat gebruik is om mense jarelank in knegskap (en onkunde!) te hou:

            “Mense moes dus blindelings in iets glo waarvoor hulle geen konkrete bewyse gehad het nie, en wat nog boonop moeilik verstaanbaar was – een God wat in wese Een is, maar wat manifesteer as drie afsonderlike Persone! Daar is nog boonop van hulle verwag om iets te glo (die beweerde kruisdood van Jesus en sy fisiese opstanding
            daarna) wat lank voor hul eie geboortes plaasgevind het en waarvoor hulle geen
            eerstehandse getuienis gehad het nie! Mense se natuurlike vrese vir die
            onbekende is dus deur kerkleiers en politici gebruik om hulle in knegskap te
            hou teenoor kerklike dogmas.”

          • JDTAKL

            Absoluut korrek. Boonop berus die geloof op vrees. Om bloot te bevraagteken is om te ‘twyfel’ en jy mag nie die ‘Woord van God’ bevraagteken nie. As jy twyfel in God kan dit jou immers die ‘Ewige lewe’ kos. Hoe kan mens nou beter totale beheer oor mense se denke kry? Jy maak hulle so bang dat hulle in angs en bewing oorgee. Begin daarmee in hul vormingsjare wanneer hulle mees weerloos is. Die gevolg is totale onkritiese aanvaarding.

            Probeer jy hulle met rede konfronteer reageer hulle met die esoteriese wat totaal irassioneel is. Vra jy om bewyse begin die beledigings en dreigemente. Hulle is so blind en so bevange met vrees wat reeds in hul vormingsjare ingeprent is dat niks tot hulle kan deur dring nie.

            Sommige van ons ontgroei dit en bevry onsself daarvan, maar die meeste kan nie. Hulle sal eerder in ‘n mite glo as om die onsekerheid van ons bestaan te aanvaar.

            Ek se altyd, dat dit ‘n mors van tyd is om met die godsdienstige tipe te argumenteer, want jy benader die irrasionele met rasionaliteit en die twee is onversoenbaar.

          • JDTAKL. Ook interessant is die ooreenkomste tussen sekere godsdienstige
            dogmas en politieke ideologieë wat betref die onsamehangende aard daarvan en
            die onwetenskaplike geloofstandpunte waarop dit gebaseer is. Wat die
            Christendom betref is daar miljoene Christene wat aan die een kant glo in die “liefdevolle” aard van hulle god, terwyl hulle aan die ander kant glo dat hierdie selfde god besluit het dat miljoene van sy skepsels bestem is vir die Ewige Verdoemenis. Baie Christene ontken die werklikheid van die evolusieteorie gebaseer op hulle
            letterlike interpretasie van Genesis se sesdagskepping. Beide die ANC en DA
            praat gedurig van die “nie-rassige” aard van hulle beginsels, terwyl hulle
            rassistiese praktyke soos Rasstellende Aksies en Swart Bemagtiging ondersteun.
            Boonop regverdig baie van hulle hulle geloof in ʼn veelrassige een-mens-een-stem
            demokrasie as beste regeringsvorm vir hierdie land, op die onwetenskaplike geloofstandpunt waarvolgens alle mense “gelyk gebore” is. Ek het hierdie skadelike gelykheidsdogma meer breedvoerig bespreek in hierdie http://www.spiritualiteit.co.za/artikel-beweerde-gelykheid.php artikel.

    • Maurice

      So ook vir linkshandige mense.

  • Robert Strauss

    Wie gee werklik nog om wat die sogenaamde “onafhanklike” Suid Afrikaanse media nog oor berig, hulle is maar net n klomp ANC gat kruipers. ek meen, kyk nou maar na Smeerpers se Vrotnews24, Maagwerk24 en ValsBeeld dan sal sal jy sien wat ek bedoel. Dis nog net ou Adderjan en linkse Max wat nog vasbyt in hul al kleiner wordende lesersmark. Ek hoop vir hulle part betaal Tencent nog n paar jaar goeie dividende uit, want dis al waarvan die spulletjie nog kan leef. Met die internet kan ons lees wat ons wil, ek self lees lekker Breitbart, Infowars, telegraph, daily express, Praag, RT ens. En ja Milo gee die klomp Linkses in die VSA lekker gas.

    • sussie se vissie

      Gegewe die man se voorkeure…laat jou ‘lekker gas gee’ my sidder.
      Alle simpatie met die man aan die ontvangkant.

  • sussie se vissie

    Sal net Amerika wees wat hierdie ‘George Michael’ tot ‘superster’-status verhef.
    Saam in die loopgraaf met n tapytkyker lê …voorspel ook maar n lollery.
    Meen te sê: Met die vyand voor jou, wie het tyd om voortdurend ‘agter jou’ ook nog te moet kyk ?
    Hou maar verby. Meer ‘fad’ ( populistiese foefie ) as ‘faggot’.

  • Johann Schutte

    Three cheers for Milo!

    Maar ek weet die werklik beginselvaste christen sal liewer kyk hoe word sy vrou verkrag en sy kinders wreedaardig vermoor, as as om deur `n moffie gered te word.

    Dis net koning David wat oorgesien word, `n man so na God se hart, ten spyte van sy seksuele oortredings.

    • sussie se vissie

      …..en wat sê dit van diegene wat van ALLE dinge, deur n ‘moffie’ gered te moet word??
      Eersg. dan maar seker n ‘moffie’- de lux/supremo/créme de la créme ??

      • Suidpunt

        Jy bedoel, manhaftigheid het verlore gegaan? “Dit kos ‘n man op ‘n perd” – waarvan die man van ‘n perd afgeval het? Dat manlikheid verlore gegaan het. Interessante perspektief.

        • sussie se vissie

          ‘TROU’ van Jan FE Celliers verwys.
          Iewers anders op die blad verklaar n jeugdige die jonger geslag is min gespin oor seksuele voor- en afkeure wat vandag geld.
          Jeanne Pierre staan dit dus vry om sy ‘make up’ sakkie ( eerder as patrone ) in sy bandolier te dra.
          As gesigspieeltjie byderhand…kan die ‘dit’ darem seker as seiner aangewend word.

          • eduard

            In die Viktoriaanse tydperk het die hetero mans maar goed die grimering gebruik.
            Soos die pa wat op die internet rondborstig erken dat hy eerder sy seun “a flaming homosexual than bringing a black female as a wife” sal aanvaar.
            Die “gay” woord is aanstootlik. Die afkortings “hom” en “het” is meer aanvaarvaar en dit gil nie.

          • sussie se vissie

            Ummm. 1837 – 1901..as ek dit reg het.
            Kan my nie indink iemand soos Genl C de Wet sou tussen die afvuur van Mauserskote tyd gehad het om te kyk of sy vals oogwimpers nog sit, en of sy maskara begin ‘loop’ nie.

          • eduard

            Tussen 1837-1901 het hulle ongelukkig nie Buffelsfontein baard-olie gehad nie.

    • Kalium_Chloraat

      God het Dawid vergewe vir wat hy gedoen het toe Dawid opreg berou getoon het. God is genadig en toon dit. Homoseksualisme is ‘n sonde in beide Testamente en sal ook deur God vergewe word. Daar is net een sonde wat nie vergewe kan word nie en dit is nie homoseksualisme nie.

      Die ander stelling oor deur ‘n moffie gered word is sommer skoorsoekery.

      • JDTAKL

        Die Ou Testament gaan oor vergelding (bv. ‘gooi hulle dood met klippe’) terwyl die Nuwe Testament ‘n boodskap van liefde en vergifnis het. Ek dink dit is die punt wat die skrywer oor die oerregses (‘paleo-right’) maak.

        Nog ‘n punt is dat die nuwe regse beweging wat ontwaak in die Noordelike halfrond nie die godsdienstige fundamentalisme van die oerregses het nie. Dit gaan vir hierdie nuwe geslag nie in die eerste plek om die Bybel nie. Die meeste van hulle is meerendeels kulturele Christene eerder as letterlike Christene. Die nuwe regse beweging is ‘n ‘bree kerk’ (ironiese term) van uiteenlopende denke wie se hoof doel die behoud van die Westerse beskawing is.

        Dit ontbreek die interne onverdraagsaamhede van die oerregses. In die nuwe regse beweging is daar plek vir jode, vroue, gays, gekleurdes en enigeen wat die krisis besef waarin die Westerse beskawing is en wat sal toe tree tot die geveg vir die behoud daarvan.

        Deel van die rede hoekom die krisis bereik is, is juis omdat die oerregses se verstoktheid die beweging verwerplik vir die bree blanke bevolking wereldwyd gemaak het.

        • Kalium_Chloraat

          Fundamentalisme. Elkeen in hierdie wereld het ‘n groep a-priori aannames waarin hulle glo, elkeen se wêreldbeskouing is daarop gebaseer. Dit is die godsdiens van die individu. Die geloof in naturalisme en materialisme is die fundamentele godsdiens van die ateïs. Die stelling “daar is geen God” is fundamentalisties.

          Wat in die wêreld gebeur is mense wat ‘n god aanvaar wat hulle pas, wat hulle na die gehoor streel. Jesus sê mos dat die wêreld Hom haat, omdat Hy getuig dat sy werke boos is.

          • Kalium_Chloraat. Dit is inderdaad so dat iemand wat beweer dat daar geen God of Goddelike is nie, hierdie bewering op ʼn geloofstandpunt baseer waarvoor hy/sy geen objektiewe wetenskaplike getuienis het nie. Die punt wat “JDTAKL” (en ekke!) maak is dat eng geloofstandpunte heel dikwels verdeeldheid veroorsaak en dat dit veral Christene se (uiteenlopende) geloofstandpunte is wat aanleiding gegee het tot jarelange verdeeldheid onder Suid-Afrikaanse blankes. Hou asb. ook in gedagte dat Christene ook gereeld karaktereienskappe toeëien aan die god wat deur húlle gedien word – Israelvisie-ondersteuners se god is rassisties van aard, APK-lidmate se god is ten gunste van volkstate, Belhar-ondersteuners se god is ten gunste van “menseregte”, ens., ens…

          • Rifrug

            … en daarom sal homoseksuele ALTYD teen die Bybel gekant wees!

            Hou asb. ook in gedagte dat alle gelowe gereeld karaktereienskappe toeëien aan die god wat deur húlle gedien word.

          • Rifrug. Jy is heeltemal reg, maar jy moet ook in gedagte hou dat nie alle gelowe tot dieselfde mate skadelik was vir diegene wat dit aangehang het nie!

  • Jared van Niekerk

    Dapper rubriek, maar die skrywer gaan gestriem word deur die gewone verdagtes, dis ‘n feit.

    Ek het nie veel erg aan “Gay Pride”-optogte of goed soos gay-“huwelike” nie, maar die skrywer is wel reg dat Milo ‘n geweldige knuppel in die hoenderhok van die linkses gegooi het. Dis moeilik vir hulle om hom af te maak as ‘n benepe ou witman.

    • Jared. Daar is heelwat gay mense – soortgelyk aan Pim Fortuyn, wat alreeds ʼn positiewe bydrae
      gelewer het tot die “Alt Right” beweging wêreldwyd. Nog ʼn bekende hedendaagse homoseksuele
      skrywer wat homself wel as ʼn “Wit Nasionalis” beskou, is Greg Johnson. In hierdie http://www.counter-currents.com/2016/03/gay-panic-on-the-alt-right artikel sê hy o.a.:

      “… but my view is that White Nationalism should be ‘straight but not narrow,’ meaning that we
      should uphold and defend heterosexuality as the norm but also recognize that not everyone fits that norm. But as long as homosexuals uphold healthy norms and have something positive to contribute, they can and do make our movement stronger, if we stop worrying about it.”

      • Jared van Niekerk

        Wat ook besonder opmerklik is, is dat Milo, homoseksueel soos hy is, baie konserwatief staan oor sake soos aborsie, en in dieselfde kamp as baie Christengelowiges. Nou DAAR’s vir jou ‘n morele dilemma vir die fundamentaliste. Van wie hou hulle minder? Aborsiedokters of homoseksuele?

        (Ek beleef, terloops, persoonlik in ‘n tweespalt oor aborsies; gekant daarteen vir wit babas maar het geen probleem met swartes wat aborsies verlang nie.)

        Ek is ook maar self bietjie skepties oor Breitbart (gestig om Israel se saak te bevorder) en Steven Bannon – (((Bannon))). Tyd sal nog leer wat Breitbard en Bannon se ware agendas is.

  • Maurice

    JH du Toit, n uitstekende samevatting van die huidige regse beweging in die VSA sowel as dele van Europa en Milo se aandeel hieraan – wel sy besliste rol in die vorming van n regse gees onder universiteits studente en breër aanhangerskorps. Superintelligent, debatteer en maai sy ‘teenstanders’ af soos n masjiengeweer weliswaar! Die regse beweging in die VSA en Europa het natuurlik direk te doen met die beskerming van liberale Westerse normes wat lynreg bots met die waardes van die regse beweging in Suid Afrika wat nader sit aan die normes van die KKK of ironies elemente aanhang van ISIS waardes. N klomp nasionale Afrikaner Christen omies en hul helpers die dominee korps van die NGK het die dam hier onder die eend uitgeruk. Ek sou skat die regse fenomeen wat hom afspeel in die Noorde sal hierdie ou verstoktes verbygaan. Eks verbaas dat die teokratiese Praag dit geplaas het in die eerste plek!!

    • beeshaas

      Jou kommentaar is deels waar. Moenie die wye spektrum regses in SA onderskat nie. Die prentjie wat meeste mense in hul kop oor regses het is al lankal uitgedien. Ook in SA. Jy sal verbaas wees om te weet ek ken hoogs geskoolde, ook homoseksuele maar ook atiëstiese regses.

      • sussie se vissie

        Verbaas my nie.
        Die ‘haas’ in beeshaas verklaar als.

      • Maurice

        Ek hoop werklikwaar jy is reg en dat my siening tov die regse beweging in RSA merendeels verkeerd is.

    • Johann Schutte

      Die ou verstoktes (soos jy hulle noem) en die radikale liberaliste het heelwat in gemeen. Beide groepe verdun die segment wat normaliteit op die normallverdelingskurwe verteenwoordig, dermate dat ‘normaal’ nie meer die meerderheid verteenwoordig nie.

      Eintlik is hulle twee kante van dieselfde muntstuk, bv:

      Elk kleef `n hoogs intolerante stel (pc) reels aan.

      Beide hou van publieke spektakels. Die liberale brigade huil en kerm graag in die openbaar, terwyl die oerregses/verstoktes graag graag publiek met hulle boepense op pseudomiliter agter vals kadetorkeste aandonnner.

      Ek sou dink dat iemand (soos Milo) wat in sy eie kringe realisme skep verwelkom sou word, al is dit net om pragmatiese redes.

    • sussie se vissie

      Na aanleiding van Rifrig se skrywe supra….dan maar eerder ‘saam innie bed met verstokte Afrikaner Christen omies’ – as hierdie inherente en perverse vuilpe€ster aan wie se lippe jy hang.

      • Maurice

        Dis nou as die omie nie ook die bed weggegee het nie……!

  • Rifrug

    “Milo is tegnologieredaktuer … ” – redakteur

  • Rifrug

    JH du Toit … hoe lyk jou regse ‘held’ nou?

    “Milo Yiannopoulos lost his keynote speaking slot at the Conservative
    Political Action Conference after tapes surfaced of the right wing
    provocateur and senior Breitbart editor advocating for sexual
    relationships between “younger boys and older men.”

    “Due to the revelation of an offensive video in the past 24 hours
    condoning pedophilia, the American Conservative Union has decided to
    rescind the invitation,”