Liggaam uit lykshuis gesteel

Die liggaam van ‘n man is uit ‘n lykshuis in Ratanda naby Heidelberg in Gauteng verwyder en buite die gebou gestort, het die polisie gesê.

News24 berig dat werknemers van die lykshuis het Saterdagoggend ontdek iemand het by die perseel ingebreek.

Lt. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, gesê. “Een liggaam is gesteel en buite die gebou geplaas.”

Die polisie ondersoek ‘n saak van sakeroof. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie probeer bepaal of enige liggaamsdele uit die lykshuis verwyder is.

Volgens Makhubela het die begrafnisondernemer versoek dat sy maatskappy se naam nie bekend gemaak moet word nie.

Lyk in staatshospitaal gelos om te ontbind

Vier personeellede van die Chris Hani Baragwanath-hospitaal is geskors nadat hulle die liggaam van ‘n 18-jarige meisie gelos het om te ontbind, het die departement van gesondheid Donderdag gesê.

Die departement het die afgelope paar weke vinnig opgetree teen beamptes wat na bewering die gedragskode oortree het. ‘n Dokter is glo onlangs ook met onmiddellike effek afgedank vir professionele nalatigheid.

Die vier is geskors hangende die volledige ondersoek en tugverhore.

“Dit volg na die voorlopige ondersoek oor die vervoer van die liggaam van die saal na die lykshuis en die manier waarop dit gehou is,” het Prince Hamnca, woordvoerder van die departement, in ʼn verklaring gesê.

Die Sowetan het Donderdag berig Bacebile Mbete (18) is Vrydag by die hospitaal oorlede. Haar oupa, Raymond Zikalala (82) het gesê haar liggaam is eers Maandag, drie dae later, na die lykshuis gestuur. Teen daardie stadium het die liggaam reeds só erg ontbind dat sy nie meer herkenbaar was nie.

Die liggaam is na die hospitaal teruggestuur toe die ondernemer gesê het dit is te ver ontbind om by die lykshuis aan te hou.