Suid-Afrika se gewelddadige betogings het in 2014 ‘n hoogtepunt bereik, volgens ‘n verslag deur die Multilevel Government Initiative by UWK se Gemeenskapsregsentrum.
“Beide die aantal burgerlike protesoptredes sowel as die voorkoms van geweld het toegeneem in 2014,” het die sentrum Donderdag in ‘n verklaring gesê.
“In 2007, het minder as die helfte van die protesoptredes met geweld gepaardgegaan, maar in 2014 is geweld by byna 80 persent van protesoptredes betrokke in een of ander vorm.”
Dit is volgens die Civic Protes Barometer (CPB) wat verskillende tendense in protesaksies in Suid-Afrika, meet, lui die verslag.
Dit het getoon dat daar in 2014’n toename in die aantal protesaksies was, ‘n ommekeer van die afwaartse tendens wat na 2009 opgemerk is.
“Die aantal betogings in 2014 het ‘n hoogtepunt van 218 bereik. Die vorige maksimum was 204 in 2009 (wat ook ‘n verkiesingsjaar was) bereik,” het die sentrum gesê.
“Die toename in 2014 is slegs deels te wyte aan die verkiesing, maar byna net soveel protesaksies (28) het in Augustus drie maande na die verkiesing uitgebreek.”
Tussen 2012 en 2014, het Gauteng meer protes as enige ander provinsie beleef. Sedert 2007 styg Gauteng se deelname in sulke optrede vinniger as enige ander provinsie.
Kaapstad is die munisipaliteit wat die meeste onder protesaksie gebuk gaan, met 84 betogings, gevolg deur Johannesburg, eThekwini, Tshwane en Ekurhuleni. Hierdie vyf munisipaliteite is verantwoordelik vir die helfte van alle protes wat aangeteken word.
“Kwessies met betrekking tot munisipale dienste en die administrasie van munisipaliteite word meer dikwels aangehaal as die oorsaak van protes as al die ander griewe saam,” lui die verklaring.
Die Gemeenskapsregsentrum stel belang daarin om met behulp van die studie te toets of daar wel tans ‘n “rebellie van die armes” gevoer word.
Die CPB dek die tendense in die aantal betogings, geografiese verspreiding van protes, tendense in gewelddadige burgerlike protes en die griewe agter protes tussen 2007-2014.
Intussen het Namibië ‘n “dramatiese afname” in ongelykheid en armoede oor die afgelope 20 jaar beleef, sê ‘n beduidende aantal inwoners van die buurland.
Hulle het nooit enige tekorte aan kos, water of krag oor die afgelope twee jaar ondervind het nie.
Die nuutste bevindinge van die Afrobarometer oor opvattings oor geslagsgelykheid, geslagsgeweld en ’n lewe in armoede is verlede Vrydag in Windhoek vrygestel.
Daarvolgens sê 88% van die deelnemers aan die opname dat hulle nooit of slegs een of twee kere sonder water moes klaar kom, of nie mediese dienste kon kry nie.
In die opname wat deur die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR) gedoen is, sê 90% hulle het nog nooit ’n tekort aan krag vir kookdoeleindes ervaar nie en 58% sê hulle het nog nooit nie ’n kontantinkomste gehad nie.
Mans in stedelike gebiede is meer geneig om te sê dat hulle nooit sonder kos hoef te gaan nie.
Bykans 1 200 Namibiërs het aan die opname deelgeneem wat tussen Augustus en September verlede jaar gedoen is.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.