“Hulle kan die dorp se naam verander soos hulle wil; ons sal ‘Buchters’ bly,” was die algemene gevoel oor die moontlike naamsverandering wat Lüderitz mag tref. Wit en swart inwoners wat met Republikein gesels het, is uiters ongelukkig oor die nuwe poging vir ’n naamsverandering en sê hulle was nie deur die dorpsraad oor die
Polisieman, nog drie vas wat glo skape steel
Terwyl president Jacob Zuma die SANW dié naweek geloof het vir hul aandeel in landelike misdaadbekamping, is nog ‘n polisiebeampte en drie ander swartes in hegtenis geneem vir veediefstal, het die polisie in die Noord-Kaap gesê. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het gesê die konstabel en drie ander verdagtes het Vrydag in die Kenhardt-landdroshof
Zuma loof Weermag oor landelike veiligheid
President Jacob Zuma het lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag wat saam met die polisie gewerk het, geloof vir die “sukses” van die Landelike Veiligheidstrategie. Dié strategie word tans landwyd by 117 polisiestasies geïmplementeer om veiligheid en sekuriteit in landelike gebiede en in die besonder in landbougebiede te bevorder. Zuma het die Gewapende Magtedag-vieringe in
Brand verwoes Van der Sterr-gebou op US-kampus
Verskeie lesings by die Universiteit Stellenbosch moes na ander lokale verskuif word en die rooster moes aangepas word, nadat die Van der Sterr-gebou gedeeltelik in ‘n brand vernietig is. Die woordvoerder van die universiteit, Susan van der Merwe sê die drie-verdieping Ekonomie en Bedryfswetenskap-gebou sal gesluit word weens veiligheidsoorwegings en waterskade. Brandbestryders het Sondag gespook
15 jaar van PRAAG: was dit die moeite werd?
Vandag is PRAAG presies 15 jaar oud. Vroeg in die nuwe millennium op 22 Februarie 2000 (22.02.2000!) het ek en ander besef dat daar iets oor die gestadigde ondergang van Afrikaans en die Afrikaner gedoen moet word en daarom hierdie organisasie gestig. Die internet het al bestaan, maar was nog in sy kinderskoene. ‘n Maand
Dawie Louw se roman, eMajuba
Helen Schöer het D(awie) Louw se roman, eMajuba (Tygervallei: Naledi, 2014, 397p, R179) geresenseer (Die Burger, By, 31 Januarie, p 8). Heel aan die begin verwys Schöer na die volgende opmerking van Louw: “Die pas waarteen die Afrikaner verengels, is egter geen verbeeldingsvlug nie. Dis die harde werklikheid en dis hoekom eMajuba geskryf is” (p
Amerikaanse, Europese maatskappye bekommer oor ANC-wetsontwerpe
Europese en Amerikaanse maatskappye met bedrywighede in Suid-Afrika het gesê ANC-wetsontwerpe oor onteiening en belegging, is ‘n bron van kommer. Die element van verpligte swart eienaarskap in die nuwe breë-gebaseerde swart ekonomiese bemagtigingskodes weeg op Amerikaanse maatskappye in die land. Die uitvoerende direkteur van die Amerikaanse Kamer van Koophandel SA, Carol O’Brien het gesê hulle
Lees verder: Amerikaanse, Europese maatskappye bekommer oor ANC-wetsontwerpe
Is stygende protes ‘rebellie van die armes’?
Suid-Afrika se gewelddadige betogings het in 2014 ‘n hoogtepunt bereik, volgens ‘n verslag deur die Multilevel Government Initiative by UWK se Gemeenskapsregsentrum. “Beide die aantal burgerlike protesoptredes sowel as die voorkoms van geweld het toegeneem in 2014,” het die sentrum Donderdag in ‘n verklaring gesê. “In 2007, het minder as die helfte van die protesoptredes
SAID het ‘ondergrondse’ eenheid bedryf
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens hou vol dat die adjunk-kommissaris, Ivan Pillay en die hoof van strategiese beplanning, Peter Richer ‘n sleutelrol gespeel het in die totstandkoming van ‘n “ondergrondse” eenheid. ‘n SAID-woordvoerder, Luther Lebelo het gereageer op ‘n berig oor die verslag na die ondersoek na die eenheid, het RSG berig. Volgens die berig het die
Lyk in staatshospitaal gelos om te ontbind
Vier personeellede van die Chris Hani Baragwanath-hospitaal is geskors nadat hulle die liggaam van ‘n 18-jarige meisie gelos het om te ontbind, het die departement van gesondheid Donderdag gesê. Die departement het die afgelope paar weke vinnig opgetree teen beamptes wat na bewering die gedragskode oortree het. ‘n Dokter is glo onlangs ook met onmiddellike
