Leon Lemmer: Die dodemars van die Afrikaner en Suid-Afrika?

Diegene wat daarin belangstel om te weet watter soort mens Nelson Mandela was, kan gerus FW de Klerk (gebore op 18 Maart 1936) se outobiografie, The last trek – A new beginning (London: Macmillan, 1998, xx, 412p) lees. Die boek bied uitstekende insig in die kleinheid en immoraliteit van Mandela se gees. In hierdie rubriek skryf ek egter oor De Klerk. Soos Mandela kon De Klerk nie op sy eie sy outobiografie skryf nie. Dave Steward is eintlik die mede-outeur en die joernalis Alf Ries en De Klerk se kantoorpersoneel het ook gehelp (p xiii). Ten spyte van al die hulp word bv verkeerdelik beweer dat die Vrede van Vereeniging in Vereeniging pleks van in Huis Melrose in Pretoria onderteken is (36).

De Klerk se huistaal is deesdae Engels. Die manuskrip van sy outobiografie is ook in Engels geskryf, wat ‘n aanduiding kan wees van die mate waarin hy homself van Afrikaners vervreem het. ‘n Niggie van De Klerk het die Afrikaanse vertaling versorg. Die teks van sy toespraak van 2 Februarie 1990 het hy oorspronklik nog in Afrikaans geskryf (164). In Namibië, waar Afrikaans veel beter as Engels verstaan word, het De Klerk in 1990 verkies om Engels tydens die onafhanklikheidsplegtigheid te praat (171). Ek gebruik die Engelse uitgawe van De Klerk se outobiografie omdat ek my eksemplaar tweedehands teen R20 gekoop het. In die gebrekkige indeks is daar net twee verwysings na Afrikaans. Heel teen die einde word die hedendaagse “downgrading of Afrikaans” darem genoem (395). Andersins word na Afrikaans eintlik net in die konteks van regse Afrikaners verwys. Daar word oor Afrikaanse kultuur (bv 42, 46) pleks van Afrikanerkultuur (‘n onderskeid wat deesdae ook nie meer deur bv die ATKV gemaak word nie) geskryf. Ná sy roemlose magsoorgawe en ten spyte van sy uiterste verlooptheid verwys De Klerk ironies na “my people, the Afrikaners” (295). Vermelding van sy berugte en grootliks fiktiewe wigte en teenwigte (“checks and balances”), waarvan ons destyds so dikwels gehoor het, kom selde in die boek voor (236, 325).

Die boek is eintlik ‘n selftevrede regverdiging van die blanke politieke magsverlies sedert 1990/94. Terugskouend is dit duidelik dat De Klerk nie net die gevaar in die swart gevaar misken het nie, maar ook die gevaar in die rooi gevaar. Hy het die politieke mag sonder daadwerklike beperkings aan die swartes en kommuniste oorgedra. Hierdie wete is selfs ‘n bron van tevredenheid by De Klerk: “Few heads of goverment could ever have laid aside their high office with a greater sense of accomplishment, regardless of the uncertainties of the future” (xix). Die teks is deeglik en slim (of slu) geskryf en daar word uiteraard – meesal sonder om dit te erken (behalwe in hoofstuk 35) – sterk op nabaat gesteun, bv “I … vowed quietly to myself that I would change all this if I ever became president” (69), maar ook: “With the benefit of hindsight I today believe that we should have given much more attention to the federal option” (109). Hou in gedagte dat die boek in die Mandela-era (1994-1999) tot stand gekom het, dus toe die daadwerklike agteruitgang van die land maar pas begin het. Ek gaan nie De Klerk se lewensloop vertel nie en eerder konsentreer op politieke aspekte van aktuele belang.

De Klerk voldoen aan twee hedendaagse prestige-vereistes. Hy stam af van ‘n Indiese slavin (4) en “my best playmates were the young sons of the black farmhands who worked for my father” (20). By FW was daar toe nog ‘n “strong sense of [cultural] difference” (20). Sy pa, Jan de Klerk, het na bewering ‘n “long and distinguished political career” gehad (11). Jan se suster, Susan, was eerste minister Hans Strijdom se eggenote. Strijdom het vir swaer Jan as ‘n minister aangestel. Dit is destyds (tereg) as nepotisme veroordeel (17). Dat nepotisme uiters gevaarlik, selfs volks- en beskawingsvernietigend kan wees, blyk uit die feit dat FW as gevolg hiervan sy voet in die deur van die politiek gekry het. “I am convinced that he [Jan] would also have supported the reform initiatives that I took during my presidency” (18). FW waag dit gelukkig nie om te beweer dat Hans Strijdom in die nuwe Suid-Afrika tuis sou voel nie. Strijdom se standpunt was immers: “The white man must remain master of the white areas of South Africa” (29). Oor Mandela as staatshoof skryf FW: “My uncle [Strijdom] would never have dreamed that such a development could ever take place or that I would play a major role in bringing it about” (21).

Wat De Klerk as staatshoof gedoen het, is die teenoorgestelde van waarvoor die Nasionale Party (NP) hom histories beywer het. Apartheid in die sin van rasse-onderskeid of -diskriminasie was die tradisionele beleid van Suid-Afrika, tydens Britse kolonialisme en sedert 1910. “Law by law, during my presidency and that of my predecessor, President PW Botha, it had been dismantled” (xv). Afsonderlike ontwikkeling, waarvolgens elke etniese of kultuurgroep self oor sy eie sake beheer uitoefen, was die noodsaaklike voorwaarde vir blanke (insluitende Afrikaner-) selfbehoud. Die vernietiging van sowel apartheid as afsonderlike ontwikkeling het gelei tot meerderheids- (oftewel swart) oorheersing: “the day that many white South Africans had dreaded for centuries” (xvi) – en nie sonder grondige redes nie; “the day that my party, the National Party, had for most of its existence done everything in its power to avoid” (xvi). Maar dít is presies wat De Klerk vermag het.

Die ANC het in 1994 die politieke mag by die NP oorgeneem. Pleks van skaam en veel meer as skaam te wees, spog De Klerk oor die blankes se magsverlies: “It was the moment for which I worked day and night since I became president of South Africa in September 1989” (xvi). “I had never had any illusions that this would be the outcome of the reform process that I began on 2 February 1990” (xvii). “What we did was part of a clear vision and that we were aware of where it would lead us” (101). As dit die waarheid is dat De Klerk hom sedert 1989 of 1990 vir swart magsoorgawe beywer het, was die 1992-referendum oor magsdeling ‘n slenter, dus ‘n skelmstreek, soos ek voorheen uitgewys het (Praag 2.05.2015).

[Robin Renwick, die Britse ambassadeur in Suid-Afrika (1987-1991), het rekord van die gebeure gehou en spreek De Klerk teë. Oor sy gesprek op 20 April 1989 met Barend du Plessis skryf Renwick: “Du Plessis, like his colleagues, including De Klerk, was thinking in terms of power-sharing and certainly not of a transfer of power” (Mission to South Africa: Diary of a revolution, Johannesburg: Jonathan Ball, 2015, 139p; Amazon Kindle $11,39, 1373). Op 10 May 1989 “De Klerk told me [Renwick] that he envisaged a new constitutional body that would be above the existing houses of parliament. The homelands would become part of a federation” (1393). Onder die opskrif “June 1989” skryf Renwick oor FW de Klerk: “His brother, Wimpie [Willem], who was playing a leading role in the private discussions with the ANC, told me he feared that his brother was far too conservative to be a good president” (1432). Op 26 Oktober 1989 het De Klerk aan Renwick gesê “he was not in the business of ‘reforming himself out of power'” (1584). Op 19 Maart 1990 De Klerk “considered the key to be the protection of minority rights … He talked of some form of power-sharing” (1874). Ek het die politieke gebeure destyds nougeset gevolg en glo eerder vir Renwick as De Klerk.]

De Klerk skryf: “In the end they [the blacks] were liberated not by violence … but through peaceful negotiations and compromise” (xvi). In werklikheid toon sowel De Klerk as Niël Barnard (Praag 8 Julie) aan dat geweld ‘n deurslaggewende rol tydens die onderhandelings tot voordeel van die ANC gespeel het; dermate dat daar baie meer (fundamentele) NP-toegewings as die enkele (onbeduidende) ANC-kompromieë was. Hermann Giliomee verskaf in talle opsigte ‘n nugtere perspektief op die verknoeide grondwetlike onderhandelings (Praag 18 Maart).

In sy jeug het De Klerk homself as ‘n “brave defender of the truth” beskou (20). Ook: “I … did not seek popularity” (25). André P Brink (1935-2015), wat saam met De Klerk ‘n student op Potchefstroom was, het ‘n ander siening: “Sy mees opvallende eienskap was ‘n drang om mense ter wille te wees en ‘n bereidwilligheid, selfs ‘n gretigheid, om nogal laag te kruip om dit te bereik” (‘n Vurk in die pad: A memoir (Kaapstad: Human & Rousseau, 2009, p 143-144) en “Hoewel alles in hom en alles in sy verlede in opstand moet gewees het daarteen, was De Klerk geslepe genoeg as politikus om die tekens van die tye en die luim in die land akkuraat genoeg te lees en daarvolgens te handel” (441).

In sy outobiografie skryf De Klerk oor sy rol as minister: “I am by nature a peacemaker” (130). “I increasingly began to play the role of a peacemaker and bridge builder” (81); ‘n brug wat tot die onsaligheid van ‘n swart meerderheidsregering gelei het. “I increasingly took the lead in our internal debates in formulating compromises and in defusing potential crises” (82). “There comes a time when true peace is no longer attainable and the sham peace does more harm than good” (130).

Voor 1990 het De Klerk gesonde politieke insig getoon. “In my perception, our determination to retain the right of white South Africans to rule themselves was not simply a matter of chauvinism. I believed that it was also essential for the maintenance of our physical security and basic freedoms” (38). De Klerk verduidelik soos volg die U-draai wat hy in die politiek gemaak het: “Throughout my life I would share his [my father’s] deep commitment to the cause of Afrikaner nationalism and to the Afrikaans culture, language and heritage. Later in my career I would, however, develop a very different approach to the manner in which Afrikaner interests – together with those of South Africans of all races – could best be accommodated in an inclusive and non-racial society” (12). “I supported apartheid as a young man … how could we all have supported policies that we now regard as unjust and repressive?” (15).

Die NP se “new policy … constituted a 180 degree change in policy for ever away from apartheid, separate development and racial discrimination. The proposed framework accepted the fundamental principles of one united South Africa; one person, one vote; the eradication of all forms of racial discrimination; and the effective protection of minorities against domination. It sought to strike a balance between the ideal of having one nationhood on the one hand, and the reality of our cultural diversity on the other. The new policy framework was accepted by a special Federal Congress of the National Party in Durban in August 1986” (109).

Hier word die lesers van die boek myns insiens ernstig mislei, of die beweerde besluit oor bv een mens, een stem, is destyds nie aan die blanke kiesers gekommunikeer nie. Later dateer De Klerk die NP se aanvaarding van die beleid van een mens, een stem, dalk selfs verder terug: “It was a great pity that the ANC and its allies had opposed all the reform measures that the government had adopted from the end of the 1970s. (In fact, they stepped up their armed struggle after the National Party had already accepted its new vision of a united South Africa with one-man, one-vote.)” (376).

[Op 12 April 1990 het Robin Renwick vir Roelf Meyer gevra “to deal directly with the issue of one person, one vote” (Renwick, Kindle 1968). Op 19 April 1990 “De Klerk made a speech to parliament in which he accepted for the first time the possibility of universal suffrage based on a common voters’ roll … De Klerk continued to reject the notion of ‘black majority rule'” (Kindle 1987). Op 8 November 1990: “The ANC had two demands – the complete scrapping of apartheid and giving everybody the vote” (2264). Volgens hierdie aantekeninge van Renwick kan De Klerk en die NP se aanvaarding van algemene stemreg gebaseer op die beginsel van een mens, een stem, onmoontlik tot 1986 teruggedateer word. Hermann Giliomee skryf: “De Klerk het later aangevoer dat die tussentydse grondwet van 1993 die logiese gevolg was van besluite wat die NP in 1986-87 geneem het. Dié mening moet verwerp word. Die 1986-besluite het wel ‘n gesamentlike stelsel aanvaar, maar binne die raamwerk van verpligte rasseklassifikasie en ‘n onderskeid tussen ‘eie’ en ‘algemene’ sake. Die doel was ‘n stelsel wat versigtig ontwerp moes word om swart oorheersing deur blote getalleoorwig te voorkom” (Die laaste Afrikanerleiers, Kaapstad, Tafelberg, 2012, p 297-298).]

De Klerk sou nooit ‘n ja-stem in die 1992-referendum gekry het met ‘n openlik verklaarde beleid van een mens, een stem nie, want dit sou swart meerderheidsregering geïmpliseer het en nie die beloofde magsdeling nie. Maar hy beweer: “I did not shy away in any [!] manner from the logical consequences of one-man, one-vote in a united South Africa” (230). Dit mag só wees nadat die ANC en die NP-onderhandelaars De Klerk in hierdie posisie ingedwing het. Maar die aanvaarding (eintlik toegewing) van een mens, een stem is aanvanklik nie bekend gemaak nie. Ek het die onderhandelinge destyds toegewyd gevolg en herinner my dat De Klerk in die buiteland was toe hy om kommentaar op hierdie beginsel gevra is. Hy het toe, pleks van daardie gewraakte frase (een mens, een stem) te gebruik, volgens berigte erken dat daar eengekom is dat alle stemme gelyke gewig of waarde sou hê.

Let op hierdie kostelike/tragiese eufemisme: “Our policies … had undergone a fair amount of adaptation since the general election of 1989” (231). ‘n Mens kan byvoeg: ook sedert die 1992-referendum.* “The National Party was in essence a new party as a result of its transformation into a true non-racial party” (232). In die 1994-verkiesing “the National Party’s policy, principles and value system were … strongly marketed” (330-331). Watter beleid, beginsels en waardes het oorgebly waarop tradisionele NP-ondersteuners kon peil trek? Maar De Klerk skryf: “There had throughout been the constitutional continuity for which I and my party had always [!] worked” (291-292). Tog sou die NP uiteindelik amptelik in die skoot van die ANC beland (dus voortgesette kontinuïteit?) en nie in dié van die veel meer nie-rassige Demokratiese Alliansie nie. [* Giliomee skryf: “Die tussentydse grondwet van 1993 was ligjare verwyder van hierdie [1989-]plan van aksie, wat veronderstel was om die party se mandaat te wees” (307).]

In 1996 het die Nasionale Party hoopvol sy nuwe hoofkantoor in Pretoria ingewy (357). “I spelled out our new vision for the National Party that one day, by ourselves or together with others [ie ANC?], under our present name or under some other [ie ANC?], we would once again form the majority” (397). De Klerk het besluit “the National Party should accept a new forward-looking vision” (357). “I made it clear that our first objective was a new political movement of which the National Party would be part, but with the retention of its identity” (363). Watter identiteit?

Op 26 Augustus 1997 het ‘n selftevrede De Klerk sy uittrede uit die politiek aangekondig (364). “I had become an important role model in more than just politics” (367). “I was soon replaced as leader of the National Party by one of our brightest and most articulate young stars – Marthinus van Schalkwyk” (364-365). In 2005, onder Van Schalkwyk se leiding, is die NP – sedert 1997 bekend as die Nuwe Nasionale Party – in die ANC opgeneem, ‘n stap wat ‘n dekade lank (2004-2014) aan Van Schalkwyk ‘n ministerspos in die ANC-kabinet verseker het.

Frederik van Zyl Slabbert skryf dat daar eers tydens die grondwetlike onderhandelings tot meerderheidsregering ingestem (eintlik toegegee) is. Roelf Meyer het “by ‘n kritieke vergadering van die Onderhandelingskomitee die beginsel van meerderheidsregering” aanvaar. “Toe hy dit aan De Klerk rapporteer, sê De Klerk geskok, ‘My God, Roelf, jy het die land weggegee.’ Cyril [Ramaphosa] het my vertel die oomblik toe Roelf dié beginsel namens die regering se onderhandelingspan aanvaar, het hy (Cyril) gevra vir ‘n verdaging van 15 minute ‘sodat ons opsy kon gaan na ons eie kamer en kon uitbars van die lag'” (Duskant die geskiedenis, Kaapstad: Tafelberg, 2006, p 49).

De Klerk skryf: “I came, more and more, to the conclusion that there could be no solution without the removal of all [!] forms of racial discrimination” (97). Terselfdertyd steun De Klerk egter regstellende aksie. Rassediskriminasie was glo die groot euwel in die vorige politieke bedeling. Van ‘n absolute verbod op rassediskriminasie in die nuwe bedeling is daar egter geen sprake nie. De Klerk skryf: “I believed strongly that in multicultural societies the assurance of group security was the key to intergroup peace” (108). Maar geen groepregte word in die nuwe Suid-Afrika erken nie. In die praktyk het die swartes egter weens hulle getalle die groepreg om alle ander groepe te domineer. Daar is tans geen sprake van “the effective protection of minorities and also the prevention of group domination [by blacks]” nie (108). Die kern van De Klerk se visie was “a united South Africa where everybody would have equal rights and opportunities and within which our many minorities would not be threatened or suppressed” (161). Volgens De Klerk sou die finale toets “justice for all South Africans” wees (161); ‘n toets wat De Klerk en kie skouspelagtig gedruip het.

Toe De Klerk op 2 Februarie 1989 as leier van die NP verkies is, “I said that our goal was a new South Africa: a totally [!] changed South Africa which would rid itself of the antagonisms of the past and would be free from domination and suppression, in whatever form” (150). Dit dui op revolusionêre eerder as evolusionêre verandering. Maar De Klerk skryf oor die aanvaarding van die tussentydse 1993-grondwet: “We had succeeded in bringing our country to this historic point through evolution – and not revolution” (291).

(Myns insiens kom die politieke gebeure van 1990/94 neer op ‘n slapgat-toegee-revolusie. Ek voorsien ‘n volgende revolusie: ‘n Gepeupelrevolusie waaraan ook miljoene nie-Suid-Afrikaanse inwoners gaan deelneem en die gedaante van gryp en vernietig sal aanneem; by uitstek van blankes en hulle besittings, maar eintlik ten koste van die land. Die komende revolusie word onder meer gevoed deur die meeste huidige politieke partye, wat met die oog op stemwerwing, gegrond op ons “demokratiese” Grondwet, die idee populariseer dat veral swartes op alles geregtig is waarop hulle aanspraak maak; die euwel van toe-eiening/”entitlement”.)

In die kantoor van De Klerk se direkteur-generaal “were small brass busts of South Africa’s first six prime ministers” (164). Terwyl De Klerk se personeel aan die teks van sy 2 Februarie 1990-toespraak gewerk het, “they politely turned the faces of the busts to the wall. They were pretty sure that Hendrik Verwoerd, in particular, was turning in his grave” (164). Dit dui op De Klerk se absolute breuk nie net met die geskiedenis van die NP nie (“the National Party would have to transform itself” – 191), maar ook met die geskiedenis van Suid-Afrika.

“I knew that my speech would usher in a new era” (165), wat myns insiens die moontlike einde van die Afrikanerdom ingelui het. Aan sy eerste vrou het De Klerk daardie dag (2 Februarie 1990) gesê: “After today South Africa will never again be the same” (165). Ons ervaar die bittere waarheid hiervan iedere dag. Daar sou glo “no more reason for violence” wees (166). Ons ervaar die valsheid van hierdie voorspelling iedere dag. “We had succeeded in dramatically changing global perceptions of South Africa” (168). Ja, maar ten koste van die belange van veral blanke Suid-Afrikaners. Die aanvanklik gunstige buitelandse persepsies oor die nuwe Suid-Afrika het mettertyd al hoe meer ontnugterd en realisties geraak.

Die tragedie is dat De Klerk erken het dat dit “an irreversible process” is “and nobody could predict precisely how it would end” (170). “I knew from the start that the negotiations would be difficult and that their outcome was unpredictable” (173). “A government should have a valid [!] mandate from the voters for the implementation of important policies” (229). Waarom dan voor die 1992-referendum magsdeling aan die blanke kiesers belowe, met eie woongebiede en eie skole, dat niemand sy werk sou verloor nie en dat daar ‘n opvolgreferendum sou wees waartydens die blankes voor of teen die nuwe grondwet kon stem?

De Klerk se allerantwoord is: “I delivered on the undertakings that we gave during the referendum. I sincerely believed that we did” (233). ‘n Volbladsy-advertensie wat die NP die dag voor die referendum in koerante gepubliseer het, het egter as banieropskrif gehad: “As jy bang is vir meerderheidsregering, stem ‘Ja'” (Hermann Giliomee, historikus: ‘n outobiografie, Kaapstad: Tafelberg, 2016, p 271). Het woorde nog betekenis? Wat ons sedert 1994 het, is grootliks ongebreidelde swart meerderheidsregering; nie enigsins effektiewe of noemenswaardige magsdeling nie. Dit is De Klerk wat hiervoor die hoofverantwoordelikheid moet aanvaar.

“The new South Africa was just as much our creation as it was the creation of any other party” (379). “An essential [!] element of our mandate in the election of 1989 and the referendum of 1992 was the concept of power-sharing” (236). “We were satisfied that we had substantially [!] succeeded in achieving the total [!] package that I had spelled out as our bottom line during the referendum … the transitional constitution [1993] was the distillation of the dreams of generations of disenfranchised South Africans. It offered a reasonable [?] assurance of continuing security for others who had traditionally had the vote … we created a basis for good hope for this and for future generations of all [!] our people” (291).

Wat De Klerk gedoen het, is om ‘n groot (en roekelose/katastrofiese) kans ten koste van ‘n eens beskaafde en voorspoedige land en samelewing te vat. “I felt … the government and no one else from our side should determine the timing and direction of the process” (173). In werklikheid is die ANC van die begin af en mettertyd al hoe meer toegelaat om die kitaar te slaan. “I … wondered precisely where all this would end” (172). Chaos, agteruitgang en rommelstatus het geblyk van die resultate te wees. Kortom, ‘n opgedonderde land. Is die nuwe Suid-Afrika ‘n toonbeeld van “responsible reform”? (188). Uitsluitlik regse instansies “claimed that the referendum was the white voters’ last chance to stop wat they called the ‘National Party/ANC alliance from imposing a black government on the country.’ Their campaign was essentially racist, while ours was clearly aimed at a non-racial South Africa in which there would be no [!] form of racial discrimination” (233-234).

Reekse toegewings aan die ANC het hierdie revolusie moontlik gemaak. De Klerk het die mooi klinkende ideale van “peace and justice for all” gehad, “of searching together for mutually acceptable solutions” en “a firm stand against unrest, terrorism and violence” (151). Maar die uiteinde was grootliks onverdiende winste vir die swartes, onder meer weens hulle volgehoue gewelddadigheid, en onregverdigbare, skandalige verliese vir die blankes. Dit is die vrugte van De Klerk se “much more adventurous approach” (161), wat hy herhaaldelik graag ‘n paradigmaskuif (bv 162, 166) of ‘n kwantumsprong (bv 162, 228) genoem het. Dit het geblyk nie bloot die oorsteek van die Rubicon-rivier te wees nie, maar ‘n sprong die afgrond in. “We needed a comprehensive negotiation strategy” (161), maar volgens Niël Barnard het so iets nooit werklik in afdoende mate bestaan nie.

De Klerk het hom as staatshoof so veel moontlik van John Vorster en PW Botha se effektiewe gebruik van die veiligheidsmagte (weermag en polisie) en veiligheidsafdelings, “the securocrat system” (115), gedistansieer. Dit het noodlottige gevolge gehad omdat hy bereid was om met die ANC en die PAC te onderhandel sonder dat hierdie terreurgroepe geweld en kommunisme afgesweer het. Magnus Malan, die minister van verdediging, was spoedig nie meer “an integral part of the negotiation team” nie (176). “I realized that I would no longer be able to keep Magnus Malan and Andriaan Vlok [minister of law and order] in their high-profile security portfolios” (209). Die speelveld was ongelyk: “The security forces were expected to play by the rules while their opponents could, and did, use any methods that they liked” (121).

De Klerk kry ‘n verdere hou teen PW Botha in: “I disliked being part of a system which I believed was undermining the sound principle of full collective responsibility within the cabinet” (116). “In my team there was no place for inner circles and no by-passing the cabinet” (153).* Maar sommige van De Klerk se ministers was dikwels net vaagweg bewus van wat in die onderhandelings gebeur. Niël Barnard vertel dat die ministers wat met bv die ANC onderhandel het, hulle nie genoegsaam aan voorskrifte gesteur het nie en andersins geen afdoende leiding van De Klerk en sy kabinet ontvang het nie. [* Giliomee skryf: “De Klerk het egter nie, soos die reël was, die hele pakket van 2 Februarie [1990] vooraf aan die koukus voorgelê nie” (Die laaste Afrikanerleiers, p 323.]

Die veelgeroemde eerste demokratiese verkiesing in 1994 was ‘n chaotiese klug, maar hierdie feit word baie selde genoem. Onder die leiding van Johann Kriegler was dit in talle opsigte ‘n volslae gemors. Daar was geen kierserslys nie. Alle volwasse Suid-Afrikaners kon stem, maar baie minderjariges en nie-Suid-Afrikaners het ook gestem en talle is toegelaat om meer as een stem uit te bring. Die verkiesing was nóg vry, nóg regverdig. “There was simply no possibility of reconciling the ballots in boxes with the number of ballots that had been issued to presiding officers” (334). Die politieke partye het na bewering onderling ooreengekom oor hoeveel stemme elk gekry het, maar De Klerk ontken dit. Daar was “allegations that, confronted with the virtual collapse of the vote counting process, the major parties had secretly agreed on a result by sufficient consensus. There is no [!] truth in these allegations” (336).

“I am convinced that as many as a million illegal votes might have been cast and allocated to other parties” (335). “We had little choice but to accept the outcome of the election in the interest of South Africa and all [!] its people” (336). Die verkiesing “represented the realisation of the vision that I had spelled out in Parliament on 2 February 1990” (334). “The last trek had ended” (341). Diegene wat weens De Klerk se inisiatiewe verplig gevoel het om die land te verlaat, is egter baie meer as dié wat voorheen binne die land rondgetrek (bv die Groot Trek) of uit Suid-Afrika padgegee het (bv ná die Anglo-Boere-oorlog), maar die huidige grootskaalse emigrasie word blykbaar nie deur De Klerk as ‘n trek gereken nie. Hierdie trek aan die einde van die 20ste en begin van die 21ste eeu het veel meer smart as al die vorige trekke tesame opgelewer, maar hiervoor voel De Klerk blykbaar vere. Blankes wat deesdae weens blatante rassediskriminasie vir die eerste keer in die geskiedenis van Suid-Afrika in die openbaar staan en bedel, skeel hom seker ewe min.

De Klerk se beloofde magsdeling het in die praktyk grootliks algehele oorgawe aan swart mag geword. Hierdie uitkoms beskou hy nie as die grootste mislukking van sy katastrofiese onderhandelings nie. Hy dink nie aan die lot wat alle blankes en hulle nageslagte weens sy toedoen getref het nie. Hy dink eerder aan diegene, veral blankes, wat deel van die staatsopset was en deur die swartes van oortredings beskuldig kan word: “The manner in which we dealt with the question of amnesty was probably our greatest failure during the negotiating process” (289).

Terugskouend aan die einde van sy boek is daar steeds geen werklike verootmoediging by De Klerk oor sy gruwelike verbrouing nie. “I … remain convinced that all the most important decisions that the National Party and I took since 1989 were necessary and in the best interests of all [!] South Africans – including my own people. I would once again accept co-responsibility for the National Party’s decision to make a total break with the policy of separate development and to accept a new vision. I would still have worked for a united South Africa with a single citizenship, a one-man-one-vote franchise, and the abolition of all forms of discrimination on the grounds of race and colour … I would … once again say yes to both the interim and final constitutions … I would once again … accept the result of the 1994 election” (386). “I still believe that the final package … was much closer to our opening positions than it was to those of the ANC … the new constitution could hardly have given individuals and minorities fewer rights than those that they now enjoy [!] in terms of our new constitution” (388). Dus, alles is wel omdat alles na bewering goed geëindig het.

Daarna krabbel De Klerk ‘n bietjie terug. “My greatest disappointment in the constitutional field relates to our lack of success in producing a power-sharing model suited to the needs of our complex nation … The majoritarian reality which has now, to a certain extent, been thrust on us contains the clear threat of the kind of racial domination which must be avoided at all costs” (389). Dit moes vóór 1994 voorkom gewees het.

Hierna neem sy ego weer beheer oor: “The reality is that despite all our problems we are in a far better position now than we would have been had we failed to act as we did. I maintain that we have substantially [!] delivered on our referendum promises” (389). “After generations, whites have been freed from the defensive laager in which they had for centuries been confined” (390); daardie laer waarin Afrikaners baie veiliger as tans gevoel het. “We finally crossed the Rubicon” (390), wat vir blankes kan blyk die doodsrivier, die Styx, te wees. De Klerk noem sagkens: “There is disillusion over the perceptions that whites are no longer really welcome in the new South Africa unless they conform with the ANC’s model” (395). Kortom wil hy egter hê dat ons ons sterre moet dank vir iemand soos FW de Klerk.

Tydens die 1994-verkiesing het talle bruines en Asiate valslik beweer dat hulle vir die eerste keer kon stem. In werklikheid het die Driekamerparlement sedert 1984 (95) aan hulle reeds ‘n dekade lank die geleentheid gebied om beduidende inspraak in hulle eie sake te hê; eintlik kan erkenning van hulle selfbeskikking tot 1977 teruggedateer word (83). “I was … enthusiastic about the underlying principles of selfdetermination for whites, coloureds and Indians, with regard to their so-called [?] own affairs … the development of cultural self-determination was increasingly accepted in multicultural societies” (95). Die waarheid is dat die huidige politieke opset, wat al hoe meer deur die toenemend radikale swart meerderheid oorheers word, inspraak van ‘n minder effektiewe aard aan blankes, bruines en Asiate bied as wat in die vorige grondwetlike bedeling die geval was.

Ons as blankes kan dus nou met dieselfde mate van waarheid as die destydse bruines en Asiate beweer dat ons geen (effektiewe) stemreg het nie. Die meeste nie-swartes (blankes, bruines en Asiate) sou myns insiens nooit tot hierdie bedeling ingestem het as hulle vooraf volledig daaroor ingelig is nie. “Ironically, in recent discussions, coloured and Indian leaders have told me that their communities had far more political clout under the ‘tricameral’ constitution then than they now have in the new one-man-one-vote system” (96-97).

‘n Uiterste vorm van demokrasie is aan ons opgedring, waarin daar geen minderheidsregte is nie; anders as in bv Amerika waar swartes ruim minderheidsregte, insluitende bevoordeling bo blankes, geniet. Suid-Afrikaanse blankes het in veel groter mate as bruines en Asiate politieke mag ingeboet. Blatante oneerlikheid teenoor al hierdie nie-swart kiesers is myns insiens een van die prominentste kenmerke van die grondwetlike proses van 1990/94. Maar De Klerk verseker ons: “I had no appetite for the dark side of politics” (64) en “I had committed myself to open and unassuming leadership” (88). Dit kom van iemand wat glo weet van die “critical importance of good and effective communication” (105).

De Klerk gaan deesdae voort om die fabel te verkondig dat die nuwe Suid-Afrika vir almal beter as die ou Suid-Afrika is. Soos Leon Wessels dit stel: “Alle Suid-Afrikaners se regmatige aspiraries word in die Grondwet vervat” (Vereeniging: Die onvoltooide vrede, Kaapstad: Umuzi, 2010, p 270). Daar is steeds geen verootmoediging by De Klerk nie. “Looking back, I have no regrets” (Biznews 15 September). Soos gebruiklik kom hy met die fopspeen van “upholding the Constitution,” asof dit ‘n onfeilbare bron van saligheid in die nuwe Suid-Afrika is, terwyl hy weet dat elke woord wat daarin staan verswelgbaar is. Daar is in elk geval ‘n valsklank in De Klerk se huidige koestering van die Grondwet, want Wessels vertel: “Voor die stemming vir die aanvaarding of verwerping van die konsepgrondwet op 8 Mei 1996, flankeer FW openlik met die gedagte om teen die Grondwet te stem” (279). Maar De Klerk het weer toegegee en die NP-koukus “beweeg om vir die Grondwet te stem” (281). NP-stemme teen die Grondwet sou immers neerkom op erkenning dat die NP-onderhandelaars tydens die grondwetlike onderhandelings drooggemaak het. “Mit der Dummheit kämpfen Götter selbst vergebens” (Friedrich von Schiller).

Historici sal hopelik anders oor De Klerk, Wessels en diesulkes oordeel. Hulle kan gerus ernstige aandag skenk aan wat die vader van historici, Herodotus, reeds in die 5de eeu vC geskryf het. Oor moontlike Griekse oorgawe aan die Perse het hy gesê: “There is Greekness, being of the same blood and language, and having shared shrines and rituals of the gods, and similar customs, which it would not be right for the Athenians to betray” (Nicholas Ostler, Empires of the word: A language history of the world, London: HarperCollins, 2005/2010, 640p; Amazon Kindle $6,83, 3936).

Wat in 1990/94 gebeur het, is glad nie in pas met die Afrikaner se geskiedenis nie. ‘n Klein groepie Afrikaanssprekendes het hedendaagse Afrikaners en hulle nageslag uit ‘n (leefbare) toekoms in Afrika verneuk. Dit is nie soseer weens immoraliteit nie. Dit kan grootliks aan onbekwaamheid en ‘n gebrek aan insig toegeskryf word. Die eindresultaat was en is verraad. Bokkespronge kan nie die werklikheid of die waarheid verander nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • sussie se vissie

    ‘Hindsight is always 20/20’.
    ‘Water under the bridge’.
    ‘Op my ouuu ramkietjie – met nog net een…’

    **********

    Psssst….Leon. ‘Give me hope Joanna’ – en laat die dooies ( sien land- en volksverraaiers ) – met rus.
    FW lê in die mik van n Griekse boeg en staan meer bekommerd oor sy emfiseem, hoë bloeddruk en voorraad Viagra. Onderhoud vir sy houtnos-kleinkind(ers) boonop n ergenis.
    Mieliepit valstand Dawie de Viljee koop die Weskus op en is nes Roelf Kakebeen Khaakpraat ‘min gespin’ oor die verval, verarming en hartseer van die blanke Afrikaner.
    Dus; – gee ons ( my ) eerder n blik in ontsnapping van die huidige status quo.
    Of erken u by implikasie ( for once and for all ) – ons is binne ons se muhr in?

  • WB

    Geweld was nooit af geweer deur die oorname nie en die klug van n reenboog frankenstein het by die 100 000 wittes se lewens gekos en ongelooflike hoeveelheid verkragtings en pyn veroorsaak.Oorlog is oppad want die integrasie is n miete.Nou nie meer lank nie dan gaan miljoene blankes voor die loop staan wat nie reg gemaak het nie.Julle ou donners wou mos die terroriste vry laat en ons almal in die land se toekoms opmors.Hoe se Cyril?we will boil the frogs slowly till its too late and we have 25yrs to take everything from the dumb white man.we must leave them with nothing and no future! Lekker man!?dankie julle ou mense wat saam met FW en die NG kerk die land vir almal opgemors het net vir die rugby game.Julle het als prys gegee net om weer rugby te kon speel en kyk watter joke is die kommunistiese rugby span,haha 57-0 teen NZ.jokers.dankie!😤

    • Rooikop

      Alles net vir “sport” – Dis die afgod wat ons ons land gekos het.

  • Suidpunt

    “We had succeeded in dramatically changing global perceptions of South Africa”

    In die kol.

    ‘n Nugter Hollander, Bart de Graaff (wat veral die haakplekke tussen Hollanders en Afrikaners uitwys in sy verwerkte proefskrif “De Mythe van de Stamverwantschap: Nederland en de Afrikaners 1902-1930” (1993)), skryf in sy opvolgartikel van 2010, getiteld ‘Onbeantwoorde liefde: Nederlandse betweters en Afrikaner Boeren’ ( http://rjh.ub.rug.nl/index.php/groniek/article/viewFile/17594/15070 ):

    “Volgens historicus en voormalig NZAV-voorzitter Gerrit Schutte is het land voor moderne Nederlanders dan ook ‘SIMPLY A LITTLE PIECE OF AFRICA’ geworden.”

  • Rooikop

    De Klerk se oorname my PW was eintlik ‘n bloedlose staatsgreep. Ons het daarna weer een beleef toe Zuma by Mbeki oorgeneem het.

    “A changed South Africa which would rid itself of the antagonisms of the past and would be free from domination and suppression, in whatever form” – wat ‘n klomp snert – hy verstaan nie hoe afrika werk nie. Vergifnis is ‘n Judeo-Christelik gefundeerde begrip deur die WESTE versprei. Deel van ons “witheid”

    De Klerk het sy broeders eerder gedien as sy broers. Jy is jou BROER se wagter. As jy jou broer aan die vyand oorlewer is dit net so goed jy het homself vermoor.

    Hulle reken hulle het ‘n oorlog vermy – nee hulle het nie. Kyk hoe word blankes gemartel en gemoor en dit word afgemaak as “misdaad”. Al wat vermy is, is dat die blankes saamstaan en terugbaklei. Hierdie kans is die blanke ook ontneem om ten minste nog ‘n keer vir sy familie en Vryheid te veg as dit moet.

  • leonlemmer

    Conrad Steenkamp, die uitvoerende hoof van die Afrikaanse Taalraad, skryf in vandag se Rapport-Weekliks teen eentalige Engelsheid en ten gunste van meertaligheid en moedertaalonderrig, maar Afrikaans word net sydelings genoem. Hoe lank nog kan die ATR toegelaat word om Afrikaans te verwaarloos; dus na te laat om hom in die eerste plek openlik en duidelik vir Afrikaans te beywer?

  • Danie Coetzee

    Die Afrikaners steier nog onder die veraad, nie net is ons uitverkoop deur die president nie ons hele gesags struktuur het inmekaar getuimel. Al die Generaals en Polisie hoofde, Kerk leiers, Komando leiers, almal het die knieg gebuig in een groot Kapitalering. Dit was net Kol Willem Ratte wat probeer het om ‘n teenwig te wees maar dit het ook niks gehelp nie. Myns insiens sal die Afrikaner nog swaarder kry nadat die huidige ouer geslag (50 en ouer) uitgesterf het, ons het darm nog geld weggesit maar hierin le ook die bevyding van ons volk. Die tweespalt duur nog voort omdat daar mense is wat nog het, sodra niemand meer het nie sal die saad van revolusie ontkiem en ons weer tot bevryding al kom.Ek glo nou maar eenmaal dat die voorspellinge van Oom Siener wel sal waar word, sat ons volk weer sal saamsmelt en dat ons weer vry sal wees.

    • Danie, die slegte is dat die dinge als moontlik is a.g.v. die denkeloosheid van die Afrikaner, en die bewimpeling kan ongehinderd voortgesit word a.g.v. die denkelose of blote aptiese kantlyntoeskouer Afrikaner! Ons vertrou mos elke leungees onder die son terwyl ons ander goedsmoeds bemagtig om vir en namens ons (ondergang) te dink. Tyd is baie min en omstandighede rondom ons baie verswelgend of inperkend. Kan gematigde en konserwatiewe Afrikaners die skip onderling gedraai kry en bestaan die wil om daadwerklik ‘n inspraak-verskil te maak soos dit wat Trump in die VSA kon instem, die VK kon laat Bexit en Merkel kon begin tot verantwoording roep? Kan “regse” Afrikaners genoeg eendrag-opgewassenheid monster om ‘n stem en ‘n volhoubare selfbestuur impak in en om SA te maak?

      • Danie Coetzee

        Ek hoop en glo dit sal gebeur, hoeveel langer en ten koste van hoeveel lewens weet ons nie.

  • Anton Schutte

    Arthur Seyss-Inquart, Philippe Pétain, Frederik Willem de Klerk…….

  • Francois van Wyk

    Die man het op slinkse wyse die Afrikaner bedrieg en in ‘n politieke strik laat trap waaruit hy nie weer sal kan los kom nie. Die gevolg daarvan is dat die gierige en selfsugtige swart politieke heersers nou d.m.v. selektiewe wetgewing die lot en toekoms van die witmens in die land sal bepaal en beheers. En hulle stelselmatig ontneem van hulle bates. Terwyl die land se reserwes en instellings op gruwelooslike wyse openlik gesteel, verkwis en geplunder word.
    Die meerderheid van die bevolking, die swartmense, het hy ewe onverantwoordelik en op laakbare wyse aan die genade oorgelaat van politici wat nie ‘n benul het van landsbestuur of volhoubare infrastruktuurontwikkeling wat kan voorsien in die behoeftes van ‘n groeiende bevolking nie. Verder is sy onbeholpe kortsigtigheid en algehele gebrek aan staatsmanskap juis die indirekte oorsaak dat anargie en misdaad by die dag eskaleer. En dat moord en verkragting ‘n “aanvaarbare” verskynsel geword het wat nie gewilliglik eers meer ondersoek word nie.
    Kortom die man het ‘n ramp veroorsaak wat waarskynlik nie herstel of omgekeer kan word nie en so 56 miljoen mense van ‘n belowende toekoms ontneem.